Die Kaapkolonie, 1853 - 1902

Teen die helfte van die 19de eeu was die Kaapkolonie, die moederkolonie in Suid-Afrika, ten spyte van die v erhusing van duisende Voortrekkers nog verreweg die mees toonaangewende staat. Maar op konstitusionele, administratiewe, politieke, ekonomiese, kulturele en opvoedkundige gebied was Kaapstad indertyd nog 'n onontwikkelde kroonkolonie. In hierdie hoofstuk word hoofstrominge op die ontwikkelingspad in die tweede helfte van die 19de eeu aangedui; terselfdertyd word gepoog om lig te werp op die wisselwerking van verskeie faktore tussen die Kaapkolonie en die noordelike state.

Grondwetlike en politieke ontwikkelinge

Die Wetgewende Raad wat sir Benjamin D'Urban in 1834 aan die Kaap moes instel, het ondanks die openbare teenkanting tot 1853 gefunksioneer. Hoewel die burgers hulle kort ná die instellilng van die nuwe regeringsvorm van meet af aan beywer het vir 'n meer verteenwoordigende bestuur, was die Britse regering om verskeie redes nie bereid om dit toe te staan nie. Maar vanaf 1846 het bepaalde faktore 'n simpatieker Britse houding t.o.v. selfbestuur vir die Kaap tot gevolg gehad, sodat sir Harry Smith om 'n verslag oor "selfbestuur" vir die Kaapkolonie gevra is. Hy het die taak opgedra aan William Porter, die toenmalige prokureur-generaal, wat saam met die regters voorstelle oor die aangeleentheid opgestel het wat teen Maart 1848 na Engeland gestuur is. Ná die bestudering van die voorstelle, het die Koningin in 1850 'n oktrooibrief aan die Kaapse Wetgewende Raad uitgereik, sodat besonderhede uitgewerk kon word.

Vanweë die Britse parlementêre besluit om die Kaap as bandietekolonie te gebruik, het die gemoedere in 1849 so hoog geloop dat die meeste burgerlike lede van die Wetgewende Raad bedank het. Die siel van die Anti-Bandietebeweging in Kaapstad was John Fairbairn, maar Engels- en "Afrikaanssprekendes" het hand aan hand geprotesteer teen die ontskeping van die Neptune se 282 ongewenste immigrante. Verskeie persone het uit openbare liggame bedank en boikotbewegings is op tou gesit. Daar was selfs intimiderings en aanrandings, sodat die nuwe lede ("polular members") van die Wetgewende Raad eweneens bedank het. Vroeg in 1850 moes die Neptune noodgedwonge met sy ongewenste vrag na Tasmanië vertrek. Hierdie konstitusionele krisis het onteenseglik getoon dat die kolonie reeds 'n sterk openbare mening ontwikkel het en dat die twee bevolkingsgroepe hul politieke kragte kon saamsnoer.

Die konsepgrondwet kon hierna deur die Wetgewende Raad uitgewerk word, maar lede van die ad hoc-komitee het so getwis, dat Porter ook hierdie konsep voorberei het. Die agste Oosgrensbotsing (1850-1853) het die saak verder vertreeg, sodat die gewysigde Cape of Gookd Hope Constitution Ordinance eers in Desember 1852 na Londen teruggestuur is, ondanks die agitasies van die Oostelike Provinsie-lede o.l.v. Godlonton vir 'n aparte regering. Weens verskeie regeringsveranderinge in Engeland is die ordonnansie eers teen Maart 1853 bekragtig ná die statutêre skrapping van die gewraakte kieskwalifikasies; die Britse regering wou in ooreenstemming met Ordonnansie No. 50 geen diskriminasie hê nie. Indertyd is die totale bevolking op 350 000 gestel en hoewel die nie-blankes verreweg in die meerderheid was, sou min van hulle vir die stemreg kon kwalifiseer.

Op 1 Julie 1853 het die nuwe grondwet in werking getree wat met enkele belangrike wysiginge tot 1910 die grondwet van die Kaapkolonie gebly het. Ingevolge hierdie grondwet het die Wetgewende Raad bestaan uit die hoofregter as president en 15 verkose lede, waarvan agt uit die Westelike Provinsie moes. Die lede, wazt vir 10 jaar verkies is, moes stemgeregtigde burgers en minstens 30 jaar oud wees en onbeswaarde eiendom ter waarde van minstens £2 000, of vaste en/of roerende eiendom ter waarde van minstens £4 000 besit. Die Raad het sy sittings in die Hooggeregshofgebou gehou totdat die huidige Parlementsgebou in 1885 in gebruik geneem kon word.

Die Wetgewende Vergadering, daarenteen, het uit 46 verkkose lede bestaan, vir vyf jaar verkies. Die Vergadering moes minstens een maal per jaar vergader op 'n plek deur die goewerneur bepaal. (Een keer, in 1864, het hy selfs op Grahamstad byeengekom, toe Wodehouse die Oostelike Provinsie se guns wou wen.) Luidens art. 89 sou Engels die amptelike taal van die parlement wees, sodat lede wat net Nederlands magtig was, van die debatte uitgesluit was. Elke meerderjarige manlike Britse onderdaan wat hom nie aan bepaalde misdade skuldig gemaak het nie, was stemgeregtig, mits hy 'n gebou ter waarde van minstens £25 bewoon of 'n loon ten bedrae van minstens £50 per jaar verdien het.

Die wetgewende bevoegdheid van die twee huise was dieselfde, dog finansiële maatreëls kon slegs deur die goewerneur in die laerhuis ingedien word. Die goewerneur het ook ander uitgebreide magte gehad; trouens, die wetgewing was in baie hoë mate aan sy willekeur onderworpe. Benewens die Kroon se betoreg oor alle wetgewing, het die grondwet ook nie voorsiening vir verantwoordelike ministers gemaak nie. Die hoofamptenare wat deur die Britse Minister van Kolonies benoem is,, het dus as hoofde van departemente die sittings bygewoon, maar het geen stemreg gehad nie en was slegs aan die goewerneur verantwoording verskuldig. Dit sou dus slegs 'n kwessie van tyd wees voordat botsings tussen die uitvoerende en die wetgewende gesag in hierdie "verteenwoordigende regering" sou volg. Dat ernstige botsings die eerste jare uitgebly het, moet in 'n groot mate aan die ekonomiese opbloei en die taktvolle sir George Grey toegeskryf word.

Tydens die eerste parlementêre verkiesing was daar geen partye nie, maar die groep van die Oostelike Provinsie het hom beywer vir afskeiding, die verskuiwing van die hoofstad na Grahamstad en 'n hersiening van die stemregkwessie. Op die krediet van die eerste parlementsittings - sittings van die Wetgewende Vergadering is tot 1885 in Parlementstraat in 'n Vrymesselaarsaal in gehou - staan o.m. die voortreflike Afdelingsraadwet, wat met enkele wysiginge tot 1889 van krag gebly het, die juriestelsel vir siele sake en die "voluntary principle",(1) wat vir die eerste keer deur die liberale groep o.l.v. Saul solomon te berde gebring is.

(1) "Voluntaryisme" het die afskaffing van staatstoelaes aan die Kerk geïmpliseer. Die liberale groep het die beginsel feitlik jaarliks in die parlement te berde gebring tot dit in 1875 aanvaar is. Sien Cambridge History of the British Empire, VIII (1963), pp. 372 (voetn. 4) en 388

Die moeilikste politieke probleem van die vyftigerjare was die ou strydpunt oor die verdeling van die Kaap in die Oostelike en die Westelike Provinsie. Die aanstelling van 'n luitenant-goewerneur vir die Oostelike Provinsie in 1836 was onbevredigend, daar dié amptenaar maar beperkte gesag gehad het. Uit vrees vir oorheersing deur die "Afrikaner"-meerderheid van die W.P., was die Oostelike Groep o.l.v. Robert Godlonton, 'n invloedryke uitgewer, ook geensins voorstanders van selfbestuur nie. Aan die ander kant was die O.P. so dun bevolk, so arm en so gemoeid met militëre aangeleenthede, dat Saul Solomon se mosie vir 'n onverdeelde kolonie indertyd maklik aanvaar is.

Die bewind van goewerneur sir Philip Wodehouse aan die Kaap (1862-1870) word gekenmerk deur onbeholpenheid, outokratiese en hooghartige handelswyse, vyandigheid teen enige afskeiding- en/of belfbestuurbeweging, ongelooflike konstitusionele botsings, en om alles te kroon, 'n handelslapte, wingerdsiektes, droogtes, 'n wêreldwye ekonomiese insinking en verhoogde belastings vir die nagenoeg 181 000 blankes van die kolonie.

Wodehouse, wat deur die Britse regering gevra is om 'n federasie van alle Suid-Afrikaanse state onder 'n sterk federale regering te bewerkstellig, het reeds tydens sy eerste parlementsitting teëspoed gekry. Met die oog op 'n vermindering van die Britse verdedigingsuitgawes, wat in 1850 al die £3 miljoen-kerf oorskry het, en met die doel om die Vrystaat van die see af te sny, het Wodehouse die inlywing van die ekonomies-afhanklilke Brits-Kafferland by die Kaapkolonie bepleit. Weens stygende tekorte het die Kaapse parlement egter die voorstel afgestem, wat 'n tergende konstitusionele dooie punt tot gevolg gehad het. Molteno, Saul Solomon e.a. het verantwoordelike bestuur geëis, aleer omstrede inlywings ter sprake gebring kon word. Maar drie jaar later (1865) het die onversteurbare Wodehouse tog sy sin gekry, toe die Britse regering hom d.m.v. die Kaffrarian Annexation Act gemagtig het om Brits-Kafferland met of sonder toestemming van die protesterende Kaapse parlement by die Kaapkolonie in te lyf. Hoewel Wodehouse se optrede deur 'n mosie van wantroue gevolg is, het die gebied in April 1866 'n integrerende deel van die Kaapkolonie geword, sodat die Wetgewende Raad na 21 lede en die laerhuis na 66 lede uitgebrei is.

Wodehouse se optrede en beleid het nie alleen die onderskeie faksies in die Kaapse laerhuis - die Separatiste, die Westelikes, die Kaffrariërs en die Selfbestuurgroep - in die harnas gejaag nie, maar ook die eksterritotiale regerings. So is die Vrystaat bv. vervreem deur die anneksasie van Basoetoland (1868), juis in 'n stadium toe die Boere Mosjesj wou straf vir vermeende aggressies. Wodehouse het vas geglo dat vrede in Suid-Afrika slegs deur die Imperiale regering bewaar kon word en dat daar nie geaarsel moes word om die konvensies van die twee Republieke te verwerp nie indien so 'n stap die Britse beleid sou bevorder.

Eintlik was dit finansiële maatreëls en Wodehouse se pogings om die grondwet met 'n outokratiese bestuursvorm te vervang wat die ergste botsings veroorsaak het. Weens die ekonomiese depressie wat in die sestigerjare veral die landbou swaar getref het, het die tesourie in 1866 reeds 'n tekort van £100 000 getoon, sodat die parlement op besuiniging moes aandring; van verhoogte belastings op wol en wyn wou die laerhuis niks weet nie! Die volgende jaar was beter tye in sig, maar ondanks die diamantontdekkings, die goeie oeste en die feit dat Brittanje afgesien het van sy voorneme om die koloniste met verdedigingsake te belas, kon nuwe botsings nie voorkom word nie. Gevolglik het die vasbeslote goewerneur 'n wysiging van die grondwet voorgestel wat hom 'n gedienstige eenkamerparlement (sonder "verantwoordelike bestuur") sou besorg, 'n voorstel wat met 'n oorweldigende meerderheid in die laerhuis verwerp is.

Die n uwe parlement van 1869 was nog meer teen die Wodehouse-beleid gekant, sodat verdere konstitusionele botsings - selfs 'n wantrouemosie - gevolg het; derhalwe is die parlement ontbind. Die nuwe verkiesingstryd is op 'n grondslag van konstitusionele strydpunte gevoer; dit is daarom dat die parlement van 1870 die goewerneur se grondwetwysiginge en belastingsvoorstelle summier verwerp het, ondanks die feit dat die landskuld toe reeds £1 420 000 bedra het. 'n Konstitusionele dooe punt tussen die uitvoerende en wetgewende magte is weer eens bereik, sodat dit duidelik geword het dat die 1853-grondwet onder Wodehouse nooit sou werk nie. Slegs "verantwoordelike bestuur" met 'n parlementêre regering sou die konstitusionele krisisse kon beëindig, maar oor dié aangeleentheid was die koloniste self skerp verdeeld. Granville, die Britse Minister van Kolonies, het egter intussenduidelik laat blyk dat die koloniste finaal sal moet besluit of hul selfregering of regering van begeer.

