Om die Fort te hou

Die lokval van welvaart

Op 29 September 1953 vertel "Dawie" in Die Burger 'n storie wat aan hom gestuur is deur 'n "gryse kollega vol ou wysheid waaruit die idealisme nog nie verdwyn het nie". Die Duiwel - so lui die storie - was besig om die probleem te oorweeg wat die Afrikanervolk aan hom gestel het. Hy het min of meer so geredeneer: "My Teenstander het 'n klein volkie in Suid-Afrika geplant. Hulle is min mense, maar hulle reken hulle is uitverkore. Ek het my bes gedoen om hulle tot niet te maak. Ek het h ulle 'n vreemde regering gegee, maar hulle het padgegee. Ek het die runderpes gestuur om hul vee te vernietig, maar hulle het vasgebyt. Die Britse Ryk het hul republieke weggevat, maar hulle het nog bly staan. Toe stuur ek die griep, wat baie van hulle uitgeroei het, maar nog was hulle daar. Ek het 'n algemene staking en 'n rebellie gebring om hulle te verdeel, maar nog was hulle nie uitgeroei het. Nou het ek nog net één raad: ek wil hulle welvarend maak en kyk of hulle dit kan oorleef!"

Teen die einde van die 1960's het die Afrikaners nog 'n aansienlike agterstand by die Engelse gemeenskap gehad. Die persentasie van die Engelssprekende kinders wat matriek geslaag het, was twee keer so groot as dié van die Afrikaners. Daar was twee keer meer Engelssprekendes wat grade ontvang het as Afrikaners. Die Afrikaners het slegs 45% van die totale wit inkomste verdien, hoewel hulle amper 60% van die wit bevolking uitgemaak het. Slegs 4% van die Afrikaners het meer as R8 000 per jaar verdien, wat hulle in die hoogste inkomsteklas geplaas het, vergeleke met 13% vir Engelssprekendes.

Die NP-politici het egter nie meer geprobeer om van die Afrikaner-agterstand 'n politieke kwessie te maak nie. Die land se toenemende internasionale isolasie het wit eenheid belangrik gemaak. In die Volksraadverkiesing van 1966 het die NP die eerste keer aansienlike Engelse steun gelok. Die Afrikaanse sakelui was meer as ooit tevore daarvan bewus dat die kleur van geld dieselfde is wie dit ook al uitgee. In die dorpe en stede was die Afrikaners saamgebind in 'n gevestigde en veilige gemeenskap. Wit boerdery, wat meer as 80% in Afrikanerhande was, was nou 'n stabiele sektor, met staatshulp wat in

Bl. 495

die tweede helfte van die 1960's gemiddeld 20% tot die netto boerdery-inkomste bygedra het. Volgens die berekening van prof. J.L. Sadie het die aandeel aan die ekonomie (landbou uitgesluit) van maatskappye wat deur Afrikaners beheer is, tussen 1948 en 1975 gestyg van 10% tot 21%.

AFRIKANERS SE EKONOMIESE AANDEEL AAN DIE ONDERNEMERSFUNKSIE (Geselekteerde sektore)

Sektor                                    1938-9      1954-5       1975

Landbou                                      87             84            82

Mynwese                                       1               1             8

Vervaardiging & Konstruksie         3               6            15

Handel                                           8             26            16

Finanswese                                   5             10            25

Die versekeringsreus Sanlam, deur sy filiale Federale Volksbeleggings, Bonuskor en Federale Mynbou, was die speerpunt van die Afrikaner-toetrede tot die myn wese en die nywerheidsektor. Die bestuur van hierdie maatskappye het al hoe meer met hul Engelssprekende eweknieë omgegaan. Laasgenoemde het 'n soort kapitalisme voorgestaan waarin die doel van ondernemings was om wins te maak en waarin diens aan 'n bepaalde gemeenskap en sy mense veel minder getel het as in die volkskapitalisme.

In die vroeë 1960's is 'n historiese kompromis tussen die Anglo American Corporation, wat die Suid-Afrikaanse ekonomie oorheers het, en die Afrikanernasionalisme gesluit. Harry Oppenheimer, wat aan die hoof van Anglo American gestaan en 'n groot deel daarvan beheer het, het besef dat dit belangrik om die Afrikaners se negatiewe houding teenoor sy sakeryk te verander. In 'n vernuftige skuif het Anglo American Corporation in 1963 'n aansienlike aandeel in General Mining, 'n mynhuis wat dit beheer het, aan Federale Mynbou verkoop. 'n Paar jaar later het Fedmyn die meerderheidsbelang verkry. Die transaksie het teen markpryse geskied en Oppenheimer het 'n aansienlilke slag geslaan deurdat Sanlam van sy diamantbelange afstand gedoen het. Sodoende kon De Beers, 'n maatskappy waarin Anglo American 'n meerderheidsbelang gehad het, sy diamantmonopolie behou.

Met hierdie transaksie het Sanlam die ou ideaal van die Ekonomiese Volkskongres laat vaar dat Afrikaners hul aandeel in die ekonomie vergroot deur maatskappye wat ten volle besit en beheer word deur Afrikaners en ongekwalifiseerd Afrikaans is. In k onserwatiewe Afrikanerkringe was daar 'n bittere teleurstelling oor die transaksie. A.M. van Schoor het in Die Vaderland geskryf: "Dit is verby. Federale Mynbou is nou net 'n naam; sy karakter en doel, soos oorspronklik gekonsipieer, verdwyn in Federal Mining - met Afrikaanse voorsitters en direkteure en al, verswelg in die groot geheel."

Die Sanlan leierskap het die Afrikaner se ekonomiese doelstelllings heeltemal anders gedefinieer as in die 1940's. Die besturende direkteur, Pepler Scholtz, het gesê dat Afrikaners nou met Engelssprekendes moet saamwerk. In plaas daarvan dat daar gepraat word van die Afrikaner-aandeel van die ekonomie, was dit beter om te praat van die Afrikaner se bydrae daartoe. Die Afrikaners is nie geregtig op 'n aandeel omdat hulle bestaan nie. Hulle is slegs geregtig op daardie deel van die sakewêreld wat hulle deur hul eie vermoë en harde werk kan verower.

Die Afrikanersakelui was nog ten volle in die volksbeweging geïntegreer. 'n Studie

Bl. 496

 het in 1974 bevind dat Afrikaanse sakelui die opbou van suksesvolle ondernemings beskou het as 'n manier om aansien en respek onder hul mede-Afrikaners te verdien. Die studie het egter ook daarop gewys dat dit 'n algemene verskynsel is dat in gemeenskappe waarin die kapitalistiese stelsel goed gevestig is, sakelui gretiger is om die respek van die sakelui van ander gemeenskappe te verwerf, eerder as dié van hul volksgenote.

Die Duiwel in Dawie se gelykenis wat hier bo aangehaal is, het rede gehad om hoopvol te wees. Terwyl die Afrikaners besig was om die kapitalisme te verower, het die kapitalisme ook al hoe meer Afrikaners verower. In September 1965 het Verwoerd gewaarsku dat die groei van Afrikaner-kapitalisme later teen die Afrikaners self gebruik kan word. Net voor sy dood het hy aan die Broederbond se uitvoerende raad geskryf hoe groter die voorspoed en hoe minder die politieke gevare, hoe moeiliker sal dit wees om Afrikaner-eenheid te behou. In 1974 het Jan Sadie, 'n Stellenbosse ekonoom, opgemerk dat 'n nuwe verskynsel voorkom: "Afrikaner-Hoggenheimers". Dit was die ou skelwoord vir daardie Engelse sakelui wat net in wins belang gestel het en die welsyn van die groter wit gemeenskap geïgnoreer het. In 1975 het die Broederbond se uitvoerende raad met skok verklaar dat dit sy indruk is dat onder die Afrikaanse sakelui "groei en materiële oorwegings 'n hoër prioriteit as die vryheid en soewereiniteit van die Afrikaner geniet".

Die wit gemeenskap was al hoe onwilliger om te betaal vir politieke oplossings, byvoorbeeld die Tomlinson-kommissie se voorstel oor die grootskaalse ekonomiese ontwikkeling van die tuislande. In 1973 het die Broederbond aan sy 600 takke die vraag gestel of aanvullende "wit" grond beskikbaar gemaak moet word vir die konsolidasie van die tuislande, bo en behalwe die 13% wat in die 1936-wetgewing opsy gesit is. Die afdelings het dit met 'n oorweldigende meerderheid verwerp; landbougrond moet in produktiewe hande bly. Die wit elilte was die mense wat die leiding moes gee, maar 'n gerieflike middelklaslewenstyl en 'n skynbaar staat het sowel leiers as volgelinge steeds minder geneig gemaak om vir 'n politieke visie opofferings te doen. Wit voorspoed het wit mag ondermyn.

Op skool en aan universiteite is die nuwe geslag in die Afrikaners se volksbeweging gesosialiseer. Meningsopnames van die sewentigerjare toon 'n sterk ooreenkoms tussen die poliltieke opvattings van Afrikanerkinders en dié van hul ouers. Verreweg die meeste Afrikanerstudente het aan Afrikaanse universiteite gestudeer.

Afrikaans as wetenskapstaal het gefloreer. Reeds gedurende die 1930's het Afrikaans gepresteer as die taal waarin gevorderde navorsing in die sosiale wetenskappe en die lettere gepubliseer is. Teen die 1970's het dit ook tot die natuurwetenskappe en geneeskunde uitgebrei. In die 1980's was Afrikaans die taal wat die 32ste meeste gebruik is in Chemical Abstracts, 'n indeks van publikasies wat oor die hele wêreld verskyn het. (Dit was hoër as Hindi, Armeens en Arabies.) Dit was nommer 25 in die Index Medicus.

Met tweetaligheid 'n vereiste en Afrikaners se beheer oor die staat, het 'n groot persentasie van die Afrikaners staatsamptenare geword. Teen 1968 was daar twee keer soveel Afrikaners in die staatsdiens as in 1948. Op daardie tydstip was meer as 'n derde van die Afrikaner-arbeidsmag in die openbare sektor werksaam. Teen 1974 was vier vyfdes van die senior personeel in staatsdepartemente Afrikaners.

Daar was gevare in hierdie ontwikkeling. Afrikaners het die staatsdiens verkies bo 'n werk in die private sektor, wat 'n groter risiko ingehou het, maar beter geleenthede gebied het vir persoonlike ontwikkeling en finansiële sukses. Afrikaanse staatsamptenare, veral in die laer range, was geneig om konserwatief te wees.

Bl. 497

Van die middel van die sestigerjare af het al hoe meer van die voorste Afrikaanse skrywers en digters van die volksbeweging vervreemd geraak. Rebelse Afrikaners is uitgeskuif. Beyers Naudé is gedwing om as 'n NG-predikant te bedank dat hy direkteur van die veelrassige Christelike Instituut geword het. Die Broederbond het Nic Olivier uitgedryf ten dele vanweë se teenstand teen Verwoerd en ten dele omdat hy van sy Afrikanervrou geskei en met 'n Joodse vrou getrou het.

Ná die uitroep van 'n republiek in 1961 het die nasionale beweging baie van sy lewenskragtigheid en skeppende energie verloor. Die Afrikaanse koerante het konformisties geword. Die burger het nie meer die kwessie van voortbestaan in morele terme ontleed nie en die klem laat val op die alledaagse politiek en aanvalle op die Verenigde Party. Die dringendheid waarmee dit in die vroeë jare sestig na 'n politieke oplossing gesoek het, het verdwyn. Die Transvaalse koerante in die algemeen het selde oor spanning binne die regering en die NP verslag gedoen. Tussen 1962 en 1964 het die sirkulasie van die Engelse koerante met altesaam 90 000 eksemplare gestyg en dié van die Afrikaanse koerante het met 10 000 gedaal. Die voorsitter van die Transvaalse NP het geskat dat 40% van die Engelstalige koerante se lesers Afrikaners is. Toe die Nasionale Pers se Die Beeld in 1965 verskyn, het Van Wyk Louw gesê dat dit "soos 'n pypie is waarmee jy vars lug kon inasem terwyl jy in 'n moerans staan".

As amptelike taal was Afrikaans besig om veld te verloor teen Engels. Met die vinnige swart bevolkingsgroei en die afname in die aanwas van bruin en wit mense, het die persentasie van mense wat Afrikaans as eerste taal gepraat het, afgeneem. Hulle was in 1970 nog 18% van die bevolking, maar daar is verwag dat die syfer teen 2000 tot 15% sou daal. Na skatting het 40% van die swart mense Afrikaans as tweede of derde taal gepraat. Maar Engels as die taal van die handel en nywerheid was bestendig besig om die vernaamste tweede taal van die stadswartes te word. Die klein swart middestand in die stad het Engels al hoe meer as die enigste medium van onderrig op skool verkies en die toon vir die res van die swart bevolking aangegee. Indien Afrikaans in die swart skole uitgedruk sou word, sou dit op die duur onder groot druk kom as die tweede amptelike taal langs Engels.

In die sogenaamde tuislande was Afrikaans ook aan die retireer. Een ná die ander het die tuislande Engels en 'n Bantoetaal as ampstale gekies en Afrikaans heeltemal opsy gestoot. Dit het onder swart mense bekend geraak as die taal van die onderdrukking - die taal wat gebruik is wanneer 'n wit polilsieman 'n pasoortreder arresteer of wanneer wit staatsamptenare 'n apartheidspermit uitreik of wanneer swart mense of bruin mense 'n uitsettingsbevel ingevolge die wet op groepsgebiede ontvang.

Afrikaans, apartheid en die Afrikanerstaat was in 'n soort dodelike omhelseing met mekaar. Jakes Gerwel, 'n swart professor in Afrikaans, het op 20 Mei 1976 aan die Afrikaanse Skrywersgilde gesê: "Afrikaans het die definiërende eienskap geword vir 'n nasionalisme wat die grootste deel van die bevolking ken veral weens sy arrogansie en wreedheid."

'n Uitdaging deur die regtervleuel

Die Afrikaanse kultuurleiers het die volksbeweging se dinamiek probeer behou deur steeds te waarsku oor al die gevare wat net agter die bult wag. Omtrent almal het

Bl. 498

aangedring op Afrikaner-eksklusiwiteit, 'n streng publieke moraliteit en die rigiede toepassing van apartheid. Die Afrikaanse Studentebond het op sy kongresse in die 1950's en 1960's dikwels debatte gevoer oor al die gevare van liberalisme, kommunisme, jingoïsme en Rooms-Katolisisme met hul neiging om "verbroedering van blankes en nie-blankes" aan te moedig. In 'n proefskrif beskryf Chris Heymans 'n konferensie van 1962 soos dit uit persberigte blyk: "Die algemene styl van die besprekinge was een van die verdediging en die klem van die Christelik-nasionale beginsels van die Afrikaner en hulle moes hulle verset teen 'vreemde invloede' in die kultuurgoedere van die Afrikaner."

Die koue oorlog het ook onder konserwatiewe Afrikaners 'n uiterste anti-kommunistiese beweging laat uitbroei. Dié het aanvalle op apartheid as 'n vorm van kommunisme beskou. Hulle het anti-kommunistiese konferensies gehou waarop hulle 'n verskeidenheid van bedreigings vir blanke heerskappy geïdentifiseer het. Hulle was geneig om wolhaarstories oor sameswerings te glo. Internasionale finansiële belange sou op 'n slilnkse wyse met leiersfigure in Suid-Afrika saamwerk om ter wille van wins die bestaande orde omver te werp.

