Die Anglo-Boere Oorlog, 1854 - 1902

 Boer en Brit onder die wapen

Die Transvaalse ultimatum van 48 uur aan Groot-Brittanje het om vyfuur in die namiddag op Woensdag, 11 Oktober 1899, verstryk. Daarmee het die "politieke situasie" wat in die voorafgaande krisismaande 'n gereelde opskrif in die pers was, dwarsdeur Suid-Afrika 'n oorlogstoestand geword. Die laaste, vertwyfelde pogings van vredesoekers aan albei kante het finaal misluk en wapengeweld souo bykans 32 maande lank die stem van die rede uitdoof.

Krygswet is in Transvaal afgekondig d.m.v. 'n proklamasie van Pres. S.J.P. Kruger en in 'n manifes het Pres. M.T. Steyn sy burgers opgeroep tot die stryd waarin die Oranje-Vrystaat hom sonder aarseling, kragtens verbond, by die susterrepubliek geskaar het. Die republikeinse generaals het reeds hul opdragte ontvang. Uit Johannesburg, bron van die politieke geskille wat regstreeks tot die oorlog aanleiding gegee het, het die Uitlanderbevolking in groot getal uitgewyk terwyl swart mynwerkers onder geleide na die grense geneem is en die goudmyne vir 'n onbepaalde tyd tot stilstand gekkom het.

Die kommando's wat al grotendeels opgeroep en digby die grense saamgetrek was, het begin beweeg na die vyf gevegsfronte wat by die ontplooiing van die Boere-offensief in die eerste weke van die oorlog sou ontstaan.

Hierdie oorlogsterreine was eerstens Noord-Natal en daarnaas die suidelike front van die Basoetogrens, met die Oranjerivier langs, tot ongeveer by Oranjerivierstasie; die Vrystaatse wesfront met Kimberley as sentrum; die Transvaalse wesfront, van die Vaalrivier tot by Dedepoort, met Mafeking as sentrum, en die Transvaalse noordfront, van Tuli tot by die Mosambiekse grens, wat eers later in die stryd aktief sou word en voorlopig geen rol gespeel het nie.

Aan Boerekant was dit 'n nasie onder die wapen wat die oorlog sou voer, 'n volksleër sonder uniform, met enkele uitsonderings soos die Transvaalse polsiei of "Zarps", en die onderskeie korpse staatsartillerie van Transvaal en van die Vrystaat, wat gedissiplineerde en opgeleide, gereelde eenhede was. Kommando's van weerbare burgers is volgens distrikte opgeroep, elk onder sy verkose kommandant, met veldkornette volgens die wyke van elke distrik. In Transvaal was daar 'n verkose kommandant-generaal, ook in vredestyd; in die Vrystaat is 'n hoofkommandant slegs in oorlogstyd aangewys. Die beslissings van hoofoffisiere te velde was tradisioneel ook onderhewig aan die beraadslaginge van 'n krygsraad - 'n ernstige vertragende faktor wat, net soos in die verkiesing van kommandante en offisiere, vroeg in die oorlog sy nadele sou toon. Die opperste leiding het berus by die regerings, wat uit Pretoria en Bloemfontein in die eerste fase van die oorlog ook regstreeks deur telegramwisseling in die strategiese verloop van die operasies ingegryp het.

Deur die omstandighede van die oorlog was later nie net weerbare manne by die kommando's nie, maar selfs seuns van agt en nege jaar en bejaardes van oor die 70. In ronde getalle uitgedruk, kan die beskikbare burgers egter op ongeveer 30 000 Transvalers en 20 000 Vrystaters gestel word, met nog 2 000 Afrikanervrywilligers uit die twee Britse kolonies - algesaam sowat 52 000 man tussen 18 en 60 jaar, waarvan hoogstens 35 000 in Oktober 1899 onder die wapen gebring kon word.

Sedert die Jameson-inval h et die republieke daar geen geheim van gemaak dat hulle pogings aanwend om h ul defensief te bewapen nie. As kleingeweer is twee tipes Duitse Mauser van dieselfde kalilber ingevoer om die ouer Martini-Henry en Westley-Richards te vervang; teen die uitbreek van die oorlog was daar egter glad nie genoeg Mausers vir al die burgers nie. In die loop van die oorlog het die Mauser-ammunisie opgeraak en uiteindelik het die Boere deurgaans gebuite Engelse Lee-Metford -gewere gebruik.

Artillerie is uit Frankryk (Schneider-Creusot) en uit Duitsland (Krupp) bestel. sommige bestellings was teen die uitbreek van die oorlog nog onafgelewer, sodat dr. W.J. Leyds, buitengewone gesant en gevolgmagtigde minister van die Suid-Afrikaanse Republiek in Europa, ingewikkelde pogings - byna beheel vrugteloos - moes aanwend om dit in Suid-Afrika te kry. Die enkele batterye geskut waaroor die Transvaalse Staatsartillerie (onder aanvoering van lt.-kol. S.P.E. Trichardt) en die Vrystaatse Staatsartillerie (onder bevel van maj. R. Albrecht) beskik het, was in getal slegs 'n handjievol, hoogstens 70, teenoor die magtige vuurkrag, o.m. skeepskanonne op onderstelle gemonteer, wat die Britse leër sou aanwend. Die Boerekanonne (behalwe 'n aantal verouderde stukke) was Krupp- en Creusot-veldkanonne van 7,5 cm en vier Creusot-vestingkanonne van 15,5 cm, wat as "Long Toms" bekend geword het en almal later in die oorlog deur die Boere self vernietig is. Daar was voorts Krupp-howitzers en sowat 22 Vickers-Maxim-outomatiese snelvuurkanonne van 3,7 cm, die gedugte "pom-poms" wat met bommetjies van een pond geskiet het. Die Boere het ook oor sowat 30 Maxim-masjiengewere (of "meksims") van twee kaliber beskik.

Die Boeremagte het van die begin die agterstand gehad dat geen enkele kommando slaggereed of behoorlik toegerus was nie en dat die militêre leiers nog boonop waardevolle tyd en aandag aan die kommissariaat moes wy. Daarby was dit onopgeleide burgerlike vergmateriaal met byna geen krygservaring nie - behalwe kleinere Transvaalse veldtogte teen swart stamme - en wat ongewoon was aan die militêre dissipline wat die tradisionele individualisme en gemoedelike informaliteit enigsins sou beteuel, of 'n man sou verhinder om (soos in die eerste maande van die oorlog op groot skaal voorgekkom het) met of sonder verlof eers 'n keer "huis toe" te gaan om na sy gesin of boerdery om te sien.

Daarenteen het die Boer met 'n bepaalde voorsprong die stryd aangeknoop teen die gereelde Britse leër, met sy ervaring in Engeland se talryke oorsese koloniale oorloë in Afrika en Indië en militêre opleiding van die hoogste orde volgens die eise van die Koningin se magte. Die Boer het die klimaat en die terrein van sy vaderland haarfyn geken; hy was 'n uiters beweeglike ruiter teen wie die gebruik van voetvolk op die lange duur nie sou baat nie. Bowendien was die Boer 'n kleingeweerskut wie se weerga moeilik te vinde was en dit was 'n kwalifikasie van die uiterste betekenis in hierdie oorlog, waarin masjiengewere nog 'n betreklilk onbelangrike rol gespeel het en statiese loopgraaf-oorlogvoering nog iets van die toekoms was.

Hoewel die Transvaalse ultimatum van 9 Oktober 1899 geëis het dat Britse troepe wat sedert Junie op die grense van die republieke saamgetrek is, verwyder word, was die werklike getal Britse troepe nog nie groot toe die oorlog uitgebreek het nie. Nadat lt.-genl. sir George White, V.S., met 12 000 man as bevelhebber uit Indië aangekom het en hom in Ladysmith gevestig het, was daar rondom die Boererepublieke altesaam sowat 27 000 man, waarvan meer as die helfte in Noord-Natal was, in die Britse wig of driehoek tussen die drie punte Charlestown, Mount-aux-Sources en Rorkesdrift, 'n gebied waarin ook Dundee se steenkoolvelde geleë is. Die res van die Britse magte was yl versprei oor die Kaaplandse spoorwegsleutelpunte - by Stormberg, Noupoort, De Aar en die Oranjerivierstasie (naby Hopetown) - terwyl sametrekkings in Mafeking en Kimberley 'n Boere-aanval afgewag het.

Altesame was die Britse sterkte in die eerste belangrike weke ongeveer gelyk aan dié van die Boere en die militêre kanse dus baie gelyk tot in November; daarna nooit weer nie. Dit Britse magte wat met die uitbreek van die oorlog beskikbaar was, moes slegs defensief optree om die eerste Boere-aanvalle teen te hou. Die Britse berekening was om met die uitstuur van 'n leërkops onder genl. sir Redvers Buller, V.C., die opperbevelhebber, die troepetal tot 50 000 te verhoog; tesame met plaaslike troepe in die Britse kolonies, moes dit die Britse offensiewe hoofplan teen die republieke uitvoer en die oorlog beëindig.

Die verloop van die vyandelikhede sou teen die einde van 1899 reeds leer dat veel meer Britse troepe nodig was; binne enkele maande was daar (volgens Britse opgawes) oor die 176 000 in Suid-Afrika en daarna gemiddeld nooit minder as 151 000 op een tydstip nie, insluitende 28 000 wat uit die Britse dominiums Kanada, Australië en Nieu-Seeland gekom het, en 109 00 ongereelde troepe uit die Britse Eilande. Teen die vredesluiting was aan Britse kant van altesame 448 725 man in die oorlog teen die Boererepublieke gebruik gemaakk - 'n oorwig van minstens vier tot vyf vegtendes teen een.

Die Britse Departement van Oorlog het al van 1896 aandag gegee aan moontlike planne vir 'n toekkomstige oorlog teen die republieke en rekening gehou met 'n Boere-aanval oor die grense, wat die republieke 'n aanvangsvoordeel sou besorg. Die kerngedagte van die Britse plan was om uit die Kaapkolonie langs die bestaande spoorweë die offensief te loods en nie in Natal nie, soos tydens die oorlog van 1880-1881 die geval was en soos die Boere-leërleiding dit inderdaad ook nou verwag het. Een onsekere faktor in die Britse beplanning was die posisie van die Vrystaat: indien die suidelike republiek dadelik tot die oorlog sou toetree (soos wel gebeur het), kon 'n sentrale Britse opmars oor Bethulile en Norvalspont uitgevoer word; bly die Vrystaat buite die stryd, sou Transvaal met 'n opmars langs die Kimberleyspoorweg en deur Griekwaland-Wes bereik moes word.

In die eerste defensiewe stadium sou Kimberley dus in alle geval verdedig word as sentrum van die gebied Griekwaland-Wes, waar die koloniale bevolking sterk republilekgesind was. Dit moes in alle geval om prestige-onthalwe behou word. Kol. R.G. Kekewich is dus met 5 200 troepe in Kimberley gelaat, met nog 9 000 op ander strategiese punte wat Bullers se uiteindelike opmars moes beveilig en die Transvaalse wesgrens meos beset tot in Mafeking, waar die wakkere kol. R.S.S. Baden-Powell met twee regimente en etlike duisende nie-blanke hulptroepe die Boere se aandag aan die Betsjoeanalandse grens besig moes hou.

Verder is met opset die indruk geskep dat die Britse aanslag in Natal sou plaasvind, 'n lils wat die Boere inderdaad om die bos gelei het tot kkort voordat die werklike hoofaanval in Februarie 1900 van stapel gestuur is.

Wat die Kaapkolonie betref, het die kabinet van W.P. Schreiner, wat met die steun van die Afrikanerbond aan bewind was, 'n aarselende beleid gevolg om sy plig teenoor die Imperiale owerheid na te kom sonder om afvalligheid onder koloniale Afrikaners te veroorsaak. Aan albei kante is daar misgetas. Die Boere het nie besef hoe belangrik die suidelilke front was en hoe maklik hulle deur 'n onmiddellike sterk inval in Kaapland 'n grootskeepse opstand onder koloniale Afrikaners kon veroorsaak en die hele Britse oorlogsplan kon ontwrig nie. Toe 'n inval dus wel onderneem is, was dit onseker en sonder beslissende krag, in weerwil van die feit dat persone soos die Transvaalse staatsprokureur, J.C. Smuts, en dr. W.J. Leyds, wat sake geeneen regstreeks kon beïnvloed nie, dit vooraf sterk bepleit het. Van Britse kant, daarenteen, was die vernaamste vrees juis dat die noordelike en noord-oostelike Kaaplandse distrikte in opstand kon kom, maar wonderlilk genoeg is geen rekening gehou met 'n sterk Boere-inval oor die Oranje nie.

