www.myvolk.co.za

Hoe Helen geluk gevind het Slaaptyd Stories in Afrikaans

(Vind die Audio Weergawe onderaan die blad)

Helen het in die huis rondgeloop, en sy het so treurig gelyk asof sy al haar poppe gebreek en al haar geld verloor het.

“Wat makeer jou, Helen?” het Moeder gevra. “Hoekom lyk jy so treurig?”

“Ek voel sleg,” het Helen gesê en sy het toe sommer ook begin huil.

“Maar, wat makeer dan?” het Moeder teerhartig gevra.

“Daar is niemand om mee te speel nie,” het Helen in trane gesê. “Daar is niks om te doen nie, en nêrens om te gaan nie.” En toe het sy nog harder begin huil.

“Jou arme kind,” het Moeder gesê, “laat ons sien wat gedoen kan word.”

“Daar kan niks gedoen word nie,” het Helen met haar huilstemmetjie gesê. Moeder het die trane afgevee, en gesê: “Waarom gaan jy nie met die dogtertjie langsaan speel nie?”

“Sy wil nie met my speel nie,” het Helen gesê.

“En waarom wil sy nie met jou speel nie?”

“Sy gaan saam met haar Mammie uit, en sy wil liewer saam met haar Mammie gaan as om met my te speel.”

“Ek sien; maar waarom speel jy nie met jou boeke nie? Hulle is dan so vol mooi prente.”

“Ek wil nie na prente kyk nie.”

“Wel, waarom gaan jy nie - laat ek sien - waarom gaan jy nie na jou tuin kyk hoe mooi alles is na die reën nie?”

“Ek wil nie na my tuin gaan kyk nie,” het Helen gesê terwyl sy haar ogies met haar sakdoek afvee. Skielik het Moeder aan ‘n nuwe plan gedink.

“Nou weet ek!” het sy uitgeroep.

“Wat?” het Helen nou ewe belangstellend gera.

“Ek weet nou wat makeer,” het Moeder gesê; “ek weet regtig.”

“Ek makeer niks nie,” het Helen gesê; ek wil iemand hê om mee te speel.“

"Ja, ek weet,” het Moeder gesê; “daar is iets verkeerd binne jou.”

“Waar?” het Helen gevra. “Ek voel niks binnekant my nie.”

“Daar is iets,” het Moeder gesê met 'n glimlag.

“Wat makeer dan?” wou Helen weet.

“Daar is 'n klein gedagtetjie wat nie heeltemal reg is nie.”

“Wat nie heeltemal reg is nie?” Ek wil net iemand hê om mee te speel.“

Toe het Moeder gesê: "As jy net vir 'n paar minute sou ophou om aan jouself te dink, en begin dink aan iets wat jy vir iemand anders kan doen, dan sal jy sommer dadelik weer lekker voel.”

Dit was heeltemal iets nuuts vir Helen; daarvoor het sy geen antwoord gehad nie, en sy het haar Moeder laat voortgaan.

“Dink jy nie dat dat 'n goeie plan sou wees om iemand anders bly te maak nie - sê maar met 'n aangename verassing of so iets?”

“Ek weet nie van iemand wat ek kan verras nie,” het Helen gesê.

“O, ja, jy weet,” het Moeder gesê. Onthou jy nie daardie siek dogtertjie wat ons 'n paar dae gelede in die hospitaal gaan besoek het nie? Jy weet, daardie een wat nie kan loop nie. Jy het gesê dat jy so jammer is vir haar dat jy een van jou poppe aan haar sal gee om haar gelukkig te maak. Maar ek is bevrees dat jy alles daarvan vergeet het.“

"O, ja ek het alles vergeet! het Helen gesê terwyl sy haar voorhofie frons. "En ek het haar belowe dat ek die pop sou bring; wat sal sy nou van my dink?

"Wel, waarom soek jy nie sommer nou daardie pop en trek hom mooi skoon aan nie? Ons kan dit dan more na die hospitaal neem.”

“Goed, Moeder,” het Helen gesê, nou die ene belangstelling. “Ek sal die pop se klere was.”

“Ja,” het Moeder gesê; “doen dit, want 'n mens kan nie 'n pop met vuil klere gee nie.”

