'n Nuwe Bewind, 1806 - 1834

Groot-Brittanje en die Kaapkolonie

In die geskiedenis van Suid-Afrika het die tweede Britse besetting van die Kaap in 1806 verreikende gevolge gehad. Tot 1795 was dit 'n Nederlandse kolonie. Vanaf 1806 is die reeds komplekse aard van die Kaapkolonie nog meer ingewikkeld gemaak deur nuwe faktore wat op die toneel verskyn het: Die Britse owerheid, wat gevolg is deur 'n Britse bevolkingselement en Britse opvattings, denkbeelde en kultuur. Hierdie faktore sou uiteraard 'n uiters belangrike rol in die verdere verloop van sake speel.

Gedurende die tydperk 1806-1834 was die Kaap as kroonkoonie volkome aan die Britse regering ondergeskik. Britse koloniale beleid het dus tot aansienlike hoogte die lotgevalle van die Kaap bepaal. Die faktore wat hierdie beleid gerig het, was kortliks die volgende: Die wandade van dieFranse gepeupel het 'n reaksionêre gees in Britse regeringskringe in die hand gewerk wat 'n goeie begrip van en simpatie met die gewone volk in sowel die vaderland as die Ryk bemoeilik het. Dit verklaar ten dele die hardviogtigheid waarmee die Slagtersnek-opstandelinge behandel is. 'n Ander faktor was die geringskatting van die waarde van kolonies wat ná die vrywording van die Amerikaanse kolonies algemeen posgevat het. Die Kaap is enkel en alleen ter wille van die skiereilandse hawens verower. Dié was belangrike steunpunt vir die waardevolle handel met Indië. Die Kaapse binneland was 'n nuttelose streek waarop groot somme geld bepaald nie winsgewend bestee kon word nie. Die groot oorlogskukld waarmee die Napoleontiese Oorloë Brittanje belas het, het besuiniging in die Ryk gebiedend noodsaaklik gemaak. Hierdie finansiële faktor het o.m. die inkorting van garnisoene meegebring wat die Kaapse grensboere sou verplig om hulself te verdedig. Die meeste faktore wat die Britse koloniale beleid bepaal het, het die Kaap op die agtergrond geskuif. Die filantropiese faktor het egter 'n helder soeklig op dié geweste gerig. Filantropie was indertyd egter diskriminerend. Dit het die belange van gekleurdes probeer bevorder, soms ten koste van dié van die blankes. Geen aspek van die Britse koloniale beleid was vir die Afrikaners meer griewend nie.

In die jaar 1806 was die Kaapkolonie ná 'n sukkelbestaan van anderhalfeeu 'n uitgestrekte gebied met 'n karige blanke bevolking van nagenoeg 26 000, 'n groot slawebevolking van bykans 30 000 en 'n Hottentot-element van ongeveer 20 000. Weens gebrek aan paaie was die grensdistrikte afgeleë en primitief, en is dit deur roofsugtige Boesmans en swartes geteister. In vergelyking met ander kolonies wat in die 17de eeu ontstaan het, was die Kaap ekonomies en staatkundig agterlik. Dit het nog geen stapelproduk besig soos die suiker van Wes-Indië, wat dié kolonies toegang tot die wêreldhandel en pleitbesorgers in die Britse parlement besorg het nie. Bowenal het die blanke bevolking aan die Kaap met ongeëwenaarde probleme te kampe gehad. In die grootste deel van die geweste was die reënval karig en wisselvallig en die grond se drakrag laag. 'n Ryke dierelewe het dit 'n jagtersparadys gemaak, maar ook moeilik tembaar. Insonderheid was die groot inboorlingbevolking 'n wesenlilke bedreiging. Rasse-integrasie op ekonomiese vlak het sedert die vroegste tye bygedra tot 'n wankelmoedige ekonomie wat op nie-blanke arbeid berus en grootskeepse blanke immigrasie verhinder het. Die plundering van die Boesmans in die noordelike grensdistrikte sou as bedreiging heeltemal oorskadu word deur die kragtige aanslae van die Xhosas op die oostelike grensgebiede. Die swartes sou inderdaad die grootste uitdaging blyk te wees vir 'n blanke beskawing wat na 150 jaar jaar geestelik reeds sterk wortel geskiet het, maar stoflik nog buitengewoon swak was.

Bestuurs- en administratiewe aangeleenthede

Vir die Britse bewindhebbers was die Kaap bloot die Gibraltar van die Indiese Oseaan. In 1815 nog het Somerset dit as "an outwork to India" beskryf,(1) en in 1839 het Christopher Bird "the utter insignificance of this Colony, and the consequent contempt in which it, and all that belongs to it, are held" bekla. (2) Origens is die Imperiale owerheid, wat steeds sterker in die teken van die toenmalige begrippe van die filantropie gestaan het, beïnvloed deur skrywers soos Barrow, wat hom o.m. soos volg uitgelaat het: "Such men (d.i. die Boere) wil never become civilised until they are ruled with a rod of iron."(3) Die gevolg was dat die tradisionele versoeningsbeleid teenoor verowerde kolonies in die geval van die Kaap met minder toegeeflikheid toegepas is. Wat bestuur betref, was die oogmerk gesentraliseerde doeltreffendheid, wat die roete na die Ooste moes beveilig.

(1) Theal: Records of the Cape Colony, X, p.130, Somerset - Bathurst, 19.6.1815

(2) D'Urban Papers: Bird - D'Urban, 4.3.1839 (Kaapse Staatsargief)

(3)An Account of Travels into the Interior of Southern Africa, pp. 136, 137

Die kapitulasievoorwaardes van 1806 was gevolglik nie so liberaal soos gewoonlik nie. Die gebruiklike waarborg vir die behoud van die regte, voorregte en godsdiens van die Afrikaners het wel daarin voorgekom, maar nie die waarborg vir die voortbestaan van die "laws and usages" en ook nie die versekering dat geen nuwe belastings gehef sou word nie.

In 1814 is Britse gesag oor die Kaap finaal deur die Konvensie van Londen bekragtig. Die enigste bepaling wat op die Afrikaners betrekking gehad het, het gelui dat Brittanje nie teen die eertyse Nederlandse onderdane sou diskrimineer nie.

Die bestuursvorm wat aan die Kaap ingestel is, was dus ook meer outokraties as dié van enige ander Britse geweste, behalwe die strafkolonie Nieu-Suid-Wallis. Die Kaapse goewerneur is oorlaai met magte wat die Ministerie van Kolonies nie aan sy kollegas elders toevertrou het nie. sy mag om bv. konstitusionele veranderings aan te bring, was uniek. Alle wetgewende en uitvoerende gesag het by hom berus, want die Politieke Raad is afgeskaf. Die regspraak was aan hom ondergeskik in soverre hy die lede van die Raad van Justisie (behalwe die president) kon benoem en ontslaan en alle gesag in sowel strafregtelike as burgerlike appèlhowe by hom berus het. In hierdie twee howe, wat deur Caledon ingestel is, is hy wel deur assessore bygestaan, maar hulle het bloot in 'n raadgewende hoedanigheid opgetree. Weliswaar was al sy maatreëls aan die goedkeuring van die Ministerie van Kolonies onderhewig, maar sy besluit is selde in twyfel getrek. Die goewerneur was ook die hoogste militêre gesagvoerder.

Die goewerneur se outokrasie is feitlik net getemper deur die welwillendheid wat dit oor die algemeen gekenmerk het. Die Kollege van Burgerrade het onder die naam Burgersenaat behoue gebly, maar het as mondstuk van die openbare mening nie meer sy vroeëre rol gespeel nie.

Heelwat Engelse stemme aan die Kaap is teen die Romeins-Hollandse aard van die regspraak verhef. Britse regsbeginsels het uiteraard heelwat invloed op die twee appèlhowe gehad, maar origens was die regspleging ten aansien van sy ampsdraers en regspraktyk Hollands. Die goewerneurs het die verengelsing van die regspraak in beginsel gesteun, maar was nie bereid om ingrypende veranderings aan te bring solank die toekoms van die Kolonie nog nie finaal beslis is nie.

Selfs in die tydelike bewindperiode vóór 1814 was die Britse bewindhebbers gretig om 'n doeltreffende landsbestuur tot stand te bring om wet en orde vir blank en nie-blank te verseker. Die administrasie van die uitgestrekte Kolonie, wat boonop goeie paaie kortgekom het, is bemoeilik deurdat dit net in ses distrikte verdeel is. Die doeltreffendheid van die plaaslike bestuur is bevorder deurdat goewerneur Caledon drie bykomende distrikte geskep het, nl. Clanwilliam, George en Caledon. Maar die doel was nie net om wetsgehoorsaamheid af te dwing nie; Caledon wou ook - met behulp van die ou Hollandse instelling - die Kolleges van Landdros en Heemrade, Britse denkbeelde, insonderheid filantropiese begrippe, by die Afrikaners inskerp. Derhalwe is die beleid ook gevolg om gaandeweg Britse offisiere as landdroste aan te stel.

'n Ander groot verbetering deur graaf Caledon was die instellilng van die Rondgaande Hof in 1811. Twee of meer lede van die Raad van Justisie het jaarliks die buitedistrikte besoek om sake te verhoor wat buite die regsbevoegdheid van die Kollege van Landdros en Heemrade gelê het. Die Rondgaande Howe het 'n blywende en nuttige instelling geword. Dit het die regspleging in die binneland bevorder en vergemaklik. Dit het ook wetsgehoorsaamheid in die hand gewerk in 'n land waar dit nodig was ná die swak bestuur van die Kompanjie. Dit het verslag gedoen oor die werk van die landdroste, asook oor opvoedkundige, godsdienstige en maatskaplike toestande op die platteland. Dit het egter ook deel van die sentralisering van die bestuur uitgemaak, want dit het die bevolking nog meer regstreeks onder die beheer van die goewerneur geplaas. In hul verslae aan die Ministerie van Kolonies het verskeie goewerneurs laat blyk dat die rondgang ook bedoel was om inboorlinge en slawe te beskerm en Britse denkbeelde te propageer.

Soos tydens die Eerste Britse Bewind, is lojale Hollandse amptenare ook na 1806 in hul betrekkings behou. Dit was deel van die tradisionele versoeningsbeleid teenoor verowerde volke. Daar was egter ook die praktiese oorweging dat lojale, onderdanige Hollandse amptenare uitstekende draers van die Engelse gedagtes was omdat hulle veelal die vertroue van die Afrikaanse bevolking geniet het. Alle goewerneurs was egter ook gretig om die tradisionele verengelsingsbeleid te bevorder en die verowerde Kolonie aan die moederland gelykvorming te m aak. Drie maande nadat hy die ampseed afgelê het, het Cradock sy beleid geformuleer: "I therefore anxiously hope that, in whatever Directions we may receive from Home...there will appear the Desire to assimilate the Insitutions of this Country to those of England."(4) Teenoor sy hoof, die Minister van Kolonies, het Cradock hom n og sterker uitgedruk. Hy het die oorweldigende Afrikaanse bevolking as 'n gevaar beskou, grootskeepse Britse immigrasie beplein en betoog dat Britse belange die beste gedien kon word "by cautious and progressive introduction of the same laws, the same principles and the same institutions of the parent state".(5) Hy het ook die oortuiging uitgespreek dat verengelsing tot die geluk van die verowerde volk sou bydra.

