Die Minerale Revolusie

Historici beskou die minerale omwenteling, of minerale revolusie, as 'n keerpunt in die 19de eeuse Suid-Afrika weens die ingrypende ekonomiese, sosiale en politieke veranderinge wat dit teweeggebring het. Die ontdekking van diamante en goud het die ekkonomiese swaartepunt na die noorde van die land verskuif en die dryfveer vir geleidelike industrialisasie en die ontstaan van binnelandse stede soos Kimberley en Johannesburg geword.

Suid-Afrika, wat voor 1910 geografies die Brits-beheerde Kaapkolonie en Natal, asook die twee onafhanklike Boererepublieke omvat het, het van 'n landbouland met 'n bestaansekonomie in 'n moderne nywerheidsland ontwikkel. Dié dramatiese ontwikkeling binne enkele dekades was slegs moontlik danksy die tegnologiese uitvindsels en vooruitgang wees die Industriële Revolusie, of Nywerheidsomwenteling, in Wes-Europa en Brittanje. Die Wes-Europese Nywerheidsomwenteling, wat van ongeveer 1750 tot 1850 geduur het, het talle tegnologiese ontwikkelings meegebring, o.m. op die gebied van elektrisiteit, mynbou, metallurgie en ingenieurswese. Dit het weer as dryfveer vir ekonomiese groei gedien. Sonder die tegnologiese vooruitgang en industriële vernuwing sou dit nie moontlik gewees het om veral die diepliggende gouderts van die Witwatersrand te ontgin nie.

Daar is bewyse dat swart gemeenskappe reeds teen 500 v.C. yster, goud en koper in Suider-Afrika ontgin het en dat die Tlhapingstam jare voordat wit delwers die Oranje-Vaal-gebied betree het in diamante handel gedryf het. Vroeë swart gemeenskappe het blykbaar spoelgoud in rivierbeddings in die Tatigebied noord van die Limpopo in die huidige Botswana, asook in die huidige Zimbabwe en Mpumalange gevind. Hulle het dit verwerk en as ruilmiddel gebruik, aanvanklik in hul handel met Arabiese en Indiese handelaars en van die 15de eeu af met die Portugese aan die ooskus van Afrika. In 1685 het goewerneur Simon van der Stel ook ryk neerslae kopererts by die huidige Springbok in Namakwaland ontdek, maar dit is eers sedert 1850 op groot skaal gedelf.

Diamante word ontdek

Op 'n dag in 1867 het die boer Schalk van Niekerk 'n blink klippie by 'n seun van die buurplaas De Kalk op die suidelike oewer van die Oranjeriier in die distrik Hopetown gekry. Sy vermoede dat dit 'n diamant was, is gou bevestig toe dit blyk dat dit 'n diamant van 21,25 karaat is. Dié diamant is later die Eureka-diamant genoem. Kort daarna het 'n Griekwaskaapwagter genaamd Swartbooi 'n groter diamant i n die Oranjeriviervallei opgetel en vir 'n perd, tien beeste en 500 skae aan Van Niekerk verkoop. Van Niekerk het dit vir £11 200 verkoop, wat hom oornag 'n skatryk man gemaak het. Dié diamant van 83,5 karaat is later die Ster van Suid-Afrika genoem.

In die daaropvolgende twee jaar het rondreisende handelaars ruilhandel in diamante met die plaaslike Tlhaping-, Griekwa- en Koranagemeenskappe gedryf. Die groot diamantstormloop het vroeg in 1870 begin nadat ryk diamantgrond by Klipdrift aan die Vaalrivier ontdek is. Teen 1870 was 800 delwers uitgekamp aan die oewers van die Vaal en teen Oktober het dié getal tot 5 000 aangegroei.

Dié vroeë delwerye was spoel- of rivierdelwerye (alluviale diamantafsettings) wat 160 km ver al langs die Vaalrivier gestrek het van die samevloeiing met die Oranjerivier tot by die dorpies soos Klipdrift (die latere Barkly-Wes) en Delportshoop. Die gebied het goou gewemel van delwers en fortuinsoekers, wit én swart,  uit alle vlakke van die samelewing en van alle uithoeke van die land, asook van Brittanje, Europa, Amerika, Brasilië en Australië.

Kort daarna is baie ryker, droë delwerye tussen die Vaal- en Modderrivier by Du Toitspan en Bultfontein oopgestel. In 1871 is nog diamante op die plase van die De Beer-broers gevind. Uitgraweings op die nabygeleë Colesbergkoppie het die grootste konsentrasie diamante ooit opgelewer. Daar was 'n geweldig ryk diamantdraende pyp in vulkaniese klip, ook bekend as kimberliet. Duisende delwers het op die koppie toegesak en kleims afgesteek. Later was daar slegs 'n groot gat waar die colesbergkoppie vroeër was.

'n Diamantkleim

Sodra 'n nuwe diamantveld ontdek is, het dit gewoonlik tot 'n stormloop van voornemende delwers gelei. So het die Kimberleymyn bv. eers as die New Rush-myn bekend gestaan. Elke delwer wat op die diamantveld toegesak het, het vir hom 'n kleim (afgelei van "to claim" in Engels) afgesteek of opgeëis deur vier penne op 'n vierkantige stuk grond in te slaan. Elke kleim was ongeveer 10 m x 10 m groot en daarvoor moes 'n delwer 10 sjielilngs per maand betaal.

In 1873 is besluit om die Colesbergkoppie-omgewing Kimberley te noem, ter ere van die Britse minister van kolonies. Die vier Kimberleymyne (Bultfontein, Du Toitspan, Kimberley en De Beers) was spoedig die middelpunt van die diamantvelde. Nog twee diamantmyngebiede, Jagersfontein en Koffiefontein, is daarna in die suidwestelike Oranje-Vrystaat ontdek, maar hulle was nie naastenby so winsgewend soos die Kimberleygebied nie.