“Nee,” het Helen gesê; “ek sal die kouse ook moet heelmaak, want een het 'n gat in.”

“Doen wat jy kan,” het Moeder gesê; “miskien sal ek jou ook help.”

Helen was nou sommer baie bedrywig, en sy het gesê; “Moeder, sal Moeder nie ook een van my prente-boeke in 'n mooi doos inpak en dit met lint vasbind nie? dan sal dit soos 'n mooi present lyk.”

“Ek sal,” het Moeder gesê; Helen het die pop gaan haal en nou was sy vreeslik besig.

Later het Moeder vir Helen hoor lag in haar kamer; sy het gaan loer, en daar het Helen op haar stoeltjie gesit, besig om die pop se kouse te stop.

“Ek is vreeslik besig,” het Helen gesê, en sy het die trane nou heeltemal vergeet.

“Ek is bly,” het Moeder gesê. “Weet jy 'n mens kan altyd baie pret hê wanneer jy besig is met iets wat iemand anders sal blymaak.”

Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

Posted 1 week ago

Rooiborsie vertraag die Trein

“Ja,” het ‘n groot lokomotief tot stilstand gebring, sommer net 'n klein rooiborsie!“ Twee dogtertjies het my hierdie storie vertel, en ek weet dat dit waar is, waant dit het in hulle dorp plaasgevind. En volgens wat hulle my vertel het, het die hele dorp baie lank oor die voorval gepraat.

Dit het een namiddag begin toe 'n goedere trein by die stasie uitgestoom het. Die trein was nie ver nie toe die kondukteur 'n rooiborsie al langs die trein sien vlieg.

"Kyk na daardie voël,” het hy vir die man by hom gesê: “hy volg ons mos.”

“Ja, waarlik! dit lyk al of hy onder die kondukteurswa wil invlieg. Hy sal seker netnou wegvlieg.”  Maar die voël het al langs die kondukteurswa gevlieg. En namate die trein vinniger geloop het, het die voël vinniger gevlieg. Later het die trein te vinnig gegaan en die arme voëltjie moes opgee. Hy het sommer daar op 'n boom gaan sit, en hulle het hom later nie meer gesien nie.

Waarom die kondukteur hom oor 'n voëltjie nou bekommer, weet ek nie, miskien was dit omdat die voëltjie so verleë en verlate gelyk het toe hy die stryd gewonne moes gee. Toe die trein by die volgende stasie stilhou, het hy besluit om te gaan ondersoek instel. En hoe dink julle, wat het hy gevind? Voor, half onder die wa, in 'n hoekie, was daar 'n nessie met drie ligblou eiertjies daarin!

Nou het hy geweet waarom daardie arme voëltjie so vinnig langs die trein gevlieg het. Waar sou die voëltjie nou wees? Sou dit die trein agtervolg het?

Hulle het by daardie stasie gebly so lank moontlik, en gehoop dat die voëltjie betyds sou opdaag, maar dit het nie gekom nie. Voordat die trein weer vertrek het, het die kondukteur met die masjnis gaan praat, en hom vertel van die nessie met die eiers.

Daardie masjinis het ook 'n baie sagte hart gehad soos die kondukteur, en hy het belowe om die lokomotief nie te laat ruk sodat die eiertjies nie miskien uit die nessie rol nie. Hy het die lokomotief altyd baie versigtig tot stilstand gebring.

So het hulle gery tot by die eindstasie, en weer terug. By elke stilhouplek het die kondukteur gaan kyk of die eiertjies nog veilig was.

Eindelik was die trein weer terug by sy ou stasie. Maar waar sou die rooiborsie wees wat hulle laas daar eensaam op die boom agtergelaat het?

De rooiborsie was nie baie ver nie, want eerlank het dit daar aangevlieg gekom, reguit na die nessie, en weer op die eiertjies gaan sit.

Maar wat nou gedoen? Die kondukteur kon baie maklik heeltemal van daardie nessie vergeet het, maar hy het nie. Hy het 'n baie sagte plekkie in sy hart gehad vir daardie voëltjie. Hy het die stasiemeester van die nessie vertel wat ook daarna kom kyk het.

