Die smeltkroes van 'n Oorlog

"Die galgtou se strop": Paul Kruger se vrees

Op 22 Januarie in 1877 het Theophilus Shepstone met 'n afdeling van 23 polisie Pretoria binnegery. Hy was 'n spesiale gesant van lord Carnavon, minister van kolonies van 1874 tot 1878. Die oormoedige en ongeduldige Carnarvon wou he Shepstone moet Transvaal oorreed of dwing om Britse gesag te aanvaar as eerste tree op die pad na 'n federasie van al die kolonies en republieke in Suid-Afrika onder die Britse vlag.

Shepstone het as seun van twee jaar saam met die Britse setlaars gekom en sy lewe lank 'n passievolle imperialis gebly. Gedurende die jare veertig en vyftig het hy feitlik sonder militere mag duisende swartes in Natal oorreed om na die reservate te trek wat hy vir hulle opsy gesit het. Hy het die eerste keer naturellereg in die administrasie van die gebiede ingevoer en daarmee 'n revolusie in naturellebeleid in Suid-Afrika ingelui. Die Zoeloes het hom die erenaam "Sometseu", die Groot Jagter, gegee. As diplomatieke agent aan die hoof van die admnistrasie van die Natalse swart gebiede was sy reputasie dat hy deur oorreding berge kon versit. 

Die wit mense in Transvaal was ongerus. In 1876 moes 'n kommando onder leiding van president Thomas Francois Burgers onverrigter sake  van 'n veldtog teen die Pedi's terugkeer en mismoedigheid het soos newels oor die politieke landskap gehang. Ook elders in Suid-Afrika was die stemming somber. In die tweede helfte van die jare sewentig het swart mense op baie plekke in Transvaal, Natal en die Transkei hulle onverbiddelik teen wit oorheersing verset. G.M. Theal, historikus van die koloniale era, praat tereg van "the most determined attempt ever made by the natives of South Africa to throw off European supremacy". Slegs die grootskaalse aanwending van goed gedissiplineerde soldate sou onbetwiste wit gesag kon opdwing. 

Niks het die verhoudinge tussen Brit en Boer so vinnig verbeter as 'n skielike, gedugte swart bedreriging nie, en Shepstone het dit geweet. Toe hy aan die einde van 1876 president Burgers van die Suid-Afrikaanse Republiek (ZAR) in kennis stel van sy voorgenome besoek, het hy die doel geformuleer as 'n ondersoek na swart verset en onrus in die vvoorafgaande jare en maiere om dit te voorkom. Geen melding is van anneksasie gemaak nie, en die hoop het opgevlam dat hy sou help om wit heerskappy stewiger te vestig. 

Met pres. Burgers oorhoops met sy Volksraad en sonder breë steun onder die burgers, het Shepstone begin om die Transvalers te oorreed om hul onafhanklikheid prys te gee. Een man het in sy pad gestaan. Shepstone sou later skryf dat van die drieduisend mense met wie hy gepraat het voordat hy op 12 April die gebied geannekseer het, net Paul Kruger volstrek geweier het om saam te stem. "[He] positively declined to enter into the discussion if it might involve the independence of the republic."

Terwyl Shepstone gepraat, gevlei en gesellig verkeer het, was die veldtog vir 'n presidentverkiesing aan die gang, met Burgers en Kruger as kandidate. Kruger was op ouderdom 52 bekend vir sy groot atletiese vermoë en moed, en sy onbetwiste vaardigheid as militêre bevelvoerder en onderhandelaar met swart kapteins en opperhoofde. Maar die beter opgevoede deel van die kieserkorps het geys by die geagte aan Kruger as president. Hy het weinig formele onderwys ontvang, was aartskonserwatief en kru - en boonop nog 'n Dopper. Geklee in die Doppers se tipiese kort swart baadjie, was hy met sy pyp in sy baadjiesak voor of in sy mond en sy spoegery in die openbaar 'n toonbeeld van die ruwe, ongekulstelde pionier. 

De Volkstem in Pretoria het geskryf dat dit 'n ewige skande wou wees as Kruger verkies word. In Kaapstad het die gedugte politikus John X. Merriman hom 'n takhaar genoem. Later sou Joseph Chamberlain, minister van kolonies van 1895 tot 1903, hom tipeer as 'n "ignorant, dirty and obstinate man who has known how to feather his own nest". 

Daar was mense wat 'n heeltemal ander man raak gesien het. John Buchan, die later bekende Engelse skrywer, het na sy "gnarled magnificence" verwys. In 1897 het lord Bryce, skrywer van 'n goeie boek oor Suid-Afrika, kenner van grondwette en later Britse ambassadeur in Washington, na hom verwys as "shrewd, dogged, wary, courageous,typifying the qualities of his people". Hy kon die staatsmanne van Europa uitoorlê omdat sy geleerdheid nie op boeke berus het nie, maar op wysheid versamel in 'n veelbewoë lewe. C. Louis Leipoldt, wat hom net voor sy dood ontmoet het, was vol bewondering vir die "rugged, rough-hewn, primitive old gentleman with an innate courtesy and sonorous, powerful voice, and rich and forceful vocabulary."

'n Manifes van Kruger vertoon 'n merkwaardige mengsel van fundamentalistiese godsdiens en populistiese politiek. Hy sê die Voortrekkers het duisende swartes op vlug laat slaan. In teenstelling daarmee gaan die republiek nou die kreeftegang en ly die mense omdat daar 'n goddelose koning aan die spits van sake staan. President Burgers eer nie die Sabbat nie, hy ry rond op Sondae, en van kerk en godsdiens weet hy niks nie.

Met groot moed, sterk oortuiging en passievolle toesprake het Kruger die boodskap by die Transvalers ingehamer dat hulle as volk net sou kan oorleef as hulle aan hul taal en godsdiens getrou bly en hul republikeinse onafhanklikheid bewaar. Hy was nie konsekwent in die wyse waarop hy die term "volk" gebruik het nie. Soms was die "oud volk", waarmee hy die oorspronklike Voortrekkers bedoel het, al wat by hom getel het. 

Ander kere het hy alle wit burgers van die staat as deel van die volk beskou en gesuggereer dat mense aan die staat eerder as aan 'n volksgemeenskap trou moet wees. En soms het hy die term amper op 'n moderne wyse gebruik deur van die volk te praat asof dit alle Hollands- of Afrikaanssprekende Afrikaners in die gebied van Suid-Afrika insluit. 

Maar die belangrikste element in Kruger se ideologie was sy siening van die volk as 'n groep mense wat, soos Israel, deur God geroepe is. Hy sou hulle straf wanneer hulle sondig en seën wanneer hulle berou toon. As hulle getrou is, sou God hulle militêr laat seëvier en as volk laat oorleef. Republikeinse onafhanklikheid was God se seën vir 'n getroue en gelowige volk.

Onder die Transvalers was daar geen groot geesdrif om alle Afrikaners onder een kombers te bring nie. Hulle was wantrouig teenoor die Engelsgesinde Kaapse Afrikaners met hule kwalik verbloemde houding van meerderwaardigheid teenoor die Transvaalse 'takhare." Vir Schalk Burger, een van Kruger se progressiewe opponente, was 'n Afrikaner 'n Transvaler, uit en gedaan. Hy het bygevoeg: "Enigiemand van buite die grense van die republiek moet beskou word as 'n vreemdeling, of hy nou van die Vrystaat, die Kolonie, Engeland of Holland kom."

Kort na Shepstone se anneksasie het Kruger die leiding geneem in die taak om verset te organiseer. Aanvanklik was dit moeilik, want die burgers was verlam deur 'n gevoel van magteloosheid en gebrek aan belangstelling. Kruger het aangehou. Twee keer het hy met 'n afvaardiging van drie na Londen gereis. Hy was onwrikbaar. Toe die Britte hom meedeel dat die meeste burgers volgens Shepstone ten gunste van anneksasie is, het hy kort en bondig geantwoord: toets dit in 'n referendum.

Dit wou Carnarvon allermins doen. In plas daarvan het hy die Transvalers probeer koop. Hy het 'n lening van £100,000 aangebied en saam daarmee besteding aan onderwys, spoorweë, paaie en 'n telegraafstelsel. Tariewe wat Natal en die Kaap op in- en uitvoer na Transvaal gehef het, sou besnoei word. Hollands sou op gelyke voet met Engels behandel word, maar nie vir altyd nie.En Transvaal sou selfregering binne 'n federale stelsel kry. 

Kruger was onbeindruk. Selfregering was 'n tatale lokval. Later sou hy aan die burgers sê hoe hy die aanbod van selfregering vertolk: "Hulle sê vir jou: "Sit eers jou kop in die galgtou se strop sodat ek jou kan ophang; daarna mag jy met jou bene skop seveel jy wil. 'Dit is wat hulle selfregering noem.'

Onder Kruger se aanvoering het die Transvaalse burgers al hoe meer in verset begin kom. Vreedsame verset was die eerste stap; 'n derde van die burgers het 'n protesskrif onderteken. Die ander Suid-Afrikaanse state het hule argwaan jeens Carnarvon se inmenging getoon. Die Volksraad van die Oranje-Vrystaat het gevra dat die Transvalers se onafhanklikheid herstel word. "Onze Jan" Hofmeyr en John X. Merriman, twee van die invloedrykste Kaapse politici, het daarop aangedring dat Brittanje moet vasstel wat die Transvalers werklik wil hê.

In Desember 1880 het die eerste monstervergadering by Paardekraal plaasgevind. Dit is deur duisende burgers bygewoon. Hulle het besluit dat die ou Volksraad weer moet vergader en het Kruger saam met Piet Joubert en M.W. Pretorius aangestel om aan die spits van die versetbeweging te staan, wat al hoe meer na 'n opstand begin lyk het. Op 11 Desember het 'n monstervergadering besluit om die republiek te herstel.

Die Britte se dunk van die Transvaalse mag was so laag dat hulle oortuig was dat die Transvalers na die eerste kanonskote uitmekaar sou spat. Dit was 'n fatale fout. Die Transvalers het nuwe gewere in die hande gekry en was knap skuts. Die veldslae was kort, kragtig en in Transvaal se guns. Op 27 Februarie 1881 is 'n Britse mag onder generaal George Pomeroy Colley, wat van Natal opgemasjeer het, by Majuba vernietigend verslaan. 

Carnarvon se federasieskema het aan skerwe gelê. 'n NuWe regering in London onder William Gladstone het besluit dat die situasie rampspoedig is. Brittanje het slegs 3,500 man in die hele Suid-Afrika tot sy beskikking gehad en Majuba was nie die eerste nederlaag nie. In 1879 is 'n Britse mag deur die Zoeloes verslaan, en hoewel die nederlaag gewreek is, was die Zoeloes steeds gedugte vyande. Uit Duitsland het die vermaarde staatsman Otto von Bismarck aan die Britse minister van buitelandse sake geskryf dat wit mense nie in die aangesig van swart stamme teen mekaar moet veg nie.

Die Britse generaals, diep gekwets deur die vernedering by Majuba, wou die stryd voortsit. Maar die Transvaalse driemanskap, met Kruger as leier, het gou laat blyk hoe duur so 'n stryd sou wees. In 'n proklamasie het hulle daarna verwys hoe die Hollanders hule land laat oorstroom het om die Spanjaarde te beveg en hoe die Russe Moskou aan die brand gesteek het om Napoleon te fnuik. 

Die Majuba-vernedering het bly spook, maar die Gladstone-regering wou die oorlog afsluit met die skyn dat die Britse eer en indirekte gesag behoue gebly het. Die Britte het die term "soewereiniteit" ontwerp om aan hierdie behoeftes te voldoen. Die anneksasie sou opgehef word, maar Brittanje sou voortgaan om 'n belangrike sê in Transvaal se buitelandse en naturellebeleid te hê. Vir Kruger was dit onbevredigend, maar dit was die beste wat beding kon word. Hy het gehoop om deur verdere onderhandelings bevrediging te kry. 

'n Nuwe politieke bewussyn het in Transvaal na vore gekom. Soos J.G. Kotzé, wat kort tevore as regter aangestel is, opgemerk het: "Dit het 'n sterk nasionale gevoel onder die Boere tot stand gebring; dit het hulle verenig en almal het hulle nou agter die staat geskaar." Die Transvaal van individualistiese pioniers wat hulle min aan die sentrale owerheid en sy gesag gesteur het, het tot die verlede behoort. kruger, self 'n pionier, het hulle getem.

'N Vrou se oorlog: Olive Schreiner se perspektief

Boerevroue het 'n merkwaardige rol gespeel in die oplewing van nasionale gevoel wat tot die ontrrekking van die Britse gesag gelei het. Olive Schreiner was die skerpste waarnemer van die Boerevroue. Sy was in daadie stadium 'n jong vrou in die oostelike distrikte van die Kaapkolonie en het dikwels as goewernante en onderwyseres op plase gewerk. Sy het later geskryf: "The Transvaal war [1880-1881] was largely a woman's war; it was from the armchair beside the coffee-table that the voice went out for conflict and no surrender. Even in the {Cape} Colony at the distance of many hundred miles Boer women urged sons and husbands to go to the aid of their northern kindred, while a marital ardour often far exceeding that of the males seemed to fill them."

Daar is vroeër reeds verwys na die sterk posisie van die Afrikanervrou in haar familie en gemeenskap. As 'n vroeë feminis het Schreiner gou die onderliggende faktore gesnap. As kinders het Afrikanerdogters dieselfde beperkte onderwys as hule broers ontvang en met hulle op gelyke voet in hul ouers se boedel gedeel. 'n Getroude vrou het 'n boedel gelykop met haar man gedeel in 'n gemeenskap van goed. Hulle was in vele opsigte gelyke vennote. Shcreiner het bygevoeg: "As a rule she not only brings to the common household an equal share of material goods, but, and this is infinitely of more importance, she brings to the common life an equal culture. "

The fiction of common possession of all material goods...is not a fiction, but a reality among the Boers, and justly so, seeing that the female as often as the male contributes to the original household stock."

Die pioniersomstandighede waarins so 'n groot deel van die Afrikanervroue meer as twee eeue geleef het, het die vrou se posisie verder versterk. Dit was sy wat die kinders gevoed, opgevoed, in godsdiens en die Boeretradisies onderrrig en vir hulle klere gemaak het. Wanneer hulle deur inboorlinge en wilde diere bedreig is, het sy soms langs haar man die dood getrotseer.

Die vroue was dikwels meer gegrief as die mans oor maatreëls wat die Britse gesag getref het oor dinge wat die huishouding raak. Hulle was hoogs ontstoke toe die Britte, in 'n poging om slawerny te versag, dit in die jare twintig en dertig van die negentiende eeu vir slawe moontlik gemaak het om hul baas of nooi hof toe te vat. Toe dit lyk of die Groot Trek momentum verloor, was dit die vroue in Natal wat gesweer het hulle sou nooit terugkeer nie. Schreiner het geskryf dat dit die Boerevrou was "who still today [die 1890's] has a determining influence on peace or war.' Soos sou blyk in die oorlog wat in 1899 sou uitbreek, was Schreiner merkwaardig versiende.

IMPERIALISTE EN JINGO'S


Buiten hul gemeenskaplike trots op die Engelse kultuur en lewenswyse en 'n sterk verbintenis tot die ryk was die Britte, en ook die Engelssprekendes in Suid-Afrika, geen homogene gemeenskap nie. Daar was selfs twee soorte Britse imperialisme. Die soort wat Shepstone en Carnarvon aangehang het, het Olive Schreiner vuriglik gehaat.

Britse imperialisme was 'n tweegesigdier. Die gesig wat die Britse ryk se aansien gered het, was liberaal en idealisties. Dit wou Afrika "ophef" en "beskaaf" deur die Christelike godsdiens en handel aan die mense te bring. Die idealistiese vorm het die missie van vrede, ontwikkeling, vooruitgang en vryheid vir mense op alle kontinente onder Britse gesag ernstig opgeneem.

In Suid-Afrika het die liberale imperialisme demokratiese regering en die nierassige stem voorgetstaan. Dit het die beskerming van die Britse vloot aan die kolonies in Suid-Afrika gebied sonder om te veel in hul interne sake in te meng. Dit het die sub-kontinent se hande met die wêreld versterk deur 'n gereelde vaart van stoomskepe in te stel. Dit het die ereste moderne bankgeriewe bekend gestel. In 1862 het Standard Bank van Londen sy eerste tak in die Kaapkolonie gestig. Saam met die Standard en ander 'imperiale banke' het groot handels- en beleggingsfirmas vinnig hul takke oor die binneland versprei. Teen die jare sewentig en tagtig het handelaars, bankiers, politici, en administrateurs al hoe meer aangevuur geraak deur die visie van 'n snel uitbreidende ryk in Suider-Afrika, gerugsteun deur moderne kommunikasiemiddele soos spoorweë en telegraaflyne, wat tot ver noord in Afrika se beskawende invloed versprei.

Sendelinge, wat hoofsaaklik Engelssprekend was, het die Christelike evangelie en die imperialistiese boodskap op afgeleë plekke verkondig, wat swart mense verstommend gou aangegryp het. 'n Veelvoud van bande wat nie geskaaf het nie, het Suid-Afrika hegger aan Brittanje begin bind. 

In 1899, aan die vooraand van die Anglo-Boereoorlog, het Andrew Murray, moderator van die NG sinode, in 'n roerende ope brief die Britse regering gevra om nie oorlog te maak nie. Die Britte met hul ryk was, in sy woorde, "the noblest, the most Christian nation in the world." Britse agressie sou Murray se vaste geloof aantas dat Brittanje staan vir vrede, order, vryheid, modernisasie en dieopheffing van ontwikkelende volke.

Maar Murray het tevergreefs gepleit. Die ander gesig van Britse imperialisme was aggressief, outoritêr en minagtend ten opsigte van "laer-"kulture. Dit het genadelose  agressie teen enige verset teen Britse belange ondersteun. "Jingoisme" het uit hierdie tak van die imperiale ideologie ontwikkel. Dit is gekenmerk deur luide, verglustige en chauvenistiese uitings van Britse patriotisme.

Die historikus Niall Ferguson het geskryf dat Brittanje sonder uitsondering in die naam van liberale imperialisme opgetree het, selfs wanneer hy aggressief sy eie belange bevorder het. Die gryp van die diamant- en goudvelde in Suid-Afrika het die Britte in die naam van glansryke ideale soos demokrasie, menseregte en die beskerming van die weerlose swartes en kleurlinge geregverdig. Joseph Conrad, Pools-gebore skrywer van die tyd, het die skynheiligheid van imperialisme in The Heart of Darkness as "robbery with violence" beskryf. Toe hy verneem dat Rudyard Kipling 'n vurige voorstander was van oorlog teen die Boererepublieke, het hy opgemerk "If I am to believe Kipling, this is a war undertaken for the cause of democracy. C'est a crever de rire." [Dis om van te lag]

Onder die Britse politici en koloniale burokrate was Joseph Chamberlain en Alfred Milner die vernaamste eksponente van 'n aggressiewe imperialisme ten opsigte van Suid-Afrika. Chamberlain, wat tussen 1895 en 1905 minister van kolonies was, het geglo dat dit Brittanje se roeping is om aan die "gekleurde rasse" in Afrika die Britse kultuur en beskawing te bring, wat na sy mening die hoogste was wat die wêreld nog geken het. Milner het opgemerk dat wanneer hy dink aan die diens wat Brittanje aan die mensdom bewys het, hy sy hoed afhaal in 'n onverbloemde eerbetoon teenoor die Union Jack.

Milner was op Oxford, waar hy en sy vriendekring die idee van die meerderwaardigheid van die Britse "ras" aangegryp het, wat volgens Charles Darwin se teorie die geskikste was om te oorleef. Hy was 'n man met 'n briljante brein; as mens was hy koud, hooghartig, selfs arrogant en onpersoonlik - karaktertrekke wat hom gediskwalifiseer het vir die Britse politiek, maar uitnemend geskik gemaak het vir 'n loopbaan in die akademie of koloniale burokrasie. Tot Suid-Afrika se ontsaglike skade het hy nie die akademie gekies nie.

Milner het hom self as 'n "Britsh Race Patriot" geskou, verbonde tot 'n ras verenig deur gemeenskaplike bloed en 'n gedeelde geskiedenis, taal en tradisies. Hierdie band was sterker en meer primordiaal as materiële bande. Vir hom was 'n ware jingo iemand wat nie onbeperkte imperiale uitbreiding voorstaan nie, maar wel geen perke ken in die hardnekkige vasklou aan dit wat deel van die ryk was nie. 

