Enkel Ouer Kamp: Inskrywingsvorm

23 - 26 September 2021 Modimolle Holiday Resort

Tent Keuses










Bring eie tent, of bewoon ons 4-man Coleman Tent @ EOK#12

Ons eerste volwaardige WATER-kamp! 


BESPREEK NOU! Slegs 36 plekke beskikbaar vir hierdie Kultuur Kamp avontuur. Geniet ‘n sonsondergang soos min – en kom besigtig ons asemrowende hemelruim om ‘n kampvuur. 'n Gebalanseerde groep behoort ongeveer 5 enkel persone, 7 enkelouers met 2 kinders asook 9 enkelouers met een kind die groep vol te maak. Die kamp vind plaas te Modimolle Holiday Resort, en bied skaduryke tent- of *karavaan staanplekke. (*slegs vir 2de of meer EOK Kampers). Dit val oor Erfenis-dag naweek (dus 'n LANG-naweek). Ry na skool donderdag middag. Vrydag Vakansiedag. Saterdag Naweek. Sondag Naweek. PUIK!! Kom uit na Covid-LOCKDOWN en kry 'n bietjie son! 


Ons het die bespreking 'n maand vroeër as gewoonlik oopgemaak vir besprekings. Dit gee jou tyd om jou begroting te laat klop! Coleman 2-man tente (nuut) beskikbaar te huur @ R270 vir die naweek.  Beleef avontuur in die natuur met oorgawe! Vanaf 23 - 26 September 2021. Kom ontspan (alleen) of saam met jou kind(ers).

Kultuur Avontuur Kamp (soek ons Facebook Bladsy met dieselfde naam en gee ons 'n LIKE om so op hoogte te bly van wat ons alles aanvang!) bied 'n VEILIGE, bekostigbare wegbreek naweek vir Enkel-ouers met 'n kind (of kinders).

R1659 (1 persoon) R2190 (1 ouer 1 kind) R2390 (1 ouer 2 kinders) of R3290 (1 ouers met 3 kinders) of R3599 (1 ouers met 4 kinders).  Dit is die volledige koste van jou wegbreek-naweek en sluit jou verblyf (eie tent) of (kamp-tent*) en 8 etes in.


Ons handhaaf 'n balans tussen groep aktiwiteite, ek-en-my-familie-tyd**, en 'n bietjie "me-time". Ons het Modimolle Holiday Resort gekies as ons tuiste vir EOK#10, ongeveer 107km van Pretoria (noord)


~ iNDIEN hierdie uitnodiging jou as getroude persoon bereik het, deel asseblief met 'n vriend of kollega wat kan baatvind by ons lekker-naweek-kuier-kamp vir Enkel Ouers (dankie by voorbaat).

Donderdag, 23 September 2021


15:00 - 19:00 Aankoms

18:05             Skemerkelkie

19:00 - 20:00 Hoender Potjiekos (+rys +tuisgebakte potbrood) ETE1

20:00 - 21:00 Vuurtjie Pak

21:00 - 22:00 Ontspan om Vuur

Vrydag, 24 September 2021

07:00 - 08:00 Oats / Wheatbix ETE2

08:00 - 09h00 D.I.S.C Pret I         

09:30 - 13:00  Swem-kaskenades I

12:00 - 12:30 Middagete (Boer Rolle) ETE3

12:30 - 15:00 Geocaching 6 TREASURES

15:00 - 16:30 Swem-kaskenades II

16:30 - 19:00 D.I.S.C II (Volwassenes) 

19:00 -  20:00 Vetkoek en Mince Aandete ETE4

19:00 - 21:00 Swemkaskenades III

21:00 - 23:00 Kitaar Kamp Kuier

23:00 - 01:00 Sterrekyk


Saterdag, 25 September 2021


06:30 - 08:00 Bergfietsroete I @ 

07:00 - 08:00 Roosterkoeke en Kampvuur Koffie Ontbyt ETE5

09:00 - 15:00 Aventura Holiday Resort BELA-BELA 

13:00 - 14:00 Middagete (Hot Dogs) ETE6

15:00 - 16:30 

16:30 - 18:00 D.I.S.C III (Kinders)

