Die Nederlandse era aan die Kaap 1652 - 1806 

Die grondslag van Suid-Afrika se samelewingspatrone is reeds in die 17de eeu gelê toe verskillende groepe mense in die Suider-Afrikaanse subkontinent met mekaar in kontak gekom het. Uit hierdie smeltkroes het die Suid-Afrikaanse samelewing van vandag ontstaan.

Suider-Afrika se geografiese ligging het kontak met die buitewêreld bemoeilik. Dit is moontlik dat Arabiese en Indiese handelaars langs die ooskus nie verder suid as Delagoabaai gevorder het nie. Dit was 'n m erkwaardige prestasie toe die Portugese teen die einde van die 15de eeu om die suidpunt van Afrika gevaar het.

Bartolomeu Dias (1488) en Vasco da Gama (1498) se klein vaartuie was blootgestel aan die gure wind- en seestorms van die Suid-Atlantiese Oseaan, asook die onherbergsame kus. Dit was sekerlik idealisme wat gemaak het dat Dias sy aanvankllike benaming Stormkaap (Cabo Tormentoso) en Kaap van Goeie Hoop (Cabo da Boa Esperança) verander het in sy verslag aan koning Joao II. Hy het in 'n stormwind die suidpunt van Afrika omseil en die kus van Afrika naby die huidige Mosselbaai bereik.

Die inheemse bewoners van die subkontinent het vir hul oorlewing eiesoortige aanpassings by wisselende klimaatsomstandighede, topografie en natuurlike hulpbronne gemaak. Die wye verspreiding van klein selfonderhoudende gemeenskappe in 'n groot gebied het onderlinge kontak beperk, maar nie heeltemal uitgeskakel nie. Die kusbewoners was verskrik en onthuts deur die aankoms van vreemde besoekers wat vars water en vleis deur ruilhanadel wou verkry. Hulle kon mekaar se taal en gebruike nie verstaan nie. In sommige gevalle het dit tot geweld gelei, soos toe die onderkoning van Portugees-Indië, Francisco d'Almeida, in 1510 gedurende 'n skermutseling in Tafelbaai gesterf het. Portugese seevaarders het daarna landings in dié kus probeeer vermy. Die blywende nalatenskap van die Portugese seevaarders aan Suid-Afrika was die benaming van sekere kusdorpe en plekke soos St. Helenabaai, Saldanhabaai, St. Francisbaai, Infantarivier en die gebied Natal.

Sporadiese kontak tussen die inheemse bewoners en seevaarders uit ander Wes-Europese lande soos Denemarke, Engeland, Nederland en Frankryk het in die loop van die 16de en vroeë 17de eeu voortgeduur. Hulle kon die eerste keer mekaar se eiesoortige taal, kleredrag, gebruiksartikels, musiek en danse ervaar.Augustin de Beaulieu het in 1620 in Tafelbaai opgemerk dat die inheemse bewoners se kenmerkende danslied altyd die woord "hautitau" herhaal. In 1623 het die Deen Jon Olafsson die herhalende woord "hottentotte" in die tipiese danslied bevestig. Deur oordrag het besoeker, o.a. Nicolaus de Graaf (1640) en Jean-Baptiste Tavernier (1649), hierdie woord daarna as algemene benaming vir die plaaslike inwoners gebruik.

Op 25 Maart 1647 het die vragskip Nieuwe Haerlem in die omgewing van die huidige Blouberg,  noord van die Soutriviermonding, gestrand. Die bemanning en 'n groot deel van die vrag is gered, maar daar was nie plek vir almal op die ander skepe van die vertrekkende retoervloot nie. Onderkoopman Leendert Jansz en 62 van die skipbreukelinge was verplig om langer as 'n jaar te wag vir 'n geleentheid terug na Nederland. Daar het Jansz en Matthijs Proot in 1649 'n remonstrantie (verslag) opgestel waarin hulle meld dat 'n permanente verversingspos in Tafelbaai groot waarde vir die reotervlote van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) sou hê. Ervaring het bewys dat die inheemse mense vreedsaam was indien hulle goed behandel word. Hulle was bereid om die Nederlandse taal aan te leer en ruilhandel te bedryf. Die grond was ook geskik vir akkerbou en water was beskikbaar.

Die VOC

In 1602 het verskeie klein Nederlandse handelsmaatskappye saamgesmelt om die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (die VOC) te vorm. Dit het uit ses outonome betuursliggame bestaan, nl. die handelskamers van Amsterdam,  Zeeland, Rotterdam, Delft, Hoorn en Enkhuizen. Al die kamers het onder 'n hoofdireksie, die Here XVII, gestaan wat meestal in Amsterdam vergader het.

Die State-Generaal, as die hoogste Nederlandse regeringsliggaam, het in Maart 1602 'n oktrooi aan die VOC toegeken wat aan dié maatskappy die alleenreg op alle Nederlandse handel oos van die Kaap die Goeie Hoop en wes van die Straat van Magellaan gegee het. In 1619 is 'n goewerneur-generaal en Raad van Indië in Batavia, op die eiland Java, aangestel om namens die VOC plaaslik beheer uit te oefen.

Daardeur het die VOC met sy oktrooi feitlik soewereine gesag oor al sy handelsposte verkry en moes hy in praktyk net aan sy aandeelhouers verantwoording doen. Dit het die Kompanjie as 'n hoogs winsgewende lliggaam gevestig. Die VOC was in werklikheid die eerste groot effektebeurs ter wêreld. Aandeelhouers het 'n dividend ontvang wat aanvanklik in die vorm van gelewerde goedere was.

Uiteindelik is die Kompanjie ná 196 jaar gelikwideer vanweë chroniese wanbestuur en 'n enorme skuldlas van 110 miljoen gulden.

Nederlandse vestiging

In 1650 het die Here XVII in beginsel besluit om 'n ververvingspos aan die Kaap op te rig. Die keuse van 'n gesagvoerder vir hierdie taak het uiteindelik op Jan Anthoniszoon van Riebeeck geval. Sy vroeëre ervaring in diens van die Kompanjie (Batavia, Japan en Tonkin), asook sy opersoonlike indrukke van die Kaap die Goeie Hoop in 1648, was deurslaggewend.

Op 6 April 1652 het Van Riebeeck met drie skepe, die Drommedaris, Goede Hoop en Reijger,  in Tafelbaai aangekom. Die res van sy geselskap het eers 'n m aand later in twee verdere skepe, die Walvis en Oliphant, opgedaag.

Die opdragte van die Here XVII was duidelik: Slegs 'n klein gebied moed as verversingspos vir die VOC se vlote ingerig word. Die hoofdoel was om die Kompanjie se skepe van vars vleis, groente en water te voorsien. Sowat 90 persone is vir hierdie taak aangewys. Vir beveiliging moes Van Riebeeck 'n fort bou, maar vrede moes gehandhaaf word mt die inheemse bevolking en besoekers van ander lande. Die hoofdoel van die Kompanjie was dat die verversingspos tegelyk besparend en winsgewend moet wees. Die plaaslike bestuur is deur ' n Politieke Raad behartig wat bestaan het uit Van Riebeeck as voorsitter, die sekunde, die sersant en boekhouer. Die eerste vergadering op 8 April 1652 het praktiese besluite oor die beveiliging van die klein nedersetting en die verhouding met die inheemse bevolking geneem.

Die veebesittende Khoekhoen in die omgewing van die Kaapse Skiereiland was belangrik vir gereelde vleisverskaffing aan die Kompanjie se retoerskepe in Tafelbaai. Om sowat dertig skepe per jaar van vleis te voorsien, het vereis dat sowat 300  beeste en 300 skape deur ruilhandel bekom word. Koperplaatjies, voorwerpe van y ster, tabak en rooi glaskraletjies was gewilde ruilartikels. Die Khoekhoen het ook van brood, wyn en arak (rysbrandewyn) gehou. Vir Van Riebeeck en sy amptenare was ' n tolk onontbeerlik om misverstande te voorkom. Daar is afwisselend en met sukses gebruik gemaak van Autshumao (alias Herrie die Strandloper), sy susterskind Krotoa (Alias Eva), Doman (alias Anthonie) en Claas Das.