As gevolg van die hardnekkige dooie punt wat bereik is, is Wodehouse in Mei 1870 vervang deur sir Henry Barkly, 'n vurige voorstander van selfbestuur. Hy het net soos die Imperiale regering geglo dat "verantwoordelike bestuur" vir die Britse belastingbetaler  'n besparing sou meebring en terselfdertyd as basis vir die konsolidering van alle Suid-Afrikaanse state kon dien. Vanselfsprekend dus het Molteno se 1871-selfbestuurmosie - soorgelyk aan sy 1860-mosie - die goewerneur se goedkeuring en seën weggedra. Hoewel die mosie met 'n klein meerderheid deur die hoërhuis verwerp is, het die onvermoeide Molteno die volgende jaar, in weerwil van die kwaai teenstand van die Separatiste onder Godlonton, in sy doel geslaag toe ook die hoërhuis dit na allerlei politieke maneuvers met 'n meerderheid van een goedgekeur het. Die het indertyd, danksy diamante, wol en volstruisvere, 'n tydperk van ekonomiese voorspoed beleef. Verder het die ingebruikneming van die Suez-kanaal die Kaap minder belangrik vir Brittanje gemaak, sodat die Ministerie van Kolonies nie meer so ongeneë was om selfbestuur vir die Kaap aan te beveel nie.

Met die aanname van The Constitution Ordinance Amendment Act, 1872, is die Kaapse konstitusionele stryd beëindig. Uit hoofde van die grondwetwysiginge m.b.t. die winsbetrekkings onder die Kroon, was die uitvoerende beamptes sindsdien almal lede van een van die twee huise en verantwoordelik aan die laerhuis. sodat hulle nie meer die vertroue van die parlement gehad het nie, moes hulle bedank.

Op 1 Desember 1872 is die eerste "verantwoordelike" kabinet saamgestel, met J.C. Molteno, "die leeu van Beaufort", as eerste minister, dr. H. White as tesourier, J.H. de Villilers as prokureur-generaal, C.A. Smith as die kommissaris van kroongrond en openbare werke en C. Brownlee, die latere grondlegger van die Transkei se Naturellebeleid, as die sekretaris van Naturellesake. So is die Britse kabinetstelsel ingevoer en het die Kaapkolonie volkome koloniale selfbestuur verkry, d.w.s. parlementêre regering met ministeriële verantwoordelikheid.

Die goewerneur se posisie is egter radikaal gewysig, daar hy as verteenwoordiger van die Britse regering voortaan sy pligte moes uitvoer op advies en met die goedkeuring van die plaaslike ministerie. As hoë kommissaris het hy natuurlik nog uitgebreide magte in eksterritoriale gebiede gehad.

Voortaan sou die kolonie begryplikerwys ook vir sy eie verdediging en vir die handhawing van binnelandse rus en orde verantwoordelik wees. Verder het die nuwe grondwet die separatistiese beweging vernietig, veral ná die konstitusionele wysiginge van 1874, toe die herafbakening van kiesafdelings die onnatuurlike poliltieke groepering beëindig het. Die Wetgewende Raad het op aanbeveling van regter J.H. de Villilers ná 1874 bestaan uit 21 gekose lede, vir sewe jaar verkies, drie elk vir die sewe sirkels waarin die kolonie verdeel was.

Hoewel die Kaapkolonie om verskeie redes dus byna 20 jaar moes wag op verantwoordelike bestuur, het die nuwe grondwet die groter politieke volwassenheid gebring wat 'n gunstige klimaat geskep het vir die so nodige federasie van Suid-Afrikaanse state - 'n saak wat ongelukkig enige jare later deur die oormoedige en ontaktvolle lord Carnarvon verbrou is. Die selfstandige en verstandige standpunt wat die Kaapse regering destyds ingeneem het m.b.t. die beperking van die Imperiale faktor in Suider-Afrika, het die geleentheid gebied om Suid-Afrikaanse vraagstukke op 'n nasionale grondslag te benader. Ook vir die Transkeigebiede, wat teen 1894 almal by die Kaapkolonie ingelyf was, het die grondwet betekenis gehad, want dit het die geleentheid gebied om sonder ryksinmening 'n eie beleid van differensiasie uit te werk. Met die nuwe grondwet is ook die finansiële beleid van die kolonie reggestel, want 'n "verantwoordelike" kabinet kon voortaan op 'n nasionale grondslag aandag skenk aan die ingewikkelde ekonomiese aangeleenthede wat die diamante, verkeerswese (veral spoorwegontwikkeling), doeane, e.d.m. meegebring het. Les bes het die grondwet, getrou aan die wese van selfbestuur, gelei tot die verskyning van politieke partye wat hul stempel op die ontwikkeling van die Kaapkolonie sou afdruk.

Die Afrikaanssprekendes, wat teen 1872 nagenoeg driekwart van die blanke bevolking uitgemaak het, het egter slegs een derde van die verteenwoordigers verskaf. Brittanje se verengelsingsbeleid sedert 1806 het die Afrikaner stelselmatig op taal-, onderwys- en kerklike gebied verengels. Die regering, die regspleging en die ekonomie het bv. totaal verengels, maar die Afrikaner het - hoewel hy sy belangstelling in landsake verloor het - homself bly handhaaf. Die rol van die Imperiale regering in Suid-Afrika, veral in aangeleenthede soos die inlywing van die diamantvelde, asook die Britse beleid teenoor die Republieke, sou egter 'n Suid-Afrikaanse nasionale bewussyn kweek en hernieude politieke belangstelling by die Kaaplandse Afrikaner wek.

In hierdie atmosfeer is "Die Genootskap van Regte Afrikaners" in 1875 in die Paarl gestig. Onder invloed van dié genootskap, waarvan die doel was "om te staan ver ons taal, ons nasie en ons land",(2) is die Di Afrikaanse Patriot, die eerste Afrikaanse koerant, in 1876 opgerig. Ná die Britse anneksasie van Transvaal, was dit hierdie koerant wat in 1879 o.l.v. ds. S.J. du Toit van die Paarl die stigting van die Afrikanerbond bepleilt het, 'n liggaam wat tot die end van die eeu 'n prominente rol in die Kaapse politieke groepering sou speel.

(2) G. Dekker: Afrikaanse Literatuurgeskiedenis (Kaapstad, 1961), p. 14

Die stigting van die Bond is voorafgegaan deur die oprigting van etlike boereverenigings. Hierdie verenigings wou nie net op ekonomiese gebied 'n samehorigheidsgevoel onder die Afrikaners van die Kaapkolonie kweek nie, maar ook aan kulturele sake, die onderwys, die federasie van Suid-Afrikaanse state en die erkenning van Hollands as tweede amptelike taal in die parlement en die skool aandag skenk. Hoofsaaklik a.g.v. die ongewilde Aksynswet (1878), is die boereverenigings se ekonomiese krag later deur J.H. Hofmeyr (Onze Jan) saamgesnoer in die sterk "Zuidafrikaanse Boeren Beschermings Vereniging" wat inderdaad ook politieke oogmerke nagestreef het.

Op joernalistieke gebied het ook verwikkelinge plaasgevind wat die Afrikanersaak ten goede gekom het: De Zuid-Afrikaan van Hofmeyer en Het Zuid-Afrikaansch Tijdschrift, wat vir die bevordering van Hollands gerog is, het veel gedoen om die Afrikaner i n te lig en 'n standpunt te laat inneem. 

Hofmeyr, wat nie uit die staanspoor die Afrikanerbond gesteun het nie, het tog gevoel dat die Afrikaner se politieke aspirasies op die een of ander wyse gekoördineer behoort te word sodat daar vir die "heil van 'n Verenigde Suid-Afrika"(3) gewerk kan word. Die Bond het ná die Eerste Vryheidsoorlog vinnig gegroei, veral ná die samesmelting van die Bond en die Beskermingsverenigings tussen 1882 en 1883, sodat Afrikaners van die Kaap tot aan die Limpopo gemonster was om op politieke en maatskaplike terrein 'n verenigde Suid-Afrika na te streef. Ongetwyfeld het die kragtige Bond, met sy leuse: "Afrika voor de Afrikaners", o.l.v. Hofmeyr Afrikaner-nasionalisme, -samehorigheid en samewerking gekweek soos nooit te vore nie. Dit het ondubbelsinnig gebly nadat Hofmeyr in 1882 met behulp van die Scanlen-ministerie daarin geslaag het om Hollands as tweede amptelilke taal in die parlement erken te kry. Trouens, ná 1884 het die Bond vanweë sy sterk verteenwoordiging in die laerhuis 'n politieke magsposisie verkry, sodat aangeleenthede soos beskermende tariewe vir die boerderygemeenskap, die brandewynaksynskwessie, die Naturellestemreg en die neutraliteit van die Kaapkolonie bevredigend gereël kon word.

(3) Aangehaal deur A.J.H. van der Walt, e.a.: Geskiedenis van Suid-Afrika, II (Kaapstad, 1951), p. 639

Dit was in die vroeë tagtigerjare dat Cecil John Rhodes, die Imperiale en ekonomiese kolos, die Kaapse politieke arena betree het. (Kyk Hoofstuk 14) Vanweë sy organisatoriese begaafdheid en sy finansiële sukses op die diamantvelde het hy die De Beers-maatskappy gestig, wat in 1888 met ander maatskappye geamalgameer het om die De Beers Consolidated Gold Fields of South Africa vir Rhodes die magtigste en rykste figuur in Suid-Afrika gemaak het.

In 1881 het Rhodes Barkly-Wes se verteenwoordiger in die Kaapse parlement geword. Om sy doel en ideaal - die verbreiding van die Britse Ryk oor die ganse Afrika en die federasie van die Suid-Afrikaanse state - te verwesenlik, het hy die Afrikanerbond se steun probeer kry. Daarom dat hy geleidelik hegte vriendskapsbande met Hofmeyr aangeknoop het, veral nadat dié hom teen republikanisme uitgespreek en lojaliteit aan die Britse kroon betuig het. Hofmeyr wou indertyd tot elke prys die ryksfaktor in Suid-Afrika uitskakel sodat die Kaapkolonie nie oor enige aangeleentheid, allermins oor sy onafhanklikheid, voor 'n voldonge feit gestel kon word nie. Rhodes het diploma5ties dog onomwonde beweer dat ook hy die uitskakeling van die ryksfaktor in Suid-afrika begeer. So het hy deur woord en dood baie Afrikaners mislei.

As gevolg van die belangstelling van die Transvalers in die interne aangeleenthede van Betsjoeanaland tussen die jare 1882-1883, het twee republiekies - Stelland en Goosen - op die sg. westergrens van die Z.A.R. tot stand gekom. Rhodes, wat graag hierdie "Suez-kanaal" na gebiede benoorde die Limpopo vir Imperiale  doelstellings wou oophou, het by die Kaapse parlement aangedring op inmenging. Hierdie "sendelingpad" is vir die Kaapse handelsbelange as uiters lewensbelangrik voorgehou, veral vanweë die Transvaalse (en Duitse) belangstelling. As gevolg van die gebrek aan belangstelling en die weifelende optrede van die Kaapse parlement en die Afrikanerbond, het Rhodes op Imperiale ingryping aangedring, wat daaroop uitgeloop het dat Transvaal uit die westelike gebied uitgesluit is. Deur Rhodes se diplomasie en politieke maneuvrering en genl. Warren se magsvertoon met 4 000 troepe is Kruger uitoorlê en is 'n Britse protektoraat oor Betsjoeanaland geproklameer.(4) Die pad na die Noorde was bevelig en die Vrystaat aan drie kante geïsoleer, 'n beleidsrigting waarmee Rhodes later 'n Imperiale federasie op die Suid-Afrikaanse state wou afdwing.

(4) Die suidelike deel van Betsjoeanaland is eers in 1895 by die Kaapkolonnie ingelyf.

Betekenisvol is die feit dat Rhodes ondanks die Betsjoeanaland-avontuur, waarby Afrikaners betrokke was, nie sy invloedryke vriende in die Afrikanerbond vervreem het nie. Benewens die handelsbetekenis vir die Kaapkolonie, het hy ook vir hulle 'n verenigde Suid-Afrika voorgehou en beweer dat die Kaapkolonie uit hoofde van sy posisie 'n leidende rol in aangeleenthede van dié aard moet speel. Rhodes het hierna die Bond in toenemende mate gesteun in belangrike strydpunt soos die gebruik van Hollands in die geregshowe en die staatsdiens, godsdiensonderwys op skool, die opheffing van die aksyns, die daarstellling van beskermende invoerregte, e.d.m.; trouens, Rhodes het hom in so 'n mate met die strewe van die Afrikanerbond vereenselwig, dat daar eerlank na hom as "die jong burger" verwys is.

