'n Ekonomiese Geskiedenis van die 19de Eeu

Aan die begin van die 19de eeu was Suid-Afrika 'n landboustreek en ekonomiese ontwikkeling het gewentel om sy unieke hulpbronne. Die interaksie tussen die land se natuurlike en menslike hulopbronne het die omgewing geskep waarin individue, groepe, instellilngs en ideologieë die ekonomie se verloop beïnvloed het.

Ná 1806 was die Kaapkolonie onder Britse beheer en die binneland is bewoon en bewerk deur inheemse volke. Namate die noordwaartse uitbreiding van die Voortrkkers en die Britse koloniale besetting plaasgevind het, het poliltieke beheer oor die gebied verander. Hoewel die ekonomie nie saam met hierdie politieke omstandighede verander het nie, h et latere ekonomiese ontwikkeling wel dikwels tot politieke verandering gelei.

Hoewel die Nywerheidsomwenteling in die eerste helfte van die 19de eeu 'n nuwe ekonomiese orde in Europa gevestig het (met massaproduksie, die ontwikkeling van wêreldnywerhede en -markte), het dit gelyk of 'n groot deel van die boerebevolking aan die suidpunt van Afrika weggetrek het van kontak met die groter wêreld en terugbeweeg het na 'n eenvoudige ekonomiese omgewing sonder 'n monetêre ekonomie en met ruilhandel, weg van mededingende markte. Suid-Afrika was destyds op die rand van ontwikkelings in die wêreldmetropool - die hart van ekonomiese vooruitgang was in Europa. Dit het die VSA en die kolonies egter ook gebaar omdat die koloniale owerhede en die setlaatbevolkings hulle daarby betrek het, danksy handel en ander ekonomiese bedrywighede.

Die laat 19de eeu was juis die tyd van groot koloniale uitbreiding. Brittanje, Frankryk, Duitsland, België en Italië het kolonies in Afrika gevestig en daardie gebiede sodoende betrek by ekonomiese aktiwiteite in Brittanje en Europa. Die meeste van die inisiatiewe vir die uitbreiding en modernisering van kolonies het gekom van die immigrantebevolking wat hulle geleidelik daar gevestig het. Die kontak met die lande van herkoms is versterk deur die "oop" karakter van die plaaslike ekonomie. Ekonomiese bedrywighede was afhanklik van handel met die res van die wêreld en daarom  het die ontwikkelings in die moederlande ná 'n aanvanklike sloertydperk ook in die kolonies neerslag gevind. Die ekonomiese ontwikkeling wat in die 19de eeu in Suider-Afrika plaasgevind het, was dus 'n verlengstuk van die ontwikkeling in Europa en die VSA.

Drie eienskappe van die gebied het 'n bepalende rol in sy ekonomiese vooruitgang gespeel. Die eerste is dat 'n groot aantal mense van 'n verskeidenheid inheemse volke die land bewoon het voordat Europese setlaars  hulle hier gevestig het. Die tweede eienskap is die groot aantal Europese setlaars wat hulle mettertyd as boorlilnge van die gebied beskou het. Die derde eienskap is die ryk neerslae van 'n verskeidenheid minerale. Die diamant- en goudneerslae het die struktuur van die ekonomie grondig verander. Die verweefdheid van mens en natuur in hierdie omgewing het tot 'n snelgroeiende ekonomie gelei.

--- --- ---

Mense kapitaal

Aan die begin van die 19de eeu het die land se bevolking hoofsaaklik uit landbouers en veeboere bestaan. Teen 1820 het ongeveer 4 000 wit Britse immigrante hulle in die Oos-Kaap gevestig, maar die Britse regering het drie jaar later besluit om n ie meer setlaars met staatshulp aan die Kaap te vestig nie.

Die Groot Trek was verantwoordelik vir die verspreiding van die wit bevolking na die binneland, hoewel die getal klein was. Ná 1837 het ongeveer 5 000 Engelse en Ierse ambagsmanne weer met Britse ondersteuning na die kolonie gekom.

Die meeste Voortrkkers wat nog in Natal gewoon het, het dié kolonie ná 1848 verlaat om hulle by die ander Trekkers in die binneland aan te sluit. In die daaropvolgende drie jaar het Brittanje ongeveer 4 500 koloniste in Natal gevestig om die getal koloniste aan te vul. Die Britse regering het tussen 1858 en 1870 nog 12 000 immigrante in die oostelike deel van die land gevestig, in sowel die Oos-Kaap as Natal.

Hierdie groep mense het saam met die inheemse swart volke, die Khoekhoen en die Boesmans die land se ekonomie gebou. Die meeste loonarbeid is deur die swart, Khoekhoen- en slawebevolking verrig. Die wit mense was meestal boere, sakelui of ambagsmanne. In 1838 is slawe vrygestel en kon hulle die arbeidsmark in die Kaapkolonie as vry mense betree. Hierdie breë rolverdeling het die res van die eeu onveranderd gebly.

Teen 1900 was die totale bevolking net meer as 'n miljoen mense.

--- --- ---

Die opvallendste kenmerk van die 19de eeu in Suid-Afrika was die ontdekking van minerale - diamante in 1867 en goud in 1886. Binne enkele dekades is die oorwegend landbou-ekonomie met sterk eienskappe van 'n bestaansekonomie en ruilhandel volledig omvorm. 'n Moderne, kapitalistiese mynbedryf het ontwikkel en daarmee saam 'n markekonomie en kredietmark. Waar die oorgang van 'n landbou-ekonomie na 'n industriële markekonomie in die meeste ontwikkelde lande geleidelik plaasgevind het, was daardie oorgan in Suid-Afrika blitsvinnig. Die minerale revolusie het meegebring dat sowel mynbou-ontwikkeling as nywerheidsontwikkeling baie vinnig plaasgevind het.

