Aanpas of Sterf

"Demografie is lotsbestemming"

Teen die middel van die negentiende eeu het die Franse filosoof, Auguste Comte, geskryf: "Demografie is lotsbestemming". Die besef hiervan het skielik teen die einde van die 1960's by die Afrikaners posgevat. Op 5 Januarie 1969 het 'n voorbladberig in Die Beeld 'n "nuwe faktor" in die politiek aangekondig: die swart bevolking groei veel veinniger as wat amptelik geskat is. Die i dee van voortgesette wit beheer is sterk bevraagteken deur die faktor wat vasgevang word in die titel van 'n boek deur Nicolas Eberstadt, 'n Amerikaanse demograaf. Die titel is The Tyranny of Numbers.

Die Beeld het met kwallik onderdrukte ongeduld stelling ingeneem teen 'n adjunk-minister wat beweer dat swart getalle vir die apartheidsbeleid eintlik nie belangrik is nie. Dit het geskryf: "Vir die uitvoering van ons beleid is getalle so klaarblyklik van die allergrootste belang dat dit moeitlik gaan om ons geduld te behou met mense wat hierdie feit wil kamoefleer." Hennie Coetzee, 'n gerespekteerde Potchefstroomse volkekukndige, het geskryf dat die fundamentele aannames van die beleid bevraagteken word.

Volgens Jan Sadie se projeksies van 1951, wat aan die beleid ten grondslag gelê het, is 18,9 miljoen swart mense in die jaar 2000 verwag. Daar was egter nou teen 1970 reeds byna soveel. Teen 2000 sou daar twaalf miljoen meer swart mense wees as wat Sadie en die apartheidsbeplanners in die vroeë 1950's verwag het. Net h ierdie "ekstra" swart mense sou teen die jaar 2000 meer as twee keer soveel as die wit bevolking wees.

Die vinnige swart bevolkingsaanwas in die tweede helfte van die twintigste eeu was in 'n belangrike mate die produk van aansienlike verbeterings in openbare gesondheidsdienste. Die koers van die swart bevolking se natuurlike aanwag was in 1991-1996 50% hoër as in 1941-1946. Die lewensverwagting van swart vroue het in dié tydperk toegeneem van 38 tot 61 jaar, dié van Asiër-vroue van 55 tot 68 jaar, van bruin vroue van 46 tot 62 jaar en van wit vroue van 66 tot 73 jaar.

Dieselfde groot verbetering is te bespeur in die afname in die koers van suigelingsterftes. Eberstadt merk dat die suigelingsterftesyfer in die bruin gemeenskap tussen 1970 en 1985 met meer as twee derder afgeneem het. Hy voeg by: "Hardly any other population

Bl. 539

on record has to date enjoyed such a rapid and sustained paice of improvement in child survival."

              SUIGELINGSTERFTES (PER 1 000 GEBOORTES)

                           Swart         Bruin       Asiër         Wit

1946-1951            162           128           57            36

1985-191                 60             43           15            11

In 1946 was 2 miljoen swart mense verstedelik. Teen 1970 het 5 miljoen in die stede en dorpe van "wit Suid-Afrika" gewoon, vergeleke met 'n totale bevolking van ongeveer 4 miljoen wit mense. Teen 1991 sou daar 9 miljoen verstedelikte swart mense wees, vergeleke met 'n totale wit bevolking van ongeveer 5 miljoen.

Suid-Afrika het 'n stille revolusie ondervind, waarvan die uitwerking dieper en breër was as enige konvensionele poliltieke revolusie. Swart mense het uit honger en wanhoop uit die tuislande en van die plase na die dorpe en stede gestroom net om te oorleef. Swart verstedeliking het die voorkoms van die dorpe en stede ingrypend vrander. As verbruikers het hulle die bemarkingstretegieë van die sakewêreld verander; as arbeiders het hulle die kleurslagboom in die ekonomie verpletter. Die suksesvolste swart stedelinge het na wit woonbuurte verhuis, hoewel dit teen die wet was. Die mins suksesvolle het ' n huis gevind in die snel groeiende plakkerskampe in die buitewyke van die stede. Sommige het oorleef deur op die stede se vullishope kos te soek. Ongeveer die helfte van die swart bevolking was jonger as 16 jaar. Baie was buite beheer van die regering of hul familie.

Die eerste Afrikaanse boek wat die volle omvang van swart verstedeliking en die sosiopolitieke implikasies daarvan uitgestel het, was Swart Verstedeliking deur Flip Smit en Jan Booysen. Op 21 April 1982 het Piet Cillié by die bekendstelling gepraat oor die boek se "harde en onheilspellende boodskap vir die Afrikaner". Die grondslag van sy nasionalisme was altyd die droom van 'n "beloofde land: 'n stuk aarde wat onherroeplik syne is of moet wees..." Ekonomiese kragte het die droom van aparte tuislande in Suid-Afrika vernietig en omdat die Afrikaners dit so lank nie wou aanvaar nie, is daar geen samehangende strategie vir swart verstedeliking nie. "Nou dwing die feite, die onweerlegbare feite ... ons tot 'n pynlike herwaardering só diep- en verreikend dat ons wel kan bid dat die beker ons liewer moet verbygaan."

Apartheid raak ekonomies uitgedien

Tot die einde van die 1960's het apartheid groei bevorder op die fondament waarop die stelsel hom in 1948 gevestig het. Die ekkonomie van die 1950's en die vroeë 1960's het hoofsaaklik berus op landbou en mynbou. Werkgewers het kwistig groot getalle ongeskoolde en halfgeskoolde bruin en swart arbeiders gebruik en min aandag aan produktiwiteit geskenk. Paswette en ander beperkigns op swart politieke organisasies en vakbonde het die vermoë van swart werkers om hoër lone te beding, sterk aan bande gelê. Die regering het min aan die ontwikkeling van die tuislande of die opheffing van die armste gemeenskappe bestee.

Bl. 540

Aan die einde van die 1960's en die begin van die 1970's het twee belangrike ontwikkelings vraagtekens agter apartheid as beleid geplaas. In die eerste plek het die regering veel meer geld aan die tuislande se ontwikkeling en grensnywerhede bestee in 'n poging om die beleid geloofwaardiger te maak. Die bedrae wat aan die tuislande bestee is, word soms verkeerdelik as 'n totale verkwisting bestempel. Amper die helfte van die swart bevolking het in dié gebiede gewoon en die onderwysers, verpleegsters en ander staatsamptenare sou in elk geval besoldig moes word. Daar is nietemin geld vermors met duplikasie, statussimbole en korrupsie. Simon Brand, 'n hoof van die Ontwikkelingsbank, het gesê dat 10-15% van die uitgawes as vermors beskou kan word.

Ten tweede het die ekonomiese groeikoers gedaal. Dit het afgeneem van gemiddeld 4,5% tussen 1948 en 1976 tot gemiddeld 1,65% tussen 1976 en 1994 ver onder die jaarlikse bevolkingsaanwas van 3%. Tussen 1976 en 1994 het die reële inkomste per capita met omtrent 25% gedaal en die armste mense is die swaarste getref.

Die oorsake van die ekonomiese agteruitgang was kompleks en sommige van hulle was buite die staat se beheer, soos die skerp styging van die petrolprys ná 1974, die swakker pryse vir Suid-Afrikaanse kommoditeite (die goudprys het aanvanklik nie verswak nie), en die verlangsaming van die groei van Suid-Afrika se vernaamste handelsvennote. Soos in Terence Moll se vergelykende studie aangetoon word, moet die ekonomiese krisis van die 1980's in perspektief beskou word as "part of a slump which affected middle-income countries worldwide. South Africa has not suffered particularly badly". Die Wêreldbank plaas Suid-Afrika se groeivertoning, gemeet in BBP-groei tussen 1980 en 1985, twaalfde uit twintig vergelykbare ontwikkelende lande.

Een van die belangrikste oorsake van die stadiger groei was die onvermoë van die vervaardigingsektor om genoeg uit te voer ten einde die afname in die waarde van die kommoditeite-uitvoer te vergoed. Sedert die Paktregering (1924-1929) het opeenvolgende regerings 'n beleid gevolg om invoer te vervang dleur die plaaslike vervaardiging van verbruikersgoedere te bevorder. (Die mark vir die vervaardiging van kapitaalgoedere was te klein.) Dit het die vervaardigingsektor in staat gestel om sterk uit te brei en die ekonomiese groeikoers te verhoog; tussen 1924 en 1974 het Suid-Afrika sy eie vervaardigingsektor opgebou wat in die meeste behoeftes van die land kon voorsien.

Teen die vroeë 1970's was die ekonomiese geleenthede wat hierdie beleid geskep het, grootliks uitgeput. Suid-Afrika was heeltemal onvoorbereid vir die uitdaging om te probeer groei deur middel van die verhoogde uitvoer van verbruikersgoedere. Tot die vroeë 1990's nog was Suid-Afrika se uitvoer van vervaardigde goedere per capita laer as dié van enige ander vergelykbare ontwikkelende land, behalwe Brasilië.

Die opbou van 'n vervaardigingsektor sedert 1924 is aangehelp deur 'n groot aanboed van goedkoop arbeid, maar teen die einde van die 1960's was Suid-Afrika se swak punte die lae produktiwiteit en 'n gebrek aan voldoende geskoolde arbeid. Op die hoogtepunt van die ekonomiese bloeitydperk van die 1960's het die Financial Mail gewaarsku: "Race policies precluded the most economic use of the non-white labour force, thus aggravating the inflationary bottlenecks." Inflasie sou in die vroeë 1970's 'n ernstige ekonomiese probleem word.

Sakelui se beskouing van apartheid het in die vroeë 1970's redelik skielik verander. Die val van die Portugese koloniale ryk aan Suid-Afrika se noordwes- en noordoosgrens

Bl. 541

die guerrillastryd in Rhodesië, die groot stakings in 1973 in Durban en die Soweto-opstand van 1975-1976 het sterk bedenkinge oor die langtermynstabiliteit van apartheid laat ontstaan. Die groeiende omvang van ekonomiese sanksies het beleggersvertroue verder laat kwyn. In 'n ekonomie wat al hoe meer gesofistikeerd geraak het, het  die koste van apartheid vir die ekonomie al hoe duideliker geblyk. Daar was die beperkings op die opleiding van swart en bruin werkers, die gebrek aan behoorlike finansiering van swart en bruin onderwys, die swak produktiwiteit van werkers en die groot afstande wat die armste werkers moes reis vanweë die Groepsgebiedewet wat die swart en bruin buurte gewoonlik aan die rand van die metropolitaanse gebied geplaas het.

Die beperkings wat die regering in die 1060's op die indiensname van swart arbeid op die Witwatersrand en ander groeipunte geplaas het, het die werkgewers aangemoedig om te meganiseer. Dit het ernstige werkloosheid by swart mense veroorsaak. Hierdie probleem is vererger deurdat vakbondregte vir alle werkers teen die einde van die 1970's toegestaan is. Teen die einde van die 1970's was Suid-Afrika se arbeidskoste hoër as dié van sy mededingers. Suid-Afrika kon moeilik in die uitvoermarkte vir vervaardigde goedere meeding.

Hoewel hulle dit nie goed besef het nie, was die wit mense besig om 'n welvarende samelewing te kies met 'n toenemend geïntegreerde ekonomie. Op onderwysgebied het 'n sekere mate van integrasie deur private skole geskied en op die fabrieksvloer het bruin en swart werkers op die strategiese middelvlak inbeweeg. Hendrik Verwoerd was die verpersoonliking van die teenoorgestelde keuse, naamlik 'n samelewing wat gesegregeer en arm is, met die beheer in wit hande. Ironies genoeg het die groot opbloei van voorspoed wat in sy termyn as eerste minister plaasgevind het, die skaal laat swaai na 'n geïntegreerde samelewing. Wit mense het daaraan gewoond geraak dat ekonomiese groei hulle toelaat om 'n gerieflike middelklaslewe te lei.

Die krimpende basis van wit oorheersing

Histories het wit dominasie daarop berus dat daar genoeg wit mense is om nie slegs die boonste nie, maar ook die middelvlak-werksgeleenthede te oorheers. Tussen 1910 en 1960 het die wit bevolking ongeveer 20% van die totale bevolking uitgemaak, maar ná 1960 het die wit persentasi17% in 1976 en 12% in 2000.

Die arbeid in die vervaardigingsektor het toenemend swart geword. In 1935, toe Suid-Afrika net 'n jaar of twee op sy kurwe van hoë groei gestaan het, was daar ongeveer 100 000 wit en 100 000 swart werkers in die vervaardigingsektor. Teen 1975 was daar twee keer soveel swartes as wittes in die sektor.

Nie getalle op sigself nie, maar die vaardigheidsvlakke was die kritieke faktor. Buiten die wit vakbonde, wat belang by die skaarsheid van wit arbeid gehad het, was blankes ten gunste daarvan dat swart en bruin meer geskoolde werk doen as daar 'n tekort aan wit geskooldes was. J.L. Sadie het bevind dat net een uit vier van die toenemende aantal geskoolde handwerkers wat tussen 1971 en 1977 ten volle in diens was, wit was. Tussen 1965 en 1980 het die wit aandeel van die middelvlak-arbeidskragte van 82% tot 65% gedaal.

Teen die einde van die 1970's het vier vyfdes van die werkgewers die tekort aan geskoolde werkers beskou as een van die vernaamste faktore wat produksie belemmer. Die

Bl. 542

vervaardigingsektor en die oopenbare administrasie het toenemend op bruin en swart mense staatgemaak.

Toekomstige ekonomiese groei het afgehand van swart produktiwiteit - wat weer afgehang het van die vestiging van instellilngs waarin swartes hul lone en werksomstandighede kon beding. Selfs nog belangeriker was die feit dat 'n produktiewe arbeidsmag stabiele lewensomstandighede nodig het, wat slegs deur poliltieke en nywerheidsregte veskaf kan word. Die werkers moet toegelaat word om ten volle burgers te word.

Die sewentigerjare is gekenmerk deur talle stakings deur swart en bruin werkers. Omdat die regering swart vakbonde erg aan bande gelê het, was werkgewers verplig om met stakende werkers sonder leiers skikkings te beding. Die bestuur van veral die groot ondernemings het al hoe meer verkies om met wettige vakbonde te onderhandel.

Om aan die behoefte aan 'n stabiele, geskoolde swart arbeidsmag te voldoen, het die regering sekere fundamentele skuiwe gemaak. In 1973 het dit swart werkers toegelaat om met die verlof van die wit vakbonde geskoolde werk te doen. Kort hierna is hierdie vereiste afgeskaf en saam daarmee ook verskeie vorme van werkreservering en arbeidsbeheer. In 1979 het die regering beperkinge op swart arbeid verwyder en die beginsel aanvaar dat vakbonde met swart lede aan die formele bedingingsrade kan deelneem.

Ten einde vir beter geskoolde arbeid voorsiening te maak, het die regering in 1972 'n nuwe formule vir die finansiering van swart onderwys aanvaar. Dit het gelei tot 'n sterk uitbreiding van swart onderwys, ook in die sekondêre standers. Baie hoërskole is nou in die "blanke" gebied gebou.

               SWART INSKRYWINGS IN HOëR ONDERWYS

Jaar          Sekondêre skool     Hoogste standerd    Univ.studente

1960                54 598                          717                     1 871

1970               122 489                       2 938                     4 578

1985             1 192 932                     34 733                    49 164

Bron: Race Relations Survey vir geselekteerde jare

'n Ernstige probleem het nou ontstaan. As die land aan al sy mense werk wou bied, moes dit maklik wees om mense in diens te neem en te ontslaan en moes lone laag wees. Die skepping van 'n stabiele swart middelklas het die teenoorgestelde vereis: die lone van geskoolde en halfgeskoolde swart werkers moes styg en die gaping tussen wit en swart lone moes vernou. Internasionale druk het laasgenoemde proses aangehelp. Die regering het werkgewers aangeraai om die loongaping nouer te maak en was bereid om in die staatsdiens 'n voorbeeld te stel. Wit werkers se verhogings was veel kleiner as dié vam swart of bruin werkers. Hoewel dit wit arbeidskragte ontstel het, het die wit werkersklas sedert die 1920's só van staatsbeskerming afhanklik geraak, dat hulle die vermoë verloor het om dit teen te staan. In die 1970's het die verhouding van wit tot swart lone in die mynbedrag van 21:1 tot 6:1 en in die vervaardigingsektor van 6:1 tot 4:1 gedaal.

Nóg die regering nóg die werkgewers het ooit die probleem opgelos van h oe om swart werkloosheid met hoër swart lone te versoek. Sowel die werkgewers as die regering het begin om loonverhogings hoër as die inflasiekoers toe te staan. Om winsvlakke te handhaaf,

Bl. 543

het werkgewers die aantal werkers verminder en van die oorblywende werkers hoër produktiwiteit vereis.

Van die middel-1970's was daar 'n groot en groeiende poel van "oorskot'arbeiders" wat vir die behoeftes van 'n moderne ekonomie oorbodig was. Swart kinders het gevorder tot standers op skool waarvan hulle ouers slegs kon droom, maar hulle het 'n veel kleiner kans as hul ouers gehad om 'n werk in die formele sektor te kry. In die Soweto-opstand van 1976 was die meeste deelnemers skoolkinders en werkloses. Hulle was marginale groepe wat die stelsel kon uitdaag sonder om inkomste te verloor.

Teen die einde van die jare sewentig het die regering wel vakbondregte aan bruin en swart werkers gegee, maar hulle steeds politieke regte ontsê. Die regering se beleid het 'n vorm van politieke skisofrenie bevat. Dit het aan een kant 'n stabiele en tevrede swart middelklas pobeer skep. In 1977 is swartes toegelaat om huurpag van 99 jaar op hul huise te verkry, wat veronderstel het dat hulle en hul nasate permanent in die gemeenskaplike gebied is. Aan die ander kant het die regering geweier om die passtelsel af te skaf, wat as die simbool beskou is van die swartes se tydelikheid in die "blanke" gebied. Die afskaffing daarvan is sterk teengestaan deur die polisie en staatsamptenare wat die lewe van swart mense beheer het. Hulle het aan die regering gesê die wette is nodig om swart verstedeliking aan bande te lê.

Die Riekert-kommissie het in 1979 voorgestel dat die swart mense verdeel word in buitestanders (hoofsaaklik die trekarbeiders) en binnebaanmense. Laasgenoemde het gekwalifiseer om in die stedelike gebied te wees en sou voorkeur hê wat werk en huisvesting betref. Dié groep was ongeveer twee miljoen mense sterk en was betreklik bevoorreg. Maar hulle was glad nie in 'n benydenswaardige posisie nie, want hulle was net soos ander swartes aan die paswette onderworpe en is deur die polisie dopgehou.

"Aanpas of sterf?"

"We are part of Africa and we must play that role or we will die. And we won't be the first to do so because we have not recognised the facts." Volgens die Sunday Times van 23 September 1979 is hierdie woorde op 'n openbare vergadering gebruik deur Pieter Willem ("P.W.") Botha, wat op 28 September 1978 as NP-leier verkies is en net daarna eerste minister geword het. Die koerant het hierna dikwels "adapt or die" as Botha se slagspreuk aangehaal. Hierdie treffende woorde vat die Botha-tydperk se toon van dringendheid en vasberadenheid in die beginjare goed vas, vergeleke met die weifelende en huiwerige laaste jare van Vorster.

Maar daar was 'n probleem met die frase "adapt or die": Botha het ontken dat hy dit ooit gebruik het. Hy het getwyfel oor hoeveel daar aangepas moet word om "die dood" te vermy en het te veel vertroue in die mag van die staat gehad om aan die oorlewingskanse van die Afrikaners te wanhoop. Hy was 'n vasberade, energieke en doelgerigte leier, maar ook voortvarend, ongeduldig en oormoedig. Hy was 'n leier wat gewillig was om aan te pas, maar ook gereed om te veg. Hy het hom nie te veel gesteur aan die pogings om die Afrikaners deur morele oproepe te oorreed om die mag prys te gee nie. Hy kon soos min ander leiers mense intimideer en in hul spoor laat trap. Alf Ries en Ebbe Dommisse haal in hul boek Leierstryd dr. Javier Perez de Cuellar, sekretaris-generaal van die Verenigde

Bl. 544

Nasies wat Suid-Afrika in 1983 besoek het, aan. "Twee leiers in die wêreld het 'n groot indruk op my gemaak: China se Deng Xiao-ping en Suid-Afrika se P.W. Botha. Hulle verstaan mag."

Teen die einde van die 1970's het die Afrikaners die meeste senior betrekkings in die sentrale regering, die veiligheidsmagte, die provinsiale administrasies (met die uitsondering van Natal) en die openbare korporasies beklee. Tussen 1948 en 1994 was Suid-Afrika egter nog 'n Afrikaner- of wit staat nie. Selfs in die 1950's is meer swartes as blankes in die staatsdiens aangestel. Teen die vroeë 1980's het ongeveer twee miljoen mense, van wie net 'n derde wit was, in die openbare sektor, insluitende die administrasie van die tuislande, gewerk.

'n Mens kan amper sê twee state het langs mekaar bestaan. Daar was die "kern- of binnestaat" onder die beheer van Afrikaner-politici en senior staatsamptenare. Hier het Afrikaner-drukgroepe soos die NP-koukus, die Broederbond, die Afrikaanse kerke en die Afrikaanse Handelsinstituut die meeste invloed uitgeoefen. Naas hierdie kernstaat was daar ook 'n veelrassige "buitestaat", met aan die spits daarvan die kabinet en staatsveligheidsraad, waarin die hoofde van die veiligheidsmagte, sakeleiers en die tuislandregerings met hul burokrasieë ook 'n belangrike rol gespeel het. Van die middel-1970's het die regering 'n proses aan die gang gesit om die salarisgapint tussen rasse te vernou en wit eksklusiwiteit en bevoorregting te verminder. In sowel die binne- as die buitestaat wou die leiers sanksies vermy omdat dit hierdie hervormingsproses sou strem.

Van die middel-1970's het die NP as die regerende party beweer dat die hervorming van apartheid sy vernaamste doelstelling is. Dit was nie 'n heeltemal eerlike stelling nie, want eers in die middel van die 1980's het die hoekstene van apartheid, soos bevolkingsregistrasie en die paswette, op die agenda gekom. Nietemin het die retorika van hervorming die toon aangegee. Tydens die Soweto-opstande in 1976 het Piet Cillié geskryf dat, as dit nodig is om die land te hervorm, dit moet wees vir wat dit kan word, nie vir wat dit is nie. Genl. Magnus Malan, hoof van die weermag en later minister van verdediging, het gesê die staat is besig om die kleurskeidslyn te oorbrug. Die stryd om oorlewing raak elke burger in Suid-Afrika, regstreeks of onregstreeks.

In sy eerste jaar in die amp het Botha Suid-Afrika soos 'n storm getref. Dit het gelyk of die idee van hervorming getriomfeer het en dat die verreikende veranderings onderweg is. Hy het swart mense "mede-Suid-Afrikaners" genoem, Soweto met 'n "boodskap van hoop" besoek en deur al die tuislande gereis. Hy het die Afrikaners dringend gevra om hul eie geskiedenis te lees. "As mense onderdruk word, slaan hulle terug. Ons moet ander mense se regte respekteer en ons self bevry deur aan ander in die gees van geregtigheid te gee wat ons Afrikaners vir ons self gevra het." Ná sy eerste jaar in die amp het die Washington Post geskryf dat die verandrings in die retoriek die swartes verstom en by hulle die hoop wek op 'n alternatief vir geweld en wanhoop.

Totale aanslag

Botha is as politikus deur twee heeltemal verskillende invloede gevorm. Hy was 'n beroepspolitikus wat as 'n voltydse organiseerder van die NP begin het, waar hy die belangrikheid van organisatoriese doeltreffendheid geleer het. Hy het sy gewig by die effens meer

Bl. 545

pragmatiese Kaapse vleuel van die party ingegooi en is in 1961 in die kabinet opgeneem. Hy het ook in die Nasionale Pers se direksie gedien. As minister van gemeenskapsbou het hy geen huiwering gehad om die hoogs omstrede verskuiwing van kleurlinge uit Distrik Ses in die middestad van Kaapstad aan te pak nie. Dit het die simbool geword van die Afrikaners se verwerping van 'n gemeenskap van mede-Afrikaanssprekendes.

