www.myvolk.co.za

Hoe Helen geluk gevind het Slaaptyd Stories in Afrikaans

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)

Helen het in die huis rondgeloop, en sy het so treurig gelyk asof sy al haar poppe gebreek en al haar geld verloor het.

“Wat makeer jou, Helen?” het Moeder gevra. “Hoekom lyk jy so treurig?”

“Ek voel sleg,” het Helen gesê en sy het toe sommer ook begin huil.

“Maar, wat makeer dan?” het Moeder teerhartig gevra.

“Daar is niemand om mee te speel nie,” het Helen in trane gesê. “Daar is niks om te doen nie, en nêrens om te gaan nie.” En toe het sy nog harder begin huil.

“Jou arme kind,” het Moeder gesê, “laat ons sien wat gedoen kan word.”

“Daar kan niks gedoen word nie,” het Helen met haar huilstemmetjie gesê. Moeder het die trane afgevee, en gesê: “Waarom gaan jy nie met die dogtertjie langsaan speel nie?”

“Sy wil nie met my speel nie,” het Helen gesê.

“En waarom wil sy nie met jou speel nie?”

“Sy gaan saam met haar Mammie uit, en sy wil liewer saam met haar Mammie gaan as om met my te speel.”

“Ek sien; maar waarom speel jy nie met jou boeke nie? Hulle is dan so vol mooi prente.”

“Ek wil nie na prente kyk nie.”

“Wel, waarom gaan jy nie - laat ek sien - waarom gaan jy nie na jou tuin kyk hoe mooi alles is na die reën nie?”

“Ek wil nie na my tuin gaan kyk nie,” het Helen gesê terwyl sy haar ogies met haar sakdoek afvee. Skielik het Moeder aan ‘n nuwe plan gedink.

“Nou weet ek!” het sy uitgeroep.

“Wat?” het Helen nou ewe belangstellend gera.

“Ek weet nou wat makeer,” het Moeder gesê; “ek weet regtig.”

“Ek makeer niks nie,” het Helen gesê; ek wil iemand hê om mee te speel.“

"Ja, ek weet,” het Moeder gesê; “daar is iets verkeerd binne jou.”

“Waar?” het Helen gevra. “Ek voel niks binnekant my nie.”

“Daar is iets,” het Moeder gesê met 'n glimlag.

“Wat makeer dan?” wou Helen weet.

“Daar is 'n klein gedagtetjie wat nie heeltemal reg is nie.”

“Wat nie heeltemal reg is nie?” Ek wil net iemand hê om mee te speel.“

Toe het Moeder gesê: "As jy net vir 'n paar minute sou ophou om aan jouself te dink, en begin dink aan iets wat jy vir iemand anders kan doen, dan sal jy sommer dadelik weer lekker voel.”

Dit was heeltemal iets nuuts vir Helen; daarvoor het sy geen antwoord gehad nie, en sy het haar Moeder laat voortgaan.

“Dink jy nie dat dat 'n goeie plan sou wees om iemand anders bly te maak nie - sê maar met 'n aangename verassing of so iets?”

“Ek weet nie van iemand wat ek kan verras nie,” het Helen gesê.

“O, ja, jy weet,” het Moeder gesê. Onthou jy nie daardie siek dogtertjie wat ons 'n paar dae gelede in die hospitaal gaan besoek het nie? Jy weet, daardie een wat nie kan loop nie. Jy het gesê dat jy so jammer is vir haar dat jy een van jou poppe aan haar sal gee om haar gelukkig te maak. Maar ek is bevrees dat jy alles daarvan vergeet het.“

"O, ja ek het alles vergeet! het Helen gesê terwyl sy haar voorhofie frons. "En ek het haar belowe dat ek die pop sou bring; wat sal sy nou van my dink?

"Wel, waarom soek jy nie sommer nou daardie pop en trek hom mooi skoon aan nie? Ons kan dit dan more na die hospitaal neem.”

“Goed, Moeder,” het Helen gesê, nou die ene belangstelling. “Ek sal die pop se klere was.”

“Ja,” het Moeder gesê; “doen dit, want 'n mens kan nie 'n pop met vuil klere gee nie.”

“Nee,” het Helen gesê; “ek sal die kouse ook moet heelmaak, want een het 'n gat in.”

“Doen wat jy kan,” het Moeder gesê; “miskien sal ek jou ook help.”

Helen was nou sommer baie bedrywig, en sy het gesê; “Moeder, sal Moeder nie ook een van my prente-boeke in 'n mooi doos inpak en dit met lint vasbind nie? dan sal dit soos 'n mooi present lyk.”

“Ek sal,” het Moeder gesê; Helen het die pop gaan haal en nou was sy vreeslik besig.

Later het Moeder vir Helen hoor lag in haar kamer; sy het gaan loer, en daar het Helen op haar stoeltjie gesit, besig om die pop se kouse te stop.

“Ek is vreeslik besig,” het Helen gesê, en sy het die trane nou heeltemal vergeet.

“Ek is bly,” het Moeder gesê. “Weet jy 'n mens kan altyd baie pret hê wanneer jy besig is met iets wat iemand anders sal blymaak.”

Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

Posted 6 days ago

Rooiborsie vertraag die Trein

“Ja,” het ‘n groot lokomotief tot stilstand gebring, sommer net 'n klein rooiborsie!“ Twee dogtertjies het my hierdie storie vertel, en ek weet dat dit waar is, waant dit het in hulle dorp plaasgevind. En volgens wat hulle my vertel het, het die hele dorp baie lank oor die voorval gepraat.

Dit het een namiddag begin toe 'n goedere trein by die stasie uitgestoom het. Die trein was nie ver nie toe die kondukteur 'n rooiborsie al langs die trein sien vlieg.

"Kyk na daardie voël,” het hy vir die man by hom gesê: “hy volg ons mos.”

“Ja, waarlik! dit lyk al of hy onder die kondukteurswa wil invlieg. Hy sal seker netnou wegvlieg.”  Maar die voël het al langs die kondukteurswa gevlieg. En namate die trein vinniger geloop het, het die voël vinniger gevlieg. Later het die trein te vinnig gegaan en die arme voëltjie moes opgee. Hy het sommer daar op 'n boom gaan sit, en hulle het hom later nie meer gesien nie.

Waarom die kondukteur hom oor 'n voëltjie nou bekommer, weet ek nie, miskien was dit omdat die voëltjie so verleë en verlate gelyk het toe hy die stryd gewonne moes gee. Toe die trein by die volgende stasie stilhou, het hy besluit om te gaan ondersoek instel. En hoe dink julle, wat het hy gevind? Voor, half onder die wa, in 'n hoekie, was daar 'n nessie met drie ligblou eiertjies daarin!

Nou het hy geweet waarom daardie arme voëltjie so vinnig langs die trein gevlieg het. Waar sou die voëltjie nou wees? Sou dit die trein agtervolg het?

Hulle het by daardie stasie gebly so lank moontlik, en gehoop dat die voëltjie betyds sou opdaag, maar dit het nie gekom nie. Voordat die trein weer vertrek het, het die kondukteur met die masjnis gaan praat, en hom vertel van die nessie met die eiers.

Daardie masjinis het ook 'n baie sagte hart gehad soos die kondukteur, en hy het belowe om die lokomotief nie te laat ruk sodat die eiertjies nie miskien uit die nessie rol nie. Hy het die lokomotief altyd baie versigtig tot stilstand gebring.

So het hulle gery tot by die eindstasie, en weer terug. By elke stilhouplek het die kondukteur gaan kyk of die eiertjies nog veilig was.

Eindelik was die trein weer terug by sy ou stasie. Maar waar sou die rooiborsie wees wat hulle laas daar eensaam op die boom agtergelaat het?

De rooiborsie was nie baie ver nie, want eerlank het dit daar aangevlieg gekom, reguit na die nessie, en weer op die eiertjies gaan sit.

Maar wat nou gedoen? Die kondukteur kon baie maklik heeltemal van daardie nessie vergeet het, maar hy het nie. Hy het 'n baie sagte plekkie in sy hart gehad vir daardie voëltjie. Hy het die stasiemeester van die nessie vertel wat ook daarna kom kyk het.

Die stasiemeester het gevoel dat hulle die wa behoort af te haak en daar te laat staan totdat die eiertjies uitgebroei was, want hy het ook 'n baie sagte hart gehad, net soos die kondukteur en die masjinis. Maar hulle sou dit nie kon doen sonder die toestemming van die hoofkantoor nie, en om sake nog moeiliker te maak, was dit die enigste kondukteurswa wat hulle daar gehad het, en dit moes weer die volgende dag vertrek. Die groot vraag was of die hoofkantoor gewillig sou wees om betyds 'n ekstra wa te stuur net omdat daar 'n rooiborsie op die was wat hulle het sit en broei.

Dit sou hulle seker nie doen nie. Die stasiemeester het darem besluit om die hoofkantoor te bel en te doen wat hy kon. Die ergste wat hulle kon doen, is om te weier. Soos dit gewoonlik in sulke gevalle gaan, het die nuus van die rooiborssie en haar nessie baie gou versprei;  die kondukteur het daarvan gepraat; die masjinis het daarvan gepraat; en die kinders het daarvan gepraat totdat die hele dorp daarvan geweet het, en die mense het na die stasie gestroom om die nessie te sien.

Ook die koerante het van die storie gehoor; hulle het van die rooiborsie geskryf, en ook prente geplaas. Soos julle self kan begryp, het die koerantberigte groot belangstelling gaande gemaak.

Die nuus het so vinnig versprei dat ook die spoorweghoofkantoor daarvan te hore gekom het. Toe die stasiemeester dus die hoofkantoor bel om te vra of hulle nie 'n eksta konkukteurswa kon stuur nie, het die bestuurder dadelik ja gesê. Ook het hy gesê dat hulle die wa met die nessie op 'n stil plek moet trek sodat die rooiborsie haar eiertjies kan uitbroei.

Die ekstra wa het die volgende dag daar aangekom. Daarna het mevrou Rooiborsie dag na dag op die eiertjies gesit, terwyl honderde nuuskieriges - kinders en grootmense - haar kom beloer het. Eendag het iemand gesien dat daar kleintjies in die nessie was, en toe het daar weer net soveel mense kom kyk hodat die voëltjie haar kleintjies voer. Die eienaars van daardie spoorweg het beveel dat daardie wa daar moes staan totdat die kleintjies kon vlieg en die nes verlaat. Dit was om hierdie rede dat die rooiborsiegesin die gaste van die spoorweg was totdat hulle besluit het om elders te gaan woon.

