Swart verset teen apartheid, 1950’s-1980’s 

 In die tweede helfte van die 20ste eeu het die swart politieke versetbeweging 'n derde fase betree. 'n Swart nasionalisme was aan die ontwaak. In dié fase sou op politieke mag aangedring word. Dit het plaasgevind in die tyd toe die wêreldwye anti-koloniale beweging momentum begin kry het en Afrikanernasionalisme nuwe hoogtes bereik het. Die apartheidsbeleid sou nie sonder weerstand toegepas word nie.

'n Veelrassige alliansie teen apartheid

Kort ná sy bewindsoorname in 1948 het die nuwe NP-regering 'n komitee aangestel om kommunisme te ondersoek en daar is bevind dat dit 'n "nasionale gevaar" vir Suid-Afrika inhou. Die gevolg was 'n wetsontwerp wat op die onderdrukking van kommunisme gemik was en wat o.m. optrede gewettig het teen organisasies en mense wat kommunisme bevorder. Boonop sou die Kommunistiese Party van Suid-Afrika (KPSA) onwettig verklaar word.

Die wetsontwerp is destyds in die parlement en in die media gekritiseer omdat dit sekere regsbeginsels en basiese vryhede verontagsaam het. Die regering het egter deurgedruk daarmee. Net voordat die parlement vir die laaste keer oor die wetsontwerp moes stem, het die KPSA homself in Junie 1950 ontbind om optrede teen sy lede te voorkom.

Die Wet op Onderdrukking van Kommunisme was maar net die begin van strawwer regeringsoptrede. In 1952 is die laaste kommuniste wat as "naturelleverteenwoordigers" in die parlement gedien het, hul setels ontneem. Kommunistiese publikasies, waaronder New Age, is een vir een verbied. Regeringsoptrede teen veelrassige vakbonde het hulle verlam. Alle vakbonde is in 1957 beveel om hul lidmaatskap op rassegrondslag te verdeel. Ten spyte hiervan was daar 'n al hoe sterker kommunistiese teenwoordigheid in die African National Congress (ANC) en wit kommuniste h et in 1953 in die geheim die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) gestig. Dié party se openbare vleuel is die South African Congress of Democrats (Sacod) genoem.

In 1950 het verskeie voorvalle van onluste en geweld aan veral die Witwatersrand voorgekkom. Dit het telkens met botsings tussen die polisie en swart mense gepaardgegaan. Dié botsings was 'n simptoom van groot frustrasie in die swart gemeenskap. Die 1950-onluste het die weg gebaan vir toenemende samewerking tussen die ANC en die kommuniste.

Enkele maande voor die ontbinding het die KPSA op 26 Maart 1950 'n konvensie oor spraakvryheid in Johannesburg gehou. James Moroka, die ANC se president-generaal, het as voorsitter opgetree, maar sowel die nasionale as die Transvaalse ANC het hulle daarvan gedistansieer. Hulle was nie oortuig van die wenslikheid daarvan om met wit kommuniste saam te werk nie. Die konvensie het besluit om Meidag (1 Me) 1950 as vryheidsdag te vier. Op daardie dag het duisende werkers deelgeneem aan stakings wat teen die aand op geweld uitgeloop het waarin 18 mense dood is. Die ANC het daarna voorgestel dat 'n nasionale protesdag gehou moet word. Dié dag van rou, soos dit genoem is, sou 26 Junie wees. Dit het gepaardgegaan met 'n tuisblystaking wat plek-plek suksesvol was.

Sommige Afrikanistiese ANC-lede was steeds ontevrede oor die samewerking met kommuniste. Onder leiding van Selope Thema het dié groep aan die einde van 1950 die sg. National-Minded Bloc gestig. Dit het beteken dat die ANC nie meer toegang tot Bantu World, sy nie-amptellike spreekbuis, gehad het nie aangesien Thema die redakteur daarvan was. Die organisasie het hierna toenemend van die SKP afhanklik geword vir mediapublisiteit.

In die bruin gemeenskap het verset teen die regering se voorneme om bruin kiesers van die gesamentlike kieserslys te verwyder vroeg in die 1950's tot die stigting van protesbewegings gelei. Een van die belangrikstes was die Franchise Action Council (FRAC), wat in Februarie 1951 in Kaapstad gesig is en tuisbly-aksies en 'n skolboikot gereël het. In Julie 1951 het die nasionale uitvoerende komitees van die ANC en die South African Indian Congress (SAIC) saam met waarnemers van die FRAC byeengekom om oor gesamentlilke optrede te besin.

Hulle het besluit om 'n beplanningsraad te stig en 'n veldtog te begin teen ses apartheidsmaatreëls, nl. die paswet, groepsgebiede, die afsonderlike verteenwoordiging van kiesers, die stelsel van Bantu-owerhede, die onderdrukking van kommunisme en veevermindering. Die beplanningsraad het 'n brief aan die regering gerig waarin die herroeping van dié maatreëls gevra i s en gedreig is met 'n passieweverset-veldtog soos dié van Gandhi in Indië as dit nie gebeur nie. Die regering het die versoek geweier. Die beplanningsraad het gevolglik massabyeenkomste gereël vir 6 April, wat as Van Riebeeckdag gevier is, waar daar oor verdere verset besin sou word.

Die Defiance Campaign, die landwye veldtog van passiewe verset, het op 26 Junie begin. Die idee was dat deelnemers - wat vrywilligers genoem is - wette doelbewus in groepe moes ortree. Hulle moes met opset lokasieregulasies, aandklokreëls en apartheidswette soos die reservering van wagkamers op spoorwegstasies vir wit mense verontagsaam. Die doel was om gearresteer te word.Die organiseerders het daarop gereken dat daar naderhand soveel oortreders sou wees dat die pollisie nie in staat sou wees om die situasie te hanteer nie.

In die loop van die veldtog, wat tot die einde van die jaar voortgeduur het, is 8 326 vrywilligers gearresteer. Doe grootste bedrywighede was in die Oos-Kaap, wat dui op 'n hoë vlak van politisering van die werkersklas in daardie deel van die land. Die veldtog het soms in geweld ontaard. Altesaam 26 swart mense en ses wit mense is in dié geweld dood. Die meeste vrywilligers was swart mense en Indiërs. Net enkele wit mense het aan die veldtog deelgeneem.

Die vrywilligers wat in howe aangekla is, is aanvanklik lig gestraf, maar die strawwe het mettertyd swaarder geword en strenger wetgewing is teen doelbewuste wetsoortreding ingestel. Dit sluit die Wet op Openbare Veiligheid en die Strafreg-wysigingswet in. Die swaarder strawwe het mense ontmoedig om aan die optrede deel te neem en die veldtog is vroeg in 1953 amptelik gestaak.

