Die Groot Trek-tydperk, 1834 - 1854

Die 20 jaar 1834-1854 word in so 'n mate oorheers deur die verskynsel wat destyds o.m. as die landverlating van emigrante-boere beskryf is en later as die Groot Trek bekend sou word, dat dit met reg as die Groot Trek-tydperk beskou kan word. Die Groot Trek het dié 20 jaar 'n tydperk van snelle oorgang gemaak. Daardeur word 'n histories betekenisvolle oorgang van die sewentigerjare van die 18de na die middel van die 19de eeu afgesluit. Die Groot Trek het 'n Kaapkolonie wat nog 'n verversingspos in sy lompe tienderjarige stadium was, omgeskep in 'n adolessente Suid-Afrika wat deur breë vensters na weerskante op twee groot oseane gelyk het en ook reeds noord van die Limpopo in die bosveld van Suid-Sentraal-Afrika begin belangstel het. Toe die Groot Trek deur die Bloemfontein-konvensie in 1854 logies afgesluit is, was Suid-Afrika reeds duidelik herkenbaar in sy volwasse twintigste-eeuse voorkoms.

Dat alle historiese gebeurtenisse gedurende die twee dekades tussen 1834 en 1854 direk deur die Groot Trek beïnvloed is, kan egter ie sonder meer aanvaar word nie. Baie belangrike strominge wat in 'n mate, of soms net indirek, daaruit voortvloei, loop deur dié tydperk. So vind groot bevolkingsverskuiwings plaas - swart verhuisers deur uitgestrekte dele van Suider-Afrika en blanke immigrante uit Europa. Lank ná die Groot Trek - wat gedeeltelik daardeur veroorsaak is - duur die problematiese verhouding tussen blanke boer en Xhosa-boer op die Kaapse oosgrens voort. Nie noodwendig as direkte gevolg van die Groot Trek nie, word 'n groter mate van selfbestuur aan die inwoners van die Kaapkolonie verleen. Gedeeltelik a.g.v. die Groot Trek vind 'n aansienlike ekonomiese bloei in verskeie dele van Suid-afrika plaas. Deels as oorsaak en deels a.g.v. die Groot Trek neem sendingbedrywighede dwarsdeur Suid-Afrika op buitengewone skaal toe.

In hierdie hoofstuk word die aandag grotendeels toegespits op die Groot Trek as unieke historiese verskynsel in ons verlede en dit sentreer dus die Suid-Afrikaanse ontwikkelingsgang gedurende 1834 tot 1854 om dié beweging; maar om ons tydperk behoorlik uit te bou, word daar ook terloops aandag geskenk aan sekere van die bovermelde strominge.

Wat was die Groot Trek?

Oor die Groot Trek is baie uiteenlopende menings gehuldig. prof. W.M. Macmillan het dit kategories as "the great disaster of South African history"(1) bestempel. Prof. E.A. Walker sien dit as "the central event in the history of European man in southern Afrika" en andersyds as "that long series of flights from the oncoming 19th century in British uniform..."(2) Kort daarop het prof. L. Fouché dit beskryf as "fundamentally a desperate protest against equality between black and white".(3) "Tactically," so het prof. C.W. de Kiewiet vyf jaar later beweer, "the Great Trek represented a decision to give up the frontal attack and undertake an out-flanking movement... The Great Trek indissolubly linked the future of all South Africa with the Boer race."(4)

(1) The Cape Colour Question (Londen, 1927), p. 247

(2) The Great Trek (Londen, 1934), pp. 8 en 374

(3) "Causes and consequences of the Great Trek", in The Star, 12 Desember 1936

(4) A History of South Africa (Oxford, 1941), pp. 53 en 56

Dr. D.F. Malan het die Afrikanerstandpunt by die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949 miskien die beste gestel:"As erfenis het die Voortrekkers ons 'n groter Suid-Afrika nagelaat... Hul oneindig groter prestasie was dat hulle aan die nageslag nie slegs grondgebied nagelaat het nie, maar grondgebied wat tegelyk draer en verdere kweekplaas was van 'n volksiel. As die grondslae van 'n eie Suid-Afrikaanse nasieskap in die ou Kolonie langsamerhand gelê was sedert die dae van Adam Tas en as dit in dié mate by die Groot Trek daarom reeds bestaan het, het die Voortrekkers met hul stryd en lyding en hul groot prestasies sodanig daarop voortgebou en het hulle daardie nasieskap sodanig tot sy uiterste konsekwensie uitgeleef, dat hulle byna as die skeppers daarvan aangesien kan word."(5)

(5) S.W. Pienaar (ed.): Glo in u Volk (Kaapstad, 1964), pp. 132-4

Die utierlike voorkoms van die Groot Trek bestempel dit as die georgniseerde, fisieke landverlating van baie duisende Afrikaanssprekende grensboere uit die Britse Kaapkolonie na aangrensende gebiede in die noorde en noordooste sonder die bedoeling om ooit terug te keer. Dit skakel dus aan by soortgelyke emigrasie-verskynsels elders in die negentiende-eeuse wêreld. Op die Noord-Amerikaanse vasteland beweeg die blanke weswaarts en op veel massiewer skaal; en ook oor die duisende eilande in die Stille Oseaan versprei hy hom uit die weste, die noorde en die noordooste. Teen hierdie breër historiese perspektief gesien, was die Groot Trek 'n aansienlik versnelde blanke kolonisasieproses wat die voorheen besonder stadige uitbreiding van die Wes-Europese beskawing in Suider-Afrika binne 'n paar jaar meer as verdubbel het. Toe dit in die dertigerjare van die 19de eeu plaasvind, was dit een van die laastes van 'n lang reeks swart, bruin en blanke migrasies in Suider-Afrika.

Aangelok deur gunstiger weiveld en jagveld - en aangedryf deur stamtwiste - het verskeie swart groepe reeds baie vroeg na Suider-Afrika geëmigreer. Wes-Europese koloniste het vanaf laat in die 17de eeu geleidelik vanuit Tafelbaai noord, noordoos en oos beweeg; en met versnelde pas het hulle laat in die 18de eeu as halfnomadiese trekboere teen Boesman-jagters en Xhosa-boere op 'n breë front in die noorde en noordooste gebots (Kyk  Hoofstuk 6).

Ofskoon die Britse owerheid die verdere koloniale uitbreiding noordwaarts teengegaan het, was hy tog in 1824 verplig om die grens te verskuif tot by die Kareeberg, die Oranjerivier en die Stormbergspruit. Dit is gedoen om 'n aantal trekboere weer binnekant die Kolonie tuis te bring. Teen die middel-twintigerjare van die 19de eeu het sommige trekboere besluit om hulle blywend in die Transoranje te vestig. Dit was veral die gedurige droogtes in die noorde van die Kaapkolonie gedurende die twintiger- en dertigerjare wat baie trekboere daarheen aangelok het. Omdat dit vir hulle baie moeilik was om heen-en-weer te verhuis, het trekboere hulle nou op groot skaal tot by die Modderrivier gevestig. Daar was 'n neiging om in groepe naby water saam te trek. Intussen het ander trekboere steeds gereelde seisoensmigrasies met hul vee gemaak en ook op jagtoge tot meer as 200 myl noord van die Oranjerivier gegaan. Op die vooraand van die Groot Trek het sommige van hulle tot anderkant die Modderrivier beweeg en selfs die Vaalrivier bereik. Jagters uit hul geledere kon Wes- en Suid-Transvaal opsoek.

Lank tevore het Hottentot- en Bastergroepe ook noordwaarts oor die Oranjerivier geëmigreer. Daar het hulle as halfverwesterde Korannas en Griekwas eie staatjies gestig. In die vroeë 19de eeu het steeds meer Britse setlaars hulle in Suid-Afrika gevestig (Kyk Hoofstuk 8) en spoedig in Natal en Zoeloeland begin belang stel. Juis dáár het 'n reeks massiewe en ingewikkelde migrasies van swartmense begin waarvan die oorsprong by Tsjaka, die swart Napoleon van Suid-Afrika, gesoek meot word. Uitwykende swart golwe wat noord-, wes- en suidwaarts beweeg het, het groot nuwe migrasies meegebring wat meegehelp het omgestrekte, vugbare streke van Suid-Afrika te ontwrig en te ontvolk. Juis hierdie streke, nl. Natal, die Transoranje en dele van Transvaal, het die Voortrekkers aangetrek.

Die Voortrekkers was emigrante uit hul geboorteland, die Kaapkolonie. In teenstelling met feitlik alle ander blanke emigrente uit Suid-Afrika voor en ná hulle, het hulle egter nie verlore gegaan vir die moederkolonie nie, maar dit in werklikheid aansienlik vergroot en versterk met hul vestiging van die Westerse beskawing hoër op in Suid-Afrika. Ook in dié opsig was hulle 'n unieke groep emigrante. Die Voortrekkers het nie weggetrek na Amerika, Australië of Sentraal-Afrika nie. Hulle was Afrikaner-boerepioniers wat onder 'n besonder demokratiese regeringsvorm 'n selfstandige staat aangrensend aan die moederkolonie gestig. So het hulle die stadi uitbreidende blanke nedersetting eensklaps meer as verdubbel. Verreweg die meeste Voortrekkers wou - hoewel hulle vasberade was om die Britse gebied vir goed te verlaat - tog nie die bande met die gevestigde blanke suidelike kompleks afsny nie. Gedurende die laat dertigerjare, toe die Groot Trek in sy suiwerste vorm aangetref wor en ook nog meer as 'n dekade daarna, is daar 'n gedurige wisselwerking tussen die Trekkergebiede en die ou Kolonie; besoeke word heen en weer afgelê, goedere en produkte word heen en weer oor land en see vervoer; kulturele bande word onderhou; agternatrekkers versterk die vroegste Voortrekkers.

Die Groot Trek was geensins 'n spontane volksverskuiwing nie. Dit was die beste oplossing wat 'n groep Afrikaner-grensboerleiers kon bedink om 'n deel van hul grensboergemeenskap te verwyder uit 'n toestand wat vir hulle ondraaglik begin lyk het. Die revolusionêre trekgedagte moes gepropageer word: eers algaande het dit inslag gevind en geleidelik en aarselend het dit sy bekende vorm aangeneem. Dat verreweg die meeste van die Voortrekkers uit die grensdristrikte verhuis het, bewys enersyds dat dit die grensboere was wat die ergste gegrief was, maar andersyds bewys dit ook dat die Groot Trek voorberei was deur die geleidelike ontwikkeling wat die grensboer as trekboer in die 18de en vroeg in die 19de eeu deurgemaak het. Toe het die Afrikanerboer fisiek en psigologies mobiel geword: om sy besittings herhaalde kere op 'n ossewa te laai, sy vee te laat aanja, op sy perd te klim en steeds ' n beter leningplaas verder die binneland in te bewoon, het normale prosedure geword.

Die Groot Trek moet van die trekboerbeweging (waarmee dit destyds verwag is) onderskei word. Dit was nie 'n bloot versnelde voortsetting van die trekboerbeweging nie. Terwyl die trekboer, 'n lojalis, bloot om stoflike redes die binneland ingetrek het en sy oë steeds suidwaarts o p Britse staatkundige en kerklike versorging gevestig het, het die Voortrekker, 'n rebel, heeltemal  in 'n ander gees sy oë na die verre noorde en noordooste gewend en as permanente inwoner van 'n selfstandige republiek sy probleme self en sonder Britse bemoeiing probeer oplos. Toe die Groot Trek begin het, was die trekboerbeweging nog aan die gang; maar eg. het feitlik geheel en al onafhanklik van lg. 'n aanvang geneem en parallel daarmee voortgegaan. As gevolg van verwikkelings in die binneland, het sommige trekboere (soos Paul Kruer se familie) egter spoedig Voortrekkers geword.

Die Groot Trek word nog van allerweë erken as die sleutelgebeurtenis in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dat hy presis in daardie vorm presies op daardie tydstip plasgevind het, het 'n besliste wending aan die Suid-Afrikaanse geskiedenis verleen en hom só van 'n besondere betekenis verseker. Oor sy betekenis - soos reeds deur aanhalings hierbo toegelig - kan baie verskillend geoordeel word. Die Groot Trek het die vernaamste groepe in die Suid-Afrikaanse bevolking destyds heeltemal verskillend geraak. Vandag is dit ook nog glad nie duidelik wat die Groot Trek se langtermyngevolge eintlik gaan wees nie: gebeure laat in die 20ste eeu kan desnoods nog 'n radikale, onvoorspelare wending daaraan gee.

Die Afrikaanssprekende sien die Groot Trek-tydperk as 'n heroïse periode waaruit hy sy nasionale besieling put. Sy eerste eintlike republikeinse tydperk het toe begin. Die behoud van die Afrikanervolk se identiteit is toe verseker en sy nie-blankebeleid toe vasgelê. Engelsskrywende historici - soos sommige reeds h ierbo aan die woord gestel - sien die Groot Trek oor die algemeen as 'n rampspoedige tydperk toe Suid-Afrika verdeel is a.g.v. kortsigtige optrede. Klem word gelê op die negatiewe element van ontvlugting van Kaapse probleme as gevolg waarvan ernstige, hardnekkige Suid-Afrikaanse probleme geskep is. Slegs enkele swart historici het 'n eie herkenbare stem laat hoor en hulle bestempel die Groot Trek-periode as 'n tydperk van blanke verowering. In daardie jare was die swartes reeds onderling verdeeld en hulle is toe nog verder deur blankes teen mekaar in die harnas geja. Daarby was die blanke veroweraars militêr en organisatories veel beter toegeruk om in uitgestrekte Suid-Afrikaanse gebiede van die grond, arbeid en vee van die nie-blanke te bemeester.

Hoewel die Groot Trek uiterlik 'n fisieke emigrasie was, moet dit innerlik as 'n versetreaksie van die Afrikaner-grensboere gesien word. En in sy dieper wese het dit die elemente van 'n rebellie ingehou.

Oorsake

As mens wil bepaal hoe suksesvol so 'n rebellile was, meot daar nagegaan word wat die Voortrekkers se doelstelling was en in hoe 'n mate hulle uiteindelik daarin geslaag het om dit te verwesenlik. Allereers beteken dit 'n ontleding van die oorsake van die Groot Trek. Nie alleen die Kaapse toestande wat hulle wou vermy, moet nagegaan word nie, maar by uitstek die positiewe beleidsrigting wat hulle in die noorde en noordooste wou instel.

Op die vooraand van die Groot Trek was daar wydverspreide ontevredenheid onder uiteenlopende Kaapse bevolkingsgroepe dwarsdeur die Kolonie. Die gekleurde was onseker oor sy presiese plek t.o.v. die blanke gemeenskap. Die Afrikaner van die westelike distrikte het die swaarste gely onder die slawevrystellling, terwyl sy beheer oor sy gekleurde arbeiders verswak is. Die Britse Setlaar is op die uiters blootgestelde suiderflank van die Kaapse Xhosagrens erg benadeel deur oorlogsverliese en grensonrus; daarby het hy dit met onvoldoende beheer oor sy arbeiders moeillik gevind om 'n fatsoenlike bestaan te maak. Slawe mag hy nie besit het nie.