Die ryk was inderdaad vir Milner die grondslag van Britse mag en glorie. Waar engelssprekendes hulle in groot getalle vestig, moes die Britse vlag volg, en dit het Suid-Afrika ingesluit. Dit was omdat hy so hartstogtelik in die ryk geglo het dat hy so sterk daarop aangedring het dat die regering inmeng om Britse belange te beskerm eerder as om 'n beleid van laat-maar-loop te volg. "Society left to itself woud not right itself", het hy geskryf. 

Daar was geen selftwyfel of enige besef dat die regering se inmenging sake kon vererger en menslike leed meebring nie. Een frase wat hy geskep het, is amper 'n eeu na sy dood nog in die Oxford Dictionary of Quotations opgeneem. Dit was "damn the consequences." Milner was selfs bereid om oorlog te voer vir sy ideaal van 'n federale superstaat bestaande uit Brittanje, Australië, Kanada en 'n nuwe Suid-Afrika waarin elke kolonie afgevaardigdes na die imperiale parlement in Londen stuur. Dit was nie 'n federasie blankes wat hy in gedagte gehad het nie, maar van die Anglo-Saksiese ras, wat vir hom so onteenseglik meerderwaardig was. Die Afrikaners sou slegs 'n aanhangsel wees, en die miljoene bruin en swart mense weinig meer as behoorlik geadministreerde arbeiders. In 1979 het 'n gerespekteerde Britse joernalis opgemerk: "As a racist politician Milner is the only important British leader who deserves some comparison with Hitler. both looked forward to world domination by their own tribe of the white race; both engineered and provoked war to bring that vision nearer."

Cecil John Rhodes was 'n spesiale geval. Toe hy in 1870 as 17-jarige van Engeland in die Kaap aankom, was hy in sy eie woorde deur en deur 'n jingo. Hy het vinnig gevorder. Reeds in 1880 het hy 'n fortuin op die Kimberley-diamantveld versamel. Toe hy 37 jaar oud was, het hy De Beers Consolidated gestig, wat welra omtrent die hele diamantproduksie van Suid-Afrika en die grootste deel van die wêreld beheer het. Kort daarna het hy die beheer bekom van Consolidated Gold Fields of South Africa, een van die grootste goudprodusente, en van die British South Africa Company, wat die speerpunt was vir die stigting van Rhodesië. 

Daar was amper geen perke aan Rhodes se imperialistiese visie nie. Hy het gepleit dat die Britse invloed in die wêreld vinnig en daadwerklik uitgebrei moet word en dat in Afrika dit minstens tot die Zambezi en verder na Uganda moet strek. Wat Rhodes anders as Chamberlain en Milner gemaak het, was sy weiering om na die politici en burokrate in Londen se pype te dans.  Die Kaapse regering was nie bloot Londen se imperiale agent nie, maar 'n feitlik outonome sub-imperiale agent wat gelyktydig Kaapse en Britse belange bevorder. Dit moes dus self die verantwoordelikheid aanvaar om nuwe gebiede in die ryk in te lyf en 'n federasie in suid-Afrika onder die Britse vlag en Kaapse leiding tot stand te bring. 

Rhodes het nie net baie geld gehad nie. sy vriende het van die "sheer natural power of his mind" gepraat, sy magnetiese persoonlikheid en sy geweldige dryfkrag in die nastreef van sy missie om die kaart rooi te verf. Daar was ook 'n donker kant, wat spreek uit die opmerking dat hy iemand was met 'n "eerterangse verstand en tweederangse beginsels". "Elke man het sy prys," so het hy geglo, en nie gehuiwer om dit op die proef te stel nie.

Deels opportunisties maar ook deels opreg het Rhodes 'n diplomatieke offensief geloods om die harte en gesindhede van die Kaapse Afrikaners te wen sodat hulle die rol van sub-imperiale agente kon begin speel. By hom was daar niks van die minagting wat so duidelik uit Milner en Chamberlain of sekere plaaslike politici se houding teenoor koloniste gespreek het nie. Sir Gordon Sprigg, Kaapse eerste minister, het byvoorbeeld gepraat van die "demon of ignorance and prejudice" wat die Afrikaners pla. 

Rhodes, veel ryker en suksesvoller as enigiemand onder die Kaapse Engelse, het geen geheim gemaak van sy bewondering en waardering vir die Kaapse Afrikaners nie. Terwyl welgestelde Kaapse Engelse huise in die Georgiaanse of Victoriaanse styl gebou het, het Rhodes vir hom 'n huis in die Kaaps-Hollandse styl laat oprig deur 'n argitek, Herbert Baker, wat die styl "the finest domestic architecture in the world" genoem het. Hy het dit 'n Hollandse naam gegee, Groote Schuur. Die Kaapse Afrikaners het hom omhels. Jan Smuts wou later oor hul passie skryf: "The Dutch are perhaps a suspicious people, but when they do come to put their trust in a man..." then the trust becomes almost religious, such was their faith in Rhodes..."

In die loop van die jare tagtig het Rhodes amper die onmoontlike reggekry: hy het die Kaapse Afrikaners se "koloniale patriotisme" en sy eie sub-imperialisme met mekaar versoen sonder om trompop met Paul Kruger se republikanisme te bots. 

Die gemengde seën van goud

Nadat hy in 1883 president geword het, het Kruger ook buite sy konserwatiewe kring begin respek afdwing, maar tog het hy gesukkel om die staat op te bou. Die staat se geldsake was so benard dat Standard Bank geweier het om dit nog krediet te gee. Kruger het nooit opgehou om op sy reise deur die platteland die burgers moed in te praat nie. 'n Uitkoms sou daar wel wees, so het hy hulle verseker. Plotseling het dit gekom: die ontdekking 1886 van die Witwatersrandse goudveld. Dit was ryker  as wat 'n mens kon droom. Nog nooit in die wêreld se geskiedenis het die ontdekking van minerale 'n agterlike, landelike gmeneenskap so dramaties en radikaal getransformeer as dié van Transvaal nie. 

Transvaalse goud was skielik op die wêreld se lippe. Goud was besig om die grondslag te word van die nywerheidslande se finansiële stelsel en binne 14 jaar sou die plaaslike myne 'n kwart van die wêreld se goud produseer. Dit sou Suid-Afrika se politiek die volgende sestig jaar oorheers. 

Groot buitelandse beleggings het van 1886 begin instroom, veral van Engeland. Binne twee jaar was 44 myne in bedryf met 'n produksie ter waarde van £1,3 miljoen en meer as 100,000 mense in diens. Na tien jaar het die bedryf goud ter waarde van £32 miljoen geproduseer. Binne 'n paar jaar het Johannesburg se wit bevolking opgeskiet van nul in 1886 tot meer as 50,000. Slegs 6,000 was burgers en die oorgrote meerderheid van die res Britte. 

Johannesburg was groot, ru, kru, opwindend en plofbaar. Daarteenoor was Pretoria, die hoofstad, stil, rustig en vervelig. Die goudmyne het die wêreld  se briljantste ingenieurs en beleggers gelok, en ook die grootste skuim onder die geldskieters, konkelaars en misdadigers. Aan die spits van Johannesburg se sosiale piramide was die mynhuise se base, die "Randlords" met hul fabelagtige rykdom. Ver onderkant hulle was die professionele lui wat die mynbedryf bedien het, dan die wit mynwerkers en heel onder die swart trekbarbeiders wat in die myne gewerk en in onooglike kampongs gewoon het. 

In die stad was daar 300 kroeë, wat omtrent almal agterkamertjies vir kommersiële seks gehad het. In die strate was daar swerms mynwerkers, prostitute, wasvroue en bediendes. Afrikanerboere wat deur droogte of veesiektes van hul plase verdryf is, het in stygende getalle 'n bestaan in die stad gesoek. 

Hulle het baksteenmakers, taxibestuurders en transportryers geword. Kruger het Vrededorp vir hierdie onderlaag van arm Afrikaners opsy gesit. Groot buitelandse maatskappye het die goud- en die steenkoolbedryf oorheers. Die rol van buitelandse kapitaal was nie tot die myne beperk nie. Ook buite die Witwatersrand het vreemde kapitaal die ekonomiese bestel grootliks getransformeer. Tussen 'n derde en die helfte van die landbougrond het in die besit van maatskappye onder die beheer van vreemdelinge gekom. Hulle het verkies om swartes eerder as blankes op die plase te hê, waarop hulle selde self geboer het. 

Die jong Jan Smuts  het na sy eerste besoek geskryf dat 'n ekonomiese revolusie  die ou boeregemeenskap ondermyn op 'n wyse wat selfs gevaarliker is a die Britse politieke aanslag op die Republiek. Volgens president M.T. Steyn van die Vrystaat het die stryd om te oorleef al hoe swaarder geword. "Kapitalisme het sy verskyning in Suid-Afrika gemaak en kapitaal, die vyand van die arbeid, het sy seekatpote om alle vorme van arbeid geslaan."

Paul Kruger het onmiddelik besef dat goud, wat die republiek van sy finansiëele sorge bevry het, sy ware voortbestaan bedreig. Hy het die Uitlanders wat uit alle oorde ingestroom het, verdra omdat hulle ekonomies onmisbaar was, maar glad nie vertou nie. Hy was oortuig dat hulle voortdurend besig was om die staat te ondermyn. En die Uitlanders het inderdaad gou vervreemd geraak van die politieke bewindhebbers, en hulle in elke opsig as hul minderes beskou. 

Kruger was vasbeslote dat goud en die skielike ekonomiese welvaart sy republiek nie polities en kultureel sal ondermyn nie. Selfs voor die ontdekking van goud het hy 'n plan vir die vestiging van plaaslike nywerhede aanvaar om die ekonomie selfversorgend te  maak. Individue of maatskappye het deur die sogenaamde konsessies die uitsluitlike reg ontvang om artikels soos drank, seep, bakstene, leer en dinamiet te vervaardig, en swaar beskermende invoertariewe is gehef. Krete van onsteltenis het uit die Kaapkolonie opgegaan, wat gerieflik vergeet het hoe swaar hulle vroeër die republiek se goedere belas het. 

Die meeeste mynbase, wat hul koste so laag moontlik wou hou, was bittere teenstanders van die beleid, omdat dit gelei het tot hoëe spoorwegtariewe en dinamietpryse. Kruger se geneigdheid om  konsessies aan onbekwame familie, vriende en ondersteuners te gee, het die ontevredenheid laat toeneem. Die staat se onvermoë om genoeg goedkoop swart arbeid na die myne aan te dryf, het die mynbase se grootste punt van kritiek geword. 

Maar die tekortkominge van Kruger se staat moet in perspektief beskou word. Geen staat, veral nie 'n agterlike staat soos die ZAR, sou dadelik gereed wees vir 'n stad wat soos 'n paddastoel opgespring en die skielike invloei van duisend immigrante nie. In die omstandighede het kruger se regering goed gevaar met die verskaffing van 'n behoorlike administratiewe stelsel vir Johannesburg en die kleiner stede en dorpe, en met die aanstelling van meesal bekwame amptenare om hulle te bestuur. Na 1895 het die opknapping van die sentrale staatsadministrasie versnel. Genoeg voedsel het Johannesburg bereik. Vreemde kapitaal kon die republiek sonder belemmering invloei en die belasting van 5% op verklaarde wins was billik. Die spoorweg- en paaienetwerk is verbeter. 

Kruger se onderwysbeleid was konserwatief in die sin dat dit op godsdiens berus het. T.F. Burgers, wat die bybel uit die skool wou hou, het aan sy dogter geskryf dat die Boek koring en kaf meng en dat 'n mens self die koring moet uitsoek. Vir Kruger was die Bybel "die fondament van alles", waarop ook die onderwys geskoei moes word. 

Kruger het ook aangedring op die "landstaal" (Nederlands, die offisiële taal) as voertaal. In 1892 het die staat sy finansiering van staatskole wat Engels gebruik, gestaak. In 1895 het Kruger onomwonde verklaar: "Elke poging om die gebruik van Engels uit te brei, sal meewerk tot die vernietiging van die landstaal."

Van die begin af het Kruger geprobeer om Hollandse immigrante te lok. Met sy besoek aan Nederland in 1884 het hy aan sy gehore vertel hoe getrou die burgers bly aan die taal en geloof wat  hulle van Nederland gekry het. "Ons stryd is ten nouste hiermee verweef," het hy uitgeroep. 

Die gevolg was 'n stroompie van ongeveer 5,000 Nederlandse immigrante: "Kruger se Hollanders," soos hulle bekend geraak het. Van hulle het die administrasie aansienlik versterk, alhoewel daar nog heelwat wanadministrasie oorgebly het. Daar was dr. Willem Leyds, die staatsadvokaat, wat bestempel is as Kruger se regterhand, en dr. Nicolaas Mansvelt, superintendent van onderwys. Teen 1897 was daar altesame 306 Hollanders in 'n staatsdiens van 1,958 amptenare.

Die Hollanders was nie gelief nie. Baie was arrogant en het poste beklee waarna Transvalers geaspireer het. (In 1897 was slegs 682 amptenare gebore Transvalers.) Die koerant Land en Volk het die Hollanders knaend aangeval. Maar hulle sou ten volle in die Afrikaanse gemeenskap opgeneem word en uit Hollandse geledere sou later ook Hendrik Verwoerd kom, wat in die jare sestig van die volgende eeu amper al die Afrikaners sou begeester. net soos die nog klein stroompie Duitse sendelinge en hul nasate was die Hollanders puik toevoegings tot die Afrikanergemeenskap.

Die "Progressiewe" was Kruger se sterkste teenstanders. Hul leier was Piet Joubert, die kommandant-generaal, en in hul geledere was knap, ondernemende burgers soos Louis Botha, J.H. (Koos) de la Rey, Carel Jeppe, Ewald Esselen, Schalk Burger en die joernalis Eugene Marais. In 1893 het Kruger Joubert in die presidentsverkiesing net naelskraap verslaan. Die Progressiewe het die ondersteuning van ongeveer 'n derde van die verteenwoordigers in albei kamers van die wetgewende gesag gehad het.

Die Progressiewe wou die modernisasie van die republiek versnel deur ontslae te raak van die onbekwame ou Krugermanne wat sekere sleutelposisies beklee of konsensies gekry het. Hulle wou ook korrupsie en wanadministrasie uitskakel, 'n meer progressiewe onderwysstelsel invoer en die politieke debat in 'n moderne idioom voer. Die heel belangrikste vir hulle was die snelle uitbreiding van die stemreg sodat Brittanje geen ekskuus kon hê om die republiek te vernietig nie. Ludwig Krause, in Cambridge opgelei as prokureur, het later geskryf dat Kruger en sy volgelinge die Uitlander-eise om stemreg teengesstaan het net omdat dit hul eie party sou verswak. Voglens hom is die oorlog veroorsaak deur selfsugtige politici aan albei kante. Kruger wou die stemreg toeken op voorwaarde dat immigrante eers naturaliseer. Sy traagheid om te hervorm, het Brittanje 'n stok in die hand gegee. 

Die stemregdebat het veral gegaan oor 'n wet van 1890 wat bepaal het dat immigrante die stemreg eers na 14 jaar kon verwerf en wat 'n Tweede Volksraad ingestel het vir Uitlanderbelange. 

Hierdie wet was vir die Uitlanders die simbool van al hul wrewel. Omdat 'n presiese volkstelling nog nie moontlik was nie, het Kruger sy beleid op die dryfsand van gissings gebou. Hy het geglo dat daar slegs 30,000 burgers is wat kan stem teen ongeveer 70,000 Uitlanders wat vir die stemreg sou kwalifiseer as dit dadelik beskikbaar sou wees. Dit was vir hom 'n nagmerrie dat die swaar verkreë onafhanklikheid van sy republiek met 'n oorwig van stemme vernietig kon word. Hy was nie vatbaar vir rede nie tot dit te laat was. Sy knap jong adviseur Jan Smuts het later geskryf dat Kruger die Boer se karakter versinnebeeld "in sy helderder en donderder fasette." 

Die stemregkwessie was egter vir Joseph Chamberlain en Alfred Milner 'n voorwendsel, nie die werklike rede vir inmenging in Transvaal nie. Selfs al is die stemregkwalifikasies dramaties verlaag, soos Krause wou hê, sou Brittanje heel waarskynlik redes aangevoer het waarom dit onnodig is dat Britse onderdane die proses van naturalisasie ondergaan voordat hulle kwalifiseer. Kruger het tereg geglo dat Brittanje nie in goeie trou onderhandel nie. 

Wat hy nie besef het nie, was dat hulle oorlog wou hê omdat hy halsstarig was en die sneller modernisasie van die republiek verhinder het nie. Die eintlike rede hoekom die imperialiste hom uit die pad wou hê, was dat hy in soveel opsigte innoverend, pragmaties en soepel was. Onder hom was die ZAR besig om te ontwikkel tot 'n dinamiese en doeltreffende staat. Met die kragopwekker van goud was dit vinnig op pad om al die state in Suid-Afrika polities en ekonomies te oorheers. Dit was Chamberlain en Milner se nagmerrie, en hulle wou betyds oorlog maak om dit te voorkom. 

"John Bull Afrikaner": Rhodes, die vryer

Die Kaapse Afrikaners het 'n meerderwaardige houding gehad teenoor die Groot Trek en die twee republiekies wat aanvanklik so gesukkel het. Hy was heeltemal bereid om die noordelike Afrikaners raad te gee, al was dit ongevraag. min van hulle het Kruger as 'n bedrewe politikus beskou. Republikeinse onafhanklikheid of die behoud van die Hollandse taal, wat Kruger so hoog op prys gestel het, het nie veel by die leiers van die Afrikanerbond getel nie. Die bond het nie daarin belang gestel om alle Afrikaners in die hele Suid-Afrika op 'n etniese basies te verenig nie. Hulle wou hê dat Transvaal sy tariefmure afbreek en dat die republieke en kolonies in een staat verenig word onder die Britse vlag.

Nietemin was daar ook solidariteit. Hofmeyr het aan die Britse eerste minister geskryf dat suidelike en noordelike Afrikaners aan mekaar verbonde voel deur al di bande van gedeelde afkoms, taal en godsdiens. Hulle het ondertrou en was vriende. "Their worngs are our wrongs and services rendered to them are services rendered to us."

Maar Rhodes het al hoe meer wrywing laat ontstaan. Hy het, nadat hy sy groot slag in Kimberley geslaan het, na Kaapstad verhuis. Hy het die politiek betree as parlementslid van Barkly-Wes, 'n kiesafdeling met hoofsaaklik Britse delwers en Afrikanerboere, wat hom herhaarldelik herkies het. Van die staanspoor het hy die Afrikanerbond en Jan ("Onze Jan") Hofmeyr, die leier, die hof gemaak met sy amper onweerstaanbare aura van geldmag, nederigheid en charisma. Hy het homself 'n Afrikaner genoem in die inklusiewe betekenis van die term wat De Zuid-Afrikaan reeds in 1830 bepleit het. 

Die briljante Edmund Garrett, redakteur van die Cape Times en vurige Rhodes-ondersteuner, het die term John Bull Afrikaander geskep as deel van sy argument dat Brittanje en Rhodes ook in die belang van die Kaapse Afrikaners en uiteindelik van alle wit Suid-Afrikaners optree.

Die politiek van Rhodes en Hofmeyr het vinnig verstrengel geraak. Rhodes het sy steun gegee vir die Afrikanerbond se aandrang op godsdiensonderrig in skole, die skrapping van die die belasting op brandewyn en wyn, beskerming teen goedkoop invoerprodukte wat die plaaslike boere finansieël ondermyn, en die uitsluiting van die "kombers-stem" (die stem van tradisionele swartes) van die kieserslys.

Rhodes se mees grandiose projek was 'n Britse "Grootpad na die Noorde", wat van Kaapstad deur die huidige Botswana na Midde-Afrika en miskien selfs tot in Kairo sou strek. Dit moes 'n belangrike handelsroete word en terselfdertyd lei tot die vestiging van die Britse gesag oor Betsjoeanaland, Matabeleland en Masjonaland. Vroeg in die jare tagtig het allerlei ontwikkelings die verwesentlking hiervan bedreig. In 1882 het grensboere die twee republieke Stelleland en Gosen aan die Transvaalse wesgrens uitgeroep en die ZAR het hulle provisioneel geannekseer. In 1883 het Duitsland die gebied noord van die westelike deel van die Oranjerivier geannekseer en in 1884 'n Duitse protektoraat uitgeroep. 

Die moontlikheid dat die ZAR en Duits-Suidwes-Afrika by mekaar kon aansluit, was nie vergesog nie en het groot kommer in Kaapstad en Londen gebaar. Rhodes en Hofmeyr het saamgestem dat die Duitse invloed streng beperk moet word. Rhodes was gretig om die republieke in Stellaland en Gosen in die kiem te smoor en moontlike weswaartse uitbreiding van die ZAR te fnuik. 