Die Rhodes-Hofmeyr-samewerking het sy toppunt eers iná die algemene verkiesing van 1888 bereik. Toe Rhodes in 1890, ná die val van die Sprigg-ministerie, met die steun van die Afrikanerbond premier word, het hy verklaar dat hy net 'Suid-Afrikaanse poliltiek" gaan volg. Deur toedoen van Hofmeyr en die Bond is Rhodes, die verpersoonliking van die geldmag, ook tot 'n staatsman verhef en het hy 'n finansiële en politieke magsposisie verwerf wat ongekend was in die suid-Afrikaanse politiek. Die nederige en genaakbare imperialis rhodes het ongekunsteld met Afrikaners omgegaan en voortgegaan omd ie belange van die afrikanersaak te bevorder. So het hy - inherent geensins 'n pro-negofilis nie - gehelp om die Kieswet van 1892, wat verhoogde stemregkwalifikasies, o.m. geletterdheid, gestel het, op die wetboek te plaas en aldus die blanke beskawing in suid-Afrika te bestendig.(5) Ook met die Brandsiektewet (1894) het Rhodes 'n belangrike bydrae gelewer. Hoewel hierdie wet die vernaamste welvaartbron van die oorgrote meerderheid van die Afrikaners wou beskerm, was dit op die platteland baie jare lank ongewild. Op landbougebied is insgelyks deeglik na die belange van die boerebevolking omgesien, soos die invoer van landboudeskundiges, Arabiese perde, sybokke, die lieweheerbesie, e.d.m. duidelik illustreer.

(5) Seder die jare tagtig het die politieke stryd om die nie-blankes stemreg aktueel geword en het onvermoeide leiers en  yweraars soos T. Jabavu, A.K. Soga, A. Effendi, en later A. Abdurahman, in toenemende mate daarby betrokke geraak

Dit is begryplik dat Rhodes se poliltieke en finansiële invloed hom mettertyd al hoe meer selfvertroue besorg het, sodat hy in opvolging van sy Betsjoeanaland-sukses sy oë na die begeerlike Matebeleland, die "ewewig van Afrika", gerig het om uitvoering te gee aan sy "kosmiese droom" en beleid van "Africa British from Cape to Cairo". Deur sy bemiddeling en bemoeiing is die Moffat-verdrag in 1888 met Lobengula gesluit, waarvolgens ander buitelandse moondhede uitgesluit is. Transvaal het egter reeds sedert die vorige jaar met dié opperhoof 'n soortgelyke ooreenkoms gehad. Spoedig is die voordelige Rudd-konsessies vir die minerale-ontginning gevolg deur die flottering van die British South Africa Company in 1889, waarmee die besetting van Matebele-Masjonaland in 1890 'n voldonge feit was (Kyk Hoofstukke 13 en 14) en die "Colossal Scheme for African expansion" 'n stap verder gevorder is.

Ná die daaropvolgende Matebele-oorlog is Rhodesië in 1894 geannekseer en is die Britse imperialisme in Afrika verder verstewig. Trouens, Kruger se noordelike uitbreidingsplanne is in die kiem gesmoor en Transvaal verder geïsoleer. Maar aan die ander kant het hierdie optrede van Rhodes ook die wig tussen Transvaal en die Kaapkolonie verder ingedryf. Die Afrikaners van Kaapland het inderdaad geen geesdrif vir Rhodes uitbreidingsaspirasies getoon nie en die oorwegende mening was dat Transvaal veronreg is. Op taktvolle wyse het Rhodes andermaal die gemoedere gesus deur o.m. te verklaar dat hy as "Kaapse kolonis" slegs die Imperiale faktor wou uitskakel. Om sy goeie trou te bewys, is Afrikaners 'n heenkome in die nuwe gebied aangebied; sommige het selfs aandele geneem in die B.S.A. Company, wat gestig is om die gebied te administreer en te ontwikkel. Die Rhodes-Hofmeyr-samewerking het dus voortgeduur, ondanks die bedenkinge van Afrikaners in sekere kringe.

Met die Swaziland-konvensie (1890), wat Kruger se pad-na-die-see-planne verydel het en waarin Hofmeyr 'n anti-Transvaalse standpunt ingeneem het, is die wig tussen Kaapland en Transvaal nog dieper ingehamer en het die afkeer en kritiek van Afrikanerkant teen die Hofmeyr-Rhodes-samewerking al hoe hoër opgelaai; selfs in die Rhodes-kabinet het die harmoniese samewerking sedert 1893 ontbreek. Hofmeyr, die hoop van die Afrikanerdom. het al hoe meer deur bittere kritiek en verwyte van verraad in die gedrang gekom omdat hy hom skynbaar oogluikend laat gebruik het om Rhodes se Imperialistiese aspirasies te bevorder. Rhodes het aan die ander kant ook al hoe aanmatigender en ongeduldiger geword t.o.v. teenstand wat hy ondervind het; dit was veral die geval nadat sy pogings om Delagoabaai te koop, finaal in 1894 misluk het.

In die veelbesproke Suid-Afrikaanse drama wat Rhodes se grootste triomf moes wees, ,het hy sy bees roemlose nederlaag gely! Miskien het hy Hofmeyr en die Bond se steun in hierdie stadium as vanselfsprekend aanvaar, want na die steun wat die Bond hom andermaal in die Transvaalse driwwekwessie (1891) gegee het, het hy die verdeel-en-heers-taktiek ter uitvoering van sy Imperiale aspirasies en sy federasiegedagte, wat die herinskakeling van Transvaal by die Britse Ryk geïmpliseer het, te ver gevoer. (Kyk Hoofstuk 14)

Die opspraakwekkende Jameson-inval in Desember 1895 was 'n georganiseerde poging van die Rhodesiese polisie, onder aanvoering van dr. Leander Starr Jameson, om Johannesburg gelyktydig met die "Reform Committee" se Uitlanderopstand te beset. Die plan was verder om die Pretoria-arsenaal te bemagtig en 'n voorlopige regering daar te stel sodat die Britse hoë kommissaris Kruger tot ander insigte kon dwing. Aan Rhodes se medepligtigheid in die vorm van morele en finansiële steun en aan die voorkennis van die Britse regering en die hoë kommissaris in Kaapstad hoef daar vandag nie meer getwyfel te word nie.(6) Die ontnugterde Bond en Hofmeyr, wat die inval as 'n verraderlike aanval op die ganse Afrikanerdom gesien het, het vinnig weggedrywe van die Engelssprekendes in Kaapland. Ook die Engelssprekendes het hul geledere gesluit deur die stigting van die invloedryke "South African League", wat die Britse gesag in Suid-Afrika wou handhaaf en in hierdie stadium oorlog as die enigste alternatief gepropageer het. Aan die ander kant het dit Afrikaners nader aan mekaar gebring en hul ideale gekonsollideer soos nooit tevore nie. Die Afrikaner se aansien in Europa is ook verhoog, soos die Duitse keiser se geesdriftige gelukwensingstelegram trouens aantoon

(6) Vgl. J.G. Lockhart en C.M. Woodhouse: Rhodes (Londen, 1963), pp. 2920302, 314, 316 en 319

Nadat die voorval oorgewaai het, het Rhodes, wat as eerste minister bedank het, hom tot sekere hoogte gerehabiliteer en sy ou bondgenote ("my tools") genadeloos veroordeel. Hy het nog steeds geglo aan die uiteindelike vereniging van die Suid-Afrikaanse state, maar was nou oortuig dat dit slegs deur die "miskende" Imperiale faktor bewerkstelling kon word, veral omdat Kruger se beleid syns insiens te konserwatief en isolasionisties was. Chaimberlain, 'n medepligtige aan die "Raid", wat intussen die Ministerie van Kolonies in Engeland oorgeneem het, het sir Alfred Milner in 1897 as  hoë kommissaris na Suid-Afrika gestuur om sy aandag veral aan Transvaalse aangeleenthede te wy, d.w.s. aan 'n hervormingsprogram volgens Britse resep. (Kyk Hoofstuk 14)

In die Kaapkolonie het die Sprigg-regering gesukkel, daar dit die steun van die Bond verloor het sonder om die guns van die pro-Britse Progressiewe te wen. Teen die tweede helfte van 1898 het die Sprigg-ministerie tot 'n val gekom oor die beoogde herafbakening van plattelandse kiesafdelings. In die daaropvolgende algemene verkiesing, waarin alles in die stryd gewerp is, het die Bondsorganisasie saam met die gematigde Engelssprekendes 'n klein werkende meerderheid behaal sodat W.P. Schreiner, 'n pro-Bondsman, 'n regering kon saamstel. Hierdie politieke neerlaag het die oorlogsgees by die "South African League", die Imperialiste en Progressiewe in Kaapland eerder aangeblaas. Ook was dit duidelik dat Milner vasbeslote was, veral ná sy "loyal"-toespraak op Graaff-Reinet, om die Britse aansien en oppergesag in Suid-Afrika selfs met oorlog te handhaaf. Milner se aanvanklilke "policy of patience" is alleg gewysig deur Kruger se herverkiesing tot president, die Hoëhofkrisis van 1898 en die traagheid met die toepassing van die Industriekommissie se aanbevelinge. Die oorlogswolke was bwesig om vinnig saam te pak, want die oorlogskreeuers en die anti-Afrikaanse koerante (in Suid-Afrika en in Engeland) het hulle nie onbetuig gelaat nie. Daarby was die Afrikanerbond se optrede indertyd te besadig. Schreiner, wat uit sy pad gegaan het om die ramp af te weer, het op 'n wenk van Hofmeyr president Steyn oorgehaal om 'n konferensie van die vernaamste partye in Bloemfontein (Mei 1899) te reël, 'nbyeenkoms wat weens Milner se ontoegeeflikheid oor die stemregkwessie ongelukkig niks positiefs opgelewer het nie. Latere pogings van Hofmeyr, Schreiner en die Vrystaat het ook op 'n mislukking uitgeloop, daar Milner besef het dat die Kaapse regering glad nie oor ryksuitbreiding begaan was nie, maar slegs bewis was om Transvaal uit 'n netelige penarie te probeer red.

Hierna het Schreiner gepoog om die Kaapkolonie se belange te beskerm deur hom neutraal te hou, waarop Milner hom summier gelas het om die wapentoevoer na Transvaal te staak. Selfs nadat die oorlog uitgebreek het, wou Schriner nog neutraal bly, maar hy was andersyds ook versigtig om konstitusionele botsings en/of 'n algemene opstand onder Afrikaners te vermy.

Kort ná die uitbreek van die oorlog is o.m. sekere Noord-Kaaplandse distrikte deur die Vrystaatse Republikeine beset en het baie Kolonialers hul lot by die Republikeine ingewerp. Toe die Boere-invallers in Maart 1900 genoodsaak was om terug te trek om die Republileke te verdedig, het hierdie Noord-Kaaplandse rebellie tot 'n rampspoedige einde gekom. Honderde rebelle is aangekeer om verhoor te word, terwyl eiendom in sommige gevalle gekonfiskeer en vernietig is.

Die Schreiner-regering, wat politiek sterk gestaan het, het duidelik in 'n onbenydenswaardige posisie verkeer. Aan die een kant het dit die vertroue en steun van die Afrikaanssprekendes geniet; aan die ander kant moes dit meedoen aan Milner se oorlogspoging. Die kabinet, nes die volk, was verdeeld oor Kaapland se oorlogspoging, maar die lang verwagte skeuring het eers in Junie 1900 gevolg en wel oor die kwessie van amnestie vir die Kaapse rebelle. Schreiner, wat nie hart en siel in die stryd was nie en wat diep bekommerd was oor die rol wat die Ryksregering in die Kaapse poliltieke aangeleenthede begin speel het, het in Junie 1900 bedank, eerder as om Milner te antagoniseer en die duur verworwe grondwet uiteindelik deur Brittanje te laat ophef. Die nuwe Sprigg-ministerie is egter deur die optrede van die Schreiner-groep, bekend as die "Adullamiete", verplig om baie gematig binne en buite die parlement op te tree.

Buite die parlement het die eweneens gegis en gekook, want Afrikaners was koorsagtig bedrywig. Verskeie sterk noodlenigingsfondse is opgebou, volkskongresse georganiseer, waaksaamheidskomitees gestig, deputasies saamgestel, petisies opgestel en selfs pogings aangewend om versoening en vrede te bewerkstellig.

