Apartheid: 'n Ander blik

Apartheid word deesdae deur sommige politici en kommentators beskou as 'n ideologie wat uniek boos en veel meer verdrukkend was as die segregasiebeleid van voor 1948. Die indruk word verkeerdelik gewek dat rasseverhoudings vroeër harmonieus was en dat die instelling van apartheid die groot keerppunt was. Volgens hierdie siening was die land daarna op die afdraande pad, polities, ekonomies en maatskaplik en hierdie agteruitgang is eers in 1990 gestuit.

Hierdie hoofstuk verskil van hierdie siening. Dit ondersoek die sg. "uniekheid" van apartheid en dit wat soms die politieke ekonomie - die wisselwerking tussen die pollitiek en die ekonomie van 'n land - genoem word. Dit gaan oorkoepelend twee vrae probeer beantwoord: Eerstens, in watter opsigte was apartheid anders as die segregasiebeleid wat voor 1948 toegepas is? Tweedens, hoe sou die land nou anders gewees het as 'n meer liberale beleid as apartheid tussen 1948 en 1994 gegeld het?

Om apartheid te verstaan, moet dit oorweeg word in die lig van hoe mense dit beskou het in die jare 1948 tot 1958, toe dié beleid ingestel is. Die Britse historikus Herbert Butterfield waarsku tereg dat as ons 'n oordeel oor die geskiedenis probeer vel ooreenkomstig hedendaagse morele oortuigings, ons niks anders as 'n reuse- optiese illusie skep nie. Dit is heeltemal verkeerd om gebeure uit hul historiese verband te haal en los van hul tydvak te beoordeel.

Dit is egter nie wat die meeste politieke leiers en kkommentators ná 1994 gedoen het nie. Mense het apartheid daarna begin beoordeel volgens die liberale waardes wat eers in die 1990's op 'n breë grondslag ingang gevind het. Hierdie waardes - individuele vryheid en regte en die regstellling van die onregte van die verlede - word weerspieël in die Grondwet van 1996.

In uiterste gevalle word apartheid deesdae beskryf as 'n beleid wat uniek boos was deur dit te vergelyk met die uitwissing van Joodse gemeenskappe in Europa deur Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog. Die model wat politici van die Nasionale Party (NP) gebruik het, was egter nie gebaseer op dié van Nazi-Duitsland, soos soms beweer word nie, maar op die beleid van suidelike amerikaanse deelstate, soos Virginië en Alabama, waar segregasie teen die 1950's nog sterk toegepas is. Volgens 'n peiling wat in 1956 gedoen is, was net 'n kwart van die wit mense in die suidelike deelstate ten gunste daarvan dat wit en swart kinders na dieselfde skool kan gaan en net 14% het dit goedgekeur dat wit en swart saam skoolgaan.

In 1961, toe die latere Amerikaanse president Barack Obama se ma met 'n swart man van Kenia in die huwelik wou tree, het 30 van die VSa se 52 deelstate sulke "gemengde huwelike" verbied. Selfs nog in 1971 het Louisiana 'n wet deurgevoer wat bepaal het dat 'n mens met net een swart voorouer uit 32 as swart geklassifiseer moet word.

Daar word ook apartheid verwys as 'n beleid wat die Verenigde Nasies (VN) in 1973 tot 'n "misdaad teen die mensdom" verklaar het. 'n Mens moet egter die raamwerk van die VN-resolusie wat aanvaar is, in ag n eem. Die twintig lande wat die voorstel ingedien het, was almal diktature in die blok van lande wat gereeld saam met die Sowjetunie gestem het. Nie een van die vernaamste Westerse lande het die resolusie gesteun nie. Die Amerikaanse afgevaardigde het gesê  die klag van 'n misdaad teen die mensdom moet beperk word tot uiters ernstige gevalle en dat apartheid nie as 'n  misdaad teen die mensdom beskou kan word nie.

