Galjoen Braai
1 vars Galjoen (1,5kg)
45 ml gesmelte botter
45 ml kookolie
45 ml growwe sout
30 ml vars lemoensap
Metode:
Kooktyd is 15 minute. Spalk galjoen en haal binnegoed uit. Skubbe af, vel op. Maak goed skoon, binne en buite. Meng bestanddele (sonder suurlemoensap). Vryf in/oor vel. Braai met vel onder oor medium kole. Gooi suurlemoensap op vleis. Draai slegs een maal om. Heerlik met vars gebakte bruin brood en druiwekonfyt.
*Dit is nou onwettig om galjoen in Suid-Afrika te koop of verkoop sonder 'n permit. Galjoen mag slegs gevang word vir persoonlike gebruik met 'n geldige permit.
Johan Badenhorst
innerlik bewe alles
bewustelik in my
uiterlik is net my
pupille vergroot
my hande hou jou
hart in my ribbes vas
jou longe haal asem
in my mond en
jou soene maak
my naak op jou
lyf se altaar...
© ENRiCUS