Van alle groepe was dit die Afrikanerboer op die oosgrens wat die nadeligste deur die Britse beleid getref is en terselfdertyd op die doeltreffendste wyse daarop kon reageer. Nie slegs die Oosgrensboer van daardie tyd nie, maar ook geslagte voor hom is vanaf die laat 18de eeu deur 'n hele reeks Xhosa-oorloë swaar verliese toegedien. Dit het 'n tradisionele grief geword.

Walter Currie, 'n Britse besoeker uit Bathurst, aan die onrustige Olifantshoek in die distrik Uitenhage, rapporteer in April 1836 dat die Boere daar nie sy versekering wou aanvaar dat toestande gaan verbeter nie. 'n Boer het verklaar "that in his father's liftime and h is own they had been ive times clean swept out by the Kaffirs... that for protection, the future would be like the past, indeed he thought they were worse off than 50 years ago; in those old times when they were robbed they redressed themselves, but now their hands were tied while the Kaffirs were loose".(6) Die onrus wat op die oosgrens verduur is en die ruïnerende skade wat a.g.v. oorloë en veerowerye gely is, word as onderliggende, langtermyn-oorsaak, en ook as onmiddellike oorsaak, oor en oor beklemtoon. Vroeg in 1838 gee 'n vooraanstaande boer, ook uit die blootgestelde distrik Uitenhage, maar wat nou rees oor die koloniale noordgrens getrek het, 'n treffende beskrywing van hierdie oorsaak: "Wat hebben die grensbewoners van tyd tot tyd niet van de Kaffers te verduuren gehad, en inzonderheid by dan laatsten onverwachten inval? Ek heb die Britsche Gouvernement gedurende vele jaren, sedert 1811, ... zonder het minste loon, als burger gediend.: Nadat hy deur harde werk weer op die been gekom het, "kwamen de Kaffers en beroofden my van álles, zoals het geval was in 1819 en wederom in 1834... Wat is my derhalwe over gebleven, na vele jaren arbeids en gezwoegs? Letterlyk niets!"(7)

(6) G.M. Theal (ed.): Emigration Documents, p. 114. Aan sir B. D'Urban, 26 April 1836 (Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek Kaapstad)

(7) Anonieme brief, De Zuid-Afrikaan, 16 Februarie 1838

Om onder dié moeilike omstandighede op die Xhosagrens kop bo water te hou, het die Boer op heelhartige owerheidsteun aanspraak gemaak. Van gereelde Britse troepe was daar selde genoeg beskikbaar. Gevolglik moes die Boer op burgerkommando's steun; maar die kommandostelsel kon doeltreffend funksioneer slegs i ndien behoorlike owerheidsteun daaraan verleen is, bv. deur die verskaffing van voldoende voorrade wapens en ammunisie. In die dekade voor die Groot Trek het die Britse owerheid uit finansiële oorwegings troepe uitgespaar en tegelykertyd om filantropiese redes (omdat hy gevrees het dat die inboorlinge veronreg sou word) glad nie die verwagte steun verleen nie. Trouens, die kommandostelsel is in beginsel verwerp )Kyk Hoofstuk 8). Die Afrikaner-oosgrensboer  het gevolglik 'n diepe wantroue teenoor die Britse regering begin koester. In 1839 wys die latere president Boshof daarop dat die bekende missive van Glenelg, waarin hy die skuld vir die Sese Oosgrensoorlog op die blankes werp, die Afrikanerboere in hul vertroue geskok het. Boshof gaan voort: "...what was now wanting to confirm the suspicions which they had long entertained, that the total ruin or annihilation of the White population would be looked upon with indifference?". Hy rapporteer dat baie Natalse Voortrekkers bittere klagtes hieroor ge-uit en sou gevra het: "What confidence could we longer have in such a Government?".(8)

(8) Bird: Annals of Natal, I, pp. 508-0 (brief van 17 Februarie 1839 aan The Graham's Town Journal)

Nie alleen het die Sesde Xhosa-oorlog 'n toppunt van ruïnerende grensverliese meegebring nie, maar die Boer moes daarbenewens sy eie perde en uitrusting inboet en ook nog sy oorblywende besittings onbeskermd laat. Vir hom was dit 'n verdere kwaai skok dat hy geen vergoeding vir sy verliese (waarop hy gehoop het) ontvang nie en daarby het die owerheid, wat hom nie wou betaal nie, tog van hom sy gewone belastings geëis. Hierdie reeds ervarings het die Afrikaner-oosgrensboer al hoe meer vatbaar gemaak vir die oortuiging dat hy op stoflike gebied nie langer 'n bestaan daar kon maak nie.

Waar bestaanstoestande vir die grensboer daar reeds moeilik was, was die behoefte aan betroubare bediendes en plaasarbeiders nou des te groter. Onder filantropiese druk het regeringsmaatreëls juis verder meegebring dat die grensboer nou ook nog minder as ooit tevore beheer oor sy gekleurde arbeiders sou kon handhaaf. Baie arbeiders het sonder meer hul plase verlaat en ontaard in ronddolende rowers, wat soms in bendes saamgesnoer was (Kyk Hoofstuk 8). Om in die meeste oosgrensdistrikte 'n behoorlike bestaan te maak, was gevolglik uiters moeilik. Die oosgrensboer het des te swaarder gekry omdat ook sy slawe juis op daardie tydstip onder, vir hom, ongunstige voorwaardes vrygestel is. In die oostelike distrikte was daar weliswaar nie naasteby soveel slawebesitters as in in die westelike distrikte nie; tog het vername leiers soos Gert Maritz deur die vrystelling van die slawe daar swaar verliese gely.

J.H. Hatting, sr., 'n bekende Voortrekker, getuig later: "De Boeren werden op die wijze geheel vn werkvolk ontstoken en moesten zelf met hun kinderen al't werk doen en 't vee oppassen, zodat het niet meer te houden was om in die Kaapkolonie te boeren."(9)

(9) G.S. Preller (ed.): Voortrekkermense, I. p. 115

Namens die inwoners van Winterberg en Koonap het Piet Retief in April 1836 die implikasies van hierdie arbeidsgebrek ook treffend  saamgevat: "The increasing insubordination and desertion of these m anumitted slaves, now apprenticed labourers, and others of the Colored Classes, on entering into service, are other grievances of great magnitude... To this may be added the great distance of the seet of magistracy from their habitation, a circumstance which has a powerful effect in producing this insubordination, it being impossible that the masters for every offence of an Apprentice, or other Servant, can undertake a journey of 2 or 3 days to the nearest magistrate,... The only alternative is they are deprived in most cases of the services of their Servants, and which in the present distressing times cannot fail to have a most prejudicial effect upon their Agricultural pursuits in general."(1)

(10) Grahamstown Archives 213: Miscellaneous Letters, 1836, Retief aan Campbell, 11 April 1836 (Kaapse Staatsargief). 'n Paar redaksionele verbeterings is aangebring. Preller gee 'n Afrikaanse vertaling in sy Piet Retief (Kaapstad, en., 1930), pp. 33-34

Afgesien van herhaaldelike swaar verliese wat weens gedurige oosgrensonrus gely is en gepaard daarmee sy benarde arbeidsposisie te midde van rowende landlopers, het die oosgrensboer ook nog 'n gebrek aan voldoende goedkoop grond gehad. Die finansiële en filantropiese faktore in die Britse beleid het in die anderhalf dekade voor die Groot Trek die grensboer se normale behoefte aan geskikte grond minder bevredig as waarskynlik ooit tevore. by die grensboer was daar verder onsekerheid of hy met veiligheid verbeterings op sy plaas kon aanbring; kaart en transport op sy grond was dikwels ná baie jare nog nie deur onbekwame, swak betaalde amptenare uitgereik nie. Wat die stoflike gebied dus betref,  is die grens, hoofsaaklik a.g.v. die Britse beleid, gelyktydig getref deur 'n grebrek aan kapitaal, arbeid en vrylik beskikbare grond en deur 'n gevoel van bykans chroniese vrees weens die onbestendige toestand waaronder hy sy lewe en besittings moes verdedig.

Ook op geestelike gebied is die Afrikaner-grensboer diep deur die Britse beleid getref. Twee vername geestelike strominge kan onderskei word: die beleid van die gelykstelling van die blanke met die nie-blanke en gebrek aan selfregering. Die filantropiese gelykstelllingsbeleid het die grensboer in baie opsigte tot in sy siel geroer. Op godsdienstige gronde het die Afrikaner 'n onderskeid gemaak tussen die blanke Christen en die nie-blanke heiden. Dan is op die fisieke verskille tussen die Europese en inboorlingrasse gelet. Die maatskaplike klasseverskil was die derde grondslag waarop tussen blank en nie-blank onderskei is. Van sy nie-blanke bediende, sy plaasarbeider, sy voormalige slaaf, sy Hottentot of swart dienskneg het die Afrikaner hom baie ver verwyder gevoel . Dat die Britse beleid geen differensiasie geduld het nie, het die Afrikaner dus ingrypend getref en hom heftig laat reageer.

Veldkornet C.V. Buchner se treffende woorde uit die Onder-Boesmansrivier, op die suidflank van die oosgrens, illustreer hierdie punt. As lojale burgerbeajmpte wat sy bes gedoen het om die trekgedagte te bekamp, rapporteer hy dat sy wyk vinnig ontvolk raak. "Ik gaan nu begin te denken ik in de loop van aanstaande jaar geen 30 man en de wijk hebben sal maar so veel te meer diven en rond zwervende vagenbonden .... de tomelose gedrag der Zwarten al hier is strijdig met den murg der Africanders en dat alleen en niet anders Zijn de bewegende oorsak van verhuijsung."(11)

(11) L.G. 102: C.C. Uitenhage, 1836-1837, bylae in no. 169, Buchner aan Siviele Kommissaris Uitenhage, 4 Aug. 1837 (Kaapse Staatsargief)

Die woorde van die goed ingeligte Voortrekkervrou, Anna Steenkamp - 'n broerskind van Piet Retief en iemand wat in vooraanstaande Trekkerkringe beweeg het - getuig baie duidelik in hierdie verband: "De schandelijke en onregvaardige handelswijs van de vrijhijt van onser slaven en nogtans heeft de vrijhijt ons so seer nie verdreven als de gelijkhijt de gelijkstelling met de Christenen, strijdig met de wetten van God en het natuurlik onderschijt van afkomst en geloof. Dat het onverdraaglijk was voor elk fatsoenlijk Christen onder sulk een last te buijgen waarom wij dan ons liever verwijderen des te beter ons geloof en leer in suyverhijt te behouden."(12)

(12) "'n Paar Saamwerkers": Die Dagboek van Anna Steenkamp (Pietermaritzburg, 1939)

Hierdie baie bekende woorde word bevestig deur gebeure in die oosgrensgemeente Uitenhage, waar ds. A. Smith, 'n Skot, op die vooraand van die Groot Trek met groot ontevredenheid oor die amptelike Britse elykstellingsbeleid in die Hollandse Kerk te doen gekry het. Daar is beswaar gemaak teen die afkondiging van die huweliksgebooioe en die  troue van Hottentotte in die kerk. In die Gemeente Swellendam tref 'n rondreisende sendeling, J. Kretzen, 'n huisvrou aan wat argumenteer "het staat toch ook in den Bybel, dat dat Volk (die Hottentotte) ons dienen moet."(13) Daar word verder gekla oor die doop van gekleurde kinders in die Hollandse Kerk en die gesamentlike gebruik van Nagmaal. Laasgenoemde gebruik het reeds voor die dertigerjare ook elders in die Kaapkolonie skerp reaksies onder Afrikaners uitgelok.

(13) Swellendam 3/8: Kretzen aan Kerkraad, 4 Julie 1845, p. I (N.G. Kerkargief, Kaapstad)

Ofstkoon 'n nasion ale saamhorigheidsgevoel onder die Afrikanerboere reeds sedert die 18de eeu begin ontluik het, het die Britse beleid hulle in die vroeë dertigerjare geen werklike seggenskap in die bestuur van hul land gegun nie. Aan die sentrale bestuur van die Kaapkolonie het hulle in alle geval reeds baie min aandeel gehad. Wat hulle erg gegrief het, was die inboet van die belangrike aandeel in die bestuur van die afgeleë grensdistrikte waaraan hulle sedert die vroeë jare van die Kompanjie gewoond geraak het. Die ervare grensamptenaar Andries Stockenstrom, wat voor sy aanstelling as luitenant-goewerneur 16 jaar landdros en ses jaar kommissaris-generaal van die oostelike distrikte was, noem onder die oorsake van die Groot Trek dat "the Boers...disapproved of the administrative change by which the Board of Heemraden was abolished and the Colony deprived of the only shadow of representation in it..."(14) (Kyk Hoofstuk 8) Weens filantropiese oorwegings is die regterlike magte van die veldkornette, wat uit die geledere van die burgers self aangestel is, ook nog ingekort. Oorsese beamptes is aangestel om die regte van die nie-blanke teenoor die grensboer te beskerm. Dit het die Afrikaner-grensboer diep gegrief dat beslissings wat hom intiem geraak ht (vral t.o.v. die nie-blanke), geneem is sonder dat hy geraadpleeg is. Toe die president en lede van die Natalse volksraad in februarie 1842 aan goewerneur sir George Napier die oorsake van die Groot Trek uiteensit, het hulle hul soos volg uitgelaat oor die vrystelling van die slawe: "En dat op eene wijze dat wy zelfen geen de minste stem hadden omtrend de beste of mees geschikte wijze waar op zulks zoude kunnen geschieden... Alle deeze euvelen schryven wy toe aan deeze enkele oorzaak, Namentlyk het gebrek van een vertegenwoordiegend Gouvernement, dat ons geweigerd is geworden..."(15)

(14) C.W. Hutton (ed.): The Autobiography of the late Sir Andries Stockenstrom (Kaapstad, 1887), II, p. 62

(15) J.H. Breytenbach (ed.): Notule van die Natalse Volksraad (volleldig met alle bylae daarby), 1838-1845, Suid-Afrikaanse Argiefstukke, Natal no. I (Parow, 1958), p. 392

Alle Afrikaner-grensboere het natuurlik nie om dieselfde redes getrek nie. Sommige, soos die De Klerks en De Beers, het nog bittere herinneringe aan Slagtersnek bygebring (Kyk Hoofstuk 8). Ander was gegrief oor die Britse verengelsingsbeleid in die regspraak, op skool en in die kerk en oor die verheffing van Engels tot enigste voertaal van regeringsliggame, wat hulle nie alleen ongerief nie, maar ook onkoste op die hals gehaal het. Omdat die Britse anglisasiebeleid nog nie met krag deurgevoer kon word nie, het dit nie wydverspreide ontevredenheid uitgelok nie. Veral die grensdistrikte was nog so deur en deur Hollands dat die amptelike, praktiese deurvoering van die anglisasiebeleid tot die algehele induiestorting van die plaaslike bestuur daar kon gelei het. Voor en gedurende die Groot Trek is dus nog baie amptelike dokumente in Hollands gedruk, amptelike korrespondensie in Hollands gevoer en eentalige Hollandse veldkornette aangestel.

