Luidrugtige Lukas

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)


Slaaptyd stories
Deel EEN

deur Arthur S. Maxwell

Oom Attie se Slaaptydstories

Dit was halfvyf. Alles was stil en vreedsaam in die Steyns se huis. Corrie, al by die huis van die skool af, h et vir haar 'n stoel naby die vuur getrek en het haar huiswerk begin. Kleinsus het op ie mat gesit, 'n kasteel en bou met haar baksteenjites en sy het so nou en dan geluidjies van genot en tevredenheid gemaak.

Skielik het altwee opgekyk. Hulle het 'n bekende en onwelkom geluid gehoor.

"La-la-la-la-la-la...."

"Lukas," het Corrie gesê, "nou gaan dit nie meer so rustig wees nie."

Sy was reg. 'n Oomblik later is die agterdeur oopgestamp en het dit teen die kombuismuur geslaan.

"Hallo, hallo!", het die agtjarige Lukas geroep. "Waar is julle? La-la-la-la-la-la-la..."

Hy bars by die middeldeur in en die deur slaan so hard teen die buffet dat 'n klim blompotjie omslaan en op die vloer stukkend val.

"Lukas, jou stouterd, Mammie gaan jou 'n gedugte pak gee," het Corrie uitgeroep.

"Hallo Cor. Ek kon dit nie help nie. Wat maak jy hier? Jy wil tog nie vir my sê jy wil nog vandag lees nie. Kom ons albaster."

Lukas het ook sommer dadelik sy sakke op die tafel begin leegmaak en albasters het afgeval en onder alles ingerol.

"Ek wil nie vandag albaster speel nie. Ek moet nog hierdie resitasie vir môre leer."

"Aag kom, laat staan dit. Jy kan later leer," het Lukas uitgeroep.

Corrie was woedend.

"Hoekom laat jy 'n mens nooit met rus nie?" het sy uitgeroep.

"Ou Corrie ke-porrie," het Lukas bgin terg terwyl hy haar hare trek en haar boek oor die vloer rondskop. Ongelukkig het hy dit teen Kleinsus se kasteel vasgeskop, met die gevolg dat die hele spul inmekaar getuimel het.

"Boe-hoe-hoe!" het Kleinsus begin huil. "Jou stoute ding! Jy't my kasteel gebreek en ek wou dat Mamma dit sien. Boe-hoe-hoe!"

Sy het so mismoedig en teleurgestel gevoel dat sy sommer 'n baksteentjie opgetel en dit met al haar mag na Lukas se kop gegooi het. Lukas het egter gekoes en dit het 'n prent teen die muur getref. Die glas was fyn en flenters. En net op daardie oomblik het die middeldeur oopgegaan en Mammie het ingekom.

"En wat gaan hier aan?" het sy gevra terwyl sy die kwaai betraande gesigte, die fyn glas en die stukkende blompotjie op die vloer bekyk. "Ek het nog waar in die wêreld aangekom toe hoor ek julle al raas. Wat gaan hier aan? Kyk net!"

"Dis nie my skuld nie," het Lukas gesê, " hulle wil nie hê ek moet huis toe kom nie, dis al. Ek het niks gedoen nie."

"Mammie, dit was alles sy skuld!" het Corrie gesê. "Hier het niks gebeur totdat hy gekom het nie. Ek wens hy wil nooit weer van die skool af huis toe kom nie,."

"Hy het my mooi kasteel gebreek," het Kleinsus huilend gesê. "Stoute ding!"

Mammie het sommer die moeilikheid verstaan. "Kom saam met my Lukas, ek dink ek moet bietjie met jou alleen hieroor praat."

Lukas het sy Ma kamer toe gevolg. Terwyl Lukas ontslae geraak het van party van sy klere, heet mammie 'n repie leer wat sy in haar kamer gehou vir sulke geleenthede gehou het, uitgehaal. Toe begin Lukas "la-la-la-la-la" in 'n ander noot sing. Ná die pak slae het Mammie met hom mooi gepraat.

"Lukas, jy moet n ou begin om meer soos 'n beskaafde en opgevoede mens te leef. Jy is so wild en so luidrugtig dat 'n mens nie sal sê jy behoort aan 'n Christelike huisgesin nie. Jy is mos nie 'n wilde barbaar nie! En jy word elke dag erger. Jy maak die ander altyd ongelukkig en hulle sal jou begin haat."

"Ek wil nie so wees nie, Mamma," het Lukas gesê.

"Natuurlik wil jy nie, maar as jy net probeer en besluit om nie so te wees nie, sal alles rekom. En jy moet. Dinge kan nie so aangaan nie. Is dit nie vreeslik om te dink dat Corrie en Kleinsus eintlik bang is dat jy moet huis toe kom nie?" het Mammie gesê.

"Ek het 'n plan Lukas. Jy moet jou voorneem om elke middag sodra jy by die huis kom, iets vriendeliks en iets moois aan iemand te sê en om te dink daaraan hoe dit die ander ook gaan gelukkig maak."

"Oe!" het Lukas gesug.

"Jy sal né, my seun?" het Mammie volgehou.

"Ek sal daaroor dink," het Lukas onwillig geantwoord.

Maar Lukas het toe daaroor gedink - en ernstig ook. Maar die volgende mô moes hy weer skool toe en het alles vergeet. Ten minste hy het vergeet daarvan, totdat hy om die hoek op pad huis toe gekom het. Toe onthou hy en die hele pad huis toe het hy gedink aan wat hy gaan doen wanneer hy daar kom.

Hy het stilletjies by die agterdeur omgegaan en dit so sag oopgemaak dat niemand hom gehoor het nie. Sonder 'n geluuid het hy oor die vloer geloop en vir Cokrrie haar amper laat dood skrik toe hy skielik 'n pakkie lekkergoed onder haar neus hou.

"Ek het nie vandag al my lekkergoed geëet nie en hierdie vir jou en Kleinsus gebring."

"Noou toe nou!" het Corrie gesê, so verbaas dat sy nie weet het wat anders om te sê nie.

Lukas, 'n bietjie skaam, het gou weer uitgegaan, die deur saggies toegemaak en in die kombuis rondgekyk. Daar was vuil borde en hy het hulle begin was. Hy was nog besig om hulle af te droog toe Mammie binnekom.

"Wel!" het sy uitgeroep terwyl sy in die naaste stoel neersak en haar hande in die lug hou. "Wat gaan aan! My wilde, luidrugtige Lukas is eindelik mak!"

Lukas het gehoor...en geglimlag. En van toe af, elke middag wanneer hy op pad huis toe om die hoek gekom het, het hy aan iets aangenaams gedink om die ander by die huis mee te verras.