Kleinfontein se Vleiland

Funksionering en Bewaring

© EMJ Baumbach

Opgedra aan Kleinfonteinse vleiland en die Kleinfonteintor

Die vleiland is tans en sal ook in die toekoms Kleinfontein se waardevolste bate wees. Hieronder volg basies bestuursriglyne wat deur internasionaal-erkende vleiland-deskundiges aanbeveel word waarvolgens vleilande bestuur en bewaar moet word.

Algemene Beskrywing

Die vleiland wat, heel waarskynlik, al baie tienduisende jare bestaan, is 'n geologiese gegewe wat as 'n hellingsvleiland geklassifiseer word as gevolg van die ligging daarvan in 'n sloep wat teen 'n matige helling tussen twee rantereekse deur van oos na wes dreineer. 

Aan die noordelike en oostelike kante is daar redelike groot grasveldopvanggebiede wat albei in die sentrale sloep in dreineer en laterale sypelwater in die vleiland vrystel. Gedurende reenbuie  kry die boonste gedeelte van die vleiland afloopwater vanaf hierdie noordelike opvangsgebier (torgebied).

Die oostelike gedeelte van die opvanggebied bestaan hoofsaaklik uit 'n plaot waarvandaan die grootste gedeelte van die afloopwater na reenbuie kom. Dit is egter, saam met die suidelike klipperige rant, ook 'n bron van standhoudende sypelwater vir die vleiland. Die hidrologie van die veiland draai egter om die permanente fontein wat deur 'n waterdraer (Eng. aquifer) gevoed en deur laterale sypelwater aangevul word. Vorige eienaars het die fontein 'oopgegrawe' en 'n watervoor daarvandaan regdeur die lengte van die vleiland gemaak. Twee sandfilters is aan die onderpunt van die vleiland gebou. 

Aan die bopunt van die sloep, waar ook die werklike begin van die vleiland as sulks is, is 'n sedimentasiedam gebou wat die meeste afloopwater vanuit die noordelike (torgebied) en oostelike opvangsgebiede opvang en dan weer deur middel van sypeling onder die wal deur in die vleiland vrystel. 

Tans (2014) is die vleiland saam met die oostelike en suidelike opvangsgebiede sonder permanent-gevestigde indringerplante, maar in die noordelike gedeelte van die opvanggebied (torgebied) is daar 'n wattelbos.

Die padverbinding tussen die nedersetting en die suidelike gedeeltes (wildpark en hoewes) loop aan die suide- en oostekant om die vleiland. Deurdat die vleiland saam met sy opvanggebiede as groen gebiede verklaar is, mag ggen infrastruktuurontwikkelings daarin plaasvind nie.

Funksionering van die Vleilande

The priority when making choices about wetland management decisions is to ensure that the ecocystem services of the wetland are maintained (and, where appropriate, restored). 

Die enigste regerdiging vir 'n beperkte ingryping in die vleiland-ekosisteem is om mensgemaakte foute wat die vleiland nadelig raak, reg te stel en om indringerplante met die mins moontlike versteuring van die vleiland se fauna en flora uit te roei. 

Eienskap 1

Die grootste waarde van 'n vleiland is sy vermoe om water op te berg en dan weer geleidelik as skoon en bruikbare water vry te stel. Daarom moet vleilande altyd so bestuur word dat dit so na as moontlik aan die oorspronklike toestand bly om dit vir die nageslag te bewaar.

Eienskap 2

Alle vleiland-ekosisteme is by hulle plaaslike omstandighede aangepas ten opsigte van die kwailteit en kwantiteit beskikbare water. Die kwaliteit van die beskikbare water word plaaslik in stand gehou deur middel van die inkomende afloopwaterslik en grondwater asook deur die plantvreters (mikrobes, slakke, insekte, diere en voels) wat almal 'n belangrike hersirkuleringsrol vervul.

Die insette wat deur wind en reen in die vleiland-ekosisteem gemaak word met die toevoeging van verskillende voedingstowwe (kalsium, kalium, magnesium, e.a.) wat in die stof en in die reenval is, kan nie geignoreer word nie. 