Ten spyte van al hierdie onwentelings, was 'n groot deel van die swart bevolking steeds aan die grond gebonde. Daar was wel 'n geleidelike toename in loonarbeid deur die swart en ander bevolkings. 'n Groot deel van die swart bevolking was nog betrokke in bestaansboerdery, maar ander het wel loonarbeid op wit boere se plase gaan verrig of as onafhanklike kleinboere self aan die ontluikende markekonomie deelgeneem.

Ná die onstabiliteit weens die Mfecane het baie swart mense hulle weer in die Oosgrensgebied gevestig en begin deelneem aan die kapitalistiese markte wat ná die koms van die Britse setlaars ontwikkel het. Die swart gemeenskappe wat hulle  ná die Mfecane in die Oos-Kaap gevestig het, was baie minder aan tradisionele gesag onderworpe en het as kleinboere baie doeltreffend met wit boere meegeding toe hulle meer begin produseer het as wat vir hul eie gebruik nodig was.

In ander dle van die land waar die tradisionele gesag nog sterk gegeld het, het produksie in die kommunale grondbesitstelsel plaasgevind en is produkte deur die tradisionele gesag herversprei.

Die onderskeie swart volke, soos die Zulu i n Natal, die Pondo in die Oos-Kaap en die Sotho in die Vrystaat, het selfstandig voortbestaan in hul onderskeie gebiede totdat die ontdekking van diamante en goud 'n geweldige vraag na ongeskoolde arbeid laat ontstaan het. Daarna het baie swart mense die opsie van loonarbeid oorweeg sodat hulle geld kn verdien om aan die geldeise van die koloniale owerhede te voldoen.

Die koloniale owerhede het verskillende soorte belasting ingestel om die inheemse bevolking oor te haal tot loonarbeid. Tradisionele leiers se welvaartsoorwegings het ook meegebring dat hulle hul onderdane verplig het om loonarbeid te verrig. Tradisionele leiers het ook 'n aptyt ontwikkel vir goedere wat deur Europeërs die land ingebring is en dit kon net met geld bekom word. Die wit owerhede was in 'n voortudrende stryd om swart mense uit hul selfversorgende leefomgewing te lok om loonarbeid in myne en nywerhede te kom verrig. Dié verskynsel het in die 20ste eeu groter en meer dinamiese afmetings aangeneem.

Die Kaapse ekonomie

Kaapse boere het hul grond bewerk om in hul eie behoeftes en dié van die skeepsverkeer te voorsien. Een van die belangrike waarborge wat ná die Britse besetting in 1795 aan boere gegee is, was dat koloniste se regte en voorregte erken sal word en private eiendomsreg gerespekteer sal word. Boere het al hoe meer produkte aan besoekende skepe verkoop. Die uitvoer van die Kaap af het toegeneem van £637 253 in 1850 tot meer as £7,6 miljoen in 1900.

Hierdie uitvoer het die kolonie weer die koopkrag gegee om taamlik baie te kon invoer. Die vernaamste rede vir die indrukwekkende uitvoersyfers was egter die uitvoer van diamante sedert 1867. Voor die ontdekking van diamante het meer as 94% van die uitvoer uit landbou- en veeteeltprodukte bestaan.

Landbou-ontwikkeling is erg aan bande gelê deur die klein plaaslike vraag na landbouprodukte. Wat nie plaaslik verbruik is nie, moes uitgevoer word of het tot niet gegaan.

Die koms van die Britse setlaars in 1820 was 'n belangrike moment en het mense met nuwe vaardighede en kennis by die bevolking gevoeg. 'n Gesonde handelsomgewing het in die Oos-Kaap ontstaan waarin swart boere ook deelgeneem het. Handelaars en winkeliers het gehelps met die uitvoer van landbouprodukte en het verbruiksgoedere ingevoer vir die snelgroeiende bevolking aan die Oosgrens. Welvarende swart boere wat meer graan, groente of vleis geproduseer het as wat hulle benodig het, het dit aan die handelaars begin verkoop. Hulle het ook nuwe gewasse verbou en teen 1868 groot hoeveelhede mielies en sorghum, koring, hawermout, bootnies en aartappels op die plaaslike markte verkoop.

Wanneer die surplus uitgevoer is, het dit 'n sterk koopkrag in die Oos-Kaap geskep. Die swart boere het geld ontvang vir hul surplusproduksie en 'n vraag geskep na lewensmiddele wat deur die Britse winkeliers verskaf. So het die Oos-Kaap in die laaste helfte van die 19de eeu 'n belangrike sentrum van ekonomiese bedrywighede geword wat in 'n goeie posisie was om di e nuwe mark in Kimberley van noodsaaklike lewensmiddele te voorsien.

Die vernaamste ekonomiese bedrywighede in die suidelike deel van die Kaapkolonie was landbou. Teen 1865 het 78,9% van die Kaapse bevolking in die landbou gewerk. Boere het vrugte, koring, wintergrane soos gort, rog en hawermout, en wingerd verbou en wyn gemaak, asook bietjie suiker en mielies geplant. Daar was ook vee- en skaapboerdery. Dit was eers met die uitbreiding na die Oos-Kaap dat skaapboerdery werklik op groot skaal beoefen is. Wolskape is reeds in 1795 deur die Nederlandse goewerneur ingevoer, maar dié boerdery is eers sedert die 1830's kommersieel beoefen. Die produksiekoste van voedsel was hoog omdat die Kaap so ver van Europese markte was. Dit was feitlik onmoontlik om op groot skaal na daardie lande uit te voer en die plaaslike mark was gevolglik klein.

Met wynproduksie het dit effens anders verloop: Brittanje het voorkeurtoegang aan Kaapse wyne verleen, wat beteken het dat Kaapse wyn sonder trariefheffings uitgevoer kon word na Brittanje en Europa. ('n Tariefheffing is 'n belasting wat gehef word op goedere wat van een land na 'n ander vervoer word - hetsy as in- of uitvoer.) Die Kaapse wyne is nie vir eindgebruik aangewend nie, maar om met Europese wyne versny te word. Daar was dus 'n groot vraag na Kaapse wyn, maar nie noodwendig na kwaliteitswyn nie. Brittanje het dié voorkeurbehandeling tussen 1825 en 1831 stelselmatig opgehef. Dit het die uitvoer van Kaapse wyne beëindig.