Die vernaamste voorstanders van anti-kommunisme was mense in die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie met Piet Meyer - as voorsitter van die beheerraad - aan die spits; ook Andries Treurnicht, redakteur van Die Kerkbode, die NG Kerk se blad; S.E.D. Brown, skrywer en uitgewer van die South African Observer, 'n gereelde politieke pamflet, en die kabinetslid Albert Hertzog, seun van genl. Hertzog. As eerste minister het Hendrik Verwoerd die anti-kommunistiese regtervleuel ruimte gegee om die toon in die openbare debat aan te gee.

Onder wit mense het die waarskuwings oor die gevare van kommunisme op vrugbare aarde geval. In 1969 het 'n opname getoon dat slegs 2% van die wittes die vinnige bevolkingsgroei van die bruin en swart mense as 'n gevaar vir apartheid beskou. Vir die oorgrote meerderheid was die grootste bedreiging die kommunistiese invloed, kommunistiese guerrillastryders en kommunisme onder swart Suid-Afrikaners. Twee jaar later het 'n opname van die wit elite bevind dat slegs 9% die opkoms van swart nasionalisme as 'n bedreiging beskou, vergeleke met 73% wat glo dat die internasionale kommunisme die veiligheid van Suid-Afrika en apartheid die meeste bedreig.

In werklikheid het die staat se ingrypende onderdrukking teen 1965 die kommunistiese bedreiging prakties uitgewis. Die teiken van die anti-kommunistiese veldtog het nou verskuif. Soos in Europa en die VSA was die radikale regses onder die Afrikaners sie bangste vir die verraad van mense in eie geledere. 'n Amptenaar van die FAK het aan 'n Britse navorser gesê dat die stryd teen verengelsing oor is, maar dat die stryd teen die vyand binne eie geledere pas begin het. Regse politici heten kultuurleiers het voortdurend gewaarsku teen skrywers en akademici wie se liberale gevoelens die weg vir die kommunisme sou berei.

Teen 1966 het die anti-kommuniste twee nuwe bedreigings uitgesonder: sakeleiers wat Suid-Afrika se swak internasionale beeld probeer verander, en hervormingsgesinde koerantmanne, veral Piet Cillié, redakteur van Die Burger, en Schalk Pienaar, redakteur van Die Beeld. Deur hoofartikels en die rubriek Dawie het Cillié groot invloed uitgeoefen, veral gedurende die eerst helfte van die jaar met die Parlement in sitting. Die gevoelens

Bl. 499

teen Die Burger is gevoed deur die ou twiste van die Transvaalse Nasionaliste met die Kaapse "geldmag" (Sanlam) en die Keeromstreet-kliek (die Nasionale Pers en die Kaapse NP). Nog olie op die vuur was die tweestryd tussen die Nasionale Pers en die noordelike Afrikaanse persmaatskappye met wie Verwoerd noue bande onderhou het.

In 1965 het die Nasionale Pers besluit om 'n Sondagkoerant, Die Beeld onder die redakteurskap van Schalk Pienaar in Johannesburg te begin en dit landswyd te versprei. Verwoerd was sterk darteen gekant van die eerste oomblik dat hy daarvan gehoor het. Vir Afrikanerkonserwtiewe in die Noorde was Die Beeld 'n nagmerrie wat waar geword het: 'n onverskrokke Afrikaanse koerantredakteur in hul midde wat baie van die ou sjibbolets van die Nasionale beweging verontagsaam en wit skynheiligheid aan die kaak stel. Die hoofartikel van die twee uitgawe van die blad het die opskrif "Die oop gesprek" gehad, Van Wyk Louw se term.

Pienaar het dit nie nodig geag om al die standpunte van die politieke leiers slaafs te onderskryf nie. Vir hom was die Afrikaanse pers in 'n verhouding van onafhanklikheid-in-gebondenheid met die Afrikanersaak. Apartheid het nie die reg verleen om gekleurde mense op kwetsende wyse te behandel nie. Hy het veelrassige gemengde sport verwelkom en ook die aanknoop van diplomatieke betrekkinge met ander Afrika-state. Hy h et die tuislandbeleid ondersteun, maar het heeltemal verskil van die opvatting dat kleurlinge 'n aparte nasie is. Dié opvatting het die argument dat apartheid nie op rassisme gegrond is nie, maar op kultuurverskille, belaglik gemaak. Pienaar het geglo dat hulle "bruin Afrikaners" is.

Pienaar by Die Beeld en Cillié by Die Burger het saamgespan om die anti-kommuniste, wat in die eerste helfte van die jare sestig venynige aanvalle op die hervormers gedoen het, te ontmasker. Hulle het 'n toespraak van Oktober 1967 deur die Potchefstroomse akademikus Willem de Klerk aangegryp om die verregses te isoleer. De Klerk het drie tendense in die volksbeweging onderskei:

* Verligtes: liberale in 'n nuwe Afrikaanse voorkoms, wat baie tradisies laat vaar het en openheid, inklusiwiteit en vryheid voorstaan, ook ten opsigte van rasseverhoudinge;

* Verkramptes: eng en na binne gekeer, wat aan die verlede kleef en heksejagte uitvoer teen enigiets wat nie tradisioneel is nie;

* Positiewe Afrikaners: mense wat die ewewig handhaaf tussen eksklusiwiteit en openheid, tradisie en progressiewe denke.

De Klerk het altyd 'n nasionalistiese konsensus eerder as 'n duidelike hervormingsbeginsel gesoek. Hy het sowel die verligte as die verkrampte posisie afgewys en hom ten gunste verklaar van 'n positiewe nasionalisme. Die derde posisie was gou vergete, maar sy broer, F.W., wat in 1989 president sou word, was die beliggaming daarvan in die jare voordat hy tot die hoogste posisie uitgestyg het.

Cillié en Pienaar het die volle teks van Wimpie de Klerk se toespraak in Die Burger en Die Beeld gepubliseer en het die term verligte gebruik as 'n erenaam vir diegene wat vernuwend oor die politiek gedink en uitgediende aspekte van apartheid verwerp het. Hulle het die term verkrampte aangewend vir aartskonserwatiewe wat geweier het om die werklikheid te erken. Hierdie terme het bly vassteek lank nadat die anti-kommuniste gediskrediteer geraak het.

Bl. 500

Die twee kampe was geneig om die verskille tussen hulle oor rassebleid te oordryf. In werklilkheid het die oorgrote meerderheid verkramptes en verligtes wit heerskappy voorgestaan. Die verligtes was allermins radikaal en het slegs versigtige hervormings gesteun wat nie die grondslae van mag geraak het nie. Daar was 'n korrelasie met klasseverskille. Die verligtes het meesal 'n hoër opvoedingspeil en groter inkomste gehad en was in hul werk minder van staatsbeskerming afhanklik as die vekramptes. Die stryd tussen hulle het wesenlik oor die siel van die Afrikanernasionalisme gegaan. Verligtes het hulle self beskou as Suid-Afrikaners, nie slegs as Afrikaners nie. Hulle het Pienaar se oortuiging gedeel dat die regering Suid-Afrika nie kan regeer asof daar net Afrikaners in die land woon nie.

Die verkramptes het die staat as 'n Afrikanerstaat beskou en apartheid as 'n totale stelsel wat in alle opsigte onveranderd moet bly. Sommige vooraanstaande verkramptes het gevoel dat die Engelssprekende deel van die bevolking ook Afrikaners moet word. In 1966 het Piet Meyer, voorsitter van die Broederbond se uitvoerende raad, in die geheim gepraat van die noodsaak om die Engelssprekendes te oorreed om die Afrikaanse taal, geskiedenis en wêreldbeskouing te aanvaar.

"'n Sterk staat en swak onderdane"

Ná die sluipmoord op Verwoerd op 6 September 1966 het die NP-koukus B.J. (John) Vorster as sy opvolger gekies. Vorster is in die Tweede Wêreldoorlog as 'n aktiewe ondersteuner van die Ossewa-Brandwag geïnterneer. Die liberale Rand Daily Mail het gegis dat die talle mense wat in sy termyn as minister van justisie (1961-1966) beperk, in huisarres geplaas of aangehou is, baie te doen gehad het met sy agtergrond as politieke gevangene. Vorster h et eenkeer in die Parlement gesê dat 'n geïnterneerde kommunis onder die NP-regering meer voorregte geniet as 'n Afrikaner wat in die Tweede Wêreldoorlog deur die VP-bewind geïnterneer is.

Vorster was die kandidaat van die verkramptes, veral in Transvaal, maar dit het gou gebly dat hulle hulle met hom misgis het. Hoewel hy 'n Transvaalse kiesafdeling verteenwoordig het, was hy in werklikheid 'n man van die Kaap. Hy het op Stellenbosch gestudeer, sy skoonvader was 'n direkteur van die Nasionale Pers en sy politieke leermeester was Paul Sauer, 'n tipiese Kaapse Nasionalis wat ná Sharpeville 'n nuwe benadering bepleit het.

As leier het Vorster gou die steun van die Afrikaners gewen. Hy was minder afsydig as Verwoerd, het gereeld gholf gespeel, het die pers dikwels te woord gestaan en het by dinees geestige toesprake afgesteek. Die Rand Daily Mail het hom bestempel as die gewildste eerste minister wat Suid-Afrika nog gehad het. Meer as sy voorgangers het hy swart en bruin mense beskou as menslike wesens eerder as abstraksies. As liefhebber van sport wat hy baie gretiger as sy voorganger om internasionale sportbande te behou. Vorster het 'n proses van desegregasie van sport begin wat meer as vyftien jaar gekos het om af te handel. Toe groot stakings teen uiters lae lone in 1973 in Durban uitbreek, het hy aan werkgewers gesê dat hulle die werkers nie as arbeidseenhede moet beskou nie, maar as "menslike wesens met siele". Westerse diplomate wat met hom onderhandel het, het hom beskou as reguit, eerlik en betroubaar.

Bl. 501

Vorster was veral gretig om Suid-Afrika se steeds verswakkende verhouding met die buitewêreld om te keer. Hy het gou sy projek van "uitwaartse beweging" aangekondig. Dit was 'n poging om Suid-Afrika se bande met die ander Afrika-state te verbeter. Die res van Afrika was Suid-Afrika se natuurlike mark, maar het slegs 10% van Suid-Afrika se vervaardigde produkte gekoop. Vorster wou die markte oopmaak en Afrika-buurstate oorhaal om geen basisse aan die African National Congress en die Pan-Africanist Congress te verskaf nie. Die enigste tasbare sukses was die vestiging van diplomatieke bande met Malawi, maar die Afrika-state het hul steun aan die bevrydingsorganisasies tot 'n minimum beperk.

Toe pres. Hastings Banda van Malawi op 'n staatsbesoek aan Suid-afrika was, is 'n foto van Vorster geneem waar hy by 'n staatsbanket tussen twee swart vroulike gaste sit. Hiermee het hy 'n belangrike stellilng gemaak om rasse-etiket te normaliseer. Die Afrikaner-elite het nog steeds 'n probleem met die etiket van die omgang tussen wit en swart gehad. In 1971 nog het die uitvoerende raad van die Broederbond 'n bespreking met W.M. Eiselen, een van apartheid se argitekte, gehad oor die kwessie of swart mense met die hand gegroet moet word. Volgens Ernst Stals het die bond dit as 'n baie netelige kwessie beskou en was daar baie negatiewe houdings. Daar is gerapporteer dat Eiselen die kwessie simpatiek bespreek het. Die bond het hierna 'n omsendbrief aan sy takke gestuur waarin dit voorligting gegee het. Rasse-insidente het dikwels voorgekom en die regering was swak voorberei om dit te hanteer. Toe 'n swart tuislander, hoofkaptein Mangosuthu Buthelezi van KwaZulu, en 'n wit vrou in 1972 op 'n persbanket dans, het F.W. de Klerk, 'n jong Volksraadslid, kiesers verseker dat die insident op die hoogste vlak ondersoek word. Connie Mulder, 'n senior minister, het dit 'n "verkeerde" ontwikkeling genoem wat vir hom afstootlik is.

Vorster het die regering nie probeer oorheers soos sy voorganger nie. Die gevolg was dat elke departement sy eie paadjie ingeslaan het. Die amptenare en ministers wat vir die administrasie van die swart bevolking verantwoordelik was, het in 'n verkrampte rigting geneig en diegene wat sport wou oopstel en die buitelandse guns wou wen, in 'n verligte rigting. Vorster se instelling was, soos hy soms gesê het, "om die fort te hou". Die vernaamste stutte van wit mag moes in stand gehou word en daar moes geen valse verwagtinge gewek word nie.

Vorster was ongenaakbaar oor veiligheid. Magte is in die hande van die polisie geplaas wat met dié in diktature vergelyk kan word, aanhou totdat hy op 'n bevredigende manier op vrae geantwoord het. Net 'n staatsamptenaar was geregtig om toegang tot hom te hê. Bewerings oor marteling deur die polisie is dikwels gemaak, maar daar is geen amptelike ondersoek gelas nie. Die staat kon koerante verhinder om enigiets oor die toestand in die tronke te publiseer. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het bereken dat tussen 1963 en 1983 minstens 68 politieke gevangenes gesterf het terwyl hulle in aanhouding was, die meeste in baie verdagte omstandighede.

Die eienaardige van apartheid as 'n soort polisiestaat is dat daar merkwaardig min polisiebeamptes was. In 1984 was daar slegs 1,4 polisiemanne vir elke 1 000 van die bevolking, vergeleke met ongeveer 2,4 in Brittanje, 4,4 in Ulster, 5,7 in Algerië en 16 in die Sowjetunie. Die aantal politieke gevangenes was betreklik klein vir 'n bevolking wat

Bl. 502

in 1970 op 22 500 000 gestaan het. Omtrent 1 000 mense is sedert 1950 ingeperk. Van hierdie bevele was 350 teen 1970 nog geldig. In daardie jaar was ongeveer 800 Suid-Afrikaners in die tronk omdat hulle veiligheidswette oortree het. Baie mense is 'n paspoort geweier.

Suid-Afrika se militêre besteding het tot die vroeë 1980's laag gebly - 13% van die totale begroting is aan militêre uitgawes bestee, vergeleke met Zimbabwe se 17%, Israel se 25% en Taiwan se 26%. In 1967 is die militêre diensplig vir alle volwasse wit mans strenger gemaak. Die betreklik klein polisiemag en staande mag is 'n aanduiding dat die stelsel van onderdrukking minder rigied was as wat die kritici bereid was om toe te gee.

Wat die stelsel nog ingewikkelder gemaak het, was die feit dat daar twee gemeenskappe in die dominante groep was, met die Engelssprekendes effens liberaler as die Afrikaners. Engelse koerantredakteurs en geestelikes het onreg meer as hul Afrikaner-eweknieë veroordeel. 'n Belangrike rol as liberale waghond is gespeel deur die Instituut vir Rasseverhoudinge, waartoe feitlik net Engelssprekendes behoort het.

'n Demokrasie vir wit mense het ongemaklik saam met die rassediktatuur gefunksioneer. In die demokrasie was daar burgerregte soos individuele vryheid en behoorlike administratiewe prosedures soos regulasies oor die ondersoek van alle onnatuurlike sterftes, ook dié van bruin en swart mense. Die apartheidstelsel was nie wetteloos nie. Elke beperking op die onderhoriges is noukeurig in 'n wet opgeneem. Hoewel dit selde gebeur het, was dit vir 'n swart of 'n bruin man moontlik om hom in die geval van arbitrêre optrede tot die hof te wen. In teorie was alle mense ongeag hul kleur op gelyke voet in die howe; in die praktyk was die skaal gelaai. Die regering het hom egter verbind tot 'n vrye en onafhanklike regbank en die regters in die hoër howe het hul onpartydigheid al hoe meer op prys begin stel.