19:00 -           Braaivleis ETE7

21:00 - 01:00 Radio Kuber Kontrei Konsert


Sondag, 26 September 2021


06:30 - 08:00 Staproete III @

07:50 - 08:40 Ontbyt (Spek Eiers Roosterbrood) ETE8

08:00             Handig Kampkaart ini***

09:00 - 10:00 Diens @ Ronel du Toit #tema|water

11:00 -           Kamp amptelik klaar (welkom om te kuier) 

10:00 - 13:00 

13:00 -           Oorskiet Kos oppak kuier! ETE9


Omgewing: Kampterrein

Selfoon Opvangs: Ja

Warm Water: Ja

Stort: Ja

Taal: Afrikaans

Omringende Dorpe: Nylstroom

Onmiddelike verwydering van perseel: Dwelms en 'n Bloubul trui of ander Bulls Memorabilia. 


Bela-Bela (Tswana) die pot wat kook is 'n dorp in die Limpopo provninsie. Die naam is afgelei van die geotermiese warmwaterbronne waarom die dorp gebou is. Bela-Bela se oorspronklike naam is van Warmbad na Bela-Bela in 2002 verander. 


Wat is DISC™? DISC meet u persoonlikheid en gedragstyl. Dit meet nie intelligensie, aanleg, geestesgesondheid of waardes nie. DISC-profiele beskryf menslike gedrag in verskillende situasies, bv. hoe jy op uitdagings reageer, hoe jy ander beinvloed, die tempo wat jy verkies en hoe jy op reëls en prosedures reageer. 

Wat moet jy saambring? Eie tent (maar hier 4 man-tente). Eie slaapsak en eetgerei. Verversings. Ordentelike stapskoene. Kampstoel. Fietse en sonskerm. Hoed. Verkyker. Muskiet-goed. Reënjas. Swemhandoeke. FUN Attitude. Lagspiere. Sakkie albasters. Koplig of flits. 1 Pak Marshmellows. 'n Ou stel klere (en skoene) vir rivier of dam. Bottel 750ml terpentyn. 

Respekteer asseblief inwoners en die Aventura Resorts Bela-Bela deur nie harde musiek te speel na 00:00 nie. 'n minimum Deposito van 30% van ooreengekomde bedrag, moet jou aansoek vergesel om kamp toekenning te bevestig. Finale balans teen  30 Junie 2021. *Vra vir Early Bird prys (volle betaling teen 15 April 2021).

Tydens EOK#8 het ons 'n behoeftige persoon gehelp om saam te kom kamp. Haar/Sy kamposte was geborg en kon die kamp saam met ons geniet. Ons wil graag hierdie tradisie voortsit - en is BAIE dankbaar vir ons BORG! - weereens dankie! In groepsverband kan ons 'n groter verskil maak in 'n mamma/pappa en kind(ers) lewe - deur 'n MEMORY te skep op hierdie kamp wat hul ewig sal bybly. 

Kultuur Avontuur Kamp 

Vra gerus vir verwysings van enkel ouers wat al bygewoon het.

Paul Joubert (51): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 8, Die Voortrekkers 27 kampe, Redakteur My Volk, Erfenis Aktivis, Omroeper en 'Content Writer' Radio Kuber Kontrei, Kulturele Streeksgids Gauteng - NQF4 (deur Drum Beat Academy)*

Gareth Ferreira (36): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 3

Ronel du Toit (47): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 1

Kultuur Avontuur Kamp

Bank:                      Capitec

Takkode:                 470010

Rekening:               127 236 2823

Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)

*Kredietkaart en Paypal betalings welkom!

Radio Omroeper Kort Kursus ♦  # Jou hart. My taal. Ons stem! ♦ Ons het jou stem nodig. Skryf nou in! ♦ Volledig aanlyn ♦ Woensdae 19h00 tot 20h00 ♦ Facebook079 219 6735 ♦ Kliek hier vir meer inligting tov kursus ♦ trotsafrikaans@myvolk.co.za
Enkel Ouer Kamp September 2021