Daar is al beweer dat die Afrikanerbond se Worcester-kongres (Desember 1900) wat deur duisende Afrikaners bygewoon is, die tweede Republikeinse inval in Desember 1900 - onder aanvoering van Hertzog, Kritzinger en De Wet - aangevuur het. Hierdie inval, wat van stapel gestuur is om die druk op die Republieke te verlig en die "the war is over"-kreet in Engeland te demp, sou later die hoop van die Republieke word; daar is in 'n stadium selfs geglo dat die onafhanklikheid van die Republieke in Kaapland beslis sou word!

Ondanks die strenge toepassing van die krygswetregulasies het Kolonialers nogtans by die Republilkeinse invallers aangesluit. Die Sprigg-ministerie het hierop geantwoord met 'n verdedigingsmag van dorpswagte en "District Mounted Troops", waarvan die vegpotensiaal betreklik gering was. Teen die tweede helfte van 1901 het feitlik die hele Noordweste in opstand gekom en sake vir generaal French bemoeilik; veral die beoogde massa-aanval van generaal Smuts op die Boland het sorg gebaar. Die blokhuislinies, wat as verdere veiligheidsmaatreël bedoel was en eers in Mei 1902 voltooi is, was 'n duur onderneming en van twyfelagtige nut. (Kyk Hoofstuk 15)

As gevolg van die algemene ontwrigte toestande, het die Kaapse parlement ná sy 1900-sitting eers weer in Augustus 1902 byeengekom, nadat verskeie pogings - hoofsaaklik o.l.v. Milner - aangewend is om die grondwet op te hef. Die Suspensioniste, wie se planne uiteindelik deur die Rykskonferensie in Londen (1902) gefnuik is, het geglo dat die opheffing van die grondwet die Ryksregering die geleentheid sou bied om die magsposisie van die Bondsmanne af te takel, die rebellesake bevredigend te hanteer, versoening te bewerkstellig en federasie af te dwing.

Die gevolge van die oorlog was vir Kaapland nie so finaal en skrikwekkend as vir die twee Republileke nie. Die militêre het hier nie 'n verskroeide-aardebeleid gevolg nie, maar tog het die materiële verliese in sekere distrikte ten berge gestyg. Ook die ná-oorlogse depressie het Kaapland besonder swaar getref, sodat die geestelike en materiële heropbou baie stadig gevorder het. Ten slotte het die oorlog die verwydering tussen Afrikaans- en Engelssprekendes beklemtoon en aanleiding gegee tot rasseblokke en die onverkwiklilke politieke groepering in die 20ste eeu.

Rassebeleid

In Hoofstuk 8 en 9 word verduidelik hoedat onvermoeide filantrope en liberaliste in Brittanje daarin geslaag het om sir Benjamin D'Urban se oosgrensreëling, wat die Kaapse koloniste se goedkeuring geniet het, ongedaan te maak en aldus die emigrasie-ontploffing te veroorsaak wat "die blom van die oosgrens" na die Noorde laat verhuis het. Die filantropiese grensbeleid, beter bekend as die Glenelg-verdragstelsel van die jare 1836-1846, wat bedoel was om swart stamme d.m.v. verdrae en toegewings te pasifiseer en wat die ontwikkeling van die Xhosavolk onder stamhoofde (en blanke adviseurs) in die vooruitsig gestel het, het geen blywende oplossings gebring nie, want die Britse regering wou geen verdere verantwoordelikheid aanvaar nie. Daarby was die geldelike hulp vir uitvoer van die beleid te klein en die teenkanting van die grensdistrikte te verspreid. Die toenemende, onuitgelokte roofaanvalle uit Kafferland het voortgeduur en vir die grensboer ondraaglike toestande geskep. Sowel sir George Napier en sy opvolger, sir Peregrine Maitland, was genoodsaak om die verdragsbepalings ingrypend te wysig sodat strafekspedisies met meer gesag kon optree. Desondanks het die onveilige toestande aan die oosgrens in die jare veertig voortgeduur. 'n Reeks grensinsidente het gelei tot die uitgerekte en duur Byloorlog (1846-1848), 'n oorlog wat die direkte gevolg was van die twyfelagtige Glenelg-stelsel.

Sir Harry Smith (1847-1852), die nuwe goewerneur en hoë kommissaris ('n nuwe amp wat hom in staat gestel het om ook aandag aan eksterritoriale aangeleenthede te skenk), is deur graaf Grey, die Minister van Kolonies, uitverkies om sy assimilasie- en beskawingsbeleid in die Kaapkolonie te kom bevorder. Hierdie beleid, wat sedert 1846 as reaksie teen die filantropie gekom het, moes onafhanklike swart stamme, met die oog op hul beskawing en ontstamming, onder Britse beskerming en blanke voogdyskap plaas.

Smith se grensreëling na die Sewende Oosgrensoorlog het duidelik 'n end gemaak aan die ou beleid van territoriale skeiding. Die "Verowerde Gebied", Victoria-Oos genoem, is deur die Kaapkolonie geannekseer en die noordelike deel is aan die lojale Fingo's (onder 'n blanke magistraat, Calderwood) toegesê. Brits-Kafferland, die vroeëre "Province of Queen Adelaide", sou as aparte, onderhorige Britse kroonkolonie geadministreer word. Die verdragstelsel is deur die nuwe "Inkosi Inkulu" op dramatiese wyse beëindig en die stamhoofde is deur magistrate, garnisoene en swart polisie bygestaan. Blanke sendelinge se welwillendheid en samewerking is verkry sodat hulle na die verwoeste sendingstasies teruggekeer het om die opvoedingstaak voort te sit.

Smith se arbitrêre grensreëling en beleid, veral die ontmoediging van stamtradisies soos die lobolastelsel, die ondermyning van die kapteins- en toordoktersgesag, die nuwe stelsel van "grondbesit" en die instellilng van 'n belastingstelsel, is deur agitators soos Umlanjeni aangegryp om andermaal die Ciskei in beroering te bring. 'n Kwaai droogte het ook indertyd geheers. Toe die weerspannige Sandile, opperhoof van die Gaikas, deur 'n blanke magistraat (Brownlee) vervang is, het gewapende geweld losgebars. Duisende Gaikas, Temboes en Katrivier-Hottentotte het gemene saak gemaak, oor die grens gestroom en verwoesing gesaai; o.m. is drie van Smith se militêre nedersettings van oud-gediendes langs die Tjumierivier op Kersdag 1850 op barbaarse wyse uitgewis.

Hierdie Agste Oosgrensoorlog (1850-1853) het vir Smith, wat indertyd met belangrike Vrystaatse sake gemoeid was, rampspoedig begin. Die burgerkommandostelsel het in een stadium in duie gestort en op die koop toe is versterkings uit Engeland te lank vertraag. Ondanks teenslae en verliese soos die stranding van die Birkenhead met 437 soldae in Februarie 1852 by Danger Point, het Smith, wat deurgaans baie kritiek gekry het, deur 'n beleild van verwoesting posisie reeds teen Maart (1852) in beheer gehad. Sy opvolger, die militêr Cathcart, het dit nietemin nodig geag om die hele weermag te reorganiseer, 'n polisie-eenheid in die lewe te roep en die burgerkommando's te monster ten einde die swartes uit die Amatola-vestings te verjaag. Teen die begin van 1853 was Kreli se land (die Transkei) totaal verwoes, meer as 6 000 Xhosa-soldate dood, derduisende beeste gebuit en die tweemiljoenpondoorlog verby.

Cathcart se grensreëlings was grotendeels militêr, defensief en negatief. Die Temtoes en die rebelse Hottentotte van die Katrivier se gekonfiskeerde grond is aan blankes en lojale Fingo's beskikbaar gestel; dus, 'n beleid van verskuiwing van grense, die veprlasing van stamme en inskuiwing van blankes e.a. in swart gebiede. Cathcart se idee was eintlik om Victoria-Oos en sy verlenging na Queenstown en die Amatolaberge as 'n militêre bufferketting (van blanke setlaars, Hottentote en lojale swartes) tussen die Kaapkolonie en Brits-Kafferland in te rig. Lg. sou nog as Naturellereservaat deur Xhosa- en Temboestamhoofde onder strenge toesig van blanke magistrate geadministreer word. Op King William's Town is reeds 'n sterk militêre kontingent gehou, saamgestel uit soldate en polisie, om die hoofkommissaris by te staan. Net soos Smith, het ook Cathcart geglo dat dit veiliger is om die swart stamme in reservate of tuislande te hou en hulle dan deur 'n stelsel van "indirekte bestuur" en onderwys te kersten, te beskaaf en te administreer, eerder as om hulle anderkant die Kei (die nuwe oosgrens) op te dam. Aan die ander kant was die oorlog so duur dat Brittanje op daardie tydstip geen verdere gebiedsuitbreiding begeer het nie; vandaar die sluiting van die konvensies van 1852 en 1854, waarmee erkenning verleen is aan twee blanke bufferstate aan Kaapland se noordelike grense. (Kyk Hoofstuk 9)

Teen die helfte van die 19de eeu was die oplossing vir oosgrens-vraagstuk dus nog nie in sig nie. Daar was te veel wisseling van ministers van kolonies om kontinuïteit te verkry. Ook was die onderskeie grensreëlings te militêr van aard om blywend te wees. die inlywing van grondgebied van swartes tussen Vis- en die Keiriver en die vestiging van blankes tussen die swartmense, moes noodwendig nuwe probleme skep.

Die nuwe Kaapse goewerneur, sir George Grey, het in die jare vyftig 'n nuwe modus operandi in die oosgrens- en die kleurbeleid gebring. Grey, wat in Desember 1854 die bestuur van die kolonie oorgeneem em wat jpë lof ingeoes het vir sy "konstruktiewe" hantering van die Maori-vraagstuk in Nieu-Seeland, sou in Suid-Afrika 'n gewysigde vorm van graag Grey se beleid toepas wat na verwagting 'n positiewe oplossing vir die suid-Afrikaanse Naturellevraagstuk sou bied. Grey se panasee vir dié vraagstuk was gemik op die ontstamming, opvoeding en bevriending van die swartman; daarom is gepoog om die grondstelsel van gemeenskaplike stambesit deur die erfpagstelsel te vervang, terwyl die gesalarieerde kapteins verder deur blanke magistrate "bygestaan" sou word. Swartes wat nie op hul grond kon bestaan nie, moes die land help ontwikkel deur die bou van paaie, skole en hospitale. Op dié wyse is bv. die nywerheid- en ambagskole van Lovedale, Salem en Healdtown opgerig, asook hospitale, soos die Grey-hospitaal op King William's Town, waarmee onkkunde, bygeloof en toordoktery uitgewis moes word. Die opvoeding en onderrig van die jong swarte sou volgens die sg. "Practical Suggestions" van 8 Februarie 1847 geskied.(7) Verbeterde lone moes die ekonomiese integrasie van die swartman bespoedig.

(7) Sien A.E. du Toit: The Earliest S.A. Documents on the Education and Civilization of the Bantu (Communications of the University of S.A., C. 47, Pretoria, 1963)

Brits-Kafferland is as aparte Britse gebied onder die persoonlike toesig van die hoë kommissaris tot voordeel van die Gaikas gereserveer. Om die kommersiële, beskawings- en assimilasiebeleid te bespoedig, was 'n sterk gemengde bevolking ("party Europeans, partly Natives") op die grens nodig, want slegs deur die integrasie van wit en swart - so het Grey gemeen - sou swartmense in arbeidsame, bevriende en beskaafde gemeenskappe ontwikkel wat by die blanke se kulturele, landbou- en ekonomiese orde ingeskakel kon word.

Die Britse regering, wat duur oosgrensbotsings wou voorkom en sy finansiële verantwoordelikhede wou verminder, het Grey se beskawingsbeleid goedgekeur en selfs £40 000 per jaar vir die uitvoering daarvan bewillilg, 'n bedrag wat later a.g.v. die Krimoorlog en die Indiese muitery (1858) drasties verminder moes word.

Indertyd het ontevredenheid juis weer op die woelige oosgrens begin oplaai. Die teenwoordigheid van blankes, die inmengery in stamtradisies, die agitasie om verlore regte terug te kry en die grondhonger in oorbevolkte gebiede het die impulsiewe gemoed van die primitiewe swarte gaande gemaak. Grey het die probleem egter in 'n breër perspektief probeer sien; omdat die Kaapse oosgrens vanweë die suidwaartse neiging van die swart stamme uit Noord-Transvaal die gevoeligste sektor was, het hy sterk gevoel vir 'n gemeenskaplike Naturellebeleid vir die hele Suider-Afrika. Daarom het hy voortdurend voelers na die Noorde uitgestuur vir die federasie van die Suid-Afrikaanse state.

