Botha en Smuts aan bewind, 1910 - 1924

Die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika op 31 Mei 1910 het 'n nuwe tydperk in die geskiedenis van Suid-Afrika ingelui. Die staatkundige verdeeldheid van meer as 'n halwe eeu is daarme beëindig en die twee voormalige Afrikaner-republieke is met die twee Britse kolonies in een staat saamgevoeg. Hierdie samevoeging het gepaard gegaan met groot welwillendheid, maar onder sommige groepe van die bevolking het die welwillendheid spoedig omgeslaan in ontevredenheid. Dit was veral die Indiërs, die Afrikaner-republikeine, die blanke mynwerkers en die swartes wat laat blyk het dat hulle nie tevrede was met die kors wat die regering ingeslaan het nie. In sommige gevalle het hulle selfs die wapen teen die regering opgeneem. Dit het meegebring dat die eerste 14 jaar van die Unie van Suid-Afrika 'n betreklik stormagtige tydperk was.

Die eerste verkiesing 

Met die totstandkoming van die Unie op 31 Mei 1910 was die regering van die nuwe staat reeds aangewys, maar daar was nog geen parlement nie. Die Eerte Minister, genl. Louis Botha, het gevolglik bekend gemaak dat die eerste algemene verkiesing op 15 September 1910 sou plaasvind.

Drie partye en 'n groot aantal onafhanklike kandidate het die verkiesingstryd aangeknoop. Die regering se ondersteuners het bekend gestaan as die Suid-Afrikaanse Nasionale Party, maar in werklikheid het daar nog nie so 'n party bestaan nie. Dit was drie provinsiale partye uit die tydperk voor Uniewording wat nog nie in 'n Uniale party saamgesnoer was nie: die Suid-Afrikaanse Party in Kaapland (ondersteun deru die Afrikanerbond), die Het Volk-Party in Transvaal en die Orangia-Unie in die Vrystaat. Al drie hierdie partye was met Uniewording in hul onderskeie kolonies aan bewind.

Anders as die regeringsondersteuners, was die opposisie se ondersteuners netjies saamgevat in twee pas gestigte Uniale partye. Die Arbeidersparty is in Januarie 1910 in Durban gestig met F.H.P. Creswell as leier. Creswell was 'n voormalige myningenieur wat reeds verskeie jare die werkers se belange aan die Witwtersrand verdedig het. Die Unionisteparty is in Mei 1910, enkele dae voor die totstandkoming van die Unie, gestig toe die Kaaplandse Unionisteparty, die Vrystaatse Konsltitusionele Party en die Transvaalse Progressiewe Party saamgesmelt het. Die leier van die party was dr. (later sir) L.S. Jameson, wat bekendheid verwerf het met die Jameson-inval. Ander vooraanstaande lede van hierdie party was T.W. Smartt, C.P. Crewe en E.H. Walton van Kaapland, G. Farrar, J.P. Fitzpatrick en Patrick Duncan van Transvaal, en J.G. Fraser van die Vrystaat.

Aangesien die Arbeidersparty se aanhang feitlik net tot die groot stede beperk was, is die verkiesing hoofsaaklik tussen die regeringsondersteuners en die Unioniste gevoer. Die vernaamste verskil tussen hierdie twee partye was dat die Unioniste 'n party van Engelssprekendes was, terwyl die regeringsondersteuners hoofsaaklik Afrikaanssprekend was. Ondanks hierdie basiese verskil, was daar geen groot beleidsverskille tussen die twee partye nie: albei wou die blankes in een Suid-Afrikaanse nasie laat saamsmelt; albei wou samewerking tussen Afrikaans- en Engelssprekendes bevorder; albei was t.g.v. immigrasie uit Europa; albei wou 'n eie Suid-Afrikaanse weermag hê; nie een van die twee wou die bande met Brittanje verbreek nie; nie een van die twee het 'n duidelik geformuleerde rassebeleid gehad nie. Die twee partye se verkiesingsmanifeste het trouens in so 'n mate ooreengestem dat Jameson verklaar het dat hy dit geheel en al eens was met Botha se beleid. Hy het egter gemeen dat in Botha se regering persone was wat nie daar behoort te wees nie. Onder hulle was dit veral die Minister van Justisie, genl. J.B.M. Hertzog, wat vir Jameson en baie Engelssprekendes 'n steen des aanstoots was. Die rede daarvoor was dat Hertzog 'n onderwysbeleid in die Oranje-Vrystaat gevolg het wat Engelssprekende kinders verplig het om Hollands te leer. Hertzog se standpunte was vir Jameson en baie Engelssprekendes sinoniem met Afrikaneroorheersing en 'n aantasting van die Engelssprekendes se regte. Die Unioniste het hul aanvalle dus op Hertzog toegespits en met die wekroep "Vote British" die Engelssprekendes se geledere probeer sluit.

Botha en die lede van sy kabinet het na die beste van hul vermoë probeer wal gooi teen die Unioniste se aanvalle op Hertzog, maar Hertzog self het hul taak nie juis makliker gemaak nie. Minder as 'n maand voor die verkiesing het hy in Augustus 1910 op Smithfield weer eens sy omstrede Vrystaatse onderwyswet verdedig, afkeurend gepraat van immigrasie en met groot venyn onder die Unioniste ingeklim. Die Engelstalige koerante het breedvoerig oor sy toespraak verslag gedoen en by Botha aangedring om dit te repudieer.

Hertzog se aandrang op die erkenning van die Afrikaners se regte, die Unioniste se aanvalle op hom en die harde houe wat Hertzog na hulle teruggeslaan het, het meegebring dat die verkiesing in 'n stryd tussen Afrikaner en Engelsman ontaard het.

Die uitslag van die verkiesing was 'n oorwinning vir die regering, maar die oorwinning was nie so groot as wat Botha gehoop het nie: Nasionaliste (die regeringspartye) 67, Unioniste 39, Arbeiders 4 en Onafhanklikes 11. In Kaapland sowel as Transvaal het die regeringspartye swakker gevaar as in die vorige koloniale verkiesings. In Natal is slegs twee regeringsondersteuners verkies tenoor vyf Unioniste en 10 onafhanklikes. Verder is drie ministers - Hull, Moor en Botha self - in hul kiesafdelings verslaan. Botha is in Pretoria-Oos deur die Unionis J.P. Fitzpatrick met 95 stemme verslaan.

Die regering het nie soveel Engelssprekende steun gekry as wat Botha verwag het nie. Botha het dit aan die uitlatinge van Hertzog toegeskryf. "Hertzogisme", het hy kort ná die verkiesing aan oud-president Steyn geskryf, "is er bepaald de oorzaak van dat wij hier zes zetels  hebben verloren, en Sauer deelt mij mede dat ook in die Kaap deze elektie kreet ons vele zetels heeft doen verliezen. Ook mijn eige nederlaag is bepaald daaraan te wyten en het is aan het geroep van Hertzogisme toe te schrijven dat verscheidene van mijn Engelse vrienden op het laaste ogenblik omdraaien en tegen mij stemden."(1)

(1) O. Geyser en A.H. Marais: Die Nasionale Party, deel 1, p. 90

Een van die belangrikste gevolge van die verkiesingsuitslag was dat Botha begin twyfel het aan die wenslikheid van hertzog se teenwoordigheid in die kabinet. Botha het dit as sy groot taak gesien om die kloof tussen die Afrikaans- en Engelssprekende Suid-Afrikaners te oorbrug. Hy wou die twee taalgroepe met mekaar versoen en laat saamsmelt in een Suid-Afrikaanse nasie. Hierdie strewe van hom het hy saamgevat in die woord konsiliasie. Hy was uiters gevoelig vir enigiets wat sy konsiliasiebeleid teengewerk het en met verloop van tyd het hy al meer tot die oortuiging gekom dat Hertzog 'n struikelblok in die weg van konsiliasie was.

Afrikanertwis: Hertzog en Botha

Op 4 November 1910 is die eerste sitting van die parlement formeel deur 'n familielied van die Engelse koning, die Hertog van Connaught, geopen. Enkele dae later het C.P. Crewe van die Unionisteparty 'n mosie by die Volksraad ingedien dat Hertzog se Vrystaatse onderwyswet, met sy beginsel van verpligte onderrig deur medium van sowel Engels as Hollands, afgekeur moet word. Die debat wat op hierdie mosie gevolg het, het gedreig om die gevoelens tussen die twee taalgroepe opnuut te vergiftig. so iets wou Botha tot elke prys vermy. Hy het dus ingegryp en voorgestel dat die aangeleentheid na 'n gekkose komitee verwys word vir ondersoek en aanbevelinge. Die komitee, wat bestaan het uit Hertzog, F.S. Malan, genl. C.F. Beyers en H.E.S. Fremantle as regeringslede en C.P. Crewe, Patrick Duncan, C.P. Robinson en C.L. Botha as opposisielede, het bevind dat daar slegs in een provinsie - die Vrystaat - teelgelykheid op skool bestaan. In die skole van die ander drie provinsies was Engels deurgaans in 'n meerderwaardige posisie. Ná lang en warm besprekinge is met 'n meerderheid van sewe teen een besluit dat alle onderrig tot standerd 4 deur medium van die moedertaal sou geskied en dat die ouers daarna die medium van onderrig self kon kies. Die teenstem was dié van genl. C.F. Beyers, wat onderrig deur medium van die moedertaal ook ná standerd 4 verpligtend wou maak. Hertzog was geensins gelukkig oor die afwatering van sy beleid van verpligte onderrig deur medium van albei landstale nie, maar om die vrede te bewaar, het hy hom by die meerderheidsverslag neergelê.

Hiermee was die saak nog nie afgehandel nie. Botha wou 'n brief aan die administrateurs van die vier provinsies rig waarin hy hulle namens die regering versoek om h ul onderwyswette in ooreenstemming te bring met die parlementêre komitee se meerderheidsverslag. Hertzog het hierteen beswaar gemaak. Hy wou nie sy naam aan 'n versoek laat koppel nie en toe Botha nie sy brief wou wysig nie, het Hertzog gedreig om te bedank. Botha het daarop sy brief so gewysig dat die versoek deur hom persoonlik en nie deur die regering nie, aan die administrateurs gerig is.

Met verloop van tyd het Hertzog hom al hoe minder tuis gevoel in die regering. Hy het gemeen dat sy kollegas uit hul pad gaan om die Engelssprekendes se guns te wen en dat hulle in dié proses die regte van die Afrikaners verwaarloos. Aangesien die Engelse taal en kultuur reeds in so 'n oorheersende posisie was, was daar volgens hom die wesenlike gevaar dat die Hollandse taal en kultuur ten gronde kan gaan as daar nie op algehele gelyke regte aangedring word nie. Hy het sy kollegas se bereidwilligheid om aan die opposisie se eise toe te gee, as swakheid en beginselloosheid beskou. "Word daar voortgegaan," skryf hy in Mei 1911 aan oud-president Steyn, "op die ou weg om die belange van die volk te verontagsaam en op te offer ten einde populatireit by die teenparty te behaal, sal ek bepaald eersdaags moet weier om langer daaraan deel te neem."(2)

(2) C.M. van den Heever: Generaal J.B.M. Hertzog (2de druk, 1944), p. 290

Hertzog is in sy standpunt gesterk deur die morele steun wat hy uit verskeie oorde ontvang het. In Mei 1911 het die beweging Jong Suid-Afrika hom in Pretoria gehuldig as "die onverskrokke kampvegter vir die heilige regte van ons moedertaal". In September 1911 is in Bloemfontein 'n adres aan hom oorhandig wat deur 12 000 Vrystaters onderteken is en waarin hy gehuldig word as "die nasionale held by uitnemendheid". Druk is ook van verskeie kante op hom uitgeoefen om 'n nuwe party te stig.

Botha het op sy beurt al hoe meer tot die oortuiging gekom dat Hertzog uit pas met die regering is. Hertzog se voortdurende propagering van die Afrikaners se taal en kultuur, sy striemende aanvalle op sommige Engelssprekendes en sy sterk teenkanting teen immigrasie uit Europa, was nie bevorderlik vir die regering se konsiliasiebeleid nie.

