Iemand het dankie gesê

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)


Slaaptyd stories
Deel EEN

deur Arthur S. Maxwell

Oom Attie se Slaaptydstories

Ek wonder of jy al ooit daaroor nagedink het hoe belangrik hierdie woordjie "Dankie" is. Dikwels beteken dit meer as wat 'n mens dink. As jy dit nie mooi vir byvoorbeeld jou oom sê wanneer hy jou 'n verjaardagpresent gee nie, is dit net moontlik dat jy volgende jaar weer een kry nie.

En party seuns en dogters sê nooit behoorlik "Dankie" nie. As iemand iets vir hulle doen, sê hulle òf niks nie òf "Ta", sommer so kortaf, asof hulle nie in die minste waardeer wat die persoon vir hulle gedoen het nie.

Hoe sê jy "Dankie"? Ek hoop jy sê dit baie hoflik. Dit is regtig belangrik, want dit beïnvloed nie net die persoon wat dit sê nie, maar ook die een aan wie dit gesê word.

Kom ek vertel liewer 'n verhaal om dit vir almal duidelik te maak.

Baie jare gelede, in een van ons groot stede, het 'n arm seuntjie in verflenterde klere eendag by die ingang van 'n groot winkel gespeel. Wanneer hy dit kon regkry dat niemand hom sien nie, het hy aan die deur gewaai en dit baie geniet totdat een van die klerke hom gewaar en hom kom verwilder het.

Op hierdie besondere dag het hy daar gespeel saam met twee o f drie van sy maats, net so verflenterd as hy, toe daar 'n motor voor die deur stilhou en 'n welgeklede dame uitklim en oor die sypaadjie aangeloop kom om by die deur in te gaan.

Toe hy haar sien kom, gryp die seun die handvatsel en maak die deur wyd oop en gaan staan styf teen die deur dat die dame kan ingaan.

"Dankie," het die vrou baie vriendelik gesê en vir hom geglimlag.

Iets in haar stem het ' n indruk op hom gemaak.

"Haai!" het hy vir sy maats geskree, "wat dink julle daarvan? Sy het 'Dankie' gesê vir 'n ou soos ek."

Hy kon dit egter nie vergeet nie. En toe hy daaroor nadink, het hy vir homself gesê "En oekom kan sy nie vir my 'Dankie' sê nie?" En dan "Hoekom kan ek haar dank nie waardig wees nie?" En "Hoekom moet ek altyd 'n arm, verflenterde outjie bly?" En eindelik "Ek gaan nie langer 'n verflenterde seun wees nie."

Met die nuwe i deaal besiel om iets van homself te maak, het hy begin werk soek. En hy het dit gekry. Hy het koerante op straat begin verkoop. Na 'n rukkie het hy 'n beter werk gekry. Toe doen hy aansoek om werk in dieselfde winkel waar hy die dame ontmoet het. Hy het geslaag en geleidelik verbeter totdat hy - vanweë sy pligsgetrouheid en harde werk - 'n goeie betrekking beklee het.

Jare het verbygegaan. Toe gaan daardie selfde deur eendag oop en 'n dame kom binne en haar gesig, nou baie ouer, het die jong man verras laat opkyk. Sy het na die toonbank waar hy gestaan het, gestap.

"Onthou u my nog?" het hy haar gevra.

Sy het hom aanskou. "Nee Meneer, ek glo nie ek kan nie. Het ons al tevore ontmoet? Waar kon dit gewees het?"

"Mevrou," het hy gevoelvol gesê, "ons het n et eenmaal ontmoet en dit was by hierdie selfde deur. Ek was die verflenterde seuntjie wat eendag die deur vir u oopgemaak het en ...e...e... u was vriendelik genoeg om vir my 'Dankie' te sê.

"Ek dink ek kan onthou," het die dame gesê, "maar ek het dit alles reeds vergeet."

"U het seker, maar ek kon nie vergeet nie. Daardie 'Dankie' het my lewe verander. Dit het my aangespoor om iets te word. En nou wil ek vir u "Dankie' sê"

En nou, kinders, dink julle nie julle moet regtig oefen om 'Dankie' so vriendelik moontlik te sê moe? Julle weet nooit hoe dit iemand se lewe mag beïnvloed nie. En julle sal sekerlik gelukkiger voel nadat julle dit gesê het.

En kan ek iets voorstel?

Begin dit vandag vir Pappie en Mammie sê. Hulle doen meer vir julle as enigiemand anders. Hoekom begin julle nie sommer vir hulle elke keer dankie sê wanneer hulle julle met jul somme help, of vir julle etes, of vir klere wat reggemaak is, of vir iets wat vir julle gekoop is nie? Ek dink julle sal uuitvind dat hulle sal bly voel daaroor - hulle sal sekerlik verras wees.

Dit is in elk geval die moeite werd om te probeer, is dit nie? Sal julle?