Die stasiemeester het gevoel dat hulle die wa behoort af te haak en daar te laat staan totdat die eiertjies uitgebroei was, want hy het ook 'n baie sagte hart gehad, net soos die kondukteur en die masjinis. Maar hulle sou dit nie kon doen sonder die toestemming van die hoofkantoor nie, en om sake nog moeiliker te maak, was dit die enigste kondukteurswa wat hulle daar gehad het, en dit moes weer die volgende dag vertrek. Die groot vraag was of die hoofkantoor gewillig sou wees om betyds 'n ekstra wa te stuur net omdat daar 'n rooiborsie op die was wat hulle het sit en broei.

Dit sou hulle seker nie doen nie. Die stasiemeester het darem besluit om die hoofkantoor te bel en te doen wat hy kon. Die ergste wat hulle kon doen, is om te weier. Soos dit gewoonlik in sulke gevalle gaan, het die nuus van die rooiborssie en haar nessie baie gou versprei;  die kondukteur het daarvan gepraat; die masjinis het daarvan gepraat; en die kinders het daarvan gepraat totdat die hele dorp daarvan geweet het, en die mense het na die stasie gestroom om die nessie te sien.

Ook die koerante het van die storie gehoor; hulle het van die rooiborsie geskryf, en ook prente geplaas. Soos julle self kan begryp, het die koerantberigte groot belangstelling gaande gemaak.

Die nuus het so vinnig versprei dat ook die spoorweghoofkantoor daarvan te hore gekom het. Toe die stasiemeester dus die hoofkantoor bel om te vra of hulle nie 'n eksta konkukteurswa kon stuur nie, het die bestuurder dadelik ja gesê. Ook het hy gesê dat hulle die wa met die nessie op 'n stil plek moet trek sodat die rooiborsie haar eiertjies kan uitbroei.

Die ekstra wa het die volgende dag daar aangekom. Daarna het mevrou Rooiborsie dag na dag op die eiertjies gesit, terwyl honderde nuuskieriges - kinders en grootmense - haar kom beloer het. Eendag het iemand gesien dat daar kleintjies in die nessie was, en toe het daar weer net soveel mense kom kyk hodat die voëltjie haar kleintjies voer. Die eienaars van daardie spoorweg het beveel dat daardie wa daar moes staan totdat die kleintjies kon vlieg en die nes verlaat. Dit was om hierdie rede dat die rooiborsiegesin die gaste van die spoorweg was totdat hulle besluit het om elders te gaan woon.

'n Mens sou dink dat dit snaaks is dat daardie vier manne sulke moeite gedoen het net ter wille van 'n ou voëltjie! Maar dit laat ons besef hoe baie teerhartige mense daar nog in die wêreld is. Die bietjie wat hulle kon doen vir daardie ou rooiborsie het hulle groot vreugde verskaf.

Slaaptyd stories

Deel Vyf

deur Arthur S. Maxwell

Posted 1 week ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Gebreekte Beskuitjies

Hier is seker een van die mooiste stories wat ek gehoor het. Hoe wens ek dat ek die betrokke seuntjie se naam ken, maar ek ken dit nie, en daarom sal ek hom sommer Tommy noem. Ek is seker die engele sal verstaan.

Tommy was ‘n arm seuntjie wie se Vader werkloos was. Sy Moeder het ander mense se wasgoed gewas vir 'n paar sjielings. Die hele gesin het in een vertrek in die agterbuurt van Londen gewoon.  Maar ten spyte van daardie ongunstige toestande, het Tommy 'n hart van goud gehad.

Een sondagnamiddag, terwyl hy in die donker, nou straatjie naby sy huis gespeel het, het hy mense, aangetrek in hulle beste klere sien verbyloop.

Sy nuuskierigheid is geprikkel. “waar gaan hulle almal heen?” het hy aan een van sy maats gevra. “Hulle gaan seker kerk toe,” was die antwoord.

“Hulle gaan liedere sing, en daarna sal hulle lusiter na 'n man wat preek.”

“Nee,” het 'n ander seun gesê. “Hulle gaan nie almal kerk toe nie, maar hulle gaan na die Oesfees.”

“Na die wat?” het Tommy gevra.