Die verdeeldheid in die kabinet het Botha aangespoor om sonder verdere versuim sy ondersteuners, wat tot in daardie stadium nog in die ou koloniale partye van voor 1910 verdeel was, in een party saam te snoer. By die stigtingskongres van die nuwe party op 21-22 November 1911 in Bloemfontein was verskeie persone wat reeds diep spore in die Suid-Afrikaanse geskiedenis getrap het, o.a. Botha, Smuts, De la Rey, Steyn, Hertzog, Fischer, De Wet en Merriman. Sowat 160 van die ongeveer 600 afgevaardigdes was Engelssprekend - 'n bewys dat Botha daarin geslaag het om heelwat Engelse steun te verkry. Die kongres is gekenmerk deur 'n gees van samewerking en daar is besluit dat die naam van die nuwe party die Suid-Afrikaanse Nasionale Party sou wees. Die naam is egter by die volgende kongres, in November 1912, gewysig deur die weglating van die woord "Nasionale".

Die stigtingskongres van die Suid-Afrikaanse Party was vir Botha 'n groot sukses. Vir die eerste - en die laaste - keer was die Afrikaners in een poliltieke party saamgesnoer, en saam met hulle was ook 'n groot aantal Engelssprekendes wat reeds hul verknogtheid aan Brittanje ontgroei het en bereid was om met die Afrikaners saam te werk. Hierdie eenheid was egter van korte duur. Voor die einde van die volgende jaar was die Afrikaners in twee kampe verdeel, met die aanhangers van Botha in die een kamp en die ondersteuners van Hertzog in die ander.

Die geslaagde stigting van die Suid-Afrikaanse Party het Botha gesterk in sy oortuiging dat sy konsiliasiebeleid die regte was. Hy h et dit as sy lewenstaak gesien om die kloof tussen die Afrikaans- en Engelssprekendes te oorbrug. Niks moes gesê of gedoen word wat die betrekkinge tussen die twee taalgroepe ongunstig kon beïnvloed nie. Afgesien van sy konsiliasiebeleid het Botha ook ander planne in die mou gevoer waarvoor hy die steun van die Engelssprekendes nodig gehad het. Een van sy oogmerke was om die Britse regering te oorreed om die protektorate, Swaziland, Basoetoland en Betsjoeanaland, aan die Unie van Suid-Afrika af te staan. Nog 'n plan was om wetgewing deur te voer wat aan die swartes hul eie gebiede sou gee en hulle sou verbied om grond in die blanke gebied te koop. Met die doel om die vertroue en steun van Engelssprekende Natal te wen, het Botha in die begin van Oktober 1912 daarheen gegaan.

Botha se besoek aan Natal het saamgeval met 'n besoek van Hertzog aan Nylstroom. Daar het Hertzog met groot venyn ondeer die Unioniste ingeklim. Na aanleiding van kol. J.J. Byron se uitlating op Stanger dat dit sy - Hertzog - se strewe was om die Afrikaner te laat baas speel oor Suid-afrika, het Hertzog ges╘ dat Byron volkome gelyk het. Dit was inderdaad sy strewe en dit sal sy strewe bly. In Suid-Afrika is die Afrikaner baas en sal hy baas speel. Hy - Hertzog - sal aanhou verhinder dat die belange van Suid-Afrika deur vreemde fortuinsoekers soos Byron behartig word. Jare lank was dit ongelukkig so dat Suid-Afrika se belange behartig is deur vreemde fortuinsoekers soos Byron, Smartt e.a., het hy gesê. Sulke persone is nie Afrikaners nie en behoort buite Suid-Afrika.

Hierdie toespraak van Hertzog het opslae gemaak. Die ganse Engelssprekende bevolking was in beroering toe hulle in die koerante daarvan lees. Hul groot vrees was dat hulle deur die Afrikaners oorheers sou word en hier het Hertzog nou openlik erken dat dit wel die Afrikaners se strewe was. Hertzog het daarna verduidelik dat hy met die woord Afrikaner in werklilkheid Suid-Afrikaner bedoel het, d.w.s. 'n Afrikaanssprekende of 'n Engelssprekende wat Suid-Afrika as tuiste aanvaar het. As 'n mens sy toespraak noukeurig bestudeer, blyk dit inderdaad dat hy die woord Afrikaner in hierdie sin gebruik het, maar dit staan nogtans vas dat hy vir die misverstand verantwoordelik was. Hy het die oord Afrikaner nie in sy normale betekenis gebruik nie en nagelaat om duidelik te stel wat hy daarmee bedoel. Hy moes ook geweet het dat die Engelssprekendes die woord Afrikaner in die sin van Afrikaanssprekende sou vertolk.

Botha was uiters ontevrede oor Hertzog se uitlatinge op Nylstroom. Dit was nie alleen in stryd met sy taktiek om die engelssprekendes nie te vervreem nie, maar ook ongeleë vir sy toekomsplanne. Sy poging om die vertroue van die Engelssprekendes in Natal te wen, is deur Hertzog se omstrede uitlatinge in die wiele gery. "De geheele Natal," skryf hy in Oktober 1912 aan Smuts, "voelt daarover beleedigt, in couranten, club, straten, huizen of net waar jij komt, en bestaan hier een ongehoorde opgewonnendheid, die ons zoo als jij verstaan kan zeer veel kwaad doen."(3) En aan sir David Graaff skryf hy in November 1912 dat Hertzog se Nylstroom-toespraak die Unionisteparty, wat feitlik op sterwe was, nuwe lewe gegee het. Hy doen wat hy kan om die uitwerking van Hertzog se ongelukkige uitlating te versag, "maar ik moet zeggen dat ik moede ben - meer dan moede - van al deze onnodige moeilijkheden".(4)

(3) W.K. Hancock en J. van der Poel: Selections from the Smuts Papers, vol. 3, p. 539

(4) O. Geyser en A.H. Marais: Die Nasionale Party, deel 1, p. 107

Twee maande ná Hertzog se omstrede toespraak op Nylstroom was daar 'n tussenverkiesing in Albanie weens die bedanking van die Volklsraadslid, dr. L.S. Jameson. Dit was 'n oorwegend Engelssprekende omgewing en Botha het die tussenverkiesing as van soveel belang beskou, dat hy self op Grahamstad, die hoofdorp in die kiesafdeling, 'n vergadering gaan toespreek het. Hy het 'n sterk pleidooi vir samewerking tussen Afrikaans- en Engelssprekendes gelewer en 'n oorweldigende mosie van vertroue gekry.

Die volgende dag (7 Desember 1912) het Hertzog by De Wildt, 'n klein spoorwegstasie noordwes van Pretorioa, 'n vergadering toegespreek. Hy het verklaar dat hy staan by wat hy op Nylstroom gesê het oor die soort mense wat Suid-Afrika behoort te regeer; alleen mense wat besel is met 'n ware Suid-Afrikaanse gees mag dit doen. Die leier van die opposisie, sir thomas Smartt, h t verklaar dat hy in die eerste plek 'n imperialis is en eers daarna 'n Afrikaner. As dit so is, het Hertzog gesê, dan het hy gelyk gehad toe hy gesê het dat Smartt geen Afrikaner is nie. Met verwysing na imperialisme het Hertzog verklaar dat dit vir hom net goed is in soverre dit dienstig is vir Suid-Afrika. Waar dit in botsing kom met die belange van Suid-Afrika, is hy 'n besliste teenstander daarvan. En by hierdie standpunt, het hy gesê, is hy bereid om te staan en te val. Hy het voorts neerhalend van konsiliasie gepraat as 'n woord waarvan hy die betekenis nie k en nie. Hy het aan niemand iets gedoen waaroor hy hom moet versoen nie.

Hierdie toespraak van Hertzog het sy kollega, kol. G. Leuchars, die Minister van Handel en Nywerheid en Publieke Werke, so ontstel dat hy bedank het. Leuchars was veral gegrief oor Hertzog se standpunt dat Suid-Afrika se belange bo dié van die Britse Ryk gestel moet word. Hy het verklaar dat hy die indruk kry dat Hertzog die Britse Ryk soos 'n lemoen wil uitsuig en, wanneer hy daarmee klaar is, van hom wil wegwerp. Met die uitsondering van Abraham Fischer, was al die ander ministers die mening toegedaan dat Hertzog die engelssprekendes onnodig aanstoot gegee het. Hulle het gemeen dat Hertzog self ook behoort te bedank. Sauer en Burton het selfs gedreig om te bedank as Hertzog dit nie doen nie. Botha het niks verkeerd gesien met die standpunt wat Hertzog oor imperialisme gestel het nie, maar gemeen dat dit ontaktvol van hom was om dit in die openbaar te sê. Sulke uitlatings dryf die Engelssprekendes weg van die Suid-Afrikaanse Party in die rigting van die Unioniste, soos duidelik bewys is deur die tussenverkiesing in Albanie, waar die kandidaat van die Unioniste enkele dae vroeër bo die regeringskandidaat verkies is. Botha het Hertzog ook kwalik geneem oor sy neerhalende verwysing na die regering se konsiliasiebeleid. Al hierdie dinge - Leuchars se bedanking, die mening van Hertzog se kollegas dat hy ook behoort te bedank, die ontsteltenis wat Hertzog se ontaktvolle uitlatings telkens onder die Engelssprekendes veroorsaak het, die ongunstige uitslag van die tussenverkiesing in Albanie, Hertzog se neerhalende verwysing na die regering se konsiliasiebeleid, die lang geskiedenis van wrywing tussen Botha en Hertzog - het Botha tot die oortuiging gebring dat Hertzog uit pas met die regering is en behoort te bedank.

Hertzog het egter geweier om te bedank. Hy het eerlikheid en uitgesprokenheid bo takt en diplomasie gestel en dit was vir hom gevolglik onbegryplik waarom h y nie in die openbaar 'n standpunt mag stel waarmee Botha privaat saamgestem het nie. Botha h et daarop op 14 Desember 1912 sy eie bedanking ingedien. Hy is egter op dieselfde dag deur die Goewerneur-generaal versoek om 'n nuwe kabinet saam te stel. Hy het ingewillilg en sowel Leuchars as Hertzog weggelaat. Die weglating van Leuchars was sonder enige noemenswaardige gevolg, maar dié van Hertzog het verreikende gevolge gehad. Dit h et 'n skokgolf deur die Afrikanerdom gestuur.

Hertzog, meer as enigiemand anders, was sedert die Anglo-boereoorlog die kampvegter vir die Afrikaners se belange. Verskeie vooraanstaande Afrikaners, soos die invloedryke oud-president Steyn, genl. C.R. de Wet en ds. J.D. Kestell in die Vrystaat, Tielman Roos en P.G.W. Grobler in Transval, en adv. J.H.H. de Waal in Kaapland, het hulle onmiddellik agter Hertzog geskaar. Enkele dae ná Hertzog se ontslag verskyn die volgende brief van Tielman Roos, die voorsitter van die beweging Jong Suid-Afrika, in De Week: "In de dagen die komen zal het Afrikaanse volk de vraag moeten beantwoorden: wie zij zullen volgen? Kan het volk 'n ander antwoord geven dan - genl. Hertzog, onse Afrikaanse taalvechter die bereid is geweest om alles op te offeren voor land, volk en taal. Een man tegen wie de Jingo pers geraasd en geskreeuwd heeft voor jaren, en die vandag opgeofferd is om de Natallers te paai - een slachtoffer op het altaar van Imperialisme."(5) Ten einde aan Hertzog morele steun te gee,  het Tielman Roos en H.S.Webb op 28 Desember 1912 'n groot vergadering in Pretoria georganiseer. Dit is in Prinsepark gehou en deur sowat 5 000 mense bygewoon. Die sprekers het die skare van 'n mishoop af toegespreek en genl. C.R. de Wet het na aanleiding daarvan verklaar dat hy hom liewer op 'n mishoop onder sy volk bevind as op 'n skitterende verhoog onder vreemdelinge.

