Gryp, Trekker, gryp jou kruit en roer - (Theo Wassenaar) |
Teen die skuins helling van die Ntibane berg wat afloop na die Ncomo-rivier, beweeg 64 kakebeenwaens, in rye van vier langs mekaar, getrek deur 10 osse elk, af na die rivier.
Op en langs die waens, te voet en te perd, beweeg 464 Boere, hul voorlaaiers op hul skouers, gelaai en gereed vir gebruik.
Dit is die Boere- strafkommando op pad na Umgungundlovu, die Plek van die Groot Olifant, om die Zoeloe-koning, Dingaan, te gaan straf vir al die wreedhede teenoor die Trekkers sedert hulle intog in Natal in Januarie daardie jaar.
Aan die spits van hierdie optog, fier en regop op sy perd, ry Andries Pretorius, leier en kommandant.
Hy (Andries Pretorius) slaan die herhaalde aanvalle van 10,000 geoefende en dapper Zoeloekrygers af en laat een uit drie van hulle sneuwel. Op die aand van 15 Desember lê Sarel Cilliers vir die eerste keer die Gelofte met ’n Bybel in die hand af. Die Voortrekkers het ’n wonderwerk nodig gehad: om ’n veldslag van 464 man teen 16 000 magtige Zoeloe-krygers te oorwin. Die oorwinning van die Voortrekkers word deur baie vandag as ’n wonderwerk en ingryping van Bo beskou. ’n Groot mislaag om die laer het die Zoeloes mislei en gemaak dat die laer nie gesien kon word nie. Teen dagbreek was die Voortrekkers gereed om aan te val. Duisende Zoeloe-krygers is deur die Voortrekkers se wapens die rivier ingedryf in ’n poging om te ontsnap. Daar word vertel dat die rivierwater rooi gekleur het van die krygers se bloed.
Saam was Jan Bantjes. Jan Bantjes, soos vele ander Voortrekkers die nasaat van dié vrygestelde slawe, het op Nuwejaarsdag 1837 saam met veldkornet Jacob de Klerk/Clercq se trekgroep vanaf die Beaufort-distrik by Thaba Nchu by die Groot Trek aangesluit. Die geskiedenis ken hom as Voortrekker-onderwyser wat twee toekomstige presidente van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) opgevoed het. Die verdrag tussen Piet Retief en Dingaan is deur dié man in sy eie handskrif opgetrek. Hy het ‘n joernaal oor gebeure rondom die Slag van Bloedrivier geskryf. Sy beriggewing daaroor in ‘De Zuid Afrikaan’ is een van die belangrikste dokumente waarop latere geskiedkundiges hulle ontledings van gebeure gegrond het.
Jan was in die binnekring van die groep wat op 9 Desember 1838 by Waschbankspruit die gelofte aan God gemaak het. Hy het ‘n joernaal gehou, genaamd ‘Journal der Ekspeditie van de uitgewekene Boeren, onder hunnen Hoofd-Kommandant Andreas Wilhelmus Jacobus Pretorius, tegen Dingaan, Koning der Zulus, in de maand(en) November en December 1838’.
Andries Pretorius is op 27 November 1798 op Graaff Reinet in die Kaapkolonie gebore. Hy word deur rondgaande onderwysers geleer, maar in die latere lewe kon hy hom goed uitdruk in woord en skryf. 'n Vroulike bewonderaar het hom beskryf as' 'n aantreklike, hoë figuur van tussen ses en sewe voet, regop, vriendelik en boeiend. ' Die historikus Theal het van hom gesê dat "sy kennis en sy opinies, sowel as sy deugde en sy gebreke, dié van 'n sewentiende en nie die van 'n negentiende eeuse persoon was nie." Hy het 'n menslike deel van temperamentele onvolmaaktheid en was dikwels vinnig kwaad, maar was nie onredelike, hardnekkigheid nie.