“Na die Oesfees. Weet jy nie daarvan nie? Hulle neem ertappels, wortels, kool, en rape, en stapel dit voor die preekstoel op. Het jy nog nooit so 'n fees gesien nie?”

Tommy het erken dat hy nog nie so 'n fees gesien het nie.

“Hoekom gaan jy nie na hierdie een kyk nie?” het sy vriend gevra.

Tommy het gedink dat dit 'n goeie idee is, en toe het hy koersgevat na die diens. Dit was nie in 'n kerk nie, maar in 'n sendingsaal. Hy het daardie saal - die Hoxton market Mission - al voorheen gesien, want die naam was in groot letters bokant die deur. Hy was al 'n hele paar maal in daardie saal vir etes wanneer hy baie honger was. Hy en ander kinders het daardie liedere gesing, en toe het 'n vriendelike ou  man vir hulle vertel van die liefde van Jesus. Hy het aangesluit by ander mense wat daarheen gegaan het, en hy het by die deur ingeloer.

Hy is verras deur wat hy gesien het, want hy het nog nooit voorheen so iets gesien nie. Sy vriend was reg. Rondom die preekstoel was daar ertappels, wortels, kool en rape, en nog baie ander goed soos appels, lemoene, piesangs, groot trosse druiwe, en groot, heerlike brode - groter as wat hy nog ooit gesien het.

Uit pure verbasing het hy saggies gefluit. Die uitdrukking op sy gesig het getoon hoe verbaas hy was.  "Dit lyk of jy baie groot belang stel in alles,“ het 'n vriendelike stem gesê.

Tommy het omgekyk, en toe het hy begin weghardloop.

"Moenie weggaan nie; jy kan bly as jy wil.”

“Mag ek?” het Tommy gevra. “Maar waarvoor is al daardie goed?”

“Weet jy nie?” Wel, eenmaal per jaar bring elkeen iets wat in die aarde gegroei het, as bewys dat hulle erken dat alle goeie dinge van God kom en dat hulle dankbaar is vir die oes.“

"Moet hulle die goed self kweek?”

“Nee; dit kan ook nie hier gebeur nie omdat daar geen tuine is nie. Die mense spaar hulle pennies op en dan koop hulle iets en bring dit. Na alles verby is, word die goed aan die armes uitgedeel.”

“Moet almal iets bring?” het Tommy verleë gevra.

“Nee,” het die vriendelike dame gesê, “net diegene wat voel dat hulle iets wil bring. Baie van die mense het nie eens 'n paar pennies nie, en die Here verstaan alles.”

“Ek sal maar gaan,” het Tommy gesê.

Hy het omgedraai, en stil deur die stroom mense geglip. Toe het hy in sy sak gevoel. Ja, daar is dit nog - sy enigste pennie in die hele wêreld. Hy het dit net gister in die straat opgetel, en hy was van plan om dit te bêre en vir hom lekkers te koop.

“Miskien het hulle in daardie winkeltjie iets,” het hy vir homself gesê. “Ek hoop dit sal nie te klein wees nie. Daardie brode was so groot.”

Hy het die winkeltjie binnegegaan en begin rondkyk. Sal hy een van daardie suiglekkers koop? Nee, dit sal nie geskik wees nie. Hy het nog vir 'n rukkie gestaan en rondkyk.

O, daar is iets.

“Gebreekte beskuitjies - een pennie per pakkie.”

Beskuitjies? Ja, hulle sal deug. Want hulle is mos gemaak van iets wat in die grond gekweek is, net soos daardie groot brode wat hy gesien het. En daardie kardoese waarin die beskuitjies is, is glad nie te klein nie.

Tommy het een van die kardoese gekoop, die winkel dadelik verlaat, en teruggestap na die sendingsaal.

Hy het nie die moed gehad om na die voordeur te gaan nie, maar hy het geweet dat daar 'n agterdeur is, as dit maar net oop was -

Dit was.

Hy het senuweeagtig gevoel, want hy was bang dat iemand hom sou sien. Maar daar het nog mense ingegaan, sommige ook by die agterdeur. Hy het toe sommer saam met hulle ingeglip en gestap na die preekstoel waar die goed orals opgestapel was.

Styf in sy warm, vuil handjie, het hy die kosbare kardoes vasgehou.

