Jimmie Die Redder

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Een

deur Arthur S. Maxwell

Ouma was bekommerd. Die kinders - haar kleinkinders - sou na ' n huisie by die meer gaan met vakansie en sy h et gevoel dat dit nie veilig was nie. Die kinders was natuurlik baie i ngenome met die idee. Hulle sou gaan roei, swem, visvang en die lewe vreeslik geniet. Gevaar? Wat daarvan? Natuurlik sal daar geen gevaar wees nie.

"Maar," sê Ouma, "daqar het al kinders in die daardie meer verdrink."

"Maar ek kan swem," sê Jimmy.

"En ek ook," sê Bobbie.

"Maar jul klein Sussie kan nie swem  nie, sê nou sy val in die water?"

"Ag, sy sal nie inval nie," sê Jimmy. "Ons sal na haar kyk. Ons sal vir niks in die wêreld toelaat dat daar iets met haar gebeuer nie." En hy het gemeen wat hy gesê het, want albei het hul klein Sussie baie liefgehad.

"Ek wens dat een van  julle verstaan het om drenkelinge te red, of 'n Boy Scout was, dan sou ek gerustig gevoel het. Mense wat by 'n meer gaan vakansie hou, behoort voorberei te wees vir alle gebeurlikhede," sê Ouma.

"Nou ja, goed dan, Ouma. Ek sal leer om lewens te red sodat Ouma n ie langer bekommerd hoef te voel nie," sê Jimmy.

"Dit beteken dat jy  jou oog sal moet hou oor almal, Jimmy, en enige oomblilk sal jy gereed moet wees om in die water te spring om mense te help."

"Ek sal dit seker doen Ouma."

"En ek sal ook 'n Boy Scout wees, Ouma," sê klein bobbie.

"Dan sal jy elke dag 'n goeie daad moet doen en dit sal ook baie goed vir jou wees," sê Jimmy laggend.

"So moet julle praat," sê Ouma. En luister nou mooi, julle moet albei goed kyk na Sussie. Sorg dat sy niks oorkom nie. Onthou, sy is maar net twee jaar."

"Ons sal baie goed na haar kyk," sê die twee seuns en  hulle is daar weg.

Later kom hulle by die huisie by die meer aan. Dit is 'n baie aangename vakansieplek en hulle is baie gelukkig. Die dae is warm en heerlik en die water van die meer was so helder dat hulle tot op die bodem kon sien.

Hulle het dit vreeslik geniet om in die skuitjie te roei, van die plank af te duik, of om op die sand te speel. Hulle het elke dag op mekaar geoefen om drenkelinge te red, maar hulle het nie eintlik die nodigheid daarvoor gesien nie, want alles het so goed gegaan.

Toe, skielik, het die weer verander. Die son het agter die digte wolke verdwyn en 'n sterk wind het die water onstuimig gemaak. Die seuns het op die pier gesit en kyk hoe die branders klots. Dit was vir hulle mooi. Dit was 'n verandering en deel van die pret.  Toe hulle weer sien, was hul Sussie ook by hulle.

"Gaan dadelik terug, dit is vandag geen plek vir klein dogtertjies nie. Gaan terug huis toe! Gaan na Mammie toe," sê hulle.

Maar Sussie wouo nie teruggaan nie. Sy hardloop tot by die end van die pier en staan daar vir 'n rukkie en kyk na die water. Toe het 'n vlaag wind haar ewewig laat verloor en nog voor die seuns iets kon doen, het sy oor die kant geval en verdwyn!

Wat sou Jimmie nou doen? Die toets het gekom. Was hy 'n betroubare redder?  Hy was.

Hy hardloop na die kant toe om te kyk of hy sy sustertjie kon sien en duik hy in die water. Hy kry haar beet, bring h aar na die oppervlakte en begin toe kant toe swem. Bobbie sit ook hand by en saam bring hulle haar weer op die pier. Hulle was natuurlik papnat en Sussie was verbouereerd en het vreeslik gehuil. Hoe dierbaar was sy nou skielik vir die seuns en hoe bly was hulle dat hulle daarin geslaag het om haar lewe betyds te red!

'n Paar dae later was die vakansie op 'n end en was hulle terug by Ouma. Jimmie is voorgestel as die "held" en Ouma wou natuurlik weet waarom. Toe vertel hulle haar die hele storie en hoe hulle haar goeie raad gevolg het.

"Jy is 'n dapper klein reddertjie! Ouma is sommer baie trots op jou."

Jimmie sou nooit weet hoe trots sy regtig was nie. Maar ek weet, want sy het aan my geskryf en my daarvan vertel. Ouma was reg. Dit is 'n baie goeie ding om gereed te wees vir alle gebeurlikhede, want m ens kan nooit weet wanneer daar 'n ongeluk kan wees nie. Ons moet goeie redders wees en ook goeie Boy Scouts sodat ons vir alles gereed kan wees.