Sedert die laat 1860's was daar 'n groot vraag na volstruisvere, aangesien dit toe hoogmode in Europa was. Toe die gier oorgewaai en Europa tussen 1879 en 1882 in 'n depressie verval het, is baie boere wat skielik ryk geword  het uit volstruisvere in armoede gedompel.

Die woluitvoer het in die 1850's en 1860's 'n oplewing beleef en toegeneem van 1,2 miljoen kg wol (ter waarde van £212 166) tot 8,8 miljoen kg (ter waarde van £1,2 miljoen). Dit was 'n groot inspuiting vir die Kaapse ekonomie. Die struktuur van die uitvoer het verander van hoofsaaklik voedsel en drank na hoofsaaklik grondstowwe soos wol,  huide en velle. Aan die einde van die 1860's het die wolpyse egter getuimel weens 'n resessie in Europa. 'n Erge resessie het die Kaapse ekonomie dus ook getref.

Die Kaap kon in die laaste helfte van die 19de eeu as industrieel vooruitstrewend beskryf word. Vervaardiging was weliswaar eenvoudig, maar daar was steenmakerye, visverwerking vir uitvoer, graanmeulens, seep- en kersfabrieke, snuifvervaardiging en  yster- en koopersmelterye. Gemeet aan die vlak van industrialisasie in Europa was die Kaap wel agter, maar in vergelyking met nywerheidsbedrywighede in ander kleiner gebiede was die Kaap vooruitstrewend. Daar was ook 'n uitgebreide finansssiëledienste-sektor met klein plaaslike banke, trustmaatskappy en versekeringsondernemings. In die Oos-Kaap het groothandelondernemings ontstaan wat verbruiksgoedere en kapitaaltoerusting ingevoer en landbouprodukte uitgevoer het.

Met die groei in ekonomiese bedrywighede het die vraag na geld toegeneem en sakelui het krediet benodig. Klein banke het ontstaan om in die plaaslike behoeftes te voorsien. Voorbeelde van sulke banke was die eerste spaarbank, die Cape of Good Hope Savings Bank, wat in 1831 gestig is, die Eastern Province Bank (1838) van Grahamstad en die Port Elizabeth Bank (1847). Die eerste versekeringsmaatskappy in die Kaap en in Suid-Afrika was die South African Fire and Lilfe Assurance Company (1831) en die eerste eksekuteurskamer is in 1834 deur 22 inwoners van Kaapstad gestig. Tussen 1834 en 1899 is nie minder nie as dertig trustmaatskappye in die Kaap tot stand gebring. 'n Monetêre ekonomie het dus ontwikkel, wat bewys is van die gevorderde aard van die Kaapse ekonomie in daardie stadium.

Dieselfde kon egter nie van die ander kolonie, Natal, of die Boererepublieke gesê word nie.

Die dramatiese oplewing in ekonomiese bedrywighede het Britse banke se aandag getrek. In 1861 het die eerste sg. imperiale bank, die London and South African Bank (LSAB), 'n tak in Kaapstad oopgemaak. Die volgende jaar het Standard Bank in die Kaap begin sake doen en in 1873 die Oriental Bank Corporation. Die depressie van die laat 1860's het baie van die klein plaaslike banke in groot probleme gedompel. Kliënte het nie geld gehad om in die bank te deponeer nie en die banke het beperkte kapitaal gehad om die moeilike tyd te oorleef. Die meeste van die klein banke is deur Standard Bank of die LSAB oorgeneem en gevolglik het die imperiale banke die finansiële sektor eintlik oorheers.

Die enigste spoorlyn is tussen 1860 en 1863 aangelê tussen Kaapstad, Wellington en Worcester. Alle vervoer was per pad in osse- of perdewaens. 'n Groot omwenteling het gekom ná die ontdekking van diamante in Kimberley in 1867. Ná die droogte van die laat 1860's en die depressie weens die ineenstorting van wolpryse was daar skielik 'n ekonomiese opswaai danksy die ontginning van diamante. Die mynbedrywighede het ondersteunende bedrywighede meegebring: 'n Vraag na verbruiksgoedere, voedsel, klerasie, skoeisel en werktuie het voedselproduksie en klein nywerhede gestimuleer.

Dit het ook belangrik geword om spoorverbindings na die naaste hawens - Durban, Port Elilzabeth en Oos-Londen - te hê. Die Kaapse regering het dadelik die beheer van die spoorlyne oorgeneem (die kort spoorlyne by Kaapstad was in private besit) en teen 1885 het die spoorlyn van Kaapstad af Kimberley bereik. Weens hoë koste is besluit om die spoorlyn 1 065 mm breed te maak, in teenstelling met die 1 433 mm van Europese en Amerikaanse treine. Dit sou later vir Suid-Afrika groot probleme meebring met ingevoerde treinwaens.

Die ontdekking van goud aan die Witwatersrand in 1886 het die spoorbouprogram versnel.

Dit was egter 'n politieke temeletjie: die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) wou nie die Brits-beheerde Kaapse owerheid toelaat om sy spoorlyn direk van Kimberley na Johannesburg te verleng nie omdat dit die Brite beheer sou gee oor die strategiese spoorlyn oor Boeregrond. Die Transvaalse republiek wou eerder die spoorlyn na Delagoabaai in Mosambiek voltooi sodat uitvoerprodukte goedkoper, meer direk en sonder inmenging van die Britse owerheid na die naaste hawe kon gaan. Uiteindelik het die Kaapse regering toestemming van die Oranje-Vrystaat gekry om die spoorlyn deur Bloemfontein te bou. Dié spoorlyn is aan die einde van 1892 voltooi en die Transvaalse spoorlyn na Delagoabaai in 1894. Die spoorlyn van Durban deur Volksrust het Johannesburg in 1895 bereik.