Die ander invloed op Botha was die weermag. As minister van verdeidigng tussen 1966 en 1978 het hy spoedig 'n Suid-Afrikaanse leër opgebou met 'n betreklik klein staande mag en 'n groot jaarlikse inname van wit lotelinge. Senior amptenare in die nasionale intelligensiediens en sommige van die senior generaals het die literatuur oor teenrevolusionêre strategie bestudeer. Dit het ook Botha beïnvloed. Hoog op hul leeslys was J.J. McCuen se The Art of Counter-Revolutionary War en die boeke van die Franse strategiese denke André Beaufre. By hierdie skrywers is daar die perspektief dat state hulle nie slegs met militêre middele teen kommunistiese ondermyning en Sowjet-uitbreiding moet verdedig nie, maar ook moet weet hoe om politieke en ideologiese aanvalle af te slaan.

Botha en sy militêre stratege het besluit dat 'n nasionale sekuriteitstrategie slegs doeltreffend ontplooi kan word deur middel van 'n sentrale liggaam onder die leiding van die regeringshoof. Dit moet bestaan uit senior mililtêre en polisie-offisiere, ministers van departemente met strategiese funksies en die amptenare aan die hoof van daardie departemente. Hulle moet gereeld sekuriteitsbedreigings identifiseer, intelligensieverslae bestudeer en 'n respons ontwikkel wat die optrede van die verskillende takke van die staat koördineer.

Daar is reeds in 1972 wetgewing aangeneem om 'n staatsveiligheidsraad in te stel met die taak om die insameling van intelligensie en optrede deur die veiligheidsmagte te koördineer. Voster het dié liggaam egter nie doeltreffend laat funksioneer nie. Die gebeure voor en tydens die Suid-Afrikaanse inval in Angola in 1975-1976 het getoon hoe ernstig die gebrek aan koördinasie geword het. Voor die inval was daar 'n hele reeks ad hoc-besluite, intense mededinging tussen die verskillende takke van die veiligheidsapparaat en twis tussen ministers oor die vraag of daar oorkant die grens aangeval moes word. Ná die onverwagte Soweto-opstand van 1976 het talle skoliere en studente uitgewyk om by die bevrydingsorganisasies aan te sluit. Dit was duidelik dat Suid-Afrika 'n uitgerekte oorlog teen insypelaars oor die grens sou moes voer. Die ontwikkeling van 'n nasionale veiligheidsplan moes dus dringend aangepak word.

In 1977 het die departement van verdediging 'n witskrif gepubliseer. Dit het geargumenteer dat 'n "totale aansag" op feitlik elke gebied van die samelewing Suid-Afrika in die gesig staar. Revolusionêre bedreigings kan net deur 'n "totale strategie" afgeslaan word, is geredeneer. Dit is noodsaaklik om die sosio-ekonomiese omstandighede in die swart en die bruin woongebiede te verbeter. Daarsonder kan die stelsel van vrye onderneming nie oor die kommunisme triomfeer en kan die staat nie gestabiliseer word nie.

Suid-Afrika se veiligheidsituasie het weens die aanwesigheid van Kubaanse troepe en Sowjet-adviseurs in Angola baie versleg. Genl. Manus Malan het die Westerse moondhede daarvan beskuldig dat hulle deur hul weifelende optrede bydra tot die vernietiging van die kapitalisme en die vestiging van die kommunisme in die vrye Weste. Ook Botha het die stryd in Suider-Afrika beskou as 'n deurslaggewende geveg tussen die Ooste en die Weste en tussen vrye onderneming en kommunisme wêreldwyd. Die Sowjetunie het

Bl. 546

sy oë op die strategiese minerale en ligging van Suid-Afrika en is gretig om die beheer daaroor te verkry, het hy gemeen. Sonder Suid-Afrika sou die Weste die geveg teen kommunistiese tirannie verloor.

Hierdie retoriek is in Westerse hoofstede besku as 'n bewys van Suid-Afrika se oordrewe opvatting van sy eie belangrikheid. In werklikheid was Suid-Afrika in die 1960's en 1970's vir die Sowjetunie 'n lae prioriteit. Dit het sy invloed in Afrik uitgebrei wnneer die koste laag ws en wanneer dit nie belangriker strategiese doelwitte nader tuis belemmer het nie. Maar daar was 'n magsvakuum in Angola en die Sowjetunie kon sy invloed sonder veel weerstand uitbrei. Suid-Afrika was reg om dit as 'n kritieke kragmeting binne sy invloedsfeer te beskou. Die groot vraag was hoeveel van sy hulpbronne hy daar moes bestee.

'n Belangrike element in die nuwe denke oor anti-revolusionêre oorlogvoering was die besef dat dit nodig is om die onderdruktes se guns te wen - die sg. "winning of hearts and minds" - en dat die aanwending van die staat se apparaat van onderdrukking nie 'n oplossing vir die stryd tussen wit en swart is nie. Genl. Constand Viljoen, wat tussen 1977 en 1985 eers aan die hoof van die leër en later die weermag was, het aan die kabinet gesê: "Suid-Afrika kan militêr nog 'n lang ruk aanhou, maar dit is van nul en gener waarde indien 'n politieke oplossing nie gevind word nie. Die politieke leiers moet 'n oplossing vind waarvolgens alle mense wat in die land woon betrokke en deel van die land voel. Elke jaar wat verbygaan, raak die blankes se strategiese opsies mindr."

Die militêre bevelvoerders, wie se permanente stafoffisiere 85% Afrikaners was, het al hoe meer deelgeneem aan die openbare debat oor oorlewing en oor die geskikste maniere om bedreiging af te weer. 'n Refrein in die toesprake van senior generaals was dat die stryd teen die revolusionêre net 20% militêr en 80% sosio-ekonomies is. Een van hulle het dit so gestel: "Indien Suid-Afrika die sosio-ekonomiese stryd verloor, dan h oef ons nie eers die militêre stryd te voer nie. Die doel is nie langer gebied nie, maar die harte en siele van die mense."

'n Grensoorlog

Nie net die aanwesigheid van Kubane in Angola, met die steun van die Sowjetunie, het 'n lang skaduwee gewerp nie. Teen 1980 het Zimbabwe, Mosambiek en Angola regerings gehad wat in die rigting van Afro-Marxisme oorgehel het. In 1977 het Kenneth Kaunda, president van Zambië, in Moskou die mense van die Sowjetunie geprys as kollegas en kamerade in die stryd teen wit oorheersing. Die South West African People's Organisation (Swapo), onder leiding van Sam Nujoma, het reg gestaan om die mag in Namibië oor te neem, met die ondersteuning van die VN. Dan sou daar nog 'n Afro-Marxistiese bewind in die streek wees. Die African National Congress het sy grootste steun van die Sowjetunie ontvang en het goeie betrekkinge met Kuba gehad. Die kommunistiese gevaar het geensins slegs in die verbeelding van P.W, Botha en Magnus Malan bestaan nie.

John Vorster en P.W. Botha het verskil oor hoe om die bedreiging die hoof te bied. Vorster was vasbeslote om Suid-Afrika se militêre betrokkenheid by die streek tot 'n minimum te beperk en slegs die Suid-Afrikaanse grens te beskerm. Botha was egter gretig om Suid-Afrika se militêre gesag ver oorkant die grense te laat geld. Vir Vorster was Suid-Afrika

Bl. 547

se voortgesette beheer oor Namibië nie deurslaggewend vir blanke beheer in Suid-Afrika nie.

Die werklike belangrikheid van Namibië was nie die militêre stryd nie, maar die rampspoedige politieke gevolge wat 'n haastige onttrekking van Suid-Afrika kon hê. In Namibië was daar ongeveer 75 000 blankes, van wie verreweg die meeste Afrikaners was. Die Suid-Afrikaanse regering het 'n ernstige reaksie onder die kiesers gevrees indien Swapo aan die bewind sou kom in 'n verkiesing gekenmerk deur grootskaalse geweld en intimidasie, ondersteun deur die VN. Dit kon 'n demper op alle toekomstige hervorming in Suid-Afrika plaas.

Die regering was ook baie bekommerd oor die groot toename in die hoeveelheid wapens in die streek. Bomme, plofstowwe, vuurpyle en masjiengewere het ingestroom. Van die generaals wou hê dat Suid-Afrika die guerrillastryders so ver anderkant die grens as moontlik uitwis. Militêre bevelvorders het gevra dat soveel druk op die buurstate uitgeoefen moet word dat hulle weier om basisse vir ANC-vegters te verskaf.

In Februarie 1978 het die Vorster-regering Suid-Afrika daartoe verbind om Suidwes-Afrika/Namibië teen die einde van 1978 tot internasionaal erkende onafhanklikheid te lei. Twee maande later het dit 'n plan van vyf Westerse moondhede (die VSA, Kanada, Brittanje, Frankryk en Duitsland) aanvaar om 'n skikking tussen al die betrokke partye te bereik en dit aan die VN voor te lê. Volgens die plan sou Suid-Afrika tot April 1979 die beheer behou. Daarna sou 'n verkiesing gehou word om 'n regering aan die bewind te stel wat Namibië tot onafhanklikheid sou lei. Brand Fourie, 'n Suid-Afrikaanse diplomaat hoog aangeslaan deur sy Westerse eweknieë, gee hierdie weergawe van die verloop van die debat in die kabinet. Die meeste lede het die siening van R.F. ("Pik") Botha, minister van buitelandse sake, gedeel: "(As) Swapo 'n ope verkiesing sou wen in omstandighede waar onsself in wese beheer oor die gebied het, sou dit 'n duidelike bewys wees dat hy meerderheidsteun geniet. As dit so is, watter kans sou daar op uiteindelike vrede sonder Swapo se medewerking wees?" Dit was ook nodig om rekening te hou m et die gevolge as die kabinet die plan sou verwerp, naamlik die uitbreiding van sanksies en uiteindelike konfrontasie met feitlik die hele wêreld.

Die minister van verdediging, P.W. Botha, het nie met die kabinetsbesluit saamgestem nie, maar as deel van 'n kompromis het hy verlof gekry om Cassinga, 'n groot Swapo-basis 250 km noord van die Namibiese grens in Angola, aan te val. In die aanval het tot 600 Swapo-soldate en -volgelinge gesterf.

Die kabinet het by 'n kruispad gestaan. Daar was militêre offisiere wat vol selfvertroue was oor die land se militêre vermoë om die guerrilastryders tot onderwerping te dwing en 'n gematigde poliltieke blok as teenvoeter vir Swapo in Namibië op te bou. Daar was egter ook diegene in die regering wat gemeen het dat die operasies oor die Angolese grens nog sanksies sou uitlok en ook skepties was oor die kans om 'n gematigde politieke blok in Namibië op te bou. Om hierdie rede wou h ulle so gou as moontlik 'n internasionaal erkende skikking hê. Vorster het meer met die tweede strategie saamgestel, maar hy was afgemat as gevolg van die inligtingskandaal.

Op 27 Julie 1978 het die Veiligheidsraad die plan van die Westerse Vyf aanvaar. 'n Maand daarna het Kurt Waldheim, sekretaris-generaal van die VN, 'n verslag oor die toepassing van die Vyf se plan aan die Veiligheidsraad voorgelê. Nou het sake begin skeef loop. Vorster

Bl. 548

was ontsteld oor ernstige afwykings van die plan waartoe die kabinet ingestem het. Voordat die saak op die spits gedryf kon word, het Vorster as eerste minister bedank en het Botha hom opgevolg.

As eerste minister kon Botha nou saam met die militêre "arende" die agenda bepaal. Suid-Afrika het hom aan die VN-plan onttrek en aangekondig dat 'n verkiesing in Namibië in Desember 1978 gehou sou word. Dit was deel van die plan om 'n interne blok wat Swapo kon teenstaan, op te bou. Soos in 1975 met die Angolese inval, het die "arende" geglo dat die gematigde Afrika-state dit in die geheim sou verwelkom as Swapo met sy sosialistiese agenda verhinder word om in Namibië aan die bewind te kom.

Vir die Desember-verkiesing in Namibië het 85% van die potensiële kieserskorps geregistreer en 78% van die mense wat geregistreer het, het gestem. Die Demokratiese Turnhalle-Alliansie, 'n veelrassige gematigde allliansie, het as die oorwinnaar uit die stryd getree. Soos in 1979 in Rhodesië het die internasionale gemeenskap geweier om die verkiesing te erken. Swapo het nie deelgeneem nie en Suid-Afrika het die DTA finansieel sterk gesteun. Die DTA het ook nie daarin geslaag om betekenisvolle steun onder die Ovambo's, die grootste etniese groep, te wen nie.

Botha het aan die bewind gekom toe die wêrelddruk op Suid-Afrika oor die Namibiese aangeleentheid en ook oor apartheid oorweldigend gelyk het. Die druk het egter om verskeie redes ligter geword. Ten spyte van die geskil tussen Suid-Afrika en die VN oor die toepassing van die Westerse Vyf se plan, het verskerpte internasionale sanksies nie gevolg nie. Ekonomies het Suid-Afrika goed herstel ná die Soweto-opstand. Vaste investering het sterk toegeneem en vaste beleggings uit die buiteland was 'n belangrike deel daarvan.

Vir Suid-Afrika was die donker wolk op die horison die Carter-admnistrasie in Washington, wat 'n strenger houding as sy voorgangers teen Suid-Afrika aangeneem het. Maar die Sowjet-inval in Afganistan vreog in 1979 het gelei tot groot Westerse kommer oor Sowjet-ekspansionisme, en dit het Suid-Afrika bevoordeel. Vroeg in 1981 is die kil verhouding tussen Suid-Afrika en die Carter-administrasie vervang deur 'n beter verhouding met die Reagan-administrasie, wat veel gewilliger was om uitbreiding deur Moskou in die Derde Wêreld aktief teen te staan. Die Reagan-regering ht met Suid-Afrika saamgestem dat dit onmoontlik is om in SWA/Namibië 'n verkiesing te hou terwyl daar soveel buitelandse troepe in Angola is. Die aantal Kubaanse troepe daar het van 13 000 in 1977 tot 25 000 in 1983 toegeneem. Verder was daar 5 000 militêre personeel van die Sowjetunie en ander Oosblok-lande.

'n VSA-afvaardiging het Suid-Afrika vroeg in 1981 besoek. Hulle het 'n quid pro quo aangebied wat Suid-Afrika aangegryp het. Suid-Afrika onderneem om te werk in die rigting van 'n verkiesing in Namibië wat internasionaal erken word, terwyl die VSA werk daarvan sal maak om die Kubane uit die streek te kry. Geen verkiesing sal gehou word voordat Suid-Afrika en Kuba albei hul troepe uit SWA/Namibië en Angola onttrek het en die gevaar van verkiesingsgeweld afgeweer is nie. Die Verenigde Nasies sal nie kans kry om 'n partydige rol te speel nie.

Swapo het oorweldigende steun onder die Ovambo's in die noordelike deel van die gebied geniet. Sekere faksies in die Botha-regering en Botha self het nie aanvaar dat Swapo die vanselfsprekende wenner in 'n toekomstige regering is nie. Om Swapo te fnuik, is 'n tweeledige strategie gevolg. Enersyds het Suid-Afrika probeer om Swapo militêr so te

Bl. 549

verswak dat die bevolking van SWA/Namibië dit nie langer as 'n toekomstige regering sou beskou nie. In opeenvolgende operasies het Suid-Afrikaanse troepe 'n bufferstrook in die suidelike deel van Angola gevestig, waarvandaan miliêre aanvalle op Swapo-basisse gedoen is.

Andersyds het Suid-Afrika 'n politieke strategie ontplooi om die guns van die bevolking in Ovamboland te wen deur welsyn- en gesondheidsdienste aan te bied, watergate te boor, klinieke te bou en op hierdie en ander maniere goedgesindheid te wen. Sommige waarnemers beskou dit as een van die mees suksesvolle teeninsurgensie-veldtogde wat nog deur 'n militêre mag aangepak is. Dit is egter ondermyn deur die operasies van Koevoet, 'n spesiale teeninsurgensie-eenheid wat as deel van die polisiemag opgetree het. Die eenheid het 'n baie slegte reputasie gekry deur die wrede, genadelose wyse waarop dit Swapo-stryders gevang en doodgemaak het. Nietemin het die noordelike streek van Namibië met sy sterk Swapo-gesinde Ovambo's gedurende die jare tagtig grotendeels vreedsaam gebly.

As deel van die plan om Swapo te verswak en druk op die Kubane in Angola uit te oefen, het Suid-Afrika Unita sterk gesteun. Unita het met hierdie hulp 'n doeltreffende mag geword wat groot dele van die suide van Angola beheer en die MPLA-regering in die sentrale streek onder druk geplaas het. Swapo is deur Suid-Afrika se beheer oor die suide van Angola ver weg gehou en kon nie 'n beduidende aantal vegters in Suidwes-Afrika laat infiltreer nie. Maar terselfdertyd was daar teen die middel-1980's geen aanduiding dat die wil van óf Kuba se Fidel Castro óf die Swapo-leierskap aan die verkrummel is nie.

Die NP-bewind is gekonfronteer deur 'n aggressiewe regtervleuel vol beskuldigings dat dit besig is om die land uit te verkoop. Die regerende party sou 'n groot terugslag kry indien dit op vernederende wyse uit Angola moes onttrek. 'n Oorwinning kon die weg open vir 'n Swapo-inval in die noordelilke dele van Namibië.

Alhoewel die magte van Suid-Afrika en Unita teen 'n groot getalle-oorlog geveg het, het dit in September 1987 in 'n grootskaalse geveg by Lomba die Kubaans-Angolese magte, bygestaan deur Russiese militêre adviseurs, 'n verpletterende nederlaag toegedien Die Kubaans-Angolese mag het tot by Cuito Cuanavale teruggetrek. Die magte van Suid-Afrika en Unita wou hulle verder verdryf, maar die teenstand was sterk en die poging is laat vaar.

Fidel Castro, 'n meester van die revolusionêre taktiek om mites die wêreld in te stuur, het verklaar dat die hele oorlog rondom die geveg by Cuito Cuanavale gedraai het en dat Suid-Afrika daar omsingel is en amper nie daarin kon slaag om veilig terug te trek nie. Chester Crocker, assistent-sekretaris vir Afrika in die Reagan-administrasie, verwerp hierdie siening. Hy skryf: "The reality is that two forces of moderate size tested and checked each other ... The SADF and Unita consolidated their victory and pushed hard to clear the east bank of the Cuito river, but they pulled back when they realised the price would be too high. The two forces endured a nasty and prolonged engangement in horrible conditions."

Castro het die oordrewe aansprake gemaak oor die finale laaste geveg net noord van die Namibiese grens. Hierdie geveg was onbeslis, maar Suid-Afrika het bewys dat enige Kubaanse poging om die grens oor te steek, 'n veel hoër prys sou verg as wat Kuba bereid was om te betaal.

Teen 1988 was Kommunistiese indringing in die Derde Wêreld net so beslissend in

Bl. 550

Angola gestuit as in Afganistan. Vroeg in 1988 het die Reagan-administrasie van die Sowjetunie verneem dat dit gretig is om uit Suider-Afrika te onttrek. Ook Suid-Afrika en Kuba was nou bereid om die oorlog te beëindig. Uit die oogpunt van die Botha-bewind was die pad nou oop vir onafhanklikheid in Namibië sonder dat dit sou lyk of dit die blankes uitverkoop. P.W. Botha het waarskynlik tot amper teen die einde geglo dat Swapo uitgeskakel kan word as die vernaamste politieke beweging, maar vir die militêre bevelvoerders was die doel van die oorlog om buitelandse inmenging in die streek te staak en dit voor te berei vir 'n politieke oplossing. In 1989 het die verkiesing vir 'n grondwetgewende vergadering in Namibië vreedsaam plaasgevind. Vir die kiesers in Suid-Afrika het dit gewys dat, as die omstandighede reg is, so 'n verkiesing ook in Suid-Afrika sonder ontwrigting en intimidasie kan plaasvind.

Vir Suid-Afrika was die finansiële koste hoog. Tussen 1985/86 en 1988/89 het die militêre uitgawes met 25% gestyg teen konstante pryse. Dit het nou 17,7% van die begroting uitgemaak. Die vrugte was dubbelsinnig. Suid-Afrika het die Kubane gedwing om te onttrek en die poging gefnuik om Swapo met gewapende geweld in Namibië te vestig. Aan die ander kant het Swapo goed daarin geslaag om te oorleef en ten spyte van militêre terugslae, was dit verseker van 'n groot oorwinning in 'n vrye verkiesing.

Destabilisasie

In 1980 was 'n kop-teen-kop-botsing tussen Suid-Afrika en die swart state in die streek nog nie 'n sterk moontlikheid nie. Botha het hulle genooi om deel te word van sy "Konstellasie van state", wat Suid-Afrika en die "onafhanklike" tuislande sou insluit, maar hulle het dit verwerp. In plaas daarvan het hulle die Southern African Development Co-ordinating Council gevorm om hul ekonomiese afhanklikheid van Suid-Afrika te verminder. Daar was aanduidings dat hulle ook hul steun vir die ANC-stryders sou vergroot. Dié vegters was op daardie tydstip deur buurlande, veral Mosambiek, Lesotho, Swaziland en Botswana, aan die insypel in Suid-Afrika.

Suid-Afrika het die regerings in die streek eers probeer oortuig dat sosialistiese eksperimente rampspoedig sou wees. Samora Machel se Mosambiekse regering was toe juis besig om die beleid van "wetenskaplike sosialisme" en "nasiebou" van stapel te stuur. Dit het gelei tot die grootskaalse skending van menseregte, 'n ernstige voedseltekort en die ontstaan van sterk weerstand in sekere gebiede. Suid-Afrika het ook militêre optrede beplan om ANC-stryders uit die streek te verdryf. In 1982 het Willilam Casey, hoof van die Central Intelligence Agency van die VSA, in Pretoria met Botha en sy veiligheidsadviseurs byeengekom. Hulle het saamgestem dat dit moontlik is om 'n nuwe cordon sanitaire te bou deur die buurlande te dwing om die ANC uit hul gebiede te verdryf in ruil daarvoor dat Suid-Afrika nie dié lande ontwrig nie.

Suid-Afrika se ontwrigting van vyandiggesinde buurlande - of "destabilisasie" - het verskeie fasette gehad. Bomme het ontplof in huise in Matola, Maputo en Maseru waarvan vermoed is dat hulle ANC-vegters huisves. Suid-Afrika het ook begin om finansiële en militêre steun te verleen aan organisasies in Zimbabwe, Lesotho en veral Mosambiek wat die regerings van hul lande teenstaan. Die ontwrigting was veral erg in Mosambiek, wat die vernaamste roete van ANC-insypelaars geword het. Die Frellimo-regering onder

Bl. 551

Samora Machel was 'n maklike teiken. Die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte het as hul instrument die Resistencia Nacional de Moçambique (Renamo) gebruik. Renamo was nie soos Unita op 'n etniese groep gebaseer nie en het ook nie 'n charismatiese leier gehad nie. Hul stelsel van beheer en kommunikasie was primitief. Die volgelinge het teen die middel-1980's op ongeveer 15 000 man gestaan, maar Renamo was nooit veel meer as 'n bende struikrowers nie.

Die ontwrigting was suksesvol hoofsaaklik omdat Frelimo baie min beheer oor groot dele van die land gehad het. Met Suid-Afrika se hulp het Renamo verwoesting gesaai. Hulle het treinspore opgeblaas. landmyne op die paaie gelê en petrolopslagplekke en graanskure vernietig. Meer as 'n miljoen mense is dakloos gelaat. Verder het lede van die Suid-Afrikaanse veiligheidsdienste sekere teenstanders uitgewis. Ruth First, 'n akademikus en die vervreemde vrou van Joe Slovo, een van die ANC se vernaamste stratege, het gesterf toe ' n briefbom in haar hande ontplof. Albei Sachs, 'n akademikus wat die ANC aktief ondersteun het, is ook deur 'n bom ernstig beseer.

Teen 1984 was die druk op die Machel-regering so kwaai dat dit die Nkomati-akkoord met Suid-Afrika gesluit het. Albei kante het hulle daartoe verbind om nie guerrillamagte teen die ander party te steun en ook nie dade van geweld teen die regering van 'n buurstaat te pleeg nie. Soortgelyke ooreenkomste is gesluit met Zimbabwe, Botswana, Lesotho en Swaziland.

Die Machel-regering het 800 ANC-aktiviste uit die land gesit en Suid-Afrika het duisend Renamo-vegters na Mosambiek teruggestuur. Op die grond het min egter gebeur. Aangesien Suid-Afrika voorheen 'n groot hoeveelheid wapens aan Renamo verskaf het, is hulle nie ernstig deur die ondertekening van die akkoord verswak nie. Terselfdertyd het Frelimo ook nie heeltemal opgehou om die ANC te steun nie, hoewel daarna in groter geheimhouding.