(5) O. Geyser en A.H. Marais: Die Nasionale Party, deel 1, p. 98

In die Volksraad het slegs vyf van die 121 lede hulle agter Hertzog geskaar, maar dit was uit die staanspoor duidellik dat dit nie 'n betroubare aanduiding was van die aanhang wat hy onder die volk gehad het nie. Die Vrystaatse kongres van die Suid-Afrikaanse Party het in Mei 1913 met 47 stemme teen 1 sy kant gekies. In die ander provinsies het Botha weliswaar oorweldigende meerderhede gekry, maar op die Suid-Afrikaanse Party se Uniale kongres wat in November 1913 in Kaapstad gehou is, het dit geblyk dat Hertzog landwye steun geniet. Teenoor Botha se 131 stemme het nie minder as 90 gekry nie.

Die omvangryke steun vir Hertzog se standpunt het hom oortuig dat Afrikanernasionalisme 'n wenperd was en dat dit slegs 'n kwessie van tyd was voordat hy groter steun sou hê as Botha met sy beleid van konsiliasie. Hy was haastig om 'n eie party te stig sodat hy Botha uit die kussings kon lig. Aan die ander kant kon hy nie oorhaastig wees met die stigting van 'n nuwe party nie, want daar was onder sy volgelinge talle wat teruggedeins het by die gedagte an 'n skeuring in die Afrikanergeledere.

In Januarie 1914 het sowat 450 van Hertzog se volgelinge in Bloemfontein byeengekkom om die stigting van 'n eie party te bespreek. Hier is besluit om die Nasionale Party te stig, maar daar is ooreengekom om tot 1 Julie met die formele stigting te wag. Die rede hiervoor was tweërlei: enersyds om die geleentheid te gee vir die nodige voorbereidingswerk aan diegene wat nog nie gereed was om van die Suid-Afrikaanse Party af te skei nie; andersyds om diegene gerus te stel wat t.g.v. verdere versoeningspogings was. Die aanvoorwerk wat hierdie geoden is, het gelei tot die formele stigting op 1 Julie 1914 van die Vrystaatse Nasionale Party. Die ander provinsies het spoedig daarna gevolg met die stigting van afsonderlike provinsiale afdelings van die Nasionale Party, wat op 'n federale grondslag sou funksioneer.

Hertzog het ná sy breuk met Botha met groot vaardigheid, opvallende venyn en heelwat welslae teen Botha te velde getrek. Botha was volgens hom 'n "papbroek" wat voortdurend na die pype van die opposisie dans. Hy laat oogluikend toe dat die regte van die Afrikaner vertrap word. Hy het nie die moed om 'n standpunt wat hy privaat onderskryf in die openbaar te tel nie. Hy is nie langer 'n nasionalis nie, maar het 'n aanhanger van die imperialisme en jingoïsme eword. "Spreker (Hertzog) wenst nogmaals te zeggen dat de Eerste Minister (Botha) afstand heeft gedaan van een groot, zo niet het grootste, beginsel van de partij. Hij heeft het Jingoïsme aangenomen, en dat is voldoende reden waarom hij niet langer op het kussen behoort te zitten."(6)

(6) F.J. du T. Spies: Die Hertzogtoesprake, deel 3, p. 21

Hierdie woorde van Hertzog laat die vraag ontstaan of daar werklik diepgaande beginselverskille tusen hom en Botha was. Het Botha, soos Hertzog beweer het, sy rug op die Afrikaners gedraai? Hoewel Botha se pogings om die Engelssprekendes se vertroue te wen soms so 'n indruk mag wek, was dit in werklikheid nie die geval nie. Botha het 'n Afrikaner gebly en die belange van die Afrikaners het by hom eerste gekom. Uit sy persoonlike briewe is dit duidelik dat hy oor die Afrikaner se taal en kultuur, oor Suid-Afrika se verhouding met die Britse Ryk, en oor die Unioniste, nie ander opvattinge as Hertzog gehad het nie. Die verskil tussen hulle was nie soseer 'n verskil van beginsel nie, maar 'n verskil van taktiek. Botha wou die Engelssprekendes konsilieer deur hul gevoelens nie te kwets nie, hulle nie af te skrik nie en die Afrikaner se taal nie op hulle af te dwing nie. Hertzog het die teenoorgestelde gedoen. Hy het striemende aanvalle op daardie Engelssprekendes gedoen wat meer lojaal aan Engeland was as aan Suid-afrika. Hy het dit onomonde estel dat die Afrikaner (waarmee hy eintlik die Suid-Afrikaner bedoel het) die baas sal wees in Suid-Afrika. Hy wou die Engelssprekendes dwing om Hollands te leer. Botha het nie met hierdie taktiek saamgestem nie en Hertzog afgedank.

Botha se fout was nie, soos Hertzog beweer het, dat hy van die beginsels van sy eie party afgewyk en die Engelssprekendes ten koste van die Afrikaanssprekendes bevoordeel het nie. Botha se fout was dat hy die Afrikaners se lojaliteit aan hom oorskat het. Hy het nie genoeg rekening gehou met die gevoelns van sy eie mense nie. Die Anglo-Boereoorlog was slegs 'n skamele 10 jaar verby en die Afrikaners se wrewel teenoor die Britse Ryk en alles wat Engels was, was moeilik om af te skud. Die meerderheid Afrikaners het soos Hertzog van die standpunt uitgegaan dat hulle niemand kwaad aangedoen het nie en daarom nie nodig het om hulle met die Engelssprekendes te versoen nie. Hulle kon nie begryp waarom Botha so uit sy pad gaan om die medewerking van die Engelssprekendes te verkry nie. Botha se skenking in 1907 van die Cullinan-diamant aan koning Eduard VII, sy bereidwilligheid in 1911 om die Britse vloot finansieel te steun, sy onthulling in 1912 van die aartsimperialis Cecil Rhodes se standbeeld teen Tafelberg, sy herhaalde versekeringe van lojaliteit aan die Britse Ryk, sy afsydigheid teenoor die Afrikaanse taalbeweging - dit was alles dinge wat die Afrikaners ontstel het. Dat Botha hierdie dinge gedoen het, kon 'n groot deel van die Afrikaners nie verstaan nie. Die gevolg was dat baie van hulle hul rug op hom gedraai en by Hertzog se Nasionale Party aangesluit het.

Die Naturellen Grond Wet (No. 27 van 1913)

Die wetgewing wat gedurende die termyn van die eerste parlement van die Unie van Suid-Afrika (1910-1915) ingedien is, kan in twee hoofgroepe ingedeel word: enersyds die koördinerende wetgewing wat die eenwording van die vier kolonies afgerond het; andersyds die wetgewing wat landsprobleme aangedurf het. Wat die afronding van die unifikasieproses betref, het verskeie sake wetgewing vereis: die staatsdepartemente van die vier kolonies moes gesentraliseer word, die bestaande wetgewing van die kolonies oor aangeleenthede soos immigrasie, boedels, ens., moes eenvormig gemaak word, en kwessies waarvan gereël word. Omdat hierdie wette geen groot beginselkwessies aangeraak het nie, maar slegs die gladde werking van die landsadministrasie wou verseker, is dit nie nodig om langer daarby stil te staan nie. Die parlement se bemoeienis met die belangrike landsvraagstukke verdien meer aandag. Dit was trouens aangeleenthede wat nie alleen hoogs omstrede was nie, maar soms ook die fondamente van die hele samelewing geraak het.

Een van die eerste vraagstukke waarmee die Botha-regering te kampe gehad het, was klagtes oor die indringing van swartes in die blanke gebied. Die groot meerderheid van hierdie swart indringers was plakkers, d.w.s. swartes wat hulle op privaatgrond en staatsgrond gevestig het, maar daar was ook swartes wat plase in blanke gebiede gekoop en gehuur het. In November 1910 het die parlement 'n gekose komitee onder voorsitterskap van die Minister van Naturellesake, Henry Burton, aangewys om ondersoek in te stel na die klagtes en 'n oplossing aan die hand te doen. Hierdie komitee het tot dieselfde gevolgtrekking gekom as die Lagden-kommissie van 1903-5 en dit was dat aan die swartes duidelik omskrewe grondgebied toegeken moet word waar hulle apart van die blankes kon woon. Die komitee het ook 'n wetsontwerp opgestel wat die indringing van swartes in die blanke gebiede aan bande wou lê met bepalinge soos die volgende: meer as vyf swartes mag nie saam 'n plaas koop nie; 'n blanke boer moet 'n lisensie hê as hy meer as vyf swart huisgesinne op sy plaas wil aanhou; en die regering verkry die reg om die aantal swartes op sendingstasies te beperk. Hierdie wetsontwerp het egter nie so ver gegaan om swartes te verbied om grond in die blanke gebiede te koop nie. A.g.v. besware deur blankes wat gevrees het dat hulle benadeel sou word, is hierdie wetsontwwerp nooiot by die parlement ingedien nie.

In Junie 1912 het Hertzog vir Burton opgevolg as Minister van Naturellesake. Hy het begin werk aan 'n nuwe wetsontwerp wat die indringing van swartes in die blanke gebiede sou teengaan. Voor Hertzog egter sy wetsontwerp aan die parlement kon voorlê, is hy in Desember 1912 deur Botha uit die kabinet gesit.

Kort ná die begin van die 1913-parlementsitting, het verskeie Volklsraadslede druk op die regering uitgeoefen om wetgewing in te dien wat die indringing van swartes in die blanke gebiede sou teengaan. Op 28 Januarie 1913 sou kol. M. Mentz van Zoutpansberg van die nuwe Minister van Naturellesake, J.W. Sauer, weet of hy van plan was om in die nabye toekoms wetgewing in te dien ter bekamping van die plakkerseuwel en die opkoop van blanke grond deur swartes. Op 31 Januarie het I.J. Meyer van Harrismith 13 petisies uit sy kiesafdeling ingedien waarin daar om wetgewing gevra is teen die gebruik om grond aan swartes te verhuur. Op 4 Februarie wou G.W.J. du Toit van Middelburg van die Minister van Naturellesake weet of hy daarvan bewus is dat groot ontevredenheid in Transvaal heers oor die plakkerseuwel. Op 28 Februarie het J.G. Keyter van Ficksburg gevra dat 'n wetsontwerp ingedien moet word oor die rondlopery van swartes sonder passe, plakkery op plase en die gebruik van sommige blankes om swartes op 'n plaas te laat woon in ruil vir 'n deel van hul oes (deelsaaiery). P.G.W. Grobler van Rustenburg het voorgestel dat die wetsontwerp swartes ook moet verbie dom by blankes grond te koop of te huur.

As gevolg van hierdie aanhoudende druk was die Minister van Naturellesake verplig om wetgewing voor te berei wat gebiedskeiding sou afdwing. Dit beteken egter nie - soos sommige geskiedskrywers beweer - dat hy hierdie wetgewing teen sy sin ingedien het nie. J.W. Sauer het geglo dat dit nodig was om gebiedskeiding af te dwing. Hy was teen politieke segregasie, maar vir territoriale segregasie. Hy was m.a.w. teen die afskaffing van die Kaaplandse Naturellestemreg, maar t.g.v. aparte woongebiede vir wit en swart.

