Die Here se boodskapper

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)


Oom Attie se Slaaptyd stories


Deel Drie

deur Arthur S. Maxwell

Mevrou Groothart - dit is nie haar regte van nie, maar dit is die beste een wat ek vir haar kan vind - was siek in die bed en die dokter het haar beveel om daar te bly. Haar man wat al geruime tyd sonder werk was, het werk gesoek. Hulle was arm, maar hulle het altwee groot geloof in die Here gehad.

Terwyl sy daardie dag in die bed gelê het, het mev. Groothart stadigaan daarvan bewus geword dat iemand met haar praat.

"Gaan dadelik na Roosstraat 5," het die stem gesê.

"Ek droom seker," het mev. Groothart gesê, "ek ken niemand in Roosstraat nie."

Maar weer het die stem gepraat, hierdie keer dringender: "Gaan na Roosstraat 5."

Die bevel was so duidelik dat sy rondgekyk het om te sien wie in die kamer was. Maar daar was niemand nie.

"Wat kan dit beteken?" het sy haarself afgevra. "Ek mag in elk geval nie hier opstaan nie. Wat sal die dokter sê?"

Terwyl sy nog gelê en wonder het wat sy moes doen, het die bevel weer gekom, hierdie keer so dringend dat sy dit eenvoudig nie kon verontagsaam nie. "Gaan na Roosstraat 5!"

"Dit moet die Here wees wat my roep om daarheen te gaan," het sy vir haarself gesê, "net soos Hy Samuel van ouds geroep het."

Alhoewel nog baie swak weens haar siekte, het sy opgestaan en haar aangetrek. Spoedig was sy op pad met die trappe af, maar onder het sy die vrou wat 'n winkel daar gehad het, ontmoet.

"Waarheen gaan jy?" het die vrou uitgeroep. "Gan dadelik terug kamer toe. Wat sal jou man sê?"

"Ek moet na Roosstraat 5 toe gaan, dit is baie belangrik,"  het mev. Groothart gesê.

"Jy gaan dadelik lê," het die vrou volgehou.

"Maar die Here het my drie maal beveel, en ek moet gaan. Ek sal nie kan rus ek nie gegaan het nie. Daar moet 'n goeie rede wees."

"Wel, ek het nog nooit iemand soos jy gesien nie, mev. Groothart. As jy besluit het om te gaan, dan moet jy tog maar gaan anders mag ek my later verwyt."

Mev. Groothart was al by die deur toe die vrou haar weer roep. "Miskien kan jy van  hierdie ou beskuit met jou saamneem, 'n mens weet nooit nie," het sy gesê.

"Dankie, dit is baie vriendelik van jou."

Op daardie oomblik het die winkeldeur oopgegaan en 'n jong vrou het ingekom en verneem of mev. Groothart in daardie gebou woon.

"Ek is mev. Groothart," het sy gesê.

"Wel," het die jong vrou gesê, "my werkgeefster het my na u toe gestuur met hierdie jas. Sy het gesê u mag dit dalk nodig hê."

"Dit is baie gaaf van haar," het mev. Groothart gesê. "Op die oomblik het ek nie huis 'n jas nodig nie, maar ek sal dit saam met my neem, want ek weet nie wat se planne die Here vir my vandag het nie."

Mev. Groothart het gegroet en toe  op haar snaakse tog met 'n papiersak ou beskuit en 'n damesjas, toegedraai in papier, begin.

Sy het as't ware nie eens geweet waar Roosstraat was nie en sy moes langs die pad verneem. Toe sy eindelik daar kom, moes sy gaan staan en lag.

"Wat sal ek by die deur sê?" het sy haarself afgevra. "Miskien het ek tog maar 'n fout gemaak."

Oortuid daarvan dat sy egter nie nou moes omdraai nie, het sy na No. 5 gegaan, aan die deur geklop en gewonder wat gaan gebeur.

Ná 'n rukkie het die deur oopgegaan en 'n vrou het voor haar gestaan. Haar gesig was vervalle en bleek en sy het gehuil.

"O, ek is jammer," het mev. Groothart begin, want sy h et nie presies geweet wat om te sê nie. "Wat makeer dan? Kan ek u miskien help?"

"Kom binne," het die vrou snikkend gesê.

Mev. Groothart het ingegaan. Terwyl hulle met die gang afloop, het sy gemerk dat die voorhuis leeg was. Die eetkamer ook. Selfs die vloerplanke was kaal.

Hulle het in die kombuis gekom. Mev. Groothart was effens bang vir wat sy gaan sien en het by die deur gaan staan en ingekyk.

In die middel van die kombuis was daar 'n tafel en een of twee stoele. Tussen die tafel en die leë vuurherd was twee kindertjies op hul knieë met hul handjies in gebed gevou.

Toe die twee vroue binnekom, het die kinders opgestaan en toe hulle die vreemdeling sien, was hulle baie opgewonde.

"Ek weet wat u in daardie papiersak het," het die een gesê en na mev. Goedhart toe gehardloop. "Dis beskuit, ek weet dis beskuit."

"Dit is, maar hoe het jy geweet?" het mev. Groothart geantwoord.

"Ons het vir Jesus gevra om ons beskuit te stuur.... ons is so honger," het die kind uitgeroep.

"Hierdie is julle s'n, want Jesus het my hiermee na julle toe gestuur."

Die kinders het die papiersak geneem en gretiglik die beskuit begin eet, terwyl hul Mammie van hul moeilikhede en probleme vertel. Dit was die treurige verhaal van werkloosheid, siekte en swaarkry. Byna al die huis was reeds verkoop om met die geld kkos te koop.

"Ek het self al probeer werk kry," het sy voortgegaan, "en ek kon vanmôre werk gekry het as ek net 'n jas gehad het."

"'n Jas!" het mev. Groothart uitgeroep en sy onthou skielik die een in die papier. "Kyk net wat het ek hier!"

Sy het die  papier oopgemaak en die jas vir die arme vrou gegee. Dit het net vir haar gepas.

"Is dit nie wonderlik nie!" het mev. Groothart uitgeroep. "Die Here het my ook hiermee gestuur."

"Hy het," het die vrou daaraan toegevoeg.

"Kom ons kniel en dank Hom daarvoor," het mev. Groothart voorgestel.

Hulle het gekniel, al vier, en terwyl hulle gebid het, het hulle gevra dat die Here, wat hulle reeds op so 'n merkwaardige wyse gehelp het, Sy seëninge moes kroon deur haar man te help om werk te kry.

Eindelik het hulle van hul knieë af opgestaan. Nie lank daarna nie het die deur oopgegaan en haar man het ingekom, sy gesig stralende. Hulle het almal geweet hoekom, selfs voordat hy nog 'n woord gesê het. Hy het eindelik werk gekry.

 
"E