Ondanks vele pogings kon Van Riebeeck nie die vleistekort oplos nie. Die Khoekhoen wou nie ruilgoedere aanvaar as die transaksies op 'n drastiese daling in hul eie kuddes sou neerkom nie. Hulle was ook onderling verdeeld en het mekaar gewantrou. Van dié stamme was die goringhaiconas (Strandlopers van Autshumao), Goringhaiquas (Kaapmans onder Gogosoa), Gorachouquas (Tabakdiewe onder Choro en Ankaisoa), Cochoquas (onder Oldasoa en Gonnema) en verder noord die Namaquas.

Van Riebeeck se verdraagsaamheid teenoor die Khoekhoen is tot breekpunt beproef. Op 19 Oktober 1653 het Autshumao en sy volgelinge byna al die vee van die Kompanjie gesteel en die veewagter David Jansz gedood. Toe Autshumao weer in Junie 1655 by die fort opdaag, moes Van Riebeeck sy ontkennings en verskonings aanvaar. Die tolk Doman, wat Autshumao se taak oorgeneem het, het intussen die Kaapmans aangeraai om tydens reënweer die vee van die verversingspos te steel aangesien Van Riebeeck se mense dan nie met klam lonte en kruit hul pangewere doeltreffend kon gebruik nie.

Toe die Kaapmans in Julie 1659 die veewagter Sijmon in 't Velt doodsteek en 68 beeste en 67 skape wegvoer, het Van Riebeeck die plaaslike soldate en burgers opkommandeer. Die Kaapmans het met 'n ontwykingstrategie gereageer, maar in 'n skermutseling is drie Khoekhoen gedood. Daar is eers in April en Mei 1660 met die verskillende leiers vrede gesluit nadat 'n vaste grenslyn en spesifieke toegangsroetes wedersyds neergelê is. Daarna is die amptelike versoeningsbeleid hervat.

Die Khoekhoen het as veewagters en in hul ruilhandel met die Kompanjie meer vertroud geraak met die Nederlandse taal, leefwyse, kleredrag en gebruiksartikels. In die eerste dekade van die verversingspos se betstaan was daar net een Christenbekeerling onder die Khoekhoen, nl. Krotoa. Sy is in Van Riebeeck en sy vrou Maria se huishouding in die fort opgeneem as jong dogter en is deur almal Eva genoem.

Die benaming Khoekhoen

Die meeste geelbruin inheemse bewoners van die Kaap het in die 17de en 18de eeu gesamentlik bekend gestaan as "Hottentotte",  hoewel  hulle in kleiner groepe of stamme, elk met 'n kenmerkende naam, verdeel was. Die algemene benaming Hottentot het reeds in Van Riebeeck se tyd dokumentasiestatus verwerf. Eers in die 19de eeu is die benaming "mense van kleur" as alternatief gebruik deur o.a. die Britse goewerneur, Richard Bourke.

Weens die n egatiewe konotasies wat aan die woord Hottentot bly kleef het, het navorsers veral in die tweede h elfte van die 20ste eeu 'n meer eietaalse etnoniem, "Khoekhoen", in wisselende spelling begin gebruik. Hierdie dubbelstammige naam beteken letterlik "mens van mense". Volgens G.S. Nienaber, 'n kenner van die inheemse tale, is die hedendaagse skryfwyse (Khoi-Khoi) misplaas en in stryd met aanvaarde ortografie. Die korrekte stamwoord is Khoe.

Vryburgers en uitbreiding aan die Kaap

Om die voorsiening van veral groente en tabak aan die verversingspos te verbeter, het Van Riebeeck in 1657 aan nege Kompanjiesdienaars met hulle gesinne plasies langs die Liesbeek in die omgewing van Rondebosch toegeken. Die Kompanjie sou alle produkte van hierdie vryburgers aankoop en geen handel met die Khoekhoen deur die vryburgers is toegelaat nie.

Die besoekende VOC-kommissaris Rijckloff van Goens het ingestem dat die getal vryburgers kan toeneem en dat hulle Kompanjieshulp in die vorm van ploeë en trekosse moet ontvang. Die Kompanjie en vryburgers se eiendom is deur 'n aantal fortjies beskerm (Kijkuyt, Duinhoop, Keert de Koe, Coornhoop, Ruyterwacht en Houd den Bul), asook palilssades en 'n ry inheemse wilde-amandelbome, waarvan 'n deel vandag nog in die Kirstenbosch Botaniese Tuin te sien is. Die vryburgers het nie 'n maklike lewe gehad nie en Van Riebeeck moes hul klagtes met oorleg hanteer, sonder om die Kompanjie se belange te benadeel.

Met verloop van tyd is vryburgers ook in ander beroepe as dié van landbouers toegelaat. sommiges het 'n lewe gevoer as vaardige vakmanne, entrepreneurs en professionele persone. Hulle het hoofsaaklik uit Nederland en die omliggende Duits- en Franssprekende gebiede gekom.

Die instelling van vryburgers in 1657 het die oorspronklike verversingspos omskep in 'n uitbreidende kolonie. Daarmee saam het die amptenare van die Kompanjie wat hul werk aan die Kaap as tydelik beskou het, te staan gekom teenoor vryburgers wat die Kaap as permanente tuiste beskou  het. Tussen 1657 en 1702 het die getal vryburgers in die Kaapse nedersetting van 14 tot 1 368 gegroei.

Die betekenenis van Van Riebeeck

Jan van Riebeeck (1619-1677) was 'n pligsgetroue amptenaar van die Kompanjie in sy tien jaar dienstyd aan die Kaap. Sy ondernemingsgees, aanpassingsvermoë en onderhandelingsvaardighede op verskillende terreine het hom 'n pionier gemaak. As leier van die gemeenskap in die Tafelvallei het hy billik en regverdig opgetree.

Hy het 'n voorlopige verstandhouding met die Khoekhoen bereik en ontdekkingstogte bevorder. Sy eksperimente op landbougebied was 'n waardevolle leerskool vir sy opvolgers. Sy ondankbare taak as kommandeur in krisistye is nie altyd na behore deur sy tydgenote (plaaslike ondergeskiktes en sy meerderes oorsee) erken nie. Tog het die suksesvolle vestiging en uitbou van die Kompanjie se verversingspos aan die Kaap onder sy leierskap 'n simbool van hoop te midde van verydeling geword.

Slawe en vryswartes

Van Riebeeck het die plaaslike Khoekhoen as fisiek ongeskik vir akkerbou en hande-arbeid beskou. Sy voorstel om die arbeidstekort aan te vul deur matrose van besoeke skepe tydelik diens te laat doen, is deur die Here XVII afgekeur. Van Riebeeck het wel toestemming gekry om slawe in te voer. Die eerste slawe, afkomstig uit Angola en Guinee, het in 1658 op die skepe Amersfoort en Hasselt in die Kaap aangekom. Daarmee is 'n nuwe element tot die bevolkingsamestelling van die Kaapse nedersetting gevoeg.

Daarna is nog slawe uit Madagaskar en die Ooste gebring. Hulle was van uiteenlopende oorsprong en moes die taal van die Kompanjiesamaptenare en hul Nederlandse eienaars aanleer. Drostery van slawe is swaar gestraf. Teen 1693 was daar 322 slawe (mans, vroue en kinders) in diens van die Kompanjie aan die Kaap. Daarna het die getal slawe in diens van die vryburgers dié van die Kompanjie begin oortref. Die slawe het ongetwyfeld 'n enorme bydrae tot die ekonomiese vooruitgang van die Kaap gelewer, veral op landbougebied, maar ook as bedrewe vakmanne en  huishoudelike werkers. Maleise slawe was besonder gesog vanweë hul vaardighede in die ambagte en boubedryf.

Die vrystelling van slawe en/of hul kinders deur hul eienaars het 'n onderskeibare minderheidsgroiep in die Kaapse samelewing geskep wat bekend gestaan ht as vryswartes. Voorbeelde van ekonomies suksesvolle vryswartes in die 17de eeu was Louis van Bengale en Anthonie van Angola wat albei plasies in die Jonkershoekvallei naby Stellenbosch bewerk het.

Die Hugenote

Met die bewindsaanvaarding van Simon van der Stel in 1679 as Kaapse gesagvoerder het die eerste vryburgers al oor die Kaapse Vlakte na die Eersterivier getrek. Die Kompanjjie het intussen ook reeds veeposte in Hottentots-Holland, Tygerberg en Saldanhabaai gehad. Nog in die jaar van sy aankoms het Van der Stel die eerste dorp in die binneland, Stellenbosch, gestig en na homself vernoem. In 1678 volg 'n tweede vestiging, aan die Bergrivier, genaamd Drakenstein.