Wat die taak makliker gemaak het, was die veranderende diplomatieke toneel. Na nog 'n besoek van drie Transvaalse afgevaardigdes, o.a. Kruger, aan Londen het Brittanje besonderhede van 'n Londense Konvensie (1884) bekend gemaak. Dit het finaal die gewapende botsing van 1880 - 1881 in Transvaal afgesluit. Paul Kruger, wat in 1883 president geword het, was veel meer tevrede daarmee as met die konvensie van twee jaar vroeër en sou dit nie graag in gevaar wou stel nie.

Volgens die konvensie kon Brittanje naturellewetgewing in die ZAR nie meer veto nie. Al wat van Britse "soesereiniteit" oorgebly het, was dat die ZAR geen verdrae met ander Europese moonthede of stamme wes of oos van sy grense mag sluit sonder Britse toestemming nie. Europeërs moes in die republiek volle burgerregte geniet en daar moes nie nadelige tariewe op Britse produkte gehef word nie. Aan Transvaal is 'n wesgrens gegee wat net 'n klein stukke van Stellaland en Gosen ingesluit het. 

Kruger sou graag 'n neutrale grootpad wou gehad het, maar was nie besonder gretig om weswaarts uit te brei nie. Hy was vol vertroue dat as hy oor die grootpad toeskietlik is en Brittanje sy sin gee, die ZAR toegelaat sou word om noord- en ooswaarts uit te brei en ook 'n hawe te bekom. Hy het nie geprotesteer toe Brittanje wes en noordwes van die ZAR 'n kroonkolonie in die suide en 'n protektoraat noord daarvan uitroep nie.  Jare later sou dit die protektoraat Betsjoeanaland word. 

Die eintlike botsing was oor vryhandel. Vroeër wou die Kaap geen tolunie met die brandarm republieke in die OVS en die Transvaal hê nie. Na die ontdekking van goud en die verskuiwing van die ekonomiese swaartepunt na die Witwatersrand het die Kaap skielik 'n tolunie en vryhandel in 'n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse mark bepleit. Kwalik verskuil was die Kaapse begeerte dat dit die eerste stap moes wees op die weg na 'n verenigde Brit-Suid-Afrika met die Kaap as senior lid. 

Kruger was glad nie hiervoor te vinde nie. Hy het 'n tolunie verwerp en hoë invoertariewe op Kaapse goedere gehef. Hy het geweier dat die Kaapse spoorlyn oor die Transvaalse grens loop tot tyd en wyl die ZAR se spoor na Delagoabaai voltooi is. 'n Verenigde Suid-Afrika moes volgens hom onder 'n republikeinse vlag wees. Intussen moes die ZAR tot 'n sterk en onverbonde staat opgebou word. Hy het daarop aangedring dat die Kaapse Afrikaners hom en sy Republiek in 'n ware Afrikaanse gees bystaan. Die Transvaalse Volksraad het besluit dat daar geen wesenlike beleidsverandering sou wees voordat die ZAR 'n eie hawe het nie. 

Die omsingeling van die ZAR

Vir Hofmeyr was Kruger se verwerping van 'n tolunie 'n bitter pil en dit het hom verder in Rhodes se arms gedruk. Toe Kruger oor vryhandel ontoeskietlik blyk te wees, het die Afrikanerbond se leiding hom daaraan herinner hoe solidêr die bond en sy volgelinge tydens en na die gewapende botsing van 1880 - 1881 met hul Transvaalse broers was.

Maar die ZAR se ontoeskietlikheid het sake vertroebel. 'n Komitee van die bond, onder andere Hofmeyr, het in 1887 aan Kruger 'n memorie gestuur wat lui: "Ons moet met leedwese erken dat daar 'n verkoeling te bespeur is van die warm gevoel van die gehegtheid aan die saak van die Transvaalse broers. Ons vrees dat tensy sake 'n ander loop neem dit weldra onmoontlik sal wees om weer soveel simpatie as destyds in die Kaapkolonie te kry."

Kruger het op sy beurt vermoed dat Rhodes planne het om die ZAR te omsingel deur die anneksasie van die gebiede rondom die republiek, en hom so te isoleer. Hy het geglo dat Rhodes in hierdie planne vir Hofmeyr in die sak het. In 1890 het Hofmeyr Kruger in Pretoria besoek en die ZAR probeer oorreed om 'n konvensie te onderteken wat sou behels dat die republiek nie Swaziland beset en verder na Kosibaai uitbrei nie. Volgens Hofmeyr wou hy maar net oorlog voorkom, en hy kon in elk geval niks verander aan die bewoording wat Britse amptenare opgestel het nie. Kruger het driftig uitgeroep: "Jy is 'n verraaier, 'n verraaier van die Afrikanersaak."

Kruger se ergste vermoedens is bevestig deurdat Hofmeyr Rhodes al hoe meer sy sin gegee het. In 1889 het Rhodes die British South Africa Company gestig met die oog daarop om die Britse vlag in Matabeleland en Masjonaland te hys. Hofmeyr het geen beswaar gehad nie en het hom laat oortuig dat hierdie imperiale avontuur sowel 'n Britse as 'n Afrikanerprojek was. Met Hofmeyr en die Afrikanerbond se ondersteuning het Rhodes in 1890 eerste minister van die Kaapkolonie geword en aangebly as voorsitter van die BSA. Die bond het dit ook goedgekeur dat De Beers Consolidated sy diamantmonopolie behou. Of Rhodes vooraanstaande bondsmanne omgekoop het, is onseker, maar dit is betekenisvol dat van die leiers in hierdie tyd elke 'n aansienlike aantal aandele in De Beers en in BSA bekom het. 

Hoe vinniger die Witwatersrandse myne goudstawe na Londen gestuur het, hoe meer het Rhodes en die vurige imperialiste in Londen bekommerd geraak. Die ZAR het die Kaap verbygesteek wat uitvoer betref en het vinnig die Suid-Afrikaasne ekonomie begin oorheers en die Britse oppergesag begin uitdaag.

Om hierdie nuwe bedreiging uit te skakel, het Rhodes alles in sy vermoë gedoen om die ZAR te verongeluk. Ondanks al die druk het die ZAR geweier om by 'n spoorweg- en tolunie aan te sluit. In 1894 is die spoorlyn na Delagoabaai voltooi en daardeur het die ZAR toegang tot 'n nie-Britse hawe verkry. Die republiek het nou die meeste van sy handel met die buiteland hierdeur gekanaliseer.

Rhodes was erg gefrustreerd en bekommerd. Masjonaland en Matabelaland was nie 'n eldorado nie, die magnate in Johannesburg het hom in die die goudmynbedryf oorskadu en sy hoop op 'n Suid-Afrika onder die Britse vlag het vinnig vervaag. Die aartsdobbelaar Rhodes het nou sy grootste waagstuk aangepak. Hy sou die omverwerping van die ZAR organiseer met die samewerking van Joseph Chamberlain, minister van kolonies in die kabinet van lord Salisbury, wat in 1894 aan die bewind gekom het, en sir Hercules Robinson en sir Graham Bower, onderskeidelik die Britse hoë kommissaris en die imperiale sekretaris in Kaapstad.

Op 29 Desember 1895 het Rhodes se groot vertroueling Leander Starr Jameson aan die hoof van 'n afdeling van 500 man, gewerf van die BSA se private leër, Transvaal binnegeval. Jameson en Rhodes se hoop was dat die inval politieke onstuimigheid aan die Witwatersrand sou veroorsaak wat sou uitloop op 'n Uitlanderopstand. Dit moes dan die voorwendsel word vir ingryping deur die Britse hoë kommissaris, wat Britse soewereiniteit oor Transvaal sou uitroep ten einde die vrede te bewaar. 

Die inval was 'n ramp. Die invallers is vinnig gearresteer en Rhodes moes bedank as eerste minister. Sy vriendskap met Hofmeyr was daarmee heen. Al was Hofmeyr ook hoe toegeeflik teenoor Rhodes, het hy nie aggressie teen die Boererepublieke geduld nie. Die Jameson-inval was klinkklare bewys dat die man wat Hofmeyr altyd voorgehou het as 'n werklike bondgenoot van die Afrikaners hulle op 'n siniese en skandelike wyse bedrieg het.

Selfs die Britse konserwatiewe establishment was erg verleë en het hulle gedistansieer van Chamerlain, wat klaarblyklik aandadig was. Rudyard Kipling, die hofdigter van 'n jonger generasie, het in sy koerant, Ons Land, 'n vurige veroordeling van die Jameson-inval geplaas. "Die dolksteek waarmee gepoog is om die Afrikanerdom vir goed in die republieke te verlam, het 'n elektriese skok an die nasionale hart gestuur. Die Afrikanerdom het ontwaak met 'n erns en bewustheid...Deur die hele Suid-Afrika het 'n nuwe gevoel golwend gegaan."

Hofmeyr het nie tot 'n openlike breuk met Rhodes oorgegaan nie, en 'n deel van die Afrikanerbond se ondersteuners het hom eers verwerp toe hy die bond in die verkiesing van 1898 met 'n jingobeleid onder die leidng van Gordon Sprigg beveg het.  Die bond het nou nuwe steun gekry in die vorm van Engelssprekende liberale wat met misnoeë moes toesien hoe 'n groot deel van die Engelse gemeenskap hulle by Rhodes en onder die jingovlag skaar. Ondser die nuwe bondgenote was John X. Merriman en twee lede van die Schreiner-familie, William en Oive. Die bond het die verkiesing naelskraap gewen. Die nuwe ministerie was hoofsaaklik 'n Afrikanerbondregering, met William Schreiner as eerste minister. Hy het die Sprigg-kabinet, wat pas bedank het, verwyt dat dit geen simpatie getoon of versoenende gebaar gemaak het teenoor die ZAR as 'suster-republiek' nie. Maar die ondersteuning van 'n paar Engelse liberale vir die AFrikanerbond kon nie voorkom dat oor die hele Suid-Afrika 'n al hoe bitterder konflik tussen die twee wit "rasse" ontwikkel nie. 

Die koms van nuwe manne: Smuts en Steyn

In 1895 het Kruger 70 geword, maar die Jameson-inval het nuwe lewe in hom geblaas. Omdat hy seker was dat Brittanje oorlog wou hê, het hy sy republiek se burgers veel beter bewapen. Hy het 'n klein staande leër op die been gebring. Hy het die ZAR se administrasie opgeknap en knap, jong Afrikaners aangestel. Onder hulle was Jan Christiaan Smuts. Saam met Marthinus Theunis Steyn, wat in 1896 president van die OVS geword het, het ons hier twee van die merkwaardigste manne wat nog op die politieke toneel gekom het. Albei was onder die heel eerste moderne Afrikaners.

Smuts is in 1870 op 'n plaas naby Riebeek-Wes gebore in 'n sterk Afrikanerbond-huis. Hy het aan die Victoria-kollege op Stellenbosch gestudeer en daarna aan die Universiteit van Cambridge 'n graad in die regte verwerf. F.W. Maitland, een van die beroemde Cambridge-geleerdes, het Smuts bestempel as een van die briljanste studente wat hy ooit onderrig het. Smuts het Rhodes 'n paar maande voor die Jameson-inval nog sterk verdedig. Hy het sy Britse burgerskap laat vaar en na Pretoria getrek, wat hom as 'n man met 'n "ysere-wil" bestempel het. 

Merriman, wat Smuts goed geken het, het opgemerk dat hy 'n buitengewoon knap politikus is, en daarmee saam 'n filosoof en gekultiveerde man met groot intellektuele gawes. Hy het die reputasie gehad dat hy "shifty" sou wees, maar volgens Merriman het hy dié reputasie na altyd verdien hie. Hy het inderdaad by Afrikaners, veral by sy opponente, die bynaam "Slim Jannie" gehad, wat 'n hele paar betekenisse gehad het: baie intelligent, maar ook geslepe, slu en ontwykend. Hy was ongetwyfeld die vernuftigste wit politikus van die twintigste eeu, iemand wat verskeie kere 'n nuwe politieke basis vir homself moes skep. 

Marthinus Theunis Steyn, in 1857 gebore, was 'n man met ander eienskappe. Hy was die eerste Vrystaatse president wat in die republieke gebore is. Sy pa se plaas was net buite Bloemfontein en hy kon van vroeg af met sy ouers saam omgaan met die hoofsaaklik engelssprekende elite in die hoofstad - die Brands, Fichardts, Fischers en Frasers. Steyn het met Tibbie Fraser getrou, en met haar in Engels gekorrespondeer.

In Nederland, waar hy in die regte gaan studeer het, was sy Nederlands so swak dat hy sy studie in Londen gaan voltooi het. Hy het in 1889 regter in Bloemfontein geword en in 1896  president van die OVS. Hy is nie beskou as besonder briljant nie, maar was bekend vir sy moed, groot sjarme, sterk karakter en gesonde oordeel. 

Terwyl daar vrede was, het Steyn as republikein noue aansluiting by die ZAR gesoek, maar kultureel het hy hom meer die die tweetalige wit gemeenskap in die Kaap-kolonie vereenselwig. Merriman, wat die toenemende jingoisme onder die Engelssprekendes verfoei het, het in Steyn 'n geesgenoot gevind. Abraham Fischer het uit Bloemfontein aan Merriman geskryf dat die Vrystaters koloniale nasionaliste is, maar geen vertroue het in die staatslui wat hulle vorm van imperialisme probeer opdwing nie. Die soort nasionalisme wat Steyn en ander Vrystaters voorgestaan het, het hy as volg beskryf: "'n Mens kan 'n goeie Afrikaner en opregte republikein wees ongeag die taal wat jy praat."

Steyn se kabinet het verskeie Engelssprekendes ingesluit. Selfs in die naweë van die Jameson-inval het hy buitelanders aangemoedig om deel van die republikeinse nasie te word. Hy het Kruger aangeraai om vergewensgesind te wees teenoor die samesweerders. Vir hom het die oplaaiende stryd nie met etnisiteit te make gehad nie, maar met botsende ideologieë: kapitalisme teen individualisme en imperialisme teen republikanisme en kolonialisme.

Steyn het die agrariese republiek as 'n gemeenskap van vryheidliewende boere probeer opbou. Hy het 'n regstreekser vorm van demokrasie deur die gebruik referendums voorgestel en het al hoe meer aandag gegee aan die kwessie van taal en kultuur, wat hy as uitings van die Vrystaatse nasieskap beskou het. As die Hollandse taal kwyn, sou die nasie volg, het hy gesê. Hy het sy amptenary beveel om Hollands te gebruik in die korrespondensie met Vrystaatse burgers en met die Natalse en die Kaapse regering. Mense wat vlot in Hollands was, het voorrang gekry by aanstellings in die staatsdiens. Sy regering het druk uitgeoefen op die skole, wat hoofsaaklik Engels as voertaal gebruik het, om Hollands in te voer.

Steyn het by Kruger daarop aangedring dat die ZAR sy stemreg moet hervorm voordat dit te laat is, maar in die loop van 1898 het hy besluit dat die Britte se eise vir hervorming onredelik is. Hy het Chamberlain se set om weer die kwessie van "soewereiniteit" in te sleep met argwaan beskou. Hy het geskryf dit is 'n vae woord met 'n selfs vaer betekenis en bloot 'n voorwendsel.

Steyn het geweet wanneer om te veg. Aan Kruger het hy gesê dat hy nie die wapens sou opneem oor die gewraakte diamantkonsessie of oor die ZAR se stemregkwalifikasie van 14 jaar nie, wat hy as strydig met die republikeinse en demokratiese beginsels beskou het. Hy sou wel oorlog verklaar as Brittanje die stemreg gebruik om die ZAR se onafhanklikheid te vernietig, wat noodwendig ook die einde van sy Vrystaatse republiek souo beteken. In 1897 het hy met die ZAR 'n verdrag gesluit waarin die twee republieke onderneem het om mekaar by te staan as een van hulle aangeval word.

Voorbereidings vir oorlog

Alfred Milner het op 5 Mei 1897 in Kaapstad aangekom om die pos van goewerneur en hoë kommissaris te vul. In die eerste jaar het hy sake goed deurgekyk en nie veel omstrede uitsprake gemaak nie. Toe hy vroeg in 1898 van tuisverlof terugkeer, het hy besluit om tot optrede oor te gaan. Tyd was aan die Boere se kant. As hy nie spoedig die ZAR 'n vernederende nederlaag oor die stemreg toedien nie, sou die Britse mag en aansien in Suid-Afrika vinnig kwyn. Dit sou die onderdane in ander Britse kolonies tot groter weerbarstigheid aanvuur. Hy was vasbeslote dat Brittanje - indien nodig - in Suid-Afrika moes oorlog maak om 'n nekslag vir die Britse prestige in ander Britse besittings en vir Brittanje as groot moondheid te voorkom.

Die probleem was dat Joseph Chamberlain ná die vernederende fiasko van die Jameson-inval nie gretig was om weer sy vingers te verbrand nie. Om druk op Londen toe te pas, het Milner die Uitlanders se griewe oor die stemreg en ander kwessies al hoe hoër opgeblaas. Hy het die steun van sekere mynmagnate gekry, omdat hulle ongeduldig geword het oor die ZAR se beleid of administratiewe onvermoë, wat hul produksie gestrem het. Aan Londen het Milner 'n prentjie geskilder van 'n verraderlike Afrikaanse gemeenskap in die Kaapkolonie wat gereed sou wees om Kruger te help deur die Britse gesag te ondermyn. 

Die Afrikanerbondleiers het hul bes gedoen om Milner te oortuig dat daar geen landwye Afrikanersameswering teen Britse belange bestaan nie. Volgens J.T. Molteno, seun van 'n vorige eerste minister, was Milner aanhoudend besig om die Afrikaners te beledig en hul lojaliteit te bevraagteken met sy meerderwaardige Oxfordse houding. By die oorhandiging van 'n verklaring van lojaliteit deur die Graaff-Reinetse tak van die Afrikanerbond in 1898, was Milner se antwoord: "Of course you are loyal. It would be monstrous if you were not." As hulle vrede verlang, het hy voortgegaan, moet hulle druk op Kruger plaas vir hervorming en hulle moet kant kies. Die Engelse pers in Suid-Afrika het hom luid toegejuig, het hy aan Chamberlain geskryf.

Brittanje sou die opsie van oorlog heroorweeg het as 'n massa-opstand deur die Kaapse Afrikaners baie waarskynlik was. Maar die Kapenaars was vasgevang in hul eie veelvuldige identiteite. As koloniale patriotte was hulle lojaal teenoor die kroon en hul eie kolonie. As hulle wel 'n voorkeur vir republikanisme gehad het, was dit net akademies en 'n ideaal vir die verre toekoms. Hulle het ook nog steeds geglo dat die kolonie die kern moet wees van 'n toekomstige wit Suid-Afrikaanse nasie onder die Britse vlag. Naas hierdie identiteite was daar die gevoel van 'n gemeenskaplike Afrikaner-identiteit, 'n bereidheid om aan die sy van die republikeinse Afrikaners te staan. Milner het gou besef dat die leiers van die Kaapse Afrikaners 'n oorlog tot elke prys wou verhoed en dat hulle daarom hul bes sou doen om Kruger tot toegewings oor te haal.

Sommige historici meen dat die kwessie van goud 'n belangrike oorsaak van die oorlog was, of sterker gestel, dat beheer oor die goudmyne deurslaggewend was vir die Britse bereidwilligheid om oorlog te maak. Maar daar is geen bewys dat Brittanje en veral die Britse banke so graag beheer oor die vloei van Transvaalse goud na Londen wou hê dat dit die wapens sou opneem nie. Die ZAR het geen plan gehad om goud elders te verkoop nie. 'n Oorlog sou net onsekerheid in die markte skep, iets wat beleggers en banke haat.

Terselfdertyd sou dit eienaardig wees as die oorlog niks hoegenaamd met goud te make gehad het nie. As 'n mens die belang van goud wil bepaal, moet die soeklig nie op die Britse banke val nie, maar eerder op sekere van die goudmagnate aan die Witwatersrand. Milner het onder hulle steun gewen. Die belangrikste was Alfred Beit, bestempel as "a man who bestrode the world's gold market like a gnome" en sy vennoot, Julius Wernher. Albei was Duits van geboorte en genaturaliseerde Britse onderdane. Daar was ook hul knap jong assistent Percy FitzPatrick. Milner het die ekonomiese kolos Cecil John Rhodes, wat aan die sterwe was, so ver as moontlik op die agtergrond gehou.

