Hertzog aan bewind, 1924 - 1939

Die 15 jaar van Hertzog se bewind was minder stormagtig as die tyd wat dir voorafgegaan het. Daar was nie 'n rebellie soos dié van 1914 nie, daar was geen nywerheidsonrus soortgelyk aan die stakings van 1913-1914 en 1922 nie en daar was ook geen gewelddadige botsings tussen die owerheid en die swartmense soos die Bulhoek-opstand in 1921 en die Bondelzwart-opstand in 1922 nie. Hertzog het hierdie vreedsame tydperk benut om sy twee groot ideale te verwesenlik: die een was om vir Suid-Afrika soewereine onafhanklikheid te verkry; die ander was om te verseker dat die wit minderheid in Suid-Afrika nie deur die swart meerderheid oorheers sou word nie.

Politieke groeperinge, 1924-1929

Hertzog was 'n man van 58 j aar toe hy in Junie 1924 by Smuts oorgeneem het as Eerste Minister. In hierdie stadium was hy reeds vir byna 'n kwarteeu 'n bekende figuur in die Suid-Afrikaanse politiek: gerespekteer deur die meerderheid Afrikaners; gewantrou deur daardie Engelssprekendes wat nog steeds aan Engeland as hul werklike vaderland gedink het. Hy was nie so 'n vlugge denker soos Smuts en ook nie so 'n indrukwekkende redenaar soos Malan nie, maar hy  het oor karaktertrekke beskik wat hom laat uitstaan as een van die grootste Suid-Afrikaanse staatsmanne van die 20ste eeu. Hy was iemand met 'n sterk sin vir regverdigheid. As Afrikaner het hy steeds die belange van sy volk voorop gestel, maar hy het nooit die belange van die ander bevolkingsgroepe uit die oog verloor nie. Hy was iemand met 'n diepe pligsbesef wat nooit teruggedeins het om te doen wat hy geglo het reg was nie - ongeag politieke wenslikheid, ongeag persoonlike gewildheid. So het hy by tye nie geaarsel om vir die regte van die Engelssprekendes in die bresse te tree nie. Hy was onkreukbaar eerlik en opreg en het elke vorm van agterbaksheid verfoei. Hierdie karaktertrek het egter ook meegebring dat hy soms ontaktvolle uitlatings gemaak het. Hy was ten slotte iemand wat onversetlik was in die koers wat hy ingeslaan het. Sommige het hom van hardkoppigheid beskuldig. Andere het hom as 'n outokraat bestempel. Hy het egter nooit teruggedeins van dit wat hy as sy plig beskou het nie. Hy het gewik en geweeg en as hy eenmaal besluit het, onwrikbaar by sy standpunt gebly.

Met die samestelling van sy kabinet het Hertzog naas sy verpligtinge as Eerste Minister ook die verantwoordelikheid vir Naturellesake aanvaar en die res van die portefeuljes onder sewe Nasionaliste en twee Arbeiders verdeel. Aan Tielman Roos, die genaiale maar wispelturige leier van die Nasionale Party in Transvaal, het hy Justisie gegee en hom ook aangewys as sy adjunk. Dr. D.F. Malan, die leier van die Nasionale Party in Kaapland, het Minister van Binnelandse Sake, Volksgesondheid en Onderwys geword. N.C. Havenga, wat gedurende die Anglo-Boereoorlog as Hertzog se sekretaris opgetree en daarna steeds sy vertroue geniet het, is as Minister van Finansies aangestel.Genl. J.C.G. Kemp, een van die leiers in die 1914-rebellie, het Minister van Landbou geword. Nog 'n voormalige rebel, P.G.W. Grobler, het Landbou gekry. C.W. Malan, 'n jonger broer van F.S. Malan, is aangestel as Minister van Spoorweë en Hawens. F.W. Beyers het Minister van Mynwese en Nywerheid geword. Die leier van die Arbeidersparty, kol. F.H.P. Creswell, is aangestel as Minister van Verdediging en toe daar 'n paar maande later 'n Departement van Arbeid tot stand kom, is die portefeulje ook aan hom toegeken. Die kleurryke Thomas Boydell het Minister van Publieke Werke en Pos- en Telegraafwese geword. Die jaar daarop het Hertzog sy kabinet vergroot en 'n derde Arbeider, Walter Madeley, aangestel. Madeley het Openbare Werke en Pos- en Telegraafwese by Boydell oorgeneem en Boydell het op sy beurt Arbeid by Creswell oorgeneem.

Die Nasionaliste en Arbeiders in die pakt-regering het in die algemeen goed met mekaar oor die weg gekom. Hertzog en Creswell het hoë agting vir mekaar gehad en Creswell was so 'n lojale bondgenoot, dat hy gedurende die vlagstryd selfs 'n skeuring in sy eie party getrotseer het. Hertzog se probleem was n ie sy kollegas van die Arbeidersparty nie, maar sy wispelturige Minister van Justisie. Tielman Roos se politieke opportunisme en sy gewoonte om in die portefeuljes van sy kollegas in te meng, het herhaaldelik wrywing in die kabinet veroorsaak. Roos het nie alleen voortdurend met Creswell en dr. D.F. Malan oorhoop gelê nie, maar by tye ook Hertzog se toorn verwek.

Aan die begin van 1928 het dit duidelik geword dat daar in die Arbeidersparty 'n twis aan die broei was. Die Creswell-groep was nie langer geneë om die meer lilnksgesinde National Council toe te laat om voortdurend beleid aan hulle voor te skryf nie. In Julie 1928 is die twis op die spits gedryf toe die National Council besluit het om Creswell en sy ondersteuners uit die party te skkors. Dit het die Arbeidersparty in twee geskeur, met die Creswelliete aan die een kant en die Councilliete aan die ander kant. Selfs die drie ministers in die kabinet was verdeel: Boydell het by Creswell getaan, terwyl Madeley die kant van die National Council gekies het. Hertzog het hom nie in die Arbeiders se twis ingemeng nie, maar sy simpatie, en ook dié van dr. D.F. Malan, was by Creswell. Tielman Roos, wat nie met Creswell en Malan oor die weg kon kkom nie, het weer vir die National Council kant gekies.

In November 1928 het Walter Madeley teen Hertzog se uitdruklike bevele 'n onderhoud aan 'n nie-blanke vakbond, die Industrial and Commercial Workers Union (I.C.U.), toegestaan. Hertzog was nie bereid om sulke ongehoorsaamheid oor die hoof te sien nie en hy het Madeley uit sy kabinet gesit.

Die vraag wie in Madeley se plek aangestel moes word, het tot wrywing tussen Hertzog en Tielman Roos gelei. Creswell en Boydell het aanbeveel dat die vakature deur H.W. Sampson gevul moet word. Die meerderheid ministers het saamgestel dat dit in belang van die pakt-regering was om die vakature weer met 'n Arbeider te vul. Tielman Roos het hom egter hardnekkig verset en die standpunt ingeneem dat die vakature nie gevul moet word nie. Hy het selfs gedreig om te bedank. Die rede vir sy houding, het hy privaat teenoor Hertzog erken, was dat hy nie wou toelaat dat Creswell voortdurend sy sin kry nie. Eers ná Hertzog hom daarop gewys het dat sy houding in werklikheid kinderagtig is, het hy toegegee.

Enkele dae later het Roos weer Hertzog se gramskap gewek toe hy, heeltemal in stryd met die wense van die Eerste Minister en sy Nasionale kollegas in die kabinet, die Uitvoerende Komitee van die Nasionale Party in Transvaal oorgehaal het tot 'n besluit dat die party in die komende verkiesing alle setels sou betwis waar die Nasionaliste in die meerderheid was. Dit het beteken dat die Creswell-Arbeiders geen setel in Transvaal sou kry nie. Hertzog het Roos ontbied, hom 'n skrobbering gegee oor sy dislojale optrede en geëis dat hy die Uitvoerende Komitee moet versoek om die gewraakte besluit te herroep. Roos het teen sy sin aan Hertzog se versoek voldoen.

Die pakt-regering kon die 1929-verkiesing met vertroue tegemoet gaan. Op ekonomiese gebied kon die regering spog met Havenga se jaarlikse begrotingoorskotte, met die beleid van beskaafde arbeid, met die instelling van beskermende handelstariewe en met die oprigting van Yskor. Op staatregtelike  gebied kon die regering spog met die Balfour-verklaring, die stigting van 'n Departement van Buitelandse Sake en die aanvaarding van 'n eie Suid-Afrikaanse vlag. Op die gebied van wit-swart-verhoudinge kon die regering daarop aanspraak maak dat hy die witman se posisie beveilig het deur werkafbakening in die myne in te stel en deur wetgewing aan die parlement voor te lê wat beoog het om die Kaapse Naturellestemreg af te skaf.

Hoewel Smuts geweet het dat Hertzog van plan was om "die Naturellevraagstuk" in die komende verkiesing 'n strydpunt te maak, het hy nogtans die fout begaan om in hierdie verband 'n uitlating te maak wat met verwoestende effek teen hom en sy party gebruik sou word. Op Ermelo het Smuts hom in Januarie 1929 o.m. soos volg uitgelaat: "Die dag sal ongetwyfeld aanbreek wanneer ons nie meer net oor die gebied ten suide van die Limpopo sal dink nie, maar wanneer die Britse state in Afrika deel sal vorm van een groot Afrikaanse Dominium, wat ongebroke oor Afrika sal strek.... Wanneer die S.A. Party weer aan bewind kom, sal dit sy bes doen om 'n gees van samewerking en broederskap te bevorder wat uiteindelik sal lei tot die vorming hierdie groot Afrikaanse federasie van state. Die benaming Suid-Afrika sal ongetwyfeld eendag uit ons woordeskat verdwyn."(1)

(1) J.P. Brits: Tielman Roos: Sy rol in die Suid-Afrikaanse politiek, 1907-1935, pp. 345-6

Hertzog was van mening dat hierdie uitlating nie sonder kommentaar deurgelaat moet word nie en dat die Nasionale Party soveel poliltieke munt as moontlik daaruit behoort te slaan. Op sy versoek het sen. C.J. Langenhoven 'n protes teen Smuts se holistiese droom opgestel en hierdie protes, wat onderteken is deur Hertzog, Malan en Roos, is op 29 Januarie 1929 in Die Burger gepubliseer. In hierdie "Swart Manifes", soos die protes genoem is, is Smuts voorgehou as "die apostel van 'n swart Kafferstaat" wat sou strek van die Kaap tot in Egipte, as iemand wat die naam van "ons dierbare Suid-Afrika" wouo skrap en as 'n persoon wat o nmoontlik 'n ander beleid kon voorstaan "as gelyke politieke regte vir almal".

Die "Swart Manifes" was slegs die eerste skoot in 'n verkiesingsveldtog waarin Smuts se beleid oor die swartes genadeloos aangeval is. As Smuts sy sin moet kry, het sy politieke teenstanders verklaar, sal die Unie van Suid-Afrika eenvoudig verdwyn in 'n groot swart staat. Of as Suid-Afrika nie heeltemal verdwyn nie, sal dit soos 'n wit kolletjies op die stert van 'n pikwart hond wees. Daarenteen beteken 'n stem vir Hertzog 'n stem vir 'n witmansland. "Stem Wit!" was die slagkreet van die Nasionaliste in die verkiesing van Junie 1929.

Die uitslag van die verkiesing was 'n oorwinning vir die Nasionale Party: Nasionaliste 78 (voorheen 63), Suid-Afrikaanse Party 61 (voorheen 53), Creswell-Arbeiders 5, National Council Arbeiders 3 (voorheen h et hulle gesamentlik 18 gehad) en Onafhanklikes 1. Die Nasionale Party het nie alleen sy stels aansienlik vermeerder nie, maar ook 'n volstrekte meerderheid van 8 oor alle ander partye behaal. Dit was veral op die platteland van Transvaal en Kaapland waar die Nasionale Party ten koste van die Suid-Afrikaanse Party vooruitgegaan het, maar die Suid-Afrikaanse Party het sy verlliese weer vergoed met setels wat hy in die stedelike kiesafdelings van die Arbeiders verower het. Die twis in die geledere van die Arbeidersparty het sy stemkrag só verdeel dat hy 10 setels verloor het.

Die Nasionale Party se werklike steun was egte rnie so groot as wat sy aantal setels voorgegee het nie. As die aantal stemme wat op die twee partye uitgebring is, vergelyk word, blyk dit dat die Nasionale Party 40,6% gekry het tenoor die 45% van die Suid-Afrikaanse Party. smuts het dus nog steeds meer ondersteuners gehad as Hertzog.

Weens die volstrekte meerderheid wat die Nasionale Party oor al die ander partye behaal het, sou Hertzog sonder die steun van die Arbeiders kon klaarkom, maar uiterkentlikheid vir die samewerking wat hy in die verlede van hulle ontvang het, het hy vir Creswell en Sampson weer in sy kabinet opgeneem. Boydell is uitgelaat omdat hy in die verkiesing verslaan is. Naas die vakature wat Boydell se nederlaag in die kabinet laat ontstaan het, was daar ook 'n tweede vakature wat deur Tielman roos se bedanking meegebring is. Hierdie uitgeslape maar wispelturige politikus het die dag ná die verkiesing weens gesondheidsredes uit die kabinet bedank. Hertzog het Roos se plek met Oswald Piro gevul en ook vir E.G. Jansen in sy kabinet opgeneemn as Minister van Naturellesake. Twee maande ná die verkiesing h et F.W. Beyers se bedanking meegebring dat A.P.J. Fourie ook in die kabinet opgeneem is.

