Enkel Ouer Kamp: Inskrywingsvorm

16-19 Desember 2021

Tent Keuses











EOK12 Enkelouer en kind kampe
Bring eie tent, of bewoon ons 4-man Coleman Tent @ EOK#8

#sterre en knope


Berge, rivier, bosveld en ruwe skoonheid lok besoekers na hierdie unieke wêreld-erfenisgebied*. Kom luister na die roep van 'n Visarend tydens #kultuurAvontuurkamp se 12de Enkelouer-en-kind-kamp in die Desember skoolvakansie. 'n Geologiese skatkis wat triljoene sterre***, 'river rafting', geocaching (metaalverklikker bonus), Anglo-Boere Oorlog geskiedenis, voëlparadys** (300+ land- en water spesies) Die 'Gold-Rush" en 'n besoek aan die 2de oudste meteor-krater ter wêreld insluit! - O Ja! en 'n hommeltuig wat jou dophou!


BESPREEK NOU! Slegs 42 plekke beskikbaar vir hierdie Kultuur Kamp avontuur. Geniet ‘n sonsondergang soos min – en kom besigtig ons asemrowende hemelruim om ‘n kampvuur. 'n Gebalanseerde groep behoort ongeveer 5 enkel persone, 7 enkelouers met 2 kinders asook 9 enkelouers met een kind die groep vol te maak. Die kamp vind plaas te Serobe-On-Vaal@RiverVenue, en bied skaduryke tent- of *karavaan staanplekke. (*slegs vir 2de of meer EOK Kampers). Vakansiedag 16 Desember. PUIK!! Kom uit na Covid-LOCKDOWN en kry 'n bietjie son! 


Ons het die bespreking 'n maand vroeër as gewoonlik oopgemaak vir besprekings. Dit gee jou tyd om jou begroting te laat klop! Coleman 2-man tente (nuut) beskikbaar te huur @ R270 vir die naweek.  Beleef avontuur in die natuur met oorgawe! Vanaf 16 - 19 Desember 2021. Kom ontspan (alleen) of saam met jou kind(ers).

Kultuur Avontuur Kamp (soek ons Facebook Bladsy met dieselfde naam en gee ons 'n LIKE om so op hoogte te bly van wat ons alles aanvang!) bied 'n VEILIGE, bekostigbare wegbreek naweek vir Enkel-ouers met 'n kind (of kinders).

R1659 (1 persoon) R2190 (1 ouer 1 kind) R2390 (1 ouer 2 kinders) of R3290 (1 ouers met 3 kinders) of R3599 (1 ouers met 4 kinders).  Dit is die volledige koste van jou wegbreek-naweek en sluit jou verblyf (eie tent) of (kamp-tent*) en 8 etes in.


Ons handhaaf 'n balans tussen groep aktiwiteite, ek-en-my-familie-tyd**, en 'n bietjie "me-time". Ons het Serobe-On-Vaal@Rivervenue gekies as ons tuiste vir EOK#12 ongeveer 80km suid van Johannesburg. 


~ iNDIEN hierdie uitnodiging jou as getroude persoon bereik het, deel asseblief met 'n vriend of kollega wat kan baatvind by ons lekker-naweek-kuier-kamp vir Enkel Ouers (dankie by voorbaat).

*Die Vredefort-krater is die grootste geverifieerde impakkrater op aarde. Dit was 160-300km breed toe dit gevorm is. Dit is vernoem na die dorp Vredefort, wat naby die middelpunt van die krater is. Die oorblywende geologiese strukture staan bekend as die Vredefort-koepel. Die krater word bereken as 2 biljoen jaar oud te wees, met die impak in die Paleoproteroziose era. Dit is die tweede oudste krater op aarde, naas die yarrabubba-krater.  In 2005 is die Vredefort-koepl by die UNESCO lys vir wêrelderfenisgebied gevoeg vanweë sy geologiese belang.  

**Hadeda Ibis | Blackheaded Heron | Volstruis | Longtailed Widow | Southern Red Bishop | Southern Masked Weaver | |Blue Waxbill | Yellow Fronted Canary | Dark Capped Blackeyed Bulbul | Bronze Manikin | Thick-billed Weaver | Red-Faced Mousebird | Cattle Egret | Northern Black Korhaan | Blackshouldered Kite | White-fronted Bee Eater | 

***Kom wys vir ons Sirius, Canopus, Acrux, Betelgeuse, Rigel, Altair, Zeta Reticuli, Lambda Centauri, Arcturus of Capella.  