Die Defiance Campaign van 1952 het nie in sy spesifieke doel geslaag nie, aangesien al die diskriminerende wette steeds van krag was. Tog het die veldtog belangrike gevolge gehad. Dit was 'n simbool van verset teen 'n ongenaakbare minderheidsregering. As sodanig het dit die solidariteit tussen onderskeie swart gemeenskappe versterk, die vlak van binnelandse massa-politisering verhoog en tot 'n toename in steun vir versetoptrede gelei. Buitelands het dit tot internasionale publisiteit vir die teenstanders van apartheid gelei en bygedra tot die vestiging van bande tussen buitelandse en Suid-Afrikaanse anti-apartheidsbewegings. Dit het 'n negatiewe beeld van apartheid na die buiteland uitgedra en selfs die Verenigde Nasies (VN) se aandag op Suid-Afrika gevestig. Laastens het dit gelei tot Moroka se politieke ondergang en Albert Luthuli se opkoms as ANC-president-generaal.

In die tydperk net ná die Defiance Campaign het Nelson Mandela 'n plan uitgewerk om die ANC organisatories te sentraliseer. Dit is die M-plan genoem. Daarvolgens sou woongebiede in eenhede verdeel word. Die kleinste eenheid was 'n sel. 'n Aantal selle saam sou 'n sone vorm, 'n aantal sones saam 'n wyk en 'n aantal wyke saam 'n tak. Die plan het heelwat steun gekry, maar is nooit in werking gestel nie, hoofsaaklik weens 'n geldtekort, maar ook a.g.v. teenstand teen vernuwing in die organisasie. Boonop het die regering se inperking van ANC-leiers die organisasie toenemend verlam.

Die volkskongres van 1955 en die Vryheidsmanifes

In die 1950's het plattelandse verset teen apartheid 'n landwye verskynsel geword. Dit was veral op die regering se landelike beheermaatreëls gemik. In Witsieshoek in die Vrystaat was daar bv. in 1950 opstande teen 'n owerheidsgedrewe veevermindingskema en in die Solkberg in Noord-Transvaal (nou Limpopo)het die Mamatholastam hulle in 1956 en 1957 teen hervestiging verset. In die Marico (Zeerust) in Wes-Transvaal (nou Noordwes) was daar in 1957-1959 versetoptrede teen sowel die paswet as Bantu-owerhede. In Pondoland in Transkei (nou die Oos-Kaap) was daar in 1957-1960 'n opstand teen Bantu-owerhede en landbouverbeteringskemas. Plattelandse verset en onluste in die algemeen het noodwendig die poliltisering van swart mense gestimuleer.

Toe die NP die verkiesing in 1953 weer wen, het teenstanders van apartheid na alternatiewe gesmag. In Augustus 1953 het Z.K. Matthews, president van die Kaaplandse tak van die ANC, 'n volkskkongres voorgestel. Sy voorstel is daardie jaar op die ANC se nasionale jaarkongres bespreek en die kongres het die nasionale uitvoerende komitee opdrag gegee om met ander organisasies daaroor te praat. Luthuli het gevolglik in Maart 1954 'n byeenkoms van die ANC, die SAIC, die south African Coloured People's Organisation (Sacpo) en Sacod belê.

Op dié byeenkoms is 'n nasionale aksieraad op die been gebring om so 'n byeenkoms te reël. Dit sou as die Congress of the People (COP) bekend word. Die aksieraad het 'n gereelde nuusbrief, Speaking Together, versprei en plaaslike sowel as streekkonferensies gehou om die kongres te bespreek. In oproepe om die kongres by te woon, is belangstellendes ook genooi om insette tot 'n vryheidsmanifes te lewer. 'n Komitee van die nasionale aksieraad het die finale dokument opgestel, maar die Vryheidsmanifes (Freedom Charter) is nie vooraf aan takke van deelnemende organisasies versprei nie.Nòg Luthuli nòg Matthews het dit voor die kongres gesien. Dit was ook reeds gedruk toe die ANC se nasionale werkkomitee dit vir die eerste keer gesien het, maar geen veranderinge is deur dié komitee of deur die kongres aangebring nie.

Die Congress of the People is op 25 en 26 Junie 1955 in Kliptown, suid van Johannesburg, gehou. Dit is deur byna 3 000 afgevaardigdes bygewoon en was 'n veelrassige byeenkoms. Die Liberale Party is genooi, maar het nie amptelik deelgeneem nie. Geen verteenwoordiger van die regering was daar nie. Talle internasionale boodskappe is aan die organiseerders gestuur, wat 'n aanduiding was van die wêreldwye publisiteit wat die stryd teen apartheid destyds al gekry het. Op die kongres is die afdelings van die Vryheidsmanifes een vir een voorgelees, in toesprake verduidelik en daarna in stemmings goedgekeur. Geen voorgestelde klousule is verander of verwerp nie. Die polilsie, wat deurentyd teenwoordig was, maar op die agtergrond gebly het, het die tweede middag ingegryp en talle dokumente gekonfiskeer. Teen daardie tyd was die belangrikste bedrywighede al afgehandel.

Die Congress of the People verteenwoordig 'n belangrike fase in die geskiedenis van die stryd teen apartheid. Daar is nou vir die eerste keer pro-aktief opgetree om 'n alternatief vir apartheid daar te stel. Die Congress of the People was 'n vroeë hoogtepunt van die sg. Kongres-alliansie, wat destyds tot stand gekom het tussen die ANC, die SAIC, Sacpo, Sacod en die oorkoepelende vakbondbeweging, die South African Crongess of Trade Unions (Sactu), wat in 1955 gestig is.

Die eerste en belangrikste bepaling van die manifes is in die eerste sin vervat: Suid-Afrika behoort aan al sy inwoners, wit en swart. Die manifes het verklaar dat die land se rykdom alle Suid-Afrikaners se erfenis is en aan hulle terugbesorg moet word. Daarom moet die eienaarskap van die ondergrondse minerale, die banke en monopolistiese nywerhede ook aan die inwoners van die land oorgedra word. Die manifes eis voorts 'n nie-rassige, demokratiese regeringstelsel, gelykheid voor die wet en gelyke werk- en opvoedkundige geleenthede vir alle Suid-Afrikaners. Dit stel die opheffing van beperking op die huis- en gesinslewe in die vooruitsig.

Dit bevet geen klassestryd-terminologie nie en is n ie 'n Marxistiese meesterplan nie. Die eise om nasionalisering en herverdeling wat daarin vervat is, kan hoogstens as sosialisties beskryf word. Die manifes is uitgersproke anti-rassisties en bevat geen verwysing na etniese groepe nie. Tog is daar verwysings na nasionale groepe en die belofte dat hulle beskerm sal word teen enige belediging van hul ras en nasionale trots.