Milner en sy ondersteuners onder die goudmagnate het saamgestem dat daar 'n veel

Bl. 203

doeltreffender goudbedryf souo wees as Kruger uit die pad is. Die verhouding tussen Kruger en sommige mynmagnate het gedurende die laaste jare van die eeu versleg. Diepvlakmynbou, wat met hoë produksiekoste groot beleggings geverg het, het die mynbou nou oorheers. Hierdie sektor het min geduld met Kruger se nywerheidsbeleid gehad.

Reeds met die Jameson-inval, wat deels deur Alfred Beit gefinansier is, het sommige magnate hul kleur gewys. Kruger se beslissende oorwinning in die presidentsverkiesing van 1898 was 'n keerpunt. Hy het kort daarna sy standpunt oor die stemreg herhaal. Selfs die kleiner maatskappye het die regering se onvermoë gekritiseer om die voorstel van sy eie kommissie van 1897 in werking te stel en van die monopolieë af te skaf. Daar is gesê dat die winste individue eerder as die staat verryk.

Volgens Wernher was die magnate nou "quite prepared for war" en wou hulle die bestaande situasie beëindig. Hy self het sy vertroue verloor in die vermoë van die Krugerbewind om die nodige hervormings vir doeltreffende goudproduksie in te voer. Die mynmagnate was kop in een mus met Milner en saam het hulle die Britse regering wysgemaak dat Kruger onder diplomatieke en militêre druk sou swig en aan alle eise vir stemreg sou toegee. Hulle het goed geweet dat die republieke sou veg, maar het die boodskap die wêreld ingestuur: "Kruger will bluff up to the cannon's mouth."

Om 'n oorlog te voorkom, het Steyn in Mei 1899 'n gesprek tussen Kruger en Milner gereël. Steyn en Smuts, wat Kruger na Bloemfontein vergesel het, was oortuig dat Milner geen goeie bedoelings met die onderhandelinge het nie en gevolglik nie sou belang stel in die betekenisvolle toegewings wat Kruger sou voorlê nie. Ná sy eerste ontmoeting het Smuts aan sy vrou geskryf: "Milner is so soet soos heuning. Maar daar is iets in sy baie i ntelligente oë wat aan my sê dat hy 'n baie gevaarlike man is."

Op Kruger se voorstel dat die stemregkwalifikasie van 14 tot 7 jaar verblyf verlaag word, het Milner aangedring op 5 jaar, met terugwerkende krag. Hy het ook geëis dat die Transvaalse Volksraad sy wetgewende soewereiniteit afstaan, wat Transvaalse wette aan Britse goedkeuring onderworpe sou maak. Nog 'n eis was dat Uitlander-lede van die Volksraad toegelaat word om Engels te gebruik. Met trane oor sy wange het Kruger uitgeroep: "Dis ons land wat u wil hê." "John Buchan, 'n lid van Milner se afvaardiging en later 'n bekende skrywer, het die toneel so beskryf: "There was a gnarled magnificence in the old Transvaal president, but (Milner) saw only 'n snuffy, mendacious savage."

Hofmeyr en ander Kaapse gematigdes het wanhopig probeer om die rampspoedige opmars na oorlog om te keer, maar hul begeerte om hulle as lojale Britse onderdane te bewys, het oorheers. Sowel Hofmeyr as die Kaapse eerste minister, W.P. Schreiner, het op aandrang van Milner Steyn se uitnodiging na die konferensie van die hand gewys. Die Schreiner-kabinet het dit oorweeg om die imperiale regering te verwittig dat hy in geen omstandighede Britse militêre inmenging in Transvaal sou kondoneer nie. Hierdie gedagte is egter laat vaar uit vrees dat Milner sy ondersteuners, die Progressiewe, sou vra om 'n nuwe Kaapse regering saam te stel.

Lord Salisbury se Unionistiese regering in Londen was verdeeld. Aan die een kant was daar teenstand teen die aangaan van enorme uitgawes om in 'n verafgeleë land te veg. Aan die ander kant het die oplaaiende krisis die toetssteen geword vir Britse aansien en wilskrag, wat so astrant uitgedaag word deur wat George Bernard Shaw genoem het "a small community of frontiersmen totally unfitted to control the mineral assets of South Africa".

Bl. 204

Die Salisbury-kabinet het aan die bewind gekom as superpatriotte en jingo's, daartoe verbind om elke uitdaging van Britse eer en glorie af te slaan. Toe die kabinet huiwer om tot voorbereidings vir oorlog oor te gaan, het The Times en ander jingoïstiese koerante die kabinet begin spot omdat hulle nie die daad by die woord voeg n ie. Dit was een van die eerste kere dat die openbare mening 'n besluit oor oorlog so sterk beïnvloed het.

In die loop van 2899 is die Salisbury-kabinet al hoe meer deur geopolitieke oorwegings gemotiveer. Chaimberlain het wat op die spel was, kernagtig opgesom: "The position of Great Britain in South Africa and with it the estimate formed of our power and influence in our colonies and throughout the world." Salisbury het dit beaam: "(We) not the Dutch, are Boss." Maar Milner en in 'n mindere mate Chamberlain was al wat entoesiasties en drywend oor oorlog was. Salisbury was bereid om 'n pistool teen Kruger se kop te hou; Milner en Chamberlain wou die sneller trek.

Milner het sake so gemanipuleer dat die Natalse regering 'n versoek om 10 000 soldate aan Londen rig om die kolonie teen 'n inval deur die republieke te verdedig.  Toe oorlog 'n voldonge feit word, het die onwillige Salisbury besef hy is in 'n hoek gedruk: "We have to act on a moral field prepared for us by Milner and his jingo supporters." Oorlog moes nou gemaak word teen "people whom we despise (die Boere) and for territory that will bring no power or profit to England".

Die enigste hoop wat die Boeremagte gehad het, was om in die eerste maand of twee dramatiese oorwinnings te behaal en die Kaapse Afrikaners tot opstand te beweeg. Aan die vooraand van die oorlog was die republikeinse magte 54 000 sterk en die Britse troepe, waarvan die meeste in Kaapstad was, slegs 27 000. Gevolglik was dit die republieke wat die ultimatum uitgereik het voordat Britse versterkings ou opdaag.

Die Britse intelligensie was oortuig dat die Boeremagte ná die eerste nederlae in duie sou stort. Die Britse kabinet het verseker dat die OVS tot die oorlog toetree deur die republiek in September te waarsku om streng neutraal te bly. Net voor die oorlog het Steyn aan die Vrystaatse Volksraad gesê dat hy verkies om die land se onafhanklikheid met eer te verloor eerder as in oneer en dislojaliteit.

Toe oorlog 'n voldonge feit was, het Smuts 'n diplomatieke offensief geloods. Hy was waarskynlik die brein agter die pamflet 'n Eeu van onreg. Dit begin met die roerende woorde: "Weer het die dag aangebreek in ons met bloed geskrewe geskiedenis dat ons verplig is om na die wapen te gryp ten einde die stryd vir vryheid en bestaan te hervat." Dit gee 'n relaas van die onreg wat die Britte in die negentiende eeu teen Afrikaners gepleeg het. Maar die klem val ewe sterk op die kapitaliste, wat volgens die pamflet oorlog in Suid-afrika aangeblaas het. Die skrywer het geweet dat die liberale in Engeland, wat deel gevorm het van die pro-Boere-drukgroep, 'n groot afkeer het van wat hulle as grypsugtige kapitalisme en geldgierige mynmagnate beskou.

Die hoop van die republikeine om hulp uit die buiteland was misplaas. Nóg die pro-Boere nóg  enige Europese moondheid het tasbare steun verleen. Die twee klein republieke het manalleen teen die magtige Britse ryk gestaan. Toe Kruger gevra word hoekom hy teen so 'n oormag veg, het hy 'n aardse antwoord gegee: 'n Man sal nie 'n leeu aanval met net 'n mens in sy hand nie, maar net 'n lafaard sal nie met alle mag veg as die leeu hom aanval nie. Hy het gesê: "Die riem is om my nek, ek moet veg."

Bl. 205

Smuts, bewus van die oormag waarteen die republieke te staan kom, het geskryf dat 'n verskriklike bloedbad wag. Die Afrikaners sou uit die vuurproef kom óf as houthakkers en waterdraers vir 'n gehate ras óf as oorwinnaars en die grondleggers van 'n verenigde Suid-Afrika en een van die wêreld se groot ryke. Sy groot hoop was bystand van Kaapse rebelle. Sowat 6 000 sou inderdaad hul gewig by die Boeremagte inwerp, maar geen Kaapse opstand het uitgebreek nie.

Smuts, en ook J.B.M. Hertzog, was sterk ten gunste van verrassingsaanvalle om vinnige en skouspelagtige oorwinnings te behaal. Hertzog het voorgestel dat die Boeremagte diep in die Kaapkolonie inval en strategiese poste beset. Smuts wou ver in Natal i ndring en die Durbanse hawe beset sodat Britse troepe nie kon land nie. Hy wou selfs Duitse adviseurs probeer lok en Rusland probeer oorreed om oorlog in Brits-Indië aan te blaas. As Brittanje vasval, sou daar 'n kans wees vir 'n "Afrikanerrepubliek" wat van Tafelbaai tot die Zambezi strek.

Niks het van die planne gekom nie. Steyn wou eers alle diplomatieke alternatiewe op die proef stel voordat 'n ultimatum uitgereik word. Dit het 'n maand in beslag geneem. Alhoewel die optrede eerbaar was, was 'n waardevolle geleentheid verlore. Met oorlog 'n voldonge feit, het die republieke nog net 'n vae, breë plan vir hul vegters gehad. Hulle moes oor die Natalse en die Kaapse grens beweeg en ddaar die Britse leërs inwag wat van Durban en Kaapstad sou opruk.

DIE OORLOG SE EERSTE FASE

Die eerste skote in die oorlog het op 12 Oktober geklap. Die republikeinse magte het nooiot meer as 55 000 getel nie. Brittanje sou uiteindelik 250 000 manskappe in die veld stoot in 'n oorlog wat dit oor die £230 miljoen sou kos.

In die eerste stadium van die oorlog het die boeremagte in Noord-Natal, die noord-oostelike Kaapkolonie en die gebied noord van die Kaapse grens langs die Oranje inbeweeg. Die vernaamste gevegsterrein was in noordelike Natal, waar die Boeremagte oorwinnings behaal het totdat hulle by Ladysmith in 'n beleg van die dorp vasgeval het. Kimberley en Mafeking is ook beleër en dit het ook die boeremagte vasgespen. Hiermee is die groot kans verspreel wat die eerste paar maande gebied het.

Tydens die beleg van Ladysmith het de jonger geslag Boere-offisiere by hul veel ouer kommandant-generaal, die 68-jarige Piet Joubert, aangedring dat hy die Durbanse hawe beset ten einde die landing van Britse versterkings te verhinder. Joubert het geweier. Hy het ook geweier om die Britse troepe met dinamiet uit hul verskanings te dwing - dit was vir hom onchristelik.

In Desember 1899 h et die boeremagte die Britte aan al drie fronte verslaan. Louis Both het by Colenso en Spioenkop indrukwekkende oorwinnings teen 'n oormag behaal. Teen Maart 1900 was Boeremagte baas van verskeie kleiner dorpe langs die noordgrens van die van die Kaapkolonie, maar dit was nie strategies belangrike plekke nie. Kommando's van 2 000 man sterk onder generaals Hertzog en P.H. Kritzinger het ver in die noordoostelike en noordelike distrikte van die Kolonie ingedring, maar die yl bevolkte gebied het min steun van Kaapse Afrikaners opgelewer.

Daar was ook ander gebreke. Smuts sou later melding maak van die "konserwatiewe

Bl. 206

kortsigtigheid" van die ouer geslag generaals, wat "die goue geleentheid" van oorwinning laat wegglip het. Die Boeremagte kon nie altyd vinnig rondbeweeg nie. Familielede, saam met besittings op waens of perdekarre, het by die laers opgedaag. Daar was 'n deurlopende gebrek aan dissipline en toegewydheid. Toe 'n kommandant met slegs drie man by die slagveld opdaag, was sy verduideliking: "Die een was siek, die ander een moeg, maar die werklike rede was dat die meeste nie so vroeg wou opstaan nie." Denys Reitz vertel van 'n senior Vrystaatse offisier en sy manne wat op 'n dag nie gaan veg het nie omdat hulle na 'n veeveiling wou gaan.

In die herfs van 1900 het Louis Botha en Christiaan de Wet bevelvoerders van onderskeidelik die ZAR- en die OVS-krygsmagte geword, terwyl Koos de la Rey die bevel oor die magte in Wes-Transvaal gekry het. Dit was egter te laat om die situasie met konvensionele oorlogvoering te red. Britse troepe het deur Kaapstad en Durban ingestroom. Onder die opperbevel van lord Roberts, wat genl H. Kitchener as stafhoof gehad het, het die troepe vinnig na die front beweeg en die beleërde dorpe ontset. Hulle het 4 000 man onder genl. Piet Cronjé by Paardeberg gevang en Bloemfontein op 13 Maart, Johannesburg op 5 Mei en Pretoria op 6 Junie ingeneem. Tussen Maart en Junie het tussen 12 000 en 14 000 burgers oorgegee.

Die aas wat lord Roberts uitgegooi het, was die keuse om 'n eed van neutraliteit af te lê. Genl. De Wet het later gesê dit was erger as die moorddadige liddietbomme wat die Boere so geteister het. Diegene wat die eed afgelê het, het bekend geword as "hendsoppers", terwyl diegene wat gevang is en geweier het, as krygsgevangenes weggestuur is. Sommige het as lede van "vredeskomitees" die vegtende burgers probeer oorreed om die wapens neer te lê omdat dit so 'n hopelos stryd was. Die broers van twee senior generaals, Cronjé en De Wet, was aktief in dié rol.

Daar was ook die "joiners". Hulle het hoofsaaklik as spioene in die Britse magte gedien gedurende die laaste 18 maande toe die Boere as guerrillavegters die stryd voortgesit het. Daar is geskat dat 5 000 Boere teen April 1902 die Britse oorlogspoging gesteun het. Piet de Wet was ook 'n "joiner". (Volgens oorlewering het hy en sy broer Christiaan nooit weer met mekaar gepraat nie.)

Sowe ryk as baie arm Boere was onder diegene wat die republikeinse saak verloën het. In die dekade of twee voor die oorlog het baie van die ryker boere, veral in Transvaal, armer boere, wat dikwels bywoners was, betaal om in hul plek op kommando te gaan. Hulle was dus heeltemal onvoorbereid om te veg. Hul traagheid is versterk toe die Britse troepe begin om opstalle af te brand. Deur te hendsop, kon hulle na hul plaas terugkeer en groot skade en leed vermy.

In die geval van die arm burgers was daar 'n ander faktor. Baie van hulle moes in die veldtogte teen die swartes in die jare tagtig en negentig teen baie lae besoldiging in die plek van die ryk boere gaan veg, terwyl hul eie familie sonder beskerming was. As gegriefdes het hulle klaarblyklik geglo dat daar vir hulle 'n beter bedeling onder die Britte wag. Dit was vir hulle 'n stryd teen uitbuiting.

Op 21 Oktober 1900, net voordat die Britte hom kon vang, het Kruger - oud en afgeleef - van Delagoabaai na Europa vertrek. Hy het meer as drie jaar later in Switserland gesterf. Steyn het tot die einde saam met die Vrystaatse guerrillavegters in die veld gebly en die grootste bittereinder geword. Die republieke was verlore. Op 24 Mei en 1 September

Bl. 207

is Britse soewereiniteit oor onderskeidelik die Oranjerivierkolonie en die kolonie Transvaal verklaar. Britse magte het die hele spoorwegnetwerk van Suid-Afrika, ook die spoorlyn na Delagoabaai, beheer. Die 15 000 vegtende Boere wat oorgebly h et, was feitlik heeltema sonder steun

DIE BITTEREINDERS

Teen die middel van 1900 was die Boeremagte op die punt van disintegrasie en die oorlog was prakties verby. Milner het op 30 Mei aan 'n vriend geskryf: "I have saved the British position in South Africa and I have knocked the bottom out of 'the great Afrikaander nation' for ever and ever." As die oorlog toe sou geëindig het, sou sowel politici as historici dit as 'n betreklik onbelangrike gebeurtenis afgeskryf het. Maar die grootste heldemoed, ergste lyding en verskriklikste gruwels sou nog kom.

Net ná die val van Pretoria in Junie 1900, het die Transvaalse militêre leiding - insluitende Both, De la Rey en ook Smuts - onmiddellike oorgawe aanbeveel ten einde 'n ramp te voorkom. Kruger het 'n wanhopige kabel aan Steyn gestuur. Net daar het Steyn die kragbron van die republikeinse verset geword. Woedend het hy aan die Transvalers geskryf dat die ZAR die Vrystaatse brugers en Kaapse rebelle in 'n rampspoedige oorlog betrek het. Wil die ZAR nou 'n skandelike en selfsugtige vrede sluit die oomblik dat die oorlog sy grense bereik? Wát die ZAR ook al doen, die Vrystaters sal tot die bitter einde veg!

Smuts het later geskryf dat Steyn die Transvalers met soveel woorde van lafhartigheid beskuldig het en in hierdie uur die mees heroïese figuur van die oorlog geword het. Die Transvaalse leiers het daarna besluit om die stryd voort te sit tot die "bitter einde" - totdat die Boeremagte heeltemal verslaan is of tot die republikeinse onafhanklikheid herstel is. Die oorlog se laaste fase het tot Mei 1902 geduur.

Onder die Transvaalse bittereindes was Koos de la Rey 'n leier van formaat. Voor die oorlog was hy onder Kruger se Progressiewe opponente. Toe Kruger in die middel van 1899 die patriotisme van die Progressiewe bevraagteken, het De la Rey na bewering geantwoord dat hy nog vir onafhanklikheid sou veg lank nadat Krugr weg is. (Daar bestaan nie 'n notule van die vergadering nie.)

Dit is opvallend dat onder Kruger se sterkste ondersteuners in sy verset teen die hervorming van die stemreg die ou generaals was, soms takhare genoem. Hulle was onbevoeg as militêre leiers en het die stryd teen die middel van 1900 laat vaar. Daarteenoor was die bittereindes meesal kommersiële boere en professionele lui. Die groot ironie was dat die bittereinderleiers mense was wat voor die oorlog alles in hul vermoë gedoen het om dit te vermy dat Brittanje 'n verskoning kry om die wapens op te neem.

In September 1900 het genl. P. Pienaar geskryf dat almal wat nog steeds veg, Progressiewe is wat net so sterk teen Kruger se beleid was as teen die Engelse self. Waarom, het hy gevra, veg hulle? Sy antwoord: Vir hul onafhanklikheid. Merriman het tot dieselfde gevolgtrekking gekom: die bittereindeleiers was "either progressive farmers, like Koos de la Rey, Christiaan de Wet, Louis Botha, Jan Kemp, or educated men from the towns like Steyn, Hertzog, Smuts and others". Hy het bygevoeg: "The soul of the fighting force consisted of young men and progressive farmers, many of them well-to-do, in some cases rich men."

Bl. 208

Die bittereindes het guerrillataktiek gevolg en in klein, beweeglike kommando's geveg. Hulle het treinspore gesaboteer, die voorrade van die Britse troepe onderskep en gevegte uitgelok en dan weer gevlug. Onverwags moes Brittanje toesien hoe die beweeglike en ontwykende vyand die oorlog uitrek.

Daar was nou vir die Britse opperbevel twee moontlikhede. Die een was om Boerevegters sorgvuldig deur linies van blokhuise en doringdraad uit die een distrik ná die ander uit te sluit. Maar dit sou geld kos. Die oorlog was reeds duurder as enige ander konflik waaraan Brittanje sedert 1815 deelgeneem het. Dit sou ook lank duur en Kitchener (wat Roberts opgevolg het) was haastig om sy nuwe pos as opperbevelvoerder in Indië te gaan beklee.

Die ander opsie was 'n beleid van verskroeide aarde, wat goedkoper en gouer sou wees. Milner was huiwerig om uiterste maatreëls aan te wend, maar hy was gretig om die Boeremagte te verpletter sodat 'n onvoowaardelike vrede opgedwing kon word.

Dit sou nie maklik wees nie. By die bittereindes het 'n ysere wil ontstaan om so lank menslik moontlik te veg, al was die oormag hoe groot. Hulle was - in Smuts se woorde - vervul met 'n onblusbare hoop vir die toekoms en 'n kinderlike geloof in God. Hul godsdiens se kern was die bestaan van 'n baie persoonlike God wat regstreeks ingryp in die lotgevalle van nasies, wat die soniges straf en die getroues seën. Verslae uit die tyd getuig van hul onwrikbare geloof dat die Britse saak so onmiskenbaar onregverdig is - ja, selfs sondig is - dat God dit nooit met 'n oorwinning sou beloon nie. Die kinderlike vertroue in die republieke se saak en die geloof in God het een geword. Oorgawe sou nie net verraad teenoor die Boere se saak beteken nie. Dit sou, soos 'n Vrystaatse burger gesê het, 'n daad van ongeloof wees.