Die paar koerante wat die swart stryd aktief ondersteun het, is verbied en joernaliste is lastig geval. Die regering het kritiek op die polisiemag en tronke aan bande gelê, maar die koerante in die hoofstroom kon oor 'n breë veld verslag doen en kritiek lewer. Van die jare sewentig af kon swart mense die stelsel meer vryelik kritiseer en hulle kon selfs ligtelik die spot daarmee dryf. Die polisie het hulle al hoe meer toegespits op mense wat verset aktief propageer of organiseer. Vir Vorster was die groot "kanker" in Suid-Afrika wittes wat swartes aanhits, maar daar was nie baie van hulle nie.

Die regering het wreedheid deur die polilsie veroordeel, maar dit het 'n swart man wat sonder 'n pas gevang is, nie gehelp nie. Van die 1970's het polisiemanne en boere wat geweld teen swart of bruin mense gebruik, 'n al hoe groter risiko geloop om in die hof te beland. Die onderdrukking was selde willekeurig of onvoorspelbaar.

In 1971 het Fatima Meer, 'n prominente anti-apartheidsaktivis, geskryf dat die regering sy strukture met 'n groot mate van sofistikasie in stand hou. Hy meng persoonlike welwillendheid met die onpersoonlike en skynbaar onpartydige mistiek van die wet. "The non-white victim is beginning to believe that he has the sympathy and support of minor and senior officials, including the prime minister, and that both white and black are equally the victims of South African custom and the law of apartheid." Meer het verwys na die vreesaanjaende mag van die staat, maar het bygevoeg dat dit beskou moet word teen die agtergrond van die swak posisie van sy onderdane.

Herbert Adam, die knapste buitelandse ontleder van Suid-Afrika, het in 1971 in sy

Bl. 503

baanbrekerswerk Modernizing Racial Domination: South Africa's political dynamics geskryf dat Suid-Afrika nie op die randjie van 'n revolusie staan nie. Dit word nie, soos in die geval van die Nazi's, geregeer deur 'n heersersgroep met rasse-obessies nie. Die doel met die apartheidstelsel is nie irrasioneel nie. Dit is die "smooth, frictionless and tolerable domination over cheap labor and political dependents as a prerequisite for the privileges of the minority".

Hendrik Verwoerd het die eerste Engelssprekendes in sy kabinet aangestel, maar dit was eers ná sy dood dat die NP-bewind hard probeer het om die Engelssprekende gemeenskap nader te trek. Die Nasionaliste het besef dat dit dwaas sou wees om die staatsadministrasie geslote te hou en net mense met dieselfde opvattings in verantwoordelike posisies aan te stel. Die eerste minister se ekonomiese adviesraad het sowel Afrikaner- as Engelse sakeleiers ingesluit en hulle het teen die vroeë 1970's eenstemmigheid bereik oor die noodsaak van 'n soepeler arbeidsmark en die afskaling van die openbare sektor se rol in die ekonomie. Die Afrikaner-Broederbond het eindeloos vergader, maar voor die feit gestuit dat hoewel omtrent al die lede saamgestem het dat Afrikaner- en wit beheer behou moet word, daar onoorbrugbare verskille binne die liggaam ontwikkel het oor die wyse waarop dit gedoen moet word. Die Afrikaanse pers het begin om sy lesers op die hoogte te bring van die haglike omstandighede waarin 'n groot deel van die bevolking leef.

Daar was 'n groot lugleegte in die geledere van die swart nasionale beweging nadat die ANC-leiers gearresteer is en ander uit die land gevlug het. Die versetstryd was geruime tyd onsuksesvol veral omdat dit hom toegespits het op 'n gewapende stryd. Dit het die staat aangeval op die punt waar dit die sterkste was. Die polisie se uitgebreide netwerk van informante het mense wat aktiewe verset gepropageer het, redelik maklik aangewys. Die polilsie was egter onvoorbereid op 'n skielike, onbeplande opstand deur 'n deel van die swart bevolking wat nie die deuntjie van die maghebbers hoef te sing nie, naamlik skoolkinders en studente.

Onder volwasse swartes in die stede, ook aan die Witwatersrand, het etniese verskille bestaan en die staat het sy bes gedoen om dit te versterk deur huise aanvanklik op etniese grondslag toe te ken. Die Christelike-nasionale onderwysbeleid het etniese verskille lewendig probeer hou. Hoewel die juk van apartheid geskaaf het, het die meeste van die swartes teen die vroeë 1970's gevoel dat die mag van die staat oorweldigend is. In die dorpe en stede het hulle hulle op materiële welsyn toegespits. Swart lone en salarisse was nog steeds baie laag, maar die ekonomiese bloeitydperk van die 1960's het swart werkers ook bevoordeel en hul lewensomstandighede was aan die verbeter.

Volkskritiek

In die vroeë sestigerjare het die lede van 'n nuwe literêre beweging bekend as die Sestigers werke vol van die nuwe tydgees die lig laat sien. Hulle het moderne literêre tegnieke gebruik om moderniteit, sekularisasie en seksuele vryheid te ondersoek en te beskryf. Naas hierdie werk, wat dikwels eksperimenteel van aard was, was daar ook hoofstroomromans wat 'n nuwe gemoedstoestand weerspieël het. In die vroeë Afrikaanse romans is die hoofkarakters gewoonlik 'n man van die daad, ferm in sy oortuigings en bereid om geweld

Bl. 504

te gebruik om die wêreld na sy wil te dwing. In teenstelling hiermee is die vernaamste karakters van die nuwe romans dikwels passiewe randfigure wat moeilik met die gemeenskap meng. Hulle worstel om hulle self te ontdek en die kompleksiteit van die maatskaplike werklikheid te begryp.

Karel Schoeman se roman Na die geliefde land (1972) speel af ná 'n revolusie waarvan die aard nie beskryf word nie, maar wat klaarblyklik die ergste vrese oor oorlewing waar gemaak het. 'n Versukkelde en bedreigde wit gemeenskap is oorgelaat aan die genade van 'n ongeïdentifiseerde en onvoorspelbare regering. In Jan Rabie se Bolandia-trilogie is van die vernaamste karaktes van gemengde oorsprong. Hulle is vasgevang in 'n pynlike botsing tussen kulture en lojaliteite. Saam met die werk van sestigers soos Etienne Leroux, André P. Brink en Breyten Breytenbach het die romans van Schoeman, Anna M. Louw, Rabie, F.A. Venter, John Miles, Wilma Stockenström, Elsa Joubert en Dalene Matthee gehelp om die politieke bewussyn van die Afrikaanse leserspublilek op 'n subtiele manier te verander. Die literatuur het 'n nuwe soort aarselende Afrikaner en 'n komplekse geskiedenis beskryf, wat sterk verskil het van die politici se voorstelling van doelgerigte mense, vasbeslote om alle bedreigings van hul oorlewing die hoof te bied.

Die kultuurleiers en die Sestigers het spoedig van mekaar vervreem geraak. Van Wyk Louw het reeds in die 1930's besef dat kultuurorganisasies nodig is, maar ook gevaarlik. Hy het hom verset teen pogings om die Afrikaanse kulturele lewe te probeer kanaliseer in die stroom waarin die politieke en kulturele leiers dit wou dwing. Hy het geskryf 'n volk is nie 'n sekte of 'n kliek of 'n vereniging met 'n vaste program nie. Onder die grootste vyand van 'n volk is diegene wat 'n geestelike eenrigtingverkeer wil hê en wat hul eie eng visie op die tyd wil afdruk. 'n Paar jaar later het sy vrese oor kultuurleiers waar geword toe die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns weier om die Hertzogprys aan Etienne Leroux vir sy briljante roman Sewe dae by die Silbersteins toe te ken omdat dit moreel onaanvaarbaar sou wees.

In 1963 was Louw geskok toe die regering 'n stelsel van sensuur instel. Hy het gevra of dit beteken dat die regering Afrikaanse skrywers wil dwing om Engels te skryf ten einde aan sensuur te ontsnap. 'n Aanval van Verwoerd op Louw se drama Die pluimsaad waai ver was tekenend van 'n groot kloof tussen die beste skrywers en die politieke leiers (sien vorige hoofstuk). In die Wes-Kaap was daar 'n weerklank hiervan in 'n botsing tussen Dirk Opperman en P.W. Botha. Botha het die digter aangemaan om op 'n rots te gaan sit en 'n ode aan die Republiek van Suid-Afrika te skryf. Opperman, wat in 1949 'n gedig geskryf het waarin hy gedroom het van 'n republiek (sien p.437), het geantwoord dat in Afrikaans "kots" die enigste woord is wat rym met "rots".

Toe Louw in 1970 sterf, het geen kabinetslid sy begrafnis bygewoon nie. Hy en Verwoerd was twee teenpole in die volksbeweging. Verwoerd het al die strukture van die volksbeweging behalwe die Nasionale Pers oorheers en hy het vasgehou aan die opvatting dat onverdunde apartheid noodsaaklik vir oorlewing is. Louw, as die vernaamste intellektueel, het aangedring op oorlewing in geregtigheid en 'n verbintenis tot die oop gesprek waarin gesoek word na 'n etiese oplossing vir Afrikaner-oorlewing.

Baie van die stemme in die Afrikaanse gemeenskap was nou buite die party en die Broederbond en die debat binne die Afrikanergemeenskap het uiteenlopend geword. Geen politieke leier kon met die intellektuele gesag en selfvertroue van Verwoerd praat nie

Bl. 505

en nie een van die kritici het die literêre wêreld en die denke oor lojale verset in dieselfde mate oorheers as Louw in die sestigerjare nie. Die geslag skrywers rn digters ná Louw was meer krities teenoor die politieke bestel, meer bewus van die oplaaiende krisis en meer vervreemd van die volksbeweging as Louw. Terwyl hulle kritiek op die tekortkominge in Louw se politieke denke gehad het, het sy uitsprake 'n verwysingsraamwerk gebly.

John Vorster en Breyten Breytenbach het nou die nuwe teenpole in die Afrikanergemeenskap gevorm. Breytenbach het grootgeword op die dorpe Bonnievale en Wellington; in die woorde van sy broer Cloete het hy die deursnee-Afrikaner se huislewe en opvoeding gehad: "plaas- en dorpslewe, toegewyde ouers, baie vriende, lid van die NG Kerk en die Voortrekkerbeweging". In 1959, op twintigjarige leeftyd, het hy Suid-Afrika verlaat en in 1961 het hy hom in Parys gevestig, waar hy getrou het met 'n vrou wat van Viëtnamese afkoms, maar 'n Franse burger was. Louw het sy eerste digbundel, Die ysterkoei moet sweet (1964), beskryf as "ryk aan fantasie, presies in sy woordgebruik met 'n mooi afwisseling van humor en gevoeligheid". Die apartheidstelsel het Yolande Breytenbach as 'n "nie-blanke" beskou. In 1965 is sy 'n visum vir Suid-Afrika geweier.

Louw het in 'n koerantbrief geskryf dat hy met ' n gevoel van "pyn en skaamte" van die visumweiering gehoor het. Vir hom was die Afrikanernasionalisme waarmee hy grootgeword het, "die grootste beweging binne ons geskiedenis en 'n teken van uitgroei, van steeds voller lewe". Word dit nou 'n "verstarde ideologie, wat deur amptenare met duimstokke afgemeet kan word?". Breytenbach het in Die Burger geskryf hy skaam hom vir sy mense: "As ek my Afrikanerskap vandag kan opsê, sal ek dit doen." As apartheid, met sy skending van die m ees elementêre menseregte en "Afrikanerdom" nie van mekaar geskei kan word nie, sien hy geen hoop vir die Afrikaner nie. Aan Louw het hy geskryf: "Ons nasionalisme lyk vir my na 'n absolute ideologie wat hoe langer, hoe minder teenstand kan duld." Die bewindhebbers het dit verwring tot 'n negatiewe krag. Die skending van vryhede kan nie geregverdig word nie, "al gaan dit om ons lyflike voortbestaan".

Op sy unieke m anier het Breytenbach sy aanklag teen apartheid met al sy teenstrydighede en teenstellings presies verwoord. Soms het hy geskryf asof hy dink dat die Afrikaners in die greep van 'n ideologiese mafia is en dat hy hulle moet red voordat hulle oor die afgrond gesleep word. Hy h et egter ook 'n ander perspektief gehad wat nader aan die kol was. Dit is die standpunt dat dit verkeerd is om te glo dat apartheid die werk is van 'n paar burokrate en ideoloë. Die Afrikaners is verantwoordelik vir apartheid, kollektief en individueel. Sonder hulle sal dit nie bestaan nie; dit is hul lewenswyse. Apartheid spruit uit 'n gebrek aan veiligheid en 'n obsessie met die Afrikanerstam.

In Parys raak Breytenbach betrokke by anti-apartheidsorganisasies en later ook radikale organisasies. Hy vereenselwig hom oor die radio en televisie met die opvatting dat geweld noodsaaklik is om die groeiende krisis in Suid-Afrika op te los. In 1968 het die Suid-Afrikaanse regering weer 'n visum vir sy vrou geweier. Breytenbach het altyd beweer dat dit is omdat sy vrou van Viëtnamese afkoms is, maar John Vorster het aan Human en Rousseau, die uitgewer van sy tweede bundel, Die huis van die dowe, gesê dat dit nie so is nie. Sy is nie die probleem nie, sy radikale politiek wel. "Indien hy sy voet in die land sit, stop ek hom so ver in die tronk weg dat hy nooit weer daaruit kom nie." Vir Vorster was Breytenbach bo en behalwe sy pollitieke bedrywighede ook 'n vyand van die volk wie se poësie moreel verderflik en polities aanstootlik is.

Bl. 506

Breytenbach se uitgewers het 'n ope brief aan hom geskryf waarin hulle hom meedeel dat die ware rede vir die weiering van die visumaansoek sy ondersteuning vir 'n bloedige opstand in Suid-Afrika is. Hulle dink daaraan om 'n bedrag aan 'n anti-terroristefonds te skenk gelyk aan die outeursaandeel wat hulle aan die digter betaal. Dit het Breytenbach alle bande met sy uitgewers laat verbreek.

Die bittere vyandskap was tussen Vorster en Breytenbach. Hulle h et mekaar gehaat omdat daar in elkeen iets van die ander was. Albei het die kritiek van die liberale Engelssprekendes op apartheid verwerp omdat hulle newe-motiewe en sekerlik 'n goeie stuk Afrikanerhaat daarby vermoed het. Albei was buitengewoon gevoelig vir aanvalle deur Afrikaners. albei het kan gekies en dit as Afrikaners gedoen. Vir Vorster was die belangrikste om die Afrikaners en die groter wit gemeenskap in hul bepaalde magsposisie te beskerm teen die soort geweld wat Breytenbach voorgestaan het. Die Afrikaners moet lojaal wees teenoor 'n regering wat verandering net deur pynlik stadige prosesse en obskure wette kan aanbring.

Breytenbach het ook as Afrikaner k ant gekies, maar sy keuse was vir "die totstandkoming van leefbare omstandighede in ons samelewing", waarin almal 'n regmatige aandeel het en op gelyke voet verantwoordelikheid vir mekaar aanvaar. Slegs ná 'n radikale politieke omwenteling sal die Afrikaners weer hul menslikheid terugkry, wat hulle deur die toepassing van apartheid verloor het.