Andries Pretorius se roem as veldheer berus in die eerste plek op sy skitterende oorwinning by Bloedrivier. Die oorwinning wat hy hier behaal het, is sonder weerga in die militêre geskiedenis van Suid-Afrika. In geen ander veldtog het daar aan die een kant so veel en aan die ander so weinig gesneuwel nie - 3,000 Zoeloes teenoor nie 'n enkele Voortrekker nie. Bloedrivier was egter nie die enigste veldslag waar Pretorius sy vernuf as aanvoerder getoon het nie.
By Congella het hy Kaptein T.C Smith se nagtelike opmars gestuit op 'n wyse wat bewondering afdwing. By Port Natal het hy die Britse mag suksesvol beleër, maar tevergeefs probeer om die landing van Britse versterkings onder Luitenant Kolonel A.J. Cloete te keer. By Boomplaats het hy sy terrein goed gekies en sy aanval deeglik beplan, maar sy ongedissiplineerde mag was nie opgewasse teen sir Harry Smith se groter, goed gedissiplineerde en beter gewapende mag nie.
Bloedrivier Duncee (KZN) Een van die mees unieke terreine in SA waar slagveld aan beide kante, die Voortrekkers en die Zoeloes voorgestel word. Weerskante van die rivier, Bloedrivier soos onder Afrikaners bekend of Ncome soos onder die Zoeloes.
Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius is op 27 November 1798 in die distrik Graaff-Reinet gebore. Sy ouers was Marthinus Wessel Ptretorius en Susanna Elizabeth Viljoen. Sy eerste lewensjare bring hy op sy vader se plaas Drie Koppen (tans Glen Harry) sowat 50km noordoos van Graaff-Reinet deur. Hoeveel formele onderrrig hy ontvang het, is nie bekend nie, maar die talle briewe wat daar van hom bewaar gebly het, toon dat hy, nieteenstaande 'n byna onleesbare handskrif, sy gedagtes duidelik kon formuleer.
In November 1818 tree Pretorius op Tulbach in die huwelik met die agtienjarige Christina Petronella de Wet. Uit hierdie huwelik is tien kinders gebore - drie seuns en sewe dogters. Die oudste seun, Marthinus Wessel, sou later staatspresident van die Suid-Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat word.
Na sy troue het Pretorius op Letskraal, sowat 10km van sy vader se woonplaas, gaan woon. Sy vermoë om leiding op die slagveld te gee, word reeds in hierdie tyd raakgesien, want gedurende die Sesde Grensoorlog (1834-1835) voer hy 'n kommando Graaff-Reinetters teen die Xhosas aan.
Gedurende die somer van 1838-1839 onderneem Pretorius en twee van sy broers 'n verkenningstog na Transvaal en Natal. Dit is veral Natal wat 'n gunstige indruk op hom maak en kort na sy terugkeer in Graaff-Reinet in Januarie 1838 kondig hy dan ook aan dat sy plase te koop is. Die moord op Piet Retief se geselskap die daaropvolgende maand demp hoegenaamd nie sy vasbeslotenheid om na Natal te trek nie. In die begin van Oktober 1838 vertrek hy met sy trekgeselskap na Natal. Aan die Modderrivier naby Uysklip laat hy sy trekgeselskap agter, terwyl hy hom met sestig man vooruit haas na Natal om betyds te wees vir die kommando wat op die punt gestaan het om teen die Zoeloes uit te trek. Op 22 November 1838 ry hy Jacobus Potgieter se laer aan die Klein-Tugela binne. Die Voortrekkers se predikant, Erasmus Smit, teken op hierdie dag in sy dagboek aan: "In den na-middag arriveerde er weer een zeer waardige medereiziger, Andries Pretorius (als een wel toegeruste en gesabelde en gepistoolde dragonder) te paard in ons leger."