Die wetsontwerp wat Sauer in Mei 1913 by die parlement ingedien het, het aan die swartes hul eie grondgebied toegeken en 'n verbod geplaas om die verkoop van blanke grondgebied aan swartes en swart grondgebied aan blankes. 'n Bylae by die wetsontwerp het die swartes se grondgebied aangedui. Dit was, volgens 'n berekening wat die Beaumont-kommissie 'n paar jaar later gedoen het, sowat 10,4 miljoen morg. Hierdie 10,4 miljoen morg was egter net die reservate en lokasies en het maar 'n bietjie meer as die helfte van die grondgebied omvat wat die swartes reeds bewoon het. Dit was slegs 'n voorlopige afbakening en daar is dan ook bepaal dat 'n kommissie die saak verder soou ondersoek en aanbevelinge sou doen oor 'n meer realistiese afbakening. Hoewel die wetsontwerp op die hele Suid-Afrika van toepassing was, het dit in die praktyk net betrekking gehad op Transvaal en Natal. Die Vrystaat het reeds oor wetgewing beskik (Ordonnansie 5 van 1876) wat swartes belet het om grond in die blanke gebied te koop. In Kaapland was grondbesit een van die voorwaardes waaraan swartes moes voldoen om stemreg te kon kry. En aangesien die stemreg van die Kaaplandse swartes in die Unie van Suid-Afrika se grondwet verskans was, sou 'n wet wat hulle verbied om grond te besit, in stryd wees wees met die grondwet. In klousule 8(2) het Sauer dan ook bepaal dat die wetgewing nie in Kaapland van toepassing sou wees as dit enigsins iemand se kanse op die stemreg sou benadeel nie. In die praktyk het dit daarop neergekom dat die wetgewing nie op Kaapland betrekking sou hê nie.

Hierdie wetsontwerp was die eerste neerlaag van territoriale segregasie of gebiedskeiding in die wetgewing van die Unie van Suid-Afrika. Dit is dus nodig om die argumente vir en teen die wetsontwerp van naderby te bekyk.

Ter regverdiging van territoriale segregasie het Sauer hom o.m. beroep op die Lagden-kommissie van 1903-1905 se bevinding dat die deurmekaarwoon van wit en swart tot wrywing lei. Hy het ook met instemming 'n uitspraak van die Amerikaner Grady aangehaal dat "assimilation" aanleiding gee tot "debasement".

Hertzog se mening was dat Sauer se wetsontwerp 'n stap in die regte rigting was. Hy het ook aangevoer dat die deurmekaarwoon van wit en swart wrywing veroorsaak en dat gebiedskeiding die enigste manier was om hierdie wrywing uit te skakel. Die wetsontwerp het na sy mening egter nie ver genoeg gegaan nie. Hy wou gehad het dat Kaapland ook by die bepalinge van die wetsontwerp ingesluit moes word. Hy het dit bepleit dat groter stukke grond aan die swartes toegeken word en het die hoop uitgespreek dat "de Kommissie het zich tot taak zal stellen, grote streken af te bakenen, waarbinne de n aturellen zichzelf zullen regering onder toezicht van de blanken".(7) En in die debat oor die komiteestadium van die wetsonwerp het hy aanbeveel dat daar benewens die afgebakende swart gebiede ook "gereserveerde areas" aangewys moes word waar wit en swart voorlopig deurmekaar kon woon, maar wat bestem was om uiteindelik swart gebiede te word.

(7) F.J. du T. Spies: Die Hertzogtoesprake, deel 3, p. 34

Die Eerste Minister, Botha, het hom ook t.g.v. gebiedskeiding uitgespreek. Daar was volgens hom geen moontlikheid dat wit en swart gelyk gestel kon word nie.

Die vernaamste teenstanders van die wetsontwerp was tee voormalige eerste ministers van die Kaapkolonie: John X. Merriman in die Volksraad en W.P. Schreiner in die Senaat. Hulle het die standpunt gehuldig dat dit in beginsel verkeerd is om die swartes te verbied om verdere grond aan te koop. Merriman het verklaar dat die wetsontwerp die swartes in 'n soort kraal wil dryf om daar op eie houtjie te ontwikkel. Volgens hom was dit 'n fout, want "to allow them to go back on to their own lines was merely to drive them back into barbarism".(8) Schreiner daarop gewys dat die wetsontwerp byna driekwart van Suid-Afrika se bevolking  van 'n reg ontneem wat hulle voorheen in drie van die vier provinsies gehad het.

(8) Debates of the House of Assembly, 15 May 1913, col. 2443

Diegene wat die wetsontwerp teengestaan het, was egter ver in die minderheid en in Junie 1913 is die Naturellen Grond Wet (No. 27 van 1913) op die wetboek geplaas.

Wat was die swartes se reaksie op hierdie eerste neerslag van territoriale segregasie in die wetgewing van die Unie van Suid-Afrika? Met die enkele uitsondering van John Tengo Jabavu, redakteur van die Xhosa-koerant Imvo Zabantsundu en die erkende leier van die swartes in Kaapland, was alle ander swart leiers teen die Naturellen Gron Wet. Jabavu se steum vir die wet het gespruit uit sy groot vertroue in J.W. Sauer. Dit was vir hom ondenkbaar dat Sauer wetgewing sou steun wat die swartes sou benadeel. Hy het dan ook sy invloed gebruik om sy eie organisasie, die South African Native Races Congress, te oorreed om 'n besluit t.g.v. Sauer se wetsontwerp aan te neem. Hierdie besluit is egter in groot mate geneutraliseer deur die protes van die South African Native National Congress, die latere African National Congress. In Mei 1913 het 'n afvaardiging van hierdie organisasie die Minister van Naturellesake versoek om n ie met die wetsontwerp voort te gaan nie. Nadat die wetsontwerp wel goedgekeur is, het 'n tweede afvaardiging in Julie 1913 by die waarnemende Minister van Naturellesake, F.S. Malan, aangedring op die herroeping daarvan. In Februarie 1914 het die African National Congress besluit om 'n afvaardiging na Londen te stuur om by die Britse regering aan te dring op 'n ongeldigverklaring van die gewraakte wet. John L. Dube (die eerste voorsitter van die ANC), Sol Plaatjie ('n Tswana met besondere joernalistieke talent), A. Msane, T.M. Mapikela en dr. W.B. Ribisama (die enigste swate wat lid van die Kaaplandse Provinsiale Raad geword het) het teen die helfte van 1914 in Londen aangekom. Die afvaardiging moes egter sonder enige welslae huiswaartskeer. Die Britse regering was nie bereid om in Suid-Afrikaanse aangeleenthede in te gryp nie.

Dit is opvallend dat die swartes se besware nie gerig was teen die beginsel van gebiedskeiding wat die wetsontwerp onderlê het nie. Hul besware was teen die bepaling wat hulle verbied het om verdere grond aan te koop en teen die bepaling wat aan blanke plaaseienaars die reg verleen het om hulle van grond te verdrywe waar hulle reeds geslagte lank gewoon het.

Die kommissie wat kragtens die Naturellen Grond Wet moes ondersoek instel na die toekenning van verdere grondgebied aan die swartes, is in Augustus 1913 benoem. Die voorsitter was sir William Beaumont, 'n voormalige administrateur van Natal. As gevolg van vertragings wat teweeg gebring is deur die Eerste Wêreldoorlog en die Rebellie van 1914, het die Beaumont-kommissie sy verslag eers in Maart 1916 voltooi. Dit het bevind dat die grondgebied wat in die bylae van die Naturelle Grond Wet vir die swartes opsy gesit is, ongeveer 10,4 miljoen morg beslaan. Dit was egter net die reservate en lokasies en het nie die privaatgrond, kroongrond en sendinggrond wat deur die swartes bewoon is, ingesluit nie. Die Beaumont-kommissie het gevolglilk aanbeveel dat nog ongeveer 8,3 miljoen morg aan die swartes toegeken moet word. Dit souo hul totale grondgebied op ongeveer 18,7 miljoen morg bring.

Die aanbevelings van die Beaumont-kommissie is in Maart 1917 in die Naturelle Administrasie Wetsontwerp opgeneem en aan die parlement voorgelê. Die wetsontwerp het onmiddellik op hewige teenstand gestuit - omdat die blanke grondeienaars wat deur die afbakening geraak sou word, nie genoeë wou neem met die kommissie se afbakening nie. Die wetsontwerp is daarop na 'n gekose komitee verwys, wat aanbeveel het dat plaaslike komitees aangestel moes word om verdere ondersoek in te stel na die afbakening van die Beaumont-kommissie. Vyf plaaslike komitees is aangestel - vir Kaapland, Natal, die Oranje-Vrystaat, Oos-Transvaal en Wes-Transvaal.

Die plaaslike k omitees het hul verslae in die eerste helfte van 1918 voltooi. Al vyf het die Beaumont-kommissie se afbakening gewysig: sommige het meer grond toegeken, andere minder. Die eindresultaat het daarop neergekom dat die Beaumont-kommissie se afbakening van die swart grondgebied verminder is van 8,3 miljoen morg na 7,5 miljoen morg.

Weens die onderlinge verskille in die aanbevelinge van die plaaslilke komitees, die verskille tussen hul aanbevelinge en dié van die Beaumont-kommissie, die ontevredenheid van die belanghebbende persone, die kritiek van enkele liberaaldenkendes en die  mening van regsgeleerdes dat die wetsontwerp alleen met 'n tweederde-meerderheid aanvaar kon word, het die regering besluit om die wetsontwerp terug te trek.

Die aanbevelinge van die Beaumont-kommissie en die plaaslike komitees oor die toekenning van verdere grondgebied aan die swartes is dus nie in wetgewing vasgelê nie. Dit was eers byna 20 jaar later dat genl. J.B.M. Hertzog hierdie aanbevelings in sy Naturelletrust en -Grond Wet (No. 18 van 1936) bekragtig het.

Ontevredenheid by mynwerkers en Indiërs

Hoewel die twis tussen Botha en Hertzog verreweg die belangrikste politieke verwikkeling gedurende die eerste jare van die Unie van Suid-Afrika was, was daar ook ander opsienbarende gebeurtenisse - gebeurtenisse wat destyds selfs meer aandag getrek het as die skeuring in Afrikanergeledere. Veral twee hiervan verdien aandag: die een 'n twis tussen arbeiders en kapitaliste waarby die regering moes ingryp, die ander 'n geskil tussen die Indiërs en die regering.

Die arbeiders se ontevredenheid met hul werkgewers het uitgeloop op twee stakings: die eerste in Junie-Julie 1913 en die tweede in Januarie 1914. Die eerste staking het sy oorsprong gehad in 'n nietige geskil wat by die Kleinfonteinmyn naby Benoni ontstaan het oor die diensvoorwaardes van die mynwerkers. Die mynwerkers se vakbond het dit vir hulle opgeneem en die saak  het spoedig gegroei tot 'n geskil met die mynbase oor die erkenning van die mynwerkersvakbond. Die mynwerkers het begin staak, die staking het oor die hele Witwatersrand versprei en onluste het spoedig gevolg. Die polisie kon die toestand nie beheer nie en aangesien daar nog nie 'n Suid-Afrikaanse weermag was nie, was Smuts as die verantwoordelike minister verplig om die hulp in te roep van die Britse troepe wat nog in die land was. Botsings tussen die stakers en die troepe het nie uitgebly nie en die stakers het hul wrewel teen die regering en die mynbase getoon deur die Johannesburgse spoorwegstasie en die k antore van The Star (mondstuk van die mynbase) aan die brand te steek. Toe die staking dreig om hand-uit te ruk, het Botha en Smuts besluit om persoonlik na Johannesburg te gaan en met die stakers te onderhandel. Die samesprekings met die stakerleiers het in die Carlton-hotel plaasgevind (5 Julie 1913) terwyl 'n aggressiewe skare in die straat saamgedrom het. Onder sulke omstandighede kon Botha en Smuts, wat hul eie magteloosheid besef het, niks anders doen nie as om toe te gee aan die stakers se eise: ten eerste, dat die ontslane mynwerkers by Kleinfontein weer in diens geneem word, en ten tweede, dat die mynwerkers se griewe ondersoek word. Dit was 'n groot oorwinning vir die stakers en hul sukses het hulle laat glo dat verdere stakings nog groter voordele sou bring. Ekstremiste, soos die Hollander H.J. Poutsema, het die leiding in arbeiderskringe begin neem en in Januarie 1914 het nog 'n staking, hierdie keer van veel groter afmetinge as die vorige, uitgebreek. Die staking het onder die spoorwegwerkers in Pretoria begin, na ander groot spoorwegsentrums in die land versprei en ook onder die goudmynwerkers aan die Witwatersrand posgevat. Smuts was egter nie van plan om weer voor die stakers se eise te swig nie en het gevolglik eenhede van die nuwe Suid-Afrikaanse weermag (wat hy in die laaste helfte van 1913 tot stand gebring het) gemobiliseer en onder genl. Koos de la Rey Johannesburg binnegestuur. Die stakers het spoedig ingesien dat weerstand nie sou help nie en besluit om oor te gee. Smuts het dit nie daarby gelaat nie. Hy het die wet in eie hande geneem en nege van die belhamels, waarvan party oortuigde anargiste en sindikalilste was, sonder verhoor gedeporteer.