Hierdie spoorontwikkeling was uiters belangrik vir ekonomiese vooruitgang. Nie net het dit goederevervoer dramaties versnel en vergemaklik nie, maar mense en goedere kon die binneland nou ook makliker bereik. Plaaslike markte is op 'n baie doeltreffender wyse as voorheen met mekaar verbind. In- en uitvoer is noemenswaardig vereenvoudig en ekonomiese skommelinge in die wêreldmarkte sou die plaaslike ekonomie meer direk kon beïnvloed.

Diamante het algemene ekonomiese voorspoed vir die Kaapkolonie gebring. Baie nuwe werkgeleenthede is vir ongeskoolde arbeid geskep. Die bruto binnelandse produk van die Kaap het van £3,2 miljoen in 1867 tot meer as £13,5 miljoen in 1881 gestyg. Die produksie van koper, wat in 1852 in Namakwaland ontdek is, het marginaal gebly op produksie ter waarde van net meer as £261 110. Die grootste inspuiting was die vraag na bestaans- en produksiemiddelel deur die snelgroeiende beolking in Kimberley en omstreke. Die spoorbouprogram het ook nuwe besteding gebring en dus ook 'n vraag geskep, en 'n wilde spekulatiewe gees het posgevat. Die banke het maklik krediet toegestaan en nie altyd voldoende sekuriteit gevra nie. Dit het die sg. "diamantkrisis" van 1881 veroorsaak.

Die klein prospekteerders is geleidelik deur groot omynondernemings oorgeneem. Nadat die ryk diamantpype by Jagersfontein en Kimberley ontdek is, het dié ondernemings met groot kapitaal ingespring en die kleiner delwers verdring. Hulle het gou daarin geslaag om baie meer diamante te ontgin, wat 'n ooraanbod meegebring en die hoë diamantpryse afgedwing het. Cecil John Rhodes het besef dat dit nodig sou wees om die aanbod van diamante sentraal te beheer en hy het Barney Barnato uit die mark gedwing met die stigting van De Beers Consolidated Mines in 1888. De Beers het dus 'n monopolisie geword wat beheer uitgeoefen het oor die vrystellilng van diamante op die mark sodat die pryse hoog kon bly.

In 1881 was daar 65 diamantmaatskappye en meer as £12 miljoen is in die bedryf belê. Daarvan was £6,5 miljoen van die Kaapkolonie self afkomstig. Banke se rojale kredietverlening, soms net teen die sekuriteit van kleims, het teen die middel van 1881 begin verander. Krediet is ingeperk en 'n gees van onsekerheid het op aandelebeurse ontwikkel, ook weens die Eerste Anglo-Boereoorlog wat in Transvaal uitgebreek het. Daarna het die ergste depressie nog in die geskiedenis van die Kaapkolonie gevolg - van 1882 tot 1886. Dit was uiteindelik goud wat tot die redding van die Kaapse ekonomie sou kom.

Die verskillende konflikte waarby die Britse magte betrokke was, het altyd ook vir 'n ekonomiese inspuiting gesorg. Die grensoorloë van die 19de eeu het meegebring dat Brittanje amptenare en troepe na die konflikgebiede moes stuur. Daardie mense is besoldig en het 'n vraag geskep na bestaansmiddele, wat voedselproduksie en sake-ondernemings gestimuleer het. Op dieselfde wyse het die anneksasie van Transvaal in 1877, die Anglo-Zulu-oorlog van 1879 en die Eerste Anglo-Boereoorlog geld van buite af in die plaaslike ekonomie ingebring. Die vernietiging van die Tweede Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 was egter so omvattend dat die Suid-Afrikaanse ekonomie eers ná 1906 weer in 'n opswaaifase inbeweeg het.

Die ekonomiese geskiedenis van die Kaapkolonie toon aan hoe sakesiklusse op- en afwaarts beweeg het in reaksie op klimaats- en natuurlike omstandighede, nuwe geld en spekulasie weens verwagtings van voorspoed.

Natal se ekonomiese ontwikkeling

Die kolonie Natal het eintlik eers 'n rol in die plaaslike ekonomie begin speel nadat die Voortrekkers hulle teen 1838 daar gaan vestig het. Ná hulle vertrek in die 1840's het die nuwe Britse immigrante 'n ekonomie begin vestig wat aangesluit het by die Britse belange in die Kaap. Natal is tot 1856 nog as 'n onderdeel van die Kaapkolonie bestuur.

Die ander inwoners van Natal was die Zulu, wat hoofsaaklik gfewasse soos mielies en sorghum verbou het, maar oorwegend veeboere was. Beeste het 'n groot rol in hul tradisionele lewe gespeel en is beskou as 'n aanduiding van rykdom en status. Grond het aan die opperhoof en hoofmanne behoort en is kommunaal bewerk. Dit was die tradisionele leier se reg om sy onderdane voedsel en vee te gee. Geen voedselproduksie was bedoel om as surplus verkoop te word nie en gevolglik het die Zuly nie aan handel met markte buite hul omgewing deelgeneem nie. Daar was wel voorbeelde van ruilhandel in vee of basiese implemente met aangrensende swart groepe, maar geen groot mark in voedsel of verbruiksgoedere het ontwikkel nie.

Ná die Anglo-Zulu-oorlog van 1879 het Brittanje die Zulu meer direk onder die Britse koloniale administrasie geplaas. Hoewel die Zulu hul landelike bestaanswyse voortgesit het, is al hoe meer druk op hulle uitgeoefen om loonarbeid in die Britse kolonie te gaan verrig. 'n Praktyk van loonarbeid op wit boere se plase het wel ontwikkel, maar gedurende die 19de eeu was die Zulu nog oorwwegend ekonomies "onafhanklik" en aangewese op hul tradisionele bestaanswyse.