Ons het hierbo probeer om verskillende oorsake van die Groot Trek afsonderlik te ontleed. Daar was inderdaad 'n innige same- en wisselwerking van die verskillende stoflike en geestelike beweegredes wat die Afrikaner-grensboer sedert die laat twintigerjare tot die besef begin bring het dat sy bestaan ondraaglik geword het. Sy owerheid het hom nie beskerm nie, maar hy is ook nie toegelaat om homself behoorlik te beskerm nie. Algaande, gedurende die vroeë dertigerjare, is hy oortuig dat hy iets drasties daaromtrent moes doen. Die besondere soort oplossing waarop hul leiers besluit het, was 'n massa-emigrasie na die noorde en noordooste van die Kaapkolonie. As 'n mens die uiters moeilike aard van die probleem in ag neem. was die oplossing werklik skitterend. Hul vreedsame opstand het die Britse regering jare lank in so 'n groot verleentheid geplaas dat hy merendeels onbeslis tussen handeling en passiwiteit gehuiwer het en so die Groot Emigrasie 'n kosbare kans gebied het om suksesvol sy moeilike ontplooiingsfase deur te worstel.

Een van die Voortrekkers se vroeë moeilikhede was dat betreklik min blankes hulle aktief met die beweging vereenselwig het. Ons het hierbo aangetoon dat daar op die vooraand van die Groot Trek wydverspreide ontevredenheid onder baie klasse dwarsdeur die Kolonie was. Tog het die Groot Trek in 'n baie groot mate sy ondersteuners uit die oosgrensdistrikte getrek. Hoofsaaklik omdat die gegriefde Britse Setlaat nie, soos die Afrikaner-trekboer, 'n proses van mobielmaking deurgegaan het nie, het hy nie soos die trekboer gereageer nie. Die Afrikaner in die westelike distrikte was ook nie so beweeglik soos die trekboer nie. Oosgrensonrus het hom natuurlik nooit direk geteister nie. Op die noordgrens is die Afrikanerboer nie deur 'n reeks Xhosa-oorloë aangetas nie. Vandaar dan die feit dat verreweg die meeste Voortrekkers uit oosgrensdistrikte soos Uitenhage, Albanie, Somerset-Oos, Cradock en Graaff-Reinet gekom het. Feitlik geen Setlaar het Voortrekker geword nie. Beaufort-Wes was die enigste distrik op die Kaapse noordgrens waarvandaan 'n noemenswaardige aantal grensboere geëmigreer het. Van al die westelike distrikte was dit slegs Swellendam wat 'n redelik aantal Voortrekkers gelewer het. Ons skat dan dat daar tot 1840 nie meer as 20% van die blankes uit die dun bevolkte oostelike distrikte weggetrek het nie. Uit die hele Kolonie meen ons dat slegs sowat 9%v an die blankes verhuis het, d.w.s. slegs sowat 6 000 tot 1840.

Ontplooiing

Ons eet nie wanneer of by wie die trekgedagte ontstaan het nie. Bes moontlik het so 'n idee teen die vroeë dertigerjare geleidelik by sommige Afrikaner-grensboerdenkers helderder begin vorm aanneem as oplossing vir hul moeilikhede. Die trekgedagte bestaan uit sowel 'n negatiewe as 'n positiewe element. Die negatiese ontvlugtingsmotief impliseer emigrasie vanuit die onrustige Kaapse oosgrensdistrikte, waar toestande soms ondraaglik skyn te word. By die beweeglike Afrikaner-grensboere sou so 'n soort oplossing aanloklik voorkom en geredelik ingang vind. Van avontuurlistiges, handelaars, jagters, sendelinge en Afrikaner-trekboere  is dikwels reeds heelwat inligting mondeling ingewin oor die noordelike en noordoostelike streke van Suider-Afrika. Nuusblaaie, tydskrifte en reisbeskrywings het ook 'n aansienlike belangstelling daarin getoon. Belangstellende grensboerleiers sou daarvan kennis geneem het dat daar noordwaarts betreklik dun bevolkte en vir boerdery aanloklike, gesonde streke beskikbaar was. Boereleiers was bewus daarvan dat inboorlingoorloë uitgestrekte landstreke noord van die Oranje en in Natal feitlik ontvolk het; en hulle het ook geglo dat van die oorgeblewe inboorlinge Afrikaner-boere as beskermhere of bondgenote sou verwelkom. In teenstelling met die posisie op die koloniale oosgrens, sou genoeg geskikte swart arbeid en vrugbare grond besonder goedkoop vrylik daar bekom kon word. Hul eie inboorlingbeleid sou daar toegepas kon word. Soos reeds uit die ervaring van die Griekwas geblyk het, sou doeltreffende vuurwapens en vinnige perde hulle i n staat stel om hulself hoër op in suider-Afrika veilig te vestig. Dit, het die vroeë propageerders van die trekgedagte geglo, was die voortreflike oplossing vir die probleme van die Afrikaner-grensboere. Sodra hulle die Britse grense oorgetrek het, sou hulle vry wees van Britse beheer en gevolglilk in staat om hul eie idees aangaande hul geestelike en stoflike welvaart in hul eie staat toe te pas. Grootse ideale het vaagweg by leiers onder die grensboere begin wink. Volkome demokratiese selfbestuur soos deur die ou Kaapse Patriotte bepleit en soos deur die Noord-Amerikaanse koloniste beoefen, sou dan verwesenlik kon word. Vir die Afrikaner-grensboer wat reeds oor drie geslagte sy stryd gestry het op twee fonte - teen die onsimpatieke oorsese owerheid en die oormag van nie-blankes in die afgeleë binnelande - het daar skielik 'n nuwe vergesig oopgegaan. Die idee van 'n Afrikanerstaat, geskep deur die Afrikaner en gebore uit die nood van die Afrikaner-grensboer, sou 'n sluimerende nasionale gevoel aanvuur. Dit kon as wekroep dien om die huiwerige en konserwatiewe grensboer te aktiveer; om die verbeelding van die idealis aan te gryp; om die Trek nie as 'n roekelose opstandige daad nie, maar as 'n Goddelike roeping in Afrika te sien. Piet Retief en Gert Maritz skryf in Julie 1837 aan goewerneur D'Urban: "wy ... als een vrye en onafhankelyk volk willen Erken worde".(16 'n Jaar later laat Andries Pretorius hom teenoor die simpatieke ds. Van der Lingen soos volg uit oor die Trek na die Noorde: "...soo sullen wy daar tot een volk worden en ter Syner eere leeven..."(17)

(16) Faksimilee in G.S. Preller (ed.): Voortrekkermense, II, p. 282

(17) H.S. Pretorius e.a. (eds.): Voortrekker-Argiefstukke, 1829-1849 (Pretoria, 1937), p. 27

Dat die trekgedagte 'n vreedsame oplossing vir hul probleme ingehou het en die grensspanning finaal sou beëindig, het dit vir baie Afrikaners aanneemliker gemaak - altans aanneemliker as alternatiewe soos oorsese emigrasie, wegtrek na die westelike distrikte, of gewapende opstand in die Kolonie. Vir die eerste Trekleiers was daar egter nog heelwat hindernisse om te oorkkom. Min van hulle het ervaring in bestuurs- en administratiewe aangeleenthede gehad. Hulle het baie ver van mekaar op die uitgestrekte oosgrens gewoon en het soms verskillende soorte boerdery beoefen, soos hoofsaaklik beesboerdery op die Uitenhaagse kusvlake en skaapboerdery op die binnelandse plato. Dit sou maklik tot meningsverskille onder Trekkergroepe kon lei, wat hulle o.m. in verskillende trekrigtings kon laat koers kry. Terwyl hulle nog in die Kolonie was, sou hulle ook nie geredelik die inrigting van hul nuwe staat kon bespreek nie. Indien enige berigte oor sodanige samesprekings sou uitlek, sou die Britse owerheid hul as rebelle kon aansien en dalk soos dié te Slagtersnek behandel. En ook die meeneem van voldoende vuurwapens en ammunisie oor die Kaapse grens sou in die geheim moes geskied, uit vrees dat openlike oortreding van die landswet tot hofverrigtings en straf kon lei.

Soos hierbo verduidelik, was die grensboere op die vooraand van die Groot Trek goed vertroud met die twee vernaamste trekrigtings wat hulle kon volg. Oor die noordelike oop vlaktes anderkant die Oranjerivier kon hulle die landstreke wat Moselikatsi met sy impi's skoongemaak het, gaan opsoek. Of hulle kon 'n koers inslaan: noordooswaarts na Natal. Dan sou hulle, om die kortste pad te volg, deur die onveilige en soms moeilik deurreisbare swart gebied met sy tienduisende inwoners moes trek. Die langste pad daarheen was eers deur die bekende Teransoranje, dan ooswaarts na onbekende Drakensbergpasse en oor die hoogste bergversperring in Suid-Afrika. Daaragter het Port Natal 'n eie hawe aan die Indiese Oseaan en 'n uiters waardevolle handelspoort na die buitewê, hulle gelok; maar daar was 'n verdere onsekere element: die Britse handelaars en jagters wat reeds sowat 'n dekade lank daar gewoon het, kon geslaagde vertoë tot die Britse regering rig om dit te annekseer. Dan sou die Britse vlag weer oor hulle wapper.

Aangesien die vroegste organiseerders van die Groot Trek hul planne geheim gehou het, weet ons vandag nie presies hoe hulle in die begin te werk gegaan het nie. Ons kan egter aanvaar dat dié grensboerleiers wat voorgetrek het, heel waarskynlik die meeste met die vroeë Trek te doen gehad het. Louis Tregardt en Hans van Rensburg, die onverskrokke maar te voortvarende pioniers van die Transvaalse Laeveld en die weg na Portugees-Oos Afrika, het in 1835 geëmigreer; Andries Hendrik Potgieter, die konstruktiewe bouer in die Verre Noorde, het teen die einde van 1835 of die begin van 1836 verhuis; en Gert Maritz het in September 1836 getrek. Dié bekwame administrateur maar soms kortgebonde vroeë Trekker was wetsagent, wamaker en boer te Graaff-Reinet. Ons het sekerheid dat Maritz bedrywig was met vroeë reëlings om die Trek aan die gang te kry.

In 1834 het die voorbereiders van die volksverhuising besluit dat nog meer inligting ingewin moes word oor die beste gebiede waarheen die Trekkers hulle kon begewe. 'n Persoon wat hierdie voortou geneem het, was die Uitenhaagse boereleier, die individualistiese, ontwikkelde Piet Uys. In September 1834 het 'n belangrike en groot  kommissie bestaande uit vername grensboere soos Jacobus Uys, Piet Uys se broer, Johannes Stephanus Maritz, Gert Maritz se broer, Johannes de Lange (die vermaarde verkenner Hans Dons) en Gert Rudolph - almal uit Albanie en Uitenhage - met 'n aantal ossewaens deur die binneland van die huidige Transkei en Port Natal vertrek. Nadat toestande in en om Port Natal sorgvuldig ondersoek is, het Uys sy geselskap vroeg in 1835 teruggelei na 'n oosgrens wat nou in ligte laaie gestaan het. Hy het baie goeie vooruitsigte vir Natal as Trekker-gebied voorgeskilder. Willem Jurgen Pretorius, 'n Trekkergetuie van die distrik Graaff-Reinet, vertel dat nog 'n verkenningskommissie na die Soutpansberg afgereis het en ook een, wat hy self meegemaak het, na die teenswoordige Suidwes-Afrika. Toe staatsekretaris Glenelg se (vir die Afrikaner-grensboer) baie ongunstige oosgrensreëlings later in 1836 bekend gemaak is; toe ander grensboergriewe ook nie uit die weg geruim is nie; toe die pas aangestelde, filantropies-gesinde luitenant-goewerneur Andries Stockenstrom ook nie doeltreffende beskerming teen grensonrus verleen nie - toe dit alles tegelyk gebeur, het die eerste groot Voortrekkergol noordwaarts begin rol.

Om verskillende redes het die Britse owerheid aanvanklik aarselend en onbeslis teenoor hierdie uiters moeilike nuwe probleem opgetree. Verskillende persone wat meegewerk het met die bepaling van die Britse beleid, het die aard van die probleem heeltemal anders gesien en gevolglik verskillende oplossings aan die hand gedoen. Staatsekretaris Glenelg, goewerneur D'Urban en luitenant-goewerneur Stockenstrom het wyd uiteenlopende menings oor Kaapse grenstoestande en grensboergriewe gelug. Die goewerneur het grotendeels alleen gestaan. Hy het die Trek as baie nadelig vir die Kolonie beskou en het sover as wat die owerhede en grenstoestande hom dit toegelaat het, grensboergriewe so spoedig moontlik uit die weg geruim. Die luitent-goewerneur het die Groot Trek gesien as 'n versnelde en vergrote voortsetting van die trekboerbeweging waaraan die Britse owerheid nog nooit blywend paal en perk kon stel nie. Volgens sy siening was die Groot Trek net so onvermydelik en hy het nie geskroom om ongevraagd openlik te verklaar dat geen Britse wette kon keer dat die Voortrekkers die Kolonie verlaat nie. Lord glenelg was geneig om sy filantropiese luitenant-goewerneur - wat tewens 'n baie ervare grensbeampte was - se mening te onderskryf. Die opstandige Voortrekkers is sonder meer vir lojale Trekboere aangesien en derhalwe is die sg. Cape of Good Hope Punishment Act van 1836, wat enkele jare tevore ontwerp is as maatreël teen die trekboer, nou teen die Voortrekker aangewend. Dit was 'n fiasko. Geen Voortrekker is ingevolge dié Wet suksesvol deur 'n Kaapse hof verhoor en gestraf vir misdae buitekant die grense van die Britse gebiede gepleeg nie. Ofskoon die britse regering in en om Suider-Afrika potensieel oppermagtig was, is aanvanklik slegs halfhartige en ondoeltreffende stappe gedoen om die Groot Trek te bekamp.