'n Belangrike vraag wat telkens i.v.m. die manifes gevra is, is of dit 'n revolusionêre dokument is. Hieroor is daar botsende interpretasies en baie retoriek, wat 'n ewewigtige oordeel moeilik maak. 'n Mens kan volstaan deur daarop te wys dat die gelyktydige bevrediging van al die eise en doelwitte wat die manifes in die vooruitsig stel op 'n grootskaalse - selfs revolusionêre - verandering van die destydse bedeling in Suid-Afrika sou neerkom. Die Vryheidsmanifes het spoedig die hoeksteen van die ANC se beleid geword.

Heelwat vroue het die congress of the People bygewoon. In 1954 is 'n veelrassige vroue-organisasie, die Federation of South African Women (FSAW), gestig wat in die Kongres-alliansie 'n koördinerende rol m.b.t. vrouebedrywighede gespeel het. In 1955 het die regering aangekondig dat swart vroue van die volgende jaar af ook aan die paswet onderhewig sou wees. Vroue het in opstand gekom daarteen en reeds in 1955 'n protesoptog daaroor na die Uniegebou gehou wat die volgende jaar op 9 Augustus 1956 herhaal is toe duisende vroue aan die optog deelgeneem het. 'n Nalatenskap hiervan is Vrouedag, wat sedert 1994 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika is. Tienduisende vroue op ander plekke in die land is ook deur hierdie gebeure gepolitiseer. Pasverbrandingseremonies deur vroue is op verskeie plekke, veral in die Vrystaat, gehou.

Die ANC het in die 1950's ook betrokke geraak by veldtogte teen die instelling van Bantu-onderwys en die gebruik van gevonniste misdadigers as plaaswerkers. Die regering was ontevrede oor dié opwellings van verset en het daarteen opgetree. In Desember 1956 is 156 mense, insluitend die meeste van die Kongres-alliansie se leiers, gearresteer en van  hoogverraad aangekla. Die hoogverraadsaak sou tot Maart 1961 duur, maar al die aangeklaagdes is uiteindelik vrygespreek.

Die militêre stryd

Die Sharpeville-tragedie

Die Afrikaniste i n die ANC was dwarsdeur die 1950's ontevrede oor die wyse waarop die organisasie se aksieprogram van 1949 uitgevoer is. Hulle was gekant teen samewerking met wit o rganisasies en heftig anti-kommunisties. Boonop was hulle skepties oor die SAIC se veldtogte van passiewe verset en gekant teen samewerking met Indiërs. Hulle het gemeen swart mense se belange is tydens die Defiance Campaign van 1952 ter wille van ander groepe opgeoffer.

Dit was veral die Orlando-Afrikaniste o.l.v. P.K. Leballo wat dié gevoelens verwoord het. Hulle het 'n afgerolde nuusbrief, The Africanist, versprei waarin hulle die Vryheidsmanifes se openingstellling - dat Suid-Afrika aan al sy inwoners, wit en swart, behoort - betwis het. Na hul mening was alle wit mense diewe wat Afrikane se grond gesteel het. Hulle het die Kongres-alliansie ook gekritiseer omdat wit mense en Indiërs volgens hulle nie te vertroue was nie. Hulle het wit mense vir die hopelose posisie van swart mense geblameer en hul afkeer van wit mense het telkens uit hul uitsprake geblyk.

Die Afrikaniste se kritiek op die ANC-leierskorps het in November, op die Transvaalse jaarkongres van dié beweging, tot 'n skeuring gelei. Die Afrikaniste het weggebreek en hul eie organisasie, die Pan-Africanist Congress (PAC), in April 1959 in Johannesburg gestig met Robert Sobukwe as president. Die vernaamste verskil tussen die ANC en die PAC was dat laasgenoemde eksklusief swart was, terwyl die ANC veelrassig was. Die PAC se mikpunt was om so gou moontlik 100 000 lede te hê, maar teen Augustus 1959 het hy nog net 25 000 gehad. Die organisasie het nogtans 'n veldtog begin om swart mense daarvan bewus te maak dat hulle 'n  hoër status in die samelewing verdien. Dit was 'n vroeëe uiting van swartbewussyn in Suid-Afrika.

Aan die einde van 1959 het die PAC besluit om 'n landwye veldtog teen die dra van pasboeke te begin as eerste stap om swart mense teen 1963 totaal van wit oorheersing te bevry. Swart mense het die passtelsel dleur die bank versafskuk omdat die polisie dit hardhandg toegepas het en dit vernederend was. Aangesien die ANC 'n soortgelyke veldtog beplan het, was dit vir die PAC van groot belang om eerste met sy veldtog te begin. Die PAC was egter oorhaastig. Die aankondiging dat die veldtog op 21 Maart 1960 sou begin, is ees op 18 Maart gedoen. Die reëlings moes dus in 'n naweek afgehandel word. Die veldtog sou die aard van 'n tuisblystaking aanneem. Deelnemers moes hul pasboeke tuis los en hulself vir inhegtenisneming by polisiekantore gaan aanmeld.

Die PAC se veldtog is net op sommige plekke goed ondersteun. In die Vaaldriehoek was die vernaamste steunpunte Bophelong en Sharpeville. In lg. woonbuurt het sowat 10 000 mense op 21 Maart by die polisiekantoor saamgedrom en aangedring op die afskaffing van die passtelsel. Teen die middag het spanning begin oplaai. Dit het breekunt bereik toe die polilsie op die skare geskiet het, o.m. met outomatiese gewere. In die bloedbad wat gevolg het, is 69 mense dood en sowat 180 gewond. In 'n latere kommissie-ondersoek is bevind dat die meeste slagoffers in die rug geskiet is omdat die polisie paniekerig geraak het.

Die polisie het daardie dag ook in die Kaapse Skiereiland op swart skares geskiet en twee mense is in die township Langa dood. In Soweto is Sobukwe en ander PAC-leiers op hul aandrang by die Orlando-polisiekantoor in hegtenis geneem omdat hulle die paswet oortree het. 'n Geskokte stilte het aanvanklik landwyd op die gebeure van 21 Maart gevolg. Op Maandag 28 Maart is 'n massabegrafnis in Sharpeville vir die slagoffers van die tragedie gehou. In antwoord oop 'n versoek van Albert Luthuli, president-generaal van die ANC, het talle swart mense die dag as ' n dag van rou deurgebring. Daar was ook stakings en pasverbrandingseremonies - Luthuli het ook syne verbrand - en baie mense het van die werk af weggebly.

Twee dae later, op 30 Maart, het 'n spontane protesoptog van sowat 30 000 swart mense van Langa tot by die Caledonplein-polisiekantoor in die Kaapstadse middestad plaasgevind. Philip Kgosana, 'n  jeugleier van die PAC, het die optog gelei. Die optoggangers is eers uiteen nadat Kgosana belowe is dat hy die minister van justisie later die middag kon spreek. Toe Kgosana egter later die middag by die Caledonplein-politikantoor kom vir sy afspraak met die minister, is hy in hegtenis geneem.