Die onrus aan die Kaapse oosgrens sou na alle waarskynlikheid in die loop van 1857 tot uitbarsting gekom het, as dit nie was vir 'n ongelooflike volksreaksie teen die witmansbeskawing nie: 'n Insident bekend as die Xhosa-selfmoord. Onder aanvoering van Kreli, angevuur deur Mosjesj, wat die aandag van sy Vrystaatse avontuur wou aftrek, sou 'n meisie (Nonguase) en haar toordokteroom, Umhlakaza, van die voorvadergeeste berigte ontvang het dat indien die ontevrede Xhosavolk alle beeste en lewensmiddele vernietig, gestorwe helde, beeste en graanvoorrade op 'n bestemde dag (18 Februarie 1857) uit die aarde sou verrys en dat die blanke indringers in die see gewaai sou word. Die gedagte van die belhamels was blykbaar dat die hele versinsel die verbeelding van die Xhosa moes aangryp sodat 'n massa-aanval oor die koloniale grens sou volg. Nadat die vee en voorrade, ondanks pleidooie van Brownlee .e.a., vernietig was en D-dag geen voorvaderlike oorbloed gebring het nie, het hongersnood en ellende gevolg. Tienduisende het gesterf, maar nagenoeg 30 000 h et oor die grens gestroom om kos en werk te soek.

Die ontvolking van Brits-Kafferland en die gevolglike verbrokkeling van die Xhosavolk, het vir Grey 'n onverwagte geleentheid gebied. Die verwagte oosgrensoorlog is afgeweer en Grey se finansieel-ontredderde beleid van volslae mislukking gered. Tussen 1857 em 1859 kon etlike duisende blankes na die ontvolkte gebied immigreer en aldus die oosgrens beveilig en die ekonomiese integrasie van die swartman bespoedig. Die Kaapse parlement het bv. in 1857 £40 000 bewilllig waarmee nagenoeg 2 300 oud-gediendes van die "British German Legion" in Berlin, Frankfurt, Hamburg e.a. distrikte geplaas is. As landbouproefneming het die skema misluk, hoofsaak omdat hierdie oud-soldaattipe immigrant òf gedros òf andermaal aangesluit het vir diens in Indië. Benewens 'n paar honderd boere uit die Westelike en Oostelike Provinsie, het 'n verdere 2 300 Duitse immigrante hulle tussen 1858 en 1859 in Brits-Kafferland gevestig. Hulle het geïmmigreer kragtens 'n kontrak wat Grey met die Hamburgse firma Godeffroy en Seun gesluit het om teen vergoeding van £50 000 ongeveer 4 000 Duitse boere te laat emigreer.

Hoewel die Britse regering later Grey se ongemagtigde immigrasieskemas stopgesit het, is blankes in 'n wye gebied, tot so ver as Oos-Londen, geplaas. die ontevrede Fingo's en die Temboes is selfs uit Brits-Kafferland oor die Keiriver verskuif om plek te maak vir die blankes, sodat swartes se grond inderdaad onteien is en 'n opdamming in die Ciskei gevolg het. Die weerspanninge Kreli en sy volgelinge is bv. in 1858 oor die Basheerivier tot in Bomvanaland verdryf, aangesien hy klaarblyjklik nie assimileerbaar was nie. Die Transkeigebied tussen die Kei- en Basheerivier is as Britse "dominium" deur die polilsie as 'n niemandsland skoongehou, maar dié toesig is weens finansiële omstandighede ná 1864 weer laat vaar. Brits-Kafferland, waarby Oos-Londen ingesluit was, is ná 1860 soos 'n Britse kroonkolonie bestuur, met 'n luitenant-goewerneur aan die hoof en magistrate met uitgebreide gesag by elke stam; in der waarheid die voortsetting van "indirekte bestuur" van 'n gebied wat suiwer deur swartes bewoon is.

Die haglike posisie waarin die Vrystaatse Griekwas destyds verkeer het, het Grey die geleentheid gebied om die Griekwa-vraagstuk op te los en die Britse invloedsfeer verder uit te bou. Die Griekwas onder Adam Kok het hul Philippolis-gronde ná die Bloemfontein-konvensie (1854) aan die Vrystaters verkoop, sodat hulle feitlik staatloos geword het. Grey het hulle in 1861 toegelaat om te verhuis na Niemandsland, later Griekwaland-Oos, waar hulle as "Britse onderdane" 'n buffer teen die lastige Mosjesj en die kusstamme kon vorm en kon meewerk aan die assimilasie- en integrasiebeleid. In die nuwe tuisland, waar die verarmde Griekwas hul eie grondwet gehad het, kon h ulle hul volkome rehabiliteer. Die anneksasie van Griekwaland-Oos, wat indertyd voorgehou is as ' n beskermingsmaatreël teen eksterritoriale bedreiging en interne wanbestuur, i s gekenmerk deur onbeholpenheid, taktloosheid en 'n reeks flagrante flaters. Die wense van die Griekwas ("een zelfstandig volk"), hul grondwet en demokratiese instellilngs is o.m. op onverskoonbare wyse geïgnoreer. Hoewel die ontwikkeling en bestuur van die gebied ná die anneksasie baie verbeter het, was die beleid te negatief en oorhoofs; gevolglik het die Griekwavolk alle belangstelling in sy eie sake verloor en sy nasionale trots ingeboer, sodat sy politieke en sosiale struktuur totaal in duie gestort het. Teen 1902 het eerw. W. Dower die verarmde Griekwas beskryf as "landless, almost homeless waifs, servants and bywoners", 'n volk met min inisiatief en werkywer.

Teen die sestigerjare was Brittanje vasbeslote om sy koloniale uitgawes te besnoei. Nie alleen is die jaargeld vir Grey se oosgrensbeleid drasties verminder nie, maar duidelilke voelers is uitgestuur in die rigting van federasie van die selfbesturende en onafhanklilke Britse gebiede. Dit sou administratiewe besparings meebring en Britse verantwoordelikhede verminder. Aan die ander kant was die Ministerie van Kolonies nie baie geneë om die lot van miljoene nie-blankes aan die Kaapkolonie toe te vertrou nie, veral omdat die kolonie nog nie selfbestuur gehad het nie. Vir minstens 'n dekade sou Brittanje 'n onsekere houding inslaan, sodat die beleidspendule tussen ekonomiese motiewe en 'n verantwoordelikheidsin jeens die nie-blankes sou swaai. Die n oodsaaklikheid van nouere samewerking tussen die Suid-Afrikaanse state, wat volgens Britse kringe moontlik tot die repudiëring van die Konvensies kon lei, sou al hoe sterkter op die voorgrond tree, want die botsende beleidsrigtings sou nie lank kon voortduur nie.

Sir Philip Wodehouse, Grey se opvolger, het 'n onstuimige oosgrens geërf. Die ekonomiese depressie en 'n veranderde  houding van die Britse regering het Wodehouse egter gedwing om Grey se uitbreidingsbeleid ten dele te laat vaar. Nog voor die Britse regering die ontruiming van die Transkei gelas het, is blankes verbied om grond daar aan te koop; later (1865) is Temboes en Fingo's daar geplaas, 'n stap wat hulle tot bedaring gebring het, omdat dit  hulle groter  lebensraum gegee het. Die vae grense tussen die stamme en die oorbewoning en -beweiding het later hier aanleiding gegee tot 'n openlike oorlog tussen die Temboes en die Galekas, as gevolg waarvan eg. in 1873 hul grondgebied aan die Britse regering oorgemaak het. 'n Verdere "afwyking" van Grey se beleid was die aanname in 1865 van die Imperiale wet wat om ekonomiese redes die inlywing van Brits-Kafferland by die onwillige Kaapkolonie gemagtig het.

Ná 1870 het die Imperiale kreet om alle gebiede van swartes in Suid-Afrika onder gesentraliseerde gesag te stel, al hoe luider opgeklink. Daarom dat sir Henry Barkly selfs die anneksasie van die onafhanklike Republieke so sterk gepropageer het. By die anneksasie van die diamantvelde (1871), die later inpalming van gebiede van swartes en Carnarvon se federasieskema, was 'n gesentraliseerde Naturellegebied en ekonomiese faktore duidelik van die hoofdbeweegredes.

Sir Bartle Frere, die Britse hoë kommissaris in Suider-Afrika van 1877 tot 1880, het die beskawings- en ekonomiese integrasiebeleid van sy voorgangers onderskryf. Dit was tydens sy dienstyd dat die uitbreiding van die Kaapse grens momentum gekry het, 'n imperiale beleidsrigting wat a.g.v.  huishoudelike en politieke aangeleenthede daartoe gelei het dat talle swart e.a. gebiede(8) teen 1894 onder die Kaapse administrasie geressorteer het.

(8) In 1880 is Griekwaland-Wes by die Kaapkolonie ingelyf, en in 1884 het die strategiese Walvisbaai gevolg nadat Engeland dit weens binnelandse onrus reeds in 1878 geannekseer het

Hierdie inlywing van swart gebiede het reeds in 1865 met die inskakeling van Brits-Kafferland begin. Ná die Galeka-oorlog in 1879 is Griekwaland-Oos, Fingoland en die Idutywa-distrik by die Kaapkolonie ingelyf. Vervolgs was Port St. Johans (1884), Brits-Betsjoeanaland (1885), Temboeland, Bomvanaland en Galekaland (1885), die Mount Ayliff-distrik (1886) en Pondoland (1894) aan die orde. Binne die bestek van 'n kwarteeu is die kontakvlak tussen die blanke (sendelinge, handelaars, amptenare, soldate en boere) en die swarte dus so verbreed, dat die assimilasie van die swartman volgens die Grey-resep 'n voldonge feit was. Segregasie het sy territoriale karakter verloor en hoewel die tradisionele maatskaplike kleurslagboom gebly het, het die kulturele assimilasie en ekonomiese integrasie, aangehelp deur die ontdekking van diamante en goud, langs 'n breë front ontwikkel. Maar hierdie progressiewe assimilasie sou botsende kleur-ideologieë tussen Afrikaner-nasionalisme en die "Cape Liberal Tradition" tot gevolg hê.

Die geval Basoetoland verdien spesiale melding. Ná die Imperiale inlywing van die gebied in 1868 - die beskawing en kerstening van die swartmense volgens die Grey-resep is sterk beklemtoon - is dit 'n paar jaar later (1871) deur h oë kommissaris Barkly aan die Kaapkolonie toevertrou, maar die interne administrasie van dié "outonome" bergland kon nooit eintlik op dreef kom nie, hoofsaaklik vanweë die tekortkominge van die opeenvolgende Kaapse regerings en die houding van die Basoetohoofmanne. Baie Basoeto's wat op die diamantvelde gaan werk het, het geweers bekom, sodat premier Sprigg, bewus van die anti-blanke-propaganda, noodgedwonge die "Peace Preservation Act" (1878) moes toepas, wat die swartmense verplig het om hul vuurwapens in te lewer. Dit het gelei tot 'n uitgerekte oorlog waarin die Sprigg-ministerie 'n swak indruk gemaak het. Daarby het dit 'n ongeëwenaarde konstitusionele krisis veroorsaak, as gevolg waarvan die Scanlen-ministerie aan bewind gekom het, net om die Basoeto-aangeleentheid verder te vertroebel. Gevolglik is Basoetoland op versoek van die kaapse regering in 1884 aan Brittanje terugbesorg. Daarmee het Brittanje 'n "eiland" in die hart van Suid-Afrika verkry, wat vir toekkomstige regerings 'n netelige probleem sou skep.

Die ontstamming van die swartman wat deur die aftakeling van territoriale, politieke, ekonomiese en sosiale grense bewerkstellig is, het komplekse vraagstukke geskep. Die regspraak in sy gebiede moes volgens sowel die wette van die kolonie as die gewoontereg van die swartmense geskied, maar dit het allerlei komplikasies tot gevolg gehad, totdat 'n Naturellestrafkode en siviele regstelsel vir die Transkeigebiede in die laaste kwart van die eeu opgestel is.