Aan die grense van Suid-Afrika was daar nou 'n hele aantal state wat deur die destabilisasie-strategie huiwerig gemaak is om die ANC te help. Dit het vir die ANC moeilik geword om sy gewapende stryd met noemenswaardige sukses voort te sit. Iemand in die ANC-binnekring het geskat dat ongeveer die helfte van die 12 000 guerrillavegters wat die organisasie opgelei het, Suid-Afrika binnegekom het. Van hierdie 6 000 het 'n derde hul sending laat vaar en baie van die ander het in die hande van die veiligheidsmagte beland, is doodgemaak of gevonnis en tronk toe gestuur.

In 1987 het Mangosuthu Buthelezi snydende kommentaar gelewer op die gebrek aan sigbare sukses in die gewapende stryd. "After twenty-five years of endeavour every bridge in the country is still intact and there is not a single factory out of production because of revolutionary activity. The classical circumstances in which the armed struggle wins the day ... are just not present in South Africa."

Maar hierdie sukses in die dwarsboming van die gewapende stryd was nie beslissend nie. Vir baie swart mense in Suid-Afrika was enige teken van die ANC se gewapende stryd 'n bron van hoop. Die wete dat die ANC 'n militêre organisasie het wat kan terugslaan, was genoeg om baie jong mense weerstand te laat bied, al was dit net met klippe.

Namate die stryd in Suid-Afrika verskerp het, het jong wit Suid-Afrikaanse mans voor moeilike keuses te staan gekom. Hulle het as dienspligtiges in 'n oorlog in die verre Angola geveg, in Namibië diens gedoen, of die swart woongebiede in Suid-Afrika gepatrolleer.

Bl. 552

Die stryd was selde eenvoudig en helder omlyn soos wanneer 'n vreemde mag die vaderland binneval. Die regering het die Angolese oorlog voorgehou as 'n stryd teen die kommunistiese bedreiging in Suder-Afrika, maar die gevegsgebied h et meer as drieduisend kilometer anderkant die Suid-Afrikaanse grens gelê en die Swapo-vegters het vir hul eie land geveg.

Meningsopnames het die vervreemding van bruin en swart mense in Suid-Afrika belig. In 1981 het 'n opname bevind dat minder as die helfte van die kleurlinge trots voel om Suid-Afrikaners te wees, slegs 'n derde bereid was om terrorisme regstreeks te beveg en slegs 'n kwart (vergeleke met 80% van die wittes) gewillig was om vir hul land te veg. Ander opnames wat in die vroeë 1980's gemaak is, het bevind dat swart stedelinge Robert Mugabe as leier in Zimbabwe oorweldigend steun. Hul steun was gegrond op die mening dat hy 'n suksesvolle vryheidsvergter is wat swart belange bevorder. Die helfte van die stadswartes het terrorisme in sekere omstandighede ondersteun en driekwart was simpatiek teenoor 'n groep guerrillavegters wat in 1980 'n bank in Pretoria aangeval het. In 1981 het 'n opname in KwaZulu-Natal vasgestel dat die helfte van die swart mense in die geheim die ANC sou steun indien dit vegters na Suid-Afrika sou stuur.

Die oorgrote deel van die wit bevolking was nie bereid om hul mag en voorregte prys te gee nie, veral terwyl die kommunisme nog wêreldwyd 'n konkrete alternatief vir die kapitalisme gebied het. Wittes het ook nie so geredelik soos in die 1960's die staat se propaganda geglo dat Swapo en die ANC maar net kommunistiese werktuie is nie. Nogtans was sekere veiligheidsvrese geen verdigsel nie. Daar was 'n groot aantal Kubaanse troepe in die streek wat graag 'n kommunistiese stelsel wou invoer. Die ANC was in 'n noue bondgenootskap met die Sowjetunie en het toe nog 'n ekonommiese beleid van nasionalisasie gehad wat direkte bedreiging vir wit belange was.

Opnames van wit studente het 'n sterk bereidwillilgeid getoon om die stelsel te verdedig. Afrikanerstudente het gepraat van hul regering en hul leër. Gevra hoe hulle sou reageer teen 'n ANC-regering, het 44% van die Afrikanerstudente (vergeleke met 10% van die Engelssprekende studente) gesê dat  hulle dit aktief sou teenstaan, terwyl nog 32% gesê het dat hulle sal emigreer.

Grensliteratuur en ander strydliteratuur

Terwyl Suid-Afrika in 'n militêre stryd in Namibië en Angola betrokke was, het die grens as 'n nuwe tema in die letterkunde verskyn. 'n Vroeë bydrae was Jaap Steyn se Op pad na die grens en Dagboek van 'n verraaier. Hierin is die dilemma belig van 'n soldaat wat vasgevang is in 'n oorlog anderkant die land se eie grense terwyl die Suid-Afrikaanse samelewing in die greep is van wat genoem is strukturele geweld - 'n staat wat met geweld apartheid aan die mense opdwing.

Die militêre owerheid het probeer om te verhoed dat stories oor die grensoorlog uitkom deur soldate te verbied om enigiets te publiseer. Alexander Strachan, voorheen 'n lid van die eliteverkenningseenheid wat in Angola agter die vyand se linies geveg het, het dit geïgnoreer in sy boek 'n Wêreld sonder grense, wat in 1984 gepubliseer is. Dit is vier jaar later gevolg deur Gawie Kellerman se Wie de hel het jou vertel?.  P.J. Haasbroek, Etienne van Heerden en Louis Krüger het ook sterk bydraes gelewer.

Bl. 553

Hierdie stories vertel hoe die geweld wat die Suid-Afrikaanse soldate op die inheemse bevolking losaat hulle self verontmenslik, maar hulle terselfdertyd help om 'n gemeenskaplike menslikheid met die vyand te ontdek. 'n Storie deur Alexander Strachan beskryf hoe die hooffiguur en 'n Swapo-vegter skielik op mekaar afkom. "Ons kyk mekaar stip in die oë. En op hierdie oomblik weet ek meteens: ek haat hom nie; ek vrees hom net. En in die wit van sy oë sien ek dieselfde vrees." In Strachan se stories vervaag die tradisionele grense - dié tussen wit en swart, tussen vriend en vyand, tussen mededoë en vrees, en dit skep 'n trauma wat daartoe lei dat die grensvegters die verlede probeer verstaan sodat hulle ook sin kan maak van die hede.

Die grensoorlog het onheilspellend gedui op 'n oorlog wat tussen wit en swart Suid-Afrikaners in hul eie land gevoer sou word as hulle nie 'n politieke skikking bereik nie. In 1978 het Elsa Joubert se dokumentêre roman Die swerfjare van Poppie Nongema verskyn. Die lede van 'n gewone Afrikaanse familie kon hulle maklik met die boek identifiseer, omdat hulle heel moontlik iemand soos Poppie, die hooffiguur in die boek, as 'n huishulp in hul huis het.

Die boek is gegrond op die mondelinge getuienis van 'n ongeletterde Xhosa-sprekende vrou en vertel hoe sy haar familie bymekaar probeer hou ten spyte van die doolhof van instromingbeheermaatreëls. Haar man is weggestuur en volgens die wet moet sy self teruggaan na die Oos-Kaap. Sy het in Upington grootgeword en het die Oos-Kaap glad nie geken nie. Ná die 1976-rebellie merk sy op dat die kinders veel meer vasbeslote is om, ongeag die risiko, weerstand teen die stelsel te bied. 'n Kind, Jakkie, is aan die vlug voor die polisie. Dit is moontlik dat hy die land verlaat het om as guerrillavegter opgelei te word en sou terugkom en mense doodmaak. Haar kinders moet kies of hulle die polisie wil help om hom te vind of by die verset aansluit. Poppie het altyd probeer keer dat haar kinders by die verset betrokke raak en met die gereg bots, maar aan die einde van die boek besef sy die stryd het haar en haar familie ingehaal. "Oor alles het ek gekom, dink sy, maar nou het ek geleer, h ieroor kan ek nie kom nie. Want dis nou uit my hande uit geneem; dis nou oorgegee in my kinders se hande. Dis nou my kinders wat voortgaan. Vrede sal daar nie kom nie, sê sy ... Selfs dié wat vrede wil hê, word ingesleep in die moeilikheid ... As die Here gewil het dat Jakkie moet gaan, moes hy gaan, dink sy. En as my kinders in die ding gesleep moes worde, dan is dit waartoe hulle gebore is? En wie kan uit hulle pad neem dit waarvoor hulle gebore is?"

Veertien jaar ná die boek se verskyning het Danie van Niekerk, besturende direkteur van die uitgewers, gesê: "Ek dink die boek het meer as enige ander Afrikaanse boek gedoen om die Afrikaners tot inkeer te bring. Dit het nooit ophou verkoop nie."

Dit was nie slegs 'n grensliteratuur dat apartheid ondermyn is nie. Die werk van John Coetzee in Engels, en dié van André P. Brink en Breyten Breytenbach in Afrikaans en Engels het apartheid as 'n wrede en onmenslike stelsel ontbloot en dit is deur baie mense in Suid-Afrika gelees. Jeanne Goosen se kort roman Ons is nie almal so nie het die idee briljant vasgevang dat apartheid ook die wittes geklassifiseer het, selfs dié wat dit teengestaan het. Die hooffiguur in haar roman, wat in die 1950's afspeel, is Doris. Sy is meer sensitief as haar mede-Afrikaners in die werkersklas vir die skade en pyn wat die stelsel toedien aan die bruin mense wat sy ken. Wanneer haar bruin bure gedwing word om ingevolge die Groepsgebiedewet uit die wit gebied te trek, hardloop sy met

Bl, 554

'n koek agter die vragmotor met hul besittings aan en skree: "Ons is nie almal so nie." Die man aan die stuur maak of hy nie hoor nie en draai die vragmotor se venster op. Apartheid het Doris deel van die stelsel gemaak.

Die poging om ongelykheid te verminder

Ten spyte van die sterk styging in swart lone sedert die sestigerjare, was Suid-Afrika nog onder die eerste drie lande met die grootste gaping tussen die inkomste van die rykste en dié van die armste mense. (Die sogenaamde Gini-koëffisiënt meet verskille in ongeveer 60 lande wat die nodige statistieke hou.) Hierdie verskille in inkomste het in 'n baie groot mate met die wit-swart onderskeid saamgeval. Van die vroeë 1970's het die regering tot 'n betekenisvolle herverspreiding van inkomste oorgegaan. Teen 1994 het swart mense R23 miljard tot die regering se skatkis bygedra, maar hulle het R34 miljard in kontant en in ander vorme van die regering ontvang, waarvan die grootste deel bestee is aan welsynsdienste, huisvesting, gesondheid en onderwys. Blankes het nog steeds byna die helfte van die bedrag ontvang wat die staat aan maatskaplike dienste bestee het. Hulle het nou egter veel minder in die vorm van dienste ontvang as die belasting wat hulle betaal het, terwyl swart mense aansienlik meer ontvang het. Die besteding aan welsyn vir kleurlinge en Asiërs het selfs vinniger gestyg as dié vir swartes. Die pas daarvan het ná 1984 toegeneem toe die regering begin het om die gapings tussen die drie groepe wat aan die driekamerparlement deelgeneem het, stelselmatig te vernou.

Hierdie herverspreiding was in 'n belangrike mate verantwoordelik vir die groot begrotingstekorte op die lopende rekening, wat in 1982 op R890 miljoen gestaan het en in 1994 op R28 miljard. Die ontsparing deur die regering, dit wil sê lenings om lopende besteding te finansier, het tussen 1982 en 1994 'n massiewe R131 miljard beloop. Ander groot koste het verband gehou met die duur oorlog in Namibië en Angola, die reuse-poging om selfversorgend te word  wat wapentuig betref, die uitbreiding van die staatsdiens en die poging om wit staatsamptenare te paai toe die regering terugslae by die stembus begin ondervind.

Daar was ook groot uitgawes en geleentheidskoste verbonde aan die regering se poging in die jare sewentig en tagtig om gedesentraliseerde groeipunte in sowel die grensgebiede as die tuislande self ontwikkel.Dit was 'n vrugtelose poging om die tuisland-ekonomieë lewensvatbaar te maak. Teen die einde van die 1980's is vasgestel dat die ekonomiese desentralisasiebeleid sowel gebrekkig as baie duur was.

Die blankes is swaar belas. In die eerste helfte van die 1980's het die gemiddelde aandeel wat wit mense in die middelinkomstegroep aan belasting betaal het, drievoudig toegeneem. Volgens die Internasionale Monetêre Fonds het wit mense in 1987 gemiddeld 32% van hul inkomste aan belasting betaal, maar slegs 9% aan voordele ontvang.

Hierdie herverspreiding van inkkomste was een van die belangrikste redes waarom die NP in die 1980's groot terugslae by die stembus gely het. Die regtervleuel het herverdeling as een van hul groot wapens gebruik. Veral minder geskoolde werkers en staatsamptenare in die laer range was aan die spits van 'n nuwe en groeiende regtervleuel.

Bl. 555

"As die goed gaan met die Afrikaners..."

In sommige opsigte het Botha heeltemal anders oor die oorlewing van die Afrikaners gedink as sy voorgangers. Botha het besef dat die Afrikaners en die groter wit gemeenskap as 'n krimpende deel van die bevolking polities afhanklik geword het van bondgenote. Dit het beteken dat enige uiting of uitlewing van rassemeerderwaardigheid streng aan bande gelê sou moet word. Tog het hy voortgegaan om die Afrikaners en die NP in die middelpunt van die Suid-Afrikaanse politieke heelal te plaas. Hy het dit so gestel: "As dit goed gaan met die Afrikaners, sal dit goed gaan met die ander groepe in die land en sal daar vrede wees." Daar was 'n dubbelsinnigheid in die Botha-regering se aanvaarding van die behoefte van hervorming. Aan die een kant het dit aanvaar dat inkomste en geleenthede regverdiger onder al die gemeenskappe versprei moet word en dat geen gemeenskap hom oor die ander kan verhef nie. Aan die ander kant het die Botha-bewind die Afrikaners beskou as die groep wat in die sentrum van die samelewing staan en die toon vir almal aangee.

Om sy politieke basis te beskerm en veral om die meeste Afrikaners by die NP te hou, het Botha daarop aangedring dat die hoekstene van apartheid - groepsgebiede, gesegregeerde o nderwys, bevolkingsregistrasie en afsonderlike poliltieke deelname en verteenwoordiging - behoue bly. Sy opvatting van hervorming was om meer funksies en geld af te wentel na die liggame wat swart, bruin en Asiër afsonderlik verteenwoordig. Hul leiers kon uiteindelilk seggenskap saam met die wit verteenwoordigers in die kabinet hê, maar daar kon geen gemengde Volksraad vir al die gemeenskappe wees waar getalle die deurslag sou gee nie.

Botha het die verskaffing van werksgeleenthede vir die land se snel groeiende bevolking as die grootste uitdaging beskou. Dit wou hy doen deur vinniger ekonomiese groei. Van die begin het hy besef dat die private sektor noodsaaklik is as die masjien van ekonomiese groei. Toe hy in 1978 eerste minister word, het sowel Afrikaner- as Engelse sakeleiers baie bekommerd begin word oor die groei van die staatskorporasies. Hul aandeel van die ekonomie het tussen 1948 en 1976 byna verdubbel en hul aandeel van die totale kapitaalvorming het toegeneem van 43% in 1960 tot gemiddeld 51% in die jare 1975 tot 1979.

In sy boek Assault on Private Enterprise het Andreas Wassenaar, nie-uitvoerende voorsitter van Sanlam, die regering daarvan beskuldig dat dit die private sketor ondermyn en die staatskorporasie beskou as die Afrikaners se antwoord op die Engelssprekendes se oorheersing van die mynbou en die nywerheidsektor. Botha het die sakelui gerusgestel met die versekering dat die staatskorporasies se aandeel in die ekonomie nie verder sal groei nie. Teen 1990 het hul aandeel aan die kapitaalvorming tot 36% gedaal.

In 1979 het Botha die sakeleiers na 'n konferensie in die Carlton Hotel in Johannesburg genooi. Hier het hy 'n vennootskap tussen die staat en die private sektor voorgestel om 'n ekonomies voorspoedige Suid-Afrika te bou. Hy het ook 'n "konstellasie van Suid-Afrikaanse state" voorgestel, wat sou bestaan uit Suid-Afrika, die "onafhanklike" tuislande en die ander state in die Suider-Afrikaanse streek. Hulle sou saamwerk om armoede uit te wis deur ekonomiese groei en werkskepping te stimuleer. Hoewel nie veel van hierdie voorstelle gekom het nie, het Botha die sakeleiers beïndruk, veral deur die dringendheid waarmee hy die land se ernstige probleme aangepak het.

Bl. 556

Botha het die staatsadministrasie ingrypend hervorm. Onder Vorster was die vernaamste beeld van die staat dié van 'n swak bestuurde Afrikaanse familiesaak. Daar was 'n warboel van kabinetskomitees wie se werk nie gekoördineer is nie en heeltemal te veel departemente. Botha het die eerste minister se kantoor baie versterk. Hy het 'n behoorlike kabinetsekretariaat tot stand gebring. Hy het die aantal kabinetskomitees tot vier verminder en die staatsdepartemente van 39 tot 22.

Hy het ook die staatsveiligheidsraad omskep in 'n sleutelligaam om die beleid ten opsigte van veiligheid te bespreek en optrede in verband daarmee te koördineer. Hierdie raad het oor die werking van 'n nasionale veiligheidsbestuurstelsel toesig gehou. In 'n krisis sou daar 'n gesamentlike bestuurstelsel (GBS) in elk van twaalf nasionale streke wees, 'n sub-GBS vir elke metropolitaanse gebied en 'n mini-GBS vir elke dorp. Hier moes amptenare en sakelui onder die voorsitterskap van 'n militêre of polisie-offisier vergader.

Die GBS het inligting verskaf oor sake van plaaslike veiligheid en het opgetree as 'n waarskuwingstelsel wat konfliksituasies vroeg rapporteer. Dit het struikelblokke in die staatsdiens geïdentifiseer wat die verbetering van die lewensomstandighede in die swart en bruin woonbuurte bemoeilik het. Die uitgangspunt was dat swart en bruin mense hoofsaaklik wou hê dat hul lewensgehalte verbeter en hul maatskaplike behoeftes bevredig word.

Die probleem van konstitusionele hervorming

Botha was gretig om die uitdaging van konstitusionele hervorming aan te pak. Die vraag was of Botha, wat deur die NP-koukus gekies is, in staat sou wees om hervormings in te voer wat breë steun sou geniet. Sommige kommentators het 'n presidentsverkiesing voorgestel wat aan die president, as argitek van 'n konstitusionele verandering, groter gesag en legitimiteit sou gee. Die regering wou dit nie oorweeg nie. Botha was waarksynlik die mins gewilde van alle Afrikanerleiers en die risiko van 'n nederlaag was te groot.

Botha het daarop aangedring dat die hele proses van grondwetlike hervorming onder sy leiding en beheer staan. Hy was, in die woorde van Mangosuthu Buthelezi, hoofminister van KwaZulu, die inisieerder van hervorming, die arbiter van alle konflikte oor verandering en die skeidsregter by die bepaling van wat kon verander en wat nie. Die beraadslagings oor 'n nuwe grondwet het in NP-komitees plaasgevind met party-eenheid as die eerste oorweging. Legitimiteit wat verder strek as die party se geledere of die wit kiesers was in 'n swak tweede plek.

Die tweede belangrike vraag was of die konstitusionele verandering aanvanklik slegs die kleurlinge en Asiërs moes betrek en of dit van die begin af swart mense moet insluit. Die pad wat die regering gekies het, was om nie swartes in 'n veelrassige Parlement op te neem nie. In 1977 het die regering 'n plan aanvaar om kleurlinge en Asiërs saam met blankes in die Parlement te bring.

Aan die meer verligte kiesers het die partyleiding verduidelilk dat die simboliek van wit heerskappy en eksklusiwiteit in die Parlement eers afgebreek moet word en dat die inskakeling van swart mense moet wag totdat die kiesers hieraan gewoond geraak het. Aan sy meer konserwatiewe volgelinge het die party gesê dat wit, bruin en Asiërs teen die swartes moet saamstaan.

Bl. 557

Soms het die hervormingsgesindes die argument van realpolitiek gebruik. Jan Grobler, die NP se hoofinligtingsbeampte, het aan Andries Treurnicht, leier van die regtervleuel in die party, geskryf daar kan nie sprake wees van 'n "eksklusief'-blanke soewereine Parlement" nie; daar kan net een Parlement en een regering oor 'n bepaalde grondgebied wees. Dit het Treurnicht se vrees bewaarheid dat daar "Kleurlinge- en Indiërministers sal (wees) wat oor my en alle blankes sal mede-regeer". Grobler het nou betoog dat veiligheid bo ideologiese obsessies voorrang moet kry. "Doktor, ek sou graag ook u standpunt verneem oor die gedagte dat ons teen elke prys die Kleurlinge as 'n blok van 1,5 miljoen mense by die blankes betrek en hulle nie aan 'n 'swartmag'-situasie uitlewer nie."

Vroeg in 1982 het die spanning in die party tussen die faksies onder Botha en Treurnicht tot uitbarsting gekom. Die Treurnicht-groep kon nog aparte kleurling- en Indiërparlemente duld (hulle sou klaarblyklik minderwaardig wees), maar nie drie kamers in een Parlement nie. Botha het egter daarop aangedring dat daar net een regering in een land kan wees. Op 24 Februarie 1982 het Truernich en nog 21 NP-lede van die Parlement die NP-koukus verlaat en die Konserwatiewe Party (KP) gestig. Voorheen het die NP afsplinterings belewe, maar hierdie keer was dit 'n volskaalse skeuring. Dit was die einde van Afrikaner-eenheid, wat soveel dekades lank bepleit, gekoester en beskerm is.

Daar was nou 'n Parlement met 'n wit, 'n bruin en 'n Indiërkamer, gekies op afsonderlike kieserslyste in 'n 4:2:1-verhouding ooreenstemmend met die onderskeie bevolkings. Die NP het die nuwe grondwet as 'n vorm van "gesonde" magsdeling aangebied, waarin die NP nie uitgestem kan word deur 'n koalilsie van die wit opposie in die wit kamer en die kleurlinge en Asiërs in hul onderskeie kamers nie. 'n Kieskollege wat saamgestel is uit al drie kamers het 'n staatspresident gekies, wat uitvoerende funksies gehad het.

Elke kamer het sy eie kabinet en begroting gehad waarmee hy moes omsien na die "eie sake" van sy gemeenskap. Dit het veral onderwys, huisvesting en maatskaplike dienste behels. Daar was ook "algemene sake", wat ingesluit het verdediging, veiligheid en ekonomiese beleid. Wetsontwerpe is afsonderlik deur elke kamer bespreek en goed- of afgekeur. Die enigste element van magsdeling was die bepaling dat al drie kamers 'n wetsontwerp moes goedkeur en die feit dat kleurlinge en Indiërs in die kabinet vir algemene sake opgeneem is. (Botha het die leier van die kleurling- en dié van die Indiërkamer in sy kabinet aangestel.)

Maar wit beheer is behou. Die NP, as die grootste party in die wit kamer, was daarvan verseker dat dit die staatspresident kon verkies. Die staatspresident kon ook gebruik maak van die presidentsraad, 'n veelrassige adviesraad van kenners, wat omtrent almal die NP goedgesind was. Hierdie raad kon 'n konstitusionele skaakmat probeer beëindig indien een van die kamers weier om 'n wetsontwerp goed te keur. Hierdie grondwet was, soos 'n gesegde van die tyd gelui het, "magsdeling sonder magsverlies".

In die referendum van 1983 het die NP die grondwet aangebied as die eerste stap in 'n ongespesifiseerde "regte rigting". Die liberale opposisie het die grondwet teengestaan as iets wat swartes uittart deur hulle uit te sluit. Buthelezi, wat potensieel die regering se sterkste swart bondgenoot was, het skerp kritiek uitgespreek. Chris Heunis, die vindingryke en intelligente maar dominerende minister van konstitusionele ontwikkeling,

Bl. 558

het egter die Arbeidersparty in die kleurlinggemeenskap oorreed om met die stelsel saam te werk. Hiermee is die bal aan die rol gesit. In 'n referendum van wit kiesers het twee derdes van die uitgebragte stemme die nuwe grondwet goedgekeur.

