www.myvolk.co.za

Hoe Helen geluk gevind het Slaaptyd Stories in Afrikaans

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)

Helen het in die huis rondgeloop, en sy het so treurig gelyk asof sy al haar poppe gebreek en al haar geld verloor het.

“Wat makeer jou, Helen?” het Moeder gevra. “Hoekom lyk jy so treurig?”

“Ek voel sleg,” het Helen gesê en sy het toe sommer ook begin huil.

“Maar, wat makeer dan?” het Moeder teerhartig gevra.

“Daar is niemand om mee te speel nie,” het Helen in trane gesê. “Daar is niks om te doen nie, en nêrens om te gaan nie.” En toe het sy nog harder begin huil.

“Jou arme kind,” het Moeder gesê, “laat ons sien wat gedoen kan word.”

“Daar kan niks gedoen word nie,” het Helen met haar huilstemmetjie gesê. Moeder het die trane afgevee, en gesê: “Waarom gaan jy nie met die dogtertjie langsaan speel nie?”

“Sy wil nie met my speel nie,” het Helen gesê.

“En waarom wil sy nie met jou speel nie?”

“Sy gaan saam met haar Mammie uit, en sy wil liewer saam met haar Mammie gaan as om met my te speel.”

“Ek sien; maar waarom speel jy nie met jou boeke nie? Hulle is dan so vol mooi prente.”

“Ek wil nie na prente kyk nie.”

“Wel, waarom gaan jy nie - laat ek sien - waarom gaan jy nie na jou tuin kyk hoe mooi alles is na die reën nie?”

“Ek wil nie na my tuin gaan kyk nie,” het Helen gesê terwyl sy haar ogies met haar sakdoek afvee. Skielik het Moeder aan ‘n nuwe plan gedink.

“Nou weet ek!” het sy uitgeroep.

“Wat?” het Helen nou ewe belangstellend gera.

“Ek weet nou wat makeer,” het Moeder gesê; “ek weet regtig.”

“Ek makeer niks nie,” het Helen gesê; ek wil iemand hê om mee te speel.“

"Ja, ek weet,” het Moeder gesê; “daar is iets verkeerd binne jou.”

“Waar?” het Helen gevra. “Ek voel niks binnekant my nie.”

“Daar is iets,” het Moeder gesê met 'n glimlag.

“Wat makeer dan?” wou Helen weet.

“Daar is 'n klein gedagtetjie wat nie heeltemal reg is nie.”

“Wat nie heeltemal reg is nie?” Ek wil net iemand hê om mee te speel.“

Toe het Moeder gesê: "As jy net vir 'n paar minute sou ophou om aan jouself te dink, en begin dink aan iets wat jy vir iemand anders kan doen, dan sal jy sommer dadelik weer lekker voel.”

Dit was heeltemal iets nuuts vir Helen; daarvoor het sy geen antwoord gehad nie, en sy het haar Moeder laat voortgaan.

“Dink jy nie dat dat 'n goeie plan sou wees om iemand anders bly te maak nie - sê maar met 'n aangename verassing of so iets?”

“Ek weet nie van iemand wat ek kan verras nie,” het Helen gesê.

“O, ja, jy weet,” het Moeder gesê. Onthou jy nie daardie siek dogtertjie wat ons 'n paar dae gelede in die hospitaal gaan besoek het nie? Jy weet, daardie een wat nie kan loop nie. Jy het gesê dat jy so jammer is vir haar dat jy een van jou poppe aan haar sal gee om haar gelukkig te maak. Maar ek is bevrees dat jy alles daarvan vergeet het.“

"O, ja ek het alles vergeet! het Helen gesê terwyl sy haar voorhofie frons. "En ek het haar belowe dat ek die pop sou bring; wat sal sy nou van my dink?

"Wel, waarom soek jy nie sommer nou daardie pop en trek hom mooi skoon aan nie? Ons kan dit dan more na die hospitaal neem.”

“Goed, Moeder,” het Helen gesê, nou die ene belangstelling. “Ek sal die pop se klere was.”

“Ja,” het Moeder gesê; “doen dit, want 'n mens kan nie 'n pop met vuil klere gee nie.”

“Nee,” het Helen gesê; “ek sal die kouse ook moet heelmaak, want een het 'n gat in.”

“Doen wat jy kan,” het Moeder gesê; “miskien sal ek jou ook help.”

Helen was nou sommer baie bedrywig, en sy het gesê; “Moeder, sal Moeder nie ook een van my prente-boeke in 'n mooi doos inpak en dit met lint vasbind nie? dan sal dit soos 'n mooi present lyk.”

“Ek sal,” het Moeder gesê; Helen het die pop gaan haal en nou was sy vreeslik besig.

Later het Moeder vir Helen hoor lag in haar kamer; sy het gaan loer, en daar het Helen op haar stoeltjie gesit, besig om die pop se kouse te stop.

“Ek is vreeslik besig,” het Helen gesê, en sy het die trane nou heeltemal vergeet.

“Ek is bly,” het Moeder gesê. “Weet jy 'n mens kan altyd baie pret hê wanneer jy besig is met iets wat iemand anders sal blymaak.”

Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

Posted 1 week ago

Rooiborsie vertraag die Trein

“Ja,” het ‘n groot lokomotief tot stilstand gebring, sommer net 'n klein rooiborsie!“ Twee dogtertjies het my hierdie storie vertel, en ek weet dat dit waar is, waant dit het in hulle dorp plaasgevind. En volgens wat hulle my vertel het, het die hele dorp baie lank oor die voorval gepraat.

Dit het een namiddag begin toe 'n goedere trein by die stasie uitgestoom het. Die trein was nie ver nie toe die kondukteur 'n rooiborsie al langs die trein sien vlieg.

"Kyk na daardie voël,” het hy vir die man by hom gesê: “hy volg ons mos.”

“Ja, waarlik! dit lyk al of hy onder die kondukteurswa wil invlieg. Hy sal seker netnou wegvlieg.”  Maar die voël het al langs die kondukteurswa gevlieg. En namate die trein vinniger geloop het, het die voël vinniger gevlieg. Later het die trein te vinnig gegaan en die arme voëltjie moes opgee. Hy het sommer daar op 'n boom gaan sit, en hulle het hom later nie meer gesien nie.

Waarom die kondukteur hom oor 'n voëltjie nou bekommer, weet ek nie, miskien was dit omdat die voëltjie so verleë en verlate gelyk het toe hy die stryd gewonne moes gee. Toe die trein by die volgende stasie stilhou, het hy besluit om te gaan ondersoek instel. En hoe dink julle, wat het hy gevind? Voor, half onder die wa, in 'n hoekie, was daar 'n nessie met drie ligblou eiertjies daarin!