Die boere-krygsplan was in wese defensief: die verdediging van die grondgebied van die twee verbonde republieke, maar op Britse bodem en hoofsaaklik in Natal, waar die Britse hoofaanslag verwag is. In die weste sou die oorlog ook as afweer-aksie oorkant die grens, van die Molopo tot die Oranjerivier, gevoer word. In die suide sou die oorgange oor die Oranje bewaak word, maar aanvanklik sonder 'n bepaalde plan om die Oranje oor te steek.

Die eerste maande: Stryd op Britse grond

Terwyl die Britse Parlement die eerste paaiement bewillilg van die byna £200 miljoen wat die oorlog in Suid-Afrika uiteindelik sou kos, en die Lliberale opposisie o.l.v. sir Henry Campbell-Bannerman met heftige welsprekendheid die onregverdig oorlog verdoen wat Chamberlain, Milner en die Salisbury-regering aan die boere opdwing, trek die Transvaalse kommandant-genenraal, Piet Joubert, Noord-Natal binne en stoot genl. Piet Cronjé se kommando's oral oor die wesgrens.

'n Skouspelagtige offensief was dit nie; inteendeel, dit was 'n tydsame proses wat weinig tekens verraai het dat die Boereleiding die lewensbelangrike feit besef het dat hulle sukses moes verseker deur aanval en oorwinning binne die eerste vier of vyf weke, voordat die onuitputlike stroom Britse versterkings en materiaal oor die oseaan sou begin vloei.

Joubert, gesteun deur die Vrystaters wat oor die Drakensbergpasse kom, trek op 12 Oktober in reënweer met 16 560 man van drie kane die "wig" van die Britse gebied in Noord-Natal binne en beset Newcastle enkele dae later sonder teenstand, steeds sonder aanraking met White se hoofmag van ongeveer 16 000 in en om Ladysmith en die vooruitgeskowe Natalse leër onder genl.-maj. sir W. Penn Symons (sowat 4 000) in Dundee. Voordat die eerste skote in Natal klap, buit genl. J.H. de la Rey op 13 Oktober by Kraaipan, op die Kimberleyspoorweg suid van Vryburg, die eerste Britse gepantserde trein, en Cronjé gebruik sy hoofmag van 5 000 om van Ottoshoop af teen Mafeking op te trek.

Kort daarna word Baden-Powell ingesluit deur 'n oormag Boere, wat waardevolle tyd en mannekrag hier verspil in 'n nuttelose beleg wat die geniale en vindingryke Britse aanvoerder sewe maande lank meesterlik weerstaan. Weldra sou dieselfde kortsigtigheid by Kimberley herhaal word en aan die hele wesfront word naastenby 20 000 man versnipper in plaaslike operasies wat oral slaag, maar vir die Boere op die lange duur geen voordeel inhou nie.

Joubert se linkervleuel, die kommando's onder genl. Lucas Meyer uit Utrecht en Vryheid, lewer op 20 Oktober die onbesliste slag van Talana teen die magte in Dundee en word weens gebrek aan samewerking van die kant van genl. D.J.E. Erasmus, wat op die Impatiberg was, genoodsaak om oor Buffelsrivier terug te val. Genl. Penn Symons word in die slag dodelik gewond. Sy opvolger, genl. J.H. Yule, ontruim Dundee en slaag daarin - deels weens trae optrede van die Boere - om op 25 Oktober oor Van Tonderspas Ladysmith te bereik, met agterlating van sy voorrade, ammunisie en gewondes.

Die sukses by Dundee het saamgeval met die eerste Boereneerlaag, op 21 Oktober, by die spoorwegstasie Elandslaagte. Hier is die kommando van asst.-genl. J.H.M. Kock (lid van die Transvaalse Uitvoerende Raad), wat dit op heel onversigtige wyse verder in die rigting van Ladysmith gewaag het as wat sy opdrag bepaal het, deur Britse magte na 'n hewige slag in die pan gehak, met inbegrip van die Hollanderkorps en Adolf Schiel se Duitse Korps. Genl. Kock self is in Ladysmith aan sy wonde oorlede; onder die gesneuweldes was die Duitse vrywilliger, graaf Zeppelin, en die dappere dr. Herman Coster, voormalige staatsprokureur van Transvaal. Van byna 800 man was daar 336 ongevalle en gevangenes. Terwyl die eerste Britse krygsgevangenes van die Dundee-slag na Pretoria vertrek het, het dus ook die eerste Boerekrygsgevangenes die eensame pad van ballilng betree na die eiland St. helena en die oorsese kampe wat die Britse owerheid weldra op die Bermuda-eilande in Wes-Indië, op Ceylon en op die vasteland van Indië sou inrig.

Die dag ná Elandslaagte moes die Britse troepe die terrein reeds weer ontruim en na Ladysmith terugtrek, terwyl die Boere die spoorweg beset het. Om Yule se terugtog uit Dundee te dek, moes white op 24 Oktober met meer as 5 000 man by Rietfontein die Vrystaters van genl. Andries P. Cronjé se druk uit die weste (wat Yule van Ladysmith kon afsny) vóórstaan. Met die hierslag van Rietfontein het White sy doel bereik en teruggeval na Ladysmith, wat nou van verskillende kante deur die Boeremagte genader is, met Joubert se Transvalers op die koppe noord en oos van die dorp en die Vrystaters in die weste. White probeer met die 12 500 man tot sy beskikking die bondgenote uiteendryf met 'n kragtige aanslag, die slag van Lombardskop of Modderspruit (Maandag, 30 Oktober), wat vir White rampspoedig afloop. Dit was inderdaad 'n dubbele neerlaag, want 'n Britse agterom-beweging teen die Boere-regterflank noord van Ladysmith is op dieselfde dag by Nicholsonsnek verydel. In hierdie neerlaag, waarby lt.-genl. F.R.G. Carleton se hele mag tot oorgawe gedwing is, kom die eerste keer die naam voor van waarnemende kmdt. C.R. de Wet, van die Heilbronse kommando, wat hier 'n belangrike aandeel aan die Boeresege gehad het.

Die "Mournful Monday" van 30 Oktober het die Britse leër altesame 1 764 ongevalle gekos, waarvan 1 284 krygsgevangenes was. Onmiddellilk daarna is die omsingeling van Ladysmith voltooi. Op dieselfde tydstip het die Boeremagte na heelwat vertraging, Kimberley begin insluit, met die ongeduldige Cecil Rhodes daarin vasgekeer; die kommando's aan die Oranjerivier het hul opdragte ontvang om die kaapkolonie binne te val en Buller het in Kaapstad aan wal gestap.

Nie alleen was vyf sesdes van alle Britse troepe in Natal meteens in Ladysmith vasgekeer nie, maar sir George White self was so 'n vername militêre figuur dat sy moontlike gevangeneming deur die Boere bv. by die nasionalistiese elemente in Indië nadelige gevolge kon hê; boonop het die Boere nou aan die Tugela gestaan en was die pad oop, moontlik tot in Durban, indien hulle dit wou waag.

Die Natalse situasie was ernstig genoeg om Buller tot die belangrike besluit te beweeg om sy leërkorps - wat  uitsluitlik vir die sentrale opmars langs die Kaapse spoorweë bedoel was - te verdeel en self die gety in Natal te gaan keer, terwyl 9 000 man onder lt.-genl. lord Paul Methuen van die Oranjerivier langs die spoor na Kimberley sou opruk.

Aan die sentrale front, van Aliwal-Noord tot Norvalspont, waar die Boerekommando's in die eerste twee weke van November die Kaapkolonie binnegeval het en verskeie distrikte onder krygswet geplaas is, sou genl.-maj. sir W.F. Gatacre (vanaf Queenstown) en genl. French, wat net betyds uit Ladysmith ontsnap het om in die komende maande as kavallerie-aanvoerder 'n belangrike rol te speel, vanaf Noupoort die bedreiging vir die Kolonie afkeer.

Aan alle fronte het die Boere op Britse grondgebied geveg; hulle sou dit inderdaad byna vier maande lank nog doen. Tog was die oorlogkanse vir die republieke nie so gunstig as wat dit voorgekom het nie: die beslissende aanvangsvoordeel wat 'n snelle opmars kon lewer en die politieke uitwerking wat dit kon hê, was reeds onherroeplik verlore. Joubert se aksie in Natal was oorversigtig, tydsaam en onondernemend. Om Ladysmith was 6 000 Boere grotendeels ledig om White op te pas en van 'n blitsveldtog na Pietermaritzburg en na die kus van Natal - wat 'n jonger generaal soos Louis Botha graag wou probeer - wou Joubert nie hoor nie. Die Boere-opmars na Weenen, Estcourt en Mooirivier loop ná die slag van Willow Grange (23e November) op sy bevel dood. Toe Buller in Pietermaritzburg opdaag, was die Boere op die terugtog om benoorde die Tugela die vyand in te wag en neem Louis Botha tydel die bevel oor van Joubert, wat weens ongesteldheid met verlof Pretoria toe gaan.

Die insluiting van Mafeking het duisende burgers aan Cronjé se wesfront vasgepen, terwyl die suidelike front aan die Oranjerivier - wat slegs nog terloopse aandag gekry het - na Kaaplandse bodem verskuif is, nie om 'n uitgebreide inval te loods (soos die Britse leërleiding nou begin vrees het) nie, maar as defensiewe maatreël teen Britse troepebewegings waarvan Pres. Steyn verneem het en waaroor hy ongerus was. Nietemin het die inval van Boerekommando's wat algaande ook Kaapse grondgebied formeel geannekseer het, baie Afrikaners - selfs enkele lede van die Kaapse Parlement - by die republikeine laat aansluit.

Krygswet is in Colesberg en aangrensende distrikte afgekkondig. Hier, en ook in Griekwaland-Wes en die distrik Prieska, was daar wydverspreide rebellile wat in die volgende maande stelselmatig deur die Britse leërleiding bekamp moes word.

Die posisie van die Schreiner-ministerie, wat alreeds om hul simpatie met die Boeresaak gewantrou en uitgekryt is, het teenoor die eise van die Imperiale owerheid al moeiliker geword op 'n tydstip toe die Boere-inval deur die verhitte oorlogsgees as deel van 'n "Pan-Afrikanersameswering" bestempel is.

Toe Boerekommando's Colesberg beset en Aliwal-Noord en Burgersdorp binnery op pad na Stormberg, verskyn French in Noupoort om die Colesberg-front aan te pak. Hy sou tot Februarie 1900 in dié sentrum besig bly, met Gatacre aan sy regterflank, terwyl Methuen op 21 November na Kimberley begin beweeg en Buller in Natal gereed maak om uit Frere die Boerelinie weerskante van Colenso aan te durf. Methuen het die spoorweg noordwaarts gevolg en drie keer agtereenvolgens slaags geraak met die Boere wat sy pad versper het: by Belmont (23 November) kon hy die Vrystaters van kmdt. Jacobus Prinsloo tot die terugtog dwing; in die tweede slag by Graspan (25 November) sluit genl. J.H. de la Rey agt myl noord van Belmont by Prinsloo aan en ly die Naval Brigade vyftig persent ongevalle voordat die Boeremagte ordelik na Modderrivier terugval. Hier sluit Cronjé, wat tot dusver nog by Mafeking doenig was, hom by die verdedigers aan. Die derde slag in die weste word op 28 November uit vlak loopgrawe op die oop vlakte by die samevloeiing van die Modder- en Rietrivier deur 3 000 Boere gevoer. Dit word 'n afweerslag waarin die Britse gardetroepe oral gefnuik word. Cronjé val daarna onnodiglik uit hierdie stellings noordwaarts na Magersfontein terug, onderwyl Methuen 12 dae by Modderrivier rus. Sy vordering was bevredigend, maar in hierdie stadium kies De la Rey met aangebore taktiese sin stellilngs in die rante by Magersfontein, met loopgrawe vóór die rantjies om laag oor die vlakte te kan vuur.

In die tweede week van Desember 1899 - die berugte "Swart Week" - het die Britse leër aan die sentrale, westelike en Tugelafront drie snel-opeenvolgende neerlae gely. By Stormberg het Gatacre hom ná 'n mislukte nag-opmars teen die Vrystaters en rebelle onder genl. J.H. Olivier rondom die spoorwegaansluiting vasgeloop en op 10 desember swaar ongevalle gelyk. Twee dae later loods Methuen met sowat 12 000 man 'n frontaanval wat rampspoedig afloop teen die Boerestellings by Magersfontein. In die slag van 12 Desember teen Cronjé en De la Rey (wat saam oor ongeveer 8 000 burgers beskik) word die Britse aanval bloedig gestuit. Onder die byna 1 000 Britse ongevalle was die swaarste die verliese van die Highland Brigade, o.a. die bevelvoerder, genl.-maj. A.J. Wauchope, wat vroeg in die môre gesneuwel het. Methuen se gehawende mag val na Modderrivier terug en in Kimberley neem die ongeduld en spanning toe tussen die militêre owerheid daar en Cecil Rhodes, wie se aanwesigheid die vernaamste rede was vir die voorkeukrpoging om die dorp te ontset.