'n Mens sou dink dat dit snaaks is dat daardie vier manne sulke moeite gedoen het net ter wille van 'n ou voëltjie! Maar dit laat ons besef hoe baie teerhartige mense daar nog in die wêreld is. Die bietjie wat hulle kon doen vir daardie ou rooiborsie het hulle groot vreugde verskaf.

Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

Posted 1 week ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Gebreekte Beskuitjies

Hier is seker een van die mooiste stories wat ek gehoor het. Hoe wens ek dat ek die betrokke seuntjie se naam ken, maar ek ken dit nie, en daarom sal ek hom sommer Tommy noem. Ek is seker die engele sal verstaan.

Tommy was ‘n arm seuntjie wie se Vader werkloos was. Sy Moeder het ander mense se wasgoed gewas vir 'n paar sjielings. Die hele gesin het in een vertrek in die agterbuurt van Londen gewoon.  Maar ten spyte van daardie ongunstige toestande, het Tommy 'n hart van goud gehad.

Een sondagnamiddag, terwyl hy in die donker, nou straatjie naby sy huis gespeel het, het hy mense, aangetrek in hulle beste klere sien verbyloop.

Sy nuuskierigheid is geprikkel. “waar gaan hulle almal heen?” het hy aan een van sy maats gevra. “Hulle gaan seker kerk toe,” was die antwoord.

“Hulle gaan liedere sing, en daarna sal hulle lusiter na 'n man wat preek.”

“Nee,” het 'n ander seun gesê. “Hulle gaan nie almal kerk toe nie, maar hulle gaan na die Oesfees.”

“Na die wat?” het Tommy gevra.

“Na die Oesfees. Weet jy nie daarvan nie? Hulle neem ertappels, wortels, kool, en rape, en stapel dit voor die preekstoel op. Het jy nog nooit so 'n fees gesien nie?”

Tommy het erken dat hy nog nie so 'n fees gesien het nie.

“Hoekom gaan jy nie na hierdie een kyk nie?” het sy vriend gevra.

Tommy het gedink dat dit 'n goeie idee is, en toe het hy koersgevat na die diens. Dit was nie in 'n kerk nie, maar in 'n sendingsaal. Hy het daardie saal - die Hoxton market Mission - al voorheen gesien, want die naam was in groot letters bokant die deur. Hy was al 'n hele paar maal in daardie saal vir etes wanneer hy baie honger was. Hy en ander kinders het daardie liedere gesing, en toe het 'n vriendelike ou  man vir hulle vertel van die liefde van Jesus. Hy het aangesluit by ander mense wat daarheen gegaan het, en hy het by die deur ingeloer.

Hy is verras deur wat hy gesien het, want hy het nog nooit voorheen so iets gesien nie. Sy vriend was reg. Rondom die preekstoel was daar ertappels, wortels, kool en rape, en nog baie ander goed soos appels, lemoene, piesangs, groot trosse druiwe, en groot, heerlike brode - groter as wat hy nog ooit gesien het.

Uit pure verbasing het hy saggies gefluit. Die uitdrukking op sy gesig het getoon hoe verbaas hy was.  "Dit lyk of jy baie groot belang stel in alles,“ het 'n vriendelike stem gesê.

Tommy het omgekyk, en toe het hy begin weghardloop.

"Moenie weggaan nie; jy kan bly as jy wil.”

“Mag ek?” het Tommy gevra. “Maar waarvoor is al daardie goed?”

“Weet jy nie?” Wel, eenmaal per jaar bring elkeen iets wat in die aarde gegroei het, as bewys dat hulle erken dat alle goeie dinge van God kom en dat hulle dankbaar is vir die oes.“

"Moet hulle die goed self kweek?”

“Nee; dit kan ook nie hier gebeur nie omdat daar geen tuine is nie. Die mense spaar hulle pennies op en dan koop hulle iets en bring dit. Na alles verby is, word die goed aan die armes uitgedeel.”

“Moet almal iets bring?” het Tommy verleë gevra.

“Nee,” het die vriendelike dame gesê, “net diegene wat voel dat hulle iets wil bring. Baie van die mense het nie eens 'n paar pennies nie, en die Here verstaan alles.”

“Ek sal maar gaan,” het Tommy gesê.

Hy het omgedraai, en stil deur die stroom mense geglip. Toe het hy in sy sak gevoel. Ja, daar is dit nog - sy enigste pennie in die hele wêreld. Hy het dit net gister in die straat opgetel, en hy was van plan om dit te bêre en vir hom lekkers te koop.

“Miskien het hulle in daardie winkeltjie iets,” het hy vir homself gesê. “Ek hoop dit sal nie te klein wees nie. Daardie brode was so groot.”

Hy het die winkeltjie binnegegaan en begin rondkyk. Sal hy een van daardie suiglekkers koop? Nee, dit sal nie geskik wees nie. Hy het nog vir 'n rukkie gestaan en rondkyk.

O, daar is iets.

“Gebreekte beskuitjies - een pennie per pakkie.”

Beskuitjies? Ja, hulle sal deug. Want hulle is mos gemaak van iets wat in die grond gekweek is, net soos daardie groot brode wat hy gesien het. En daardie kardoese waarin die beskuitjies is, is glad nie te klein nie.

Tommy het een van die kardoese gekoop, die winkel dadelik verlaat, en teruggestap na die sendingsaal.

Hy het nie die moed gehad om na die voordeur te gaan nie, maar hy het geweet dat daar 'n agterdeur is, as dit maar net oop was -

Dit was.

Hy het senuweeagtig gevoel, want hy was bang dat iemand hom sou sien. Maar daar het nog mense ingegaan, sommige ook by die agterdeur. Hy het toe sommer saam met hulle ingeglip en gestap na die preekstoel waar die goed orals opgestapel was.

Styf in sy warm, vuil handjie, het hy die kosbare kardoes vasgehou.

“Gou nou! voordat iemand jou sien,” het hy gedink.

En langs een van daardie groot brode  het hy die kardoes neergesit.

Nimand het hom gesien dit doen nie, want daar was te veel mense, en die ander wat reeds in hulle sitplekke was, was te besig om te gesels.

Tommy het vir hom daar ver 'n sitplek  gesoek, en niemand nie, nie eens daardie vriendelike dame wat met hom gepraat  het, het geweet hy is daar nie.

Na die diens is hy terug na sy troostelose ou huisie, maar in sy hart het hy buitengewoon gelukkig gevoel. Ek is seker dat daar ook blydskap in die hemel was toe die engele kom vertel  het van sy mooi daad van opoffering. Daardie kardoes gebreekte beskuitjies is natuurlik daar gevind. Iemand het dit later ontdek by die groot brood en daar het trane gekom in die oë van daardie persoon waar hy gedink het aan die edele kinderliefde wat aanleiding gegee het tot die daad.

Hy het my later vertel dat hy gedink het dat dit die beste van al daardie gifte was.

Ek dink ook so, en julle?

Ook het dit my laat dink aan 'n storie wat Jesus vertel het van die arm weduwee wat eendag na die tempel gegaan en gesien het hoe die mense hulle offergawes gee, en toe ook haar twee geldstukkies in die skatkis gegooi het - die waarde daavan was omtrent een oortjie.

Toe het Jesus aan sy dissipels gesê: “Voorwaar Ek se vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het. Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi; maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het.” Mark. 12:43-44.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 11 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Onder die Waterval

Was julle al ooit by die Niagara-waterval? So nie, is ek seker dat julle eendag sal wil gaan kyk, nie waar nie?

Daardie waterval is een van die natuurwonders van diewêreld, en niemand kan na die magtige watermassa wat so oor die afgrond stort, kyk, sonder om ontroer te word deur die verruklike grootsheid van die skouspel nie.

Maar die meeste mense wat hierdie natuurtoneel besoek, sien dit gewoonlik nooit in die grootsheid daarvan nie. Om dit te kan sien, moet ‘n mens heeltemal onder die waterval gaan staan sodat die water bo-oor jou verbystort.

Onder die waterval?

Ja, want niemand het 'n tonnel deur die soliede rots gekap sodat besoekers, nadat hulle met 'n hyser na benede gegaan het, onder die bruisende watermassa kan staan.

Word 'n mens nat?

Ja, natuurlik, en jy moet vir die okkasie aantrek; maar jy kan die mondering wat jy nodig het daar huur, en hoe snaaks lyk 'n mens daarin! In die prent op bladsy 174 kan julle mense sien met die waterproef-mondering aan. Hulle lyk amper soos kabouters uit 'n towerland, lyk hulle nie?

En dit lyk soos 'n towerland daaronder, want alles is so vreemd en wonderlik.

Kom saam met my, en besigtig die wondertoneel. Is dit nie 'n magtige skouspel nie? Daar skyn geen einde te wees aan die magtige watervloed waar dit donderend oor jou stort, en jou van kop tot tone natmaak nie. Water - daar is oseane en oseane daarvan - verander in kokende wit bruiswater soos dit neerstort onderweg na die see.

As 'n mens reg na bo kyk, kan jy die blou lug sien, en skielik word die liefde van Jesus vir jou duideliker. Sy liefde is net soos hierdie magtige watermassa wat ons feitelik heeltemal omhul.

Die Bybel leer ons dat daar geen perke aan Sy liefde is nie, en dat Hy ons 'volkome red’. (Heb. 7:25)

Dit is ewig, want Hy het lief 'tot die einde toe.’ (Joh. 13:1)

Sy liefde is sonder maat, 'Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.’ Ps. 103:11.

Soos die magtige Niagara-waterval, vloei dit rondom ons en vertroos en besiel ons, en voorsien in al ons behoeftes 'na sy rykdom in heerlikehid. ’ (Filip. 4:19)

Dit laat my dink aan daardie mooi lied wat ons so dikwels sing:

“Diep en wyd en heerlikSoos die blou omhoog,Magtig, onoorwinklikSpan Sy liefdeboog.”

Het julle ondervind dat Sy liefde so is - soos 'n oseaan van goedheid en vriendelikheid en genade wat sommer bo-oor stroom?

Elkeen van ons kan daardie liefde ondervind as ons wil.