Nou het hy geweet waarom daardie arme voëltjie so vinnig langs die trein gevlieg het. Waar sou die voëltjie nou wees? Sou dit die trein agtervolg het?

Hulle het by daardie stasie gebly so lank moontlik, en gehoop dat die voëltjie betyds sou opdaag, maar dit het nie gekom nie. Voordat die trein weer vertrek het, het die kondukteur met die masjnis gaan praat, en hom vertel van die nessie met die eiers.

Daardie masjinis het ook 'n baie sagte hart gehad soos die kondukteur, en hy het belowe om die lokomotief nie te laat ruk sodat die eiertjies nie miskien uit die nessie rol nie. Hy het die lokomotief altyd baie versigtig tot stilstand gebring.

So het hulle gery tot by die eindstasie, en weer terug. By elke stilhouplek het die kondukteur gaan kyk of die eiertjies nog veilig was.

Eindelik was die trein weer terug by sy ou stasie. Maar waar sou die rooiborsie wees wat hulle laas daar eensaam op die boom agtergelaat het?

De rooiborsie was nie baie ver nie, want eerlank het dit daar aangevlieg gekom, reguit na die nessie, en weer op die eiertjies gaan sit.

Maar wat nou gedoen? Die kondukteur kon baie maklik heeltemal van daardie nessie vergeet het, maar hy het nie. Hy het 'n baie sagte plekkie in sy hart gehad vir daardie voëltjie. Hy het die stasiemeester van die nessie vertel wat ook daarna kom kyk het.

Die stasiemeester het gevoel dat hulle die wa behoort af te haak en daar te laat staan totdat die eiertjies uitgebroei was, want hy het ook 'n baie sagte hart gehad, net soos die kondukteur en die masjinis. Maar hulle sou dit nie kon doen sonder die toestemming van die hoofkantoor nie, en om sake nog moeiliker te maak, was dit die enigste kondukteurswa wat hulle daar gehad het, en dit moes weer die volgende dag vertrek. Die groot vraag was of die hoofkantoor gewillig sou wees om betyds 'n ekstra wa te stuur net omdat daar 'n rooiborsie op die was wat hulle het sit en broei.

Dit sou hulle seker nie doen nie. Die stasiemeester het darem besluit om die hoofkantoor te bel en te doen wat hy kon. Die ergste wat hulle kon doen, is om te weier. Soos dit gewoonlik in sulke gevalle gaan, het die nuus van die rooiborssie en haar nessie baie gou versprei;  die kondukteur het daarvan gepraat; die masjinis het daarvan gepraat; en die kinders het daarvan gepraat totdat die hele dorp daarvan geweet het, en die mense het na die stasie gestroom om die nessie te sien.

Ook die koerante het van die storie gehoor; hulle het van die rooiborsie geskryf, en ook prente geplaas. Soos julle self kan begryp, het die koerantberigte groot belangstelling gaande gemaak.

Die nuus het so vinnig versprei dat ook die spoorweghoofkantoor daarvan te hore gekom het. Toe die stasiemeester dus die hoofkantoor bel om te vra of hulle nie 'n eksta konkukteurswa kon stuur nie, het die bestuurder dadelik ja gesê. Ook het hy gesê dat hulle die wa met die nessie op 'n stil plek moet trek sodat die rooiborsie haar eiertjies kan uitbroei.

Die ekstra wa het die volgende dag daar aangekom. Daarna het mevrou Rooiborsie dag na dag op die eiertjies gesit, terwyl honderde nuuskieriges - kinders en grootmense - haar kom beloer het. Eendag het iemand gesien dat daar kleintjies in die nessie was, en toe het daar weer net soveel mense kom kyk hodat die voëltjie haar kleintjies voer. Die eienaars van daardie spoorweg het beveel dat daardie wa daar moes staan totdat die kleintjies kon vlieg en die nes verlaat. Dit was om hierdie rede dat die rooiborsiegesin die gaste van die spoorweg was totdat hulle besluit het om elders te gaan woon.

'n Mens sou dink dat dit snaaks is dat daardie vier manne sulke moeite gedoen het net ter wille van 'n ou voëltjie! Maar dit laat ons besef hoe baie teerhartige mense daar nog in die wêreld is. Die bietjie wat hulle kon doen vir daardie ou rooiborsie het hulle groot vreugde verskaf.

Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

Posted 1 week ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Gebreekte Beskuitjies

Hier is seker een van die mooiste stories wat ek gehoor het. Hoe wens ek dat ek die betrokke seuntjie se naam ken, maar ek ken dit nie, en daarom sal ek hom sommer Tommy noem. Ek is seker die engele sal verstaan.

Tommy was ‘n arm seuntjie wie se Vader werkloos was. Sy Moeder het ander mense se wasgoed gewas vir 'n paar sjielings. Die hele gesin het in een vertrek in die agterbuurt van Londen gewoon.  Maar ten spyte van daardie ongunstige toestande, het Tommy 'n hart van goud gehad.

Een sondagnamiddag, terwyl hy in die donker, nou straatjie naby sy huis gespeel het, het hy mense, aangetrek in hulle beste klere sien verbyloop.

Sy nuuskierigheid is geprikkel. “waar gaan hulle almal heen?” het hy aan een van sy maats gevra. “Hulle gaan seker kerk toe,” was die antwoord.

“Hulle gaan liedere sing, en daarna sal hulle lusiter na 'n man wat preek.”

“Nee,” het 'n ander seun gesê. “Hulle gaan nie almal kerk toe nie, maar hulle gaan na die Oesfees.”

“Na die wat?” het Tommy gevra.

“Na die Oesfees. Weet jy nie daarvan nie? Hulle neem ertappels, wortels, kool, en rape, en stapel dit voor die preekstoel op. Het jy nog nooit so 'n fees gesien nie?”

Tommy het erken dat hy nog nie so 'n fees gesien het nie.

“Hoekom gaan jy nie na hierdie een kyk nie?” het sy vriend gevra.

Tommy het gedink dat dit 'n goeie idee is, en toe het hy koersgevat na die diens. Dit was nie in 'n kerk nie, maar in 'n sendingsaal. Hy het daardie saal - die Hoxton market Mission - al voorheen gesien, want die naam was in groot letters bokant die deur. Hy was al 'n hele paar maal in daardie saal vir etes wanneer hy baie honger was. Hy en ander kinders het daardie liedere gesing, en toe het 'n vriendelike ou  man vir hulle vertel van die liefde van Jesus. Hy het aangesluit by ander mense wat daarheen gegaan het, en hy het by die deur ingeloer.

Hy is verras deur wat hy gesien het, want hy het nog nooit voorheen so iets gesien nie. Sy vriend was reg. Rondom die preekstoel was daar ertappels, wortels, kool en rape, en nog baie ander goed soos appels, lemoene, piesangs, groot trosse druiwe, en groot, heerlike brode - groter as wat hy nog ooit gesien het.