Waar kritici van apartheid fegouteer het deur dit met die rassebeleid van Nazi-Duitsland te vergelyk, het die leiers van die NP 'n ander fout begaan. Hulle het probeer aantoon dat swart Suid-Afrikaners beter daaraan toe was as swart mense in baie ander Afrikalande, maar dié argument hou n ie water nie. Dit is wel moontlilk om te kyk na materiële of fisieke aanwysers, soos lewensverwagting en die sterftesyfers van suigelinge, en aan te voer dat swart Suid-Afrikaners beter gevaar het as swart mense in ander Afrikalande. Swart Suid-Afrikaners het hul posisie egter altyd met dié van die wit mense in die land vergelyk, nooit met mense in die res van Afrika nie. Daarby kan niemand ooit meet watter lyding, ontbering, vernedering en veronregting 'n beleid soos apartheid vir sy slagoffers meegebring het nie. In Suid-Afrika is wart en bruin mense veel langer as in enige land in 'n staat van verdrukking gehou.

Dit is baie belangrik om apartheid te verstaan, want dit vorm 'n belangrike deel van ons onlangse geskiedenis. Ons kan die onderwerp aan die hand van die volgende vrae benader:

* Was apartheid anders as die segregasiebeleid wat van 1902 tot 1948 gevolg is?

* Kon Suid-Afrika ekonomies beter gevaar het sonder apartheid?

* Kon Suid-Afrika polities stabieler gewees het sonder apartheid?

* Kan 'n post-apartheid Suid-Afrika groei tot 'n suksesvolle staan?

Apartheid en segregasie

Hierdie hoofstuk neem die standpunt in dat apartheid 'n uitloper van segregasie was eerder as 'n radikaal nuwe beleid. As hy vandag geleef het, sou Alfred Hoernlé, 'n voortreflike liberale renker van die 1930's en vroeë 1940's, verstom gewees het dat mense kon dink rasseverhoudings was soveel beter voor die 1948-verkiesing as daarna. Hy het reeds in 1936 - in die era van die segregasiebeleid - geskryf dat 'n besoeker van Mars onmiddellik getref sou word deur die omvattende manier waarop swart mense uitgesluit word en daar teen hulle gediskrimineer word. So 'n besoeker, skryf hy, sou net tot een gevolgtrekking kon kom: "(There) was a dominant urge towards segregation, which has moulded the structure of Souith African society and made it what it now is."

Tog het die mite ontwikkel dat rasseverhoudings in die jare voor 1948 veel beter was as daarna. Piet Cillié, redakteur van Die Burger van 1954 tot 1977, het in 'n artikel wat in 1985 gepubliseer is, die draak gesteek met hierdie valse opvatting:

"Uit 'n tydperk van goeie en gemaklike rasseverhoudinge voor 1948 is Suid-Afrika skielik deur 'n bewindsverandering gedompel in byna vier sinlose dekades van toenemende spanning en rassehaat. 'n Bose etniese ideologie is stelselmatig aan 'n dikwels niksvermoedende land gedwing. Die een mooi saamlewende, veelrassige gemeenskap is deur ' n seksionele diktatoriale bewind verdeel en gefragmenteer en ontwortel, en deur die fragmentasie en verdrukking verhinder om die vriendskaplike betrekkinge te ontwikkel waarheen hy op pad was."

Cillié wou hierdeur uitwyk watter verwronge beeld van rasseverhoudings voor 1948 teen die 1980's vaardig geraak het. Dié soort beeld word vandag nog gereeld in koerante en op televisie aangetref.

Vandag probeer mense vrede met die verlede maak deur hulle te verbeel dat rasseverhoudings in die land, afgesien van die apartheidstryd, wesenlik goed was. Dan blameer hulle apartheid vir elke ding wat verkeerd of onvolmaak is. Só het 'n rolprentresensent in die Cape Times van 14 Junie 2001 bv. geskryf apartheid het die droom vernietig dat Suid-Afrika 'n land kon wees sonder rassevooroordeel en rassehaat. Dít terwyl daar geen sprake daarvan is dat so 'n werklikheid op enige tydstip in ons verlede of in die geskiedenis van ander veelrassige samelewings bestaan het nie.

Die apartheidsbeleid het wel in bepaalde opsigte van die segregasiebeleid verskil: In die eerste plek het die regerings van voor 1948 die swart "reservate" as 'n bykomende deel van die landsadministrasie besku. Swart mense se reg op 'n (baie beperkte) vorm van verteenwoordiging is ook erken. Vir die NP-regering wat die bewind ná 1948 oorgeneem het, moes die toekenning van politieke regte aan swart mense in die "tuislande" egter dien as 'n soort vergoeding vir die feit dat hul regte en verteenwoordiging in die sg. "wit" land, wat 87% van die grondgebied beslaan het, weggeneem is.