(4) C.O. 1616: No. 29, Cradock - Alexander, 6.12.1811, (Kaapse Staatsargief)

(5) Theal: Records of the Cape Colony. VIII, p. 219, Cradock - Liverpool, 31.12.1811

Cradock, die ywerige hervormer, het ook sy blik op die ou stelsel van leenplase laat val. Teen die betaling van 'n geringe rekognisiegeld kon boere plase van nagenoeg 3 000 morge beset. Hierdie leenplaasstelsel het seker  voordele ingehou solank grond volop was en ekstensiewe boerdery beoefen is. Maar sedert die sewentigerjare van die vorige eeu het die Boesmans verdere uitbreiding noordwaarts tydelik gestuit en die Xhosas het die trekboer aan die Visrivier ingeperk. Grond was skaarser en intensiewe boerdery op kleiner plase het noodsaaklik geword. Ten einde dit in die hand te werk en ook om 'n digter bevolking op die grense te kry, het Cradock in 1813 geproklameer dat die houers van leenplase hul lisensies in ewigdurende erfpag kon omskep teen die betaling van 'n heelwat hoër paggeld. Alle toekomstige uitgifte van plase sou op hierdie nuwe grondslag geskied en alle erfpagplase moes behoorlik opgemeet word.

Die reaksie was ongunstig. Boere het heeltemal veilig gevoel in die okkupasie van hul leenplase. Daar was geen rede waarom h ulle die hoër koste van die nuwe stelsel sou aangaan nie. Vir die toekoms was die maatreël egter belangrik. Dit het die ekonomiese grondslag van die boerderybedryf verstewig en uiteindelik tog intensiewer boerderymetodes aangemoedig.

In 1914 het Nederland vir goed van die Kaap afstand gedoen. Die permanente Britse bestuur het terstond voor die dreigende ekonomiese ineenstorting van die Kolonie te staan gekom. So wisselvallig as wat die reënval in die grootste deel van die land was, so toevalig en wisselvallig was sy ekonomiese ontwikkeling. Gedurende die oorlogsjare is die ekonomie kunsmatig aangespoor deur die mark wat groot garnisoene geskep het. Maar vanaf 1816 was Brittanje verplig om 'n strenge besuinigingsbeleid te volg. Die Kaapse garnisoene is van 4 000 tot 2 400 man verminder. die Kolonie het dieper in die skuld versink; die waarde van die riksdaalder het verder gedaal; pryse het die hoogte ingeskiet en die nietige handel het verder gekrimp. In 1821 het Napoleon op St. Helena gesterf en met die vertrek van sy bewaarders was nog ' n mark daarmee heen.

As verowerde kolonie was die Kaap nog nie ten volle by die ekonomiese stelsel van die Britse Ryk ingeskakel nie. Die beperkings van die Merkantiele Stelsel was wel van toepassing, maar die Kaap het nog nie 'n aandeel in al die voordele gehad nie. Bowenal het die Kaap nie oor 'n stapelproduk beskik waarvoor daar 'n groot aanvraag in die buiteland bestaan het nie. Die wolbedryf was nog in sy kinderskoene. In 1826 was die waarde van die woluitvoer slegs £545. Binnelands het die klein blanke bevolking, die groot afstande en gebrek aan paaie 'n goeie mark verhinder. Hier was die ekonomie tog tot aansienlike hoogte op 'n primitiewe ruilhandel gegrond.

Die ekonomiese toestand is 'n verdere knou toegedien deur die uitgifte van groot somme papiergeld. Van Plettenberg het tydens die Amerikaanse Vryheidsoorlog daarmee begin. Gedurende die Eerste Britse Bewind en die Bataafse Tydperk is die landskuld deur bykomende uitgifte vergroot. Baird en Caledon het die papiergeld nog verder met meer as eenmiljoen riksdaalders vermeerder. Die noodwendige gevolg was dat die waarde van die riksdaalder van 4s 2d in 1806 gedaal het tot 1s 6d. In dié jaar het die Britse owerheid, as deel van 'n program om Britse betaalmiddele dwarsdeur die Ryk geldig te maak, die Britse muntstelsel in die Kaap ingevoer en die riksdaalder is op 1s 6d vasgestel. Op die lange duur het hierdie deflasionistiese maatreël die Kaap bevoordeel, maar die onmiddellike uitwerking was vir die bemiddeldes rampspoedig.

In die jaar 1814 het lord Charles Somerset Cradock opgevolg. Hierdie lid van die invloedryke, aristokratiese Beaufort-familie was die toonbeeld van Tory-reaksionisme. Hiermee is 'n nuwe tydvak ingelui. Ingevolge sy invloedryke familile, sy outokratiese inslag en die feit dat permanente Britse besetting van die Kaap nou verseker was, het Somerset sterker opgetree. Veral teenstand kon hierdie edelman nie duld nie.

Ná sy terugkeer van Engeland teen die einde van 1821, het Somerset tot 'n outokrasie oorgegaan wat selfs die dienste van die berugte Olivier the Spy nodig gemaak het. Dit is waarskynlik aangevuur deur toestande in Brittanje, waar reaksionisme 'n hoogtepunt bereik en deur die teenstand wat hy van die Britse Setlaars hier te lande ondervind het. Die Setlaars was ten minste aan parlementêre instellings gewoon. Met somerset se willekeur kon hulle hul nie versoen nie. Klagtes van die Setlaars het Brittanje bereik. In 1819 het dr. John Philip gearriveer. Hy was 'n sendeling, maar het groot belangstelling in politieke aangeleenthede geopenbaar. Philip se vertoë en die tussenkoms van Wilberforce en die filantrope was faktore wat in 1823 tot die sending van Colebrooke en Bigge se Kommissie van Ondersoek gelei het. Hul opdrag was omvattend en het administratiewe aangeleenthede en die posisie van gekleurdes ingesluit.

In 1824 het die stryd om meer liberale bestuursinstellings begin met die verskyning van die eerste private tydskrifte. Ds. Abraham Faure en een van die leiers van die Setlaars, Thomas Pringle, het verlof ontvang om 'n kwartaalblad in Nederlands en Engels uit te gee. Ook 'n drukker, George Greig, het met voorstelle vir 'n weekblad voor die dag gekom. Almal het onderneem om strydvrae van politieke en persoonlike aard uit hul publikasies te weer. Ondanks Somerset se teenstand het Bathurst verlof toegestaan. Die tweetalige The South African Journal en Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift, asook die weekblad The South African Commercial Advertiser onder redaksie van Pringle, Fairbairn en Creig, het vroeg in 1824 verskyn.

Die Engelse blaaie het hulle gou genoeg die gramskap van die goewerneur op die hals gehaal. Op las van Somerset het die fiskaal sensuur toegepas, waarmee Creig nie genoeë wou neem nie. Die Advertiser is daarop gesluit en Creig verban. Pringle se Journal was ook spoedig in onguns. Albei het in Londen die agitasie teen die outokratiese Goewerneur aangeblaas. Bathurst, die Minister van Kolonies, het die herverskyning van die Advertiser toegelaat, maar in 1826 is hierdie koerant weer in die ban gedoen. Fairbairn het die stryd in Londen voortgesit. 'n Nuwe, minder reaksionêre regering het oplaas in 1828 die grondslag van 'n vrye pers toegestaan. Uitgewers sou voortaan vry wees van beheer deur die Goewerneur-in-Rade en slegs onderhewig aan die lasterwette. Dit was 'n belangrike stap op die lang pad na demokrasie.

As gevolg van al die klagtes wat die Ministerie van Kolonies bereik het, het Bathurst in 1825 'n Adviesraad ingestel. Dit was nie 'n noemenswaardige inperking van die goewerneur se gesag nie, want dit het net uit amptenare bestaan. Hulle was baie afhanklik van die goewerneur en kon alleen sake bespreek wat die goewerneur te berde bring; bowendien het die Raad bloot in 'n raadgewende hoedanigheid opgetree. Nogtans was die Raad 'n erkenning dat die komplekse kprobleme van die veelrassige Kolonie nie meer aan die goeddunke van één persoon oorgelaat kon word nie. In 1827 is twee koloniste wel tot die Raad benoem, maar hulle was gepensioeneerde amptenare en nie ware verteenwoordigers van die koloniste nie.

Jeens die Franssprekende Kanadese is die beleid van verengelsing onmiddellik ná die verowering toegepas. Aan die Kaap is dit ná die koms van die 1820-setlaars op groot skaal aangedurf. Britte aan die Kaap het talle besware teen die Raad van Justisie gehad en dit luidkeels verkondig. Sommige besware was gegrond. Die oorheersende posisie van die goewerneur ten aansien van die regspleging het die grondwetlike beginsel van die skeiding van regeringsmate geweld aangedoen. Die amp van die fiskaal het ook billike kritiek uitgelok. As kroonvervolger was hy op een derde van die boetes geregtig en het op die regbank langs die hoofregter plaasgeneem. Minder gegrond, maar begryplik in die lig van destydse opvattings, was die veroordeling van die Nederlandse voertaal.

Cradock het besonderhede van 'n aantal strafregtelike sake aan Bathurst gestuur om die beweerde bespotting van regspraak aan die lig te bring. Dit is waar dat die Kaapse reg nie altyd gelyke beregting van blank en gekleurd laat geskied het nie. Insgelyks het gelyke behandeling van edelman en arbeider indertyd in Europa nie altyd voorgekom  nie. Ook het Cradock dit uit die oog verloor dat die Kaapse strafreg vir blank en gekleurd toegeeflik was, veral in vergelyking met die destydse hardvorgtige Britse strafkode.

In 1816 het Goulburn, Parlementêre Ondersekretaris van Kolonies, een van die seldsame verklarings oor koloniale beleid in die Britse Laerhuis gedoen. Hy het beklemtoon dat engelse wette en beginsels in die kolonies ingevoer word op so 'n wyse dat verowerde volke nie aanstoot gegee word nie. Aan die Kaap het die koms van die Setlaars na die oordeel van die owerheid die regte geleentheid geskep. Die Setlaars het ook daarop aangedring.