Uit pure verbasing het hy saggies gefluit. Die uitdrukking op sy gesig het getoon hoe verbaas hy was.  "Dit lyk of jy baie groot belang stel in alles,“ het 'n vriendelike stem gesê.

Tommy het omgekyk, en toe het hy begin weghardloop.

"Moenie weggaan nie; jy kan bly as jy wil.”

“Mag ek?” het Tommy gevra. “Maar waarvoor is al daardie goed?”

“Weet jy nie?” Wel, eenmaal per jaar bring elkeen iets wat in die aarde gegroei het, as bewys dat hulle erken dat alle goeie dinge van God kom en dat hulle dankbaar is vir die oes.“

"Moet hulle die goed self kweek?”

“Nee; dit kan ook nie hier gebeur nie omdat daar geen tuine is nie. Die mense spaar hulle pennies op en dan koop hulle iets en bring dit. Na alles verby is, word die goed aan die armes uitgedeel.”

“Moet almal iets bring?” het Tommy verleë gevra.

“Nee,” het die vriendelike dame gesê, “net diegene wat voel dat hulle iets wil bring. Baie van die mense het nie eens 'n paar pennies nie, en die Here verstaan alles.”

“Ek sal maar gaan,” het Tommy gesê.

Hy het omgedraai, en stil deur die stroom mense geglip. Toe het hy in sy sak gevoel. Ja, daar is dit nog - sy enigste pennie in die hele wêreld. Hy het dit net gister in die straat opgetel, en hy was van plan om dit te bêre en vir hom lekkers te koop.

“Miskien het hulle in daardie winkeltjie iets,” het hy vir homself gesê. “Ek hoop dit sal nie te klein wees nie. Daardie brode was so groot.”

Hy het die winkeltjie binnegegaan en begin rondkyk. Sal hy een van daardie suiglekkers koop? Nee, dit sal nie geskik wees nie. Hy het nog vir 'n rukkie gestaan en rondkyk.

O, daar is iets.

“Gebreekte beskuitjies - een pennie per pakkie.”

Beskuitjies? Ja, hulle sal deug. Want hulle is mos gemaak van iets wat in die grond gekweek is, net soos daardie groot brode wat hy gesien het. En daardie kardoese waarin die beskuitjies is, is glad nie te klein nie.

Tommy het een van die kardoese gekoop, die winkel dadelik verlaat, en teruggestap na die sendingsaal.

Hy het nie die moed gehad om na die voordeur te gaan nie, maar hy het geweet dat daar 'n agterdeur is, as dit maar net oop was -

Dit was.

Hy het senuweeagtig gevoel, want hy was bang dat iemand hom sou sien. Maar daar het nog mense ingegaan, sommige ook by die agterdeur. Hy het toe sommer saam met hulle ingeglip en gestap na die preekstoel waar die goed orals opgestapel was.

Styf in sy warm, vuil handjie, het hy die kosbare kardoes vasgehou.

“Gou nou! voordat iemand jou sien,” het hy gedink.

En langs een van daardie groot brode  het hy die kardoes neergesit.

Nimand het hom gesien dit doen nie, want daar was te veel mense, en die ander wat reeds in hulle sitplekke was, was te besig om te gesels.

Tommy het vir hom daar ver 'n sitplek  gesoek, en niemand nie, nie eens daardie vriendelike dame wat met hom gepraat  het, het geweet hy is daar nie.

Na die diens is hy terug na sy troostelose ou huisie, maar in sy hart het hy buitengewoon gelukkig gevoel. Ek is seker dat daar ook blydskap in die hemel was toe die engele kom vertel  het van sy mooi daad van opoffering. Daardie kardoes gebreekte beskuitjies is natuurlik daar gevind. Iemand het dit later ontdek by die groot brood en daar het trane gekom in die oë van daardie persoon waar hy gedink het aan die edele kinderliefde wat aanleiding gegee het tot die daad.

Hy het my later vertel dat hy gedink het dat dit die beste van al daardie gifte was.

Ek dink ook so, en julle?

Ook het dit my laat dink aan 'n storie wat Jesus vertel het van die arm weduwee wat eendag na die tempel gegaan en gesien het hoe die mense hulle offergawes gee, en toe ook haar twee geldstukkies in die skatkis gegooi het - die waarde daavan was omtrent een oortjie.

Toe het Jesus aan sy dissipels gesê: “Voorwaar Ek se vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het. Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi; maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het.” Mark. 12:43-44.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 11 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Onder die Waterval

Was julle al ooit by die Niagara-waterval? So nie, is ek seker dat julle eendag sal wil gaan kyk, nie waar nie?

Daardie waterval is een van die natuurwonders van diewêreld, en niemand kan na die magtige watermassa wat so oor die afgrond stort, kyk, sonder om ontroer te word deur die verruklike grootsheid van die skouspel nie.

Maar die meeste mense wat hierdie natuurtoneel besoek, sien dit gewoonlik nooit in die grootsheid daarvan nie. Om dit te kan sien, moet ‘n mens heeltemal onder die waterval gaan staan sodat die water bo-oor jou verbystort.

Onder die waterval?

Ja, want niemand het 'n tonnel deur die soliede rots gekap sodat besoekers, nadat hulle met 'n hyser na benede gegaan het, onder die bruisende watermassa kan staan.

Word 'n mens nat?

Ja, natuurlik, en jy moet vir die okkasie aantrek; maar jy kan die mondering wat jy nodig het daar huur, en hoe snaaks lyk 'n mens daarin! In die prent op bladsy 174 kan julle mense sien met die waterproef-mondering aan. Hulle lyk amper soos kabouters uit 'n towerland, lyk hulle nie?

En dit lyk soos 'n towerland daaronder, want alles is so vreemd en wonderlik.

Kom saam met my, en besigtig die wondertoneel. Is dit nie 'n magtige skouspel nie? Daar skyn geen einde te wees aan die magtige watervloed waar dit donderend oor jou stort, en jou van kop tot tone natmaak nie. Water - daar is oseane en oseane daarvan - verander in kokende wit bruiswater soos dit neerstort onderweg na die see.

As 'n mens reg na bo kyk, kan jy die blou lug sien, en skielik word die liefde van Jesus vir jou duideliker. Sy liefde is net soos hierdie magtige watermassa wat ons feitelik heeltemal omhul.

Die Bybel leer ons dat daar geen perke aan Sy liefde is nie, en dat Hy ons 'volkome red’. (Heb. 7:25)

Dit is ewig, want Hy het lief 'tot die einde toe.’ (Joh. 13:1)

Sy liefde is sonder maat, 'Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.’ Ps. 103:11.

