Gladys en Die Lymbottel

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Een

deur Arthur S. Maxwell

Gladys en Jane, die dogtertjie wat net langsaan gewoon het, het lekker met hul poppe gespeel. Maar toe het daar sielik iets vreesliks gebeur. Net hoe dit gebeur het, kon hulle nie verduidelik nie, maar toe hulle weer sien, het Jane Gladys se pragtige pop op die vloer laat val.

O Jane, jy het my babapop laat val! Dit is stukkend. Hoe kon jy dit tog doen,  Jane!"

"Ek is so jammer, dit was 'n ongeluk," sê Jane.

Gladys het die pop opgetel en dit sorgvuldig ondersoek. "Kyk hier Jane, die kop het gebreek. Ek kan sommer huil!" sê sy droewig.

"O," sê arme Jane, asof dit regtig 'n baba is wat seergekry het. "Moenie huil nie, Gladys, asseblief, moenie huil nie, of ek sal ook huil. Wat kan ons nou doen?"

As dit twee ander dogtertjies was, sou hulle natuurlik heftig rusie gemaak het oor 'n ramp soos hierdie, maar nie Gladys en Jane nie. H ulle het mekaar te liefgehad daarvoor en nou was al wat Gladys gesê het "Laat ons kyk of ons dit kan heelmaak."

"Heelmak Gladys, dink jy ons sal dit kan heelmaak?"

"Ek dink so," sê Gladys terwyl sy probeer om die stukke weer in te voeg. "As ons maar net 'n bietjie lym gehad het!"

"Ek weet waar ons lym kan kry. Ek het 'n bottel onder in die motorhuis gesien. Ek sal dit gou gaan haal," sê Jane. Sy het gou die bottel gom gaan haal, want sy was gretig om te vergoed vir die pop wat sy laaty val  het. Sy was baie gouo weer terug met 'n ou lymbottel in haar hand.

"Dit lyk baie oud, Jane, ek h op dat dit klewerig genoeg sal wees."

"Ek hoop ook so, maar die prop sit vas," sê Jane terwyl sy hard probeer om die bottel oop te maak.

"Laat ek probeer," sê Gladys.

Maar ook sy kon nie die prop uitkry nie. Toe probeer Jane weer, en toe weer Gladys.

"Wat nou gdoen?" vra sy. "Ons kon die pop teen hierdie tyd al heelgemaak het. Wag, ek sal vir Pappie gaan vra om vir ons die bttel oop te maak.

Sy is toe die trap af met die gombottel in haar hard. Pappie ht sy bes p robeer om dit oop te kry, maar ook hy opgee.

"Neem dit na Oom toe, sy hande is sterker as myne."

Toe is Gladys na haar Oom en vra hom om die bottel oop te maak. Maar hy moes ook die saak gewonne gee.

"Dit help niks Gladys, jy kan net sowel daardie bottel weggooi. Ons sal vir jou 'n ander bottel kop sodra die winkels oop is," sê Oom.

Gladys het die bottel by haar Oom geneem en is weer boontoe na haar kamer. "Ek is Jammer Jane, m aar niemand kan dit oopkry nie. Oom sê hy sal vir ons 'n nuwe bottel koop sodra die winkels oopgaan."

"Maar ons wil nou die pop heelmaak," sê Jane.

"Ja Jane, ons moet." En toe sê sy in 'n fluisterstem, "Weet jy, ek weet van iemand wat die bottel vir ons sal oopmaak."

"Weet jy werklik? Wie is dit?"

"Gladys het in haar oor gefluister en toe fluister Jane weer terug. "Wil jy glo Gadys, waarom het ons nie erder daaraan gedink nie?"

As julle 'n paar minute later in daardie kamer kon inloer, sou julle iets baie aandoenliks gesien het, want daar by die twee stoeltjies was die twee dogtertjies op hul knieë, gesig om Jesus te vra om daardie l ymbottel vir hulle oop te maak!

"Liewe Jesus," het Gladys gebie, "my pop het gebreek en moet reggemaak word, Ons moet lym hê. Ons kan nie die bottel oopkry nie, ook nie Pappie of Oom  nie, niemand kan nie, maar U kan. Sal U dit nie asseblief vir ons oopmaak nie? Amen."

Toe hulle klaar gebid het, loop Jane na die gombottel om die skroefprop te probeer, maar Gladsy sê sy moet bietjie wag. "Nee wag," fluister sy," ons moet Hom 'n kans gee om dit oop te maak!"

Toe het hulle twee vir sowat drie minute doodstil staan, sonder om 'n enkele woord te praat, wagtende op Jesus om te doen wat hulle gevra het!

Nou mag dit vir baie van julle vreemd lyk en sommige mag dit nie eens glo nie, maar toe Gladys daardie lymbottel van die tafel af neem en die prop met haar klein vingertjies draai, was dit sommer los! 

En toe, sonder om vir een oomblik te twyfel dat hul gebed verhoor is, het hulle kalm die pop begin heelmaak. Later is hulle onder toe en wys vir Mammie, Pappie en Oom die pop.

"Maar waar het julle die gom gekry," vra h ulle.

"Uit die bottel," antwoord hulle.

Toe vertel  hulle die wonderbaarlike verhaal van wat daar in die kamer gebeur het. Vir 'n rukkie het niemand gepraat nie - hulle was te aangedaan om iets te sê.