In die tweede plek het die NP-regering sekere vorms van skeiding en diskriminasie wat tussen wit en swart gegeld het, ná 1948 ook op die sosiale verkeer tussen wit en bruin, asook wit en Indiër, van toepassing gemaak. Die vernaamste was die afskaffing van die bruin stemreg, die afdwing van aparte woonbuurte (groepsgebiede) en die klassifikasie deur die staat van mense in bepaalde groepe. Voor die apartheidstyd kon bruin mense in die Kaapprovinsie grond koop, daar was geen wette teen seksuele omgang met wit mense nie en daar was geen rasseklalssifikasie nie.

Die paswet, wat vir swart mense gegeld het, is ná 1948 ook veel strenger toegepas. Swart mense se onderwys is baie uitgebrei, maar aanvanklik was dit hoofsaaklik tot primêre onderwys beperk. Soos voor 1948 het die staat veel meer geld aan 'n wit kind as aan 'n swart of bruin kind bestee. Voor 1948 was die swart leiers, en dit sluit mene soos Z.K. Matthews en die jong Nelson Mandela en Oliver Tambo in, reeds vervreem van die politieke stelsel. Hulle het nie net teen apartheid in opstand gekom nie, maar teen enige vorm van wit oorheersing.

In die NP-bewindstyd was die oorheesing van ander bevolkingsgroepe dus strawwer en meer stelselmatig, maar nie wesenlik anders as voor 1948 nie. In 'n land soos Brasilië was wit oorheersing veel meer subtiel nadat slawerny in 1888 afgeskaf is. Deesdae maak wit mense die helfte van die Brasiliaanse bevolking uit en swart en bruin mense saam die ander helfte. Hoewel daar nooit enige rassewette in daardie land was nie, is wit mense se inkomste twee keer hoër as dié van swart en bruin mense. Net 7% van die inwoners van die ryker stadsbuurte is swart en net 6% van die swart mense tussen 18 en 24 was op kollege of universiteit. Waar die VSA, waar 12% van die bevolking swart is, in 2012 'n swart president gehad het, was net een mens in die Brasiliaanse kabinet in daardie jaar swart. Nietemin is die land se amptelike beleid dat daar geen rassediskriminasie is nie.

Die Britse tydskryf The Economist haal op 28 Januarie 2012 in 'n artikel getiteld "Race in Brazil" die woorde van 'n swart Brasiliaanse aktivis aan wat sê swart mense word in sy land deur 'n "onsigbare vyand" gekonfronteer. Wit mense in Brasilië beskou hulself nie as rassisties nie, "maar wanneer 'n swart man met 'n wit vrou begin uitgaan, is daar moeilikheid". Daar word toenemend besef dat rassisme nie 'n enkelvoudige verskynsel is nie. Aan die een kant is daar blatante rassisme (waarvan apartheid 'n voorbeeld was), maar aan die ander kant ook weggesteekte rassisme, waarvan die situasie in Brasilië 'n voorbeeld is. In dié opsig lê segregasie nader aan apartheid as die "vrome" vorm van rassisme in Brasilië.

Kon Suid-Afrika ekonomies beter gevaar het sonder apartheid?

Tussen 1948 en 1981 het die Suid-Afrikaanse ekonomie teen 'n koers van 4,5% gegroei. Dit was omtrent die gemiddelde groei van 'n groep van twintig vergelykbare middelvlak- ontwikkelende ekonomieë in daardie jare, wat lande soos Oostenryk, Venezuela, Argentinië, Spanje en Chili insluit.

Die aanspraak word soms gemaak dat 'n Suid-Afrika sonder apartheid selfs nog vinniger sou kon gegroei het, moontlik soos Japan of Suid-Korea, en dat dit groot armoedeverligting sou kon bewerkstellig. Dié siening kan nie sommer dadelik verwerp word nie. Teoreties kon Suid-Afrika vinniger gegroei het, maar groei in ontwikkelende lande soos Suid-Afrika is net moontlik as beleggers, binnelands en buitelands, daarvan oortuig is dat 'n land stabiel sal bly, die arbeidskoste laag, die ekonomiese beleid bestendig en voorspelbaar, die regstelsel betroubaar, private besit onskendbaar en korrupsie onder beheer.

