"...Afrikaans...maak hom, praat hom, kry hom lief, leer hom, doseer hom, gaan aan met hom. Daar heel bo vorm die suil 'n wortelpunt wat groei voorstel, groei sonder ophou, soos Afrikaans..." |
Die Trekpad van ons nasie - die Afrikaner - begin in 1652 aan die suidpunt van Afrika. Nou, nagenoeg 400 jaar later laat dit 'n ryk en kleurvolle erfenis na. En dit is danksy hiérdie erfenis dat elke nuwe generasie nie van vooraf hoef te begin nie. Omhels ons erfenis. Lees dit. Leer daaruit. Dit is die bousteen van jou wese!
Ek is 'n "Volksnasionalis" - 'n term wat dikwels verwys na 'n persoon of beweging wat sterk fokus op die belange en identiteite van 'n spesifieke volk of nasie. Dit kan insluit die bevordering van kulturele, etniese of taalkundige identiteite en die verdediging van hul regte en tradisies. In die Suid-Afrikaanse konteks word die term soms in verband gebring met Afrikaner nasionalisme, waar die fokus op die Afrikaner kultuur, taal en geskiedenis is. Dit kan ook politieke implikasies hê, insluitend die soeke na selfbeskikking of 'n sterk teenstand teen invloed van ander kulture. Eiesoortige waardes. Soos bv. werksetiek. Om eerder te wil bou as breek.
Wat gebeur in Suid-Afrika? Kulture van prestasie vs. "celebrations of demise". Ken ons kinders nog die verskil? In Suid-Afrika betaal ongeveer 2,6 miljoen van die nagenoeg 64 miljoen inwoners 67% van die persoonlike belasting om die gulsigste staat ter wêreld te voed en 28 miljoen toelae moet finansier. Terwyl ek met my 'gr white privelage' gaan hoes hierdie jaar - sonder betroubare krag-en water bronne - terwyl die taxi eienaar wat 20 taxi's besit geen belasting betaal nie; en selfs as multi-miljoenêr vir 'n sassa-grant aansoek mag doen.
Belastingboikot? Is dit ons enigste uitweg wat oorbly? In Suid-Afrika word my kultuur, my erfenis, my vlae, my skole en my 'witgeid' verag, vernietig en verwoes deur wetgewing - maar ék is die rassis.
P.J O'Rourke het destyds gesê: "Aan die kern van die liberarisme is die bederfde kind; ellendig soos alle bedorwe brokkies; ontevrede, veeleisend, swak gedissiplineerd, despoties en totaal nutteloos." Klink dit dalk bekend? Is daar 6 miljoen kapitaliste in Suid-Afrika? Dit is 10% van die bevolking. En 'n oorgrote meerderheid van hul sal werksaam wees. Dit is 'n groot hap (belastingbetalers) wat die regering kan dwing om te luister?
Is daar enige politieke party wat die teenpool bemark? 'n Commitment maak aan kapitalisme en die vryemark stelsel? Kan dit organies groei uit die publiek? Sien jy 'n verlangsaming (na 30 jaar) van rasgebaseerde, vernietigende transformasie deur die ANC (of EFF of MK)? Verseker nie. Verdien jy as belastingbetaler nie 'n voice nie? Hier is iets wat die kommunis nie verstaan of wil verstaan nie. Ook nie die gepeupel wat vir hul stem nie. Goedkoop energie = voorspoedige en vooruitstrewende ekonomie. Gaan kyk maar hoe ons Apartheid-regering dit die nommer 1 doelwit gemaak het vanaf 1961 - 1987. En bygesê suksesvol kon uitvoer. En goedkoop energie leser, is werk (vir almal). En gaan kyk maar die toestand van sake (en prys) van elektrisiteit waar lande soos Engeland, Duitsland en Kanada die mislukte ideologie navolg.
Trots op Afrikaners wat in hul vakgebied wêreldstatus bereik het. Wie was die grootste Afrikaner van alle tye? Baanbrekers in hul eie reg! Ons Trots! - Pure Afrikaner. Watter Afrikaner het ons geskiedenis onherroeplik verander? Kies self!
Kies jou TOP TIEN Liedjie van alle tye in Afrikaans NOU!
Afrikaanse Flieks: 2025
Bly op hoogte van wat op die skerms gebeur; of kies vir jou gunsteling Afrikaanse fliek van alle tye!
Bly op hoogte. Wie is die nuwe nommer een dié week op die Afrikaanse Top Twintig treffers? Nog beter, gaan luister op Radio Kuber Kontrei.