Staan net onder die waterval en kyk na bo.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 13 weeks ago

Melkbos Sprinkaan (Common Milkweed Locust)

Gister het ons die 3km staproete gaan uit toets! Daar is ook ‘n langer een. Is jy lief vir stap? Het jy 'n behoefte aan 'n skoon en veilige roete weg van die stad se geraas? Kyk nie verder as na Kleinfontein Kultuurdorp se verskillende staproetes nie. Enkel of in groepsverband, ons help jou graag!

En wie kry ons? Phymateaus morbillosus

Phyma is Grieks vir swelling, ook uitgroeisels selfs op die gesig en ore, en morbus is afkomstig van die Latyns vir siekte / illness.

Hierdie is een van ons giftige sprinkane, nie omdat dit byt of steek nie, maar omdat dit gifstowwe stoor in die liggaam van die giftige plante wat dit vreet, soos die melkbos Asclepias fruticosus .

Die gif word uitgeskei in die vorm van ‘n wit skuim. Laasgenoemde laat die insekte nie net sleg smaak nie, dit kan ook giftig wees vir enige predatore wat dit inneem / verteer.

Hulle is redelik groot insekte en breik lengtes van tot 72mm. Daar is rede om te glo dat hul in ‘n verskeidenheid van kleure en subspesies voorkom. Die kleure is gewoonlik aposomaties, oftewel gevaar kleure wat hul vertoon.

Dit help dat predatore onthou dat hierdie sprinkane sleg of gevaarlik is, en hul heeltemal uitlos. Hierdie die sprinkane het perfekte gevormde vlerke, maar is nie instaat om te vlieg nie, want hulle het ook nie nodig om te vlieg nie.

image
Posted 23 weeks ago
Posted 35 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Terug van die Strand

Nellie en Frankie was onderweg na die strand. Hoe gelukkig was hulle nie! Daar was niks waarvan hulle so baie gehou het as om op die sand te speel, of in die vlak water te loop nie.

“Ek wil julle darem net aan een ding herinner,” het Pappie gesê toe hy daar stilhou. “Onthou dat hulle albei nuwe skoene aanhet. Trek julle skoene uit sodra julle by die strand is, en sorg dat hulle nie verloor nie.”

“Ja Pappie,” het hulle albei gesê “ons sal.” Maar hulle het nie eintlik gedink wat hulle gesê het nie, want in hulle verbeelding het hulle al in die water rondgestap.  

Toe die motor stilhou, het die twee opgewonde kinders uitgespring, en reguit na die water gehardloop. Skielik het Nellie haar skoene onthou; sy het hulle uitgetrek en gesit waar sy seker was dat sy hulle weer sou vind. Maar Frankie was so gretig om by die see te kom dat hy byna met skoene en al in die water in is. Hy het sommer sy skoene daar uitgeskop, hulle laat lê net waar hulle geval het, en hy is die water in. Hoe heerlik het hulle daar gespeel!

Toe hulle moeg gespeel was in die water, het hulle sandkastele gebou, reisies gehardloop, en toe weer in die water geloop. Hulle was so besig dat hulle nooit die keer van die gety opgemerk het nie, en die water het al hoër en hoër gestyg tot by die plek waar Frankie se skoene lê.

Eindelik, te gou soos hulle gereken het, het Pappie vir hulle geskreeu om terug te kom. “Dit is tyd om huis toe te gaan: kom jou julle twee.”

Toe was daar ‘n gesoek na skoene. Nellie het hare gekry, want sy het hulle op 'n veilige plek gelaat. Maar Frankie se skoene was nêrens te sien nie. Hy was nie eens meer seker van die plek waar hy hulle gelaat het nie, want dit was nou alles toe onder die water!

Hulle het gesoek en gesoek, maar tevergeefs. Daar was geen skoene nie. Pappie het gesê dat Frankie baie agtelosig was, en dat hy kaalvoet sal moet huis toe gaan. Maar Nellie het gesê dat sy nog 'n paar slippers in die motor het, en dat Frankie hulle solank kan aantrek.

So is hulle dan huis toe; Nellie met haar nuwe skoene aan, en Frankie met Nellie se ou slippers. Frankie het glad nie daarvan gehou om meisie-skoene te dra nie; hy wou sy skoene hê. Ook Pappie en Mammie was ontevrede, want hulle sou weer 'n nuwe paar skoene moes koop. “Miskien kan ons weer gaan soek,” het Pappie gesê.

“Dit sal nie help nie,” het Moeder gesê. “Die skoene sal by die tyd al diep in die see wees.”

“Wel, ons kan darem maar gaan kyk,” het Pappie gesê, “Dit sal in elk geval geen kwaad doen nie.”

Die volgende oggend is hulle almal weer na die see toe om na Frankie se skoene te soek. Maar, vreemd genoeg, was dit hierdie keer Pappie en Mammie wat uit die motor geklim het; Nellie en Frankie het bly sit. Hulle het gesê dat hulle 'n rukkie wou wag, maar het nie gesê waarom nie. Dit was vir Pappie en Mammie snaaks, en hulle het toe maar alleen gaan soek.

Daar, alleen in die motor, het Nellie en Frankie by die agterste sitplek neergekniel en begin bid. Nellie was maar nege jaar, en Frankie net sewe jaar oud. Maar hulle het geglo dat Jesus kinders liefhet en hulle graag help wanneer hulle in die moeilikheid is. Hulle het gebid dat Frankie se skoene gevind mag word! Ses maal het hulle dieselfde gebedjie oor en oor gebid.

Toe het hulle Pappie en Mammie vinnig sien terugkom na die motor toe. Hulle was baie blymoedig en opgeruimd.

“Kyk!” het Nellie uitgeroep. “Kyk wat dra Pappie daar!”

“My skoene! My Skoene! het Frankie uitgeroep. Ja, hulle het die skoene gevind, en onbeskadig ook. Pappie het hulle gevind nie ver van waar die motor stilgehou het nie. Waarom hy hulle juis daar gevind het, kon niemand sê nie, maar almal was dankbaar, veral Nellie en Frankie, wat toe vertel het wat hulle gedoen het terwyl Pappie en Mammie na die skoene gaan soek het.

Dit is so 'n kleinigheid om oor te bid, sê julle. Ek weet. Dit was maar net 'n paar skoentjies! Maar waarom nie? Jesus stel belang in al die klein dingetjies van ons lewe. Het Hy dan nie van die mossies gesê, "Nie een van hulle is voor God vergeet nie?” Ja, Hy het, en Hy het verder gesê, “Julle is meer werd as baie mossies.” Kukas 12: 6,7.

Ons moet dus nie versuim om oor klein dingetjies sowel as groot dinge te bid nie. Nie een van ons gebede - nie 'n enkele een nie - word deur God vergeet nie.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 35 weeks ago

Afrikaanse Spotprent vir die Dag

  © Zapiro Daily Maverick 1/8/2019 #Zapiro

Posted 35 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Die Inbreker

Muriel het van die skool af gehardloop gekom.

“O Moeder,” het sy uitgeroep, “hoor net hier; al die meisies in my klas gaan na Jenny se partytjie aanstaande Donderdagaand.

"Gaan hulle?” het Moeder gesê, en sy het hard geprobeer om belangstelling te toon, want sy was baie moeg. “Dit sal baie lekker wees.”

“Maar dis nie al nie,” het Muriel gesê; “byna almal van hulle het my vertel dat hulle die pragtigste nuwe rokke gaan he - rokke van die mooiste goed.”

“Dan voel hulle seker baie bly,” het Moeder gesê. “Ja,  maar wat van my? Ek kan tog nie in my ou rok gaan nie.”

“Jou rok is nie so oud nie,” het Moeder gesê. “Jy het dit dan nou die dag op jou verjaarsdag gekry. Hoe dit ook al sy, ek sien glad nie hoe ek ‘n nuwe rok teen Donderdag kan klaarmaak nie.”

Muriel het glad nie die moee trek op Moeder se gesig gesien by die gedagte aan nog 'n rok maak nie. “Moeder!” het sy uitgeroep, “Moeder wil tog nie sê dat ek nie 'n nuwe rok vir Donderdag kan hê nie? Ek moet dit eenvoudig he! Ek kan nie dink om na Jenny se party te gaan daarsonder nie. Wat sal hulle van  my dink? Al die ander meisies sal nuwe rokke hê, en daar sal ek wees in daardie ou katoenrokkie! Ek moet eenvoudig 'n nuwe rok hê.”

Daardie uitdrukking van blye verwagting wat op Muriel se gelaat was toe sy die eetkamer ingehardloop  gekom het van die skool af, het nou plek gemaak vir 'n vreeslike vies uitrdukking. Hoe meer sy aan die sogenaamde onreg gedink het, hoe leliker het die uitdrukking op haar gesig geword. Geleidelik het sy toegee aan n baie slegte bui.

Sy het begin huil, met haar voet op die vloer gestamp en gesê, “Ek wil 'n nuwe rok hê!”

“Maar, kyk nou,” het Moeder gese. “Dis mos glad nie mooi vir 'n meisie om so tekere te gaan nie. Wat sou Jenny daarvan sê as sy jou nou kon sien?”

“Ek gee nie om wie my sien nie,” het Muriel in trane gegil.

“Kyk hier, Muriel”, het Moeder gesê. “Jy maak glad nie mooi nie. Jy is seker baie moeg. Gaan ddadelik na jou kamer. Ek sal jou ete later bring.”

Muriel het die vertrek woedend verlaat, en sy is die trap op na haar kamer toe. Later het Moeder haar aandete gebring. Sy het nie veel gesê nie, en sy het net lank genoeg vertoef om klein Jimmie in die bed te sit. Jimmie het hom aan die hele affêre nie gesteur nie, maar dit was darem vir hom snaaks dat Muriel so vroeg gaan slaap het.

'n Hele paar uur het verby gegaan. Muriel het probeer slaap, maar sy kon nie. Haar gewete het haar wakker gehou. Sy het geweet dat sy baie jammer behoort te wees oor haar gedrag, maar iets het haar teruggehou om dit te herken.  Sy het rondgerol in haar bed, en nog 'n uur het verbygegaan, en toe nog een. Eindelik het sy aan die slaap geraak.

Dit was vir haar of sy nog skaars aan die slaap was toe iets aan haar neus getrek het. Dit was Jimmie.

“Sus, Sus,” het hy gese, “Ek is bang. Mag ek by jou kom slaap?”