Eienskap 3

Die hidrologie van 'n vleiland wentel om twee selsels, naamlik afloopwater en grondwater. Sodra daar 'n afname in die aterlewering van enige van hierdie stelsels is, word die interne funksionering van die vleiland altyd nadelig beinvloed.

Afloopwater wat die gevolg van 'n reenbui is, bevat slik wat hoofsaaklik uit die opvanggebied kom, waarin verskillende opgeloste voeding- en chemiese stowee is soos natrium, kalium, kalsium, fosfaat, stikstof en andere wat noodsaaklik vir die normale groei van  plante is. Die onderlinge verskillende konsentrasies en verhoudings van al hierdie stowwe bereik naderhand 'n stabiele punt waarby die hele vleiland-ekosisteem aangepas is. Versteurings in die opvanggebied het altyd negatitewe gevolge in die vleiland omdat die twee entiteite as 'n eenheid funksioneer.

Een van die belangrikste aspekte wat hierdie stabiliteit is dat hoe stadiger die afloopwater deur die vleiland beweeg, hoe meer slik sal op die vleilandbodem neersak met dus meer voedingstowwe wat tot beskikking van hierdie vleilandplante is. Daarteenoor spoel vinnigvloeiende water gedurig die inkomende slik weg en uiteindelik uit die ekosisteem uit.

Alhoewel die helling van 'n vleiland bepaal hoe vinnig die water deur die sisteem sal beweeg, bepaal die digtheid van die plantestand uiteindelik teen watter spoed die water deur die sisteem sal beweeg. 

Grondwater is altyd onder grondvlak en word eers sigbaar wanneer dit as fonteinwater of laterale sypelwater bogronds verskyn. Omdat dit tot op groot diepte in krake, poriee en gesteentelae in die aardkors aangetref word, is die kwaliteiet daarvan redelik stabiel en ryk aan voedingstowwe en chemiese verbindings. Daarom mag die natuurlike laterale sypeling van grondwater in vleilande in, nie versper of gewysig word  nie. 

'n Vleiland kan ook bo-op 'n waterdraer gelee wees wat deur laasgenoemde permanent of ook sporadies vanonder af in stand gehou word. 

Eienksap 4

Ongeag daarvan dat vleilande eienskappe van landelike (droe)  sowel as akwatiese (natter) ekosisteme het, is hulle nogtans onderling onlosmaaklik van mekaar inter-afhanklik. 

Die hersikulering van voedingstowwe wat van buite af kom, word hoofsaaklik deur die mikro- en makrofauna en flora van die vleiland-ekosisteem gedoen met kleiner byvoegings deur die verrotting van plante- en dieremateriaal. Die mikrofauna bestaan uit mikrobes (bakteriee en fungusse) wat die kleiner plantaardige deeltjeis afbreek, terwyl die makrofauna wat 'n verskeidenheid  van ongewerwelde diertjies is (inseklarwes, slakke, ens.) die blare en takkies van plante vreet. Daar is bereken dat hierdie versnipperaars ongeveer 40% van die plantmateriaal self absorbeer en die res uitskei wat dan deur 'n verskeidenheid van ander mikrobes benut en gehersirkuleer word. 

Bewaring van die Vleiland

Die deurlopende voorkomende bewaring van 'n vleiland-ekosisteem is doeltreffender en duursamer as om foute wat begaan is, agterna te probeer regstel.

Bewaringsoptrede 1: Indringerplante

In ongeveer 2003 was die veleiland so deur skotse dissels Cirsium vulgare ingeneem dat 6 bakkievragte plante weggery is na 'n skoonmaakpoging. In 2004 is 218 wattelboompies Acacia decurrens en in 2006 is etlike honderde pomppombossies Campuloclinium macrocephalum alhier uitgeroei. Danksy  'n deurlopende program om die vleiland-ekosisteem indringerplantvry te hou, was dit nodig om vanaf Januarie tot April 2014 slegs 3 skotse dissels, 31 wattelboompies en 45 pompombossies uit te roei. 

