Kleinfontein Karavaan Park spesialiseer in Familie Saamtrekke en Groep Besprekings! Kontak 079 219 6735 om jou FAMILIE te bespreek in 2020
Kleinfontein Karavaan Park (kampeerterrein)

Bespreek NOU! 079 219 6735

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg
NAASTE DORP: Rayton 10km
STREEK: Noord-Oos Gauteng (Pretoria na Nelspruit N4 Roete)
PROVINSIE:Gauteng
Pad: N4 geteer; R515 geteer. Rhenosterfontein Pad geteer tot by Hoofhek. 200m grondpad tot by Karavaan Park (gelyk en geskraap)

GPS Koordinate: 25°48'07.1"S 28°29'32.5"E

BROODRYK FAMILIE REUNIE


Die Broodryk-familie nooi jou hartlik uit na die langverwagte reunie in 2020. Ja! Die datum is vas, en besprekings oop om julle almal te sien 24 - 27 September 2020 by Kleinfontein Karavaan Park en Kampeer terrein. Dit val oor 'n lang naweek; so geen verskoning om nie ou vriende en familie te kuier en geniet vir die Erfenis-naweek nie.

Geen kamptoerusting? Geen probleem. Huur 'n Coleman 6-man tent vir slegs R95 addisioneel. Of woon in een van 6 Boshuisies wat beskikbaar is vir die naweek. Swemgeriewe is gratis ingesluit tydens jou besoek aan ons. Asook 4 'events' wat gereel is met ons (vrywillige bywoning maar kliek sodat ons vir die regte hoeveelheid getalle kan beplan): (1) Die Slag van Donkerhoek aanbieding Saterdag om 11h00, Geocaching Saterdag 15h00 (kinders) (3) Sterrekyk-uur Saterdagaand om 21h00. (4) Kerk Stap en Kuier by piekniekarea in wildpark Sondag 08h45. 

Kleinfontein Karavaan Park (kampeerterrein) is 'n landelike, intieme kampplek op die N4 tussen Pretoria en Nelspruit. Die kampplek is slegs 18km van Rayton en 28km van Pretoria. Staanplek vir 12 karavane met kragpunte, en tent-staanplekke met 'n ongerepte uitsig en helder sterrehemel.

Geen inbrake, met 24 uur sekuriteit verseker jou 'n nag of naweek van ontspan en rus. Kom waardeer ons bekostigbare, landelike stilte, Die oord is ideaal gelee om Route 515 te ontdek en besoek. Dit sluit in ~ Die Slag van Donkerhoek, Kitty Hawk, Willem Prinsloo Museum (7km), Sammy Marks Museum (15km), McCardy House, Militare Italiano (Rayton) en Cullinan Diamantmyn Toere (16km) en die immergewilde Boeremark (25km). 

Bekostigbaar
Kragpunt
Swembad
Stilte
Kinder-vriendelik
Ander aktiwiteite
  • Voelkyk
  • Visvang
  • Die Bergwagtertjie Staproete
  • Perderitte
  • Bergfietsritte
  • Wildsrit te perd
  • Wildkyk
  • Tennis
  • Jukskei
  • Willem Prinsloo Museum (buite)
  • McCardy House Museum (buite)
  • Sammy Marks Museum (buite)
  • Viertrekroetes (buite)
  • Kafee (en Tuisnywerheid)
  • Biblioteek
Kenmerke
  • Afrikaans
  • 24uur Sekuriteit
Die Fauna en Flora van Kleinfontein (nl. wild, voëls, rante, grasvlaktes, bome, vlei gebiede
)

Broodryk Familie Reunie 2020

My bespreking











Aktiwiteitsregister










Aanlyn registrasie boodskap (maak seker u het dit ontvang)

Dankie Broodryk Familie lid! Ek het jou bespreking ontvang, en sien VERSKRIKLIK uit daarna om julle op Donkerhoek te verwelkom tydens jul besoek. Ek stuur 'n faktuur na u genoemde vonkpos adres vir betaling. Vereffen asb u besprekingskeuse binne 48-uur van bespreking.