Hertzog se beleid van "beskaafde arbeid"

In die pakt-regering was die Nasionaliste sowel as die Arbeiders ten gunste daarvan die blanke werkers teen die mededinging van die swart werkers beskerm moet word. Die Nasionaliste was veral geïnteresseerd in die beskerming van die Afrikaanssprekende blanke werkers wat van die platteland na die stede verhuis het. Hierdie blankes was in die reël ongeskoolde arbeiders wat nie op die platteland 'n bestaan uit die boerdery kon maak nie. Die Arbeiders was weer veral geïnteresseerd in die beskerming van die Engelssprekende blanke werkers in die myne en die nywerhede. Hierdie blankes was in die reël geskoolde arbeiders.

Om die blanke werkers teen die mededinging van die swart werkers te beskerm, het Hertzog sy beleid van "beskaafde arbeid" geformuleer. Hiervolgens het hy 'n onderskeid gemaak tussen beskaafde (blanke) arbeid en onbeskaafde (swart) arbeid. In 'n omsendbrief wat hy op 31 Oktober 1924 aan al die staatsdepartemente gestuur het, het hy beskaafde arbeid omskrywe as "alle arbeid verrig deur persone wie se lewenstandaard voldoen aan die standaard wat algemeen erken word as fatsoenlik uit 'n blanke standpunt beskou". En onbeskaafde arbeid het hy omskrywe as "arbeid verrig deur persone wie se doel beperk is tot die blote behoeftes van die lewe volgens die begrip van onontwikkelde en wilde mense". In dieselfde omsendbrief het hy opdrag gegee dat die staatsdepartemente by die indiensneming van arbeiders voorkeur moet gee aan beskaafde (blanke) arbeiders. Eers wanneer alle blankes aan werk gehelp is, kon onbeskaafde (swart) arbeiders in diens geneem word. Die feit dat swartes bereid was om teen laer lone te werk, was vir Hertzog nie ter sake nie. Wat vir hom van belang was, was die beskerming van die blanke arbeider teen die mededinging van die swart arbeider.

Die gevolg van Hertzog se beleid was dat staatsdepartemente in toenemende mate ongeskoolde blankes in dien sgeneem het. Veral die S.A.S. & H., wat 'n groot werkverskaffer vir ongeskoolde arbeiders was, het voortaan meer blankes en minder swartes in diens geneem. Waar daar in 1924 slegs 4 760 blanke werkers in diens van die S.A.S. & H. was (9,5% van die totaal), het die getal in 1929 op 16 248 (28,7% van die totaal) gestaan.

Hertzog se beleid van beskaafde arbeid het aan duisende armblankes 'n bestaan verskaf. Dit het egter geskied ten koste van die swartes, wat as gevolg daarvan verder verarm het.

Die pakt-regering het die beleid van beskaafde arbeid ook met wetgewing ondersteun - soos gesien kan word in die bepalinge van die Loonwet (No. 27 van 1925) en die Wysigingswet op Myne en Bedrywe (No. 25 van 1926).

Die Loonwet van 1925 is die eerste wet wat Creswell in sy  hoedanigheid  as Minister van Arbeid in die wetboek geplaas het. Hierdie wet het die Nywerheidsversoeningswet van 1924, wat bepalinge bevat het oor die lone van geskoolde werkers, aangevul deurdat dit ook aandag geskenk het aan die lone van ongeskoolde werkers. Hoewel dit geen onderskeid op grond van kleur gemaak het nie, is dit nogtans duidelik dat dit slegs ter beskerming van die ongeskoolde blanke werker gemaak is. Dit blyk ten eerste uit die bepaling dat landbouwerkers en huisbediendes, wat oorwegend nie-blankes was, van die voordele van die wet uitgesluit is. Dit blyk ten tweede uit die feit dat die Loonraad, wat deur hierdie wet in die lewe geroep is, opdrag gekry  het om nie lone vas te stel wat laer is as die minimum loon wat vir die handhawing van 'n beskaafde lewenspeil nodig is nie.

Die Wysigingswet op Myne en Bedrywe van 1926 het die beginsel van werksafbakening op grond van kleur in die mynbedryf ingevoer. Die oorspronklike Wet op Mijnen en Bedrijven (No. 12 van 1911) het bepalinge bevat oor die werksomstandighede in myne en ook sekere veiligheidsmaatreëls voorgeskryf. So het hierdie wet in die belang van veiligheid aan die owerheid die mag verleen om beheer uit te oefen oor die uitreiking van bevoegdheidsertifikate vir bepaalde soorte beroepe in die myne. Die regulasies wat daarop van owerheidsweë uitgevaardig is, het egter verder gegaan as die wet en by die uitreik van bevoegdheidsertifikate nie slegs bevoegdheid nie, maar oor kleur in aanmerking geneem. Aan "gekleurde persone", d.w.s. alle nie-blankes, kon daar in Transvaal en die Vrystaat bv. geen bevoegdheidsertifikate uitgereik word nie. En as daar in die ander twee provinsies wel aan sulke persone bevoegdheidsertifikate uitgereik is, is dit nie in Transvaal en die Vrystaat erken nie. In 1923 het Crown Mines die geldigheid van hierdie regulasies in die hof betwis. Die hof het Crown Mines gelyk gegee dat daar nie op grond van kleur gediskrimineer mag word by die uitreik van sodanige bevoegdheidsertifikate nie. So 'n toestand van sake was egter heeltemal onaanvaarbaar vir die pakt-regering, wat geen geheim gemaak het van die feit dat hy die blanke werker teen die mededinging van die swart werker wil beskerm nie. In 1926 is die bestaande Wet op Mijnen en Bedrijven gevolglik in so 'n mate gewysig dat die uitreik van bevoegdheidsertifikate vir bepaalde beroepe, soos masjiniste, o pmeters en dinamietskieters, tot blankes en Kleurlinge beperk is. Dit het beteken dat swart mynwerkers nie in hierdie beroepe toegelaat sou word nie. Die beginsel van werkafbakening op grond van kleur is deur die opposisie sterk teengestaan. Smuts was van mening dat die blanke hom as gevolg daarvan die haat van die swartman op die hals sou haal. Sir Ernest Oppenheimer het aangevoer dat dit in beginsel verkeerd is om op grond van kleur sekere beroepe te reservaar: "It is an evil to impose class legislation, and the curse of an evil deed is that one must continue to do evil ... This is not the means to protect the European worker. it is only by efficiency and application to work that the Europeans can maintain the position which we now occupy in South Africa."(2)  Die wetsontwerp is in die Senaat, waar die opposisie die meerderheid gehad het, gestuit en dit was eers nadat Hertzog 'n gesamentlike sitting van albei huise van die parlement belê het, dat die Wysigingswet op Myne en Bedrywe (No. 25 van 1926) in die wetboek geplaas is.

(2) Debates of the House of Assembly, 6 april 1925, col. 1922

Ekonomiese ontwikkeling, 1924-1929

Die eerste vyf jaar van die pakt-regering het gepaard gegaan met verskeie nuwe ontwikkelinge op die ekonomiese gebied - soos die ontdekking van nuwe diamantvelde, stappe ter beskerming van die landbou en die aanmoediging van van plaaslike nywerhede.

Op die gebied van die mynwese was daar 'n groot toename in die waarde van die diamantproduksie - van £6 miljoen in 1923 tot £14,5 miljoen in 1927. Hierdie toename was in 'n groot mate te danke aan die ontdekking van ryk diamantvelde by Lichtenburg in Wes-Transvaal en Alexanderbaai aan die mond van die Oranjerivier. Duisende fortuinsoekers, veral van die armer klas blankes, het na die delwerye by Lichtenburg gestroom. Min van h ulle het ryk geword. Die groot meerderheid het slegs verder verarm. By Alexanderbaai het die staat self die ontginning van diamante onderneem. Die rede daarvoor was dat gevrees is dat die mark heeltemal oorstroom sou word as delwers binne 'n kort periode 'n groot aantal van die diamante wat daar op die oppervlak rondgelê het, te koop sou aanbied.

Die pakt-regering het ook nie geaarsel om in die landboubedryf in te gryp om 'n groter mate van beheer, stabiliteit en voorspoed te verseker nie. Ten einde die suiwelbedryf te ontwikkel, het die Minister van Landbou in 1925 'n heffing op die verkoopprys van botter ingestel. Ten einde die suikerbedryf te beskerm, is die invoerbelasting op suiker in 1926 verhoog van £4 10s tot £8 per ton.

Op die nywerheidsgebied het die pakt-regering om twee redes alles in sy vermoë gedoen om die ontwikkeling van die nywerhede aan te help. Een rede was dat die fabrieke aan die groot aantal armblankes werk sou verskaf. Die ander rede was dat plaaslike fabrieke die land se ekonomie meer selfstandig sou maak. Om die plaaslike nywerhede teen buitelandse mededinging te beskerm, het die regering hoë invoertariewe gehef op sekere goedere uit die buiteland. Aan die ander kant is grondstowwe wat in die fabrieke nodig was, sonder enige belasting ingevoer. Die gevolg van hierdie beskermingsbeleid was dat daar in die jare 1925-1929 op nywerheidsgebied groot vooruitgang was. Die aantal fabrieke het toegeneem van 6 009 tot 6 238. Die waarde van die bruto-produksie het gegroei van R49 miljoen tot R67 miljoen.  Die aantal werkers het vermeerder van 115 000 tot 141 000.

Die pakt-regering se belangrikste prestasie op die gebied van nywerheidsontwikkeling was die oprigting van Yskor in 1928. Om verskeie en soms uiteenlopende redes was die pakt-regering sterk t.g.v. die oprigting van 'n yster- en staalnywerheid in Suid-Afrika. Daar was, om mee te begin, die vooruitsig dat so 'n nywerheid 'n belangrike bydrae kon lewer tot verdere nywerheidsontwikkeling. Suid-Afrika was ook besonder ryk aan steenkool en ystererts - die grondstowwe wat vir 'n yster- en staalnywerheid nodig is. Terwyl die Nasionaliste verder ingenome was met die vooruitsig dat 'n eie yster- en staalnywerheid die land minder afhanklik van Brittanje sou maak, was die Arbeiders veral verheug oor die feit dat die aandeel van die staat in die onderneming sou verhinder dat die kapitaliste met al die winste wegstap. Om al hierdie redes het die regering dus in 1927 'n wetsontwerp aan die parlement voorgelê wat voorsiening gemaak het vir die oprigting van 'n Suid-Afrikaanse Yster en Staal Industriële Korporasie Beperk (Yskor) waarin die regering 'n beherende aandeel sou hê. Die opposisie was sterk gekant teen die gedagte dat die staat 'n hand in die onderneming sou hê en dit gekritiseer as 'n vorm van staatsosialisme wat bowendien die Britse yster- en staalnywerheid sou benadeel. In die Senaat, waar die opposisie oor 'n meerderheid beskik het, is die wetsontwerp gevolglik twee keer geblokkeer. Die regering was verplig om in Maart 1928 'n sitting van beide huise van die parlement te belê ten einde die wet op die wetboek te plaas. Kort daarna is Yskor gestig en dr. H.J. van der Bijl as eerste voorsitter van die direksie aangestel. Kragtens die wet moes die staat slegs 15% van die totale kapitaal van £3,5 miljoen voorsien en die publiek die orige 85%. Die reaksie van die publiek was egter so flou, dat die regering verplig was om ook die onopgeneemde aandele te koop en gevolglik vandag 99% van die aandele besit. As gevolg daarvan het die staat ook alleenseggenskap met die benoeming van die direkteur. Sedert sy stigting in 1928 het Yskor enorm gegroei en van die allergrootste betekenis geword vir die land se nywerheidsontwikkeling.

'n Vakbond vir nie-blankes

Die belangrikste nie-blanke organisasie in die twintigerjare was die Industrial and Commercial Workers Union (I.C.U.). Dit het in 1919 'n beskeie ontstaan gehad as 'n vakbond vir nie-blanke dokwerkers in Kaapstad, maar spoedig sy ekonomiese karakter laat vaar en 'n landwye politieke organisasie geword wat die African National Congress vir 'n hele aantal jare heeltemal verdring het. Die stigter en leier van die I.C.U. was Clements Kadalie, 'n swartman uit Njassaland (Malawi), wie se organisasievermoë, dryfkrag en oratoriese talent vergoed het vir sy onvermoë om die tale van die swartes in Suid-Afrika te praat. Onder Kadalie se leiding het die I.C.U. ook na die ander provinsies versprei en veral in Natal, waar A.W.G. Champion as leier opgetree het, 'n sterk aanhang opgebou. Kadalie het aanvanklik geen beswaar daarteen gehad om blankes wat hulle vereenselwig het met die stryd om die belange van die nie-blanke werkers as lede van sy organisasie toe te laat nie. Teen 1926 het hy egter stry gekry met die blanke kommuniste wat die I.C.U. binnegesypel het en hy het hulle uit sy organisasie verban. Hierna het die I.C.U. 'n meer rassistiese karakter aangeneem. Die I.C.U. was in 1927 op die hoogtepunt van sy mag toe dit op sowat 100 000 lede aanspraak gemaak het. In daardie jaar het Kadalie ook 'n reis na Europe onderneem en vakbondleiers in Londen gevra om vir hom 'n raadgewer te stuur. Ná sy terugkeer in Suid-Afrika het Kadalie vir Champion uit die I.C.U. probeer skkors, maar Champion het soveel steun gehad dat hy in Mei 1928 met die natalse tak weggebreek het en 'n aparte organisasie, die I.C.U. yase Natal, gestig het. Hierdie skeuring het die I.C.U. ernstig verswak. In Julie 1928 het die raadgewer wat Kadalie in Londen aangevra het, eindelik in Suid-afrika aangekom. Dit was W.G. Ballinger - 'n man wat later die swartes in die Senaat sou verteenwoordig. Ballinger het sy bes gedoen om die I.C.U. se onbeholpe organisasie reg te ruk, maar het in die proses met Kadalie gebots. Daarna het die I.C.U. weens interne twiste al hoe meer agteruitgegaan en teen 1933 heeltemal van die toneel verdwyn.