Wat betref die administrasie en grondbesit deur swartes, die wese van die Naturellevraagstuk, was daar sedert die sestigerjare ook die grootste verwarring. Die swartman het ook individuele grondbesit swaar aanvaar, omdat dit die ondermyning van die opperhoofgesag beteken het. Uit hoofde van die onderskeie wette wat van tyd tot tyd (o.m. 1870, 1873, 1876, 1878 en 1879) in die wetboek opgeneem is, kon die swartmense òf in aangewese lokasies gaan woon, òf op private grond as plakkers, òf op kroongrond, òf in sendingreservate waar persele beskikbaar was, òf in lokasies waar eiendomsbesit toegesê is. Verskeie kommissies, waarvan die "Cape Native Lawes and Customs Commissioin" van 1883 die vernaamste was, het dié veelkantige en netelige aangeleentheid van die woon- en eiendomsreg van swartmense ondersoek. Die aanbevelings van die kommissies is beliggaam in die Native Location Act van 1884 en die gewysigde Wet No. 33 van 1892, wat bedoel was om groter duidelikheid, eenvormigheid en beter administrasie teweeg te bring.

Die bekende Glen Grey-wet van 1894 het die onderverdeling van stamgrond in eiendomspersele op erfpag in die distrik Glen Grey deurgevoer en aldus uitvoering gegee aan die beginsel van individuele eiendomsreg. Die gedagte was om die stamstelsel met die vereistes van 'n beskaafde blanke gemeenskap te versoek ten einde op dié wyse die ontstamming van die swartman te vergemaklik en terselfdertyd staatsgrond as ekonomiese bate te benut. Maar baie van die maatreëls het die administrasie net ingewikkelder gemaak, veral aangesien dit gebots het met die tradisionele stamstel van gemeenskaplike besit.

Om rigting te gee aan die veelvoudige beleidsrigtings en om die administrasie te sistematiseer, is die Glen Grey-wet van 1894 "a native Bill of Africa", in die wetboek opgeneem. In dieselfde jaar i s die "Transkeian Territories Council System", 'n administratiewe stelsel waarvoor amptenare soos Brownlee, Blyth e.a. krediet moet kry, vir die Glen Grey-gebied in die lewe geroep. Hiervolgens is plaaslike bestuur ooreenkomstig twee beginsels uitgeoefen, t.w. deur ondergeskikte lokasie-rade en deur distriksrade. Eersgenoemde was 'n benoemde raad van drie wat oor water, weivelde, veldbrande e.d.m. toesig moes hou, terwyl die distriksraad van 12, onder voorsitterskap van die magistraat, plaaslike belastings kon hef vir afdelingsraadwerke, diptenks, besproeiingswerke, gesondheidsdienste, ens. Die wet is geleidelik in gewysigde vorm op alle Transkeise distrikte toegepas, sodat die hele Transkei aan die begin van die huidige eeu as administratiewe eenheid tot voordeel van die swartes beheer is. Die Verenigde Algemene Raad van die Transkei-gebiede, oftewel die "Bunga", wat in 1895 in die lewe geroep is, was 'n raad vir beperkte selfbestuur, wat die swartman die geleentheid gegee het om sy eie gebiede te beheer en in voeling te bly met regeringsmaatreëls wat van tyd tot tyd in sy belang getref is. So is 'n "progressiewe" territoriale en administratiewe skeiding in die Transkei-gebiede toegepas, maar aan die versnellende en vertikale ekonomiese en kulturele integrasie van die swarte is geen paal of perk gestel nie.

Met die ontwikkeling en ook inlywing van swartes se gebiede, sou die kwessie van die Naturellestemreg vroeër of later ter sprake moes kom. Die assimilasie- en gelykstellingsbeleid van die Britse regering en die kommersiële imperialisme sou, wat die stemreg betref, geen administratiewe en konstitusionele kleurslagboom gedoog nie. Onderhewig aan sekere eiendomsbepalilngs is stemreg in 1872 aan alle manlike persone verleen, ongeag ras of kleur, maar ná 1879, met die uitbreiding van die kontakvlak tussen wit en swart, het die Naturellestemregkwessie administratiewe en staatkundige verstellings noodsaaklik gemaak. Die groeiende "kafferstem" het ná 1887 sorg begin baar, toe die kiesafdelings Griekwaland-Oos en Temboeland gevorm is en die swart kiesers reeds meer as 40% van die kieserskorps uitgemaak het. Die stemregwet van 1887, asook die "Franchise and Ballot Act" van 1892, het weer eens geen kleurslagboom erken nie. Maar eiendomskwalifikasies (£75) en geletterdheid (d.w.s. 'n beskawingstoets) sou, volgens die Rhodes-beginsel van gelyke regte vir die beskaafde mense, oral in Kaapland as vereiste vir stemregistrasie geld. Gemeenskaplike grondbesit en die individuele eiendomsreg ooreenkomstig die Glen Grey-wet sou wegter nie 'n swartman vir stemreg in aanmerking laat kom nie. Op dié wyse is die oorstroming van die kieserslys deur "komberskaffers" verhoed en is die stemregprobleem gereël, altans vir die 19de eeu.

Só het die blank-swart-verhouding in die tweede helfte van die 19de eeu deur verskeie ontwikkelingstadiums gegaan. Die eertydse grens- en militêre reëlings het ernstige komplekse politieke, administratiewe, ekonomiese en maatskaplike vraagstukke geword. Die wisselwerking tussen hierdie vraagstukke en hul oplossings is 'n belangrike deel van die Kaapse geskiedenis. Die gebrek aan 'n gemeenskaplike Naturellebeleid gedurende die 19de eeu in Suider-Afrika sou dié moeilike vraagstuk vir die nageslag in die 20ste eeu nie makliker maak nie.

Ekonomiese ontwikkeling

Met uitsondering van dele soos die Boland en die Swartland, is Kaapland nie eintlik 'n landboustreek nie. Tog was meer as 90% van die bevolking tot 1870 in die landbou en veeteelt bedrywig. Wyn, wat gedurende die eerste helfte van die 19de eeu ongeveer die helfte van die kolonie se uitvoer uitgemaak het, is a.g.v. die vermindering van die voorkeurtariewe teen 1850 deur die wol- en velle-uitvoer oortref. Teen 1865 het die Kaapse wyne feitlik van die Britse markte verdwyn. Maar die wynproduksie het - ondanks geweldige prysskommelinge en wingerdsiektes - gestyg totdat dit teen 1890 meer as ses miljoen gelling beloop het, wat natuurlik verreweg nie voldoende was vir die behoeftes van die groeiende Suid-Afrikaanse bevolking nie. Ook die mielie- en koringproduksie het geleidelik gestyg, maar was eweneens nie genoeg vir die binnelandse behoeftes nie.

Veeteelt was tot die end van die vorige eeu die mees intensiewe bedryf in Kaapland en dit moet natuurlik aan klimaats-, geografiese en bemarkingstoestande toegeskryf word. Die wolbedryf was teen 1850 reeds so stewig gevestig, dat die tydvak 1850-1870 ten regte Kaapland se woltydperk genoem word. In 1864 het die wolproduksie tot 36 miljoen pond gestyg, sodat dit driekwart van die kolonie se uitvoer bedra het. Diesnieteenstaande was die Suid-Afrikaanse wol tot kort voor die end van die eeu a.g.v. minderwaardige diere, droogtes, swart sortering, ens., 'n minderwaardige produk op die Europese mark.

Nywerhede het betreklik stadig in Kaapland ontwikkel, sodat die kolonie hoegenaamd nie selfversorgend was nie. Die vernaamste ontwikkelinge was beperk tot hulpnywerhede soos die bakkers-, wyn-, klere- en wamakersbedryf, hoofsaaklik weens skaarste aan ambagslui, die swak verkeersweë, die gebrek aan goeie markte en die industrialisasie in Europa. Teen 1852, met die ontginning van die Namakwalandse koper, is die waardige vroeg-kapitalistiese tydperk vervang deur 'n rustelose spekulatiewe gees, sodat baie maatskappy indertyd gestig is. Die "boom" in koper en die insinking in die vyftigerjare het in 1863 gelei tot die flottering van die bestendige "Cape Copper Company", wat 'n lang en vrugbare ontginningsloopbaan sou hê.

Die Kaapse parlement het, soos engeld in 1855, die Customs Tariff Act aangeneem, waardeur alle voorkeur- en differensiële regte afgeskaf is. Die gevolglike vryhandel het weer 'n groter doeane-inkomste - teen 1860 reeds die Kaap se vernaamste bron van inkomste - gelewer a.g.v. die stygende invoer van tekstiel-, metaal- en algemene goedere waarop die algemene ad valorem-tarief van 7,5% gehef is. Tot 1870 is die res van die staatsinkomste hoofsaaklik verkry uit die belasting op handelstransaksies, huurgeld, die verkoop van staatsgrond en boetes. Die burgerlike bevolking is geen regstreekse belastings opgelê nie, hoewel swartes hoofbelastings betaal het. Fiskale gelde is jare lank feitlik uitsluitend aan die administrasie bestee, sodat maatskaplike dienste en openbare werke min aandag gekry het. Die enigste uitsondering was die spoorbouprogram, wat hoofsaaklik daarvoor verantwoordelik was dat die staatskuld teen 1890 reeds £23,5 miljoen bedra het.

Die papierriksdaalder wat 59 jaar lank as sirkulasiemedium gebruik is, is in 1841 deur sterling vervang, wat teen 1881 so stewig gevestig was, dat die kolonie op die sterling-goudstandaard geplaas is. Hierdie stabiliteit sou as enkele faktor 'n belangrike invloed op die ontwikkeling van die Kaapse bankwese  uitoefen. Nog lank voor die helfte van die 19de eeu was die staatsmonopolie in die bankwese reeds beëindig deur die oprigting van private distriksbanke soos die Cape of Good Hope Bank e.a., waarvan daar teen 1862 nie minder as 29 was nie en wat in sommige gevalle 'n reserwekapitaal van meer as £1 miljoen beheer en dividende van tot 20% uitbetaal het Ná 1860 word die geld- en kredietstelsel gekenmerk deur die verdwying van die meeste distriksbanke en die oprigting van kapitaalkragtige imperiale banke soos die London & S.A. Bank (1860) en die Standard Bank (1862. Die verdwyning van die k leiner banke was die gevolg van onversigtige kredietverlening, konkurrensie, ekonomiese depressies, amalgamasie met die Imperiale banke, oorspekulasie aan die Witwatersrand en selfs droogtes. Teen 1891 het bv. nog net die Stellenbosse Distriksbank die finansiële storms oorleef waaruit Imperiale finansiële instellings sterk te voorskyn getree het. Hierdie Imperiale banke het 'n belangrike rol gespeel m.b.t. die finansiering van 'n groot veskeidenheid transaksies wat sedert die ontdekking van diamante opgeduik het.

Vir die grootste deel van die 19de eeu is ontwikkelinge in Kaapland deur swak verkeersverbindings vertraag. Die binnelandse hoofpaaie en passe soos Bainskloof- en Michellspas het eers vanaf 1855, met die instelling van die afdelingsrade, behoorlike aandag gekry. Die weeklikse pos- en passasiersdienste is in die jare veertig op 'n stewige grondslag geplaas, maar in die binneland het die ossewa nog lank die vernaamste handelsvoertuig gebly. Die pennie-posdiens van 1853 en die staatstelegraafdiens (1864) is oor die hele Kaapland uitgebrei. Die maandelikse posdiens tussen Engeland en die Kaap, wat in 1851 begin is en 42 dae geduur het, het vanaf 1857, toe die poskontrak aan die "Union Line" toegesê is a.g.v. die wedywering van stoombootdienste, baie vinnig ontwikkel. Teen 1868 was daar 'n halfmaandelikse en agt jaar later 'n weeklikse posverkeer, wat gesamentlik deur die Union- en die Castle-maatskappy behartig is.

Ondanks die opening van die Suez-kanaal in 1869, het die skeepsverkeer en die buitelandse handel in die laaste kwart van die eeu baie vinnig uitgebrei, veral vanweë die ekonomiese opkoms van Suider-Afrika en die bespoediging van seereise. In die jare sewentig het die reis van Engeland na die Kaap 26 dae geduur. Engeland was dwarsdeur die tweede helfte van die eeu die vernaamste koper en leweransier van Suid-Afrikaanse goedere, maar sedert die tagtigerjare het veral Europa en Amerika in toenemende mate tot die Suid-Afrikaanse handel toegetree. Danksy die verbetering van die Kaapstadse hawewerke tussen 1860 en 1869, die oprigting van meer vuurtorings vanaf die sestigerjare en die inisiatief in die private sektor, het die kusvaart groot opgang gemaak. Teen 1869 was daar minstens 'n dosyn kusvaarders wat net Suid-Afrikaanse hawens bedien het.