Hierdie eiemagtige optrede van Smuts het veel kritiek uitgelok, maar die geesdrif vir stakings beslis 'n gevoelige knou gegee. Eers in 1922 sou die stryd tussen arbeid en kapitaal weer ernstig opvlam.

Die hoofbrekens wat die Indiërs die regering in die jare onmiddellik ná Uniewording gegee het, was slegs die voortsetting van 'n vraagstuk wat reeds die tyd van die kolonies dringend was. Dit het egter 'n verdere opflikkering beleef met die regering se voorneme om 'n wet aan te neem wat die aanhoudende instroming van Indiërs sou stop. 'n Wetsontwerp wat die onbeheerde binnekoms van "Indiërs en ander Asiate" sou beëindig, is dan ook in 1911 gepubliseer, maar dit is teruggetrek toe die onderkoning van Indië em doe Vrustaters daarteem beswaar gemaak het, eg. omdat die wetsontwerp teen Indiërs gediskrimineer het en lg. omdat dit nie genoeg gediskrimineer het nie. Maar die regering was vasbeslote om wal te gooi teen die binnestroming van Indiërs en in 1913 word 'n immigrasiewet in die wetboek opgeneem wat, hoewel dit nie spesifiek na Indiërs verwys het nie, in die praktyk tog daarop neergekom het dat hulle verdere binnekoms in die land onmoontlik gemaak is. Daar is hewig teen die wet geprotesteer en die protes het terselfdertyd M.K. Gandhi, die Indiërs se leier in Suid-Afrika en die groot apostel van lydelike verset (satyagraha) geïnspireer om die herroeping te eis van alle wette wat teen die Indiërs diskrimineer. En dit was 'n groot aantal wette, aangesien die koloniale wette wat op Indiërs betrekking gehad het, net so oorgeneem is deur die Unie van Suid-Afrika.

n 'n vyfpunt-eis het Gandhi die volgende gevra: die terugtrekking van die Natalse wet wat die £3-belasting op Indiërs gelê het, die herroeping van die Vrystaatse wet wat Indiërs se verblyf aldaar verbied, die erkenning van huwelike wat op Indiese wyse voltrek is, die hervorming van die grond-, drank en immigrasiewette wat teen Indiërs gediskrimineer, en die verlening van toestemming aan Indiërs wat in die Kaap gebore is om daarheen terug te keer. Om sy protes verder te sterk, het Gandhi in die begin van Desember 1913 met ongeveer 2 000 van sy rasgenote uit Natal die Transvaalse grens by Volksrust oorgesteek. Dit was 'n oortreding van die wet wat die binnekoms van Indiërs in Transvaal beheer het. Hulle is in hegtenis geneem, soos Gandhi verwag en soos hy gehoop het, het sy beweging van lydelike verset soveel indruk gemaak, dat die regering nie alleen 'n kommissie benoem het om ondersoek in te stel na die Indiërs se griewe nie, maar Smuts ook ingewillilg het om regstreeks met Gandhi te onderhandel. Die gevolg was 'n tegemoetkomingswet in 1914 wat die £3-belasting op Indiërs in Natal afgeskaf, die geldigheid van Indiërhuwelike erken en die toegang van Indiërvroue tot Suid-Afrika vergemaklik het. Gandhi het berus by wat hy bereik het, maar Smuts terselfdertyd meegedeel dat daar nog kwessies i.v.m. die Indiërs in Suid-Afrika was wat ter gelegener tyd aandag moes geniet. Die nastreef van daardie oogmerk het hy egter aan ander oorgelaat en aan die vooraand van die Eerste Wêreldoorlog na Indië vertrek.

Die rebellie van 914

Toe Oostenryk-Hongarye op 28 Julile 1914 teen Serwië oorlog verklaar, het een né die ander Europese moondheid tot die stryd toegetree: eers Rusland, toe Duitsland, daarna Frankryk, en op 4 Augustus het ook Brittanje 'n ultimatum aan Duitsland gerig. Op dieselfde dag het die Unie van Suid-Afrika aan Brittanje laat weet dat hy bereid is om vir sy eie verdediging te sorg as die Britse troepe wat in Suid-Afrika is, elders benodig word. Brittanje het hierdie aanbod met dank aanvaar en daaraan toegevoeg dat hy dit hoog op prys sou stel as Suid-Afrika die radiostasies in Duits-Suidwes-Afrika kon verower. Hierdie versoek het die Suid-Afrikaanse regering in 'n baie moeilike posisie geplaas. Dit het trouens daarop neergekom dat Suid-Afrika tot die oorlog teen Duitsland moes toetree - en dit aan die kant van die land wat enkele jare vantevore teen die twee Afrikaner-republieke in 'n oorlog gewikkel was. Die Suid-Afrikaanse regering het die voor- en nadele van 'n aanval op Suidwes-Afrika opgeweeg en op 10 Augustus aan die Britse regering laat weet dat hy aan die versoek sou voldoen.

Botha het nie ligtelik tot dié besluit gekom nie. Hy het geweet dat sy besluit om Suidwes-Afrika aan te val, uiters ongewild onder die Afrikaners sou wees. En hy het geweet dat 'n aantal van sy ondersteuners na Hertzog se Nasionale Party sou oorstap. Die vraag ontstaan gevolglik waarom hy dan ingewillig het om Suidwes-Afrika binne te val.

Daar was meer as een rede. Botha was ten eerste daarvan oortuig dat as Suid-Afrika sou weier om aan die versoek van die Britse regering gehoor te gee, Suidwes-Afrika in elk geval deur Brittanje verower sou word - waarskynlik met behulp van Australiërs of Indiërs. So iets sou beslis nie in belang van Suid-Afrika wees nie. Suid-Afrika kon, volgens hom, nie op die kantlyn sit en kyk hoe ander moondhede die inisiatief in Suider-Afrika neem nie. Suid-Afrika moes self die inisiatief neem en die toekoms van Suider-Afrika help bepaal. Ten tweede was Botha bang dat 'n burgeroorlog in Suid-Afrika sou uitbreek as hy Brittanje se versoek oor Suidwes-Afrika van die hand sou wys. Die engelssprekendes sou bitter ontevrede wees. Aan die ander kant het Botha besef dat sy bereidwillilgheid om aan die Britse versdoek te voldoen, nie die Afrikaners se goedkeuring sou wegdra nie, maar hy het gemeen dat hy eerder sy eie mense, wie se vertroue hy genieg, sou kon beteuel. Ten derde het Botha geglo dat Suid-Afrika, as deel van die Britse Ryk, nie anders kon as om by die Britse regering te staan in sy uur van nood nie. Dit was vir hom die weg van trou, eer en plig. Die weg van verraad was volgens hom 'n onbekende weg vir die Afrikaners. Hy het ten vierde geglo dat die twee bevolkingsgroepe in Suid-Afrika nader aan mekaar sou beweeg as hulle teen 'n gemeenskaplike vyand moet veg. Dit sou dus sy konsilliasiebeleid, wat by hom baie swaar geweeg het, bevorder. As 'n vyfde en laaste rede kan gemeld word dat Botha in die verowering van Suidwes-Afrika 'n moontlikheid gesien het om Suid-Afrika se grense uit te brei. Hoewel hy hierdie argument nie in die openbaar genoem het nie, het hy besef dat Suidwes-Afrika moeilik van Suid-Afrika afgeneem kon word as dit eenmaal verower was.

Daar was egter 'n groot aantal Afrikaners wat eerder die wapen teen die Engelse as die Duitsers sou opneem. Die herinneringe aan die Anglo-Boereoorlog was nog vars in hul geheue en daar was nog 'n sterk verlange na die republikeinse dae. Hulle het die Engelse nog nie vergewe vir al die ellende wat hulle moes deurmaak nie. Die uitbreek van die oorlog in Europe het dan ook by hulle die gedagte gewek dat die tyd ryp was om die Engelse juk af te werp en 'n onafhanklike republiek uit te roep. Dit was ook die gedagtegang van die invloedryke genl. Koos de la Rey van Wes-Transvaal. Reeds enkele dae ná die uitbreek van die oorlog is in sy distrik, Lichtenburg,  kennisgewings rondgestuur waarin die burgers versoek is om op 15 Augustus1914 met gewere by Treurfontein byeen te kom. Toe Botha hiervan te hore kom, het hy De la Rey na Pretoria ontbied en hom ernstig gemaan om nie die Afrikaners teen Brittanje op te stook nie. Hy het De la Rey ook ingelig oor sy plan om Suidwes-Afrika aan te val. De la Rey het belowe dat hy nie onverantwoordelik sou optree nie en die vergadering by Treurfontein het dan ook met 'n mosie van vertroue in die regering geëindig.

Die nuus dat die regering van plan was om Suidwes-Afrika aan te val, is deur etlike offisiere in die verdedigingsmag met misnoeë ontvang. Die kommandant-generaal, genl. C.F. Beyers, het Botha meegedeel dat hy teen die plan gekant is en nie die veldtog sou aanvoer nie. Op 'n vergadering van die Transvaalse kommandante het Botha en Smuts ook sterk teenstand ondervind.

Die regering se plan om Suidwes-Afrika aan te val, was onderworpe aan die goedkeuring van die parlement. Daar is gevolglik 'n buitengewone parlementsitting in September 1914 belê. Botha se argumente t.g.v. Suid-Afrika se toetrede tot die oorlog het Hertzog nie geïmponeer nie. Hy het erken dat Suid-Afrika, as 'n deel van die Britse Ryk, in 'n staat van oorlog met Duuitsland verkeer, maar dit het nog nie b3eteken dat Suid-Afrika tot aksie moet oorgaan en 'n aanval op 'n buurstaat moet doen nie. Die belange van Suid-Afrika sou nie deur so 'n stap gedien word nie. Dit sou slegs 'n verlies aan menseleens en die verkwisting van geld tot gevolg hê. Hertzog het egter nie veel steun vir sy standpunt gekry nie. Die Volklsraad het Botha se voorneme om Suidwes-Afrika aan te val, met 92 stemme teen 12 goedgekeur en in die Senaat was die stemming 24 teen 5.

Een van die senatore wat nie vir Botha se voorstel gestem het nie, was genl. Koos de la Rey. Hy het verklaar dat hy gewetensbesware teen die aanval op Suidwes-Afrika het. Ná afloop van die perlementsitting het hy per trein van Kaapstad na Pretoria gereis om met die steun van Beyers, Kemp en Maritz, wat al drie hoë offisiere in die weermag was, die Afrikaners tot protes teen die aanval op Suidwes-Afrika aan te spoor. Op 15 September 1914 het hy in Pretoria aangekom en onmiddellik kontak gemaak met Beyers, wat vroeër die dag reeds sy bedanking as kommandant-generaal ilngedien het. De la Rey en Beyers het dieselfde middag per motor na die militêre kamp op Potchefstroom vertrek om daar hul protesplan teen die aanval op Suidwes-Afrika van stapel te stuur. Hulle het Potchefstroom nooit bereik nie.

By 'n beheerpunt in Langlaagte het hul motorbestuurder op bevel van De la Rey 'n stopteken van die polilsie verontagsaam. Die polisie, wat op die uitkyk was na die Fosterbende, het gevuur en die opslagkoeël het De la Rey getref. Hy het kort daarna gesterf. Daarmee is die hele protesplan in die war gestuur.