In die apartheidstyd het baie beleggers gemeen die NP se beleidsraamwerk is voordelig vir groei. Hulle het dieselfde geglo toe 'n land soos Botswana onafhanklik geword het met 'n regering met 'n konserwatiewe ekonomiese en maatskaplike beleid.

Dit is dus te betwyfel of Suid-Afrika ná die Tweede Wêreldoorlog veel beleggings sou gelok het as daar 'n regering was wat simpatiek teenoor die sosialisme gestaan het. Nelson Mandla het in sy lewensverhaal wat in 1994 verskyn het, geskryf dat die Vryheidsmanifes (Freedom Charter), een van die ANC se sleuteldokumente, 'n "revolusionêre dokument" was wat nie sonder "radikale veranderinge aab due ejibinuese eb oikuktueje strukture" ingestel sou kon word nie. Dit sou waarskynlik 'n groot uittog van beleggings veroorsaak het.

Apartheid het die deksel op die drukkoker gehou tot ongeveer die middel-1970's. Tot die vroeë 1970's is 'n gemiddelde groeikkoers van net onder 5% gehandhaaf. Toe het die koste van apartheid vir beleggers groter geraak as die voordele. Werkers het vaardighede gekort, hul koopkrag was b eperk en hul huise was dikwels ver van hul werkplekke.

Dit is belangrik om in ag te neem dat 'n hoë ekonomiese groeikoers nie alle lande beskore is nie. In lande met swak en korrupte regerings kan die groeikoers selfs negatief wees. Die land boer m.a.w. agteruit. iIn 'n land soos Argentinië was die inkomste per kop tot die 1950's bv. gelyk aan die gemiddelde van 'n groep van agt Wes-Europese lande. Daarna het 'n tydperk van politieke onstabiliteit, grootskaalse korrupsie en wisselvalligheid in ekonomiese beleid egter gevolg en teen 2001 was die inkomste per kop net die helfte van die gemiddelde van dieselfde groep van agt Wes-Europese lande. Dieselfde kon met Suid-Afrika gebeur het as daar p olitieke onstabiliteilt en 'n onbestendige ekonomiee beleid was.

'n Lnd se poliltieke stelsel en ekonomiese beleid gaan hand aan hand om welvaart te bevorder of tot agteruitgang te lei. Twee bekende skrywers, Samuel Huntington en Joan Nelson, hou in die boek No Easy Choice: Political Participation in Developing Countries  (1976) drie modelle voor om die verband tussen die politiek en die ekonomie uit te beeld. Hulle onderskei tussen die tegnokratiese model, die populistiese model en die liberale model.

Hewel die skrywers nie Suid-Afrika in gedagte gehad het toe die boek geskryf is nie, kan veral hul eerste model op ons land van toepassing gemaak word. Die tegnokratiese model gee 'n goeie verduideliking van wat tussen 1948 en 1976 in Suid-Afrika gebeur het. In hierdie model oefen diegene wat die beste opgelei is en die meerste ervaring het, die beheer uit Volgens Huntington en Nelson behels "die bose kringloop van die tegnokratiese model":

# minder politieke deelname (die beperking van stemreg, die inperking van opposisieleiers en -koerante en 'n verbod op betogings);

# wat lei tot groter sosiaal-ekonomiese ontwikkeling a.g.v. die onderdrukking van die werkersklas (beperkings op of die onderdrukking van vakbonde met gevolglike lae lone);

# minder sosiaal-ekonomiese gelykheid (veral ongeskoolde en halfgeskoolde arbeiders word swaar getref);

# minder politieke stabiliteit (verset bou op teen die verdrukking en opstand breek van tyd tot tyd uit);

# wat weer eindig in 'n "deelname-ontploffing" ('n massa-opstand waarin radikale demokratiese eise gestel word).

Die deelname-ontploffing was stedelike swart mense se opstande van 1976 tot 1977. Daarna het die regering apartheid probeer hervorm deur meer sosiaal-ekonomiese gelykheid teweeg te bring. Die gaping in die besteding aan die onderwys, pensioene en salarisse van staatsamptenare in die verskillende rasse is kleiner gemaak. Teen die vroeë 1990's het Suid-Afrika 'n groter persentasie van sy bruto binnelandse produk (BBP) aan maatskaplike bystand in die vorm van nie-bydraende skemas bestee as baie ontwikkelde lande, en meer as enige ander land in die ontwikkelende Suide. In 1993 is die gaping tussen die rasse wat ouderdomspensioene betref, uitgewis. Dit kon egter nie verhoed dat die NP die mag moes afstaan nie.