Swart mense het die verteenwoordiging van kleurlinge en Asiërs in die Parlement as 'n verwerping van hul eis om 'n gemeenskaplike burgerskap beskou. Hul vervreemding is vererger deurdat segslui van die regering die tuislande, saam met 'n nuwe stelsel van swart plaaslike owerhede, as regverdiging vir hul uitsluiting van die Parlement voorgehou het.

Die tuislandbeleid in sy surrealistiese fase

Hoewel die regering van die middel-1970's ontwikkelingshulp op groot skaal ingepomp het, was dit teen die einde van die dekade duidelik dat die tuislande nie ekonomies lewensvatbaar sou word nie. Selfs die Transkei, die tuisland met die beste vooruitsigte, kon in slegs 10% van sy eie voedselbehoeftes voorsien en kon slegs 20% van sy begrote uitgawes uit eie bronne finansier. Die groot meerderheid van die mense in die tuisland was afhanklik van pensioene en ander geld wat trekarbeiders na hul families gestuur het. Omtrent al hierdie geld het weer teruggevloei na wit winkels in "blanke Suid-Afrika". Trekarbeid het daartoe gelei dat die tuisland se swartes al hoe afhankliker en al hoe armer geraak het.

Ten spyte van die feit dat die tuisande geen hoop gehad het om ekonomies lewensvatbaar te raak nie, het die regering aangehou om die beleid tot sy "logiese konsekwensies" te probeer uitvoer. Volgens die regering se denke moes soveel tuislande as moontlik onafhanklik word, ongeag of hulle lewensvatbaar is. Die doel was om die aantal swart mense te verminder wat op Suid-Afrikaanse burgerskap aanspraak kon maak.

In 1976 het die Suid-Afrikaanse regering onafhanklikheid aan die Transkei gegee, maar dit was ook die enigste regering in die wêreld wat die Transkei as 'n onafhanklike staat erken het. Bophuthatswana het in 1977 op dieselfde manier onafhanklik geword en is gevolg deur die Ciskei in 1979 en Venda in 1980. Met onafhanklilkheid het die burgers van hierdie "state" hul Suid-Afrikaanse burgerskap verloor, selfs as hulle in Soweto of enige ander dorp of stad in Suid-Afrika gewoon het.

Nadat die Transkei onafhanklik geword het, het alle Xhosa-sprekendes afkomstig van die gebied Transkeise burgers geword. In die oë van die regering het sy beleid nou nie meer teen swart mense gediskrimineer nie, maar teen Transkeise burgers. Connie Mulder, wat in 1978 minister van plurale betrekkinge (voorheen Bantoe-administrasie en -ontwikkeling) geword het, het verklaar dat daar, nadat alle tuislande onafhanklik geword het, nie meer swart Suid-Afrikaners sou wees nie. In 1981 is Xhosas uit plakkerskampe in Kaapstad na die Transkei "gedeporteer" ingevolge wette wat buitelandse burgers beheer het. Die regering het selfs geld vir die tuislande as "buitelandse hulp" geklassifiseer.

Die tuislande het vir die regering 'n fatale aantrekkingskrag gehad, wat hom verhinder het om ander, meer realistiese maniere te vind om aan die stadswartes, die polities mees bewuste deel van die swart bevolking, verteenwoordiging te gee. Die onderskeie tuislandregerings, elkeen met sy eie hoofminister, kabinet, wetgewende vergadering en

Bl. 559

staatsdiens, het aan swart tuislandbewoners 'n vorm van selfbestuur gegee wat die blankes nie bedreig het nie. Hierdie regerings het hulle hoofsaaklik met die sake van die tuisland bemoei en nie betekenisvolle toegewings van Pretoria probeer verkry nie.

Die uitsondering van Mangosuthu Buthelezi van KwaZulu. Hy was die enigste interne swart leier met 'n massagevolg. Hy het hom u itdruklik teen onafhanklikheid vir Zoeloes, meer as 20% van die totale bevolking, uitgespreek. Dit was hy, meer as enige ander opposisie, ook die ANC, wat die regering se hoop vernietig het om 'n "konstellasie" van "onafhanklike" tuislande te vorm.

In 1979 het Buthelezi met die ANC-leierskap gebreek omdat hy die ANC se sanksies en gewapende stryd teengestaan het. Die verhouding tussen die ANC en Buthelezi se Inkatha het nou vinnig versleg tot 'n bittere vyandskap. Die ANC het Buthelezi as 'n anti-revolusionêre invloed uitgekryt. Dit het hom beskou as veel gevaarliker as die ander tuislandleiers, wat na die mening van die ANC blote strooipoppe was. Buthelezi het vas geglo dat die gewapende stryd en sanksies die hoop op vreedsame verandering vernietig. Hy het egter ook aan Botha gesê dat geweld nie verhoed kan word deur op die anti-kommunistiese trom te slaan nie. Geweld sou volgens hom nie die produk wees van kommunistiese ondermyning nie, maar van wit en swart leiers wat beheer oor hul onderskeie volgelinge verloor.

Buthelezi het 'n duidelike alternatief vir die NP se benadering probeer ontwikkel deur 'n veelrassige federasie voor te stel. In 1981 het hy 'n kommissie aangestel met die taak om voorstelle te maak wat tot die integrasie van die provinsie Natal en die KwaZulu-tuisland sou lei. Die kommissie het voorgestel dat een wetgewende vergadering op die grond van proporsionele verteenwoordiging verkies word en dat ' n veelrassige uitvoerende komitee saamgestel word wat besluite op die grondslag van m agsdeling neem. Hierdie liggaam sou onderwys, die plaaslike ekonomie, plaaslike bestuur en welsyndienste in KwaZulu-Natal beheer.

'n Aantal jare later, in die middel-1980's, is hierdie voorstelle verder uitgebrei deur 'n veelrassige "Natal indaba". Dit het die ondersteuning van die sakeleiers in die provinsie en die lilberale opposisie geniet. Dit was 'n laaste geleentheid vir 'n proses van konstitusionele ontwikkeling wat ontstaan het buite die regering se beheer en met sy eie momentum. Sou 'n proses van gebiedsintegrasie in KwaZulu-Natal slaag, kon soortgelyke inisiatiewe in ander dele van die land moontlik volg. Uit hierdie ontwikkeling kon daar dan verkose swart leiers kom en van hulle kon later in 'n nasionale kabinet opgeneem word.

Dit sou uiteraard 'n risiko vir die NP-regering ingehou het, maar dit was ook moontlik dat groot voordele kon voortvloei uit 'n proses wat nie deur die regering beheer en gemanipuleer is nie. Sterk, legitieme swart leiers kon na vore gekom het. Uiteindelik sou dit kon lei na die totstandkoming van 'n federale stelsel. Dit sou kon gehelp het om die internasionale druk te verlig en kon ook verhoed het dat die swart mense hul grootste steun aan die ANC gee.

Botha se reaksie was in die ou apartheidstyl. Buthelezi, het hy gesê, is welkom om sake te ondersoek wat sy eie land raak, maar hy het geen reg om hom met sake te bemoei onder die beheer van die sentrale regering nie. Sowel Vorster as Botha het 'n baie swak begrip van die moderne swart politiek gehad. Vorster het op grond van 'n gesprek met

Bl. 560

'n swart prokureur aangeneem dat die swart professionele lui radikale organisasies slegs uit eng selfbelang ondersteun. Botha was baie agterdogtig teenoor die ANC en het gedink dat dit heeltemal onder kommunistiese invloed staan. Daar was 'n algehele gebrek aan kommunikasie teussen die regering en swart mense buite regeringstrukture. Die Broederbond het die regering se beleid uitgebreid bespreek sonder om ooit die stemme van swart akademici en professionele lui te hoor. Eers ná die Soweto-opstand het Gerrit Viljoen voorgestel dat die Afrikanerjeug met die militante swart jeug in gesprek moet tree.

In 1981 het Piet Koornhof, minister van samewerking en ontwikkeling (die ou departement van Bantoe-administrasie), die politieke rekeningkunde van apartheid in sy finale, surrealistiese fase uitgespel. Op daardie tydstip het vier tuislande reeds Pretoria se onafhanklikheid aanvaar en nog vier laat blyk dat hulle dit oorweeg. Koornhof het miljoen swart "burgers" van ander tuislande wie se regerings daaraan dink om onafhanklik te word. Die implikasie was dat hulle nie as deel van die Suid-Afrikaanse bevolking hoef te word nie. Die enigste tuislande wat geweier het om onafhanklikheid te aanvaar, was KwaZulu en die verspot klein tuisland KwaNdebele. Hul gesamentlike bevolking was 6,25 miljoen, minder as die gesamentlike totaal van 7,8 miljoen wit mense, kleurlinge en Indiërs. Koornhof se verregaande gevolgtrekking was dat, omdat so baie mense onafhanklik is, dit vir Suid-Afrika se vyande nutteloos sou wees om nog algemene stemreg te bepleit.

'n Verdeelde Afrikanerdom

Die NP-skeuring in 1982 ná die breuk tussen Botha en Treurnicht en die stigting van die Konserwatiewe Party (KP), was in 'n belangrike mate die produk van verreikende sosio-ekonomiese veranderinge. Die NP-regering wat in 1948 aan die bewind gekom het, was 'n party van Afrikaners waarvan die oorgrote meerderheid laer-middelklasmense en handwerkers was. Van die sestigerjare af het dit begin met die geleidelike herverspreiding van inkomste van blankes na die stemloses. Terwyl die ekonomie vinnig gegroei het, het dit nie politieke probleme veroorsaak nie. Dit was moontlik om die onderskeie belangegroepe onder die Afrikaners tevrede te hou en terselfdertyd die maatskaplike besteding aan die swart en bruin bevolking te verhoog. Vroeg in die jare sewentig is die tydperk van vinnige ekonomiese groei egter afgesluit. Daarmee het die NP se moeilikhede begin. Die ekonomiese opbloei tussen 1933 en 1973 het die samestelling van die Afrikaner-arbeidsmag ingrypend verander en konflikte geskep wat die NP nie meer kon oplos nie.

Bl. 561

SAMESTELLING VAN DIE ARBEIDSMAG VAN DIE AFRIKANERS

                            1936%    1946%      1960%    1980%      1990%

Landbou                   41           30              16            7              5

Handwerk                 31           41               40         32            29

Kantoorwerk             28            29               44        62            66

Die KP-ondersteuners het uit die volgende bestaan: werkers wat nog aangedring het op die kleurslagboom, die minder voorspoedige boere wat die regering se inkorting van subsidies vir boerdery teengestaan het en staatsamptenare in die lae range wie se salarisverhogings nie met die lewenskoste tred gehou het nie. Al drie hierdie groepe het swaar gekry onder hoë inflasie en in 'n mindere mate onder belasting.

Aan die NP-kant was sakelui, professionele mense en akademici, wt hulle al hoe meer met universele waardes vereenselwig het. Hulle was bewus van die werklikheid dat 'n bruin en swart middestand sigbaar na vore getree het en dat daar nie meer armblankes was waaroor die mense hulle hoef te bekommer nie. Vir hulle het ekonomiese en maatskaplike apartheid 'n verleentheid geword.

Een faktor het die Afrikanernasionaliste bymekaar gehou. Dit was die geloof dat die Afrikaners se politieke mag 'n voorvereiste is vir hul oorlewing as volg en Afrikaans as openbare taal. Sommige politici en kultuurleiers het geglo dat die Afrikaners 'n Godgegewe pllig het om hul identiteit as volk te beskerm en miskien ook dié van ander volkere. Maar onder die Afrikaners op die grondvlak het die oorlewing van die Afrikaanse kultuur en taal nie voorrang geniet nie. In meningsopnames het taal en kultuur by hulle slegs agste of n egende uit tien indikatore gekom, ver onderkant die verdediging of bevordering van materiële belange.

Botha was veel minder afhanklik as sy voorgangers van Afrikanersteun. 'n Nuwe vloeibaarheid het in die wit pollitiek ontstaan nadat die Verenigde Party, wat meer as twintig jaar deur sir De Villiers Graaff gelei is, in 1977 gedisintegreer het. Tussen 25% en 40% van die Engelssprekende kiesers het simpatiek teenoor die NP se versigtige benadering tot hervorming gestaan. Die ou Afrikaner-Engelse wrywing het grotendeels verdwyn weens die druk op wit mag en voorregte. Dit het vir die NP die geleentheid geskep om dieselfde breë hervormingskoalilsie saam te stel as wat die Verenigde Party tussen 1933 en 1939 gevorm het.

Al het hy Engelssprekendes se steun gekry, het die NP-leiding nie hard probeer om Engelssprekendes ten volle in die party te betrek nie. Die NP-debat oor oorlewing het 'n eng en eksklusiewe Afrikanerdebat gebly. Die partyleiers was nie gretig om die aard van die NP as 'n etniese party te vrander nie. Die bestaande patroon van 'n regering wat hom hoofsaaklik aan Afrikanerdrukgroepe steur, het voortgeduur en so ook die kameraderie en onderlinge vertroue van 'n etniese party. Die rede waarom Botha nie vinniger wou verander n ie, was nie soseer dat hy 'n politieke basis kokrtgekom het nie. Boonop was hervorming vol risiko's. Daar was geen versekering dat dit groter stabiliteit en beter vooruitsigte vir die Afrikaners sou oplewer nie. Dit was net so moontlik dat dit tot opstand en bloedvergieting kon lei voordat stabiliteit herstel is.

Bl. 562

Treurnicht het die geesdrif van die Afrikanernasionlaistiese beweging weer in die lewe probeer roep deur die wysers te probeer terugdraai na die middel-1960's, toe dit gelyk het of die Afrikaners altyd sal regeer. Maar dit was nie meer moontlik om die dryfkrag en oortuiging van die ou volksbeweging weer in die lewe te roep nie. Die oplossings wat die KP aangebied het, was klaar gediskrediteer. Die NP het hulle probeer toepas en hulle het nie gewerk nie. Daar was geen wit tuisland nie.

Die NP het nietemin baie stemme aan die KP afgestaan. Die herverdeling van inkomste het ontevredenheid veroorsaak en boonop het al hoe meer kiesers nie langer die NP-leiers vertrou nie. In die verkiesing van 1987 het die regse partye saam byna 'n derde van die stemme gekry. Die KP het die amptelike opposisie geword. In die verkiesing van 1989 het amper die helfte van die Afrikaners vir regse partye gestem.

Terwyl die blankes 'n al hoe kleiner deel van die bevolking uitgemaak het, het 'n swart regering al hoe moontliker begin lyk. Afrikaners was pessimisties oor 'n swart regering. Meer as vir vyfdes van die Afrikaners het volgens opnames wat in 1979, 1984 en 1987 gedoen is, geglo dat onder 'n swart meerderheidsregering omgekeerde diskriminasie sou wees en dat die Afrikaanse taal en kultuur bedreig sou word. Daar was ander vrese. Meer as 80% het geglo dat wit mense se persoonlike veiligheid bedreig sou word, dat wit besittings nie veilig sou wees nie en dat wit vroue gemolesteer sou word. Minder as 10% het gedink dat die lewe soos vantevore sou voortgaan. Die tasbare bewys van al hierdie vrese was te sien in die besit van vuurwapens - gemiddeld een vuurwapen per wit volwassene.

Botha het teen die middel van die jare tagtig onseker geraak oor die koers wat hy moet volg. Hy het die konsolidasie van die tuislande weer op die agenda geplaas, maar het geen steun gekry nie. Hy het gewaarsku dat die afrikaners bereid is om vir hul "geboortereg" te sterf, maar hy het geen aanduiding gegee h oe die geveg dat sou uitsien nie. Die vernaamste maatskaplike verskynsels van die 1970's  en die 1980's was die ineenstorting van instromingsbeheer, die integrasie in die arbeidsmag en die gebrek aan geleenthede vir swart hoërskoolkinders. Daar kon geen geveg hieroor aangeknoop word nie.

Sedert die middel van die 1980's het die regering se eie meningsopname-maatskappy getoon dat die ANC in 'n vrye verkiesing meer as 60% van die stemme sou ontvang en die NP 19% tot 23%. Die ANC het sterk aangedring op wat dit ' n "gewone demokrasie" genoem het. Daarmee het dit 'n liberale demokrasie na die Britse Westminster-model van meerderheidsregering in 'n unitêre staat bedoel. "Die meerderheid vat alles" is die term waarmee hierdie stelsel gewoonlik beskryf word. Dit is sonder meganismes wat minderhede beskerm, soos 'n regering van nasionale eenheid, groepsrege, federalisme en die afwenteling van mag.

Vir Botha en sy kieserskkorps ws dit heeltemal onaanvaarbaar. 'n Opname in 1980 het bevind dat slegs 3% van die Afrikaners teenoor 11% van die Engelssprekendes 'n politieke bedeling aanvaar waarin die meerderheidsparty alleen die beheer uitoefen. Slegs 1% van die Afrikaners en 3% van die Engelssprekendes wou Nelson Mndela aan die bewind hê, teenoor 12% en 39% onderskeidelilk wat Buthelezi verkies het. Wittes was bekommerd dat die ANC-leierskap nog steeds die Freedom Charter onderskryf, wat aangedring het op die nasionlasasie van sekere strategiese sektore.

Bl. 563

Daar was egter ook 'n ander kant van die prentjie. Die wittes het in toenemende mate aanvaar dat daar swart mense in die regering moet wees. Hulle wou 'n stabiele regering hê, bevoegde staatsamptenare, 'n afhanlike regbank en 'n sterk ekonomie. Die kleur van ministers het nie meer saak gemaak nie, maar hulle het wit politici uiteraard meer vertrou. In plaas van meerderheidsregering, wou hulle 'n stelsel hê wat die ewewig tussen die swart meerderheid en die minderhede handhaaf en eiendomsreg beskerm.

'n Liberale bedeling?

Die meeste van die intelligentsia wat die NP ondersteun het, het 'n stabiele staat onder NP-beheer as noodsaaklilk beskou vir enige hervorming wat sou lei tot 'n vryer en mensliker samelewing. Daar was ook diegene wat die NP verlaat het en die Progressiewe Federale Party onder Frederik van Zyl Slabbert gesteun het. Hulle het ook gemeen dat 'n stabiele staat vir fundamentele veranderings noodsaaklik is, maar hulle het al h oe meer getwyfel oor Botha se leiding en die sterk aandrang dat hervormings net deurgevoer kon word indien die NP sy eenheid behou. Hulle het die staat ook daarvan verdink dat dit onder die dekmantel van veiligheid 'n "vuil oorlog" teen opponente voer en dat hierdie geheime en vuil stryd ál meer geweld sou aanstook en 'n onderhandelde skikking onmoontlik sou maak.

In sy boek Die sonders van die vaders plaas die Stellenbosse filosoof André du Toit die debat binne die raamwerk van Van Wyk Louw se essay "Kultuur en Krisis", wat in 1952 die eerste keer gepubliseer is. Op die buiteland van Du Toit se boek, wat dertig jaar later verskyn het, is hierdie woorde uit Louw se essay groot gedruk: "Hoe kn 'n klein volk lank bly voortbestaan, as hy iets haatliks en iets boos is vir die beste binne - of buite - hom?" Louw het die keuse geformuleer tussen blote voortbestaan en voortbestaan in geregtigheid. Vir Du Toit was die oomblik daar wat Louw genoem het die "donker nag van die siel" wanneer 'n volk vir hom self moet sê" Ek sal liewer ondergaan as deur ongeregtigheid bly voortbestaan."

Du Toit wys daarop dat die regering se aandrang dat politieke mag noodsaaklilk is om die Afrikaner se kultuur en taal te bewaar 'n fatale flater is. Dit sal slegs swart nasionaliste aanmoedig om nie net die mag nie, maar ook oor die taal en kultuur as hul vyand te beskou. Die voortbestaan van Afrikanerkultuur moet losgemaak word van Afrikanermag. Die sondes van die vaders vertolk ook die stryd as 'n stryd tussen verskillende geslagte. Die ouer geslag was nie werklik in staat om aan enige toekoms anderkant Afrikanermag te dink nie. 'n Jonger geslag het egter te staan gekkom voor die vooruitsig op 'n eindelose militêre en politieke stryd waarvoor daar geen oortuigende regverdiging is nie. Die boek het die Afrikaners nie probeer oortuig dat hul taal en kultuur onder 'n swart meerderheidsregering nog sou floreer nie. Een van die implikasies van die argument was dat die Afrikaners hulle dan oor ander sake as hul taal en kultuur sou moet bekommer.

Du Toit se betoog was nie bedoel om kiesers op die grondvlak te beïnvloed nie, maar wel die klein aantal mense wat in Louw se woorde "intelligent genoeg is om te dink en die gawe het om te skryf ... Een man wat kan dink en skryf, is maklik 'n duisend se leier". Hul getalle hoef nie groot te wees nie. Louw het geargumenteer dat die Afrikanervolk

Bl. 564

so klein is dat slegs 'n paar mnense 'n deurslaggewende uitwerking sou hê as hulle verklaar dat hulle "wanhoop aan die staat", dat daar niks waardevols meer is om te verdedig nie.

Teen die einde van die 1970's het min hoogstaande akademici of skrywers hulle nog in die pers met die NP en die breër volksbeweging vereenselwig. Jaap Steyn het egter gewaarsku teen Du Toit se argument. Daar is 'n gevaar, het hy geredeneer, dat 'n volk kan beswyk as dit op eensydige wyse as meer haatlik as ander volke bestempel word. Die historikus Pieter Kapp het ook gemaan teen 'n "selfvernietigende wantroue in ons geskiedenis". Genadelose kritiek op die Afrikaners kan 'n jonger generasie aanspoor om die Afrikaners as volk en hul kultuur heeltemal te verwerp. Van Wyk Louw se stellilng was juis dat die kritikus uit solidariteit met sy mense moet kritiseer.

Die opposisie-politikus wat die belangrikste bydrae tot die Afrikanerdebat gelewer het, was Frederik van Zyl Slabbert. Hy het op Stellenbosch gestudeer om predikant te word, maar het dit laat vaar en 'n dosent in sosiologie geword. In 1974 het hy tot die politiek toegetree as lid van die Progressiewe Party. In 1979 het hy leier geword van die Progressiewe Federale Party, die amptelike opposisie. Slabbert was soos 'n fris briesie in die al hoe bedompiger parlementê politieke lewe, waar die beste talente al hoe skaarser geword het.

Die Nasionaliste  het noot werklik geweet hoe om teenoor hom op te tree nie. (In die vier jaar dat hulle saam in die Parlement was, het John Vorster hom nooiot gegroet nie.) Slabbert is klaarblyklik een van die begaafdste geeste in die Afrikanergemeenskap. Hy kan met die groot geesdrif oor die nuutste Amerikaanse sosiologiese teorieë en ook oor die werk van Van Wyk Kouw en Breyten Breytenbach gesels. Hy het egter nie sy afkeer weggesteek van die Afrikaners se politieke nasionalisme nie, wat hy in steeds groter mate as 'n bedreiging vir die samelewing beskou het. Hy het groot oorredingsvermoë en 'n vlymskerp ontledingsvermoë. Boonop is hy 'n aantreklike, charismatiese figuur. 'n Verslaggewer het opgemerk: "His style is so utterly different. It is his unique ability to reduce politics to a series of simple, logical arguments that progress to a single, devastating conclusiohn."

Slabbert se gevolgtrekking was dat apartheid onomkeerbaar en roemloos misluk het. In die Parlement en op openbare vergaderings het hy keer op keer die spot gedryf met die groot gaping tussen die aantreklike beloftes van apartheid en die wrede werklikheid. Hy het onderskei tussen pseudo- en werklike hervormings en geargumenteer dat pseudohervormings baie gevaarlik is omdat dit die illusie wek van verandering en saam daarmee 'n valse gevoel van veiligheid. Sy onmiddelike doel was om 'n politieke herskikking teweeg te bring waarin alle hrvormers oor partygrense heen saamkom. Saam kan hulle die taak aanpak om die wittes voor te bereid op 'n skikking tussen wit en swart.

In 1979 het South Africa's Options verskyn, geskryf deur Slabbert saam met David Welsh. Dit het die argument verskaf vir 'n verandering in die PFP-beleid, wat op voorstel van Slabbert aangeneem is. Dit was die skuif van gekwalifiseerde stem na algemene stemreg. In die boek is geredeneer dat die blankes tussen net twee moontlikhede kan kies: 'n uitgerekte skaakmat en staat van beleg wat sou lei tot 'n gemililtariseerde samelewing en moontlike burgeroorlog, en aan die ander kant 'n onderhandelde skikking wat bereik word deur leiers wat bereid is om kompromieë aan te gaan.