Maar die gevoel van ontevredenheid en verset onder 'n groot deel van die Afrikaners het bly voortbestaan. Hierdie gevoel is nou verder aangeblaas deur geruge dat die regering burgers gaan opkommandeer vir die veldtog teen die Duitsers. Ook is daar gefluister dat die regering De la Rey laat vermoor het. Terwyl hierdie atmosfeer van spanning oor die land gehang het, het die nuus gekom (10 Oktober 1914) dat Maritz, wat in bevel van die militêre kamp by Upington was, gerebelleer en na die Duitsers oorgestap het. Die gevolg van hierdie dramatiese nuus was dat 'n reeds gevaarlike toestand nog gevaarliker geword het. Maritz se houding in die noordweste van Kaapland was 'n sterk aanmoediging vir die opstandiges in die Vrystaat en Transvaal om ook na die wapen te gryp. Toe Smuts nog boonop 'n ultimatum van Maritz in die koerante publiseer waarin hy dreig om Kaapland binne te val tensy Hertzog, De Wet, Beyers en nog 'n paar toegelaat word om op Kakamas met hom samesprekings te voer, het die toetand nog verder versleg, want deur die publikasie van die ultimatum is die indruk by die publiek gewek dat vooraanstaande en invloedryke Afrikaners, soos Hertzog en De Wet, Maritz steun. Toe die regering op Maritz se dreigement reageer deur burgers op te kommandeer om hom op sy plek te sit, het die ontevredenes in die Vrystaat en Transvaal begin om hul eie kommando's op die been te bring. By Koppies is op 22 Oktober 1914 besluit dat De Wet in die Vrystaat en Beyers in Transvaal die leiding sou neem. Binne enkele dae was feitlik elke dorp in die Noord-Vrystaat deur rebelle beset, terwyl veral Wes-Transvaal die rebellegebied ten noorde van die Vaalrivier was. In die Vrystaat het sowat 7 000 man die wapen teen die regering opgeneem, in Transvaal ongeveer 3 000 en in Kaa0pland om en by 2 000. Die slaankrag van hierdie rebelle was egter gering, want hulle was nie alleen swak gewapen en ongedissiplineerd nie, maar die leiers het ook uiteenlopende oogmerke gehad. Sowel Beyers as De Wet het van "gewapende protes" gepraat, maar waar die vertwyfelde Beyers sy wapens slegs as 'n demonstrasie-werktuig wou gebruik ten einde indruk te maak, wou die daadkragtige De Wet wapens by Maritz gaan haal om sy weg oop te skiet na Pretoria, waar hy 'n republiek wou uitroep.

Geen regering wat die naam werd is, kan egter stilsit en toekyk hoe 'n groep van sy onderdane met die geweer in die hand teen hom opstaan nie. Gevolglik het Botha, nadat hy sy bes gedoen het om die rebellie op 'n vreedsame wyse te beëindig, met 'n groot oormag teen die opstandelinge opgetrek. Die Vrystaatse rebelle-leier, De Wet, wat in 'n westelike rigting beweeg het, is op 12 November 1914 by Mushroom Valley (ten suide van Winburg) omsingel en verpletterend verslaan. Hy het daarop met 'n paar manne in 'n noordwestelike rigting gevlug, maar is uiteindelik op 1 Desember 1914 in die jomgewing van Kuruman ingehaal en gevange geneem. Met die ander rebelle het dit net so sleg gegaan. Beyers se mag, wat uit Wes-Tranbsvaal en die Vrystaat beweeg het, is herhaaldelik aangeval en op 16 November 1914 by bultfontein heeltemal verstrooi. Beyers het met 'n aantal manne weggekom, maar op 8 Desember 1914, enkele dae ná De Wet se gevangeneming, het hy - in 'n poging om van sy agtervolgers te ontsnap - in die Vaalrivier verdrink. Met Beyers se dood en De Wet 'n gevangene, was die rebellie nou feitlilk onderdruk in Transvaal en die Vrystaat. Slegs in die omgewing van Pretoria het 'n aantal manne onder Jopie Fourie, wat na die rebelle oorgegaan het sonder om uit die weermag te bedank, nog hardnekkig voortgeveg en die regeringstroepe swaar verliese toegedien. Toe Fourie uiteindelik ná 'n hewige geveg die wapen neerlê (16 Desember 1914), is hy voor 'n krygshof gedaag, ter dood veroordeel en enkele dae later tereggestel. Dit was die einde van die rebellile in Transvaal en die Vrystaat.

In die verre noordweste van Kaapland het Maritz nog uitgehou saam met Kemp, wat ná 'n weergalose trek van vier weke deur die Kalahari eindelik op 28 November 1914 by hom aangesluit het. Maar omdat verdere verset slegs selfmoord sou wees, het Kemp op 2 Februarie 1915 met sowel sy mag as dié van Maritz oorgegee. Maritz, die eerste rebel, het na Suidwes-Afrika gevlug.

Daarmee was die 1914-rebellie beëindig. Dit was uitsluitlik 'n stryd tussen Afrikaner en Afrikaner, want Botha, wat 'n rasse-oorlog wou vermy, het slegs Afrikaanssprekende soldate gebruik om die rebelle te beveg. Die dodetal was besonder gering: 190 by die rebelle en 132 by die regeringsmagte. Van die bykans 12 000 rebelle is slegs 281 voor die hof gedaag. Die skuldiges is tronkstraf (die maksimum was 7 jaar) en boetes (die maksimum was £2 000) opgelê. Afgesien van die teregstelling van Jopie Fourie, wat wetlik heeltemal geregverdig maar polilties 'n groot flater was, het die regering die opstandelinge in die algemeen besonder tegemoetkomend behandel. Voor die einde van 1916 is alle rebelle-gevangenes vrygelaat. Hierdie versoenende gebaar van die regering het egter weinig van die bitterheid by die rebelle weggeneem. Die vernaamste gevolg van die rebellile was dat Botha en Smuts voortaan deur 'n deel van die Afrikaners gesien is as handlangers van Brittanje en verraaiers van die Afrikaner.

Van die verowering van S.W.A. tot die Vrede van Versailles

Nieteenstaande die ontevredenheid by 'n deel van die volk, was Botha vasbeslote om sy belofte insake die verowering van Duits-Suidwes-Afrika na te kom. Onmiddellik nadat die opstand in sy eie land onderdruk was, het hy 'n groot mag van 43 000 man op die been gebring en gereed gemaak om die Duitse kolonie, wat uiters 9 000 man byeen kon bring, aan te val. Hy het self die opperbevel geneem en teen die middel van Februarie 1915 met 'n deel van die magte in Walvisbaai aan wal gegaan. Ná heelwat voorbereidsels en vertragings het hy teen die middel van April 1915 daarvandaan in die rigting van Windhoek opgeruk. Gelyktydig is daar in die suide van die land uit drie windrigtings op die Duitsers toegesak: Smuts, wat in bevel van die suidelike magte was, het vanaf Lüderitz in die weste in die rigting van Keetmashoop beweeg; Berrangé het die Duitse kolonie vanuit Betsjoeanaland in die ooste binnegeval; en Van Deventer het vanaf die Oranjerivier in die suide opgeruk. Dit was heel gou duidelik dat die Duitsers nie teen die Suid-Afrikaners opgewasse was nie - nie alleen omdat hul getalle soveel kleiner was nie, maar ook omdat hul aanvoerders nie van die Boeregeneraals se kaliber was nie. Teen die einde van April 1915 was die hele gebied ten suide van Windhoek in die besit van Smuts se magte.  Kort daarna (13 Mei 1915) het botha Windhoek, wat nie verdedig is nie, binnegegaan. Daarvandaan het hy noordwaarts opgeruk agter die terugvallende Duitsers aan. Op 9 Julie 1915 het die duitse goewerneur, dr. Theodor Seitz, met sy magte tussen Otavi en Tsumeb oorgegee. botha se voorwaardes was besonder toegeeflik: onderoffisiere kon hulle gaan vestig waar hulle wou, alle reserviste en vrywillilgers kon na hul plase terugkeer en diegene met offisiersrand kon hul wapens behou. Nadat Botha die land voorlopig onder militêre bestuur geplaas het, het hy na Pretoria teruggeker en sir Howard Gorges as Suidwes-Afrika se eerste administrateur aangestel. Die veldtog teen die Duitsers in Suidwes-Afrika is met weinig l ewensverlies (slegs 113 Suid-Afrikaners het gesneuwel), geringe uitgawes en binne 'n kort tydsbestek afgehandel. Dit was 'n militêre triomf wat aan Bothha en sy bekwame luitenant, Smuts, die dank van die Britse regering besorg het.

Die prys wat Botha egter in die Suid-Afrikaanse poliltiek moes betaal vir sy ondersteuning van die Britse oorlogspoging was nie gering nie. Baie van sy volgelinge het hom verlaat en Hertzog aangehang. In die jare ná die 1914-rebellie was daar 'n geweldige oplewing van Afrikaner-nasionalisme. Uitinge daarvan was bv. die stigting van De Burger in 1915 as eerste mondstuk van die Nasionale Party en die opbloei van die Afrikaanse taalbeweging met digters soos Jan Celliers, Eugène Marais en Louis Leipoldt. Maar die groei van 'n Afrikaanse nasionalisme blyk die duidelikste uit die steun wat Hertzog se Nasionale Party in die algemene verkiesing van Oktober 1915 gekry het. In hierdie eerste verkiesing sedert 1910, waarin dit veral gegaan het om die verdere ondersteuning van Brittanje se oorlogspoging, het die Nasionale Party, wat maar die vorige jaar gestig is, 78 000 stemme gekry teenoor die 94 000 van die Suid-Afrikaanse Party. In die Volksraad was die verdeling van setels: Suid-Afrikaanse Party 54, Unioniste 40, Nasionaliste 26, Arbeiders 4 en die Onafhanklikes 6. Voortaan kon die regering dus slegs met die steun van òf die Unioniste òf die Nasionaliste regeer.

In die loop van 1916 het die parlement belangrike wetgewing oor universiteite aangeneem. Van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop se agt kolleges het twee, die Victoria-kollege op Stellenbosch en die Suid-Afrikaanse Kollege in Kaapstad, in dié jaar selfstandige universiteite geword en die res van die kolleges is onder beheer eplaas van die Universiteit van Suid-Afrika, wat die Universiteit van die Kaap die goeie Hoop vervang het Die ses kolleges wat sedert 1916 onder die Universiteit van Suid-Afrika geressorteer het, was die volgende: die Grey-universiteitskollege in Bloemfontein, die Hugenote-universiteitskollege op Wellington, die Natalse Universiteitskollege in Pietermaritzburg, die Rhodes-universiteitskollege in Grahamstad, die Transvaalse Universiteitskollege in Pretoria en die Suid-Afrikaanse Skool vir Mynwese en Ingenieurswetenskppe in Johannesburg. In 1921 het ook die Potchefstroomse Universiteitskollege as 'n sewende lid by hierdie groep aangesluit. Vanaf die volgende jaar (1922) het al hierdie universiteitskolleges, met uitsondering van die Hugenote-universiteitskollege wat in 1950 gesluit is, die een ná die ander onder die vleuels van die moederuniversiteilt uitgekruip en selfstandige inrigtings geword. Die eerste om weg te breek, was die Universiteit van die Witwatersrand (1922), gevolg deur die Universiteit van Pretoria (1930), die Universiteit van Natal (1949), die Universiteit van die O.V.S. (1950), Rhodes-universiteit (1951) en die Potchefstroomse Universiteit vir christelike Hoër Onderwys (1951). Sedert 1946 het die Universiteit van Suid-Afrika, wat tot op daardie tydstip in hoofsaak 'n toesighoudende en eksaminerende liggaam was, self begin onderrig gee d.m.v. korrespondensie en dit het binne enkele jare gegroei tot die grootste universiteit in Suid-Afrika.