Die Kommissarisse van Ondersoek se belangrikste verslae het in 1826 die lig gesien. Op grond hiervan is in 1827 die eerste en in 1834 die tweede Regsoktrooi aangekondig. Dit was die eerste doeltreffende beperking van die goewerneur se gesag. Uitvoerende en wetgewende magte het nog by hom berus, maar selfstandige regspraak is voortaan verseker. 'n Hooggeregshof het die Raad van Justisie vervang. Die Romeins-Hollandse reg is behou, maar geleidelike aanpassing by die Britse reg is in die vooruitsig gestel. Dit sou vertolk word deur opgeleide juriste wat as regters deur die Kroon benoem is. Dat regters, opgelei in die Britse reg, romeins-Hollandse reg moes uitoefen, is nie as ongerymd beskou nie. Die hooggeregshof het uit 'n hoofregter en drie regters bestaan, almal Britte. Strafregtelike sake is deur 'n regter en jurie verhoor. Die regsprosedure, voertaal en personeel van die hooggeregshof was Engels. 'n Prokureur-generaal het die fiskaal vervang.

Die voordele het die nadele oorskry en die Afrikaners het nie oor hierdie ingrypende veranderings gegrief gevoel nie. Trouens, met die juriestelsel was hulle so in hulle skik dat hulle dit later in hul eie Republieke herskep het. Die Kommissaris van Ondersoek het egter sterk onder filantropiese invloed getaan en het ook weggedoen met ou instellingswaarin die koloniste se siening van die verhouding tussen blank en gekleurd tot uiting gekom het. Die Kolleges van Landdros en Heemrade is afgeskaf. Resident-magistrate en siviele kommissarisse sou voortaan onderskeidelik die regterlike en administratiewe pligte van die Kolleges behartig. Verldkornette se magte is ingekort, die Burgersenaat is afgeskaf en in 1834 het ook die Weeskamer verdwyn. Hiermee het die laaste spore van kollegiale selfbestuur verdwyn. Die Afrikaners, behoudend, gesteld op hul burgerregte, het hierdie veranderings meermale betreur. sommige van die Kolleges, insonderheid die Landdros en Heemrade, het tydens en ná die Groot Trek herleef.

Wat wetgewende en u itvoerende mag betref, het sentralisasie met hierdie wysigings 'n hoogtepunt bereik. Daarvoor was reaksionisme in Brittanje, filantropiese besorgdheid oor die geklerudes indien koloniste groter selfbeskikkingsreg verkry en die wantroue in die Afrikanermeerderheid, hoofsaaklik verantwoordelik. Ook het verteenwoordigende instellings in Kanada groot probleme geskep. Maar in 1830 het die liberale Whigparty in die moederland aan die roer van sake gekom en in 1832 is die eerste Reform Act aangeneem wat demokrasie 'n besliste stap laat vorder het. Aan die Kaap, met die Nederlandse koerant De Zuid-Afrikaan aan die spits, het vertoë om verteenwoordigende bestuur vermenigvuldig. Die ou slagspreuk "geen belasting sonder verteenwoordiging" is aangehef. Dit het in Pmperiale regeringskringe weerklank gevind, by monde van vriende van die Setlaars.

Eindelik, in 1834, het die agitasie vrugte afgewerp. Slawerny is afgeskaf en die blankes kon bygevolg met meer selfbestuur vertrou word. 'n Uitvoerende Raad, bestaande uit vier vooraanstaande amptenare, is geskep naas 'n Wetgewende Raad met dieselfde amptenare en vyf, ses of sewe gesiene koloniste deur die goewerneur benoem. Hoewel dit 'n groot verbetering op die Raad van Advies was, was dit nog op verre na nie verteenwoordigende bestuur nie. Die element van verkiesing het nog geheel an al ontbreek. Tog het vryheid van debat in die Wetgewende Raad bestaan en - met uitsondering van 'n lang lys gereserveerde sake - het wetgewende inisiatief by dié liggaam berus. Daarbenewens was geenordonnansie sonder goedkeuring van die Wetgewende Raad van krag nie. Hiermee het ook die grondslag van 'n gesonde demokratiese bestuur verskyn: die regspraak was reeds selfstandig en die jongste ontwikkelilng het die uitvoerende en wetgewende gesag duideliker omlyn.

Die Afrikaners

Teen 1806 was die grondslag van die nasiewording van hierdie verowerde bevolking reeds gelê. 'n Anderhalfuur van kragtelose Kompanjiebestuur het die Afrikaners - en insonderheid die trekboere - tot groot hoogte aan hulself oorgelaat.

Hulle moes met weinig hulp self die binneland tem, hulself teen inboorlinge beskerm, self paaie ooptrap en vir die opvoeding van hul kinders sorg. Die gevolg was 'n selfstandige, individualistiese ras wazt nie veel meer van die owerheid verlang het as om met rus gelaat te word nie. In hulle afsondering het hulle 'n eie taal ontwikkel.

Die Britse beleid teenoor die Afrikaners was gegrond op die breë koloniale beleid teenoor vreemde, blanke bevolkingselemente wat vroeër reeds onderwerp was. Die eerste beginsel van hierdie beleid, soos geopenbaar teenoor Franssprekende Kanadese en die Nederlanders en Spanjaarde in Wes-Indië, was 'n aanvanklike versoeningsbeleid. 'n Toegeeflikheid wat die Franssprekende Kanadese binne dertig jaar verteenwoordigende bestuur besorg het, was ten aansien van die Afrikaners uitgesluit uit hoofde van die onbelangrikheid van die binneland wat hulle bewoon het, die afwesigheid van 'n konkurrerende moondheid soos die V.S.A.,; die feit dat die Kaap aan die belangrike handel met Indië diensbaar gemaak moes word, die skrikbeeld van 'n lang reeks Engelse filantrope van die Afrikaners geskilder het en die besorgdheid van die filantropiese beweging oor die lot van gekleurdes in die Kaapkolonie.

Die tweede, meer blywende beginsel van die beleid teenoor vreemde blanke elemente, nl. verengelsing, sou bygevolg onverbiddeliker teenoor die Afrikaners toegepas word. Europese koloniale moondhede was almal indertyd onbewus van die waarde wat kleiner nasies aan hul volkseie geheg het en oortuig van die meerderwaardigheid van die kultuur en instellings van die veroweraar. Daarom het koloniale moondhede nie daaraan getwyfel dat hulle verowerde elemente begunstig het deur hulle na die ewebeeld van die moderland te omskep nie. Daarbenewens was, volgens destydse opvattings, die veiligheid van 'n ryk nie met die bestaan van vreemde blankes binne die ryk te versoen nie.

In die Kaapkolonie is verengelsing hoofsaaklik tot ná 1820 uitgestel weens die tydelike aard van die Britse bewind tot 1814 en die afwesigheid van 'n noemenswaardige Britse bevolking tot 1820. Die meeste Hollandse amptenare was nie Engels magtig nie. Nogtans het die energieke Cradock in 1813 die belangrikheid van 'n kennis van engels en die voorneme om in die nabye toekoms slegs amptenare wat Engels magtig was, te genoem, aangekondig. Hierdie beleid sou egter nog lank nie konsekwent togepas kon word nie.

In die staatsdiens is ooreenkomstig die versoeningsbeleid en met die oog op praktiese oorwegings op groot skaal van Nederlandse en Afrikaanse amptenare gebruik gemaak. Die onverbiddelike voorwaarde was dat hulle lojaliteit aan die Britse bewind bo verdenking moes wees. Van Anglofiele soos W.S. van Ryneveld en J.A. Truter (later bekend as sir John Truter) het die Britte waardevolle en gedtroue diens ontvang. Baie van hierdie amptenare het ook spoedig verengels. Die vernaamste vertrouensposte met die beste salarisse is egter uit die staanspoor vir Britte uit die moederland voorbehou. Nepotisme het hierin 'n rol gespeel.

Vanaf 1814 - en veral ná die koms van die Britse Setlaars - is Engelse amptenare in toenemende getalle aangestel. Ook is hulle op allerlei wyse begunstig. Die wrewel wat dit onder Nederlandsers en Afrikaners in Kaapstad veroorsaak het, is nie onbetuig gelaat nie. By gebrek aan 'n vrye pers, het hekelgeskrifte uiting gegee aan die gevoelens. Die hoë stoep van ene Dreyer se huis, op die hoek van Heerengracht en Langmarkstraat, was 'n uitsoekplek vir die opplak daarvan in die nag. Een hiervan was die volgende:

"O Heere der heere! / Wie zal hier in Afrika weer regeere; / Alle die uit Engeland zyn gebannen; / Worden hier groote mannen; / En ons arme Hollandsche gezellen, / Kan men de ribben op het lyf al tellen. / O heere, wilt ons toch verlossen, / Van al die engelsche ossen, / En leidt ons toch naar wenschen. / Ons arme Hollandsche Christenmenschen, / Amen.(6)

(6) Opgeteken deur Meurant: Sixty Years Ago, p. 29

Die Britse beleid teenoor vreemde Kerke in verowerde kolonies was interessant. Terwyl daar in Engeland self nog geen volkome godsdiensvryheid bestaan het nie en slegs die lidmate van die staatskerk, die Kerk van Engeland, staatsbetrekkings mag beklee het, is 'n veel vrysinniger beleid in die kolonies gevolg.

Een van die voorwaardes van oorgawe van die Kaap in 1806 was dat "Public Worship as at present in use shall also be maintained withou alteration."(7) Dit het beteken dat De Mist se Kerkorde van krag sou bly. De Mist, deurdrenk van revolusionêre denkbeelde, het die kerk in die eerste plas as 'n werktuig van die staat gesien. Dit moes die staat help om die goeie orde te handhaaf. Dit het goed met die opvattings van die Tories en hul beleid van sentralisasie gestrook. Ook het die Kerkorde nie die Gereformeerde Kerk in 'n bevoorregte posisie geplaas nie, behalwe dat dit in Kaapstad die talrykste en op die platteland die enigste kerk was.

(7) Kaapsche Courant, 11.1.1806, "Articles of Capitulation", 10.1.1806

Ooreenkomstig die opdragte van die goewerneurs moes hulle ten volle aan die Geref. Kerk en sy lidmate reg laat geskied. Dit was vir die Kaapse bewindhebbers nie moeilik nie, omdat die Geref. Kerk nog altyd aan die staat ondergeskik was. Dat hulle hierdie gesag streng sou  handhaaf, het Baird reeds by almal ingeskerp. Die landdros van Tulbagh het die plaaslike leraar, ds. Ballot, kennis gegee dat Baird se agt perde op 'n bepaalde Sondag by hom ingekwartier sou word. Ballot het beleefd verduidelik dat dit weens sy pligte op die Sabbat onmoontlik was. Hy is summier na Kaapstad ontbied en ondanks 'n brief waarin hy baie nederig skuld bely h et, is hy verbied om na sy huis en gemeente terug te keer alvorens hy slaafse gehoorsaamheid beloof het. Later is ds. von Manger van die Kaapstadse gemeente hardhandig gedissiplineer deur 'n dreigement om sy traktement te weerhou en hom na Uitenhage te verplaas. Niks het gebeur nadat hy hom verneder het nie. Die volstrekte onderdanigheid van 'n kerk wat so 'n houvas op sy kerkvaste lidmate gehad het, was vir die regering van besondere belang. Dié kerk was 'n doeltreffende magsmiddel.