In 'n simposium oor die Sestigers iin 1973 by die Universiteit van Kaapstad se Somerskool het verskeie skrywers en akademici opgetree, onder andere Breytenbach wat uit eindelik van die regering verlof ontvang het om Suid-Afrika te besoek. Jan Rabie het, soos Louw, nooit werklik anderkant die opvatting van swart volke as die boustene van 'n oplossing vir die wit-swart-probleem nie, maar was net so passievol as hy oor die noodsaak dat wit en bruin Afrikaanssprekendes as een gemeenskap beskou moet word. Daar was 'n feller afwysing van 'n bestel wie se fondamente nie kultuur, taal of godsdiens is nie, maar "die dorre ellende van mag via velkleur", wat die gevaar skep dat Afrikaans 'm "knorrige amptenaarstaaltjie word wat moet sterf". Anders as Luw het André P. Brink gevra dat die skrywer moet kies vir Afrika wanneer hy moet besluit of hy tot die Europese of die Derde Wêreld behoort.

Daar was nog twee invloedryke figure op die simposium. Johannes Degenaar, 'n Stellenbosse filosoof, het in die styl van Sokrates vrae oor die politieke en morele orde gestel. Hy het Van Wyk Louw se oop gesprek  op prys gestel, maar sterk gevoel dat Louw te veel waarde aan nasionalisme heg. Hy het die volk beskou as net een van verskeie identifikasies en gewaarsku dat nasionalisme maklik vasval in rassisme en 'n soeke na goddelike sanksie vir oorheersing. Die Afrikaners moet 'n oplossing soek wat verder as nasionalisme strek.

Die h oogtepunt van die simposium was Breytenbach, met 'n lesing getitel "'n Blik van buite". Hy het gesê: "Ons is 'n bastervolk met 'n bastertaal. Ons aard is basterskap. Dis goed en mooi so. Net, ons het in die slagyster getrap van die baster wat aan bewind kom. In daardie gedeelte van ons bloed wat van Europa kom, was die vloek van meerderwaardigheid. Ons wou ons mag regverdig en om dit te kan doen, moes ons ons gewaande stamidentiteit stol. Ons moes afkamp, bekamp, verkramp."

Vir Breytenbach het die redding feitlik uitsluitlik in die hande van swart mense gelê.

Bl. 507

Soos Albert Camus, 'n boorling van Algerië, het hy sy mense beskou as Afrikane wat in Afrika is en sal bly. Anders as Camus het hy egter geglo dat sy mense slegs in vrede sou kon leef indien hulle van die mag afstand doen en hul toekoms onder 'n swart regering probeer vind. Hy wou hê dat daar ná apartheid 'n sosialistiese stelsel kom.

Schalk Pienaar, wat die Somerskool-simposium bygewoon het, is nie deur Breytenbach beïndruk n ie. Hy het hom vergelyk met Jerema en Amos, "geeneen vrolilke kêreld nie". Hy het ook die Bybelse beeld opgeroep van die profeet wat "onder die boom buitekant Ninevé sit wagtend dat God die stad moet vernietig". Breytenbach was inderdaad 'n Amos wat sy mense veroordeel as onderdrukkers en die waardes oproep wat deel van hule historiese tradisie is. Hy het 'n fatale passie vir die bevryding van Suid-Afrika ontwikkel en saam daarmee die bevryding van die Afrikaners van apartheid. Die ballilng, so het hy in 1972 geskryf, moet 'n dialoog met die mense in sy land aan die gang hou. "Hy moet soos 'n hond al langs die grensdraad af blaf."

In sy digbundel Skryt, wat in 1972 in Nederland gepubliseer, maar in Suid-Afrika verbied is, is daar 'n gedig getitel "Brief uit die vreemde aan slagter". Dit is opgedra aan Balthazar (Vorster se eerste naam). Dit dui op die dood in aanhouding van 21 gevangenes tussen 1963 en 1971. Die gedig bevat die volgende reëls: sê my, slagter / sodat die verloskunde wat jy in naam / van my voortbestaan moet pleeg / aan my geopenbaar mag word / in my taal.

'n Ideologiese skaakmat

Vorster se moeilikhede met die verkramptes en verder regse Afrikaners het gou begin. Hy het privaat aan 'n groep konserwatiewe Volksraadslede gesê: "Nee, kêrels, julle het dit almal verkeerd." Vir hom was die kardinale beginsel die behoud van die Afrikaner in 'n blankbeheerde staat. Apartheid is "meer net 'n metode om dit te bewerk(stellilg) en te bestendig. As daar ander en beter metodes is om dit te vestig, dan moet ons daardie metodes vind en voortgaan". Ten minste een Volksraadslid, Jaap Marais, wat gou uitgestoot sou word, het besluit dat Vorster besig is om fundamentele beginsels te versaak.

Vorster het sy politieke geloofsbelydenis afgelê in 'n toespraak op 16 Augustus 1968. Hy het gesê dat die Afrikaners nie op hul eie kan voortgaan nie en dat oorlewing vereis dat elke blanke vir die stryd gewen word. Daar is nie langer rede om te kla dat die Afrikaanse taal in gevaar verkeer nie. Die werklike gevaar is nou die "Super-Afrikaners" wat hulle verset teen diplomatieke betrekkinge met ander Afrika-state en gemengde sportspanne. Hy het 'n waarskuwing gerig tot diegene wat die standpunt verkondig dat samewerking met Engelssprekendes die ondergang van die Afrikaner sou beteken.

Selfs klein hervormings het groot spanning in die party laat ontstaan. Albert Hertzog, 'n kabinetslid en leier van die verkrampte vleuel, het die sportbeleid en die toelating van swart ambassadeurs aangeval. Hy het ook die poging om die gaping tussen die twee wit

Bl. 508

gemeenskappe nouer te maak, gekritiseer. In 1969 het hy in 'n toespraak sy politieke lot verseël. Die vraag, het hy geseê, is of blankes sal bly glo in hul reg om as 'n minderheid te regeer. Die Afrikaners is volgens hom die ideale kampvegters hiervoor aangesien hulle Calviniste is, hul vryheid liefhet en rasse-diversiteit erken. Die Engelssprekendes se liberalisme maak dit vir hulle ontmoontlik om doeltreffend teen kommunistiese en ander linkse bewegings te veg wat op die voorpunt van die aanval op minderheidsregering staan. Gevolglik hang die oorlewing van die Europese beskawing van die Afrikaners af.

Hierdie toespraak is algemeen beskou as 'n belediging vir die Engelse gemeenskap en Vorster het Hertzog uit die kabinet ontslaan. Hy het die party lverlaat en die Herstigte Nasionale Party gestig. Dit is deur die NP in die algemene verkiesing van 1970 vernietigend verslaan. Dit het slegs 4% van die uitgebragte stemme gekry (maar naby aan 10% van die Afrikanerstemme) en nie daarin geslaag om 'n enkele setel te verower nie.

Vorster se soepelheid het nie die poliltieke strukture van apartheid geraak nie. In dieselfde toespraak op Heilbron het hy gesê dat die blankes hul eie land en hul eie Parlement het waarin hulle alleen verteenwoordig is. Vorster het die apartheidsdogma gehandhaaf dat swartes politieke regte net in hul onderskeie tuislande kon uitoefen, ongeag waar hulle woon. Hy het eiendomsreg vir die sogenaamde permanente swart inwoners in die stads- en dorpsgebiede teengestaan. Volgens hom sou dit slegs tot toenemende druk om politieke regte in 'n gemeenskaplike stelsel lei.

Teenoor die bruin mense het Vorster politieke apartheid tot sy uiterste gevoer. In 1968 het sy regering die laaste oorblyfsels van kleurlingverteenwoordiging in die Volksraad (vier wit verteenwoordigers wat deur kleurlinge op 'n aparte kieserslys gekies is), die Senaat en die Kaapse Provinsiale Raad afgeskaf. As plaasvervanger is 'n Verteenwoordigende Kleurlingraad ingestel bestaande uit benoemde en gekose lede met uiters beperkte magte. 'n Ander wet wat in dieselfde jaar aangeneem is, het dit vir partye onwettig gemaak om hulle aktief met die politieke sake van 'n ander rassegroep te bemoei. Ook in 1968 is 'n Suid-Afrikaanse Indiërraad ingestel, wat 'n benoemde adviesraad oor Indiërsake in drie provinsies was. (In die vierde, die Vrystaat, is Indiërs nie toegelaat om hulle te vestig nie.)

In 1971 is alle kleurlingkiesers van die munisipale kieserslyste verwyder en in die volgende jaar het die termyne van die kleurlingraadslede in Kaapstad en elders in die Kaapprovinsie geëindig. Daar was 'n plan om gesegregeerde bruin munisipaliteite in te stel, maar dit was onprakties, aangesien nie een finansieel op eie bone kon staan nie.

Die Verteenwoordigende Kleurlingraad was 'n mislukking. Die Arbeidersparty, wat die meeste van die setels verower het, het van die staanspoor af probeer om die raad te vernietig. Sy verset is verder gevoed toe die regering 'n regeringsgesinde meerderheid in die raad manipuleer deur lede te benoem uit kandidate wat in die verkiesing verslaan is.

Om ontevredenheid oor sy kleurlingbeleid te ontlont, het die regering in 1973 'n kommissie van ondersoek na die kleurlingbevolking aangestel. Die voorsitter was prof. Erika Theron, en die eerste keer sedert die NP aan bewind gekom het, het 'n kommissie ook kleurlinglede bevat. Die verslag deur die meerderheid van die Theron-kommissie het apartheid nie as geheel veroordeel nie, maar sekere van die bevindinge het skerp kritiek op die verwaarlosing van die bruin gemeenskap uitgespreek.

Bl. 509

'n Hoofstuk het die "kroniese gemeenskapsarmoede" ontleed, wat meer as 40% van die bevolking raak. In die stede en dorpe het tussen 10% en 20% van die kleurlinge in die plakkerskampe gewoon en talle ander in oorvol  huise. 'n Hoë koers van suigelingsterftes het konstant gebly van 1946-1951, toe 128 suigelinge in elke duisend geboortes gesterf het, tot 1965-1970, toe 120 gesterf het. In die stedelike arbeidsmark het die kleurlinge wydverspreide diskriminasie ondervind, aangesien hulle nie sonder regeringstoestemming by gemengde vakbonde kon aansluit nie. Selfs ten opsigte van sy eie riglyne het apartheid gefaal, aangesien wittes - veral Afrikaners - die senior posisies in alle staatinstelllings wat die bruin gemeenskap bedien, oorheers het.

Die kommissie het regstreekse verteenwoordiging en seggenskap vir kleurlinge op alle vlakke van die regering aanbeveel. Die regering het die aanbeveling oor regstreekse bruin seggenskap aanvaar, maar ook verklaar dat die beginsel van wit selfbeskikking deurslaggewend bly. Die toon van die reaksie was so negatief dat dit meegewerk het om baie kleurlinge te laat deelneem aan die opstande van 1976 en daaropvolgende jare.

Hoewel die verset teen die apartheidstelsel op baie vlakke begin oplaai het, het die Afrikaanse kerke geen waarskuwings oor wit bevoorregting en die kontras tussen wit rykdom en swart armoede laat hoor nie. Die algemene sinode van die NG Kerk van 1974 het 'n verslag oor rasseverhoudinge aanvaar wat 'n uitvoerige Bybelse regverdiging van apartheid was. Daar is steeds geargumenteer dat die gelykenis van die toring van Babel 'n paradigma is vir 'n beleid van "volkeverskeidenheid". Die verslag het sonder veel oortuiging probeer voorgee dat die kerk net so bekommerd as die ander kerke is oor sosiale geregtigheid, menseregte en selfbeskikking vir individue en vir groepe, maar verskil oor die beste middele om hierdie ideale te verwesenlik.

Die verslag is skerp gekritiseer. Jaap Durand, 'n Afrikaanse teoloog, het daarop gewys dat daar geen hermeneutiese gronde aangewys kan word om die verskeidenheid van volkere as 'n Godgegewe beginsel te aanvaar nie. John de Gruchy, 'n Engelssprekende akademikus, het daarop gewys dat die onuitgesproke uitgangspunt van die verslag is dat Afrikaner-oorlewing van apartheid afhang. Allan boesak het van die afwaartse spiraal van NG-denke oor die rassekwessie gepraat.

Schalk Pienaar, nou aan die einde van sy loopbaan, het begin wanhoop aan die NG Kerk wat nie die beeld van die "NP in gebed" kon afskud nie en inderdaad die remskoen was wat hervorming vertreeg het. Hy het soos 'n Ou-Testamentiese doemprofeet sy ontsteltenis uitgespreek oor die rykes wat ryker word en die armes, veral weerlose swartes, ál armer. "Wanneer 'n mens kyk na wat in hierdie land opskiet aan paleise en wat aan krotte bestaan, dan vra j y jouself af of die wraak van die ewige God kan uitbly." Ná die NG-sinode van 1974 het hy geskryf dat hy nie kan glo dat die kerk nie kennis geneem het van die swart bevolking nie en steeds glo Suid-Afrika is God se reservaat vir die Afrikaner.

Pienaar se kritiek op die NG Kerk was 'n teken dat die Afrikaner-volksbeweging aan verbrokkel was. Meer as veertig jaar lank het die verskillende dele - die party, die pers, die kerk en die organisasies - trou aan mekaar gesweer. Niemand binne die volksbeweging het nog vantevore die kerk so genadeloos gekritiseer soos Pienaar nie. Hy was oortuig die tyd het aangebreek dat die Afrikaanse pers hom veel kragtiger moet laat geld. Hy het dit betreur dat die regering nie besef dat 'n goedgesinde maar onafhanklike Afrikaanse pers 'n beter bondgenoot as 'n slaafse volgeling is nie.

Bl. 510

Die poging om Suid-Afrika op diplomatieke gebied te isoleer, het voor 1976 nie veel momentum gehad nie, behalwe op die gebied van sport, waar Verwoerd se verbod op die Maori-rugbyspelers en John Vorster se verbod op Basil D'Oliveira, 'n bruin Suid-Afrikaner wat vir die Engelse krieketspan gekies is, olie op die boikotvuur was. In 1976, aan die einde van amper dertig jaar van ekonomiese groei teen gemiddeld net onder 5% per jaar, het Suid-Afrika nog merkwaardig stabiel gelyk. Die VN het gereeld voorstelle teen apartheid aangeneem en daar was 'n VN-wapenboikot wat Suid-Afrika verplig het om sy eie wapentuig te maak. Hoewel min Afrikanerleiers dit besef het, was dit slegs die koue oorlog en die Sowjet-bedreiging wat die Weste daarvan weerhou het om veel sterker teen Suid-afrika op te tree. Namate die Derde Wêreld sy veldtog teen sowel apartheid as die Sionisme verskerp het, het die Weste al hoe ongemakliker begin voel omdat hulle as verdedigers van die Suid-afrikaanse staat optree. Anders as Israel het die Afrikaners geen drukgroep, 'n Afrikaner-diaspora, gehad wat in die buitewêreld hul standpunt kon stel nie.

God se Afrikaner-reservaat

Onderliggend aan die tuislandbeleid was die fiksie dat, soos Pienaar dit gestel het, Suid-Afrika God se reservaat vir die Afrikaners is. Van Wyk Louow was een van die min mense wat oor die saak gepraat het op 'n m anier wat geklink het na 'n partisie, maar selfs hy het net 'n sinnetjie daaroor geskryf. In 1960 het hy gesê dat Suid-Afrika plek moet maak vir twee soort mense in die twee helftes van die land.

