Coke kan gebruik word vir:
- Gooi 'n blikkie Coke in die toilet en laat staan vir 'n uur. Spoel die toilet en jy sit met 'n sprankel skoon toilet.
- Laat lê jou geroeste items in Coke vir 'n paar minute en was dan af.
- 'n Heerlike manier om 'n vark boud gaar te maak is om 'n blikkie Coke in die pan te gooi. Maak die vark boud toe in foelie.
- Bak die vark boud tot net so 'n halfuur voor gaar. Verwyder die foelie en bak vir die laaste halfuur.
- Die sous van die vark boud en die Coke meng dan om 'n heerlike sous te maak.
- Om vet kolle van klere te verwyder is om 'n blikkie Coke op die klere te gooi. Was dan die klere soos normaal.
- Die Coke sal help om die vetkolle op te breek en te verwyder.
- Wanneer jy sukkel om 'n geroeste skroef los te draai, gooi Coke op 'n lappie en hou die lappie teen die skroef vir 'n paar minute.
- Wanner jou kar battery terminale aangepak is neem net Coke en gooi dit oor die terminale. Die Coke sal die terminale skoon vreet.
- Was vetterige voorruit met Coke. Coke bevat Fosforsuur. Die suur breek die vet af. Was dan die ruit na die soos gewoonlik.