Die veertigjarige Pretorius met sy sterk persoonlikheid, fors gestalte, selfversekerde houding, helder verstand en aansienlike redenaarstalent het uit die staanspoor 'n gunstige indruk op die voortrekkers langs die Klein-Tugela gemaak. Vier dae later is hy dan ook tot hoofkommandant verkies van die kommando wat op die punt gestaan het om teen die Zoeloes uit te trek.
Eerste monument opgerig is die graniet kakebeenwa wat oorspronklik oor die klip in die middel van die laer opgerig was met ń venster waardeur die verligte klip gesien kon word. Doe wa is reeds in 1939 voltooi deur Coert Steynberg , maar eers in 1947 onthul agv WWII. Die wa is in 1971 verskuif na die posisie naby die ingang voor die museum. Die kakebeenwa is simbolies van die huis, kerk en die fort van die Voortrekkers.
Hierdie kommando, wat later as die Wenkommando bekend sou staan, is voorafgegaan deur twee massamoorde - die moord op Piet Retief en sy gevolg in die Zoeloe-hoofstad Umgungundhlovu, en die moord op die Voortrekkers langs die Bloukrans- en die Boesmansrivier. Saam met Piet Retief is 60 en ongeveer 30 nie-blanke agterryers op wreedaardige wyse met kieries doogeslaan.
Aan die bloukrans- en die Boesmansrivier is 40 mans, 56 vroue, 185 kinders en meer as 200 gekleurde bediendes om die lewe gebring. In totaal dus byna 600 mense. Met die doel om hierdie moorde te wreek, het 'n kommando onder Potgieter en Piet Uys in April 1838 teen die Zoeloes uitgetrek, haar hulle is in die slag van Italeni op die vlug gedryf. Die voortrekkers was egter vasbeslote om die moorde nie ongestraf te laat nie. Daar is reëlings getref vir 'n verdere kommando en dit was met hierdie kommando dat Pretorius aan die einde van November 1838 teen die Zoeloes uitgetrek het. Pretorius se kommando het die Tugela net bokant die aansluiting van die Klein-Tugela oorgesteek en oor die teenswoordige Ladysmith opgeruk na Zoeloeland. Die kommando het bestaan uit 470 blanke mans en 'n onbekende aantal swartes en Kleurlinge. Anders as Potgieter en Uys se kommando wat die Zoeloes te perd aangedurf het, neem Pretorius 57 waens en een oskar saam.
By die teenswoordige Danskraal ten noorde van Ladysmith het Sarel Cilliers op aandrang van Pretorius vir die eerse keer in die openbaar die gedagte geopper dat die kommando as 'n geheel 'n gelofte aan God moet aflê. Die gedagte het byval gevind en op Sondag 9 Desember 1838 het Sarel Cilliers dan ook aan die Wasbankrivier namens die aanwesiges 'n gelofte aan God afgelê. In 'n gebed het hy belowe dat as God hulle in die komende botsing die oorwinning sou skenk, hulle 'n kerk sou bou en dat hulle, sowel as hul nageslag, altyd die dag waarop die oorwinning behaal is, altyd tot eer van God sou vier. In die daaropvolgende dae is die gelofte by elke aandgodsdiens herhaal.
Op weg na Zoeloeland het Pretorius getoon dat hy 'n wakker en versigtige aanvoerder was wat hom nie deur die vyand wou laat verras nie. Hy het elke aand die waens in 'n kring laat trek, die perde en trekosse binne die laer laat bring en nagwagte uitgesit. Die laer is in die oggend eers opgebreek nadat die omgewing in alle rigtings verken is. Wanneer die waens begin beweeg het, was dit meestal twee-twee tot vier-vier langs mekaar sodat daar in geval van nood haastig laer getrek kan word. Naas Pretorius se voorsorgmaatreëls teen enige verrassing, was een van die vernaamste kenmerke van sy leierskap die nadruk wat hy gelê het op die geestelike voorbereiding van sy manne. Die reeds vermelde gelofte wat hy laat aflê het, was een faset daavan. Verder het hy hulle voortdurend aangespoor tot eengesindheid, erns en gehoorsaamheid. Op Saterdag 15 Desember 1838 het die kommando by 'n rivier gekom wat die Zoeloes die Ncome genoem het, maar wat vandag as Bloedriver bekend staan. Hier het Pretorius halt geroep om, soos ook die voorafgaande dae, die waens in die vorm van 'n laer te trek. Berigte wat hy in die loop van die dag van sy verkenners ontvang het, het hom laat besef dat die Zoeloe leër hulle nou enige dag kon aanval, en daarom het hy die laerplek versigtig gekies.