Enige plan vir partisie sou mos begin by die patroon van wit besetting in die vroeë jare van die Kaapkolonie. Die koloniste het die yl verspreide inheemse Khosan-inwoners van die grond gestoot en hulle as arbeiders ingelyf. Teen die 1830's het die wit mense die grootste deel van die westelike helfte van Suid-Afrika beset. Die Bantoesprekende swartes wat in die oostelike deel gewoon het, het geen aanspraak op die westelike deel gemaak nie. In 1957 het die regering die gebied wes van die "Eiselen-lyn" as 'n voorkeurgebied vir kleurlingarbeid geproklameer. Dit het geloop van Aliwal-Noord in die noordooste na die lyn wat deur die Katrivier en die Visrivier gevorm word tot by die mond by Port Alfred. Daar is bepaal dat swart mense wes van die lyn net in diens geneem kon word indien die aanbod van kleurlingarbeid uitgeput is. Teen 1962 het die regering ongeveer 30 000 swart mense uit die gebied teruggestuur. Op die oog af lyk dit na 'n poging om 'n wit-bruin tuisland wes van die Eiselen-lyn te ontwikkel, maar dit is nooit so gestel nie en daar is ook nie met die beleid volhard nie.

Die regering kon nie insien waarom wit mense van hul aanspraak op die oostelike helfte van die land en veral die ryk Witwatersrand moet afsien nie - laasgenoemde het byna die helfte van die land se bruto binnelandse produk geproduseer. Afrikaners was verspreid oor die hele Suid-Afrika: ongeveer 'n derde het aan die Witwatersrand gewoon, nog 'n derde in die westelike Kaapprovinsie en 'n derde in die res van die land. Indien die regering sou probeer om 'n tuisland in die weste te ontwikkel, sou die Afrikaners wat elders woonagtig was, dit dadelik as 'n verswakking van hul eie aanspraak beskou het.

Onder die NP-politici was daar nog maar ' n swak ontwikkelde gevoel dat wit en bruin 'n enkele politieke en morele gemeenskap met 'n gemeenskaplike aanspraak op die land

Bl. 511

uitmaak. Eers in die heel laaste jare van apartheid is kleurlinge toegelaat om wit plase te koop. P.W. Botha, leier van die NP in die Kaapprovinsie, het in 1977 daarvan gepraat dat die kleurlinge uiteindelik geassimileer moet word, maar hy het sy woorde gou teruggetrek toe hy kort daarna eerste minister word.

'n Wit tuisland was net moontlik indien die wittes hul afhanklikheid van swart arbeid verminder. In die 1950's en 1960's is die Afrikaners aangegryp deur die gewilligheid van die Jode in Israel om 'n staat te stig waarin hulle op hul eie arbeid staatmaak. Die Jode het 'n keuse verteenwoordig: toewyding aan die voortbestaan van die volk bo materiële gewin. Die Israeli's wat Suid-Afrika besoek het, is selde beïndruk deur die Afrikaners se strategie vir oorlewing. 'n Israeli het aan Piet Cillié gesê dat sy eie mense 'n toegewyde vorlk is en aan Cillié gevra of hy dieselfde van sy mense kan sê. Cillié het geantwoord dat toegewydheid van baie dinge afhang, maar hy het later erken die besoeker het hom in die moeilikheid gehad. Daar was min rede om te glo dat die Afrikaners bereid was om hul materiële gerief en voorregte prys te gee of om 'n groot deel van die land ter wille van partisie af te staan.

In plaas daarvan om 'n wit of wit-bruin tuisland te soek, het die Afrikaners tuislande vir swartes gesoek. Maar hierdie beleid het nie op dreef gekom nie. verwoerd se verbod op wit ontwikkelingskapitaal het omtrent alle hoop vernietig dat daar vinnige ontwikkeling sou plaasvind. Hierdie verbod is eers in 1974 herroep. Teen 1975 het die tuislande nog steeds uit meer as honderd fragmente bestaan en eers in daardie jaar het die regering konsolidasieplanne aangekondig wat die aantal sterk sou verminder. Later daardie jaar is egter verklaar dat grondaankope vir die tuislande uitgestel moet word vanweë lae ekonomiese groei.

Daar was geen dinamiese ontwikkeling van die tuislande nie. Tussen 1960 en 1972 is slegs 85 544 werksgeleenthede in die tuislande en in die grensgebiede geskep, ver onder die aantal wat die Tomlinson-kommissie as noodsaaklik beskou het. In 1974 het Tomlinson verklaar dat die ontwikkeling van die reservate tot en met 1970 slegs op klein skaal en fragmentaries geskied het. 'n Groot geleentheid het verlore gegaan, het hy gesê. Van hierdie tyd af het die regering veel groter bedrae aan die tuislande bestee, maar die oorgrote deel sou wees vir salarisse van staatsamptenare, onder andere onderwysers, verpleegsters en polisie.

Van die laat sestigerjare het die regering die tuislande al hoe meer gebruik as "stortplek" vir swartes wat hy as oortollig in Suid-Afrika beskou het. Onder hulle was mense van die sogenaamde "swart kolle", nedersettings in landelike gebiede wat dikwels deur sendelinge in die laat negentiende of vroeë twintigste eeu gestig is. Weens meganisasie het al hoe meer plaasarbeiders werkloos geraak en hulle is ook na die tuislande gestuur. Soms is selfs stedelike werkloses weggestuur. Tussen 1962 en 1982 is altesame 1,9 miljoen swart mense volgens die regering se skatting in die tuislande hervestig. As die verskuiwings ingevolge die Groepsgebiedewet en die hervestiging van plaasarbeiders bygevoeg word, is 3,5 miljoen mense as gevolg van apartheid hervestig.

Die omstandighede in die hervestigingskampe in die tuislande was swak. Daar was nie werk nie en die mense kon selde hul eie voedsel produseer. Tussen 1970 en 1980 het die bevolking van die tuislande met 57% toegeneem. Tussen 1950 en 1980 het die bevolkingsdigtheid verdubbel. Die landbouproduksie het as gevolg daarvan grootlilks in duie

Bl. 512

gestort en die tuislande het in 'n baie groot mate afhanklik geraak van die verdienstes wat trekarbeiders teruggestuur het en van pensioene.

Om die stroom na die stede te beperk, het die regering in die 1960's huisvesting in die stedelike gebiede vasgepen. Dit het begin om slaapdorpe in die tuislande te bou waarvandaan pendelaars na grensgebiede kon reis. Selfs swart mense wat 'n wetlike reg gehad het om in die stede te wees, was partykeer genoodsaak om weens die tekort aan huisvesting huurders te word of om in hostelle vir eenlopende mans te gaan woon. Die posisie van die sogenaamde buitestanders in die apartheidstelsel was baie swak. Trekarbeiders was nie vry om na die stede te reis om werk te soek nie, maar moes in hul tuisland bly totdat hulle vir een of ander werksgeleentheid gewerf is.

Piet Cillié van Die Burger het eenkeer A.L. Geyer aangehaal waar hy gesê het dat apartheid die mense op die grondvlak moet gee wat hulle wil hê (aparte ingange by poskantore, aparte toilette, strande, ens.), in die veronderstellilng dat hulle dan ook die "groot dinge" sou aanvaar (swart "nasionale state"). Die mense op die grondvlak het egter nooit werklik die groot ding van ontwikkelende en vrye tuislande gekoop nie. Hulle het gehou van die veiligheid en stoflike belonings wat apartheid beskikbaar gestel het, maar hulle was onwillilg om die groot opofferings te doen wat die tuislandbeleid sou laat werk. Aan die ander kant moet 'n groot deel van die skuld ook op die leiers se skouers gelaai word. Hulle het nooit werklik die kiesers voor die uitdaging gestel om van die tuislande 'n beleid te maak wat werklik as 'n vorm van partisie bestempel kan word nie.

Reeds in 1966 het prof. J.P. Bruwer, 'n antropoloog wat na aan die NP was, daarop gewys dat die tuislande 'n gevaarlike droom geword het wat eintlik net in teorie bevredig. Wat werklik vir die Afrikanerkieser saak gemaak het, is die feit dat swart mense apart gewoon het terwyl die wittes met hul daaglikse lewe kon voortgaan. In 1974 het 'n opname mense getoets oor die voorstel dat die tuislande vergroot en meer lewensvatbar gemaak moet word. Dit het bevind dat meer Afrikaners dit teenstaan as wat dit aanvaar en dat meer Engelssprekendes as Afrikaners dit aanvaar. Lawrence Schlemmer argumenteer dat, as 'n mens hierdie opname saam met ander soortgelyke antwoorde ontleed, dit wil lyk of die Afrikaners eerder 'n goed beheerde mate van integrasie op die hoër vlakke verkies het as om ter wille van afsonderlilke ontwikkeling opofferings te doen.

Die hervormingsgesinde "idealilste" het hulle self om die bos gelei. Vir hulle was die idee van afsonderlike vryhede vir wittes en swartes in hul onderskeie tuislande die kern van die NP-beleid. Namate die ontstellende gebrek aan ontwikkeling ál duideliker geword het, het die verligte intelligentsia begin voel dat al die aspekte van apartheid in gevaar is.Piet Cillié het op 4 Julie 1970 geskryf dat die tuislande, wat eens die hoeksteen van die beleid was, nou heeltemal na die agtergrond gedruk is en dat dit die NP se geloofwaardigheid aantas. Hy het gewaarsku dat die toekoms donker is as daar nie 'n nuwe dringendheid en idealisme gebore word nie.

Chris Jooste, uitvoerende direkteur van Sabra, nou 'n baie konserwatiewe organisasie, het 'n oproep gedoen dat die rasse geskei moet word sodat die Afrikaners eksklusiewe beheer oor hul eie land kan hê. Hy het die idee van 'n volkstaat of 'n etniese staat vir die Afrikaners as 'n afsonderlike nasie gepropageer, maar hierdie voorstel wat verreikende implikasies sou gehad het, het op dowe ore geval.

Vroeg in 1976 het kabinetslede 'n memorandum aan die uitvoerende raad van die

Bl. 513 

Broederbond voorgelê om begrip vir die regering se posisie te probeer kweek. Dit het 'n ligkant probeer skilder. Aan die een kant woon 48% van die swart bevolking in die tuislande. Ongeer 85% van die swart bevolking kan hul stem in hul onderskeie selfregerende tuislande uitbring. Aansienlike bedrae word aan tuislandontwikkeling bestee, tot 6,8% van die totale begroting in 1975-1976.

Tog was die trant van die memorandum somber. Dit argumenteer dat die sukses van die beleid nie net van politieke strukture afhang nie. Dit hang daarvan af of die swartes "insluitende dié wat in blanke gebiede gevestig is", betekenisvolle regte in hul tuislande kan uitoefen. Dit hang ook daarvan af of swartes, in en buite die tuislande, 'n "produktiewe heenkome in of op die grens van die tuislande kan vind". Hierdie twee vrae was deurslaggewend vir die vraag of die tuuislande beskou kon word as 'n "alternatief vir (swart) politieke deelgenootskap in ons blanke vaderland". Ernst Stals skryf dat daar 'n versteekte boodskap in die memorandum is. Die antwoord op albei vrae was negatief. Die gebiede kon nie eens hul eie natuurlike aanwas absorbeer nie, om nie te praat van die swartes wat in die "blanke gebied" woon nie.

Hieruit het voortgevloei dat seggenskap in die tuislande vir verreweg die meeste swart mense geen betekenis gehad het nie. Dit was waarskynlik ná hierdie memorandum dat die Broederbond tot die gevolgtrekking gekom het dat die regering se plan vir Afrikaneroorlewing deur tuislandontwikkeling en deur die verwydering van die ergste diskriminasie nie sal werk nie. In 'n omsendbrief aan die afdelings is geskryf: "As die aanwesigheid van soveel swartes, te midde van hul steeds groter wordende politieke, ekonomiese en maatskaplike bedingingsmag en tesame met die aanhoudende inmenging van buite voortduur, gaan ons met die uitskakeling van diskriminasie en al 'n katastrofe tegemoet."

In die Broederbond het Carel Boshoff, Verwoerd se skoonseun, en Gerrit Viljoen die besprekings gelei in 'n poging om 'n "moderne meesterplan" vir afsonderlike ontwikkeling te ontwerp. Verskille in eie geledere het egter reeds begin om die bond lam te lê. Konserwatiewes het voorgestel dat daar vinnige treine beskikbaar gestel moet word vir arbeiders wie se basis in 'n tuisland is. Van die swart woonbuurte in wit stede moet aan die tuislande gekoppel en die konsolidasie van die gebiede bespoedig word. Maar selfs as al die brokke van die swart tuislande gekonsolideer sou word, sou daar geen toename in die produksievermoë van die ekonomie in hierdie gebiede wees nie.

Die verligte stemme het gemeen dat al die konserwatiewes se planne vergeefs is. Die eerste vereiste was stabiliteit en ekonomiese groei sodat daar genoeg werksgeleenthede vir swartes kon wees en die arbeiders se produktiwiteit verhoog kon word. Dit was nie langer moontlik om te glo dat lewensvatbare, werkskeppende ekonomieë in die tuislande tot stand sou k om terwyl die Witwatersrand en die ander nywerheidsgebiede so 'n sterk suigkrag uitoefen nie. Tesame met die ekonomiese tekortkominge van die beleid het die skerp styging in swart getalle ook alle hoop vernietig dat die tuislande meer as net 'n breukdeel van hul inwoners kon onderhou. Die verligtes het gevra dat aan swart mense wat permanent in die wit gebied woon, ook politieke verteenwoordiging gegee word. Die vraag was volgens Dirk Richard, 'n rubriekskrywer in Die Vaderland, hoeveel swartes dit moet kry en hoe dit gedoen kan word sonder om selfmoord te pleeg. Daar was nou onder die Afrikaner-intellilgentsia 'n toenemende en fundamentele bevraagtekening van die beleid om aan eksklusiewe wit mag vas te klou in 'n land waar die swart mense 'n oorweldigende meerderheid uitmaak.

Bl. 514

Die regering se aandag was nou hoofsaaklik op die gemeenskaplike gebied toegespits. Die aanname was dat groter inkomste en beter dienste vir swart mense hulle sou aanspoor om hul politieke eise te matig.

Nuwe swart stemme

In die vroeë sewentigerjare was daar nie baie aanduidings dat 'n groot swart opstand net om die draai lê nie. Die leiers van die ANC en die PAC was in die tronk of in ballingskap en in die binneland is radikale organisasies verbied en hul leiers ingeperk of aangehou. Die meeste Afrikaners was net vaagweg bewus van die ANC. Die ANC se Freedom Charter van 1955 wat verklaar Suid-Afrika behoort aan almal wat in hom woon, is nie in openbare debatte bespreek nie, behalwein die raamwerk van die "rooi gevaar". Die regering het die opvatting aangemoedig dat die ANC óof kommunisties is óf sterk deur kommuniste geïnspireer word.

Dit was inderdaad waar dat die ANC se ekonomiese program radikaal was, met die voorstel dat die myne en banke genasionaliseer en die grond herverdeel word. Om hierdie rede het dit nie geld van Westerse regerings gekry nie. In sy toenemende diplomatieke bedrywighede het die organisasie hom dus aan die kant van die kommunistiese blok in internasionale liggame soos die Verenigde Nasies geskaar. Een van sy eerste groot diplomatieke trionfe was die aanvaarding van 'n VN-resolusie in 1973 dat apartheid 'n "misdaad teen die mensdom" is en dat daar 'n internasionale konvensie oor die onderdrukking van die misdaad van apartheid opgestel moet word. Die voorstel is gedoen deur die Sowjetunie en Guinee en die eerste twintig lande wat die konvensie geteken het, was almal in die Sowjetblok. Brittanje, die VSA en ander belangrike lande het die resolusie nie gesteun nie. Die VSA het verklaar: "We cannot accept that apartheid can be made a crime against humanity. Crimes against humanity are so grave in nature that they must be meticulously elaborated and strictly construed under existing international law."

Die swart versetbeweging het nie veel sukses behaal met pogings om ondergrondse strukture te bou as voorbereiding vir 'n opstand nie. Daar het wel hier en daar dade van sabotasie voorgekom, maar  dit was nie genoeg om die wittes die skrik op die lyf te jaag nie. Maar terwyl die ANC as organisasie verbode was, was sy opvatting van algehele swart bevryding sterk. Die idee is lewendig gehou deur duisende mense, veral onderwysers, studente en predikante.