Huntington en Nelson noem hul tweede odel "die bose kringloop van die populisme". In hierdie model probeer die regering die massa tevrede stel en word die rykes swaar belas. Die model behels:

+ meer p olitieke deelname (die uitbreiding van stemreg, politici wat die "massa" verteenwoordig en onverantwoordelike beloftes in verkiesings maak en 'n toename in die eise van die herverspreiding van rykdom);

+ wat lei tot groter sosiaal-ekonomiese gelykheid (dit word bewerkstellilg deur swaar belastings op die meer gegoede klasse en die afdwing van regstellende aksie in die arbeidsmark);

+ minder sosiaal-ekonomiese ontwikkeling (maatskappye word toenemend onwillig om te belê omdat hoë lone wins afdruk);

+ minder politieke stabililteit en die uitvloei van kapitaal ('n hoë inflasiekoers en die daling van die geldeenheid se waarde teenoor dié van ander lande);

+ en 'n "deelname-inploffing" ('n noodtoestand word afgekondig wat die demokrasie tydelik  opskort.

Dié model sou moontlik op Suid-Afrika van toepassing gewees het as universele stemreg reeds in 1948 ingstel is. Die regering sou waarskynlik eers gekwalifiseerde stemreg ingestel het en dit sou spoedig tot die snelle uitbreiding van stemreg gelei het. Dit kon weer aanleiding gegee het tot die toepassing van 'n beleidsdokument soos die Vryheidsmanifes en die gevolglike nasionalisering van verskeie sektore. As gevolg van 'n uitvloei van beleggingskapitaal sou daar minder sosiaal-ekonomiese ontwikkeling gewees het, gevolg deur minder politieke stabiliteit (wit weerstand en stedelike oproer), wat sou eindig in 'n "deelname-inploffing" (die opskorting van die parlement en die oppergesag van die reg).

Huntington en Nelson noem hul derde model die "heilsame liberale model". Die meeste konvensionele liberales in Suid-Afrika hang dié model aan. Hulle glo dat sterk ekonomiese groei sedert 1948 sou gelei het tot groter sosiaal-ekonomiese gelykheid, wat op sy beurt politieke stabiliteit in die hand sou werk en mettertyd 'n liberale demokrasie teweeg sou bring. In  meer besonderhede lyk die model soos volg:

~ Hoe meer mense, ongeag hul kleur of herkms, ná 1945 op 'n gelyke grondslag in die mark en in skole ingebring is (aanvanklike gekwalifiseerde stemreg wat gou sou uitloop op algemene stemreg),

~ des te meer sou die ekonomie geblom en hoe vryer sou die arbeidsmark geraak het,

~ des te meer sou die ekonomie gegroei het,

~ des te meer sou politieke vryhede toegeneem het,

~ des te meer stabieler sou die politieke stelsel geword het,

~ des te meer sou rasse- en etniese spanning verslap het, en

~ des te meer sou al die mense welvaart en geluk ervaar het.

Die gedagte dat Suid-Afrika baie beter kkon gevaar het, spruit uit die opvatting dat "alle goeie dinge saamwerk" wat soms in liberale kringe verkondig word. Dit berus op die gedagte dat 'n vrye arbeidsmark (waar niemand se vordering deur hul ras, kleur of geslag beïnvloed word nie) en 'n vrye politieke stelsel (waar alle volwassenes kan stem) mekaar wedersyds versterk en saamwerk om 'n hoë ekonomiese groeikoers, politieke vryheid en die oplossing van konflikte te bewerkstellig.