Muriel het regop gesit.

“Wat makeer, Jimmie?” het sy gesê, en die outjie opgetel langs haar.

“Het jy nie gehoor nie?” Die geraas daar onder!“

"Nee,” het Muriel gese. “Ek het geslaap. Wat se soort geraas was dit?”

“Iemand stap daar onder rond,” het Jimmie gese.

Muriel het geluister. Dit was 'n baie donker nag, en stil. 'n Koel luggie het deur die venster ingewaai. Die eetkamerhorlosie het twee-uur geslaan.

“Dis al twee-uur,” het Muriel gese. “Niemand kan nou nog daar onder wakker wees nie.”

“Maar daar is iemand daar onder, ek het hom netnou gehoor,” het Jimmie gese.

“Jy moes dit ook gehoor het.”

Skielik het Muriel se hart begin bons, en sy het sommer baie bang geword. Sy was nou seker dat sy ook iemand hoor loop het.

“Het jy gehoor,” het Jimmy gevra.

“Ja,” het Muriel gesê. “Ek wonder-”

“Dink jy dis 'n inbreker?” het Jimmie fluisterend gevra.

“Dit kan wees,” het Muriel gesê, en nou was sy regtig baie bang.

“Wat sal ons doen?” het Jimmie gevra. “Dink jy hy sal ons seermaak?”

Muriel het nie geweet wat om te sê nie. Sy wou eers haar kop toetrek. Toe het sy onthou hoe sy eendag aan die meisies by die skool gesê het was sy sou doen as sy ooit 'n inbreker teekom. Sy het 'n oomblik gedink.

“Daar is dit weer!” het Jimmie bang gefluister, en sy sussie begin vasklem.

“Jimmie,” het Muriel gese, “weet jy wat, ek sou baie graag wou sien hoe 'n inbreker lyk, net eenmaal, sodat ek die meisies by die skool kan vertel.”

“Ek wil nie een sien nie,” het Jimmie gese.

“Sal jy saam met my kom as ek onder toe gaan?” het Muriel gevra. “Ek sal na jou kyk.”

Jimmie het gehuiwer, maar hy het darem saam gegaan. Hulle het uit die bed geklim, en is op hulle tone na die deur, en het dit oopgemaak.

Die skarniere het so geraas dat hulle amper weer terug bed toe is. Maar hulle het mekaar se hande styf vasgehou, en stilletjies na die trap gegaan.

Hulle het so 'n rukkie gewag, en toe is hulle verder.

K-r-a-a-k! het een van die trappe weer gegaan. Weer het hulle gewag. Toe is hulle verder. Kraak! Kraak! het die trappe geraas.

“Hy sal ons hoor,” het Jimmie gewaarsku, “Laat ons teruggaan.”

“Wag maar 'n bietjie,” het Muriel gefluister, en sy hand 'n druk gegee. “Ons is amper daar. Kyk daar is lig in die eetkamer. Ek moet sien hoe 'n inbreker lyk, want ek mag nooit weer die kans kry nie.”

“Maar sal hy ons nie seermaak nie?” het Jimmie gevra.

“Ons sal vinnig weghardloop,” het Muriel gesê.

Hulle was nou onder in die gang.

Stilletjies het hulle na die deur gesluip. Dit was op 'n skrefie oop. Muriel het dit nog so 'n klein endjie oopgestoot. Toe weer 'n bietjie, en toe nog 'n bietjie. So is die deur al wyer en wyer oopgestoot todat Muriel gemeen het dat sy nou sou kon inloer.

Jimmie het haar hand baie styf vasgehou terwyl sy ingeloer het.

“Muriel! het 'n stem uitgeroep, en 'n skêr het grond toe getuimel.

"Moeder!” het Muriel uitgeroep.

Hulle het na mekaar gekyk.

“Moeder! Wat doen Moeder hierdie tyd van die nag hier? Dit is al amper half-drie, en Moeder lyk so moeg.

"Ek maak sommer 'n rok,” het Moeder gesê.

“Tog nie my rok nie”, het Muriel uitgeroep. “O, dit is! Moeder moes dit nie gedoen het nie. Ek verdien dit nie. Moeder moes nie so laat wakkergebly het nie. en Moeder is so moeg!”

Sy het haar Moeder omhels. “Ek is so jammer,” en toe het sy begin huil.

“Toe maar, toe maar,’ het Moeder gesê. "Die rok is bykans klaar. Kom laat ons nou almal gaan slaap. Maar wat doen Jimmie hier?”

“Muriel het gesê dat ek 'n inbreker sou sien as ek saam met haar kom, en nou is daar nie een nie,” het Jimmie teleurgestel gesê.

“Ek is jammer,” het Muriel gesê, toe hulle saam boontoe is, “maar Mammie is tog seker baie beter as 'n inbreker, is sy nie?”

Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

Posted 35 weeks ago

Wie is ek? #trotsAfrikaner Blog

Ken jy my, Afrika?

My moed plant ʼn 1652-kruis, aan die suidpunt van Afrika
en my bloed vloei Bartholomeüsnagstrepe oor die oseaan
Ek wuif die Pruise vaarwel, te voet na Amsterdam, en te skip na die Suide soos die nuwe horisonne my roep
en my Germaanse trots die Krugers en Kriges en Kleynhanse word dit wat met Duitse durf die aarde oopkloof om hoop en lewe te bring

Vanaf die kroon se eilande kom ek Iers, en Skots, en Engels hieraan, om vir sy majesteit, en later haar majesteit, se ryk die son nooit te laat ondergaan

Maar hierdie hartsland verdeel my lojaliteite en ek kies my eie bo die nou vreemde
Ek trek

Ek trek deur Vegkop en Blaauwkrans en Weenen en staan vas voor die oormag tot die rivier bloei.

Ek trek
Ek trek tussen wit tente en kruise deur tot in my eie republieke en my eie vlae en my eie lied

En ek sing
ek sing in my eie woorde oor my eie vryheid en my eie toekoms
En ek bou en plant en groei

En my Gelofte word versoeningsbloed wat plaasmoordstrepe oor mielielande, en wingerde en velde vloei
Tot vryheidshorisonne weer roep.

Ek is Afrikaner
Ek ken jou Afrika, maar ken jy my?
Ek is Afrikaner, en as trek lê my spore diep
Ek is Afrikaner, en my spore word nie somaar deur winde van verandering uitgewis nie
Ek is Afrikaner
Ken jy my, Afrika? Want ek…ek ken jou.

Geleen van Orania Blog

#share

Posted 37 weeks ago

Showing Tag: "afrikaanse gedig" (Show all posts)

Ken jy my, Afrika?

Posted by Paul Joubert on Monday, January 8, 2018, In : Afrikaans: Gedigte 

Ken jy my, Afrika?

My moed plant ʼn 1652-kruis, aan die suidpunt van Afrika
en my bloed vloei Bartholomeüsnagstrepe oor die oseaan
Ek wuif die Pruise vaarwel, te voet na Amsterdam, en te skip na die Suide soos die nuwe horisonne my roep
en my Germaanse trots die Krugers en Kriges en Kleynhanse word dit wat met Duitse durf die aarde oopkloof om hoop en lewe te bring

Vanaf die kroon se eilande kom ek Iers, en Skots, en Engels hieraan, om vir sy majesteit, en later haar majesteit, se ryk...

Continue reading ...
 
Lykshuisland - Pieter F. Bruwer

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 9, 2017, In : Afrikaans: Gedigte 

Lykshuisland

Ons land is nou 'n groot lykshuis
waar almeer voormalige mense
oraloor in plasse bloed rondlê
met hul dooie monde steeds oop,
asof hul elkeen nog tevergeefs
'n laaste woord probeer te sê.

Maar die laaste woord’s gespreek
op familieplase en kleinhoewes,
langs hoofpaaie en in hospitale
word hul deur die dood gekaap,
slim soos die houtjie van die galg
dra hul menings nou g'n waarde.

Hul word soos baggasie afgevoer
en net soos karkasse in 'n slagpale
word elke kadawer dan ge-e...

Continue reading ...
 
Afbreker

Posted by Paul Joubert on Monday, May 1, 2017, In : Afrikaans: Gedigte 

Afbreker, jy bokspring en huppel soos 'n held,
maar stadig verdrink jy in jou eie geweld...
Jy gaan tekere met knopkierie, knuppel en klip
en laat die land se trane aanhoudend drup...

Jy maak dit duidelik, "Hierdie is mý land!",
maar breek dit dan af en steek dit aan die brand!
Tussen al die vlamme en borrellende rook,
word jou toekoms gesluit...met betogings bestook...

Jy toyi-toyi en baklei met bitter en bloed;
jou geplunder maak die paradys kapoet...
In 'n bloeiende land is jou dade barbaars
en 'n g...

Continue reading ...
 
Nerens om te skuil

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 22, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Nêrens om te skuil

Ons word gejag, ons is kroonwild,
nie meer met assegaai en skild,
maar outomatiese geweer
trek hul ons mense oral neer-
soos wit renosters ‘s ons gewild.

Hul impies kom, bekruip ons stil,
met harte wreed en koud en kil,
berekend pleeg hul dan geweld
en jaag ons snags deur dorp en veld-
om daar ons lewens af te skil.

Ons hardloop hard, ons asem jaag 
kruip weg en hou ons kop omlaag,
moet somtyds selfs ook luiperdkruip
as ons hoor hoe hul nadersluip-
kom stel vir ons 'n hinderlaag.

Soos t...

Continue reading ...
 
Klop-Klop

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 13, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Ek klop-klop,
die deur kraak oop...
My hart wil liewers wag,
maar my voete begin loop.

Ek weet hier binne,
wag U net vir my.
Die eerste keer wat my oë
U gesiene gaan kry.

Liefde hang soos dik mis
oral in die lug,
hoe nader ek aan U tree
hoe verder probeer my vrese vlug.

En daar net daar sien ek
my Liefde, my Jesus staan.
Hier binne voel dit of my hart wil losbreek
en self na Hom toe gaan.

Voor ek nog kon dink
aan wat om te sê vir my Heer.
Begin ek my sondes bely
en kan dit nie keer.

"Her...

Continue reading ...
 