Die k oms van wit mense het die Westerse kapitalistiese markbenadering gebring. Eers het die Voortrekkers die grond begin bewerk met die oog op eie verbruik, maar ook ruilhandel vir goedere wat hulle nie self kon produseer nie. Die Britse immigranteboere het 'n verskeidenheid gewasse ingevoer, soos koffie- en teeplante van Indië en suiker van Mauritius. Hulle het ook suksesvol met mielies geboer en teen 1891 meer mielies geproduseer as die Vrystaat. Daar is ook begin om katoen te verbou, maar dit het misluk omdat daar nie genoeg werkers was om die katoen te pluk nie. Die Zulu w as nie geredelik beskikbaar nie omdat hulle 'n voorspoedige lewe as bestaansboere gelei het. Die boere is verder aan bande gelê deur plant- en veesiektes waarvoor daar geen teenmiddels was nie.

In 1850 is suikerriet geplant en dit het gou oop sukses gedui. 'n Beskermende tarief is op ingevoerde suiker gehef om die plaaslike bedryf te help vestig. Die tarief het 'n "belasting" geplaas op ingevoerde suiker wat ingevoerde suiker dus veel duurder as plaaslike suiker sou maak. 'n Arbeidstekort het daartoe gelei dat die Natalse koloniale owerheid in 1859 geld bewillig het om kontrakarbeiders van Indië in te voer. Die eerste Indiese arbeiders het die volgende jaar in Natal aangekom. Teen 1866 was daar 5 600 Indiese kontrakarbeiders in Natal, maar om finansiële redes is besluit om hul invoer nie meer te finansier nie. Die invoer van Indiese kontrakarbeiders is eers ná 1911 hervat.

Die suikerproduksie het teen 1910 reeds op 82 000 ton te staan gekom en £1,23 miljoen beloop. Die Indiese arbeiders het 70% van die arbeidsmag in die suikerbedryf fuitgemaak. Nadat hul kontrakte verstryd het, het die grootste persentasie van die Indiese kontrakarbeiders besluit om in Natal te bly as groenteboere, smouse of winkeliers. Hierdie groep Indiërs, asook onafhanklike Indiese sakelui wat aan die einde van die 19de eeu na Suid-Afrika geëmigreer h et, het in die 20ste eeu welvarende sakelui geword wat ook in Transvaal sake-ondernemings begin en 'n groot rol gespeel het i n die eontwikkeling van klein- en groothandelondernemings in Suid-Afrika.

Hoewel die Natalse ekonomie hoofsaaklik om landbou gewentel het, het klein handelsondernemings rondom die hawe in Durban ontwikkel. Die Natal Fire Assurance and Trust Company of Durban het in 1849 versekeringsdienste i n dié dorp begin lewer, wat dui op die stewige geldekonomie wat in die hawegebied ontwikkel het. Daar was genoeg geld in omloop sodat die Natal Bank in 1854 in Pietermaritzburg gestig is. Kort daarna het Standard Bank en die LSAB ook takke in Natal geopen en in 1881 het die Natal Bank 'n tak in Transvaal geopen. Teen 1902 het die Natal Bank elf takke gehad. Die Natal Bank het bly voortbestaan totdat in 1914 deur die Nasionale Bank oorgeneem is.

Net soos oorloë in ander kolonies was die Anglo-Zulu-oorlog van 1879 'n groot inspuiting vir die Natalse ekonomie. Dit was amper soos om kapitaal in te voer sonder die verpligting om rente daarvoor te betaal!

Die Oranje-Vrystaat en Transvaal

Die twee Boererepublieke wat in die 1850's tot stand gekom het, het hoofsaaklik ook op 'n landbou-ekonomie staatgemaak. Transvaal was nie juis vooruitstrewend voor die laaste dekade van die 19de eeu nie. Daar was beperkte landbou: Die kos wat geproduseer en vee waarmee geboer is, was hoofsaaklik vir eie gebruik. Jagbedrywighede het wel goedere opgelewer waarna daar 'n vraag in die suide was. Spoorwegverbindings met die twee republieke het eers ná die ontdekking van diamante gekom. Tot die laaste dekade van die 19de eeu was transportry met waens die enigste manier om handelsware in die republieke te kry.

Tot laat in die 19de eeu het die burgers van die ZAR in relatiewe armoede geleef. Die meeste boere het geen of min landbougereedskap gehad, in eenvoudige hartbeeshuisies gewoon en hulle hoofsaaklik o p bees- en skaapboerdery verlaat. Kuddes van tussen 400 en 600 stuks vee en tussen 300 en 400 stuks kleinvee is soms aangetref. Vee is aangehou vir hul vleis, melk en trekvermoë. Botter is gemaak, m aar nie kaas nie. Hout is vir meubels en ander bouwerk gebruik. Teen 1866 het die regering beperkings op die uitkap van bosse ingestel om die natuurlike plantegroei te beskerm.

Sommige boere het meer gejag as geboer, want dit was taamlik winsgewend. In 1880 het j agters byna 100 000 kg ivoor net in die Soutpansberggebied versamel. Buffelhorings, renosterhorings, seekoeitande en heuning is uitgevoer. Jagbedrywighede is deur wetgewing beheer om die wild te beskerm teen totale uitwissing. Sout is ontgin in die sg. "soutsee" tussen die huidige Bela-Bela (Warmbad en Rustenburg. Die sout is gebruik om die vleis wat gejag is, te preserveer. Die Soutpansbergse soutpanne het jaarliks ongeveer 1 000 sakke sout opgelewer.

Ander minerale bronne is ook ontgin - steenkool sedert 1861 op die Oos-Transvaalse Hoëveld en 'n bietjie lood naby Pretoria en die Marico. Dit is hoofsaaklik gebruik om ammunisie te maak. Die beperkte goudontdekkings in Oos-Transvaal is in die vorige hoofstuk genoem. Die hoeveelheid goud wat tussen 1874 en 1880 in Transvaal ontgin is, was maar tussen £197 000 en £1 miljoen werd. Klein hoeveelhede silwer, kobalt, koper en yster is ook gemyn.

