Broodjie by braaivleis
500ml karringmelk (2 koppies)
1 pakkie groentesop (69g)
500g bruismeel
1 eetlepel olie
sout
gerasperde kaas
paprika
pietersielie
Meng droë bestanddele, maak aan met karringmelk en olie. Plaas in broodpan. Strooi paprika, pietersielie en kaas bo-oor. Bak teen 180 grade Celsius vir ±1 uur.