Onder dié omstandighede het die vroegste Trekkers steeds meer vertroue gekry in hul vermoë om met voldoende vuurwapens en ammunisie, strydig met die koloniale wet, die Kaapse grens oor te steek. Die temperamentele en ongebalanseerde Stockenstrom het nie alleen openlik verklaar dat die Britse owerheid nie die Trekkers kon verhoed om te emigreer nie, maar het verder met die goewerneur en ook met die grensbeamptes getwis. Laat in 1836 het hy ook grens-kommandant Piet Retief heeltemal vervreem. Toe die gesiene, ondernemende en innemende Retief nou besluit om sy lot in te werp met die Voortrekkers wat reeds in die Transoranje was, is die trekgedagte aansienlik bevorder. 'n Vername geselskap het Retief gevolg, baie ander grensboere het oortuig geraak dat trek tog maar die enigste uitweg was en het gereed gemaak om die Trekker-geledere verder aan te vul.

Daartoe het Retief self meegewerk toe hy in sy bekende Manifes sy eie trekredes, baie bondig gestel, bekend gemaak het. Hierin doen hy ook 'n beleidsverklaring aangaande Voortrekkeroptrede in die Noorde met die skepping van 'n selfstandige staat. Hy doen 'n beroep op medegrensgenote om die onrus op die Brits-Xhosa-grens te verruil vir die rus van 'n Afrikanerstaat. In daardie staat sou "proper relations between master and servant" bewaar word; in daardie staat, indien bedreig, sou lewe en besit tot die uiterste beskerm word. Die wette van die nuwe staat sou algemeen bekend gemaak word. "We quit this colony," verklaar Retief, "under the full assurance that the English government has noting more to require of us, and will allow us to govern ourselves without its interference in future." Ander Kaapse nuusblaaie neem die Manifes oor, nadat dit eers in Engels in The Graham's Town Journal op 2 Februarie 1837 gepubliseer is, tesame met 'n lys van 366 nuwe Voortrekkers. Dit was 'n mylpaal in die ontplooiing van die Groot Trek.

Toe Retief noordwaarts begin beweeg, het baie van die etlike duisende Voortrekkers tussen Thaba Nchu en die Vetrivier sy aankoms gretig afgewag. Teen die winter van 1837 het reeds heelwat gebeur en gewigtige besluite moes nou haas geneem word. Hendrik Potgieter het verbindinge met sy voorganger Louis Tregardt in die Soutpansberg probeer onderhou en met 'n kommissie die Verre Noorde, wat hom in besonder getrek het, tot oor die Limpopo verken. Intussen het Moselikatsi die koms van soveel Voortrekkers uit dieselfde rigting as dié waaruit die berede Griekwas en Korannas, wat ook met gewere gewapen was, hom tevore bedreig het, met groot agterdog bejeën. Naby die Vaalrivier het die Matebeles groepies van die voorste Trekkers en jagters oorval en 'n hele aantal gedood. Potgieter het 'n versterkte laer ingerig en teen die middel van Oktober 1836 het die Trekkers duisende krygers met swaar verliese by Vegkop afgeweer. Ook die groepie verdedigers is egter met werpspiese gevoelige verliese toegedien en die Matebeles het al hul vee gebuit. In Januarie 1837 het Potgieter tesame met Gert Maritz Moselikatsi se stat Mosega ingeneem en baie geroofde vee teruggebring. Hul k ommando van 107 man, versterk deur 'n aantal gekleurdes, het die Matebele ver na die noorde vertryf en drie Amerikaanse sendelinge (waaron eerw. Daniel Lindley) het saam met hulle teruggekeer. 'n Voorlopige, primitiewe Voortrekkerbestuur was reeds te Thaba Nchu ingerig.

Toe Retief daar opdaag, het Potgieter en Maritz nie meer goed saamgewerk nie. Nou, in April 1837, het die Transoranje-Trekkers 'n volksvergadering belê waarop Retief met die bekende titel "Goewerneur" as hoofleier gekies is. Terselfdertyd was hy ook militêre opperbevelhebber. Maritz het aangebly as hoof van die regspleging en was tegelyk ook president van die "Raad van Politie", d.w.s. voorsitter van die hoogste bestuursliggaam, wat later in die Republiek Natalia as Volksraad bekend sou word. Vir die drie regeringsmagte was daar nog nie aparte voorsiening gemaak nie; tog was die begin van die skeiding reeds merkbaar.

Omdat geen predikant van hul Hollandse Kerk sy weg oopgesien het om die Trekkers te vergesel nie, kon finale reëlings vir hul kerklike bestuur nog nie getref word nie. Die kaapse Sinode het die Trek betreur, dit pertinent veroordeel en deelnemers daaraan is later sydelings onder sensuur geplaas. Nie alleen was die predikante almal amptenare van die Britse regering nie, maar hulle was bevrees dat die Trekkers se Christelike beskawing in die afgeleë binneland sou verflou. Onder hierdie moeilike omstandighede het Retief e.a. Voortrekkers gevoel hulle moes van die voormalige sendeling van die Londense Genootskap en oud-onderwyser, die Hollander eerw. Erasmus Smit, se dienste gebruik maak. Die ietwat patetiese Smit, wat saam met sy swaer Gert Maritz getrek het, was 60 jaar oud, sieklik, liggeraak en periodiek aan sterk drank verslaaf.(18) Gevolglik was hy, veral in die kringe waar hy die beste bekend was, vir baie Voortrekkers heeltemal onaanneemlik. Dit was 'n bron van heelwat Voortrekker-onenigheid. By verskillende geleenthede is pogings aangewend om meer aanneemlike, selfs Engelstalige sendelinge, soos die Wesleyaan eerw. James Archbell en die Amerikaanse Presbiteriaan eerw. Daniel Lindley, te betrek.

(18) Die diep tragiese lewensverhaal van Erasmus Smit, 'n ineenstrengeling van geestelike dealisme, Afrikaner-nasionalisme en menslike swakhede te midde van nypende armoede, kan in P.S. de Jongh se Die lewe van Erasmus Smit (Kaapstad, es., 1977) gelees word.

Oor die bestemming van die Groot Trek moes nou 'n beslissing gevel word. Dit het 'n nog groter meningsverskil  uitgelok. Vir Potgieter het die moontlikheid van die Britse anneksasie van Natal 'n te groot risiko ingehou. Omdat hy na die Verre Noorde koers gevat het, sou hy sy toegangspoort tot die buitewêreld deur die Portugese ooskus-hawes met rustelose energie gaan soek. Met die Britse Kaapkolonie wou hy feitlik alle bande verbreek. Sy geesgenote, die voorste mense van Hans van Rensburg en Louis Tregardt, sou bewys lewer hoe gevaarlik dit vir klein groepies wa som vyandige inboorlilnge daar te ontmoet en hoe dodelik die tropiese siektes van die ooskus-vlaktes in die ongesonde seisoen vir mens en dier was. Teen die helfte van 1836 is Van Rensburg en al sy mense reeds ooswaarts digby die Limpopo deur swartes gedood, terwyl Tregardt en meeste van sy geselskap twee jaar later te Delagoabaai aan malaria sou sterf. Intussen was die onverskrokke Potgieter vas oortuig dat in die Verre Noorde, weg van Britse beheer, die grootste heil van die Voortrekkerstaat gelê het. Daar, noord van die 25ste suiderbreedtegraad, sou die Trek ook buitekant die gebied wees waaroor die Britse regering onder die Cape of Good Hope Punishment Act jurisdiksie wou uitoefen. Om die Voortrekkerstaat veilig daar in te rig, moes Moselikatsi se Matebeleryk heeltemal uit Wes-Transvaal verdryf word.

Piet Retief, Gert Maritz en Piet Uys (wat in April 1837 uit Uitenhage verhuis het) het met hul veel talryker trekgeselskappe weer besliste voorkeur gegee aan die ontvolkte en uiters aanloklike Natalse kusvlakte, met sy onmiddellike binneland tussen die Tugela- en Umzimvuburivier. As die enigste goeie hawe op 'n lang, gevaarlike kus, was Port Natal die sleutelpunt waaraagter die nuwe staat kon ontwikkel. Met baie van die Britse jagters, kleinhandelaars en groothandelaars het Retief en Uys reeds in Albanie en Uitenhage (en Uys ook in Natal) kennis gemaak en op hul hartlike samewerking gereken. Dit was ook aan hulle bekend dat die Britse owerheid reeds geweier het om Natal op die Setlaars se versoek as Britse gebied te aanvaar.

In die lig van al hierdie omstandighede en ook a.g.v. die feit dat die Voortrekkers uit baie verskillende distrikte getrek het en inherent individualiste was, het die aanwysing van Retief as "Goewerneur" geensins die onenighede onder die Voortrekkers laat verdwyn nie. Nieteenstaande heelwat en volgehoue teenkanting het Retief in Mei 1837 Erasmus Smit as predikant onder die Trekkers laat bevestig. Daar is besluit om in albei rigtings te bebeweeg: die Matebele-gevaar moes verdryf word en Port Natal moes terselfdertyd bekom word. Vanaf die Suikersbosrand, digby die huidige Heidelberg, het 'n sterk kommando van 330 man teen die end van Oktober 1837 uitgetrek om Moselikatsi se hoofkwartier aan te val. Vanaf 4 November het daar sowat nege dae lank verwoede plaasgevind wat die Matebeleryk in die Transvaal finaal beëindig het. Moselikatsi moes hom oorkant die Limpopo vestig. Toe Potgieter, Uys en Gert Rudolph met hul manskappe (waaronder Andries pretorius as besoeker verkeer het) na hul laters terugkeer, het Retief intussen 'n uiters belangrike sending na Port Natal en Dingaan se hoofstat onderneem. Vandat hy op 6 Oktober 1837 met 15 vertroulinge vertrek het uit sy laer, wat reeds digby die Drakensbergpasse gestaan het, het die goewerneur heelwat en moeilike probleme teengekom. Vir eers het hy nie die steun van ander leiers geniet waarop hy in die onderneming gehoop het nie. Om sy ossewaens langs 'n onverkende Drakensbergpas en pionierspad na Port Natal af te kry, het Retief die vermoeiendste gedeelte van sy hele Trek gevind.

Toe die hoofleier op 19 of 20 Oktober by die hawe aankom, is hy deur die meeste van die Britse setlaars, wat met swart volgelinge daar gewoon het, vriendelik ontvang en by voorbaat as latere bure verwelkom. Die besonder goedgesinde Alexander Biggar het sterk beklemtoon dat die vestiging van die Voortrekkers die setlaars groter veiligheid  teen Dingaan se dreigemente sou bied. Dan kon hul handel opbloei. Van Biggar het Retief verneem dat die toegewyde sendeling kaptein A.F. Gardiner pas op 21 Junie 1837 van Dingaan die landstreek tussen die Umgeni-rivier, die Drakensberge en die land van Faku vir die Britse Koning verkry het; maar dat die oorgrote meerderheid van die Britse setlaars Gardiner se filantropiese beleid en gesag as magistraat ingevolge die Punishment Act verwerp het. Retief se verdere probleem was nou om 'n verstandige beleid te volg teenoor die klein aantal setlaars wat reeds regte om Port Natal verwerf het. Hoe moes hy hulle gerus stel dat hulle nie in die Voortrekkerstaat verswelg sou word nie; en hoe moes dit by die ander Trekkerleiers ingang vind?

Teenoor Dingaan moes Retief ook 'n fyn diplomasie volg. Aan die begin van November het Retief skynbaar 'n geslaagde besoek aan die Zoeloekoning afgelê. Dingaan het hom bereid verklaar om die uitgestrekte gebied tussen die Tugela en die Umsimvubu aan Retief af te staan. Sy voorwaarde was dat Retief die vee wat Sikonyela van Dingaan geroof het, aan hom moes terugbesorg as bewys dat die Trekkers dit nie gesteel het nie. Toe Retief kort daarna na die Boerelaers in Noord-Natal terugkeer, was hy baie hoopvol dat sy moeilike sending volkome geslaag het en 'n buitengewone belofte van 'n skitterende toekoms vir die Voortrekkers ingehou het.

Ander Trekkerleiers het nie sy optimisme gedeel nie. Hulle teenstand, ook t.o.v. ander probleme soos Trekker-bestuursinstellilngs, het die druk op Retief verhoog om feitlik tot elke prys, ten spoedigste, die vrugte van sy onderhandelings met Dingaan te gaan pluk. Dit sou sy beleid regverdig. Retief het Sikonyela verras en was vroeg in Januarie 1838 terug in sy laer ná 'n geslaagde sending. Ná 'n mislukte poging om meer manne mee te neem, het hy op 25 Januarie direk na Ungungundlovu afgereis met 'n keurbende van sowat 70 blankes en 30 gekleurde agterryers. Nieteenstaande waarskuwings was Retief vasberade om hom en sy gevolg in die hande van die verraderlike Zoeloekoning (wat sy troon verkry het deur sy broer Tsjaka listig te vermoor) te waag ten einde 'n pragtige, strategies geleë nuwe vaderland aan die Voortrekkers te besorg en sy eie posisie as leier te verstewig. Dit was 'n onoordeelkundige besluuit. Retief se sowat 100 ruiters het op 3 Februarie 1838 by Ungungundlovu afgesaal en hy het 'n traktaat van grondafstand in Natal, gedateer 4 Februarie, voorberei vir ondertekening deur Dingaan op 6 Februarie. Met die afskeidsfunksie net daarna is die hele ongewapende geselskap op Dingaan se bevel in 'n verrassingsaanval oorrompel en gedood.

Net soos Retief se trekbesluit en Manifes 'n keerpunt in die vroeë ontplooiing van die Groot Trek was, so het sy dramatiese dood 'n verdere keerpunt in die Natalse fase in die ontplooiing van die Groot Trek beteken. Dingaan is grotendeels aangespoor deur vrees vir die towerkrag van die Voortrekkers se berede skuts, vir wie afstande niks was nie en wat so maklik sy ou vyand Moselikatsi (wie se ryk hy self herhaalde kere tevergeefs probeer verower het) verslaan en verdryf ht. Dingaan het ook in verskeie van Retief se dade 'n direkte bedreiging vir homself gesien. Allereers was daar die goedbedoelde maar onverstandige brief wat Retief op 8 November 1837 uit Port Natal aan die Zoeloekoning geskryf het, waarin die Trekkerleier Dingaan gewys het op die straf wat Moselikatsi ontvang het en bygevoeg het dat God slegte konings nie lank laat lewe nie. Dan was daar die agterdog wat by Dingaan gewek is omdat Retief die vuurwapens wat hy van Sikonyela gebuit het, nie saam met die beeste wou oorhandig nie. Dingaan se afgesante wat Retief vergesel het om toesig te hou oor die terugbring van die vee, kon ook gerapporteer het dat Retief se volgelinge reeds voor die ondertekening van die traktaat in groot getalle die Drakensbergpasse afgestroom het. Dingaan se tradisionele beleid - soos dié van Tsjaka - was om nie sterk bure te duld nie. Aangesien hy geweet het waar die Trekkerlaers gestaan het en hy hul leier in die hande kon kry,  het hy vroegtydig besluit dat hy die taktiese voordeel moes benut deur - ná sorgvuldige beplanning - skielik orals toe te slaan. Sy impi's is dadelik uitgestuur om die Trekkerlaers langs die Bo-Tugela in die nag te oorrompel. So het 1838 die krisisjaar van die Groot Trek gword. Die trekgedagte het in gevaar verkeer.