Die situasie was so ernstig dat die regering op 31 Maart ' n noodtoestand afgekondig het wat mettertyd feitlik landwyd gegeld het. In hierdie omstandighede het die parlement die Wet o p Onwettige Organisasies aanvaar wat die regering in staat gestel het om die ANC en die PAC op 8 April te verbied.

Die Suid-Afrikaanse regering is wêreldwyd gekritiseer oor die Sharpeville-bloedbad. Internasionaal is die valse beeld geskep dat die land op die punt van 'n ineenstorting was. Gevolglik het talle internasionale beleggers hulle aan Suid-Afrika onttrek. Dié sogenaamde kapitaalvlug was egter net tydelik. Tog het die Sharpeville-gebeure ongetwyfeld 'n groot rol in Suid-Afrika se toenemende isolasie gespeel. Eerste minister Verwoerd het egter geen toegewings aan kritici gemaak nie en die gebeure het sy magsposisie in werklikheid verstewig.

Die ANC en die PAC het hierna hul bedrywighede ondergronds voortgesit. In Desember 1960 is die twee organisasies nie-amptelik verteenwoordig op 'n konferensie in Orlando, suid van Johannesburg, wat deur swart lede van die Lilberale Party en oudlede van die twee verbode partye belê is. Dié konferensie het hom t.g.v. 'n nie-rassige demokrasie en nie-gewelddadige druk op die regering uitgespreek. Op 25 en 26 Maart 1961 het 'n soortgelyke konferensie in Pietermaritzburg p laasgevind. Dit was o.m. gemik op die beoogde republiekwording van Suid-Afrika op 31 Mei en teen swak rasseverhoudinge. Nelson Mandela was een van die hoofspekers. Die konferensie het 'n nuwe grondwet vir die land geëis en daarop aangedring dat 'n verteenwoordigende nasionale konvensie gehou word om oor republiekwording te besin. Die eis was dat dit voor 31 Mei moes plaasvind, anders sou daar landwyk betogings en wegbly-aksies wees. Die konferensie het selfs 'n nasionale aksieraad onder Mandela se leiding aangewys wat bedrywighede moes reël en 'n brief met die raad se besluite aan die regering moes rig.

Die regering het die eise geïgnoreer en die nasionale aksieraad het voortgegaan om 'n staking te reël. Dit ht plek-plek beduidende steun gekry, maar Suid-Afrika het nogtans 'n republiek onder wit beheer geword.

Die totstandkoming van Umkhonto we Sizwe (MK)

Ná republiekwording en die Sharpeville-tragedie het talle teenstanders van apartheid begin meen dat gewelddadige verset hul enigste uitweg is. In 1961 het die ANC 'n gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), op die been gebring. Mandela is as bevelvoerder aangewys. Die hoofkwartier was o p die h oewe Liliesleaf in Rivonia, aan die noordelike buitewyke van Johannesburg. MK het dadelik begin om 'n sabotasieveldtog te beplan. Dit moes op 16 Desember 1961 begin waartydens MK en sy manifes bekend gestel moes word. Hierdie planne is suksesvol tot uitvoer gebring.

MK het beoog om 'n guerrilla-oorlog teen die regering te begin, maar daarvoor sou opleiding noodsaaklik wees. Mandela het vroeg in 1962 op 'n geheime sending vertrek om bondgenote in Afrika te gaan soek. Hy h et 'n konferensie van Afrikaleiers in Ethiopië bygewoon en daarna o.m. in Algerië militêre opleiding ontvang en Brittanje besoek voordat hy in die geheim teruggekeer het.

Teen middel-1962 was die polisie verbete op soek na Mandela. In Augustus is hy in hegtenis geneem, voor die hof gedaag en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis weens onwettige optrede. Intussen het die ANC rekrute vir militêre opleiding gewerf. Op 'n ANC-konferensie in Oktober 1962 in Lobatse, Betsjoeanaland (die huidige Botswana), is MK aanvaar as die "leër van die bevrydingsbeweging". MK se sabotasieveldtog het ook ondanks Mandela se tronkstraf voortgeduur. In Mei 1963 het MK daarop aanspraak gemaak dat sy lede reeds meer as 70 sabotasiedade gepleeg het. Die regering se reaksie was om wetgewing strenger te maak. Die parlement het bv. die Algemene Regswysigingswet aanvaar ingevolge waarvan mense vir 90 dae aangehou kon word sonder dat hulle aangekla word. MK het terselfdertyd begin beplan aan 'n volskaalse guerrillaveldtog wat Operasie Mayibuye (Operasie Teruggee) genoem is, maar noooit uitgevoer is nie.

Op 11 Julie 1963 het die polisie 'n klopjag op MK se hooofkwartier in Rivonia uitgevoer en verskeie leiersfigure, waaronder Walter Sisulu en Govan Mbeki, in hegtenis geneem. Saam met Mandela en enkele ander MK-leiers is hulle daarna in die bekende Rivonia-hofsaak van hoogverraad aangekla. Die staat het die doodstraf gevra en verskeie bewysstukke voorgelê waarin hy probeer bewys het dat die aangeklaagdes hoogverraad gepleeg het. Hieronder was 'n dokument met die opskrif "How to be a good communist" in Mandela se handskrif. Op 12 Junie 1964 is agt beskuldigdes, insluitend Mandela, Sisulu en Mbeki, tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Albert Luthuli het sy skok oor die swaar tronkstraf uitgespreek en die vonnis is internasionaal ook verdoen. MK-lede wat die polisie ontwyk het, het die sabotasieveldtog probeer voortsit, maar het weinig sukses behaal en talle is gearresteer. Hierna was die ANC se lot in die hande van sy buitelandse sending.

Die PAC en Poqo

Die PAC is, net soos die ANC, aanvanklik verlam deur die verbod op die organisasie in 1960 en die feit dat sy leier, Robert Sobukwe, opgesluit is. In Augustus 1962 het die situasie verbeter en die PAC se sekretaris-generaal, P.K. Leballo, vrygelaat is en hy hom in Maseru, hoofstad van Basotholand (nou Lesotho), gevestig het vanwaar hy bedrywighede kon koördineer. In daardie stadium het 'n ondergrondse militêre vleuel met die naam Poqo reeds ontstaan, blykbaar sonder Sobukwe se instemming of selfs medewete. Poqo se doelwit was om wit heerskappy in Suid-Afrika d.m.v. 'n skrikbewind omver te werp.

Die organisasie het heelwat steun onder veral Xhosasprekende trekarbeiders in Wes-Kaapland gehad. In November 1962 het Poqo-leiers in die Mbekweni-woonbuurt naby die Paarl besluit om 'n aanslag op die wit gemeenskap uit te voer. Sowat 250 Poqo-lede, van wie sommige met pangas en byle gewapen was, het diep in die nag na die dorp opgeruk met die doel om die tronk en die pollisiekantoor te beset. Die polisie het hul aanval laat skipbreuk ly voordat hulle hul teikens kon bereik, maar toe was twee wit burgerlilkes en vyf Poqo-lede reeds dood en 19 mense gewond.