Bl. 565

Die studie het 'n stelsel bepleit waarin individuele regte en vryhede beskerm word en het oor kritieke sake 'n vetoreg aan minderhede gegee. Die skrywers se ideaal was magsdeling by wyse van 'n groot koalisie van wit en swart partye. In die laaste paragraaf van die boek het die outeurs erken dat dit amper onmoontlik is om die wit kiesers te oorreed om hul mag prys te gee. Daar is ook geen waarborg dat  niks met hul plan skeef sou loop nie. 'n Swart massaparty met 'n groot genoeg meerderheid kan weier om 'n koalisie te vorm en sou die minderheidsveto kan afskaf. Slabbert en Welsh het egter verwys na die Duitse sosioloog Max Weber, wat geskryf het dat mense die moontlike net kan verwesenlik as hulle na die onmoontlike streef. Om 'n skikking te bereik, kan 'n strewe na die onmoontlike wees, maar juis dit maak dit die moeite werd om die uitdaging aan te pak.

Die regering se voorstelle oor 'n driekamerparlement het die kloof tussen Slabbert en Botha vergroot. Slabbert het meningsopnames aangehaal wat getoon het die helfte van die wit kiesers glo dat die samelewing oor twintig jaar ten volle geïntegreer sou wees. Hy het gesê die regering moes die referendum van 1983 gebruik het om die klimaat in verband met die opname van swart mense in die Parlement te toets.

'n Landswye opstand

Die swakste skakel van apartheid was altyd die gebrekkinge instellings vir swart plaaslike bestuur. Die regering het die stelsel verskeie kere probeer hervorm, maar dit het van die een ramp na die ander gestruikel. Opeenvolgende rgerings het min pogings aangewend om swart mense in bestuursfunksies op te lei. Die stedelike swart gebiede in die land is nou onder sestien (later twaalf) administrasierade geplaas met blankes in die bestuursposte. Die vernaamste funksie van die rade was om deur passe huisvesting en beheer oor die indiensneming van swart arbeiders strenger beheer oor swart verstedeliking uit te oefen.

Ná die Soweto-opstand van 1976-1977 het 'n kommissie van ondersoek die swart woede oor die administrasierade as een van die vernaamste oorsake uitgesonder. Die regering het nou gemeenskapsrade ingestel om die plek van die stedelike Bantoerade, wat weinig funksies gehad het, in te neem.

In die vroeë 1980's het die regering die rampspoedigste moedel van almal ingevoer. Die eerste keer in die geskiedenis het swart plaaslike besture in groot mate outonomie geniet met omtrent al die magte van wit stadsrade. Hulle was egter sonder 'n voldoende belastingbasis. Baie min inwoners van die swart woongebiede het eiendom besit, met die gevolg dat die inkomste uit belasting uiters beperk was. Voorheen was die biersale 'n groot bron van inkomste, maar die meeste is in die opstande van 1976-1977 en daaropvolgende onluste afgebrand. Daar was geen plan om die inkmste wat in die sentrale dorps- of stadsgebied verkry is, van die wit stadsraad na die swart plaaslike bestuur te versprei nie.

Die regering het die nuwe vorm van swart plaaslike bestuur voorgehou as 'n regverdiging vir die uitsluiting van swart mense van die nuwe driekamerparlement waarin wit mense, kleurlinge en Asiërs verteenwoordiging gekry het. Intussen is swart stadsrade

Bl. 566

landswyd met lae stempersentasies verkies. Baie inwoners het opgehou om h ul huurgeld en water- en elektrisiteitrekenings te betaal. Van die nuwe rade het die huurgeld en tariewe redelik roekeloos opgestoot.

In September 1984 het die driekamerparlement vir die eerste keer vergader. In dieselfde maand het onluste met groot geweld in die Vaaldriehoek, suidoos van Johannesburg, uitgebreek. Die plaaslike burgemeester en adjunk-burgemeester was onder die eerste mense wat in Sebokeng doodgemaak is.

Soos in die geval van die 1976-opstand het die ANC nie die geweld in die Vaaldriehoek, wat 'n landswye opstand ingelui het, vooraf beplan of aangehits nie. Dit het egter gou die krediet daarvoor opgeëis. Op h ierdie tydstip was die ANC, met die hulp van sy bondgenoot - die SA Kommunistiese Party - die belangrikste swart versetbeweging.

Die ANC het teen 1984 reeds verskeie oorwinnings behaal in sy stryd om regerings te oorreed om Suid-Afrika op diplomatieke gebied te isoleer en het ook maatskappye, kerke en universiteite beweeg om hul beleggings aan Suid-Afrika te onttrek. in sy gewapende stryd was die ANC tussen 197 en 1983 verantwoordelik  vir 362 dade van geweld. Teikens met 'n hoë profiel is getref, insluitende 'n Sasol-installasie in 1980, die militêre basis Voortrekkerhoogte in Pretoria in 1981 en die Koeberg-kernreaktor naby Kaapstad in 1982. 'n ANC-motorbom wat in 1983 by die lugmag-hoofkwartier in Kerkstraat, Pretoria, ontplof het, het die lewe van 19 burgerlikes gekos.

Die ANC se klem op die gewapende stryd het plek gemaak vir 'n stryd wat die voorrang aan massaprotes verleen. In 1979 het 'n ANC-afvaardiging Noord-Viëtnam besoek om by die Viëtcong te leer watter taktiek en strategie dit teen die VSA-magte in Suid-Viëtnam gebruik het. Dit het teruggekeer met die oortuiging dat die beste manier om die stryd te voer, 'n sogenaamde "people's war" is, 'n volksoorlog wat die swart woonbuurte onregeerbaar maak. In hierdie stryd is gewapende aanvalle deur opgeleide eenhede afgewissel met protesveldtogte en burgerllike ongehoorsaamheid.

Die ondersteuningsbasis van die opstand wat in September 1984 uitgebreek het, was veel breër as dié van die 1976-opstand, toe die Swart Bewussynsbeweging die kinders en studente begeester het, maar nie goed genoeg georganiseer was om die proteste se momentum vol te hou nie. In die onluste van 1984-1986 was die proteste veel groter, met 'n omvangryker verskeidenheid van tegnieke en teikens. Geestelikes, studente, onderwysers, dosente, joernaliste, vrouegroepe en werkers het nou saamgestaan om die owerheid uit te daag en apartheid omver te werp.

Die ANC-leiers, veral Nelson Mandela, Walter Sisulu en Govan Mbeki, wat in 1984 reeds twintig jaar in die tronk op Robbeneiland was, en Olivier Tambo, wat nog langer in ballingskap was, was almal ikone in die oë van mense in die stryd en van groot dele van die internasionale gemeenskap. Hierdie faktor was in 1976 afwesig. Nou was aansienlike getalle blankes, kleurlinge en Asiërs betrokke. Die organiseerders was strategies veel vernuftiger as in 1976 en was buitengewoon suksesvol in hul pogings om die openbare mening te beïnvloed. Die pers was vryer en die televisieberiggewing veel meer uitgebreid as in 1976. Die internasionale pers het uitvoerig oo die proteste berig, tot op die punt dat die regering streng beperkings ingestel het. Daarna het die beriggewing en saam daarmee die momentum van die proteste afgeneem.

Bl. 567

Terwyl die ANC, die Pan-Africanist Congress, die Swart Bewussynsbeweging en sy opvolger, AZAPO, almal verbode was, het die versetstryders sambreelliggame gevorm wt bestaan het uit gemeenskapsorganisasies, vakbonde, kerklike liggame en studentebewegings. Een van die sambreellilgame was die National Forum, wat in die tradisie van Swart Bewussyn gestaan het. Hierdie forum het radikale alternatiewe vir die kapitalisme voorgestaan. Dit het gevolglik min geld gehad en was ondoeltreffend, ten spyte van die teenwoordigheid van telentvolle leiers soos Neville Alexander.

Verreweg die grootste sambreelliggaam was die United Democratic Front (UDF), wat in 1983 as 'n front vir die ANC gestig is. Dit was 'n sogenaamde nie-rassige organisasie wat wit deelname verwelkom het en nie die kapitalistiese stelsel so sterk soos die National Forum teengestaan het nie. Verreweg die meeste van die ruim buitelandse geldbydraes het na die UDF-geaffilieerde organisies gevloei.

Twee ander stutorganisasies vir die ANC was die Congress of South African Trade Unions (Cosatu), wat die meeste werkers verteenwoordig het, en die Congress of South African Students (Cosas), wat ontwikkel het uit die jeugkongresse wat ná die Soweto-opstand gestig is. Cosas-lede is dikwels die "verlore generasie" genoem - mense wat ná 1976 geweier het om terug te gaan skool toe of die skool net by tye bygewoon het. Orals was daar stygende werkloosheid. Selfs in Soweto, wat nie bekend was vir hoë werkloosheid nie, kon amper die helfte van die nuwe werksoekers nie werk in die formele ekonomie kry nie.

Die proteste in die woongebiede van die Vaaldriehoek het in die laaste kwartaal van 1984 en die eerste kwartaal van 1985 versprei na ander dele van Transvaal, Natal en die Oos-Kaap. In Natal en KwaZulu het 'n kleinskaalse burgeroorlog uitgebreek tussen Inkatha, wat in die landelike gebiede gebaseer was en die UDF, wat die groter dorpe en stede beheer het.

Daar was talle simboliese aksies, wegbly-aksies, stakings, weiering om huur- en dienstegelde te betaal, verbruikersboikotte en protesoptogte. Laasgenoemde is dikwels deur kerklui gelei en is deur talle mense, veral skoliere en studente, ondersteun. Geweld het dikwels uitgebars. In baie swart woongebiede het skares die huise van swart stadsraadslede aangeval en hulle gedwing om te bedank. Die doel was om die hele stelsel van plaaslike regering in duie te laat stort. Skares het ook regeringsgeboue, winkels en drankwinkels afgebrand.

Aktiviste het die huise van swart polisiemanne aangeval en baie van hulle verplig om buite die dorpsgebiede te woon. Talle verdagte informante en spioene is doodgemaak, sommige van h ulle met die berugte "halssnoer", waar 'n vuurhoutjie getrek is by 'n met petrol deurweekte wielband wat om 'n slagoffer se nek geplaas is. Hierdie gruwelike metode het die polisie se inligtingsbronne gou laat opdroog. Die emosies het hoog geloop by die begrafnis van mense wat in botsings met die polisie gesterf het. Dikwels is die kis in 'n ANC-vlag gehul. Buitelandse diplomate het die begrafnis van aktiviste wat deur die veiligheidsmagte doodgemaak is, bygewoon.

Nadat die polisie in Maart 1985 op 'n vreedsame skare in Uitenhage geskiet het, het die proteste van die Oos-Kaap na Kaapstad en ander dele van die Wes-Kaap versprei. Op 16 Junie 1985, die dag waarop die Soweto-opstand herdenk is, het bomme in Durban en Johannesburg ontplof. Op 20 Julile 1985 het die regering 'n noodtoestand in sekere

Bl. 568

landbudristrikte uitgeroep. Twee dae later het die ANC by monde van sy eier, Oliver Tambo, in 'n radioboodskap 'n oproep op sy volgelinge gedoen om Suid-Afrika onregeerbaar te maak.

Vroeg in Augstus 1985, toe die opstand in sy twaalfde maand was, het die Chase Manhattan Bank skielik aangekondig dat dit 'n groot korttermynlening aan Suid-Afrika nie sal verleng nie. Hierdie stap, wat te kenne gegee het dat Suid-Afrika weens die onluste nie meer kredietwaardig geag is nie, het skokgolwe deur die bankstelsel gestuur. Dit sou 'n kettingreaksie tot gevolg hê - die een bank ná die ander het hul lenings opgeroep. Wedra sou Suid-Afrika kennis gee dat die land nie sy internasionale skuld kan terugbetaal nie.

Sake het nog nie so ver versleg toe P.W. Botha die NP se Natalse kongres op 15 Augustus 1985 open nie. Daar was intense belangstelling, plaaslik sowel as oorsee, vir die vraag of Botha met 'n respons sou kon kom wat die skok van Chase Manhatten se optrede ongedaan kon maak. Dit het gelyk of Suid-Afrika huiwer tussen 'n volskaalse burgeroorlog en 'n dramatiese stap wat 'n onderhandelilngsproses oor 'n vreedsame skikking inlei. Daar is algemeen aanvaar dat die vrylating van Nelson Mandela uit die tronk noodsaaklik is voordat onderhandelings kon begin.

Pres. Botha en sy adviseurs was skepties oor die moontlikheid om enige skikking met die ANC- en UDF-leiers te bereik terwyl so baie van  hulle in die waan verkeer het dat die staat op die punt staan om in duie te stort. Voordat die onderhandelings kon begin, moes die opstand dus deeglik in bedwang gebring word. Die eise van die leiers van die opstand was veel radikaler as wat Botha met sy hervormings beoog het. Hulle wou hê apartheid moet afgeskaf word en onderhandelings oor 'n "gewone" demokrasie moet begin. Om hieraan toe te gee, sou die Nasionale Party nog verder skeur.

Botha was volgens sy biograwe, Dirk en Johanna de Villiers, meer as elke ander politikus van die dag 'n produk van die Afrikanernasionalisme van die twintigste eeu. Vir hom was die party "die draer van alle ideale van die Afrikaner, die hoeder van al sy waardes en die middel waardeur sy aspirasies verwesenlik sou kon word". By meer as een geleentheid tydens die onluste het hy verklaar: "Die Nasionalistiese Afrikaner het hom voorgeneem om nooit weer 'n onderhorige in sy eie land te wees nie." Hy het nie belang gestel in 'n skikking waarin die blankes hul materiële besittings behou, maar alle politieke mag verloor nie.

Onrealistiese verwagtinge oor sy toespraak, wat veral dleur Pik Botha, minister van buitelandse sake, by buitelandse regerings gewek is, het P.W. Botha woedend gemaak. toe hy op die aand van 15 Augustus begin praat, was miljoene plaaslik en oorsee in groot afwagting op die televisie ingeskakel. Die indruk wat Botha gemaak het, het krete van ontsteltenis ontlok. Hy het soos 'n outydse voorstander van blanke baasskap gelyk en gepraat. Hy het gesê dat hy nie bereid  is om blanke Suid-frika op 'n pad van abdikasie en selfmoord te lei nie. Sonder blanke Suid-Afrkaners en hul invloed sal die land degenereer in struwelinge, chaos en armoede. Hy het geen respek vir revolusionêre wat Afrika in 'n "sterwende kontinent" omskep het nie. "Mandela en sy vriende" is in die tronk omdat hulle 'n revolusie beplan het en hulle sal losgelaat word slegs indien hulle geweld afsweer. Hoewel Botha aangekondig het dat sy regering "die Rubicon" oorgesteek het, het die toespraak so ver tekort gekiet by die verwagtinge dat daar gou 'n nuwe golf van sanksies en onttrekking van beleggings sou plaasvind.

Bl. 569

Botha se toespraak en sy lyftaal het so 'n swak indruk gemaak, dat min waarnemers opgelet het dat hy in werklilkheid in 'n belangrike mate die "meesterplan" van apartheid geskrap het. Hy het aangekondig dat mense van die ses tuislande wat nie onafhanklikheid wou aanvaar nie, Suid-Afrikaanse burgers is, wat in 'n gemeenskaplike politieke stelsel verteenwoordiging moet kry. Dit was die einde van die idee, watvroeg in die twintigste eeu in die wit politiek vaardig was en die eerste keer in 1922 deur 'n komitee onder kol. C.F. Stallard uitgespel is, dat alle swart mense seggenskap in 'n "blanke Suid-Afrika" ontsê moet word.

Teen November 1985 was ongeveer 8 000 UDF-ampsdraers in aanhouding. Baie van die leiers was in die tronk of het uit die land gevlug. In Maart 1986 het Botha die gedeeltelike noodtoestand 'n kort rukkie opgehef, maar op 12 Junie 1986 het hy 'n nasionale noodtoestand afgekondig, wat tot 1990 geldig sou bly. Die staat het die opstand nou op massiewe skaal onderdruk. Meer as 20 000 mense is aangehou en die staat het sy gesamentlike bestuurstelsel geaktiveer. Die staatsveiligheidsraad het gereeld oor veililgheidsaangeleenthede vergader. Dit het beteken dat 'n groot van die kabinet nie nie deel gehad het aan die vernaamste besluite nie.

Die regering het voortgegaan met hervormings in 'n poging om die vertroue van beleggers te herwin. Die pilare van apartheid wat noodsaaklik geag is (bevolkingsregistrasie, gesegregeerde staatskole en die uitsluiting van swartes van die Parlement) is behou, maar "onnodige apartheid" is afgeskaf. Dit het aan stedelike swartes volle verblyfreg in die "blanke" dorpe en stede toegeken en die verbod op seksuele omgang tussen "blankes" en "nie-blankes" en op gemengde huwelilke afgeskaf. Die paswette is afgeskaf en swart mense is toegelaat om eiendom in die "blanke gebied" te besit. Die regering het hom nie gesteur aan die feit dat sekere woonbuute ind ie "wit" stad geïntegreer geraak het nie. Openbare geriewe is aan 'n breë front oopgestel. Foremele diskriminasie in die arbeidsmark het tot die verlede behoort. Daar was nog steeds 'n gaping in die besteding per capita aan leerlinge, maar dit het vernou van 1:10 in die 1960's tot 1:3,5 teen die einde van apartheid.

Hierdie hervormings het nie die buitelandse druk verlig nie. Die veldtog teen apartheid het nou die vorm van 'n morele kruistog aangeneem. Selfs die Reagan-administrasie in die VSA, wat Suid-Afrika goedgesind was, het aangekondig dat dit nuwe sanksies instel. Die Amerikaanse Kongres het veel eerder gegaan deur alle nuwe beleggings en lenings aan die Suid-Afrikaanse regering te verbied. In Brittanje het Margaret Thatcher se Tory-regering nog die fort probeer hou, maar die Statebond het 'n verbod op alle invoere van landbouprodukte en vervaardigde goedere van Suid-Afrika en 'n verbod op alle nuwe lenings en beleggings aanvaar. Selfs Thatcher het P.W. Botha in 1982 laat weet dat sy nie veel langer teen sanksies kon uithou indien Mandela nie vrygelaat word nie. Ongeveer een vyfde van die Britse firmas het Suid-Afrika verlaat en die totale Britse regstreekse investering het in die loop van die 1980's met die helfte gedaal.

Sanksies kon egter nie die Suid-Afrikaanse staat tot 'n val bring nie en dit het die middestand nie seergemaak nie. Dikwels het buitelandse maatskappye wat hulle onttrek het, hul filiale goedkoop aan Suid-Afrikaanse maatskappye verkoop. Die handelsbande met die Weste het as gevolg van sanksies verswak, maar dié met Asië het verbeter. Die totale volume van die buitelandse  handel het gegroei. Teen die einde van 1986

Bl. 570

het die land 'n handelsoorskot van R15 miljard gehad. Maar die verbod op nuwe buitelandse lenings en beleggings het die sakevertroue erg geskaad en daar is geskat dat dit weens probleme met die betalingsbalans vir die land onmoontlik sou wees om teen 'n koers hoër as 2% per jaar te groei.

"Die saak van demokrasie"

Die tweede helfte van 1985 en die eerste helfte van 1986 - dit was min of meer die tyd tussen die afkondiging van die eerste, gedeeltelike noodtoestand en die uitroep van die tweede, algemene noodtoestand - was 'n oomblik van groot politieke onsekerheid en vertwyfeling. 'm Afrikaner-nagmerrie het waar geword. Die staat moes gelyktydig 'n binnelandse opstand onderdruk en 'n grensoorlog in Angola voer waarin meet as 30 000 Kubaanse troepe en nuwe Russiese vliegtuie betrokke was. Die wurggreep van sanksies het skielik baie stywer en m eer benouend geword. Daar was talle berigte dat die veiligheidsmagte die opstand op 'n hardhandige en soms wrede manier probeer onderdruk. Die groot vraag was of die regering in staat sou wees om die vrede te herstel.

Volgens 'n ontleding wat hy in 1975 geskryf het, toe hy nog 'n akademikus was, was Van Zyl Slabbert steeds oortuig dat enige hervormer wat die stelsel indringend wou verander, vinnig steun onder die kiesers sou verloor. 'n Veel breër basis as die NP was dus nodig. Ten einde so 'n breë basis op te bou, het hy 'n veelrassige koalilsie, wat Buthelezi sou insluit, probeer saamstel. So 'n koalisie sou ook die ANC kon opponeer. Hy was egter nie suksesvol nie. Hy het moed verloor oor die Botha-bewind se vermoë om onderhandelings met 'n betekenisvolle politieke stap af te skop. Hy het begin aanvaar dat 'n swart meerderheidsregering met 'n liberale grondwet die enigste lewensvatbare oplossing is. South Africa's Options, die studie wat hy in 1979 saam met David Welsh gepubliseer het, het egter getwyfel of 'n diep verdeelde samelewing werklik stabiel en demokraties kon bly sonder dat die meerderheid se mag op doeltreffende wyse aan bande gelê word. Die vraag was: Sou die ANC, wat toenemend beskou is as die beweging wat die swart meerderheid vrteenwoordig, die soort beperkings waarop librale aandring aanvaar?

Die teenstand wat Slabbert teen apartheid en die NP-bewind gebied het, was sowel prinsipieel as persoonlik. Hy het 'n sterk afkeer van Bkotha en sommige asnder NP-leiers ontwikkel, veral van die arrogante manier waarop hulle hul mag uitgeoefen en geweier het om na opbouende kritiek te luuister. Breyten Breytenbach, wat ná sy vrylating in 1982 met Slabbert bevriend geraak het, het verskeie kere verklaar dat hy hom self nie langer as 'n Afrikaner beskou nie. Tog was hy en Slabbert niks anders as Afrikaners nie. Dit het veral geblyk uit hul ontsteltenis wanneer Botha of senior ministers probeer argumenteer het dat die NP die oorlewing van die Afrikaners wil verseker.

In November 1985 het Slabbert 'n laaste poging aangewend om binne die parlementêre bestel 'n alternatief vir 'n ANC-bewind te vind. In 'n private gesprek met P.W. Botha, wat later 'n transkripsie openbaar gemaak het, het Slabbert gesê dat dit moontlik is om die ANC die loef af te steek. "Die moeilikheid met die ANC is hy is 'n mite. Nee, hy is nie 'n mite nie, hy is 'n romantiese beeld vir die mense in die buiteland ... Die ANC wil die enigste bul in die kraal wees. En Buthelezi wil die enigste bul in die kraal wees."

Bl. 571

Hy het bygevoeg dat die ANC nie daarop kan aandring dat die regering hom self uit die mag onderhandel nie.

In die gesprek het Botha gesê dat alleenseggenskap vir die blankes nie meer praktiese politiek is nie. Hy wou egter vir die blankes seggenskap behou oor die wyse waarop hul kinders opgevoeg word en in hul woonbuurte. Dit wil voorkom of die twee leiers saamgestem het dat wit mense nie hul selfbeskikking oor belangrike sake hoef op te gee as aan die swartes politieke regte gegee word nie.

Slabbert het klaarblyklik belang gestel om as 'n bemiddelaar in toekomstige onderhandelings tussen die ANC en die regering op te tree. Dit is selfs moontlik dat hy deel van 'n koalisie onder NP-leiding kon word wat met die ANC oor 'n alternatief vir sowel apartheid as gewone meerderheidsregering kon begin praat. Maar hier het die NP-leierskap nog 'n goue geleentheid verspeel. Botha het nie in Slabbert se onuitgesproke aanbod belang gestel nie. Toe die NP-regering vier jaar later werklik in alle erns met die ANC begin onderhandel, was dit sonder Slabbert se formidabele intellek en politieke vaardighede. Dit sou ook geen betekenisvolle ondersteuning van die Demokratiese Party, die Progressiewe se erfgenaam, kry nie. Die NP sou alleen staan sonder veel gedurgte onderhandelaars in sy geledere.

Die gesprek met Botha het Slabbert intens gefrustreer. Tot amper die einde van 1985 was hy nog 'n lojale kritikus binne die bestaande stelsel, maar hy het nou 'n kritiese bondgenoot van die bevrydingsbeweging geword. Vroeg in 1986 het hy uit die Parlement bedank en die instelling as 'n "groteske ritueel van irrelevantheid" bestempel.

Hy het sy vertroue verloor in die proses van stuksgewyse verandering waarin liberale politici geglo het. Hy het enige vorm van magsdeling verwerp ten gunste van gewone meerderheidsregering. Suid-Afrika was vir hom nie langer 'n rassekonflik tussen 'n wit regering en 'n swart  bevrydingsbeweging nie, maar tussen 'n tirannie (die Botha-bewind) en 'n demokratiese beweging (die ANC). Hy het geskryf: "Ek het geen geheim gemaak van my geloof dat die saak van demokrasie sterker lê by die meerderheid wat stry teen tirannie as by die minderheid wat dit aan bewind hou nie." Bekserming van individuele regte in 'n toekkomstige regering is voldoende, het hy gemeen.