Ná afloop van die veldtog teen die Duitsers in Suidwes-Afrika, het die vraag ontstaan of Suid-Afrika verder aan die oorlog moes deelneem. Die Unioniste het sterk daarvoor gevoel en ook Botha en Smuts was van mening dat daar met vrywilligers verdere steun aan Brittanje verleen moes word. Gevolglik is daar reeds in November 1915, die maand onmiddellik ná die verkiesing, vrywilligers na Europa gestuur en kort daarna het ongeveer 19 000 Suid-Afrikaners na Tanganjika vertrek om die imperiale groepe daar te gaan help met die verowering van dié Duitse kolonie.

Toe genl.-maj. Tighe, die bevelvoerder van die Imperiale troepe in Tanganjika, teen die eidne van 1915 nog geen noemenswaardige sukses in sy stryd teen die Duitsers behaal het nie, het die Britse regering Smuts gevra om die bevel daar oor te neem. Smuts het die aanbod aanvaar en in Februarie 1916 in Tanganjika aangekom, waar hy die bevel oor die Imperiale mag van 45 000 man (bestaande uit Suid-Afrikaners, Rhodesiërs, Indiërs en inboorlinge) oorgeneem het. Soos in Suidwes-Afrrika het Smuts se mag ook in Tanganjika die vyandelike mag ver oortref in getalle, wapentuig en voorrade, maar anders as in Suidwes-Afrika, het die Duitsers in Tanganjika oor 'n uitmuntende aanvoerder beskik. In die persoon van Lettow-Vorbeck het Smuts 'n opponent gehad wat as militêre strateegmaklik sy gelyke was, indien nie sy meerdere nie. Die gevolg was dat toe Smuts die toneel van die stryd ná byna 'n jaar verlaat (Januarie 1917) om Suid-Afrika op 'n oorlogskonferensie in Londen te gaan verteenwoordig, die Duitsers nog nie onderwerp was nie. Die oorlog in Tanganjika het in werklilkheid eers geëindig toe Duitsland self oorgegee het.

Toe die Eerste Wêreldoorlog in November 1918 beëindig is, was Smuts in Londen, waar hy sedert Maart 1917 'n merkwaardige rol in die Britse oorlogspoging gespeel het. As lid van die Britse oorlogskabinet het hy 'n sleutelrol in die hele organisasie en strategie van die oorlog beklee en talle belangrike take is aan hom opgedra. So kan Smuts, volgens Lloyd George, tereg die vader van die Britse lugmag genoem word. En toe die vrede uiteindelik aanbreek, het hy 'n ewe belangrike rol gespeel in die totstandkoming van die Volkebond. Die memorandum wat die Suid-Afrikaner in dié verband opgestel het, was 'n dokument wat die bewondering van staatsmanne en historici afgedwing het en dit het die fondament geword waarop die Volkebond se handves gebou is.

In Desember 1918 het Botha in Londen by Smuts aangesluit en aan die begin van 1919 het hulle saam na Versailles gegaan om Suid-Afrika in die vredesonderhandelinge te verteenwoordig. Met die uitdeling van die Duitse besittings wat hier plaasgevind het,  is die voormalige Duitse kolonie Suidwes-Afrika as 'n sg. C-mandaat aan Suid-Afrika toegeken. Dit het beteken dat Suid-Afrika die reg verleen is om die gebied onder die toesig van die Volkebond te administreer. Hierdie beloning vir hul land se aandeel in die oorlog is dankbaar deur Botha en Smuts aanvaar, maar oor die onregverdige behandeling wat Duitsland hier te beurt geval het, was hulle nie gelukkig nie. Veral Smuts was diep teleurgestel in sy bondgenote se hebsug en onlesbare dors na wraak. Herhaaldlelik, en met die nodige nadruk, het hy hulle gewaarsku dat die vredesverdrag wat hulle opgestel het, slegs die aanloop tot nog 'n oorlog is. "It is a terrible document," het hy uit Versailles aan sy vrou geskrywe, "not a peace treaty but a war treaty, and I am troubled in my conscience about putting my name to such a document."(9) Dit was dan ook slegs met die grootste teësin dat hy en Botha hul name op 28 Julie 1919 onder die Verdrag van Versailles geplaas het. Die loop van die geskiedenis in die volgende twee dekades sou bewys dat smuts en diegene watsoos hy gedink het, verder gesien het as die staatsmanne wat vir die vredesverdrag verantwoordelik was.

(9) W.K. Hancock: Smuts, vol. 1, p. 524

Benewens Botha en Smuts, wat hul land se amptelike verteenwoordigers by Versailles was, het nog twee deputasies uit Suid-Afrika hul weg daarheen gebaan. Een van hulle, wat o.l.v. Hertzog gestaan het, is deur president wilson se leer oor die selfbeskikkingsreg van alle nasies geïinspireer om namens die Afrikaners vir die herstel van die onafhanklikheid van die eertydse twee Boererepublieke te pleit. Die ander deputasie, wat uit verteenwoordigers van die African National Congres bestaan het, het na Versailles gegaan om aan te dring op 'n wysing van Suid-Afrika se Naturelle beleid. Albei deputasies het daarin geslaag om deur te dring tot by die Britse eerste minister, Lloyd George, maar daar het hul welslae ook geëindig. Lloyd George het hulle hoflik aangehoor, maar hul versoeke sonder meer van die hand gewys. Aan Hertzog het hy gesê dat sy versoek, wat die ontbinding van die Unie beteken, 'n onmoontlike is en aan die swart afgevaardigdes was sy antwoord dat die Britse regering hom nie in Suid-Afrika se huishoudelike sake kon inmeng nie.

Smuts volg Botha op

Op 27 Augustus 1919, enkele weke ná sy terugkeer in Suid-Afrika, is Botha in die ouderdom van 56 jaar oorlede. Hy het gedurende sy lewe na sy beste vermoë daarna gestrewe om Boer en Brit met mekaar te versoen, mar die welslae wat hy daarmee gehad het, is sterk geneutraliseer deur die vervreemding van 'n groot aantal van sy eie mense. Die groot tragiek van sy lewe was dat hy, wat self 'n Afrikaner was, blind was vir die krag van Afrikaner-nasionalisme.

Botha se mantel het outomaties op sy vriend en vertroueling, Smuts, geval. Die nuwe eerste minister was iemand met 'n buitengewone intellek wt reeds diep spore buuite Suid-Afrika getrap het, maar hy het nie Botha se persoonlike aanhang gehad nie. Dit was voorts sy moeilike taak om leiding aan die steeds kwynende Suid-Afrikaanse Party te gee. Sukses het hy nie gehag nie, want in die verkiesing van Maart 1920 het sy party 41 (voorheen 54 setels) gewen, terwyl die Nasionaliste 44 (voorheen 26), die Unioniste 25 (voorheen 40), die Arbeiders 21 (voorheen 4) en die Onafhanklikes 3 (voorheen 6) setels verower het. Opvallend was die wins wat die Nasionale Party ten koste van die Suid-Afrikaanse Party op die platteland behaal het en die opgang wat die Arbeiders tot nadeel van die Unioniste in die stede gemaak het.

Die sukses wat die Nasionaliste en die Arbeiders in hierdie verkiesing behaal het, was van so 'n aard dat Smuts moeilik aan bewind kon bly. Met die steun van sy bondgenote, die Unioniste, het hy oor 'n meerderheid van slegs vier in die Volksraad beskik. Met die oog op die versterking van sy posisie, het hy reeds twee weke ná die - vir hom so teleurstellende verkiesingsuitslag - by die Nasionaliste toenadering gesoek. Hy het met Hertzog begin onderhandel, maar die twee manne se opvattinge van die verhouding waarin Suid-Afrika tot Brittanje behoort te staan, was so verskillend dat hulle mekaar nie kon vind nie. Daar was egter van hul volgelinge wat geglo het dat samewerking wel moontlik is en in die loop van 1920 het 'n reeks kongresse plaasgevind waar gepoog is om die twee partye te herenig. Veel sukses is daar nie behaal nie en tydens 'n groot "herenigingskongres" in Bloemfontein (22 September 1920) het die pogings om die kloof tussen die twee partye te oorbrug, finaal skipbreuk gely. Die rots waarop daar gestrand is, was Suid-Afrika se selfbeskikkingsreg. Terwyl Hertzog hom wou beywer vir die verkryging van die reg om Suid-Afrika van die Britse ryk los te maak (sommige van sy aanhangers wou verder gaan en daardie reg ook in die praktyk aanwend), het Smuts nie belang gstel in die verkryging van die reg van sesessie of afskeiding nie. Hy wou die "Britse konneksie", wat in werklikheid neergekom het op ondergeskiktheid aan Brittanje, handhaaf.

Smuts het hom daarna tot die Unioniste gewend en die onderhandelinge wat gevolg het, het daartoe gelei dat hy daardie party met sy eie saamgesmelt het (November 1920). Die Unioniste is dus deur die Suid-Afrikaanse Party opgeneem en hierdie "political blood transfusion"(10) het Smuts se party aansienlik versterk. Aangesien hy sy posisie in die parlement dienooreenkomstig wou versterk, het hy 'n verkiesing uitgeskryf, elf maande ná die vorige. Omdat die Unioniste en die Suid-Afrikaanse Party nou h ul kragte saamgesnoer het en driehoekige gevegte tussen hulle en die Arbeiders in die stedelike kiesafdelings nie meer voorgekom het nie, het hulle in die verkiesing (8 Februarie 1921) 'n groot getal stedelike setels van die Arbeidersparty verower. Waar die Arbeiders voorheen 21 setels gehad het, het hulle getal nou na 9 gekrimp, die Suid-Afrikaanse Party het 79 verower en die Nasionale Party  het sy posisie gehandhaaf met 45. Smuts was nou weer stewig in die saal en hy het sy nuwe partygenote beloon deur drie oud-Unioniste, sir Thomas Smartt, J.W. Jagger en Patrick Duncan, in sy kabinet op te neem. Daarmee is die gedaantewisseling van die Suid-Afrikaanse Party voltooi: Hertzog, in 1912 die minister van die Suid-Afrikaanse Party, was nou leier van die opposisie, terwyl sir Thomas Smartt, die opposisieleier in 1912, nou in die kabinet opgeneem is. Dit was bloot die logiese eindpunt van 'n ontwikkelingsgang wat hom sedert 1910 in toenemende mate openbaar het: Terwyl die kloof tussen die Suid-Afrikanse Party en die meeste Afrikaners al hoe wyer geword het, het die kloof tussen dié party en die Engelssprekendes steeds kleiner geword en ten slotte in 1920 verdwyn.

Toenemende kritiek op Smuts

Smuts se regering het egter die wind steeds sterker van voor gekry. Gedurende 1921-22 het opstande op verskeie plekke in die land voorgekom en die hardhandige wyse waarop die regering teenoor sy opstandige onderdane opgetree het, het veel bygedra tot sy ongewildheid.

In die distrik Queenstown het ongeveer 1 000 swartmense (mans, vroue en kinders) wat tot 'n godsdienstige sekte behoort het, hulle onwettig op die plaas Bulhoek gaan vestig. alle pogings om hulle daar weg te kry, het misluk en die owerheid het daarop besluit om hulle met geweld te verwyder. Ongeveer 800 konstabels en soldate is daarheen gestuur en in die botsing wat gevolg het (Mei 1921), is 163 van die opstandelinge doodgeskiet. Smuts, as die verantwoordelike minister, is hewig aangeval oor sy  hantering van die aangeleentheid.