Nagte gelede

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 26, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 
Nagte gelede
het ek die middernagstem gemis
die een wat my innerself
aanspreek in eerbied
as die ghongslae roep
my knieë moet buig
het ek snakkend net
my hart oopgeskroef
en ingenooi
want ek moes praat
in n fetusposisie
met net my hande gevou
en geluister na Sy stem
wat troostend vul
soos ek aanvaar
dit was Sy wil

© Heleen Malherbe

Continue reading ...
 
Geroepe uit 'n Put

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 11, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Die Allerhoogste het geroep,
my gees het geantwoord: Amen!
My volk se kreet het die hemel bereik
en ’n hart het “ja” met als gesê.
My gesin die spieëling
op die brandend horison,
my kinders is slegs drome van môre
want my offers
is die stille mis
wat oor Boereland
se skemergloed verrys.
My jare tel af
in honing van snoodaards
met boeie as metgesel
en mure as folteraar.

Maar my voete het U pad nie vergeet
nóg my hande hul taak,
daarom, Troue Trooster
sal hierdie Koningskind
U roeping...

Continue reading ...
 
Die Moeder

Posted by Paul Joubert on Friday, May 20, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Die vreemde oorsprong van jou lewe het
Soos lig deur ‘n Kristal deur my gevloei
In al die maande toe ek één was met
Die stil geheim van jou verborge groei.

En nou kan niks ons skei-want is jy nie
Afhanklik en gebonde aan my bloed
Wat met sy onbegryplike chemie
Jou wonderlik gevorm het en voed?

En of dié uur ver en vergete word,
En of die jare tussen jou en my
Hul seile span, die see sy golwe stort,
Of selfs die Dood sy somber baken steek,
Nogtans sal jy aan my gebonde bly
Met die onsigb...

Continue reading ...
 
Generaal De Wet

Posted by Paul Joubert on Tuesday, May 17, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Stil, broers,
daar gaan 'n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar's nog maar één soos hy;
bekyk hom goed.

Die oog,
nou dof en weggesink,
soos vuurvonk kon hy blink -
die arendsblik,
die kakie- en renegateskrik.
Die stap en kraggebaar
is nou bedaar.
Is dit jul leier nog, per' ruiterskaar?

Gewis!
en soos hy ons s'n was
en is.

Al is die oog verswak,
hy kyk nog fier omhoog
in jou
soos in sy God se oog.
Al stap hy kromgeknak
en afdraans af,
al klop die hart al flou:
soos altyd is nog nou
elk ...

Continue reading ...
 
Samaritaan

Posted by Paul Joubert on Monday, May 16, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Val-val strompel sy voort
Bloed van gister
Sypel skaamteloos
En bevlek haar hede
Sodat haar môre
Onmoontlik ver dryf

Sy klop aan hartsdeure
Wat met slot en grendel
Dig en sekuur, toe is
‘n sleutel nie vir haar beskore
En met wingerdvingers
Vroetel sy lastig aan ons wese

Sy fluister in dowe ore
Sy vertel van haar as en haar lot
Haar woorde word gretig weggedra
Deur lastige koorsblaar agies
En haar kraakstemmetjie
Word met ons handgebare gestil

Ek dink aan Lukas
En sy leringe oor barmhartig...

Continue reading ...
 
Afskeid

Posted by Paul Joubert on Saturday, May 14, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 
Die uurglas het reeds leeg geloop.
die populierboom is gestroop
van elke goue blaar
En ons, ons staan beteuterd rond
en tuur half skuinsweg op die grond -
soos vreemdes vir mekaar.

Ek weet jy wil nog met my praat,
maar onder in die donker straat
hoor ek die motor toet.
En vir die derde, vierde keer
sit ek my loodswaar koffer neer
om jou verlaas te groet.

© Koos du Plessis

Continue reading ...
 
Môre sal die son weer skyn

Posted by Paul Joubert on Friday, May 13, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 
Onthou jy ons geheime plek
in die bloekombos -
ure se swem in die plaasdam
en myle op ou Poon se rug?

ons kon skree van die lag
en ons soveel dinge verbeel -
soos ek
het ook jy
die seer weggespeel

elke namiddag
tussen roesrooi koringlande en jou hart
wou jy die Vrystaatse vlaktes oprol
en oor jou skouer gooi
want die son

het soos ʼn uurglas uitgeloop -
laaste lig bankrot verklaar
en uitverkoop

en wat bly oor
het jou oë dan gevra -
net seerkry?

nee, my lam,
tussen die dorings
groei ʼn soe...

Continue reading ...
 
Verspeelde Lente

Posted by Paul Joubert on Thursday, May 12, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Tralies hang om my persoon
as sigbare slawemerk
en boei my lente,
wurg my somer
sodat my kosmosvelde
as doodskus geen spruit bied
waar die somerswaeltjie
haar nessie in wil bou.

Stilte onvou my grys harige sak,
‘n eensaam siel
wat net ‘n stem wil hoor,
net ‘n laggie wil tas.
Maar die middernag omring ‘n lood gemoed
in sterrelose beton
waar geluk deur lemmetjiesdraad
weggeskeur is van vanaand
en deur wrede realiteit van my geskei.

Smeekgebed is my daaglikse brood
en die l...

Continue reading ...
 
Ma

Posted by Paul Joubert on Saturday, March 19, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Ma, ek skryf vir jou 'n gedig
sonder fênsie leesekens
sonder woorde wat rym
sonder bywoorde
net sommer
'n kaalvoet gedig -

want jy maak my groot
in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oë
en spits woorde
jy draai jou leiklipkop
jy lag en breek my tente op
maar jy offer my elke aand
vir jou Here God.
jou moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis my enigste bybel
jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer ma
dat ek nie is
wat ek graag vir jou wil wees nie.

© Antjie Krog

Continue reading ...
 
Vanaand

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 15, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 
Vanaand
In die holte van die nag
Is my psalm oopgele
Teen die Heem'le oor want
Die Here is my herder

Al draai my voete verkeerdom
Hy lei my na, waar ek deur
Dorings verniel is
Na die koelte van Sy pad
Waar ek kan rus
Ongestoord
Wat lank reeds die pad
Vooruitgeloop het
Die tafel gedek
Met troos en krag
Kan ek eet soveel ek mag
Die wat my nie liefhet
Is reeds vergewe
Want my bewaker
Loop saam my klippe-pad
En met my tuiskoms
Sal ek weet
My pad geloop ...
Dit... was goed
Amen

© Heleen Malherbe

Continue reading ...
 
Egipte van ons liefde

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 15, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Ek het gaan soek
na die sleutel van geluk
waar die son elke aand sterf
aan die wesoewer van die Nyl

ek het vertoef by die voet
van die groot Sfinks van Giza
en gevlug oor verlatenheid
van windverwaaide duine

ek wou hiërogliewe ontsyfer
teen tempelmure
piramides se verborgenheid
ontbloot in die son

ek het met kamele tot aan die einder
van die woestyn gereis -
maar die Rooisee se water het een gebly
en die Rosettasteen se loodgrys glans
het slepend deur die tyd vergly.

© C. Potgieter

Continue reading ...
 
Gee My

Posted by Paul Joubert on Monday, March 14, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 
Gee my net 'n bietjie lag
en net 'n bietjie vreugde
Bietjie liefde op my lewenspad
dat ek kan lewe vir 'n rede
Gee my 'n kers in die duister
en 'n oor wat sal luister
'n Glas wyn saam met my geliefde
en 'n kaggelvuur
'n bietjie begrip vir my hart se seerste uur
Gee my 'n hand om vas te hou
Gee my 'n oomblik wat ek altyd sal outhou
Gee my 'n slukkie kondensmelk net so uit die blikkie
en 'n southappie waaraan ek nie sal verstik nie
Gee my 'n vinger wat my ring sal dra
en 'n hart wat sal luist...

Continue reading ...
 
Gebed

Posted by Paul Joubert on Friday, March 11, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

As ek kniel voor die Heer,
En vir die Here sê: “Ek het so seer!
O Heer U weet, ek kan net nie meer.”
Dan hoor ek hoe sê die liewe Heer:
“Kom sit hier by my, bring jou seer,
Kom sit jou las en pyn by my voete neer.”

As ek vandag by die Here kla,
Sal ek sê: “Ek is so jammer om te pla!
Maar die las word te swaar om te dra.”
Dan sê die liewe Heer: “jy mag maar kla.
Jy mag maar aanhou om vir my te vra!
Ek sal jou wel die krag gee om jou kruis te dra.”

En as ek vanaand my hart l...

Continue reading ...
 
Waar lê jou kyk

Posted by Paul Joubert on Wednesday, March 2, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 
Waar lê jou kyk
as oë deur ranke
van seer saam met
die bleekgeskuurde maan
op reis gaan tot
waar woorde uit
papier geskeur moet word
sodat die skerpgemaakte asem van die
nagwolke se
geluidlose vlug
deur jou hart kan gaan?
Waar lê jou kyk vanaand

© Heleen Malherbe

Continue reading ...
 
La belle dame sans merci

Posted by Paul Joubert on Wednesday, January 13, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Die golwing van die lig wat daal
Op goue koringare,
Is glansloos by die gloed wat straal,
Madonna, van jou hare.

Die diepe see het ek aanskou,
Met wonder opgetoë,
Maar nog geheimnisvoller blou,
Madonna, in jou oë.

Ek het die roos met vuur sien gloei
In tuine van verlange,
Maar teerder blos het ek sien bloei,
Madonna, op jou wange.

Koud is die Winterberg se top,
Met nooit ’n lentebloesem,
Maar kouer nog die hart wat klop,
Madonna, in jou boesem!

© A.G. Visser

Continue reading ...
 
Amandelboom, O Lentebruid

Posted by Paul Joubert on Tuesday, January 12, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Amandelboom, O Lentebruid,
hoe spierwit bars die blomme uit,
die takke weeg nou, vlok op vlok
met haelwit sterre toekapok!

Nog al die ander bome wag
op stil invloeiing van die krag,
wat uit die grond se donker hart
beur na die takke, kaal en swart.

En in die dooi omgewing kleur
jy rein en wit; jou blommegeur
hang soet oor dor, vermufte bas,
uit tye toe daar winter was.

Jy is die eerste, in lentetyd,
wat wit uitstort jou vrugbaarheid,
en laaste van die bomesee
wat dan jou harde vruggie gee.

En...

Continue reading ...
 