Hertzog en die staatsregtelike status van Suid-Afrika

Die Unie van Suid-Afrika se staatsregtelike status was ' n probleem waarmee Hertzog hom reeds baie jare voor sy bewindsaanvaarding in 1924 besig gehou het en dit was in hierdie verband sy groot begeerte om die status van sy land te verander van een van onderhorigheid aan Brittanje in een van soewereine onafhanklikheid binne 'n statebond. In sy verkiesingsooreenkoms met Creswell (April 1923) het hy wel belowe dat hy nie die "existing constitunional relationship of South Africa to the British Crown"(3) sou verander n ie, maar dit het nie verhinder dat hy sou probeer om die verwarring in hierdie verband op te klaar en sou aandring op die erkenning van sy teoretiese reg om daardie konstitusionele verhouding te wysig as hy daarna voel nie. Die ontsaglike verwarring wat daar onder poliltici bestaan het oor die staatsregtelilke posisie van die dominiums moet hoofsaaklik toegeskryf word aan die kloof wat ontstaan het tussen die teoretiese en praktiese status van hierdie selfregerende state. Die teoretiese status het trouens nie tred gehou met die veranderinge wt hulle in die praktyk voorgedoen het nie. Terwyl daar in die praktyk 'n groot mate van gelykheid geheers het, was die teoretiese posisie nog een van ongelykheid. Soos Smuts dit in 1917 gestel het: "Although in practice there is great freedom, yet in actual theory the status of the Dominions is of a subject character. Whatever we may say, and whatever we may think, we are subject Provinces of Great Britain. That is the actual theory of the Constituion and in many ways which I need not specify to-day that theory wstill permeates practice to some extent."(4)

(3) D.W. Krüger: South African parties and policies, 1910-1960: A select source book, p. 75

(4) K.C. Wheare: The Statute of Westminster and Dominion Status (4th ed., 1949), p. 22

Aangesien sommige pollitici nie altyd hierdie verskil tussen die praktyk en die teorie raakgesien het nie, of - soos Lloyd George - nie duidelik gesê het waarna hulle verwys wanneer hulle van die "complete equality" tussen Brittanje en Suid-Afrika gepraat het nie, het grootskaalse verwarring  aangaande die dominiums se staatsregtelike posisie ontstaan. Hertzog het gevolglik in Oktober 1926 na die Rykskonferensie in Londen gegaan met die vaste voorneme om daar van die Britse regering 'n formele erkenning af te dwing dat sy lnd in status volkome gelyk is met Brittanje. Op die betrokke konferensie is alle sake rakende verhoudinge in die Britse Ryk verwys na 'n komitee wat bestaan  het uit lord Balfour (voorsitter), die eerste ministers van Suid-Afrika, Kanada, Australië, Nieu-Seeland en Newfoundland, die vise-president van Ierland, die staatsekretaris van Indië en die twee Britse ministers vir dominiums en buitelandse sake. hertzog het sy eis om 'n duidelike verklaring oor die status van die dominiums in hierdie kkomitee gestel en ná aanvanklike teenstand is daar tog besluit om so 'n verklaring op te stel. Die formulering van die verklaring het egter heelwat probleme gebied, aangesien Hertzog hom hardnekkig verset het teen sommige van die ander lede se pogings om terme soos "common citizenship" en "duties and obligations" in die formule op te neem. Sy beswaar was dat formules waarin hierdie terme voorkom, die indruk wek van 'n soort superstaat en nie van 'n vrye gemeenskap van volklere wat in status gelyk is nie. Danksy die steun wat hy egter van veral Birkenhead (die verteenwoordiger van Indië) op kritieke oomblikke ontvang het, kon Hertzog tog sy sin kry. Die resultaat van die samesprekings het soos volg gelui: "They (Brittanje en dominiums) are autonomous Communities within the British Empire, equal in status, in no way subordinate one to another in any aspect of their domestic or external affairs, though united by a common allegiance to the Crown, and freely associated as membrs of the British Commonwealth of Nations." Met hierdie verklaring was die onsekerheid oor die status van die dominiums nou opgeklaar. Voortaan sou, in soverre dit die teorie betref, Brittanje en die dominiums, op gelyke voet beweeg.

Hertzog is by sy aankoms in Suid-Afrika geesdriftig verwelkom as die vader van sy land se pas verworwe onafhanklikheid. "Ja," het Hertzog net ná sy terugkeer verklaar, "die ou Britse Ryk wat in die verlede bestaan het, bestaan nou, a.g.v. wat die Rykskonferensie gedaan het, nie meer nie. Die ou Empire was 'n dominerende staat waaronder ons en die ander dominiums moes buig en waaronder ons ook jare gebuig het. Van die ou Empire bly niks meer oor nie. Al wat oorbly, is 'n vrye bondgenootskap."(5) Maar Smuts was gou om koue water oor hierdie selfvoldaanheid van die Eerste Minister en sy aanhangers uit te giet. Hy het erken dat die 1926-verklaring 'n voorwaartse stap was, maar selfs ná die aanvaarding van die Statuut van Westminister in 1931 het hy steeds ontken dat Suid-Afrika (of enige dominium) die reg het om neutraal te bly in 'n oorlog waarin Brittanje betrokke was, of om af te skei van die Britse Statebond (bv. deur 'n republiek uit te roep). In die onderhandelinge wat die samesmelting van die Nasionale Party en die Suid-Afrikaanse Party in 1934 voorafgegaan het, het die twee leiers, Hertzog en Smuts, dan ook ooreengekom om hul onderskeie standpunte oor hierdie kwessies te bly handhaaf.

(5) C.M. van den Heever: Generaal J.B.M. Hertzog (2de druk, 1944), p. 500

Hertzog, heeltemal tevrede dat Suid-Afrika sedert 1926 'n vrye en onafhanklike land binne die Britse Statebond was, het vervolgens die nodige stappe gedoen om daardie pas verworwe onafhanklikheid verder uit te leef. In Junie 1927 roep hy 'n Departement van Buitelandse Sake in die lewe en twee jaar later, in 1929, stuur hy verskeie diplomatieke verteenwoordigers na die buiteland.

Ofskoon die Balfour-verklaring bepaal het dat Brittanje en die dominiums gelyke status geniet, was dit allermins die wetlike toestand. Wat die verhouding tussen Suid-Afrika en Brittanje betref, is die volgende ongelykheid steeds in die wet vasgelê:

(a) Die goewerneur-generaal was die verteenwoordiger van die koning, maar aangesien die koning deur die Britse regering geadviseer is, het dit beteken dat die goewerneur-generaal ook deur die Britse regering geadviseer is.

(b) Die koning kon op advies van die Britse regering enige dominiale wet, selfs een wat die goewerneur-generaal goedgekeur het, afkeur.

(c) Die goewerneur-generaal kkon na goeddunke sy handtekening van wette weerhou en die wette aan die koning (wat op advies van die Britse regering regeer) deurstuur. So kon die Britse regering sy wil op Suid-Afrika afdwing.

(d) Suid-Afrika, anders as Brittanje, kon nie wette oor eksterritoriale angeleenthede maak nie.

(e) Die Colonial Laws Validity Act van 1865 het bepaal dat geen kolonnie (en volgens wet was die dominiums nog kolonies) 'n wet kan maak wat in stryd met 'n Britse wet was nie.

(f) Die appèlhof, die hoogste Suid-Afrikaanse hof, was nog ondergeskik aan die Geheime Raad.

(g) Suid-Afrika kon nie 'n selfstandige buitelandse beleid volg n ie.

Die wenslikheid daarvan om hierdie ongelykhede tussen Brittanje en die dominiums uit te skakel en dus die wetlike posisie met die 1926-verklaring in ooreenstemming te bring, is algemeen besef. In soverre dit by wyse van besluite en ooreenkkomste gedoen kon word, het die 1926-konferensie 'n begin gemaak in dié rigting, en konferensies in 1929 en 1930 het die gelykmakingsproses verder gevoer. Ongelykhede wat nie anders as by wyse van wetgewing verwyder kon word nie, is met behulp van die Statuut van Westminster (1931) uit die weg geruim. So is die aard van die Britse Ryk ingrypend verander gedurende die jare 1926-1931. Wie was die argitekte van hierdie nuwe Britse statebond? "It was nog 'n British invention; it was, if responsibility can be allocated, a Canadian, South African and Irish invention. Sir Wilfrid Laurier of Canada, Generals Smuts and Hertzog of South Africa and Mr De Valera of Eire have been its chhief architects, though they were o dd architects who built without a plan. A French-Canadian, two Afrikaners and a Spanish-Irishman share the major part of the credit, if there be credit, because they were concerned essentially with the problems of the Commonwealth from the peculiar angles of their peoples."(6) En van hierdie staatsmanne, kan daaraan toegevoeg word, was Hertzog se bydrae ongetwyfeld die grootste.

(6) Ivor Jennings: The British Commonwealth of Nations (4th ed., 1963), p. 188

Die stryd om 'n vlag

In die geledere van al drie die politieke partye (N.P., Arbeidersparty en S.A.P.) was daar reeds geruime tyd voor 1924 persone wat gevoel het dat Suid-Afrika sy eie vlag behoort te hê. Veral die Nasionaliste het sterk oor hierdie saak gevoel en daarom het dr. D.F.Malan, in sy hoedanigheid as Minister van Binnelandse Sake, reeds in 1925 'n wetsontwerp ingedien wat voorsiening gemaak het vir 'n nasionale vlag. Op aandrang van Smuts het die regering egter ingewillig om die wetsontwerp eers terug te hou tot 'n latere geleentheid. Met die parlementsitting van 1926 is die vlagwetsontwerp dus weer ingedien, maar heel gou  het 'n kwaai stryd ontbrand oor die voorkoms van die vlag. Terwyl daar aan die een uiterste diegene was wat so verknog was aan Brittanje dat hulle met geen ander vlag as die Union Jack tevrede sou wees nie, was daar aan die ander uitsterste diegene (soos dr. D.F. Malan) wat 'n "skoon" vlag, d.w.s. 'n vlag sonder Britse simbole daarop, wou hê. Vir sommige politici, soos Tielman Roos, was dit vroeg reeds duidelik dat die een of ander kompromis aangegaan sou moet word wat die "Britse konneksie" erken. Die verantwoordelike minister, Malan, was egter 'n man met onbeweeglike beginsels nie, soos roos, ligtelik vir 'n kompromis te vinde nie. En selfs onder diegene wat t.g.v. 'n kompromis was, was die groot strydpunt nog steeds hoe prominent, en in watter vorm, die Union Jack op die nasionale vlag moes pryk. Die stryd oor 'n vlag het die verskillende groepe van die bevolking in toenemende mate ontstel en binne die geledere van die Arbeiders het 'n skeuring gedreig oor die steun wat hierdie party se leier, Creswell, aan die Nasionale verleen het in die vlaggeskil. Creswell, gesteun deur Roos, het toe by die Eerste Minister daarop aangedring dat die wetsontwerp nog 'n jaar uitgestel moes word wat dan ook, nieteenstaande sterk teenkanting van Malan, gebeur het. In die reses wat daarop gevolg het, is Malan se posisie as die verantwoordelike minister erg bemoeilik deur die geknoei van sy kollega Roos. Tielman Roos was 'n politieke opportunis wat sy mantel alte maklik na die wind gedraa het en kort ná Hertzog se vertek na Londen, het hy die terugtrekking van die vlagwetsontwerp begin propageer. Daardeur is Malan, wat vasberade was om die wetsontwerp deur te voer, in 'n ongemaklike posisie geplaas. Hertzog het egter ná sy terugkeer besluit om voort te gaan met die stryd om 'n eie vlag en in 1927 is die wetsontwerp weer voor die parlement gelê. In die soektog na 'n kompromis, het Hertzog voorgestel dat daar op die Van Riebeeckvlag (drie horisontale bane - oranje, wit en blou) 'n skild aangebring word wat die Union Jack, die Transvaalse vierkleur en die Vrystaatse vlag insluit, terwyl Smuts weer aan die hand gedoen het dat die hele vlag uit 'n kombinasie van die genoemde drie historiese vlae moes bestaan. Waar Hertzog se voorstel redelike steun gekry het, was Smuts se vlag egter so 'n "afgryslikheid:(7), dat selfs van sy eie volgelinge niks daarmee te doen wou h ê nie. Tog het die Senaat, waar die Suid-Afrikaanse Party in die meerderheid was, Smuts se vlag verkies. Tielman Roos het daarop die sonderlinge stap gedoen om die Goewerneur-generaal in die geheim te nader met die versoek dat hy sy invloed gebruik om Hertzog en Smuts tot 'n vergelyk te laat kom oor die vlag. Sodoende sou die verantwoordelike minister, Malan, uitgeskakel word. Hertzog en Smuts het daaroop 'n ooreenkoms bereik en ná 'n kabinetskrisis waarin eers Hertzog en daarna Malan gedreig het om te bedank, het Malan tog ingewillig om die kompromis te aanvaar. Die vlagwetsontwerp wat gevolglik deur die parlement geloods is, het aan Suid-Afrika twee vlae gegee: een was die nasionale vlag wat bestaan het uit drie horisontale bane, oranje, wit en blou, met die Union Jack en die twee republikeinse vlae in miniatuur op die middelste baan; die ander was die Union Jack, wat nooit alleen nie, maar slegs saam met die nasionale vlag op 'n paar gespesifiseerde plekke (o.m. die parlementsgebou en die vernaamste regeringsgeboue) gehys kon word. Op 31 Mei 1928 is die nasionale vlag die eerste keer in gebruik geneem.