“Gou nou! voordat iemand jou sien,” het hy gedink.

En langs een van daardie groot brode  het hy die kardoes neergesit.

Nimand het hom gesien dit doen nie, want daar was te veel mense, en die ander wat reeds in hulle sitplekke was, was te besig om te gesels.

Tommy het vir hom daar ver 'n sitplek  gesoek, en niemand nie, nie eens daardie vriendelike dame wat met hom gepraat  het, het geweet hy is daar nie.

Na die diens is hy terug na sy troostelose ou huisie, maar in sy hart het hy buitengewoon gelukkig gevoel. Ek is seker dat daar ook blydskap in die hemel was toe die engele kom vertel  het van sy mooi daad van opoffering. Daardie kardoes gebreekte beskuitjies is natuurlik daar gevind. Iemand het dit later ontdek by die groot brood en daar het trane gekom in die oë van daardie persoon waar hy gedink het aan die edele kinderliefde wat aanleiding gegee het tot die daad.

Hy het my later vertel dat hy gedink het dat dit die beste van al daardie gifte was.

Ek dink ook so, en julle?

Ook het dit my laat dink aan 'n storie wat Jesus vertel het van die arm weduwee wat eendag na die tempel gegaan en gesien het hoe die mense hulle offergawes gee, en toe ook haar twee geldstukkies in die skatkis gegooi het - die waarde daavan was omtrent een oortjie.

Toe het Jesus aan sy dissipels gesê: “Voorwaar Ek se vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het. Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi; maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het.” Mark. 12:43-44.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 11 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Onder die Waterval

Was julle al ooit by die Niagara-waterval? So nie, is ek seker dat julle eendag sal wil gaan kyk, nie waar nie?

Daardie waterval is een van die natuurwonders van diewêreld, en niemand kan na die magtige watermassa wat so oor die afgrond stort, kyk, sonder om ontroer te word deur die verruklike grootsheid van die skouspel nie.

Maar die meeste mense wat hierdie natuurtoneel besoek, sien dit gewoonlik nooit in die grootsheid daarvan nie. Om dit te kan sien, moet ‘n mens heeltemal onder die waterval gaan staan sodat die water bo-oor jou verbystort.

Onder die waterval?

Ja, want niemand het 'n tonnel deur die soliede rots gekap sodat besoekers, nadat hulle met 'n hyser na benede gegaan het, onder die bruisende watermassa kan staan.

Word 'n mens nat?

Ja, natuurlik, en jy moet vir die okkasie aantrek; maar jy kan die mondering wat jy nodig het daar huur, en hoe snaaks lyk 'n mens daarin! In die prent op bladsy 174 kan julle mense sien met die waterproef-mondering aan. Hulle lyk amper soos kabouters uit 'n towerland, lyk hulle nie?

En dit lyk soos 'n towerland daaronder, want alles is so vreemd en wonderlik.

Kom saam met my, en besigtig die wondertoneel. Is dit nie 'n magtige skouspel nie? Daar skyn geen einde te wees aan die magtige watervloed waar dit donderend oor jou stort, en jou van kop tot tone natmaak nie. Water - daar is oseane en oseane daarvan - verander in kokende wit bruiswater soos dit neerstort onderweg na die see.

As 'n mens reg na bo kyk, kan jy die blou lug sien, en skielik word die liefde van Jesus vir jou duideliker. Sy liefde is net soos hierdie magtige watermassa wat ons feitelik heeltemal omhul.

Die Bybel leer ons dat daar geen perke aan Sy liefde is nie, en dat Hy ons 'volkome red’. (Heb. 7:25)

Dit is ewig, want Hy het lief 'tot die einde toe.’ (Joh. 13:1)

Sy liefde is sonder maat, 'Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.’ Ps. 103:11.

Soos die magtige Niagara-waterval, vloei dit rondom ons en vertroos en besiel ons, en voorsien in al ons behoeftes 'na sy rykdom in heerlikehid. ’ (Filip. 4:19)

Dit laat my dink aan daardie mooi lied wat ons so dikwels sing:

“Diep en wyd en heerlikSoos die blou omhoog,Magtig, onoorwinklikSpan Sy liefdeboog.”