Die nag van 'n Openbaring

Posted by Paul Joubert on Sunday, January 10, 2016,
Die nag n openbaring
n stem wat deur
my gaan
die fluister van
die sterre
die roep van
die maan
en deur die stilword
van die betonoerwoud
is jy die laaste
wat my denke vul
die sagvat van jou hande
jou troetel-oë wat blink
onthou jy nog
die sterre
wat winkend
nader kom
en deur die stil roesmoes het
jou naam weerklink
die nag n openbaring
die nagstem verflou
en deur die roesmoes van klanke...
ek het vergeet
van jo
u

© Heleen Malherbe

Continue reading ...
 
Salomo se soeke

Posted by Paul Joubert on Saturday, January 9, 2016, In : Afrikaans: Gedigte 

Ek stap deur newelboorde
in my pelgrimstog na sin,
in ‘n soek na ‘n verklarende lyn

waar die mens se maat begin

Ek vind die put van rykdom
wat nimmereindigend gee
maar ook siele swart met donkernag
se gryse weëmoed smee.

Ek pluk die vrug van kennis
die verheldering van oë
maar ontmoet die wyse kluisenaar
in allene droef getoë

Ek deel my beker met vriende
in die oorvloed van my jeug
maar eet alleen in teëspoed
met stoele oral leeg.

Berustend vind ek Stilfontein
waar vrede my omvou
in d...

Continue reading ...
 
Vergewe en vergeet

Posted by Paul Joubert on Tuesday, December 15, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Daar het 'n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlangs
'n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.
 
"Jy het mos doringsturikie
my anderdag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap.

Die ossewa verdwyn weer
agter 'n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.

Sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur. 

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor ...

Continue reading ...
 
Psalm 8

Posted by Paul Joubert on Saturday, December 12, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid –
of orals blink u Naam en majesteit.

U het, o Heer, wat troon oor alle dinge,
uit kindertaal en stem van suigelinge
u mag gegrond, sodat die mens moet swyg
wat, hoog van hart, uit wraakbegeerte dreig.

As ek, o Heer, u nagtelike hemel
daarbo aanskou, die tint- en glansgewemel;
hoe, deur U toeberei, die skugter maan
met stille gang oor sterrevelde gaan –

wat is die mens dan dat U hom g...

Continue reading ...
 
In jóú oë

Posted by Paul Joubert on Friday, December 11, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

In jóú oë,

Sien ek vrese in blink skynsel
van vandag se môres
jou kinder hart verstaan niks
van vuil water en stukkende klere

slaap op vlenters lappe
droë pap uitgegrawe
potte vol leeg en niks.
Soek jy net na liefde

geluk soos dit God behaag
lag en speel nou net dowwe kykers
soeke na tóg iets mooi.
Drank, geweld en onreg
jou verstandjie verstaan niks.
Vandag saai ek hoop
God sal jou toevou 
grootoog kind

in jou oë plant ek geluk 
mag goedheid jou vuil handjie
neem op paaie van geloof
jý is ons môre
In jo...

Continue reading ...
 
Die Oggendlig

Posted by Paul Joubert on Thursday, December 10, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Die oggendlig
breek die nag
se asem

draal deur my
vensters-vol-lig
rus op my hart se stilte
wat hande vou
miskien selfs bid
selfs die
spatsels woorde
staccato
tot die Een wat hoor
spaar die nag se asem
waarin ons so verloor

© Heleen Malherbe
Continue reading ...
 
'n Paternoster vir Suid-Afrika

Posted by Paul Joubert on Wednesday, December 9, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Here, laat die name geheilig word
van al die kinders van die land –

van hulle
wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
dassies skrikgemaak het in sy klowe,
wol getrap het in sy krale.

Ek het asemloos toegekyk:
swart bolywe geboë oor magtelose diere
en skerp skêre wat my laat wag het,
bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
Maar die swart versigtige hande
het selde dieper as die wit geknip
en ek kon die lootjies uitdeel
want die arbeider was sy loon waardig
volgens die aantal wat hy vrygemaak het
om...

Continue reading ...
 
Die Lied van 'n Koringboer

Posted by Paul Joubert on Tuesday, December 8, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Aan my moeder

“O sing my die lied, sing my die lied,
Die lied wat my hart so raak,
Van die Onderveld-boer en sy koringmiet
En die donder, wat kreun en kraak.”

“Vanmelewe het daar ’n boer gewoon,
Daar vér in die Onderveld,
Sy lande het altyd sy werk beloon
Met gerwe haas ongeteld.

Toe kom daar ’n grote droogte aan
En sy vee vrek hot en haar.
Die maande kom en die maande gaan,
Maar die reën bly vér van daar.

Dog skielik kom, op ’n somerdag,
’n Grote wolke-skaar.
Hulle lyk soos ’n seilende s...

Continue reading ...
 
Ek verlang

Posted by Paul Joubert on Monday, December 7, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Ek verlang
na die slip-slop klank
van die waters
sonder rus
die skuimsome

wat jou voete lek
die wasigheid

van soutdruppels
wat jou wange skroei

en die lag van die rotse wat jou uitjou
dis die amper-wees

van n saamgevoel
die inkrop van
n sielefees

wat selfs die arend
se vlug omkeer
as ons twee saam
n message in a bottle lees
is dit so bestem
of is die lewensroep

die ware een
wat kaarte deel
die een vir jou
en geen vir my
jy die klawer
niks vir my
wie kry die joker
die joker ja
ek verlang
na die slip-slop klank
wat gee vir ...

Continue reading ...
 
Sirkel van die lewe

Posted by Paul Joubert on Friday, December 4, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

SIRKEL VAN DIE LEWE:

Sirkel van die lewe - 
hoe kan jy dit begryp
dat op dieselfde dag
een mens dood gaan 
en ‘n ander een gebore word?

Op een dag is jou emosies 
deurmekaar – bly oor die nuwe lewe
maar hartseer oor die een 
wat nie meer lewe nie?
die lewe staan nie stil nie

Moet dit nie eintlik anders wees?
Hartseer oor die een gebore
En bly oor die een nie meer hier
Want die lewe is moeilik en onverstaanbaar
Somtyds plein onverklaarbaar

Ja in een dag kan jou emosies eskaleer - 
Tussen hartseer en blydsk...

Continue reading ...
 
Soms soek ek jou hart

Posted by Paul Joubert on Monday, November 30, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

soms, soek jou hart
net 'n wegsteekplekkie
waar jy kan inkruip
en saggies bly huil
omdat dinge teveel
vir jou geword het

soms, is jy mens sku,
eensaam, alleen, verwese,
wil met niemand praat nie
alleen brood breek
en bid tot God
baie vrae vra

soms, soek jy ompaaie
die steiler bergpas roetes
waar jy probeer herstel
aan die sterre raak
heeltyd jou Bybel
berustende vashou

want...

soms, wil jy nie praat nie

© ENRiCUS
Continue reading ...
 
Liefdevol soos net jy kan

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 26, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

soms, sommerso
rangskik jy alles
van groot na klein
boksies opgestapel
kruie flessies bymekaar
van links na regs alfabeties
etikette op plastiese houers
militêre presisie, lees soos
'n boek, netjies en skoon...
kyk ek na jou krulle
in jou hare wat 'n
haarkapster soek

soms, sommerso
sê ek gee vir my die pakwerk,
etikette en jou viltpen,
jou kortlys aankope...
wéét jy instinktief
ek voer iets innie mou
skimp en vis jy vir 'n vale....
sê ek oplaas ek't 'n afspraak
vir 'n full treatment by jou
haarkapster en 'n ...

Continue reading ...
 
Droogtepsalm

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 25, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Droogtepsalm

As die stof in swyend skadu’s
oor die Bosveldvlaktes sweef
en genadeloos die sin beroof
om in vagevuur te leef,
giet die son sy lekkend foltergloed
oor die korsgebakte kuil
waar geraamtes soos die sekelmaan
in wolklose nagte skuil.

Ja, dan staar die Boer
sienloos oor sy strompelende kudde
wat as velbedekte beendere
met moeite om môre bly veg,
want hy ken die stryd in hul smekende oë-
die verbryselde Bittereinders
wat onder kloue van stoppels gevrekte hoop
en met klewende dood wat aan hul dor...

Continue reading ...
 
La belle dame sans merci

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 24, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

La belle dame sans merci

Die golwing van die lig wat daal
Op goue koringare,
Is glansloos by die gloed wat straal,
Madonna, van jou hare.

Die diepe see het ek aanskou,
Met wonder opgetoë,
Maar nog geheimnisvoller blou,
Madonna, in jou oë.

Ek het die roos met vuur sien gloei
In tuine van verlange,
Maar teerder blos het ek sien bloei,
Madonna, op jou wange.

Koud is die Winterberg se top,
Met nooit ’n lentebloesem,
Maar kouer nog die hart wat klop,
Madonna, in jou boesem!

© A.G. Visser

Continue reading ...
 
Dis 'n nuwe week

Posted by Paul Joubert on Monday, November 23, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Dis n nuwe week
begin met 
n glimlag
n glimlag
uit dankbaarheid
vir al die mooi
wat die week
op jou pad
gaan kom

glimlag 
die week in
glo hoop
en vertrou
se elke oomblik
dankie dat God
jou styf in Sy
omgee arms hou
glimlag vir soveel
bodelose genade
en liefde vir jou

strooi die week
liefde orals
waar jy gaan
leef die week
as n omgee mens
gee die week
eerder as om te vra
prys eerder
as om te kla

doen elkedag
n goeie daad
dink voor jy
andwoord
dink voor jy praat
maak vir iemand
n droom waar
wees die week
net jouself

luister na jou ...

Continue reading ...
 
Tussen gister en vandag...

Posted by Paul Joubert on Friday, November 20, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

tussen gister
en vandag
sit ek vir jou
en wag
ek verlang
na jou
pragtige
lyfie sag

ek verlang
na jou
welrikende arom
na jou stem

ek verlang
na jou hande
wat aan my raak
na soet smaak
van jou lippies

ek verlang
na die kyk
in jou oe
ek verlang
na jou
as mens
na jou
as my liefdes
maat
ek verlang na jou
vroeg tot laat

© Splinters se Solo gedigte

Continue reading ...
 
Net met woorde

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 19, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Net met woorde
sal ek
jou gedagtes
ontvoer
net met woorde
sal ek
tot diep
in jou hart
kom loer

net met woorde
sal ek
jou leer
dat ware

liefde bestaan
net met woorde
sal ek
gisters laat
verdwyn
en liefde
se son
weer in jou
laat skyn

© Splinters se solo gedigte

Continue reading ...
 