Die Groot Depressie van 1930-1932

Toe die Statuut van Westminster aan die einde van 1931 'n nuwe tydvak in Suid-Afrika se konstitusionele geskiedenis ingelui het, was Suid-Afrika, soos die res van die wêreld, in die knelgreep van 'n buitengewoon hewige depressie vasgevang. Hierdie depressie, wat sy kop teen die einde van 1929 uitgesteek het, het o.m. veroorsaak dat die prys van wol skerp gedaal het (van 1s 2d per pond in 1928-1929 na 4d in 1931-1932), mielies se prys afgeneem het (van 15s d vir 'n sak geel mielies in 1929 na 9s 4d in 1932), die aantal werknemers by die onderstandswerke vir werkloses aangegroei het (van 4 123 in 1929 tot oor die 2 500 vir elk van die jare 1930, 31 en 32). Gedurende die jare 1930-1932 was daar op haas elke gebied van die ekonomiese lewe 'n diep insinking te bespeur. Asof dit nog nie genoeg was nie, is die land in 1932-1933 deur 'n droogte geteister wat in langdurigheid en hewigheid weinig gelykes in hierdie eeu gehad het. Daardeur is veral die boerebevolking van die land waar getref.

Dit spreek vanself dat die sorgwekkende ekonomiese toestand alle ander dinge in die pollitieke arena oorskadu en die regering se onverdeelde aandfag gevra het.

Toe Brittanje op 20 September 1931 aankondig dat hy van die goudstandaard afgestap het en dat 'n "national government" op nie-partypoliltieke grondslag in die lewe geroep is as noodmaatreël ten einde die land deur die depressie te loods, het die Suid-afrikaanse regering besluit om nie Brittanje se voorbeeld te volg nie, maar om die goudstandaard te handhaaf. Die motiewe agter hierdie besluti was van tweërlei aard: In die eerste plek was die regering ná raadleging met vooraanstaande ekonomie, oortuig daarvan dat so 'n beleid tot die land se voordeel sou wees. Ten tweede sou dit beslis nie die Eerste Minister, genl. J.B.M. Hertzog, se onafhanklikheidsaansprake onderskraag as Suid-Afrika die goudstandaard verlaat net omdat Brittanje dit gedoen het nie.

Suid-Afrika se vermoë om die goudstandaard te handhaaf,  is egter deur verskeie mense betwyfel. Hierdie persone, oortuig daarvan dat Suid-Afrika Brittanje sou volg, het groot bedrae geld die land uitgestuur met die gedagte om veel meer terug te kry sodra Suid-Afrika die goudstandaard verlaat en die wisselkoers verander. As gevolg van die kapitaaluitvloei het die reeds benarde ekonomiese toestand verder versleg en maatreëls om dit teen te gaan, was noodsaaklik. Die parlement hetj op 18 November 1931 vir 'n kort spesiale sitting byeengekom en die regering het die nodige wetgewende maatreëls geneem om die uitvloei van geld te kontroleer. Heeltemal doeltreffend was dit egter nie, want geld het nog steeds die land verlaat.

As gevolg van die agteruitgang van die ekonomiese toestand, het die steun vir Hertzog-regering afgeneem. Enorme druk is van verskeie kante, o.m. deur die opposisie en die myne, opt die regering uitgeoefen om die goudstandaard te laat vaar, maar die Eerste Minister was vasberade om nie van die ingeslane koers af te wyk nie. Hertzog en sy Minister van Finansies, N.C. Havenga, is in hul oortuiging gesterk toe 'n komitee wat aan die begin van 1932 aangestell is om die kwessie van die goudstandaard te ondersoek, bevind het dat dit in belang van die land was om die goudstandaard te handhaaf. Die Eerste Minister het herhaaldelik aan die volk die versekering gegee dat die regering nie van die goudstandaard sou afstap nie. Nog nooit tevore in die geskiedenis van Suid-Afrika het 'n suiwer ekonomiese twispunt al die ander kwessies op die politieke toneel só oorskadu nie. In die loop van 1932 het die kritiek o p die regering se ekonomiese beleid steeds toegeneem. Die leier van die opposisie, genl. J.C. Smuts, het in die Volksraad verklaar: "Ons is ... soos 'n gewonde man wat voel dat hy doodbloei, wat sy lewensbloed sien wegvloei, net so vloei ons geld gedurig ui hierdie land. Ons is tot onvermydelike en stelllige ondergang gedoem."(8) Teen die einde van 1932 was daar reeds £17,5 miljoen die land uitgestuur. Selfs van Hertzog se eie volgelinge het begin murmureer teen die ekonomiese koers wat hy ingeslaan het. Sy bewind was duidelilk aan die wankel. In hierdie toestand van oplaaiende spanning, sou oud-minister Tielman Roos, wat in 1929 om gesondheidsredes uit Hertzog se kabinet bedank het, vir die laaste bedryf sorg.

(8) M.P.A. Malan: Die Nasionale Party van Suid-Afrika, p. 129

Reeds geruime tyd gedurende 1932 was daar gerugte in omloop dat hierdie geniale maar opportunistiese oud-minister ernstig daaraan dink om tot die politiek terug te keer. Die amp van appèlregter, met sy strenge eis van kalme en onpartydige oorweging, was duidelilk nie vir 'n intrigant soos Roos bestem nie. Die regbank het vir hom 'n pynbank geword. Toe talle bewonderaars hom aanmoedig om weer tot die politieke arena toe te tree, het hy nie lank getalm nie. Op 16 Desember 1932 het hy as spreker opgetree by 'n Geloftefees te Haakboslaagte (naby Lichtenburg), maar in stede daarvan dat hy oor die verlede gepraat het, het hy sy terugkeer tot die politiek aangekondig, die onmiddellike afstapping van die goudstandaard geëis en 'n koalilsieregering op 'n nie-partypolitieke grondslag gepropageer. In die gespanne atmosfeer wat in die l and geheers het, het Roos se toespraak die uitwerking van 'n ontploffing gehad. Binne drie dae is tussen £2- en 3 miljoen by die banke in Suid-Afrika opgevra en uit die land gestuur deur mense wat oortuig was dat die goudstandaard nie langer gehandhaaf sou word nie. Gerugte het die ronde begin doen dat verskeie Nasionaliste hulle agter Roos geskaar het en dat hy en Smuts besig was om te onderhandel. Vir die Hertzog-regering met sy skrale meerderheid was dit geensins gerusstellende nuus nie. Bowendien was die parlementsitting - met 'n moontlike mosie van wantroue - net om die draai. Die regering moes dus iets ingrypends doen. Binne 14 dae ná Roos se toespraak het die Minister van Finansies, Havenga, aangekondig dat Suid-Afrika die goudstandaard verlaat het.

Die implikasies van hierdie stap het oornag voelbaar geword. Die goudprys het begin styg, goudmynaandele het geklim en geld het uit die buiteland na Suid-Afrika teruggestroom.

Van koalisie tot samesmelting

Die idee van 'n koalisieregering, wat deur Roos gelanseer is, het intussen die verbeelding van die land aangegryp. Verskeie mense was die mening toegedaan dat 'n regering op nie-partypoolitieke grondslag die aangewese ding was om die land deur die depressie te help. Ook Smuts het die gedagte van 'n koalisieregering oorgeneem. Toe die parlement vir die 1933-sessie byeenkom, het hy in die Volksraad opgestaan en voorgestel dat die regering bedank sodat 'n koalisieregering gevorm kon word. Hertzog het die voorstel nog op dieselfde dag baie beslis verwerp, maar feitlik onmiddellik ná sy toespraak het hy aan die wysheid van sy eie woorde begin twyfel. Met sommige lede van sy kabinet het hy reeds die volgende dag sy voorneme bespreek om Smuts te nader ten einde oor die vorming van 'n koalisieregering te onderhandel. Die ats. Terwyl o.a. Havenga en Oswald Pirow Hertzog gesteun en hulle t.g.v. 'n koalisie verklaar het, het veral dr. D.F. Malan hom sterk daarteen verset. Volgens hom moes die koalilsie noodwendig 'n verwatering van die Nasionale Party se beginsels meebring en daarom was hy nie bereid om met die imperialisties-georiënteerde Suid-Afrikaanse Party saam te werk nie.

Hertzog het in wweerwil van die verset van Malan e.a. kabinetslede besluit om met sy p lanne voort te gaan. Hy sou met Smuts oor samewerking onderhandel en dan die resultaat van die onderhandelinge aan 'n kongres van die Nasionale Party voorlê vir goedkeuring. "Of my vriende in die Kabinet by my staan of nie, ek sal my plig moet doen...," het Hertzog in die koukus van die NP verklaar.(9) Waarom het Hertzog dit as sy "plig" gesien om met Smuts oor 'n koalisie te onderhandel? In sy toespraak wat hy op 5 Maart 1933 te Smithfield gehou het, het hy o.m. as redes vermeld: in die eerste plek omdat die volk samewerking verlang; ten tweede, omdat die land se ekonomiese toestand dit vereis, en ten derde omdat die NP by die volgende verkiesing 'n nederlaag op die lyf sou loop. Dit skyn asof die deurslaggewende rede by Hertzog die vrees vir 'n nederlaag in die komende verkiesing was.

(9) D.F. Malan: Afrikaner-Volkseenheid (3de druk, 1961), p. 155

Die onderhandelinge tussen Hertzog (bygestaan deur N.C. Havenga) en Smuts (bygestaan deur Patrick Duncan) het op 15 Februarie 1933 'n aanvang geneem en binne enkele dae is 'n ooreenkoms bereik. Daar is ooreengekom dat Smuts as adjunk-premier onder Hertzog sou dien, dat Hertzog se kabinet uit ses lede van die NP en ses lede van die S.A.P. sou bestaan en dat 'n verkiesing so gou moontlik gehou sou word ten einde die mening van die volk te toets. Ook is 'n sewepuntige grondslag vir samewerking deur Hertzog en Smuts goedgekeur. Die sewe punte daarin vervat, was: 1) die land sou regeer wod in harmonie met sy onafhanklike status; 2) die Uniale grondslag waaroop die sentrale regering berus, sou gehandhaaf word; 3) daar sou gelyke taalregte vir Engels- en Afrikaanssprekendes wees; 4) die voortbestaan van 'n welvarende boerebevolking sou nagestrewe word; 5) die beleid van beskaafde arbeid sou gehandhaaf word; 6) daar sou gestrewe word na die oplossing van die Naturellevraagstuk langs die weg van aparte poliltieke ontwikkeling; en 7) 'n gesonde (nasionale) ekonomiese beleid sou gevolg word.

Hierdie sewepuntige grondslag vir samewerking is vervolgens na die twee partye se onderskeie kongresse verwys vir goedkeuring. Die kongresse het die ooreenkoms goedgekeur, maar daar was telkens anti-koalisiegroepe. Veral die NP van Kaapland was nie geesdriftig oor die voorgenome koalisie nie en het op sy kongres van 15 Maart 1933 vrywel eenparig besluit dat hy hom wel onderwerp aan  die ooreenkoms tussen Hertzog en Smuts om 'n koalisie te vorm, maar dat dit onder uitdruklike protes geskied.

'n Werklike stewige bondgenootskap was die koalisie tussen Hertzog en Smuts nie. Daar was sekere fundamentele beginsels waarop die twee koalisiepartye bly verskil het. So het die twee leiers ooreengekom om o.m. oor die vraagstuk van die deelbaarheid van die Kroon, die reg van neutraliteit en die kwessie van afskeiding van die Statebond te verskil omdat dit kwessies van vertolking was waaroor hulle hul nie geroepe gevoel het om tot 'n beslissing ter kom by die opstelling van 'n program van beginsels nie. Dit is besku as suiwer "akademiese sake" waaroor die bondgenote van mening kon verskil. Die kiem van verdeeldheid (waaraan die bondgenootsdkap in 1939 sou beswyk) was dus van die begin af in die koalisie tussen Hertzog en Smuts aanwesig.

Nadat Hertzog die koalisie-ooreenkoms met Smuts beklink het, het hy sy kabinet ontbind en op 29 Maart 1933 'n nuwe kabinet saamgestel. Daarin is ses Nasionaliste en ses lede van die S.A.P. opgeneem. Die Nasionaliste was Hertzog (Eerste Minister en Minister van Buitelandse Sake), N.C. Havenga (Finansies), Piet Grobler (Naturellesake), Oswald Pirow (Spoorweë en Verdediging), genl. J.C.G. Kemp (Landbou) en A.P.J. Fourie (Arbeid). Die ses lede van die S.A.P. was: Smuts (Justisie), Patrick Duncan (Mynwese), Deneys Reitz (Lande), Jan Hofmeyr (Binnelandse Sake, Volksgesondheid en Onderwys), C.F. Clarkson (Pos- en Telegraafwese en Openbare Werke), en R. Stuttaford (sonder portefeulje). Onder die lede van sy vorige kabinet wat Hertzog nou uitgelaat het, was dr. D.F. Malan, leier van die NP in Kaapland, wat teen koalisie gekant was, en E.G. Jansen wat speaker van die Volksraad geword het.