Ondanks hul mislukking in Mbekweni het Poqo (en die PAC) 1963 as die jaar van die finale aanslag beskou. In die voormalige tuisland Transkei het Poqo-lede drie hoofmanne vermoor en 'n aanval op hoofman Matanzima probeer uitvoer, maar dit het misluk. In Februarie 1963 het hulle op 'hn padwerkerskamp by die Basheebrug toegeslaan en 'n aantal niksvermoedende burgerlikes vermoor. Die regering het daarna 'n noodtoestand afgekondig en tientalle Poqo- en PAC-lede gearresteer.

Leballo het vanuit Maseru probeer om Poqo in die Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging-gebied (PWV) te aktiveer, maar a.g.v. sy amateuragtige optrede het die pollisie duisende PAC-omsendbriewe onderskep, wat tot die arrestasie van honderde PAC-selleiers gelei het. Die PAC se beplande aanslae op Pretoria en Johannesburg het gevolglik nooit plaasgevind nie.

In Mei 1963 het Sobukwe die vonnis wat in 1960 op hom opgelê is, klaar uitgedien, maar die minister van justisie, John Vorster, wou hom nie vrylaat nie. Hy is langer aangehou ingevolge 'n klousule van die Algemene Regswysigingswet. Leballo het in 1964 van Maseru na Tanzanië verhuis en was gevolglik te ver van Suid-Afrika om veldtogte te reël. Die PAC was teen daardie tyd binnelands grotendeels 'n uitgediende mag en sy lot is aan sy buitelandse sending oorgelaat.

Binnelandse verset teen apartheid is intussen deur die ekstremistiese African Resistance Movement (ARM) voortgesit. 'n ARM-lid, John Harris, het in Julie 1964 'n bom op Parkstasie in Johannesburg laat ontplof. Een mens is dood en sowat twintig beseer. Harris is later ter dood veroordeel en tereggestel. Ná dié aanval was die ARM daarmee heen.

Die NP-regering het ook sy veldtog teen die ondergrondse SAKP verskerp en dit het uitgeloop op die arrestasie en verhoor van die advokaat en aktivisis Bram Fischer, wat uiteindelik tot lewenslange tronkstraf gevonnis is. Hierdie was die SAKP se toekoms in die hande van sy uitgeweke leiers en ondersteuners. Fischer is in 1975 vrygelaat kort voordat hy aan kanker gesterf het.

Die swartbewussynsbeweging

Madat doe ANC en die PAC in 1960 verbied is, was swart mense in Suid-Afrika sonder 'n spreekbuiis. Die tuislandpolitici kon nie die leemte vul nie omdat hulle beskou is as kop in een mus met die apartheidsregering en dus as kollaborateurs afgemaak is. Teen 1970 het 'n nuwe denkrigting ontstaan wat swartbewussyn ("black consciousness") genoem is. Die wortels van dié beweging kan na die VSA en Algerië (die geskrifte van Franz Fanon) teruggevoer word. Die opvattings van die sg. Swart Teologie en Swart Mag het 'n groot rol in die vorming van swartbewyssyn in Suid-Afrika gespeel.

Steve Biko, 'n mediese student aan die Universiteit van Natal, was 'n sleutelfiguur in die opkoms van die swartbewussynsbeweging in Suid-Afrika. Hy het geglo swart mense moet sielkundig bevry word van 'n onderdanige mentaliteit en van wit liberale paternalisme wt swart mense kultureel onderdruk het. In sy terminologie was alle swart mense slagoffers van rasse-onderdrukking in Suid-Afrika. Hy het die tuislandstelsel as 'n skepping van die onderdrukker veroordeel.

Onder Biko se leiding het swart studente in 1968 van die National Union of South African Students (Nusas) weggebreek en die volgende jaar die South African Student Organisation (Saso) gestig. In 1972, toe hy nie meer 'n student was nie, was hy betrokke by die stigting van die Black People's Convention (BPC), 'n politieke front wat swartbewussyn sou bevorder.

Enkele woordvoerders in regeringskringe het die swart studente se wegbreking van Nusas aanvanklik verwelkom. Hulle het dit beskou as 'n aanvaarding deur swart studente dat hulle afsonderlik moet ontwikkel. In Maart 1973 het die regering egter verskeie leiers, waaronder Biko, ingeperk. In September 1974 het die regering Saso en die BPC veroordeel toe hulle Frelimo se politieke oorname in Mosambiek gevier het. Nege swartbewussynsleiers in gegevolge die Wet op Terrorisme aangekla weens die aanhitsing van studente. Hulle is skuldig bevind, tot tronkstraf gevonnis en Robbeneiland toe gestuur.

Biko is as ingeperkte persoon in King William's Town in huisarres geplaas. Toe hy sy huisarres in September 1977 verontagsaam en Kaapstad besoek het, is hy gearresteer. Ná enkele dae se hardhandige behandeling is hy in polisie-aanhouding dood.

Die swartbewussynsbeweging het die vlaag inperkings in 1977 oorleef, soos o.m. blyk uit die stigting van die Azanian People's Organisation (Azapo), 'n streng Afrikanistiese organisasie, in 1978. In 1983 het Azapo al die aanhangers van die swartbewussynsideologie, wat skepties teenoor Marxisme gestaan het, probeer verenig in 'n sambreelorganisasie wat die Nasionale Forumkomitee genoem is.

Verbode organisasies in die buiteland

Enkele dae voordat die ANC in April 1960 verbied is, het Albert Luthuly sy vise-president, Oliver Tambo, uit Suid-Afrika gestuur met 'n tweeledige sending. Hy moes eerstens internasionale steun vir die ANC werf en tweedens 'n veroordeling en die isolasie van die apartheisregering bewerkstellig. In die internasionale omgewing is destyds sterk standpunt ingeneem teen rassisme en kolonialisme. Teen 1960 was daar boonop reeds 'n dekade oue tradisie van die internasionale veroordeling van apartheid. Die ANC sou in die lig van die Koue Oorlog ook maklik bondgenote in die teenstanders van kapitalisme kon vind.

Die ANC h et mettertyd kantore in o.m. Londen in Brittanje, Washington in die VSA, Parys in Frankryk en in Afrikastate soos Tanzanië en Zambië gevestig vanwaar hulle propaganda- en ander veldtogte begin het. Die ANC  het gehoop dat Suid-Afrika se toenemende isolasie wit kiesers teen apartheid sou laat draai. Hulle wou die hele internasionale gemeenskap vir 'n totale aanslag op Suid-Afrika werf. Voorbeelde van vroeë suksesse was die steun wat die ANC van die Africa Bureau, die Anti-Apartheid Movement en die International Defence and Aid Fund gekry het. Hulle het ook die vinger gewys na verskeie multinasionale maatskappye wat vir steunpilare van apartheid uitgekryt is.

