Dames Aand Die Lappop Besprekingsvorm

3 Desember 2020 om 19h00


Dames Aand | Die lappop op die Ashoop.

Kom luister na Dalene Genis (gasspreker) as sy haar inspirerende boodskap met jou deel. 'Emosionele Gebrokenheid' - wat veroorsaak emosionele gebrokenheid en hoe kry ek genesing?Gebaseer op die Lappop Op Die Ashoop liedjie. Die Lappop en al haar maats sit op die ashoop. Wat beteken As? Wat is 'n Sieraad?

Hoe verteenwoordig elkeen van die figure op die ashoop iets in ons emosioneel gebroke wêreld? Wat wil Vader God hê moet ons doen om genesing te ontvang? Hoe ontvang ons emosionele genesing? Ons denke en die vertroeteling van ons seerkry kan ons op die ashoop hou. Waar begin ek om my genesing en Sieraad in ontvangs te neem?