Van der Stel se kolonisasieplanne is bevorder deur koning Lodewyk XIV van Frankryk se herroeping van die Edik van Nantes in 1685. Dit het die Franse Protestante van hul godsdiensvryheid beroof. Duisende van hierdie Hugenote het na buurlande, o.m. na Nederland, gevlug.

Tussen 1688 en 1692 is sowat 200 van hierdie Hugenote in verskillende groepe deur die Here XVII na die Kaap gestuur om die vryburgerbevolking aan te vul. Hulle het 23,5% van die vryburgerbevolking van 856 persone verteenwoordig. In verhouding tot die totale getal vryburgers sou die relatief klein getal Hugenote 'n beduidende invloed aan die Kaap uitoefen.

Van der Stel het die Hugenote op klein plasies tussen die Nederlandse vryburgers in Stellenbosch, Drakenstein, Franschhoek (Olifantshoek), Paarl en die Wagenmakersvallei (hedendaagse Wellington) versprei om hul assimilasie te vergemaklik. In 1691 is hulle egter toegelaat omn 'n eie predikant, ds. Pierre simond, en eie skoolmeester, Paul Roux, in Drakenstein te hê.

Die Hugenote kan as grondleggers van die wynbou in die Kaapkolonie beskou word en het gehelp om die koringproduksie te verhoog. Hu Calvinistiese lewenshouding het die  lewensaard van die vryburgerbevolking versterk. Bekende Voortrekkers soos Piet Retief en Saler Cillilers was afstammelinge van die Hugenote.

Verset teen die goewerneur

In 1699 het Simon van der Stel die Kaapse bewind aan sy oudste seun, Willem Adriaan, oorgedra. Groter eenheid onder die burgers en 'n groter verskeidenheid landboubedrywighede as prestasies van die Van der Stel-era (1679-1707).

W.A. van der Stel het progressiewe boerderymetodes en veral skaapboerdery in die Land van Waveren (noord van die Drakensteinberge in die omgewing van die huidige Tulbagh) aangemoedig. Sonder die medewete van die Here XVII het hy 'n private boerdery op die plaas Vergelegen by vandag se Somerset-Wes beoefen. Hy h et die Kompanjie se arbeiders en gereedskap gebruik om dit in 'n modelplaas te omskep. Ander hoë amptenare het sy voorbeeld gevolg, o.a. die sekunde Samuel Elsevier, die predikant Ptrus Kalden en W.A. se jonger broer Frans (spottenderwys don Francisco genoem).

Ontevredenheid onder die vryburgers het 'n hoogtepunt bereik toe die goewerneur se gunsteling, Johannes Phijffer, deur knoeiery volle beheer oor die Kaapse wynpag verkry ht. Die burgers Adam Tas, Henning Hüsing en ander ontevredenes het in 1705 'n petisie aan die Here XVII gerig waarin hulle beswaar aangeteken het teen die goewerneur se magsmisbruik. Van der Stel, wat onraad vermoed het,  het 'n positiewe getuigskrif vir homself laat opstel en probeer om die leiers van die verset op te spoor.

Op 'n vraag wie hom gedwing het om die beweerde klagskrif te onderteken, het die Hugenoot Guillaume du Toit eerlig geantwoord: "Mijn conscientie, mijn heer!" Op 25 Februarie 1706 het die goewerneur Adam Tas laat arresteer en beslag gelê op dokumente in sy lessenaar. Die burgers Jacques de Savoye, Pieter Meyer en Jakobus van der Heiden is selfs in die berugte "Donker Gat" in die Kasteel aangehou.

Die Here XVII het by ontvangs van die bu4gers se klagskrif onmiddellik 'n kommisie van ondersoek aangestel. Berig van hierdie sukses het die Kaap op 20 Februarie 1707 bereik met die aakoms van die fregat Peter en Paul. Die burger Albert van Emmenes het die volgende nag te perd deur die strate van Stellenbosch gejaag en luidkeels verkondig: "Victorie, Victorie!"

Kort daarna, op Sondag 4 Maart, het 'n aantal opgewonde jeugdiges amok gemaak in die strate en by die dorpsmeule van Stellenbosch. Toe die landdros, Johannes Starrenburg, opdaag om vas te stel wat die lawaai veroorsaak, het hy twee stuks wat nie betyds kon wegvlug nie met 'n rottang gekonfronteer. Een van hulle was die weerbarstige 16-jarige Hendrik Biebouw. Hy het volgens ooggetuies by hierdie geleentheid die volgende betekenisvolle woorde uitgespreek: "Ik wil niet loopen, 'k ben een Africaander al slaat de landrost mijn dood, of al setten hy mij in den tronk. Ik sal, nog wil, niet swijgen!"

Dit is die eerste tydgenootlike beys van 'n burger wat homself as Afrikaner geïdentifiseer het. Daarmee het die verwarde Biebouw waarskynlik sy verbondenheid aan die Suid-Afrikaanse bodem en sy onvergenoegdheid met die Kompanjie se amptenary te kenne gegee. Die gebeure was in breër konteks 'n aanduiding van die toenemende verwydering tussen sommige burgers en amptenare in die klein gemeenskap van Stellenbosch.

Die uiteinde van die burgerverset was dat die Here XVII die goewerneur, sekunde Elsevier, landdros Starrenburg en ds. Kalden uit hul poste onthef het. Die twee Van der Stel-broers en die skuldige amptenare het in April 1708 na Nederland vertrek om n ooit weer terug te keer nie.

Koloniale uitbreiding en die Khoekhoen

Die Khoekhoen was nooit besonder veglustig teenoor die burgers nie. Slegs enkele stamme was betrokke by herhaaldelike veediefstalle en aanslae op burgers. Die sogenaamde Tweede Khoekhoenoorlog (1673-1677) was klein in omvang. Die strafekspedisies van die owerheid teen die Cochoquas van Gonnema was ook nie juis baie suksesvol teen die ontwykende vyand nie.

Verskeie faktore het bygedra tot die ontstamming en vermindering van die Khoekhoen gedurende die 18de eeu. Onoordeelkundige veeruil met Kompanjiesamptenare en vryburgers, onderlinge oorloë, veediefstal en veesiektes  het die Khoekhoen verarm. Baie van hulle ht vir oorlewing as veewagters of wadrywers by burgers gaan werk. Aansteeklike siektes het ook ontstamming in die hand gewerk. Die gevreesde pokke-epidemies van 1713, 1755 en 1767 het sommige Khoekhoenstamme totaal uitgewis en ander se getalle dramaties uitgedun. Die voorkkoms van pokke is die eerste keer op 18 April 1713 by die Slawelosie in Kaapstad aangeteken. Hierdie aansteeklike en dodelike siekte is waarskynlik deur die wasgoed van besoekende skeepslui oorgedra. Die Khoekhoen was besonder vatbaar daarvoor en weldra is aan die owerheid gerapporteer dat Khoekhoen wat na die binneland gevlug het, die epidemie vinnig laat versprei het.

Nouokeurige statistieke ontbreek, maar die besoekende Nederlandse skrywer François Valentijn het bevestig dat die epidemie letterlik honderde Khoekhoen in sommige streke van die kolonie uitgewis het. Die Sweedse reisiger, Anders Sparrman, het ook in 1776 bevind dat 'n onbekende "galkoors" groot lewensverlies onder veral die Khoekhoen veroorsaak het. Volgens 'n sensusopgawe van 1805 was daar toe slegs sowat 20 000 Khoekhoen in die Kaapkolonie oor. Hulle was teen daardie tyd 'n grondlose proletariaat wat in 'n groot mate hul eie taal en tradisionele leefwyse ingeboet het om by die Westerse leefwyse aan te pas.