Die landbou- en landelike tydperk, trouens die hele ekonomiese struktuur van Kaapland, het ná 1870 'n nuwe fase betree - hoofsaaklik a.g.v. die nuutgevonde binnelandse markte ná die minerale ontginnings. Daarby het die ekonomiese ontwikkeling van die Kaapkolonie en dié van die sterk mededingende Britse kuskolonie, Natal, teen wil en dank ná 18870 al hoe meer by dié van die Republieke ingeskakel geraak. Hierdie inskakelingsproses, as gevolg waarvan Suid-Afrika tot 'n landbou-mynbouland ontwikkel het, is die vernaamste ekonomiese stroming van die laaste kwart van die 19de eeu.

Die ontdekking van diamante tussen 1867 en 1870 het 'n ekonomiese omwenteling in die kaapkolonie teweeggebring. Dit het nie alleen die koopkrag vergroot nie, maar binnelandse markte gestimuleer en nuwe werkgeleenthede geskep. Tienduisende immigrante met kapitaal en ondernemingsgees is na die diamantmyne gelok en grootse omwentelings op die gebied van die handel, die invoer en die vervoerwese het gevolg. Die swartman, wat die werkgeleenthede benut het, se ou kommunale ekonomiese stelsel het totaal gedisintegreer, sodat 'n veranderde sosiale en ekonomiese lewenspatroon gevolg het. Ook het diamante 'n spekulatiewe gees vaardig gemaak wat aanleiding gegee het tot die diamantkrisis van 1881 en die depressie van 1882-1886.

Die sewentigerjare word hoofsaaklik gekenmerk deur buitengewone voorspoed in die Kaapkolonie. Veral die uitvoer van landbouprodukte (wol, velle en vere) het by die ekonomiese oplewing gebaat. Teen 1878 het die voorspoedgolf van roekelose oorspekulasie, maklike kredietverlening en optimistiese nywerheidsbeleggings die hoogtepunt bereik. Die totale diskonto's van die banke en die invoer het binne enkele jare feitlik verdubbel. Die blink kaartehuis wat deur diamante, binnelandse aangeleenthede en markte opgebou is, het ná 1881 in duie gestort: Die beperking van bank-krediete en die onsekerheid van die aandelemark het die invoer en die binnelandse koopkrag skerp laat daal. Die diskonterings van die Kaapse banke het bv. in 1887 met 71,5% gedaal. Gevolglilk het die aantal insolvensies ten berge gestyg en die staatsinkomste self 'n laagtepunt bereik. Hierdie ergste ekonomiese depressie van die 19de eeu het getoon in watter mate Kaapland steeds by die kapitalistiese stelsel ingeskakel was.

Die insinking is beëindig deur die ontginning van die Randse goud, wat eweneens verreikende ekonomiese en politieke gevolge vir Kaapland en Suid-Afrika gehad. Die ongekende goudoplewing (1886-1889) is n et soos in die geval van die diamantoplewing deur 'n kwaai insinking gevolg. So het die markwaarde van aandele in sommige gevalle met 60% gedaal. Veral die Kaapse banke is swaar getref deur die daling van deposito's en die verdiskonteerde wissels, sodat etlike distriksbanke, o.m. ook die Cape of Good Hope Bank, teen 1892 hul deure moes sluit. In die negentigerjare was die ekonomiese ontwikkeling weer bestendig, soos blyk uit die aansienlike toename in die Kaapse spoorweginkomste, die uitvoer (wat op meer as £6 miljoen(9) te staan gekom het), die stygende invoer en die groter staatsinkomste.

(9) Die Kaapkolonie se woluitvoer het in 1896meer as 73 miljoen lb. beloop

In die laaste kwart van die 19de eeu het die industrialisasie van die Kaapkolonie 'n stoot gekry. In die jare negentin was daar reeds altesame 2 000 klein fabriekies (o.m. meule, wamakerye, brouerye, meubelfabrieke, ens.) wat in plaaslike behoeftes moes voorsien en wat met fabrieksverwerking, waarby 18 000 werkers betrokke was, ongeveer £2,5 miljoen verdien het. Die verhoging van invoertariewe tussen 1864 en 1884, van 7,5% na 15%, het die vertraagde en onbekermde fabriekswese van die kolonie gestimuleer, maar die industrialisasie was te stadig, veral weens die vloei van arbeid en kapitaal na die myne en die goeie markte vir die uitgevoerde wol en diamante.

Spoorwegontwikkeling was in Kaapland ook ten nouste verbonde met ekonomiese en politieke ontwikkelinge. Die eerste spoorlyne in die Kaapkolonie is in 1863 deur die Cape Town Railway & Dock Co. van Kaapstad na Wellington en Wynberg voltooi. Weens die depressie kon hierdie private maatskappy geen groot konstruksies aanpak nie. As gevolg van die ontginning van diamante moes 'n spoorlyn na Kimberley (650 myl) gebou word en die koste van die projek is op £5 miljoen geraam. Die Kaapse regering het dus ingegryp, die rivate spoor- en telegraaflyne oorgeneem en tussen 1873 en 1885 drie hooflyne, teen 'n koste van £14,5 miljoen, vanaf Kaapstad, Port Elizabeth en Oos-Londen(10) oor De Aar na Kimberley gebou. Daarmee was die staatsbeheer oor die spoorweë en die ontwikkeling van Kaapland se ekonomiese struktuur 'n voldonge feit. Ná die ontdekking van goud, het die spoorwegwedloop ook na die Rand begin. Die Kaapse spoorlyn het Johannesburg in 1892 bereik, maar drie jaar later was daar ook spoorverbindings met drie ander hawens - Port Elizabeth, Durban en Lourenço Marques. Dit is dus verstaanbaar dat skerp konkurrensie tussen die verskeie spoorlyne sou volg oor hawe-, transport- en doeanegelde. Van so vroeg as 1884 het die Kaap en Transvaal verskeie pogings aangewend om die aangeleentheid te reël. Die Vrystaat en die Kaapkolonie, wat die spoorlyn na Vereeniging oor Bloemfontein gebou het, het die kwessie bevredigend gereël met die tolooreenkoms van 1889, waarvolgens vryhandel aanvaar is en driekwart van die invoerregte (op Vrystaatse goedere) deur die koloniale hawens aan die Vrystaat toegesê is. Die algemene ad valorem-tarief is op 12% vasgestel.

(10) Die Oos-Londen-lyn oor Rosmead en Stormberg het Kimberley eers in 1892 bereik

Vanaf 1894, nadat die Lourenço Marques-lyn voltooi is,  is die Kaapse lyn, wat feitlik die monopolie met die Rand gehad het, deur ernstige verliese bedreig. Transvaal het begin om die tariewe op die Kaapse lyne wat oor sy gebied loop, te verhoog en die Kaapse produkte swaar te belas. Toe die Kaapstadse konferensie van 1895 misluk, het die Kaapse spoorwegadministrasie 'n padvervoerdiens tussen die Vaalrivier en die Rand gereël, wat die driwwekrisis en Britse inmenging tot gevolg gehad het, sodat Kruger deur 'n ultimatum verplig is om die driwwe weer oop te stel. Geen verdere reëlings kon voor die oorlog getref word nie. (Kyk Hoofstuk 15)

Ter opsomming kan ons sê dat die ontwikkeling van die mynbedryf a.g.v. die ontdekking van goud en diamante ook die Kaapse ekonomie sedert 1870 oorheers het. Hieruit het groter produksie, die aanwas, verarming en verskuiwing van die bevolking, verhoogde in- en uitvoer, 'n groter volksinkome, depressies, spoorwegontwikkeling, 'n tolunie, verbeterde markte, die uitbreiding van die geld- en bankwese en 'n tipiese kapitalistiese uitkyk voortgevloei. Die ou ekonomiese orde is ná 1870 onder die invloed van kapitalisme, industrialisasie en mynbou totaal verdring.

Onderwys, kerklike en ander ontwikkelinge

Die behoefte aan 'n sentrale onderwysbeheer in die Kaapkolonie in die dertigerjare, het daartoe gelei dat sir George Napier die bekende astronoom en opvoedkundige, sir John Herschel, in 1837 opdrag gegee het om onderwysaangeleenthede in die kolonie te ondersoek. 'n Uitvloeisel van hierdie ondersoek was die publikasie van die belanrikte Regeringsmemorandum van 1839 waarin 'n departement van onderwys onder toesig van 'n algemene superintendent in die vooruitsig gestel word. Die eerste S.G.O. van die Kaapkolonie, dr. James Rose-Innes, 'n Skotse opvoedkundige verbonde aan die Suid-Afrikaanse Kollege, het ondanks gebrekkige middele en 'n duisternis probleme daarin geslaag om die fondament te lê van die Kaapse Departement van Onderwys.

Die daarstelling van 'n sentrale onderwysdepartement en die aanstelling van 'n Superintendent-generaal van Onderwys (S.G.O.) was ongetwyfeld versiende stappe wat tot belangrike onderwysontwikkelinge gelei het. Daarmee is rigting en aansien verleen aan 'n agterlike en onontwikkelde onderwysstelsel in Kaapland; en dit sou ook 'n verreikende invloed uitoefen op die stigting en administrasie van verskeie ander onderwysdepartemente in Suider-Afrika.

As gevolg van bg. ontwikkeling, het sg. eersteklas- en tweedeklas-onsektariese staatsondersteunde skole vir die primêre en sekondêre onderwys van blankes in die groter sentrums tot stand gekom, 'n nuwe beginsel wat vier jaar later uitgebrei is deur die oprigting van Klas III-staatsondersteunde skole op die platteland. Ook private skooltjies wat Engels as voertaal gebruik het, kon 'n staatstoelaag kry. Die onderrig in die staatsondersteunde skole moes uit die staanspoor sekuklêr wees en deur medium van Engels geskied, hoewel Hollands in die elementêre standerds onderrig kon word; die S.G.O. kon die skole inspekteer. Die nuwe bedeling het dus nie alleen alle skole, ook die latere ondersteunde sendin- (B-skole) en die swart skole (C-skole), onder doeltreffende beheer geplaas nie, maar plaaslike belangstelling en verantwoordelikheid vir die onderwys behou en aangewakker. Onderwysers vir hierdie skole was normaalweg ingevoerde Skotse onderwysers en/of kwekelinge van gevestigde skole.

Die ontwikkelinge op hoër onderwysgebied het baie laat gekom, want dit was eintlik deur die bemoeiing van sir George Grey en Langham Dale, Innes se opvolger, dat daar in die vyftigerjare meer belangstelling vir hierdie onderwysaangeleentheid gewek is. Waar daar aanvanklik slegs die Suid-Afrikaanse Kollege en Diocesan-kollege (albei in Kaapstad) was, is inrigtings soos St Andrews, Grey-Instituut, die Graaff-Reinet-kollege e.a. indertyd opgerig wat, hoewel hulle jare lank slegs gevorderde skoolwerk gedoen het, tog die weg gebaan het vir universiteitsonderrig. Die "Board of Public Examiners", wat sedert 1858 B.A.- en M.A.-eksamens afgeneem het, het ook veel gedoen om die hoër onderwys in die kolonie te koördineer en te kontroleer.

Tien jaar ná die verskyning van De Kerkbode (1849) is ingevolge sinodale besluit die Teologiese Seminarium op Stellenbosch gestig om leraars vir die N.G. Kerk oop te lei en die stroom liberale en Engels-georiënteerde predikante te stuit. N.G. Kerk-leraars het in die meeste gevalle op onbaatsugtige wyse die onderwys bevorder, hoofsaaklik deur simpatieke toesig, die oprigting van skole en opleidingskolleges en deur hul bemoeiing vir moedertaalonderrig.

As gevolg van beweerde misbruike i.v.m. die subsidiëring van skole en die beheer van onderwyssake in die algemeen, is die Watermeyer-kommissie in 1861 saamgestel, wat in 1863 'n gesaghebbende verslag gepublilseer het waarvan die meeste aanbevelings in die Onderyswet van 1865 (No. 13) beliggaam is en wat saam met die "Schedule of Reglations" met reg tot 1905 die hoekstene van die Kaapkolonie se onderwysstelsel genoem is. Behoudens hierdie Onderwyswet moes die ou "Established Schools" geleidelik plek maak vir 'n stelsel van staatsondersteuning. Die kwekeling- en inspeksiestelsel is op 'n stewige grondslag geplaas, terwyl die sendingskole finansieel grootliks bevoordeel is. Die veronagsaming van Hollands en die gedwonge gebruik van Engels as medium van onderrig in alle staatsondersteunende skole - Klas III-skole moes binne 'n jaar ná die stigting ook Engels gebruik - het van die skool 'n politieke werktuig gemaak, want die saligmakende waarde van Engels is so by Afrikaners ingeskerp dat baie hul moedertaal en hul olkstrots geminag het. Daarenteen het die Onderwyswet van 1865, hoewel dit geen nuwe beginsels vir die toenmalige 140 ondersteunde skole en 5 000 leerlinge bevat het nie, tog die bestaande onderwysstelsel gesistematiseer en gestimuleer.