Onuitputbare Genade

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 17, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Die Here
het jou 
stem gehoor
jy het nie nodig
om jou
verder te kwel nie
die Here gaan jou optel
en jou met nuwe
krag vul en jou genees

die Here 
het jou
stem gehoor
die Here gaan
jou wintertye
in die mooiste
somers verander
en jou ryklik seen
moenie 

jouself verder
kwel nie
die Here 
is by jou
met liefde
en onuitputbare
genade

© Splinters se solo gedigte

Continue reading ...
 
Quibus Videre Nolunt (aan dié wat nie wil sien nie)

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 12, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Quibus Videre Nolunt 
(aan dié wat nie wil sien nie)

Ek wag al lank
met voete op hierdie grond
dat jou oë oopgaan 
en jou stomheid uitreën

maar die wind rouklaag,
skeur sy klere
en lê hees gehuil 
waar ʼn hart wolkloos verweer

want jou klanklose konsent
deur my hele lewe
vaag en onbekend -
is deesdae algemeen

ek wonder:
as die klippe begin uitroep
of die kranse na vryheid skree,
sal jy steeds 

jou swye kan bewaar
en sal jou toekoms 
se blinde oog 
nog so bleekblou staar?

© C. Potgieter

...
Continue reading ...
 
'n Liefdesduet (geskryf in twee stemme)

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 11, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

'n Liefdesduet
(geskryf in twee stemme)

SY
jy is die kroon
van my skepping
as volkome vrou
want jy het méér
as net Atlantis en
Babilon in my oë
oopgesluit

HY
jy versinnebeeld
God se skeppings-
geskenk aan my
vir jou sal ek altyd
onbeskaamd, onbevange
liefhê, eer en altyd
op my hande dra

SY
ek's lief vir jou
sagste manier hoe
jy die vrou in my

ontwaak...
hoe jy dinge saam
met my doen in

oorgee-liefde

HY
jou respek en liefde
het vrou-wees in my
herdefinieër, heromskryf,
gefondament in geloof,
die ou-blaar onmiskenbaar
'n...

Continue reading ...
 
531. Boerius: Om te bly staan

Posted by Paul Joubert on Monday, November 9, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

531.Boerius: Om te bly staan

Plak ‘n stukkie sonskyn 
op die glimlag van my hart
as weerder van die onweersdae
se dreigend wanhoop smart.

Werk ‘n reënboog stewig vas
oor die skeure van my gees
dat ek selfs in stormweer vlae
steeds huppelkind kan wees.

Gom ‘n straaltjie van die maanskyn
teen die krake van my siel
om die trutsigheid se kiem te smoor
te heel ná seer-verniel.

En as my mirrevelde
Heel my wese dreig te smoor
Laat dit nooit U Gees se krag
As lewensbron verloor.

© Boerius

Continue reading ...
 
Generaal De Wet

Posted by Paul Joubert on Friday, November 6, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Generaal De Wet
Stil, broers,
daar gaan 'n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar's nog maar één soos hy;
bekyk hom goed.

Die oog,
nou dof en weggesink,
soos vuurvonk kon hy blink -
die arendsblik,
die kakie- en renegateskrik.
Die stap en kraggebaar
is nou bedaar.
Is dit jul leier nog, per' ruiterskaar?

Gewis!
en soos hy ons s'n was
en is.

Al is die oog verswak,
hy kyk nog fier omhoog
in jou
soos in sy God se oog.
Al stap hy kromgeknak
en afdraans af,
al klop die hart al flou:
soos altyd is nog nou
elk stap en ha...

Continue reading ...
 
Rondelle

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 5, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Rondelle
Die liewe lange dag
Het ek alleen geswoeg,
En met vermoeide krag
My akkertjie geploeg. Hul sê ek moet my voeg
Na wat ek het vannag.
Maar kyk, dis môre vroeg.
Die dagbreek kom en lag; Die haan kraai vergenoeg,
Daar's nuwe werk wat wag,
En ek is aaklig moeg.
Vandag se wêreld lyk so naar
Dat ek my liewers, eer ek sterf,
Wil aftrek van die grys gevaar
Wat dreig om alles fyn te kerf.
Ons het geteer tot op die werf; Daar's niks wat werd is om te spaar;
Daar's niks wat oorbly om te erf.
Hoever ek...

Continue reading ...
 
Om lief te hê

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 4, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Om lief te hê

Jy het die grendels ontsluit
die sleutel gedraai
ʼn kans gevat

my in die reën laat dans 
in maanlig gesoen
weer laat lag

jy’t my sonskyn geword
my jubellied
en lewenskrag

want liefde is ʼn keuse
het jy gesê
en ek kon my weeshart
sorgeloos
in jou arms lê

© C. Potgieter

Continue reading ...
 
Die Blinde se geloof

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 3, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Vir Suzanne Krige

Maria gaan na Betlehem.
Sy trek alleen deur die woestyn.
Die blink bronsson brand uit die blou,
die skadukolle krimp en kwyn.
Sy dra die kindjie, vas en sterk
– net haar hart, van jammerte, beef.
Hy is so fraai, so lief . . . asof
’n lente in sy oë leef.

Die kind vra toe om water waar
Maria uitrus langs die pad.
“Vra nie om water nie, my lief.
Vra nie om water nie, my skat.
Want die riviere is troebel of
hul beddings droog, vol stof en sand.
Die blinkwit klippies in die spruit
skitte...

Continue reading ...
 
Korreltjie Sand

Posted by Paul Joubert on Friday, October 30, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Korreltjie korreltjie sand 
klippie gerol in my hand 
klippie gesteek in my sak 
word korreltjie klein en plat 

Sonnetjie groot in die blou 
ek maak net 'n ogie van jou 
blink in my korreltjie klippie 
dit is genoeg vir die rukkie 
Kindjie wat skreeu uit die skoot 
niks in die wêreld is groot 
stilletjies lag nou en praat 
stilte in Doodloopstraat 

Wêreldjie rond en aardblou 
korreltjie maak ek van jou 
huisie met deur en twee skrefies 
tuintjie met blou madeliefies 

Pyltjie geveer in verskiet 
liefde verkl...

Continue reading ...
 
In my verloor

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 27, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

ek wil rooiwyn
uit een glas
saam met jou drink...
ek wil aarbeie
en room met my lippe
van joune af eet...
ek wil 'n bossie jasmyn
tussen jou ontblote
borste met my oë raam...

ek wil jou hande
in my vingers vervleg
elke kontoer af ets...
ek wil op die afdraai-
paadjies van jou naaktheid
kaal in jou bergpoele swem...
ek wil die maan en sterre
in die eindelose vlaktes
van jou sensualiteit...

in my verloor

© ENRiCUS

Continue reading ...
 
Lewenskeuses

Posted by Paul Joubert on Monday, October 26, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Met alle lewenskeuses
is daar voordeel en verlies,
daar’s heuwels
en daar’s dale
in elk afdraai wat jy kies.

By kruisings is geen opsie
om op meer as een te gaan
en die lewe laat die tyd nooit toe
om besluiteloos te staan
want “geen besluit”
is ook ‘n weg
wat na Visielose gaan – 
weens gebrek aan moed of insig
om ‘n nuwe weg te baan.

Al sou ‘n mens ook terug bly staar
en met wonde aan twyfel bly gryp
of met drome oor die ander weg
bly voortdryf in jou spyt – 

die afdraai paaie kom en gaan
en o...

Continue reading ...
 
Lotos - land

Posted by Paul Joubert on Saturday, October 24, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Lotos – land.
Opgedra met erkentlikheid aan Percival Gibbon.
“Let us swear an oath and keep it with an equal mind
In the hollow Lotus Land to live and lie reclined.” Tennyson
(1. Exodus)
Die osse stap aan deur die stowwe:
-Nie die osse van Jan F. Celliers,
Maar rooi Afrikaners en Mowwe
Van die voorste voortrekker, Naudé.

Die waens van Celliers was dit ook nie,
Want oom Neelsie se wa bly weer staan;
Praat nooit van sukkel en spook nie,
En daar voor kom die kaffers al aan.

Had Moses dit swaar met God...

Continue reading ...
 
Geroepe Volk

Posted by Paul Joubert on Thursday, October 22, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Klein Boerevolk in die breë land 
wat hier geloftesterk jou stand 
teen stede van die wêreld staan, 
jy sal nie buk of ondergaan; 
veel smart, veel sterwe en verdriet 
het jou geroepenheid graniet 
tot Ararat van Afrika, 
Arkvesting wat Sy Volksdroom dra.
God is die Land waarop ons leun, 
God die Gestalte waarop ons steun.

Klein Witvolk in dié woeste land
wat teen die nagswart, Noorde wand; 
ras wat met tentwaens van geloof 
die kontinent se donker kloof; 
ras wat die blanke erfenis 
se laaste suiwer ves...

Continue reading ...
 
Jopie Fourie

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 21, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Daar trek 'n koeël met spoed, met spoed
hy's nat van Afrikaner bloed
en smart die boodskap wat hy voer
hy kom uit Afrikaner roer
hy gaan deur Afrikaner hart
maar met die roue en die smart
bring hy steeds die hart se kragte oor
Slaap sag trou hart, so wreed deurboor
want trekkend, trekkend jaar en stond
sal steeds die koeël sy boodskap sprei
en waar hy tref, heel nooit sy wond
en wat hy tref, dit heilig hy.

© Jan FE Cilliers

Continue reading ...
 
Die Spinnerak-rokkie

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 20, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

'n Feetjie het vir haar
uit spinnerak 'n doek vergaar;
'n rokkie wit as heuningwas
het sy toe aanmekaargelas.

Maar nouliks was dit om haar lyf,
toe kom 'n windjie, vlug en styf,
en met die uiting van sy sug
daar trek ons Feetjie deur die lug!

Haar maatjies staar haar treurig aan,
hoe sy hoog oor die bome gaan,
tot sy met heel haar rokkie fyn
daar in die verte glad verdwyn!

As jy 'n rokkie ooit besit
van spinnerak of iets soos dit,
pas op hoe jy jou dan verroer,
'n windjie mag jou glad vervoer!

© Eugène N. ...

Continue reading ...
 
