Jou verkeersligte

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)


Oom Attie se Slaaptyd stories


Deel Drie

deur Arthur S. Maxwell

"Kyk tog net daar," het Dick vir Pa gesê waar hulle op 'n hoek van twee kruisstrate gestaan het. "Daardie man het by die rooi ligte verbygery."

"Ja en kyk...." het sy Pa begin, maar hy het nie kans gehad om sy sin te voltooi nie.

Kraak, boem! Die motor het in 'n ander een vasgery wat van die linkerkant af gekom het. Dit het geskree en gehuil en dadelik het honderde mense op die toneel afgestorm.

"Ons kan hier niks goeds doen nie," het Pappie gesê, "daar is glad te veel wat hier saamdrom. Ek dink ons maak maar dat ons by die huis kom."

Hulle het begin aanstap, maar Dick kon die ongeluk maar nie vergeet nie. "Dink net!" het hy gesê, "al daardie mense het seergekry omdat een gek by die rooi ril verbygery het. Hy behoort swaar gestraf te word."

"Hy sal seker," het Pappie geantwoord. "Daar was polisie daar naby en hulle is baie streng hierop. elkeen word een of ander tyd gestraf wat by die verkeersligte oortee en ons het almal sulke ligte."

"Ek dink so," het Dick gesê, "Maar ek verstaan nie mooi wat Pappie bedoel nie."

"Ons het almal verkeersligte binnekant ons," het Pappie gesê. "Dis wat ek bedoel. Hy het 'n hele stel daar in jou groot kop, Dick, en daar staan ook 'Stop, Versigtig en Gaan'.

"Ek weet nie daarvan nie, Pappie."

"Jy weet miskien nie, maar dit is tog daar en jy het dit al gebruik. Ek hoop ten minste jy het, Dick."

"Ek verstaan nie, die keer het Pappie my dronkgeslaan."

"Wel , jy het 'n gewete, nie waar nie, my seun? Dit is jou verkeersligte, want dit vertel jou wanneer om te stop, wanneer om versigtig te wees en wanneer om te gaan."

"Ja, dis 'n goeie idee, regtig!" het Dick opgemerk.

"en as ons altyd stop wanneer ons gewete 'n rooi lig wys, sal ons nooit in die moeilikheid beland nie. Dis net as ons by daardie rooi lig verbygaan dat ons moeilikheid teëkom en swaar gestraf word," het Pappie gesê.

Dick was stil. Hy het die saak oorpeins.

"Mense dink soms dit maak nie saak as hulle die gebooie van die Here breek nie," het Pappie voortgegaan. "Hulle sien die rooi lig wat sê 'Jy mag nie', en dan ry hulle verby en dink alles is maar in orde. Maar op die ou end kom dit hulle baie duur te staan."

"Maar wat het dit met 'n mens se gewete te doen, Pappie?"

"Die Bybel is die stem van die Here wat tot ons praat en ons gewete laat òf die rooi òf die groen lig skyn om ons te laat weet of ons moet stilhou of gaan. As ons altyd hierdie ligte gehoorsaam, sal ons nooit aan die Here ongehoorsaam wees nie."

"Ek sien, maar wat van die geel lig?"

"Dit is wanneer ons twyfel of iets reg of verkeerd is," het Pappie geantwoord. "Ons gewete sê dan vir ons ons moet versigtig wees en wat op 'n ander lig voordat ons iets doen. Dit gebeur so dikwels. En wanneer die geel lig brand, moet ons die Here bid om leiding. Hy sal ons altyd wys as ons net op Hom wag. En as jy ooit weer twyfel of iets wat jy wil doen reg of verkeerd is, onthou die gesegde dat as jy twyfel, laat staan dit liewer. Wag dan op die rooi of die groen lig."

"En die groen beteken seker 'Gaan', né Pappa?"

"Ja, jou gewete wys altyd 'n groen lig wanneer daar iets goeds is om te doen, of wanneer jy 'n las vir iemand anders kan dra. Dit wys 'Gaan' aan elke dapper en onselfsugtige plan en aan alles wat die koninkryk van die Here kan aanhelp."

"Ek sal van nou af beter na my verkeersligte moet kyk, veral na wat ons vandag gesien het," het Dick gesê.

"Ons behoort dit almal te doen en as ons dit doen, gaan ons baie moeilikheid vryspring," het Pappie geantwoord.

"Maar daar is nog tyd vir een kort verhaaltjie voordat ons by die huis kom. Daar was eendag 'n dogtertjie wat in 'n groot versoeking verkeer het om 'n appel uit haar Mammie se spens te neem. Sy het gaan inloer, die appels geruik en wou net een vat, toe sy 'n prent teen die muur sien. Dit was die gesig van 'n vrou en die oë het reguit na haar gekyk. Dit het regtigwaar gelyk of die oë dwarsdeur haar kyk. Die indruk wat die prent teen die muur op die dogtertjie gemaak het, was so groot, dat sy die deur toegetrek en weggehardloop het. Haar gewete het met haar gepraat, né? Die rooi lig het gebrand.

"Maar sy kon die appels maar nie vergeet nie en weer het sy die deur gaan oopmaak. Maar daar was die oë wat na haar kyk, nog steeds. Hoe sou sy by hulle verbykom? Dit het gelyk of hulle vir haar sê: As jy van daardie appels neem, gaan ek jou Mammie vertel. Wat dink jy het die klein karnallie - of eerder stouterd - gedoen? Sy het 'n mes gevat en die oë uit die prent gesny sodat hulle haar nie meer kon bestraf nie. Toe, nadat sy die rooi lig stukkend gebreek het, het sy verbygery en haar goed gehelp aan die appels."

"En toe Pappie?"

"Wel, sy het die appels so geniet dat sy glad vergeet het hoe gou die tyd verbygaan en skielik het haar Mammie om die deur gekyk en haar daar gekry."

"En wat het toe gebeur?" het Dick met 'n glimlag gevra.

"Wel," het sy Pa geantwoord terwyl hy die voorste hekkie oopmaak, "seker maar wat altyd gebeur wanneer 'n mens by die rooi lig verbyry.....moeilikheid met 'n hoofletter M."

 
"E