Die swaarste slag tref Buller op Vrydag, 15 Desember, aan die Tugela. Ontsteld oor die teëspoed by Stormberg en Magersfontein, besluit Buller op 'n frontaanval (wat hy eers nie van plan was om te waag nie) teen die middelpunt van die stellings wat Louis Botha ten noorde van die rivier, by Colenso, ingerig het, met 'n verlenging verder weswaarts na Spioenkop en ooswaarts tot by die Hlanghwanekop of Bosrand. Op veel verwoestender skaal as by magersfontein slaan Botha se 5 000 man, hoofsaaklik met loopgraafvuur, ná ses uur die massale Britse aanslag van 23 000 man en en 42 kanonne terug. Met 1 100 ongevalle en die verlies van 10 kanonne, trek Buller terug en dink 'n oomblik selfs mismoedig daaraan om White in Ladysmith aan sy lot oor te laat.

Die juigkrete wat die Boere-oorwinnings op die Europese vasteland en onder die talryke Boere-simpatiseerders in Engeland self ontketen het, is deur die Britse leërleiding dadelik met aksie beantwoord. Twee divisies was al op see en 'n derde byna gereed; Buller is (sg. slegs buite Natal) as opperbevelhebber vervang deur die 67-jarige veteraan, veldmaarskalk lord Frederick Sleigh Robeerts, V.C., die held van Kaboel en Kandahar, wat 'n ewe  uitgelese figuur as stafhoof saamkry, lord H. Herbert Kitchener van Khartoem, gewese Sirdar van die Egiptiese leër en oorwinning van Omdurman. Hy was 'n militêre organiseerder by uitnemendheid en sou die strateeg Roberts uitstekend aanvul. Roberts se prestige was reeds 'n bemoediging in die Britse uur van teëspoed; ná  sy aankoms op 10 Januarie 1900, het hy onmiddellik Kaapstad sy hoofveldtog, wat van Moderrivier van stapel gestuur sou word, begin beplan.

Intussen het rebellebedrywighede in Januarie oral in Noord-Kaapland en Griekwaland-Wes opgelaai, ywerig aangevuur deur 'n ekspedisie van genl. P.J. Liebenberg van Potchefstroom. Britse troepe slaan by Upington, Douglas, Prieska, Hopetown, Philipstown en Kuruman vuur dood, terwyl die Boere agter die stilte van die Tugelafront met 4 000 man 'n heldhaftige aanval uit die suidekant teen Ladtysmith loods by Platland (van Engelse kant Waggon Hill genoem). Dié aanslag van 6 Januarie 1900 is egter deur ewe dappere verdediging afgeslaan, met heelwat verliese aan beide kante.

Aan die Colesberg-front was die toestand vir die Britse wapens gunstiger. French het in Desember gevorder teen die weifelende genl. Hendrik Schoeman, wat later - ná Magersfontein - deur De la Rey te hulp gekom moes word. Namate die onenigheid onder die Boere-aanvoerders afgeneem het, is French kragtiger aangetas, tot Roberts hom na Kaapstad ontbied om ingewy toe word in die aanstaande veldtogplan. Genl.-maj. R.A.P. Clements neem die bevel in die suide oor op 'n tydstip toe die Boeremagte al begin wegtrek om die aanstaande bedreiging suid van Kimberley te help keer.

Buller maak sy tweede aanslag aan die Tugela nadat sy troepemag aangegroei het tot oor die 30 000 man, met ongeveer 60 kanonne. Onder sy bevel was ook nou lt.-genl. sir Charles Warren - wat al vanaf 1877 verskeie kere in Suid-Afrika diens gedoen het - met die pas aangekome 5de Divisie. Toe Buller teen 14 Januarie begin roer, was die Boerestellings ver na die weste uitgereik; i.p.v. 'n oostelike omvleueling oor Hlanghwanekop te probeer, wat uiteindelik die enigste weg na Ladysmith sou blyk, kies buller 'n westelike omvleueling - wes van Spioenkop en oor Trigardtsdrif - wat aan Warren opgedra word. Die besetting van Spioenkop en die ontruiming op 24 Januarie 1900 was van Britse kant 'n treurspel van misverstand en oordeelsfoute waarvoor sowel Warren as Buller aanspreeklik was. Dit was 'n verbete slag wat as oorwinning van betekenis vir Louis Botha se magte geëindig het. Van die 1 653 Britse ongevalle het op die kop meer as 300 gensneuweldes gelê, teenoor 50 aan Boerekant gedood en 120 gewond. Wedersydse verwyte en teenbeskuldigings rondom Buller en Warren (wat tot 1902 sou duur) was volop. In Engeland was daar groot verontwaardiging, te meer aangesien Ladysmith, die doelwit van al die Natalse operasies, nog steeds nie ontset was nie.

Terwyl Buller, wat in weerwil van sy mislukkings aan die Tugela nooiot die vertroue van sy eie offisiere en sy gewildheid by sy leër verloor het nie,  hom gereed maak vir 'n derde poging om oor die rivier te kom, deel Roberts in Kaapstad aan sy binnekring sy veldtogplan mee. Reeds in 1898 het hy dit basies ontwerp: In die geval van 'n oorlog teen Transvaal sou oor Kimberley en Mafeking opgeruk kon word, en dan - soos Jameson in 1895 probeer het - ooswaarts na die Rand en Pretoria. Roberts het sy plan intussen gewysig: die ooswaartse swenk sou hy tussen die Oranje- en Modderrivier uitvoer, reguit na Springfontein of Edenburg, om die Vrystaters se verdediging van Bloemfontein uit Natal en van die suidelike front in te dwing. Ná Spioenkop wysig Robert sy plan weer eens; hy sou Kimberley en passant probeer ontset en meer noordelik swenk as wat die voorneme aanvanklik was, om Cronjé aan te pak. Intussen het hy met alles die skyn geskep dat hy sy hoofoffensief tog aan die Vrystaatse suidgrens wou loods, oor Norvalspont en Bethulie. Roberts het Inderdaad, met sy stille strategie en maklike metodes (wat by Milner persoonlik weinig vertroue gewek het en ook in stryd was met die logge handboekvoorskrifte van die Britse leëropleiding) minstens die Boereleiers mislei, wat nog steeds die aanval uit die suide verwag het. Toe die energieke "Bobs" op 8 Februarie 1900 by Methuen se kamp aan Modderrivier opdaag om "die Tugela by Magersfontein oor te steek", soos hy dit self bewoord het, verneem hy van Buller se derde mislukking teen die Tugela-linie.

Deur Potgietersdrif is 'n aanval geloods en 3 000 man onder genl. N.G. Lyttelton het regstreeks die Boereposisies oorkant die rivier by Vaalkrans aangeval. Ondanks 'n ontsettende bombardement deur 36 kanonne, het 'n handjievol burgers onder kmdt. Ben Viljoen die kop so lank as moontlik verdedig. Nadat dit prysgegee is, het Buller besef dat Vaalkrans tog nie die sleutelposisie was nie, dit weer laat ontruim en oor die Tugela teruggekeer, terwyl in Ladysmith die nood ten top gestyg het onder White se vasgekeerde garnisoen.

Roberts se opmars: Die gety keer

Met duidelike oogmerke het Roberts op 11 Februarie 1900 begin beweeg. Hy sou sy 30 000 man (vier divisies voetvolk en die kavalleriedivisie van French wat verder in die oorlog so 'n belangrike rol sou speel) gebruik om Kimberley te ontset, Cronjé se hoofmag uit te skakel en Bloemfontein in te neem.

French het op skitterende wyse die operasies begin deur met sy ruitery netjies verby Cronjé se Magersfontein-posisies te kom, Kimberley op 15 Februarie te ontset en weer by die bewegings teen Cronjé aan te sluit terwyl die Boere, wat so lank vrugteloos om Kimberley gelê het, na Boshof terugval. French het hier die waarde van die perd treffend bewys en gaandeweg sou berede troepe 'n toenemende rol in die oorlog speel. Altesame 350 000 sou gedurende die oorlog deur die Britse leër gebruik word; baie perde sou later sowel in hul behoeftes as in dié van die vyand voorsien.

Steeds onder die indruk dat Roberts nooiot die spoorweg sou verlaat nie, het Cronjé te lank by Magersfontein bly sit voor hy skielik besluit het om langs Modderrivier op te trek met 'n onhandige walaer en 'n groot getal vroue en kinders wat intussen by die kommando's beland het en wat hy nie wou agterlaat nie. Terwyl veggenl. Christiaan de Wet by Watervaldrif aan die Rietrivier sy eerste groot konvooi van 176 waens en 500 slagosse van Roberts buit, trek die Britse leër Cronjé vanaf 18 Februarie aan die noordekant van die Modderrivier vas en omsingel sy laer teenoor Vendutiedrif, ten ooste van Paardeberg. In die tiendaagse operasies wat as die slag van Paardeberg bekend staan, word die aanvallers hard teruggeslaan of van buite verwoed deur De Wet aangeval in 'n poging om Cronjé te red. Roberts ly 1 442 ongevalle in dié gevegte voordat Cronjé, ten spyte van die beroepe van buite deur medestryders en De Wet se vertwyfelde pogings om sy pad vir hom oop te veg, hom op Majubadag, 27 Februarie 1900, met 4 000 burgers (meestal Transvalers) oorgee.

Cronjé se oorgawe was vir die Boeresaak ' n ramp van die ergste graad en 'n keerpunt in die oorlog - dit het egter in Natal met ewe groot teëspoed op dieselfde dag gepaard gegaan. Nadat Buller op 21-22 Februarie 'n vierde poging aangewend het om aan die oorkant van die Tugela vastrapplek te kry, het hy van 23 Februarie 'n verwoede aanslag teen Botha se posisies by Pietershoogte van stapel gestuur. Met die oormag van 40 000 man en 72 kanonne teen 5 000 Boere, is die sleutel van die Tugela-linie teen heldhaftige weerstand verower op dieselfde swart dag toe Cronjé en sy burgers die pad na St. Helena voor hulle gesien het.

Die weg na die uitgehongerde Ladysmith was oop. Terwyl White en sy troepe verlos word, het die Boeremagte (ten spyte van die vermanings van Pres. Kruger self, wat na Glencoe gekom het) in wanorde en grotendeels ontmoedig teruggestroom na die toneel van die eerste gevegte in Oktober. Daar het Botha daarin geslaag om met dié wat nie huis toe gegaan het nie, in die Biggarsberge 'n linie te laat vorm. Buller het geen poging aangewend om die Boereleër te agtervolg nie; hy bly in Ladysmith van Maart tot Mei 1900 voordat hy weer beweeg.

Die hele swaartepunt van die oorlog het meteens na die Vrystaat verskuif; die debakels van 27 Februarie het ook die front in Kaapland haastig laat ineenstort en teen begin Maart was die kommando's op pad terug Bloemfontein toe, terwyl die Engelse onder Clements, Gatacre en genl. E.Y Brabant hulle oor die Oranjerivier volg.

In die week ná  Paardeberg, toe Roberts sy leër by Osfontein laat rus het, het die Boereleiers die haglike ommekeer in die krygsposisie onder die oë gesien. Pres. Steyn het Christiaan de Wet bevorder tot hoofkommandant van die Wes-Vrystaat. Met die 5 000 man wat De Wet bymekaar kon kry, sou hy Roberts se pad na Bloemfontein probeer vesper.

Pres. Kruger het van die chaos in Natal na Bloemfontein gekom en saam met Pres. Steyn op 5 Maart 'n dramatiese beroep gedoen op die Britse premier, lord Salisbury (met afskrifte aan die Europese regerings), om die bloedvergieting te beëindig en die vrede te herstel op 'n grondslag wat vir albei strydvoerende partye aanneemlik sou wees.

Voordat die antwoord uit Londen ontvang is, het Roberts se leër al na Bloemfontein begin beweeg. By Poplar Grove, waar De Wet sy magte weerskante van die Modderrivier geplaas het, probeer Roberts hom op 7 Maart met 'n oormag omsingel. De Wet ontkom egter sonder 'n enkele ongeval en val na Abrahamskraal terug te midde van groot demoralisasie onder sy burgers. Terwyl De Wet die verdediging van Bloemfontein gaan probeer organiseer, bied De la Rey e.a. by Abrahamskraal en Driefontein die laaste weerstand teen die aanrukkende kolonnes uit die weste.