Aangesien daar nie sekerheid was oor die grense van die diamantvelde nie, het verskeie groepe daarop aanspraak gemaak. Ten spyte van aansprake deur die Republiek van die Oranje-Vrystaat, die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), die Griekwas, asook die Tlhaping-, Rolong- en Koranastamme, wat oopgetree het as arbiter in dié geskil, het in 1871 bevind dat die grootste deel van die diamantvelde aan die Griekwas behoort en 'n deel noord van die Vaalrivier aan die Rolong. Kort ná die Keate-uitspraak het die Kaapse goewerneur, sir Henry Barkly, die Griekwahoofman Nicolaas Waterboer en sy volgelinge tot Britse onderdane verklaar en sodoende beheer oor die betwiste diamantvelde verkry. In 1880 is Griekwaland-Wes by die Kaapkolonie ingelyf.

Aanvanklik was die delwerswonings eenvoudige sak- en rietskuilings, pondokke, waens of seiltente. Later is tydelike hout- en sinkgeboue opgerig. Weens 'n gebrek aan paaie en infrastruktuur was vervoer moeilik en goedere besonder duur. Die groei van handelsentra in delwersdorpies, waarvan Kimberley die grootste en vooruitstrewendste was, het ook sakelui en professionele mense soos diamantkopers, prokureurs, slagters, ambagslui en dokters daarheen laat stroom, terwyl permanente baksteengeboue opgerig is waarin winkels, kantore en kantiens gevestig is.

Namate die diamantdelwerye uitgebrei en 'n bedryf in eie reg geword het, het 'n kapitalistiese loonekonomie (gebaseer op die lone wat die werkers verdien) ontwikkel wat 'n groter vraag na arbeid geskep het. Hoewel swart mense, soos die plaaslike Tlhaping, aanvanklik self ook kleims k on besit en bewerk, was die meester werkers in die diamantmyne swart mense wat van elders gewerf moes word. Dit het tot die trekarbeidstelsel gelei.

Swart werkers is gewoonlik te voet na die diamantvelde, waar hulle op kontrakbasis gewerk en daarna teruggekeer het na hul tuistens, tensy hul kontrakte hernu is. Die grootste etniese groepe in die diamantmyne was die Pedi, die Tsonga van Mosambiek en die Sotho van die huidige Lesotho. Veral vir die Pedi was die beskikbaarheid van vuurwapens, verbruiksartikels soos komberse en fietse, asook geld om hul veetroppe mee aan te vul 'n belangrike lokaas na Griekwaland-Wes. Die Sotho het hul loon dikwels gebruik om bruidskat vir hul tradisiionele h uwelike te betaal. Die Tsonga is veral gelok weens die swak ekonomiese toestand, ekologiese rampe en oorloë in Mosambiek.

Die kampongstelsel is ingevoer om huisvesting en voeding aan swart werkers te verskaf. Dit was 'n manier waarop kapitalistiese diamantmaatskappy beheer oor hul werkers kon kry en kon verseker dat hul arbeidsmag konstant bly.

Aanvanklik was die kampongs of slaapsale "oop" en het werkers taamlike bewegingsvryheid gehad. Teen die vroeë 1880's het die oop kampongs tot 20 000 mans gehuisvess. "Geslote" kampongs is egter in 1885 ingestel om diamantdiefstal te probeer voorkom, maar ook om die swart arbeidsmag beter te beheer, produksie te verhoog, koste te verminder en arbeid produktiewer te maak. Die geslote kampongs was volledig toegeruste eenhede wat die werkers afgesny het van die buitewêreld vir die duur van hul kontrakte. Dit is streng bewaak, omhein en bo met ogiesdraad toegemaak om te verhoed dat pakkies met diamante oor die omheiming gegooi word. Toegemaakte gange het na die myningange gelei.

Die toestand in die geslote kampongs  het meestal veel te wense oorgelaat. Benewens die beperkte bewegingsvryheid was die kampongs oorvol en in die  meeste gevalle het die beddens uit sementbanke bestaan en was die geriewe swak. Siektes, veral longkwale soos longontsteking, was aan die orde van die dag, die werkers se kos was ontoereikend en mediese sorg onvoldoende. Die sterftesyfer in die kampongs was dus hoog. Die toestand het eers begin verbeter toe noodsaaklike verbeterings teen 1903 in die kampongs aangebring is.

Die myne wat al hoe dieper geword het, het dit reeds teen 1874 vir die meeste individuele delwers onmontlik gemaak om aan te hou delf. Duur  masjinerie is benodig, maar omdat dié delwers nie oor die kapitaal, vernuf of ondernemingsgees beskik het om met groot maatskappy mee te ding nie, het die meeste hul kleims verkoop. Cecil John Rhodes het besef dat die sentralisasie van die diamantbedyf deur maatskappy saam te voeg die enigste manier is waarop die bedryf sou konv oortbestaan. In 1888 het hy daarin geslaag om die diamantbelange van ander kapitaliste soos Charles Rudd en Barney Barnato saam met syne te voeg in 'n n uwe maatskappy, De Beers Consolidated Mines. Teen 1890 het De Beers ongeveer 90% van die diamantproduksie in die Kimberleygebied gelewer.

Die ontdekking van goud

Goudsoekers en prospekteerders het die hele Transvaal reeds van 1850 af deurkruis op soek na goud. Toe P.J. Marais in 1853 as amptelike goudsoeker van die ZAR aangestel is, het goudprospektering groter momentum begin kry. In Oktober daardie jaar het hy 'n bietjie spoelgoud in die Jukskeirivier ontdek.