Soos die magtige Niagara-waterval, vloei dit rondom ons en vertroos en besiel ons, en voorsien in al ons behoeftes 'na sy rykdom in heerlikehid. ’ (Filip. 4:19)

Dit laat my dink aan daardie mooi lied wat ons so dikwels sing:

“Diep en wyd en heerlikSoos die blou omhoog,Magtig, onoorwinklikSpan Sy liefdeboog.”

Het julle ondervind dat Sy liefde so is - soos 'n oseaan van goedheid en vriendelikheid en genade wat sommer bo-oor stroom?

Elkeen van ons kan daardie liefde ondervind as ons wil.

Staan net onder die waterval en kyk na bo.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 13 weeks ago

Melkbos Sprinkaan (Common Milkweed Locust)

Gister het ons die 3km staproete gaan uit toets! Daar is ook ‘n langer een. Is jy lief vir stap? Het jy 'n behoefte aan 'n skoon en veilige roete weg van die stad se geraas? Kyk nie verder as na Kleinfontein Kultuurdorp se verskillende staproetes nie. Enkel of in groepsverband, ons help jou graag!

En wie kry ons? Phymateaus morbillosus

Phyma is Grieks vir swelling, ook uitgroeisels selfs op die gesig en ore, en morbus is afkomstig van die Latyns vir siekte / illness.

Hierdie is een van ons giftige sprinkane, nie omdat dit byt of steek nie, maar omdat dit gifstowwe stoor in die liggaam van die giftige plante wat dit vreet, soos die melkbos Asclepias fruticosus .

Die gif word uitgeskei in die vorm van ‘n wit skuim. Laasgenoemde laat die insekte nie net sleg smaak nie, dit kan ook giftig wees vir enige predatore wat dit inneem / verteer.

Hulle is redelik groot insekte en breik lengtes van tot 72mm. Daar is rede om te glo dat hul in ‘n verskeidenheid van kleure en subspesies voorkom. Die kleure is gewoonlik aposomaties, oftewel gevaar kleure wat hul vertoon.

Dit help dat predatore onthou dat hierdie sprinkane sleg of gevaarlik is, en hul heeltemal uitlos. Hierdie die sprinkane het perfekte gevormde vlerke, maar is nie instaat om te vlieg nie, want hulle het ook nie nodig om te vlieg nie.

image
Posted 24 weeks ago
Posted 35 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Terug van die Strand

Nellie en Frankie was onderweg na die strand. Hoe gelukkig was hulle nie! Daar was niks waarvan hulle so baie gehou het as om op die sand te speel, of in die vlak water te loop nie.

“Ek wil julle darem net aan een ding herinner,” het Pappie gesê toe hy daar stilhou. “Onthou dat hulle albei nuwe skoene aanhet. Trek julle skoene uit sodra julle by die strand is, en sorg dat hulle nie verloor nie.”

“Ja Pappie,” het hulle albei gesê “ons sal.” Maar hulle het nie eintlik gedink wat hulle gesê het nie, want in hulle verbeelding het hulle al in die water rondgestap.  

Toe die motor stilhou, het die twee opgewonde kinders uitgespring, en reguit na die water gehardloop. Skielik het Nellie haar skoene onthou; sy het hulle uitgetrek en gesit waar sy seker was dat sy hulle weer sou vind. Maar Frankie was so gretig om by die see te kom dat hy byna met skoene en al in die water in is. Hy het sommer sy skoene daar uitgeskop, hulle laat lê net waar hulle geval het, en hy is die water in. Hoe heerlik het hulle daar gespeel!

Toe hulle moeg gespeel was in die water, het hulle sandkastele gebou, reisies gehardloop, en toe weer in die water geloop. Hulle was so besig dat hulle nooit die keer van die gety opgemerk het nie, en die water het al hoër en hoër gestyg tot by die plek waar Frankie se skoene lê.

Eindelik, te gou soos hulle gereken het, het Pappie vir hulle geskreeu om terug te kom. “Dit is tyd om huis toe te gaan: kom jou julle twee.”

Toe was daar ‘n gesoek na skoene. Nellie het hare gekry, want sy het hulle op 'n veilige plek gelaat. Maar Frankie se skoene was nêrens te sien nie. Hy was nie eens meer seker van die plek waar hy hulle gelaat het nie, want dit was nou alles toe onder die water!

Hulle het gesoek en gesoek, maar tevergeefs. Daar was geen skoene nie. Pappie het gesê dat Frankie baie agtelosig was, en dat hy kaalvoet sal moet huis toe gaan. Maar Nellie het gesê dat sy nog 'n paar slippers in die motor het, en dat Frankie hulle solank kan aantrek.

So is hulle dan huis toe; Nellie met haar nuwe skoene aan, en Frankie met Nellie se ou slippers. Frankie het glad nie daarvan gehou om meisie-skoene te dra nie; hy wou sy skoene hê. Ook Pappie en Mammie was ontevrede, want hulle sou weer 'n nuwe paar skoene moes koop. “Miskien kan ons weer gaan soek,” het Pappie gesê.

“Dit sal nie help nie,” het Moeder gesê. “Die skoene sal by die tyd al diep in die see wees.”

“Wel, ons kan darem maar gaan kyk,” het Pappie gesê, “Dit sal in elk geval geen kwaad doen nie.”

Die volgende oggend is hulle almal weer na die see toe om na Frankie se skoene te soek. Maar, vreemd genoeg, was dit hierdie keer Pappie en Mammie wat uit die motor geklim het; Nellie en Frankie het bly sit. Hulle het gesê dat hulle 'n rukkie wou wag, maar het nie gesê waarom nie. Dit was vir Pappie en Mammie snaaks, en hulle het toe maar alleen gaan soek.

Daar, alleen in die motor, het Nellie en Frankie by die agterste sitplek neergekniel en begin bid. Nellie was maar nege jaar, en Frankie net sewe jaar oud. Maar hulle het geglo dat Jesus kinders liefhet en hulle graag help wanneer hulle in die moeilikheid is. Hulle het gebid dat Frankie se skoene gevind mag word! Ses maal het hulle dieselfde gebedjie oor en oor gebid.

Toe het hulle Pappie en Mammie vinnig sien terugkom na die motor toe. Hulle was baie blymoedig en opgeruimd.

“Kyk!” het Nellie uitgeroep. “Kyk wat dra Pappie daar!”

“My skoene! My Skoene! het Frankie uitgeroep. Ja, hulle het die skoene gevind, en onbeskadig ook. Pappie het hulle gevind nie ver van waar die motor stilgehou het nie. Waarom hy hulle juis daar gevind het, kon niemand sê nie, maar almal was dankbaar, veral Nellie en Frankie, wat toe vertel het wat hulle gedoen het terwyl Pappie en Mammie na die skoene gaan soek het.