Bloemfontein word op 13 Maart sonder teenstand beset; die Vrystaatse regering verskuif na Kroonstad en De Wet laat die burgers uiteengaan met die vertroue dat hulle vanself weer op kommando sou kom. Baie lê intussen moedeloos die wapens neer, dog ander beweeg na Kroonstad om die oorlog voort te sit. In die Oos-Vrystaat bly die kommando's nog grootliks onaangetas, veral dié van Olivier, wat uit Kaapland terugval.

Die vredesberoep op lord Salisbury is op 12 Maart kortaf afgewys. Groot-Brittanje was vasbeslote om die onderwerping van die republieke nou deur te voer en het bowendien geen tussenkoms van Europese moondhede gevrees nie. Die Britse heerskappy op see was onaantasbaar en Brittanje het in vrede geleef met al sy Vastelandse bure, in weerwil van spanning met Frankryk oor die Nyl-dal en periodieke diplomatieke wrywing met Duitsland.

Hoewel die volksgevoel oor die Boere in alle Europese lande heftig anti-Brits was en die pers bitsig teen Engeland te kere gegaan het, is die houding van die Vastelandse regerings teenoor Engeland bepaal deur hul posisie as lede van die Driebond (Duitsland, Oostenryk-Hongarye en Italië) teenoor die Tweebond (Rusland en Frankryk) en deur hul individuele belange, wat in geen geval inmenging in die Suid-Afrikaanse oorlog geregverdig het nie. Daar was nietemin voortdurende diplomatieke bedrywighed oor moontlike intervensie, met Rusland as 'n versigtige voorloper in Maart 1900. Dr. Leyds het vanuit sy gesantskap in Brussel en deur talryke diplomatieke reise en kontakte tot die einde van die oorlog alle moontlike kanse op intervensie onvermoeid te baat geneem. Hierin het hy ook saamgewerk met die deputasie van drie man - A.D.W. Wolmarans (van Transvaal), Abraham Fischer en C.H. Wessels (van die Vrystaat) - wat die regerings van die republieke in Maart 1900 nog na Europa afgevaardig het om tussenkoms met die oog op vrede te soek. Die deputasie het van Washington tot in St. Pietersburg persoonlik sy taak gestel en souo sy pogings in Europa tot die einde van die oorlog sonder gevolg voortsit.

Benewens die diplomatieke optrede van Leyds en die deputasie, het die Brusselse gesantskap van die Suid-Afrikaanse Republiek en dr. H.P.N. Muller se Vrystaatse konsulaat-generaal in Den Haag, bedrywige kragsentrales geword vir die verspreiding van literatuur, persberige en verklarings ter ondersteuning van die Boeresaak, die koördinering van fondsinsamelings, die uitrus van ambulanse vir die Boere en die aanmoediging van talryke hulppogings oral ter wêreld ten bate van die Boere.

Met die val van Bloemfontein is die oorlog in die Vrystaat byna instinkmatig omgeskep in 'n bewegingskryg, soos later in Transvaal ook sou gebeur. In 'n krygsraad op Kroonstad waar Kruger en Steyn op 17 Maart aanwesig was, is met vasberadenheid op die voortsetting van die oorlog besluit. Genl. Joubert was nog daar, maar is op 28 Maart in Pretoria oorlede en word as Transvaalse kommandant-generaal deur die 38-jarige Louis Botha opgevolg. Die krygsraad het die beginsel aaanvaar van kleiner kommando's sonder walaers, beweegliker eenhede en aanvalke op verbindingslinies, soos De Wet dit reeds gedemonstreer het en binne twee weke weer sou begin doen.

De Wet slaan toe by Sannaspos (31 Maart), by Mostershoek (4 April) en by Wepener (9 April). In dié donker dae steek hy die lig van die eerstand aan, lok baie burgers na die kommando's terug en begin die merkwaardige rol wat hy as die skitterendste guerillaleier tot die einde van die oorlog sou speel. De Wet, wat op byna bonatuurlike wyse na willekeur kon verskyn en verdwyn en in die volgende twee jaar nooit deur die Britse leër gevang kon word nie, word volgens Engelse siening die grootste persoonlikheid van die oorlog. By geleentheid word hy selfs die man genoem wat - met die uitsondering van Napoleon - tot 1902 deur sy dade die grootste bedrag tot die Britse staatskuld sou byvoeg.

'n Maagkoors-epidemie onder die troepe en die reusetaak om voorrade en vervoer te reël vir die veldtog teen Transvaal, het Roberts ses wee in Bloemfontein laat vertoef. Die spoorweg na die Kaapkolonie was nou in sy hande en die krag van verdere Vrystaatse weerstand het hy nie so hoog geskat dat hy dié gebied eers volkome moes onderwerp nie. Dit was belangriker om teen Transvaal te slaan voordat sterker weerstand opgebou word.

Op papier was Roberts se volgende stap beplan as 'n breë opmars wat soos 'n groot besem noordwaarts sou veeg, van Kimberley af tot by Ladysmith, met die divisies van Methuen en Hunter (20 000 man sterk) aan die westelike flank, by die Kimberleyspoorweg; Roberts self in die middel,, weerskante van die sentrale spoorweg, met French se ruitery by hom (43 000 man); genl. sir Ian Hamilton aan sy regterflank om die Boere in die Noordoos-Vrystaat op 'n afstand te hou en oorkant die Drakensberg 'n gelyktydige opmars deur Buller, met sowat 45 000 man, na die Hoëveld van Transvaal. Agter Roberts sou 'n aansienlike mag onder generaals Chermside, Rundle, Brabant, Pole-Carew en Kelly-Kennedy in die Vrystaat opereer.

Teenoor die falanks van kakie wat op 3 Mei 1900 die lang pad na Pretoria inslaan, het Louis Botha, wat die Boereleiding oorgeneem het, skaars 12 000 man en 28 kanonne gehad, waarvan 8 000 man teenoor Roberts se middelmag gestaan het. Hy het dus slegs agterhoedegevegte gelewer - die Boer se krag - en steeds teruggeval.

Op 3 Mei was Roberts al in Brandfort en op 12 Mei in Kroonstad. Die Vrystaatse regering het reeds na die Noordoos-Vrystaat verhuis en maande lank van dorp na dorp versit; daarna het Pres Steyn hom met die regering by De Wet gevoeg en tot die einde van die oorlog deur alle ontbereinge en gevare heen met hom saamgetrek.

Roberts ruk na die Vaalrivier aan so vinnig as French se 6 000 uitgeputte perde kon vorder. Hy stuur intussen aan sy linkerflank Hunter se divisie oor die Vaalrivier reguit na mafeking, wat ná 213 dae van beleg op 17 Mei ontset word. So word Baden-Powell vrygestel om in Wes-Transvaal op te tree totdat die oprigting van die South African Constabulary later in die oorlog aan hom opgedra is om "beskermde" gebiede te beveilig teen die Boerekommando's.

Terwyl Britse kolonnes oral oor die Vaalrivier trek en die Vrystaters die verdediging van Transvaal nou volgens ooreenkoms aan Botha en sy Transvalers oorlaat, annekseer Roberts formeel die "Oranjerivier-kolonie" as Britse gebied oop Koninginsverjaardag, 24 Mei 1900. Sonder veel weerstand trek die invallende leër voort en bereik Johannesburg op die tydstip toe De Wet en sy makkers in die Vrystaat weer van 29 Mei af losbreek met skouspelagtige aanslae op die besetters se verbindingslinies by Biddulphsberg en Lindley.

Die val van Pretoria en daarna

Twee dae voordat Roberts op 31 Mei Johannesburg binnegry het, het Pres. Kruger en die Transvaalse regering Pretoria verlaat en by Machadodorp die regeringsetel ingerig. In sy laaste sitting van 7 Mei het die Transvaalse Volksraad die landsbestuur aan die Uitvoerende Raad oorgelaat. Pretoria sou nie verdedig word nie; uit sy forte was die kanonne lankal verwyder en aan die gevegsfronte in gebruik; rollende materiaal is langs die oosterspoor gestuur en aan staatsprokureur J.C. Smuts is opdrag gegee om die goudvoorraad uit Pretoria te verwyder.

By Roberts se nadering het Botha by Sesmylsruit 'n agterhoedegeveg gelewer en daarna ooswaarts teruggetrek. Vir die Boeresaak was dit 'n donkerder oomblik as die inname van Bloemfontein; selfs die rotsvaste Kruger het 'n oombllik geweifel en moes deur Steyn bemoedig word. Botha en die millitêre leiers was mismoedig en onseker. Indien Roberts op 5 Junie 1900 French se ruitery ooswaarts i.p.v. weswaarts om Pretoria uitgestuur het, sou hy waarskynlik die oorlog dadelik kon beëindig het.

Die wankelmoedigheid onder die Boere was egter binne 'n week verby. Botha en sy offisiere het verneem van De Wet se prestasie by Roodewal, waar hy op 7 Junie Roberts se kosbare spoorverbinding oor die Vaalrivier 'n week lank onderbreek en groot voorrade toerusting en ammunisie vernietig en gebuit het. Uit Machadodorp het op dieselfde dag 'n proklamasie van Kruger gekom waarin die burgers van Transvaal tot volharding opgeroep word. Botha het dwarsoor die oosterspoor 'n lang linie ingerig waar hy op 12 Junie net oos van Pretoria die slag van Donkerhoek lewer (van Engelse kant Diamond Hill genoem), voordat hy al langs die spoor terugval.

Roberts se Natalse wapengenoot het hom ook in die steek gelaat. Buller het met sy 45 000 man ledig in Ladysmith gebly tot 10 Mei, toe Roberts hom moes aanspoor om die Boere se herstelde linie in die Biggarsberge aan te pak. Ná matige weerstand vorder hy tot by Newcastle en die historiese hoek voor Laingsnek. Toe Roberts reeds in Pretoria was, breek Buller weswaarts oor die Bothaspas, lewer die slag van Allemansnek (11 Junnie) en beset Volksrust. By sy verskyning op die Hoëveld val genl. Louis Botha en die Boeremagte na die oosterspoor terug. Buller trek weswaarts na Standerton om uiteindelik aan te sluit by Roberts, wat intussen ongeduldig op die gebruik van die Natalse spoorweg wag en Buller liewer in Oos-Transvaal agter die terugvallende Boerehoofmag wou sien beweeg.

Die glans van Roberts se suksesse is deur verskeie omstandighede verder verdof. In Brittanje is die hewige veldtog van die Liberale teen die oorlog kragtig deur vroue-organisasies gesteun. Rumoerige protesvergaderings was teen die middel van 1900 aan die orde van die dag, met David Lloyd George en mej. Emily Hobhouse, ywerige sekretaresse van die vrouetak van die South African Concilliaton Committee, aan die spits.

Ook die Vrystaat het intussen skielik vir die Britse leërleiding 'n kritieke saak geword. Roberts was verplig om die standpunt in te neem dat weerstand deur Vrystaters die dade van rebelle teen die nuwe owerheid sou wees. Daar was die eerste onheilsopellende besluit om plaaswonings te verbrand wat naby tonele van spoorwegvernieling geleë was, 'n erkenning van onmag om met blote militêrere middels die oorlog te beëindig. Hoewel talryke brigades en kolonnes min of meer planloos op en neer beweeg en hulle voetseer agter die Boerekkommando's getrek het, kon hulle geen vordering maak nie, selfs nie met vier blitskolonnes wat op De Wet en die Vrystaatse regering jag moes maak nie.

In die Kaapkolonie het die "eerste rebellie", wat in die noordooste bedaar het, ná die vertrek van Olivier en die Boerekommando's, voortgesmeul in die uitgestrekte driehoek Hopetown - Kenhardt - Kuruman. Eers moes Kitchener self gestuur word om dit te onderdruk en daarna Warren, die sondebok van Spioenkop, wat in Mei en Junie 1900 daar vuur moes doodslaan. In Kaapstad het W.P. Schreiner se Bondsministerie op 13 Junie 1900 bedank.

Die teenslae wat die Boere getref het, het die Imperiale druk laat toeneem teenoor die Kaapse regering se weerstand teen straf deur die permanente ontkiesering van rebelle. Sir Gordon Sprigg het 'n regering gevorm wat meer gedienstig aan Imperiale eise sou wees en die sg. Treason Bill deur die Kaapse parlement laat aanneem om vir rebellestraf voorsiening te maak. Van Oktober 1900 tot 1902 sou die Kaapse Parlement nie weer byeenkom nie en namate die bewegingsoorlog in die noorde ook die Kaapkolonie getref het, is die hele Kaapkolonie mettertyd onder krygswet geplaas.