Die boere het wel met sorghum, mielies en ander graan geëksperimenteer, maar net genoeg vir eie gebruik. Vrugte, veral lemoene, en groente is wel in die Rustenburg-omgewing geplant. Veeteelt het egter oorheers. Boere het elk meer as een plaas besit en met die vee rondgetrek agter weiding aan.

Vervaardigingsbedrywighede was eenvoudig en gerig op die boerderygemeenskap se behoeftes. Daar was 'n wamakersbedryf, koringmeulens naby Potchefstroom en 'n sigaarfabriek met tabak wat in Rustenburg-distrik gekweek is. Voor 1880 was die sentrum van handelsbedrywighede Potchefstroom.

In 1867 is die eerste landboutentoonstelling in Potchefstroom gehou. Transvaal was afhanklik van smouse, meestal Jode, en handelaars om goedere van die republiek te vervoer en broodnodige ware van die hawestede af na die noordelike gebiede te bring. Vrystaatse boere het later hul wol in Johannesburg verkoop en koring en meel daar gekoop. Potchefstroom en Rustenburg is beskou as die welvarendste gebiede in die streek, maar te oordeel aan die aantal handelslisensies wat teen 1870 in Transvaal uitgereik is, was daar duidelik 'n interne mark in die gebied.

In gebiede soos Lydenburg, Waterberg, Wakkerstroom, Heidelberg, Utrecht en Bloemhof is verskeie handelslisensies ook uitgereik. In 1870 is volstruisvere, wol, ivoor, beeste, graan en leerprodukte ter waarde van £133 500 ook uitgevoer. Dit was min in vergelyking met die totale uitvoer van die Kaapkolonie wat in 1850 reeds meer as £637 235 was.

Teen 1883 is bereken dat handel tot ongeveer £1 miljoen toegeneem het. Dit was hoofsaaklik toe te skryf aan die opening van die eerste fabriek vir voedselverwerking in 1883. Pres. Paul Kruger het "Ons Eerste Fabrieken" op 6 Junie 1883 net buite Pretoria geopen. Daar was ook die normale ambagswerk en die vervaardiging van waens en skoeisel, maar geen nywerheidsproduksie om te vergelyk met soortgelyke nywerhede in Europa in dieselfde tyd nie.

Hoewel Transvaal 'n interne mark gehad het, was die skakeling met metropolitaanse markte uiters beperk. Daarom het skommelings in die sakesiklusse van Brittanje en Europa Transvaal baie minder geraak as die twee Britse kolonies.

Algemene padverbindings was taamlik goed, maar min. Passasiers het per wa tussen die diamantdelwerye gery en steenkool is op dieselfde wyse daarheen en na Delagoabaai vervoer. Met 'n wit bevolking van skaar 25 000 was Transvaal teen 1870 ekonomies geïsoleerd en aangewese op 'n beperkte interne mark. Daar was geen sprake van noemenswaardige buitelandse handel of deelname aan die internasionale goedereverkeer met die Europese metropool nie. Daar was geen plaaslike banke nie, net takke van Standard Bank en die LSAB. Die ZAR het eers in 1888 'n eie bank gekry.

In die Oranje-Vrystaat het die ekonomie geleidelik 'n oplewing getoon. Die finansiële welstand van die wit bevolking van sowat 15 000 was ná die ondertekening van die Bloemfonteinkonvensie in 1854 en die vertrek van die Britse troepe so swak, dat handel feitlik tot stilstand gekom het. Ruilhandel was aan die orde van die dag. Paaie was swak en 'n reis per wa tussen Bloemfontein en Durban het meer as drie weke geduur en na Port Elizabeth agt weke.

Die uitvoer van wol het geleidelik buitelandse valuta ingebring. Wolproduksie het van 50 bale merinowol in 1850 tot meer as 5 000 bale in 1856 toegeneem. Die oplewing van die wolbedryf van die 1850's en 1860's het wolboere in die Suid-Afrystaat ook baie gebaat. Hulle het wol verkoop aan die groothandelaars in die hawestede, vanwaar die wol uitgevoer is. Dorpe soos Bloemfontein, Fauresmith, Smithfield en Harrismith was sterk handelsentra.

Boere was hoofsaaklik betrokke by algemene boerdery, maar teen 1860 is op redelike skaal met mielies, koring e.a. graan geboer. Die boere het self hul produkte verkoop. 'n Aktiewe interne mark in huide en velle en wild het ontwikkel. 'n Onderneming in Kroonstad het in een jaar bv. 152 000 blesbok- en wildebeesvelle verkoop. Die handel in volstruisvere was ook taamlik groot.

Op die Vrystaatse Hoëveld en in die suide van Transvaal het boere op groot skaal van swart arbeid gebruik gemaak. Mettertyd is wetgewing aanvaar wat dit vir swart mense moontlilk gemaak het om as deelboere op wit boere en plase te woon. Die deelboere het arbeid verrig en 'n deel van hul oopbrengs aan die boer betaal in ruil vir die reg om op die grond te boer.

Weens die ineenstorting van markte gedurende die diamantkrisis het boere wat groot verbande op hul plase gehad het, baie swaar gekry. Hulle kon nie in munt vir arbeid betaal nie en het afhanklik geword van swart boere se produksie, wat deelboerdery laat toeneem het. Deelboerdery h et nog algemener geword met toenemende mededinging om grond. Die swart deelboere het baie suksesvol geboer en voor die ontdekking van diamante, maar ook daarna, bygedra tot die goeie landbouprestasie van die Vrystaat. Naas deelboere het die Sotho onafhanklik ook baie suksesvol geboer met mielies, koring, wol en bokhaar en hul surplusse op die markte verkoop. Teen die tyd dat 'n groot vraag na voedsel by die diamantmyne ontwikkel het, het die Vrystaat reeds groot hoeveelhede graan, skape en wol van hul Sotho-bure gekooop en dit dan op die diamantvelde verkoop.