Prospekteerders soos die Duitser Karl Mauch het sedert omstreeks 1867 klein goudneerlae by die Olilfantsrivier in Oos-Transvaal (die huidige Mpumalanga) ontdek. Spoelgoud is in 1869 ook noord van Lydenburg ontdek en nog goud is o.m. in die omgewing van die Klein- en Groot-Letabarivier (1870), op die plaas Eersteling naby Marabastad (1871), op Pelgrimsrus (1873) en by die Sheba Reef in die berge bokant Barberton (1884) ontdek. ontdek. Die spoelgoud by Barberton het spoedig honderde prospekteerders, insluitend bekende diamantmagnate soos Alfred Beit en Sammy Marks, gelok. Die goudneerslae in Oos-Transvaal was egter nie baie winsgewend of volhoubaar nie.

Aan die Witwatersrand - die gebied tussen Springs in die ooste en Randfontein in die weste - is daar sedert 1880 ook intensief vir goud geprospekteer. Die gebied het sy naam te danke aan die strome en fonteine wat oor die verbleikte kalkklippe van die hoërliggende rante gevloei het. Prospekteerders soos Jan Bantjes het in 1881 'n skag gesink by Kromdraai, noord van Krugersdorp, en die broers Fred en Harry Struben het in 1884 'n ryk kwartsrif by die Wilgespruit blootgelê. In 1886 het die Australiër George Harrison of die Brit George Walker die Witwatersrand se hoofgoudrif op die plaas Langlaagte ontdek. Die nuus het soos 'n veldbrand versprei en soos in die geval van die diamantvelde het honderde prospekteerders en fortuinsoekers aan die Witwatersrand begin opdaag.

In September 1886 het die ZAR-regering die plase Langlaagte, Randjeslaagte, Turffontein, Doornfontein, Elandsfontein, Driefontein, Roodepoort, Paardekraag en Vogelstruisfontein - almal in die besit van Afrikanerboere - amptelik tot openbare delwerye verklaar. Dit was die stimulus vir die totstandkoming van die grootste goudmynbedryf ter wêreld. Die eerste myne was oopgroef- en oppervlakmyne. Ná 1887 het mynbedrywighede ook by Germiston, Benoni en Nigel aan die Oos-Rand begin.

Steenkool vir kragopweeking is by die nabygeleë Vereeniging en Boksburg ontdek, wat meegebring het dat die goudmyne baie gouer as die diamantmyne gemeganiseerd kon raak.

Dit het gou duidelik geword dat die goudontginningsproses aan die Witwatersrand moeilik en duur sou wees. Die goud was van lae ertsdraende gehalte en etlike tonne goudhoudende konglomeraat moes ontgin word om 'n klein hoeveelheid goud te k ry. Hoewel die dun oppervlaktelaag aanvanklik ontgin kon word, het die 30 km lange goudrif baie dieper gestrek en duur toerusting, plofstof, tegnologiese kennis en groot kapitaalbedrae vereis om ontgin te word. Weens 'n gebrek aan kennis en kapitaal het die eienaars van die gouddraende plase hul grond gou aan kapitaalkragtiger mense verkoop.

In die 1890's is met diepgroefmynbedrywighede begin. Dit was 'n duur, arbeidsintensiewe onderneming waarmee individuele delwers en klein maatskappye nie kon meeding nie. Teen 1889 het 44 mynmaatskappye bankrot gespeel, maar die bedryf is gered deur mynkapitaliste wat hul kapital tussen 1890 en 1892 saamgevoeg het om sg. mynhuise te vorm wat ook deur oorsese kapitaal gerugsteun is. Hierdie mynmagnate en ander groot kapitaliste het as die Randlords bekend gestaan.

Teen 1893 was tien groot mynhuise aan die Witwatersrand bedrywig, waaronder Rand Mines Limited van mynmagnate soos alfred Beit, Hermann Eckstein en Lionel Phillips, Consolidated God Fields of South Afria van Cecil John Rhodes, die Johannesburg Consolidated Investment Company van Barney Barnate en Anglo-French van die George Farrar-groep. Die kapitaalkragtige ondernemers wat die moderne mynbedryf in Suid-Afrika help vestig het, het van Brittanje, Duitsland en Frankryk gekom en dit het 'n sterk Europese invloed aan die ekonomie verleen.

Johannesburg en sy inwoners

In 1886 het die ZAR-regering 'n tweemankommissie aangewys om 'n dorpsgebied vir die duisende fortuinsoekers aan die Witwatersrand aan te wys. Die kommissie het bestaan uit vise-president Christiaan Johannes Joubert en Johann Rissik van die landmeter-generaal se kantoor. Hul keuse het geval op Randjeslaagte, 'n driehoekige stuk "uitvalsgrond" tussen die plase Braamfontein, Doornfontein en Turffontein. Die nuwe dorp het Johannesburg geheet, n.a.v. Joubert en Rissik se voorname en sou uiteindelilk Suid-Afrika se grootste stad word.

Die bevolkingsamestelling van die Witwatersrand het uit drie groepe bestaan wat gesorg het vir 'n diverse en kosmopolitiese samelewing. In die eerste plek was daar geskoolde mynwerkers en ambagslui van Brittanje, die VSA, Europa, Rusland en Australië wat deur relatief hoë lone na die goudvelde gelok is. Hulle het die vakbondwese in Suid-Afrika gevestig. Die vakbonde het groot druk uitgeoefen vir wetgewing oor werkreservering wat die skaars vaardighede o.a. soos bankiers, winkeliers, aptekers, bakkers, hoteleienaars en drankhandelaars, asook Italiaanse, Portugese en Joodse groente- en meldboere. Die Transvaalse burgers het dié groep, wat die Randlords ingesluit het, Uitlanders genoem.

