Almal se Oorlog: die Anglo-Boereoorlog (1899 - 1902)

Teen 1875 wou lord Carnarvon, die Britse kolonniale sekretaris, 'n fedrasie van Suid-Afrikaanse state onder die Britse vlag tot stand bring. Brittanje het die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR, of Transvaal) in 18977 geannekseer en terselfdertyd is die saadjie van Afrikanernasionalisme geplant. Die Transvalers - wat hul onafhanklikheid wou terughê - het die Britse magte in die Eerste Anglo-Boereoorlog van 1880-1881 verslaan ná 'n finale oorwinning by Majuba o p 27 Februarie 1881.

Die Pretoriase Konvensie van 3 Augustus 19=881 het nie Transvaal se onafhanklikheid volkome herstel nie, maar dit onder Britse usereiniteit geplaas. Hierdie vae begrip het beteken dat Brittanje toesighoudende beheer behou  het oor sowel die buitelandse beleid van Transvaal as sy wetgewing oor die swart gemeenskappe in sy gebied. Die daaropvolgende Londense Konvensie van 27 Februarie 1884  het volkome binnelandse onafhanklikheid (soewereiniteit) aan Transvaal toegestaan, maar die beperking op sy buitelandse beleid het bly staan.

Voor die ontdekking van goud aan die Witwatersrand in 1886 het Transvaal 'n sukkelbestaan gevoer. Goud het Transvaal egter potensieel 'n politieke en ekonomiese bedreiging vir Britse oppergesag in Suid-Afrika gemaak, juis in 'n stadium dat Brittanje met Frankryk en Duitsland in 'n wedloop om kolonies in Afrika betrokke was.

Duisende Uitlanders, waarvan die meeste Britse onderdane was, het na die goudvelde gestroom op soek na hul fortuin. Uit vrees dat die Uitlanders se teentwoordigheid die Boere se onafhanklikheid sal bedreig, het pres. Paul Kruger die vereiste verblyftydperk vir die verkryging van burgerskap en stemreg in 1890 van vyf tot 14 jaar verleng. Die meeste Uitlandsers was nie van plan om van di e burgerskap van hul vaderland afstand te doen vir Transvaalse burgerskap nie. Sommige van die mynmagnate het seggenskap in die bestuur van Transvaal geëis omdat Kruger se beleid van konsessies die mynbedryf baie duur gemaak het. Dié beleid het behels dat die Transvaalse regering bv. die vervaardiging van dinamiet aan 'n individu verkoop, wat vrye mededinging onmoontlik gemaak en die prys opgestoot het.

Cecil John Rhodes, eerste minister van die Kaapkolonie wat 'n verenigde Suid-Afrika onder die Britse vlag begeer het, het gesorg dat Transvaal teen 1890 aan sy westelike, noordelike en suidoostelike kant deur Britse gebied omring was. Nadat die spoorlyn tussen Pretoria en Delagoabaai in Mosambiek in 1894 voltooi is, waardeur Transvaal groter ekonomiese onafhanklikheid van die Britse kolonies in Suid-Afrika verkry het, het Rhodes die Jameson-inval gereël. Die plan was dat die Reform Committee, wat uit Uitlanders bestaan het, 'n opstand in Johannesburg sou begin. Dr. Leander Starr Jameson souo hulle dan met 'n mag vanuit Betsjoeanaland (vandag Botswana) te hulp snel en saam sou hulle die regering van Transvaal oorneem. Die swak beplande Jameson-inval oor Nuwejaar 1896 het misluk toe genl. Piet Cronjé die invallers tot oorgawe gedwing het voordat hulle Johannesburg kon bereik.

Historici stem vandag saam dat die Britse koloniale sekretaris, sir Joseph Chamberlain, van Rhodes se sameswering geweet en dit boonop ondersteun het. Die inval en die vermoede dat Brittanje daarby betrokke was, het gelei tot 'n oplewing van nasionalisme onder Afrikaners in sowel die Boererepublieke as die Britse kolonies. Onder pres. M.T. Steyn het die Vrystaat in Maart 1897 sy politieke verbond van 1889 met Transvaal versterk. Hiervolgens sou die republieke mekaar ondersteun wanneer een of albei se onafhanklikheid bedreig word. Al twee republieke het nou ook op groot skaal wapens en ammunusie van Duitsland en Frankryk begin koop.

In Mei 1897 is sir Alfred Milner deur Chamberlain as Hoë Kommissaris in Suid-Afrika aangestel. Dit was 'n keerp0unt in die betrekkinge tussen Brittanje en Transvaal. Milner was, soos Chamberlain, 'n voorstander van 'n federasie van Suid-Afrikaanse state onder die Britse vlag. Transvaal - as sentrum van Afrikanernasionalisme - sou vernietig moes word.

 Hoe gegrond was Milner se vrees dat Afrikanernasionalisme die Britse posisie in Suid-Afrika bedreig het? In die algemeen het Afrikanerleiers nie die idee van 'n verenigde Suid-Afrika ondersteun nie. Kruger was wel oop vir nouer samewerking tussen die republieke en kolonies van Suid-Afrika, maar sodra die onafhanklikheid van Transvaal op die spel was, het hy vasgeskop. Tot Milner se ontsteltenis is Kruger in Februarie 1898 met 'n oorweldigende meerderheid as president herkies. Daarop het Milnet aan Chamberlain geskryf: "Daar is geen manier om die probleme van Suid-Afrika op te los nie, behalwe hervorming in Transvaal of oorlog."

Hierna het Milner die kwessie van stemreg vir die Uitlanders gebruik om in Transvaal se binnelandse politiek in te meng. Hy het verklaar dat Britse susereiniteit nie met die Londense Konvensie opgehef is nie. Hy het verkeerdelik aangevoer dat dit hom dus die geleentheid gee om in Transvaal se binnelandse sake in te meng. In samewerking met Chamberlain het hy die Britse pers en openbare mening beïinvloed oor die kwessie van die Uitlanders se griewe en oor die moontlikheid van oorlog as 'n bevredigende oplossing nie gevind kon word nie. Met Milner se aanmoediging het die Uitlanders in Maart 1899 'n petisie met 22 000 handtekeninge aan koningin Victoria gestuur. Daarin het hulle op stemreg en Britse tussenkoms aangedring. Om die Uitlanderpetisie te versterk, het Milner in sy "helote"-telegram van 4 Mei 1899 aan Chamberlain verklaar dat duisende Britse onderdane in Transvaal in die posisie van helote (slawe) is.

Kruger en Milner het mekaar op 31 Mei 1899 in Bloemfontein ontmoet deur pres. Steyn se bemiddeling. Kruger was bereid om n á 'n verblyf van sewe jaar stemreg aan Uitlanders te verleen. As vergoeding vir sy toegewing het hy egter met nuwe eise vorendag gekom wat die sukses van die konferensie in gevaar gestel het. Hy wou o.m. die inlywing van Swaziland by Transvaal hê en arbitrasie (beslissing deur 'n derde party) oor die Londense Konvensie. Milner wou nie daartoe instem nie en het op 'n stemregkwalifikasie van vyf jaar aangedring. Toe Kruger nie daarvoor kans sien nie, het Milner die onderhandelinge op 5 Junie beëindig.