Slabbert se denke is beïnvloed deur die literatuur oor demokratisering van die jare sewentig en tagtig, met die klem op demokratisering in Suid-Amerika. Maar die toepassing van die insigte van hierdie studies op Suid-Afrika was nie sonder probleme nie. In Suid-Amerika is daar geen land met 'n inheemse meerderheid wat lank onderdruk is nie. Daar is veel meer nasionale saamhorigheid as in Suid-Afrika, en instellilngs soos die Katolieke Kerk waar mense oor die skeidslyne heen met mekaar kan verkeer. Rasse- en klassegrense loop veel minder as in Suid-Afrik saam.

Wat in Slabbert se ontleding kortgekom het, was die erkenning dat gewone meerderheidsregering in so 'n skerp verdeelde samelewing soos Suid-Afrika maklik 'n liberale vernis kon word vir oorheersing deur die meerderheid. Elie Kedourie, 'n gesaghebbende oor nasionalisme, het ná 'n besoek aan Suid-Afrika geskryf dat die beginsel van meerderheidsregering slegs werk wanneer die meerderheidsparty nie 'n pemanente meerderheid is nie, maar met verkiesings afgewissel word. "The worst effects of the tyranny of the majority are seen when the unalloyed Western model is introduced in countries divided by religion or language or race."

Bl. 572

Donald Horowitz, 'n gesaghebbende oor skerp verdeelde samelewings, het Suid-Afrika aangeraai om 'n onderskeid te maak tussen twee soorte meerderheidsregering: die soort waar die partye op ras gebaseer is, met 'n baie klein vlottende stem by verkiesings, en 'n demorkasie waarin die verkiesingsuitslae nie deur die bevolkingsamestelling bepaal word nie.

Laasgenoemde soort sou verskeie wigte en teenwigte in die demokrasie inbou om dominasie deur die meerderheid teen te werk en 'n bepaalde soort kiesstelsel gebruik wat kompakte swart meerderheid opbreek deur etniese en streeklojaliteite of klasseverskille na vore te laat kom. Dit was allermins wat die ANC wou hê. Ten spyte van die waarde wat sekere leiers soos Nelson Mandela aan nie-rassigheid geheg het, was die ANC 'n gewone Afrika-nasionalistiese beweging wat af en toe buigings in die rigting van nie-rassighede gemaak het. Slabbert het die gevare vir Suid-Afrika van die onverdunde Westerse model aanvaar, maar hy het onderneem om die bevrydingsbeweging te beveg indien dit 'n tirannie word.

Lawrence Schlemmer, 'n liberale akademikus, het Slabbert se denke gekritiseer. Hy het gewaarsku dat 'n gewone meerderheidsregering die deur sou oopmaak vir 'n swart aspirantmiddelklas met 'n onversadigbare drang om vir hulle dinge toe te eien, wat weer sou lei tot die vervreemding vn die minderhede. Schlemmer se argument was dat die liberale politiek besig is om in 'n belangrike mate te slaag. Die meerderheid van die wittes het swart deelname en onderhandelings met geloofwaardige swart leiers aanvaar. Dit was egter dringend noodsaaklik om 'n "morele bevrydingspolitiek" te vermy waarin die blankes se historiese bydrae gediskrediteer word. Die belangrikste vereiste was om ;n "oorgangsfase te bewerkstellilg waarin alle elemente in ons samelewing 'n sekere mate van toekomssekuriteit kan geniet en waarin hulle nie hul hele geskiedenis hoef af te skryf nie".

Alan Paton, een van die vernaamste liberale stemme, het reeds in die 1950's besluit dat die Afrikaners in staat is om lank aan die bewind te bly. Die swartes kon hulle nie dwing om van die mag afstand te doen nie en die liberale kon hulle nie deur een of ander vreemde set by die stembus verslaan en die regering word nie. Hy het gemeen dat die Afrikaners die inisiatief soub ehou totdat hulle besluit om die mag in hul eie belang prys te gee. Hy het gevra: "When total apartheid is seen to be impossible what will the Afrikaner intellectuals and religious leaders do? Will they choose white domination or the common society? Surely, with their intellectual qualifications and moral views, they must choose the common society." In 1985, net voor sy dood, het hy gewaarsku dat 'n militêre diktatuur onder die beheer van Afrikaners die einde van die Afrikanerdom sou beteken en ook die einde van enige revolusionêre proses.

Die implikasie van Paton se skerp waarneming was dat mede-Afrikaners in die beste posisie sou wees om die Afrikanergemeenskap te oorreed om die groot besluit te neem. Hy self het nie die ANC se eis om 'n unitêre staat aanvaar nie en hy het vas bly glo dat 'n federasie die beste oplossing is. Ton Vosloo, Beeld se redakteur, het reeds in 1981 voorgestel dat die regering met die ANC begin praat, maar die regering was sterk daarteen gekant. Nuwe en onafhanklike Afrikaanse media, Die Suid-Afrikaan en Die Vrye Weekblad, wat in 1984 en 1986 onderskeidelik gestig is, het 'n onderhandelde skikking en 'n Suid-Afrika vry van diskriminasie begin bepleit. Slabbert sou sy invloed onder die Afrikaner-intelligentsia gebruik om informele gesprekke tussen die "binnelandse" Suid-Afrikaners en die uitgeweke leiers van die ANC op plekke in Afrika en Europa te reël.

Bl. 573

Die NP verloor sy ideologiese saamhorigheid

Teen die einde van die 1970' het Pik Botha, minister van buitelandse sake, op sy tipiese kategoriese manier die regering se onwrikbare vasbeslotenheid verwoord om aan die mag vas te hou: "'n Politieke stelsel met een man, een stem binne een politieke bestel sal ons vernietiging beteken. Ek is nie bewus van enige nasie in die geskiedenis van die wêreld wat willens en wetens dié soort van selfmoord pleeg nie." Die regering is nie bereid om magsdeling met swartes te aanvaar nie, "nie nou nie, nie môre nie en ook nie oor honderd jaar nie". Die blankes "sal veg en sterf eerder as om die reg prys te gee om hulle self te regeer".

Teen die begin van die 1980's was alle ontleders dit eens dat die Afrikaners met hul innige gehegtheid aan die land moontlik swartes as junior vennote in 'n regering sou opneem, maar nie maklik die mag sou prysgee nie. Op die grondvlak het Afrikaners minder rassisties geword. Veel meer as in die verlede was hulle bewus daarvan hoe ingrypend apartheid met Westerse norme bots. Indien die NP-regering egter sou besluit om vas te staan en by hul volgelinge 'n sin van geroepenheid en bedreiging in te boesem, was dit in staat  om nog geruime tyd te regeer.

Onder apartheid het die bewind se mag op drie pilare gerus, wat nog baie stewig gelyk het. Hulle was ten eerste die ideologiese saamhorigheid van die regering en sy ondersteuningsbasis, ten tweede die oorwig van staatsmag en ten derde swart politieke fragmentasie. 'n Oordrag van mag sou slegs ter sprake wees indien hierdie drie pilare begin verkrummel.

Ten spyte van die oortuiging waarmee mense soos P.W. en Pik Botha gepraat het, was die regering se ideologiese saamhorigheid aan die verbrokkel, iets wat verreikende implikasies gehad het. Daar was nie meer eenstemmigheid in die kabinet oor hoe om op die swart uitdaging te reageer nie. Lenin en Trotski en ander meesters van die revolusionêre praktyk, en ook moderne teoretici, onder andere Samuel Huntington en Theda Skocpol, stem oor een ding saam: revolusionêre geweld hoef 'n bewind nie te verslaan om sy doel te bereik nie. Die opstandiges moet slegs genoeg moeilikheid maak om 'n regime baie onseker van homself te laat voel. Wanneer dit begin huiwer om doelgerig, eensgesind en genadeloos sy gesag op te dwing, tree 'n kritieke verandering in die magsewewig in. 'n Regime wat begin wankel en wat boonop sy ideologiese oortuigings aan die verloor is, is diep in die moeilikheid.

Die steun wat die Afrikaanse kerke aan apartheid gegee het, was altyd onontbeerlik vir die NP se ideologiese saamhorigheid. Meningsopnames van die vroeë 1970's toon dat die sterkste oorweging onder die Afrikaners die handhawing was van die openbare orde en veiligheid en 'n regeringsbeleid wat ooreenstem met mense se morele en godsdienstige beginsels. "Om 'n regsinnige en morele lewe te lei" was die item wat die Afrikaners gereeld uit verskeie items eerste geplaas het. Hierdie lys van prioriteite het konstant gebly. In die jaar 2001 sou amper 90% van die Afrikaners (teenoor 40% van die Engelssprekendes) aandui dat hulle godsdiens belangriker as politiek of geld ag.

Van die middel van die 1970's het apartheid as ideologie in duie begin stort. Die deel wat op 'n bepaalde vertolking van die geskiedenis berus het, is weggespoel deur 'n stortvloed van artikels en boeke wat die nasionalistiese siening verwerp het. Dit was nou

Bl. 574

oudmodies om te glo dat die land leeg was toe die blankes hier opgedaag het of dat die blankes die "beskawing" in 'n "blanke land" gevestig het.

Daar het integrasie op die fabrieksvloer plaasgevind, maar dit het nie, soos die regering in die 1950's voorspel het, tot groot konflikte gelei nie. Dit was hoofsaaklilk daaraan toe te skryf dat die meeste wit werkers nou oor sulke vlakke van vaardigheid beskik het, dat hulle nie meer bedreig is nie. Ander hervomings het nie uitbarstings veroorsaak nie omdat 'n sterk staat, ondersteun deur die kiesers, die proses van verandering berheer het.

Nog 'n opvatting wat gediskrediteer geraak het, was dat stamtwiste in die swart gemeenskap sou uitbeek as wittes dit nie verhinder nie. Die botsings tussen swartes onderling was meer botsings tussen verskillende generasie (ouers en kinders) of tussen tradisiegebonde mense op die platteland en die stadsmense met hoofsaaklik Westerse waardes. Die toenemende mate waarin veral die stadswartes verwestes geraak het, het die oproep om die wit beskawing te bewaar, verspot laat klink.

Die apartheidsideologie sou egter sy houvas op die meeste Afrikaners behou as die kerk aangehou het om die leer te verkondig dat God die bestaan van die Afrikanervolk en alle ander volke gewil het. Tot in 1974 het die NG-sinode nog die storie van Babel aangehaal as 'n gelykenis van God se skepping van verskillende volke. Op dié grondslag het die kerk apartheid geregverdig en 'n nie-rassige lidmaatskap vir die NG Kerk verwerp omdat dit die kerk se etniese identiteit sou verwater. Toe die regering self van sekere aspekte van apartheid ontslae wou raak, was die kerk nie in staat om daarmee te help nie. In die vroeë 1980's het die NG Kerk geweier om Botha te ondersteun toe hy die Ontugwet en die Wet op Gemengde Huwelike wou afskaf. Maar die kerk het al hoe meer geïsoleer geraak. Die ander "volke" het nog nie die gelukkige ontdekking gedoen dat dit God se wil is dat hulle as afsonderlike volke moet bestaan nie.

Die kerk se steun vir apartheid en vir die NP-bewind het begin verkrummel nadat dit tussen 1978 en 1982 drie pynlike terugslae ondervind het. Die eerste slag was die onthulling in 1978 dat die NG Kerk aandadig was aan die departement van inligting se pogings om die buitelandse mening te manipuleer. Ten tweede is die NG Kerk in 1982 in Ottawa geskors deur die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke (WBGK), 'n liggaam op wie se lidmaatskap dit 'n prys gestel het. Die WBGK het 'n "status confessionis", 'n staat van belydenis, geformuleer. In die status confessionis word verklaar dat apartheid 'n sonde is en die teologiese regverdiging daarvan 'n kettery. Maar die slag wat die seerste gemaak het, was die NG Sendingkerk se besluit in 1982 om die staat van belydenis te onderskryf. In die lig van hul verwerping van die teologiese motivering van apartheid het hulle self 'n belydenis opgestel wat die implikasies van die evangelie vir geregtigheid in Suid-Afrika uitgespel het.

Die NG Kerk se beleid - dat bruin en swart kerke selfstandige kerke moet word - het resultate gelewer wat die skeppers nie verwag het nie. In 1975, toe die Sendingkerk selfstandig geword het, was dit in 'n posisie waar dit die "moederkerk" kategories oor dogma kon repudieer. Die Sendingkerk het intussen nie soseer "inheems" geword nie, maar 'n kerk waarin wit en bruin predikante saam begin dink en werk het aan 'n alternatief vir segregasie en apartheid in die kerk. Toe die NP in 1948 aan die bewind kom, was daar slegs vier bruin predikante in die Sendingkerk teenoor 79 wittes; teen 1966, toe Verwoerd sterf, was daar nog steeds drie keer meer wit as bruin predikante in die Sendingkerk.

Bl. 575

Maar in 1978 was daar meer bruin as wit predikante. Bruin predikante, saam met hul wit kollegas, het apartheid onomwonde verwerp.

Op die sinode van 1978 onder die moderatorskap van David Botha, 'n wit predikant, het wit en bruin saam vir en ook teen ingrypende voorstelle gestem. Daar was nooit 'n situasie waar bruin mense as blok teen wittes gestem  het nie. Die besluit teen apartheid is deur die hele sinode sonder een aangetekende teenstem geneem. Die Belydenis vn Belhar wat by die sinode van 1982 aangneem is, het min twyfel gelaat dat apartheid in stryd met die Christelike boodskap is. Die Sendingkerk het 'n beroep op die NG Kerk gedoen om sy skud te bely oor die verskaffing van die morele en teologiese grondslae van apartheid.

By die sinodes van 1986 en 1990 het die NG Kerk finaal van apartheid afstand gedoen. In 1986 het dit verklaar dat die kerk oop is vir almal ongeag hul kleur. Dit het formeel besluit om sy rassebeleid op die Nuwe Testament te baseer, waarin die idee van ras geen rol gespeel het nie. Die kerk het inderdaad verander, maar vir sommige kritici was dit onvoldoende. Hulle wou hê die kerk moet verklaar dat dit uit sondige oorwegings apartheid in die 1930's en 1940's help ontwerp het. Die sinodes van 1986 en 1990 het geweier om enige verklaring in hierdie trant te doen en het dit uitdruklik gestel dat diegene in die kerk wat apartheid bepleit het, ook goeie bedoelinge gehad het. Dit het wel erken dat die kerk 'n fout begaan het deur gedwonge skeiding goed te keur as iets wat deur die Bybel geregverdig kan word en deur nie reeds op 'n veel vroeër stadium die fout te erken nie. Die kerk het ook erken dat die groot meerderheid van die bevolking apartheid ervaar as 'n onderdrukkende stelsel en dat diskriminasie hul menslike waardighed geskend het. So 'n stelsel was sondig en 'n groot fout.

In November 1990 is 'n ekumeniese konferensie gehou om nasionale versoening te bespreek. Dit is bygewoon deur afvaardigings van 'n hele aantal Christelike kerke. Willie Jonker, meer as dertig jaar een van die kritiese stemme in die NG Kerk, het namens homself en die NG Kerk verantwoordelilkheid aanvaar vir die onreg en lyding onder apartheid. Die NG-leierskap op die vergadering het hierdie belydenis onderskryf op grond van die Algemene Sinode se besluite in Oktober 1990.

Een van die belangrikste ideologiese stutte van apartheid het dus verdwyn. Die NG Kerk se belydenis van sy foute tussen 1986 en 1990 was egter nie sonder dubbelsinnigheid nie. Sommige het dit beskryf as "bekering sonder berou". Peter Berger, 'n Amerikaanse solsioloog, het daarop gewys dat in die groter geskiedenis van kerke dit seldsaam is dat 'n belangrike kerk so gou soos die NG Kerk vir sy foute verskoning vra. Die konserwatiewe was baie ontsteld. Sestig predikante en 30 000 gewone lidmate het in 1987 weggebreek en die Afrikaanse Protestantse Kerk gestig. In die eerste helfte van die 1990's het nog 70 000 lidmate weggebreek.

Net soos in die geval van die kerk het die opstand en internasionale isolasie die Afrikaner-Broederbond verplig om fundamenteel te besin oor die vraag of apartheid Afrikaners kon help om te oorleef. In 1986 het die bond 'n memorandum getitel "Basiese staatkundige voorwaardes vir die voortbestaan van die Afrikaner" aan sy afdelings gestuur. Dit was 'n werksdokument, wat afgerond sou word eers nadat die afdelings kommentaar daarop gelewer het.

Dié dokument het egter daarop gwys dat die bond nie meer 'n spesiale skikking vir

Bl. 576

die Afrikaners wou hê nie. Die terme "Afrikanerbelange" en "blanke belange" word afwisselend gebruik. Waar die bond lank eksklusiewe blanke beheer gesteun het, argumenteer dit nou die teenoorgestgelde: dit is swart uitsluiting van die hoogste vlakke van besluitnemeing wat 'n bedreiging uitmaak. Die swart mense moet ingesluit word en die hoof van die regering hoef nie langer wit te wees nie. Hierdie stappe sou berekende risiko's inhou, maar die voorsitter van die uitvoerende raad, Piet de Lange, verklaar: "Die grootste risiko wat ons vandag loop, is om geen risiko's te neem nie. Ons wil tot voortbestaan as Afrikaners en ons daadkrag en geloof is die sterkste waarborg." Die Afrikaner sal met sy eie skeppingskrag onderhandelde strukture tot stand moet bring "wat sterk en soepel genoeg is om die botsende kragte van die Suid-Afrikaanse volkereverskeidenheid te akkommodeer".

Die dokument aanvaar sekere algemene liberale beginsels, maar dit voeg ook sekere voorwaardes by wat regstreeks met die aandrang op 'n gewone meerderheidsregering bots. Dit behels o.m. "die selfbeskikking van bevolkingsgroepe en volke" en "geen oorheersing van een groep deur 'n ander nie". Die voorstelle is 'n eienaardige mengsel van twee heeltemal teenstrydige modelle. Een van die modelle was konsosiasie of magsdeling, wat oorspronklik deukr die politieke wetenskaplike Arend Lijphart voorgestel is as 'n geloofwaardige alternatief vir gewone meerderheidsregering in diep verdeelde samelewings. Hy  stel magsdeling voor tussen groepe gegrond op vrye assosiasie wie se verteenwoordigers in 'n groot koalisie van partye konsensus moet probeer verkry.

Die ander model wat die Broederbond gebruik het, was die apartheidstelsel se wetlik omskrewe rassegroepe, wat die kardinale beginsel van vryheid van assosiasie verkrag. (Die bond-dokument probeer wel groter soepelheid invoer deur voorsiening te maak vir 'n aanvullende groep van mense wat hulle nie vereenselwig met enige van partheid se rassegroepe nie. Nietemin sou 'n vorm van klassifikasie nodig bly om die stelsel in die praktyk te laat werk.) In die bond se dokument word gepraat van vryheid van assosiasie  en die reg om nie te assosieer nie. Verskeie meganismes word aan die hand gedoen om die meerderheid in bedwang te hou, soos spesiale verteenwoordiging van rassegroepe, veto's vir die onderskeie groepe en 'n onderskei tussen eie en algemene sake. Die voorstelle stem ooreen met die grondslag van die driekamerparlement, waarvan swartes uitgesluit was.

Ongeveer 'n derde van die broeders het bedank nadat die dokument in die afdelings bespreek is. In die Kaapstadse afdeling het Piet Cillié, oudredakteukr van Die Burger, 'n persoonlike kommentaar laat boekstaaf. Die ou beleid van afsonderlike vryheid is dood, het dit gelui, en die Afrikaners moet nou die "weg van gesamentlike vryheid" beproef, 'n weg "wat hulle geleer was om ten ene male te verwerp as selfmoord". Wat nou voorlê, "is die skuif na 'n orde van vryheid, gelykheid en broederskap en om te kyk of ons dit kan doen sonder om ons beskawing, insluitende die Afrikanervolk, te gronde te rig. Ons weet dat ons dit moet probeer omdat ons geen ander keuse meer het nie". Privaat het hy gesê die keuse is tussen moontlike Afrikanervernietiging, wat die pad van onderhandelings behels, en gewisse vernietiging. As die Afrikaners moet ondrgaan, moet dit ten minste wees vir 'n beginsel wat die moeite werd is.

Sakeleiers het ook gevoel dat die koste van apartheid ver te hoog geraak het en dat die beleid geskrap moet word, gevolg deur onderhandelings, ook met die organisasies

Bl. 577

wat verbode is. 'n Groep Engelssprekende sakeleiers het 'n besoek by die ANC-hoofkwartier in Lusaka afgelê en 'n gesprek met Oliver Tambo, die leier, gevoer. Anton Rupert, doyen van die Afrikaanse sakeleiers, het besluit om 'n reguit brief aan P.W. Botha te skryf.

Die aanleiding was twee ontmoetings in November 1985 tussen Botha en Rupert. Op Rupert se voorstel het Fritz Leutwiler, 'n Switserse bankier, na Suid-Afrika gekom om namens die internasionale banke oor Suid-Afrika se terugbetaling van sy internasionale skuld te onderhandel. Rupert en Botha het twee gesprekke gehad voordat Botha en Leutwiler mekaar sou ontmoet. Twee opmerkings deur Botha in hierdie gesprekke het Rupert ontstel. Die eerste was Botha se houding van "liewer arm as toegee" en die tweede was dat hy nie bereid is om te sê dat hy van apartheid afsien nie.

In sy brief aan Botha op 24 Januarie 1986 wys Rupert daarop Dat Suid-Afrika reeds aan die verarm is en wel weens ekonomiese wanbestuur. "Op my eerste reis na Switserland en Duitsland in 1951 het ek vir een rand (destyds tien sjielings) ses Duitse mark en ses Switserse frank gekry. Vandag is die rand minder as een Switserse frank werd. Hoeveel buitelandse beleggers kan vertoue hê as ons te hoog leef op wat hulle aan valuta verloor?" Rupert het daarop gewys dat die land se buitelandse skuld van 1970 tot 1985 van R2,7 miljard tot R60 miljard toegeneem het en dat die sentrale regering se uitgawes elke vyf jaar verdubbel het teen lopende pryse. Die inflasiesyfer is die hoogste sedert die vroeë 1920's, wat destyds aanleiding tot die groot staking van 1922 gegee het. Die stadige ekkonomiese groei lei tot 'n spiraal van werkloosheid. Die vorige nege jaar was daar geen netto toename in die swart indiensneming nie.

Sonder om doekies om te draai, skryf Rupert: "As 'n mens dus praat van 'liewer arm', mag die feit dat ons reeds nie in staat is om ons opvraagbare skulde te betaal nie, nie uit die oog verloor word nie. Ook nie die feit dat die Openbare Vyand Nommer Een (inflasie) die kapitaal van alle bestendige spaarders opeet nie. Die rug van die ordentlike middelklas word gebreek en daarmee word die land vir revolusie ryp gemaak." As vertroue in die geldeenheid ontbreek, stuur die land op 'n toekoms af wat "arm" en "swart" is.

Ook oor apartheid het Rupert reguit gepraat. Hy skryf hy het reeds in 1947 tot die oortuiging gekom dat "die waarheid elders as by apartheid lê". Tans is apartheid "daardie woord waaroor ons gekruisig word". Hy vra: "Is dit die hoeksteen van ons voortbestaan? Gewis nie. Ek glo dat die oortuiging dat apartheid die belange van die blanke se voortbestaan bevorder, 'n mite is. Dit is trouens 'n gevaar vir sy voortbestaan. Apartheid word deur te veel beskou as 'n sonde teen die mensheid - die neo-Nazisme van 'n Herrenvolk."

Hy doen 'n persoonlike beroep op Botha: "Bevestig dat u afsien van apartheid. Dit kruisig ons, dit vernietig ons taal, dit maak 'n eens h eldevolk die melaatse van die wêreld. Verwyder die vloek van misdaad teen die mensheid van ons kinders en kindskinders se rûe af." Hy sluit met 'n somber waarskuwing: "Faal u in hierdie Godgegewe taak, eindig ons eendag met 'n Neurenberg."

Botha, wat intussen met Leutwiler gepraat het, antwoord skerp: "Ek het hom meer verstandig, sterk en simpatiek gevind as sommige besigheidsmense in my eie land wat meer belangstel in tydelike profyte as in die stryd wat die regering ook vir hulle en stabililteit voer ... (Ek) ignoreer gewoonlik raad wat vir my eg klink nie."