Verreweg die belangrikste krisis waarmee die regering sedert die 1914-rebellie te kampe gehad het, was die groot staking (of opstand) van 1922 aan die Witwatersrand. Dit het as 'n staking begin, maar later ontaard in 'n grootskaalse opstand teen die regering. Hierdie gebeurtenis moet gesien word teen die agtergrond van die hewige ekonomiese insinking wat in 1920 ontstaan het ná die na-oorlogse tydperk van uitbreiding en inflasie. Die simptome van hierdie depressie, wat oor die jare 1920-1923 gestrek het, was in hoofsaak dieselfde as dié van ander Suid-Afrikaanse depressies, nl. dalende pryse, krimpende winste, bankrotskappe, begrotingstekorte, werkloosheid en loonbesnoeiings. Ook die goudmyne is swaar getref en wel in drieërlei opsig. Terwyl die goudprys gedaal het (van 130/- in Feb. 1920 tot 95/- in Des. 1921), het die produksiekoste gestyg (van 22/11 per ton erts in 1919 na 25/8 in 1921). As gevolg van hierdie terugslae wat die goudmyne ervaar het, het die Kamer van Mynwese in Oktober 1921 voorgestel dat die mynwerkers se lone verlaag word en in November 1921 met die verdere voorstel gekkom dat die sg. status quo-ooreenkoms, wat die getalleverhouding tussen blankes en swartmense in die myne gereël het, opgeskuif moes word in die guns van die swartes. Hierdie ooreenkoms is in September 1918 tussen die Kamer van Mynwese (namens die mynbase) en die Suid-Afrikaanse Industriële Federasie (namens die mynwerkers) aangegaan en het bepaal dat die getalleverhouding wat toe bestaan het, nie verander sou word nie. Die mynwerkers het albei voorstelle onmiddellik van die hand gewys. Die voorstel om hul lone te verlaag, was al erg genoeg, maar die voorstel om die status quo in die getalleverhouding tussen blankes en swartes te wysig, is deur die mynwerkers as 'n ernstige bedreiging gesien. Dit kon tot die ontslag van 'n aantal blanke mynwerkers lei, want die mynbase het die werkers verkies wat vir hulle ekonomies die voordeligste was. En aangesien die swartman met sy lae lewenstandaard bereid was om vir £1 'n week te werk terwyl die blanke met sy hoë lewenstandaard £1 per dag geëis het, het die mynbase die swartman verkies as hy die werk net so goed as die blanke kon verrig. Die blanke arbeider in Suid-Afrika het dus 'n stryd op twee fronte gevoer: aan die een kant (net soos sy Europese eweknie) teen die kapitaliste, en aan die ander kant (anders as sy Europese eweknie) teen die mededingende swart werker. Hierdie situasie het soms tot heelwat begripsverwarring aanleiding gegee. Só het die arbeiders aan die Rand hul Marxistiese slagkrete, wat teen die kapitaliste gerig was, probeer buig om ook hul mede-arbeiders, die swartes, by te kom. Dit blyk duidelik uit die volgende woorde wat voorgekom het op een van die baniere waarmee die stakers in 1922 deur die stad gemarsjeer het: "Workers of the World fight and unite for a White South Africa". Dat hierdie woorde 'n innerlike teenstrydigheid bevat het, is blykbaar nie besef nie.

Die mynwerkers se verwerping van die mynbase se voorstel om die lonte te besnoei, het die eienaars van die steenkoolmyne egter nie daarvan weerhou om in Desember 1921 'n loonsvermindering van 5/- per skof aan te kondig nie. Die steenkoolmynwerkers het geweier om dit te aanvaar en op 1 Januarie 1922 begin staak, die dag waarop die nuwe loonskaal in werking getree het. Enkele dae later (10 Januarie 1922) het ook die arbeiders in die Randse goudmyne die steenkoolmynwerkers se voorbeeld gevolg. Die staking van 20 000 blanke mynwerkers het beteken dat 180 000 swart werkers ook werkloos rondgeloop het. Onderhandelinge tussen die mynbase en mynwerkers het voortgeduur, maar teen 27 Januarie 1922 was dit duidelik dat geen ooreenkkoms in sig was nie. Die Suid-Afrikaanse Industriële Federasie het nou ook beheer oor die staking begin verloor en die sg. Raad van Aksie, wat uit vyf ekstremiste bestaan het, het die leiding geneem. Die stakers het "kommando's" begin vorm en in militêre formasies gedril. Die gevoel teen die regering, wat beskou is as kop in een mus met die mynbase, het steeds toegeneem en wat begin het as 'n twis tussen arbeiders en kapitaliste, het geleidelik 'n sterk politieke kleur gekry. Op 'n massavergadering van stakers in die stadsaal van Johannesburg is selfs 'n besluit aangeneem (5 Februarie 1922) om die regering met geweld omver te werp en 'n republiek uit teroep. Die stakers het die Arbeidersparty en die Nasionale Party vir steun genader, maar ofskoon hierdie partye se simpatie duidelilk by die stakers gelê het, was die uitgeslape politici nie te vind vir die daarstelling van 'n republiek deur geweld nie.

Die toestand het vinnig vererger nadat 'n botsing tussen die stakers en die polilsie by Boksburg (27 Februarie 1922) tot die dood van 'n paar stakers gelei het. Bendes mynwerkers het in die strate rondgedwaal en hulle skuldig gemaak aan roof, brandstigting en selfs moord. Aanvalle op swartes, waartydens 'n hele aantal blankes en swartes gedood is, het op verskeie plekke voorgekom.

Ná 'n aanvanklike houding van "we should let things develop"(11), het Smuts op 10 Maart 1922 krygswet afgekondig en met afdelings van die leër (bygestaan deur die lugmag) Johannesburg binnegegaan. Verwoede straatgevegte het op verskeie plekke plaasgevind en vliegtuie het bomme op die stakers gegoi. Die laaste weerstand is op 14 Maart 1922 beëindig toe die rooi vlag op die stakers se hoofkwartier in die Fordsburgse markgebou ná hewige grofgeskut neergehaal is. In die gebu was twee van die stakers se leiers, Fisher en Spendiff, wat selfmoord gepleeg het eerder as om oor te gee. Daarmee is ook die invloed wat van die Raad van Aksie oop die stakers uitgegaan het, beëindig, en die stakers het na hul werk teruggekeer. Diegene wat hulle gedurende die opstand aan misdade skuldig gemaak het (daar was 'n aantal koelbloedige moorde op swartmense, polisie en persone wat teen die staking gekant was), is voor die gereg gedaag en 18 aangeklaagdes (waarvan die helfte Afrikaners was) is ter dood veroordeel. Die meeste is egter begenadig en slegs 4 het uiteindelik die hoogste tol betaal.

(11) Ivan L. Walker en Ben Weinbren: 2 000 Casualties: As history of the Trade Unions and the Labour Movement in the Union of South Africa, p. 116 

Die Randse opstand van 1922, waarin 153 mense die lewe gelaat het (sommige bronne praat van 219 en selfs van 250), het vir die mynwerkers op 'n algehele nederlaag uitgeloop. Die status quo-ooreenkoms is beëindig en meer swartes is in diens geneem terwyl blankes ontslaan is, die lone van blanke mynwerkers is verlaag en die beginsel dat slegs een bepaalde soort werk deur 'n persoon verrig sou word ("one man one job"), is laat vaar.  Maar vir Smuts en sy regering, wat die opstand onderdruk het, was die gevolge ewe rampspoedig: Smuts se hantering van die staking, wat van 'n laat-maar-loop-beleid skielik oorgeslaan het in 'n plaztskiet-beleid, het veel kritiek uitgelok en in die Volksraad het Hertzog na Smuts verwys as "the man whose hands dripped with the blood of his own peple"(12); die mynwerkers, wat met wrewel vervul was teenoor die regering, het hulle bankvas geskaar agter die twee opposisiepartye, die Arbeidersparty en die Nasionale Party; en ten slotte het die staking die weg gebaan vir samewerking tussen Arbeiders en Nasionaliste.

(12) Oswald Pirow: James Barry Munnik Hertzog, p. 94

Terwyl die skokkende gebeure aan die Witwatersrand nog vars in die geheue was, het die regering kort daarna (Mei 1922) ook in Suidwes-Afrika 'n opstandige groep van sy onderdane met wapengeweld onderwerp. Die Bondelzwarts, 'n Hottentotstam in die suide van die land, was nie alleen onwillilg om hondebelasting te betaal nie, maar het ook geweier om vyf van hul stamgenote (onder wie die bekende Abraham Morris) aan die polisie uit te lewer. Die Administrateur van Suidwes-Afrika, Gysbert Hofmeyr, het daarop met 'n mag van 370 man teen die Bondelzwarts opgetrek en uit Pretoria 'n aantal vliegtuie gestuur om die opstandige Hottentotte met bomme te bestook. Binne enkele dae was die veldtog oor. Aan die regeringskant het twee man gesneuwel, maar aan die kant van die Bondelzwarts, wat maar 200 man byeen kon bring, het maas 100 in die slag gebly. Hierdie kortstondige veldtog het egter verdere kritiek op die regering uitgelok. Die opposisie (veral die Arbeiders) het die gebeurtenis aangegryp as nog 'n bewys dat Smuts hom skuldig maak aan onnodige bloedvergieting en Waterstone het in die Volksraad na Smuts verwys as "the Bloody Jeffreys of Aouth Africa".(13)

(13) A.M. Davey: The Bondelzwarts Affair: A study of repercussions, 1922-1959I, p. 11

Smuts het hom in 1922, toe Rhodesië moes kies tussen aansluiting by die Unie en aparte voortbestaan as selfregerende kolonie onder Britse vleuels, sterk beywer vir die inlywing van die gebied as 'n vyfde provinsie. Dit was trouens in ooreenstemming met sy holistiese filosofie, maar hy het daarin veral ook 'n geleentheid gesien om sy eie party te versterk (die Rhodesiërs sou as Engelssprekendes sy party steun), sy land se grense aansienlik uit te brei en ryk koopergebied in te palm. toe die Rhodesiërs egter in Oktober 1922 na die stembus gaan, het hulle - ondanks die aanloklike voorwaardes wat Smuts aangebied het - met 'n meerderheid van 2 785 stemme teen die inlywing besluit. Dit was 'n groot teleurtelling vir Smuts.

'n Nog groter ontnugtering vir Smuts het in april 1923 opgeduik toe die twee opposisiepartye, die Arbeiders en die Nasionaliste, 'n ooreenkoms aangegaan het om mekaar in die volgende verkiesing onderling te steun teen die kandidate van die Suid-Afrikanse Party. Smuts en sy volgelinge was erg onthuts hieroor en het probeer om die ooreenkoms belaglik voor te stel deur daarna te verwys as 'n "onheilige verbond" tussen Christelike Afrikaners en Bolsjewiste. In der waarheid was dit egter 'n stewige bondgenootskap wat sy krag geput het uit 'n gemeenskaplike afkeer van die regering se minagting vir die blanke arbeider (Afrikaner en Engelssprekende). Bowendien is die ooreenkoms verder versterk deur die wedersydse hoë agting wat Hertzog en Creswell, die leiers van die twee partye, vir mekaar gehad het. Hoewel Malan, die leier van die Kaaplandse Nasionaliste, aanvanklik teen die ooreenkoms gekant was en bra traag daarmee saamgegaan het, het daar mettertyd ook tussen hom en Creswell 'n goeie verstandhouding ontstaan.

Sedert die laaste verkiesing in 1921 het die Suid-Afriikaanse Party steeds agteruitgeboer. Verskeie  tussenverkiesings het die regering se meerderheid in die Volksraad onrusbarend laat krimp en toe hy ook die setel Wakkerstroom in 'n tussenverkiesing in Alpril 1924 verloor en sy meerderheid in die Volksraad dus van 24 na 8 daal, het Smuts aangekondig dat 'n algemene verkiesing sou gou moontlik gehou sou word. Die opposisie was verheug. Smuts se ondersteuners was egter verbaas, want nie alleen kon die regering nog twee jaar lank aanbly nie, maar Smuts het sy besluit ook geneem sonder om sy  party te raadpleeg. Die verkiesing is in Junie 1924 gehou en die bondgenootskap tussen die Nasionaliste en Arbeiders het die Suid-Afrikaanse Party maklik uit die kussings gelig: Nasionaliste 63 (voorheen 45), Arbeiders 18 (voorheen 9), S.A.P. 53 (voorheen 79) en Onafhanjklikes 1. Smuts het ná 'n premierskap van vyf jaar bedank en die Goewerneur-generaal het Hertzog gevra om 'n kabinet saam te stel.

B.J. Liebenberg

Onder redaksie van Prof CFJ Muller

500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis

Derde Hersiene en Geïllustreerde uitgawe

ISBN 9780686743134