Tweedens was daar 'n groep half- of ongeskoolde plattelandse Afrikaners, bywoners of sg. armblankes. Hulle is veral deur ekonomiese faktore gedwing om 'n beter heenkome in Johannesburg te soek. Die runderpesepidemie van 1896-1897, plae en droogtes, die verwoesing weens die Anglo-Boereoorlog, asook die grootskaalse boerderymetodes van kapitaalkragtige boere, het bestaansboerderye begin insluk en bywoners na die stede gedryf.

Vir arm, ongeskoolde Afrikaners was daar bitter min formele werkgeleenthede in die mynbedryf aan die Witwatersrand. Gevolglik moes baie van hulle hul natuurlike vaardighede en vindingrykheid as entrepreneurs gebruik om 'n bestaan te maak. Voordat Johannesburg deur spoorlyne met die kus verbind is, het talle Afrikanerentrepreneurs by transportry betrokke geraak. Goedere is met ossewaens oor lang afstande van die hawens na die Witwatersrand vervoer. Oor kkorter afstande is goedere pet skotskar ('n wa met 'n kasvormige wipbak wat deur perde of osse getrek is) tussen die Witwatersrandse dorpe geneem. Nadat die spoorlyne na Johannesburg aangelê is, het transportry as bedryf getaan.

'n Tweede bedryf wat Afrikanerentrepreneurs geleenthede gebied het, was openbare vervoer. Voordat Johannesburg teen 1906 'n elektriese tremstelsel gekry h et, het verskeie Afrikaners 'n bestaan gemaak deur as kapkardrywers (die voorlopers van die moderne huurmotor- of taxibedryf) te werk. Die kapkarre is ook deur perde getrek. Teen die middel vand ie 1890's is meer as 1 500 lisensies per jaar aan kapkardrywers uitgereik.

Steenmakery was 'n derde bedryf waarin talle Afrikaners hulle begewe het. In die snelontwikkelende Johannesburg was daar 'n geweldige vraag na boustene. In 1887 het die ZAR-regering 'n deel van die plaas Braamfontein gekoop sodat burgers hul steenmaakbedryf daar kon beoefen. Aanvanklik het die terrein as Brickfields bekend gestaan, maar sedert 1897 het dit amptelik Burgersdorp geheet. Teen die 1890's het moderne steenmaakfabrieke, soos Sammy Marks se Vereeniging Brick & Tile Company, wat groter hoeveelhede stene van beter gehalte kon vervaardig, stelselmatig hierdie vorm van vroeë Afrikanerentrepreneurskap aan die Witwatersrand verdring.

Ongesoolde swart werkers, insluuitend Indiërs, bruin mense en Chinese, het die derde en grootste groep in die Witwatersrandse werkmag uitgemaak. Die goudmynbedryf was nog arbeidsintensiewer as die diamantbedryf en het 'n groot vraag na goedkoop arbeid geskep. Talle swart mense het om dieselfde redes as die Afrikaners verarm, maar ook as gevolg van Britse en ZAR-uitbreiding en hulle is gevolglik na die stede gedryf. Hoe armer hulle geword het, hoe geredeliker het hulle werk in die myne aanvaar. Die trekarbeid- en kampongstelsel om swart mense te huisves, is eweneens in die goudmynbedryf gebruik, hoewel swart mense ook in plakkershutte aan die buitewyke van die stad gewoon het in gebiede wat later as sg. lokasies afgebaken is. Die swart werkmag op die Witwatersrandse goudvelde was hoofsaaklik Tsonga van Mosambiek, Sotho van Basotholand en Zulu van Natal. Hulle is gewerf deur werwingsinstansies van die Kamer van Mynwese, wat as belangeverteenwoordiger van die mynhuise opgetree het. Swart mense het ook as klerewassers, huisbediendes en polisiekonstabels gewerk.

Die AmaWasha: vroeë swart entrepreneurs

Soos vir die ongeskoolde Afrikaner-armblankes en -bywoners was dit vir vele ongeskoolde swart mense uiters moeilik om formele werk te kry en 'n bestaan aan die Witwatersrand te maak. Dit het gelei tot die ontstaan van 'n manlike Zulu-wasgilde, die sg. AmaWasha, wat tussen 1890 en 1914 in Johannesburg bedrywig was. Daar was 'n groot behoefte aan klerewassers onder die stad se wit bevolking, wat aanvanklik grotendeels uit enkellopende mans bestaan het. Die geld wat die klerewassers verdien het, is in grond en beeste in hul tuislande belê.

Aanvanklik het die AmaWasha hul wasserye in strome aan die buitewyke van Johannesburg bedryf, maar uiteindelik is die wasserye in Braamfontein, Aucklandpark, Elandsfontein, Booysens en Concordia gekonsentreer. Teen 1896 was meer as 1 200 klerewassers by die Johannesburgse gesondheidsowerheid geregistreer. Die owerheid se verskuiwing van die wasplekke na ver buite die middestad, tesame met die koms van moderne stoomwasserye, het uiteindelik ook hierdie entrepreneursinisiatief verdring.

Die kampongs aan die Witwatersrand was baie groter en het meer mense gehuisves as dié op die diamantvelde. Dié kampongs was nie so toegekamp soos dié in Kimberley nie, hoofsaaklik omdat die gevaar van diefstal nie so groot soos by die diamantmyne was nie. Daarby moes die goudmynmaatskappye onderling met mekaar meeding en hulle het ook medededinging gekry van die kapitalistiese handelaars in Johannesburg wat wou hê dat werkers vry kon rondbeweeg om hul geld in hul winkels te bestee.