Handel was so suksesvol dat van die Kaapse banke takke in die republilek geopen het. In 1862 is die eerste twee Vrystaatse banke ook gestig, nl. die Bloemfontein Bank en die Fauresmith Bank. Die vooruitsigte was so goed dat die LSAB en Standard Bank ook takke daar kom open het, maar ná konflik met die Vrystaatse regering is alle buitelandse banke in 1864 verbied. In 1877 is die Nasionale Bank van die Oranje-Vrystaat gestig. Hierdie bank het 'n baie goeie reputasie gehad en is allerweë as 'n modelbank beskryf.

Die oopbou van die Vrystaatse ekonomie het stelselmatig plaasgevind, maar dit was uiteindelik die ontdekking van diamante wat die vraag na voedsel en allerlei verbruiksgoedere meegebring en daarmee saam voorspoed.

Minerale en groei

In 'n sekere opsig was dit asof die ekonomieë van die twee kolonies en die twee republieke gewag het op 'n inspuiting van buite om die losstaande ekonomiese bedrywighede saam te snoer in 'n meer suksesvolle mark wat sterker internasionaal sou kon deelneem. Die ontdekking van diamante in 1867 en die snelle ontginning daarvan het geweldige kapitaalinvloei meegebring. Dit het mense na die land gebring en daarmee saam 'n vraag na bestaansmiddele wat 'n ekonomiese stimulus vir die hele streek was.

Diamantontginning het baie vinnig ontwikkel: Die uitvoer van diamante het gegroei van gemiddeld £35 700 per jaar tussen 1866 en 1870 tot gemiddeld £3,2 miljoen per jaar tussen 1881 en 1886. Die massiewe nuwe koopkrag het werkgeleenthede beteken, die bou van vervoerverbindings gestimuleer, 'n feitlik onversadigbare mark vir plaasprodukte geskep en buitelandse valute verdien waarmee noodsaaklike kapitaaltoerusting en moderne tegnologie ingevoer kon word. Daar was 'n onmiskenbare opswaaifase in die ekonomieë van sowel die kolonies as die republieke.

Spekulasie in diamantaandele het wydverspreid voorgekom en banke het krediet minder verantwoordelik toegestaan. Teen 1881 was die gevaartekens daar. Banke het krediet geleidelik ingekkort en spekulante verplig om aandele te verkoop, wat die prys daarvan afgedwing en die "seepbel" laat bars het. Die hele streek het weens diesg. "diamantkrisis" gesteier en in 'n depressie verval. Goedereverkeer deur die Kaapse en Natalse hawens het in duie gestort, staatsinkomste het skerp gedaal en insolvensies in die Kaap het van 259 in 1880 tot mee4r as 1 000 in 1883 gestyg. Skielik was die streek in 'n skerp afswaaifase. Omstandighede is vererger deur 'n soortgelyke depressie in Europa en 'n ongenadie droogte in die land.

Die gebeure het bewys dat 'n geïntegreerde kapitalistiese mark in Suid-Afrika ontwikkel het, met effekteverkeer (die koop en verkoop van aandele in ondernemings), spekulasie, 'n elastiese kredietstelsel (die toestaan van krediet op aanvraag, of die inkorting van krediet as ekonomiese bedrywighede afneem) en 'n "organiese" geheelbeeld van ekonomiese krisisse en siklusse. Die groter ekonomiese geheel het sterker ontwikkel ná die ontdekking van goud. Die struktuur van die ekkonomie het vinnig verander van oorheersend landbou na landbou-mynbou.

Toe groot goudneerslae in 1886 aan die Witwatersrand otndek is, het die demografie en ekonomie ingrypend verander. Taamlike sakekundigheid het veral in die Kaap en Natal ontwikkel, die diamantbedryf het die basiese nywerhede in die kolonies en republieke op die pad van groter verfyndheid geplaas en kapitaal het die land gereelder ingekom. Arbeid was geredelik beskikbaar en genoeg voedsel is deur die swart en wit boere geproduseer.

Die ontdekking van goud het gehelp omd ie hele land uit die depressie van die 1880's na 'n nuwe gjroeifase te stuur. Hoewel 'n deel van die opbrengs uit goud in dividende aan buitelandse aandeelhouers uitbetaal is, is die grootste deel van die opbrengs in Suid-Afrika bestee. Hierdie geweldilge koopkrag het groter voorspoed vir boere en nyweraars in Suider-Afrika meegebring. Die samestelling van die totale uitvoer het ook verander: In 1885 was die waarde van die gouduitvoer £35 300 (van die totale uitvoer van £8 021 000), maar teen 1910 was die waarde van gouduitvoer £35 miljoen (van die totale uitvoer van £47 574 000). Goud het dus reeds teen Uniewording in 1910 'n oorheersende rol in Suid-Afrik se totale uitvoer gespeel: Dit het ongeveer 64% van die totale Suid-Afrikaanse uitvoer uitgemaak.

Die ontdekking van goud het verskeie omwentelings meegebring. Enersyds het die bevolking in Transvaal 'n kosmopolitiese karakter verkry met baie buitelanders van Europa, die VSA, Brittanje, Australië en vele ander wêrelddele. Andersyds het ekonomiese verkeer meer internasionaal geword en het beperkende politieke en sosiale omstandighede in Transvaal spanning onder die verskillende groepe inwoners meegebring. Verskeie ander sektore het ook met rasse skrede gegroei. Banke soos Standard Bank het sy posisie versterk met die oorname van die LSAB in 1877 en in 1888 het De Nederlandsche Bank voor Zuid-Afrika (later Nedbank) in Transvaal begin sake doen. Teen 1890 was daar elf banke met 66 takke in die land.