In 1960 het die ANC, PAC, SAIC en die South West Africa National Union in Brittanje 'n alliansie van bevrydingsbewegings gevorm. Dit is die Southern African United Front (SAUF) genoem. Vroeg in 1961 het die SAUF teen Suid-Afrika se voortgesette Statebondslidmaatskap ná republiekwording geagiteer. Dit het heelwat steun in Brittanje en ook van Statebondslande gehad. Toe Suid-Afrika besluit het om vrywillig uit die Statebond te tree, het die SAUF dit as 'n triomf beskou. Dié alliansie het egter ná 18 maande a.g.v. twis tussen die ANC en die PAC verbrokkel.

Teen die middel van die 1960's het die ANC oor opgeleide guerrillavegters beskik en moes 'n deurgangsroete van Zambië na Suid-Afrika vir hulle gevind word. Die mees geskikte roete sou deur Suid-Afrika se noordelike buurland Rhodesië (nou Zimbabwe) wees. Rhodesië was destyds onder wit bewind wat o.m. deur die Zimbabwe African People's Union (Zapu) o.l.v. Joshua Nkomo beveg is. In 1967 he die ANC die Freedom Alliance met Nkomo gesluit en kort daarna guerrillas deur die weste van Rhodesië na Suid-Afrika gestuur. Dié guerrillas is egter deur Rhodesiese magte verstrooi en net enkelinge het Botswana bereik, maar nie Suid-Afrika nie. ANC-guerrillas het die volgende jaar ook in gevegte in die ooste van Rhodesië betrokke geraak, maar kon steeds nie na Suid-Afrika deurdring nie. Die ANC het bondgenootskappe soos dié en met ander bevrydingsbewegings elders in Afrika baie waardevol geag.

Die ANC en die PAC het spoedig ook die Verenigde Nasies(VN) as stoere bondgenoot gewerf. Die VN h et selfs 'n spesiale komitee teen apartheid en 'n eenheid oor apartheid gestig waarin die Suid-Afrikaanse regering gereeld onder kritiek deurgeloop het. Ander bondgenote van die uitgeweke Suid-Afrikaanse organisasies het die Wêreldraad van Kerke, die Organisasie vir Afrika-eenheid en die Wêreldvredesraad ingesluit. Hierdie bondgenote het die ANC die nodige ondersteuning gebied om spreekbuise soos Sechaba, Mayibuye en Voice of Women uit te gee en propaganda oor Radio Freedom uit te saai.

In 1969 het die ANC 'n konsulterende konferensie by Morogoro in Tanzanië gehou. Dit was 'n veelrassige byeenkoms, maar al die lede van die nuwe nasionale uitvoerende komitee wat verkies is, was swart Afrikane, Tambo is tot president-generaal verkies. 'n Nuwe liggaam, die Revolusionêre Raad, i s hier tot stand gebring. Dit was veelrassig en Joe Slovo, Reginald September en Yusuf Dadoo het vooraanstaande lede geword.

Terwyl die ANC in ballingskap was, het hy sy bande met die SAKP en die Sowjetunie toenemend versterk. Die SAKP was in 1961 betrokke by die stigting van Umkhonto we Sizwe (MK). Die party het in 1962 sy sesde konferensie gehou, waarna 'n program met die naam Road to South African Freedom aangekondig is. Joe Slovo, 'n vooraanstaande SAKP-leier, het die land in 1963 verlaat en die organisasie in ballingskap gevestig. Die noue bande wat tussen die SAKP (en die ANC) en die Sowjetunie ontwikkel het. was waarskynlik aan hom te danke. Dit het in 1975 tot 'n beperkte skeuring in die ANC gelei toe Tennyson Makiwane en die sg. "Gang of 8" weggebreek het uit protes teen wat hulle die kommunistiese oorheersing van die ANC genoem het.

Die ANC is verras deur die uitbreek van die Soweto-onluste in 1976 omdat die organisasie geen rol daarin gehad het nie. Dit het die ANC egter bevoordeer omdat die intensiteit en uitgerektheid van die onluste o.m. 'n permanente stroom jong, nuwe rekrute uit Suid-Afrika vir die organisasie gewaarborg het. Dit, tesame met die val van die Portugese koloniale ryk, het die organisasie in staat gestel om sy aanslag op die Suid-Afrikaanse regering te hervat. Die gevolg was dat talle nuwe opleidingskampe in lande soos Angola en Mosambiek opgerig is en dat al hoe meer guierrillavegters Suid-Afrika binnegesypel het. Die ANC se volgende buitelandse konferensie, wat in 1985 by Kabwe in Zambië gehou is, het dan ook die aard van 'n krygsraadvergadering aangeneem.

Die PAC se eerste amptelike buitelandse verteenwoordigers is in 1960 aangewys en hulle was Nana Mahomo en Peter Molotsi. Toe Leballo in Augustus 1964 na Dar en Salaam in Tanzanië uitgewyk het, het hy hom gou as die vernaamste PAC-leier  en president van die organisasie gevestig. Sy termyn was nie vrugbaar nie en hy het van tyd tot tyd ander leiersfigure uit die PAC geskors. Die Revolusionêre Bevel, wat regstreeks onder sy beheer was, het ten spyte van mildelike finansiële steun van die Organisasie vir Afrika-eenheid weinig vermag. Die moreel van sy guerrillas was sleg en talle het die organisasie verlaat. Die grootste terugslag was toe die PAC uit Zambië geskop is.

Leballo het daarin geslaag om hom te handhaaf, maar het selfs ná die Soweto-onluste misluk in sy pogings om 'n merkbare aanslag op die Suid-Afrikaanse regering uit te voer. Ná sy skorsing uit dier PAC in 1979 het sake nie juis verbeter nie en die PAC het toenemend 'n randbeweging geword.

Die Soweto-opstande

Op 16 Junie 1976 het gewelddadige onluste in Soweto uitgebreek toe die polisie losgebrand het op swart leerlinge wat aan 'n protesoptog deelgeneem en twee kinders doodgeskiet het. Die onluste, waarin talle mense dood is, het gou oor die land heen versprei.

Die oorsaak van die onluste was ongelukkigheid oor die regering se besluit om Afrikaans af te dwing as onderrigtaal in sommige vakke in swart hoërskole. Daar was groot frustrasies hieroor en soos 'n koerant destyds geskryf het, was dit "onluste wat 'n plek gesoek het om uit te breek". Die opmars het egter oor meer as net Afrikaans as onderrigtaal gegaan. Dit was 'n opstand van die swart jeug teen Bantu-onderwys, wat hulle as minderwaardig geag het. Die groeiende behuisingstekort weens tuislandontwikkeling het stedelike swart mense gegrief en die onsimpatieke behandeling wat hulle van Bantu-administrasierade ontvang het, het hulle desperaat gemaak.

