500g suikerboontjies
2,5 liter water
1 sopbeen
125g spekvleis, in blokkies gesny
15ml sout (3 t)
2ml peper
2 medium uie, in skywe gesny
5ml gekapte pietersielie (l t)
Was die boontjies en week oornag in water. Dreineer en voeg die sopbeen en 2,5 liters water by. Kook stadig totdat die boontjies en vleis amper sag is. Voeg die ander bestandele, behalwe die pietersielie, by en kook 'n uur langer. Voeg die pietersielie by. Dien op saam met bruinbrood en botter.