Die mynmaatskappye het aanvanklik selfs probeer omd ie s wart arbeidsmag deur alkohol te beheer wat in biersale op mynterreine verkoop is. Op die koop toe is verdere inkomste uit drankverkope verdien.

Om koste te sny, hul wins te vergroot en die werkmag beter te beheer, het die goudmynmaatskappye swart mynwerkers se lone tussen 1889 en 1890 probeer verminder. Die diepgroefmyne het duur toerusting benodig om die erts so diep te ontgin. Swart vakbonde is verbied sodat hulle nie op georganiseerde wyse vir beter lone kon beding nie. Teenstand deur swart mynwerkers is in bedwang gehou deur 'n versterkte mynpolisiemag, terwyl paswette strenger toegepas is. Daarby is kontrakbreuk in die vorm van drostery 'n kriminele oortreding gemaak.

Ekonomiese gevolge

Voor die ontdekking van minerale was die geografiese Suid-Afrika se ekonomie hoofsaaklik op bestaanslandbou gebaseer en boere het net genoeg vir hul eie behoeftes geproduseer. Die ontdekking van diamante en goud het gelei tot 'n baie lewendiger kontantekonomie met die klem op markgerigte produksie en loonarbeid. Verreweg die grootste deel van die geld wat deur die diamant- en goudporoduksie voortgebring is, is in die ZAR en elders in Suid-Afrika as salarisse en lone uitbetaal en ook gebruik om plaaslike produkte te koop.

Hierdie groot, gekonsentreerde koopkrag het noodwendig ook voorspoed vir boere en nywerhede,asook ander lede van Suid-Afrika gebring. Ná die ontdekking van minerale het die ZAR deel geword van die wêreldekonomie en 'n plek gekry in internasionale ekonomiese kringe. Transvaalse goudaandele is verhandel op die Londense, Paryse en Berlynse aandelebeurse.

Namate die goudproduksie aan die Witwatersrand toegeneem het, het baie van die wêreld se grootste handelslande die sg. goudstandaard aanvaar wat in Brittanje ontstaan het. Dit het makliker geword om goud te aanvaar as die standaard waarteen die wêreld se geldeenhede gemeet is. Dit het Londen, die Bank van Engeland en die Britse pond sterling in die middel van die internasionale handel geplaas.

Die goudstandaard was 'n monetêre standaard waarmee die verhandelingswaarde van lande se geldeenhede teen 'n vaste hoeveelheid fyngooud, of suiwer goud, gemeet kon word. Geldeenhede is m.a.w. gemeet teen die waarde van goud, aangesien die goudprys vasgestel was. Ná die Napoleontiese oorloëe van die 19de eeu het Brittanje ';n geldwaardestelsel aanvaar waarvolgens die een goue pond as 113,0016 grein suier goud beskou is. Volgens wet moes die Bank van Engeland en ander handelsbanke in staat wees om banknote en deposito's op aanvraag vir goud te verruil. Goud het dus as reserwewaarborg vir die waarde van die land se h ele geldvoorraad, soos banknote, gedien. Die hoeveelheid goud wat deur die Bank van Engeland aangehou is, het bepaal hoeveel krediet die bank in die vorm van banknote en deposito's kon uitreik.

Die i n- en uitvloei van goud het skommelings in die geldvoorraad veroorsaak. Dit het weer skommelings in die beweging van pryse veroorsaak. As gevolg van Brittanje se leidende rol in die destydse wêreldhandel, is byna alle lande deur sy ekonomiese skommelings geraak. Daarby het Britse kapitaal die grootste van alle internasionale beleggings in die nuwe Suid-Afrikaanse mynbedryf verteenwoordig. Toe die geweldige groot omvang van die ZAR se goudneerslae eers vasgestel is, het die invloei van goud na die wêreld se geldmarkte dus die probleme m.b.t. internasinale likiditeit (die onmiddellike beskikbaarheid van geld) laat afneem.

Die ZAR was gelukkig dat kapitaal wat deur die diamantbedryf voortgebring is, beskikbaar gestel kkon word vir beleggings in die goudmynbedryf. Die diamantkapitaliste van Kimberley het nie net die geld gehad om in die goudmyne te belê nie, maar kon ook hul ervaring en tegnologiese kundigheid daar aanwend. In baie opsigte was Kimberley se diamantbedryf dus die voorloper van die Witwatersrandse goudmynbedryf. Die p roduksie en uitvoer van diamante het besonder vinnig toegeneem. Tussen 1866 en 1870 was die jaarlikse gemiddelde diamantuitvr slegs £35 700, maar tussen 1881 en 1885 het dit toegeneem tot £3 242 000 (van die totale uitvoer van £8 021 000). Die goudproduksie  het ook vinnig toegeneem. Waar die waarde daarvan in 1885 slegs £6 010 was,  het dit teen 1898 tot £16 241 000 toegeneem. Die ZAR was daardie jaar die grootste enkele goudprodusent en het 27,5% tot die wêreld se goudproduksie bygedra.

Handel en nywerheidsbedrywighede het skielik toegeneem a.g.v. die minerale revolusie. 'n Lewendige invoerhandel het in die Suid-Afrikaanse gebiede ontstaan toe goedere van Brittanje, die VSA, Frankryk en Duitsland ingevoer is. Johannesburg het spoedig in 'n groot stad ontwikkel met 'n gediversifiseerde ekonomie, hoofsaaklik weens die groter omvang van die goudbedryf. Die ZAR het verander van die rarmste tot die rykste staat in die 19de-eeuse Suid-Afrika en pres. Kruger het nou oor die ekonomiese middele beskik om die Transvaalse administrasie te verbeter. Skole, vervoer en openbare werke het aandag gekry.