VERSKROEIDE AARDE EN KONSENTRASIEKAMPE

Die Britte het nooit oorgegaan tot 'n totale oorlog waarin daar geen voorbehoude is nie. Hulle het nie mense wat hulle gevang, voor die voet geskiet nie, maar angehou en na kampe gestuur. Alhoewel dit die eerste oorlog was wat volskaals ook op die burgerlike bevolking gerig was, het die Britte wel tussen die Boerevegters en nie-vegtende Boere onderskei. Daar was gevalle van Boerevroue wat verkrag is, maar die voorkoms was waarskynlik heelwat laer as in sommige oorloë van die eeu wat gevolg het. Maar daar kan geen twyfel wees dat die Britte 'n "harde oorlog" geveg het nie, net soos genl. William Sherman in die laaste fase van die Amerikaanse Burgeroorlog 35 jaar tevore. Vergelykings is altyd gevaarlik, maar dit wil tog lyk of Sherman met die "verskroeide aarde" wat hy in sy opmars deur die Suide geskep het, nie so genadeloos soos die Britse bevelvoerders was nie.

Met Roberts as opperbevelvoerder was die omvang van die beleid van verskroeide aarde nog beperk. Wanneer die Boere die spoorlyn opgeblaas het, is slegs die naburige plase se opstalle afgebrand en vee doodgemaak. Kitchener het dit gou uitgebrei. Van die einde van 1900 het Britse troepe voor die voet (behalwe waar hendsoppers was) opstalle afgebrand en vee uitgewis. Kitchener wou hiermee die Boere in die veld skrikbevange maak en hul kosvoorraad en ander vorme van steun, heeltema afsny. Die Britse troepe het verwoesting en chaos oor feitlik die hele Vrystaat en groot dele van Transvaal gesaai.

Bl. 209

In September 1900 het Smuts uit Noord-Transvaal aan 'n Britse korrespondent geskryf: "(Wherever) the enemy appeared, he carries out indescribable destruction. All houses are burned down, all fields and gardens are utterly destroyed, all cattle and foodstuffs are carried off and all males taken prisoner." Toe hy 'n jaar later deur die OVS reis, het gesien dat die veld besaai is met geslagte vee en die damme vol vrot karkasse. Hy het geskryf: "The horror passes description.... Surely such outrages on man and nature will lead to certain doom."

Die besluit om konsentrasiekampe op te rig, was eweneens 'n flater, wat gevolg het op die gebrek aan besinning. Daar was 'n presedent. Tussen 1896 en 1898 het genl. Valeriano Weiler, bevelvoerder van die Spaanse troepe in Kuba, konsentrasiekampe vir burgerlikes gebruik om die verskaffing van kos, skuiling en ondersteuning aan die Kubaanse magte af te sny. Ongeveer 200 000 van die reconcentrados in die kampe het gesterf.

In Suid-Afrika was die kampe in die begin bedoel as toevlugsoorde vir die families van die joiners, wat die wraak van die Boere te wagte was. In die tweede helfte van 1900 het die Britte plaasopstalle afgebrand en die famililes van die Boerevegters wat nog daar gewoon het, in kampe geplaas om die bande tussen hulle en die vegters af te sny. Swart mense wat deur die oorlog ontwrig is, is in aparte kampe geplaas. Die plasing van die kampe was swak en die inwoners het onvoldoende rantsoene ontvang. Daar was nie sprake daarvan dat die Britte volksmoord gepleeg het nie, maar die swak kosrantsoene in sommige kampe het ongetwyfeld die dodetal skerp opgestoot.

Die konsentrasiekampe van die 20ste eeu het een ding gemeen. Mense is in kampe geplaas nie oor wat hulle gedoen het nie, maar oor wie en wat hulle was. Die gevangenes was omtrent altyd die "vyand". Meer nog, hulle was lede van 'n kategorie mense wat as óf gevaarlik óf "oorbodig" of albei beskou is. Die Britse voorooorlogse propaganda teen die Boere het die Britse politieke en militêre bevelvoerders so gekondisioneer dat hulle bereid was om onskuldige vroue en kinders onmenslik te behandel. 'n Britse skrywer het verklaar: "We have conjured up for ourselves a fantastic and outrageous image which we call a Boer. This savage being was hideous in form, unkempt and unwashed, violent, hypocritical, a persecutor and an assassin of the English. Met so 'n stereotipe gevestig, was dit nie moeilik vir die Britse opperbevel om die Boerevroue en -kinders in skokkende omstandighede in kampe te plaas nie.

Die konsentrasiekampe was een van Kitchener se berugte kortpaaie. Die plan was ambisieus, eenvoudig en goedkoop. Vir die soldate aan wie die taak gegee is om 154 000 Boere en swart burgerlikes in kampe te versorg, was die welsyn van die gevangenes 'n lae prioriteit.

Maria (Tant Miem) Fischer gee 'n blik van die traumatiese gebeure nadat Britse soldate by 'n plaas opgedaag het met die doel om soveel verwoesting moontlik te saai voordat hule die vrou en kinders na die kamp wegvoer. "Dit was of daar soveel  duiwels losgelaat is ... alles word verwoes. Uit die stal en woonhuis word balke, kappe, deure en rame gesaag en geslaan en bome afgekap. Ek het nog 'n hen en kuikens in 'n kamer gehad, die ander was almal doodgeslaan." Tog het sy haar nie laat intimideer nie en in haar dagboek geskryf: "As ons ons nie wil laat buig onder Engeland se vervloekte juk nie, moet ons in ons lot berus. Anders bring on die manne wat nog veg, in gevaar - en

Bl. 210

as ons ons land moet verloor, dan wil ek nie my konsensie (sic) beswaar dat ek selfs in die geringste daartoe bygedra het nie. Alles, alles sal ek verlaat terwille van ons volksbestaan."

Die Fischer-familie het in die middel van die nag by die Standerton-kamp opgedaag en is by 'n sandhoop afgegooi. Later het hulle hulle in 'n tent bevind waarin 37 mense geprop was. Die verweerde tente het min beskerming gebied. 'n Britse offisier het opgemerk: "The families in there have little privacy or guard against the elements."

'n boervrou vertel van uiterste lyding wat sy in 'n kamp aanskou het: "Onder ons was daar 'n mev. Coetzee - sy het agt kinders gehad en nu was daar vier dood. Eendag gaan ek verby haar tent en daar op die grond op kakiekomberse sien ek drie seuntjies lê en die miere wemel oor hulle. Die moeder het k raamkoors gehad, haar pasgebore seuntjjie was al dood..... Om hul ellende te verhoog, was die tent vol kakieluise." Die toestand van kampbewoners het vinnig verswak weens swak voeding en die gebrek aan sanitasie. Baie het gesterf, veral van buiktifus en masels. Dit was deels omdat die Boere, wat in isolasie op afgeleë plase gewoon het, dikwels nie teen die siektes immuun was nie of nie vir die nodige higiëne gesorg het nie, maar dit was ook omdat hulle in die kampe liggaamlik gou verswak het. "A very dark spot," was Milner se kensketsing van die hoë stertesyfers teenoor Chamberlain, maar die publiek, plaaslik en in Engeland, het eers bewus geraak van wat in die kampe gebeur toe Emily Hobhouse in Engeland verlof kry om die kampe te besoek.

Hobhouse, wat Engeland in Desember 1900 verlaat het, was met afgryse vervul oor wat sy gesien het. Toe sy in Mei 1901 na Engeland terugkeer, het sy die publiek geskok met haar onthullings en veral groot indruk gemaak op ondersteuners van die Liberale Party, wat pro-Boer was. Die party se leier, sir Henry Campbell-Bannerman, het in toesprake verklaar dat die gedagte aan vroue en kinders wat na kampe weggevoer word, hom siek maak. Hy het gevra: "When is a war nog a war?" Sy antwoord: "When it is carried on by methods of barbarism in South Africa." Die krisis in die kampe het katastrofale afmetings aangeneem. Teen Oktober 1901 het die sterftekoers tot 344 per duisend opgeskiet. Kinders onder vyf jaar oud het feitlik geen kans gehad om te oorleef nie.

In die laaste maande van 1901 het 'n kommissie van Engelse vroue, wat oorlogsondersteuners was, ook die kampe besoek. Hulle was amper net so geskok as Hobhouse. Hulle het aanbeveel dat die rantsoene v erbeter en groente ingesluit word, dat geriewe verskaf word om water te kook en dat meer verpleegsters uit Engeland ingevoer word. Nadat die voorstelle uitgevoer is, het die sterftesyfer skerp gedaal. Nietemin het 4 177 Boerevroue en 22 074 kinders gesterf.

Die kampe was 'n traumatiese ervaring wat blywende letsels gelaat het. Maria Fischer beskryf haar reaksie op die pleidooi van 'n "Engelse dame" wat die Boerevroue in 'n kamp gevra het "om tog hulpvaardig, vergewensgesind te wees en ook hul vyande lief te hê". Dit, het Fischer gesê, "is in ons dae nie net onmoontlik, maar ook onwenslik". Die onblusbare verset van die Boerevroue was 'n beslissende faktor in die oorlog, soos Olive Schreiner in die jare negentig voorspel het (sien p.190). Die mans, sowel Britte as Boere, was verstom dat die vroue bereid was om so baie te verduur vir die Boere se stryd. Om te voorkom dat hulle na die kampe gestuur word, het vroue en kinders in

Bl. 211

die berge, bosse en rivierbeddings weggekruip of saamgetrek op die oop veld in die sogenaamde vrouelaers.

Met weinig uitsonderings was hulle onverbiddelik in hul aandrang dat hul mans en seuns vir onafhanklikheid moet voortveg, selfs tot die dood toe. Britse troepe wat hul huise afbrand, het hulle nie laat knak nie. Sommige het verklaar dat hulle verkies om hul huise te sien afbrand, eerder as dat hul mans oorgee. 'n Britse offisier het, nadat hy twee maande lank huise afgebrand het, verklaar dat die vroue sonder uitsondering gesê het hulle sou nie oorgee nie.

Vroue het mans wat gehendsop het, geminag. Nadat die Britse leërs teen die middel van 1900 die OVS verower en 'n groot wanhoop onder die Boerevegters posgevat het, het 'n vrou gesê: "(We) think the men should be on commando instead of meekly giving up their arms toe, and getting passes from the English." In een kamp was die toestand so gespanne dat die opsigters daaraan gedink het om die hendsoppers en die vroue te skei, omdat laasgenoemde die mans genadeloos verwyt het. In 'n ander kamp het 'n hendsopper geskryf hoe bitterlik hy deur die anti-Britse vroue vervolg word. In Kaapstad, waar 'n groot Boere-krygsgevangenekamp was, het die historikus G.M. Theal gewaarsku: "The women are the fiercest advocates of war to the bitter end ... For independence the Boer women will send husbands and son after son to fight to the last." J.R. MacDonald, 'n latere Britse eerste minister, het ná die oorlog geskryf: "It was the vrouw who kept the war going on so long. In was in her heart that patriotism flamed into an all-consuming heat, forgiving nothing and forgetting nothing."

Die verpletterende nederlaag wat die Boere gely het, het die vroue aan hul taal en kultuur laat vasklou. Woede oor die Britse oorlogsmetodes het 'n vrou laat wonder of sy haar kinders moet toelaat om Engels te praat. 'n Ander Vrystaatse vrou het nagedink oor wat haar van die Engelssprekendes onderskei en het tot hierdie gevolgtrekking gekom: geskiedenis, republikanisme, die taal en "haat teen die (Britse) ras".

DIE WROEGING VAN DIE KAAPSE AFRIKANERS

Die oorlog en veral die kampe en die afbrand van plaasopstalle het die Kaapse Afrikaners met 'n pynike dilemma gekonfronteer. In die loop van die 19de eeu het hulle hul al hoe meer as lojale Britse onderdane beskou. Die oorlog het egter 'n afkeer van Milner en Chamberlain se soort imperialilsme gewerk. Milner, imnmer agterdogtig, het geskryf dat die NG-predikante 'n kruistog teen die Britse ryk predik en dat lede van die Afrikanerbond verraad pleeg. Die goewerneur, sir Walter Hely-Hutchinson, het geglo dat die helfte van die wit bevolking (wat omtrent alle Afrikaners sou insluit) pro-Boer is en dat die grootse deel van die Kaapkolonie in 'n staat van half-onderdrukte rebellie is.

Die oorlog het die Schreiner-ministerie in 'n onmoontlike posisie geplaas. Dit het telkens met Milner gebots oor sy aandrang dat krygswet in "besmette" distrikte van die kolonie afgekondig word. In Junie 1900 het die kabinet geskeur weens die imperiale regering se eis dat die Kaapse rebelle ná die oorlog hul stemreg ontneem word. Merriman, J.W. Sauer en dr. Thomas de Water het hulle hierteen verset en Schreiner het bedank. Milner het daarop Gordon Sprigg, selfs 'n groter imperialis as te vore, in Schreiner

Bl. 212

se plek aangestel en die parlement ontbind. Byna twee jaar lank het dit nie weer byeengekom nie. Moedeloos en met sy gesondheid geknak, het Hofmeyr van die oorverhitte politiek ontsnap deur by 'n spa in Duitsland te gaan rus.

In Oktober 1900 het die opperbevel van die ZAR- en OVS-magte besluit om 'n groot inval in die Kaapkolonie te doen wat hopelik Kaapse rebelle sou lok en die Britte sou dwing om 'n deel van hul troepe te herontplooi. Maar onenigheid en broedertwis, die historiese vloek van omtrent alle pogings om Afrikaners vir 'n dringende taak te laat saamstaan, het weer ingetree. Die plan het vereis dat Christiaan de Wet en Louis Botha saamwerk, maar De Wet het Botha nie vertrou nie en op eie houtjie twee gebrekkige invalle in die Kaapkolonie onderneem.

In Augustus 1901 het 'n kommando van 250  man onder Jan Smuts in 'n epiese laaste poging 'n inval in die Kaap geloods om 'n opstand te probeer uitlok. (Dit is treffend deur Denys Reitz, 'n deelnemer, in sy Commando geboekstaaf.) Die kommando het die noordweskus van die kolonie bereik en toe suidwwaarts beweeg tot omtrent 100 kilometer van Kaapstad. Dit het 'n baie groot gebied tussen die Oranje- en die Olifantsrivier beheer, maar het geen werklike bedreiging uitgemaak of baie rebelle gewerf nie.

Die invalle het daartoe bygedra om 'n "blanke oorlog" te laat uitkring tot 'n ware Suid-Afrikaanse oorlog, wat omtrent alle gemeenskappe ten diepste geraak het. Aan die Boerekant was daar van die begin af swart agterryers, gewoonlik ongewapen, wat allerlei take verrig het soos koskook en perde oppas. Daar was wel geleenthede waar party van hulle geveg het. Swart plaasarbeiders is ook geraak en duisende is na konsentrasiekampe weggevoer waar na berekening 14 000 gesterf het. Sowel Britse as Boeremagte het swart kleinboere se vee gekonfiskeer en hulle selde vergoed.

In die Britse leër in die noorde het tussen 10 000 en 30 000 swartes gedien as spioene, wagte en wadrywers. Spioene wat gevang is, is dikwels sonder verhoor deur die Boere tereggestel. In die Kaapkolonie het die Britse magte tussen 2 000 en 3 000 bruin mense gewerf as Border Scouts, wat gespioeneer het. Op baie dorpe het bruin mense gedien as "Town Guards", 'n soort aanvullende polisiemag.

Die Boerevegters het die Britse aanwending van bruin en swart mense in die oorlog met die uiterste kommer en afkeer aanskou. Smuts het in 'n ope brief aan 'n korrespondent in Londen geskryf dat dit 'n baie besondere morele kode oortree waarop wit mense heerskappy berus. Die kode het, naas 'n verbod op bloedvermenging, behels dat die Afrikaners en mense van Britse afkoms hulle nooit tot die "gekleurde rasse" wens om steun ten einde hul geskille met mekaar te besleg nie.

Kommando's in Noord-Kaapland het hard teen die gekleurde bevolking opgetree. Daar is van hulle belastings en dienste afgedwing en hulle is selfs verbied om Engels in die openbaar te praat. In 1901 het die lede van 'n Vrystaatse kommando onder Charles Nieuwoudt en Kaapse rebelle onder Willem Lubbe op Calvinia 'n gruweldaad gepleeg wat opslae gemaak het. Hulle het die plaslike boere gevra om van hul werkers wat "lastig" en "ongehoorsaam" was, na die nuwe "landdros" te bring. Omtrent honderd het voor die "hof" verskyn en die strawwe het die volgende ingesluit: lyfstraf, dwangarbeid, die inboek van kinders en gedwonge opname in die kommando's. Die ergste was die teregstelling van Abraham Esau, 'n bruin man wat die verset onder bruin mense teen die Boere se besetting van die Noordweste gelei het. Hy is eers aan groot openbare ver-

Bl. 213

nedering en mishandeling onderwerp, daarna 25 h oue toegedien terwyl hy aan 'n paal vasgemaak was en toe doodgeskiet. Die politiek bewuste kleurlinge se steun vir die Britse magte sou vir hulle geen politieke voordeel inhou nie, maar die kloof tussen hulle en die Afrikaners het veel dieper geword.

In Reaksie op die inval, het die Sprigg-kabinet in 1901 groot dele van die Kaapkolonie onder krygswet geplaas. Die krygswet en die militêre howe wat in die gebied gesit het, het die Kaapse Afrikaners ernstig vervreem. Daar was groot vraagtekens oor die regspleging. Die hoftaal was Engels, 'n taal wat die meeste plattelandse Afrikaners nie magtig was nie. Die howe het onbevoegde tolke gebruik en militêre offisiere met min kennis van die toetsing van getuienis is aangestel om die verdediging te behartig. In sommige gevalle is groot onreg gepleeg. C.J. Langenhoven, 'n jong prokureur van Oudtshoorn, het veertig mense verdedig van wie almal behalwe een vrou veroordeel is. Hy was so ontnugter deur die gebreke in die regspleging, veral ook deur die struikelblok wat die taalkwessie geskep het, dat hy hom heeltemal aan die militêre howe onttrek het hoewel hy die geld bitter nodig gehad het. 'n Dekade later was hy een van die voorste skrywers in Afrikaans.

Tussen ses- en seweduisend Kaapse burgers het tydens die oorlog by die Boeremagte aangesluit. Streng Britse optrede het voorkom dat baie meer aansluit. Mililtêre howe het 360 rebelle ter dood veroordeel en aan meer as duisend is tronkstraf opgelê. Baie ander is hul stemreg tydelik ontneem. Vier-en-dertig is tereggestel. Die familielede is verplig om die teregstellings by te woon, wat die trauma verdiep het. Een so 'n teregstelling het gedien as inspirasie vir C. Louis Leipoldt se treffende alleenspraak "Oom Gert Vertel".

Die jingo-faksie onder Kaapse Engelssprekendes het die Afrikanerbondpolitici aanhoudend van dislojaliteit beskuldig, Die administrasie het Hollands as amptelike taal feitlik heeltemal misken. Hulle het selfs die regulasies wat bepaal het dat nuwelinge in die staatsdiens Hollands moet ken, afgeskaf. Oral het die Engelse staatsamptenare slegs in Engels met die plaaslike bevolking gekommunikeer, 'n taal wat die mense baie sleg verstaan het, het glad nie. Om hul lojalilteit te toon, het baie Afrikaners in die openbaar gebroke Engels eerder as Hollands of Afrikaans gepraat. In die Paarl, deur 'n koerant die "Mekka van Afrikanerdom" genoem, was die republieke se ondersteuners te swak of te bang om die beheer van die plaaslike trustmaatskappy van die Engelssprekendes en "lojale" Afrikaners af te neem.

Geleidelik het die Kaapse Afrikaners se houding begin verhard. Die wyse waarop Milner die oorlog uitgelok het, die harteloosheid van die Britse bevelhebbers, die gruwelike omstandighede in die konsentrasiekampe en die onreg wat ingevolge die krygswet in die Kaapkolonie gepleeg is, het die Afrikaners diep geraak en 'n grimmige vasbeslotenheid gekweek om die Britse politieke en ekonommiese opperheerskappy voortaan teen te staan.