Maar die wet het benewens die genoemde taalbepaling ook ander tekortkominge gehad: die inisiatief vir die oprigting van  skole is bv. aan die plaaslike gemeenskap self oorgelaat; gevolglik het die konserwatiewe en die afterlike dele dikwels nie by die wet gebaat nie. Ook het die salariswaarborge 'n swaar las op die gewilliges in 'n gemeenskap geplaas en dus nie juis sekuriteit, stabiliteit en kontinuïteit bevorder nie. Ten slotte het die wet gevaarlik naby die twyfelagige stelsel van vergoeding-volgens-resultate gekom, 'n beginsel wat 10 jaar later aangevul is deur die "Good Service"-toelae en die "payment by results"-toekennings wat sedert 1884 in privaatplaasskole in swang was.(11)

(11) 'n Onderwyserspensioenskema is in 1887 ingestel, 'n maatreël wat meer status en sekuriteit aan die onderwysberoep verleen is

Tot 1841 is die nie-blanke onderwys deur die groot aantal buitelandse sendinggenootskappe behartig en hoewel die regering geldelike bystand verleen het, het die genootskappe dwarsdeur die 19de eeu hul houvas op die nie-blanke onderwys behou. Baie sendingskole is egter deur blanke kinders besoek; trouens, in 1882 was daar nog 6 000 blanke kinders in sendingskole. Aan die ander kant het dit eweneens gebruik geword dat nie-blanke kinders ná 1861 nie meer die regeringskole besoek khet nie, hoofsaaklik omdat die blankes beswaar gemaak het.

Die verhoode toelae wat in die 1865-wet bewillig is, het groter staatsbeheer oor die 211 sendingskole en -inrigtings beteken, met hulle meer as 24 000 kinders, maar teen hierdie sekularisasie het die genootskappe hulle verset. Tog het die bepalings van die 1865-wet tot 1910 die vernaamste nie-blanke onderwyswetgewing gebly.

Die stelselmatige verwaarlosing van Hollands ná 1865 het andermaal aanleiding gegee tot die oprigting van heelwat grotere privaatskole wat die mas sonder regeringshulp probeer opkom het. Die inisiatief vir hierdie aangeleentheid het hoofsaaklik uitgegaan van die N.G. Kerk-sinode en individuele predikante, maar ironies genoeg het dit nie lank geduur voordat Engels hoofsaak in hierdie skole was en die onderrig op Engelse lees geskoei was nie. So moes die Stellenbosse gimnasium(12) kort ná sy stigting in 1866 van naam verander om 'n staatsubsidie te kry. Bekende meisieskole soos die Good Hope Seminary (Kaapstad), Huguenot Seminary (Wellington) en Bloemhof (Stellenbosch), wat in die vroeë sewentigerjare deur bemoeiing van die N.G. Kerk gestig is, het Engelse hoofde gehad en was duidelik Engels-georiënteer.

(12) Hierdie skool het vanaf 1887 die Victoria-Kollege geheet, die inrigting waaruit die Universiteit van Stellenbosch ontwikkel het

Die konserwatiewe plattelandse Afrikaner het die verwaarlosiong van Hollands nie lank geduld nie, sodat daar in 1876 o.l.v. A. Pannevis, C.P. Hoogenhout, ds. S.J. du Toit e.a. 'n taalvereniging - "Die Genootskap van Regte Afrikaners" - en die Patriot-beweging ontstaan het, wat 'n volksbeweging geword het vir die verkryging van taal- en politieke regte. Publikasies in De Zuid-Afrikaan, Het Volksblad en Het Zuid-Afrikaansch Tijdschrift het 'n volksgevoel by duisende Afrikaners gekweek en 'n belangrike rol gespeel in die verheffing van Afrikaans as skryftaal en Hollands as amptelike taal(13) en twee jaar later as regstaal in die laer howe. Eers in 1890 bereik die taalstryd die hoogtepunt met die stigting van die Zuid-Afrikaanse Taalbond en die Kaapstadse volkskongres wat die gelykstelling van Engels en Hollands in die skool en in die elementêre eksamens geëis het.

(13) In dieselfde jaar is Hollands as medium van onderrig in staatskole erken

In die voorspoedige sewentigerjare was daar hernieude belangstelling in die hoër onderws, wat. o.m. gelei het tot die afskaffing van die Board of Examiners in 1873 en die stigting van die Universiteit van de Kaap de Goede Hoop, 'n eksaminerende en beherende instansie wat grade uitgereik het, maar die doseerwerk aan die bestaande kolleges oorgelaat het. Die Hoër Onderwyswet van die volgende jaar, wat hoëronderwyssake tot in die 20ste eeu gereël het, het die welkome finansiële verligting gebring waaarvoor die 1865-wet nie voorsiening gemaak het nie. 'n Doserende luniversiteit, soos die De Villiers-onderwyskommissie van 1879 en die Ross-verslag van 1882 aanbeveel het, het eers in 1900 'n werklikheid geword toe die ou Suid-afrikaanse Kollege met doseerwerk begin het.

Kosskole en nywerheidskole wat sedert 1873 deur die bemoeiing van die N.G. Kerk opgerig is, het opvoedkundig nie veel vermag nie, want net soos die latere skole vir blanke armes ("Poor Schools"), het hulle spoedig 'n stigma gekry. Die privaatplaasskole van die tagtigerjare was 'n uitvloeisel van die gewraakte Ross-verslag van 1882. Met vyf kinders verder as ses myl van die naaste Klas III-skool, kon 'n ondersteunde plaasskool begin word. In 1887 het 179 van hierdie skole aasn 1 300 kinders onderrig verskaf. Sekondêre onderwys, wat tot 1865 betreklik min aandag gekry het, het ná 1870 vinnig vooruitgegaan a.g.v. die bewilliging van addisionele toelae. Die doseerwerk wat sedert die vyftigerjar deur die bestaande kolleges gedoen is, is ná 1890 deur die Klas I- en Klas II-skole oorgeneem.

Gedurende die laaste kwart an die 19de eeu het die funksionering van plaaslike skoolkomitees besondere aandag gekry. Veral aspekte soos finansiering, verpligte onderwys, die waarborgstelsel, kontinuïteit, inisiatief en die onsekere posisie van die leerkragte is by geleentheid opgehaal, o.m. deur die Onderwyskommissie van 1879 en die opspraakwekkende Ross-vrslag van 1882. Met die diensaanvaarding van dr. Muir, die nuwe S.G.O., in 1892, was die onderwysmasjinerie vir die meer as 105 000 skoolgaande kinders, blank en nie-blank, inderdaad so verouderd dat daar onverwyld begin werk is in die rigting van departementele reorganisasie.

Die gevolg van hierdie beplannign was die opknapping en uitbreiding van die Onderwysdepartement. Statistiek verslae is na behore versorg, 'n verbeterde Educational Manuel beskikbaar gestel en 'n gereelde Onderwijs Gazette (sedert 1901) gepubliseer. 'n Verdere belangwekkende stap was die reorganisasie van die inspeksiestelsel. Ook sake soos die "educational surveys", skoolbiblioteke, die nasionalisering van skoolgeboue, die verryking en die uitbouing van moderne primêre en sekondêre leerplanne, die stigting van tegniese hoërskole, die uitbouing van 'n hoërskoolstelsel, die daarstelling van departementele handleidings en eksamens en die verbeterde opleiding van onderwysers het al hoe meer aandag gekry.

Muir se grootste triomf was miskien die instelling van die distrikskoolrade en verpligte onderwys. Die Skoolraadwet wat in 1905 op die wetboek geplaas is, het voorsiening gemaak vir nagenoeg 100 skoolraadsdistrikte, elk met 'n skoolraad van 18 lede, wat uitgebreide magte t.o.v. plaaslike skoolaangeleenthede ontvang het.

Sá was die aanstelling van 'n S.G.O. in 1839, die aanname van die Onderwyswet van 1865 en die Skoolraadwet van 1901 die drie belangrikste mylpale op die ontwikkelingspad van Kaapland se onderwysadministrasie.

Ná die beëindiging van staatsbeheer oor die N.G. Kerk in 1843, moes die Kerk kwaai aanslae van die liberalisme verduur; terselfdertyd het omstandighede in die Noorde aanleiding gegee tot die stigting van die Nederduits Hervormde Kerk (1853) en die Gereformeede Kerk (1859). Die Kaapse Sinode het ook in 1857 besluit dat, weens "de zwakheid van sommigen",(14) aparte dienste vir blank en nie-blank gehou kon word, 'n gebruik wat verreikende gevolge sou hê, veral nadat daar in 1881 tot die stigting van die N.G. Sendingkerk oorgegaan is. Benewens die genoemde kerke was daar die invloedryke Anglikaanse Kerk wat in 1853 in drie bisdomme verdeel was, maar in die sewentigerjare The Church of the Province of South Africa geword het en veral deur die die kerkskole besondere kulturele bydraes gelewer het.

(14) Gedrukte Acta van die Sinode, 1857, p. 60

Die Suid-Afrikaanse Openbare Bibliioteek, wat lord Charles Somerset in 1822 begin het, het deur skenkinge, o.a. van sir George Grey, een van die beste biblioteke in Afrika geword. Die invloedrykste koerante van die tweede helfte van die 19de eeu was ongetwyfeld De Zuid-Afrikaan (sedert 1830), The Graham's Town Journal (sedert 1831), The Cape Argus (sedert 1857) en The Cape Times (sedert 1876). Letterkundige publikasies was weliswaar nie indrukwekkend nie, maar skrywers en digters soos Cooper, Schreiner, Huet en S.J. du Toit kan as die heroute van die Suid-Afrikaanse letterkunde van die 20ste eeu beskou word.

Op kuns- en musiekgebied is betreklik min gepresteer, maar daarteenoor het die wetenskaplike ontwikkelinge op 'n breë vlak voortgegaan. Sir D. Gill, van die Royal Obervatory, het bv. sedert 1879 die suidersterrehemel gekarteer, en Marloth het roem verwerf met sy The Flora of South Africa. Die wêreldberoemde botaniese tuin op Kirstenbosch is deur H.H.W. Pearson gestig, terwyl die Suid-Afrikaanse museum, wat in 1855 deur Layard herstig is, teen die end van die vorige eeu reeds unieke versamelings fossiele en klipwerktuie gehad het. Op die gebied van die navorsing het wetenskaplikes soos Bowker en Bleek gesaghebbende werke gelewer op terreine soos die entomologie, die argeologie en die filologie.

Slotsom

Só heet die Kaapkolonie dwarsdeur die tweede helfte van die 19de eeu 'n leidende staat in Suider-Afrika gebly. Die Imperiale regering het die kolonie van soveel strategiese belang geag, dat dit as uitkykpos vir die Britse hoë kommissaris gebruik is, vanwaar 'n wakende oog oor ryksbelange gehou kon word.

Binne 'n bestek van 'n halfeeu het nie net die blanke bevolking tot meer as 400 000 aangewas nie, maar het die onontwikkelde Kaapkolonie deur onstuimige politieke tye tot staatkundige en konstitusionele volwassenheid ontwikkel. En uit die nasionale ontwaking van die Afrikaner en die politieke groepering en opset aan die end van die eeu, sou tot groot hoogte die verwikkelinge van die 20ste-eeuse Suid-Afrika voortkom.

Deur die ontwikkeling van die diamant- en goudbedryf het die Kaap sy vroeg-19de-eeuse ekonomiese uitkyk ontgroei en ook na vore getree as 'n volwaardige kapitalistiese en geïndustrialiseerde staat met al die finansiële en kommersiële tendense wat gewoonlik daarmee in verband gebring word.

Die bestendige ontwikkeling van die onderwys oor 'n halfeeu het aan die kolonie aansien verleen. Want nie alleen is daar voorsiening gemaak vir onderrig op elementêre, sekondêre en tersiêre vlak nie, maar deur 'n versiende onderwysbeleid en verligte wetgewing is 'n navolgenswaardige voorbeeld aan ander Suid-Afrikaanse state gestel.

Ten slotte: In minder as 40 jaar het uit die ingewikkelde grens- en militêre vraagstukke 'n eiesoortige Suid-afrikaanse Naturellebeleid ontstaan wat op differensiëring gegrond was en wat in die 20ste eeu mutatis mutandis nader aan 'n blywende oplossing sou kon kom.

P.L. Scholtz

Onder redaksie van Prof CFJ Muller

500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis

Derde Hersiene en Geïllustreerde uitgawe

ISBN 9780686743134