Die leiers van die skoliere se opmars van 16 Junie 1976 wat nie gearresteer is nie, het hulle spoedig aan die gemeenskap onttrek om vervolging te ontduik. Daarna het 'n "naamlose" leierskorps die onluste verder aangeblaas. Hulle het die swart werkersklas betrek deur in Augustus en November 1976 stakings te reël. Die onluste het telkens gepraardgegaan met geweld wat gewoonlik op owerheidstrukture soos Bantu-administrasieraadskantore gemik was, maar leerlinge het soms ook drankwinkels en sjebeens aangeval omdat dit plekke was waar hul ouers hul lone verkwis het. In Soweto het 'n organisasie van gemeenskapsleiers, die Groep van Tien o.l.v. Ntatho Motlana, mettertyd na vore getree om 'n mate van beheer oor die onluste uit te oefen. Intussen het die onluste landwyd versprei na o.m. die kampusse van swart, bruin en Indiëruniversiteite. Talle skole en ander geboue, waaronder die biblioteek van die Universiteit van Zululand, is in dié tyd afgebrand. In sommige gebiede het die onluste eers ná 'n jaar bedaar.

Eerste minister Vorster het destyds geglo dat die pollisie onluste met die nodige geweld moet beëindig. Die regering het feitlik alle vorms van samekomste in swart gebiede verbied en die polisie het nie gehuiwer nie om onwettige byeenkkomste hardhandig te beëindig.Dit het dikwels gelei tot sterftes onder die opstandiges. Feitlik elke begrafnis van so 'n slagoffer van polisiegeweld het in 'n politieke byeenkoms ontaard. Die polisie het naderhand selfs by begrafnisse op oproerige begrafnisgangers geskiet, wat tot nog begrafnisse gelei het.

Die dodetal in die onluste het uiteindelik op ongeveer 600 te staan gekom. 'n Groot persentasie van die oorledenes is in polisie-optrede dood. Talle jeugdiges e.a. opstandelinge is in hegtenis geneem en in sommige gevalle gevonnis. Op 19 Oktober 1977 het die regering tot selfs kragdadiger optrede oorgegaan deur alle swartbewussynsorganisasies onwettig te verklaar. Dit het Saso en die BPC ingesluit. Terselfdertyd is die koerant The World, wat hoofsaaklik 'n swart leserspubliek gehad het, en die Christelike Instituut ook verbied.

Die troebel 1980's

Ná die Soweto-onluste het die ANC duisende vlugtelinge van Suid-Afrika by sy bedrywighede betrek. Dit het die organisasie nuwe lewenskrag gegee. Tot in 1979 het die organisasie deeglik voorbereidingswerk vir die hervatting van die guerrillastryd teen die Suid-Afrikaanse regering gedoen. Van 1980 af het die ANC stratiese teikens soos Sasol en Koeberg en van 1983 af ook "sagte teikens" (burgerlikes) aangeval. Van die aanvalle op burgerlikes sluit in die bomme wat in Kerkstraat, Pretoria, en by Ellispark in Johannesburg deur ANC-insypelaars geplant is en tot lewensverlies gelei het.

Die P.W. Botha-regering se Nkomati-akkoord met die Mosambiekse regering in 1984 en die New York-akkoord met Kuba en die Sowjetunie in 1988 het egter terugslae vir die ANC verteenwoordig. Eersgenoemde ooreenkoms het o.m. bepaal dat Mosambiek nie langer basisse aan die ANC sou bied vanwaar Suid-Afrika binnegesypel kon word nie. Lg. het behels dat Kuba en die Sowjetunie geen hulp meer aan die ANC in Angola sou verleen nie. Gevolglik was duie ANC daarna toenemend van massapolitisering in Suid-Afrika afhanklik.

Die stgting van die United Democratic Front (UDF), 'n landwye federasie van gemeenskapsorganisasies, in Augustus 1983 was 'n belangrike moment in die stryd teen apartheid. Die predikant Allan Boesak het met die idee van só 'n verenigde front teen apartheid vorendag gekom. Die UDF het die Vryheidsmanifes van 1955 as riglyn aanvaar en alle apartheidstrukture verwerp. Die organisasie kon nie daarin slaag om die wit referendum in November 1983 oor die voorgestelde driekamer-parlement, wat (beperkte) parlementêre verteenwoordiging aan bruin mense en Indiërs sou gee, te ontwrig nie. In 1984 het die UDF wel in groot mate daarin geslaag om die verkiesing van bruin en Indiërverteenwoordigers in die driekamer-parlement te ondermyn.

Teen die middel van die 1980's het die UDF hom daarop begin toespits om Suid-Afrika onregeerbaar vir P.W. Botha se NP-regering te maak. Straat- en wykskomitees is oral in swart woonbuurte gestig. Hele gemeenskappe is oorreed, soms met dwang, om aan optrede soos verbruikers-, bus- en huurgeldboikotte deel te neem. Swart raadslede is ook geïntimideer om uit hul poste te bedank,. Grootskaalse wegbly-aksies is ook van tyd tot onderneem.

Die feit dat die UDF daarin kon slaag om m iljoene Suid-Afrikaners van veral die swart, bruin en Indiërgemeenskappe te oorreed om aan die onderskeie veldtogte deel te neem, dui op die diepliggende weersin teen apartheid in die swart gemeenskap. Die UDF kon wel nie daarin slaag om die land heeltemal onregeerbaar te maak nie, maar was so suksesvol met sy veldtogte dat die regering 'n noodtoestand oor die hele land afgekondig het.

In die laat 1970's en vroeë 1980's het vier van die grootste swart tuislande - Transkei in 1976, Bophuthatswana in 1977, Venda in 1979 en Ciskei in 1981 - amptelik hul "onafhanklikheid" van die Suid-Afrikaanse regering gekry. Die inwoners van hierdie "repubieke" het selfs hul Suid-Afrikaanse burgerskap verloor. Dié tuislandregerings is egter nie internasionaal aanvaar nie. In al vier die "onafhanklike" tuislande was daar nie veel sprake van politieke stabiliteit nie en hulle was van groot subsidies van die Suid-Afrikaanse regering afhanklik.

In die tuisland KwaZulu in die destydse provinsie Natal het sake op ' n unieke wyse verloop. Mangosuthu Buthelezi was die hoofminister en het "onafhanklikheid" geweier. Hy was in 1975 ook die stigter van Inkatha (die voorloper van die Inkatha-Vryheidsparty). In 1980 het hy saam met 'n aantal wit politici selfregering vir Natal én vir KwaZulu ondersoek. In 1982 het die Buthelezi-kommissie in 'n verslag sodanige selfregering aanbeveel, maar die Suid-afrikaanse regering het dit verwerp. Die tuislandregering van KwaZulu en Natalse wit politici het nogtans hul samesprekings voortgesit en dit in April 1986 amptelik tot 'n indaba verklaar. Die regering het die indaba se voorstelle oor selfbestuur verwerp, maar 'n gesamentlike uitvoerende bestuur vir KwaZulu-Natal ingestel. Dit was die einde van die tuislandbeleid in daardie provinsie.