Daar moet net in gedagte gehou word dat die natuurlike prosesse van saadverspreiding altyd sal voortgaan sodat daar nooit 'n stadium bereik sal word waarin daar geen indringerplante in die vleiland meer sal opkom nie. 

Die wattelbome op die grens van die noordelike opvanggebied (torgebied) onttrek daagliks baie liters water.

Hulle stelselmatige verwydering (om grond- en winderosie te beperk) sal die volume beskikbare grondwater (sypelwater) aan die fontein en vleiland heelwat verhoog wat, wveral in droogtetye, 'n stabiliseringsinvloed sal he. 

Bewaringsoptrede 2: Molle

In die lig van die belangrike stabiliseringsrol wat die besinkingsdam in die vleiland spleel, sal van die molle in die besinkingsdamwal ontslae geraak moet word omdat hulle tonnels lekkasies gaan veroorsaak wat die damwalstruktuur sal verswak. 

Bewaringsoptrede 3: Laterale sypeling

Deurdat die grondwatersypeling vanaf die noordelike rant deur 'n wegleivoor tussen die rant en vleiland van die vleiland afgesny word, het daar oor die afgelope paar jare 'n groterwordende verdorring van die noor-westelike gedeelte van die vleiland plaasgevind. 

Die opvulling vna die wegleivoor sal die laterale sypeling uit die rant laat hervat en die deel van die vleiland opnuut vogtiger maak. 

Bewaringsoptrede 4: Afloopwater

Die natuurlike vloeipatrone van slikbelaaide afloopwater vanaf die oostelike opvanggebied deur die torgebied n a ide besinkingsdam toe behoort onbelemmerd te wees. Daarom sal beplan moet word hoe die versperring wat Wilparkweg daarstel, verander kan word na iets wat die afloopwater vloeipatrone minder sal ontwrig.  Hiermee hang ook die toekomstige oorleweing van die Kleinfontein saam. 

Bewaringsoptrede 5: Padslik

Die "vreemde" padoppervlakslik van Wildparkweg, aan die suidekant van die vleiland, mag nie in die vleiland kom nie omdat vleiland-ekosisteme gewoonlik nie 'n toename van "vreemde" slik in hulle ekosisteme oorleef nie. Die behoud van die suidwaartse helling van die padoppervlak sal dus voldoende wees om die padslik met die stormwatervoor na die Kliphuisdam toe te laat gaan. 

Bewaringsoptrede 6: Kleinfonteintor

Die krities-bedreigde rooidatakewer Ichnestoma stobbiai Holm oftewel Kleinfonteintor is in 1991 deur Erik Holm op Kleinfontein ontdek. Daarna is aangeneem dat hy uitgesterf het, maar op 2 November 2006 is hy weer hier "herontdek" op dieselfde plek waar hy aanvanklik ontdek is. Tans kom hy slegs op vyf ander verskillende plekkies in Gauteng voor, maar nereens anders in die hele wereld nie. 

Die larwes vrret slegs die wortels van sekere grasspesies en volwassenes kom net na 'n lentereen van meer as 12mm uit indien die omgewingstemperatuur gunstig is. Die volwassenes vreet niks nie en mannetjies kan slegs vir ses dae vlieg opsoek na 'n wyfie. Sodra hy 'n wyfie gevind het, paar hulle, sy le haar eiers i die sandgrond en daarna gaan alei dood.  

Aangesien die oorlewing van die Kleinfonteintor dus so onlosmaaklik met die instandhouidng van hierdie habitat in sy natuurlike staat is, is ons verplig om digt aldus te hou deur veral te sord dat die nodige instandhoudingsslikafloopwater vanuit die oostelike opvanggebied hierdie ekosisteem wel bereik. 

Al ingrypende verandering wat gedoen mag word, is om die wattelbos en bloekombome uit te roei sodat hierdie grasveldhabitat 'n bietjie groter gemaak word en die vleiland meer sypelwater kan kry. 

Rooidatakewer Ichnestoma stobbiai Holm Kleinfonteintor
Die Vleiland Kleinfontein