Die instelling van die kommissaris-politiek, wat die staat in die Kaapstadse kerkraad verteenwoordig het, was 'n anachronisme uit die tyd toe die Gerefl Kerk die staatskerk was. Nogtans is dié ampte nie net behou nie, maar met veel meer bevoegdhede beklee, die besware van die kerk ten spyt. Baird het onomwonde verklaar dat die goewerneur, as verteenwoordiger van Sy Majesteit, in alle opsigte as hoof van die kerk beskou moes word. Somerset het die staat se beheer oor die kerk verstewig deur die landdroste tot kommissarisse-politiek in hul onderskeie distrikte te benoem. Die kerk was die vernaamste vesting vir die voortbestaan van die Afrikaners. Daarom het die owerheid doelbewus te werk gegaan om dit tot 'n gewillige werk gegaan om dit tot 'n gewillige werktuig van die veroweraar te smee. So het Cradock bv. opdrag gegee dat daar by elke kerkdiens vir die Britse koningshuis en vir die welslae van die Britse oorlogspoging gebid word.

In 1808 het die Minister van Kolonies aan die hand gedoen dat Engelssprekende Calvinistiese predikante na die Kaap gestuur word om die vakante kansels te vul. Hy het die mening uitgespreek dat hulle kon help om Britse, veral filantropiese, denkbeelde te versprei. Aanvanklik egter, ingevolge die versoeningsbeleid, is met veel moeite Nederlandse en Afrikaanse predikante na die Kaap gestuur.

Ná 1820, as deel van die meer intensiewe toepassing van die verengelsingsbeleid, is Skotse Presbiteriaanse predikante ingevoer. Die chroniese tekort aan predikante het die owerheid hierdie geleentheid gebied. Somerset het van die standpunt uitgegaan dat albei kerke Calvinisties was en dat daar gevolglik geen leerstellige beswaar kon wees nie. Ds. George Thom, wat in engeland met verlof was, se hulp is ingeroep. Thom  het geesdriftig gereageer en die ware oogmerke geopenbaar. Hy het geantwoord dat daar buite Kaapstad nie meer as 400 persone was wat Engels kon praat nie. Hierdie toestand moes verbeter word.

Verengelsing moes ook deur die onderwys bevorder word. Tot 1820 het alle goewerneurs gepoog om die meer algemene gebruik van Engels met behulp van die onderwys te bewerkstellig. Die resultate was egter gering. Ná 1820 het die Afrikaners se dors na onderwys en die tekort aan leerkragte die geleentheid geskep om verengelsing deur die onderwys sterker te bevorder. Thom moes derhalwe ook Britse onderwysers werf. Goulburn, die parlementêre ondersekretaris in die Minister van Kolonies, het getuig dat Bathurst dit met Somerset volkome eens was "as to the expediency and propriety of gradually superseding the Dutch Schoolmasters by Englismen of a superior class, as affording both the best means of making the English language more general in the Colony and improving the manners and morals of the people".(8)

(8)C.O. 1305: No. 348, Goulburn - Somerset, 10.2.1822 (Kaapse Staatsargief)

Die Skotse en Engelse predikante en onderwysers moes die Afrikaners dus nie bloot Engelssprekend maak nie. Hulle moes wesenlik Engels wórd! Die Engelse onderwysers het oral vrye skole tot stand gebring. Ten einde dié skole aantrekliker te maak, was geen klasgelde betaalbaar nie.

Bathurst het sy begeerte bekend gemaak dat Engels tot enigste amptelike taal in die Kaapkolonie verhef word. Ellis, voormalige koloniale ondersekretaris aan die Kaap, het sy bekende memorandum opgestel waarin hy verengelsing in 'n versnelde tempo bepleit het. Hy het verklaar dat die Kaap nou 'n integrerende deel van die Britse Ryk was en dat dit noodsaaklik was dat alle bande met Nederland verbreek word.

Die spoorslag om die Afrikaners daartoe te bring om Engels te leer, het spoedig gevolg. Bathurst het opdrag gegee dat Somerset 'n datum moet proklameer waarop Engels die enigste erkende amptelike taal sou word. Verengelsing, wat reeds so lank bedink en beplan is, het in 1822 sy beslag gekry. In Julie van daardie jaar het Somerset se taalproklamasie verskyn. Die aanhef het die motivering bevat: Die universele gebruik van Engels sou voorspoed in die hand werk; Engels was reeds goed bekend weens aanraking met Britte in die Kolonie woonagtig en die weg was gebaan deur die aanstelling van Skotse predikante wat met beide tale vertroud was en deur Engelse onderwysers in die vernaamste sentrums. Derhalwe sou Engels vanaf 1 Januarie 1827 die enigste voertaal wees in alle geregshowe en in ander regeringskantore vanaf 1 Januarie 1825. Briefwisseling met die koloniale sekretaris in Kaapstad moes reeds vanaf 1 Januarie 1823 uitsluitlik in Engels geskied.

Die verengelsingsbeleid het geen positiewe reaksie onder die Afrikaners uitgelok nie. Die amptenareklas, so afhanklik van die owerheid, het hulle daaraan onderwerp en gesorg dat hulle en hul kinders Engels ken. Die meer gesiene Afrikaanse families in Kaapstad en omgewing het spoedig 'n goeie kennis van Engels verwerf en heelwat waarde daaraan geheg. Hoewel volkome verengelsing onder hierdie klasse (soos by die Van der Byls en Cloetes) voorgekom het, was dit nogtans die uitsondering. Verreweg die meeste Afrikaners het aan hul kerk en aan Hollands, die taal van hul kerk, getru gebly. en hierin was die kern van die saak opgesluit. Aan Nederlands as taal was die Afrikaners reeds nie meer so geheg nie, maar aan hulle kerk en die taal van hul kerk, was hulle verknog.

In die binneland, hoewel dar aanduiding is dat die Afrikaners die waarde van 'n kennis van Engels begin besef het, het die verengelsing van die staatsdiens hulle koud gelaat. Hulle was selde in voeling met die owerheid. Hoewel ingeligte Afrikaners dus bereid was om hulle sekere opofferings te getroos om Engels te leer, was daar perke aan hierdie opofferings. Die Engelse vrye skole wat geen Hollands onderrig het nie, het leeggeloop en misluk. Die Engelsgesinde sir John Truter het in sy verslag oor die eerste sinode in 1824 Somerset gewaarsku "that an apprehension is fast spreading among the public, that their children will not be allowed to receive any further instruction in Dutch, and that the language is to be totall prescribed" (sic - lees proscribed).(9) In  1836 het ds. Robertson (een van die ingevoerde onderwysers) aan D'Urban geskryf dat skole daarin sou slaag om Engels te bevorder slegs indien rekening gehou word met "the very natural prejudice of the m ajority of the Population in favour of the Dutch language".(10) Hy het aanbeveel dat Hollands ook onderrig word en dat godsdiensonderrig ook in Hollands geskied.

(9) Dreyer: Boustowwe, III, p. 267, Truter - Somerset, 30.1.1825

(10) C.O. 795: Bylae No. 8, 8.2.1836 (Kaapse Staatsagief)

In sy hoofdoel, nl. om die Afrikaners in hart en siel te verengels, het die verengelsingsbeleid nie geslaag nie. Baie Afrikaners het mettertyd tweetalig geword, maar Afrikaans gebly. Hulle het die Britse demokrasie (soos hulle dit later leer ken het), die Britse politieke liberalisme en die Britse Kroon en Ryksverband aanvaar, maar hul identiteit nie ingeboet nie.

Die Britse Setlaars

Die owerheid het in grootskleepse Britse immigrasie na die Kaapkolonie die oplossing van baie van hulle probleme gesien. Die swaar geteisterde Brittanje, belas met 'n reuseskuld ná die Napoleontiese oorloë, wou langdurige botsings op die oosgrens tot elke prys vermy. In 1809 het majoor collins, deur Caledon gestuur omg renstoestande te ondersoek, aanbeveel dat 'n digter Engelse bevolking op die grense gevestig word. ná die grensoorlog van 1812 het Cradock bepaal dat grensboere nie na die herowerde Suurveld mag terugkeer nie. Daar moes Engelse garnisoendorpe verrys waar "the blessings of British liberty and benevolence"(11) moes versprei.

(11) Theal: Records, IX, p. 7, Cradock - Vicars, 14.11.1812

Ook ryksbeveiliging was volgens destydse opvattings nie met 'n groot, vreemde blanke bevolking in die kolonies te rym nie. Cradock het in die Afrikaanse bevolkingselement 'n gevaar gesien. Die verengelsing van die Afrikaners en Britse immigrante wat mettertyd die Afrikaners kon assimileer, was die aangewese oplossing.

Die eerste stap in hierdie rigting was die 200 ongetroude Skotse ambagsmanne wat Benjamin Moodie van Swellendam in 1817 na die Kaapkolonie gebring het. Omdat geskoolde arbeid aan die Kaap skaars was, was hierdie private onderneming 'n groot sukses. Die welslae van hierdie eerste poging het gelei tot 'n persveldtog in Brittanje waarin die vooruitsigte van emigrasie na die Kaap rooskleurig geskilder is. Maatskaplike, pollitieke en ekonomiese toestande in die moederland het daartoe gelei dat duisende Britte 'n heenkome elders gesoek het, veral in die V.S.A., Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Die Imperiale parlement het in 1819 £50 000 bewillilg om 'n deel van hierdie emigrantestroom na die Kaap te lei. Hierdie stap, in 'n tyd toe staatsondersteunde emigrasie nog seldsaam was en toe Brittanje met begrotingstekorte te kampe gehad het, getuig van die belang wat die owerheid aan die gemelde oorwegings geheg het.

Somerset, wat in Engeland met verlof was, het vooruitsigte in die Kaapkolonie baie aantreklik beskryf. Meer as 3 000 Setlaars het spoedig met die koue werklikheid van landverhusing - veral na die bykans ongerepte Suurveld - kennis gemaak. In die Beloofde Land wat hulle voorgehou is, het elkeen 50 morge grond ontvang, die eerste tien jaar vry van jaarlikse paggeld. Volgens Britse standaarde was dit ruim. Origens het die owerheid vrye oortog verskaf en landbougereedskap, saad en rantsoene teen inkoopprys.

Ongeveer 90 000 aansoeke het ingestroom. Hoofde van geselskappe, met wie die regering alle reëlings getref het, moes tien emigrante onder hulle sorg neem. Elke manlike meerderjarige moes £10 deponeer wat in drie paaiemente terugbetaal is. Nòg die hoofde, nòg hul volgelinge is oordeelkundig gekeur. Ernstiger was die feit dat te veel van hulle verarmde stedelinge was en te min ervare landbouers. As pioniers, mense wat plase moes aanlê, die natuur moes tem, wilde diere en plunderende naturelle moes trotseer, sou h ulle nie deug nie.