Hy het die laer teenaan 'n diep sloot laat trek sodat enige aanval uit die suide deur die sloot belemmer sou word. Sowat 300 meter na die oostekant was die rivier, wat op dié plek 'n lang seekoeigat gevorm het. Die rede waarom hy die laer nie nader aan die rivier laat rek het nie, was blykbaar dat die sloot vlakker geword het in die rigting van die rivier. Die waens was reeds, of in elk geval getrek toe 'n boodskapper by Pretorius aankom met die nuus dat Hans de Lange die Zoeloeleër ongeveer twee uur te perd (20km) van die laer waargeneem het. Pretorius het die laer sonder versuim laat versterk met veghekke wat tussen die wawiele aangebring is. Hierdie veghekke, wat in die laer aan die Klein-Tugela gemaak is, moes die vyand verhinder om onder die waens deur te kruip.
Quick Facts & Context
Afrikaans: Groot Trek
Date: 1835 - c. 1845
Location: South Africa
Participants: Voortrekker
Major Events: Battle of Blood River
Key People: Andries Pretorius Hendrik Potgieter Piet Retief Dingane
Great Trek, the emigration of some 12,000 to 14,000 Boers from Cape Colony in South Africa between 1835 and the early 1840s, in rebellion against the policies of the British government and in search of fresh pasturelands. The Great Trek is regarded by Afrikaners as a central event of their 19th-century history and the origin of their nationhood. It enabled them to outflank the Xhosa peoples who were blocking their eastward expansion, to penetrate into Natal and the Highveld (which had been opened up by the tribal wars of the previous decade), and to carry white settlement north to the Limpopo River.
Met 220 man het Pretorius daarop uitgery in die rigting waar Hans de Lange die Zoeloe leër opgemerk het. Toe hy die Zoeloes in die gesig kry, was dit reeds laat die middag. Hulle was, soos hy dit enkele dae dae later in 'n brief gestel het, op "een zeer gelyken berg" saamgetrek. Hy het onmiddelik besef dat dit n groot waagstuk sou wees om die Zoeloes in die middag in so 'n bergagtige omgewing aan te val. Hy het dan ook Sarel Cilliers se voorstel, dat hulle die Zoeloes sonder versuim moes aanval, van die hand gewys en met sy manne na die laer teruggekeer. Dit het wel beteken dat hy die inisiatief aan die vyand afstaan, maar die voordele van 'n gelyk slagveld, 'n laer wat beskutting bied en 'n sterker mag het na sy mening swaarder geweeg. Dit was, soos die volgende dag sou blyk, 'n wyse besluit. Pretorius het besef dat die Zoeloes nog dieselfde nag, of vroeg die volgende ogend, tot die aanval kon oorgaan. Hy het dan ook sonder versuim die nodige voorbereidings vir so 'n moontlikheid getref. Soos die voorafgaande aande het hy die trekosse en perde, wat saam meer as 'n duisend stuks getel het, binne die laer laat bring. Hierdie besondere aand het hy ook by die waens sweepstokke met lanterns laat aanbring sodat die Zoeloes nie in die donker ongesiens tot by die waens kon kom nie en sodat die manne kon sien om hul gewere te laai.