Die politieke spanning het opgelaai. Brittanje was in 'n magtige posisie, want as die sterkste moondheid ter see kon hy buitelandse voorraad van die Transvaal weerhou. Met die hele Britse Ryk aan sy kant kon hy feitlik onbeperkte troepe, asook voedsel- en wapenvoorraad bekom. Op 8 September het die Britse regering 10 000 troepe na Suid-Afrika gestuur. Dit sou die getal Britse troepe aan die republikeinse grense op 22 000 man te staan bring.

Transvaal en sy bondgenoot, die Oranje-Vrystaat, het die groeiende getal Britse troepe aan hul grense met kommer aanskou. Op 27 September 1899 het kmdt.-genl. Piet Joubert sowat 60% van die Transvaalse burgers opgeroep om na die grense op te ruk. Ses dae later het Steyn sy burgers dieselfde odrag gegee.

--- --- ---

Een oorlog, verskillende name

Die oorlog wat tussen 1899 en 1902 plaasgevind het, het verskeie name, waarvan sommige aanvaarbaarder as ander is. Die Britte se benaming  Boere-oorlog is net so eensydig of subjektief soos die Afrikaners se Engelse Oorlog of Tweede Vryheidsoorlog.

Die benaming Suid-Afrikaanse Oorlog geniet vandatg groot aanhang. Ondersteuners van dié naam voer aan dat dit 'n oorlog was wat op Suid-Afrikaanse bodem plaasgevind  het waarby sowel wit as swart mense betrokke was of daardeur geraak is. Die beswaar hierteen is dat Groot-Brittanje, die moondheid wat vandag algemeen aanvaar word as die aanstigter van die oorlog, nie in die naam weerspieël word nie. Bowendien praat die Viëtnamese nie van die Viëtnamese Oorlog nie.

Aanhangers van die benaming Anglo-Boereoorlog voer gevolglik aan dat dit meer gepas is omdat die naam verteenwoordigend is van die partye wat in die diplomatieke, politieke en militêre stryd gewikkel was. Die amptelike oorlogsverklaring was tussen Broot-Brittanje en die twee Boererepublieke, en dis ook dié partye wat die oorlog beëindig het. Kritiek hierteen is dat dit nie swart  mense se betrokkenheid by die oorlog weerspieël nie en ook dat "Anglo" eintlik slegs op Engelse betrekking het en nie erkenning gee aan die Skotte, Iere, Walliesers, Kaapse koloniste, Natallers, Australiërs, Nieu-Seelanders en Kanadese wat aan Britse kant geveg het nie.

Ongeag watter benaming verkies, word, daar moet duidelik verstaan word dat dit amptelik  'n oorlog tussen Brittanje en die Boererepublieke was en dat swart mense daarby betrokke geraak het en/of daardeur beïnvloed is.

--- --- ---

Militêre verloop van die oorlog

Die Transvaalse regering het op 9 Oktober 1899 'n ultimatum aan Brittanje gestel. Daarin is geëis dat alle probleme tussen die twee state deur arbitasie besleg word, dat die Britse troepe aan sy grense onmiddellik onttrek word en dat die troepe wat per skip na Suid-Afrika onderweg was, nie aan wal moes gaan nie. Die Britse regering het die ultimatum geïgnoreer, waarna die Anglo-Boereoorlog twee dae later, op 11 Oktober, uitgebreek het.

Die oorlog is in die eerste vyf maande deur 'n stellingkryg gekenmerk, d.w.s. die Britse en Boeremagte het op die slagveld teenoor meikaar stelling ingeneem en mekaar met artillerie- en geweervuur probeer verslaan. In die  eerste geveg het gnl. Koos de la Rey o p 12 Oktober by Kraaipan aan die wesfront 'n gepantserde trein buite aksie gestel. Die eerste groot veldslae was by Talana en Elandslaagte in Natal, waar die Britte op o nderskeidelik 20 en 21 Oktober oorwinnings behaal het. By Talana is die Britse bevelvoerder, genl. Penn Symons, noodlottig gewond, terwyl dieselfde lot genl. Jan Kock, die Boere se bevelvoerder by Elandslaagte, getref het.

Die Boeremagte het Ladysmith in Natal en Kimberley en Mafeking in die Kaapkolonie beleër (stelling ingeneem rondom die dorpe). Die Britse magte het daarna natuurlik probeer om hul garnisoene in hierdie dorpe te ontset en dit het 'n paar belangrike veldslae opgelewer. Die Boere het egter ten spyte van die Britse oormag groot oorwinnings vanuit hul versteekte stellilngs behaal. By Magersfontein, suid van Kimberley, het genl. Piet Cronjé lord Methuen op 11 Desember 1899 verslaan toe die Britse magte hulle in versteekte Boereloopgrawe vóór in plaas van bo-op die koppies vasgeloop het. Dit was De la Rey, Cronjé se ondegeskikte, se vernuftige plan nadat hy besef het dat Merthuen die Boere bo-op die koppies sou verwag.

--- --- ---

Die Britse soldaat in die veld

Vir die Britse soldaat (of Tommie, soos hy oor die algemeen genoem is) was die omstandighede in Suid-Afrika bitter moeilik. Frederick Tucker van die 1st Rifle Brigade was in Mei 1900 'n lid van genl. sir Redvers Buller se mag wat gereed gemaak het om Transvaal van Natal af binne te val. In sy dagboek teken hy op 18 Mei aan:

"Ons vind die weer bitter k oud. Die troepe is byna die hele dag besig om loopgrawe te grawe en skanse te bou om goed voorbereid te wees vir 'n aanval. Daar word berig dat die Boere goed verskan is en in groot getalle op Majuba-heuwel en Laingsnek lê. Die afgelope twee dae was daar 'n groot gebrek aan rantsoene. Ons eet nou ons trekosse - hul vleis is meer geskik om stewels mee te herstel as vir menslike gebruik."

--- --- ---

Op 15 Desember het genl. Louis Boktha genl. Buller by Colenso in Natal verslaan toe die Britte eweneens nie Botha se loopgrawe net oorkant die Tugelarivier raakgesien het nie. Op 24 Januarie 1900 het Buller by Spioenkop naby Ladysmith 'n vernietigende neerlaag teen Botha in een van die grootste veldlae van di e oorlog gely. Die 17-jarige Deneys Reitz het as volg geskryf oor sy ervaring van die Slag van Spioenkop:

"Ons ly swaar verliese van die Engelse skans voor ons en die mense word rusteloos onder die moorddadige vuur, wat nie te verwonder is nie, want die morele u itwerking van vinnige Lee-Metfordsarsies op 'n afstand van twintig tree is 'n verpletterende ondervinding. Die Engelse troepe lê so digby dat mens hulle met 'n klip kan gooi en die verliese wat hulle vir ons veroorsaak, lê maar al te duidelik tussen ons, terwyl ons natuurlik nie weet dat ons nog groter skade onder hulle aanrig nie."