Voordat Roberts nog die agtervolging van Botha se hoofmag ooswaarts kon opneem met die doel om die hele Delagoabaaispoorweg tot by die Portugese grens te bemester, het die Boereweestand ook in Wes-Transvaal weer met mening herlewe. Ná Donkerhoek het genl. Koos de la Rey (wat Botha se hele terugtog van Brandfort meegemaak het) ne sy kontrei teruggekeer. Onder sy leiding tree die magte van genl. E.R. Snyman (wat by Mafeking was) en genl. F.A. Grber, van Waterberg, teen Baden-Powell, Smirth Dorrien, Carrington en later teen methuen self op. Die "Moot" suid van die Magaliesberg word die boerplek van De la Rey se ongeveer 5 000 man en weldra sluit genl. J.C.G. Kemp, wat nog by Botha was, by hom aan.

Omdat die sterk besette gebiede om Johannesburg en Pretoria Transvaal feitlik in twee verdeel het, het die regering in Machadodorp die bestuur van Wes-Transvaal aan De la Rey gedelegeer en staatsprokueur J.C. Smuts teen 17 Julie 1900 na hom gestuur om hom by te staan met die straf van verraaiers en die inrigting van plaaslike besture. So word De la Rey die militêre leermeester van die begaafde Smuts, wat weldra self as generaal sy rol sou speel. Die oorlogvoering in die westelike distrikte volg presies die Vrystaatse patroon van De Wet en sy makkers en die Britse leër word vinnige slae toegedien, soos dié by Silkaatsnek, Dwarsvlei en Onderstepoort (11 Julie), Selonsrivier (21 Julie) en die verdrywing van Carrington na Mafeking in Augustus.

Die druk van die Engelse kolonnes het teen mmiddel Julie die Vrystaatse kommando's, ook De Wet en Steyn met die regering te velde, byeengedryf in die Brandwaterkom, besuide Bethlehem en teenaan die Basoetogrens. Fouriesburg word 'n ruk lank die tydelike regeringsetel, mar De Wet (wat die hele posisie van oor die 7 000 Vrystaters as gevaarlik ingesien het) trek op 15 Julie met bystand van sy baasverkenners, Gideon Scheepers en Danie Theron, op sy kenmerkende wyse met 460 voertuie, 2 600 man en die regering self deur Slabbertsnek - een van die passe rondom die Brandwatervallei wat oral deur die Engelse afgesluit is - dwarsdeur die Britse kolonnes tussen Bethlehem en Senekal, oor die spoorweg en oor die Vaalrivier Transvaal toe. Terwyl Broadwood e.a. generaals die "eerste De Wet-jag" begin (15 Julie tot 17 Augustus), keer Hunter die onaktiewe Vrystaters vas wat pas in De Wet se afwesigheid Marthinus Prinsloo as hoofkommandant verkies het in die plek van die bekwamer genl. (ds.) Paul Roux, wat deur De Wet self voor sy vertrek aangewys was.

Hoewel die pad feitlik oop was om uit te breek, gee Prinsloo h om op 30 Julie mnet meer as 3 000 man by Slaapkrans aan Hunter oor, 'n daad wat De Wet in sy oorlogsherinneringe bestempel as "'n gruwelike moord gepleeg op regering, land en volk".

Alle burgers wat kom wegkom, soos dié onder die dappere kmdt. Sarel Haasbroek, het hul pad oopgeveg, maar die res is as krygsgevangenes weggestuur na die Diyatalawa-kamp op Ceylon. Die getal Boerebannelinge het begin aangroei in die 14 oorsese oorde waarheen hulle verskeep is, van Bermuda tot die hoë Himalaja-bergland. Altesame 26 600 krygsgevangenes - wat kinders van agt en nege jaar en ook oues van dae ingesluit het - het tot middel 1902 (en sommige tot 1904) ver van die vaderland 'n vreemde bestaan gevoer en die lange maande verwyl met 'n groot verskeidenheid kunstige handwerk, 'n ryke verenigingslewe, onderwys, kampsport en selfs die uitgee van kampkoerantjies.

Roberts se voorhoede was vanaf 11 Julie 1900 by Witpoort slaags met Botha se magte, wat langs die oosterspoor na Middelburg teruggeval het, maar sy omars is tydelik vertraag deurdat die nuus oor De Wet se deurbraak na die weste sy aandag vereis het. Bowendien moes daar gewag word op die trae aankoms van Buller, wat nog in Heidelberg was en eers in Augustus met sy leër deur Roberts na Belfast ontbied is. Daar het Botha teen 25 Augustus die aanval afgewag van Roberts (met French, Ian Hamilton en Pole-Carew by  hom) en buller, wat oor Amersfoort, Ermelo en Carolina ogedaag het.

Soos by Donkerhoek, strek Botha se linie weerskante van die spoorweg; hy lewer met sowat 5 000 man op 26 en 27 Augstus 1900 die laaste werklike stellilngslag van die oorlog by Berg-en-Dal (Dalmamutha), 'n geveg waarin veral die "Zarps" hulle in die sentrum roemryk teen 'n ontsaglike oormag onderskei het. Buller beset Machadodorp en Helvetia, terwyl die Boere in die rigting van Barberton en Lydenburg wegsmelt om weldra die bewegingsoorlog in Oos-Transvaal te begin.

Die Transvaalse regering verskuif na Waterval-Onder (waar Kruger reeds geruime tyd sy verblyf gehad het) en daarna na Nelspruit, waar daar besluit word dat Kruger, wat weens sy ouderdom n ie meer met die kommando's sou kon saambeweeg nie, na Europa sou gaan om die republieke se saak te bevorder, tweryl genl. Schalk Burger as vise-president waarneem. By die Transvaalse president se vertrek oor die Portugese grens, was ook Pres. Steyn aanwesig. Hy het onder geleide van De Wet tot by Magaliesberg gekom en daarna alleen na die Laeveld gereis, aan die noordekant om die Britse magte. Binnekort sou hy dieselfde gevaarvolle terugreis tot by De Wet aflê en van nou af word Steyn meer as ooit tevore die siel van die stryd en verperoonliking van die Boereweerstand.

Reeds op 1 September 1900 het Roberts Transvaal by proklamasie as Britse kolonie geannekseer, terwyl generaals French, Pole-Carew en Buller die verspreidende Boeremagte in Oos-Transvaal tevergeefs probeer likwideer het.

Die bewegingsoorlog in volle gang

Van buite beskou, was dit skynbaar die einde van die oorlog en moes nog net die opruming volg. Dit het ook Robert geglo, maar dit was n growwe mistasting. Die lente van 1900 was die begin van 'n algehele kleinkryg, 'n uitpupttingsoorlog teen die Britse magte, wt gelei is deur die twee republieke se regerings te velde en uitgevoer is onder bevel van die hoofoffisiere, De Wet en Botha. Die oorskakeling na bewegingsoorlog in Oos-Transvaal en ietwat later in Noord-Transvaal, waar genl. Christiaan Beyers opereer, het net 'n paar maande geduur en daar was intussen baie hensoppers en flouhartiges onder die Boere. Maar selfs dié ontrouheid het die geledere van die vegters gesuiwer, sodat beter vegmateriaal oorgebly het. Die skifting was klaar en twee derdes van die oorlog het nog voorgelê, met kleiner kommando's wat in eie, bekende omgewing optree. Offisiere is nie meer gekies nie en die kommandotug is deeglik opgeknap. Voortaan moes alle voorrade, gewere en ammunisie van die vyand buitgemaak word. Artillerie is grotendeels afgeskaf ter wille van beweeglikheid.

De Wet het reeds vroeg in Augustus getoon hoe hy 30 000 agtervolgers in die lug kon laat tas. Nadat hy weer op Vrystaatse grond was, het hy met al sy geesdrif 'n herlewingsveldtog onderneem om lamsakke en weifelaars terug te wen. Baie het hul gewere opgegrawe en hul neutraliteitseed verbreek om weer saam te veg.

Om die goeie voorbeeld te stel, het De Wet Ladybrand gaan beleër (1-5 September) en tot in Oktober die een Britse garnisoen na die ander in die suide gaan kasty. Onvermoeid beweeg hy heen en by Schoemansdrif terug oor die Vaalrivier, slaan in Transvaal die vyand gevoellig by Frederikstad (24 Oktober) en lok die hele "tweede De Wet-jag" weer agter hom aan, hierdie keer met 'n verbasende nasleep. De Wet besluit om die Kaapkolonie in te val. Nadat hy by Bothaville sy hele laer verloor het (6 November), trek hy dwarsdeur die Vrystaat met 1 500 man, lewer 'n slag by Sprinkaansnek, neem Dewetsdorp in en vorder tot by die Oranje. Die rivier was vol, maar De Wet laat genl. J.B.N. Hertzog en genl. P.H. Kritzinger elk met 'n kommando oorsteek. Hertzog bereik die Atlantiese kus by Lambertsbaai en Kritzinger vorder tot in Willowmore, terwyl De Wet omdraai en tot verbystering van sy agtervolgers teen Kersfees 1900 veilig naby Senekal afsaal ná sy epiese tog.


In werkllikheid was De Wet se tog deel van 'n Boereberaadslaging in die Magaliesberg in Oktober 1900, waar toekomstige optrede afgespreek is, insluitende hierdie inval in die Kolonie en ook die opblaas van die Randse goudmyne - 'n voornemen wat ewenwel nie uitgevoer is nie. Vroeër was ook afgespreek dat Botha na Natal sou trek terwyl genl. Ben Viljoen langs die Delagoaspoor aanvalle sou doen. Ook dit is uitgevoer, hoewel Botha se tog na Vryheid tot onsuksesvolle aanvalle op garnisoene beperk was. Merkwaardig genoeg het die Britse magte Noord-Transvaal nog nie bereik nie. Dáár kon Beyers voorlopig nog ongestoord beweeg en Pietersburg het 'n Boeredorp gebly tot April 1901, toe dit die eerste keer beset is.

Die Britse Laerhuis is op 25 September 1900 ontbind en in die verbete verkiesingstryd tussen die Konserwatiewe en "Little Englanders", moes die Liberale verwyte van verraad aanhoor. Die Tory-leuse in die "Kakie-verkiesing" was "'n Stem vir die Liberale is 'n stem vir die Boere". Die stembus het dan ook 'n meerderheid van agt teen sewe vir die Salisbury-regering getoon. Dit is vertolk as 'n mandaat om die oorlog in Suid-Afrika met krag af te handel, ten spyte van verwoede opposisie-aanvalle deur die Ierse lede, asook Lloyd George, Morley, Harcourt en al die Liberale swaargeskut.

Paul Kruger se ontvangs op die Vasteland in Novemb er het ook bewys dat die moontlikhede van Europese tussenkoms in die stryd tussen Engeland en die Boere geringer as ooiot was. Ten spyte van die allernoukeurigste voorbereiding deur dr. Leyds om die republieke se "laaste troefkaart" te speel, het Kruger se tog ná sy aankoms te Marseille, op 22 November 1900, ten spyte van oorweldigende huldebetuigings geen vrugte afgewerp nie. Boonop is Kruger se poging om sonder uitnodiging na Berlyn te gaan, deur die Duitse Keiser, Wilhelm II, as 'n onbeskaamdheid beskou en is die gryse Boereleier by Keulen kortweg aangeraai om om te draai.

Kruger het hom gedurende die res van die oorlog stil in Nederland teruggetrek. Die magtige stortvloed pro-Boere-geskrifte, -organisasies en -betogings oral in Europa; die giftige en selfs obsene anti-Britse spotprente in bie tale wat verskyn het solank die stryd geduur het, kon geen regering tot handeling ten bate van die Boere beïnvloed nie.

Dit was bekend dat lord Roberts aan die einde van November 1900 as opperbevelhebber opgevolg sou word deur sy "militêre voorman", Kitchener. Intssen is lord Milner se amp as hoë kommissaris vir Suid-Afrika in Oktober 1900 geskei van die goewerneurskap van die Kaapkolonie. Hy sou vroeg in 1901 na Johannesburg kom as administrateur van die twee geannekseerde reublieke, wat nou as Britse kolonies bestuur sou word.

Met Kitchener se oorname van die Britse oorlogsleiding word nuwe m etodes ter hand geneem om die oorlog te beëindig. Die taktiese fase was verby; die meganiese sou nou beproef moes word teen die beweeglike kommando's. Kitchener sou dit in 1901 doen deur die gelyktydige aanwending van blokhuislinies, die oprigting van konsentrasiekampe vir nie-vegtendes (hoofsaaklik vroue en kinders) en militêre dryfjagte uitgevoer deur 'n grotendeels berede leër wat in kolonnes georganiseer is om die tradisionele divisies en brigades te vervang.