Die staatsinkomste van die Kaapkolonie, Natal en die Oranje-Vrystaat het eweneens skerp gestyg. Nywerhede het in die Kaapkolonie ontwikkell en in 'n mindere mate in Natal, veral by die Durbanse hawe. Kaapstad ht die finansiële infrastruktuur, die hawe, banke en handelshuise gehad wat die nuwe nywerheidsontwikkeling moes steun, en om sy ekonomiese status te behou, moes die stad kontak met die markte in die diamant- en goudbedrywe probeer behou. Die Kaapkolonie het dus groot bedrae geld in die bou van n uwe spoorweë gestort.

Die diamantbedryf was 'n belangrike ekonomiese stimulus vir die Oranje-Vrystaat, veral omdat dit aan die Kimberleyse diamantvelde gegrens het. Algemene handelaars en ander ondernemings soos Fichardts het takke in Bloemfontein en ander dorpe oopgemaak. In die 1870's was die gemiddelde maandelikse omset van dié ondernemings tussen £4 000 en £5 000.

Die gebrekkige infrastuktuur in die binneland, wat veroorsaak het dat goedere soos mynboutoerusting en voedsel ongereeld oor lang afstande per ossewa na die diamant- en goudvelde vervoer moes word, het egter uitstekende landbougeleenthede gebied. Daar was 'n opbloei in handel na en van Kimberley en die Witwatersrand. Wit en swart boere het landbouprodukte aan die nuwe myngemeenskappe verskaf. Namate die vraag na voedsel op die diamant- en goudvelde toegeneem het, h et binnelandse markte dus uitgebrei en die boere het hul produksie daarby aangepas. 'n Nuwe klem is op intensiewe boerdery geplaas en baie swart en wit boere het met groot sukses oorgeskakel van bestaans- na kommersiële boerdery. Suiwelprodukte, hoendervleis, groente, vrugte, koring en mielies was sterk in aanvraag. So h et die Tlhaoping bv. ook hul landbouproduksie verhoog om te voorsien in die behoeftes van die Kimberleyse myngemeenskap.

Hout was aanvanklik die enigste energiebron vir die diamantvelde. Weens die skaarste van brandhout het 'n lewendige handel daaron ontstaan wat goeie wins vir die Tlhaoping opgelewer het. So ook het Sothokoringboere 'n groot bydrae tot die verhoogde landbouproduksie in die sentrale binneland gelewer.

In die Oos-Kaap het die Mfengu hoogs suksesvolle beees-, graan- en wolboere geword en sterk mededinging aan wit boere gebied. In die distrik Herschel het swart boere baie sorghum en koring geproduseer. In die Kaapkolonie het die produksie van gewasse, wyn en brandewyn en die wamakersbedryf by Wellington 'n hupstoot gekry. In die distrik Oudtshoorn  het die volstruisboerdery vooruitgegaan omdat modebewuste vroue volstruisvere wou hê.

Een van die onmiddellike gevolge van die minerale revolusie was dat infrastruktuur soos paaie, spoorweë, hawegeriewe en telegraafverbindings opgegradeer en uitgebrei moes word. Spoorlyne is van Kaapstad, Port Elizabeth en Oos-Londen na Kimberley aangelê. Die spoorlyn van Kaapstad af het Kimberley in 1885 bereik.

Die koms van die spoorweë het 'n skerp daling in die pryse van voedsel, goedere en brandstof meegebring. Hierdie kommoditeite kon nou vinnig en goedkoop na Kimberley vervoer word. Dit het Tlhaping- en Sothoboere egter nadelig geraak. Goedkoop Walliese steenkool is nou na Kimberley gebring, wat die Tlhaping se winsgewende handel in brandhout beëindig het. Ingevoerde Amerikaanse koring was ook goedkoper as dié van die Sotho. Dit, tesame met te min grond en ekologiese probleme het daartoe gelei dat voorheen welvarende Sothoboere verarm geraak het. Vir die myneienaars was dit egter 'n voordelige ontwikkelling, aangesien baie Tlhaping en Sotho deur hul ekonomiese omstandighede gedwing sou word om goedkoop arbeid in die myne te kom verrig. Spoorlyne van Delagoabaai (nou Mapupto), Durban en die Kaapse hawens het die Witwatersrand ook teen die middel-1890's bereik. Dit het egter wit en swart transportyers se inkomste tot net gemaak.

Die minerale revolusie het ook die ontwikkeling van sekkondêre nywerhede tot gevolg gehad. Om in die behoeftes op die diamant- en goudvelde te kon voorsien, het nywerheidsgroei in die hawestede plaasgevind. Sekondêre nywerhede, waarvan baie groot, kapitalistiese maatskappye was, is oral in Suid-Afrika opgerig en het algaande die nodige toerusting, klere en luukse goedere voorsien wat die groeiende bevolking benodoig het. In die Oranje-Vrystaat, wat aan die diamantvelde gegrens het en 'n belangrike skakel in die produsent- en vervoernetwerk was, het 'n leerlooiery, 'n aantal smidswinkels en 'n konstruksiemaatskappy vir die bou van brûe in die 1870's ontstaan.