Daarteenoor het 'n Britse soldaat, Herbert Unwin van Thorneycroft's Mounted Infantry, oor Spioenkop huis toe geskryf: "Ek moes byna die hele dag in een posisie lê, inmekaar gedruk en dood van die dors; die loopgrawe het opgehoop het dooie en sterwende manne. Een arme vent se arm is naby sy skouer afgeskiet. Hy het dit met sy ander hand opgetrel en uitgeroep: 'My arm, my arm, ag God, waar is my arm!'. Rasend van pyn het hy uit die loopgraag gespring, maar hy is onmiddellik dodelik getref en só verdere pyn gespaar."

Die einde Februarie 1900 het ' n wending in die oorlog gebring met die gelyktydige verbrokkeling van al die Boerefronte. Kimnberley is op 15 Februarie deur die Britse magte ontset en twaalf dae later het Cronjé hom met 4 000 burgers by Paardeberg in Wes-Vrystaat aan lord Roberts oorgegee. Hierdie terugslae het die Boerestellings rondom Colesberg ook in gevaar gestel en gevolglik het die suidelike front ook verbrokkel. In Natal het Buller uiteindelik op 27 Februarie by Pietershoogte deur Botha se dun linie gebreek en Ladysmith die volgende dag ontset. Mafeking sou eers op 17 Mei 1900 ontset word. Toe dit gebeur, het die vreugdevure in Londen hoog gebrand oor die heldhaftige uithouvermoë van kol. Robert Baden-Powell en sy manne.

--- --- ---

Buitelandsers in die oorlog

In die loop van die oorlog sou die Britse leër versterk word deur vrywilligerskontingente van Kanada, Australië, Nieu-Seeland, die Kaapkolonie en Natal. Daarteenoor sou sowat 13 000 Kaapse en Natalse rebelle aan Boerekant die wapen teen Brittanje opneem.

Nagenoeg 2 000 buitelandse vrywilligers het hulle by die Boeremagte aangesluit. Hulle wou die Boere in hul stryd teen Britse imperialisme ondersteun, maar baie is ook deur hul avontuurlus na Suid-Afrika gelok. Die meeste het huiswaarts gekeer toe dit voor die middel van 1900 geblyk het dat die oorlogsgety teen die Boere is.

Onder die buitelandse vrywilligers was talle kleurryke figure, soos kol. George de Villelbois-Mareuil van Frankryk en Yevgeny Maximov van Rusland, wat albei vanweë hul dapperheid bewondering by die Boere afgedwing het. De Villebois-Mareuil het in April 1900 naby Boshof in die Vrystaat as aanvoerder van die Vreemdelingekorps gesneuwel.

--- --- ---

Vir die Boeremagte was die ses maande ná die terugslae van Februarie 1900 'n tydperk van groot verwarring. Hulle moes oral terugval. Roberts het Bloemfontein op 13 Maart 1900 ingeneem en op 5 Junie was Pretoria ook onder sy beheer. Die Britse opperbevelhebber het die Vrystaat trouens op 24 Mei as Britse gebie geannekseer en Transvaal op 1 September 1900. Dit is nie deur die Trnsvaalse en Vrystaatse regerings erken nie, wat voortaan "te velde" gefunksioneer het. 'n Groot aantal burgers het die wapen neergelê op grond van Britse beloftes van vrede en beskerming.

Intussen is Louis Botha ná die dood van genl. Piet Joubert op 27 Maart 1900 as kommandant-generaala van die Transvaalse magte aangestel. In die volgende paar maande sou hy en ander dinamiese offisiere, soos Christiaan de Wet en Koos de la Rey, die plek van die ouer garde onbekwame generaals soos Lukas Meyer, Kooitjie Snyman, Daniël Erasmus en Hendrik Schoeman inneem.

De Wet het as hoofkommandant die Boereweerstand in die Vrystaat gelei en die guerrillafase van die oorlog ingelui met verrassingsaanvalle op geïsoleerde Britse kolonnes en op Roberts se uitgestrekte verbindingslinie. Sy oorwinning op 31 Maqart 1900 by Sannaspos, oos van Bloemfontein, was die eerste teken dat die guerrillafase op hande was. Asof hy op die jagveld was, het De Wet met 'n aantal burgers in 'n spruit wes van die Britse kamp by Sannaspos stelling ingeneem. Die Bioere se kanonne was egter aan die oostekant van die Britse kamp opgestel en toe hulle op die kamp losbrand, het die Britse soldate - soos De Wet verwag het -  halsoorkop weswaarts padgegee, reg in die hande van De Wet se wagtende burgers in die spruit.

IOp 7 Junie het De Wet by Roodewalstasie, noord van Kroonstad, in 'n verrassingsaanval ammunisie- en voedselvoorraad afgeneem, die grootste buit van die oorlog. 'n Groot terugslag vir die Boere was toe Marthinus Prinsloop hom op 30 Julie 1900 met 4 400 Vrystaters in die Brandwaterkom, suid van Bethlehem, aan die Britse magte oorgegee het.

--- --- ---

Danie Theron

Hierdie baasverkenner van die Boere is in 1872 in Tulbagh in die Kaapkolonie gebore en het Transvaalse burgerskap verwwerf ná sy deelname aan die oorlog teen Mmalebôgô in 1894.

Theron het hom by die veldslae van Colenso en Spioenkop in Natal onderskei voordat hy in Februarie 1900 na die wesfront gestuur is. Een van sy mees gewaagde dade was toe hy deur die Britse linies gekruip (en veilig teruggekeer) het om 'n boodskap van genl. Christiaan de Wet by die vasgekeerde genl. Piet Cronjé by Paardeberg te kry.

Vroeg in Maart 1900 is die Theron Verkenningskorps (TVK) gevirn: 'n Keurkorps van honderd man wat spoedig in getal verdubbel het met Theron as kaptein. Dié korps het die oë en ore van die Boeremag geword deur noue kontak met die Britse magte te behou en dikwels hul l inies binne te dring. Só kon hulle die Boere-offisiere van waardevolle inligting voorsien.

Tussen Junie en Augustus 1900 het die TVK belangrike verkenning vir De Wet gedoen, toe die Britte De Wet met mening agtervolg het. Hulle het dikwels die agterhoede gevorm en die agtervolgende vyand teruggehou. Op 22 Julie is Theron deur De Wet tot kommandant bevorder nadat hy en sy korps 'n trein gebuit en gesorg het dat die Boeremag veilig oor die spoorlyn kom.

