Boontjie Sop (6 Porsies)
500g suikerboontjies
2,5 liter water
1 sopbeen
125g spekvleis, in blokkies gesny
15ml sout (3 t)
2ml peper
2 medium uie, in skywe gesny
5ml gekapte pietersielie (l t)
Was die boontjies en week oornag in water. Dreineer en voeg die sopbeen en 2,5 liters water by. Kook stadig totdat die boontjies en vleis amper sag is. Voeg die ander bestandele, behalwe die pietersielie, by en kook 'n uur langer. Voeg die pietersielie by. Dien op saam met bruinbrood en botter.
VOOR OP MAJUBA BRAND ‘N LIG
As die nag skielik ontwaak
en ‘n enkel stof verstrooide ligstraal
die versmorende duister deurklief-
dan skyn geloof, hoop en liefde
as verblindende lig
waarvoor trane, seer en wanhoop
kragteloos móét swig.
In die donkerste uur
waar strompel tree
as folter metgesel, doods liggaam
vasgeketting jou lyf behang-
spoel genade op genade
soos ‘n vars lente stroom
oor die flarde gemoed
en bruis die lewe,
die skeppings mooi
opnuut deur die Koningskind se bloed.
…en jy weet…
Ek sal nie gaan lê nie,
ek weier om oor te gee,ek verbied nederlaag,
want ..ek is ‘n Boer,
Koningskind
So-as ek struikel,
stap ek weer voort;
as ek val -
staan ek weer op
want ..voor op Majuba brand ‘n lig!!
Gedigte van 'n Boer
© Boerius