Doeksag Lente

Posted by Paul Joubert on Monday, October 19, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

doeksag het die lente
se geurige soet
my kom omvou...
ruik ek jasmyn, laventel
horende die "Piet-my-vrou"
vóélend haar hitte
wat my kombers...

ja, my
hart 'n vers
wat ék verstaan
dié weet...
daar's g'n mannetjie op daai maan...
as nét 
JY dit kón verstaan...

dié verlang
die vérlang

doen wat jy móét...
kombers my met begrip...
gryp dié dag...
laat die somer 
uit my vers blom...

net jy ja...
jy
kan namakwaland se oranje, geel, rooi...
se laggende dansende daisies
op my horison laat vlam
dié tokolosie
vir ewig...

Continue reading ...
 
BALLADE: as jy dink jy's alleen

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 13, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

soms, sommerso
dink jy nog redes uit
waarom jou eie
drukkie-kry-dae
omarm-soentjie-dae
blommetjies in jou hare -
nie meer toepassing
op jou as individu
het nie

soms, sommerso
dink jy nog redes uit
waarom mense om jou
eerder na andere kyk
jou heeltyd ignoreer
die blom motief
op jou muurpapier
oud-modies en
argaïes is

soms, sommerso
sien ek die seer
lê diepdiep in jou oë
baie trane agter
die wimpers
van jou hartsdeure
dit uitroep in jou
body language 
smeek vir meer

soms, sommerso
word ouderdom
omskryf as relatief
nie va...

Continue reading ...
 
Vandag

Posted by Paul Joubert on Monday, September 28, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Vandag
skryf ek ongesproke woorde
wat windvlerke dra
oor stormseë
berge en teen die hemel uitstal

woorde wat opstapel
teen die hartsmuur

wat stippel teen lui sonstrale
waar skadu's rek

die dans van die dag

tussen groen bome deur
oor besige sypaadjies
tot die vingers
die vingers se koel
aanraking teen die vel
die boodskap wat jy indrink
die luister na die hart
wap pompend klop
ek het jou lief
ek het jou lief
ek het jou lief
ek
ek is jou dag

© Heleen Malherbe
Continue reading ...
 
Job

Posted by Paul Joubert on Monday, September 28, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

Is ek dan Job
dat u my tart'met vloek en ongeluk
wil U dan als kom vat
tot al wat oorbly
ruines van my lewe
eens was:
net stof en as.
Aan Job alleen
mag sy nemisis nie vat
maar my gryp hy gulsig
sels my siel en gees
verteer sy gierigheid.

Is ek dan Job?
Vervloek, gedoem tot ongeluk?
Wys my dan nou Heer
dat U tog omgee
rys my soos Foenix uit die stof
om met arendsvlek
vry te sweef
vrede te vind
in als wat U beslis.

© Leon Forsman

Continue reading ...
 
538. Boerius: Swerwer van die veld

Posted by Paul Joubert on Monday, September 28, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

As liefde eers in jou hart
kom nes skrop
en soos ‘n lente blomtuin bloei,
bly beddings tog nooit vergete
selfs al sou die winter ryp
die son opsluit
en jou siel se vreugde skroei.

Dan sit jy op die voorstoeptrap
En wals met gister se skim
Om deur koggels van vervloë vreug
weer fleur in beddings bring.

As liefde dan eers in jou hart
kom stil word
en die droom in grys verwelk,
sweef jou siel
oor skemer misvlae
as die Swerwer van die veld

Continue reading ...
 
As die aandwindjie

Posted by Paul Joubert on Monday, September 28, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 

as die aandwindjie
weemoedig kla en steun
herfsblare opwarrel
alles deels ontbloot

lê my lippe
skugterskaam
in jou bakhande
toegevou beskut

glimlag jy
tasbaar weifelende
want jy sien elke
traan in my oë

omklee jou liefdeswoorde
my gedagte herinneringe
in die silhoeëette
van jou naaktheid

© EnriCus

Continue reading ...
 
Ek wonder of jy soms

Posted by Paul Joubert on Monday, September 28, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Ek wonder of jy soms, wanneer
Die wolke soos galjoene seil,
Dink aan die helder dae, toe ons
Kon loop deur songedrenkte lande?
Want niks was daar wat jou en my
In daardie dae meer kon verbly
As om te sien hoe, een vir een,
Hul dryf oor goudgeblekte lande,
Met skaduwees vir ankers
Wat tastend oor die bosse sleep
En nuwe bodems peil -
ek wonder, as die wolke seil,
Sy voortgedryf deur frisse winde,
Of jy nog aan dié dae dink, 
O welbeminde?

© I.D. du Plessis 

Continue reading ...
 
Wie Sal?

Posted by Paul Joubert on Friday, September 18, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
Wie sal?

Wie sal onthou as ons vergeet
en wie sal nog ons waarheid weet,
ons antwoord gee op al hul vrae,
onthou van al ons mooiste dae – 
die dieptes ken van al ons leed?

Wie sal nog praat as ons nou swyg
oor alles wat ons volk bedreig?
Hoe sal ons dan oorlewing vind
as ons nou nutteloos ontbind – 
gaan lê en net na asem hyg?

Wie sal kan sien as ons verblind
geen koers of rigting meer kan vind,
deur duisternis maal sonder lig,
met vensters toe en deure dig – 
net wegwaai soos die westewind?

Wie sal n...

Continue reading ...
 
Malverlief

Posted by Paul Joubert on Friday, September 11, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
ek wil ‘n baie baie
emosionele fliek
saam met jou kyk
ons beide mekaar
se trane af soen
betraand na mekaar
bly kyk, want die
tissues is te min
 
ons onsself oorgee
in die liefdestonele
se rou emosies -
en kan sien jy is
aangedaan, en jy my -
ek jou stywer in my
arms toevou, jou
in my liefde beskut
 
ek wil saam met jou
bly sit al is die movie
lankal klaar...
jy steeds tjank, omdat
tjank tjank is, ek steeds
in jou oë die mooiste
dinge bly sien, bly sê:
‘ek is so baie lief vir jou’

© EnriCus

Continue reading ...
 
Oom Paul Staan Sterk

Posted by Paul Joubert on Wednesday, September 2, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
'n Eeu lank staan Oom Paul
sterk met sy luitenante
Terwyl die satan planne smee
met al sy swart gesante

Deur die dol demokrasie
die telerskompetisie
Wag hy daar geduldig
vir 'n nuwe rewolusie

Die Boere hys die Vierkleur
weer oor die duister hel
En die swart soldaat val agteroor 
soos Siener dit voorspel

In Pretoria brand 'n Lig
en ons almal kom daar saam
Op Kerkplein staan die Boerevolk
weer op in God se Naam!

© Advokaat Mila Fourie

Continue reading ...
 
Aan iemand spesiaal

Posted by Paul Joubert on Friday, August 28, 2015, In : Afrikaans: Gedigte 
ODE: aan iemand baie spesiaal

vir jou
wil ek 'n
nagsê-briefie
skrywe...
sterretjies
raam in
jou oë
die maan
goudgeel
uitgiet op
jou lippe

vir jou
wil ek 'n
nagsê-briefie
skrywe...
kosmos
vleg in
jou hare
jasmyn
weerloos
strooi oor
jou hals

vir jou
wil ek 'n
nagsê-briefie
skrywe...
minne-woorde
rym op rooiroos
kelkblaartjies
mier tonneltjies
bou om saplote
van elke traan
in my hand

vir jou
wil ek 'n
nagsê-briefie
skrywe...
my hart
offer op
jou lyf
se altaar
mirre salf
op jou sagte
hande

vir jou
wil ek 'n
nagsê-briefie
skrywe...
ghielem...

Continue reading ...
 
Love hy is mos blind

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 27, 2013, In : Afrikaans: Gedigte 

oraait young lovers, nevermind

Young lovers, nevermind

Love net young lovers

Moenie care nie,

Kos alles ko tog op 'n end

Life?

'Is 'n sinkplaat ma, 'it word yt gepluk

Easy.

Deurie bulldozers of assie wind ruk

So love young lovers 

Love ma net

Love ma net en moenie care nie

Love ma net en nevermind

Love hy is mos blind. 

Adam Small

Continue reading ...
 
Ballade op die Dronkparty

Posted by Paul Joubert on Monday, August 26, 2013, In : Afrikaans: Kortverhale 

Jou oë sing 'n ou verhaal

Van goud wat teen die reënboog lê;

en sal jou lippe teen my lip

'n onvertelde teerheid sê?

Pols jou vingers aan my pols 

Die boodskap wat die bloed begryp?

Van wildebessies ryp.

Wie het die ronding van jou vlees

So soepel om die been gedraai?

En watter heuwels en vallei

Die wit mis van jou tabberd toegewaai?...

Een het my om haar lag verlei,

Een, om haar trots, versaak;

En ek, tussen verwyt en leed,

Al dronker aan die drink geraak...

Die liefde is die bitter glas,

die droë glas...

Continue reading ...
 
Ek wonder of jy Soms

Posted by Paul Joubert on Saturday, August 24, 2013, In : Afrikaans: Gedigte 

Ek wonder of jy soms, wanneer 

Die wolke soos galjoene seil

Dink aan die helder dae, toe ons

Kon loop deur songedrenkte lande?

Want niks was daar wat jou en my

In daardie dae meer kon verbly

As om te sien hoe, een vir een,

Hul dryf oor goudgevlekte lande,

Met skaduwees vir ankers

Wat tastent oor die bosse sleep

en nuwe bodems peil -

ek wonder, as die wolke seil,

so voortgedryf deur frisse winde,

Of jy nog aan dié dink, 

O welbeminde?

Izak David du Plessis

Continue reading ...
 
Wys my die Plek - C. Louis Leipoldt

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 22, 2013, In : Afrikaans: Gedigte 

Wys my die plek waar ons saam gestaan het, 

Eens, toe jy myne was -

Vroeër, voor jou liefde vir my getaan het,

Vroeër, toe jy myne was.

Kyk, dis dieselfde; die silwer see

Blink in die sonskyn, soos lang verlee

Dit eenmaal geblink het, 'n welkomsgroet

Vir ons liefde wat uithou as alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam gekniel het,

eens, toe jy myne was -

Vroeër, toe een siel vir ons saam besiel het,

Vroeër, toe jy myne was.

Kyk, dis dieselfde; die hemel, blou,

Lag soos voorheen op my en op jou;

Di...

Continue reading ...
 
www.myvolk.co.za Logo