Op 5 September 1900 het Theron aan die Gatsrand in Wes-Transvaal gesneuwel toe hy op sy eie gaan verken en hom in die Britse mag vasgeloop het. Deur sy fermheid en strenge regverdigheid het Theron dssipline afgedwing. Hy was geliefd onder sy korpslede en hy het hulle met sy voorbeeld besiel. Oor sy dood het De Wet geskryf: "Beminlike en dapper manne soos hy sou daar wel in die wêreld wees, maar 'n man met soveel deugde in één persoon verenig - waar sou ek dié vind?"

--- --- ---

In die laaste stellinggeveg van die oorlog het Roberts die Transvaalse magte op 27 Augustus 1900 by Bergendal, wes van Machadodorp, verdryf. Daarna het Botha in Oos-Transvaal, soos De Wet in die Vrystaat en De la Rey i n Wes-Transvaal, guerrillataktiek begin toepas. Wanneer die geleentheid hom voorgedoen het, het die Boeregeneraals die verspreide kommando's versamel, geïsoleerde Britse kolonnes aangeval en daarna vinnig padgegee.

Die bittereindes het bykans twee jaar nog hul stryd op dié manier volgehou. Intussen het pres. Kruger in Oktober 1900 na Europa vertrek waar hy vergeefs probeer het om buitelandse diplomatieke tussenkoms te verkry. Toe hy in November in Euroopa aankom, het die algemene publiek hom geesdriftig ontvang. Oor die algemeen het die Europese volke simpatie met die Boererepublieke se lot gehad. Hierin het die pers 'n belangrike rol as meningsvormer gespeel deur Brittanje voor te stel as "die onderdrukker van nasies".

Pro-Boerekomitees het geldinsamelings gehou om die lot van die Boerenoodlydendes te verlig. Ambulansspanne van veral Nederland, Duitsland en Rusland is toegerus en na die oorlogsfront gestuur. In Nederland was die simpatie vir die Boeresaak die sterkste. Net soos die Franse was die Duitsers en die Russe in die eerste plek anti-Brits en daarom pro-Boer.

Die regerings van Europese lande was egter te bang vir Brittanje se mag om die Boere daadwerklik te help. Veral Duitsland, Frankryk en Rusland was huiwerig om op te tree, aangesien elkeen bevrees was dat die ander Europese moondhede met Brittanje sal saamspan teen hom. Kruger sou in 1904 in ballilngskap in Switserland sterf,

Kitchener tree toe tot die oorlog

In November 1900 het lord Horatio Herbert Kitchener die leisels by Roberts oorgeneem as Britse opperbevelhebber. Hy het 'n drieledige strategie gehad om die oorlog te beëindig. Eerstens het hy Roberts se verskroeide-aardebeleid voortgesit wat sedert Junie 1900 gevolg is. Die republieke is aan doelbewuste en stelselmatige verwoesting onderwerp. Sommige dorpe en duisende lplaasopstalle is afgebrand, voedselvoorraad is vernietig en vee is by die duisende doodgemaak.

Tweedens is die kkonsentrasiekampstelser uitgebrei waardeur burgerlikes, veral vroue en kinders, van afgebrande plaasopstalle verwyder en in kampe geplas is. Kitchener het geglo dat die burgers op kommando sodoende nie meer voedsel by die vroue op die plase sou kry nie en bowendien die wapen sou neerlê om met hul gesinne herenig te kan word. Daarbenewens is swart mense in afsonderlike konsentrasiekampe byeengebring, onder meer om die kommando's van inligtings- en voorraadbronne te ontneem.

Derdens het Kitchener met sy dryfjagte (agtervolgings) begin. Dit het behels dat hy kommando's probeer vaskeer het teen blokhuislinies wat vir dié doel in  'n netwerk regoor die oorlogsterrein opgerig is. Teen die einde van die oorlog was daar sowat 8 000 blokhuise oor 'n afstand van 5 600 km. (Vandag is omtrent 50 daarvan nog oor.)

Op die l ange duur was Kitchener se strategie suksesvol. Die Boere het nog 'n aantal goeie oorwinnings behaal, bv. De la Rey op 13 Desember 1900 by Nooitgedacht, Botha op 30 Oktober 1901 by Bakenlaagte, De Wet op 25 Desember 1901 by Groenkop en De la Rey op 7 Maart 1902 by Tweebosch. Maar uiteindelik was die Britse oormag te groot. Teen Mei 1902 was daar nog maar sowat 20 000 Boere in die veld - tien keer minder as die Britse soldate, wat boonop die hulp van sowat 30 000 gewapende swart mense in die Britse leër gehad het. Swart groepe het ook groot dele van afgeleë gebiede van die republieke oorgeneem en die Boerevroue en -kinders wat haweloos in die veld rondgeswerf het, bedreig, asook die verspreide kommando's. In groot dele van die republieke, veral in die Noordoos-Vrystaat en byna die hele Oos-Transvaal, was daar weens die Britse verskroeide aarde-beleid geen voedsel nie. Bowendien was die Boere verdeeld: sowat 'n derde het hul wapens in die loop van die oorlog neergelé en nog 'n derde was in Britse krygsgevangeneskampe, meestal oorsee.

Boere-afgevaardigdes het gevolglik ná samesprekings by Vereeniging op 31 Mei 1902 met 54 stemme teenoor ses besluit om oor te gee. Daardie aand is die Vrede van Vereeniging in Melrosehuis in Pretoria onderteken. Die twee verslane republieke het hul onafhanklikheid verloor en is as Transvaal en die Oranjerivierkolonie by die Britse Ryk ingelyf.

--- --- ---

Krygsgevangenes

Vanuit die staanspoor het sowel die Britte as die Boere krygsgevangenes geneem.

Meer as 20 000 Boere is in die loop van die oorlog krygsgevange geneem. Talle seuns, enkele net agt jaar oud, is saam met hul pa's krygsgevange geneem en na die kampe gestuur. Massa-oorgawes deur die Boere, bv. dié deur generaals Piet Cronjé by Paardeberg op 27 Februarie 1900 en Marthinus Prinsloo in die Brandwaterkom op 30 Julie 1900, het meegebring dat die krygsgevangenekampe in die Kaapkolonie en Natal spoedig te klein was. Kampe is gevolglik op St. Helena, Ceylon (vandag Sri Lanka), die eilande van Bermuda en in Indië opgerig. Sowat duisend Boere, asook nagenoeg vyftig vroue en honderd kinders, is ook in Portugal geïnterneer nadat hulle in September 1900 die grens na Mosambiek oorgesteek het.

Amptelik is sowat 400 Britse offisiere en 9 200 troepe deur die Boere krygsgevange geneem. Die ware getal is egter heelwat hoër, aangesien nie alle krygsgevangenemings in die guerrillafase aangeteken is nie. Bowendien het die Boere hul krygsgevangenes in die guerrillafase meestal onmiddellik vrygelaat omdat hulle nie geriewe gehad het om hulle te huisves nie. Britse troepe wat gevange geneem is, is aanvanklik op die renbaan in Pretoria aangehou (vndag die skouterrein) en die offisiere in die Staats Model School (waaruit die jong Winston Churchill ontsnap het). In Desember 1899 is die krygsgevangenes na Waterval, noord van Pretoria, verskuif. Tydens lord Roberts se opmars na Pretoria is die krygsgevangenes verskuif na Nooitgedacht, naby Nelspruit in Oos-Transvaal. Daar het genl. Ben Viljoen hulle einde Augustus 1900 vrygelaat toe die Britse magte in aantog was.