Terwyl De la Rey en Beyers saam by Nooitgedacht (13 Desember), naby Rustenburg, Clements 'n gedugte neerlaag toedien en Kitchener self tot in Noupoort per trein moes ry om met die tweede jag op De Wet te help, was hy bereid om 'n vredesoffensief teen die Boere te probeer. In 'n proklamasie van 20 Desember 1900 bied hy beskerming aan diegene wat hulle wou oorgee en stig 'n Burgher Peace Committee, wat enkele hensopper-afgesante na die kommando's uitstuur. Die proefneming misluk volkome omdat die Boere sulke kollaborateurs as vuige verraaiers beskou en minstens een summier fusilleer.

In die laaste maande van 1900 het vlugtelingskampe hul verskyning gemaak, aanvanklik om rondtrekkende vroue en kinders op die Hoëveld en hensoppers te herberg. Ná Dalmanutha word konsentrasiekampe egter deel van die Britse oorlogvoering: die stelselmatige verwydering van vroue en kinders van plase waar hulle hulp, inligting of voedsel aan vegtende burgers kon verskaf. Die amptelike rede het gelui dat vroue en kinders van hul wonings verwyder word om hulle teen molestasie deur swartes te beskerm en van kos te voorsien. In 'n proklamasie (21 Desember 1900) wat gelyktydig met Kitchener se vredesmaneuver uitgereik is, word die verwydering van mans, vroue en kinders uit gebiede waar kommando's optree, aangekondig.

Die grootskeepse verwydering van vroue en kinders van die plase was slegs 'n aspek van die meedoënlose beleid van die verskroeide aarde wat in die loop van 1901 tot volle ontplooiing sou kom. Ontvolking van plase het gepaard gegaan met die verbranding en verwoesting van plaaswonings en die vernietiging van alle bestaansmiddele. Op plase is nie alleen pluimvee, skape en beeste gedood of verwyder nie, maar selfs vrugtebome verniel en graan en oeste vernietig wat vir die kommando's as voedsel kon dien.

Hoofsaak het egter gebly die doeltreffende onderwerping van die Boere te velde. Van die begin van 1901 het Kitchener dit probeer doen deur die bou van 'n reusagtige netwerk van blokhuislinies wat uiteindelik van digby Lambertsbaai in Wes-Kaapland tot by Pietersburg in Noord-Transvaal gestrek het. Die eerste bloklhuise is gebou om die spoorweë te beskerm teen gedugte treinvernielers soos Henri Slegtkamp, Jack Hindon en Karel Trichardt, wat veral langs die oosterspoor bedrywig was. Dit moes ook dien om die uitgestrekte land te verdeel in streke waarbinne die kommando's beter vasgekeer kon word. Daarom is blokhuislinies later ook reghoekig met die spoorweg gebou, veral in die Oos-Vrystaat. Die blokhuise self was van verskillende tipes en samestelling, soms slegs 200 tree uitmekaar en met doringdraadversperiings tussenin. In die laaste fase van die oorlog sou dit in hoë mate gebruik word om met snelbewende berede troepe wat 'n onafgebroke linie vorm, in bepaalde sektors tussen die blokhuislinies te "dryf" en die Boere dan teen 'n spoorweg met sy hooflinie van blokhuise vas te druk.

Die eerste groot dryfjag is (toe nog sonder blokhuise) uitgevoer deur French, wat van Januarie tot April 1901 met 40 000 man tussen die twee spoorlyne - die Delagoaspoor en die Natalse spoor - ooswaarts oor die Hoëveld tot teen die Swazilandse grens en weer terug getrek het. Veel verwoesting is aangerig en 'n groot aantal vroue en kinders is na die kampe geneem, maar met Botha se magte het hy nie afgereken soos die voorneme was nie. Die Boer te velde het geleer om buite die vangnet te bly en ook om op vindingryke, soms moeisame wyse, sy kos te vind in 'n land wat die vyand genadeloos kaalgestroop het. Sy klere het hy van vel of seil gemaak, of afgeneem van die vyand, wat by gevangeneming gewoonlik "geskud" is om kakieklere en stewels te bekom.

Op die tydstip toe French ooswaarts beweeg, het die Boere in Wes-Transvaal o ral van hulle laat hoor. Beyers waag dit tot binne enkele myle van Johannesburg en trek dwarsoor die treinspoor by Kaalfontein en daarna oos van Pretoria weer oor die spoor. Smuts word generaal, skei van De la Rey en kies die Gatsrand as operasiegebied, waar hy by Modderfontein sy eerste sukses behaal. De la Rey hou die engelse klonnes, en veral Methuen, in die Lichtenburgse omgewing besig en Kemp doen dieselfde rondom Krugersdorp.

Die gedazgte, wat veral Smuts vroeg en laat verkondig het, om die Kaapkolonie met mening in te val, die kryg weer na die Britse gebied te verplaas en opstand onder die Kaaplanders te wek, is intussen weer deur De Wet op die proef gestel. Hy breek op 26 Januarie 1901 los van sy skuilgebied by die Doornberg, tussen Senekal en Winburg, en vat koers verby Tabaksberg, Israelspoort, Dewetsdorp en Philippolis na Sanddrif aan die Oranjerivier, met die Engelse kolonnes van Knox en Bruce Hamilton naarstiglik agter hom aan op die derde of "great De Wet hunt". Selfs genl. Lyttelton word van die Delagoabaaispoor gebring om bevel te voer oor die agtervolging, wat by wyle per trein moes geskied om De Wet voor te sny. Eerlank lyk die Britse militêre kaart weer soos 'n verwarde spinnerak soos die kolonnes tevergeefs jag.

De Wet mik weswaarts om Hertzog te bereik, wat aan die terugkeer was van sy tog na Lambertsbaai. Die vol Brakrivier laat De Wet oos van Prieska omdraai. Hy loop Hertzog mis, maar kry weer eens die skynbaar onmoontlike reg: dwarsdeur die digte Britse kolonnes vleg hy, oor die Oranjerivier by Bothasdrif en terug na sy staanplek by Senekal, waar hy en Pres. Steyn ná 'n merkwaardige tog van 800 myl op 11 Maart 1901 behoue aankom.

In die Kaapkolonie is geen algemene opstand gewek nie; trouens, dit sou nooit plaasvind nie, maar die kommando's van Manie Maritz, in Noordwes-Kaapland, en van Kritzinger, Scheepers, Wynand Malan, Lötter, Lategan, Edwin Conroy, Hugo, Myburgh, Naudé, Nieuwoudt e.a. was spoedig in volle gang in Oos-Kaapland en die Middelland. Dit het meer blokhuise geverg en meer agtervolgkolonnes, aangevul deur allerlei ongereelde Kaaplandse troepe en "Town Guards" wat bereid was om die Engelse uniform te dra.

Verstaanbaar is dus Milner se erkenning op 6 Februarie 1901 dat daar in die stryd teen die Boere die voorafgaande halfjaar net agteruitgang was. Boonop is die werwing van ongereelde troepe in Brittanje en die dominiums intussen verslap en moes dit nou van vooraf begin. Juis in Februarie 1901 word besluit om nog 30 000 troepe na Suid-Afrika te stuur op 'n tydstip toe die Liberale opnuut vrede bepleit en die Kaapse politici J.X. Merriman en J.W. Sauer tevergeefs verlof vra om die Britse Laerhuis oor die oorlog te mag toespreek.

Milner wou geen vrede hê sonder die volle militêre onderwerping van die Boere nie. Teen Maart 1901 kom hy in Johannesburg aan, waar hy binne 'n kort tydjie 'n koterie begaafde jong gegradueerdes van Oxford om hom byeenbring, sy "Kindergarten", met wie hy dadelik die heropbou van die nuwe kolonies sou aanpak, terwyl Kitchener die wrange taak van militêre onderwerping probeer voltooi. Milner se voorgenome beleid was om die Boere uit die land se sentrum na weerskante weg te druk en die sentrale onderworpe distrikte te vul met nuwe (Britse) burgers en hensoppers, wat deur die South African Constabulary beskerm sou word. Sodra dit moontlik word, moes genoeg Britse immigrante gevind word om die Afrikanerbevolking geheel en al te oorskadu en as landbouers 'n voorbeeld aan hulle te stel. Die potensieel ryker Transvaal, met sy goudmyne, moes uit sy voorskot die Oranjerivierkolonie aan die gang hou.

Milner se aankoms in Johannesburg het saamgeval met vredesonderhandelinge wat Kitchener met Botha gevoer het. Op 28 Februarie 1901 het die twee aanvoerders mekaar op Middelburg heel vriendskaplik ontmoet en elk sy voorwaardes gestel vir die beëindiging van die oorlog. Kitchener was bereid om 'n vrede deur onderhandeling te aanvaar; Botha het gehandel met magtiging van sy regering en het, afgesien van die onderhandelinge self, die geleentheid gebruik om by sy teenstander te protesteer teen die behandeling van Boerevroue en -kinders en die wydverspreide gebruik van swartmense as spioene en verkenners teen die Boere.

Aan Britse kant is die finale vredesaanbod in oorleg met Milner deur Chamberlain geformuleer en wel op so 'n wyse dat Botha dit teen 16 Maart van die hand moes wys, eerstens omdat dit op erkenning van anneksasies berus het en voorts omdat dit geen voorsiening vir amnestie aan rebelle gemaak het nie.

Die wrange jaar 1901

Vir Kitchener was die afloop van die vredespoging (wat in groot mate deur Milner verydel is) klaarblyklik 'n teleurstelling; die tyd sou leer dat nog £100 000 000 aan Britse geld en al die ellende van 14 maande se oorlogvoering nodig was om ongeveer dieselfde Britse voorwaardes af te dwing as dié wat by Middelburg aangebied is.

French se futiele dryfjag was tydens die Middelburgse onderhandelinge nog aan die gang; dit het Botha wel verhinder om Natal te probeer inval, maar nie veel meer bereik nie. In April het lt.-genl. sir Bindon Blood, wat spesiaal uit Indië ingevoer is weens sy ervaring van oorlig in bergagtige terrein, egter daarin geslaag om in die Lydenburgse distrik so te vorder dat die Transvaalse regering sy staanplek by Tautesberg moes verlaat en hom by Botha voeg naby Ermelo. Terselfdertyd is Beyers van Warmbad noordwaarts teruggedruk deur brig.genl. H.C.O. Plumer, wat Pietersburg op 8 April 1901 beset het. Sy troepemag het Australiese troepe ingesluit wat weens hul optrede later 'n ongure reputasie in die noordelike Bosveld nagelaat het.

Met die kkoms van die tweede winter van die oorlog het Kitchener hard begin slaan met die 230 000 troepe (een derde daarvan berede) wat hy nou tot sy beskikking gehad het. Daar is ook, veral in Transvaal, al meer gebruik gemaak van swartes en hensoppers wat vir die Engelse gewerk het as drywers, spioene en vernaamlik as gidse by eenhede soos kol. J.W. Colenbrander se "Kitchener's Fighting Scouts" in die Bosveld en "Steinacker's Horse" in die Laeveld - eenhede wat berugtheid onder die Boere verwerf h et.

Die donkerste skaduwee teen die middel van 1901 was egter die sterfte van vroue en kinders in die konsentrasiekampe. Die terreine was swak gekies, te veel mense is te vinnig en sonder behoorlike voorbereiding daarin saamgehok, personeel en mediese dienste was ontoereikend en rantsoene onbevredigend. Daar was oneerlike kontrakteurs en dom amptenare wat deur die omstandighede oorweldig is toe epidemies van masels en longontsteking groot getalle slagoffers begin eis het onder die 80 000 blankes wat teen Mei 1901 in tente gewoon het. Teen Junie het die sterftesyfer onder die kinders tot 120 per duisend gestyg.

In Brittanje is die verdoemende verslag vrygestel wat Emily Hobhouse, stigter van die S.A. Women and Children's Distress Fund, geskryf het ná 'n besoek van vyf maande aan die kampe. Dit het 'n politieke opskudding verwek; in die Laerhuis het Campbell-Bannerman die Britse oorlogvoering teen burgerlikes as "methhods of barbarism" beskrywe, en die groot kampvegter vir die Boere, William T. Stead,  het dié sinsnede die titel gemaak van 'n striemende pamflet wat wyd en syd versprei is om die gruwele van plaasverwoesting en van die kampe te onthul.

Selfs Milner, wat sedert Mei 1901 in Engeland met verlof was en daar tot burggraaf verhef is, het erken dat die kampe 'n fout was, sowel wat die beginsel as die uitvoering betref. Maatreëls om die smarte van boerevroue en -kinders te verlig, is wel getref, maar dit sou nog tot Februarie 1902 duur voordat die ontsettende sterfte, wat uiteindelik meer as 26 000 lewens geëis het, heeltemal onder beheer was.