Dit is so 'n kleinigheid om oor te bid, sê julle. Ek weet. Dit was maar net 'n paar skoentjies! Maar waarom nie? Jesus stel belang in al die klein dingetjies van ons lewe. Het Hy dan nie van die mossies gesê, "Nie een van hulle is voor God vergeet nie?” Ja, Hy het, en Hy het verder gesê, “Julle is meer werd as baie mossies.” Kukas 12: 6,7.

Ons moet dus nie versuim om oor klein dingetjies sowel as groot dinge te bid nie. Nie een van ons gebede - nie 'n enkele een nie - word deur God vergeet nie.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 35 weeks ago

Afrikaanse Spotprent vir die Dag

  © Zapiro Daily Maverick 1/8/2019 #Zapiro

Posted 35 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Die Inbreker

Muriel het van die skool af gehardloop gekom.

“O Moeder,” het sy uitgeroep, “hoor net hier; al die meisies in my klas gaan na Jenny se partytjie aanstaande Donderdagaand.

"Gaan hulle?” het Moeder gesê, en sy het hard geprobeer om belangstelling te toon, want sy was baie moeg. “Dit sal baie lekker wees.”

“Maar dis nie al nie,” het Muriel gesê; “byna almal van hulle het my vertel dat hulle die pragtigste nuwe rokke gaan he - rokke van die mooiste goed.”

“Dan voel hulle seker baie bly,” het Moeder gesê. “Ja,  maar wat van my? Ek kan tog nie in my ou rok gaan nie.”

“Jou rok is nie so oud nie,” het Moeder gesê. “Jy het dit dan nou die dag op jou verjaarsdag gekry. Hoe dit ook al sy, ek sien glad nie hoe ek ‘n nuwe rok teen Donderdag kan klaarmaak nie.”

Muriel het glad nie die moee trek op Moeder se gesig gesien by die gedagte aan nog 'n rok maak nie. “Moeder!” het sy uitgeroep, “Moeder wil tog nie sê dat ek nie 'n nuwe rok vir Donderdag kan hê nie? Ek moet dit eenvoudig he! Ek kan nie dink om na Jenny se party te gaan daarsonder nie. Wat sal hulle van  my dink? Al die ander meisies sal nuwe rokke hê, en daar sal ek wees in daardie ou katoenrokkie! Ek moet eenvoudig 'n nuwe rok hê.”

Daardie uitdrukking van blye verwagting wat op Muriel se gelaat was toe sy die eetkamer ingehardloop  gekom het van die skool af, het nou plek gemaak vir 'n vreeslike vies uitrdukking. Hoe meer sy aan die sogenaamde onreg gedink het, hoe leliker het die uitdrukking op haar gesig geword. Geleidelik het sy toegee aan n baie slegte bui.

Sy het begin huil, met haar voet op die vloer gestamp en gesê, “Ek wil 'n nuwe rok hê!”

“Maar, kyk nou,” het Moeder gese. “Dis mos glad nie mooi vir 'n meisie om so tekere te gaan nie. Wat sou Jenny daarvan sê as sy jou nou kon sien?”

“Ek gee nie om wie my sien nie,” het Muriel in trane gegil.

“Kyk hier, Muriel”, het Moeder gesê. “Jy maak glad nie mooi nie. Jy is seker baie moeg. Gaan ddadelik na jou kamer. Ek sal jou ete later bring.”

Muriel het die vertrek woedend verlaat, en sy is die trap op na haar kamer toe. Later het Moeder haar aandete gebring. Sy het nie veel gesê nie, en sy het net lank genoeg vertoef om klein Jimmie in die bed te sit. Jimmie het hom aan die hele affêre nie gesteur nie, maar dit was darem vir hom snaaks dat Muriel so vroeg gaan slaap het.

'n Hele paar uur het verby gegaan. Muriel het probeer slaap, maar sy kon nie. Haar gewete het haar wakker gehou. Sy het geweet dat sy baie jammer behoort te wees oor haar gedrag, maar iets het haar teruggehou om dit te herken.  Sy het rondgerol in haar bed, en nog 'n uur het verbygegaan, en toe nog een. Eindelik het sy aan die slaap geraak.

Dit was vir haar of sy nog skaars aan die slaap was toe iets aan haar neus getrek het. Dit was Jimmie.

“Sus, Sus,” het hy gese, “Ek is bang. Mag ek by jou kom slaap?”

Muriel het regop gesit.

“Wat makeer, Jimmie?” het sy gesê, en die outjie opgetel langs haar.

“Het jy nie gehoor nie?” Die geraas daar onder!“

"Nee,” het Muriel gese. “Ek het geslaap. Wat se soort geraas was dit?”

“Iemand stap daar onder rond,” het Jimmie gese.

Muriel het geluister. Dit was 'n baie donker nag, en stil. 'n Koel luggie het deur die venster ingewaai. Die eetkamerhorlosie het twee-uur geslaan.

“Dis al twee-uur,” het Muriel gese. “Niemand kan nou nog daar onder wakker wees nie.”

“Maar daar is iemand daar onder, ek het hom netnou gehoor,” het Jimmie gese.

“Jy moes dit ook gehoor het.”

Skielik het Muriel se hart begin bons, en sy het sommer baie bang geword. Sy was nou seker dat sy ook iemand hoor loop het.

“Het jy gehoor,” het Jimmy gevra.

“Ja,” het Muriel gesê. “Ek wonder-”

“Dink jy dis 'n inbreker?” het Jimmie fluisterend gevra.

“Dit kan wees,” het Muriel gesê, en nou was sy regtig baie bang.

“Wat sal ons doen?” het Jimmie gevra. “Dink jy hy sal ons seermaak?”

Muriel het nie geweet wat om te sê nie. Sy wou eers haar kop toetrek. Toe het sy onthou hoe sy eendag aan die meisies by die skool gesê het was sy sou doen as sy ooit 'n inbreker teekom. Sy het 'n oomblik gedink.

“Daar is dit weer!” het Jimmie bang gefluister, en sy sussie begin vasklem.

“Jimmie,” het Muriel gese, “weet jy wat, ek sou baie graag wou sien hoe 'n inbreker lyk, net eenmaal, sodat ek die meisies by die skool kan vertel.”

“Ek wil nie een sien nie,” het Jimmie gese.

“Sal jy saam met my kom as ek onder toe gaan?” het Muriel gevra. “Ek sal na jou kyk.”

Jimmie het gehuiwer, maar hy het darem saam gegaan. Hulle het uit die bed geklim, en is op hulle tone na die deur, en het dit oopgemaak.

Die skarniere het so geraas dat hulle amper weer terug bed toe is. Maar hulle het mekaar se hande styf vasgehou, en stilletjies na die trap gegaan.

Hulle het so 'n rukkie gewag, en toe is hulle verder.

K-r-a-a-k! het een van die trappe weer gegaan. Weer het hulle gewag. Toe is hulle verder. Kraak! Kraak! het die trappe geraas.