Ná die eerste verrassingsaanvalle deur duisende krygers op die verspreide en dus baie kwesbare laers langs die Bloukrans- en Boesmansrivier, vroeg die oggend van 17 Februarie 1838, het die Zoeloespeerpunt teen die middag van daardie dag teen Gert Maritz se goed verskanste laer gebreek. Altesame is bykans 300 blankes en meer as 200 nie-blanke bediendes gedood. Tienduisende skape, beeste en perde is weggevoer, waarvan min in Maritz se latere teenaanval teruggebring is. Die tyding dat die hele toekoms van die Groot Trek in Noord-Natal in gevaar was, is vinnig sowel in Transoranje as ver in die Kolonnie versprei. Maritz het 'n sterk kommando teen Dingaan begin beplan. Die Britse setlaars by Port Natal het hulle nou ook met hul swart volgelinge teen Dingaan gewend.

Albei die blanke ekspedisies het jammerlik misluk. Afgesien van Zoeloe-taktiek en moed, moet die neerlaag te Italeni hoofsaaklik toegeskryf word aan ernstige onenigheid onder die Natalse Trekkers, wat vroeg in April 1838 'n sterk kommando van byna 350 man onder die gesamentlike bevel van Hendrik Potgieter en Piet Uys na Zoeloeland gestuur het. Weens gebrekkige samewerking tussen die leiers het Piet Uys, sy 12-jarige seun Dirkie en nege ander in 'n hinderlaag oorkant die Buffelsrivier gesneuwel. Die gevolg van die gevoelige neerlaag was dat Potgieter met sy waardevolle ruitergroep weswaarts is om sy ou ideale op die Hoëveld na te strewe. Daar het hy die landstreek tussen die Vet- en die Vaalrivier op 13 Junie 1838 van die Bataungkaptein Makwana geruil.(19) Die Voortrekkerdorp Winburg sou in die suide van dié gebied ontstaan.

(19) Gesaghebbende skrywers tas hier mis. Kyk E.A. Walker: The Great Trek (Londen, 1934), pp. 118 en 226; H.B. Thom: Die Lewe van Gert Maritz (Kaapstad, ens., 1965), p. 145; A.J.H. van der Walt e.a. D.W.. Krüger (ed.): Geskiedenis van Suid-Afrika (Kaapstad, ens., 1965), p. 204. Uit Potgieter se brief aan sir H. Smith, gedateer Potchefstroom, 15 Mei 1848, is dit duidelik dat Potgieter die gebied geruil het eers ná sy terugkeer van Natal (Kyk H.S. Pretorius e.a. (eds.): Voortrekker-Argiefstukke, 1829-1849, R.141/48, p. 317, asook R17/38, p. 26)

Ses dae ná Italeni het 13 Britse setlaars en sowat duisend van hul swart volgelinge by die Benede-Tugela teen die Zoeloes gesneuwel. Met die feitlike uitwissing van die setlaarkapteinskappe by Port Natal kon die Voortrekkers kort daarna onder Gert Maritz en Karel Landman (wat net ná die zoeloe-aanvalle met sy trek uit Uitenhage aangekom het) die hawe sonder weerstand van vyandige setlaars namens die Natalse volksraad beset. Die setlaar Alexander Biggar is as landdros en die jong Skotse  Trekker William Cowie as veldkornet aangestel. Karel Landman was nou hoofkommandant van die natalse Voortrekkers.

In die moeilike winter van 1838 het die Groot Trek 'n laagtepunt bereik. Sonder die vermoë om weer aan te val, het die Natalse Voortrekkers hul posisie in versterkte laers gehandhaaf. Nieteenstaande die koue het Dingan gedurende 13-15 Augustus met sowat 10 000 Zoeloes 'n verrassingsaanval  op die laer aan die Boesmansrivier laat loods. Daar moes so om lewe en dood geveg word voordat die impi's gewyk het, dat die laer as Veglaer bekend geraak het. Weer het heelwat vee verlore gegaan. Sommige Trekkergroepe, soos dié onder Karel Landman, het  hulle op die kus om Port Natal gevestig en hulle daar verskans. So was die hawe beskerm. Die vestiging van die Greyling-groep nader aan die kus sou van betekenis word i.v.m. die latere aanleg van die voortrekkerstad Pietermaritzburg, vernoem na Pieter Retief en Gert Maritz.

Laasgenoemde se gesondheid het intussen aanmerklik verswak, totdat hy op 23 September 1838 in sy 42ste jaar gesterf het. Nou was van die vernaamste Natalse leiers slegs Karel Landman oor. Siektes en voedselgebrek het baie van die Trekkers ook nog geteister. Die hulp wat veral uit die Kolonie aangevra is, het egter in die vorm van voorrade, toerusting en manskappe begin opdaag.

Reeds 'n ruk voor die aankoms van 'n nuwe, veelbelowende leier uit Graaff-Reinet, Andries Pretorius, in die Bugelavallei op 22 November, is stappe gedoen om 'n groot kommando teen Dingaan te organiseer. Pretorius het nie as vreemdeling aangekom nie: as verkenner was hy reeds in Transoranje, Transvaal en in Natal. Hy het die tweede ekspedisie teen Moselikatsi 'n ent meegemaak, Port Natal reeds besoek en daar 'n plaaseienaar geword, en Retief op sy terugkeer van Sikonyela ontmoet en van hom sy toekomsplanne verneem. Pretorius het reeds die hoogs nodige predikant vir die Trekkers gesoek en reeds in die Kolonie die visioen gesien dat die Afrikaners noordwaarts in 'n volk sou ontwikkel. Oor die hele Groot Trek-tydperk geneem, was Pretorious een van die leiers wat die meeste tot die sukses van die Afrikaner-volksverhuising bygedra het. Vandat hierdie skitterende organiseerder en begaafde krygsman hom na sorgvuldige oorweging die eerste keer met die Trek vereenselwig het, tot sy dood byna teen die end van hierdie tydperk, het hy vername konstruktiewe bydraes gelewer.

Twee dae nadat hy op 25 November 1838 as kommandant-generaal aangewys is, het hy sy ruitermag met ossewaens na Zoeloeland uitgelei, waar hy op 15 Desember met fyn taktiek sy versterkte walaer tussen 'n diep plek in 'n sytak van die Buffelsrivier (die latere Bloedrivier) en 'n donga getrek het. Die verdedigers het bestaan uit sowat 470 man (versterk deur Britse setlaars met swart volgelinge) en teen hul vuurkrag uit geweer- en 'n paar klein kanonlope het die heldemoed van assigaai- en skilddraende Zoeloes, wat op sowat 12 500 geskat kan word, hulle te pletter geloop. 'n Plegtige gelofte wat kort tevore afgelê  is, het gelui dat indien God hulle die oorwinning skenk, hulle en hul nageslag die dag sou gedenk en 'n kerk sou bou. Dit het die Voortrekkers verder gesterk in een van die grootste en beslissendste slae wat ooit tussen blank en swart in Suid-Afrika gelewer is. Dit was op Sondag, 16 Desember 1838. Meer as 3 000 Zoeloelyke het beslis bewys dat die keur van Dingaan se regimente verslaan kon word. Daarmee is nie alleen 'n oorweldigende militêre oorwinning behaal nie, nie slegs 'n stewiger grondslag vir die kortstondige Republiek Natalia gelê nie, maar is met 'n Geloftedag nuwe, blywende Afrikanertradisies geskep wat baie lank ná die vroeë 19de eeu sou voortlewe.

Die pad het nou oopgelê na Ungungundlovu en daar naby is die beendere van Retief en sy manne en die Traktaat, waarop die Voortrekkers voortaan hul aanspraak op Natal sou baseer, ongeskonde teruggevind. Ofskoon die Zoeloes by die Slag van die Wit-Umfolozi (waar Alexander biggar o.m. gesneuwel het), op 27 Desember, byna met 'n knap hinderlaag geslaag het, was die Zoeloemoreel reeds aan die knak. Dingaan het nie weer na sy hoofstat teruggekeer nie. Sy broer, Panda, sou hom verlaat en sou - as bondgenoot van 'n Trekker-kommando - Dingaan in Februarie 1840 finaal by die Makonko-koppe verslaan. Die Zoeloekoning het noordwaarts gevlug en is daar gedood.

Die Republiek Natalia

Die Trekkeroorwinning oor Dingaan het in 'n sekere sin die ontplooiing van die Groot Trek afgesluit. Die gedurige soektog, sedert 1834, na die beste noordelike landstreke waar hulle as boere uit veeteelt en landbou 'n goeie bestaan kon maak, was beëindig. Die vestigingsfase kon begin. Die swaartepunt van die Trek is sterk na die pragtige Natal (die keuse van die meeste Trekkers) met sy strategiese en waardevolle seehawe verskuif, waar die fondamente van 'n eie staatstruktuur in hul Republiek Natalia reeds gelê was. Om minstens twee redes is die Republiek Natalia merkwaardig: as die vroegste werklike republiek in die geskiedenis van Suid-Afrika en omrede van die kortstondigheid van sy vierjarige bestaan. Sy geskiedenis bestaan merendeels uit die pogings van onervare veeboere en landbouers om met behulp van hul ervaring in die Kaapkolonie en op 'n trek 'n nuwe, uiters demokratiese staatstruktuur daar in te rig en hulself deur middel daarvan volgens eie insigte te bestuur.

Die Natalse Voortrekkers was onder gedurige direkte en indirekte druk van die Britse regering, wat steeds op hul onderdaanskap aanspraak gemaak het. Van Britse kant is daar derhalwe sorgvuldige aandag gegee aan hul optrede t.o.v. vreemde skepe wat moontlik skakeling met Franse, Amerikaanse en Nederlandse regerings kon inhou en die Trekkers in h ul verset kon versterk. Vanselfsprekend is daar noukeurige aandag gegee aan die rassebleid van die Trekkers. Sendeling-filantropiese druk sou verseker dat die gebruik van swart arbeid onder die soeklig kom, dat onderhandelings met die Zoeloes en die afdwinging van skadevergoeding en die verkryging van grondgebied aandag geniet, en dat optrede teenoor die Baka- en Pondostamme in die suide van Natal sorgvuldig dopgehou word. Om grensstrategiese oorweging sou daar ook gewaak word teen die moontlike afdruk van swart stamme na die chronies gespanne Kaapse oosgrens. Dit sou die reeds swaar Britse militêre uitgawe dáár tot ondraaglike hoogtes kon opskuif.

Ofskoon die Britse owerheid t.o.v. die Voortrekkers in Natal nog 'n ruk lank 'n heel onbesliste beleid gevolg het, het die bovermelde oorweging hom genoop om spoediger tot konkrete stappe oor te gaan. Sir George Napier, sir Benjamin D'Urban se opvolger, was baie begerig om lord Glenelg se filantropiese beleid in die praktyk toe te pas. Nadat hy 'n tevergeefse verbod op die uitvoer van wapens en ammunisie na Port Natal geplaas het, het hy toe besluit om die hawe met 'n troepemag te beset. Deur hierdie eerste direkte ingryping wou die nuwe goewerneur die Trek beëindig, of minstens deur kontrole oor sy toevoerhawe stewig beheer. In Desember 1838 het majoor Charters met sy troepemag aan land gestap. Die Natalse volksraad het tevergeefs teen Charters se beslaglegging op militêre voorrade by Port Natal geprotesteer. Blywende vrede tussen Dingaan en die volksraad kon 'n nuwe Britse bevelvoerder, die inskikliker kapt. Jervis, nie bewerkstellig nie. Toe Jervis en sy troepe Port Natal in Desember 1839 ontruim, was die volksraad reeds in bondgenootskap met Panda en in 'n sterker posisie.

Groter bestendigheid het ingetree. Die republikeinse volksraad het meer gesag gekry. Sy beheer oor sy militêre voorrade het hy herwin en die republiek se grense is vasgestel tussen Zoeloeland, die Drakensberge en die Umzimvubu. As republikeinse burgers kon die Trekkers nou rustiger lewe. Geleidelik kon hulle hul verspreide versterkte laers verlaat en op ruim plase uiteindelik behoorlike aandag aan hul boerderybedrywighede gee. Die eintlike Voortrekkers kokn die beste vrugte pluk as beloning vir hul ontberings. Aangelok deur goeie vooruitsigte, was heelwat natrekkers uit die Kolonie reeds op pad om die republikeinse geledere te versterk. Benewens boere het stedelinge en beroepsklasse, ná 'n kort seereis, in Natal begin verskyn: wetagente, mediese dokters, koopmans en handelaars, grondspekulante en natuurwetenskapliker. Daar was 'n opbloei van die Kaapse handelsverkeer met Port Natal. Terwyl in 1838 goedere ter waarde van slegs £200 na die Kaapkolonie uitgevoer is, het dit in 1839 na £4 800 toegeneem. Nog sterker het die invoer uit die Kolonie gestyg: van £5 900 in 1838 na £14 700 in 1839 en £17 000 in 1840. Namate die Trekkers se kontantgeld opgeraak het en aangesien hulle nie genoeg uitvoerprodukte kon lewer het, het die handelsverkeer verswak.

So het 'n nuwe gemeenskap in Natal begin ontwikkel. Geleidelik is die primitiewe, beweeglike grensboergroepe omgeskep in veel ingewikkelder, vaster maatskaplike strukture. Dit het meer en meer ervare amptenare geverg, wat die boeregeledere nie kon voorsien nie.. Op persone wat hulle nie volkome met die Trekgees kon vereenselwig nie, moes daar nou staatgemaak word en dit het gelei tot botsings vwat die Republiek verswak het. Die sentrale bestuur het bestaan uit  'n verkose volksraad van 24 lede (met 'n president, of voorsitter) en 'n kommandant-generaal as militêre opperbevelhebber. Die uitvoerende gesag was swak en dit sou die staatsmasjinerie se werking soms belemmer. Terwyl die Kaapse benaminge "Goewerneur" en "Raad van Poliltie" nou verdwyn het, is wat die plaaslike bestuur betref, weer die ou beproefde Landdros en Heemrade uit die Kaapse grensdistrikte ingevoer.