'n Vergelykende studie toon dat dié model in die 20ste eeu in ontwikkelde lande soos die VSA en die Wes-Europese lande gewerk het. Hier gaan liberale kapitalisme (die gelykheid van geleenthede in 'n vrye arbeidsmark) en 'n liberale demokrasie (algemene stemreg, individuele regte en 'n definitiewe onderskeid tussen die regerende party en die staat) hand aan hand. Die model werk egter selde in ontwikkelde lande, waar die gemiddelde inkomste veel laer as dié in ontwikkelde lande is en waar daar ' n geskiedenis van konflik tussen rassegroepe of "volke" is. (Gewoonlik het die welvarendste groep se voorsprong reeds in die koloniale tydperk begin.)

Die groot probleem is dat mense in dié lande en ook in ander lande wat op die grondslag van ras en kleur verdfeel is, nie as individue meeding en stem nie, maar as lede van 'n gemeenskap. Die groep wat voorheen benadeel of uitgesluit is, eis regstelling en vergoeding wanneer hy die mag oorneem.

In Amy Chua se boek World on fire: How exporting free market democracy breeds ethnic hatred and global instability (2004) toon sy aan die hand van voorbeelde in Afrika en Suidoos-Asië aan dat die vrye mark, wat neig om sekere etniese minderhede die binnebaan te gee, spanning tussen rasse en etniese groepe vererger. Die minderheid gebruik sy mag om die ekonomie te oorheers en vaar in die algemeen goed. Die regering neem die minderheid se behoeftes ook eerste in ag (soos in Suid-Afrika tot die vroeë 1970's).

Wanneer die arm meerderheid egter in beheer kom, begin die nuwe regering die meerderheid begunstig en die minderhede deur wetgewing aan bande lê. Hulle nasionaliseer nywerhede en lê beslag op of onteien minderhede se besittings. Regstellende aksie ter wille van "transformasie" vind plaas. Die afgelope 75 jaar het dié patroon in die een land ná die ander ontvou. In Westerse lande het liberales egter bly glo dat gelyke geleenthede in die arbeidsmar (geen regstellende aksie nie) en 'n lliberale demokrasie (stemreg vir almal) saamgaan.

Maar, soos Chua verduidelik, ontstaan groot spanning gereeld wanneer diegene wat tot die meerderheidsparty behoort, verplig word om mee te ding met mense uit minderheidsgroepe wat meer vaardighede of geld het. Die konflik is besonder hewig wanneer die minderheidsgroep van 'n ander ras of volksgroep is. Regerings gryp dikwels in om ongelykhede reg te stel en hul kiesers te bevoordeel. Soms het dit rampspoedige beleid tot gevolg, insluitend die nasionalisering van grond, banke, myne en nywerhede, en die uitsetting van minderhede. Dit lei dikwels tot 'n sterk afname in ekonomiese groei terwyl die demokrasie in duie stort of soms net 'n leë dop word.

Kon Suid-Afrika polities stabieler gewees het sondr apartheid?

Die groot vraag is wat sou gebeur het as die Verenigde Party (VP) aan die bewind gebly  het. Die feit is dat die VP-regering teen 1948 'n politieke dooie punt met sy beleid bereik het. Die stedelike swart elite se geduld het opgeraak, maar die wit kieserskorps was glad nie van plan om stemreg uit te brei nie.

Teen 1948, toe die NP aan die bewind gekom het, ht liberale akademici in Suid-Afrika nie algemene stemreg bepleit nie. Twee belowende jong liberale historici van daardie tyd, Arthur Keppel-Jones en Leonard Thompson, het verklaar dat 'n beleid van algemene stemreg in die veelrassige Suid-Afrika nie sou werk nie. Die liberale politikus Jan Hofmeyr het besef dat die wit kieserskorps nie die soort hervormings sou aanvaar waarop die leiers van die stedelike swart mense aangedring het nie.

Liberales het gehoop die instellilng van 'n nie-rassige, gekwalifiseerde stem (bv. almal wat 'n sekere standerd op skool gehaad het en eiendom van 'n sekere waarde besit of huur) sou daartoe lei dat kiesers meer gematig raak en mettertyd al hoe meer deur hul belange eerder as hul rasse- of etniese identiteit gelei sal word wanneer hulle stem. Dit het egter nog nooit in enige veelrassige land gebeur nie.