Organisatories het die onderneming veel te wense oorgelaat. Die owerheid het die Setlaars nie goed genoeg ingelig nie. Sir Rufane Donkin, die waarnemende goewerneur, het slegs 2 000 verwag. Die organisasie vir sowel die ontvangs as die vestiging van die groter getal het deur die mat geval en die beproewings van die landverhuisers het begin.

Die waens het elke gesin by hul bestemming sonder verdere hulp gelaat. Op die golwende grasheuwels moes elke gesin 'n beskutting prakseer. Met die grondverbouing het dit ook nie voor die wind gegaan nie. Veral die Londenaars het spoedig laat blyk dat hulle nie vir die landbou in die wieg gelê was nie. Van hierdie mense het spoedig tou opgegooi en in 'n groot behoefte voorsien as goudsmede, porseleinwerkers, skoenmakers, en.

Die landbouers wat vasgebyt het, het gouo met Suid-Afrika se onherbergsaamheid kennis gemaak. Hulle eerste koringoes is deur 'n soort roes vernietig. Hongersnood het baie in die gesig gestaar. Hul deposito's was uitgeput. Hulle moes verbande op hul plase opneem om meer rantosoene te kan bekostig. Met die slagspreuk "up man and try, never say die" het sommige volhard. Droogte, oorstromings en sprinkane het die Setlaars ook in die bestaan van die Suid-Afrikaanse boer ingewy. Voorlopig was die Xhosas stil, maar vanaf 1821 het ook hulle tot die ontberings van die Setlaars bygedra.

Die tweede graanoes was meer belowend, maar is ook deur die roes verwoes. Somerset se terugkeer was geen troos nie. Hy het hulle as Radicals gewantrou en openbare vergaderings belet. Die mislukking van die derde graanoes het uiteindelik getoon dat die Suurveld nie vir die graanbou geskik was nie. Intensiewe boerdery, ook weens die afwesigheid van 'n geskikte mark, was van die baan. Vir ekstensiewe boerdery was die plase te klein. Die vlug na dorpe soos Grahamstad het aangegroei. Van die 1 004 manlike boere in 1820 het in 1823 net 438 oorgebly. Van 'n digte bevolking op die grens was daar geen sprake nie.

Vanaf 1824 het sake verbeter. Die owerheid moes hom versoen met die ekstensiewe boerdery wat Cradock so by die Afrikaanse grensboere veroordeel het. Die Setlaarsplase is aansienlik vergroot; hulle skuld vir rantsoene is afgeskryf en regstreekse belastings is tot 1826 opgehef. 'n Deel van die Setlaarsgemeenskap het 'n heenkome in handelsbedrywighede gevind. Die ivoorhandel met die swartmense, sedert die dae van die Kompanjie verbode is, is oopgestel. By Fort Willshire het gelisensieerde handelaars elke week drie dae lank krale, knope en kleurvolle snuisterye vir die ivoor, velle, ens., van die Xhosa verruil. Die waarde van hierdie handel het spoedig £40 000 per jaar beloop.

Diegene wat wel boere gebly het, het met verloop van tyd tog 'n stapelproduk gevind waarvoor die geweste geskik was. Die produksie van fynwol is elders in die Kolonie sonder welslae beproef. Die Setlaars se fynwolproduksie was so geslaag dat dit die vernaamste bedryf van die gebied geword en die meeste tot die ekonomiese ontwikkeling van die grensdistrikte bygedra het. In 1830 is wol ten bedrae van £222 uitgevoer en in 1841 het die reeds tot £27 800 togeneem.

Die Setlaars en hul kinders het spoedig 'n toonaangewende rol gespeel. Hulle het hul verset teen 'n bestuurstelsel wat somerset se dwinglandy moontlik gemaak het. Hul agitasies het veel tot sy onbieding en bedanking, die verengelsing van die bestuur, die vryheid van die pers en die instelling van die Wetgewende Raad en Vergadering bygedra.

Op die lange duur was die koms van die Setlaars van nog ingrypender belang. Baie jare lank was die verhouding tussen hulle en die Afrikaners besonder goed. Die Afrikaners h et indertyd net een bedryf geken en beoefen, nl. boerdery. Die Britse Setlaars en hul nageslag het Suid-Afrika op ekonomiese, handels- en nywerheidsgebiede ontwikkel. Die twee blanke bevolkingselemente kon mekaar uitnemend aanvul.

Die Hottentotte

Teen 1806 was die posisie van die Hottentotte heeltemal onbevredigend. Kragtens die landswette was hulle nog steeds 'n onafhanklike inboorlingras onder die gesag van hul kapteins. Hulle is nie as onderdane van die regering beskou nie, aangesien hulle teoreties nog hul eie grond bewoon het. Die werklike posisie was egter dat hulle lank reeds in 'n grondlose proletariaat omgeskep is, hoewel enkele Hottentotkrale nog bestaan het. Enkele stamme het noordwaarts uitgewyk. Dié wat agtergebly het, moes hulle arbeid aan blankes verkoop of 'n heenkome by sendingstasies soos Bethelsdorp vind. Gereelde arbeid was vreemd aan hul nomadiese tradisies en in hulle diensooreenkomste met blankes het hulle nie die beskerming van die wet geniet nie. Hulle het die aandag van die Kaapse regering feitlik afgedwing deur tydens die Eerste Britse Bewind met die swartes gemene saak te maak.

Die Britse bewindhebbers ná 1806 het ook aandag aan die ongerymde posisie van die Hottentotte geskenk. Die eerste omvattende wet om die status en regsposisie van die Hottentotte reg te stel, was Caledon se Hottentotproklamasie van 1809. Hiervolgens was die landswette ook op hulle van toepassing. Aldus is hulle eindelik as onderdane erken en hulle ontstamming aanvaar. Ten einde arbeidsaamheid by hulle te kweek en hul nomadiese gewoontes en landlopery die hoof te bied, moes hulle kragtens dié proklamasie 'n vaste verblyfplek hê, net soos ander inwoners van die land. Hiervandaan mag hulle nie sonder 'n pas van die veldkornet of landdros vertrek nie. Hulle is teen misbruike beskerm deur die bepaling dat all dienskontrakte van 'n maand of langer by die fiskaal, landdros of veldkornet geregistreer moes word en hoogstens een jaar geldig sou wees. Sekere bepalings  het ook die belange van die werkgewer beskerm.

Caledon se oogmerk was om die Hottentotte deur 'n bestendiger leefwyse tot beskawing te lei en dan ook tegelykertyd die nypende tekort aan ongeskoolde arbeid (veral nadat die slawehandel in 1807 afgeskaf is) te verlig. Sy proklamasie was die begin van arbeidswetgewing in Suid-Afrika. In 1812 het Cradock geproklameer dat Hottentotkinders wat tot hul agste jaar deur hul ouers se werkgewer onderhou is, vir 10 jaar by hom ingeboek word, mits die landdros van sy menslikheid oortuig wag. Die werkgewer moes dié kinders van kos en klere voorsien. Die doel hiervan was om Hottentotte van jongs af arbeidsamheid te leer en die werkgewer te verplig om vir hulle te sorg. Werkgewers moes o.m. ook die kinders in die Christelike godsdiens onderrig. In 1819 het Somerset die Hottentotwetgewing aangevul deur te bepaal dat weeskinders wat onderhoud nodig het, ook tot hul 18de jaar ingeboek kon word.

Die Imperiale owerheid was gevoelig vir pressiegroepe, selfs in die ondemokratiese tydperk vóór die Reform Act van 1832. Een van die magtigste van hierdie groepe was die filantrope. Hul denkbeelde was een van die vernaamste vormende kragte in Brittanje gedurende die eerste helfte van die 19de eeu. Leiers van die filantrope, soos Wilberforce, Buxton, en in die Ministerie van Kolonies manne soos James Stephen, die Permanente Ondersekretaris, en Glenelg, die Minister van Kolonies, kon nie oor die hoof gesien word nie. Die filantropiese denkbeelde wat die universele gelykheid van die mens en die onaantasbaarheid van sy waardigheid benadruk het, het steeds sterker die gedwonge inskakeling van die Nie-Europeaan in 'n ondergeskikte posisie in die Europese koloniale gemeenskap veroordeel en bekamp. Die sendeling-filantrope het dit as hul hoë roeping beskou om, ten regte of ten onregte, vir die "swakker" nie-blankes in die Britse kolonies in die bresse te tree. Dit moes noodwendig lei tot 'n hewige belangebotsing met die blanke koloniste.

Die filantropiese vloedgolf het die Kaapkolonie veral deur die gesag van die Ministerie van Kolonies en die invloed van sendelinge bereik. Die ontwaking van 'n verantwoordelikheidsin teenoor inboorlinge het tot die stigting van verskeie sendinggenootskappe gelei. Sendelinge wat deur dié genootskappe uitgestuur is, het 'n gewigtige rol ind ie kolonies gespeel. Hul boodskappe en verslae is gereeld in die kerke van die moederland voorgelees.

Filantropiese kringe het skerp op Caledon se Hottentotwetgewing gereageer. Hulle het dit met die afskaffing van die slawehandel in 1807 in verband gebring. Dr. Van der Kemp en eerw. Read van Bethelsdorp het die proklamasie bestempel as 'n poging om slawerny in die gestalte van dwangarbeid aan die lewe te hou.

Read het die verset teen die wetgewing ingelui met 'n brief aan die hoofkwartier van die Londense Sending-genootskap in Engeland. Hierin het hy die koloniste beskuldig van onmenslike optrede teen die Hottentotte en die goewerneur en landdros Cuyler (van Uitenhage) van versuim om stappe teen die skuldiges te doen. Hy het beweer dat in die distrik Uitenhage alleen meer as 100 Hottentotte sstraffeloos vermoor is. Hierdie brief is in Brittanje gedruk en versprei. Wilberforce het dit onder die aandag van die Imperiale regering gebring. Die Minister van Kolonies het Cradock gelas om die aanklagte deurtastend te ondersoek en die skuldiges swaar te straf.

Cradock het geen steen onaangeroer gelaat om hierdie opdrag uit te voer nie. Aan Read (Van der Kemp is intussen oorlede) is alle moontlike hulp verleen om getuienis in te samel. Die Rondgaande Hof van 1812 (later weens sy besondere taak as die "SwarteOmmegang" bekend) het vier maande aan die verhoor gewy. Meer as 50 sake teen blankes is verhoor en die getuies het die duisendtal oorskry. Ondanks sy brief kon Read net 17 klagtes van moord, 15van aanranding en 'n groter getal beskuldiging soos die weerhouding van lone aanhangig maak.

Die hof het niemand aan moord skuldig bevind nie. Enkele aangeklaagdes is boetes opgelê vir hardhandige kastyding en ander kleiner vergrype. Die verhore het bewys dat daar weinig grond was vir die wantroue waarmee die owerheid dikwels hier die Afrikaners in hul betrekkkinge met die ander rassegroepe bejeën het. Die regter het Read oor die kole gehaal omdat hy die owerheid en die hof met onjuisthede belaai het en 'n skerp oordeel oor Bethelsdorp gevel.