Bl. 578

Die onsekerheid het ook na die kabinet versprei. 'n Transkripsie bestaan van 'n vergadering van 'n kabinetskomitee wat in Maart 1986 oor belangrike beleidsake gehou is. Botha het hier verklaar dat hy nie een man, een stem in 'n unitêre of federale staat voorstaan nie. "Ek het gedog dat ons duidelikheid het, maar ek dink nie ons het dit langer nie. Julle wil hê dat ons staan vir 'n unitêre Suid-Afrika. Julle laat my toe om dit te sê, julle skryf dit in my toesprake en ek aanvaar dit, maar wat bedoel julle daarby?" Chris Heunis, minister van konstitusionele ontwikkeling, het gesê die regering weet nie waarheen dit op pad is nie.

F.W. de Klerk het verklaar dat daar grondliggende verskille tussen die ministers is. Aan die een kant is daar diegene wat volle magsdeling voorstaan, net soos die liberale opposise in die Parlement. Aan die ander kant is daar diegene wat strukture wil bou sodat die blankes altyd genoeg mag sou hê om hulle self ten tye van 'n krisis te handhaaf. Dit het gelyk of hy laasgenoemde verkies het.

Die regering wou graag 'n stelsel hê waarin die meerderheid en minderhede met mekaar in ewewig is. Dit het die Suid-Afrikaanse regskommissie gevra om 'n nie-rassige handves van menseregte te ondersoek en saam daarmee ook groepsregte. Dit het gehoop die komitee onder die voorsitterskap van regter H.J.O. van Heerden, 'n prominente en gerespekteerde Afrikaanse regter, sou naas individuele regte ook klem op die noodsaak van sekere groepsregte lê, byvoorbeeld die reg om Afrikaans as openbare taal te handhaaf. Die komitee het egter 'n verslag ingedien wat sê dat individuele regte, soos bepaal in 'n handves van menseregte, voldoende beskerming vir legitieme belange verskaf. Die komitee het geen spesiale aanbevelings oor taal gedoen nie in die foutiewe veronderstelling dat die posisie van Afrikaans as 'n amptelike taal in die nuwe grondwet verskans sou word. Die verslag het nie aan die regering gesaghebbende steun vir groepsregte gebied nie.

Op die grondvlak was steun vir die apartheidstelsel nog sterk. 'n Opname het in 1984 bevind dat meer as 80% van die Afrikaners en 35% tot 45% van die Engelssprekende kiesers die apartheidsbeleid nog ondersteun, o.m. die verbod op seks tussen wit en nie-wit, aparte woonbuurte, skole en openbare geriewe, aparte kieserslyste vir kleurlinge een Indiërs en tuislande vir swartes. Afrikaners het hulle sterk met die bestaande Suid-Afrikaanse staat as die beskermheer van die ekonomie en samelewing vereenselwig. 'n Studie het in 1989 bevind dat Afrikanerstudente die veiligheidsapparaat hoog aanslaan. Die staatsbestel was 'n veiligheidsoord en hulle het gedink die staat is goed, eerlik, vry en regverdig. Byna die helfte van die Afrikanerstudente het aangedui dat hulle 'n ANC-beheerde regering fisiek sou teenstaan, teenoor 10% van die Engelssprekende studente.

Die Afrikaner-elite het egter ook na aanvaarding deur swart en bruin en die Westerse wêreld gesmag. Hulle het besef dat apartheid as idee uitgedien is en dat die situasie nie kan voortduur nie. 'n Treffende illustrasie is verskaf toe die Konserwatiewe Party, nadat dit in die plaaslike verkiesing van 1988 die meeste dorpe in Transvaal verower het, probeer om verskeie vorme van maatskapklike apartheid wat vroeër deur die regering afgeskaf is, weer in te stel. Swart mense het onmiddellik verbuikersboikotte afgekondig wat die plaaslike sake-ondernemings lamgelê het. Die sentrale regering het die plaaslike besture se proklamasies herroep.

Bl. 579

Twee ander verbrokkelende pilare

Saam met wit saamhorigheid was die gebrek aan eenheid onder swart mense en die doeltreffendheid van die staat die ander pilare van die staatsgesag. Die opstand van 1984 tot 1986 tesame met die instel van die driekamerparlement en gebrekkige swart plaaslike besture, het baie gedoen om swart leiers oor belangrike sake te laat saamstaan.

Die opstand het die meeste van die swart stadsraadlede verplig om te bedank. Die ANC het daarin geslaag om hom as die vernaamste mag in die swart politiek en ook die vernaamste saambindende mag in die swart gemeenskap te vestig. Buthelezi was nie langer 'n nasionale leier wie se steun, soos in die 1970's, oor etniese grense heen gestrek het nie, maar 'n regionale leier met steun onder die tradisionele Zoeloes in KwaZulu-Natal.

Van 1986 het die regering hard gesoek na swart leiers wat hy in die uitvoerende bestuur van die provinsiale regerings kon gebruik en nog meer n a swart leiers met wie hy oor 'n nasionale grondwet kon onderhandel. Daar was egter geen gematigde swart leiers met aansien beskikbaar nie. Buthelezi het daaroop aangedring dat die regering eers 'n verklaring van voorneme uitreik dat hy bereid is om die kwessie van werklike magsdeling tussen wittes en swartes op die agenda te plaas. Buthelezi wou ook hê dat Nelson Mandela vrygelaat word. Botha het albei eise verwerp. Daar was nog steeds 'n bittere vyandskap tussen die ANC en Buthelezi, maar die regering was nie langer in staat om die swart leiers teen mekaar uit te speel nie.

Die veiligheidsmagte het nog steeds die vermoë gehad om te verhoed dat die staat omvergewerp word, maar daar was al hoe groter onenigheid oor die wyse waarop die opstand onderdruk moet word. Die regering het groot finansiële hulpbronne vir die ontwikkeling van die land se eie wapennywerheid en 'n duur oorlog in Angola angewend. Die polisiemag is egter onderbeman en sonder genoeg middele gelaat. In 1986 het genl. Johan Coetzee, kommissaris van polisie, gekla dat daar slegs 1,7 polisiemanne en -vroue vir elke duisend mense in die bevolking is, ver onder die verhouding in stabiele, ontwikkelde lande. In 1987 het die regering aangekondig dat die polisiemag vermeerder sou word van 56 000 tot 87 000 of 2,2 per duisend van die bevolking.

Daar was geen sprake dat die polisie se wil verkrummel het nie, maar hulle kon ook nie die swart verset teen die wit bewind uitwis nie en talle kere het hul optrede die stryd vererger. Hul metodes om skares te beheer, was dikwels ongesofistikeerd. Op 21 Maart 1985 het die polisie twintig swart mense in Uitenhage doodgeskiet. 'n Regter het hierna bevind dat die veiligheidsmagte uittartend teenoor die skare opgetree het en dat hulle slegs met dodelike wapens toegerus was. Hy het gesê die gebruik van dodelike wapens is nie 'n oplossing vir die tekort aan werkkragte wat die veiligheidsmagte ondervind nie. In die tweede helfte van die 1980's het die staat 'n groot aantal van die sogenaamde "kitskonstabels" in diens geneem. Aan hulle is beperkte opleiding gegee en hulle is gou in situasies geplaas waar hulle soms groot en driftige skares moes beheer. Ook dit het tot onnodige sterfgevalle gelei.

Senior polisiebeamptes het besluit dat onderdrukking nie 'n oplossing is nie. Die polisie kon nie meer soos in die vroeë 1960's die verset tien jaar lank uitwis nie. 'n Swart bevolking wat vinnig aanwas, sou die staat in die toekoms net sterker en sterker

Bl. 580

uitdaag. Die veiligheidsmagte kon slegs tyd vir die politici koop om 'n politieke oplossing te vind.

Verskille het in die staatsveiligheidsraad en die breë veiligheidsapparaat ontstaan tussen die miliêre en die polisie aan die een kant en die nasionale intelligensiediens en die departement van konstitusionele ontwikkeling en beplanning aan die ander kant. Eersgenoemde wou die leiers van die versetgeweging aanhou of inperk voordat die regering die griewe van die mense herstel en meer gematigde leiers probeer betrek. Laasgenoemde se standpunt was dat daar geen vordering gemaak sou word deur die leiers van die verset uit te skakel nie, aangesien die mense wat hulle vervang, dikwels radikaler is. Dit is dus beter om die bestaande leiers te aanvaar, onuitvoere wette af te skaf en die verbod op politieke organisasies op te hef.

Senior lede van die nasionale intelligensiediens het besef dat -  hoewel die staat hom nog kon handhaaf - dit sonder 'n onderhandelde skikking steeds swakker sou word. Terugskouend het Mike Louw, onderhoof van nasionale intellligensie, die toestand in die laat-1980's soos volge geskets: "Nêrens het die situasie handuit geruk nie, maar dit was duidelik dat ons polities en moreel besig was om ons houvas te verloor. Oral in die swart woongebiede het ons intimidasie en 'n sterk politieke bewustheid teengekom. Die politieke stelsel het uitgedien geraak en 'n lang, bloedige stryd het voorgelê. Dit was duidelik hoe gouer ons 'n nuwe stelsel beding, hoe beter sal dit wees."

Die altenatief van 'n veelrassige diktatuur

In die 1980's is die moontlikheid soms geopper van 'n veelrassige diktatuur wat deur onderdrukking en begunstiging regeer. In sy poging om die opstand te onderdruk. h et die regering soms metodes gebruik wat na 'n voorafwaarskuwing van so 'n diktatuur gelyk het. In die Oos-Kaap het senior militêre offisiere 'n sg. Xhosa-"versetbeweging" probeer organiseer wat as teenvoeter vir die ANC kon dien. Die militêre owerheid het ook tweehonderd swart para-militêre troepe opgelei wat Buthelezi kon gebruik om die ANC-aanslag af te slaan. Die Waarheids- en versoeningskommissie het dit beskou as 'n "hit squad" wat opgelei is om as 'n soort "derde mag" buite die wet op te tree, terwyl die militêre bevelvoerders verklaar het dat dié mense dieselfde opleiding in teeninsurgensiemetodes as duisende ander ontvang het.

Afrikaners oor die algemeen het sterk getwyfel of 'n stabiele veelrassige demokrasie moontlik is. Dit was die weg wat, in Piet Cillié se woorde, na "selfmoord" gelyk het. Tog was respek vir die wet en regsprosedure 'n belangrike deel van hul politieke kultuur en dit het hulle in die rigting van demokrasie eerder as 'n outokrasie gedruk. Die apartheidstelsel het menseregte op groot skaal geskend, maar die stelsel was nooit wetteloos nie. Daar moes 'n wet vir alles wees, al was die wet ook absurd, en die howe moes oortreders volgens 'n behoorlike prosedure straf.

Die howe het 'n belangrike mate van onafhanklikheid geniet. Teenstanders van die NP-bewind is as regters aangestel. Die regering het die dood van mense wat in aanhouding gestref het, nie probeer toesmeer nie, al het die ondersoeke 'n vloedgolf van ongunstige publisiteit veroorsaak.

'n Sekere legalisme het apartheid dus onderskraag. Terselfdertyd kon dit apartheid

Bl. 581

ook verswak. Die opvallendste voorbeeld was die paswette, wat aan die veiligheidsmagte die beste wapen gegee het om die swart bevolking dop te hou en te polisieer. Toe Botha in 1978 eerste minister word,  is oortreders in kommissarishowe in die departement van plurale betrekkinge verhoor, wat beskuldigdes in groepe aangehoor het teen dertig sekondes per groep.

Die strewe na 'n behoorlike proses het gemaak dat hierdie sake in die vroeë tagtigerjare na die landdroshowe onder die departement van justisie verskuif is. Menseregtegroepe het begin om wetlike bystand aan sommige van die beskuldigdes te verleen. Die stelsel het onder die gewig van die groot aantal sake en die tyd wat hulle geduur het, in duie gestort. Brian Pottinger stel dit so in sy boek oor Botha, The Imperial Presidency: "The whole system cracked under the burden of due process and in the last days of the pass laws the public prosecutors were angrily ordering the SA Policie members not to bring more offenders before their courts."

Op grondvlak was die Afrikaners nie besonder ontsteld oor die langdurige noodtoestand nie, maar teenstand het onder mense in die akademiese lewe, die kerk en die beroepe opgebou teen 'n semi-permanente noodtoestand. Christine Anthonissen se ontleding van Die Kerkbode het bevind: "Daar was 'n geleidelike verskuiwing. Eers het die blad die staat se besluit om 'n noodtoestand uit te roep, onderskryf, maar in 1988 en 1989 is daar versigtige kommentaar op die abnormaliteit van regering deur noodwette en word daar ook gewys op die moontlikheid dat sulke magte misbruik kan word."

NP-kabinetslede wat nie sitting in die staatsveiligheidsraad gehad het nie, was ongelukkig oor die wyse waarop die kabinet op 'n syspoor geplaas is en oor die oorskryding op hul terrein deur soldate en polisiemanne ingevolge die gesamentlike bestuurstelsel. In die kabinet het F.W. de Klerk die jaarlikse hernuwing van die noodtoestand teengestaan: "Met alle respek, die argumente beïndruk my nie. Hoe lank gaan ons nog 'n noodtoestand hê? So lank soos ons lewe?"

P.W. Botha het self 'n belangrike beletsel op 'n permanent noodtoestand geplaas. byna 25 jaar lank het hy, eers as minister van verdediging en later as hoof van die regering, noue bande met die militêre onderhou. 'n Militêre offisier het sy blywende bydrae beskryf as die vestiging van die etos by die weermag van gedissiplineerde diens aan die verkkose politieke besluitnemers. Daar was onder die Afrikaners geen verheerliking van militêre leierskap nie en die senior generaals het nie gesmag na politieke mag nie. Die meeste generaals was teleurgesteld toe die mag in 1989 oorgedra is van Botha na De Klerk, wat nie die leër se steun gehad het nie, maar niemand het daaraan gedink om militêr in te meng nie.

Die burgerlike gemeenskap was so lewenskragtig dat 'n diktatuur net met geweld ingestel sou kon word. In die 1980's het die ouer liberale organisasies gesprekke begin voer met die nuwe, meer aktivistiese organisasies wat die versetbeweging gesteun het. Wit en swart mense het al hoe meer met mekaar begin praat oor hul gemeenskaplike lotsbestemming. Die openbare debat was nou nie meer net oor die politiek nie, maar oor hoe die ekonomie versterk kon word sodat dit beter diens aan die bevolking kon lewer en aan meer mense werk kon verskaf. Daar was 'n magdom van dinkskrums en seminare en konferensies wat politieke en ekonomiese tendense ontleed het.

Die beperkings op die Suid-Afrikaanse pers was ondoeltreffend en soms belanglik, omdat

Bl. 582

buitelandse koerante en radiodienste die nuus bevat het wat van Suid-Afrikaners weerhou is. Buitelandse geld het in die land ingestroom om 'n alternatiewe pers en aktivistiese organisasies te finansier. Op al hierdie manier was Suid-Afrika verskillend van Israel en Noord-Ierland, die twee ander konflikte waaroor die Westerse wêreld begaan was.

In die verkiesing van 1987 het die NP 'n mandaat gekry om 'n nuwe beleid te ontwikkel wat op gelyke regte vir almal gegrond is. Die party wou oor 'n skikking in verband met gesamentlike besluitneming en magsdeling tussen al die bevolkingsgroepe onderhandel. F.W. de Klerk, toe die NP-leier in Transvaal, het 'n groot rol gespeel in die sege vn die NP oor die KP in daardie provinsie.

Die regering het hard p robeer om wit kiesers te verseker dat daar "gemeenskapsbeskerming" in die nuwe stelsel sou wees. In die staatskole sou gemeenskappe kan sorg dat hul kinders die soort onderwys kry wat hulle begeer. Die NP wou, soos in die geval van die driekamerparlement, 'n onderskei tussen "algemene sake" en "eie sake" tref, wat gemeenskappe in staat sou stel om "selfbeskikking" oor skole en woonbuurte uit te oefen. Meningsopnames het getoon dat tussen die helfte en twee derdes van die meer gegoede Afrikaners, nou die NP se vernaamste ondersteunersbasis, dit begeer het. Hulle het egter nie daarop aangedring dat dit deur middel van 'n wet moes geskied nie.

Die NP het sy eis in verband met die beskerming van gemeenskappe geregverdig op grond daarvan dat dit sou help om wit vrese te besweer. Die ANC-segslui en die liberale opposisie het dit egter beskou as net 'n manier om vir blankes die eksklusiewe toegang tot die beste skole en woonbuurte te behou. Die NP se probleme is vererger deurdat die kleurling- en die Indiërkamer in die Parlement ook die beginsel van eie sake en gemeenskapsbeskerming verwerp het omdat dit na hulle mening 'n vorm van neo-apartheid sou wees.

Stabiliteit het geleidelik teruggekeer. Die sterftes in die onluste het gestyg van 879 in 1985 tot 1 298 in 1986, maar in 1987 tot 661 gedaal. Dit sou weer styg - tot 1 149 in 1988 en 1 403 in 1989. Die staat het die politieke uitdaging die hoof gebied, maar Suid-Afrika het onomkeerbaar verander. Chester Crocker, asisstent-minister vir Afrika in die Reagan-regering, het hierdie balansstaat opgestel: "The) government and its opposition had checkmated each other. Neither could move unilaterally: the black resistance had no hope of forcing the government to capitulate, but the government could no longer hope to regain the legitimacy it lost."

In 1988 het Botha die opsie van onderhandelings met die ANC begin ondersoek. Hy het Niel Barnard en Mike Louw, die twee mees senior amptenare in die nasionale inligtingsdiens, saam met ander amptenare toegelaat om in die geheim gesprekke met Nelson Mandela in die tronk te voer. Hierdie amptenare het onmiddellik sy statuur as leier en sy integriteit en skynbare gebrek aan bitterheid opgelet, ten spyte daarvan dat hy nou reeds 25 jaar in die tronk was.

Mandela was geen gematigde volgens die NP se opvatting nie, maar het konsekwent geargumenteer dat meerderheidsregering, wat hy as ononderhandelbaar beskou het, waarborge moet bevat wat verseker dat wit dominasie nie deur swart dominasie vervang word nie. Hy het as 'n pragmatis voorgekom: 'n leier wat hom in reaksie op die wreedheid van apartheid tot die gewapende stryd gewend het eerder as uit 'n sug na geweld ter wille

Bl. 583

van geweld. sy doelwit met die gewapende stryd was nie om die staat omver te werp nie, maar om die blankes te dwing om aan die regmatige eise van die swart gemeenskap gehoor te gee.

Botha het nie opgetree toe 'n groep van ongeveer 60 Afrikaners, onder die leiding van Van Zyl Slabbert, in 1987 in Dakar, Senegal, met 'n ANC-afvaardiging onder leiding van Thabo Mbeki, vergader het nie. Hy het wel die Afrikaanse afvaardiging as "nuttige idiote" uitgekryt. In 1988 het nasionale intellilgensie-amptenare ook oorsee met ANC-leiers gepraat.

Die omstandighede vir onderhandelings met die AN?C was nou heelwat gunstiger as in 1985 of 1986. Die oorlog in Angola was verby, Namibië was op pad na 'n internasionaal erkende verkiesing, die Sowjetunie was gretig om hom aan Afrika te onttrek en die Afrika-state in die streek het gretig na 'n skikking in Suid-Afrika uitgesien ten einde stabiliteit en vrede aan die streek te bring. In Suid-Afrika was daar 'n skaakmat tussen die veiligheidsmagte en die versetbeweging.

In Januarie 1989 het P.W. Botha 'n aanval van beroerte gekry. In Februarie het hy bedank as NP-leier, maar aangebly as staatspresident. F.W. de Klerk is naelskraap tot NP-leier verkies. Soos voorspel kon word, het wrywing gou tussen Botha en De Klerk - elkeen met sy eie magsbasis - ontstaan. Botha het op 14 Augustus 1989 as president bedank. Ná 'n algemene verkiesing is F.W. de Klerk op 14 September 1989 tot staatspresident verkies.

Sedert 1989 is Botha algemeen veroordeel as 'n politikus wat goed begin het, maar nie daarin kon slaag om sy eie Rubicon oor te steek nie. Simon Jenkins, een van die skerpsinnigste Britse joernaliste, het in'n waardebepaling geskryf dat Botha heeltemal onderskat word as 'n mens in ag neem dat veiligheid en stabiliteit altyd sy hoogste prioriteit was. Hy het  in 1978 leier geword in 'n tyd toe Kubaanse troepe 'n groot bedreiging in die streek was en toe die Amerikaanse regering Pretoria ingelig het dat Amerika nie verdere Russiese avonture sou teenstaan nie. Suid-Afrika het 'n golf van internasionale sanksies ervaar. Botha het nie voor die aanslag van óf die Kubane en Russe óf sanksies geswig nie. Hy het die staatsveiligheidsraad gebruik om die wydverspreide binnelandse onluste van 1984-1986 te onderdruk. Die liggaam was veel doeltreffender as die veiligheidsapparaat in 1976 onder John Vorster en Hendrik van den Bergh.

Botha se vernaamste tekortkoming was 'n duidelike visie en strategie om swart mense in die politieke stelsel in te skakel. Terselfdertyd was dit egter Botha wat die simboliek van 'n wit parlement afgebreek het. Onder hom was daar 'n dramatiese herverdeling van inkomste van die stemgeregtigdes na die stemloses. Die stemgeregtigdes se belastingkoers was volgens die Internasionale Monetêre Fonds baie hoog vir 'n middelinkomsteland. Tog het die NP onder Botha se leiding die verkiesing in 1987 maklik gewen. Toe Botha in 1989 bedank, het die staat in 'n belangrike mate stabililteit herstel. Dit is gedoen sonder die groot aantal sterftes wat dikwels in konflikte in multi-etniese samelewings voorkom. Dit alles het merkwaardige leiersvernuf en groot pragmatisme geverg. Soos Jenkins opmerk, moet Botha nie met die maatstawwe vir 'n prinsipiële liberale hervormer beoordeel word nie, maar met dié vir Machiavelli.

Botha het in der waarheid die tafel gedek vir onderhandelinge waarby sy opvolger kon aansit en gaste nooi. Daar word soms gesê dat Botha se periodieke uitbarstings en

Bl. 584

onmanierlikheid enige onderhandelinge sou verongeluk het. Dit kan so wees, maar daar is ook ander getuienis. Nelson Mandela het eenkeer in 1991 aan die skrywer gesê dat Botha hom in die middel van 1989 ontvang het op 'n wyse wat dit vir iemand wat onkundig is, onmoontlik sou gemaak het om te sê wie is die staatspresident en wie die gevangene is. Hy het ook verklaar dat dit een van die grootste teleurstellings in sy lewe is dat  hy nie met Botha kon onderhandel nie. Of Botha as die leier van die blankes beter as De Klerk sou onderhandel het, is moeilik om te sê, maar die onderhandelings sou beslis anders verloop het.

'n Brug na demokrasie

Geen oorgang na 'n demokrasie sou moontlik gewees het sonder dat die NP as regerende party en die ANC eers 'n brug gevorm het waaroor Suid-Afrika kon stap nie. Dit was Mandela en De Klerk wat in 'n belangrike mate hierdie brug gebou het. albei het groot vaardigheid getoon as leiers wat terselfdertyd hul volgelinge gelei en die rasse probeer versoen het.

De Klerk was die model-nasionalis wie se familiegeskiedenis met Afrikanernasionalisme verweef was. Een oupa was 'n Gereformeerde (Dopper) predikant, die ander oupa is vir die NP tot die Transvaalse Provinsiale Raad verkies. 'n Oom, J.G. Strydom, was tussen 1954 en 1958 eerste minister, en De Klerk se vader was 'n kabinetslid. F.W. de Klerk is 'n lidmaat van die Gereformeerde Kerk en het aan die Potchefstroomse Universiteit gestudeer. Sy benadering was dié van 'n tipiese neo-Calvinis wat van abstrakte beginsels uitgegaan en hulle tot hul "logiese gevolgtrekking" probeer voer het. In 'n groot deel van sy politieke loopbaan was sy vertrekpunt die idee van afsonderlike volke wat tot afsonderlike tuislande lei en hy het daarby gebly selfs nadat dit in die praktyk misluk het.