“Hy sal ons hoor,” het Jimmie gewaarsku, “Laat ons teruggaan.”

“Wag maar 'n bietjie,” het Muriel gefluister, en sy hand 'n druk gegee. “Ons is amper daar. Kyk daar is lig in die eetkamer. Ek moet sien hoe 'n inbreker lyk, want ek mag nooit weer die kans kry nie.”

“Maar sal hy ons nie seermaak nie?” het Jimmie gevra.

“Ons sal vinnig weghardloop,” het Muriel gesê.

Hulle was nou onder in die gang.

Stilletjies het hulle na die deur gesluip. Dit was op 'n skrefie oop. Muriel het dit nog so 'n klein endjie oopgestoot. Toe weer 'n bietjie, en toe nog 'n bietjie. So is die deur al wyer en wyer oopgestoot todat Muriel gemeen het dat sy nou sou kon inloer.

Jimmie het haar hand baie styf vasgehou terwyl sy ingeloer het.

“Muriel! het 'n stem uitgeroep, en 'n skêr het grond toe getuimel.

"Moeder!” het Muriel uitgeroep.

Hulle het na mekaar gekyk.

“Moeder! Wat doen Moeder hierdie tyd van die nag hier? Dit is al amper half-drie, en Moeder lyk so moeg.

"Ek maak sommer 'n rok,” het Moeder gesê.

“Tog nie my rok nie”, het Muriel uitgeroep. “O, dit is! Moeder moes dit nie gedoen het nie. Ek verdien dit nie. Moeder moes nie so laat wakkergebly het nie. en Moeder is so moeg!”

Sy het haar Moeder omhels. “Ek is so jammer,” en toe het sy begin huil.

“Toe maar, toe maar,’ het Moeder gesê. "Die rok is bykans klaar. Kom laat ons nou almal gaan slaap. Maar wat doen Jimmie hier?”

“Muriel het gesê dat ek 'n inbreker sou sien as ek saam met haar kom, en nou is daar nie een nie,” het Jimmie teleurgestel gesê.

“Ek is jammer,” het Muriel gesê, toe hulle saam boontoe is, “maar Mammie is tog seker baie beter as 'n inbreker, is sy nie?”

Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

Posted 35 weeks ago

Wie is ek? #trotsAfrikaner Blog

Ken jy my, Afrika?

My moed plant ʼn 1652-kruis, aan die suidpunt van Afrika
en my bloed vloei Bartholomeüsnagstrepe oor die oseaan
Ek wuif die Pruise vaarwel, te voet na Amsterdam, en te skip na die Suide soos die nuwe horisonne my roep
en my Germaanse trots die Krugers en Kriges en Kleynhanse word dit wat met Duitse durf die aarde oopkloof om hoop en lewe te bring

Vanaf die kroon se eilande kom ek Iers, en Skots, en Engels hieraan, om vir sy majesteit, en later haar majesteit, se ryk die son nooit te laat ondergaan

Maar hierdie hartsland verdeel my lojaliteite en ek kies my eie bo die nou vreemde
Ek trek

Ek trek deur Vegkop en Blaauwkrans en Weenen en staan vas voor die oormag tot die rivier bloei.

Ek trek
Ek trek tussen wit tente en kruise deur tot in my eie republieke en my eie vlae en my eie lied

En ek sing
ek sing in my eie woorde oor my eie vryheid en my eie toekoms
En ek bou en plant en groei

En my Gelofte word versoeningsbloed wat plaasmoordstrepe oor mielielande, en wingerde en velde vloei
Tot vryheidshorisonne weer roep.

Ek is Afrikaner
Ek ken jou Afrika, maar ken jy my?
Ek is Afrikaner, en as trek lê my spore diep
Ek is Afrikaner, en my spore word nie somaar deur winde van verandering uitgewis nie
Ek is Afrikaner
Ken jy my, Afrika? Want ek…ek ken jou.

Geleen van Orania Blog

#share

Posted 37 weeks ago

Die Wonderwerk van Bloedrivier

Posted by Paul Joubert on Wednesday, March 13, 2013 Under: Ons Geskiedenis

Andries Pretorius slaan die herhaalde aanvalle van 10,000 geoefende en dapper Zoeloekrygers af en laat een uit drie van hulle sneuwel. 

Andries Pretorius se roem as veldheer berus in die eerste plek op sy skitterende oorwinning by Bloedrivier. Die oorwinning wat hy hier behaal het, is sonder weerga in die militêre geskiedenis van Suid-Afrika. In geen ander veldtog het daar aan die een kant so veel en aan die ander so weinig gesneuwel nie - 3,000 Zoeloes teenoor nie 'n enkele Voortrekker nie. Bloedrivier was egter nie die enigste veldslag waar Pretorius sy vernuf as aanvoerder getoon het nie. By Congella het hy Kaptein T.C Smith se nagtelike opmars gestuit op 'n wyse wat bewondering afdwing. By Port Natal het hy die Britse mag suksesvol beleër, maar tevergeefs probeer om die landing van Britse versterkings onder Luitenant Kolonel A.J. Cloete te keer. By Boomplaats het hy sy terrein goed gekies en sy aanval deeglig beplan, maar sy ongedissiplineerde mag was nie opgewasse teen sir Harry Smith se groter, goed gedissiplineerde en beter gewapende mag nie.

Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius is op 27 November 1798 in die distrik Graaff-Reinet gebore. Sy ouers was Marthinus Wessel Ptretorius en Susanna Elizabeth Viljoen. Sy eerste lewensjare bring hy op sy vader se plaas Drie Koppen (tans Glen Harry) sowat 50km noordoos van Graaff-Reinet deur. Hoeveel formele onderrrig hy ontvang het, is nie bekend nie, maar die talle briewe wat daar van hom bewaar gebly het, toon dat hy, nieteenstaande 'n byna onleesbare handskrif, sy gedagtes duidelik kon formuleer. 

In November 1818 tree Pretorius op Tulbach in die huwelik met die agtienjarige Christina Petronella de Wet. Uit hierdie huwelik is tien kinders gebore - drie seuns en sewe dogters. Die oudste seun, Marthinus Wessel, sou later staatspresident van die Suid-Afrikaanse Republiek en die Oranje-Vrystaat word.

Na sy troue het Pretorius op Letskraal, sowat 10km van sy vader se woonplaas, gaan woon. Sy vermoë om leiding op die slagveld te gee, word reeds in hierdie tyd raakgesien, want gedurende die Sesde Grensoorlog (1834-1835) voer hy 'n kommando Graaff-Reinetters teen die Xhosas aan.