Vir soel Britse as Boerekrygsgevangenes was voedselverskaffing in die algemeen onvoldoende en van swak gehalte. Streng dissipline is gehandhaaf, hoewel die behandeling van die krygsgevangenes afgehang het van die betrokke kamp-owerheid se welwillendheid. Georganiseerde sport soos rugby, krieket, atletiek en tennis - en ook boeresport vir die Boere - het welkome afleiding vir verveelde krygsgevangenes gebied. Daar was ook lewendige kultuurbedrywighede, soos debat- en musiekaande.

Vir die Boerekrygsgevangenes was die nuus oor die ondertekening van die Vrede van Vereeniging 'n groot skok. Hulle moes die eed van getrouheid aan die Britse kroon aflê voordat hulle na hul vaderland kon terugkeer.

--- --- ---

Die konsentrasiekampe

Met die uitbreek van die oorlog het die meeste Boerevroue en hul kinders op die plase agtergebly om die boerderye te behartig. Ander het na die dorpe getrek weens 'n gebrek aan lewensmiddelle of uit vrees vir naburige swart groepe.

Reeds van die begin van 1900 af is Boere se plaashuise deur die Britse magte afgebrand. As gevolg van die voortdurende aanvalle op sy spoorverbindings, veral deur genl. De Wet in die Vrystat, het lord Roberts op 16 Junie daardie jaar die verskroeide aarde-beleid amptelik van stapel gestuur. Hy het aanvanklik beveel dat die plaashuise naaste aan aanvalle op die spoorlyn afgebrand word.

In September het hy die omvang van die beleid uitgebrei deur te beveel dat, benewens die afbrand van huise, alle voedselvoorraad binne 'n radious van 16 km vernietig moet word. Dit het beteken dat 'n gebied van 547 km2 verwoes is ná elke aanval op die Britse verbindingslyne. Dit is dus geen wonder nie dat Britse offisiere die indruk gekry het dat hulle Robert se amptelike goedkeuring het om maar alles te kan afbrand en verwoes. Onder Kitchener is die verskroeide aarde-beleid nog kragtiger voortgesit en tot 30 000 plaashuise is waarskynlik afgebrand.

Intussen het Roberts teen September 1900 begin om boere wat die wapen neergelê het en hul gesinne in kampe - die sg. "refugee camps" - byeen te bring. Die bedoeling was om hulle teen die Boere se heropkommandering te beskerm. 'n Groeiende getal Boerevroue wie se plaashuuise afgebrand is, is egter ook saam met hul kinders na dié kampe geneem. Die Britte het hulle die "ongewenstes" genoem en hulle het spoedig die meerderheid in die kampe gevorm. In hul geval kan dus nie gepraat word van "refugee camps" nie, maar eerder van konsentrasiekampe. Dit moet egter nie verwar word met die konsentrasiekampe wat Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog vir Jode opgerig het nie. Die Nazi's het 'n heel ander oogmerk gehad met die oprigting van hul "doodskampe" as wat die Britte met die konsentrasiekampe gehad het.

Teen September 1901 was daar 34 konsentrasiekampe vir wit mense, met ongeveer 111 000 inwoners. Die getal het daarna nie veel toegeneem nie en van Desember 1901 af is min Boereburgerlikes na die kampe gestuur.

Daar was uit die staanspoor sterftes in die kampe, maar die syfer het tussen Augustus en Oktober 1901 'n hoogtepunt bereik met 3 205 sterftes slegs in Oktober. Ná die oorlog het P.L.A. Goldman, 'n voormalige argivaris van Transvaal, vasgestel dat 27 927 wit mense in die konsentrasiekampe gesterf het - 26 251 vroue en kinders (van wie meer as 22 000 jonger as 16 was), en 1 676 mans ouer as 16. Ná die oorlog het die verbittering van die Afrikaners jeens Brittanje hoofsaaklik om die hoë sterftesyfer in die konsentrasiekampe gedraai.

Die hoë sterftesyfer kan toegeskryf word aan die onhigiëniese toetand wat in die algemeen in die land geheers het weens die besmetting van veral water, die onhigiëniese gewoontes van sommige minder ontwikkelde Boeregesinne en die gebrekkige beheer deur die Britse kamp-administrasie. Laasgenoemde is veroorsaak deur die swak keuse van kampplekke; die gebrek aan sindelikheid in die kampe weens die laksheid van sommige kamp-amptenare; die swak voeding wat weerstand teen siekte afgetakel het; onvoldoende en onbekwame mediese personeellede; die gedwonge saamgroepering van 'n groot aantal landelike mense wat oor jare geen immuniteit teen siekte-epidemies opgebou het nie en onkunde oor hoe om epidemies soos masels onder beheer te kry. Kitchener moet grotendeels die skuld hiervoo5r dra omdat hy die konsentrasiekampstelsel u itgebrei het sonder om die gevolge daarvan in ag te  neem.

Daar was 'n groot daling in die sterftesyfer nadat ord Milner, die Britse Hoë Kommissaris, die kamp-administrasie in November 1901 by ' n onverskillilge Kitchener oorgeneem het. Dié daling is ook in 'n groot mate toe te skryf aan die inmenging van 'n Britse vrou, Emily Hobhouse,wat ná 'n reis na Suid-Afrika die swak toestande in die kampe in Brittanje bekend gemaak het. Dit het daartoe gelei dat die Britse regering 'n vrouekommissie o.l.v. Millicent Fawcett genoem het om die kampe amptelik te ondersoek. Hul wenke ter verbetering van die kampe - o.m. beter gekwalifiseerde dokters en verpleegsters, beter hospitaalgeriewe en voedsel van beter gehalte - het die gewenste uitwerking gehad. Teen Mei 1902 het die sterftesyfer tot 196 vir die maand gedaal.

Afrikanerleiers het in die loop van die 20ste eeu die lyding en sterftes van die Boerevroue en hul kinders in die konsentrasiekampe gebruik om Afrikaner-nasionalisme te bevorder. Daar moet egter ook in gedagte gehou word dat minstens een uit elke tien kinders op die platteland voor die oorlog op ' n jong ouderdom gesterf het. Hoewel die swak Britse kamp-administrasie verreweg die hoofoorsaak van die hoë sterftesyfer was, kan dit dus nie noodwendig die skuld vir al die sterftes dra nie.