In sy parlementêre loopbaan, wat in 1972 begin het, het hy dit vermy om as lid van 'n bepaalde faksie in die NP-koukus getipeer te word. Hy was ' n intelligente politikus, 'n man met selfvertroue wat goed kkon debatteer. Tot die middel-1980's was hy in staat om sonder veel sigbare wroeging die inkonsekwenthede en ongeregtighede van apartheid te regverdig. Hy het die Progessiewe aangeval as kortsigtig oor die kwessie van oorlewing sonder om 'n oortuigende alternatief voor te stel op 'n tyd toe die NP self geen oplossing gehad het nie. Teen die einde van die 1980's was daar niks wat daarop gedui het dat hy 'n leier kon word wat sy samelewing kon help transformeer nie.

Net ná De Klerk se verkiesing tot staatspresident het hy voor groot uitdagings te staan gekom. In September het hy die polisie se aanbevelings verwerp en verlof gegee vir 'n massa-optog wat hoofsaaklik deur die United Democratic Front georganiseer is, deur die strate van Kaapstad na die Parlement. "Ons kon nie 'n demokrasie hê sonder protesoptogte nie," het hy gesê. Dit was 'n moedige besluit op 'n tyd toe die kommunistiese regerings in Oos-Europa angsbevange oor massa-optogte was.

Die val van die Berlynse Muur in November 1989 het die begin van die einde van die kommunisme aangekondig. Dit was vir De Klerk wat hy later sou noem 'n "Godgegewe" geleentheid. Die NP kon nou aan sy kiesers sê dat sonder Sowjet-ondersteuning, die ANC en sy bondgenoot, die SA Kommunistiese Party, nie langer 'n belangrike

Bl. 585

bedreiging vir stabiliteit in Suid-Afrika is nie. Hy kon ook argumenteer dat die kommunisme so gediskrediteer geraak het, dat die ANC verplilg sou wees om die vrye mark te aanvaar en saam daarmee eiendomsregte en ander beleidsrigtings wat beleggers sou lok en aan die wit kiesers ekonomiese veiligheid sou gee.

Maar die val van die Berlynse Muur was 'n tweesnydende swaard. Anti-kommunisme was lank die vernaamste rede waarom Westerse regerings die wit regering in Suid-Afrika aanvaar en lank ondersteun het. Die verdwyning van die kommunistiese bedreiging en die ANC se repudiëring van die nasionalisasie van die banke en sekere nywerhede, het Suid-Afrika se vorm van anti-kommunisme oudmodies gemaak. Dit het die regering sy sterkste argument ontneem wanneer hy die Weste probeer oorreed het om druk op die ANC te plaas om 'n vorm van magsdeling te aanvaar.

Teen die einde van 1989 het De Klerk sy groot sprong gemaak. In April 1987 het hy nog aan sy kiesers gesê dat die blankes "kleiner risiko's" moet aanvaar deur die invoer van 'n stelsel van magsdeling ten einde 'n "groot deel en selfs 'n meerderheid van swartes te kry om saam te staan om 'n bastion teen die ANC te vorm". Nou het hy besluit om die ANC uit te nooi om binne-die bastion te kom en om 'n stelsel van magsdeling met hulle te beding. In Desember 1989 het hy sy kabinet oorreed om die verbod op die ANC, die Pan-Africanist Congress en ander bevrydingsbewegings op te hef en sonder enige voorvereistes met veelparty-onderhandelings oor ' n nuwe grondwet te begin.

Toe De Klerk op 2 Februarie 1990 hierdie besluit in die Parlement aankondig, het die NP-koukus die eerste keer daarvan gehoor. Van De Klerk se kabinetslede het nog besware teen onderhandelings met die SA Kommunistiese Party gehad, maar dit het verdwyn nadat Mandela geweier het om die uitsluiting van die ANC se mees lojale bondgenoot te aanvaar.

Nelson Mandela is, soos De Klerk, gevorm deur sy verbintenis met sy politieke beweging en sy mense, maar hul onderskeie loopbane was heeltemal verskillend. Mandela het as jong man van die Transkei na Johannesburg gegaan en as prokureur gekwalifiseer. Hy was een van die ANC-leiers in die woelige jare van protespolitiek in die 1950's.die polisie en hofsake het sy lewe erg ontwrig, maar danksy sy sterk wil en oortuigings het hy die stryd voortgesit in 'n tyd toe die kans op sukses skraal gelyk het.

Ná 27 jaar in die tronk het Mandela die politieke lewe weer op 11 Februarie 1990 betree nadat hy vrygelaat is. Hy het unieke eienskappe gehad wat uitstekend in die situasie gepas het. Hy het 'n sterk teenwoordigheid gehad, iemand wat gravitas en charisme met 'n sin vir humor en nederigheid kon meng. Selfs voordat hy tronk toe is, was hy 'n besondere figuur. Sy weiering in die tronk om enige kompromieë aan te gaan sodat hy vrygelaat kan word, het sy statuur oneindig versterk. Hy het 'n outokratiese streep gehad - 'n kombinasie van die styl van 'n stamkaptein en dié van 'n demokratiese leier - maar dit het altyd gepaard gegaan met hoflikheid en goeie maniere. Hy het geweet dit is nie nodig om strydlustig te wees nie. In die oë van die wêreld was apartheid heeltemal gediskrediteer.

In sy poging om die Afrikaners te oorreed om die mag prys te gee, het hy hulle geskiedenis erken en respek daarvoor betoon, Hy het apartheid veroordeel as 'n erge misdaad teen die mensdom, maar hy het die Afrikanernasionalisme as 'n legitieme inheemse beweging beskou wat soos die swart mense teen die Britse kolonialisme geveg het. In die

Bl. 586

voorafgaande eeu het sowel Afrikaners as Afrikane die wapens opgeneem in 'n stryd waarin die oorwig oorweldigend was. Toe die ANC in 1961 besluit om van burgerlike ongehoorsaamheid tot die gewapende stryd oor te gaan, was dit Mandeleawat Umkhonto weZizwe gestig en die eerste bevelvoerder geword het.

Om die simmetrie tussen Afrikaner-0 en Afrika-nasionalisme te onderstreep, het hy besluit dat die eerste dade van sabotasie op 16 Desember 1961 sou plaasvind, die dag van die Voortrekker-oorwinning oor Dingane in 1838. Toe 'n minister in die laat 1970's beloof om hom vry te laat op voorwaarde dat hy in die Transkei aftree, het Mandela verwys na die voorbeeld van genl. Christiaan de Wet wat die Rebellie van 1914-1915 die wapens teen die staat opgeneem het, maar daarna gou onvoorwaardelik vrygelaat is. Die ANC-leiers in die tronk is geregtig op dieselfde behandeling, het hy gesê. Op Robbeneiland het hy Afrikaans geleer sodat hy die gees en lewensbeskouing van die bevelvoerder aan die oorkant van die onderhandelingstafel kon verstaan. Dit was ook 'n tasbare demonstrasie van die Freedom Charter se rekenning van kulturele diversiteit.

Mandela het in die tronk met die owerheid gesprekke begin voer sonder dat hy sy mede-ANC-leiers in die tronk of Olilver Tambo, leier van die ANC in ballingskap, geraadpleeg het. Sommige van die ANC-leiers in ballingskap wou hê dat die gewapende stryd moet voortgaan tot die punt waar die staat verplig sou wees om die mag oor te dra. Ander, onder wie veral Thabo Mbeki, het voorgestel dat die gewapende stryd laat vaar moet word ter wille van 'n onderhandelende skikking. Binne Suid-Afrika was die UDF onder groot druk van die staat se onderdrukkende maatreëls. Ten spyte daarvan het die leierskap die idee verwerp dat enige leier sonder 'n mandaat met die regering kon onderhandel. Heeltemal onaanvaarbaar was ook die idee dat enige skikking deur drie driekamerparlement bekragtig moes word. Mandela het nie saamgestem nie. Hy wou sy mense vat na waar hy gedink het hulle behoort te wees, nie waar hulle self graag wou wees nie.

Die ANC binne-in die bastion

Die tradisies wat binne die NP ontwikkel het, het aan De Klerk ruimte gebied om op die pad van veelparty-onderhandelings te beweeg. Hoofleiers kon verreikende besluit neem os lank hulle dit kon aanbied as deurslaggewend vir Afrikaner-oorlewing. Genl. Hertzog het in 1933 besluit dat die NP 'n koalisie met Jan Smuts se Suid-Afrikaanse Party moet vorm sonder dat hy die kabinet of koukus vooraf geken het. In 1959 het Hendrik Verwoerd nie die kabinet en koukus geraadpleeg voordat hy sy tuislandbeleid en saam daarmee die afskaffing van swart verteenwoordiging in die Parlement aangekondig het nie. P.W. Botha het in Julie 1989 'n ontmoeting met Mandela, toe nog 'n gevangene, gehad sonder dat hy dit met die kabinet bespreek het. Nou het De Klerk, sonder dat hy sy koukus ingelig het, aangekondig dat die verbod op die ANC en ander revolusionêre organisies opgehef word.

Die taak om 'n geskokte wit kieserskorpe van die wysheid van die dramatiese nuwe beleidsrigting te oorreed, het op die skouers van De Klerk en Gerrit Viljoen, minister van konstitusionele ontwikkeling, geval. Albei was van die NP se politieke sentrum en hoef dus nie hul lojaliteit aan die party of hul steun vir die hoofstroomdenke te bewys het nie. Hul vernaamste argument was dat die wit mense as krimpende persentasie

Bl. 587

van die totale bevolking veel beter sou vaar met die bereiking van 'n redelike skikking as wanneer hulle hul rûe teen die muur het. Viljoen het verklaar: "Ons wil verandering hê juis omdat ons besef dat ons oorlewing afhang van ordelike verandering ten spyte van die risiko's wat dit inhou." De Klerk het op 30 Maart 1990 voor die Kaapse Persklub gesê dat die regering nie optree uit ' n posisie van swakheid nie. "Ons het nie gewag totdat die oorwig van mag teen ons draai voordat ons besluit het op die koers van vreedsame skikking deur onderhandelinge nie."

Die NP se hoop om 'n betekenisvolle deel van die mag te behou, het op twe wense of verwagtinge berus. Die eerste was dat die ANC sou skeur nadat die regering 'n ware blitsoorlog gevoer het deur die een verrassende skuif ná die ander te maak. Dit sou die NP hopelik in staat stel om saam met die gematigde vleuel van die ANC te regeer. Die ander hoop was dat die ANC sou besluit dat dit onmoontlik is om die land te regeer sonder drie belangrike steungroepe, te wete die bestaande staatsdiens, die veiligheidsmagte en die sakesektor. Die NP het hom self beskou as die party wat hierdie strategiese sektore in die nuwe kabinet die beste kon verteenwoordig. Daar is aanvanklik selfs verwag dat die ANC self om 'n regering van nasionale eenheid sou vra.

Vir die wit kieserskorps het De Klerk en Viljoen gesê dat magsdeling 'n beter stelsel is as wit regering of gewone meerderheidsregering. Hulle het ook die ander beleidsrigtings aangekondig wat gevolg moet word. Daar moet byvoorbeeld 'n arbeidsbeleid van gelyke geleenthede wees. In so 'n bestel sou die goed geskoolde wit werkers goed vaar. Die regering het dit laat klink of daar nie veel is om voorbang te wees nie; die blankes kan selfs beter vaar. Aanvanklik was blankes met tersiêre kwalifikasies optimisties. 'n Studie in 1989, voordat die verbod op die bevrydingsorganisasies opgehef is, toon dat vier vyfdes van die sogenaamde wit elite gedink het dat 'n wedersyds aanvaarde skikking tussen wit en swart moontlik is. Die meeste wou h ê dat die ANC aan die proses deelneem.

Die ANC is aanvanklik onverhoeds gevang deur De Klerk se aankondiging, maar het hom gou reggeruk. In bondgenootskap met Cosatu het dit massa-optogte, stakings, wegbly-aksies en verbruikersboikotte gereël. Dit het die gewapende stryd nie heeltemal afgesweer nie. Dit was nog deels 'n revolusionêre organisasie met sy eie gewapende vleuel, Unkhonto weSizwe, onder leiding van Chris Hani. Hy het op 'n vergadering gespog: "The ANC wil get everthing it wants, because all the arms are here." Onder die kodenaam Operasie Vula het 'n ANC-faksie manskappe en wapens in die land ingebring en ondergrondse strukture gevestig. Dit was dus nie 'n verrassing dat sekere lede van die veiligheidsmagte gedink het dat die werklike geveg oor Suid-Afrika pas begin het nie.

'n Bloedige stryd om heerskappy het in KwaZulu en Natal tussen die ANC en Inkatha uitgebreeik. Inkatha het ten minste 100 ampsdraers in Natal deur ANC-sluipmoorde verloor. Teen Augustus 1990 het hierdie stryd ook aan die Witwatersrand gewoed. Die dodetal in die land het vinnig gegroei namate die stryd al feller geword het, Tussen September 1984 en Desember 1993 het 18 997 swart mense gesterf, verreweg die meeste in die stryd tussen die ANC en Inkatha.

"'n Daad wat opklink oor die aarde"

De Klerk se beste kans om 'n skikking te bereik wat die meerderheid se mag deur groepsregte of federalisme aansienlik aan bande lê, was om van die staanspoor bepaalde perke

Bl. 588

of ononderhandelbare voorwaardes te stel. Maar die politieke slagspreuk van die tyd was dat daar onderhandeling sonder voorvereistes oet wees. Die NP, wat gretig was om die onderhandelings aan die gang te k ry, het hom hierna geskik.

Van die begin af het die ANC en die NP hulle self as die hoofpartye beskou. Die ANC wou aanvanklik onderhandelings hê wat gelei en bestuur word deur ' n "bondgenootskap van swaargewigte" bestaande uit lede van die NP en die ANC. Alle klein partytjies, ook Inkatha, sou 'n mindere plek beklee. Die NP wou alle partye, ook die klein partytjies, betrek op 'n wyse wat hulle bevredig. Albei partye sou in 1992 die gedagte van "voldoende konsensus" aanvaar om oor sekere kitieke kwessies tot 'n beslissing te kom. In die praktyk het dit 'n ooreenkoms tussen die ANC en die NP beteken, wat die ANC graag wou hê.

Daar was ook ander verskille. Die ANC wou so gou moontlik 'n verkiesing vir 'n grondwetgewende vergadering hê. Die regering het probeer om die ANC saam met hom in 'n vergrote kabinet te betrek. Sy ideaal was 'n veelrassige regering wat ervaring in die bestuur van die land opdoen voordat 'n grondwet opgestel word. Maar die ANC het geweet dat 'n groot oorwinning by die stembus hom feitlik in staat sou stel om sy eie grondwet te skryf.

Teen die einde van 1991 het die regering 'n belangrike koersverandering aangekondig. Hoe langer die onderhandelings uitgerek word en die geweld voortduur, so het die regering gedink, des te meer sou die grondslae van die NP as regerende party ondermyn word. In November het 'n vergadering van De Klerk se binnekring in die kabinet tot 'n kritieke skuif besluit. Daar sou 'n verkiesing gehou word vir 'n lilggaam wat twee funksies verrig: 'n grondwet skryf en as tussentydse regering optree. Voor dié tyd sou al die partye 'n tussentydse grondwet skryf vir die regering wat ná die eerste post-apartheidverkiesing saamgestel sou word. Later is die idee aanvaar dat daar voor die verkiesing breë riglyne opgestel moet word waaraan die finale grondwet moet voldoen.

'n Senior minister in die klein binnekring van De Klerk het die stand van sake soos volg opgesom: "In die loop van 1991 het ons in een krisis ná die ander beland. Ons was gewikkel in 'n onstuimige onderhandelingsproses en ons moes terselfdertyd die land regeer. Dit was dringend noodsaaklik om die ANC betrokke te kry in 'n gesamentlike regering. In November 1991 het ons op die kritieke beleidsverandering besluit. Ons hoop was dat die NP goed sou vaar in die verkiesing en dat dit ons in staat sou stel om die ANC se posisie te matig. By dadenke dink ek die groot fout wat ons gemaak het, was dat ons nie onmiddellik 'n studiekommissie aangestel het om sterk ononderhandelbares te formuleer met betrekking tot federalisme en 'n meganisme wat die meerderheidsparty kon aan bande lê in die kabinet en in ander liggame nie. Die gevolg was dat toe ons by die werklike onderhandelings kom, ons geen goed ontwikkelde voorstelle gehad het nie. Ons het ook nie goed gekyk na 'n kiesstelsel wat moontlik 'n swart blok kon opbreek nie."

Die besluit van November 1991 het saamgegaan met twee ander belangrike skuiwe. Die regering het nou sy hele hoop daarop gevestig om 'n regering te verkry waarin verskeie partye saamwerk in plaas daarvan om oor groepsregte of federalisme stelling in te neem.

Die ander keuse was 'n proporsionele kiesstelsel met 'n lys van kandidate wat die

Bl. 589

partyleiding opstel. Dit was 'n verreikende besluit wat die toekomstige politiek ingrypend sou beïnvloed. Dit is 'n stelsel wat goed help om 'n nuwe demokrasie te vestig. In Suid-Afrika se geval het die NP se parlementêre verteenwoordigers byvoorbeeld geweet dat, indien die meningopnames kkorrek is, hulle weer Parlement toe sou kan gaan. Daar was dus geen gevaar van 'n opstand van die NP-koukus nie.

Proporsionele verteenwoordiging is egter swak vir die konsolidering van 'n demokrasie in 'n etnies-verdeelde samelewing. Dit moedig die leierskap van die party wat die grootste groep verteenwoordig aan om nie vir versoening te werk nie, maar sy houvas op die groep te vergroot deur 'n beleid van begunstiging van die meerderheid en aantygings van rassisme en 'n gebrek aan lojaliteit aan die kant van die opposisie. Verkiesings word blote rasse- of etniese sensusse en die politiek word gekenmerk deur 'n groot onverdraagsaamheid of onverskilligheid teenoor minderheidsbelange. Terselfdertyd noop die stelsel kleiner party om etniese belange te verwaarloos ten einde die breedste moontlike spektrum van steun te lok. Dit sou die verbrokkeling van die NP en die disintegrasie van die Afrikanernasionalisme versnel.

De Kerk het nog een kaart gehad wat hy in sy strewe na 'n stelsel van magsdeling kon speel. Hy kon aan die ANC en aan die Westerse leiers gesê het dat hy nie die blankes in 'n stelsel wat hulle opponeer, kon lei nie. Daar was sterk teenstand van die kant van die regtervleuel. Die Konserwatiewe Party onder Andries Treurnicht en ander regse organisasies het De Klerk se toespraak van 2 Februarie 1990 as die begin van die Afrikaners se Derde Vryheidsoorlog bestempel. Para-militêre groepe het openlik met opstand en terreur gedreig. Verregses het dade van geweld gepleeg en verskeie swat mense vermoor. Die KP het tussenverkiesings gebruik om die onderhandelings verdag te maak. In hierdie verkiesings ht die NP 'n hele reeks terugslae ondervind. Teen die begin van 1992 het die KP 'n groot oorwinning in die NP-setel Potchefstroom behaal.

Sedert die suksesvolle regerendum in 1983 oor die driekamerparlement het NP-leiers die referendum as 'n belangrike strategiese wapen beskou om onwillige Afrikanerkiesers se steun te verkry. De Klerk het leier van die Transvaalse NP geword net voor die referendum in 1983, waarin hy goed daarin geslaag het om in 'n konserwatiewe provinsie steun vir die plan te verkry. In die verkiesing van 1989 het die NP-leierskap belowe dat enige skikking wat radikaal van die NP se verkiesingsmanifes afwyk, aan 'n referendum onderwerp sou word. De Klerk het dié belofte op 30 Maart 1990 en in Januarie 1992 herhaal (sien p.597). Die NP se verkiesingsmanifes van 1989 het beloof om 'n inklusiewe demokrasie in te stel waarin groepe as die basiese komponente van die stelsel erken word. Daar sou magsdeling wees en geen rassegroep sou die ander kon oorheers nie. Elke groep sou oor selfbeskikking oor sy "eie sake" beskik. De Klerk het die idee van 'n roterende presidentskap na die Switserse model geopper.

Dit was van deurslaggewende belang op watter tydstip in die onderhandelingsproses hierdie referendum gehou sou word. As dit te vroeg gehou word, sou dit hom sonder enige werklike hefboom laat om die ANC se eise teen te staan. As hy die referendum aan die einde van die proses wou laat plaasvind, sou dit sekerlik sy swart onderhandelingsvennote baie ontstel het, want dit sou gelyk het of hy die blankes 'n kans wou gee om 'n veto uit te oefen. Maar feit is dat De Klerk 'n spesifieke belofte aan sy kiesers gedoen het om aan die einde van die proses 'n referendum te hou.

Bl. 590

Die nederlaag in Potchefstroom het De Klerk laat besluit om die referendum met 'n heeltemal ander doel te hou as wat hy beloof het, naamlik om die onderhandelde grondwet in 'n wit referendum te laat toets. Hy het dit nou aangewend om die KP, wat die onderhandelings verwerp het, te verslaan. Sy regverdiging dat die KP reg gestaan het om die onderhandelings te vernietig, nie baie oortuigend is nie. Die party is swak gelei deur Treurnicht en het nie 'n samehangende poliltieke alternatief aangebied nie. Dit is deur die helfte van die Afrikaner en meer as 80% van die Engelssprekendes verwerp. Min kenners het verwag dat dit 'n algemene verkiesing kon wen en die onderhandelings beëindig.

De Klerk skryf in sy outobiografie dat die meerderheid van die NP-koukus teen 'n referendum gekant was omdat dit as 'n oorhaastige stap beskou is, maar dat hy die koukus kragtens "koukusreëls" en "konvensies" nie laat stem het nie. Op 17 Maart 1992 is 'n referendum onder die wit kiesers gehou waarin hierdie vraag gestel is: "Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat gerig is op 'n nuwe grondwet deur onderhandelinge?"

Meer as 87% van die wit kiesers het deelgeneem. Van die utigebragte stemme het 69% hul goedkeuring verleen. Veral onder die Afrikaners was die ja-stem egter dubbelsinnig. Sommige het aangeneem dat hulle gevra word om die oordrag van mag aan die swart meerderheid goed te keur. Ander het geglo dat die NP niks buiten magsdeling sou aanvaar nie. ('n NP-plakkaat het gelui: "Staan meerderheidsregering teen: Stem Ja") En nog ander het gedink die NP het 'n verskulde agenda en is besig om die ANC te ondergrawe en as organisasie kragteloos te maak.

Nietemin het omtrent al die mense wat ja gestem het, aanvaar dat dit die einde van apartheid en die einde van eksklusiewe wit mag beteken. Op die grondvlak was daar miskien minder illusies as onder die middestand. 'n Meningsopname van laat-1991 het bevind dat slegs 15% van die blankes glo dat hulle in die nuwe Suid-Afrika beter sal vaar. Nietemin het die uitslag van die referendum beteken dat, soos Mandela agterna gesê het, die blankes begryp het dat die dae van wit bevoorregting verby is.

Die wêreld se reaksie was baie gunstig. Die Afrikaners het met 'n sekere mate van grasie van die mag afstand gedoen. In die referendum van 1992 het hulle hul posisie van alleenheersers prysgegee voordat hulle verslaan is. Wat hulle nie geweet het nie, was of daar so iets was soos 'n regering wat in skerp verdeelde samelewing die mag deel. En op magsdeling het die De Klerk-regering al sy jhoop gevestig.

De Klerk het 'n belangrike rol gespee om die ja-meerderheid te verseker. In sy oorwinningstoespraak net ná die referendum, het hy verklaar dat min volke die kans kry om bokant hulle self uit te styg en dat die wit kiesers presies dit gedoen het. Hy het Van Wyk Louw verwys en toe in die digter se idioom gesê: "Vandag het daar 'n daad geskied in Suid-Afrika wat opklink oor die aarde en wat 'n magtige boodskap van versoening dra, wat 'n magtige uitreiking tot ware geregtigheid daarstel." Die passasie in Van Wyk Louw se gedig waarna hier verwys word, kan gelees word as 'n terugblilk oor die Afrikaners se geskiedenis. Dit lui soos volg:

Bl. 591

O wye en droewe land, alleen

Onder die groot suidersterre.

Sal nooit 'n hoë blydskap kom

deur jou stil droefenis? ...

sal nooit ' n magtige skoonheid kom

oor jou soos die haelwit somerwolk

wat uitbloei oor jou donker berge,

en nooit in jou 'n daad geskied

wat opklink oor die aarde en

die jare in hul onmag terge...

Bl. 592

--- --- ---

Hermann Giliomee

Die Afrikaner: 'n Biografie

Tafelberg Uitgewers

ISBN 978-0-624-04181-8