Brons wa-laer van 64 waens opgerig op die slagveld van 16.12.1838 waar ongeveer 470 man te staan gekom het voor ñ Zoeloemag van meer as 10 000 krygers. Daar was ń diep sloot aan suidekant en oostekant was die rivier met ń lang seekoeigat. Hierdie waens is ń replika van die oorspronklike laer, gemaak van gegote staal, oorgeblaas met brons op betonvoetstukke. Elke wa is identies volgens die model die Johanna van der Merwe wa wat gebruik is tydens die simboliese ossewatrek 1938. Van die waens (by die openinge) is sonder tente wat gewoonlik gedien het as ammunisie waens. Tussen wawiele is veghekke van hout van wattelbome aangebring. Replikas van die sweepstokke met lanterns aan punte is aan die waens aangebring. Walaer is onthul 16.12.1972.
Twee uur voor dagbreek op Sondagoggend, 16 Desember 1838, het Pretorius sy manne laat wek. Die mis wat gedurende die nag toegesak het, het nog oor die laer gehang, maar toe dit in die ooste begin lig word, merk die manne tot hul vreugde dat dit opklaar. en feitlik gelyktydig gewaar die wagte dat die Zoeloes nader kom. Spoedig was die laer aan alle kante deur duisende Zoeloes omring. Volgens die betroubaarste skattings was daar ongeveer 10 000. Daarteenoor was daar in die laer slegs 470 blankes (onder wie drie engelse), 60 swart krygsmanne van Alexander Biggar en 'n onbekende aantal swartes en Kleurlinge wat as touleiers, wadrywers en beeswagters diens gedoen het. Vir elke man binne die laer was daar dus 20 Zoeloes. Die oormag het Pretorius bekommer, maar hy het nogtans sy manne moed ingepraat. "Nu kunt gy self begrypen," het hy 'n week na die geveg aan Jacobus Boshof op Graaff-Reinet geskryf, "welk gezigt dit opleverde, en dat het er op aan kwam om een onverschrokken gelaat te toonen. Ik zag klaar dat wy nu doen moesten wat wy konden, ik moedigde myne manschappen overluid aan, kun verzekerde dat hoe groot die magt der Zoolas ook schynen mogt, zy tegen ons nit konden bestaan."
Die voorhoede het blykbaar sonder versuim op die laer afgestorm en die eerste skote het reeds voor sonop geklap. Uit die laer is so hewig geskiet dat geen Zoeloe daarin kon slaag om tot teenaan die waens te kom nie - dit klink byna ongelooflik as 'n mens in gedagte hou dat die laai van die gewere met behulp van 'n laaistok heelwat tyd moet geneem het. Daar moet egter ook in gedagte gehou word dat elke man meer as een geweer gehad het. Die digte formasie waarin die Zoeloes gestorm het, het dit feitlik onmoontlik gemaak om mis te skiet en met een lading growwe bokhael kon meer as een Zoeloe neergevel word. Daarby, met agt man by elke wa, moet die vuurlinie betreklik dig gewees het. Die Zoeloes wat nie platgeskiet is nie, was verplig om terug te val.
Na 'n kort ruspose het die helfte van die Zoeloemag weer met totale doodsveragting op die laer afgestorm. Weer is hulle deur Pretorius se manne teruggedryf. Ook 'n derde stormloop is met groot verliese aan Zoeloe-kant afgeslaan.
Hierdie wending het ongeveer twee uur na die aanvang van die geveg gekom. Dit kon dus nie veel later as agtuur, op die uiterste nege-uur, in die oggend gewees het nie. Toe Pretorius merk dat die vyand op die vlug slaan, het hy met 'n verdere 150 man uit die laer gejaag om hulle te agtervolg. Die Zoeloes het in alle windrigtings gevlug, maar by twee plekke, die sloot en die rivier, kon hulle nie vinnig genoeg wegkom nie en hier het die Voortrekkers 'n ware slagting onder hulle aangerig. By die sloot is daar na die geveg 400 lyke getel. Die water in die rivier was plek-lek so rooi gekleur dat dit sedertdien as Bloedrivier bekend staan.