In die algemene verkiesing van 17 Mei 1933 het die twee groot partye saamgewerk en slegs een kandidaat, 'n lid van òf die NP òf die S.A.P., in elke kiesafdeling gestel. Dit was dus 'n verkiesing tussen die twee groot koalisie-partye aan die een kant en 'n aantal kleiner partye aan die ander k ant. Hierdie kleiner partye het nie oral kandidate gestel nie, met die gevolg dat die groot aantal onbestrede kiesafdelings een van die belangrikste kenmerke van hierdie verkiesing was. Dit blyk uit die feit dat slegs 72 van die 150 kiesafdelings betwis is. Die uitslag was, soos verwag kon word, 'n oorweldigende oorwinning vir die twee koalisie-partye: NP 71, S.A.P. 61, Creswell-Arbeiders 2, National Council Arbeiders 2, Roosiete 2, Natal Home Rule Party 2, Onafhanklikes 6. Die twee koalisiepartye het dus in die Volksraad 136 verteenwoordigers uit 'n totaal van 150 gehad.

Een van die tragiese aspekte van hierdie verkiesing was die lot wat Tielman Roos te beurt geval het. Roos was die man wat met die gedagte van 'n koalisie gekom het ten einde sy eie persoonlike ambisies te bevredig. 'n Koalisie het wel tot stand gekom, maar sonder hom. Smuts en ook Malan wou niks met hom te doen hê nie. Hy het hom daarop in Rustenburg teen minister Piet Grobler verkiesbaar gestel, maar is in die verkiesing verslaan.

Kort ná die verkiesing het stemme in verskeie dele van die land begin opgaandat die twee koalisie-partye moet verenig of saamsmelt in een party. Dit was veral in Transvaal en die Vrystaat waar hierdie wens uitgespreek is. In Transvaal het enkele takke van die twee partye teen die middel van 1933 op eie inisiatief saamgestelt. Hertzog en Smuts het gevolglik in die laaste helfte van 1933 verder in die rigting van samesmelting gewerk. Albei leiers het die ekstremistiese vleuels van hul partye probeer oortuig dat daar in die nuwe party plek sou wees vir die denkrigting wat hulle verteenwoordig. Heelwat mense het onoortuig gebly.

In Smuts se party was daar 'n aantal ekstremiste wat nie wou saamsmelt nie omdat hulle nie kans gesien het om saam met Hertzog in een party te wees nie. Hulle het hulle om kol. Charles Stallard geskaar. Stallard het hom verset teen enige ontwikkeling in die rigting van soewereine onafhanklikheid en hy het samesmelting beskou as 'n sameswering met die doel om om die Imperiale bande te verswak. Met 'n aantal van sy volgelinge het hy weggebreek van die Suid-Afrikaanse Party en die Dominiumparty gestig.

Veel ernstiger en van veel groter omvang was die skeuring wat in die Nasionale Party tussen die voorstanders en teenstanders van samesmelting gedreig het. Waar Hertzog hom vir samesmelting beywer het, het Malana, wat reeds teen die koalisie beswaar gemaak het, ernstig teen die idee van samesmelting geprotesteer. Hy het hom met krag verset teen die idee van "samesmelting" of "vereniging", wat hy as 'n uiterlike en kunsmatige samevoeging van twee onversoenbare ideologieë, nasionalisme en imperialisme, gesien het. Daarteenoor het hy gepleit vir "hereniging", 'n term waaronder hy verstaan het eenwordign op die grondslag van gemeenskaplike politieke oortuiginge en beginsels. Waar Hertzog en sy aanhangers gemeen het dat die tyd ryp was vir samewerking met die Engelssprekende Suid-Afrikaners, het Malan en sy volgelinge 'n heeltemal ander mening gehuldig. volgens hulle was die Afrikaner se stryd teen Engelse oorheersing nog nie verby nie. Die feit dat die Afrikaner, onder die leiding van Hertzog, die eerste ronde in die stryd gewen het, het nog nie beteken dat die stryd volstry was nie. Hulle was nie van voorneme om by die Statuut van Westminster te bly staan nie. Konsltitusionele kwessies soos die deelbaarheid van die Kroon, die reg van afskeiding en die keuse van neutraliteit was vir hulle nie 'n "akademiese" aangeleentheid nie, maar aktuele kwessies waaroor hulle duidelike uitsprake wou hoor. Hulle wouo voortskry na 'n onafhanklike republiek. Die talle Imperiale simbole - soos die Britse vlag, die Britse volkslied, die kop van die Britse koning op die Suid-Afrikaanse munte, ens. - waarteen hulle daagliks moes vaskyk, het hulle geïrroteer en met verbittering aan die verlede herinner. Hulle wou die Afrikaner tot sy reg laat kom. Anders as Hertzog, het hulle by die Engelssprekende Suid-Afrikaners geen verandering ten goede gespeur nie. Hertzog was vir hulle 'n groot man wat hom deur illusies laat bedrieg het. Hoe was dit moontlik om in een volk saam te smelt as die engelssprekendes in Suid-Afrika nog geen Suid-Afrikaners was nie, maar Engelse wat Engeland bo Suid-Afrika gestel het? Malan het hom in die laaste plek nie meer anti-Engels as Hertzog gereken nie, maar wou seker maak dat wanneer hy sy hand na 'n Engelssprekende uitsteek, dit iemand sou wees wie se eerste lojaliteit by Suid-Afrika lê.

Die stryd tussen die NP tussen die voor- en teenstanders van samesmelting (d.w.s. tussen die Hertzog-mense en Malaniete, of tussen die smelters en anti-smelters) is met groot heftigheid gevoer, maar 'n skeuring in die geledere van die Afrikanerdom was iets wat nòg Hertzog nòg Malan graag wou sien. Daar is gevolglilk herhaaldelik probeer om 'n ooreenkoms te bereik. In onderhandelinge wat fleitlik die hele eerste helfte van 1934 voortgesloer het, het Hertzog en Malan hul verskille probeer oorbrug. Hulle kon nie daarin sdlaag nie. Malan se eise was van so 'n aard dat dit 'n breuk tussen Hertzog en Smuts sou meebring. Op 25 Julie 1934 het die kongres van die Kaaplandse Nasionale Party op Somerset-Wes met 'n meerderheid van 164 stemme teen 18 teen samesmelting en t.g.v. die voortbestaan van die NP besluit. Kaapland, anders as die ander provinsies, was dus oorweldigend teen samesmelting. Die minderhede in die ander provinsies het hulle by die Kaaplandse meerderheid geskaar en dit het beteken dat die NP, hoewel verswak, sou bly voortbestaan as die Herzogiete met die S.A.P. saamsmelt. Voortaan  het hulle na hulself verwys as die "Gesuiwerde Nasionale Party" of die "Gesuiwerdes", ofskoon die amptelike naam van die party die Nasionale Party gebly het.

Op 5 Desember 1934 het die samesmelting 'n werklikheid geword toe die Verenigde Suid-Afrikaanse Nasionale Party of, soos dit kortweg genoem is, die Verenigde Party, op Bloemfontein tot stand gekom het. Die nuwe party se program van beginsels was gegrond op die sewe punte waarop die koalisie in 1933 aangegaan is. Toe die parlementsitting in 1935 'n aanvang neem, het Malan se "Gesuiwerdes", wat slegs 19 setels getel het, hul plekke as die amptelike opposisie ingeneem.

Hertzog en die nie-blankes

In 'n toespraak wat Hertzog in November 1925 op Smithfield gehou  het, ht hy 'n "oplossing" aan die hand gedoen vir wat hy genoem het "die Naturelle-Kleurling-vraagstuk". Sy oplossing het egter radikaal verskil wat die twee elemente van die vraagstuk betref: teenoordie swartmense wou hy 'n beleid van skeiding volg; teenoor die buinmense wou hy 'n beleid van integrasie volg.

Die swartman was volgens Hertzog nog "in sy kindsheid" as 'n mens sy beskawingspeil met dié van die blanke vergelyk. Hierdie verskil in beskawingspeil, tesame met die feit dat die onbeskaafde swartes die beskaafde blankes in getalle oortref het, het dit na sy mening noodsaaklik gemaak dat ';n skeidslyn tussen die twee rasse gehandhaaf word. Dié skeidslyn moes op drie gebiede gehandhaaf word: op die territoriale gebied (aparte woongebiede), op die ekonomiese gebied (afbakening van werk) en op die politieke gebied ('n aparte kieserslys vir swartes). Dit was veral op die politieke gebied dat Hertzog 'n bedreiging vir syskeidslyn gesien het. Sy groot bekkommernis was dat die stemreg wt die swartes in Kaapland besit het, met verloop van tyd daartoe sou lei dat die skeidslyn tussen wit en swart uitgewis word. Die Kaapse Naturellestemreg was vir hom die dun ent van die wig. "Dit is vir my duidelik," het hy verklaar, "dat die toekenning van die stemreg aan die naturel van die Unie op die basis van dié van die Kaap, of liewer op die basis van saam stem met die witman vir 'n lid van die Parlement, n oodwendig die ondergang moet wees van die blanke bevolking en van die Europese beskawing in die Unie."(10) Die Nasionale Konvensie van 1908-1909 het syns insiens 'n groot fout begaan deur die swartes van Kaapland toe te laat om hul stemreg in die Unie van Suid-Afrika te behou. Hy h et dit as sy taak gesien om dié fout reg te stel.

(10) F.J. du T. Spies: Die Hertzogtoesprake, deel 5, p. 21

Oor die Kleurlinge het Hertzog 'n heeltemal ander standpunt gehuldig: "Die vraag wat die Kleurling geld, is of ook in sy geval die een of ander vorm van segregasie sal toegepas word, dan wel of hy op 'n ander voet moet behandel word ... Nou mag nie uit die oog verloor word nie, dat in die geval van die Kaapse Kleurling ons te doen het met 'n klasse van ons bevolking wat in vele opsigte na aan die Europeaan staan; en in haaste lke opsig, behalwe kleur, grondig van die naturel verskil. Hy is ontstaan en bestaan in ons midde, ken geen ander beskawing dan dié van die Europeaan, hoeseer hy ook dikwels daarin te kort skiet; is 'n lewensbeskouing toegedaan wat in die grond der saak dié van die Europeaan is, en nie dié van die naturel nie; en spreek die taal van die Europeaan as moedertaal. Van segregasie kan daar in sy geval geen sprake wees nie ... die Kaapse Kleurling ... dien opgeneem te word naast die Europeaan."(11)

(11) F.J. du T. Spies: Die Hertzogtoesprake, deel 5, p. 29

Hertzog het dit nie net by oorde gelaat nie, maar in Julie 1926 sy "oplossing vir die Naturelle-Kleurling-vraagstuk" in die vorm van vier wetsontwerpe in die Buitengewone Staatskoerant van 23 Julie 1926 gepublliseer vir algemene kennisname. Die vier wetsontwerpe het te doen gehad het 1) Naturelleverteenwoordiging in die Volksraad, 2) 'n Uniale Naturelleraad, 3) die vergroting van die tuislande en 4) die uitbreiding van Kleurlingstemreg. Die bepalinge van hierdie vier wetsontwerpe was van ingrypende aard en verdien om van naderby beskou te word.

1. "Die Wetsontwerp op Volksraad Verteenwoordiging van Naturelle" het beoog om die stemgeregtigde swartes in Kaapland van die algemene kieserslys te verwyder en saam met die swartes van die drie noordelike provinsies op 'n aparte kieserslys te plaas. Hulle sou sewe verteenoordigers (blankes) kon kies om hulle in die Volksraad te verteenwoordig - twee vir Kaapland, twee vir Transvaal, twee vir Natal en een vir die Vrystaat. Hierdie sewe Naturelleverteenwoordigers sou egter nie die reg hê om in die Volklsraad vir 'n mosie van wantroue in die regering te stem nie.

2. "Die Unie Naturelleraads Wetsontwerp" het voorsiening gemaak vir die instellilng van 'n Naturelleraad met 50 lede (almal swartes). Hierdie Naturelleraad sou raadgewende en we4tgewende magte hê, maar sy wetgewende mag sou beperk wees tot aangeleenthede wat die swartes raak en sou onderworpe wees aan die goedkeuring van die regering. Een van Hertzog se argumente ter regverdiging van die Naturelleraad was dat soortgelyke rade in die Transkei en elders 'n sukses was.

3. "Die Naturelle Grond Wysigings Wetsontwerp" het voorsiening gemaak vir die uitbreiding van die grondgebied wat in die Naturellen Grond Wet (No. 27 van 1913) aan die swartes toegeken is. Daar sou buite die bestaande swart tuislande 'n aantal "vrygestelde" streke afgebaken word waar swartes verdere grond kon koop. In hierdie "vrygestelde streke" sou wit en swart dus met mekaar kon meeding in die aankoop van grond. Hertzog se regverdiging vir hierdie wetsontwwerp was tweërlei: ten eerste moes die swartes ingevolge die Naturellen Grond Wet (No. 27 van 1913) meer grond kry; ten tweede was dit nodig om die swartes te vergoed vir die inkorting van die Kaapse Naturellestemreg.

4. "Die Klerlingregte Wetsontwerp" het beoog om die stemreg wat die bruinmense in Kaapland gehad het, uit te brei na die drie noordelike provinsies. Die uitbreiding sou in twee fases geskied: die eerste sewe jaar sou die Kleurlinge in Transvaal, Natal en die Vrystaat een verteenwoordiger ('n blanke) vir die Volksraad kon kies; ná sewe jaar sou die parlement besluit of die Kleurlinge in die drie noordelike provinsies ook op die algemene kieserslys geplaas sou word.