Die vrees vir die gevare van die konsentrasiekampe het daartoe gelei dat 'n aantal Boerevroue vir die res van die oorlog met hul kinders in die veld rondgeswerf het. Hulle het veral iln Oos- en Wes-Transvaal en die Oos-Vrystaat skuiling in die klowe en spelonke gevind. Hul lyding was eweneens groot. Weens die verskroeide aarde-beleid was voedsel 'n groot probleem. Die toenemende vyandigheid van sommige swart groepe het ook 'n groot gevaar ingehou. Teen die einde van die oorlog was sowat 14 000 Boerevroue en hul kinders nog in die veld.

Hendsoppers en joiners

Ongeveer 'n derde van die beskikbare aantal Boerekrygers, d.w.s. nagenoeg 20 000 burgers, het in die loop van die oorlog die wapen neergelê en die eed van neutraliteit afgelê. Die Boere wat aanhou veg het, het na hulle verwys as hendsoppers (van die Engelse woorde "hand up"). Sommige hendsoppers was burgers wat nooiot by die kommando's aangesluit het nie.

Wapenneerlegging het veral voorgekom ná groot militêre terugslae, soos die oorgawe van genl. Piet Cronjé by Paardeberg en die Britse besetting van Bloemfontein en Pretoria. Hierdie Boere was oorlogsmoeg en het die voortsetting van die stryd as onrealisties beskouof gehoop dat hulle met hul optrede die einde van die oorlog sou bespoedig en dat hul eiendom nie langer aan die verwoesting blootgestel sou word nie.

Die joiners (van die Engelse woord "join") het verder as die hendsoppers gegaan deur in burgerkorpse of as gidse of verkenners aktiewe militêre diens aan Britse kant te doen. Die meeste van hulle was arm bywoners wat gelok is deur betaling en vae Britse beloftes van 'n bevoorregte posisie ná die oorlog. Sedert Oktober 1901 het Kitchener die National Scouts en die Orange River Colony Volunteers amptelik by die Britse leër ingelyf. Hul leiers was vooraanstaande oud-Boere-offisiere, soos genl. Piet de Wet, broef van genl. Christiaan de Wet. en genl. Andries Cronjé, broer van genl. Piet Cronjé. Teen die einde van die oorlog was daar 5464 joiners in Britse militêre diens.

Ná die oorlog het die bittereinders die hendsoppers en joiners openlik verafsku. Hulle is uit die Afrikanersamelewing, die politiek en die kerk gestoor. Pogings tot versoening deur generaals Louis Botha, Jan Smuts en Koos de la Rey het net gedeeltelik geslaag.

Kaapse en Natalse rebelle

Afrikaners in Natal en die Kaapkolonie het 'n houding van lojale protes aangeneem. In die algemeen was hulle lojaal aan die Britse kroon, maar hul kulturele en politieke verwantskap met die Boere van die twee republieke het verseker dat die meeste van hulle ten gunste van republilkeinse onafhanklikheid was. In stryd met die krygswet se bepalings het baie Afrikaners in die Britse kolonies die invallende Boerekommando's van voedsel voorsien. Die rebelle het egter 'n stap verder gegaan deur die Boerekommando's aan te sluit. Soms was dit onder dwang van die Boerekommando's.

Die Kaapkolonie het twee golwe van invalle deur die Boeremagte belewe. Die eerste was met die uitbreek van die oorlog en die tweede van Desember 1900 af, wat ook genl. Smuts se inval in September 1901 ingesluit het. Sowat 10 000 Kaapse rebelle het met die eerste golf by die Boere aangesluit, hoofsaaklik van die distrikte aangrensend aan die republieke. Met die verbrokkeling van die fronte in Maart 1900 het sommige van die rebelle na hul tuistes teruggekeer,, terwyl ander die kommando's na die republieke vergesel het. Hoofsaaklik weens 'n gebrek aan wapens en ammunisie en 'n afname in geesdrif het slegs sowat 3 000 Kaapse rebelle met die tweede golf  by die Boere aangesluit. Die Kaapse distrikte van Murraysburg, Graaff-Reinet, Middelburg en Cradock was die sentrum van bedrywighede, aangesien die Kamdebo-, Tandjies-, Sneeu- en Zuurberge die ideale skuiling gebied het. Die kkommando's van genl. Wynand Malan en kmdte, Gideon Scheepers, J.C. Lötter en Willem Fouché het byna volledig uit Kaapse rebelle bestaan.

Natal was die enigste gebied waar die Afrikaners in die minderheid teenoor Engelssprekendes was. Daar was dan ook heelwat minder rebelle in Natal as in die Kapkolonnie. Die Boeremagte was ook net tussen Oktober 1899 en Junie 1900 in Natal teenwoordig en wel in Noord-Natal, waarvandaan die meeste rebelle gekom het.

Uiteindelik het 1 012 Kaapse rebelle tronkstraf gekry, 360 is as bandiete na Bermuda verban en 379 is ter dood veroordeel, van wie 44 tereggestel is. Ná die oorlog het 10 577 Kaapse rebelle hul stemreg vir vyf jaar verloor. In Natal is 409 rebelle aan hoogverraad skuldig bevind en net een tereggestel. Natalse rebelle het ook hul stemreg vir vyf jaar verloor.

Swart mense en die oorlog

Die Anglo-Boereoorlog was in die eerste plek 'n stryd tussen Boer en Brit, maar dié konflik het die swart bevolkingsgroepe in die land ook ten nouste geraak. Swart en bruin mense het in sowel vegtende as nie-vegtende hoedanigheid by die oorlog betrokke geraak. Alblei republieke het 'n m eerderheid swart mense binne hul grense gehad: In Transvaal was daar 289 000 wit mense teenoor 755 000 swart mense en in die Vrystaat 78 000 teenoor 130 000.

In die 19de eeu het al die swart groepe onder die politieke beheer van wit owerhede gekom. Brittnje het Basotholand (die huidige Lesotho) in 1868 geannekseer, in 1885 'n protektoraat oor Betsjoeanaland (die huidige Botswana) afgekondig, Zululand in 1897 by Natal ingelyf en die administrasie van Swaziland in 1894 aan Transvaal oorgedra. In Transvaal is die swart groepe een na die ander onderwerp en groot gebiede is vir wit nedersetting oorgeneem. In dieselfde tyd moes die swart bevolkingsgroepe hul ekonomiese selfversorging prysgee. 'n Trekarbeiderstelsel het tot stand gekom waarin wit mense van swart arbeid afhanklik geword het en swart mense van die wit ekonomiese en nywerhede.

Verreweg die meeste swart mense het op 'n Britse oorwinning gehoop. Die swart, bruin en Indiër-elite het gehoop dat Brittanje die Kaapse stemregkwalifikasies - waarvolgens swart mense met sekere onderwys- en eiendomskwalifikasies stemreg sou kry - na die noorde sou uitbrei. Die later bekende Indiese leier Mohandas Gandh8 het sy mede-Indiërs by die aanvang van die oorlog opgeroep om Brittanje te steun om hul lojaliteit aan die Britse kroon te bewys, al het hy gemeen dat geregtigheid aan die Boere se kant was. Gedurende die oorlog sou Indiërs se rol beperk bly tot siekedraers ná gevegte aan die Natalse front. Gandhi het self ná die Slag van Spioenkop as siekedraer opgetree.