Op die Hoëveld, waar die swerwende Transvaalse regering op die plaas De Emigratie naby Ermelo sy 16de staanplek gehad het, was daar vroeg in Mei 1901 weer 'n oomblik van vertwyfeling en selfs 'n gedagte an vredemaak onder die Transvaalse leiers, maar Pres. Steyn het dit kragtig teengegaan en die klinkende oorwinnings wat juis toe deur Kemp by Vlakfontein (30 Mei) en genl. Chris H. Muller by Wilmansrust (12 Junie) behaal is, het sy hande oneindig gesterk.

Kort daarna is inderdaad met verlof van Kitchener 'n boodskap per kabel aan Pres. Kruger gestuur oor die wenslikheid om die stryd voort te sit. Kruger se antwoord was 'n oproep om vas te staan. In dié gees het die twee Boereregerings ook op 22 Junie 1901 by Waterval, naby Standerton, besluit: Die oorlog sou met k rag voortgesit word en daar sou weer 'n inval in die Kaapkolonie wees om die druk op Transvaal en die Vrystaat te verlig, waar Britse kolonnes al hoe meer intensief gejag het en sedert Mei ook met nagaanvalle op die Boere begin het, meestal met hensoppers en verraaiers as gidse.

Onderwyl Smuts hom gretig in die Gatsrand gereed maak vir sy tog na die Kaapkolonie en daarna behendig deur die kolonnes in die Vrystaat suidwaarts vleg, vaardig Kitchener (met goedkeuring vooraf deur Milner en Chamberlain) op 7 Augustus 1901 die proklamasie uit wat die Boere weldra die "papierbom" genoem het. Die vegtende burgers word meegedeel dat hulle nou so verswak was dat hul weerstand nie meer as dié van wettige oorlogvoerendes erken kon word nie; hulle word dus tot 15 September 1901 kans gegee om hulle oor te gee. Diegene wat dit nie doen nie, sou gestraf word; hul leiers en offisiere sou vir ewig uit die land verban word en hul eiendom sou verkoop word om vir die onderhoud van hul vroue kinders te betaal.

Die proklamasie het, soos trouens die hele militêre beleid sedert die besetting van die twee hoofstede die onberekenbare morele krag van die Boereweerstand onderskat en misken. Die dreigproklamasie is nêrens ernstig opgeneem nie, waarskynlik nie eens deur Kitchener self nie, en het (soos in die vorige lente) die uitwerking gehad dat die bedrywigheid van die kommando's meteens verhoog is op 'n tydstip toe van Engelse kant die genadelose dryfjagte tussen die groeiende blokhuislinies in al die gevegsgebiede toegeneem het: teen Kemp in Zwartruggens, Chris Muller en Ben Viljoen in Oos-Transvaal, Beyers om Pietersburg, Botha by Ermelo, en oral in die geteisterde en vernielde Oos-Vrystaat, waar meer bloklhuise gestaan het as op enige ander deel van die oorlogstoneel.

Naby Zastron het Smuts op 3 September 1901 met 'n paar honderd man die Oranjerivier oorgesteek, terwyl genl. George Brand agter hom die engelse kolonnes by die forte tussen Bloemfontein en Thaba Nchu besig gehou het. Maande lank was die Kaaplandse kommando's al aan die gang - altesame sowat 1 500 man - en met Smuts se aankoms skep hulle nuwe moed. Kmdt. J.C. Lötter was pas gevang en is op 12 Oktober gefusilleer. Op dieselfde dag word Gideon Scheepers gevang en ook op 17 Januarie op sy beurt op Graaff-Reinet doodgeskiet weens beweerde moord deur sy kommando gepleeg.

Dit was 'n heldhaftige stryd waarby Smuts hom nou in Kaapland ingewerp het, 'n gevaarvolle bestaan van veg en vlug, eers in die rigting van Tarkastad en Grahamstad, toe oor Graaff-Reinet noordweswaarts, met die Britse kolonnes van French agter hom aan, tot in die distrik Calvinia, waar Manie Maritz toe reeds lank bedrywig was.

Smuts se koms het tot gevolg gehad dat krygswet teen 9 Oktober 1901 oor die hele Kaapkolonie afgekondig is, ook in die hawens, en dat die Britse leërleiding vir 'n groot bykomstige oorlogsterrein troepe moes afstaan en blokhuise bou. Smuts, bygestaan deur vier generaals, Manie Maritz, Wynand Malan, Jaap van Deventer en Hendrik Lategan, het teen die einde van die oorlog met sowat 2 600 man in Kaapland opgetree en die Noordweste feitlik beheer; enduit is daar in sy operasiegebied nooit aan neerlaag gedink nie.

Gelyktydig met Smuts se tog het botha uit die knelgreep van sy bewakers by Ermelo geglip en sy opmars uitgevoer na Natal en sentraal-Zoeloeland, waar hy die hele Septembermaand met die vyand slaags was by Bloedrivierspoort (17 September) en by die forte Mount Prospect en Itala (23-26 September), steeds met die Britse kolonnes van Lyttelton, Bruce Hamilton, Clements en Walter Kitchener rondom hom.

Ná 'n moeilike terugtog is Botha al vegtende teen 11 Oktober 1901 weer by Ermelo, betyds om vir Ben Viljoen die druk te verlig van lt.-kol. G.E. Benson, wat met sy stropende kolonne en gedurige nagtelike aanvalle die laers geen rus gegun het nie. Op 30 Oktober 1901 het Botha in 'n skitterende slag naby Bakenlaate, ten weste van Bethal, die kolonne vernietig van Benson, wat self ook gesneuwel  het.

Onder die indruk van die haglike toestande wat op die Hoëveld geheers het, het Botha ná Bakenlaagte weer aan vredesonderhandelinge gedink, maar weer eens was dit Steyn en De Wet wat taktvol en bemoedigend gekeer het. Botha het die sware stryd weer aangepak; die talryke kolonnes van Bruce Hamilton se dryfjar met 15 000 man, wat op hom en die Transvaalse regering jag gemaak het, het hy van 16 November af meesterlik weerstaan en ontduik. Dit was egter 'n uitputtende proses van slaan en vlug wat vir Botha maande aanhou en eers teen die einde van Maart 1902 deur die eerste vredesonderhandeling beëindig sou word.

De la Rey se stryd in Wes-Transvaal het intussen vir hom die belangrike oorwinning van Moedwil (30 September) opgelewer, toe hy en Kemp die magte van Kekewich wes van Rustenburg aangeval het. Kenmerkend van hierdie slag, - soos by Bakenlaagte 'n maand later - was dat die Boere op onverskrokke wyse oor oop terrein begin stormja het, 'n metode wat hulle vroeër nie gebruik het nie. Enkele weke later sny De la Rey 'n kolonne van Methuen onderweg na Zeerust in twee (24 Oktober) en die "leeu van Wes-Transvaal" is n og druk in sy stryd met Methuen gewikkel toe De Wet ná maade se stilswye weer op die toneel tree.

Met 14 kolonnes soos die speke van 'n wiel rondom hom, begin De Wet naby Reitz roer. Weens die groot oormag teen hom, was sy beweegruimte egter beperk tot die driehoek Lindley - Reitz - Bethlehem. Met sy troue generaals Michael Prinsloo en Wessel Wessels hou hy die kolonnes van Rundle en Elliott aan die gang en slaan op Kersoggend 1901 by Groenkop (Tweefontein) 'n skouspelagtige slag deur die Yeomanry-kamp voor sonop te storm en te oorrompel. Dit was vir De Wet egter die voorspel tot die laaste paar maande se verwoede gevegte en maneuvers tussen die blokhuislinies, toe hy hom telkens uit 'n sluitende "kraal" moes lostrek.

Aan die Britse kant het die oorlogsmasjinerie nou in die hoogste versnelling gekom, sonder dat daar  nog aanduidings was dat die Boereweerstand sou ineenstort. Terwyl Milner in Johannesburg die goudproduksie energiek opstoot, die stadsbevolking laat terugstroom, die effektebeurs heropen en kragtens 'n modus vivendi mynarbeid in Portugees-Oos-Afrika werf, arbei hy en sy bekwame raadgewers reeds druk aan die toekomsplanne vir nedersetting en repatriasie. Die grondslag word gelê vir verskillende afdelings van die toekomstige bestuur van die Vrystaat en Transvaal: finansies, spoorweë, regspleging, onderwys (ook in die konsentrasiekampe), mynwese, landbou en Nazturellesake. Te midde van sy oorvolle werkprogram, moes Milner egter ook tyd vind om die tragedie van die konsentrasiekampe - deur homself as "a sad fiasco" bestempel - te beëindig. Teen November 1901 was hy met feitlik niks anders besig nie.

Die vloedgolf van toorn en verontwaardiging oor die kampe was nog aan die styg, sowel op die Vasteland as in Brittanje self, waar die wantoestande en ellende 'n gevaarlike politieke wapen teen Kitchener se voortsetting van die oorlog begin word. Tot Oktober  het die bevolking van die veertigtal kampe verder toegeneem tot 118 000 blankes, met nog 43 000 nie-blankes daarby. Die sterftesyfer was nog 344 per duisend onder blankes en in een stadium is die kindersterfte in die Kroonstadse kamp selfs geraam op 878 per duisend per jaar.

Vanaf Desember is geen nuwe inwoners na die kampe gebring nie en deur ywerige maatreëls, waaraan selfs Chamberlain nou meegedoen het, is die sterftesyfer teen Februarie 1902 na die normale verlaag. Die totale lewensverlies in die konsentrasiekampe (met inbegrip van volwasse mans) was uiteindelik 27 927, waarvan 4 177 volwasse vroue en 22 074 kinders onder 16 jaar was.

Veg en vlug: Die laaste maande

Kitchener se mililtêre taak het oorweldigend geword. Die aanvaarde beginsels van Europese oorlogvoering het lank reeds onuitvoerbaar gebly in Suid-Afrika; opvattings van taktiek en strategie volgens die handboek het vroeg in die oorlog al verval. Wat oorgebly het, was om met blote materiële oormag die kommando's uit te skakel, om die Boere met berede troepe flou te ry en vas keer met so min moontlik artillerie, wat beweeglikheid kon belemmer.

Dit was Kitchener se bekende neiging om alles self op die hoogste vlak uit Pretoria te hanteer. Begin Desember 1901 het hy egter die dinamiese lt.-genl. sir Ian Hamilton as stafhoof aanvaar. Hamilton sou in die laaste vyf maande van die oorlog 'n beslissende rol speel ln die fase van massale dryfjagte waarmee nou oral toegeslaan is teen die verbete weerstand van die bittereinders.

In hierdie late stadium van die stryd neem Kitchener 'n middel ter hand wat onder die Boere veel verbittering veroorsaak het, verbittering wat ná die oorlog onder Afrikaners sou voortleef Op 7 Desember 1901 is 'n korps van "National Scouts" in die lewe geroep waarin Boere opgeneem is wat bereid was om as betaalde verkenners en spioene teen hul eie volksgenote op te tree ten einde 'n hopeose stryd (volgens hul insigte) te beëindig. Sowat 1 000 van hulle doen teen Mei 1902 diens in Transvaal en 480 in die Vrystaat, onder lg. inderdaad ook twee voormalige generaals.

Vroeg in Januarie 1902 maak De Wet hom tussen Reitz en Heilbron gereed om die "kraal" wat die Engelse om hom span, te ontwyk. Die Britse generaals het intussen uit hul ervaring geleer dat te veel deurkomplekke in hul "drives" gelaat is en kom dié keer met 'n soliede muur van staal wat gelyktydig veeg tussen die blokhuislinies Heilbron - Vrede (aan die noordekant) en Kroonstad - Bethlehem - Harrismith (aan die suidekant), tot by die spoorweg tussen Kroonstad en Wolwehoek. Maar selfs voor die 9 000 man van Elliott, Rawlinson, Byng en Rimington, wat "hand aan hand" nader, breek De Wet teen 8 Februarie los en wag by Elandskop op die volgende "kraal", wat nog erger sou wees.

Met 30 000 man in twee gelyktydige bewegings word De Wet dié keer ooswaarts gedruk. Hy voer sy laaste ontsnapping van die oorlog uit deur op 23 Februarie met die Vrystaatse regering deur die blokhuislinie te breek by Langverwacht, ten suide van Vrede, gaan deur Kommandodrif en bereik teen 17 Maart De la Rey se laer by Witpoort, in die Lichtenburg-distrik. Daar laat hy Pres. Steyn agter vir mediese behandeling voordat hy self terugkeer na Boshof se omgewing, waar tyding van vredesonderhandelinge hom bereik.