Hertzog het sy vier wetsontwerpe as 'n eenheid beskou en bepaal dat die aanvaarding van die een afhanklik sou wees van die aanvaarding van die ander. Hy het dit nietemin beklemtoon dat hy heeltemal bereid sou wees om oorweging te skenk aan voorstelle wat tot die verbetering van sy poging kon lei.

Die leier van die opposisie, Smuts, het in September 1926 sy besware teen Hertzog se wetsontwerpe in 'n memorandum uiteengesit. Syns insiens sou twee van die wetsontwerpe, dié oor die vegroting van die tuislande en die instelling van 'n Naturelleraad, ná ingrypende veranderinge moontlik as wette aanvaar kon word. Die ander twee, dié oor die inperking van die Kaapse Naturellestemreg en die uitbreiding van die Kaapse Kleurlingstemreg, was vir hom heeltemal onaanvaarbaar. Sy besware teen die wetsontwerp oor Naturellestemreg was viervoudig: die inkorting van die Kaapse Naturellestemreg was "a direct violation of the spirit and intention of the Constitution"; die voorgestelde prosedure by die verkiesing van die sewe Naturelleverteenwoordigers was van so 'n aard dat die regering dit maklik tot sy eie voordeel kon misbruik; die sewe Naturelleverteenwoordigers in die Volklsraad sou 'n ongewenste magsblok vorm; en die gevare wat Hertzog in die Kaapse Naturellestemreg gesien het, was heeltemal ongegrond. Sy besware teen die wetsontwerp oor die uitbreiding van die Kaapse Kleurlingstemreg was ook viervoudig: dit was onbillik om die Indiër uit te sluit; die wetsontwerp los nie die probleem van Kleurlingstemreg op nie, maar stel dit slegs vir sewe jaar uit; die wetsontwerp diskrimineer nog steeds teen die Kleurlinge, soos blyk uit die aparte kiesafdeling, die aparte kieserslys, die gekwalifiseerde stemreg en die feit dat Kleurlinge nie in die parlement mag sit nie; en Hertzog se definisie van 'n Kleurling was heeltemal "absurd". Smuts se ontleding van Hertzog se vier wetsontwerpe lewer bewys van 'n besondere analitiese vermoë, kritiese vernuf en stilistiese talent, maar dit bevat geen aanduiding van 'n eie standpunt, beleid of oplossing nie. Dit is nie duidelik of hy die oplossing vir die probleem langs die weg van skeiding of integrasie wou soek nie. Hy wou slegs die pas markeer: "In view of these doubts and fears and misgivings, and of the complexity and obscurity of the whole position, and the risk of grave and fatal blundering in matters of far-reaching national importance, it would be wise to abandon all ideas of passing the two navtive and coloured rights Bills at once, and instead to devote the next few years to 'n thorough exploration of the whole question in all its bearings."(12)

(12) Jean van der Poel: Selections from the Smuts Papers, vol. 5, p. 322

Hertzog se "oplossing" vir "die Naturelle-Kleurling-probleem" is ook sterk teengestaan deur die swartes. Die afgevaardigdes na 'n konferensie wat in November 1926 ooreenkomstig die bepalinge van die Naturellesakewet in Pretoria gehou is, het die regering versoek om die Kaapse Naturellestemreg te laat soos dit is. Op sy toer deur die land om Hertzog se wetsontwerpe bekend te stel, het die Naturellesakekommissie sterk teenstand teen die beoogde inkorting van die Kaapse Naturellestemreg gevind. En in die getuienis wat die Transkeise Bunga, die Johannesburg Joint Council of Europeans and Natives, en die Cape Voters Convention voor 'n gekose komitee van die parlement gelewer het, is ook sterk geprotesteer teen die aantasting van die Kaapse Naturellestemreg. Die swartes se mening was deurgaans dat die Kaapse Naturellestemreg ook na Transvaal, Natal en die Vrystaat uitgebrei moes word.

Die teenstand wat sy wetsontwerpe van verskeie kante gekry het, het Hertzog egter nie ontmoedig nie. Sy oordeel was dat daar nie met die saak gesloer moes word nie en in Maart 1927 het hy sy vier wetsontwerpe by die Volksraad ingedien vir bespreking. Die Volksraad het dit na 'n gekose komitee verwys, wat later, a.g.v. die parlementêre reses, in 'n kommissie omgeskep is. Die kommissie het in Desember 1928 verslag gedoen van die getuienis wat hy ingewin het.

Hertzog het daarop 'n aantal wysiginge in sy wetsontwerpe aangebring. In die eerste helfte van 1929 het hy dié twee waarvoor 'n tweederde-meerderheid nodig was - die wetsontwerp oor die inperking van die Kaapse Naturellestemreg en dié oor die uitbreiding van die Kaapse Kleurlingstemreg - aan 'n gesamentlike vergadering van beide huise van die parlement voorgelê. Die wetsontwerp oor die Kaapse Naturellestemreg is eerste bespreek, maar dit kon nie die vereiste tweederde-meerderheid behaal nie. Aangesien die aanvaarding van een wetsontwerp afhanklik gemaak is van die aanvaarding van die ander, het Hertzog daarop sy wetsontwerp oor die Kaapse Kleurlingstemreg teruggetrek.

In die algemene verkiesing van Junie 1929 het die Nasionale Party sy aantal lede in die Volksraad van 63 na 78 opgestoot. Dit was vir Hertzog 'n aanduiding dat die kiesers t.g.v. sy segregasiebeleid was en dat hy moes voortgaan op die weg wat hy ingeslaan het. In Februarie 1930 het hy gevolglik weer sy twee wetsontwerpe oor die Kaapse Naturellestemreg en die Kaapse Kleurlilngstemreg aan 'n gesamentlike sitting van beide huise van die parlement voorgelê, maar aangesien hy besef het dat daar geen moontlikheid van 'n tweederde-meerderheid bestaan het nie, het hy reg aan die begin gevra dat hulle eers weer na 'n gekkose komitee verwys word. Dit is gedoen en vir die volgende vyf jaar i s Hertzog se vier wetsontwerpe met tussenpose deur gekose komitees (gedurende parlementsittings) en kommissies (gedurende die parlementêre resestye) bespreek. Dit was eers in April 1935 - ná Hertzog en Smuts se partye saamgesmelt het - dat 'n gekose komitee daarin kon slaag om so 'n  mate van ooreenstemming te bereik dat Hertzog se omstrede wetsontwerp oor die afskaffing van die Kaapse Naturellestemreg 'n kans gehad het om 'n tweederde-meerderheid in die parlement te behaal.

Terwyl die lot van Hertzog se wetsontwerp in die weegskaal was, het hy dit wys geag om intussen die blankes se greep op die Suid-Afrikaanse politiek op 'n ander wyse verder te verstewig. In Mei 1930 is die Vrouestemregwet (No. 18 van 1930) in die wetboek geplaas. Hierdie wet het die stemreg, wat tot in daardie stadium slegs in die hande van mans was, uitgebrei na die blanke vroue. In stryd met sy standpunt dat die Kleurlinge dieselfde politieke regte as die blankes behoort te kry, was Hertzog egter nie bereid om in hierdie stadium die stemreg aan die Kleurlingvroue te gee nie. Een rede vir sy ommeswaai was dat daar 'n sterk groep in sy party was wat nie t.g.v. die uitbreiding van die Kaapse Kleurlingstemreg was nie. Nog 'n rede was dat hy nie bereid was om die Kaapse Kleurlingstemreg uit te brei solank die bedreiging van die Kaapse Naturellestemreg nog nie afgeweer was nie. Die toekenning van die stemreg aan die blanke vroue het meegebring dat die krag van die Kaapse Naturellestem aansienlik verswak is. Waar die Kaapse Naturellekiesers voorheen 3,5% van die totale kiesers in Suid-Afrika uitgemaak het, het dit nou gedaal tot 1,4%.

Die toekenning van stemreg aan blanke vroue is die jaar daarop opgevolg met die Wet tot Wysiging van die Stemreg (No. 41 van 1931). Hierdie wet het die opvoedkundige toets afgeskaf waaraan die blanke manlike kiesers in Kaapland en Natal nog altoos moes voldoen. "Hier word dus," het dr. D.F. Malan in die Volksraad verduidelik, "van die beginsel uitgegaan, waarvan die twee Noordelike provinsies uitgegaan het, dat elke blanke 'n beskaafde persoon is wat die stemreg behoort te hê."(13) Voortaan sou slegs die Kleurlinge en swartmense in Kaapland en Natal nog aan die opvoedkungie toets moes voldoen. Die onmiddellike gevolg van hierdie wet was dat sowat 10 000 blanke man wat voorheen nie die opvoedkundige toets in Kaapland en Natal kon slaag nie, die stemreg gekry het. Dit het die krag van die Kaapse Naturellestem verder laat afneem. Waar die Kaapse Naturellekiesers in daardie stadium 1,4% van die totale aantal kiesers in Suid-Afrika uitgemaak het, het die verhouding nou gedaal tot 1,1%.

(13) Debatte van die Volksraad, 19 Februarie 1931, kol. 662

In April 1935 het die gekose kkomitee wat Hertzog se vier wetsontwerpe moes bestudeer, sy taak voltooi. Die resultaat het in twee belangrike opsigte verskil van die vier wetsontwerpe wat Herzog nege jaar vroeër in die Buitengewone Staatskoerant van 23 Julie 1926 gepublilseer het. Ten eerste het die gekose komitee Hertzog se vier wetsontwerpe verminder na twee. Een van die oorspronklike vier, dié oor die uitbreiding van die Kaapse Kleurlingstemreg na die noordelike provinsies, is in 1932 deur Hertzog teruggetrek omdat dit gaandeweg vir hom duidelik geword het dat daar in sy party 'n groot groep was wat nie t.g.v. hierdie wetsontwerp was nie. Verder het die gekose komitee twee van die oorblywende drie wetsontwerpe saamgevoeg. Die twee wetsontwerpe wat die gekose komitee dus aan die parlement wou voorlê, was die volgende: die Naturelle-Verteenwoordigings-Wetsontwerp en die Naturelletrust en -Grond Wetsontwerp. Ten tweede het die gekose kkomitee Hertzog se voorstel om aan die swartes sewe verteenwoordigers in die Volksraad te gee, vervang deur die plan om aan die swartes vier verteenwoordigers in die Senaat te gee. Hierdie plan het sy oorsprong by G.H. Nicholls, LV vir Zoeloeland, gehad. In Mei 1930 het Nicholls in die gekose komitee die standpunt ingeneem dat die swartes in die Senaat, en nie in die Volksraad nie, verteenwoordig moet word. As rede het hy aangevoer dat "the dominance of the European" daardeur in 'n groter mate verseker sou wees.(14) Die meerderheid in die gekose komitee het met Nicholls saamgestem dat die Senaat - en nie die Volksraad nie - die plek is waar die swartes verteenwoordiging behoort te kry.

(14) G.H. Nicholls: South Africa in my Time, p. 286

In Februarie 1936 het Hertzog die Naturelle-Verteenwoordigings-Wetsontwerp, die enigste van die twee wetsontwerpe wat ' n tweederde-meerderheid vereis het, aan 'n gesamentlike vergadering van beide huise van die parlement voorgelê. Dit het, soos reeds aangetoon, voorsiening gemaak vir die afskaffing van die Kaapse Naturellestemreg en in die plek daarvan aan die swartes vier (blankes) verteenwoordigers in die Senaat gegee. Verder het dit voorsiening gemaak vir die instellilng van 'n Naturelle Verteenwoordigende Raad van 22 lede wat jaarliks sou vergader om die regering van raad te bedien oor aangeleenthede rakende die swartes. Die wetsontwerp is in die eerste lesing met 106 stemme teen 16 goedgekeur, maar voor daar met die tweede lesing 'n aanvang geneem kon word, het 'n afvaardiging van prof. D.D.T. Jabavu se All African Convention by Hertzog beswaar aangeteken teen die algehele afskaffing van die Kaapse Naturellestemreg. Enkele Kaaplandse LV's het ook gemeen dat die een of ander vorm van verteenwoordiging in die Volksraad aan die swartes gegee moes word. Aangesien Hertzog graag die wydste moontlike steun vir sy wetgewing wou verkry, was hy heeltemal bereid om 'n kompromis aan te gaan - solank so 'n kompromis net nie die Kaapse Naturellestemreg in sy bestaande vorm sou hou nie. Op 17 Februasie 1936 het hertzog gevolglik verlof gevra om 'n nuwe wetsontwerp in te dien. Hierdie wetsontwerp het aan die stemgeregtigde swartes in Kaapland die reg verleen om drie verteenwoordigers (blankes) vir die Volksraad en twee verteenwoordigers (blankes) vir die Kaapse Provinsiale Raad te kies. Hiertzog se persoonlike mening was dat die eerste wetsontwerp beter was as die tweede, maar dat die tweede in breër kringe aanvaar sou word.

Die kritiek wat in die gesamentlike sitting van beide huise van die parlement op die wetsontwerp uitgespreek is, het van twe eteenoorgestelde kante gekom: aan die een kant was dr. D.F. Malan se Gesuiwerde Nasionale Party en ook kol. C.F. Stallard van die Dominiumparty; aan die ander kant was J.H. Hofmeyr en enkele liberaaldenkendes in die Verenigde Party en die Dominiumparty.