In Suid-Afrika sou gekwalilfiseerde stemreg waarskynlik nie stabiliteit teweeg gebring het nie. Die vlak waarop mense vir stemreg kwalifiseer, sou waarskynlik hoogs omstrede gewees en ook spanning tussen die wit gemeenskappe meegebring het. Indien die vlak waarop mens vir stemreg kwalifiseer vinnig verlaag is, sou daar heel waarskynlik gou 'n regering aan die bewind gekom het wat "staatskapitalisme" of sosialisme sou probeer instel.

Eksperimentering met die sosialistiese model sou Suid-Afrika moontlik 'n nekslag toegedien het. Selfs die toepassing van die ANC se Vryheidsmanifes kon moontlik ernstige ekonomiese ontwrigting veroorsaak het. Daarin word die nasionalisering van die myne, swaar nywerhede en die banke en die herverdeling van grond bepleit. In sy outobiografie erken Mandela dat die Vrheidsmanifees 'n "revolusionêre dokument" is en dat die inwerkingstelling daarvan nie kon geskied sonder om "die ekonomiese en poliltieke strukture radikaal te verander" nie.

Wat Suid-Afrika ná 1948 gekry het, was nie sosialisme of 'n librale demokrasie nie, maar apartheid. Die NP-regering het ná sy oorwinning in 1948 'n kkonserwatiewe ekonomiese beleid gehandhaaf wat die grondslag gelê h et vir bestendige ekonomiese groei. Hy het begringsoorskotte gebruik om skuld af te betaal en buitensporige looneise van wit werkers verwerp. Hoewel Verwoerd se Bantu-onderwys tereg gekritiseer is omdat die besteding aan wit en swart so lank ongelyk gebly het, het die masse se geletterdheid aansienlik verbeter.

In die eerste helfte van die 1960's het die Suid-Afrikaanse ekonomie teen gemiddeld 6% per jaar gegroei, met 'n inflasiekoers van net 2%. Grootskaalse beleggings het ingestroom: Die land was stabiel, arbeid was goedkoop, die geldeenheid is deur goud gewaarborg en maatskappye het groot wins gemaak. Produksie, verbruik en die vraag na arbeid het die hoogte ingeskiet. In sy hoofartikel van Augustus 1966 het die tydskrif Time geskryf: "South Africa is in the middle of a massive boom." Die artikel het Verwoerd bestempel as "one of the ablest white leaders Africa has ever produced".

Die liberale Rand Daily Mail het geskryf dat die land 'n "oormaat van voorspoed" ondervind. Die Financial Mail, die vernaamste finansiële tydskrif, het in 1967 'n spesiale bylae oor die tydperk 1961 tot 1966 gepubliseer waarin dit die "Fabulous Years" genoem is. In dié tydperk het Suid-Afrika se bruto nasionale produk in reële terme met 30% gegroei.

Apartheid het die land ekonomies duur te staan gekom, veral in die vorm van gebrekkige onderwys vir swart en bruin kinders, 'n onproduktiewe arbeidsmag, 'n gebrek aan vaardighede en 'n groot omset van werkers a.g.v. die reuse-omvang van trekarbeid. Dit het die ekonomie in die 1950's en 1960's egter nog nie soveel geskaad nie, omdat die vervaardigingsektor nog so klein en ongekomplilseerd was. Die prys wat die land vir apartheid betaal het, sou eers in die vroeë 1970's begin opval toe die vervaardigingsektor sterk begin uitbrei het.

Verwoerd word deesdae gebrandmerk as 'n "bose genie" wat apartheid so te sê eiehandig uitgedink en toegepas het. Stephen Mulholland, voormalige redaktleur van die Financial Mail, het hom "one of history's monsters" genoem en hom saam met Saddam Hoesein in dieselfde kategorie as die massamoordenaqrs Josef Stalin, Adolf Hitler, Mao Zedong en Pol Pot geplaas. Maar toe hy nog geleef het, het toonaangewende historici wat nie voorstanders van apartheid was nie, Verwoerd anders beoordeel. C.W. de Kiewiet, 'n gerespekteerde liberale historikus, het in 1963 op 'n besoek aan Suid-Afrika die volgende opmerking gemaak: "Verwoerd is addressing the country's grave problems with boldness, shrewdness and even imagination. It was by no means absurd to suggest a comparison between Verwoerd and Charles de Gaulle, the stern, headstrong but deeply imaginative leader of France."