Die meeste tuislandleiers het aangeneem dat wit mag onaantasbaar is. Hulle het die stelsel dus aanvaar en versigtig probeer om kleiner toegewings te verkry. Die uitsondering onder hulle was Mangosuthu Buthelezi, hoofminister van KwaZulu. Hy was 'n bedrewe politikus en trotse mens, kort van draad wanneer hy in sy eer gekrink is. Hy het die tuislandstelsel formeel verwerp, maar dit ook gebruik om 'n massabeweging te bou. As Zoloe-nasionalis het hy die kulturele Inkatha-beweging laat herleef wat die Zoeloe-koning in die 1920's gestig het om tradisionele waardes en trots in die Zoeloe-monargie te bevorder. Hy was ook 'n Afrika-nasionalis, wat in die jare sestig en sewentig na aan die ANC gestaan het. Daar is rede om te glo dat Nelson Mandela hom uit die tronk op Robbeneiland aangemoedig het om die Zoeloes se tuislandstrukture te gebruik om die swart nasionalisme te bevorder.

Bl. 515

Inkatha het gou tussen 150 000 en 200 000 lede gehad. Buthelezi het ook die Black Unity Front gestig vir swart nasionaliste binne en buite die tuislandstelsel. Gail Gerhart, 'n ewewigtige Amerikaanse akademikus, het in 1979 hierdie oordeel oor Buthelezi se strategie gevel: "To argue that Buthelezi is a net asset to the regime because he lends credibililty to the Bantustans is seriously to undervalue his role as propagandist for nationalism. Buthelezi is in fact the strongest evidence that black initiatives can lead to the backfiring of the best-laid plans of the apartheid strategists."

Die nuwe geslag swar mense op universiteit, kollege of hoërskool het Buthelezi egter met groot agterdog en soms ook vyandskap bejeën. Hulle het hom beskou as 'n leier wat hoofsaaklik die ouer, tradisionele swart mense en swart staatsamptenare verteenwoordig. Maar Buthelezi was ongetwyfeld die soort leier met wie die regering kon saamwerk terwyl die tuislandbeleid al hoe meer probleme ondervind het. Hy was nie iemand wat die regering kon beheer of manipuleer nie, maar was 'n leier in eie reg met 'n werklike ondersteunersbasis, hoewel redelik konserwatief.

In die laat 1960's het ander nuwe swart stemme hulle hoorbaar begin maak. Steve Biko, 'n hoogs intelligente en welsprekende jong swart intellektueel, was die vernaamste segsman vir die Black Consciousness Movement (BCM). Hierdie beweging het in die eerste helfte van die jare sewentig aansienlike steun op die swart kampusse gekry en ook swart joernaliste en proefessionele lui sterk beïnvloed. Die beweging se ideaal was 'n nierassie demokrasie, maar voorrang is daaraan gegee om goed opgevoede swart mense, kleurlinge en Asiërs in 'n beweging saam te snoer wat swart trots en  selfvertroue kweek. Dit het 'n verwerping geïmpliseer van die ANC-strategie wat wit mense en lede van ander minderhede toegelaat het om deel van die bevrydingsbeweging te word. (Hulle is gewoonlik aangesê om lede van die Kommunistiese Party te word, wat in die breë bevrydingsbeweging onder ANC-leiding gestaan het.) In teenstelling hiermee het die BCM aan wittes wat simpatiek is, die taak toevertrou om hul eie gemeenskap op te voed en voor te berei vir 'n toekomstige veelrassige demokrasie onder swart beheer.

As mediese student in Durban het Steve Biko meegewerk aan die BCM se programme, wat die klem gelê het op swart gemeenskapsontwikeling. Biko se konsekwente tema was: "Swart man, jy is op jou eie." Swartes kan net op hulle self vertrou om swart m ag en swart trots te ontwikkel. Hierdie deel van Biko se boodskap was soos musiek in die ore van die Afrikaners, omdat dit soos die oproep van die 1930's "'n volk red hom self" van D.F. Malan en Vader Kestell geklink het. Maar Biko het veel verder gegaan. Swart mense, het hy geredeneer, is vasbeslote om hulle self te bevry en wanneer dit gebeur, sal hulle wit mense uitnooi om op swart voorwaardes by hulle aan te sluit.

In 1972 het Biko 'n konferensie van wit en swart studenteleiers toegespreek. Dit was die enigste geleentheid waar studenteleiers oor die rasse- en kulturele spektrum in Suid-Afrika gedurende die apartheidstydperk byeengekom het. Biko het hier gesê dat wit liberaliste wat by 'n swart beweging probeer aansluit, die strewe na swart vryheid en vervulling hinder. Hulle sê aan swart mense hoe om te reageer op die skop in die gesig. "For a long time the black has been listening with patience ... With painful slowness he is now beginning to show signs that it is his right and duty to respond to the kick in the way he sees fit".

Bl. 516

'n Studenteleier van Stellenbosch, Michiel le Roux, het die nuwe, meer gematigde geslag Afrikaners verteenwoordig. Hy is gevra hoe verligte Afrikanerstudente die politieke werklikhede sien. Sy portret het so gelyk: Hulle is gretig om agter te kom hoe swart en bruin mense deur apartheid geraak word, maar die idee van 'n swart regering soos wat Biko in die vooruitsig stel, is vir hulle iets ondenkbaars. Dit is in Le Roux se woorde "unthinkable" - apart from other considerations, their identity and interests would be too seriously endangered".

Le Roux se woorde was 'n aanduiding hoe moeilik dit vir Suid-Afrika sou wees om 'n burgeroorlog te verhoed, maar daar was 'n deelnemer aan die kkonferensie wat 'n vergelykende perspektief kon bied. Die bekende Amerikaanse sosioloog Seymour Martin Lipset het opgemerk dat iets belangriks aan die gebeur is. 'n Stelsel se vermoë om genadeloos teen diegene op te tree wat dit uitdaag, word ondermyn die oomblik wanneer twyfel ontstaan of die stelsel reg en moreel is. En wat ook al die verligte studente se ander tekortkominge is, hulle dink nie dat apartheid 'n morele stelsel is nie.

Wat die veiligheidspollisie betref, het daar egter nog niks fundamenteels gebeur nie. Hulle het Abraham Tiro, 'n swart leier wat uit die land gevlug het, met 'n briefbom vermoor. Steve Biko is ingeperk in die distrik van King William's Town waar hy aan die hoof van verskeie gemeenskapsprojekte gestaan het. Rykie van Reenen van Rapport het teen die middel van 1977 spesiaal hierheen gereis om na die projekte te kyk en met Biko te gesels. Ná sy dood drie maande later, terwyl hy deur die veiligheidspolisie aangehou is, het sy geskryf: "Biko (bly) vir my 'n beeld van die nuwe swartman wat hom en sy mense met alle mag en onverskrokke toewyding vir groter verantwoordelikheid probeer voorberei." Die gesprek het by haar "een oortuiging" gelaat: "dat die jong swartman - hy was pas dertig - basies nie 'n breker is nie, maar 'n bouer; en ook - tensy ek my gruwelik misgis - g'n ideoloog nie". Daarom, het sy vervolg, "is dit beklemmend - ek kies my woord - dat 'n stem soos syne uit die kritieke dialoog van ons land verdwyn het".

'n Nuwe stem het in die vroeë 1970's opgeklink, Dit was dié van Biskop Desmond Tutu van die Anglikaanse Kerk, 'n verteenwoordiger van 'n nuwe geslag swart geestelikes wat verbind was tot swart bevryding. Hulle was besig om vinnig in die vernaamste Engelse kerke opgang te maak. In Mei 1976 het Tutu aan Vorster geskryf en die swart mense se wanhoop en woede uitgespreek. Hy het geskryf dat die Afrikaners beter as elke ander nasie of volk weet dat "nothing will stop a people from attaining their freedom to be a people who can hold their head high, whose dignity to be human persons is respected". In die tradisie van die ANC het hy 'n nasionale konvensie van wit en swart leiers geëis waarop 'n vreedsame oorgang na 'n nierassige, regverdige samelewing uitgewerk kon word. Die keuses was eenvoudig: wit en swart sal saam oorleef of saam vernietig word. Vorster het nie op die brief geantwoord nie.

"Gee Suid-Afrika ses maande": November 1974

Vroeg in November 1974 het John Vorster met 'n raaiselagtige uitspraak by swart mense 'n kort rukkie die hoop laat opvlam dat verreikende veranderings aan die kom is. "Gee Suid-Afrika ses maande en jy sal verbaas wees waar Suid-Afrika dan staan." Op 23

Bl. 517

November 1974 het hy weer woorde gebruik wat mense laat gis het: "Suid-Afrika het by die kruispad gekom. Die alternatief van 'n vreedsame skikking is te verskriklik om te aanskou." Die volgende dag het R.F. (Pik) Botha, Suid-Afrika se minister van buitelandse sake, in 'n toespraak in die VN se Veiligheidsraad verklaar dat Suid-Afrika met alle middele tot sy beskikking van diskriminasie wegbeweeg.

Toe Vorster hierdie woorde gebruik, het die bekende Amerikaanse oud-diplomaat en intellektueel, George Kennan, Suid-Afrika pas 'n derde keer besoek. As diplomaat in Moskou het hy beroemd geword vir sy ontleding van die Sowjetunie en die wyse waarop die Weste daarteen moet optree. Hy het na Suid-Afrika gekyk met wat hy 'n historikus se blik genoem het. Vir hom was apartheid die soorte probleem wat op 'n bepaalde tyd onoplosbaar is. Dit is onrealisties om verreikende veranderings te verwag, het hy gemeen.

Op daardie tydstip het die wit kieserskorps jaloers gewaak teen enige poging om hul mag en voorregte te verwater. Minder as 10% van wit mense was bereid om 'n swarte, kleurling of Indiër by wyse van 'n huwelik tot die gesin toe te laat of om 'n kleurling of 'n swart man as 'n vriend of 'n buurman te verwelkom. Slegs 'n vyfde van die afrikaners (teenoor 'n derde van die Engelssprekendes) was gewillig dat swartes saam met hulle dieselfde werk doen. Die meeste wit kiesers het die volgende afgekeur: kleurverteenwoordiging in die Parlement, meer grond vir die tuislande, gemengde sport op die klubvlak en onafhanklikheid vir Suidwes-Afrika (nou Namibië). Slegs 'n kwart van die NP-ondersteuners het gemeen dat groot veranderings nodig is.

Sakeleiers en redakteukrs van Engelse koerante het 'n beroep op die regering gedoen om die swart middelklas 'n gevestigde belang in die stelsel te gee. Hierdie oproepe het berus op die aanname dat swart mense in die middelklas hul belange as verskillend van dié van die groot massa van verarmde swrtes sou beskou. Maar die middelklas-swartes wou hê dat swart mense as n asie vry moet wees; hulle wou nie slegs as middelklas meer regte geniet nie.

Onder die Afrikaners in die middelklas was daar toenemende steun vir die gewkalifiseerde stemreg, maar diegene wat dit as 'n oplossing beskou het, het sekere dinge misgekyk. Die swart middelklas wat vir die stemreg sou kwalifiseer, sou die stelsel waarskynlik nie gebruik om wit beheer te bestendig nie, maar om dit te ontwrig totdat die meeste kiesers swart is. Apartheid het al hoe minder na 'n inherent stabiele stelsel gelyk. Die jonger en beter opgevoede stadswartes het die idee van afsonderlike tuislande met groot vyandigheid bejeën as iets wat swart minderwaardigheid en uitsluiting onderstreep. Jeugdiges in Soweto het die Westerse lewenswyse en veelrassige regering sterk aangehang.

Maar apartheid was aan die verander. Teen die einde van die jare sestig het Ken Hartshorne, 'n hervormingsgesinde amptenaar, in 'n toespraak vir die minister van Bantoe-onderwys die woorde ingeskryf dat die vestiging van swart hoërskole 'n beleidsprioriteit word. Die minister het die toespraak ongewysig gelewer. 'n Nuwe beleid met radikale politieke implikasies is ingestel sonder dat die kabinet - so wil dit voorkom - die kwessie uitvoerig bespreek het.

Die regering het ook met 'n proses van herverspreiding van inkomste begin. Die konsensus van radikale akademici was dat wit voorspoed en wit heerskappy hand aan hand loop en dat die regering nie in staat is om 'n plafon op die besteding van wit welsyn

Bl. 518

te plaas nie. En tog is dit wat gebeur het. In die middel van die jare sewentig het die regering blankes gevra om nie loonverhogings te eis nie en om 'n plafon op maatskaplike  besteding te aanvaar ten einde die gaping tussen wit en swart kleiner te maak. Agter hierdie versoek lê die regering se gevolgtrekking dat die wit gemeenskap welvarend genoeg is en dat die staat nou sy verpligtinge teenoor die stemloses moet nakom - deur swart en bruin staatsamptenare beter te betaal en hul siekte- en ouderdomspensioen te verbeter. Werkgewers in die private sektor het ook 'n beleid van geleidelike herverdeling gevolg. In 1975 is berig dat die lone van 'n kwartmiljoen swartes in die nywerheid - dit was ongeveer die hele swart elite in die gemeenskaplike gebied - in die vorige jaar met gemiddeld 15 tot 20% gestyg het. Die beleidswending het reeds teen die middel van die 1970's 'n uitwerking begin toon. In die begroting vir 1975-1976 het die persoonlike inkomste van wittes met 7% gedaal, maar dié vn Asiërs het m et 3% gestyg, dié van kleurlinge met 19% en dié van swartes met 11%.

In 1978 het Vorster wit mense meegedeel dat die groot sosiale en ekonomiese ongelykhede wat op ras gegrond is, hervorm sal moet word en dat hulle met die oog daarop belangrike opofferings sal moet doen. Drie jaar later het die direkteur-generaal van finansies verklaar dat 'n dramatiese toename van staatsbesteding aan swart mense ten koste van wittes onderweg is. Die regering wou swrt eise om verbeterde onderwys en welsyndienste bevredig deur die besteding van wittes konstant te hou totdat groter geleykheid tussen die rasse bereik is.

Hierdie beleid het die swart mense nie tevrede gehou nie; Suid-Afrika was by die beginpunt van 'n revolusie van stygende verwgtinge. Oorkant Suid-Afrika se noordgrens het 'n werklike revolusie plaasgevind wat swart mense laat moed skep het. Die Portugese ryk in Mosambiek en Angola het in 1975-1976 in duie gestort en swart regerings het aan die bewind gekom. Swart skole en universiteite in Suid-Afrika het mense die wêreld ingestuur wat vasbeslote was om apartheid uit te daag.

'n Subtiele verandering het onder Afrikanerleiers ingetree. Verwoerd het altyd gepraat soos 'n Europeër in Afrika. Net soos 'n Europese koloniale administrateur het hy op byeenkomste met swart leiers in die tuislande die beleid verduidelik sonder dat hy ooit blyke gegee het dat hy swart instemming soek. Vir hom was daar nooit enige moontlikheid van 'n ooreenkoms tussen swart en wit mense wat van sy beleid afwyk nie.

Vorster was 'n heeltemal ander soort leier. Hy het teenoor John D'Oliveira, sy biograaf, erken dat die Afrikaners na erkenning deur Afrika smag. "Ons het 'n plig teenoor Afrika," het hy gesê. "Afrika is ons moeder. Jy wil jou uiterse bes doen om jou mense aanvaar te kry deur Afrika, aanvaar as 'n Afrika-volk met die reg om in Afrika te wees in steenstelling met die kolonialiste wat vandag hier en môre weg is. Ons is Afrikane, ons is van Afrika en tot my laaste dag in die politiek sal ek daarna strewe om ons aanvaar te kry deur die mense van Afrika."