In Mei 1900 het ongeveer vyftienhonderd Afrikaners in Graaff-Reinet besluit om op alle vlakke van die sakewêreld onontvanklik op te tree en om Afrikanse ondernemings te ondersteun. In die Paarl en Malmesbury het republiekgesinde Afrikaners hul eie trustmaatskappye gestig. Hulle het met boikotte teen lojalilstiese ondernemings begin, wat aansienlike probleme vir sulke ondernemings veroorsaak het. Op Stellenbosch sou die Distriksbank se bestuurder en sommige van sy kliënte later die kern vorm van 'n nasionalistiese bewegin-in-wording (sien p.324).

Bl. 214

DIE OORLOG SE LAASTE JAAR

Die finale jaar van die oorlog was vir die Boere die swaarste, omdat 'n nederlaag 'n voldonge feit was en daar geen einde was aan Kitchener se pogings om die guerrillavegters in 'n hoek vas te keer nie. Daar was egter ook suksesse waarvan die wêreld kennis geneem het. Die Boere het 'n veg-en-vlug-taktiek gevolg. In die Vrystaat het De Wet en sy manskappe 30 000 soldate ontwyk en De la Rey het die vyand nog in Maart 1902 swaar slae toegedien al het hy teen 'n oormag geveg. botha en sy manne het in Noord-Natal welslae behaal, maar 'n gebrek aan voorrade en vars perde het hulle gekortwiek.

Botha het respek afgedwing met sy moed en militêre vernuf, maar iets ernstigs het skeef geloop tussen hom en die Vrystaatse leiers. Steyn, Hertzog en De Wet het hom dit erg verkwalik dat hy in Februarie 1901 op Middelburg, Transvaal, met Kitchener oor vrede gepraat het sonder om hulle te ken. ('n Paar dae later het Londense koerantopskrifte dit uitgebasuin dat Botha oorgegee het.) Hiermee het Botha die saad gesaai van wantroue in hom wat hom tot sy dood in 1919 sou pla.

Vir die bittereinders was dit al moeiliker om voort te gaan. Die ammunisie was uitgeput en die manne was lliggaamlik en geestelik gedaan. Aan die einde van 1901 het Kitchener gelas dat daar nie meer vroue en kinders na die kampe gestuur moet word nie. Diegene wat die kampe wou verlaat, sou aan die kommando's oorhandig word. Kos was so skaars dat die taak om nou ook die vroue en kinders te voed, 'n groot ekstra las sou beteken. In Transvaal was daar 2 540 families waarvoor die kommando's moes sorg.

Teen Maart 1902 het die gedagte aan die naderende winter vrese laat ontstaan oor hoe die vroue en kinders wat in die veld rondswerf, dit sou oorleef. Daar was ook 'n groter gevaar. Swart mense het 'n groot deel van die plaasgrond beset. In Suidoos-Transvaal het 'n Zoeloemag wraak geneem oor vee wat van hulle gebuit is deur 'n Boerelaer aan te val en 56 burgers dood te maak. Die militêre vooruitsigte vir die Boeremagte het al hoe swakker geraak.

Teen die begin van 1902 het die Boeremagte gekrimp tot 10 000 Transvaalse burgers, 6 000 Vrystaatse burgers en 3 000 Kaapse rebelle, dus minder as 20 000. Ongeveer 5 000 Boere - meer as 'n kwart van die republikeinse Boere in die veld - het as joiners aan die kant van die Britte geveg. In die laaste vyf maande van die oorlog het die aantal joiners meer as verdriedubbel.

Steyn, wat steeds saam met 'n Vrystaatse kommando rondbeweeg het, was totaal uitgeput. Hy het sy manne nietemin aangemoedig om aan te hou veg. "Onafhanklikheidstryde duur lank," het hy dikwels uitgeroep. Dit is waar, het hy gesê, dat die vroue en kinders ly, maar nog eerder dit as dat die Boere, hul kinders en kleinkiners slawe van die vyand word. Toe die Britse militêre opperbevel vroeg in die herfs van 1902 afgevaardigdes van die kommando's toelaat om die voortsetting van die oorlog te bespreek, het Steyn die noodsaaklikheid beklemtoon dat die Boere nie hul selfrespek moet verloor deur om vrede te vra nie. By hierdie geleentheid het Kitchener verklaar: "He is head and shoulders over the rest and has great influence."

Bl. 215

'N EINDE "BITERDER AS WAT ONS OOIT GEDINK HET"

In die tweede helfte van Mei 1902 het sestig Boereleiers met Britse verlof by Vereeniging vergader om oor vrede te besluit. Elkeen was 'n gevolmagtige wat self kon besluit of hy en sy kommando sou aanhou veg of vrede maak. Die Vrystaters wat nog steeds gekant teen vrede sluit, maar hul saak is baie verswak deurdat Steyn se gesondheid amper heeltemal in duie gestort het en hy hom moes onttrek.

Die afgevaardigdes het eers besin oor wat hulle sou prysgee om iets van hul onafhanklikheid te behou. R.W. Reitz, staatsekretaris van die ZAR, ondersteun deur Botha, h et sekere voorstelle gemaak: Hulle Swaziland en eie buitelandse betrekkinge p rysgee. Hulle kan selfs die Witwatersrand en al die goud aan die Britte gee, wat hulle sal bevry van al die geld wat die Boere se karakter so besoedel het en die "drankjode" (Jode wat aan die drankhandel deelgeneem het), Die Britte het 'n semi-onafhanklike staat onder 'n Britse protektoraat summier verwerp.

Twee opsies het oorgebly: Oorgawe of die hervatting van die stryd met 'n veel swakker mag. Smuts het 'n belangrike rol in die debat begin speel. Hy het besluit dat 'n Afrikanerrepublik in Suid-Afrika, wat die Kaapkolonie insluit, nie meer moontlik is nie. Hy het nou 'n nuwe visie gehad: 'n verenigde, grootliks selfstandige Suid-Afrika as deel van die Britse ryk. Om sy mede-afgevaardigdes te oorreed, het hy vertel van 'n gesprek met Kitchener, wat aan hom gesê het 'n Liberale regering sou moontlik ná die volgende verkiesing in Brittanje aan die bewind kom en dié sou selfregering aan die verslane republieke gee.

Die gevaar het bestaan dat Milner 'n vernederende vrede sou bewerkstellig en dat die bittereinderleiers daardeur al hul geloofwaardigheid sou verloor. Privaat het Milner voorgestel dat dié leiers verban en hul eiendom gekonfiskeer word. Maar die militêre gesagvoerders was moeg van Milner se onversetlikheid. Kitchener  het aan die Britse regering gerapporteer dat Brittanje die opbou van Suid-Afrika op die blankes en op die Afrikaners in die besonder moet laat berus. Die beste toekomstige bondgenote onder hulle, het Kitchener gesê, is nie Milner se Afrikaner-"lojaliste" nie, maar wel die Boerekrygers en hul ondersteuners.

Die Britte het sekere toegewings gemaak. Hulle het byvoorbeeld beloof om die Kaapse rebelle nie te strent te straf nie (hulle is hul stemreg vir vyf jaar ontneem), 'n aanbod wat miskien nie weer herhaal sou word nie. Dan was daar ook die somber moontlikheid dat, as die oorlog sou voortsleep, meer Afrikaners teen die republikeinse magte as saam met hulle sou veg.

Om vrede te bespoedig, het die Britte nog 'n belangrike toegewing gemaak. Voordat die oorlog in 1899 uitgebreek het, het Milner en Chamberlain verklaar dat swart en bruin gemeenskappe se aandrang op politieke regte ná die oorlog simpatiek oorweeg sou word: "beskawing" en nie kleur nie, sou die toets vir burgerreg wees. Chamberlain het die Britse Parlement verseker dat 'n oorwinning gelyke regte en vryhede vir almal in Suid-Afrika sou bring. Brittanje sou nie 'n "skandelike vrede" koop nie.

Maar Chamberlain en Milner se verbintenis tot 'n nie-rassige politieke stelsel was oppervlakkig. In private gesprekke het Milner versoening tussen die twee wit gemeenskappe vooropgestel. "You only have to sacrifice 'the nigger' absolutely and the game is easy," het hy geskryf.

Bl. 216

In Februarie 1901 het die kwessie van swart stemreg in Transvaal en die OVS in gesprekke tussen Kitchener en Botha ter sprake gekom. Hulle het saamgestem dat uitsluitsel daaroor eers verkry sou kon word met die invoer van selfregering in die toekoms. Die Britse regering het later aangedui dat die swartes so beperk sou word dat die witmense 'n goeie oorwig geniet. Dit het beteken dat sommige swartes wel die stemreg sou kry, 'n beleid waarteen die Boereleiers heftig gekant was.

Nou, met vrede 'n besliste moontlikheid, het die Britte omgeswaai. By Vereeniging het die Britse onderhandelaars Smuts die geleentheid gegee om 'n voorstel ter tafel te lê. Sy formulering was: "Oor die stemreg van vir swartes sal eers besluit word n á die instelling van selfregering." die klein woordjie "ná" het 'n groot verskil gemaak. Dit is aan die Boere oorgelaat om oor swart stemreg te besluit nadat hulle die mag in selfregerende kolonies oorgeneem het. Daar was feitlik geen kans dat hulle die stemreg aan swartes sou toestaan nie. Die imperiale regering het die Smuts-formule sonder teenstribbeling aanvaar. Soos Keith Hancock, Smuts se biograaf, geskryf het: "Surrender was not all on the Boer side."

Die taak om die Boere-afgevaardigdes by Vereeniging te oorreed om vrede te maak, het veral op die skouers van Botha, bygestaan deur Smuts en De la Rey, geval. De Wet het die saak vir die voortsetting van die stryd die sterkste gestel. Die republieke is die hoeksteen van die Afrikaners se mag en kulturele krag in die hoorde, het De Wet betoog. As hulle verdwyn, sou die Afrikanervolk nie self vernietig word nie? Hy en genl. Hertzog het saam met 6 000 Vrystaatse guerrillavegters vergader. "Op die vergaderings is een stem, soos van donder, vir onafhanklikheid verhef, Die besluit was: 'Hou aan. Ons het alles veil gehad, en het dit nog'. Geeneen het anders gepraat nie. Dan is daar vir my maar een weg oop." Genl. Jan Kemp van Krugersdorp wou ook die stryd voortsit. Milner, het hy gesê het duidelik laat blyk dat hy net een taal in Suid-Afrika wil heê. "Dit is duidelik dat hulle die hele Afrikanerdom ten onder wil bring en verengels."

Botha se argument was dat die Boere moet oorgee voordat hulle stryd hulle self en hul volk vernietig. In die laaste jaar het die stryd "geen treetjie" vordering gemaak nie en 6 000 man het gesneuwel of is gevang. Daar is geen hulp van die Kaap of Europa te wagte nie, blokhuise en draadlinies beperk al hoe meer hul beweeglikheid, die vroue en kinders in die kampe of in die veld is 'n steeds groter bron van kommer en die perde is uitgeput. Hy het vervolg: Daar is gesê dat ons moet veg tot die 'bitter einde'. Maar niemand sê waar dié bitter einde is nie. Is dit waar iedereen in sy graf lê of verban is? Doen ons dit en handel ons daarvolgens, dan word ons oorsaak van die dood van ons volk. Is die bitter einde nie daar waar die volk gestryhet to hy nie meer kon nie?"

De la Rey was kort en kragtig. "As daar redding is vir die Afrikaanse volk, gaan ek mee, en as daar 'n graf vir die volk gegrawe moet word, dan gaan ek ook saam met die volk daarin." Maar die volk was van alles "ontroof". Daar is "nie een uit honderd" wat hom self kan help nie. "Indien ons besluit om voort te gaan met die oorlog sonder gronde vir ons, dan sal die einde oneervol wees." Hy het kategories verklaar dat die vergadering die einde van die oorlog is. Dié stelling is ook gemaak deur Hertzog, wat as 'n vertroueling van Steyn invloed onder die Vrystaters gehad het. Hy het sy spyt uitgespreek dat die vergadering ooit plaasgevind het. "Hierdie vergadering gee ons 'n nekslag." Die geskilderde prentjie het burgers wat nog moed gehad het, swaarmoedig gemaak en "honderde en duisende" sal nou na die vyand oorgaan.

Bl. 217

 Die laaste debat is op die namiddag van 30 Mei gehou. Hier het Jan Smuts 'n toespraak gehou wat waarskynlik bygedra het tot die groot mate van eenstemmigheid wat bereik is. Hy het begin deur te sê dat ie stryd militêr nog voortgesit kan word en dat die Boere met hul dapper offisiere nog ''n onoorwonne krygsmag" is. Die afgevaardigdes verteenwoordig egter nie net hul kommando's nie, maar die Afrikaanse volk*, "nie alleen daardie deel wat tans in die veld is nie, maar ook daardie deel wat reeds onder die aarde rus en daardie deel wat ná ons sal bestaan". Hulle roep almal om stappe te vermy wat k an lei tot die ondergang en uitroeiing van die volk.

Die implikasie in Smuts se toespraak was dat onafhanklikheid nie die hoogste waarde in 'n volk se stryd om oorlewing is nie. Hy het gesê: "Ons moenie die Afrikaanse volk vir die onafhanklikheid opoffer nie. Wanneer ons oortuig is dat daar menslikerwyse gesproke geen redelike kans is om ons onafhanklikheid as republieke te behou nie, dan word dit ook ons duidelike plig om die stryd te staak sodat ons nie miskien ons volk, ons toekoms, opoffer vir 'n blote idee wat nie meer verwesenlik kan word nie."

Hy het afgesluit met die roerende pleidooi. "Broers, ons het besluit om tot die bittere einde te staan; laat ons soos manne erken dat daardie einde vir ons gekom het, in bitterder vorm gekom het as wat ons ooit gedink het. Vir 'n ieder van ons sou die dood 'n soeter en sagter einde gewees het as die stap waartoe ons nou sal moet oorgaan. Niemand sal my ooit oortuig dat die ongeëwenaarde opofferinge tevergeefs sal wees nie. Die vryheidsoorlog van Suid-Afrika is gestry, nie alleen vir die Boere nie, maar vir die ganse volk van Suid.Afrika."

Maar as die onafhanklikheid verlore was, wat het oorgebly as grondslag vir 'n verenigde volk? Hoewel die taalkwessie verskeie kere genoem is, het net een afgevaardigde die behoud van die taal as grondslag voorgestel. Hy was Jozua Francois Naudé, 'n jong Afrikaanse onderwyser in Transvaal en sestien jaar later medestigter van die Afrikaanse Broederbond. Hy het gesê dat die bittereindes in die veld daarop aangedring het dat die onafhanklikheid nie prysgegee word nie. As daar wel oor vrede onderhandel moet word, moet die voorwaarde wees dat "hulle hul wapens kan behou, en dat die regte van die Hollandse taal, wat van soveel betekenis vir die volk is en 'n kanaal waardeur die volk weer volk kan word, gewaarborg sal word". Hy het nie die vredesverdrag onderteken nie.

Op die kritieke oomblilk het Botha en De la Rey privaat vir De Wet, wat in die plek van Steyn as Vrystaatse leier waargeneem het, oorreed om oor te gee. Dit is moontlik dat Botha daarop gesinspeel het dat hulle die militêre stryd sou hervat wanneer Engeland eendag in die moeilikheid is. Steyn het later beweer dat Smuts in 'n brief aan hom so  iets gemeld het. Die Vrystaatse leiers was minder krities teenoor Smuts as teenoor Botha, maar in die familie van David van Coller, 'n Vrystaatse bittereinder en 'n afgevaardige by Vereeniging, is vertel dat agterdog onder die Vrystaters gewek is deur 'n private gesprek by hierdie geleentheid tussen Kitchener en Smuts.

Die vredesvoorwaardes het ingesluit dat die ZAR- en OVS-burgers die Britse monarg erken as wettige heerser. Krygsgevangenes sou gerepatrieer word mits hulle Britse burgers word. Alle burgers wat oorgee en ook gerepatrieerdes se persoonlike vryheid en be-

* In die oorspronklike Hollandse weergawe gebruik Smuts die term "Afrikaansche volk" en op een plek "het gansch volk van Zuid-Afrika".

Bl. 218

sittings sou gewaarborg word en hulle sou gewere wat vir hul beskerming nodig is, kon behou mits hulle gelisensieer is. Nederlands sou in die skole van Transvaal en die OVS as vak onderrig word mits die ouers dit verlang. Brittanje h et onderneem om die militêre regering so gou moontlik deur 'n burgerlike bestuur te vervang, en geen besluit sou oor die stemreg vir swartes geneem word voor die instelling van verteenwoordigende bestuur nie. Brittanje sou 'n rehabilitasiefonds van £3 000 000 beskikbaar stel vir gerepatrieerde en hulpbehoewende burgers.

Op 31 Mei het die vergadering met 54 teen 6 stemme besluit om hierdie voorwaardes te aanvaar. Die afgevaardiges het in 'n verklaring volgehou dat hulle "op grond nie alleen van reg, maar ook die groot stoflike en persoonlike opoffering" op onafhanklikheid geregtig is. Die Britse "krygspolitiek" het die republlieke se grondgebied verwoes, alle bestaansmiddele vernietig, alle hulpbronne uitgeput. Die vegtende burgers is met "totale stoflike ondergang" bedreig. Die afsterwe van meer as 20 000 dierbares in die kampe, het die "afgryslike vooruitsig" laat ontstaan dat "'n ganse geslag" kan uitsterf.

Nadat die besluit geneem is, was daar volgens die amptelike notule "nie baie droë oë in die tent nie". Waarnemende ZAR-president Schalk Burger het die laaste woord gespreek: "Ons moet geneë wees om te vergewe en te vergeet wanneer ons ons broer ontmoet. Die deel van die volk wat ontrou was, mag ons nie verstoor nie." Almal het besef dat eenheid noodsaaklik is vir die stryd se voortsetting.

Op die aand van 31 Mei het die afgevaardigdes van die strydende partye die vredesverdrag in Pretoria onderteken. Kitchener het al die Boere-afgevaardigdes h andgegee en gesê: "We are good friends now." Op sy siekbed het Steyn van die voorwaardes en die rehabililtasie- of kompensasiefonds gehoor. Toe Jack Brebner, een van sy troue ondersteuners, hom van die kompensasiefonds sê, was sy reaksie: "Julle vrotterds, Jack! Magtig, Jack! Julle het die volk vir drie miljoen verkoop." Hy het ook gesê: "My hand op papier sit waarop ek die onafhanklikheid van my volk prysgee - dit doen ek nooit."

Die bittereinde-fase van die oorlog het die gang van die geskiedenis verander. In 1899 was die Boere se reputasie op die spel: hoe sterk is hul republikeinse verbintenis en hoe duur die prys wat hulle vir onafhanklikheid sou betaal? Milner het vas geglo dat die Boere se eiendom vir hulle belangriker is as hul liefde vir die republieke. En as die Boere die stryd in Junie 1900 laat vaar het, souo hierdie oordeel korrek gewees het. Die moed en deursettingsvermoë van die bittereindes het die verskil gemaak, soos wat Kitchener self erken het. Smuts het in sy Memoirs of the South African War geskryf dat "every child to be born in South Africa, was to have a proud self-respect and a more erect carriage befote the nations of the world".

Maar die Boere het 'n verpletterende nederlaag gely. Ongeveer 5 000 het gesneuwel en meer as 26 000 vroue en kinders het in die kampe gesterf. ('n Tiende van die republieke se burgerlike bevolking het gesterf.) Die verwoesting van die plase en die verlies van vee word in die volgende hoofstuk beskryf. Campbell-Bannerman het na die toneel buite die dorpe en stede verwys as 'n "howling wilderness" en Milner het dit beskryf as "virtually a desert, almost the whole population living in refugee camps along the railway line".

Die leiers van die Boere het gesukkel om weer op die been te kom. Paul Kruger het in 1904 in ballilngskap gesterf. Steyn se gesondheid is geknak en hy kon nie aan die

Bl. 219

 politiek deelneem nie. De Wet en De la Rey het na hul onderskeie plase teruggekeer; Hertzog en Smuts het as regsgeleerdes in onderskeidelik Bloemfontein en Pretoria 'n loopbaan probeer opbou. Soos die ander, was Smuts ná die oorlog baie terneergedruk. Hy het aan Abraham Fischer geskryf die ligpunt is dat die Afrikaners meer met mekaar eens is as tevore en oor die Hele Suid-Afrika kan saamwerk. Maar hy het voortgegaan: "Daar is egter ook jare van groot gevaar - deels omdat ons mense so diep, so peilloos diep, geval het in armoede en ellende, deels omdat die ander kant deur die onderwysstelsel alles sal doen om die opgroeiende geslag te Angliseer. Dit is ons plig om hierteen te waak en daarom is ek so ernstig dat ons self vir die pvoeding van ons kinders m oet sorg."