Gedurende die somer van 1838-1839 onderneem Pretorius en twee van sy broers 'n verkenningstog na Transvaal en Natal. Dit is veral Natal wat 'n gunstige indruk op hom maak en kort na sy terugkeer in Graaff-Reinet in Januarie 1838 kondig hy dan ook aan dat sy plase te koop is. Die moord op Piet Retief se geselskap die daaropvolgende maand demp hoegenaamd nie sy vasbeslotenheid om na Natal te trek nie. In die begin van Oktober 1838 vertrek hy met sy trekgeselskap na Natal. Aan die Modderrivier naby Uysklip laat hy sy trekgeselskap agter, terwyl hy hom met sestig man vooruit haas na Natal om betyds te wees vir die kommando wat op die punt gestaan het om teen die Zoeloes uit te trek. Op 22 November 1838 ry hy Jacobus Potgieter se laer aan die Klein-Tugela binne. Die Voortrekkers se predikant, Erasmus Smit, teken op hierdie dag in sy dagboek aan: "In den na-middag arriveerde er weer een zeer waardige medereiziger, Andries Pretorius (als een wel toegeruste en gesabelde en gepistoolde dragonder) te paard in ons leger."

Die veertigjarige Pretorius met sy sterk persoonlikheid, fors gestalte, selfversekerde houding, helder verstand en aansienlike redenaarstalent het uit die staanspoor 'n gunstige indruk op die voortrekkers langs die Klein-Tugela gemaak. Vier dae later is hy dan ook tot hoofkommandant verkies van die kommando wat op die punt gestaan het om teen die Zoeloes uit te trek.

Hierdie kommando, wat later as die Wenkommando bekend sou staan, is voorafgegaan deur twee massamoorde - die moord op Piet Retief en sy gevolg in die Zoeloe-hoofstad Umgungundhlovu, en die moord op die Voortrekkers langs die Bloukrans- en die Boesmansrivier. Saam met Piet Retief is 60 en ongeveer 30 nie-blanke agterryers op wreedaardige wyse met kieries doogeslaan. 

Aan die bloukrans- en die Boesmansrivier is 40 mans, 56 vroue, 185 kinders en meer as 200 gekleurde bediendes om die lewe gebring. In totaal dus byna 600 mense. Met die doel om hierdie moorde te wreek, het 'n kommando onder Potgieter en Piet Uys in April 1838 teen die Zoeloes uitgetrek, haar hulle is in die slag van Italeni op die vlug gedryf. Die voortrekkers was egter vasbeslote om die moorde nie ongestraf te laat nie. Daar is reëlings getref vir 'n verdere kommando en dit was met hierdie kommando dat Pretorius aan die einde van November 1838 teen die Zoeloes uitgetrek het. Pretorius se kommando het die Tugela net bokant die aansluiting van die Klein_tugela oorgesteek en oor die teenswoordige Ladysmith opgeruk na Zoeloeland. Die kommando het bestaan uit 470 blanke mans en 'n onbekende aantal swartes en Kleurlinge. Anders as Potgieter en Uys se kommando wat die Zoeloes te perd aangedurf het, neem Pretorius 57 waens en een oskar saam. 

By die teenswoordige Danskraal ten noorde van Ladysmith het Sarel Cilliers op aandrang van Pretorius vir die eerse keer in die openbaar die gedagte geopper dat die kommando as 'n geheel 'n gelofte aan God moet aflê. Die gedagte het byval gevind en op Sondag 9 Desember 1838 het Sarel Cilliers dan ook aan die Wasbankrivier namens die aanwesiges 'n gelofte aan God afgelê. In 'n gebed het hy belowe dat as God hulle in die komende botsing die oorwinning sou skenk, hulle 'n kerk sou bou en dat hulle, sowel as hul nageslag, altyd die dag waarop die oorwinning behaal is, altyd tot eer van God sou vier. In die daaropvolgende dae is die gelofte by elke aandgodsdiens herhaal. 

Op weg na Zoeloeland het Pretorius getoon dat hy 'n wakker en versigtige aanvoerder was wat hom nie deur die vyand wou laat verras nie. Hy het elke aand die waens in 'n kring laat trek, die perde en trekosse binne die laer laat bring en nagwagte uitgesit. Die laer is in die oggend eers opgebreek nadat die omgewing in alle rigtings verken is. Wanneer die waens begin beweeg het, was dit meestal twee-twee tot vier-vier langs mekaar sodat daar in geval van nood haastig laer getrek kan word. Naas Pretorius se voorsorgmaatreëls teen enige verrassing, was een van die vernaamste kenmerke van sy leierskap die nadruk wat hy gelê het op die geestelike voorbereiding van sy manne. Die reeds vermelde gelofte wat hy laat aflê het, was een faset daavan. Verder het hy hulle voortdurend aangespoor tot eengesindheid, erns en gehoorsaamheid. Op Saterdag 15 Desember 1838 het die kommando by 'n rivier gekom wat die Zoeloes die Ncome genoem het, maar wat vandag as Bloedriver bekend staan. Hier het Pretorius halt geroep om, soos ook die voorafgaande dae, die waens in die vorm van 'n laer te trek. Berigte wat hy in die loop van die dag van sy verkenners ontvang het, het hom laat besef dat die Zoeloe leër hulle nou enige dag kon aanval, en daarom het hy die laerplek versigtig gekies. 

Hy het die laer teenaan 'n diep sloot laat trek sodat enige aanval uit die suide deur die sloot belemmer sou word. Sowat 300 meter na die oostekant was die rivier, wat op dié plek 'n lang seekoeigat gevorm het. Die rede waarom hy die laer nie nader aan die rivier laat rek het nie, was blykbaar dat die sloot vlakker geword het in die rigting van die rivier. Die waens was reeds, of in elk geval getrek toe 'n boodskapper by Pretorius aankom met die nuus dat Hans de Lange die Zoeloeleër ongeveer twee uur te perd (20km) van die laer waargeneem het. Pretorius het die laer sonder versuim laat versterk met veghekke wat tussen die wawiele aangebring is. Hierdie veghekke, wat in die laer aan die Klein-Tugela gemaak is, moes die vyand verhinder om onder die waens deur te kruip. 

Met 220 man het Pretorius daarop uitgery in die rigting waar Hans de Lange die Zoeloe leër opgemerk het. toe hy die Zoeloes in die gesig kry, was dit reeds laat die middag. Hulle was, soos hy dit enkele dae dae later in 'n brief gestel het, op "een zeer gelyken berg" saamgetrek. Hy het onmiddelik besef dat dit n groot waagstuk sou wees om die Zoeloes in die middag in so 'n bergagtige omgewing aan te val. Hy het dan ook Sarel Cilliers se voorstel, dat hulle die Zoeloes sonder versuim moes aanval, van die hand gewys en met sy manne na die laer teruggekeer. Dit het wel beteken dat hy die inisiatief aan die vyand afstaan, maar die voordele van 'n gelyk slagveld, 'n laer wat beskutting bied en 'n sterker mag het na sy mening swaarder geweeg. Dit was, soos die volgende dag sou blyk, 'n wyse besluit. Pretorius het besef dat die Zoeloes nog dieselfde nag, of vroeg die volgende ogend, tot die aanval kon oorgaan. Hy het dan ook sonder versuim die nodige voorbereidings vir so 'n moontlikheid getref. Soos die voorafgaande aande het hy die trekosse enperde, wat saam meer as 'n duisend stuks getel het, binne die laer laat bring. Hierdie besondere aand het hy ook by die waens sweepstokke met lanterns laat aanbring sodat die Zoeloes nie in die donker ongesiens to by die waens kon kom nie en sodat die manne kon sien om hul gewere te laai.

