Die voorgeskiedenis van Suid-Afrika
𝗕𝘆 𝗕𝗹𝗼𝘂𝗸𝗿𝗮𝗻𝘀
Die koperkapel kom uit sy gat
En sluip die rantjie rond
“Dit het gereën; die veld is nat
En nat is die rooi-geel grond.”
Die meerkat kom en sy ogies blink,
En hy staan orent en wag,
En die stokou ystervark sê: “Ek dink
Die reën kom weer vannag.”
Maar die geitjie piep: “Dis glad nie reën;
Dis klewerig, swart en rooi;
Kom jy sulke reën in jou lewe teen,
So glad, so styf, so mooi?”
En die wys ou steenuil waag sy woord:
“Dis bloed, dis mensebloed.
Dis lewensbloed, wat ongestoord
Ons bossiewêreld voed.”
– 𝘾. 𝙇𝙤𝙪𝙞𝙨 𝙇𝙚𝙞𝙥𝙤𝙡𝙙𝙩