Die algemene spekulasie in goudmynaandele en grond het - net soos ná die ontdekking van diamante - met oormatige kredietverlening gepaardgegaan. Teen Maart 1890 het die ineenstorting bekend as die "gouodkrisis" begin en is die markwaarde van maatskappye feitlik oornag gehalveer. Deposante het hul geld gou onttrek. Sonder deposito's kan 'n bank nie geld uitleen nie en so het die vrye toegang tot krediet tot 'n einde gekom. Dit het onvermydelik gelei tot minder ekonomiese bedrywighede en 'n depressie van die laaste paar maande van 1890 af.

In 1896 was daar die runderpes en drie jaar daarna het die Anglo-Boereoorlog uitgebreek waartydens die ekonomiese middele van die Boererepublileke totaal vernietig is - hul mense, produktiewe grond en bestaansmiddele. Tussen 1903 en 1909, aan die vooraand van Uniewording, het 'n erge depressie voortgesleep.

Die goudmynbedryf het egter steeds mywerheidsproduksie aangemoedig en die fabrieke in Transvaal het tussen 1890 en 1910 van 550 tot 1 500 toegeneem. Al het nywerheidsproduksie reeds voor Uniewording 'n totale waarde van £17 miljoen bereik, was dit maar elementêr en het grootliks op die verwerking van landbouprodukte neergekom. In die Kaap was daar meer as 2 000 "fabrieke" of werkplekke waar eenvoudige nywerheidsproduksie plaasgevind het. Die meeste van dié "fabrieke" was koringmeulens, bakkerye, saagmeulens, wamakerye, leerlooierye, meubelfabrieke en drukkerye. Dit was dus klein vervaardigingsondernemings wat in die direkte behoeftes van die boerderygemeenskap voorsien het. Daar was nie sprake van die gebruik van nuwe tegnologie om tegnies gevorderde goedere soos in Brittanje of Europa te produseer nie. Die vervaardiging van masjinerie en ingenieurstoerusting het eers later in die omgewing van die mynbedryf ontwikkel.

In die Kaap is vervaardigingsproduksie beskerm en bevorder deur die instelling van ad valorem-invoertariewe (belasting) op goedere wat meegeding het met produkte wat in die Kaap vervaardig is. In Natal was daar beperkte vervaardiging, in die Vrystaat feitlik niks en in Transvaal het dit momentum gekry met die minerale revolusie. Nogtans kan daar nie gepraat word van noemenswaardige nywerheids- of vervaardigingsproduksie teen die eeuwisseling nie. Die waarde van vervaardiging in die Kaap was ongeveer £7,4 miljoen, in Natal £4,4 miljoen, in Transvaal £4,6 miljoen en in die Vrystaat £749 000.

Daarteenoor was die waarde van die gouduitvoer teen 1910 reeds £35 miljoen. Die waarde van die invoer was meer as £27 miljoen, wat beteken het dat die invoer die uitvoer heeltemal oorskry het, goud uitgesluit. Suid-Afrika het nie naasgenby genoeg in sy eie nywerhede vervaardig om uit te voer nie en het die buitelandse valuta wat met die gouduitvoer verdien is, gebruik om vir invoer te betaal. Dit was 'n ongesonde beginsel, maar het tot die laat 1960's voortgeduur.

Die rede waarom vervaardigingsproduksie so stadig ontwikkel het, was omdat die uitvoer van sekere goedere, soos goud, diamante en wol, 'n relatiewe voordeel ingehou h et, maar ook omdat plaaslike nywerhede feitlik geensins beskerm is teen mededinging deur goedkopoer produkte van meer ontwikkelde markte nie.

Die indirekte beskerming van hierdie nywerhede met taamlik hoë vervoertariewe het uiteindelik gelei tot die doeane-ooreenkoms van 1906. Voor die Anglo-boereoorlog het Transvaal besonder hoë vervoertariewe gehef op die vervoer van goedere op sy spoorlyn en dit het die koste van uit- en invoer vir die Britse kolonies opgestoor. Ná die oorlog het die Britse Hoë Kommissaris, lord Alfred Milner, gehoop om die tariewe op die spoorlyn met die ander kolonies te verlaag ten einde die heropbou van die landbou te versnel en groter ekonomiese samewerking te bewerkstellig. Die Portugese regering het egter gedreig dat hy souo weier dat Portugese werkers van Mosambiek in die goudmyne gaan werk as Milner nie die voorkeurposisie van die Johanneslburg-Delagoabaai-spoorlyn handhaaf nie. Milner het toe die ooreenkkoms tussen Transvaal en die Portugese owerheid in Mosambiek oor die Delagoabaai-spoorlyn gehandhaaf, al moes hy inkomste vir die imperiale owerheid uit vervoertariewe op die Natalse spoorlyn inboet.

Uiteindelik het lord Selborne, die nuwe Britse Hoë Kommissaris, in 1906 daarin geslaag om die vier Britse kolonies, die Brite Hoëkommissarisgebiede en Suid-Rhodesië in 'n doeane-ooreenkoms te bind wat tariewe op onderlinge verkeer geskrap het en buurlande daarby ingesluit het. Op die konferensie van die doeane-unie in 1908 is die hoop vir die eerste keer uitgespreek dat tariefbeskerming aan die jong Suid-Afrikaanse nywerhede verleen sou word. Dit was duidelik dat die vier kolonies gemeenskaplike belang begin ontwikkel het.

Die uiteindelike konsolidasie van spoorverbindings in een netwerk was gunstig vir die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika. Dit dui aan hoe vervoer- en kommunikasieverbindings die opkoms van 'n ontwikkelde ekonomie gebaseer op geld- en goedereverkeer ná 1870 volledig by die kapitalilstiese stelsel ingeskakel het. Die doeane-unie het verdere samewerking bevorder tussen die vier kolonies wat eintlik reeds as 'n ekonomiese geheel gefunksioneer het.

Grietjie Verhoef

Geskiedenis van Suid-Afrika

Van voortye tot vandag

Fransjohan Pretorius (Redakteur)

ISBN 978-0624-05466-5