Oor die vraag aan wie die grond in die kolonie behoort ht, bestaan daar uiteenlopende menings. Die Khoekhoen het in stamverband aanspraak gemaak op woonplek en weiveld in bepaalde gebiede. Hul nomadiese leefwyse was grotendeels afhanklik van die beskikbaarheid van water. Binne die beperkte amptelike grense van die aanvanklike Kaapse nedersetting is eiendomsplase aan burgers toegeken. Hulle kon ook jaarliks weilisensies in onbesette gebiede bekom. Teen 1714 was daar al sowat 400 eiendomsplase vir koring- en wynproduksie deur die owerheid beskikbaar gestel. Die Khoekhoen se tradisionele lewenswyse het hulle in konflik gebring met hierdie grondbesitters. toe onafhanklike veeboere ná die pokke-epidemie van 1713 ook amptelik leningsplase verkry het, was baie ontstamde Khoekhoen se onafhanklike bestaanswyse binne die uitbreidende koloniale grense toenemend onder druk.

Aanvanklik het die Kompanjiesamptenare en burgers hulself bloot op grond van godsdienstige oorwegings van die Khoekhoen onderskei, naamlik as Christene teenoor heidene. Teen die middel van die 18de eeu het hierdie onderskeiding al hoe meer op 'n ras- en standverskil in die samelewing berus. Reeds in 1661 is 'n onderwyser in Kaapstad aangestel om die Khoekhoen in die Nederlandse taal en Christelike godsdiens te onderrig. Sommige burgers in die afgesonderde binneland het hul werkers nie van hul huisgodsdiens uitgesluit nie, maar die lewenspeil van die Khoekhoen het daardeur nie juis verbeter nie. Hulle is ook die algemeen karig besoldig en het in hul tradisionele matjieshutte naby die plaasopstalle gewoon. Georganiseerde sendingwerk onder Khoekhoen in die kolonie het teenstand gekry toe die Morawiese sendeling Georg Schmidt in 1742 op grond van klagtes van geordende prdikante en sommige lildmate, deur die owerheid verbied is om die sakramente aan bekeerde Kheokhoen by Baviaanskloof in die latere distrik Caledon te bedien. Schmidt moes in 1744 onverrigter sake na Europa terugkeer.

Teen die einde van die 18de eeu het baie burgers egter 'n nuwe, positiewer ingesteldheid teenoor Christelike sendingaksies onder die Khoekhoen ingeneem. Dit kan aan die heersende tydsgees van filantropie en die ywer van predikante en sendelinge uit eie geledere toegeskryf word. In 1799 is die Zuid-Afrikaansche Zendelings Genootschap (ZAG) in Kaapstad gestig om saam met buitelandse genootskappe sendingwerk onder veral die Khoekhoen te bevorder. In 1792 het die Morawiërs die Baviaanskloof-sendingstasie heropen en in 1805 is dit herdoop tot Genadendal. Dit het spoedig 'n navolgenswaardige voorbeeld van deugaamheid gestel wat by die owerheid en burgers agting gewek het.

Op militêre gebied was daar in die 18de eeu noue samewerking tussen die burgers en ontwortelde Khoekhoen. Individuele werkers van burgers het geleer om met die ou voorlaaiers akkuraat te skiet. Dit was noodsaaklik in die jagveld, maar ook vir beter beskerming van veekuddes teen diewe en roofdiere. Weens die beperkte getal sodalte in die Kaapse garnisoen het 'n unieke kommandostelsel in die binneland ontwikkel. Dit het op die noue samewerking tussen berede burgers, vryswartes en ervare Khoekhoen berus, met die goedkeuring van die landdros van die betrokke distrik.

In 1781 is 'n Corps Bastaard Hottentotten in Kaapstad gestig om enige moontlike buitelandse inval te help afweer. Die 400 manskappe was onder bevel van twee burgeroffisiere, Hendrik Eksteen en Gerrit Munnik. Nadat 'n groep Franse huursoldate die jaar daarna na die Kaap gestuur is, kkon die Khoekhoen weer na die plase terugkeer. In 1793 is nog 'n Corps Pandoeren gestig wat uit 200 Khoekhoen onder aanvoering van burgerkaptein Jan Cloete bestaan het. Dit was die begin van 'n lang tydperk van professionele militêre diens deur Khoekhoen en persone van gemengde herkoms in die Kaapkolonie.

Die lot van die Boesmans

Die Boesmans is die naaste afstammelinge van die oerbewoners van Suider-Afrika. Kompanjiesdienars van die 17de eeu het hulle die beskrywende naam "Bosjesmannen" (mense van die bosse) gegee omdat hulle dikwels skugter agter struike en in die bosse vir vreemdelike weggekruip het.

Die jagtersbestaan van die Boesmans het veroorsaak dat hulle 'n byna voortdurende stryd m et veebesittende mense in die binneland gevoer het. Die beste weivelde was ook die beste jagvelde. In hierdie opsig was die Khoekhoen- en vryburgerveeboere natuurlike bondgenote in die stryd teen Boesmanjagters wat met dodelike gifpyle hul jagveld teen toenemende indringing van veeboere wou beskerm.

In 1688 het die Boesmans 'n paar veewagters in die Drakenstein aangeval. Simon van der Stel het daarna beveel dat dié "vyand" beveg moet word. Teen 1700 het veeboerdery in die binneland toegeneem en die stryd teen die Boesmans het in felheid toegeneem. In 1715 is garnisoensoldate in die Drakensteingebied die eerste keer vervng deur suiwer burgerkommando's. Terselfdertyd is gewapende burgers ook in die passe oor die Hexrivierberg, Piekenierskloof en Witzenberg geplaas om vlugtende Boesmans voor te keer. Verskeie Boesmans en twee burgers het tydens hierdie kommando-optrede gesneuwel. In 1739 is daar weer 'n groot burgerkommando teen plunderende boesmans in die Roodezand- en Piketbergomgewing uitgestuur. In 1754 het 'n soortgelyke kommando in die Bokkeveld en Roggevled daarin geslaag om heelwat gesteelde vee terug te kry en tydelik vrede met daardie Boesmans te sluit.

Teen 1770 het veeboere versprei tot in die sentrale hoogland van die kolonie. Tussen 1786 en 1795 het Boesmans van die Roggeveld, Hantam, Nuweveld en Sneeuberg groot getalle vee gesteel en nie minder nie as 276 veewagters en boere om die lewe gebring. In skermutselinge met burgerkommando's het talle Boesmans gesterf. In 'n enkele kommando-operasie teen die einde van 1774 is 503 Boesmans doodgeskiet en 241 vroue en kinders gevange geneem. In sommige gevalle was die totale uitwissing van die Boesmans blykbaar die oogmerk.

Teen 1795 was die intense stryd tussen die veeboere en die Boesmans grotendeels iets van die verlede. Oorlewende Boesmans het noordwaarts na die gebied van die Gariep (Groot- of Oranjerivier) uitgewyk. In 1798 het die Kaapse owerheid veldwagmeesters na die oorgeblewe Boesmans tussen die Sakrivier en Kareeberg gestuur met 'n skenking van skape en 'n aanbod van vrede. Die konflikte van die Khoekhoen en burgers teen die Boesmans in die 18de eeu was 'n tragiese lydensgeskiedenis in 'n oopgrens-situasie, waarin die swakkere voor die mag van die sterkere moes swig.

Die benamings San(A) en Khoesan (Khoisan)

Die Khoekhoen het die klein vlugvoetige jagterversamelaars wat dikwels hul vee gesteel het, met minagting "San" of "Sana" genoem. Die benamings "Sonqua" of "Obiqua" wat hulle ook vir hierdie mense gebruik het, het letterlik struikrowers of moordenaars beteken.

Die term "Khoesan" (Khoisan) is 'n nuutskepping van die 20ste eeu. Dit poog om die gemeenskaplike kenmerke van die Boesmans en Khoekhoen te omvat, maar daar is ook geldige redes om die unieke identiteit van albei groepe afsonderlik te erken.

Anders as die Khoekhoen het die Boesmans slegs in klein gesinsgroepies geleef, sonder 'n gemeenskapllike gesagstruktuur, bv. 'n opperhoof of stamkaptein. Hulle was klein van postuur en het 'n nomadiese leefwyse gevoer om die jagveld en beskikbare veldkosse ten beste te benut. Hulle het klipwerktuie gebruik en met pyl en boog gejag. Hulle het in grotte of onder takskerms skuiling gevind. Hul unieke rotskuns, bestaande uit tekeninge en gravures, het warskynlik 'n religieuse betekenis gehad.