Met die Trekkers op die westelike Hoëveld is die eenheidsband nou herstel. Nadat Pretorius in 1840 met Potgieter ooreengekom het dat die hele Trekkergebied onder die Natalse volksraad geplaas sou word, is in 1841 deur die volksraad besluit dat 'n adjunk-raad van 12 lede op Potchefstroom in die lewe geroep sou word. Potgieter word as hoofkommandant wes van die Drakensberg aangestel. Daar kon nou egter al meer op burgerlike aangeleenthede gekonsentreer word: die mobiele fase was skynbaar afgesluit. Op kerklike gebied is nou ook 'n vaste reëling getref. Eerw. Daniel Lindley, die sendeling onder die Matabeles en Zoeloes, het hom in Pietermaritzburg gevestig as predikant van al die Voortrekkers sowel oos as wes van die Drakensberge. Hierdie innemende, praktiese Amerikaanse Presbiteriaanse geestelike het hom tot die Voortrekkers aangetrokke gevoel, soos hulle tot hom. Lindley het met Amerikaanse parallelle die verhouding tussen blank en swart in Suid-Afrika in perspektief gesien en beter as ander tydgenote begryp.

Napier het ná die ontruiming van Port Natal volgehoue aandag gegee aan die formulering van 'n nuwe beleid teenoor Natal. Ofskoon daar van baie kante groot druk op die Britse owerheid uitgeoefen is om Natal as Britse gebied te annekseer, het hierdie goewerneur 'n praktiese, realistiese uitkyk geopenbaar wat hom nie sommaar, in stryd met die beste finansiële belange van Brittanje, daar sou laat intrek nie. Enige sterk daadwerklilke optrede soos die aanvaarding van Natal as Britse kolonie en die gevolglike inrigting van die nodige bestuursinstellings en die plasing van 'n vaste garnisoen daar, sou groter uitgawes meebring as waarvoor die Britse regering toe kans gesien het. Daar is destyds geen oortuigende saak uitgemaak dat die inkomste wat Natal sou kon lewer, daarvoor sou vergoed nie. 'n Nuwesituasie sou eers moes ontstaan, op grond waarvan sterker argumente aangvoer kon word.

Sir James Stephen, die filantropies-gesinde Permanente Ondersekretaris van Kolonies, het die Britse redes teen anneksasie in die volgende kragtige woorde gestel: "It is very ill polilcy to enlarge this ill-peopled and unprofitable colony (d.w.s. die Kaapkolonie), and that to make a new settlement at Port Natal...would be merely to throw away so much money, and to multiply our relations and responsibilities towards barbarous tribes, from which nothing could ever come, but the consumption of treasure - the waste of human life, and a warfare alike inglorius, unprofitable and afflicting."(20) Nadat die Minister van Kolonies, lord Stanley, die saak aan die Britse kabinet voorgelê het, is daar besluit dat die verpligtings van die Imperiale tesourie reeds swaar genoeg was; deur uitgawes aan te gaan om Natal te annekseer, sou die Britse geldelike laste nog swaarder word.

(20) Memorandum, 31 Januarie 1842, aangehaal deur H.L. Hall: The Colonial Office (Londen, 1937), pp. 171-2, uit C.O. 48/214 in die Publilc Record Office, Londen

Aan die ander kant was die Britse regering - by monde van goewerneur Napier - ook nooit bereid om die onafhanklikheid van die Trekkers te erken nie. Die Trekkers is, as Britse onderdane, beskou as onderhewig aan die Cape of Good Hope Punishment Act. Nòg die Republiek Natalia nòg sy ampsdraers is dus deur Napier erkenning verleen. Vandaar dat 'n reeks herhaalde versoeke deur die Natalse volksraad om amptelike Britse erkenning en eindelik ook nouer samewerking steeds deur die goewerneur afgewys is.

Met die opheffing van Zoeloebeheer suid van die eintlike Zoeloeland het tienduisende ontwortelde swartes die Republiek Natalia oor sy lang grense binnegestroom. Ten einde die toestand van onrus wat in die ou Kaapse oosgrensstreke hulle daartoe gebring het om te emigreer, hier te voorkom, het die volksraad maatreëls begin oorweeg waardeur die klein blanke bevolking hul beleid van rassedifferensiasie en gebiedsegregasie in hul eie staat kon toepas. In Desember 1840 het Pretorius 'n strafkommando teen die Bakastam na die suide gelei. Dit het die Pondo's ontstel en ook die Wesleyaanse sendelinge wat 'n hele ketting sendingstasies van dié omgewing tot naby die Kaapse oosgrens gehad het. Gevolglik het die Wesleyaane superintendent, eerw. William Shaw, sterk vertoë tot Napier gerig dat Faku beskerm moes word.

Die Trekkers het die Kaapse inboekstelsel, waarvolgens inboorlingkinders vir 'n bepaalde tydperk by blanke dienshere geplaas word, na Natal meegeneem. Daar was regulasies om misbruike te voorkom, maar filantrope en sendelinge het aantygings van slawerny teen hulle ingebring. In antwoord daarop het eerw. J. Archbell bv. in September 1841 in The Graham's Town Journal ontken dat die Natallers slawerny duld. Die kern van die volksraad se arbeidsprobleem het daarin gesetel dat terwyl die Natalse boere soos in die ou Kolonie nie sonder nie-blanke arbeiders kon bestaan nie, hulle ook nie te midde van duisende onbeteuelde potensiële arbeiders 'n bestaan kon maak nie. As oplossing is bepaal dat landdroste moes toesien dat daar nie meer as vyf swart gesinne op elke boereplaas gevestig was nie. Vir die owerhede was dit natuurlik moeilik om d.m.v. swak betaalde of onbesoldigde amptenare toe te sien dat sulke wette in die uitgestrekte landstreke stiptelik nagekom word, of dat swart arbeiders nie misbruik word nie.

Met die steeds verdere aangroei van die inboorlinge in die Republiek het die volksraad in Augustus 1841 besluit om duisende inboorlinge na die Natalse suidgrens te segregeer. Daarin het Napier 'n nuwe en ernstige bedreiging vir die moeilike Kaapse oosgrens gesien: die Xhosas kon dalk uiteindelik oor die grens gedruk word en só deur hernieude krygsoperasies swaar Britse uitgawes meebring. die goewerneur besluit nou om troepe vir eers na die Umgazirivier digby die Natalse suidgrens te stuur. Later is kaptein T.C. Smith met sy 250 manskappe en 'n paar kanonne beveel om na Port Natal te marsjeer. Aan die begin van Mei 1842 word die Union Jack by die Voortrekkerhawestad gehys.

Benewens die reeds gemelde motiewe, wou Napier in die vervolg ook vreemde skepe uit Port Natal weer. In Augustus 1841 het die Amerikaanse brik Levant (kaptein Holmes) 'n beperkte handel daar gedryf, maar tog in sommige Britse handelskringe gemoedere gaande gemaak. Kort voor kapt. Smith se aankoms het die Nederlandse handelsvaartuig Brazilie (kaptein Reus) gedurende 'n opspraakwekkende besoek van 26 Maart tot 24 April ook nog die vermoede in sekere Britse kringe laat ontstaan dat die Nederlandse regering, of selfs die naywerige Franse regering, besig was om die Britse oppergesag in Suidoos-Afrika (soos elders in die wêreld) te ondergrawe.

Die koms van Britse troepe het 'n toenemende vyandigheid tussen die republikeine en die klein klompie Britte in die hand gewerk. Hierbo is aangetoon hoe daar in 1837 met Piet Retief se eerste besoek aan Port Natal van hom fyn diplomasie geverg sou word met die hantering van die Britse setlaars by die hawe. Weliswaar het die gesamentlike oorlogspoging teen Dingaan se impi's die twee partye gedwing om eendragtelik saam te span, maar die skokkende dood van Retief en sy 100 man het allerlei suspisies onder baie Trekkers gewek dat die Britse sendelinge Gardiner of Owen, of enkele van die vyandige Britse setlaars by Port Natal, Dingaan moes aangehits het. So 'n radikale daad, het hulle gevoel, was anders onverklaarbaar. Dié ongegronde beskuldiging is wyd versprei en het lank onder Afrikaners bly voortleef. Dit is dan ook verstaanbaar dat daar in republikeinse kringe 'n (soms 'n geregverdigde) vermoede was dat van die Natalse Britte besig was om hul republiek te ondergrawe deur ongunstige berigte na die Kaapkolonie te stuur en saamgesweer het om aan die Britse regering en sy troepe bystand te verleen waar hulle kon. Met die koms van kapt. Smith is die wig veel dieper tussen Afrikaner en Brit ingedryf.

'n Gespanne verhouding tussen Smith en Pretorius ontstaan. Toe eg. in 'n swak beplande nagtelike aanval met betreklik swaar verliese by Congella teruggeslaan word, het Pretorius hom in sy kamp beleër. Onderwyl Smith hardnekkig weerstand gebied het, het 'n Port Natalse Brit, Dick King, suidwaarts weggery en te perd 600 myl na Grahamstad afgelê om hulp te ontbied. Laat in Junie het die Britse ontsettingsmag onder lt.-kol. A.J. Cloete by Port Natal geland. Die ontsetting van Smith het die Boere se militêre weerstand beëindig. Op 15 Julie 1842 het die volksraad in Pietermaritzburg besluit om die onderwerpingsvoorwaardes te onderteken. Alhoewel republikeine later verdere heftige onderhandelings gevoer het, was die Britse owerheid onversetlik. Napier en die Britse kabinet het gevoel dat die Britse gesag nie meer uit Natal onttrek moes word nie. Waar die Imperiale owerhede nou meer fondse gehad het, het hulle besluit om swaar uitgawes aan te gaan om Natal as Britse kolonie in te rig. Daar is verwag dat met die ontwikkeling van Natal se natuurlike hulpbronne baie van die uitgawes mettertyd gedek kon word en daar is gehoop dat die plasing van 'n troepemag in Natal agter die Xhosafront sou meehelp om die Britse militêre geldelike las te verlig. Van die ander motiewe hierbo gemeld, is weer beklemtoon, soos die doeltreffende beskerming van die Natalse inboorlinge, die finale uitskakeling van inmenging deur vreemde moondhede en die pasifikasie van grense in Suidoos-Afrika. Die finale balansstraat wat opgestel is en wat uiteindelik die deurslag gegee het, was dat dit verstandig was om Natal as Britse kolonie te aanvaar, swaar uitgawes ten spyt. Indien Natal aan die Trekkers oorgelaat word - so het verskeie drukgroepe betoog - sou dit in die toekoms groter uitgawes van die Britse owerheid eis.

Hierdie beslissing, wat in Desember 1842 gevel is, is die volgende jaar in Suid-Afrika bekend gemaak. Geleidelik het Britse beheer en bestuur stewiger in Natal posgevat, totdat die volksraad in Oktober 1845 verdwyn het en 'n skadu-republiek opgehou het om te bestaan (Kyk verder Hoofstuk 11).

Die tweede Trek

Om basies dieselfde redes as dié waarom die eerste Trek uit die Kaapkolonie plaasgevind is, is die tweede Trek  uit Natal onderneem. Soos vroeër in die Kaapse oosgrensdistrikte, het die uitwerking van die Britse beleid baie Afrikaner-grensboere in Natal weerloos teenoor die inboorlinge laat voel op stoflike en geestelike gebied: dit het hulle as pioniers van die Europese beskawing tot in hul diepste wese bedreig laat voel. Enkele verskille was daar wel tussen Kaapse en Natalse toestande. In Natal was daar geen vrystelling van slawe nie. Die nasionale gevoel was daar onder die Afrikanerboere verder ontwikkel as in die vroeë dertigerjare in die Kaapkolonie. As gevolg van die belewenis op Trek van besondere groepsprestasies onder swaar druk, het heroïese tradisies as nuwe erfgoed onder hierdie Afrikaners te voorskyn gekom. Die marteldod van Piet Retief, die reddingsdaad van Marthinus Oosthuizen en die heldedood van Dirkie Uys is gedenk. Dan was daar 'n nuwe Afrikanervolksgelofte wat jaarliks herdenk moes word.

Een van die grondvoorwaardes waaronder die Natalse Trekkers hulle moes oorgee, was dat daar nie langer in die wet tussen blank en nie-blank onderskei mag word nie. Onrus en onsekerheid vir lewe en besit was weer die gevolg. Ofskoon die volksraad enkele jare nog beraadslaag en wette aangeneem het, het die Trekkers deur dié liggaam weinig invloed uitgeoefen. Met die doeltreffende opmeet en uitgee van plase in Natal het daar ook, soos in die Kaap, groot probleme voorgekkom. Baie Trekkers was glad nie gretig om Natal weer te verlaat nie - in so 'n mate dat hulle jare lank nog in Natal aan die hoop vasgehou het dat toestande tog sou verbeter. Teen die end van 1845 is die Britse koloniale bestuur in Natal formeel ingerig met die filantropies-gesinde Martin West as luitenant-goewerneur. Nou sou die tweede Trek uit Natal versnel (Kyk Hoofstuk 11).

Die vervulling van die Trekkers se drang om deur Natal 'n weg na die see te vind, het baie energie, smart en opofferings van hulle geverg. Die meeste vername leiers het in Natal gesterf, baie honderde Trekkers is daar deur Zoeloe-assegaaie, siektes en blootstelling gedood, tienduisende van hul beste Kaapse vee waarmee hulle daar 'n nuwe bestaan wou maak, het verlore gegaan. Dat die streek waarop verreweg die meeste van die Trekkers hul harte gesit het, geannekseer is so kort nadat hulle wel daarin geslaag het om hul Republiek Natalia in te rig, het die Trekkers sowel sielkundig as fisies ernstig geaffekteer. Nuwe Afrikaner-nasionale tradisies is geskep, maar die Natalse Afrikaner is tog weer onder die Union Jack geplaas.

Soos dié uit die Kaapkolonie, het ook die tweede Trek uit Natal nie spontaan plaasgevind nie. Dis gepropageer. Daar was dus eerste Trekkers (soos Willem Hendrik Jacobsz), agternatrekkers (soos Andries Pretorius), die agterblyers in Natal (soos Karel Landman) en enkeles wat na die Kaapkolonie teruggekeer het (soos Carel Buchner). Met die Trek uit Natal het die nuwelinge wel reeds die gevestigde swak Trekkergemeenskappe in die weste en die noordweste versterk, maar ook tegelyk verstoor, wat verdere beweeglikheid meegebring het. so i s die rustige beoefening van hul betreklik primitiewe veeteelt en landbou ontwrig. Plase wat pas bewerk was,  is herhaalde kere verlaat om nuwe plase elders te bewoon. Buitendien is op die westelike Hoëveld nuwe probleme teëgekom: nuwe grense met swartmense, die andersoortige strewe van die Trekboer-lojaliste, en die Britse belangstelling. Voortrekkers was nou in die noordelike Transoranje en in die wye Transvaal saamgetrek terwyl 'n deurgang na die buitewêreld slegs deur die warm oostelike Laeveld gevind kon word. Hierlangs het in die ongesonde seisoen malaria vir die mens voorgelê en die tsetsevlieg vir sy transportdier. Die weg na die afgeleë Portugese hawens aan die Indiese Oseaan was nou riskant en onseker.

