Lampe wat doodgaan

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)


Slaaptyd stories
Deel EEN

deur Arthur S. Maxwell

Oom Attie se Slaaptydstories

Dit mag baie snaaks klink, maar toe ek 'n seun op skool was - baie jare gelede - het ek, elke keer wanneer ons aardrykskunde leer en ek na die kaart van Holland kyk, vir myself gesê: Hoekom maak daardie Hollanders nie die Suidersee toe en pomp al die water uit nie? Dan kan hulle hul land mos omtrent die helfte groter maak.

Wel, dit lyk of baie ander seuns dieselfde gedagtes gedink het, want in 1918 het die regering van Holland besluit om dit te doen. Ingenieurs het 'n groot dam oor die ingang begin bou om die see af te sny en om die vasgekeerde water uit te pomp vir grond om op te woon.

Na baie jare van werk was die eerste gedeelte van die taak voltooi. Die laaste paar ton grond i s in die water gegooi om die twee gedfeeltes van die dam te verenig en die see is afgesny.

Een van die grootste probleme by hierdie onderneming was egter nie die werksmoeilikhede nie, maar die vraag oor wat om met die baie mense langs die strand van die Suidersee te doen, wat geen ander bron van inkomste as visvang gehad het nie. Wat sou met hulle gebeur as hulle see nie meer daar is nie? Ja, en wat sou word van al die klein vissersdorpies waar vissers van geslag tot geslag gewoon het?

Natuurlik was die vissers nie baie bly oor die verandering wat hulle sien kom het nie. Hulle wou nie boere word nie. Iets moes gedoen word om hulle tevrede te stel. Waar ookal gerieflik, is kanale water laat staan langs die ou kuslyn om hulle aan hul vroeëre lewe te herinner.

Een treurige gevolg van die verandering kan op die volgende bladsy gesien word. Hierdie ou visser klim met die trappies op om die lamp in hierdie outydse vuurtoring vir die laaste keer aan die brand te steek. Natuurlik het die nut van die vuurtorings geleidelik afgeneem namate die sterk pomp die water uitgepomp en die land al hoe meer sigbaar geword het waar die see eers was. In die ou dae het daar, wanneer dit donker word, dosyne van hierdie liggies al om die Suidersee begin flikker. En nou word hulle een na die ander vir die laaste maal aangesteek.

Lampe wat vir 'n lang tyd as baie belangrik beskou is, was skielik nie meer nodig nie. Diie mense het hulle gou vergeet. Hulle sou nooit weer opgesteek word nie.

Terwyl ek aan al hierdie lampies gedink het, hierdie treurige klein l ampies, was dit vir my of hulle baie net soos die liewe ou mense was wat hulle so nougeset versorg het deur die jare. Hulle dag was ook feitlik verby. Die sakkende water wat hul bootjies laat strand het, h et hulle ook laat strand. Hul lampe sou ook spoedig doodgaan.

Dis treurig, ek weet, maar dit lyk vir my of dit nog 'n wyer betekenis het. Om ons, in hierdie snaakse ou wêreld, en solank as wat ons lewe, gaan lampies dood wat baie jare lank gebrand het. Oupas en Oumas en - helaas, Pappas en Mammas word ook van ons geskei deur die dood. Ligte wat helder en opgeruimd geskyn het, word skielik uitgedoof. Ligte wat ons liefgehad het, word dof en flikker weg.

Sal hulle ooit weer opgesteek word? Ek glo dis 'n vraag wat jy jouself al dikwels afgevra het wanneer jy hoor van die dood van iemand wat Jesus liefgehad het. Sal jy hulle ooit weer sien? Sal hulle weer glimlag met jou soos in die goeie dae wat verby is?

Hulle sal, want op Sy bepaalde uur sal die Lilg van die wêreld elke lamp van Hom wat gesterf het, aansteek.

Wanneer die liefdevolle Jesus weer na die hierdie aarde toe terugkom, soos Hy beloof het en vir ewig by wat gewis spoedig gaan gebeur, sal Hy weer almal wat Hom liefgehad en hul harte en lewens aan Hom gegee het, uit die dode opwek sodat hulle vir ewig by Hom kan wees. 

Soos die apostel Paulus sê: "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan" (1 Thes. 4:16)

Daar bestaan geen twyfel daaromtrent nie. En in die heerlike koninkryk van Jesus sal daar "geen dood meer wees nie, ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer weer nie, want die eerste dinge het verbygegaan". (Openb. 21:4)

"Dan," sê Jesus, "sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hul Vader." (Matt. 13:43)

Op daardie blye dag van weersien, sê die profeet Daniël, sal die verstandiges "glinster soos die glans van die uitspansel en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos". (Dan. 12:3)  Is dit nie die moeite werd om vir Jesus te skyn nie?