Slawe en Basters

Hoewel slawerny 'n sosiale euwel was, het dit algemeen voorgekom in die 18de eeu. In die Kaapkolonie is slawe-arbeid as noodsaaklik vir die plaaslike ekonomie beskou. Flukse en bedrewe slawe was 'n finansiële bate en belegging vir hul eienaars, terwyl slawe-arbeid ook vir die Kompanjie finansieel voordelig was. Dit het egter ook meegebring dat talle slawe-eienaars dit as 'n skande beskou het om self hande-arbeid te verrig. Die reisiger Cornelis de Jong het teen die einde van die 18de eeu opgemerk dat weinig burgers self die hand aan die pleog sal slaan of hul arms in die pakhuis sal gebruik.

Slawe in Kompanjiebesit was in die algemeen swakker daaraan toe as dié wat aan private individue behoort het. Die Kompanjieslawe is in Kaapstad gehuisves in die Slawelosie wat in 1679 opgerig is. Die daaglikse toesighouers was self slawe, bekend as mandoers. Die Kompanjie het 'n redelik konstante getal slawe aangehou: hy het 445 slawe in 1714 gehad, 605 in 1742, 625 in 1784 en 509 teen 1793.

Slawe in private besit was gewoonlik beter geklee en opgevoed. Hulle is ook dikwels beter behandel as dié in Kompanjiebesit. Hul baadjies en broeke was van growwe materiaal. Hulle was kaalvoet, maar is toegelaat om 'n hoed te gebruik as hulle Nederlands kon praat. Die slawe uit Wes-Afrika en Madagaskas was fisiek sterk, maar relatief goedkoop weens hul beperkte kommunikasie-vaardighede. Slawe uit die Ooste, bekend as Maleiers, was bekwame vakmanne en baie gesog. Slawe wat aan die Kaap gebore is, was die betroubaarste omdat hulle gewoonlilk nie gedros het nie.

Vooraanstaande slawe-eienaars in en naby Kaapstad het soms tussen tien en 20 slawe besit. Goewerneur W.A. van der Stel het nie minder nie as 200 slawe op sy plaas Vergelegen aangehou. Die gemiddelde getal slawe per eienaar was sowat drie volwassenes. Teen 1710 was daar omtrent ewe veel slawe as vryburgers in die kolonie, maar kort daarna het die slawebevolking die burgerbevolking verbygesteek.

Drostery was 'n voortdurende probleem en het dikwels met diefstal, moord of brandstigting gepaardgegegaan. Slawe wat gedros het en weer aangekeer is, is swaar gestraf. Daar was egter ook erkenning vir getroue diens in die vorm van geld, groter vryhede en selfs emansipasie (vrystelling). Slawe is soms as gesinsgenote behandel.

In 1685 is 'n deel van die Slawelosie in Kaapstad as 'n skool vir slawekinders ingerig. sommige slawekinders het later ook openbare skole bygewoon. In 1779 was daar 84 slawekinders in skole in Kaapstad. In die loop van die 18de eeu is slawe egter toenemend uit die Christelike kerke uitgesluit, o.m. deur bepaling in 1721 dat slawe nie bevoeg was om hul kinders te laat doop nie. Maleise slawe wat Islam aangehang het, kon hul godsdiens ongehinderd beoefen.

Bloedvermenging tussen slawe en Europeërs aan die Kaap het aanleiding gegee tot 'n nageslag wat alombekend was as "Basters". Vanaf die vroegste jare van die Kaapse verversingspos was daar 'n tekort aan hubare vroue. In 1658 het die burger Jan Zacharias met die slavin Maria van Bengale getrou. Sulke huwelike was egter seldsaam. In 1685 het die besoekende kommissaris H.A, van Reede 'n algehele verbod op huwelike tussen burgers en slawe geplaas. Buite-egtelike verhoudings tussen slawe en besoekende  matrose, garnisoensoldate en vryburgers het nogtans voortgeduur. 'n Manlike slaaf wat met 'n wit vrou gemeenskap gehad het, soos Cupido van Bengale in 1681, is hieroor lewend aan die galg verbrand.

In 1685 was daar 58 Basterkinders van "Duitse" vaders, oftewel Wes-Europese afkoms, in die Slawelosie. Die besoekende kommissaris Van Reede het voorsien dat hierdie Basterkinders opleiding in 'n ambag kon ontvang en op 25 jaar vrygestel kon word. Daarenteen, volgens die Romeinse reg, moes buite-egtelike kinders die status van die moeder (in hierdie geval 'n slavin) aanvaar en sou hulle slawe moes bly. Eers teen 1775 is wetlik bepaal dat 'n slawe-eienaar nie 'n slavin en haar Basterkinders mag verkoop nie en dat hulle ná die eienaar se dood bevry moet word.

Die Basters was nie werklik by enige groep aan die Kaap tuis nie. Gedurende die 18de eeu was hulle 'n minderheidsgroep en is daar vanweë heersende vooroordele soms op hull neergekyk. Nogtans was sommige Basters suksesvol en welvarend, bv. J.A. Vermaak. Hoewel sy moeder 'n slavin was, is hy in 1803 tot lid van die Gemeenteraad (plaaslike bestuursliggaam) in Kaapstad verkies. Teen die einde van die 18de eeu was daar sowat 2 000 Basters wat as gedoopte Christene erken is. Die basters het gewoonlik met ander vryswartes getrou, maar selde met Khoekhoen. Bastes was belastingpligtig en het kommandodiens teen die Boesmans verrig. Sommige Basters het die kolonie in die 18de eeu verlaat. Een so 'n groep onder leiding van Adam Kok het noordwaarts oor die Garieprivier getrek en teen 1813 die benaming Griekwa aanvaar. Hul leefwyse het grootliks met dié van die veeboerpioniers ooreengestem.

In die nadraai van die Franse Revolusie, wat die beginsels van vryheid en gelykheid vooropgestel het, het slawerny in die Kaapkolonie op 1 Desember 1834 tot 'n einde gekom. Dit was die grootste humanitêre daad in die Britse Ryk in die 19de eeu, hoewel verligte denke en maatreëls om die lot van slawe te verlig reeds tydens die Nederlandse era aan die Kaap merkbaar was.

Pioniersvroue

Buitengewoon hoë eise is aan die fisieke en geesteskrag van die relatief klein getal wit vroue gestel gedurende die vestiging en uitbreiding van die Kaapse nedersetting. Om in sulke pioniersomstandighede aan te pas en te oorleef, het ondernemingsgees, toewyding en praktiese vaardighede vereis.

Maria de la Quellerie, die vrou van Jan van Riebeeck, was as kommandeursvrou by almal bemind en hooggeag. Sy is beskryf as aantreklik, saggeaard en volhardend. Haar Franse herkoms en Protestantse oortuigings het besoekers beïndruk. In 1653 het sy die intelligente jong Khoekhoenmeisie Krotoa (ook bekend as Eva) in haar huishouding opgeneem en haar algaande aan die taal, leefwyse en godsdiens van die Nederlanders bekendgestel. Soedoende is sy toegerus met die nodige vaardighede as toekomstige tolk, Christelike dopeling (1662) en huweliksmaat vir amptenaar en chirurgyn Pieter van Meerhoff (1664). Maria en haar gesin het reeds in 1662 na Batavia vertrek waar haar man kommandeur van Malakka geword het. Maria is twee jaar later daar aan pokke oorlede.

Die ongeletterde Annetje Boom, ook bekend as "Annetje de Boerin", het besondere ondernemingsgees in die vroeë Kaapse nedersetting aan die dag gelê. Sy was die vrou van Hendrik Boom, die hooftuinier van die Kompanjie aan die Kaap. Sy was kontraktueel verbind om melk, botter en karringmelk aan die plaaslike gemeenskap te lewer. boonop het sy teen verboeding herberg aan besoekers gebied. Ondanks baie teenspoed (storms, brand, dros van arbeiders, diefstal en oorlog) is haar hardwerkendheid met sukses bekroon. In 1665 kon sy met haar gesin na Nederland terugkeer. Ander erkende baanbrekers in die boeregemeenskap was die Duitse vrou Catharina (Trijn) Ras in die Steenberg-omgewing en die beginselvaste Hugenoot Sara de Clercq (later du Toit) van Stellenbosch.