Daar wa s'n stilswyende ooreenkoms tussen die Britse en Boereleiers dat dit 'n wit man se oorlog is en dat swart mense nie vir die stryd bewapen moet word nie - die Boere vanweë die swart bevolkingsgroepe se getalle-oorwig en die Britte omdat hulle nie die Kaapse en Natalse wit mense aanstoot wou gee of die weg wou baan vir 'n sosiale revolusie in Suid-Afrika nie. Nie een van die twee partye sou egterby hierdie besluit hou nie.

Van die begin af het sowel die Britte as die Boere swart en bruin mense vir nie-vegtende doeleindes aangewend. In die Britse leër he hulle veral as wadrywers of arbeiders in die kampe opgetree. In die guerrillafase het swart verkenningskorpse onder bevel van wit offisiere egter waardevolle militêre hulp aan die Britse leër verleen.

In die eerste jaar van die oorlog het lord Roberts op versoek van die Britse regering opdrag gegee dat swart mense nie vir aktiewe diens teen die Boere bewapen mag wor dnie. Toe genl. Pieter Kritzinger, wat met sy Vrystaters in die Kaapkolonie geveg het, in Julie 1901 vir lord Kitchener waarsku dat swart mense in diens van die Britse leër tereggestel sou word ongeag of hulle gewapen is al dan nie, het Kitchener met instemming van die Britse regering besluit dat swart verkenningskorpse vuurwapens vir selfbeskerming mag ontvang. Dit het diegene ingesluit wat die blokhuise opgepas het.

Die Liberale opposisie in die Britse parlement het dié beleid hewig gekritiseer. Kitchener h et in maart 1902 ná talle navrae van die War Office uiteindelik erken dat daar 10 000 gewapende swart mens in die Britse leër is. Dié syfer was egter ie korrek nie, want dit het nie diegene ingesluit wat hul eie wapens verskaf het nie. Lloyd George se opmerking in die Britse parlement dat daar tot 30 000 gewapende swart mans in Britse militêre diens is, was nader aan die waarheid.

Die swart bevolkingsgroepe het in 'n ander oopsig 'n bedreiging vir die Boere ingehou. In die guerrillafase het die Transvaalse regering basies die beheer oor die swart groepe binne sy grense verloor. Boerefamilies is deur die Tswana uit groot dele van Wes-Transvaal verdryf, so ook deur die Pedi in Oos-Transvaal. Swart groepe het Boere se vee gebuit en vir beloning na die Britse leër aangejaag. Hulle het ook met die Britse leër saamgewerk deur die indringing van Boerekommando's in hul gebiede te verhoed. Dit het die bewegingsvryheid van die Boere, wat reeds deur Kitchener se dryfjagte teen die blokhuislinies vasgedruk was, verder beperk.

Op die oggend van 6 Mei 1902 het 'n Zulustam, die Qulusi, by Holkrans (Mthashana) naby die huidige Vryheid 56 burgers van die Vryheidkommando doodgemaak. Dit was deel van 'n lang geskiedenis van wrywing tussen Boer en Zulu oor grond en vee. Die Boere-afgevaardigdes wat by Vereeniging oor vrede onderhandel het, het ook besef watter groot rol gewapende swar mense in die oorlog gespeel het. Die bedreiging wat swart groepe ingehou het, was 'n belangrike beweegrede vir die sluiting van die vredesooreenkoms benewens die ellende van die Boerevroue en -kinders in die konsentrasiekampe, die verwoesting van die republieke en die ongelyke stryd teen 'n Britse oormag.

Swart mense het in weerwil van die amptelike regeringsbeleid in 'n paar gevalle die wapen aan Boerekant opgeneem. Genl. Snyman het tydens die beleg van Mfeking die plaaslike Tswana "om veiligheidsredes" bewapen. Toe pres. kruger daarvan te hore kom, is die swart mense ontwapen en weggestuur.

--- --- ---

Mathakgong en "Generaal" Windvoël

Swart mense se betrokkenheid in die Anglo-Boereoorlog het vir uiterstes gesorg. Aan die een kant was daar iemand soos Mathakgong, ' n Rolongheld tydens die beleg van Mafeking. Hy het honderde stuks vee van Boereplase rondom Mafeking geroof en die dorp ingebring. Sodoende het hy die nypende voedseltekort vir swart en wit verlig. Vir die Boerefamilies van die omgewing was Mathakgong glo 'n verskrikking. In sy dagboek beskryf die skrywer en politikus Sol Plaatje hom as "een van die onbesonge helde" van die beleg van Mafeking.

Dan was daar weer "generaal" Windvoëll, 'n agterryer van die Du Plessis-broers van die Rustenburgkommando. Hy het sy eie perd en geweer gehad en was vasbeslote om die republiek saam met die Du Plessis's te help verdedig. Op patrollie het hy uit sy eie die leiding geneem en die burgers het hom laat begaan omdat hy die oëvan 'n valk gehad het. Wanneer hy die Britse magte gewaar het, ht hy onverbeterlike planne vorendag gekom. Om dié rede het die burgers hom "generaal" Windvoël genoem. Tydens die Slag van Vlakfontein op 29 Mei 1901 het hy te midde van groot gevaar ook 'n burger met 'n  onwillige perd na veiligheid gebring.

--- --- ---

Die Boeremagte het swart mense veral in nie-vergtende hoedanigheid gebruik. Sart arbeiders het loopgrawe gegrawe en waens gedryf. Talle Boere het hul plaaswerkers as agterryers op kommando saamgeneem as perde-oppassers (ook tydens gevegte), waterdraers of vuurmakers. Tussen so 'n Boer en sy agterryer was daar meetal 'n goeie verhouding, gebaseer op 'n peternalisme wat deur die agterryer aanvaar is. Daar was waarskynlik tot 11 000 agterryers op kommando, hoewel die getal skerp afgeneem het ná die Britse inname van Bloemfontein en Pretoria. Slegs in 'n paar gevalle het agterryers saam met die Boere aan gevegte deelgeneem.

Swart mense is van die tweede helfte van k1900 ook deur die Britse leër in konsentrasiekampe byeengebring. Sommige swart mense het by die Britse owerhede beskerming gesoek. Die verwydering van sart mense van die oorlogsterrein was egter nie in die eerste plek om menslike redes nie. Kitchener wou keer dat die Boerekommando's voedsel of inligting by die swart mense kry en hy wou die mans teen betaling as arbeiders in die oorlog gebruik. Met hierdie betaling kom hulle h ul gesinne in die kampe onderhou. Anders as wit mense i s swart mense tot die einde van die oorlog na konsentrasiekampe gestuur. In totaal was daar ongeveer 66 swart kampe, waarvan sommige tydelil was, met sowat 115 000 inwoners.