BRITS MET "GEBROKE ENGELS EN 'N GEBROKE HART"

Milner en Chamberlain wou 'n Britse Suid-Afrika bou, nou verbonde met en ondergeskik aan Londen, wat so lank as moontlik die reg sou behou om imperiale amptenare in Suid-Afrika aan te stel en ontslaan. Hul groot oogmerk was die vereniging van al vier kolonies onder Britse beskerming en toesig, met Milner aan die stuur. Dit was die era van "great Empires and not for little States", het Chamberlain geskryf.

Milner was nou nie alleen hoë kommissaris van die Kaapkolonie nie, maar ook goewerneur van die Transvaalse kolonie en die Oranjerivierkolonie. Deels omdat so baie rebelle die stemreg ontneem is, het die Progressiewe die 1904-verkiesing in die Kaapkolonie onder die leiding van Leander Starr Jameson gewen. Die regerings in al vier kolonies was gereed om hul steun aan Milner te gee. Hy kon staatmaak op 'n span intelligente Oxford-graduandi, "Milner's Kindergarten" genoem, wat uit Engeland gebring is om die heropbou te reël en imperiale oogmerke te bevorder.

Milner wou 'n nuwe Suid-Afrikaanse staat volgens 'n kapitalistiese stelsel en met 'n doeltreffende, professionele s taatsdiens opbou. Wit mense moes swartes goed en regverdig regeer aangesien hulle "baie trappe bo swartes verhewe is" en dit nog "eeue" sou duur voordat die swartes die wit mense inhaal. Die Britse regering het dadelik ná die oorlog 'n baie strenger beleid teen swart mense gevolg. Die polisie het die paswette toegepas en werkgewers het hulle ingeroep om stakings te onderdruk. Die magnate het hulle nie aan klagtes oor swart kampongs gesteur nie.

Veral op die platteland het die Britse bewindsoorname 'n groot verskil gemaak. Brittanje het met sy beleid van verskroeide aarde die Afrikanerboere byna uitgewis. Die lang oorlog het meegebring dat swartes in groot dele, veral in Transvaal, baie van die plase beset en die boere se vee vir hulle toegeëien het. Die Britte het in die oorlog op groot skaal van swartes gebruik gemaak, maar  hulle het nou geen plek vir swart kleinboere gehad nie. Hulle wou kommersiële boerdery hê en die boere moes wit wees.

Die Britse bewind in die twee kolonies het dadelik begin om swart mense te ontwapen en hulle te verplig om hulle aan die boere te verhuur as arbeiders wat op die plaas gewerk en 'n stuk grond gehuur het. Die reëlings het van plaas tot plaas gewissel. Die nuwe bewind het ook veel doeltreffender as sy voorganger belasting van swartes ingesamel. Sonder hierdie beslissende tussenkoms sou Transvaal moeilik weer "witmansland" geword het. Louis Botha het voor 'n kommissie sy tevredenheid uitgespreek:

Bl. 220

"Wel, die Kaffers begin sien dat die Boere net soveel baas is as die ander wit mense. En dat die twee rasse (Boer en Brit) saamstaan."

Onder Milner se administrasie is wetenskaplike boerderymetodes aangemoedig. Daar is 'n departement van landbou in die lewe geroep, asook 'n sentrum vir veeartsenykunde by Onderstepoort en 'n landbank, alma in Transvaal. As daar van versoening is ongeveer £16 000 000 bestee om Boere weer terug op hul plase te kry. Teen 1910 kon Transvaal mielies uitvoer, maar immigrante het waarskynlik 'n groot deel hiervan gelewer.

Milner het die aanvoorwerk vir die politieke eenwording van die vir kolonies gedoen. In 1903 het hy 'n enkele spoorwegstelsel ingevoer, 'n voorlopige tolunie gevorm en 'n kommissie aangestel om 'n beleid te formuleer wat wit heerskappy in Suid-Afrika stewig sou vestig. Hy het die staatsdiens van die nuwe kolonies gemoderniseer, nuwe munisipaliteite op die been gebring en besproeiing- en bosbouskemas van stapel gestuur.

Maar Milner se beweegruime was beperk, ondanks al sy mag. Brittanje moes daarmee rekening hou dat die wit gemeenskap in Suid-Afrika al 'n halfeeu daaraan gewoond was om self die mag uit te oefen. Brittanje sou spoedig selfregering vir die gewese republieke moes instel. Milner het dit geweet en wou so gou moontlik grootskeepse immigrasie uit Brittanje bewerkstellig sodat daar 'n inskiklike en lojale wit kieserskorps sou wees. Hy het gewaarsku dat as die Afrikaners teen twee Britte te staan sou kom, daar "perpertual difficulty" sou wees.

Milner se plan om baie Britse immigrante te werf, het misluk. Net 1 400 gesinne het gekom en hy moes sy hoop nou vestig op die verengelsing van die kinders in die Transvaalse en Vrystaatse skole. Milner het in die onderhandelinge reguit aan die Boereleiers gesê dat hy net een publieke taal in Suid-Afrika wil hê en dit is Engels.

Hy het Engels as enigste amptelike taal geproklameer, ook as die enigste onderrigtaal in skole. Drie uur per week is afgestaan aan Bybelstudie in Hollands en vir Hollands as taal, maar slegs as die ouers dit versoek het. Hy het streng opdrag gegee dat die imperiale ideologie in skole bevorder moet word deur die aanstelling van geskikte onderwysers en deur 'n nuwe kurrikulum. 'n Klassieke stelling van Milner het gelui: "Language is important, but the tone and spirit is even more important." En verder: "A good world-history would be worth anything ... Everything that cramps and confines their (Suid-Afrikaanse kinders se) views to South Africa only ... makes for Afrikanerdom and further discorm."

E.B. Sargant, waarnemende direkteur van onderwys vir die nuwe kolonies, was besiel met die gedagte om Afrikanerkinders indringend bloot te stel aan "the greatness of the English imperial idea" en aan die Britse taal en ideale. Seshonderd Britse onderwysers is ingevoer om aan hierdie nuwe imperiale projek deel te neem. Sargant het aan onderwysers opdrag gegee om die kinders so omvattend moontlik te indoktrineer. Alle opvoeding moes volgens hom 'n politieke oogmerk hê, sodat politieke partye onnodig sou wees.

Milner was seker dat die Afrikanernasionalilste nie sy plan kon fnuik nie. Hy het gedink dit is 'n illusie dat die Afrikaners baie omgee vir "the great Afrikaner nation". Hy was salig onbewus daarvan dat sy beleid die teelaarde vir nasionalisme sou wees.

Bl. 221

Van die kantlyn het Smuts sy pogings dopgehou en meewarig geskryf: "Milner droom van 'n Britse Suid-Afrika - lojaal in gebroke Engels en gelukkig met 'n gebroke hart."

MILNER SE ONVERVULDE DROME

Om blywende britse dominasie te vestig, moes Milner drie dinge doen: Hy moes die Engelssprekendes in die land verenig as 'n politieke blok; die Afrikaners verdeel deur lojaliste en nasionaliste, hendsoppers en bittereindes tee mekaar uit te speel; en snelle ekonomiese groei bevorder. Dit was die laaste van hierdie doelstellings wat al sy planne in die war gestuur het.

Vinnige groei het afgehang van die goudmyn, wat 90% van die Transvaalse belastinginkomste gelewer het. Toe Milner ná die oorlog oorneem, was daar 'n nypende tekort aan swart arbeid op die myne, veral omdat swartes gedurende die oorlog veel hoër lone betaal is as vantevore. Die ryker riwee was reeds uitgeput en die armer riwwe het laer opbrengs gelewer. Wins was afhanklik van 'n goedkoop swart arbeidsmag. In 1900 het die Kamer van Mynwese swart lone met byna 'n kwart besnoei. Met Milner se steun het dit die Witwatersrand Native Labour Association gestig as werwingsagentskap wat, deur myne te verplig om saam te speel, by almal lae lone wou teweegbring.

Mynwerk was gevaarlik. In 1903 was die gemiddelde sterftekoers per duisend werkers 70 en in Julie van daardie jaar was dit 113. Naas mynongelukke was baie sterftes te wyte aan meningitis, veroorsaak deur die skrikwekkende omstandighede in die kampongs en die swak kos. Die mynwerkers, wat meesal van Mosambiek gekom het, was nie bereid om onder dié omstandighede te werk vir lone net effens hoër as plaaslone nie. 'n Groeiende arbeidstekort het wins - en belastinginkomste - afgedruk.

Milner het nie gehuiwer om in te spring nie. Hy het gemeen hy het 'n plig teenoor die werkgewers en die wit bevolking, "whose well-being is in a hundred ways so deeply affected by die prosperity of the mines". Hy het op versoek van die myne ingewillig om Chinese arbeiders in te voer. Hulle sou korttermyn-kontrakte kry warna hulle verplig sou word om na hul eie land terug te keer. Meer as 63 000 Chinese het gekom en teen 1905 het hulle 'n derde van die arbeidsmag verteenwoordig. Hul lone was skandalig laag en die werks- en lewensomstandighede uiters power. Gou het hul beskuldigings opgeklink dat die Chinese "slawe-arbeiders" is.

Die politieke storm wat losgebars het, het Milner se ergste nagmerrie waar gemaak. Behalwe in die king van die jingo's het die mynmagnate van die middel van die negentigerjare af 'n al hoe slegter naam begin kry. Hulle is beskou as gierige  kapitaliste wat 'n groot deel van die skuld vir die oorlog moes dra, en as die mense wat die na-oorlogse versoening tussen die wit gemeenskappe bedreig het. Campbell-Bannerman se Liberale Party, wat die Britse oorlogsmetodes skerp gekritiseer het, het die kwessie van Chinese arbeid gebruik as deel van die skietgoed waarmee die party die vrkiesing in 1905 gewen  het.

Die Boereleiers het die Chinese arbeiders aangegryp om stemming teen Milner se administrasie te maak. Die kwessie het die Engelse gemeenskap in Transvaal in twee verdeel. Chamberlain het ná 'n besoek aan Suid-Afrika dié gemeenskap as "intensely

Bl. 222

loyal and imperialist" bestempel, maar die lojaliteit was nie onvoorwaardelik nie. Geskoolde arbeiders het al lank die mynmaatskappye se ongebreidelde mag gelaak, en die ingevoerde Chinese arbeid het hulle verder vervreem.  Hulle het 'n werkersparty gevorm. 'n Ander groep Engelssprekendes, die "Responsibles", het hulle vir die spoedige invoer van selfregering beywer. Hierteenoor het die sogenaamde "Progressives", wat die meeste mynmagnate ingesluit, Milner ondersteun.

Milner het hom ook die onguns van 'n groep engelssprekendes in die Kaap op die hals gehaal. Hy wou graag die grondwet van die kolonie opgeskort hou terwyl hy aan die unifikasieprojek werk, maar daar was min Kaapse kiesers wat hul vryhede so maklik sou inboet. Merriman het so iets as "a raid upon the liberties of the country" bestempel en hy i s selfs deur sir Gordon Springg gesteun. Leiers van Britse dominiums soos Australië en Kanada was bekommerd oor die presedent wat dit sou skep. Politici in Suid-Afrika oor taalgrense heen het begin werk aan 'n Suid-Afrikaanse Suid-Afrika, gegrond op hul idee van versoening, in die plek van Milner se Britse Suid-Afrika.

"IN ISOLASIE ONS KRAG": DOPPERS EN CNO-SKOLE

Die Afrikanerbond in die Kaapkolonie het redelik ongeskonde uit die oorlog gekom. Dit het nou die Suid-Afrikaanse Party gevorm, wat sy parlementêre vleuel geword het. Die SAP het gewerk vir die bevordering van Afrikans-Engelse eensgesindheid en 'n "federale  unie" van die vier kolonies onder die gesag van die Britse kroon. Merriman, Sauer en ander liberale het hulle gewig by die SAP ingewerp.

Die Boereleiers in die voormalige republieke het die groot kloof tussen die joiners of "national scouts", soos die Britte hulle genoem het, en die bittereinders probeer heel. Op 'n geslote vergadering van die Transvaalse NG-sinode het Louis Botha gevra dat die joiners streng berispe en dan in die gemeentes teruggeneem moet word. Dit het oor die algemeen in die gewese republieke gebeur, maar in 'n paar gevalle het die "national scouts" hul eie kerk gestig.

Die bittereindes het die lokval van kollaborasie vermy. Botha, Smuts en De la Rey het Milner se aanbod van plekke in 'n benoemde wetgewende liggaam geweier. Hulle was ook glad nie te vinde vir 'n Britse aanbod van beperkte selfbestuur ná 'n verkiesing wat boere sonder grond sou uitsluit nie. In 1903 het Botha die eerste na-oorlogse openbare vergadering gehou. In Januarie 1905 het hy die stigting van sy party, Het Volk, aangekondig; en die Vrystaters het in Mei 1906 die Orangia-Unie gestig.

Milner se onderwysbeleid het agitasie uitgelok omdat dit s ekstremisties Engels was. Hy het hiermee die Boere vervreem sonder dat hy iets vir sy saak gewen het. Die meeste Afrikaners het nie groot waarde aan onderwys geheg nie; baie kinders het net 'n jaar of twee op die skoolbanke deurgebring en ander nie veel langer nie. Vir die predikante was dit 'n ernstige saak. Kinders wat in Engels leer, kon vervreem raak van Hollands of Afrikaans en as lidmate vir die kerk verlore wees. The Pretoria News het in 1905 amper in ekstase uitgeroep: "(T)his church is dying out ... and the language of this church will in a short time disappear."

In Transvaal het die beleid ook baie van die onderwysers vervreem. Heelparty is nie weer in diens geneem nie en talle van die ander het die monopolie van Engels verwerp.

Bl. 223

Sommige van die onderwysers het nou al hul kragte agter die stigting van Christelik-nasionale skole ingewerp. Die Nederlandse leiers Groen van Prinsterer en Abraham Kuyper het in die 19de eeu hierdie soort skole vir Gereformeerdes in Nederland gepropageer. In Transvaal was die sterkste voorstanders Dopperpredikante (Gereformeerdes) en onderwysers wat eers op Burgersdorp en later op Potchefstroom gestudeer het. Twee Postma-broers was onder die leiers: Willem, predikant en die rubriekskrywer "dr. O'Kulis" in Bloemfontein, en Ferdinand, professor en later rektor op Potchefstroom. Nog 'n vooraanstaande figuur was J.D. du Toit, die digter Totius, wat ook professor op Potchefstroom geword het.

Die Doppers se invloed was buite alle verhouding tot hul getalle. Volgens die Doppers se beskouing het die volk van "Christen-Afrikaners" ontwikkel op die grondslag van Christelike beginsels. Hul benadering was om godsdiens, taal, die wetenskap en nasieskap in 'n nasionale lewens- en wêreldbeskouing te verweef. Willem Postma en ander Doppers het dit sterk beklemtoon dat die behoud van die taal in 'n sentrale plek in die skool en kerk die enigste wyse sou wees om 'n sterk, afsonderlike kerk en volk te bou. Vat die taal weg en die Afrikaners word Engelse en ook afvallig van die kerk. Potchefstroom was die eerste en lank die enigste instelling vir hoër onderwys wat Hollands gebruik het. Ferdinand Postma het die onderrig van 'n nasionalistiese Afrikanergeskiedenis voorgestaan as teenvoeter vir die imperialistiese interpretasie.

"In isolasie lê ons krag" was dus die leuse. Nie net moes Afrikaners en engelse apart bly en leef nie, maar ook wit en swart. Swart nasies kon hul eie skole, kerke, universiteite en parlemente in hul eie gebiede hê, maar as hulle in die wit gebied kom, "moet hulle werk en nie tennis speel nie".

Ook in ander Afrikaanse kerke en skole het die nasionalistiese beskouings gegroei. Omtrent alle Afrikaners van Calviniste. Anders as die Rooms-Katolisisme en die Lutheranisme beklemtoon die Calvinisme die herrangskikking van die wêreld ooreenkomstig beginsels wat van die Bybel afgelei of daarin gelees word. In verskeie lande het 'n aktivistiese Calvinisme verweef met 'n etniese nasionalisme 'n kragtige mengsel gevorm. Teen 1905 het Milner hoogs bekommerd begin raak. "(The) Afrikaner doctrine emanates essentially from the towns and agricultural middle class and is pumped into the country Boers ... It is quite certain that, but for the influence of parsons, doctors, attorneys, law agents, journalists and the more educated and town-frequenting of their own class, the country Boers would not be irreconcilable."

Botha en Smuts het besef dat Christelik-nasionale private skole hulle uitstekend leen tot die opbou van 'n politieke steungroep, sonder om direk met die owerheid te bots. Smuts het met kerkleiers saamgewerk om die Kommissie Vhristelik-nasionale Onderwys (CNO) in Transvaal te stig en hierdie skole  het met hulp uit Nederland vinnig in die gewese republieke vermeerder. Die hoofbeginsels van CNO was: verantwoordelikheid teenoor die ouers vir hul kinders se opvoeding en 'n Protestants-Christelike gees in skole, of, soos een van die voorstanders dit gestel het: "God se hand in die geskiedenis van ons mense ... en ons voorgeslagte se geskiedenis, taal en tradisies."

Teen 1905 was daar 228 sulke skole in Transvaal met 419 onderwysers en 9 335 leerlinge teenoor ongeveer 33 000 kinders in die staat se skole. CNO-skole het Hollands in die vroeë standerds gebruik en daarna Engels geleidelik as tweede medium ingebring met die oog daarop om in die vyfde skooljaar gelyk te trek.

Bl. 224

In Januarie 1905 het Smuts na Engeland gegaan, waar die Liberale onder Henry Campbell-Bannerman pas aan die bewind gekom het. In sy vertoë het Smuts die politieke konflik uitgebeeld as 'n stryd tussen die mynmagnate en die "permanente bevolking van die land, sowel Engelse as Afrikaners". Ná Smuts se beraadslaging met Campbell-Bannerman het die kabinet besluit om selfregering aan die oorwonne republieke te verleen. Sy lewe lank het Smuts dit bestempel as 'n "grootmoedige gebaar" amper sonder gelyke. Maar die Liberale was gretig om hulle van die gemors van Milner se Chinese arbeidsbeleid los te maak. 'n Goedgesinde r egering in Transvaal sou dit ook onnodig maak dat Brittanje die beheer behou om na sy belange om te sien.

'n Oorwinning vir Het Volk in die eerste verkiesing in 1907 in Transvaal  was glad nie 'n uitgemaakte saak nie. Afrikaners het volgens sommige berekeninge slegs die helfte van die wit kieserskorps uitgemaak. Dit sou die party dus nie baat om te veel klem op taal en kultuur te lê nie, en terwy Het Volk gesorg het dat dit Afrikanereenheid behou, het die party sy net wyd uitgegooi om gematigde Engelse te vang.

Het Volk het die voertaalkwessie nie te veel geopper nie. F.V. Engelenburg, biograaf van Botha, het in 1929 geskryf dat die Engelssprekendes uitgebars het van verontwaardiging as daar sprake was dat hul kinders Hollands moet leer: "It is hard to understand today how English-speaking South Africans could regard it as a humiliation that their offspring should be obliged to learn the other language."

In die OVS was daar nooit baie Boerekinders in die CNO-skole nie - teen 1907 was daar slegs 700. Botha het Hertzog gekritiseer weens sy gebrekkige verbintenis tot die nasionale taak, en die koerante wat hom ondersteun het, het gewaarsku teen die "selfmoord" van die taal, volk en godsdiens. Weens gebrek aan geld het die CNO-skole se getalle in Transvaal teen 1906 met 'n derde afgeneem. Die CNO-drukgroep het egter gehoop dat die nuwe staat die CNO-skole sou subsidieer.

HET VOLK SE POLITIEK: VERSOENING BO TAAL

Met 'n verkiesing om die draai waarin die Het Volk-party Engelse steun nodig gehad het, het Botha en Smuts besluit om die CNO-skole nie langer te ondersteun nie. Vir hulle was dit belangriker dat die onderwys gebruik word om die twee wit gemeenskappe met mekaar te versoen. Botha het aangekondig dat toegewings oor die onderwys gemaak moet word. Van groter belang was die groter ideaal om een gemeenskap uit die blankes te vorm.