In die ZAR het die uitbreiding van sekondêre nywerhede met die toepassing van pres. Kruger se berugte konsessiebeleid gepaardgegaan. Konsessies vir die verskaffing van water, sanitasie, elektrisiteit en dinamiet is op 'n monopoliebasis toegeken aan aan individuele maatskappy of mense wat Kruger se guns gewen het. Nyweraars soos Allois Nellmapius en Sammy Marks is toegelaat om fabrieke opte rig wat goedere soos stewels, glasbottels, ingelegde vrugte, vleis en drank verskaf het. Marks en sy swaer, Isaac Lewis, het ook steenkool by Witbank en Vereeniging begin ontgin om brandstof aan die myne te verskaf.

Kruger se konsessiebeleid het hom egter die gramskap van die mynmagnate (die Randlords) op die hals gehaal omdat hulle gemeen het dit strem vrye onderneming. As gevolg van die verbterde finansiële posisie kon Kruger die swart gemeenskappe in die ZAR ten volle beheer en kon hulle ingetek word as loonarbeiders in die groeiende kapitalistiese ekonomie.

Die ontwikkeling van sekondêre nywerhede tot 'n groot vraag na energie gelei. So het Kimberley al in 1882 elektriese straatligte gehad terwyl gasligte nog in 'n wêreldstad soos Londen gebruik is. Aan die Witwatersrand het private maatskappye soos die Rand Central Electric Works Limited hul eie kragsentrales gebou. Die eerste steenkoolkragsentrale is in 1897 by Brakpan in bedryf gestel.

Toe mynbedrywighede ná die Anglo-Boereoorlog hervat is, het die behoefte aan kragsentrales toegeneem. 'n Konsortium, die Victoria Falls and Transvaal Power Company (VFP), waaruit Eskom later sou ontwikkel, is gevorm. Die VFP was verantwoordelik vir die oprigting van verskeie kragsentrales, o .m. by Vereeniging in 1912.

Sosiale gevolge

'n Direkte gevolg van die minerale revolusie was 'n grootskaalse bevolkingstoename op die diamant- en goudvelde. Die toenemende verstedeliking in veral die ZAR ná 1880 het tot die ontvolking van die platteland gelei. Die verstedeliking het sekere sosiale probleme en verdelings tot gevolg gehad.

Reeds van 1870 af was Kimberley, met 'n bevolkling van oor die 50 000, sosiaal-geografies op grond van ras verdeel. Benewens die kampongs het 'n groot aantal swart mense in sg. lokasies buite die dorp gewoon. In 1879 is 'n amptelike beleid aanvaar waarvolgens woonbuurtsegregasie tussen swart en wit toegepas is. Die grootste sosiale euwels was drankmisbruik - daar was kroeë om elke hoek en draai - dobbelary, wat dikwels tot bakleiery, aanranding en moord gelei het, en prostitusie. Laasgenoemde het daarmee saamgehang dat baie min vroue aanvanklik hul mans na die diemantdelwerye vergesel het.

Diamantsmokkelary, of IDB ("illicit diamond bying"), veral waar skelm wit mans gesteelde diamante onwettig by swart werkers gekoop het, was 'n groot probleem.

In Kimberley is hotelle opgerig waar maaltye aan plaaslike inwoners voorgesit is en waar danspartytjies en konserte gehou is. Teaters het ook tot stand gekom waar konserte, revues en melodramas opgevoer is. Kimberley se perderenbaan is in 1872 aangelê en verskeie sosiale klubs, asook 'n wedren- en tennisklub, is gestig. Daarby is plaaslike kkoerante uitgegee en 'n oopenbare biblioteek, kerke, moskeë en 'n sinagoge opgerig. Kimberley se munisipale bestuur het in 1878 tot stand gekom.

In Johannesburg het die eerste sinkkaias (huisies) gou plek gemaak vir baksteengeboue. Woonbuurtvorming vir swart en wit het 'n soortgelyke sosiale ondreskeidingspatroon as i n Kimberley gevolg en die opvallende klasseverskil tussen ryk en arm weerspieël. Teen 1896, slegs tien jaar nadat die dorp op die kaal Hoëveldse vlakte ontstaan het, het Johannesburg reeds 'n bevolking van 100 000 gehad waarvan ten minste twee derdes mans tussen twintig en veertig j aar oud was. Wit werkers het in talle losieshuise naby die myne geloseer of in werkersklaswoonbuurte soos Fordsburg, Jeppe, Malvern, Mayfair, Vrededorp, Burgersdorp, Troyeville, Turffontein, Booysens en Langlaagte gewoon. Duisende armblankes, swart mense en Indiërs  het aanvanklik saam in vervalle agterbuurtes soos Ferreirasdorp en Brickfield (Braamfontein) gewoon waar die l ewensomstandighede en gesondheidstoestande haglik was.

Soos in Kimberley het sosiale euwels soos oorvol woonplekke, onhigiëniese toestande, swak behuising, alkoholmisbruik, prostitusie en sedeloosheid voorgekkom. Daar was ook 'n verlies aan tradisionele waardes, rassisme, wapensmokkelary en ander misdaad. Dit het egter meer algemeen in Johannesburg voorgekom omdat dié stad 'n groter en meer kkosmopolitiese bevolking gehad het en daar 'n groter behoefte aan gedkoop arbeid was.

Die meer welgestelde inwoners het in voorstede soos Doornfontein, Ophirton, Yeoville, Houghton en Berea gewoon, terwyl die Randlords die deftige Parktown, ver van die mynskagte en fabrieke, verkies het.

Talle skole en kerke is sedert die ontstaan van Johannesburg opgerig. Verskeie sosiale klubs, soos die eksklusiewe Rand Club vir die welgesteldes, en klubs en verenigings vir vryetydsbesteding is opgerig. By die Wanderers Club is sportsoorte soos krieket, rugby, atletiek en fietsry aangebied.