Tot 1842 was die Groot Trek 'n vreedsame versetreaksie: vanaf 1842 begin die fase van gewelddadige verset wat sy karakter verander. Sonder 'n hewige militêre botsing tussen Voortrekkers en Britse troepe onder 'n offisier wat te Waterloo geveg het, is die Republiek Natalia nie prysgegee nie. Ook met die Britse setlaars was daar wrywing en botsings in Natal; en daar was 'n diepgewortelde vermoede dat Natalse Britte dingaan teen Retief opgestook het. Tevergeefs het Trekkerversterkings uit die Weste gekom om hul republiek te red. Die gewelddadige verset van die Trekkers sou in verdere militêre botsings uitkristalliseer totdat 'n finale republikeinse neerlaag met die hewige Slag van Boomplaats hierdie fase in 1848 sou afsluit. Daar sou nie meer geveg word nie, maar desnoods wes, noord en noordoos verder getrek word indien onderhandelings met Brittanje nie slaag nie.

Die tydperk van gewelddadige v erset van die republikeine is dan ook die wordingsperiode van die twee latere Boererepublieke. Met die hergroepering van die trekkende republikeine op die westelike Hoëveld, Oos- en Noord-Transvaal, neem die vroeë vestigingstreke van die latere republieke geleidelik vorm aan. Die aantreklike, waterryke Potchefstroom in Wes-Transvaal het sedert 1838 reeds heelwat emigrante gelok. Teen 1842 kon eerw. Lindley meer as 100 lidmate daar aanneem en byna 200 kinders doop. Veel kleiner bevolkingskonsentrasies het te Suikerbosrand, die Magaliesberg, die Apiesrivier en die Fonteinedal ontstaan. Soos hieronder sal blyk, is nuwe Transvaalse dorpe meestal gestig deur die pionier van die Noorde, Hendrik Potgieter, soms onder druk van nuwe Trekkergolwe uit Britse gebiede.

Brittanje sou gedurende die tydperk van die tweede Trek, toe die Trekkers tot gewapende verset oorgegaan het,  steeds kragtiger pogings aanwend om die Groot Trek te beheer. In dié proses sou hy al dieper in Trekkergebiede ingetrek word. Sy aansien is verhoog en die sendeling-filantrope is meer tevrede gestel; maar deur sy groter verdedigings- en administratiewe verantwoordelikhede het hy swaarder geldelike verpligtings op hom geneem. Toe die uitgawes toeneem en onlonend skyn te wees, is bedenkings geopper oor die regverdiging daarvoor. Sy pasifikasie van die binnelande het Brittanje gewikkel in 'n reeks twiste tussen Voortrekkers, Trekboere, Griekwas, Barolongs en Basoeto's.

In dié tyd het die Kaapse Xhosagrens onrustig gebly en selfs met die Sewende Oosgrensoorlog, of die "Oorlog van die Byl" (1846-1847), hewig opgevlam. In die Kaapkolonie het dit die end beteken van Stockenstrom se Verdragstaatstelsel. Sir Peregrine Maitland se laaste pogings (1844) om deur verdragsluiting met Kreli, die opperhoof van die Xhosas, en Faku, die Pondohoof, sekuriteit aan die grens te verseker, het nie geslaag nie. Albei Maitland se opvolgers, sir Henry Pottinger en sir Harry Smith, moes nog lank worstel met die uiters moeilike en besonder geldrowende probleem.

Die kentering in die Britse beleid teenoor die Voortrekkers het begin intree toe die Britse owerheid, a.g.v. nuwe verpligtings noord van die Oranjerivier, verplig is om troepe, wat nie ontbeer kon word nie, van die Kaapse oosgrens te verwyder. 'n Verdere vername faktor in die wysiging van die Britse beleid was die diepe teleurstellilng in baie kringe oor die statige kerstening van die Suid-Afrikaanse inboorlling. Daar was meer sendelinge as ooit tevore bedrywig (en ook oor groter gebiede versprei), maar hulle het skynbaar met min tasbare resultate gearbei. Veel blywende "beskawing" was daar nie te bespeur nie, behalwe dat die inboorling sy assegaai vir 'n geweer probeer verruil het.

Ten einde uitgestrekte grense doeltreffend te verdedig, het die Britse regering 'n alternatiewe beleid begin oorweeg: die aanvaarding van die Voortrekker as bondgenoot teen die inboorling. Met die verswakking van die sendeling-filantrope se invloed op die vasstellilng van Britse beleid, is die Voortrekker nie meer in die eerste plek as 'n veronregter van die swak inboorling beskou nie. Daarvandaan was dit slegs 'n stappie verder na die konvensiebeleid van die vroeë vyftigerjare, wat uiteindelik staatkundige erkenning aan onafhanklike Boere-republieke verleen het. Omdat die republieke van regstreekse toegang tot die see afgesluit was, sou Brittanje nog steeds sy oppergesag oor die baie vergrote Suid-Afrika kon handhaaf. In dié besondere raamwerk moet ons die gebeure gedurende die veertiger- en vyftigerjare in die Transoranje en in Transvaal ontleed. Ofskoon Brittanje op land en see, in en om Suid-Afrika, potensieel oorweldigend sterk was, was hy derhalwe nie geneë om die binnelandse Voortrekkers met geweld te onderwerp nie.

Soos hierbo aangetoon, het daar op die vooraand van die Groot Trek reeds 'n aansienlike aantal trekboere in die suidelike Transoranje gewoon. Dáár het baie van hulle met Griekwas en Basters in die suidwestelike streek gebots, veral oor grondbesit. Gesteun deur sendelinge van die Londense Sendinggenootskap, het Adam Kok, die Griekwahoof, sy belange om Philippolis probeer handhaaf. Ooswaarts het die Basoeto-opperhoof, Mosjesj, vanuit Thaba Bosigo sy aansprake na die vrugbare streek wes van die Caledonrivier uitgebrei. Mosjesj het nie alleen met blankes gebots nie, maar ook met swart hoofde soos die Barolonghoof Moroko van Thaba Nchu (gesteun deur Wesleyaanse sendelinge) en Sikonyela aan die noordekant. Die Basoeto-opperhoof het soms gesteun op die advies van die Paryse Evangeliese sendelinge wat in sy bergland sy volk gekersten het; maar meermale het hy self, in sy eie reg een van die begaafste diplomate in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, sy pad deur berge van moeilikhede gebaan.

Die besonder heterogene bevolkingsamestelling van die suidelike Transoranje het 'n gedurige gisting en 'n chroniese reeks woelinge meegebring wat die Britse owerheid spoedig aangespoor het om dit met sy gesag te probeer pasifiseer. Omstandighede was gunstig daarvoor. Die trekboere het Britse beskerming verlang en het hulle gedistansieer van die republilkeinse Voortrekkers wat hoofsaaklik die Winburgstreek tussen die Vet- en Vaalrivier en die Drakensberge bewoon het. Onder leiding van Potgieter het die republikeine van Winburg met hul geesgenote in Potchefstroom geskakel. Nadat die Voortrekkers tevergeefs by Port Natal vir die behoud van die Republiek Natalia gestry het, met die hulp o.a. van Jan Mocke, die leier uit die Transoranje, is die federale band met die Trans-Drakensberg verbreek. In 1843 het die republikeine op die westelike Hoëveld hul eie bestuur opgerig en 'n jaar daarna hulself onafhanklik verklaar. Potgieter en die Burgerraad het aanspraak gemaak op gesaguitoefening tot aan die Oranjerivier en die republileine het die Drie-en-dertig Artikels van 1844 as bestuursgrondslag aanvaar (Kyk verder Hoofstuk 13).

Al die elemente van hewige botsings was nou in die suidelike Transoranje aanwesig. Dit het tot die uitbreiding van die Britse gesag gelei en só die tweede Trek ook uit dié gebied ingelui. In Oktober 1842 het regter Willliam Menzies te Colesberg verneem dat Jan Mocke met sy Voortrekkers na allemansdrif aan die Oranjervier op pad was om 'n republiek noord van die rivier uit te roep. sonder magtiging van die Britse regering om verdere streke te annekseer, was goewerneur Napier verplig om die regter se eiehandige anneksasie van die geweldige landstreek tot die 25ste breedtegraad as Britse gebied, te herroep. Om dié gebied te pasifiseer, het die goewerneur 'n paar maande later 'n sterk troepemag na Colesberg laat marsjeer. Terwyl 'n sterkter beleid nou in Natal gevolg is en 'n belangrike Trekkergebied vir die eerste keer geannekseer is, het Napier besluit om in November-Desember 1843 slegs verdrae met Adam Kok en Mosjesj aan te gaan. Daarmee wou die goewerneur die Kaapse noordgrens probeer beskerm met gesubsidieerde bufferstat en sonder groot militêre uitgawes. As bondgenoot van Adam Kok sou die Britse owerheid spoedig verplig wees om die Griekwas daadwerklik teen blankes te beskerm. Die beskerming van nie-blankes teen Afrikanerboere het reeds op die Kaapse oosgrens en in Natal hewige Trekkerreaksie suigelok. In die suidelike Transoranje sou dit dieselfde uitwerking hê: heelwat lojaliste is in rebelle omgeskep. Blanke verset teen Adam Kok het aangegroei totdat Britse toepe in Mei 1845 'n gewapende Trekkermag te Swartkoppies verslaan het. Goewerneur Maitland het self die Oranjerivier oorgesteek en in Junie te Touwfontein 'n nuwe reëling met die Transoranje-hoofde getref. Hul gebiede sou in twee verdeel word en slegs in een gedeelte sou hulle plase aan blankes mag verhuur. 'n Britse resident sou teen Januarie 1846 in Bloemfontein gestasioneer word om die blankes te beheer. Met baie swak Britse steun sou die resident nie daarin kon slaag om die uitgestrekte, afgeleë landstreek te pasifiseer nie. Botsings tussen blanken nie-blank sou noodwendig voorkom, wat Brittanje steeds dieper oorkant die Oranjerivier sou intrek en terselfdertyd die tweede Trek na Winburg en oorkant die Vaal sou laat aangroei.

Intussen het Potgiter sy pogings voortgesit om deur Portugese gebied 'n nuwe hawe aan die Indiese Oseaan te soek. Om dié oogmerk te bevorder, het hy in 1845 'n dorp in Noordoos-Transvaal gestig. Vandaar het hy gehoop om weer met die Nederlandse handelslui en geestelike belangstellendes wat die Brazile na Port Natal gestuur het, kontak te maak, asook om die trefkrag van die Punishment Act heeltemal te ontwyk. Die nuwe dorp Andries-Ohrigstad het honderde wegtrekkers van die tweede Trek uit baie streke aangelok en wel in so 'n mate dat hoofkommandant Potgieter heelwat probleme begin ondervind het. Hy het wel baie blankes op 'n strategiese plek bygekry, maar is teengestaan deur leiers (soos J.J. Burger) van die sg. Volksraadparty. Weens swak paaie, malaria, die tsetsevlieg en onderlinge verdeeldheid het Potgieter nie daarin geslaag om van sy nuwe stigting 'n weg na 'n ooskushawe te baan nie. Met sowat 100 man het hy die verre noorde weer diep noordooswaarts verken. Naby die Matoppo's het hy Moselikatsi aangevazl en hom vroeg in 1848 met sy manne te Schoemansdal (weer 'n nuwe dorp deur hom gestig) by die Soutpansberg gevestig. Dit was ook 'n ongesonde streek, bedreig deur duisende swartes.

Daarmee was die tweede Trek nog nie oor nie. In dieselfde jaar het Pretorius weer 'n belangrike bydrae gemaak. Toe hy uiteindelik hoop opgegee het om in Natal 'n behoorlike lewe te lei en hoë kommissaris Pottinger tevergeefs te Grahamstad probeer spree het, is hy eers na die Magaliesberg en het hy later aan die hoof van die grootste kommando wat hy nog aangevoer het, in die suidelike Transoranje teen sir Harry Smith opgeruk. Smith het naamlik in Februarie 1848 die hele gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier en die Drakensberge as die Britse Oranjerivier-Soewereiniteit geannekseer. Die ervare Britse generaal het vinnig met 'n sterker mag beweeg en Pretorius in Augustus by Boomplaats beslissend verslaan. Toe Smith nou gepoog het om die Britse gesag en grense in Suid-Afrika te konsolideer en die beste Trekkerroetes na die ooskus te beset, het hy skynbaar 'n stewige houvas op die Groot Trek verkry. Daar was wel 'n groot noordwaartse uittog waardeur die getalle van die Transvaalse Voortrekkers sterk aangegroei het; maar juis as gevolg hiervan is die Transvaalse Trekkers, veral dié onder Potgieter en Pretorius, ontwrig. Hierdie twee laaste groot Trekkerleiers is met hul bittereinders daar geïsoleer en selfs van mekaar vervreem. Suid van die Vaal was Smith vol vertroue dat hy die vernaamse Britse probleme deur en in sy Oranjerivier-Soewereiniteit opgelos het.

Die Konvensies verleen staatkundige erkenning

Met die anneksasie vand ie geweldige groot gebied tussen die Oranje- en die Vaalrivier het die Groot Trek - soos met die anneksasie van Natal sowat vyf jaar vroeër - weer ' n laagtepunt bereik. Deur verskeie trekke is baie Afrikanerboere verarm; deurdat ongesonde streke beproef is, is baie jonk dood; omdat Trekleiers en Trekgeselskappe deur Britse optrede hul verplilg gevoel het om van die gebiede van hul eerste of tweede keuse weg te beweeg, is persoonlike botsings en bestuursontwrigtinge in die hand gewerk.

Nadat pogings te Hekpoort in die Magaliesberg en by die Olilfantsrivier aangewend is om Trekkerkragte in die Transvaal saam te snoer, is daar in Mei 1849 te Derdepoort besluit om al hierdie Trekkers onder 'n Volksraad te verenig. Die uitvoering van die besluit om 'n "Vereenigde Band van het geheel maatschappy aan deze zijde de Vaalrivier"(21)  daar te stel, is egter deur Hendrik Potgieter se afsydigheid verydel. Hoewel Andries Pretorius se uitnemende militêre gawes beskikbaar was en deur baie Trekkers na waarde geskat is, was die volksraad nou gekant teen die voortbestaan van die amp van kommandant-generaal (oof hoofkommandant). Later, in Januarie 1851, toe die volksraad tog erkenning verleen het aan militêre leiers, is nie minder nie as vier kommandante-generaal aangewys. In Wes-Transvaal word Andries Pretorius vir Mooirivier, Magaliesberg en 'n gedeelte van Marico erken en J.A. Enslin weer vir die ander gedeelte van Marico. Hendrik Potgieter word aangewys vir Soutpansberg in die verre noorde en W.F. Joubert vir Lydenburg, wat die ongesonde Ohrigstad in Noordoos-Transvaal vervang het. Dit het 'n baie ondoeltreffende en onstabiele soort bestuur aan die verafgeleë Transvaalse nedersettings besorg (vgl. Hoofstuk 13). Nòg teenoor swart stamme, nòg teenoor die Britse owerheid kon beslis en eendragtig gehandel word.