Twee uur voor dagbreek op Sondagoggend, 16 Desember 1838, het Pretorius sy manne laat wek. Die mis wat gedurende die nag toegesak het, het nog oor die laer gehang, maar toe dit in die ooste begin lig word, merk die manne tot hul vreugde dat dit opklaar. en feitlik gelyktydig gewaar die wagte dat die Zoeloes nader kom. Spoedig was die laer aan alle kante deur duisende Zoeloes omring. Volgens die betroubaarste skattings was daar ongeveer 10 000. Daarteenoor was daar in die laer slegs 470 blankses (onder wie drie engelse), 60 swart krygsmanne van Alexander Biggar en 'n onbekende aantal swartes en Kleurlinge wat as touleiers, wadrywers en beeswagters diens gedoen het. Vir elke man binne die laer was daar dus 20 Zoeloes. Die oormag het Pretorius bekommer, maar hy het nogtans sy manne moed ingepraat. "Nu kunt gy self begrypen," het hy 'n week na die geveg aan Jacobus Boshof op Graaff-Reinet geskryf, "welk gezigt dit opleverde, en dat het er op aan kwam om een onverschrokken gelaat te toonen. Ik zag klaar dat wy nu doen moesten wat wy konden, ik moedigde myne manschappen overluid aan, kun verzekerde dat hoe groot die magt der Zoolas ook schynen mogt, zy tegen ons nit konden bestaan." 

Die voorhoede het blykbaar sonder versuim op die laer afgestorm en die eerste skote het reeds voor sonop geklap. Uit die laer is so hewig geskiet dat geen Zoeloe daarin kon slaag om tot teenaan die waens te kom nie  - dit klink byna ongelooflik as 'n mens in gedagte hou dat die laai van die gewere met behulp van 'n laaistok heelwat tyd moet geneem het. Daar moet egter ook in gedagte gehou word dat elke man meer as een geweer gehad het. Die digte formasie waarin die Zoeloes gestorm het, het dit feitlik onmoontlik gemaak om mis te skit en met een lading growwe bokhael kon meer as een Zoeloe neergevel word. Daarby, met agt man by elke wa, moet die vuurlinie betreklik dig gewees het. Die Zoeloes wat nie platgeskiet is nie, was verplig om terug te val. 

Na 'n kort ruspose het die helfte van die Zoeloemag weer met totale doodsveragting op die laer afgestorm. Weer is hulle deur Pretorius se manne teruggedryf. Ook 'n derde stormloop is met groot verliese aan Zoeloe-kant afgeslaan. Na drie mislukte stormlope was die Zoeloes teensinnig om weer tot die aanval oor te gaan. Hulle het buite bereik van die geweervuur 'n afwagtende houding aangeneem. Pretorius het daarop vyf man, onder wie sy broer Bart, te perd uit die laer gestuur om op die Zoeloes te skiet.  Die Zoeloes het nie op hul laat wag nie en die vyf man moes terugjaag na die veiligheid van die laer. Toe die Zoeloes binne bereik van die geweervuur kom, is hulle weer met groot verliese teruggedryf. Pretorius het hierdie taktiek nog 'n keer met dieselfde sukses behaal. 

Nadat die Zoeloes altesaam sowat vyf keer tevergeefs op die laer afgestorm het, het Pretorius bevel geggee dat 150 man te perd tot die aanval moes oorgaan. Dit was die groot keerpunt in die geveg. Die 150 perderuiters het die Zoeloe leër in twee verdeel en op die vlug gedryf. Hierdie wending het ongeveer twee uur na die aanvang van die geveg gekom. Dit kon dus nie veel later as agtuur, op die uiterste nege-uur, in die oggend gewees het nie. Toe Pretorius merk dat die vyand op die vlug slaan, het hy met 'n verdere 150 man uit die laer gejaag om hulle te agtervolg. Die Zoeloes het in allle windrigtings gevlug, maar by twee plekke, die sloot en die rivier, kon hulle nie vinnig genoeg wegkom nie en hier het die Voortrekkers 'n ware slagting onder hulle aangerig. By die sloot is daar na die geveg 400 lyke getel. Die water in die rivier was plek-plek so rooi gekleur dat dit sedertdien as Bloedrivier bekend staan. Met 300 perderuiters het Pretorius die vlugtende Zoeloes agterna gesit en verder afgemaai. Teen ongeveer elfuur die oggend was al die manne terug in die laer. Pretorius het almal byeengeroep om God te dank vir die oorwinning. 

Aan Voortrekkerkant het niemand gesneuwel nie. Slegs drie man, Pretorius, Philip Fourie en Gerrit Raath, het wonde opgedoen. Aan Zoeloekant het meer as 3000 gesneuwel. Met die moontlike uitsondering van die slag by Isandhlwana is dit die grootste getal mense wat ooit in een enkele geveg op Suid-Afrikaanse bodem geval het. En as 'n mens die verliese weerskante vergelyk - 3000 teenoor geen - is dit soos reeds gesê, die grootste oorwinning in ons militêre geskiedenis. In geen ander veldslag het daar aan die een kant so baie en aan die ander so weinig gesneuwel nie. 

Die oorwinning by Bloedrivier het Pretorius oornag beroemd gemaak. en tereg ook, want sy aandeel in die oorwinning was nie gering nie; sy keuse van die plek vir die laer, sy besluit om die Zoeloes nie in 'n bergagtige omgewing aan te durf nie, die wyse waarop hy sy manne aangespoor het, die versigtigheid wat hy deurgaans aan die dag gelê het - dit alles dui op buitengewone krygsvernuf. Na die slag van Bloedrivier het die Voortrekkers die Republiek van Natal gestig en hulle veral in die omgewing van Pietermaritzburg en Port Natal (die huidige Durban) gevestig. Die nuwe onafhanklike republiek sou egter nie 'n lang lewe hê nie. Vroeg in 1842 het die Voortrekkers verneem dat die Brise owerheid besluit het om die hawe van Port Natal weer te besit. 

Leipoldt Scholtz

Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne

ISBN 0 947 00606 0

In : Ons Geskiedenis 

www.myvolk.co.za Logo