Die vraag was of Vorster in staat sou wees om 'n ingrypende beleidsverandering te maak wat 'n belangrike deel van die stadswartes sou oorreed om saam te werk aan hervorming. Sekere skuiwe was moontlik: verteenwoordiging in die Senaat en die afskaffing van die paswette sou aanduidings wees dat verdere hervorming sou volg. Dit is moontlik dat sulke stappe aan gematigde swart mense die hoop sou gebied het dat die stelsel in staat is om hom self grondig te hervorm.

Bl. 519

Toe Vorster sy "gee ons ses maande"-toespraak gehou het, was die swart eise nog gematig. In 1974 het Buthelezi 'n nasionale konvensie voorgestel waar oor 'n fedrale stelsel onder 'n veelrassige regering onderhandel kan word. So 'n stelsel sou 'n manier moes vind om meerderheids- én minderheidsbelange te balanseer. Die politieke regte van die volksgroepe sou beskerm moes word en meerderheidsregering sou met magsdeling gepaar moes word.

Die voorstelle van wit liberale het ook nog ver duskant onbelemmerde meerderheidsregering geëindig. In 1972 en 1973 het die Study Project on Christianity in Apartheid Society verskeie verklarings uitgereik. Die deelnemers het feitlik die hele liberale estabishment verteenwoordig. Hulle het gevra om die herstel van die regsorde en 'n ekonomiese stelsel waaraan almal ten volle kan deelneem en die verantwoordelikheid kan deel vir besluite wat almal raak. Almal moet gelyke geleenthede hê en daar moet 'n onderwysstelsel wees wat op primêre vlak vir almal verpligtend is en op sekondêre vlak volgens meriete beskikbaar aan almal. (Daar is nie om verpligte integrasie gevra nie.)

Die politieke verslag, hoofsaaklik deur André du Toit van Stellenbosch geskryf, het voorgestel dat daar weggebreek word van die bestaande Westminster-stelsel met sy konsentrasie van mag in 'n unitêre stelsel. Die verslag het aanbeveel dat om mee te begin, diskriminasie afgeskaf word. Daarna moet 'n stelsel ingevoer word waarin mag afgewentel en gedeel word sodat daar mettertyd 'n veelrassige federale regering tot stand kom.

John D'Oliveira, wat Vorster se biografie in die middel van die 1970's geskryf het, het gevra: Sit dit in Vorster om 'n politieke reusesprong uit te voer? Het hy die mag? Het hy die vaardigheid? Wil hy werklik verandering hê? Vorster se grootste teenstanders het sy politieke vermoë erken. Helen Suzman, wat tussen 1961 en 1974 alleen die liberale stem in die Parlement laat h oor het, het van Hendrik Verwoerd en sy twee opvolgers gesê: "Verwoerd het klaarblyklik 'n obsessie gehad; P.W. Botha was 'n 'boellie' wat nie kon argumenteer nie, maar Vorster het 'n knap verstand gehad." En volgens Frederik van Zyl Slabbert, leier van die amptelike opposisie tussen 1979 en 1986, het vorster "die intellek gehad, (hy) het die mag gehad, maar hy het dit nie gebruik nie".

Vorster het Ian Smith, die Rhodesiese leier, aangeraai om 'n skikking met die nasionalistiese leiers te probeer bereik - nie op grondslag van swart meerderheidsregering nie, maar gegrond op 'n ooreenkoms waarin meriete - en nie kleur nie - mense se posisie en vooruitgang bepaal. Op 'n sekere punt sal meriete nie langer sinoniem met blank wees nie. Dit was 'n voorstel wat die Afrikaner-leiers vyftien jaar later in onderhandelinge met die ANC op die tafel sou plaas. So 'n skikking was moontlik in die middel-1970's onder Vorster vir wit Suid-Afrika beskikbaar, maar nie meer in die 1990's nie.

Het Vorster die mag gehad? Hy was stewig in die saal van die NP. UIn die Parlement kon maar min sy debatsvermoë ewenaar. Hy k on sy wit opponente uitoorlê. Verwoerd het die Afrikaners met sy intellektuele vermoë en vasberadenheid beïndruk, maar was nooit werklik gewild nie. Vorster was gewild en het die vermoë gehad om mense te oortuig. Die meeste Afrikaners sou hom moontlik vertrou het indien hy verklaar het dat wit oorlewing dit vereis dat 'n deel van die swartes in 'n gemeenskaplike politieke stelsel ingebring word. In die middelsewentigerjare het die sogenaamde Freiburg-meningsopname bevind dat 60% van die Afrikaners hul leiers sou volg selfs al sou hulle nie die leiers se optrede verstaan of goedkeur nie.

Bl. 520

Enige stap in die rigting wat Vorster aan Ian Smith voorgestel het, sou 'n skikking met sekere swart leiers verg. Buthelezi, die vernaamste interne swart leier, het besef dat dit gevaarlik sal wees om die oorgang na 'n swart meerderheidsregering te gou te maak. Terselfdertyd was hy geensins bereid om na die pype van die apartheidstelsel te dans nie. Vroeg in 1976 het hy aan 'n skare van 30 000 in Soweto gesê: "History will triumph over apartheid ... because in the final analysis history is made by majorities and not by minorities ... nowhere in the world have minorities prevailed against the majority indefinitely."

In 1976 het 44% van 'n monster van stadswartes Buthelezi gekies as die swart leier wat hulle die meeste bewonder. Van die mense wat hom bewonder het, was 40% nie Zoeloes nie. Maar Vorster was nie in staat om Buthelezi te peil of om te besluit om met hom saam te werk nie. Dit was nie duidelik of Buthelezi 'n Trojaanse perd van die ANC was en of daar met hom 'n skikking bereik kon word wat die radikale politieke magte uitsluit nie.

Daar is aanduidings dat Vorster soms 'n alternatief vir apartheid oorweeg het. 'n Biograaf wat in die middel-1970's 'n onderhoud met hom gevoer het, het bevind dat hy telkens enige ernstige bespreking van die toekoms vermy. In sy instelling teenoor die politiek was hy effens soos 'n skaakspeler wat sy strategie nie wil onthul nie.

Soos alle politici het Vorster steeds gesorg dat hy sy kieserskorps deeglik in aanmerking neem. Hy het dikwels gesê dat hy nie vinniger as hulle kan beweeg nie. Tog het hy op Potchefstroom, waar die regtervleuel sterk was, iets heeltemal anders gesê: "Mense sê dat politiek die kuns van die moontlike is; ek sê politiek is die kuns om botsende eise en strewes te versoen."

Die vernaamste probleem van die NP-leiers was oorgerustheid en 'n neiging om fokus te verloor. Hulle was was te gretig om verdelings binne swart geledere te probeer uitbuit, wat maar net korttermynwins afgewerp het. Vorster het ook begin om hom met buitelandse sake te bemoei in 'n poging om 'n skikking met die res van Afrika te bereik. Hy het egter min tasbare steun gekry en daar was niks wat sy kanse op 'n skikking met die swart meerderheid in Suid-Afrika verbeter het nie. Hy het vasgeklou aan Suidwes-Afrika, hoewel die gebied nie deurslaggewend was vir die verdediging van Suid-Afrika teen insypelaars nie. Soos Paul Kruger in sy reaksie op die Uitlanders se stemreg-eise in die 1890's, h et Vorster verkies om te wag eerder as om beslissend op te tree of 'n skuif te maak wat die opposisie uitoorlê.

By wyse van reaksie op Buthelezi se aandrang op 'n na;sionale konvensie het Vorster drie byeenkomste met tuislandleiers gehou. Op die laaste vergadering het hy hierdie voorstel verwerp. Toe hy sy pleidooi gelewer het dat Suid-Afrika ses maande gegun moet word, het hy nie daarmee interne hervormings bedoel nie, maar skikkings in Rhodesië en ander lande langs die noordgrens wat die streek stabiel kon maak. Maar die streek sou weldra deur geweld oorstroom word. Daarmee het die kans op 'n skikking met swart mense in Suid-Afrika vervaag.

Vroeg in die 1970's het Breyten Breytenbach tot die gevolgtrekking gekom dat die Vorster-regering geen grondige hervormings beplan nie. Breytenbach wou apartheid nie net met woorde veroordeel nie en het saam met vier ander wit mans die geheime organisasie Atlas Okhela gestig. Die doel was om die gewapende stryd in Suid-Afrika onder leiding

Bl. 521

van die ANC te bevorder, hoewel Breytenbach groot bedenkinge gehad het oor wat hy beskou het as die oorheersende rol van kommuniste met 'n Leninistiese oriëntasie in dié organisasie. Okhela sou ook saamwerk met die vakbonde in Suid-Afrika en die breë anti-aparhtiedsbeweging in Europa.

In 1975 het hy in die geheim na Suid-Afrika teruggekeer en probeer om strukture vir 'n ondergrondse beweging te vestig, maar reeds voor sy aankoms het sekere ANC-leiers, wat hom nie vertrou het nie, gesorg dat die Suid-Afrikaanse veiligheidspolisie van sy planne hoor. Van die oomblik dat hy in Suid-Afrika geland het, het die polisie hom dopgehou. Teen die einde van sy besoek is hy in hegtenis geneem en voor die hof gedaag. In 'n wanhopige pleidooi om versagting, het hy Vorster gevra om hom te vergewe dat hy hom 'n slagter genoem het. Hy het hom ook op Van Wyk Louw se bekende essay beroep: "Dit is dalk paradoksaal, maar vir my het dit gegaan om die voortbestaan van ons volk, 'n voortbestaan met regverdigheid soos Van Wyk Louw dit uitgedruk het, oor die gehalte en inhoud van ons beskawing."

Regter P.M. Cillilé het hom nie daaraan gesteur dat selfs die staatsaanklaer, Percy Yutar, die minimum-vonnis vra nie. Hy het verklaar dat Breytenbach sy posisie as 'n groot figuur in die Afrikaanse literaar misbruik het. Hy was betrokke by 'n organisasie wat op versoek van die ANC meegewerk het om die staat omver te werp. Hy het Breytenbach tot nege jaar tronkstraf gevonnis. Vorster het na bewering gesê dat die regter al man is wat kop gehou het.

En so het John Vorster en Breyten Breytenbach na hul onderskeie lotsbestemmings gegaan. Vorster het 'n magtelose figuur geword as gevolg van 'n politieke skandaal. Breytenbach sou agt jaar in die tronk bly. Toe die NP aan die einde van die 1980's uiteindelilk besluit om met swart organisasies te onderhandel, was hulle in 'n veel swakker posisie as toe Vorster die wêreld gevra het om Suid-Afrika ses maande tyd te gee.

'n "Ligte mistykie" in Angola

In 1974-1975 het die magsverhouding in Suider-Afrika baie verander. Suid-Afrika se beheer oor Suidwes-Afrika het hom in direkte konfrontasie met die buitewêreld gebring. Suid-Afrika het in 1919 'n mandaat van die Volkebond ontvang om Suidwes-Afrika te regeer. Toe Suid-Afrika in die laat 1960's apartheid in die gebied invoer, het dit internasionale kritiek uitgelok. Die South-West African People's Organisation (SWAPO) is gestig as die vernaamste bevrydingsorganisasie. In 1966 het dit op klein skaal guerrilla-aanvalle uit Angola begin uitvoer.

In 1967 het die VN se Veiligheidsraad die eerste stappe gedoen om die mandaat te beëindig en in 1974 het die organisasie Suid-Afrika gevra om teen die einde van 1975 die mag aan die mense van Namibië oor te dra. Indien Suid-Afrika weier, sou omvattende sanksies volg. 'n Kontakgroep van die vernaamste Westerse magte het in 1974 tot stand gekom om met Suid-Afrika oor die oordrag van mag te onderhandel.

Op 25 April 1974 het 'n staatsgreep in Lissabon die Portugese diktatuur omvergewerp en die nuwe regering het beplan om in die daaropvolgende agtien maande Portugese beheer oor die kolonies Angola en Mosambiek aan die bevrydingsorganisasies oor te dra. Hiermee het die Portugese kordon wat Suid-Afrika aan sy noordelike grens teen

Bl. 522

guerrilla-aanvalle beskerm het, in duie gestort. Intussen het die guerrillastryd in Rhodesië die Rhodesian Front-bewind onder Ian Smith al hoe meer bedreig. Suid-Afrika het 2 000 polisiemanne gestuur om in teeninsurgensie-operasies te help.

Die moontlikheid van swart sosialistiese regerings wat deur middel van geweld in die buurlande aan die bewind kom, het in wit Suid-Afrika groot ontsteltenis gewek, maar dit het swart mense bemoedig. Baie wittes het gevoel dat die tyd aangebreek het om te skiet. In 'n meningsopname het twee derdes van die Afrikaners die onttrekking van Suid-Afrikase polilsie uit Rhodesië verwerp. Andries Treurnicht, wat na vore getree het as 'n regse leier, het sy steun aan 'n pro-Rhodesiese Front-beweging gegee met die boodskap: "Ons wen saam of ons hang saam."

Vorster was huwerig om Suid-Afrika se militêre betrokkenheid oorkant die grense uit te brei. Hy het die Suid-Afrikaanse polisiemanne wat in Rhodesië geveg het, onttrek en het geweier om 'n plan vir 'n wit staatsgreep in Mosambiek goed te keur. Hy het Suid-Afrika daartoe verbind om die nuwe regering in Mosambiek te erken so lank dit stabiel is en nie basisse vir die ANC of die PAC bied nie. Maar Vorster was onder druk van P.W. Botha, sy minister van verdediging, wat aggressief en veglustig was. Hy wou hê dat Suid-Afrika soos 'n regionale groot moondheid moet optree, bereid om vyandelike basisse ver anderkant sy grens aan te val ten einde sy belange te beskerm.

Botha sou nie sy sin gekry het as daar nie 'n burgeroorlog in Angola uitgebreek het nie. Portugal se enigste voorbereiding vir die oordrag van mag was 'n ooreenkoms met die vernaamste bevrydingsbewegings om op 11 November 1975 'n verkiesing te hou voordat onafhanklikheid oorgedra word. Teen die middel vam 1975 was Angola op die rand van chaos. Die vernaamste aanspraakmakers op mag was die Frente Nacional de Libertaçáo de Angola (FNLA), 'n noordelilke beweging gelei deur Holden Roberto; die Uniáo Nacional para a Indepencencia Total de Angola (Unita), gebaseer op 'n groot etniese groep in die sentrale hoogland en gelei deur Jonas Savimbi; en die Movimento Popular de Libertaçáo de Angola (MPLA), 'n beweging van Portugese linksgesindes en inheemse mestizos. Die MPLA was gebaseer in Luanda, hoofstad van Angola, maar het teen die middel van 1975 minder as 'n kwart van die land se gebied beheer. Die stryd het gou uitgekring en uiteindelik miljoene lewens gekos.

Dit is nie duidelik of die konflik op die spits gedryf is deur VSA se bystand aan die MPLA se teenstanders of die MPLA se versoek om hulp aan die Castro-bewind in Kuba nie. Dit is ook nie bekend of Kuba van die begin af saam met die Sowjetunie opgetree het nie. Castro was gretig om 'n sosialistiese party in Afrika aan die bewind te help bring. Kuba het soldate gestuur om die MPLA te steun en hul getal het vroeg in 1976 reeds op 14 000 gestaan. Die Sowjetunie het adviseurs en 'n geskatte £200 miljoen aan swaar militêre toerusting gestuur.