Het julle ondervind dat Sy liefde so is - soos 'n oseaan van goedheid en vriendelikheid en genade wat sommer bo-oor stroom?

Elkeen van ons kan daardie liefde ondervind as ons wil.

Staan net onder die waterval en kyk na bo.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 13 weeks ago

Melkbos Sprinkaan (Common Milkweed Locust)

Gister het ons die 3km staproete gaan uit toets! Daar is ook ‘n langer een. Is jy lief vir stap? Het jy 'n behoefte aan 'n skoon en veilige roete weg van die stad se geraas? Kyk nie verder as na Kleinfontein Kultuurdorp se verskillende staproetes nie. Enkel of in groepsverband, ons help jou graag!

En wie kry ons? Phymateaus morbillosus

Phyma is Grieks vir swelling, ook uitgroeisels selfs op die gesig en ore, en morbus is afkomstig van die Latyns vir siekte / illness.

Hierdie is een van ons giftige sprinkane, nie omdat dit byt of steek nie, maar omdat dit gifstowwe stoor in die liggaam van die giftige plante wat dit vreet, soos die melkbos Asclepias fruticosus .

Die gif word uitgeskei in die vorm van ‘n wit skuim. Laasgenoemde laat die insekte nie net sleg smaak nie, dit kan ook giftig wees vir enige predatore wat dit inneem / verteer.

Hulle is redelik groot insekte en breik lengtes van tot 72mm. Daar is rede om te glo dat hul in ‘n verskeidenheid van kleure en subspesies voorkom. Die kleure is gewoonlik aposomaties, oftewel gevaar kleure wat hul vertoon.

Dit help dat predatore onthou dat hierdie sprinkane sleg of gevaarlik is, en hul heeltemal uitlos. Hierdie die sprinkane het perfekte gevormde vlerke, maar is nie instaat om te vlieg nie, want hulle het ook nie nodig om te vlieg nie.

image
Posted 24 weeks ago
Posted 35 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Terug van die Strand

Nellie en Frankie was onderweg na die strand. Hoe gelukkig was hulle nie! Daar was niks waarvan hulle so baie gehou het as om op die sand te speel, of in die vlak water te loop nie.

“Ek wil julle darem net aan een ding herinner,” het Pappie gesê toe hy daar stilhou. “Onthou dat hulle albei nuwe skoene aanhet. Trek julle skoene uit sodra julle by die strand is, en sorg dat hulle nie verloor nie.”

“Ja Pappie,” het hulle albei gesê “ons sal.” Maar hulle het nie eintlik gedink wat hulle gesê het nie, want in hulle verbeelding het hulle al in die water rondgestap.  

Toe die motor stilhou, het die twee opgewonde kinders uitgespring, en reguit na die water gehardloop. Skielik het Nellie haar skoene onthou; sy het hulle uitgetrek en gesit waar sy seker was dat sy hulle weer sou vind. Maar Frankie was so gretig om by die see te kom dat hy byna met skoene en al in die water in is. Hy het sommer sy skoene daar uitgeskop, hulle laat lê net waar hulle geval het, en hy is die water in. Hoe heerlik het hulle daar gespeel!

Toe hulle moeg gespeel was in die water, het hulle sandkastele gebou, reisies gehardloop, en toe weer in die water geloop. Hulle was so besig dat hulle nooit die keer van die gety opgemerk het nie, en die water het al hoër en hoër gestyg tot by die plek waar Frankie se skoene lê.

Eindelik, te gou soos hulle gereken het, het Pappie vir hulle geskreeu om terug te kom. “Dit is tyd om huis toe te gaan: kom jou julle twee.”

Toe was daar ‘n gesoek na skoene. Nellie het hare gekry, want sy het hulle op 'n veilige plek gelaat. Maar Frankie se skoene was nêrens te sien nie. Hy was nie eens meer seker van die plek waar hy hulle gelaat het nie, want dit was nou alles toe onder die water!

Hulle het gesoek en gesoek, maar tevergeefs. Daar was geen skoene nie. Pappie het gesê dat Frankie baie agtelosig was, en dat hy kaalvoet sal moet huis toe gaan. Maar Nellie het gesê dat sy nog 'n paar slippers in die motor het, en dat Frankie hulle solank kan aantrek.

