Enkel Ouer Kamp: Inskrywingsvorm

17 - 20 Desember 2020

Tent Keuses




Bring eie tent, of bewoon ons 10-man-tent. 27-29 September 2019

Ons 7de Enkel-Ouer-Kamp is UITEINDELIK hier! #newvenue. Het COVID-19 jou in jou huis vasgehok? Kom breek weg vir 4 dae, en 3 nagte! (binne gewysigde skoolvakansie)


BESPREEK NOU! Slegs 36 plekke beskikbaar vir hierdie Kultuur Kamp avontuur. Geniet ‘n sonsondergang soos min – en kom besigtig ons asemrowende hemelruim om ‘n kampvuur. 'n Gebalanseerde groep behoort ongeveer 5 enkel persone, 7 enkelouers met 2 kinders asook 9 enkelouers met een kind die groep vol te maak. Die kamp vind plaas op 'n privaat-jagplaas, en bied skaduryke tentstaanplekke


Ons het die bespreking 'n maand vroeër as gewoonlik oopgemaak vir besprekings. Dit gee jou tyd om jou begroting te laat klop! Eind (Sept - Nov) bied jou DRIE maande om die VAKANSIE vir jou en jou kind(ers bekostigbaar te maak!  Beleef avontuur in die natuur met oorgawe! Vanaf 17 - 20 Desember 2020. Kom ontspan (alleen) of saam met jou kind(ers) gedurende die verkorte Desember vakansie!

Kultuur Avontuur Kamp (soek ons Facebook Bladsy met dieselfde naam en gee ons 'n LIKE om so op hoogte te bly van wat ons alles aanvang!) bied 'n VEILIGE, bekostigbare wegbreek naweek vir Enkel-ouers met 'n kind (of kinders).

R1199 (1 persoon) R1590 (1 ouer 1 kind) R2130 (1 ouer 2 kinders) of R2670 (1 ouers met 3 kinders). Dit is die volledige koste van jou wegbreek-naweek en sluit jou verblyf (eie tent) of (kamp-tent*) en 7 etes in.


Ons handhaaf 'n balans tussen groep aktiwiteite, ek-en-my-familie-tyd**, en 'n bietjie "me-time".


~ iNDIEN hierdie uitnodiging jou as getroude persoon bereik het, deel asseblief met 'n vriend of kollega wat kan baatvind by ons lekker-naweek-kuier-kamp vir Enkel Ouers (dankie by voorbaat).

Donderdag, 17 Desember 2020


15:00 - 19:00 Aankoms

18:05             Skemerkelkie

19:00 - 20:00 Potjiekos (+rys en roosterkoek)

20:00 - 21:00 Vuurtjie Pak & Ysbreker

21:00 - 22:00 Ontspan om Vuur

Vrydag, 18 Desember 2020

07:00 - 08:00 Ontbyt (Weetbix, Oats of Roosterkoek met Koffie)

08:00 -           Staproete 3km (slegs kinders) saam met Paul Joubert

08:30 - 13:00 Danie Theron Monument

13:00 - 14:00 Middagete (Hoenderburger met slaai)

14:00 - 15:00 Swem 

15:30 - 16:30 Wildrit Span 1

19:00 -           Aandete (Pap & Stew)

21:00 - 23:00 Kitaar Kampvuur Kuier

23:00 - 01:00 Sterrekyk en Nagmars


Saterdag, 19 Desember 2020


06:30 - 08:00 Wildrit Span 2

07:00 - 08:00 Ontbyt (Weetbix, Oats, Pap en melk en Koffie)

09:00 - 11:00 Bergfiets Roete

11:00 - 13:00 Swembad

13:00 - 14:00 Middagete (Boerierol)

15:00 - 16:30 Wildrit Span 3

17:00 - 19:00 

19:00 -           Braaivleis

21:00 - 01:00 Radio Kuber Kontrei Konsert


Sondag, 20 Desember 2020


06:30 - 08:00 Wildrit Span 4

07:50 - 08:40 Ontbyt (Eiers, Spek, bone en roosterbrood + Koffie)

08:45 - 09:00 Beweeg na 

09:00 - 10:00 Oggend Erediens in veld by

10:00 - 13:00 Swem 

13:00 -           Oorskiet Kos oppak kuier!

14:00 -           Handig Kampkaart in ***

15:00 -           Kamp amptelik klaar (welkom om te kuier) 


Omgewing: Kampterrein

Selfoon Opvangs: Ja

Warm Water: Ja

Stort: Ja

Taal: Afrikaans

Omringende Dorpe: Carltonville, Fochville, Potchefstroom, Parys

Onmiddelike verwydering van perseel: Dwelms en 'n Bloubul trui of ander Bulls Memorabilia. 

*Addisionele Koste R295 sien Inskrywingsvorm

** Geen Koste Opsioneel

*** Wenner ontvang 'n gratis ete vir 2 ter waarde van R300 by

Warm water en skoon ablusie-blokke vir beide mans en vrouens is beskikbaar. 24 Sekuriteit. Geen diere word toegelaat.

Wat moet jy saambring? Eie tent (maar hier 4-en 6 man-tente). Eie slaapsak en eetgerei. Verversings. Ordentelike stapskoene. Kampstoel. Fietse en sonskerm. Hoed. Verkyker. Muskiet-goed. Reënjas. Swemhandoeke. FUN Attitude. Lagspiere. Sakkie albasters. Koplig of flits. 1 Pak Marshmellows. 'n Ou stel klere (en skoene) vir rivier of dam. 

Respekteer asseblief inwoners en die Wildkamp deur nie harde musiek te speel na 00:00 nie. 'n Deposito van 30% van ooreengekomde bedrag, moet jou aansoek vergesel om kamp toekenning te bevestig. Finale balans teen 2 Oktober 2020. *Vra vir Early Bird prys (volle betaling teen 1 September 2020).

Kultuur Avontuur Kamp 

Vra gerus vir verwysings van enkel ouers wat al bygewoon het.

Andrietta Lombard Schroeder (51):  Kamp Voog

Paul Joubert (50): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 6, Die Voortrekkers 27 kampe, Redakteur My Volk, Erfenis Aktivis, Omroeper en 'Content Writer' Radio Kuber Kontrei, Kulturele Streeksgids Gauteng - NQF4 (deur Drum Beat Academy)*

Gareth Ferreira: Kamp Voog

Kultuur Avontuur Kamp

Bank:                      Capitec

Takkode:                 470010

Rekening:               127 236 2823

Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)

*Kredietkaart en Paypal betalings welkom!

Hoep-Hoep Roep - Kleinfontein.mp3

Radio Omroeper Kort Kursus ♦  # Jou hart. My taal. Ons stem! ♦ Ons het jou stem nodig. Skryf nou in! ♦ Volledig aanlyn ♦ Woensdae 19h00 tot 20h00 ♦ Facebook079 219 6735 ♦ Kliek hier vir meer inligting tov kursus ♦ trotsafrikaans@myvolk.co.za
Enkel Ouer Kamp Desember 2020