Gebedsjuwele

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

"Een van die meisies by die skool het 'n pragtige armbad waarin baie mooi steentjies is," sê Doreen terwyl sy besig was met haar middagete die volgende dag. "Waarom kan ek nie ook so 'n armband hê nie, Mammie?"

"Maar ku weet mos doreen dat die Bybel sê dat ons ons nie met sulke goed moet versier soos die heidene nie. Mense wat juwele dra, word dikwels verwaand en hoogmoedig. En die Bybel leer ons ook dat ons liggame die tempel van die Heilige Gee is. As ons 'n rein lewe lei soos Jesus, sal ons lewens baie meer skitter as 'n armbad vol mooi edelstene."

"Het God nie gesê dat Hy sy wet in ons harte sou skryf nie? Wat beteken dit?" vra Doreen. 

Dit beteken dat ons Sy wet moet onthou en dit so lief moet hê dat ons nooit sy gebooie sal breek nie. Ons kan die juwele van Sy Woord op so 'n manier in ons hart dra dat hulle sal skyn in wat ons doen," het Mammie geantwoord.

"O ek sien. Dan sal 'n armbad van smaragde of saffiere of robyne uit my juwelekissie, of 'n string Bybelpêrels Jesus baie behaag." Doreen se belangstelling was nou baie groot en sy wou sommer juwele uit die Bybel begin maak.

"Laat ons 'n armbad van gebedsjuwele maak," stel Mammie voor. "Laat ons ons verbeel dat ons 'n goue armbad het en dat ons edelstene daarin gaan monteer. Watter soort stene sal ons kies?"

"Laat ons verskeie soorte gebruik. Ek sou graag 'n pêrel en 'n robyn daarin wil hê," sê Doreen.

"Nou ja, goed. Ek sal 'n smarag en 'n topaas daarin wou sien, ook 'n ametis en miskien nog een of twee ander stene."

"Ja Mammie, maar sal die kleure nie miskien bots nie?"

"Ek sou nie vir seker kon sê nie. Ons behoort 'n robyn, 'n groen smarag, 'n geel-groen topaas, 'n pers ametis en 'n wit pêrel daarin plaas en miskien ook 'n mooi diamant om dit nog meer te laat skitter."

"Ek ook, maar ek is bevrees dat ons nie baie goeie juweliers sal wees nie," sê Doreen.

"Wel ons sal maar moet sien. Laat ons dan maar ons juwele begin uitsoek. Laat ons eerste die topaas soek. Jy sal een kry in Spreuke 15:8. Sal jy dit soek?"

Doreen het die teks nageslaan en daar het sy die welbekende woorde in die laaste gedeelte gelees: "Die gebed van die opregtes is Hom welgevallig."

"Ek dink," sê Mammie, "dat dit 'n baie mooi steentjie sal wees vir ons gebedsarmband. Dit sê dat Jesus ons graag hoor bid. Net soos 'n moeder graag na haar kindjie luister wat met haar praat, so luister Jesus ook graag na sy kinders wat met Hom praat. En hoe meer ons met Hom praat, hoe meer behaag dit Hom. Dink jy nie dat dit 'n mooi topaas is om mee te begin nie?"

"Dit is. Laat ons nou die smarag soek," sê Doreen.

"Ek dink ons sal dit vind in Psalm 55:17. Jy sal sommer sien hoe mooi dit pas," sê Mammmie. Doreen het gelees 'Maar ek roep God aan en die Here sal my verlos'.

"Dit leer ons dat ons God moet aanroep. Natuurlik bid ons elke aand wanneer ons gaan slaap, maar ons moet ook elke more bid wanneer ons opstaan. Voordat ons met iemand anders praat, behoort ons by ons beddens neer te kniel en met Jesus te praat en Hom te vra om ons vir daardie dag te seën en te bewaar. En dan nog behoort ons in die middag ook aan die Here te dink."

"Ek glo nie dat ek dit sal kan doen nie. Alles is so woelilg op die middag, veral etenstyd," sê Doreen.

"Ek weet, maar ons moet darem probeer. Ons sal baie gelukkiger voel as ons dit doen. Laat ons nou jou pêrel soek. Lees bietjie die sewentiende vers van hoofstuk vyf van 1 Thessalonicense."

"Dit sal nie so maklilk gaan om daardie teks te kry nie," sê Doreen terwyl sy besig was om dit op te soek. "Hier is dit: 'Bid sonder ophou'.  Maar Mammie, ons kan dit tog nie doen nie."

"Nee, ek glo ook nie dat ons die hele dag sal kan bid nie. Dit word ook nie so bedoel nie. Wat dit wel beteken, is dat ons moet aanhou bid wanneer ons iets wil hê. Ons moenie ophou bid eenvoudig omdat ons nie sommer dadelik die ding kry nie. Ook moet ons nooit so besig word dat ons glad nie tyd het om te bid nie. Laat ons nou die ametis insit."

Doreen het vir 'n rukkie in die Bybel geblaai en toe sê sy: "Ek het dit. 'Alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo'."

"Dit is nog die mooiste steen wat ons vandaand gevind Doreen. Dit bevat so 'n groot belofte. Veronderstel dat 'n winkelier, as Kersfees nader, aan jou sou sê 'Jy kan enige ding kry wat in die winkelvenster uitgestal is'. Sou jy nie bly wees nie! En dit is presies wat Jesus hier sê. Ons kan om enige ding vra wat goed vir ons sal wees, ons moet maar net vra. Die enigste voorwaarde is dat ons moet glo dat ons dit sal kry! Is dit nie 'n heerlike belofte nie?" sê Mammie.

"Laat ons nou die robyn soek. Wat van die woorde van die sterwende dief aan die kruis: 'Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom'."

"Ja, dis 'n baie mooie, maar wat nou van die diamant?"

"Daar is 'n baie mooi diamant in die gebed wat die Here ons gegee het," sê Mammie. "Verlos ons van die bose."

"En nou is die armband klaar. Natuurlik is daar baie meer edelstene, maar die wat ons het, is genoeg vir ons armband met sy stene van verskillende kleure. Jy het seker nie gedink dat daar so 'n mooi armband in jou juwelekissie was nie, het jy? Môre-aand sal ons probeer om 'n ring te maak met edelstene daarin, veral vir kinders," sê Mammie.  (Word vervolg)