Teen die middel van 1901 het die Native Refugee Department die beheer van die swart kampe by die superintendente van die wit kampe oorgeneem om die lot van die swart mense te verbeter. 'n Belangriker rede hiervoor was dat swart rbeiders vir die Britse leër in dié kampe gewerf kon word wat die plek ingeneem het van die swart mynwerkers wat na die goudmyne teruggekeer het.

Die kampinwoners moes hul eie huisvesting oprig. Hulle is toegelaat om gesaaides vir selfonderhoud te plant. Sout en melk is gratis uitgedeel. Diegene wat gewerk het en dit dus kon bekostig, kon mieliemeel en weelde-artikels soos sorghum, suiker, koffie, tee, stroop en tabak koop.

Soos i n die wit konsentrasiekampe ht die sterftesyfer ind ie swart kampe in die tweede helfte van 1901 ontstellende afmetings aangeneem. Desember 1901 was die ergste maand, toe 2 831 sterftes aangeteken is. Soos in die wit kampe was kinders oorwegend die slagoffers, aangesien hulle 81% van alle sterftes uitgemaak het. Die amptelike syfers is beslis onvolledig, maar waarskynlik h et meer as 18 000 gesterf.

Die meeste sterftes onder swart mense was a.g.v. waterpokkies, masels en disenterie. Dit kan toegeskryf word aan die verskriklike toetande in die oorbevolkte kampe. Hutte en tente is te na aan mekaar opgerig en ht nie genoeg beskerming teen wind en weer gebied nie. Water was dikwels skaars of besoedel en mediese geriewe en brandstof vir vuurmaak onvoldoende, Die voedselgehalte was swak en die rantsoene kleiner as dié vir die wit kampinwoners, terwyl die meete verplig was om selfonderhoudend te wees.

Aan die begin van 1902 is verbeterings ind ie swart kampe ngebring, veral wat die gehalte van voedsel betref. Dit het die sterftesyfer aansienlik laat daal, maar toe was dit reeds te laat.

--- --- ---

Sol Plaatje

Hierdie buitengewoon bekwame Rolongjoerhnalis, politikus en skrywer is in 1876 gebore. Hy het as Christen op die Berlyne sendingstasie Pniel, noordwes van Kimberley, grootgeword. Deur private studie het hy die Kaapse Staatsdienssertifikaat verwerf. Hy was agt tale magtig en dit het hom goed te pas gekm toe hy in 1898 as tolk in Mafeking se  magistraatskantoor aangestel is.

In die Anglo-Boereoorlog is Plaatje gedurende die beleg van Mafeking (Oktober 1899 tot Mei 1900) in die dorp vasgekeer, waar hy sy tolkwerk vir die Britse owerhede voortgesit het. Dit is egter sy dagboek wat hom so sterm met die Anglo-Boereoorlog verbind. Dit is 70 jaar ná die oorlog ontdek en in 1973 vir die eerste keer gepubliseer. Die inskrywings begin op 29 Oktober 1899 en hou aan tot die einde van Mart 1900. Dit gee 'n merkwaardige insig in de ervaring en denke van 'n geleerde swart man van die tyd en vertel ook van die gewone swart mense se stryd om voortbestaan tydens die beleg. Dit is die enigste dagboek van 'n swart mens wat tot dusver oor die Anglo-Boereoorlog gevind is. Ná die oorlog het hy die eerste Tswana-Engelse weekblad, Koranta ea Becoanam gepubliseer.

Plaatje was ontsteld omdat die Vrede van Vereeniging in 1902 nie die gekwalifiseerde stemreg van die Kaapkolonie en Natal na die verowerde republieke uitgebrei het nie. Hy was ook ontevrede oor die Wet op naturellegrondgebied van 1913 wat swart mense in wese van kleinboere tot plaasarbeiders verlaag het. In 1912 het hy korrespondensie-sekretaris van die pas gestigte South African Native National Congress (sedert 1923 bekend as die African National Congress) geword.

Benewenssy boek Native Life in South Africa (1916) en vertalings in Tswana van verskeie dramas van Shakespeare, is Plaatje veral bekend vir sy roman, Mhudi (1930).

--- --- ---

Ten slotte, die Vrede van Vereeniging het Britse oppergesag in Suid-Afrika gevestig. Die imperiale beleid van lord Milner, wat op algehele verengelsing van die Afrikanervolk berus het, het egter kort ná die oorlog misluk toe sir Henry Campbell-Bannerman se Liberale Party in 1905 in Brittanje aan die bewind gekom het. Milnerisme het trouens die teenoorgestelde uitwerking gehad deur bloot Afrikanernasionalisme aan te vuur. Op ekonomiese gebied het die Britse teenwoordigheid egter die boustene verskaf vir die opkoms van die Suid-Afrikaanse nywerhede in die 20ste eeu

Die oorlog het die Afrikaners ekonomies en sielkundig verpletter. Dit het tot die armblanke-vraagstuk bygedra en verstedeliking versnel nadat talle boere hul plase verloor en by die myne gaan werk soek het. In die lo0p van die 20ste eeu sou die Afrikaners egter politieke beheer van Suid-Afrika oorneem. Hulle was vasbeslote om onafhanklik van Britse invloed te raak. Dit het hulle as rassepatriotisme gevorm en ht 'n aggressiewe nasionalisme aangewakker wat hulle gelei het om na selfbeskikking en algehele beheer van Suid-Afrika te strewe. Hierdie aspirasies, tesame met hul vrees vir die swart meerderheid, kan gedeeltelik die toepassing van die apartheidsbeleid in die tweede helft evna die 20ste eeu verklaar. Met die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika in 1961 is Vereeniging uiteindelik gewreek.

Swart mense is eweneens deur die oorlog platgeslaan, met soortgelyke gevolge wat armoede en verstedeliking betref namate swart mans as arbeiders na die goudmyne gestroom het. Daarbenewens is hul besetting van wit grondgebied in die oorlog nie deur die bepalings van die Vrede van Vereeniging erken nie. Gekwalifiseerde stemreg is ook nie na Transvaal en die Oranjerivierkolonie uigebrei nie. Toe Transvaal en die Oranjerivierkolonie in onderskeiedelik 1906 en 1907 verantwoordelike bestuur ontvang het, is swart ambisies oor stemreg weer gefrustreer.

Dit het nogmaals gebeur met die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910. Dit het toe gelei tot die stigting van die South African Native National Congress in 1912. In 1923 het dit die African National Congress geword. Die swart stryd sou dwarsdeur die 20ste eeu voortduur totdat sukses in 1994 behaal is met die totstandkoming van 'n demokraties verkoese Suid-Afrikaanse regering. Ook vir hulle is Vereeniging uiteindelik gewreek.

Fransjohan Pretorius

Geskiedenis van Suid-Afrika

Van voortye tot vandag

Fransjohan Pretorius (Redakteur)

ISBN 978-0624-05466-5