Suid-Afrika se toetrede tot die stryd in Angola het in 'n belangrike mate gespruit uit sy begeerte om uit sy diplomatieke isolasie te breek. Henry Kissinger, minister van buitelandse sake in die Ford-administrasie, het die steun van die Sowjetunie en die Kubane aan die MPLA as 'n ernstige saak beskou en wou nie hê dat Moskou hier sy sin kry nie. Washington het Suid-Afrika in die geheim gevra om opleiding aan die anti-Marxistiese bewegings in Angola (FNLA en Unita) te gee en het beloof om finansieel by te dra.

Die doel van sowel die Ford-administrasie as die Vorster-bewind was om die FNLA

Bl. 523

en Unita te help om die de facto-regerings in hul onderskeie gebiede te word en die MPLA te verhinder om as die enigste de jure-regering van Angola erken te word. Hierdie plan sou slaag indien die Organisasie vir Afrika-eenheid, wat aan die einde van 1975 sou byeenkom, besluit om 'n regering van nasionale eenheid in Luanda te erken.

Twee ander Afrika-state, Zambië en Zaïre (nou die Demokratiese Republiek van die Kongo), het Suid-Afrika ook gevra om die uitbreiding van kommunisme in Suider-Afrika te verhoed deur die Kubane en die Sowjets te verminder om 'n MPLA-regering in Angola in te stel. Genl. Constand Viljoen later gesê die regering het geglo dat inmenging in Angola aan Suid-Afrika die geleentheid sou bied om deel van Afrika te word in stede van 'n koloniale moondheid te bly.

In Augustus 1975 het die MPLA troepe na die hidro-elektriese projek by Ruacana-Calueque in die suide van Angola te stuur. Suid-Afrika het nou Operasie Savannah in werking gestel met 'n mag van ongeveer tweeduisend soldate en dienspligtiges. Die eerste doel was om die hidro-elektriese projek te beveilig omdat dit van groot belang vir die ekonomie van Suidwes-Afrika was. Nadat dit gedoen is, het die troepe diep in Angola ingedring om Unita onder leiding van Jonas Savimbi te help om sy posisie te konsolideer. Teen Oktober was hulle in gevegte met die MPLA gewikkel.

Die bedoeling was dat Suid-Afrika terugtrek voor 11 November, die dag waarop Angola onafhanklik sou word, maar Savimbi het Vorster oorreed om die troepe tot die OAE-vergadering op 9 Desember in Angola te hou. Die Suid-Afrikaanse troepe het tot 120 kilometer suid van Luanda beweeg. Hulle het daar gewag op die uitslag van die geveg tussen die MPLA en die FNLA; laasgenoemde, gewapen met Suid-Afrikaanse artillerie, sou Luanda uit die noorde aanval. Maar die FNLA-aanval op Luanda op die oggend van 9 November het misluk as gevolg van swak dissipline en 'n gebrek aan koördinasie. Op 11 November 1975 het Angola onafhanklik geword en 'n MPLA-regering was aan die bewind sonder dat 'n verkiesing gehou is. Die Suid-Afrikaanse poging om 'n regering van nasionale eenheid in Angola te vestig, het hiermee misluk.

Suid-Afrika was skielik sonder bondgenote. By die Amerikaanse Kongres het die stryd in Angola nooit 'n hoë prioriteit geniet nie en enige openlike samewerking met Suid-Afrika was polities onaanvaarbaar. Amptenare van die Central Intelligence Agency (CIA) het Suid-Afrika gewaarsku dat daar ná die Amerikaanse inmenging in Viëtnam en Chili (1973) groot teenstand teen sulke optrede bestaan. Op 19 Desember het die Senaat alle Amerikaanse hulp aan die FNLA en Unita afgesny en die Huis van Verteenwoordigers het gou in die Senaat se spore gevolg.

Toe die amptenare wat by die Angola-operasie betrokke was vir Kissinger vra of hulle enige verdere stappe in Angola moet doen, het hy net gesnork en die kamer verlaat. Iemand het agterna gesê niemand het geweet of dit 'n positiewe of negatiewe snork was nie, maar die skrif was aan die muur: die VSA  moet onttrek. Suid-Afrika het die betroubaarheid van die VSA se steun heeltemal oorskat en het ook nie besef in watter mate die Kongres 'n stok in die wiel van die planne kon steek nie. Die VSA sou niks doen om hom te help toe die VN Suid-Afrika kort daarna veroordeel oor sy betrokkenheid in Angola nie.

By die OAE-vergadering was daar 'n staking van stemme onder die Afrika-state oor die kwessie of die MPLA as 'n wettige regering erken moet word. Op die ou end het Idi

Bl. 524

Amin van Uganda, voorsitter, sy beslissende stem ten gunste van die MPLA gebruik. Suid-Afrika, saam met Unita en die FNLA, was die groot verloorders.

In Suid-Afrika is die publilek amper ses maande lank in die duister tehou oor Operasie Savannah. Die regering het die nuus gemanipuleer, die publiek bedrieg en kritici beskuldig van gebrek aan patriotisme. In sy herinneringe prys genl. Jannie Geldenhuys die vertoning van die Suid-Afrikaanse magte, maar hy skryf ook dat h y ontsteld was oor die wyse waarop die operasie beheer is. Volgens hom sou dit veel beter gewees het om die oorlog openlik te voer, met die hele weermag en met die publiek se steun.

Dit is moontlik dat die regering onwettig opgetree het. Sommige bronne beweer dat wetgewing die regering verbied het om dienspligtiges sonder hul instemming buite Suid-Afrika te gebruik (wat Suidwes-Afrika/Namibië insluit). Die politici en die generaals het geredeneer dat verlof onnodig is. Maar selfs die idee dat die diensplilgtiges verlof kon gee, is problematies. Die Suid-Afrikaanse regering se propagandamasjien het die kommunistiese bedreiging sterk beklemtoon, maar die omvang van die Kubaanse betrokkenheid was slegs aan 'n paar mense bekend. Die dienspligtiges kon kwalik geweet het waarvoor hulle verlof gee. Suid-Afrika was in 'n politieke skemerwêreld waar niemand meer seker was wat die landsbelang is nie.

Toe die Parlement vroeg in 1976 byeenkom, het die regering nog geen openbare aankondiging oor die land se betrokkenheid in Angola gedoen nie. Dit het voorheen 'n groepie parlementariërs na die operasionale gebied gebring, waar aan hulle gesê is dat Angola vier maande tevore ingeval is en dat Suid-Afrikaanse soldate naby Luanda is. Die parlementêre groep is beveel om geen inligting bekend te maak nie. Van Zyl Slabbert, lid van die Progressiewe Federale Party, was in die groep. Hy het 'n paar jaar later geskryf dat dit misleiding op die mees elementêre vlak was. "Ek het geleer hoe maklik dit is dat jy jou as 'n onwillige mede-samesweerder kan bevind in 'n saak wat nie verdedig kan word nie."

Die Angolese avontuur was 'n groot vernedering. Dit was die einde van enige poging om deur militêre inmenging vriende in Afrika te wen. Die Sowjetunie het 'n groot slag geslaan. Dit het die oorwinning in Angola aangegryp om die leer te verkondig dat détente tussen die Ooste en die Weste nie van toepassing is op die uithoeke van die Derde Wêreld nie. Die Suid-Afrikaanse betrokkenheid het daartoe gelei dat die aantal Kubane in Angola geweldig toegeneem het. Vorster het aangedui dat hy 'n bitter les geleer het: Wanneer sake sleg verloop, staan Suid-Afrika alleen. Schalk Pienaar het die wrange kommentaar gemaak: "Angola was 'n ligte mistykie."

Die VSA se ommekeer in Angola het Vorster ernstig geskok. Hy het nou so 'n obsessie oor die Sowjet-bedreiging gehad dat hy min aandag aan Suid-Afrika gegee het. In Mei 1976 het Henry Kissinger hom meegedeel dat Suid-Afrika nie langer op Amerikaanse hulp kan staat indien die Sowjetunie nog 'n mmililtêre aanslag in Suider-Afrika onderneem nie.

In September 1977 was die Vorster-kabinet nog altyd besig om oor die terugslag in Angola te probeer kom. Hilgard Muller, minister van buitelandse sake, het sy kollegas gewaarsku dat die Kubaanse troepe, gesteur deur die Sowjetunie, as gevolg van die mislukte inmenging, hul respek vir Suid-Afrika verloor het. Hulle kon elders in die sub-kontinent groot moeilikheid maak. Marais Steyn, ook 'n lid van die kabinet, het verklaar

Bl. 525

dat die magsewewig sedert Angola versteur is en dat Suid-Afrika nie meer die sterkste mag is nie.

Die ineenstorting van Rhodesië

Langs Suid-Afrika se noordoostelike grens het Vorster sy versigtige benadering deurgevoer. Hy wou niks doen wat die Weste verder kon vervreem nie. In die tweede helfte van 1974 het hy met pres. Kenneth Kaunda van Zambië saamgewerk om Ian Smith en die leiers van die bewegings wat Rhodesië wou bevry, bymekaar te bring om 'n politieke skikking te probeer bereik. Die vergadering het geen vrugte afgewerp nie. Vorster was nog huwerig om te groot druk op Smith uit te oefen, maar sy standpunt het verander nadat hy in Julie 1976 met Kissinger byeengekom het. Suid-Afrika se internasionale posisie het aansienlik verswak ná die uitbreek van die Soweto-opstand 'n mand vroeër. Voor sy vertrek na Suider-Afrika het Kissinger aan die Huis van Verteenwoordigers in Washington gesê hy is van plan om vas te stel of Suid-Afrika bereid is om sy eie toekoms as los van dié van Rhodesië en Namibië te sien. Die implikasie was duidelik: as Suid-Afrika die wittes in Rhodesië en Namibië kon oorreed om die mag af te staan, sou die VSA 'n ander benadering teenoor Suid-Afrika volg en nie aandring op 'n onmiddellike oordrag van mag nie.

Vorster het die geleentheid aangegryp. Hy het 'n skikking van die Rhodesiese konflik aanvaar waarvan meerderheidsregering met voldoende beskerming vir minderheidsregte die grondslag sou wees. Suid-Afrika het al hoe meer druk op Rhodesië uitgeoefen deur die uitvoer van olile en ander strategiese goedere na Rhodesië terug te hou. Dit het die lot van die wit heerskappy daar verseël. Ian Smith het later bitter geskryf dat die Suid-Afrikaanse regering gretig was "to throw us to the wolves in their desperate desire to try to buy time and gain credit for solving the Rhodesian problem".

In die laaste desperate poging om te voorkom dat die bevrydingsbewegings aan die bewind kom, het die Rhodesiese regering 'n interne skikking probeer bereik. Dit het in 1979 'n verkiesing gehou op die grondslag van algemene stemreg en daarna die mag oorgedra aan 'n gematigde, pro-kapitalistiese swart party onder leiding van biskop Abel Muzorewa.

Hoewel die stempresentasie in die verkiesing 64% was, het Westerse regerings die verkiesing nie erken nie omdat die vernaamste bevrydingsorganisasies nie daaraan deelgeneem het nie. 'n Presedent is nou gevestig en dit sou later herhaal word in die geval van Suidwes-Afrika/Namibië.

Vir die Weste was die vernaamste vraag of die partye met die vermoë om oorlog te voer en groot ontwrigting te veroorsaak aan die verkiesing deelgeneem en gewen het. Die hele spel was om die toekomstige wenners in die streek te identifiseer en hulle vroegtydig te steun. Die mikpunt was om so gou as moontlik bande aan te knoop met die mag wat die wit regering sou opvolg. Die onderliggende veronderstelling was dat 'n bevrydingsbeweging spoedig sy sosialistiese oortuigings sou laat vaar nadat hy sy afhanklikheid van Westerse hulp, handel en beleggings ontdek het.

Die oorlog in Rhodesië het tot die einde van die dekade geduur. Toe het die Muzorewa-bewind gekapituleer en onderhandelings met Brittanje oor 'n finale, internasionaal erkende skikking, aangeknoop. In 1980 het die Patriotic Front onder leiding van Robert

Bl. 526

Mugabe aan die bewind gekom deurdat hulle die verkiesing met 'n groot meerderheid gewen het. Die Suid-Afrikaanse leiers het die gunstige oordeel van die Weste oor die nuwe regering aan sy noordelike grens nie gedeel nie. Deon Geldenhuys het in daardie tyd geskryf: "South Africa is far from encouraged (by Zimbabwe). Mugabe is hardly the personification of a friendly, co-operative neighbour or a leader who offers his white subjects a safe and happy haven."

Die vraag was of dieselfde patroon ook in Suid-Afrika sou ontvou. Teen die einde van 1977 het Harry Oppenheimer van die Anglo American Corporation wit Suid-Afrika probeer verseker dat die Westerse moondhede nie sanksies teen Suid-Afrika sou goedkeur nie en die land ook nie sou "verwerp" nie. Hy het 'n vraagteken geplaas agter die regering se standpunt dat daar niks tussen apartheid en een man, een stem is nie. Met verwysing na die buite-parlementêre beweging in Suid-Afrika het hy gesê: "It is absolute nonsense to say that they wouldn't be satisfied with anything short of one man one vote."

Maar 'n heeltemal ander boodskap het van die VSA-regering gekom. In Mei 1977 het vise-pres. Walter Mondale aan Vorster gesê dat die VSA op 'n stelsel sou aandring waarin elke burger die reg het om te stem en waar elke stem ewe veel sou tel. Vorster was nooit bereid om algemene stemreg te oorweeg nie. In antwoord het hy gesê dat só 'n oplossing dieselfde sou wees as wat sou gebeur as Suid-Afrika deur Marxiste omvergewerp word. In die een geval sou dit kom deur brute mag, in die ander sou dit 'n vorm van stylvolle verwurging wees. Toe kanselier Helmut Schmidt van Duitsland Vorster in 'n gesprek aanmoedig om groter risiko's te loop ten einde te verhoed dat wittes deur die "lokomotief van die geskiedenis" platgetrap word, het hy geantwoord: "Afrikaners het nie die luukse om risiko's te loop nie. As ons die mag verloor, sal ons dit nooit weer terugkry nie."

Vorster was onwillig om 'n ondeurdagte stap te doen. Daar was die gevaar van kommuniste net anderkant die Suid-Afrikaanse grens wat gemene saak met opstandige swartes in Suid-Afrika kon maak. Suid-Afrika het in elk geval nog kernwapens as 'n troefkaart gehad.

Die vermoë om kernwapens te maak

In die laat 1960's het die Vorster-regering verlof gegee vir 'n uraanverrykingsprojek. In 1974 het dit toestemming gegee vir die ontwikkeling van kernkrag net vir die vreedsame aanwendig daarvan, soos in ontploffings in myne. Die gedagte aan 'n kernbom as politieke afskrikmiddel het al hoe aantrekliker geword. Daar was nou 'n groot aantal Kubaanse troepe in Angola en die Sowjetunie het gevorderde wapens in die vorm van die BM-21-vuurpylstelsel, ook genoem die Stalin-orrel, en MiG-23-vliegtuie in Angola ingebring.

R.W. Johnson se boek How Long Will South Africa Survive?, wat in 1977 verskyn het, skets 'n scenario van die omstandighede waarin Suid-Afrika kernwapens sou kan gebruik of dreig om dit te doen. Hy stel 'n wêreld voor waarin 'n groot aantal guerrillavegters aan die Suid-Afrikaanse noordoostelike grens gemonster is en waarin Mosambiek, gewapen met Sowjetmissiele, gereed is om terug te slaan as Suid-Afrika aanvalle op die

Bl. 527

Hermann Giliomee

Die Afrikaner: 'n Biografie

Tafelberg Uitgewers

ISBN 978-0-624-04181-8