Die lede van die Gesuiwerde Nasionale Party se sienswyse was dat die wetsontwerp 'n stap in die regte rigting was, maar nie ver genoeg gegaan het nie. Een van hul besware was dat die swartes nog steeds in die Volksraad verteenwoordig sou wees. Die drie verteenwoordigers wat die swartes in die Volksraad sou kry, was volgens hulle 'n gevaar vir die voortbestaan van die blankes in Suid-Afrika. Hulle het Hertog kwalik geneem omdat hy die eerste wetsontwerp teruggetrek en vervang het deur 'n wetsontwerp wat aan die swartes verteenwoordiging in die Volksraad gegee het. Hertzog het volgens hulle "bolmakiesie" geslaan. Nog 'n beswaar wat hulle geopper het, was dat die wetsontwerp geen melding gemaak het van die Kleurlinge nie. Hulle wou ook die Kaapse Kleurlingstemreg afskaf. Malan het dan ook as amendement voorgestel dat die Kleurlinge saam met die Naturelle van die algemene kieserslys verwyder moes word. Sy amendement is met 136 stemme teen 22 verwerp.

J.H. Hofmeyr was een van 'n klein groepe parlementslede wat nie saamgestem het met die segregasiegedagte wat aan die wetsontwerp ten grondslag gelê het nie. Hoewel hy 'n minister in Hertzog se kabinet was, het Hofmeyr die wetsontwerp gedurende die derde lesing teengestaan. In 'n toespraak wat deur sy biograaf bestempel word as "one of the great speeches in South African parliamentary history", het Hofmeyr aangevoer dat Hertzog se wetsontwerp onregverdig was teenoor die swartes: "The central feature is to give to the Natives an inferior, a qualified citizenchip which has the marks of inferiority in clause after clause of this Bill and which bears the added stigma that whatever may be the advance of the Native in civilization and education, to all intents and purposes he is limited for all time to three members in a House of 153. That surely is a qualified, an inferior citizenship."(15)

(15) Alan Paton: Hofmeyr, pp. 226-7

Minderwaardige burgeskaf of nie, die groot meerderheid parlementslede was dit met Hertzog eens dat die afskaffing van die Kaapse Naturellestemreg noodsaaklik was.Toe in April 1936 tot 'n stemming oorgegaan is, is die wetsontwerp met 168 stemme teen 11 aangeneem. Slegs Hofmeyr en 'n paar liberaaldenkedes en ook kol. C.F. Stallard van die Dominiumparty het daarteen gestem.

Anders as met die Naturelle Verteenwoordigings-Wetsontwerp, het die Naturelletruts en -Grond Wetsontwerp nie 'n tweederde-meerderheid vereis nie. Dit is gevolglik in April 1936 deur die Minister van Naturellesake, Piet Grobler, op die gewone wyse by die Volksraad ingedien. Hierdie wetsontwerp het die swartes se grondgebied aansienlik uitgebrei. Afgesien van die 10,4 miljoen morg wat reeds deur die Naturellen Grond Wet (No. 27 van 1913( vir die gebruik van swartes afesonder is, is daar nou 'n verdere 7,2 miljoen morg aan hulle toegeken. Dit sou die totale oppervlakte van die swartes se grondgebied op 17,6 miljoen morg bring - sowat 12% van Suid-afrika se oppervlakte. Die nuut-toegekende 7,2 miljoen morg - die sg. "oopgestelde gebied" - was oor al vier die provinsies versprei en die Minister van Naturellesake het verklaar dat die aankoop daarvan die staat tussen £10- en 15 miljoen sou kos. Die aankoop van die "oopgestelde gebied" sou oor verskeie jare geskied en sou onderneem word deur die Suid-Afrikaanse Naturelletrust wat jaarliks vir dié doel 'n bedrag geld van die parlement sou ontvang.

Hoewel Malan se Gesuiwerde Nasionale Party dit eens was met die skeidingsgedagte wat aan hierdie wetsontwerp ten grondslag gelê het, het hulle die wetsontwerp nogtans teengestaan. Hulle was van mening dat dit die swartes ten koste van die blankes bevoordeel. J.G. Strijdom wou hê dat die swartes, en nie die staat nie, vir die grond moes betaal. Dr. N.J. van der merwe het gekla dat die regering te veel grond aan die swartes gee. Ds. C.W.M. du Toit het die regering gekritiseer omdat hy sulke goeie grond aan die swartes gee. J.J. Haywood wou hê dat die regering die grond liewer aan die armblankes moes gee. Toe J.F. van G. Bekker by wyse van 'n tussenwerpsel beweer dat 'n verdere kommissie van ondersoek minder grond aan die swarts sou toeken, het Hertzog hom soos volg geantwoord: "Ons kan nog tien kommissie aanstel, maar wat hulle aanbeveel, sal nooit die goedkeuring van 'n man soos u wegdra nie. Die rede is eenvoudig dat jy altyd genoeg mense 'n gemeenskap kry, ook hier in Suid-Afrika, wat te afgunstig is om in te sien dat in so 'n geval werklik reg sal geskied."(16)

(16) Debatte van die Volksraad, 30 April 1936, kol. 2884

Die meerderheid in die Volksraad het met Hertzog saamgestem dat die swartes meer grond behoort te kry as die ongeveer 10,4 miljoen morg wat hulle reeds besit het en in Junie 1936 is die wetsontwerp goedgekeur.

Die aanvaarding van Hertzog se twee segregasie-wetsontwerpe het beteken dat die "oplossing" wat hy 10 jaar vroeër vir "die Naturelle-Kleurling-vraagstuk" voorgestel het, in hoofsaak aanvaar is. Een van sy vier oorspronklike wetsontwerpe, dié oor die uitbreiding van die Kaapse Kleurlingstemreg, het langs die pad gesneuwel, maar die inhoud van die ander drie wetsontwerpe is met geringe veranderinge aanvaar.

Hertzog se twee segregasie-wette van 1936 is belangrike hoekstene in die geskiedenis van wit-swart-verhoudinge in Suid-afrika. die Naturelle-Verteenwoordigings-Wet (No. 12 van 1936) het uitgegaan van die standpunt dat swartes nie die stemreg met blankes moet deel nie. Dit was 'n belangrike kkoerswending weg van politieke integrasie in die rigrting van politieke skeiding. Latere regerings, soos dié van Malan, Strijdom, Verwoerd en Vorster, sou op hierdie grondslag voortbou. Die Naturelletrust en -Grond Wet (No. 18 van 1936) het die standpunt van territoriale segregasie, soos reeds vasgelê in die Naturellen Grond Wet (No. 27 van 1913), verder uitgebou. Latere regerings, soos dié van Malan, Strijdom, Verwoerd en Vorster, sou ook hierop voortbou.

Afrikanernasionalisme, 1934-1939

Die breuk tussen Hertzog en Malan het 'n nuwe fase in die geskiedenis van Afrikanernasionalisme ingelui. Waar Hertzog tot in daardie stadium die onbetwisbare leier van die Afrikanerdom was, het Malan nou i n toenemende mate die mondstuk van die Afrikaner se ambisies geword. En daarmee saam het Afrikanernasionalisme nou meer aggresief geord. Die republikeinse ideaal is nou sterk beklemtoon. Verskeie politieke, kulturele en ekonomiese organisasies het saamgespan om die Afrikaner se belange te bevorder. Afrikaners het nou  minder verdraagsaam geword teenoor ander rasse. En Afrikanernasionalisme is sterk aangewakker deur die Voortrekker-eeufeesvieringe van 1938.

Deur die republikeinse ideaal aan sy vlagpaal te hys, het die Gesuiwerde Nasionale Party hom duidelik onderskei van Hertzog se Verenigde Party. Hertzog het né die Balfour-verklaring van 1926 die standpunt ingeneem dat Suid-Afrika in alle opsigte soewerein onafhanklik is en dat dit dus nie nodig was om langer na 'n republiek te streef nie. Hy het wel persoonlik voorkeur gegee aan 'n republlikeinse staatsvorm, maar as staatsman het die belange van Suid-Afrika by hom swaarder geweeg as die staatsvorm. "Ek het," het hy op 15 September 1928 op Hoopstad verklaar, "daar nooit 'n geheim van gemaak nie dat vir ons, 'n jong volkie in 'n nuwe land, veraf geleë van Europa en vreemd aan monargiese gebruike en tradisies, die republikeinse  regeringsvorm te verkies is bo dié van die monargie ... dog ek kan nie toegee dat daardie oortuiging my wou regverdig om die welvaart en geluk van my volk te doen vertrap deur te dweep met 'n republiek of met die republikeinse regeringsvorm."(17) Die propagering van 'n republiek was na sy mening nou eenvaal nie in belang van Suid-Afrika nie. Dit was onpraktiese politiek omdat die meerderheid teen 'n republilek was. Dit sou Afrikaans- en Engelssprekendes onnodig teen mekaar in die harnas jaag. Dit sou Suid-Afrika ekonomies benadeel as die bande met die Britse Ryk verbreek word.

(17) F.J. du T. Spies: Die Hertzogtoesprake, deel 5, p. 175

Hertzog se weiering om mee te doen aan die propagering van die republikeinse ideaal, het egter nie verhinder dat van sy partygenote hulle daarmee besig hou nie. In September 1930 het senator T.C. Visser, dr. N.J. van der merwe, ds. C.W.M. du Toit e.a. besielde republikeine selfs 'n Republikeinse bond gestig om propaganda vir 'n republiek te maak. Hertzog het op sy beurt nie nagelaat om hierdie republikeinse propaganda in skerp taal te verwerp nie. Solank Hertzog aan die roer van die Nasionale Party was, het die republikeinse ideaal geen aanmoediging ontvang nie.

Hierdie toedrag van sake het verander toe Malan en sy Gesuiwerdes van Hertzog weggebreek het. In Februarie 1936 het die Nasionale Party in sy program van beginsels 'n artikel opgeneem wat 'n republiek in Suid-Afrika in die vooruitsig stel. Die betrokke artikel is soos volg geformuleer: "Die Party is daarvan oortuig dat die republikeinse staatsvorm, afgeskei van die Britse Kroon, hom die beste aanpas by die tradisies, omstandighede en aspirasies van die Suid-Afrikaanse volk en daarom sal hy die republikeinse ideaal beskerm  beskerm en hom beywer om 'n republiek in Suid-afrika tot stand te bring."

Deur die aanname van hierdie artikel het 'n Suid-Afrikaanse politieke party hom vir die eerste keer verbind tot die verkryging van 'n republiek. Waar die Verenigde Party hom t.g.v. die behoud van die Britse konneksie verklaar het, wou die Gesuiwerde Nasionale Party alle bande met Brittanje verbreek en 'n republiek uitroep. "Die Federale Raad," aldus dr. D.F. Malan in Augustus 1935, "het nou die Nasionale Party as party vasgekoppel aan die republikeinse ideaal ... net soos die Verenigde Party hom aan die Britse konneksie vasgekoppel het. Dit is die tee rigtings van die Nasionale Party en die Verenigde Party."(18)

(18) G.D. Scholtz: Dr. Nicolaas Johannes van der merwer, 1888-1940, p. 324

Nog 'n kenmerk van Afrikanernasionalisme in die jare ná die breuk tussen Hertzog en Malan, is die mate waarin politieke, kulturele en ekonomiese organisasies saamgespan het om die Arikaners se belange te bevoder. Veral die samewerking tussen die Gesuiwerde Nasionale Party en 'n geheime kulturle organisasie met die naam Afrikaner-Broederbond, het heelwat kritiek uitgelok. Die Afrikaner-Broederbond is in Mei 1918 gestig met die doel om die belange van die Afrikanervolk in die geheim te bevorder. Die lede het onderneem om hulle te beywer vir "die verafrikaansing van Suid-Afrika in al sy lewensgebiede". Op politieke gebied moes hulle streef na "baasskap" van "die Afrikanerdom" en 'n "eg-Afrikaanse Staatsbestuur vir Suid-Afrika". Hoewel die grondwet van die Afrikaner-Broederbond inmenging in die party-politiek verbied het, het hierdie bepaling nogtans nie verhinder dat die organisasie sy gewig agter die Gesuiwerde Nasionale Party ingooi nie. Hertzog het daaroor geen twyfel gehad nie. "Dit ly geen twyfel dus," het hy in November 1935 op Smithfield verklaar, "dat die geheime Broederbond niks anders is dan die gesuiwerde Nasionale Party geheimelik besig onder die grond en dat die gesuiwerde Nasionale Party niks anders is as die geheime Afrikaner-Broederbond, sy bedrywighede voortsittende bo die grond." Die leiers van die Gesuiwerde Nasionale Party, soos Malan, J.G. Strijdom, C.R. Swart, dr. N.J. van der Merwe e.a., was volgens hom almal lede van die geheime Afrikaner-Broederbond.