Inkatha was op die oog af 'n Zulu-kultuurbeweging, maar het mettertyd 'n sterk politieke rol gespeel. In die praktyk was Inkatha 'n direkte teenstander van verskeie organisasies wat die ANC ondersteun het en Buthelezi het 'n uitgesproke kritikus van die ANC geword.

Swart gemeenskappe oral in Suid-Afrika, veral in die huidige Gauteng en Kwazulu-Natal, het intens by die politieke wedywering tussen die UDF en Inkatha betrokke geraak. Dit het gelei tot grootskaalse swart-teen-swart-geweld, wat met groter lewensverlies gepaardgegaan het as wat die stryd teen apartheid veroorsaak het. In sommige townships het straatkomitees vir alle praktiese doeleindes die beheer oorgeneem en hulle eie orde d.m.v. volkshowe afgedwing. Mense wat daarvan verdink is dat hulle kop in een mus is met politieke opponente, is gewoonlik ter dood veroordeel. In etlike honderde gevalle is die "skuldiges" volgens die sg. halssnoermetode "tereggestel". Dit het behels dat 'n motor se buiteband vol petrol gegooi en om die veroordeelde se nek gehang is voordat dit aan die brand gesteek is.

Die UDF-gesinde straatkomitees en volkshowe se neiging om die beheer van die townships te probeer oorneem, het vanselfsprekend weerstand in die gemeenskap ontlok. Hierin het vigilantes die voortou geneem. Hul soms wrede vergeldingsaanvalle het ook wesenlik tot swart-teen-swart-geweld bygedra. Die polisie het die vigilantes soms gesteun om die UDF se altenatiewe gesagstrukture te probeer ondermyn.

Al het die regering enkele onderwyshervormings ingestel, was daar van 1980 af hernieude onrus in swart skole. Dit het begin uit protes teen die regering se gebruik van dienspligtiges as onderwysers, maar ander griewe soos minderwaardige geriewe is ook opgehaal. Die onrus het feitlik die hele jaar voortgeduur.

In 1984 het 'n  nuwe vlaag skoolboikotte gevolg. In die Vaaldriehoek het dié boikotte aangesluit by algemene gemeenskapskwessies. In Cradock in die Oos-Kaap het dit gegaan oor die afdanking van 'n gewilde onderwyser, Matthew Goniwe, wat ook die voorsitter was vam Cradoya (die Cradock Youth Association, 'n frontorganisasie van die UDF). Goniwe en nog drie lede van Cradoya, die sg. Cradock-vier, is kort daarna vermoor. Die Waarheids-en-versoeningskommissie het in die 1990's vasgestel dat die veililgheidsmagte vir die moorde verantwoordelik was. Die vier se begrafnis was die eerste van 'n reeks gepoliltiseerde massabegrafnisse wat selfs deur buitelandse diplomate in Suid-Afrika bygewoon is en waar die vlae van die ANC en die SAKP, wat destyds verbode organisasies was, openlik vertoon is.

Die Cradock-vier was nie die enigste slagoffers van die politieke onderdrukking deur die regering se veiligheidsmagte nie. Politieke versetleiers, of soms bloot deelnemers aan versetaksies, is in talle gevalle geskiet of in hegtenis geneem. Talle monumente is in woonbuurte soos Guguletu en Athlone in Kaapstad, Mamelodi in Pretoria en selfs in dorpies soos Sterkstroom, Molteno, Barkly-Oos en Middelburg in die Oos-Kaap opgerig vir anti-apartheidstryders wat in die 1980's met hul lewe geboet het.

Skoolboikotte het teen 1985 byna 'n voortdurende verskynsel in Suid-Afrika geword. Dit is in baie gevalle deur die Congress of South African Students (Cosas), 'n frontorganisasie van die UDF, gekoördineer onder die slagspreuk "No education before liberation". Op swart universiteitskampusse is biblioteke en administrasiegeboue afgebrand uit protes teen die uitsluiting van swart mense uit tradisioneel wit  universiteite.

Die regering se verslapping van die streng beperkings op die swart vakbondwese teen die einde van die 1970's het gou tot die opkoms van gepolitiseerde swart vakbonde gelei. In 1979 is die Federation of South African Trade Unions (Fosatu) as 'n sambreelorganisasie vir swart vakbonde gestig. Die swart vakbonde het talle stakings teen slegte werksomstandighede in veral die motor-, vervoer- en voedselbedryf gereël en dit het soms gewelddadig geword. Van groot belang was die vinnige groei van die National Union of Mineworkers (NUM) o.l.v. Cyril Ramaphosa, aangesien die mynbousektor een van die steunpilare van die Suid-Afrikaanse ekonomie is en die ontwrigting daarvan deur stakings die ekonomie maklik kon verlam.

Nog 'n belangrike gebeurtenis was die stigting van die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) in 1985. Dié vakbond het die grootste swart vakbonde, waaronder Fosatu, die NUM en die UDF-gesinde vakbonde, saamgebind in een organisasie. Cosatu het telkens as bondgenoot van die UDF in konfrontasies met die staat getree. So is die grondslag gelê vir die drieparty-alliansie van die ANC, die SAKP en Cosatu wat ná 1994 die Suid-Afrikaanse politieke toneel oorheers het.

Die ANC in ballingskap het van die middel van die 1980's af herhaaldelik 'n beroep gedoen op die UDF en alle ander organisasies in Suid-Afrika wat hom goedgesind was, om die land onregeerbaar te maak. In swart woongebiede is groot sukses met hierdie beleid behaal. Die regering het gereageer deur noodtoestande af te kondig en organisasies in te perk, maar kon nie die golf van weerstand teen sy onderdrukkende beleide keer nie. Swart plaaslike owerhede het een ná die ander ophou funksioneer en is boonop finansieel verlam deur huurboikotte. Informele straatkomitees het die de facto-gesag oorgeneem en al het die regering sy gesag d.m.v. die veiligheidsmagte bly afdwing, was daardie pogings nie deurgaans geslaagd nie.

Waarnemers het voorspel dat Suid-Afrika besig was om te verander in 'n tydbom wat enige oomblik kon ontplof. Vir talle Suid-Afrikaners het 'n vernietigende bloedbad toenemend onafwendbaar gelyk. Die mening is selfs gelug dat net 'n wonderwerk die land sou kon red.

Jackie Grobler

Geskiedenis van Suid-Afrika

Van voortye tot vandag

Fransjohan Pretorius (Redakteur)

ISBN 978-0624-05466-5