Die verhoor het die Afrikaners in beroering gebring. Hulle het dit as 'n uittartende belediging beskou dat hulle deur bediendes vals beskuldig kon word en dat hulle met groot ongerief hierdie aanklagte moes aanhoor. Hoewel hulle meestal onskuldig bevind is, het hulle gevoel dat hul goeie naam beswadder is. Dat die owerheid 'n deurtastende ondersoek gelas het wat hulle grotendeels van blaam gevrywaar  het en hulle en hul nageslag daardeur 'n diens bewys hier, het hulle nie gesnap nie. Die engelse owerheid is met argwaan bejeën. Die oortuiging het posgevat dat dié owerheid aan die nie-blankes voorrang verleen. Ook sendelinge en sendingwerk het verder onder verdenking gekom.

Die siedende verontwaardiging het tot die onverkwiklike Slagtersnekvoorval gelei. Die oortuiging dat die Britse owerheid die Hottentotte bo die blankes begunstig het, h et tot die Hottentotopstand van 1799 teruggedateer en is deur die Swarte Ommegang versterk. Die Slagtersnek-opstand was aldus tot sekere hoogte sommige grensboere se reaksie op die Britse filantropie. Hoofmagistraat W.S. van Ryneveld het darmate onder die indruk van hierdie plofbare toestand verkeer dat hy die Kaapse regering aangeraai het om nie weer pandoere (Hottentotsoldate) na die binneland te stuur nie. Dit kon tot 'n herhaling van die onluste lei, het hy gemaan. Die owerheid het hierop geen ag geslaan nie.

Etlike leiers van die rebellie was voorbeelde van die swakker elemente onder die grensboere. Van Johannes Bezuidenhout en Cornelius Faber het Stockenstrom getuig dat hulle hul aan geen gesag wou onderwerp nie. Hulle het die grootste deel van hul lewens onder die swartes geslyt en ontaard. Stephanus Botma was vroeër uit die Kolonie gedeporteer. Hul ontaarding word bevestig deur hul pogings om by Gaika hulp te werf. Woonagtig in die wyk Baviaansrivier (lazter Glen Lynden), een van die mees afgeleë dele van die land, merendeels verstoke van kerk en onderwys, het hulle tot sekere hoogte geswig voor die daaglikse invloed van 'n primitiewe bestaan onder inboorlinge.

Frederik Bezuidenhout het herhaalde dagvaardings om op sy Hottentotbediende se klag van mishandeling voor die hof te verskyn, in die wind geslaan. Toe pandoere gestuur is om hom te arresteer, het hy hom verset en is doodgeskiet. Johannes Bezuuidenhout het by sy graf wraak gesweer en hul vriende tot opstand opgesweep. Slegs sowat 60 het oorgegaan tot 'n rebellie wat spoedig in duie gestort het. Johannes, met sy gesin, sy swaer Faber en die twee Botma-familities het na die Xhosa-gebied probeer ontvlug. Johannes se vrou het hom moedig met die laai van die gewere gehelp totdat hy noodlotting getref is en sy en haar 12-jarige seun gewond is. Daarmee was die opstand verby.

Hoewel die meeste grensboere nie met die Bezuidenhouts se optrede akkoord gegaan het nie, het sommige met hul dryfvere gesimpatiseer. "The people were talking that the Black nation was protected and not the Christians," het Stockenstrom getuig.(12)

(12) G.R. 16/5: No. 179, Stockenstrom - Cuyler, 5.1.1816 (Kaapse Staatsargief)

Ook vir die regering was die opstand nie 'n alleenstaande gebeurtenis nie. Somerset het 'n herhaling van die vroeëre rebellies gevrees. Hy was vasbeslote dat die grensbewoners met die swaard van die gereg moes kennis maak en wetsgehoorsaamheid moes leer. somerset, die uitnemende Tory, sou toesien dat ook die volk van die Kaapkolonie, soos die volksmassa in Brittanuje, aan strenge dissipline onderwerp word.

Die rebelle het terdeë met die swaard van die gereg kennis gemaak. Ses van die leiers is ter dood veroordeel. Een se vonnis is tot lewenslange verbanning versag; vyf is gehang, van wie vier 'n tweede keer die skavot moes bestyg nadat die tou gebreek khet; alle ander rebelle moes teregstelling aanskou en vervolgens vonnisse van deportasie en so meer uitdien.

'n Wrewel teen die Britse owerheid, veral onder die ingesetenes van die grensdistrikte, het gedurende die Eerste Britse Bewind ontkiem, is aangevuur deur verskeie maatreëls, o.m. die "Swarte Ommegang" en is deur Slagtersnek tot 'n voorlopige hoogtepunt gevoer. Slagtersnek het die gevoel van onderdrukking wat by sommige grensbewoners posgevat het, versinnebeeld.

Tog moet die historiese betekenis van Slagtersnek nie oorbeklemtoon word nie. Ofskoon dit ná 'n eeu nog emosionele reaksies onder Afrikaners sou opwek, moet onthou word dat talle Afrikaner-nasionaliste (geoordeel na hul o ptrede tydens die Groot Trek en later in die 19de eeu) hulle nie met die opstandelinge vereenselwig het nie, maar hulle selfs aan Britse kant geskaar het om die opstand te help onderdruk.(13)

(13) Vgl. J.A. Heese: Slagtersnek en Sy Mense, Kaapstad en Johannesburg, 1973

In die twintigerjare het Filantrope en sendelinge o.l.v. dr. John Philip, superintendent van die Londense Sendinggenootskap in Suid-Afrika, weer die stryd teen die Hottentotwetgewing aangeknoop. Die hoofsom van die argumente teen die wetgewing was dat dit die Hottentotte in 'n minderwaardige posisie teenoor die blankes geplaas het, dat dit die gekleurdes doelbewus in die diens van boere gedwing het en dat dit hulle geïmmobiliseer en gevolglik hul lone verlaag het. Die eerste klag was gegrond. Wat buite rekening gelaat is, is die feit dat die proklamasie die Hottentotte vir die eerste keer onder die beskerming van die wet geplaas het. Hulle was ná 1809 nie meer aan die willekeur van werkgewers uitgelewer nie. Die tweede klas was ook korrek. Daar is egtger oor die hoof gesien dat arbeidsaamheid die grondslag van die beskawing en die eerste noodsaaklike stap in die opheffing van die Hottentotte is. Ernstige besware kan teen alle paswette geopper word, maar in die meeste kolonies is dit nodig gevind ten einde primitiewe rasse bestendigheid te leer en landlopery en diewery te bekamp. Die paswette het die Hottentotte geïmmobiliseer. Dit was vir hulle moeilik om te trek en beter lone te soek. tog was hul lone ná 1809 nie laer as voorheen nie. Daar bestaan gegronde besware teen die inboek van kinders. Misbruike het voorgekom. Tegelykertyd het dit die waarde van gereelde werk by dié kinders ingeskerp. Dit was ook, soos die Kommissarisse van Ondersoek bevind het, gebruiklik dat Hottentotbediendes die huisgodsdiens van Afrikaanse gesinne bywoon. Dit was 'n belangrike bron van beskawingsinvloede. Terselfdertyd het ingeboekte kinders hul ouers nog meer aan 'n bepaalde werkgewer gebind.

Dr. Philip, die onverskrokke en geesdriftige propagandis, het die geestelike leier van die filantrope in Suid-Afrika geword. Hy was in noue voeling met Wilberforce en uxton, asook met die Kommissarisse van Ondersoek. Hy was vasbeslote om die mag van die filantropie aan te wend om inboorlinge volstrek met die blankes gelyk te stel en só te beskaaf. In 1826 is hy na engeland om nou met Buxton saam te werk. Daar het hy sy propagandaskrif, Researches in South Africa, in 1828 die lig laat sien. Onder andere is Afrikaners se beweerde wreedheid teenoor inboorlinge in die felste kleure geteken. Ondanks die onjuisthede wat dit bevat het, het dit op Britse regeringskringe 'n groot invloed gehad. Philip se grootste prestasie was Ordonnansie 50, wat die filantropiese waarnemende goewerneur Bourke in 1828 uitgevaardig het. Dit het die bestaande Hottentotwetgewing grotendeels ongedaan gemaak. Kragtens dié wet mag geen vrye inwoner van die Kolonie op grond van kleur in sy vryheid van beweging, verblyf, werk of leefwyse beperk of tot arbeid gedwing word nie. Op Philip se vertoë het die Imperiale regering ook bepaal dat Ordonnansie 50 nie gewysig of herroep mag word sonder die verlof van dié owerheid nie.

Die Ordonnansie 50 het landlopery en diefstal in die hand gewerk en die arbeidsprobleem vererger. Terselfdertyd het dit die Hottentotte in staat gestel om uiteindelik beter diensvoorwaardes te vekry. Toe die slawe in 1838 volkome vryheid verkry het, het hulle terstond die vryheid en gelykheid van die Hottentotte deelagtig geword. 'n Tydperk van ongeëwenaarde wanorde het gevolg. Ten einde landlopery en die euwels wat daarmee gepaard gegaan het, te bestry, is in 1834 'n konsep-ordonnansie deur die Wetgewende Raad oorweeg. Dr. Philip en sy skoonseun, Fairbairn, die redakteur van die Commercial Advertiser, het heftig daarteen te velde getrek. Op een na het alle siviele kommissarisse die wetsontwerp gesteun. Die Wetgewende Raad het dit goedgekeur, maar die Minister van Kolonies het dit geveto.

Die filantropiese Hottentotbeleid het die boere, reeds getref deur die koste verbonde aan die nuwe vorm van grondbesit en die vasstelling van die riksdaalder op 1s 6d, nog verder verarm. By die swart rowers van buite die grens was daar nou Hottentotdiewe binne die grense. Na berekening het 8 000 tot 10 000 van die 32 000 vrye gekleurdes sonder werk rondgeswerf.

Dit is belangrik om daarop te let dat die Afrikaners wat in die Kaapkolonie agtergebly het en nie die Groot Trek meegemaak het nie, hulle tog mettertyd met die Britse politieke liberalisme vereenselwig het, hoewel nie met sosiale gelykstelling nie. Ordonnansie 50 was 'n keerpunt wat wetgewing vir nie-blankes in die Kaapkolonie betref. Daarna het Kaapse wetgewing "kleurblind" geword. Dit was ná 1828 nie meer diskriminerend op grond van ras of kleur nie, met uitsondering van wette bedoel vir Indiërs, wat nie as 'n inheemse en aanvaarbare element beskou is nie. Die Kaaplandse Afrikaners het mettertyd hierdie standpunt aanvaar. In hierdie opsig het die verengelsingsbeleid voorwaar merkwaardige welslae behaal.