Hertzog het by hierdie geleentheid 'n  hewige aanval op die Afrikaner-Broederbond gedoen. Die idee dat die Afrikaanssprekende oor die Engelssprekende moet baasspeel, was in stryd  met sy opvattinge van reg en geregtigheid: "Daar word nl. vergeet dat daar ook Engelssprekende Afrikaners in Suid-Afrika is, wat ook geregtig is tot 'n plekkie in die Afrikaanse son. Wanneer tog sal daardie gekke, fatale idee ophou om te bestaan by sommige mense, om te denk dat hul die uitverkorene is van die gode om oor al die andere te regeer?" Hy het ook sy diepe afkeer uitgespreek van die geheimhouding wat die bedrywighede van die Afrikaner-Broerderbond gekenmerk het. "Waffer beskerming," wou hy weet," het u en ik en ons kinders wat nie lede is van die Broederbond, teen die geheime invloedere deur Broers...?" Ten slotte het hy dit ook gelaak dat die lede van die Afrikaner-Broederbond deur die organisasie verplig word om mekaar se belange in die samelewing te bevorder. "Wat is daar," het Hertzog gevra, "om te belet dat Broers elkaars belange soek te bevorder by aanstellinge en bevorderinge in die Staatsdienst tot nadeel van beter geregtigde nie-broers?"(19)

(19) F.J. du T. spies: Die Hertzogtoesprake, deel 5, pp. 145-157

In hoeverre Hertzog se aanval op die Afrikaner-Broederbond die aansien van die Gesuiwerde Nasionale Party geskaad het, is moeilik om te bepaal. Malan, aldus sir Keith Hancock, het sy lidmaatskap van die Afrikaner-Broederbond erken - nie met verskoning nie, maar met trots.(20) In sy oë was Hertzog iemand wat die pad van die Afrikanerdom byster geraak het.

(20) W.K. Hancock: Smuts, vol. 2, p. 288

'n Derde kenmerk van die Afrikanernasionalisme soos verteenwoordig deur Malan se Gesuiwerde Nasionale Party, was een van toenemende onverdraagsaamheid teenoor die ander rassegroepe. Op die Gesuiwerde Nasionale Party se standpunt dat die swartes geen verteenwoordiging in die Volksraad moet kry nie en dat Hertzog te veel grond aan  hulle toegeken het, is reeds gewys in die afdeling oor "Hertzog en die nie-blankes".

Wat die Kleurlinge betref, het Malan vóór sy breuk met Hertzog met lg. saamgestem dat hulle dieselfde politieke regte as die blankes moet hê,. Ná sy breuk met Hertzog het hy, waarskynlik onder invloed van partygenote soos Strijdom, Swart en dr. N.J. van der Merwe, die standpunt begin inneem dat die Kleurlinge op 'n aparte kieserslys geplaas moes word. Malan en lede van sy party het trouens in hierdie jare aanhoudende druk op die regering uitgeoefen om wetgewing in te dien teen gemengde huwelike en teen die indiensneming van blankes deur nie-blankes - waaronder veral Asiate.

Ook teenoor die Jode het die Gesuiwerde Nasionale Party in hierdie tydperk 'n sterk afkeukrende houding aangeneem. Die instroming van 'n groot aantal Jode uit Nazi-Duitsland het sommige Afrikaners ontstel en Malan en sy volgelinge het by die regering aangedring op 'n wet wat die binnekoms van Jode sou belet. As argumente vir so 'n wet is aangevoer dat die Jode onassimileerbaar is en neig om die ekonomiese lee in 'n l and te oorheers. Volgens dr. Van der Merwe, die leier van die Gesuiwerde Nasionale Party in die Vrystaat, was hulle 'n "steen des aanstoots".(21) As gevolg van die druk wat op hom uitgeoefen is, was die regering verplig om wetgewing teen die instroming van Jode aan te neem. Die Wet op Vreemdelinge (No. 1 van 1937) is egter so bewoord dat daar nie teen Jode spesifiek gediskrimineer is nie, maar teen alle persone wat nie Britse onderdane was nie. Dit het beteken dat Jode uit Brittanje e.a. dele van die Britse Ryk die land nog kon binnekom. Hiermee was die Gesuiwerde Nasionale Party nie tevrede nie. Malan het voorgestel dat daar 'n einde aan alle Joodse immigrasie gemaak moes word.

(21)G.D. Scholtz: Dr. Nicolaas Johannes van der Merwe, 1888-1940, p. 375

'n Merkwaardige oplewing van Afrikanernasionale is deur die eeufeesviering van die Groot Trek in 1938 meegebring. Daar is besluit om op 16 Desember 1938 op 'n heuwel buite Pretoria die hoeksteen te lê van 'n waardige monument vir die Voortrekkers. Deur die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (A.T.K.V.) van die S.A.S. en H. is 'n ossewatrek van Kaapstad na Pretoria georganiseer. 'n Golf van patriotisme het ontstuitbaar deur die land gespoel. Voortrekkerklere is gedra, mans het baarde gekweek, kinders is in die skaduwee van die ossewaens gedoop, volksliedere is gesing en allerlei emosionele tonele het hulle afgespeel. Die Voortrekkers se heroïese stryd teen Britse imperialilsme en swart barbarisme is weer in herinnering geroep. Die Groot Trek is geloof as 'n gebeurtenis wat die voortbestaan van die Afrikanerdom verseker het en die grondslag van die Afrikaners se republikanisme gelê het. Die nasionalisme wat deur die eeufeesviering aangewakker is, het op die politieke gebied uuitgeloop op die versterking van die Gesuiwerde Nasionale Party, op die ekonomiese gebied aanleiding gegee tot stigting van die Reddingsdaadbond (R.D.B) en op die kulturele gebied bygedra tot die ontstaan van die Ossewa-Brandwag (O.B.).

Barste in die Verenigde Party

Hertzog was in die jare 1934-1939 in die onbenydenswaardige posisie dat hy 'n voortdurende stryd op twee fronte moes voer. Op die een front was hy in 'n hewige stryd gewikkel met, volgens sy beskrywing, die ekstremistiese Afrikanernasionalisme van Malan se Party. Dit was 'n openlike, bitter en genadelose stryd tussen persone wat vroeër in een party saamgewerk het. Op die ander front was hy in 'n stryd gewikkel met die imperialilste in sy eie party - die Verenigde Party. Dit was 'n stryd wat meestal agter die skerms gewoed het. Enige toegewing van Hertzog se kant aan Afrikanernasionalisme is telkens beantwoord met 'n dreigende gerammel van die kant van Smuts en die Engelssprekende imperialiste in die Verenigde Party.

Een van die dinge wat herhaaldelik die gemoedere in die Verenigde Party laat ontvlam het, was die kwessie van 'n volslied. Onder die Afrikaners wat daar geen liefde vir die Britse volkslied "God save the King" nie en die mening is uitgespreek dat "Die Stem van Suid-Afrika" tot die amptelike volkslied verhef moes word. Hierdie lied, waarvan die woorde deur Langenhoven en die musiek deur M.L. de Villiers geskryf is, is dat ook in toenemende mate deur die Afrikaners as hul volkslied beskou. Met die opening van die parlement in Februarie 1938 het Hertzog gevolglik opdrag gegee dat naas "God save the King" ook "Die Stem van Suid-Afrika" gespeel moes word. Dit is gedoen, maar sommige Engelssprekendes was onmiddellik met agterdog vervul: Die leier van die Dominiumparty, kol. C.F. Stallard, wou van Hertzog weet of dit beteken dat "Die Stem van Suid-Afrika" voortaan as die land se volkslied erken sou word. Hertzog het geantwoord dit dit nie die bedoeling was nie, maar dat dit heeltemal moontlik is dat die "Stem van Suid-Afrika" wel in die toekoms die plek van "God save the King" kon inneem. so 'n vooruitsig het die Smuts-vleuel van die VP hewig ontstel en hulle het Hertzog laat verstaan dat hulle nie sou toelaat dat "God save the King" deur 'n ander volkslied verdring word nie. Hertzog het daarop verklaar dat Suid-Afrika voortaan twee volksliedere sou hê: "God save the King" en "Die Stem van Suid-Afrika" sou albei by amptelike geleenthede gespeel word. Die Engelssprekendes was tevrede, maar die Gesuiwerdes het hierdie kompromis afgekeur. Hulle wou net een volkslied hê -en dit was "Die Stem van Suid-Afrika".

Die jare wat op die samesmelting van Hertzog en Smuts se partye gevolg het, was moeilike jare vir Malan se Gesuiwerde Nasionale Party. Dit was Malan se taak om die Afrikanervolk te oortuig dat Hertzog die nasionale saak in die steek gelaat het. Om dit te doen, was nie maklik nie. Hertzog was die stigter van die Nasionale Party en vir meer as 'n kwarteeu het hy die belange van die Afrikanervolk met groot toewyding en aansienlike welslae gedien. Hy was inderdaad die hoëpriester van die Afrikanervolk. En tog was Malan nie sonder sukses in sy poging om die Afrikaners se steun van Hertzog weg te trek nie.

Die uitslag van die verkiesing van Mei 1938 was soos volg: Verenigde Party 111 (voorheen 117), Nasionale Party 27 (voorheen 20), Dominiumparty 8 (voorheen 5), Arbeidersparty 3 (voorheen 4), Sosialiste 1 (voorheen 0). Die VP was dus nog verreweg die sterkste party, met die twee ekstremistiese vleuelpartye, die Nasionale Party en die Dominiumparty, sterker as voorheen. Waar die Dominiumparty se groei egter onbeduidend was, het die Nasionale Party sterk opgang gemaak. Die NP het nou wel net 27 setels verower, maar 'n vergelyking van die aantal stemme wat elke party getrek het, toon dat die NP 247 000 stemme gekry het teenoor die 448 000 van die VP. Die Nasionale Party het dus veel meer steun gehad as wat sy 27 setels aangedui het. In die Vrystaat, waar Hertzog altyd oorweldigende steun gehad het, het die Nasionale Party 6 van die 15 setels verower. En in Hertzog se eie kiesafdeling, Smithfield, het die Nasionalis J.J. Fouché 3 040 stemme gekry teenoor die 3 566 van Hertzog.

Twee weke ná die verkiesing het die ou twis oor 'n volkslied weer in die Verenigde Party opgevlam toe slegs "Die Stem van Suid-Afrika" by die viering van Uniedag op 31 Mei 1938 gespeel is. Die Engelse pers het sterk beswaar gemaak en een van die ministers, R. Stuttaford, het by wyse van protes uit die kabinet bedank. Eers ná Hertzog hom daarop gewys het dat per abuis nagelaat is om "God save the King" te speel, het hy ingewillig om sy bedanking terug te trek.

In September 1938 was die barste in die VP weer duidelilk sigbaar toe eers Jan Hofmeyr en daarna F.C. Sturrock uit die kabinet bedank het. Die anleiding tot hul bedanking was Hertzog se besluit om sy Minister van Handel en Nywerheid, A.P.J. Fourie, wat in die kiesafdeling Gordonia verslaan is, as een van die vier verteenwoordigers van die swartes in die Senaat aan te stel. Fourie was een van die min seniior poliltici in Kaapland wat met samesmelting by Hertzog gestaan het en Hertzog was vasberade om hom vir sy lojaliteit te beloon deur hom weer in sy kabinet op te neem. Die enigste manier waarop hy dit kon doen, was om Fourie as senator te benoem en wel as een van die vier senatore wat benoem wod op grond van hul besondere kennis van die belange van die swartes. Hofmeyer was egter van mening dat Fourie nie oor besondere kennis van die swartes beskik het nie. Dit was volgens hom onbillik teenoor die swartes om Fourie as hul verteenwoordgier aan te stel. Hertzog het nie met Hofmeyr saamgestem nie en toe hy in sy standpunt volhard, het Hofmeyr bedank. Drie dae later het F.C. Sturrock Hofmeyr se voorbeeld gevolg. Smuts het met Hofmeyr en Sturrock gesimpatiseer, maar die strydpunt was na sy mening nie belangrik genoeg om 'n breuk met Hertzog te regverdig nie.

Hertzog en Smuts gaan uiteen

Die rots waarop die Hertzog-Smuts-bondgenootskap hom te pletter sou loop, was die kwessie van Suid-Afrika se houding oor die Tweede Wêreldoorlog wat op 3 September 1939 uitgebreek het. Hertzog, wat van die standpunt uigegaan het dat dit 'n oorlog tussen Europese moondhede was en Suid-Afrika nie raak nie, was vir neutraliteit. Smuts, weer, het die mening gehuldig dat dit in die belang van Suid-Afrika was om aan die kant van Brittanje tot die oorlog toe te tree. Die res van die kabinet was verdeel - vyf het Hertzog gesteun en ses Smuts. Die Volksraad sou moes beslis. Deur 'n eienaardige sameloop van gebeurtenisse was die parlement juis in hierdie krisistyd vir 'n buitengewone sitting byeen om die ampstermyn van die Senaat, wat binne enkele dae sou verstryd, te verleng. Die kabinet kon dus op 4 September 1939, die dag ná die uitbreek van die oorlog, die meningsverskil in sy geledere aan die Volksraad voorlê. In 'n gespanne atmosfeer het die debat die hele dag voortgeduur. Hertzog se standpunt is gesteun deur 'n gedeelte van sy eie volgelinge en al Malan se aanhangers, terwyl Smuts die ondersteuning geniet het van sy eie volgelinge, die Dominiumparty, die Arbeiders, die Naturelleverteenwoordigers en ook 'n aantal van Hertzog se aanhangers. toe die aand om nege-uur tot stemming oorgegaan is, het Smuts 80 stemme gekry teenoor Hertzog se 67. Die Verenigde Party het in twee geskeur. Die Eerste Minister het nog een kaart gespeel: Hy het dieselfde aan die Goewerneur-generaal versoek om die Volksraad te ontbind en 'n verkiesing uit te skrywe. Sy versoek is egter van die hand gewys en hy het as Eerste Minister bedank. Die Goewerneur-generaal, sir Patrick Duncan, het daarop Smuts gevra om 'n kabinet saam te stel. Smuts het aan die versoek voldoen en Hertzog as Eerste Minister opgevolg.

B.J.Liebenberg

Onder redaksie van Prof CFJ Muller

500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis

Derde Hersiene en Geïllustreerde uitgawe

ISBN 9780686743134