A map charting the routes of the largest trekking parties during the first wave of the Great Trek (1835-1840) along with key battles and events. The yellow area indicating the initial area of colonisation extends too far south – south of Thaba Nchu and what would become Bloemfontein was an area colonised by Griqua and Trekboers.
Die oorwinning by Bloedrivier het Pretorius oornag beroemd gemaak. en tereg ook, want sy aandeel in die oorwinning was nie gering nie; sy keuse van die plek vir die laer, sy besluit om die Zoeloes nie in 'n bergagtige omgewing aan te durf nie, die wyse waarop hy sy manne aangespoor het, die versigtigheid wat hy deurgaans aan die dag gelê het - dit alles dui op buitengewone krygsvernuf. Na die slag van Bloedrivier het die Voortrekkers die Republiek van Natal gestig en hulle veral in die omgewing van Pietermaritzburg en Port Natal (die huidige Durban) gevestig. Die nuwe onafhanklike republiek sou egter nie 'n lang lewe hê nie. Vroeg in 1842 het die Voortrekkers verneem dat die Brise owerheid besluit het om die hawe van Port Natal weer te beset.
Vandag kan ons saam met die digter (Dr Louw du Toit) bely:
Replika van die skeepskanon wat Andries Pretorius saamgebring het vanaf die Kaap, gemonteer op ń ligte onderstel met 2 wiele, gerig op die ooste. Hierdie kanon is gelaai met skroot, stukkies potyster en klippe en kon 3000 meter ver skiet.
By noordelike opening van walaer is ń replika van Grietjie, hierdie kanon ook tydens die Slag hier gebruik. Grietjie kon 300 tot 400 meter ver skiet. Die oorspronklike kanon word by Voortrekkermonument in Pretoria bewaar.
Onsekerheid of daar 2 of 3 kanonne gebruik was hier.
Wat kan jy sien as jy die toneel besoek?
Die Voortrekkermonument bestuur die terrein sedert 2002. Besoekers kan uitsien na ’n interessante besoek aan die verskillende monumente op die terrein, die museum, die geskenkwinkel, die gastehuis met vier en suite-slaapkamers en die Trekkerkombuis-restaurant wat rus en voedsel vir liggaam en siel bied.
Tussen wawiele is veghekke van hout van wattelbome aangebring. Replikas van die sweepstokke met lanterns aan punte is aan die waens aangebring. Walaer is onthul 16.12.1972.
Waar moontlik word die persoon se genealogiese nommer ook verskaf. (BRON (verwys ##): Die Bloedrivierse Eeufeesgedenkboek opgestel deur A.C. du Toit en Dr. Louis Steenkamp, die lys is verder bygewerk deur die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika - N-Tvl Tak.)
Die groot geveg by Bloedrivier het gevolg op ’n hele aantal gevegte tussen die Voortrekkers en Dingaan se Zoeloes. Die begin was die moord op Piet Retief en sy groepmanskappe op 6 Februarie 1838. Retief het ’n ooreenkoms met Dingaan gehad dat hy ’n sekere stuk grond aan die Voortrekkers sou gee indien hulle beeste – wat deur Sekonyela, kaptein van die Batlôkwa, by die Zoeloes gesteel is – aan hom sal terugbesorg.
Bronnelys:
Na die Slag van Bloedrivier besoek ʼn kommando van 300 man Dingaanstat om die beeste wat op Bloukrans gesteel is, terug te kry. Die beeste word in die nabygeleë Opatikloof aangehou en die Boere slaan laer op by Entonjaneni-hoogte. Pretorius se hand is egter tydens die Bloedrivier veldslag gewond en hy gee die bevel oor aan Karel Landman. Wat gebeur volgende? Die Slag van Opatikloof!