Geen drankgebruik/verbruik vir die ouer aan diens (of wat item aanbied op die spesifieke dag, totdat afgehandel)

Donderdag, 16 Desember 2021


15:00 - 19:00 Aankoms

18:05             Skemerkelkie

19:00 - 20:00 Biltong Potjiekos (+rys +tuisgebakte potbrood) ETE1

20:00 - 21:00 Vuurtjie Pak

21:00 - 22:00 Ontspan om Vuur

                       Afrikaanse Bordspeletjies

Vrydag, 17 Desember 2021

07:00 - 08:00 Oats / Wheatbix ETE2

08:30 - 10:00 Staproete (non-River Rafting)

10:00 - 11:00 Swem (non-River Rafting)                     

08:30 - 11:00  River Rafting

12:00 - 12:30 Middagete (Boer Rolle) ETE3

12:30 - 15:00 Foefieslaaid

15:00 - 16:30 Swem-kaskenades I

16:30 - 19:00 Volleyball

19:00 -  20:00 Vryst-a-a-a-t Burger Aandete ETE4

19:00 - 21:00 Swemkaskenades III

21:00 - 23:00 Sterrekyk Teorie

23:00 - 01:00 Sterrekyk Prakties


Saterdag, 18 Desember 2021


06:30 - 08:00 Bergfietsroete I @ 

07:00 - 08:00 Roosterkoeke en Kampvuur Koffie Ontbyt ETE5

09:00 - 12:00 Die Eiland (Vlotbou)

12:00 - 13:00 Hommeltuig

13:00 - 14:00 Middagete (Hot Dogs) ETE6

15:00 - 16:30 Literia baan

16:30 - 18:00 Ontspan

19:00 -           Braaivleis ETE7

21:00 - 01:00 Nagmars


Sondag, 19 Desember 2021


06:30 - 08:00 Staproete III @

07:50 - 08:40 Ontbyt (Spek Eiers Roosterbrood) ETE8

08:00             Handig Kampkaart ini***

09:00 - 10:00 Kerkdiens op 'Die Moordkoppie'

11:00 -           Kamp amptelik klaar (welkom om te kuier) 

10:00 - 13:00 Ontspan / Swem / Kuier

13:00 -           Oorskiet Kos oppak kuier! ETE9


Omgewing: Kampterrein

Selfoon Opvangs: Ja

Warm Water: Ja

Stort: Ja

Taal: Afrikaans

Omringende Dorpe: Parys. Lindequesdrift. 

Onmiddelike verwydering van perseel: Dwelms en 'n Bloubul trui of ander Bulls Memorabilia. 

Wat moet jy saambring? Eie tent (maar hier 4 man-tente). Eie slaapsak en eetgerei. Verversings. Ordentelike stapskoene. Kampstoel. Fietse en sonskerm. Hoed. Verkyker. Muskiet-goed. Reënjas. Swemhandoeke. FUN Attitude. Lagspiere. Sakkie albasters. Koplig of flits. 1 Pak Marshmellows. 'n Ou stel klere (en skoene) vir rivier of dam. Bottel 750ml terpentyn. Groen of Rooi Laserpen. Bergfiets.

Respekteer asseblief inwoners en besoekers aan Serobe-On-Vaal deur nie harde musiek te speel na 00:00 nie. 'n minimum Deposito van 30% van ooreengekomde bedrag, moet jou aansoek vergesel om kamp toekenning te bevestig. Finale balans teen  14 Desember 2021. *Vra vir Early Bird prys (volle betaling teen 2 Oktober 2021).

Tydens EOK#8 het ons 'n behoeftige persoon gehelp om saam te kom kamp. Haar/Sy kamposte was geborg en kon die kamp saam met ons geniet. Ons wil graag hierdie tradisie voortsit - en is BAIE dankbaar vir ons BORG! - weereens dankie! In groepsverband kan ons 'n groter verskil maak in 'n mamma/pappa en kind(ers) lewe - deur 'n MEMORY te skep op hierdie kamp wat hul ewig sal bybly. 

Kultuur Avontuur Kamp 

Vra gerus vir verwysings van enkel ouers wat al bygewoon het.

Paul Joubert (51): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 10, Die Voortrekkers 27 kampe, Redakteur My Volk, Erfenis Aktivis, Omroeper en 'Content Writer' Radio Kuber Kontrei, Kulturele Streeksgids Gauteng - NQF4 (deur Drum Beat Academy)*

Gareth Ferreira (36): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 3

Ronel du Toit (47): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 1

Sarel Botha (56): Kamp Voog Enkel Ouer Kampe 1

Kultuur Avontuur Kamp

  1. EOK#13 | 18 Maart 2022 - 21 Maart 2022 *Ballito Seejol
  2. EOK#14 |  15 April 2022 - 18 April 2022
  3. EOK#15 | 01 Julie 2022 - 04 Julie 2022 *Drakensberge
  4. EOK#18 | 23 September 2022 - 25 September 2022 *Treinrit Sewes Wêreld-beker Kaapstad
  5. EOK#16 | 06 Oktober 2022 - 09 Oktober 2022
  6. EOK#17 | 16 Desember 2022 - 19 Desember 2022

Bank:                      Capitec

Takkode:                 470010

Rekening:               127 236 2823

Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)

*Kredietkaart en Paypal betalings welkom!