Weens die chroniese tekort aan hubare wit vroue in die vroeë kolonie, het sommige burgers met vryswartes in die huwelik getree. Kinders  uit sulke verbintenisse is gemaklik in die destydse samelewing opgeneem. Angela (Ansiela)  van Bengale is as vrygemaakte slavin getroud met die burger Willem Basson. Ná die dood van haar man in 1689 was sy 'n suksesvolle sakevrou. Haar dogter Anna de Koning ht met die bekende kaptein Olof Bergh van die Kaapse garnisoen in die huwelik getree.

Sommige vroue het in die afwesigheid van  mediese praktisyns waardevolle versorgingsdiens in die Kaapse samelewing gelewer. Maria Buisset was byvoorbeeld in die vroeë 18de eeu 'n erkende vroedvrou en baanbreker op mediese gebied.

Die vroue van Kaapse goewerneurs soos Maria (eggenote van W.A. van der Ste;), Elizabeth (eggenote van Rijk Tulbagh) en Reinet (eggenote van Cornelis van de Graaff) was toonaangewend as ondersteuners van hul m ans, m aar nie noodwendig gewild nie. Ander bekende vroue in die laat 18de eeu aan die Kaap was Johanna Duminy van die plaas Bokrivier naby Swellendam, Anna Maria Truter, eggenote van die reisiger John Barrow, en lady Anne Barnard, eggenote van die koloniale sekretaris aan die Kaap tydens die eerste Britse besetting van die kolonie. Sonder hierdie vroue se dagboeke sou ons vandag veel minder van die alledaagse leefwyse aan die Kaap geweet het.

Augusta, dogter van kommissaris-generaal J.A. de Mist, het bekendheid verwerf met haar dagboek in Frans wat sy tydens 'n reis met haar vader in 1803 en 1804 bygehou het. Die dorp en distrik Uitenhage is na hul ou familienaam vernoem. Dan was daar ook die merkwaardige Catharina, suster van die Kaapse predikant, ds. Helperus Ritzema van Lier, wat 'n groot yweraar vir sending en evangelisasie was. Haar skryfwerk en poësie was tipies van die opkomende mistiek en filantropie van die laat 18de eeu.

Die kerk en die Kaapse samelewing

Die Gereformeerde Kerk het 'n onontbeerlike rol gespeel en was op verskeie terreine by die gemeenskap betrokke tydens die bykans anderhalf eeu van Nederlandse beheer oor die Kaapkolonie. Reeds met die stigting van die verversingspos in 1652 is die Gereformeerde kerklike tradisie aan die Kaap bevestig. Die kerk het veral hoop gebied aan 'n afgeleë en grootliks geïsoleerde wit samelewing

Die amptelike gebed wat die Here XVII aan Van Riebeeck voorgeskryf het, het duidelilk vermeld dat die Christendom aan die Kaap bevestig en uitgebou moet word. Aanvanklik moes die sieketrooster Willem Wijlandt en sy opvolgers omsien na die geestelike behoeftes van die plaaslike gemeenskap, insluitend die Khoekhoen en slawe. Die eerste geordende leraar van die Kaapse gemeente, Joannes van Arckel, het in 1665 diens aanvaar, maar sterf reeds 'n paar maande ná sy aankoms. Sowel pre;dikante as sieketroosters was besoldigde amptenare van die VOC en moes hul werkgewer se belange dien. Aanvanklik is gereelde kerkdienste in die fort en daarna in die Kat van die Kasteel gehou totdat ds. Petrus Kalden in 1704 'n nuwe kerkgebou op die perseel naby die Kompanjiestuin ingewy het waar die Groote Kerk vandag staan. Sieketroosters het voortgegaan om arbeiders by die Kompanjie se talle biuteposte te bedien.

Die vryburgers was nie verplig om kerkdienste op Sondae by te woon nie. Vanweë groot afstande moes hulle baie moeite doen om die sakramente van doop en nagmaal te ontvang. Nuwe gemeentes is algaande gestig: Stellenbosch (1686), Drakenstein (1691), Roodezand (1743) en Swartland (1745). Ouderlinge en diakens is uit die geledere van amptenare en vryburgers in kerkrade aangestel. Sowat 45 predikante het tydens die Kompanjiestyd aan die Kaap diens gedoen. Hulle is vooraf streng gekeur deur die kerklike ring van Amsterdam en die Here XVII.

Die eerste gekombineerde kerkvergadering of ring van die vyf gemeentes in die kolonie het in 1746 onder voorsitterskap van ds. Franciscus le Sueur byeengekom om gemeenskaplike sake te oorweeg. In 1759 het die Politieke Raad onverwags hierdie sittings verbied omdat hy van mening was dat dit sy plaaslike oppergesag bedreig. Hoewel die gesag van die Kompanjie oor die Kaapse kerk gehandhaaf is, bv, deur die aanstelling van predikante en sieketroosters, het persoonlike godsdiensvryheid tog bestaan. Daar was ongetwyfeld Lutherane, Katoleke en ander geloofsgenote onder die amptenary en vryburgers, Protestantse Hugenote wat in die kolonie 'n tuiste gevind het, is mettertyd geassimileer in die plaaslike kerk. Moslemslawe en politieke bannelinge uit die Ooste het as geloofsgemeenskap hul eie identiteit in die Kaapse samelewing behou.

Die tradisionele opvattings van die plaaslike Khoekhoen is mettertyd vervang deur Europees-georiïnteerde akkulturasie en die geloofsoortuigings van ander bewoners van die kolonie. Sendingwerk onder die Khoekhoen het aanvanklik informeel en sporadies plaasgevind, o.m. aan huis van ds. Petrus Kalden te Zandvliet vroeg in die 18de eeu. Met die koms van die Morawiese sendeling Georg Schmidt in 1737 het sendingwerk doelgerig op Baviaanskloof (die latere Genadendal) begin. In 1744 moes Schmidt weens plaaslike teenkanting na Europa terugkeer. Eers weer in 1792 kon die Morawiërs met hernude ywer hul werk daar voortsit. Dit was veral aan die sendingywer van die Kaapse predikant, ds. H.R. van Lier, te danke dat teen 1788 'n groot herlewing onder Christene aan die Kaap plaasgevind het. Dit het tot meer aktiewe evangelisasie van slawe en die Khoekhoen gelei.

Tydens die Nederlandse era aan die Kaap het die kerk en onderwys hand aan hand gegaan. Basiese geletterdheid was in pioniersomstandighede nodig om die Bybel te kon lees en die kategismus te bemeester. Die sieketrooster Pieter van der Stael het in 1658 'n slaweskool begin. Sy opvolger, Ernestus Back, het in 1663 deeltyds die eerste openbare skool in die nedersetting behartig. Die eerste persoon wat uitsluitlik as onderwyser aangestel is, was Daniel Engelgraaf. In 1683 volg ook die stigting van 'n skooltjie in Stellenbosch om aan die onderwysbehoeftes van die uitbreidende gemeenskap te voldoen. Teen 1714 het goewerneur De Chavonnes 'n kommissie van skolarge aangestel wat die funksie en vergoeding van alle skoolmeesters in die kolonie moes orden en beheer.

Verskeie Europese sendinggenootskappe het ook teen die einde van die 18de eeu onderwys vir slawe, vryswartes en Khoekhoen bevorder. Tydens die Bataafse bewind (1803-1806)  het kommissaris-generaal J.A, de Mist se verligte Skoolorde die bedryf van openbare skole geskei van die kerk se verantwoordelikheid. Ook die Kerkorde van De Mist was omvattend en liberaal, maar het die oppergesag van die staat oor die kerk gehandhaaf.

Konfrontasie en transformasie, 1750-1806

In die laaste sowat vyftig jaar van die Nederlandse era is die Kaapse samelewing gekenmerk deur merkwaardige uitbreiding en vooruitgang te midde van sekere remmende faktore. Die kolonie se grense is uitgebrei ondanks die Kompanjie se beperkende monopolistiese handelsbeleid. Die burgers het toenemend bewus geword van hul identiteit, belange en vooruitsigte. Plaaslike amptenare en vryburgers het nuwe ekonomiese geleenthede in eie belang probeer benut.