(21) Aangehaal deur F.A. van Jaarsveld: Die Eenheidstrewe van die Republikeinse Afrikaners, I, Pioniershartstogte (1836-1864), (Johannesburg, 1951), p. 100

Intussen het die Britse regering ook in die uitgestrekte binneland van sy Suid-Afrikaanse besittings in ernstige moeilikhede verstrik geraak. Sy geldelike verpligtings het nie verminder nie, soos in die vooruitsig gestel is nie; inteendeel, dit het aansienllik toegeneem. Met die uitbreek van die Agtste Oosgrensoorlog in Brits-Kaffraria moes sir Harry Smith met 'n onvoldoende troepemag ook teen opstandige koloniale Hottentotte veg. Dat baie oosgrensboere nie meer geesdriftig was om op kommando te gaan nie, het daartoe meegewerk dat Smith se verdediging van die Oranjerivier-Soewereiniteit nie meer kon standhou nie. Sonder heelwat militêre en finansiële steun kkon majoor H. Warden, die Britse resident, die vrede - veral met Mosjesj - nie handhaaf nie. In 'n poging om met swak plaaslike magte sy grensreëling af te dwing, word Warden in Junie 1851 te Viervoet deur die Basoeto's verslaan. Omdat van Britse regeringskant aan die voortsetting van die Agtste Oosgrensoorlog voorrang verleen moes word en die Britse kommissarisse Hogge en Owen gevrees het dat Andries Pretorius in die Transoranje sou inmeng, was hulle bereid om Pretorius te Sandrivier, in die noorde van die Soewereniteit, te ontmoet.

Die Britse owerheid was nou oortuig dat Smith se verdedigingsbeleid sy skatkis nog veel groter uitgawes op die hals sou haal. Die Voortrekkers moes nou as bondgenote gebruik word om sy geweldig uitgestrekte grense in Suid-Afrika te help beveilig. Dit is dan die motivering vir die Konvensie wat op 17 Januarie 1852 te Sandrivier gesluit is. Vir die heel eerste keer erken Brittanje nou amptelik die onafhanklikheid van 'n Trekkerrepubliek en wel noord van die Vaal (Kyk verder Hoofstuk 13). Vryhandel met die Britse gebiede, ook in ammunisie, word ook gewaarborg aan Brittanje se nuwe bondgenoot, terwyl verdrae met swartes noord van die Vaalrivier afgesweer word. Ná 18 jaar is een van die hoofdoelstellings van die Groot Trek in die verre noorde verwesenlik. As gevolg van hul ondoeltreffende bestuursorganisasie en onderlinge jaloesie, was daar nietemin nog steeds onenigheid onder die Transvaalse Trekkers, selfs oor die Konvensie wat die ondernemende Pretorius aangegaan het. Eers 'n rukkie nadat dit gesluit was, het Potgieter en sy geesgenote, o.m., dit aanvaar.

Die Britse mililtêre en geldelike verpligtings in Suid-Afrika het in hierdie jare so sterk aangegroei, dat sir Harry Smith in Januarie 1852 in onguns teruggeroep is. Die nuwe hoë kommissaris, Cathcart, moes voorrang gee aan die beëindiging van die Kaapse Oosgrensoorlog, waarmee hy teen die einde van 1852 ver gevorder het. In sy verdere poging om Mosjesj met 2 500 gereelde troepe aan te val, is hy egter op 20 Desember 1852 te Bereaberg teruggeslaan. Dit het die lot van Smith se Soewereiniteit feitlik verseël, want swaarder Europese verpligtings het reeds vir Brittanje voor die deur gestaan. Van Cathcart het die voorstel gekom dat 'n Britse kommissaris na die Soewereiniteit gestuur moes word om na te gaan of 'n verdere Trekkerbufferstaat nie liewer daar opgerig moes word nie. As alternatief moes 2 000 addisionele troepe daarheen gestuur word. In Maart 1853 het die Imperiale regering aan Cathcart sy instemming met eg. voorstel betuig.

Intussen is Hendrik Potgieter, ná 'n versoening met Andries Pretorius, op byna 60-jarige ouderdom op Geloftedag 1852 oorlede. Sowat sewe maande later het Pretorius in sy 55ste jaar gevolg - die laaste van die groot Voortrekkerleiers. In  hul seuns, o.m., sou nuwe leiers na vore kom om republilkeinse probleme aan te durf.

Te midde van heelwat spanning onder die heterogene groepe in die Soewereiniteit het spesiale kommissaris sir Geo. Clerk reëlings begin tref om die landstreek onafhanklik te maak. Daar was sterk verset deur baie van die Engelssprekendes wat hulle as grondeienaars, handelaars e.a. beroepslui daar gevestig het en reeds in Junie 1850 'n weekblad, The Friend of the Sovereignty, opgerig het. Uit kerklike en sendingkringe en van die kant van trekboer-lojaliste het verdere teenkanting gekom. Clerk het nietemin sy wil deurgevoer en op 23 Februarie 1854 is die Bloemfontein-konvensie onderteken. Vir die eerste keer is die Britse vlag uit 'n Trekkergebied wat reeds geannekseer was, onttrek en is Britse onderdane, sommige onder protes, van  hul onderdaanskap onthef. So het die tweede Trekkerrepubliek dan ontstaan. Die Bloemfontein-konvensie het dieselfde strekking as die Sandrivier-konvensie getoon, maar dit was meer revolusionêr en het grense e.a. sake duideliker omlyn. Die verskeie verdrae wat met nie-blanke hoofde in die Transoranje gesluit was, is verswak of nietig verklaar (Kyk verder Hoofstuk 12). Hiermee is alle binnelandse republikeine noord van die Oranje en wes van die Drakensberge nou deur Brittanje aanvaar en gesteun as bondgenote teen die inboorllinge. Ná 20 jaar het die Bloemfontein-konvensie die Groot Trek logies afgesluit.

Betekenis van die Groot Trek

Skynbaar het die Voortrekkers (wat nou reeds hierdie naam as erenaam ontvang het) teen 1854 die basiese doelstellings van die Groot Trek verwesenlik. Ná 'n twintigjarige stryd om amptelike staatkundige erkennis, is hulle nou uiteindelik deur hul voormalige owerheid toegelaat om hul Britse onderdaanskap neer te lê. Hulle kon hulself regeer volgens eie insigte, wat vir hulle by uitstek beteken het dat hulle self die verhouding tussen blank en nie-blank kon bepaal. Deur hul eie arbeidswetgewing (slegs slawerny is verbied) kon hulle hulself van 'n oorvloed goedkoop arbeid verseker. Volop goedkoop grond was reeds verseker en verder noord het daar nog baie miljoene morg braak gelê. Die mees demokratiese state wat Suid-Afrika nog geken het, is deur die Voortrekkers opgerig en sou as voorbeeld kon dien vir die aspirasies van die ouere kuskolonies, wat nog taamlik stewig onder Britse beheer was. Die Groot Trek, wat met vreedsame verset ontplooi en later tevergeefs in gewelddadige verset oorgegaan het, het tydens sy derde fase wesentlik geslaag. Nieteenstaande sterk vertoë van sendeling-filantrope, imperialiste en handelskringe, is die Voortrekkers as bondgenote teen die ontembare magte van swart Afrika aanvaar en ondersteun.

Die 18de-eeuse demokratiese denkbeelde van die Kaapse Afrikaner en die nuwe nasionaal-goedsdienstige tradisies wat die Afrikaner in Natal verwerf het, sou laat in die 19de eeu in eie republileke toegepas en uitgeleef kon word. alhoewel baie van die Kaapse en Natalse Afrikaners aan koningin Victoria lojaal sou bly en gaandeweg in taal, kultuur en gewoontes verengels, sou hulle tog oor die algemeen sensitief bly t.o.v. die Britse optrede teenoor hul republikeinse broers en susters in die binneland. Op staatkundige, maarskaplike, kulturele en ekonomiese gebiede sou daar 'n gedurige en innige wisselwerking wees tussen die Afrikaanssprekendes wat as Britse onderdane in die kuskolonies gewoon het en dié as republikeine op die Hoëveld. Talle Britse onderdane sou dwarsdeur die laat 19de eeu 'n leidende rol in die rol in die republieke gaan speel. Onder baie ander was daar J.H. Brand, T.F. Burgers en J.C. Smuts. Onder die sowat 20 000 blanke Transvalers en sowat 15 000 blanke Vrystaters - feitlik almal boere - wat ná die konvensies hul vroeë proefnemings moes voortsit om hulself te regeer, was daar 'n byna chroniese tekort aan staatkundige leiers. Daarbenewens was hulle kultureel agterlik en maatskaplik geïsoleerd. Omdat hul belangrikste bestaansmiddele, die landbou en die veeteelt, ook nog primitief was, het hul staatsfinansies nog lank benard gebly. Van die voordele van die Industriële Revolusie, wat reeds op die Kaapkolonie ingewerk het, sou hulle nog geruime tyd verstoke bly.

Op die keper beskou, het die Voortrekkers in sommige opsigte tog nie volkome in hul oogmerke geslaan nie. Hul blote getalle was onvoldoende. In die yl bevolkte Kaapse oosgrensdistrikte waaruit verreweg die meeste Trekkers verhuis het, is ver te min boere oorgehaal om te trek. Gevolglik kon verder noord te min sterk nedersettings aangelê word. Al die Trekkergebiede het dun bevolk gebly: geen Trekkers kon hulle in die Trans-Limpopo of in die huidige Suidwes-Afrika vestig nie. Uit 'n blanke oogpunt beskou, was daar in die tweede kwart van die 19de eeu bykans onbeperkte uitbreidingsmoontlikhede wat nie betyds benut is nie in 'n tydperk toe blanke Afrikaners die hef in die hande kon geneem het.

Van die kant van die Britse regering gesien, is 'n uitnemende gelelentheid om steeds 'n stewige beheer in Suider-Afrika te behou, nie gebruik nie. Staatkkundige verdeeldheid, met uiteenlopende beleidsrigtings t.o.v. nie-blankes, sou later vir die Britse owerheid aansienlike verleentheid veroorsaak. Die Groot Trek het wel groot ekonomiese voordele vir Suid-Afrika meegebring: wolskaapboerdery is bevorder, deur die ontwikkeling van groot nuwe markte is die grondslag gelê vir verdere ekonomiese vooruitgang en die skeepvaart langs die suidooskus van Afrika het gaandeweg opgeblou. Terselfdertyd het die ekonomiese wedywering van die twee kuskolonies en die twee binnelandse republieke soms die hele Suider-Afrika nedelig beïnvloed. Nieteenstaande die verslapping van Britse beheer oor die Voortrekkers, is 'n eie toegangshawe tot die buitewêreld - die sleutel tot werklike onafhanklikheid - nêrens aan die Trekkers gegun nie. Wanneer die Britse oppergesag derhalwe daarop aanspraak wou maak, kon hy Suider-Afrika nog steeds oorheers. Teen die end van die eeu sou die Voortrekkers en hul republikeinse nasate vanuit dié gunstige posisie weer onderwerp word.

Uit die oogpunt van die swartmense beskou, was die swart stamme slegs tydelik verplilg om voor die vuurwapen, die perd, die ossewa, die beter organisasie en Calvinistiese vasberadenheid van die Voortrekkers die knie te buig. Behalwe die Matebels, is die swartmense nie beslissend verslaan nie. Met beter leiding en vuurwapens sou die Zoelos hulle bv. lank voor die end van die eeu weer teen blanke beheer verset. Die swartman het nou op veel langer en baie meer grense die blanke gekonfronteer. Eenklaps is die vyftig jaar oue Xhosa-boeregrens versewevoudig in swart-boergrense dwarsoor Suidoostelilke Afrika. Daarbenewens is tienduisende nie-blankes permanent tussen blankes in die Trekkergebiede gevestig.

Die meeste langtermyngevolge van die Groot Trek moet nie in die 19de eeu gesoek word nie, maar in die 20ste. Die volle betekenis van dié Afrikanerbeweging kan dus nog nie behoorlik gepeil word nie. Terwyl die swart migrasies van die vroeë 19de eeu, wat blote getalle betref, beslis die Groot Trek verdwerg, is die grondliggende betekenis van lg. - volgens huidige insigte - veel groter. Die blanke Groot Trek het die ontvolkte streke in Suid-Afrika wat deur die swart Groot Trek geskep is, terdeë benut om die blanke beweging met 'n redelike mate van sukses te laat bekroon. Teen die tyd van die konvensies was die weg voorberei vir die Republiek van Suid-Afrika, wat eers meer as 'n eeu later sou verrys as uiteindelike verwesenliking van 'n vroeg-19de-eeuse republikeinse ideaal.

In die sestigerjare van die 20ste eeu is dit volkome duidelik dat die Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner, met sy republikeinse staatsvorm, sy politieke leierskap, sy besondere rassebeleid en sy algemene nasionaal-godsdienstige tradisies, besonder baie aan hierdie - sy eerste heroïese tydperk - verskuldig is. En dit is van minstens net soveel belang dat die Afrikaanssprekende juis tydens dié periode van die Engelssprekende Suid-Afrikaner, sy enigste blanke metgesel op 'n swart vasteland, ernstig vervreemd begin raak het. Meer as 'n eeu lank sou hierdie vervreemding as basiese historiese faktore in die Suid-Afrikaanse geskiedenis voortduur. Toe Brittanje 'n halfeeu ná die konvensies die Trekkerrepublileke geannekseer het, sou dit gepaard gaan met 'n ongeëwenaarde blanke lewensverlies, wat verder 'n diepgaande, heftige Afrikaans-Engelse bitterheid laat opwel het.

Ten slotte moet die Groot Trek ook gesien word as die vroegste bewindsoorname, op eie inisiatief, deur blankes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Met 'n beweging wat begin in die middel van die dertigerjare, ontplooi laat in die dertiger- en vroeg in die veertigerjare, en afsluit teen die middel van die vyftigerjare, slaag die Voortrekkers daarin om in groot mate van Europese beheer bevry te word. In hierdie lig gesien, is die Groot Trek in minstens een opsig uniek: dit is die enigste geslaagde rebellie in die geskiedenis van Suid-Afrika.

C.F.J. Muller

Onder redaksie van Prof CFJ Muller

500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis

Derde Hersiene en Geïllustreerde uitgawe

ISBN 9780686743134