In die eerste maande van 1902 het De la Rey met onverminderde ywer die stryd teen die talryke k olonnes in Wes-Transvaal voortgesit. Eers het hy by Ysterspruit (25 Februarie) met Kemp, Celliers en Liebenberg 'n reusekonvooi digby Klerksdorp gebuit en daarna op 7 Maart 1902 by Tweebosch, oos van Hartsrivier, Methuen 'n groot neerlaag toegedien in 'n slag waarin Methuen self as gewonde in sy hande geval het. De la Rey se laaste sukses was dié van Boschbult (31 Maart), toe hy Cookson se kolonne aangeval het. Terwyl hy in April die eerste vredesonderhandelinge bywoon, lewer genl. Jan Kemp aan Hartsrivier nog die slag van Roodewal teen Ian Hamilton (11 April). Dit is gekenmerk deur die heldhaftigste Boerestormjaag van die hele oorlog, waartydens die dappere kmdt. Ferdinand Potgieter van Wolmaransstad gesneuwel het.

Op die Hoëveld het die Britse leërmagte onder Bruce Hamilton van Januarie tot April 1902 die een dryfjag na die ander met nagtelike aanvalle van stapel gestuur. Die oes aan gevangenes in die vyf pogings was skraal, maar op 25 Januarie 1902 is genl. Ben Viljoen gevang. Die Trasnvaalse regering is van plek tot plek verjaag, die distrikte Ermelo, Bethal en Carolina was feitlik vir die Boere verlore en Botha moes uiteindelik die wyk neem na die berge by Vryheid. Onder die tande van die eg het die kommando's van generaals P. Viljoen, J. Prinsloo, Chris Muller (by Lydenburg) en Beyers in die Noorde, by Louis Trichardt, nog tot die laaste staande gebly, terwyl in die verre Namakwaland Martiz en Smuts die dorp Springbok ingeneem en in April O'kiep beleër het toe die eerste berigte van vredesonderhandelinge hulle bereik.

Die weg na vrede

Op 25 Januarie 1902 het die Nederlandse Eerste Minister, dr. Abraham Kuyper, 'n staatsman van formaat, geleerde en reeds lank Boerevriend, die Britse regering die vriendskaplike bemiddeling van sy regering aangebied om vrede in Suid-Afrika te bewerkstellig. Dit was 'n aanbod wat gedoen is sonder die medewete of steun van dr. Leyds, wat dit beskou het as onraadsaam en op daardie tydstip psigologies nadelig vir die Boeresaak.

Die Britse regering het die bemiddelingsaanbod afgewys en die menign uitgespreek dat enige vredesonderhandelinge slegs in Suid-Afrika behoort plaas te vind en wel tussen Kitchener en die Boereleiers. Terselfdertyd is die briefwisseling met dr. Kuyper aan Kitchener deurgestuur, wat die geleentheid aangegryp het om dit op 4 Maart aan die Transvaalse regering te velde te besorg, destyds digby Balmoral, by hul 62ste staanplek sedert die slag van Dalmanutha. Sonder vooraf raadpleging met die Vrystaatse regering, het genl. Schalk W. Burger, as waarnemende president van die Suid-Afrikaanse Republiek, aan Kitchener berig dat hy bereid was om vredesvoorstelle te doen en om 'n vrygeleide gevra om eers met Pres. Steyn in aanraking te kom. Dit is hom toegestaan en Pres. Steyn is dus voor 'n voldonge feit gestel toe hy op 27 Maart die berig ontvlang dat die Transvaalse regering na hom onderweg was.

Van 9-11 April 1902 het samesprekings tussen die twee regerings op Klerksdorp plaasgevind en van die begin was dit duidelik dat daar twee gedagterigtings was: voor en teen vredesonderhandelinge met die Engelse. Ná breedvoerige verslag oor die toestand onder die kommando's, was daar 'n bespreking waaruit geblyk het dat veral Steyn, Hertzog, De Wet en De la Rey geensins tot die vredesamesprekings geneë was nie; nogtans is 'n voorstel aanvaar dat samesprekings met Kitchener in Pretoria gehou word en 'n vyfpuntvoorstel is ontwerp waarin van die standpunt uitgegaan is dat die Britse anneksasie van die republileke nie erken sou word nie en die onafhanklikheid behoue sou bly.

Terwyl die oorlog nog voortgaan teen 'n koste van £1 miljoen per week vir die Britse skatkis, word in Pretoria oor vrede beraadslaag, eers met Kitchener alleen, toe met Kitchener en Milner tesame. Die gesprekke van 12-17 April is aangevul met kabelgramme aan en van die Britse regering en het Milner (nog steeds 'n voorstander van algehele onderwerping van die Boere) die geleentheid gegee om sy standpunt in Londen só voor te dra, dat die Britse regeringsantwoord inderdaad dié van Milner was.

Dit het neergekom op die voorwaardes wat die Britse regering Botha op 7 Maart 1901 by Middelburg aangebied het, met wysiginge soos ná onderhandelinge met Milner en Kitchener ooreengekom word. Hierdie voorstelle sou oorgebring word aan die burgers te velde wat dan afgevaardigdes sou kies (30 vir elke republiek) om op 15 Mei 1902 in Vereeniging byeen te kom om die onderhandelinge verder te voer. Tot 15 Mei sou vyandelikhede voortgaan, maar aan die regeringslede sou vrygeleidedes verskaf word om hul kommando's te besoek en in te lig oor die reëling waarop besluit is.

Die volksverteenwoordigers, soos deur die kommando's aangewys, het alle vooraanstaande offisiere ingesluit en uit Namakwaland is ook genl. J.C. Smuts ontbied. Pres. Steyn het siek en deels verlam op Vereeniging aangekom; hy is geraadpleeg, maar het net enkele vergaderings bygewoon voordat hy op 29 Mei vir geneeskundige behandeling na Krugersdorp weggeneem is. Dit was reeds bekend dat hy - wat i n die donkerste dae die sinnebeeld van volharding en verset geword het - vasberade was om nooit persoonlik die hand op papier te sit om die nafhanklikheid prys te gee nie.

Die dramatiese beraadslalgings in 'n groot tent op Vereeniging het onder voorsitterskap van genl. C.F. Beyers plaasgevind en dieselfde verdeeldheid van mening is hier geoopenbaar oor die vraag of die omstandighede die beëindiging van die oorlog met die moontlike prysgawe van onafhanklikheid regverdig.

'n Kommissie van vyf lede (Botha, De la Rey, Smuts, De Wet en Hertzog) is op 17 mei aangewys om na goeddunke in Pretoria te onderhandel en aan die vergadering verslag te doen. By hierdie onderhandelinge van 19 tot 29 Mei  was dit Hertzog en Smuts wat as regsgeleerdes die vernaamste rol aan Boerekant gespeel het, ook by die opstel van 'n ooreenkomsgrondslag of "akte van vrede".

Aan Britse kant het Milner hom dit steeds ten doel gestel om moontlike toegeeflikheid van die soldaat Kitchener teen te gaan en in die vredesooreenkoms so weinig moontlik te beloof of toe te staan. Die akte wat tot stand gekom het, is na Londen verwys en die teks, soos deur Chamberlain gewysig, is op 27 Mei ontvang met die bepaling dat die afgevaardiges op Vereniging voor 31 Mei bloot "ja" of "nee" daarop moes antwoord. Dit het die volgende 10 klousules bevat:

1) Die neerlegging van wapens deur alle burgers en die erkenning van die Britse vors as wettige heerser;

2) die repatriasie van alle burgers en krygsgevangenes buite die grense van die Vrystaat en Transvaal, mits h ulle Britse onderdaanskap aanvaar;

3) 'n waarborg van persoonlike vryheid en behoud van eiendom vir alle burgers en gerepatriee4rdes wat aldus oorgee of terugkeer;

4) kwytskelding vir oorlogskade deur Boere wat te goeder trou begaan is, behalwe gespesifiseerde uitsonderings wat van Britse kant vooraf aan die Boeregeneraals gemeld is;

5) Nederlands sou in die Vrystaatse en Transvaalse skole as vak onderwys word as die ouers dit verlang; dit sou in geregshowe gebruik word indien noodsaaklik geag ter wille van doeltreffende regspleging;

6) Die behoud met lisensie van gewere wat vir beskerming nodig is;

7) die vervanging van militêre bestuur deur burgerlike regering so spoedig moontlik; en die toestaan van verteenwoordigende instellilngs wat tot selfregering sou lei sodra omstandighede dit toelaat;

8) geen beslissing oor die kwessie van stemreg vir die swartman voordat 'n verteenwoordigende grondwet ingestel was nie;

9) geen spesiale belasting op vaste eiendom in die vormalige republieke om die koste van die oorlog te bestry nie;  en

10) in elke distrik sou 'n kommissie benoem word, waarin die inwoners ook verteenwoordig sou wees, om aan gerepatrieerdes en  hulpbehoewendes bystand te verleen uit 'n fonds van £3 000 000 wat die Britse regering, benewens sekere voorskotte en lenings, beskikbaar sou stel en waaruit ook gedek souo word behoorlik bewese eise van individue teen die regerings van die voormalige republieke.

Van 29 Mei het die drama op Vereeniging sy hoogtepunt bereik. Te midde van ingehoue emosie en stygende spanning, het die afgevaardigdes voor die onvermydelike keuse gestaan om òf die oorlog voort te sit, òf die Britse voorwaardes te aanvaar, òf onvoorwaardelik oor te gee. Dit word 'n roerende debat wat drie dae duur en 'n sterker wordende neiging toon tot die Transvaalse leiers se standpunt dat die voortbestaan van die Boerevolk eis dat die oorlog gestaak word, selfs met prysgawe van die onafhanklikheid.

De la Rey het dit reeds aanvaar met die onuitgesproke vertroue dat 'n vredesverdrag die reg inhou om eendag weer die oorlog om die vryheid te hervat; De Wet (nou waarnemende president van die Oranje-Vrystaat in Steyn se afwesgheid) het egter onwrikbaar gebly.Teenoor die vredesvoorstanders was by hom selfs 'n gees van verwyt te bespeur. Uiteindelik, op 31 Mei, berus ook De Wet, maar op sy voorstel dat die vergadering Hertzog en Smuts 'n voorstel opstel waarin op aangrypende wyse die vergadering besluit om die Britse voorwaardes te aanvaar, ingeklee word as 'n felle aanklag teen Britse otrede in Suid-Afrika wat tot hierdie bittere einde gevoer het.

By die hoofdelike stemming in die tent van samekoms stem 54 afgevaardigdes vir die voorstel en ses daarteen. Daarop vertrek die regerings en hul raadgewers, onder wie genl. Smuts, na Pretoria. Die formele ondertekening van die vredesooreenkoms (wat voortan as die Vrede van Vereeniging bekend sou wees), word om elfuur die aand van 31 Mei 1902 in lord Kitchener se hoofkwartier, te Melrose-huise in Jacob Maréstraat, onderteken, met Kitchener en Milner as verteenwoordigers van die Britse regering, en regeringslede S.W. Burger, F.W. Reitz, Louis Botha, J.H. de la Rey, L.J. Meyer en J.C. Krogh (namens die Suid-Afrikaanse Republiek) en C.R. de Wet, J.B.M. Hertzog, W.J.C. Bregner en C.H. Olivier (namens die Oranje-Vrystaat).

Vroeg in Junie vind die wapenaflegging van die kommando's te velde onder Britse toesig plaas. Voor die einde van 1902 was die meeste oorlewende vroue en kinders uit die kampe en die meeste krygsgevangenes van oorsee in die verwoeste vaderland terug. 

Behalwe die onberekenbare ellende, mensllike lyding en tasbare skade aan eiendom en besittings, het die vernietiging van die onafhanklikheid van die republieke die Britse skatkis £191 000 000 gekos. Onder die ongeveer halfmiljoen persone wat aan Britse kant deelgeneem het, was daar altesame 97 477 ongevalle, van wie 7 091 gesneuwel het of aan wonde oorlede is, 19 143 gewond en die res siektegevalle, meestal van maagkoors, was.

Aan Boerekant het 3 990 burgers gesneuwel en is 1 081 na berekening op kommando oorlede. Syfers oor gewondes is nie aangeteken nie. By die Boereverliese moet egter ook die burgerlike dodetal en dié van krygsgevangenes gevoeg word, 'n totale Boere-verlilessyfer van 34 116. By nadere ontleding van die dodelik blyk dit dat aan Boerekant 12% gesneuwel het, 6% op kommando gesterf het, 17% as volwassenes in kampe omgekom het en 65% as kinders onder 16 jaar oorlede is.

Aan die ontredderde twee nuwe Britse kolonies in hul breëre verband binne Brits-Suid-Afrika sou nie alleen Milner bou nie, maar ook die oorwonnenes en hul Afrikaner-volksgenote van die Kaapkolonie, wat in die jare van stryd in die vuur gelouter is tot 'n kragtige volksbesef wat hom weldra politiek en kultureel sou laat geld.

W.J. de Kock

Onder redaksie van Prof CFJ Muller

500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis

Derde Hersiene en Geïllustreerde uitgawe

ISBN 9780686743134