In opdrag van goewerneur Rijk Tulbagh het August Beutler in 1752 die binneland ooswaarts verken. Toe hy die Keiskammarivier bereik, het hy berig dat dié rivier in die praktyk die skeiding vorm tussen die weivelde van die Khoekhoen, spesifiek die Conaquas, en die swart mense (die Suid-Nguni of Xhosa). Eers 26 jaar later, in 1778, het 'n nuwe goewerneur, Joachim van Plettenberg, 'n ooreenkoms met sommige Xhosaleiers gesluit waardeur die Groot-Visrivir as die oosgrens van die Kaapkolonie eerbiedig moet word. In 'n oopgrens-situasie was dit moeilik om "skuldiges" aan te dui en wedersydse oorskrydngs van hierdie reëling het tot drie Oosgrensoorloë in die 18de eeu gelei, in 1779, 1793 en 1799.

Intussen het burger Pieter de Bruyn in 1738 'n ongemagtigde ekspedisie na die gebied noord van die Gariep gelei. Hulle het vee in Groot-Namakwaland verkry. Veel later, in 1760, het die ondernemende olifantjagter, Jacobus Coetzee, die Garieprivier by Gudaos (Skaapdrif) oorgesteek en deurgedring tot by die huidige Warmbad (Aigams). 'n Volgende ekspedisie, onder kaptein Hendrik Nop, na dieselfde gebied het geen finansiële voordeel vir die Kompanjie opgelewer nie. In 1779 het kolonel Jacob Gordon die Gariep hernoem tot die Oranjerivier ter ere van die Nederlandse koningshuis.

Die heldedaad van Wolraad Woltemade

Tydens 'n hewige storm in Tafelbaai op 1 Junie 1773 het die vaartuig De Jonge Thomas 'n sandbank naby die monding van die Soutrivier getref. Die skip het kort daarna in twee stukke gebreek. Toe nuus van die tragedie die Kasteel bereik, is dertig soldate gestuur om goedere te bewaak wat uitspoel. Terwy die storm voortgewoed het, kon niks vir die 203 opvarendes aan boord van die skip gedoen word nie.

Die vader van een van die diensdoende soldate, die bejaarde en arm melkboer, Wolraad Woltemade, het vir sy seun kos na die strand gebring. Toe hy die uiterste nood van die skipbreukelilnge besef, het hy dadelik op sy wit perd gespring en die woeste golwe aangedurf. Só het hy begin om telkens twee persone veilig aan wal te bring. Veertien skipbreukelinge is gered, maar toe die uitgeputte ruite en perd die agtste keer die sinkende skip bereik, het ses beangste persone tegelyk op hulle afgespring. Almal het saam met Woltemade en die perd in die ysige golwe verdwyn. Die skip het verbokkel en slegs 53 persone het uiteindelik daarin geslaag om op wrakstukke die strand te bereik.

Volgens die Sweedse reisiger Anders Sparrman was Woltemade se heldedaag nog meer merkwaardig omdat hy blykbaar nie kon swem nie. Sy onverskrokke en lewensopofferende reddingsdaad maak hom die eerste held van die Europese nedersetting aan die Kaap

In 1779 en 1782 het georganiseerde verset deur die Kaapse burgers teen die VOC se ekonomiese beperkings en die Kompanjiesamptenare se ongevoeligheid vir hul probleme tot omvattende memories (petisies) aan die Here XVII gelei. Die Patriotte, soos die Kaapse burgers hulself genoem  het, het hulle opgestel teenoor die welvarendes, wat hulle die Mamelukke genoem het (na aanleiding van die benaming van die heersersklas van voormalige slawe in Egipte).

Die Patriotte is beïnvloed deur die denke oor vryheid en gelykheid in Europa, asook die Amerikaanse Vryheidsoorlog (1775-1783). Hul vertoë het slegs beperkte sukses behaal, maar hulle het tog groter verteenwoordiging vir burgers in die Raad van Justisie gekry, terwyl die ongewilde en eiewillige fiskaal Willem Boers in 1783 afgedank is.

Intussen het die oorlog tussen Nederland en Brittanje in 1781 tydelike ekonomiese verligting van die produsente in die kolonie meegebring. 'n Groot Franse vloot onder kommodoor Pierre André de Suffren het in Tafelbaai aangekom en die Kaapse garnisoen met twee regimente versterk. Die toename in skeepsverkeer het die azfset van die kolonie se oorskot landbouprodukte verseker. Kaapstad het spoedig die bynaam "Petit Paris" (Klein Parys) gekry en die inwoners het dinamies en welvarend voorgekom.

Onder 'n nuwe goewerneur, Cornelis Jacob van de Graaff, is in 1785 begin om die vestingwerke in en om die Kaapse Skiereiland aansienlik uit te brei en 'n groot nuwe hospitaal op te rig. Dit het in die algemeen 'n spandabele lewenstyl bevorder. Tydens sy bewind was die kolonie se uitgawes vier keer groter as tydens die voorafgaande Van Plettenberg-era. Die Here XVII het Van de Graaff gevolglik in 1791 na Nederland ontbied.

Twee besoekende kommissarisse-generaal van die VOC, Sebastiaan Nederburgh en Sijmon Frykenius, het in die jare 1792 en 1793 ingrypende besparingsmaatreëls, eweredig verspreide belastingverhogings, vryhandel met Nederland en beperkings op die uitgebreide magte van die fiskaal aangekondig. Die implementering daarvan is aan kommissaris-generaal Abraham Josias Sluysken oorgelaat, maar hierdie ingryping was te laat en onvoldoende.

Die Kaapse Patriotte se verset in die afgeleë buitedistrikte van Graaff-Reinet en Swellendam het 'n nuwe dimensie aan hul ontevredenheid gegee. Ontstoke burgers het op 6 Februarie 1795 die ongewilde landdros Honoratus Maynier van Graaff-Reinet verjaag en die gesag van die Kompanjie verwerp. Voortaan moes alle ampsdraers deur die "algemene volkstem" aangewys word en sou trou net aan die State-Generaal (as die hoogste regerende liggaam) in Nederland betoon word. In Swellendam het die Patriotte ook op 18 Junie 1795 die gesag van die Here XVII verwerp. Die burgers het Hermanus Steyn as "nasionale landdros" en Petrus Delport as "nasionale kommandant" verkies.

Kleurryke figure van die koloniale grensgebiede

Die afgeleë noordellike en oostelike grense van die kolonie is gekenmerk deur die wisselwerking tussen die verskillende gemeenskappe wat daar gewoon het. Elke gemeenskap was vir sy voortbestaan afhanklik van sy eie inisiatief en hulpbronne. al die gemeenskappe het na selfhandhawing en oppergesag gestreef, maar met 'n oop grens was niks ooit seker of stabiel nie. In dié omstandighede het 'n unieke kommandostelsel ontwikkel en het die sekere natuurlike leiers na vore getree. Van dié leiers se motiewe en optredes was dikwels nie in pas met dié van die Kaapse owerheid of die Here XVII nie.

Eenvoorbeeld is Adam Kok (ca. 1710- ca.1795), wat as vrygestelde slaaf in die omgewing van die hedendaagse Piketberg gewoon het. Teen die middel van die 18de eeu het hy weidingsregte op die plaas Stinkfontein gehad en talle Basters en Khoekhoen om hom versamel. Teen 1771 het hy na die Kamiesberg en Gariepomgewing uitgewyk om olifante te jag vir ivoorhandel. Hy het altyd vriendskaplike betrekkinge met die Kaapse owerheid gehandhaaf en as patriarg van sy volgelinge opgetree. Sy nageslag is in 1813 op aanbeveling van die sendeling John Campbell oorgehaal om die onderskeidende naam Griekwa te aanvaar en hu seter by Klaarwater is na Griekwastad hernoem.

Adriaan van Jaarsveld (1746-1801) is ook gebore en getoë in die omgewing van Piketberg. Teen 1770 vestig hy hom as veeboer in die Sneeuberg. Hy word spoedig as veldkorporaal en daarna as veldwagmeester aangestel om met kommando's teen die plunderende Boesmans op te tree. Ná die eerste Oosgrensoorlog (1779-1780) vestig hy hom in die Kamdeboo en word aangestel as veldkommandant. Sy kommando tree op teen Xhosa-oortreders en lê beslag op 5 300 beeste. Van Jaarsveld was 'n dapper en vernuftige militêre leier, maar ook roekeloos en individualisties.