Ordonnansie 50 staan tereg bekend as die Magna Carta vir die Hottentotte. Daar was ná 1828 geen verskil tussen hulle en die groep wat voorheen bekend gestaan het as "vrijswartes" of "free persons of colour" nie. Tien jaar later, toe alle slawerny in die praktyk beëindig is, het hierdie groep nog groter geword. Bloedvermenging tussen die groepe onderling en tussen hulle en die blankes wat die binneland ingetrek het, het natuurlik plaasgevind, maar baie navorsing sal nog gedoen moet word om vas te stel in watter mate dit geskied het.(14)

(14) Hoe bloedvermenging die blanke bevolkingsgroep beïnvloed het, is nagegaan in die boek van J.A. Heese: Die Herkoms van die Afrikaner, 1657 - 1867, Kaapstad, 1871

Die slawe

Slawerny aan die Kaap was byna so oud soos die kolonie self. Dit het as instelling deel van die ekonomiese en maatskaplike orde van die kolonie utigemaak. Slawerny was die ongunstigste aspek van die kaapse ekonomie, wat op nie-blanke arbeid gesteun het. Omdat so veel van die armoedige lande se bates in slawe belê was, omdat slawe so 'n belangrike bron van arbeid was in 'n kolonie wat aan 'n chroniese arbeidstekort gely het en omdat die blanke inwoners in die breë hulle nie aan hardvogtigheid teenoor hul bediendes skuldig gemaak het nie, was slawerney aan die Kaap nie die onmenslike instelling wat elders aangetref is nie. Selfs Barrow het getuig dat slawe oor die algemeen goed behandel is en Somerset het verklaar dat die slawe waarskynlik die gelukkigste groep van die samelewing was.

Die filantrope het die Kaap oor een kam geskeer met die Wes-Indiese kolonies waar slawerny in al sy onmenslikheid voorgekkom het. Eintlik was die filantropiese veldtog teen slawerny op die Wes-Indiese plantasies gerig, terwyl hul belangstelling in die welsyn van inboorlinge in hoofsaak op die Kaap gemik was. Terwyl die plantasieslawerny van Wes-Indië meegebring het dat slawe veelal soos diere behandel is, is dit in Brittanje deur die sterk suikerbelange beskerm. Nie alleen was verreweg die meeste slawe in die Britse Ryk in Wes-Indië gekonsentreer nie, maar slawerny is daar ook beskerm deur plaaslike bestuursliggame en 'n sterk pressiegroep in Britse regeringskringe. Die Kaap is gevolglik getref deur 'n reekds slaweregulasies wat hoegenaamd nie rekening gehou het met sy groot afstande, met sy skrale bevolking en met die menslikheid waarmee sy slawe as huisbediendes, plaas- en geskoolde arbeiders behandel is nie.

In 1787 het die filantrope 'n Anti-Slave Trade committee gestig en in 1807 reeds hulle mag aan die dag gelê toe slawehandel in die Britse Ryk verbied is. Ten einde die moontlikheid van 'n sluikhandel in slawe uit die weg te ruim, het Somerset in 1816 geproklameer dat alle slawe aan die Kaap geregistreer moes word. Bathurst het in 1820 opdrag gegee dat die Britse Setlaars nie van slawe-arbeid gebruik mag maak nie. In 1823 iside Anti-Slavery Society o.l.v. Buxton gestig en volg die eerste van 'n verdere belangrike reeks slaweregulasies wat tot 1832 sou voortduur. Hierdie Imperiale bevele het op allerlei maniere gepoog om die lot van slawe te versag. Hul werkure is verkort totdat dit minder was as dié van baie arbeiders in Europa en Brittanje. Die voedsel, kleding en behandeling van slawe is noukeurig voorgeskryf. Slawebeskermers is aangestel om toe te sien dat hierdie opdragte stiptelik nagekom word. Eienaars se reg van straftoediening is beperk. Strawwe moes in 'n strafboek opgeteken en twee keer jaarliks beëdig aan die beskermers voorgelê word.

Slawe-eienaars het die reeks regulasies beledigend gevind. Die meeste van hulle het hul slawe nog altyd goed behandel. Op hul voorstelle vir die geleidelike afskaffing van slawerny deur die vrystelling van slawekinders by geboorte, is geen ag geslaan nie. Die regulasies het die gesag van die eienaars ondergrawe en slegte gedrag onder slawe in die hand gewerk. 'n Gevoel van magtelose verontwaardiging het posgevat.

Die kragmonstering van die filantrope het 'n hoogtepunt bereik toe die Britse Parlement in 1833 die emansiepasiewet aangeneem het wat slawerny aan die Kaap vanaf Desember 1834 geheel en al afgeskaf het. Die Britse belastingbetalers sou £20 000 000 as skadeloosstelling aan slawe-eienaars betaal. Origens sou Kaapse oud-slawe vier jaar by hul base ingeboek word. Aan die Kaap was daar geen noemenswaardige beswaar teen die afskaffing van slawerny nie, dog die metode waarop dit geskied het, het baie tot die gegriefdheid van die Afrikaners (verreweg die vernaamste slawebesitters) bygedra.

Die nuwe goewerneur, sir Benjamin D'Urban, moes die vrystellingswet uitvoer. Kommissarisse is aangestel om die getal slawe en hul waarde te bepaal. Volgens hulle verslag was daar 35 745 slawe, wat teen 3 041 290 gewaardeer is. Die eerste ontnugtering was die bekendmaking dat slegs £1 247 401 vir die Kaap beskikbaar was. Verdere skokke het gevolg: Uitbetalings sou in Londen geskied en vergoeding sou nie in kontant plaasvind nie, maar in Britse staatseffekte. Daarbenewens sou alle administrasiekoste verbonde aan die vrystelling, van die vergoedingsgeld afgetrek word en moes elke eis van seëls ten bedrae van £1 10s vergesel word. Met geen sakebande in Londen nie en oningelig oor sulke aangeleenthede, het baie Afrikaners hul eise vir 'n appel en 'n ei aan agente verkoop. Vanweë hul wantroue in die Britse owerheid se gesindheid teenoor hulle, het by baie die idee posgevat dat dit die bedoeling was dat hulle op die ou end geen vergoeding moes ontvang nie. Uiteindelik het slawe-eienaars gemiddeld £41 ontvang vir elke £100 wat in slawe belê was.

Die afskaffing van slawerney was allerweë 'n prysenswaardige stap. Op die lange duur het die ekonomie aan die Kaap daarby gebaat, maar die onmiddellike uitwerking was rampspoedig. Verarmde Afrikaners is verder verarm. Die toestand is hagliker gemaak deurdat daar geen wet teen landlopery was nie. Baie slawe sou in 1838, ná verstryking van die inboektydperk, by die duisende ronddolende Hottentotte aansluit.

Die swartman

In die driehoekige stryd tussen die swartman, Boer en Brit het die Britse owerheid ernstige, hoewel soms kortsigtige, pogings aangewend om die oosgrensvraagstuk op te los. Dié owerheid was gretig om wet en orde ook op die grense te bevestig, maar is deur verskeie faktore gekortwiek: die Ministerie van Kolonies, wat die hoogste gesag gevoer het, kon nouliks omstandighede op 'n veral geleë grensgebied begryp; weens finansiële verpligtinge a.g.v. oorloë en die koste verbonde aan 'n wêreldryk, moes Brittanje groot uitgawes op die grense van 'n onbeduidende kolonie vermy; en die Britse owerheid moes uiteindelik ook aan die vertoë van die filantrope ernstige aandag skenk. Daarbenewens het goewerneurs, met die uitsonderintg van Somerset, vinnig gewissel. Nouliks het hulle van hul vooropgesette idees ontslae geraak en 'n meer ewewigtige standpunt ingeneem, of hulle is deur 'n ander vervang. Dit Britse grensbeleid is gevolglik deur weifeling en onkonsekwentheid gekenmerk, wat die swartman meestal as swakheid vertolk het.

Op die oosgrens het verdere indringing in die Suurveld deur die Xhosas en hul onophoudelike diefstal en geweldpleging, 'n ernstige toestand geskep. Caledon het in 1809 majoor collins gestuur om ondersoek in te stel. Collins het aanbeveel dat die Xhosas oor die grens, die Visrivier, verdryf word en dat 'n digte Engelse bevolking op die grens gevestig word. Met die oog op die Napoleontiese oorloë, wat nog voortgewoed het, en uit 'n vooringenomenheid met die swartmense, het die Minister van Kolonies enigiets wat 'n oorlog kon ontketen, vermy. Caledon is gelas om die inboorlinge se toegeneentheid te win; 'n beleid wat so dikwkels tevore al vrugteloos geblyk het. Ondanks die dringende noodbriewe van die landdroste in die grensdistrikte het Caledon derhalwe opdrag gegee dat geen kommando's op die been gebring mag word nie en dat die grensboere net uit noodweer op die Xhosas mag vuur. Dit is belangwekkend om daarop te let dat Cuyler, landdros van Uitenhage, reeds in hierdie vroeë stadium gewaarsku het dat die gevaar bestaan dat die grensboere van die Britse regering afvallig sou word. In hierdie geval het die versoeningsbeleid teenoor die inboorlinge swaarder geweeg as teenoor die verowerde blanke ras. Aan sy opvolger (Cradock) het Caledon bely dat sy versoeningsbeleid teenoor die swartman misluk het. Hy het aktiewe optrede aanbeveel.

Hierdie raad het nie op dowe ore geval nie. Cradock, die militêr, het binne 'n maand ná sy bewindaanvaarding beveel dat kommando's opgeroep en die Xhosas oor die grens verdryf word. Onder die energieke leiding van luitenant-kolonel Graham - en met die hulp van ongeveer 1 000 troepe - is dit met beslistheid gedoen. Die sg. Vierde Grensoorlog is reeds in Februyarie 1812 afgehandel. Cradock se grensreëling het veral o p twee denkbeelde berus. Hy wou volstrekte skeiding tussen swartman en grensboer verseker en Collins se aanbeveling van 'n digte engelse bevolking op die grens ten uitvoer bring. 'n Hottentotregiment moes die Visrivier patrolleer vanuit steunpunte met (die latere) Grahamstad as die hoofkwartier. Die plan om Britse boere op klein plase aan die grens te vestig, sou eers in 1820 materialiseer. Cradock het ook die spoorwet toegelaat. Die spoor van gesteelde vee mag gevolg word, maar alleen beeste wat aan blankes behoort, mag teruggebring word.

Ten aansien van Suid-Afrika se grondliggende vraagstuk, die posisie van die swartman, sou Cradock se daadkrag swaar op die proef gestel word. Die Ministerie van Kolonies het hom nie onbetuig gelaat nie. Liverpool, Minister van Kolonies, het die rol aangedui wat hierdie hoogste gesag sou vervul. Hy het Cradock herinner aan Macartney se oortuiging dat die inboorlinge tot onreëlmatigheid gedwing word deur die optrede van "Dutch Settlers". Hy het ook die vertroue uitgespreek dat die "disgradeful proceedings" teen die "misguided natives" reeds gestaak was.(15) Bathurst, Liverpool se opvolger, het beveel dat troepe alleenlik vir die verdediging van die skiereiland se hawens aangewend word en dat dele van die Suurveld aan die Xhosas geskenk moes word indien botsings nie anders vermy kon word nie. Cradock het ná 'n reis in die grensgebiede getuig van "the good and unoffending conduct" van die grensbewoners teenoor die Xhosas, in teenstelling met "the faithless and unrelenting disturbances of the peace" deur lg.(16) 'n Mismoedige Cradock het sy ontslag aangevra.