Radio Omroeper Kort Kursus ♦  # Jou hart. My taal. Ons stem! ♦ Ons het jou stem nodig. Skryf nou in! ♦ Volledig aanlyn ♦ Woensdae 19h00 tot 20h00 ♦ Facebook079 219 6735 ♦ Kliek hier vir meer inligting tov kursus ♦ trotsafrikaans@myvolk.co.za
Rivierfront Enkelouerkampe
Vredefort Koepel
EOK#12 | 16 – 19 Desember 2021 @ Op die plaas Witkop, gedeelte 11 Lindequesdrift (naby Parys) Serobe-On-Vaal (Magriet, Frikkie en Mario as gasheer) | 65 Slapies tot ons volgende avontuur! 36 Plekke ~ Of N1 of N14. Indien N14, Krugersdorp – Randfontein - Westonarea - draai links op die R500 Fochville. Slegs 152km vanaf Pretoria. Ons Vryst-a-a-a-t KAMP, alhoewel die KAMP tegnies in Noordwes val. http://myvolk.co.za/enkel-ouer-en-kind-kamp-16-19... Roeteaanwysings is eenvoudig! #kultuurAvontuurkamp 👉 STOP = OPT OUT Ps. Ons kamp TEENAAN – en slaap op die oewers – van die magtige Vaal River. #kultuurAvontuurkamp #eok12
EOK#12 | 16 – 19 Desember 2021 @ Lindequesdrif bestaan hoofsaaklik uit landbouhoewes, geleë tussen Vanderbijlpark en Potchefstroom – in die oostelike hoek van die Noordwes provinsie. Dit lê op die noordelike oewer van die Vaalrivier naby Sasolburg op die grens met die Vrystaat. Serobe-On-Vaal (Magriet, Frikkie en Mario as gasheer) | 64 Slapies tot ons volgende avontuur! 36 Plekke ~ http://myvolk.co.za/enkel-ouer-en-kind-kamp-16-19... Voor 1938 het die Vaal Rivier Barrage Resevoir (amptelike naam) bekend gestaan as die ‘Lake Deneysville’. Elke km op die rivierfront word aangedui met SYFERS teen ‘n geel agtergrond (50km). #kultuurAvontuurkamp 👉 STOP = OPT OUT Ps. Ons kamp TEENAAN – en slaap op die oewers – van die magtige Vaal River. #kultuurAvontuurkamp #EOK12

EOK#12 | 16 – 19 Desember 2021 Langs Coetzenberg vloei ‘n waterstroom…Nee, wag! Dis nie Coetzenberg nie; dis nie ‘n eikeboom nie. Maar as jy die wilgeboom sien, is dit ‘n aanduiding dat jy Serobe-On-Vaal bereik het vir 3-avontuur-gevulde-nagte en 4 warm, somervolle-swem-dae! | 63 Slapies tot ons volgende avontuur! 36 Plekke ~   http://myvolk.co.za/enkel-ouer-en-kind-kamp-16-19-desember-2021.php Draai af, ry 100m grondpad, draai links na Serobe-On-Vaal, pak af, kuier!  #kultuurAvontuurkamp 👉 STOP = OPT OUT Ps. Ons kamp TEENAAN – en slaap op die oewers – van die magtige Vaal River. #kultuurAvontuurkamp #EOK12 Haai, haai, joegaai!

EOK#12 | 16 – 19 Desember 2021 You have arrived! Welkom by EOK 12 | 62 Slapies tot ons volgende avontuur! 36 Plekke ~   http://myvolk.co.za/enkel-ouer-en-kind-kamp-16-19-desember-2021.php 10 Aktiteite vir kinders (en ouers wat wil) #kultuurAvontuurkamp 👉 STOP = OPT OUT • River Rafting • Touknoop • Vlotbou • Nagmars • Literiabaan • Kettieskiet • Foefieslaaid • Volleyball • Stap • Afrikaanse Bord Speletjies #kultuurAvontuurkamp #EOK12 Haai, haai, Poegaai! Ps. As jy van visvang hou, bring jou stok. #share POST met vriende en familie!

Enkellopendes Kamp Pretoria