Hy word as heemraad in die nuwe distrik Graaff-Reinet (1785) aangestel, maar bots spoedig mt landdros Maynier se liberale opvattings. In 1795 neem hy deel aan die burgerlike opstand teen die Kompanjiesgesag in Graaff-Reinet. Vier jaar later word hy daarvan beskuldig dat hy 'n kwitansie vervals het en word gearresteer. Onderweg na Kaapstad word hy bevry deur burgers onder die leiding van Marthinus Prinsloo, maar hy word uiteindelik weer gearresteer. Hy is saam met m ede-rebelle in die Kasteel aangehou waar hy in aanhouding sterf.

Petrus Pienaar (1750-1796) was afkomstig uit die distrik Tulbagh en het bekendheid verwerf as jagter, gids en avonturier buite die grense van die destydse kolonie. Hy het aan minstens twee ekspedisies na die onbekende binneland deelgeneem, in 1779 saam met kolonel R.J. Gordon na die Gariep (Oranjerivier) en in 1793 met Sebastiaan en Dirk van Reenen na die Swakoprivier in die hededaagse Namibië. In 1790 het Pienaar as spreekbuis vir die burgers en ander wetsgehoorsame ingesetenes van die Hantam en omstreke opgetree. Hy word uiteindelik veldwagmeester, maar is nie gewild as organiseerder van kommando's teen Boesman-plunderaars nie. Teen 1790 was Pienaar met die hulp van Jager Afrikaner (nie te verwar met die burgers as Afrikaners nie) en sy Khoekhoen- en Bastervolgelinge in beheer van die doeltreffendse gevegsorganisasie in die noordgrensgebied. Pienaar het wapens en ammunisie aan sy bondgenote verskaf om aan kommando's deel te neem, maar op die ou einde het hulle teen hom gedraai. Hy, sy vrou en dogter is in Maart 1796 deur die Afrikaners op sy plaas Elandsdrif naby die hedendaagse Calvinia om die lewe gebring.

Die leier van die Afrikaners, Jager Afrikaner (circa 1750-1823), was sekerlik die mees omstrede randfiguur in Klein- en Groot-Namakwaland. Hy was van gemengde slawe- en Khoekhoenafkoms. Ná die moord op Pienaar vlug Jager en sy volgelinge na die Benede-Gariepgebied om hul vervolgers te ontwyk. Hy word spoedig 'n berugte rowerbende wat 'n skrikbewind voer. Die Afruikaners het hul veestapel uitgebrei en ook ander vlugtelinge om hulle versamel. Hul hoofnedersetting was uiteindelik by Hamis, oos van die hedendaagse Warmbad in Namibië.

Jager het sy rowery teen 1810 tydelik gestaak nadat sendelinge van die Londense Sendinggenootskap (LSG) in sy gebied aangekom het. Die Duitser Johannes Seidenfaden het daar onderwys aan die kinders van Afrikaner en sy mense gegee. Afrikaner het besef dat dit vir hom en sy volgelinge sou baat om ook op handels- en politieke gebied op goeie voet met die sendelinge en die Kaapse owerheid te wees. Sy positiewe beeld is bevorder toe die sendeling Johann Ebner hom en sy familie in 1815 gedoop het.

In 1819 besoek Jager Afrikaner Kaapstad saam met die sendeling robert Moffat en ontvang van die owerheid 'n ossewa en paspoort vir toegang tot die kolonie se markte. Ná sy dood is hy opgevolg deur sy seun Jonker Afrikaner (1790-1860).

'n Nuwe bewind

In Junie 1795 het die uurglas leeggeloop vir die Kompanjie toe 'n groot Britse vlootmag onder bevel van admiraal George Keith Elphinstone en troepe onder aanvoering van generaal-majoor James Craig in Simonsbaai aankom. Intussen was Nederland onder Franse beheer en het die stadhouer, die Prins van Oranje, na Engeland uitgewyk. Kommissaris-generaal Sluysken en lede van die Politieke Raad kon nie oortuig word dat die Britte slegs edele motiewe gehad het  met hul versoek om die kolonie namens die Prins van Oranje tydelik teen Franse anneksasie te beveilig nie.

Toe aanvanklike onderhandelings misluk, het die Britte tot militêre optrede oorgegaan. Die halfhartige plaaslike verdediging van Muizenberg op 7 Augustus en die aankoms van Britse troepeversterkings onder bevel van generaal-majoor Alured Clark het Sluysken uiteindelik gedwing om 'n verdrag van oorgawe op 16 September 1795 te onderteken. Die Britte se tydelike bestuur van die kolonie het 'n oorbruggingskarakter gehad. Die handhawing van vrede en die status quo het voorrang geniet en baie probleme het onopgelos gebly. Onrus en besware in die samelewing, veral aan die Oosgrens, het nie verdwyn nie.

In Europa het die Vredesverdrag van Amiens, wat op 25 Maart 1802 onderteken is, die nuwe Bataafse regering van Nederland beheer oor die Kaapkolonie gegee. 'n Jaar later het kommissaris-generaal J.A. de Mist en generaal Jan Willem Janssens as goewerneur begin om die kolonie se sake reg te ruk. De Mist se verligte denke het neerslag gevind in die omvorming van die algemene administrasie. Plaaslike sake is in Kaapstad behartig deur ' n Gemeenteraad in plaas van die ou Burgersenaat. 'n Doeltreffende posdiens is ingestel om kommunikasie met die binneland te vergemaklik.

Twee nuwe distrikte, Tulbagh en Uitenhage, is geskep. Veldkornette, wat aangewys is uit die plaaslike inwoners, is in elke wyk aangestel. Die landdros en heemrade is ook gemagtig om burgerlike huwelike te voltrek. De Mist se Kerkorde van 1804 het gelyke beskerming aan die verskillende Christelike geloofsrigtings en die aanhangers van Islam verseker. Insgelyks het De Mist se skoolorde staatsbeheer oor onderwys ingestel waardeur gelyke opvoedkundige geleenthede en geriewe na alle burgers uitgebrei i s. De Mist en Janssens se eerstehandse kennis van die inwoners van die binneland en hul unieke omstandighede het hulle gehelp om realistiese maatreëls te tref en vertroue in te boesem.

Die kolonie het voorts 'n onafhanklike regbank, met reg tot appèl na Den Haag, ontvang. Die amp van die fiskaal is vervang deur 'n prokureur-generaal en Raad van Justisie met gekwalifiseerde regsgeleerdes. 'n Afsonderlike Boedelkamer moes alle boedels afhandel. Op ekonomiese gebied moes vryhandel die landbouproduksie bevorder, maar wisselvallige oeste en afsetprobleme het voortgeduur. Die Koloniale Rekenkamer moes alle openbare fondse beheer. Die Bataafse owerheid het slawerny as ongewens beskou, maar dit moes geleidellik in die kolonie afgeskaf word. Werkgewers moes 'n skriftelike dienskontrak met hul Khoekhoenwerkers sluit om almal se belange te beskerm. Die grensbeleid moes die vrede onderling bevorder. alle beskikbare middele moes aangewend word om die kolonie teen 'n moontlike buitelandse vyand te verdedig.

In Januarie 1806 het die kortstondige Bataafse bestuur skielik tot ' n einde gekom. 'n Groot Britse invalsmag onder generaal-majoor David Baird en die vloot van admiraal Home Popham het op die oggend van 8 Januarie die keur van die Bataafse garnisoen op die vlakte by Blouberg aangeval. toe Janssens se verdedigingslinie knak, het hy met die grootste deel van sy krygsmag teruggetrek na die Hottentots-Hollandbergpas. Janssens het spoedig besef dat verdere weerstand teen die Britse oormag nutteloos sou wees. Ná onderhandelings met die Britse bevelhebbers is 'n onderling aanvaarbare verdrag van oorgawe op 18 Januarie onderteken.

Die tweede Britse besetting sou 'n nuwe dimensie aan die bevolkingsamestelling en aard van die samelewing in die kolonie gee. Daardeur is die kontoere van die samelewing onomkeerbaar verander. Nogtans het baie nederlandse instellings en gebruike lank daarna nog in die Kaapkolonie bly voortleef.

Bl. 39-62

Johan de Villiers

Geskiedenis van Suid-Afrika

Van voortye tot vandag

Fransjohan Pretorius (Redakteur)

ISBN 978-0624-05466-5