Daar is mense wat aanvoer dat die eknomiese groei in die apartheidstyd swart mense niks in die sak gebring het nie. Hoewel die gaping in die inkomste en welvaart van wit en swart baie groot gebly het en swart mense onderhewig was aan omvattende beperkings wat hul vooruitgang aan bande gelê het, het die besteebare inkomste van swart en bruin mense, asook Indiërs, in die 1960's en 1970's vinniger gegroei as dié vn wit mene, hoewel dit van 'n baie lae basis af was.

Die sakemagnaat Harry Oppenheimer het in 1964 in die jaarverslag van die Anglo American Corporation geskryf dat die gemiddelde lone van "nie-blanke" werkers in die sekondêre sektor (vervaardiging en konstruksie) in die voorafgaande vyf jaar met 5,4% per jaar gestyg het teenoor 3,7% vir wit werkers. Dit het vir Oppenheimer 'n verklaring gebied van waarom die land soveel stabieler was as wat baie mense gedink het.

Besteebare persoonlike inkomste (1990-pryse)

                                             1960 (Rand)                  1970 (Rand)              1980 (Rand)

Wit mense                                 12 114                            17 260                      17 878

Indiërs                                          2 171                             3 674                        5 655

Bruin Mense                                2 000                             3 033                         3 933

Swart Mense                                1 033                             1 439                        1 903

Dit was natuurlik skrale troos vir mense met wie dit broekskeur in die reservate gegaan het. Vir hulle was daar egter steeds hoop op werk, al was dit vir 'n baie lae loon. J.L. Sadie het bereken dat 73,6% van die nuwe toetreders tot die arbeidsmark in 1965 in die formele sektor werk gekry het. Dit was 'n koers wat nog nie voorheen bereik is nie. Dt sou in 1970 tot 76,6% styg, maar daarna val tot 43,4% in 1998. Dit is nou nog laer.

Kan 'n post-apartheid Suid-Afrika groei tot 'n suksesvolle staat?

Die persepsie bestaan onder hedendaagse politieke leiers dat Suid-Afrika eers die erfenis van kolonialisme en apartheid moet oorkom en dekades van wanadministrasie moet regstel voordat die land as 'n sukses beskou kan word. Hoewel kolonialisme wreed en onregverdig was, het dit egter ook die potensiaal vir 'n suksesvolle staat geskep. Teen 1976 was Suid-Afrika goed op pad om 'n suksesvolle staat te word. Op die wêreldranglys het dit die 18de grootste ekonomie gehad en was dit die 15de grootste handelsland. In 2010 het Suid-Afrika egter na onderskeidelik 28ste en 37ste op dié lys gesak. Daar kan lank geargumenteer word oor wat skeefgeloop het, maar dit is 'n debat vir 'n ander dag.

Om die ondenkbare te dink

Mense wt geskiedenis bestudeer, staan onder die verpligting om die "ondenkbare te dink", soos die Yale-universiteit vroeër in 'n verklaring geskryf het. As die ondenkbare oor apartheid gedink moet word, sou van hierdie stellings moontlik oorweeg kon word:

* Ná die Tweede Wêreldoorlog kon Suid-Afrika 'n liberale demokrasie geword het, of die land kon 25 jaar lank 'n jaarlikse ekonomiese groeikoers van byna 5% per jaar gehad het. Al twee hierdie dinge sou egter nie kon gebeur nie.

* Snelle rasse-integrasie kon plaasgevind het, of die land kon die grootste deel van 25 jaar 'n redelike mate van stabiliteit beleef het. Al twee hierdie dinge sou egter nie kon gebeur nie.

* Daar kon ná 1945 voortgegaan word om die laegraadse goudmyne met goedkoop swart arbeid te benut en deur belasting groot bydraes tot die staatskas te maak en dividende aan die aandeelhouers uit te betaal, of swart vakverbonde kon toegelaat word. Al twee hierdie dinge sou egter nie kon gebeur nie.

Nie een van hierdie "ondenkbare" of omstrede stellings in hierdie hoofstuk kan bewys word nie. Maar hulle moet beslis oorweeg word in enige onpartydige ontleding van apartheid.

Hermann Giliomee

Geskiedenis van Suid-Afrika

Van voortye tot vandag

Fransjohan Pretorius (Redakteur)

ISBN 978-0624-05466-5