(15) Theal: Records, VIII, p. 216, Liverpool - Cradock, 20.12.1811

(16) Cape Town Gazette, 8.1.1814, Regeringsaankondiging, 7.1.1814

Somerset het in 1817 'n reis na die grens onderneem. Hy het gevind dat die grensboere deur periodieke rooftogte en moorde gedwing was om weer eens die oostelike deel van die Suurveld aan die Xhosas oor te laat, ondanks die voortdurende patrolliediens, wat hoë eise aan hulle gestel het. Somerset het die spoorwet 'n stap verder gevoer. Hy het aan Gaika e.a. stamhoofde verduidelik dat die Xhosa-beginsel van gesamentlike aanspreeklikheid toegepas sou word. Die hoofman van die kraal waarheen die spoor van gesteelde vee lei, souverplig wees om die volle getal uit te lewer. somerset was ook voornemens om 'n groter garnisoen op die grens te stasioneer. Maar toe hy in Kaapstad terugkeer, het hy Bathurst se besuiningsopdrag ontvang, wat o.m. beteken h et dat die Britse troepe van 4 000 tot 2 400 verminder is.

Somerset het Gaika as opperhoof erken en hom te kwader ure tot hulp gekom toe sy mededinger, Ndlambi, hom 'n nederlaag toegedien het. Ndlambi het uit weerwraak die Kolonie binnegeval en dood en versoesting gesaai. In Grahamstad het 'n handjievol verdedigers heldhaftig die aanval van 10 000 krygers afgeweer. Die Vyfde Grensoorlog (1819) is h ierdeur ontketen. Weer moes burgerkkommando's die troepe bystaan. Dit het hulle met toegewydheid en selfverloëning gedoen, soos 'n gloeiende verslag van Somerset getuig het. Die kern van Somerset se grensreëling was die skepping van 'n neutrale gebied tussen die Vis- en Keiskammarivier. Hierdie gebied moes onbewoon bly en deur patrollies bewaak word ten einde wrywing tussen grensboer en Xhosa te voorkom. 'n Digter blanke bevolking, deur die koms van die Britse Setlaars uiteindelik ten dele verwesenlik, was daarop bereken om verder tot die veiligheid van die oosgrens by te dra.

Die filantrope het hul stemme teen hierdie anneksasie van Xhosa-gebied verhef. Onder leiding van dr. Philip - en aangevuur deur 'n toenemende getal sendelinge - het die vloedgolf mensliewend nou ook die aandag op die inboorlinge buite die grense begin toespits. Dat hierdie mense ook onder blanke onderdrukking gebuk gegaan het, kon soveel makliker aanvaar word, omdat hierdie blankes die "Cape Boer" was van wie die reisigers en sendelinge so 'n ongunstige beeld geteken het. Somerset was invloedryk genoem om die filantrope - en veral Philip self - te ignoreer. Met die koms van die filantropiese waarnemende goewerneur Bourke in 1826 het sake egter verander. Wat inboorlingsake betref, was Philip se woord nou in menige opsig wet, veral nadat sy Researches in South Africa in 1828 verskyn het.

Bourke het opdrag gegee dat militêre optrede teen Xhosa-diwe gestaak word. Cradock en somerset se toepassing van die spoorwet is opgehef. Die onpraktiese reëling is getref dat gesteelde vee alleen gevolg en verhaal mag word solank hulle in sig was. Selfs Bathurst was oor hierdie ommeswaai in die grensbeleid verbaas. Ook van die volstrekte segregasiebeleid van sy voorgangers het Bourke afgewyk. Kragtens Ordonnansie 49 van 1828 is swartes wat van passe voorsien is, in die Kolonie toegelaat om werk te soek.

Cole (1828-1833) het hierdie weifelbeleid voortgesit deur na Cradock se reëlings terug te keer. Die spoor van gesteelde vee mag gevolg word, maar geen beste van swartes mag geneem word om te vergoed vir vee wat nie opgespoor kon word nie. Onkonsekwentheid het ook die beleid teenoor die neutrale gebied gekenmerk. Makomo en sy Xhosa-volgelinge is daarin toegelaat en in 1829 weer verdryf. Die Katrivier-Hottentotnedersetting het in dieselfde jaar daarin verrys. Cole het ook besluit om blankes daarin te vestig om die verdediging te versterk. Goderich, Minister van Kolonies, het in 1831 die vestiging van blankes in dié gebied goedgekeur, met die voorbehoud dat die boere daaruit geweer moet word.

In 1830 het Philip met sy veldtog teen die kommandostelsel begin. Hy het beweer dat kommando's in die meeste gevalle bloot roofekspedisies was wat onskuldige swartes in behoeftige rondlopers verander het. Enige leuenagtige Boer, het hy verklaar, kon net by 'n militêre pos kla dat sy beeste gesteel is en 'n kommando is na die swart gebied gestuur. Indien die swartes weerstand bied, is hulle soos honde doodgeskiet. Buxton het die doeltreffende filantropiese propagandamasjien in Engeland aan die gang gesit en in 1833 het die minister die wreedaardige kkommando's (soos hy dit bestempel het) in die ban gedoen. Sonder voldoende troepe op die grens was die grensboer nou veelal weerloos teenoor die swartman.

Toestande op die oosgrens was haglik toe D'Urban in 1834 die bewind oorgeneem het. Philip was in noue voeling met die nuwe goewerneur. Die filantrope het op 'n geheel en al nuwe benadering van buite-territoriale stamme aangedring. Geskrewe verdrae moes hulle van vyande in bondgenote omskep. Die eerste verdrag is in Desember 1834 met die Griekwakaptein Andries Waterboer gesluit.

Teen Kersfees daardie jaar was die rampspoedige Sesde Grensoorlog in volle gang. Duisende krygers het in kleiner eenhede verwoesting veroorsaak oor 'n breë front in die grensdistrikte. Die onmiddellike oorsaak was militêre ekspedisies om gesteelde vee terug te vind. Op die keper beskou, moet die oorsake gesoek word in die weifelbeleid wat betef die spoorwet en die besetting van die neutrale gebied en die swartman se vertolking daarvan as die vreesagtigheid van die witman.

Dié oorlog het groot verliese en lyding veroorsaak. Twee-en-twintig blanke mans en ongeveer 80 Hottentotte is vermoor, 456 huise is afgebrand en daar is beweer dat 5 700 perde, 115 000 beeste en 162 000 skape gebuit is. Die verlies is op £300 000 gestel. Onder leiding van D'Urban en luitenant-kolonet Smith (later sir Harry Smith) het burgerkommando's en soldate teenaanvalle geloods en die oorlog beëindig.

D'Urban se grensreëling het by die koloniste byval gevind. Die gebied tussen die Keiskamma- en Kerivier is as die Provinsie Queen Adelaide geannekseer. Aanvanklik was dit D'Urban se bedoeling om geen Xhosa in dié gebied toe te laat nie. Dit het eger onmoontlik geblyk om alle swartes te verwyder en sekere goedgesinde stamme is toegelaat om te bly. Hulle sou Britse onderdane wees en onder die gesag van 'n Britse resident en regeringsagente staan. Stamhoofde het sekere van hul magte behou en onskadelike Xhosa-gebruike en -wette is gehandhaaf. Blanke en swart bevolkings het toegeneem, terwyl hulle van 'n beperkte gebied afhanklik gebly het. Albei bevolkingselemente moes intensiewer boerderymetodes leer. Onderlinge afhanklikheid het dit gebiedend emaak dat samewerking die plak van konkurrensie inneem.

D'Urban het hom nie deur die flinkheid en volledigheid van sy verslae aan die Ministerie van Kolonies onderskei nie. Ondertussen was Philip en die filantrope bedrywig. Philip het talle briewe en lywige memorandum oor die oorsake van die oorlog aan Buxton en Glenelg, die Minister van Kolonies, gestuur. Philip het daarop aangedring dat 'n komitee van die Larhuis die hele grensstelsel hersien. Hy het sy sin gekry en die Aborigines Committee, onder voorsitterskap van Buxton, is in die lewe geroep. Dit het dadelik getuienis begin inwin. Stockenstrom, voormalige landdros van Graaff-Reinet en kommissaris-generaal van die grensdistrikte, se veroordeling van die ou stelsel het groot indruk gemaak. Filantrope het dit geglo en luid verkondig dat die behandeling wat die swartes ontvang het, 'n klad op Brittanje se goeie naam was. 'n Nuwe beleid, gegrond op vriendskaplikheid in plaas van dwang, is geëis omdat dit mensliker, goedkoper en voordeliger sou wees. Philip, vergesel van 'n Xhosa- en 'n Hottentotbekeerling, is self na Engeland.

Dit het nie veel gekos om Glenelg en Stephen, die Permanente Ondersekretaris van Koloniale State, te oortuig nie. Hulle het albei behoort tot die filantropiese binnekringe - die Saints, soos hul vyande hule spottend genoem het. Buitendien het D'Urban versuim om hulle op die hoogte te hou. Glenelg het sy beslissing in sy diensbrief van 26 Desember 1835 aan D'Urban bekend bekend gemaak. Hierin het hy beweer dat die Xhosas se pasafgelope aggressie volkome geregverdig was in die lig van die optrede van kolonis en koloniale owerheid oor baie jare. Die geannekseerde gebied, die Provinsie Queen Adelaide, moes aan die swartmense teruggegee word. Stockenstroom sou as luitenant-goewerneur van die Oostelike Provinsie met die hulp van sendelinge verdrae met hoofmanne sluit. Hierdie besluit was die logiese eindpunt van die filantropiese beleid, wat - sover dit die Britse bestuur betref - deur Macartney en Barrow aangevoor en deur Liverpool, Bathurst en Goderich voortgesit is.

Die finansiële faktor, d.w.s. die Britse besuinigingsbeleid het meegebring dat die owerheid nie bereid was om die grensbewoners te verdedig. Tegelykertyd het die filantropiese faktor die koloniste verhinder om  hulself te verdedig. Oor dergelike redes het die twee grensdistrikte die juk van die Kompanjie in 1795 afgewerp. Nou, in 1835, was die onverwerping van D'Urban se grensreëling vir baie beslissend. Hulle sou die Britse gesag afwerp deur 'n vreedsame rebellie......die Groot Trek.

C.R. Kotzé

Onder redaksie van Prof CFJ Muller

500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis

Derde Hersiene en geïllustreerde uitgawe

ISBN 9780686743134