Die betrkllik snelle aanwas van die Suid-Afrikaanse bevolking het die tempo van ekonomiese ontwikkeling weerspieël. So het die wit bevolking wat in 1875 maar op 328 000 mense gestaan het, teen 1911 reeds tot 1 276 242 gegroei, wat  'n gemiddelde aanwas van 3,9% per jaar beteken het. Die besonder vinnige groei in die wit bevolking van gemiddeld 4,3% per jaar tussen 1875 en 1904 is in 'n groot mate toe te skryf aan immigrasie, veral na die Witwatersranse goudvelde. Daarteenoor het die land se swart bevolking tussen 1904 en 1951 teen 1,9% per jaar toegeneem.

Die minerale revolusie het ook stedelike ontwikkeling getimuleer. Waar daar teen 1845 slegs sowat 45 dorpe en stede in Suid-Afrika was, het dié syfer teen 1921 tot 369 gestyg en teen 1951 tot 603.

Politieke gevorlge

Sedert 1806 het Brittanje aktief probeer om sy oppergesag in Suider-Afrika te handhaaf, maar die ontdekking van diamante het hierdie magsposisie uitgedaag. Brittanje was bewus daarvan dat ander Europese moondhede ook koloniale besittings in Afrika wou verkry en wou gevolglik sy oorheersende posisie in Suider-Afrika verdedig. Enige teken van inmenging in Suid-Afrika deur een van h ierdie moondhede, is dadelik deur Brittanje gestuit. Hierdie geopolitieke magsituasie het veral die verhouding tussen Brittanje en Duitsland vertroebel, veral nadat Duuitsland in 1884 'n protektoraat o or Duits-Suidwes-Afrika afgekondig. het.

Die ontdekking van diamante het 'n tydperk van konfrontasie tussen Brittanje en die Boererepublieke ingelui. Omdat Brittanje vasbeslote was om sy oppergesag oor die subkontinent te behou, moes die Vrystaat se aanspraak op die diamantvelde dus om stregiese redes gestuit word en die "pad na die noorde" tussen die Kaapkolonie en die binneland oopgehou word vir moontlike verdere Britse uitbreiding. Daarby sou die finansiële implikasies en voordele van die diamantvelde in Britse besit aansienlilk wees. Derhwalwe is die Keate-uitspraak in Brittanje se guns bewimpel en Griekwaland-Wes uiteindelik by die Brits-beheerde Kaapkolonie ingelyf. Die Vrystaat se aanspraak is vir £90 000 afgekoop.

Dit was ook duidelik dat as Brittanje die goudvoorraad en wins van die Witwatersrand wou gebruik om 'n Brits-georiënteerde staat tot stand te bring om die goudmynbedryf se belange te ondersteun, hy politieke beheer oor die ZAR sou moes kry. Die poliltieke konfrontasie oor beheer oor die goud het spanning tussen die Uitlanders en die Transvaalse burgers veroorsaak. Pogings en sameswerings deur mynkapitaliste soos Rhodes en Britse imperialiste soos Joseph Chamberlain en Alfred Milner om die Kruger-regering tot 'n val te bring, het aanvanklik misluk, soos die Jameson-inval van 1895-1896 in die ZAR getuig. Maar uiteindelik het die toenemende Britse druk op die ZAR gelei tot die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), waarin Brittanje die woorwinnaar was. Daardeur is Britse oppergesag oor die hele Suid-Afrika gevestig en Britse beheer oor die goudmynbedryf en swart arbeid finaal verkry.

Die vraag na goedkoop arbeid was in 'n groot mate verantwoordelik vir die onderwerping van swart gemeenskappe. Nywerheidskapitaliste het druk op die swart mense uitgeoefen om hierdie arbeid te verskaf. Britse ekspansionisme en die geleidelike indringing van die Boererepublieke in swart gebiede het gelei tot hul onderwerping en verlies van politieke onafhanklikheid. Dit het gelei tot wetgewing soos die reservaatstelsel, die beperking van swart mense se beweging en die instellilng van hut- en kopbelasting. Dit het meegebring die swart gemeenskappe ontstam en verarm geraak het en dus gedwing is om in die myne te gaan werk. Die minerale revolusie het die ZAR die nodige ekonomiese stabiliteit en hulpbronne gegee om swart gemeenskappe te onderwerp, wat die skaal in die guns van wit oorheersing in die hele Suid-Afrika laat kantel het.

Laastens het die industriële omwenteling Afrikaner- en swart nasionalisme laat opvlam. Die Oranje-Vrystaat en die ZAR het ekonomies en polilties nader aan mekaar beweeg. Afrikanernasionalisme het veral a.g.v. die Britse anneksasie van Transvaal in 1877 en die Eerste Anglo-Boereoorlog en republikeinse oorwinning van 1880-1881 en in reaksie op die Jameson-inval 'n bloeitydperk beleef.

Swart nasionalisme is deur die industriële omwenteling gestimuleer in dié sin dat veral die opgevoede swart elite in die Oos-Kaap polities met Britse oogmerke geïdentifiseer het. Hulle het 'n deelnemende, gematigde benadering gehad en 'n ontwrikbare geloof in die sg. Britse regverdigheid ("fair play") ontwikkel. In die konfrontasie tussen imperialisme en republikanisme het hulle Brittanje sterk ondersteun en verwagtinge gekoester dat, indien Brittanje as oorwinnaar uit die Anglo-Boereoorlog sou tree, alle swart mense 'n kans in die lewe sou kry.

Wessel Visser


Geskiedenis van Suid-Afrika

Van voortye tot vandag

Fransjohan Pretorius (Redakteur)

ISBN 978-0624-05466-5