'n Ander faktor wat swaar by Het Volk getel het, was die gebrekkige toestand van die onderwys. In 1909 het slegs 26 Afrikaners uit 'n totaal van 300 blankes in die hoogste eksamen vir die finale standerd in die Transvaalse skole geslaag. Veral Smuts het sterk gevoel dat die onderwys in die eerste plek vir werk in die dorpe en stede moet voorberei. en die taal van die werkplek in die dorpe en stede was Engels.

Die taalkwessie was Het Volk se swak punt. Botha het feitlik geen formele onderwys ontvang nie en kon eers laat in sy lewe 'n toespraak in Engels hou. Tog het hy salig onbewus gebly van hoe belangrik die taal as strydvraag kon word. Daar word vertel dat hy baie in sy skik was met die wyse waarop die Departement van Landbou boere deur mddel van plakkate op stasies ingelig het, maar dat iemand hom daarop moes wys dat die plakkate in Engels is - 'n taal wat die meeste boere nie verstaan nie.

Bl. 225

Die raaisel is waarom Smuts, wat politieke tameletjies so knap gehanteer het, hom en sy party so kwesbaar gemaak het. Hy was nie onverskillig oor taal nie. As student in die 1890'2 het hy oor Afrikaans geskryf dat dit nog nie 'n literêrere medium is nie, maar amper ongeëwenaard is in die voortreflike wyse waarop dit humor, die vernaamste emosies en die karakter van die mense kan uitdruk. Kort ná die oorlog het daar egter onder sy ondersteuners kommer ontstaan. Gustave Preller, een van die vroegste taalstryders, het aan Smuts se vrou, Isie, gevra waarom die generaal "nooit oor die taalkwessie praat met verwysing na ons nasionaliteit nie". In 1905 het Smuts aan 'n Australiese joernalis gesê dat Engels die offisiële taal van Suid-Afrika sal wees met Hollands "toegelaat".

Het Volk het antikapitalisme aangegryp as die vernaamste middel om Engelse steun te lok in die eerste verkiesing, wat in 1907 gehou is. Dit was 'n strategiese eerder as prinsipiële skuif. Smuts was nooit werklik antikapitalisties nie, hoewel hy 'n sterk afkeer gehad het van die rol wat sekere magnate gespeel het, soos Rhodes in die Jameson-inval en Wernher en Beit by die uitbreek van die oorlog. In 'n Eeu van onreg, wat hy help skryf het, word gepraat van kapitalisme as 'n nuwe politieke faktor in Suid-Afrika en oorsee wat mag wil verwerf en regerings aan kapitalistiese belange onderwerp.

Het Volk het die kwessie van Chinese arbeid deeglik uitgebuit, ook om die aandag af te lei van sy verwerping van stemreg vir swartes. Die party het hom as 'n gematigde party uitgebeeld wat die kapitaliste se buitensporighede aan bande wil lê. Die benadering het goed te pas gekom in gesprekke met leiers van die Britse Liberale Party, wat pro-Boer was en die kapitalistiese stelsel wou hervorm. Dit het ook die bande versterk met die liberale in die SAP in die Kaapkolonie, veral met Merriman, wat groot aansien onder Afrikaners geniet het.

In die verkiesing van 1907 het Het Volk 37 van die 69 kiesafdelings verower, met sewe Engelssprekendes onder sy suksesvolle kandidate. Botha se kabinet van ses lede het uit vier Afrikaners en twee Engelse bestaan. Hy was versigtig en het nie te veel Engelssprekende staatsamptenare deur Afrikaners vervang nie. Wat aanvanklik net 'n taktiese skuif van Botha en Smuts was, het 'n prinsipiële verbintenis tot wit eenheid in die party geword. Smuts sou aan hierdie beginsel lojaal bly tot sy dood in 1950.

Die onderwyswetgewing wat Smuts in 1907 deurgevoer het, het nie aan die verwagtinge van die CNO-voorstanders voldoen nie. Kinders sou in die vroeë skooljare moedertaalonderrig ontvang. Engels sou geleidelik ingebring word en van die sesde jaar af die medium van onderrig wees met uitsondering van twee vakke waar die voertaal Hollands was. Engelse skole het geen verpligting gehad om in Hollands onderrig te gee nie. Die wetgewing het ook geen melding gemaak van die aanbied van geskiedenis op so 'n wyse dat nasionale gevoelens aangewakker sou word nie. Van die skole is verwag dat hulle met die imperiale vertolking van die geskiedenis sou voortgaan.

Onder Afrikanernasionaliste het gou groot bedenkinge oor Het Volk se beleid ontstaan. Botha het in 1908 teenoor die Britse hoë kommissaris gekla dat Hollanders, Krugergesindes en baie predikante in 'n "wanhopige sameswering" betrokke is teen sy beleid van "hegter eenheid en versoening". De Vereeniging, die blad van die NG Kerk, het geskryf: "Ons moet ons politieke, nasionale, godsdienstige en opvoedkundige verlossing op eg Afrikaanse wyse soek."

Die leiers van Het Volk, stewig ind ie saal, het gou hul antikapitalistiese retoriek ge-

Bl. 226

los en die mynmagnate oortuig dat hulle in 'n stabiele en doeltreffende omgewing sou kon voortgaan. Deur die invoer van Chinese arbeid, is die bedingingskrag van swart mynwerkers om hoër lone ondergrawe en hulle was verplig om lae lone te aanvaar. Botha en Smuts wou dadelik met die opbou van 'n nuwe staat begin. Belasting op die myne, hoewel nie baie hoog nie, was die grootste bron van inkomste. Dit is aangewend vir die verbetering vand ie infrastruktuur, 'n goeie wit onderwysstelsel en die modernisering van die landbou. Dit was alles belangrik vir die Afrikaners, wt nou vinnig verstedelik het omdat die plase nie meer groot getalle mense kon onderhou nie.

DIE ORANGIA-UNIE: TWEETALIGHEID AS BASIS VAN VERSOENING

Milner het besef dat hy in die Oranjerivierkolonie veel minder kans het om 'n verengelsingsbeleid te laat slaag, omdat Engelssprekendes slegs 'n tiende van die wit bevolking was. Hy het nietemin 'n groot bedrag bestee om plase te onteien waarop hy Britse immigrante geplaas het. Sy beleid het omtrent almal in die harnas gejaag, ook joiners en hendsoppers. Toe Steyn en Hertzog in 1906 die Orangia-Unie stig, het die party alle klassie en faksies aangetrek - die armes en die rykes, die joiners en bittereindes, die takhare en opgevoedes. In die verkiesing het die party 31 van die 38 setels verower. Abraham Fischer het die eerste minister geword, maar Hertzog was die invloedrykste kabinetslid. Saam met Steyn het hy agter die skerms belangrike werk gedoen.

Vir Steyn en Hertzog was die taalkwessie sentraal in hul projek om die verpletterde Boere weer op die been te bring. In sy verbete vasbeslotenheid om die oorlog tot die bitter einde te voer, is Steyn aangevuur deur die geloof dat die Britte sou neersien op die verslane Boere. Kitchener het hom probeer verseker dat die heldemoed waarmee die bittereinders geveg het, sou verseker dat dit nie gebeur nie, maar hy was nie oortuig nie.

Steyn en Hertzog het nou verklaar dat die eerbied wat die Engelssprekendes sou betoon teenoor Hollands as amptelike taal die maatstaf sou wees van hul respek vir die ander wit gemeenskap. Hertzog het verklaar dat 'n mens nie met iemand kan saamwerk wat jou taal minag nie.

By die opstel van die taalbeleid was dit nie vir Hertzog nodig om hom te veel aan die Engelse kiesers te steur nie. Die wetgewing het aan Hollands en engels gelyke status verleen as voertale ind ie staatskole. Elke kind sou onderrig in sy moedertaal kry tot standerd vier (die huidige graad 6). Die ander taal sou geleidelilk ingevoer word as aanvullende medium. Van standerd vyf af moes minstens drie vakke deur middel van Hollands onderrig word en minstens drie deur middel van Engels. W.K. Hancock, Smuts se begaafde Australiese biograaf, het dit bestempel as 'n verbeeldingryke en konstruktiewe beleid, wat 'n vennootskap tussen die twee wit gemeenskappe beoog  het.

Die Engelssprekende gemeenskap het dadelik luide krete van ontsteltenis laat hoor. Hulle kon geen rede sien waarom hul kinders Hollands moet leer nie en het die beleid as "racialist" bestempel. Hancock merk op dat dit dik vir 'n daalder was om die beleid so 'n etiket te gee. As daar "racialists" was, was dit daardie Engelssprekendes vir wie dit goed was dat Boerekinders engels leer, m aar slegs dat hulle eie kinders Hollands leer.

Die kloof tussen die Boereleiers en die twee kolonies het al hoe groter geword. Die

Bl. 227

Vrystaters het Botha nie vertrou nie. Die vertroue het verder verswak toe botha net ná die oorlog geld aan die Vrystaters stuur om 'n koerant te koop onder die voorwendsel dat dit uit sy eie sak kom. In werklikheid was dit afkomstig uit 'n ou ZAR-fonds in die buiteland (wat die bron van al die gissings oor die Kruger-miljoene was). Daar was ook die Het Volk-regering se skenking van die pas ontdekte Cullinan-diamant aan die Britse koning as simbool van die bevolking se lojaliteit en toegeneentheid. Teenoor Merriman het Steyn betekenisvol opgemerk: "It would be better if Botha did not lay the loyalty butter on so thick."

DIE BEWEGING VIR 'N VERENIGDE SUID-AFRIKA

In 1905 het Milner Suid-Afrika verlaat. Die plan om selfregering vir die twee gewese republieke in te voer, het hom laat besef dat die saak van 'n Britse Suid-Afrika verlore is. Die man wat 'n oorlog willens en wetens ontketen het, was ontnugter, nie oor die lyding wat daardeur veroorsaak is nie, maar oor die gebrek aan Britse kragdadigheid ná die oorlog. Hy  het oor die Liberale Party se voorneme om selfbestuur goed te keur, geskryf: "In the face of a volte face so complete, obviously it would not have made the slightest difference what one did. It was evidently hopeless from the first to try and make a good job of South Africa for the British people."

Afrikaners en Engelssprekendes het nou 'n Suid-Afrikaanse Suid-Afrika wat ook lid van die Britse ryk sou wees, aktief nagestreef. Reeds in 1904 het 'n Kaapse Afrikanerleier, F.S. Malan, die eerste pleidooi vir eenwording gelewer op 'n grondslag wat baie van dié Milner verskil het. Hy het tydens die oorlog met die Britse militêre owerheid gebots deurdat die koerant Ons Land, waarvan hy die redakteur was, 'n brief van twee Boerevroue gepublilseer het waarin hulle beweer het dan generaal French sy soldate toegelaat het om hul kanonne te rig op 'n huis waarin daar net Boerevroue en -kinders was. Malan het aan sy verslaggewers opdrag gegee om alle name te verwyder, maar is nogtans een jaar tronkstraf opgelê.

Malan het sy wrewel oorkom en besluit om hom vir nasionale eenheid te beywer. In 'n belangrike toespraak in September 1904 het hy "Downingstraat se invloed" of direkte Britse inmenging verwerp. Terselfdertyd het hy die republikeinse ideaal van 'n Suid-Afrikaanse federasie onder 'n eie vlag laat vaar. Ter wille van blanke eenheid was hy bereid om 'n "vry en verenigde Suid-Afrika onder die Union Jack" te aanvaar. Blanke eenheid was volgens hom slegs moontlik op die grondslag van die gelykheid van die twee wit gemeenskappe, met dieselfde geedeelde voorregte en verpligtinge. Dit het "die behoud van ons taal, kerk, sedes en gewoontes" behels.

Smuts in Pretoria en Merriman in Kaapstad was die belangrikste argitekte van die politieke eenwording van die vier kolonies. In hul korrespondensie met mekaar het hulle tot groot hoogte eenstemmigheid bereik oor hoe om die vernaamste struikelblokke te oorkom. Hul invloed in hul onderskeie kolonies het verseker dat hul mening baie gewig sou dra. Hulle het van die begin besef dat Steyn se steun baie belangrik sou wees. Hy was ná die oorlog die Afrikanerleier met die grootste aansien. (Merriman het hom steeds "President" aangespreek.)

Smuts en Merriman het met mekaar akkoord gegaan oor die breë beginsels van een-

Bl. 228

wording, t.w.: die minste inmenging uit Londen die die m eeste magte kort duskant onafhanklikheid. Intussen het die Britse pogings om die kolonies te verenig weens geskille oor invoerregte en die spoorweg skipbreuk gely. Hierdie verdeelheid het Smuts tot die verreikende gevolgtrekking laat kom dat 'n unie beter as 'n federale staat sou wees.

In Februarie 1908 het die SAP die verkiesing ind ie Kaapkolonie met 'n oorweldigende meerderheid gewen en Merriman het eerste minister geword. Ideologies was die regerende partye in die Vrystaat en Transvaal op dieselfde golflengte as die SAP. In Kaapstad het Henry Burton, 'n Engelssprekende lid van die Afrikanerbond, aan Steyn in Hollands geskryf: "God zijn dank, dat er toch nu een reeks Afrikaansche regerings van hier tot Limpopo is." Die term "Afrikaner" as 'n inklusiewe begrip was weer gewild by die gematigde Engelssprekendes.

In Mei 1908 het Smuts by 'n konferensie van die vier kolonies voorgestel dat al die kolonies se parlemente afgevaardigdes na 'n nasionale konvensie stuur om 'n grondwet vir 'n verenigde Suid-Afrika op te stel. Dit is eenparig aanvaar. Die Britse hoë kommissaris is uitgesluit uit 'n proses wat deur die Suid-Afrikaanse politici begin en bestuur is. Die hoofregter van die Kaap, sir henry de Villiers, en nie 'n verteenwoordiger van die imperiale regering nie, was die voorsitter van al die vergaderings van die nasionale konvensie, wat tussen Oktober 1908 en Mei 1909 gehou is. Slegs wit afgevaardigdes was teenwoordig. Dit het die uitsluiting van swart en bruin mense onderstreep.

Van die drie belangrikste sake was die eerste die kwessie van stemreg vir swart en bruin mense, wat in die volgende hoofstuk besrpeek word (sien pp. 251-59). Die tweede was die kwessie van die amptelike tale, en die derde die keuse tussen 'n unitêre en 'n federale stelsel en tussen 'n buigsame en onbuigsame grondwet.

Die afgevaardigdes het tot 'n unitêre, meestal buigsame konstitusie volgens die Britse Westminster-model besluit sonder inagneming van die feit dat 'n diverse en kleurbewuste samelewing soos Suid-Afrika 'n ander stelsel vereis om versoening te bevorder.

Verkiesings sou volgens die kiesafdelingselsel gehou word. Daar is geen beloning ingebou vir koalisievorming of konsensus soek nie. Die wenparty sou alles vat, tot tyd en wyl dit 'n verkiesing verloor.

Hertzog het hom op die taalkwessie toegespits. Hy het gelyke vryhede, regte en voorregte vir Engels en Hollands voorgestaan. Elke aanstelling in die nuwe regering kon volgens hom alleen geskied met inagneming van die gelykheid van die twee tale en die reg van elkle burger van die Unie om enige van die tale te mag gebruik teenoor enige amptenaar of werker van die Unie-regering. Volgens een verslag oor die debatte by die konvensie was die Engelssprekendes so onthuts dat die debat verdaag moes word.

Die mees dramatiese oomblik by die konvensie was toe Steyn toetree. Hy het, soos die gewoonte was, na die Boere en Britte as verskillende rasse verwys en die afgevaardiges gevra om "die duiwel van rassehaat" wat die land reeds so lank teister, uit te wis. Die manier om dit te doen, is om die twee tale op 'n volkome gelyke voet te plaas - in die parlement, die howe, die skole, die staatsdiens, oral. Smuts en Merriman het stilgebly. In sy dagboek meld F.S. Malan, wat op daardie tydstip nie ten gunste van volleldige tweetaligheid was nie, dat hy tot trane beweeg is.

Steyn en Hertzog het hul sin gekry. Artikel 137 van die grondwet het bepaal dat Hollands en Engels as amptelike tale op gelyke voet geplaas word en gelyke regte, voor-

Bl. 229

 regte en vryhede geniet. Vir al die dokumente, publikasies en verslae van die verigtinge van die Parlement sal albei tale gebruik word en alle wetsontwerpe, wette en kennisgewings van openbare belang sal deur die regering in albei tale uitgereik word. Gustav Preller het in The Star geskryf dat die konkrete belofte om die twee tale op 'n voetstuk van "the most perfect equality" te plaas, deurslaggewend is vir die Afrikaners se steun vir die grondwet.

Die konsepgrondwet is deur al vier kolonies goedgekeur en is as 'n wetontwerp aan die Britse parlement voorgelê, wat dit ongewysig aanvaar het. Op 31 Mei 1910 - presies agt jaar ná die Vrede van Vereeniging - is die Unie van Suid-Afrika gebore. Die Britse regering het Louis Botha gevra om voor die eerste verkiesing 'n regering te vorm. Met hul oorwig van stemme en 'n grondwet volgens die Westminster-beginsel van die "wenner vat alles", het die Afrikaners prakties die politieke koninkryk geërf mits hulle h ul getalle agter een party kon mobiliseer. Die ekonomiese koninkryk het egter nog ver buite hul bereik gelê.

'N STORIE VAN DRIE IDEOLOGIEë

In 1889  het sir Hercules Robinson, goewerneur van die Kaapkolonie, geskryf van die stryd tussen drie ideologieë: republikanisme, imperialisme en kolonialisme. In die 1890's is hulle onderskeidelik deur Kruger, Milner en Hofmeyr verpersoonlik. Republikanisme het ná die oorlog tydelik van die toneel verdwyn. Teen 1910 het imperialisme en wat Smuts die "versteurende invloed" van Downingstraat genoem het, gesneuwel. Wat oorgebly het, was wat destyds kolonialisme genoem is. Onder die sambreel van die Britse ryk het Suid-afrika nou sy eie gevoel van nasieskap ontwikkel en self sy vryhede beskerm.

Genl. Smuts en genl. Hertzog het in die dekades daarna saam die idee van kolonialisme verder ontwikkel. Veral Smuts was begeester deur die gedagte van die ryk bestaande uit 'n familie van dominiums, wat later die statebond sou word. Die dominiuims sou 'n groot mate van vryheid hê, maar hulle was onlosmaaklik aan die Britse kroon gekoppel. Smuts h et die "Britse konneksie" as noodsaaklik beskou vir versoening tussen die twee wit gemeenskappe en vir die vooruitgang van Suid-Afrika. Toe die idee van republikanisme in 1917 weer in die openbaar geopper word, het dit dit as "onsin" bestempel. Diegene wat dit voorstaan, het hy geredeneer, sou daarvoor moet veg, want die ryk sou nooit vrywillig ontbind nie. Maar Smuts sou nie 'n republiek kon wegwens nie. Dit was eng verbind met die onderwerping van die Boererepublieke en die trauma wat dit vir die Afrikaners beteken het.

Oor dit alles het nóg 'n groot vraagteken gehang. Vroeg in 1890 het Olive Schreiner Suid-Afrika se grootste uitdaging verwoord. "How, from our political states and our discordant races, can a great, a healthy, a united and an organized nation be formed?" Daar was ten spyte van al die konflik tussen wit en swart en tussen wit en bruin mense 'n band tussen hulle weens die daaglikse interaksie met mekaar. Die uitdaging is om hierop voort te bou "so that if in years to come a foreign foe should land upon her shores, and but six men were left to defend her, two English, two Dutch and two of native extraction ... would stand shoulder to shoulder fighting for a land that was their own, in which each felt ... that (he) had a stake".

Bl. 230

Die Anglo-Boereoorlog het hierdie taak oneindig moeiliker gemaak. Dit Britte het voor die oorlog valse verwagtinge by swart en bruin vir 'n grootskaalse verbetering in hul regte gewek. Ná die oorlog het die Britte hiervan vergeet en in die gewese republieke het boere as die grondbesitters herstel. Die politieke posisie van die kleurlinge het in feite verswak. Hiermee is die gebrek aan vertroue tussen die rasse vererger. Vir bruin en swart het dit gelyk of die blankes die land en sy rykdomme nie wil deel nie, maar sou veg om verreweg die grootste deel vir hulself te behou. Brittanje het niks hieraan gedoen nie. In 1909 het W.P. Schreiner, 'n broef van Olive en gewese eerste minister van die Kaapkolonie, 'n veelrassige afvaardiging na Londen gelei wat die Britse regering gevra het om die grondwet af te keur. Die regering het geweier.

Bl. 231 (Einde van die hoofstuk)

Hermann Gililomee

Die Afrikaner: 'n Biografie

Tafelberg Uitgewers

ISBN 978-0-624-04181-8