Buffelsdrift Bewarea Perderoete (Dinokeng): Inskrywingsvorm

28 November 2020 (Saterdag) en 29 November 2020 (Sondag)

MAAK DUIDELIK SEKER:








Buffelsdrift Bewarea Perderoete (Dinokeng) #KultuurAvontuurKamp is slegs 11km buite Pretoria op die Moloto Pad (vanuit Zambezi weg). 

Wil u deel wees van ‘n onvergeetlike ervaring wat nie net geskiedkundig is nie, maar ook sommer lekker  – want die uitstappie is te perd. Hoeveel keer het jy jouself voorgeneem om nog eendag so iets te doen, veral saam met jou kinders? Dink wat dit vir hulle sal beteken. Hier is jou kans– lees verder. Geen ry-ervaring is nodig nie, dis veilig, dis pret en sommer ook leersaam. Nou hier is die geleentheid om al jou sintuie in te span sonder vermoeienis. Voel, ruik proe, sien en hoor die veld, die natuur... en beleef die krag, soepelheid en energie van 'n perd!

Wat en waar is dit en wat maak hierdie gebeurtenis en roete so besonders? Die toerleier is Lezanda Bothma. Die roete loop binne die Buffelsdrift Bewarea area (Dinokeng)

Ons kampterrein is ‘n plaas in die Bosveld en ja, daar is selfoonopvangs, warm water, storte en ons taal is Afrikaans. Die omringende dorpe is Roodeplaat, Hammanskraal en Pretoria (self ‘n geskiedkundige dorp).  Kostes vir hierdie perdry-ervaring is slegs  R150 (1 persoon), R280 (1 ouer en 1 kind) en R390 (1 ouer en 2 kinders). Die hele proses van aankoms - stalle - opstel - rit - afsaal - groet duur ongeveer 120 minute waarna jy rustig kan ontspan . Bring ‘n koelhouer met jou eie middagete of KUIER heerlik naby geleë 63 on Nyala of Farmstead Pub & Grill. Ander aandag-trekkers in die omtrek is die Buffelsdrift Trail Park (bergfiets roete wat tans die no.3 posisie beklee in Gauteng). 

Kom deel in hierdie ervaring en pret – jy sal nie spyt wees nie en die kinders sal gaande hieroor wees..... gun hulle dit.  Moenie hierdie besondere geleentheid misloop nie – dis deel van ons Boerekultuur en ‘n belewenis wat jy altyd sal onthou.

LET WEL: Vir 'n INTIEME ervaring kan die RIT (vir 6 mense) afsonderlik gereël word @ R200 per persoon. Op 'n DAG van u keuse (maandag tot sondag). Dit bied u meer tyd vir vrae direk van die GIDS.

LW: Onmiddellike verwydering van perseel:  Dwelms en ‘n Bloubultrui of ander Bulls-aandenkings....! 

Vraag en Antwoord (Q & A)

Hoe lank duur dit?

Vandat jy by die stalle opdaag, todat jy deur die Bewarea area beweeg en afklim by die stalle, neem ongeveer 120 - 140 minute. Jy kan 30 minute voor die aanvang van die rit opdaag en die perde leer ken. Jou en jou kind vertroud maak met die ervaring. So ook na die tyd. Bring 'n wortel OF 'n stuk vars brood (heel of half wat jy kan opbreek) vir jou perd(e) en spandeer nog 'n halfuur om hul te streel, te voer en die absolute natuurskoon (en plattelandse stilte) van Dinokeng en Buffelsdrift Bewarea te geniet. Bring 'n kampstoel saam, en gee jou kind die geleentheid om die ERVARING ten volle te geniet (sonder haas).  

 

Wat moet ek dra?

Langbroek. Ordentelike stapskoene of tekkies. Kaalvoet of sloffies word nie toegelaat nie. Hier is vier Perde-hoofbeskermers (hoed). Dra verkieslik 'n hoed wat vasbind en nie sal afval of afwaai met galop nie. Die perd / jy as ruiter gaan verby 2 groot damme. Hulle is lief vir water en stap in om te drink. Dra ou klere. Hoe dieper jy ingaan, hoe meer hou die perd daarvan.

 

Wat gebeur op die rit?

Moenie bang wees nie. Jou perd ken die roete. Vra vrae, sodra jy rustig geraak het. Die 1 gids ry voor, en die 1 gids ry agter. 'n Derde gids beweeg tussen deur (as hy betrokke is). Sommige perde hou van (dring daarop aan) om voor te ry. Ander is gemaklik in die ketting. 

Ek is +Grootte

'n Perd kan met gemak 130kg gewig dra. En ons sal daarvolgens aan jou 'n perd toeken. As jy weet jy gaan sukkel met die op- en of afklim, praat asseblief met jou gids (hetsy 'n rugby-knie / gewig / rumatiek / seer rug). Asseblief. Ons help jou graag dat jy besering-vry die ervaring geniet en huistoe gaan. MOENIE stilbly en self probeer nie!
Een van ons sale waarop jy gaan ry! Wees bevoorreg~!
Ons oudste ruiter vir die dag (@75). Vol glimlagte met die afklim! 
Hoe oud of jonk mag ry?

Ons oudste ruiter(s) was 'n paartjie van 89 en 90 jaar oud. Jou kind se VEILIGHEID is eerste prioriteit. AS jou kind kan perdry, is die minimum ouderdom 4 jaar oud. As dit die eerste keer is dat jou kind kom perdry, 'n minimum ouderdom van 5 jaar oud. 

Hoep-Hoep Roep - Kleinfontein.mp3

Radio Omroeper Kort Kursus ♦  # Jou hart. My taal. Ons stem! ♦ Ons het jou stem nodig. Skryf nou in! ♦ Volledig aanlyn ♦ Woensdae 19h00 tot 20h00 ♦ Facebook079 219 6735 ♦ Kliek hier vir meer inligting tov kursus ♦ trotsafrikaans@myvolk.co.za