So is hulle dan huis toe; Nellie met haar nuwe skoene aan, en Frankie met Nellie se ou slippers. Frankie het glad nie daarvan gehou om meisie-skoene te dra nie; hy wou sy skoene hê. Ook Pappie en Mammie was ontevrede, want hulle sou weer 'n nuwe paar skoene moes koop. “Miskien kan ons weer gaan soek,” het Pappie gesê.

“Dit sal nie help nie,” het Moeder gesê. “Die skoene sal by die tyd al diep in die see wees.”

“Wel, ons kan darem maar gaan kyk,” het Pappie gesê, “Dit sal in elk geval geen kwaad doen nie.”

Die volgende oggend is hulle almal weer na die see toe om na Frankie se skoene te soek. Maar, vreemd genoeg, was dit hierdie keer Pappie en Mammie wat uit die motor geklim het; Nellie en Frankie het bly sit. Hulle het gesê dat hulle 'n rukkie wou wag, maar het nie gesê waarom nie. Dit was vir Pappie en Mammie snaaks, en hulle het toe maar alleen gaan soek.

Daar, alleen in die motor, het Nellie en Frankie by die agterste sitplek neergekniel en begin bid. Nellie was maar nege jaar, en Frankie net sewe jaar oud. Maar hulle het geglo dat Jesus kinders liefhet en hulle graag help wanneer hulle in die moeilikheid is. Hulle het gebid dat Frankie se skoene gevind mag word! Ses maal het hulle dieselfde gebedjie oor en oor gebid.

Toe het hulle Pappie en Mammie vinnig sien terugkom na die motor toe. Hulle was baie blymoedig en opgeruimd.

“Kyk!” het Nellie uitgeroep. “Kyk wat dra Pappie daar!”

“My skoene! My Skoene! het Frankie uitgeroep. Ja, hulle het die skoene gevind, en onbeskadig ook. Pappie het hulle gevind nie ver van waar die motor stilgehou het nie. Waarom hy hulle juis daar gevind het, kon niemand sê nie, maar almal was dankbaar, veral Nellie en Frankie, wat toe vertel het wat hulle gedoen het terwyl Pappie en Mammie na die skoene gaan soek het.

Dit is so 'n kleinigheid om oor te bid, sê julle. Ek weet. Dit was maar net 'n paar skoentjies! Maar waarom nie? Jesus stel belang in al die klein dingetjies van ons lewe. Het Hy dan nie van die mossies gesê, "Nie een van hulle is voor God vergeet nie?” Ja, Hy het, en Hy het verder gesê, “Julle is meer werd as baie mossies.” Kukas 12: 6,7.

Ons moet dus nie versuim om oor klein dingetjies sowel as groot dinge te bid nie. Nie een van ons gebede - nie 'n enkele een nie - word deur God vergeet nie.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 35 weeks ago

Afrikaanse Spotprent vir die Dag

  © Zapiro Daily Maverick 1/8/2019 #Zapiro

Posted 35 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Die Inbreker

Muriel het van die skool af gehardloop gekom.

“O Moeder,” het sy uitgeroep, “hoor net hier; al die meisies in my klas gaan na Jenny se partytjie aanstaande Donderdagaand.

"Gaan hulle?” het Moeder gesê, en sy het hard geprobeer om belangstelling te toon, want sy was baie moeg. “Dit sal baie lekker wees.”

“Maar dis nie al nie,” het Muriel gesê; “byna almal van hulle het my vertel dat hulle die pragtigste nuwe rokke gaan he - rokke van die mooiste goed.”

“Dan voel hulle seker baie bly,” het Moeder gesê. “Ja,  maar wat van my? Ek kan tog nie in my ou rok gaan nie.”

“Jou rok is nie so oud nie,” het Moeder gesê. “Jy het dit dan nou die dag op jou verjaarsdag gekry. Hoe dit ook al sy, ek sien glad nie hoe ek ‘n nuwe rok teen Donderdag kan klaarmaak nie.”

Muriel het glad nie die moee trek op Moeder se gesig gesien by die gedagte aan nog 'n rok maak nie. “Moeder!” het sy uitgeroep, “Moeder wil tog nie sê dat ek nie 'n nuwe rok vir Donderdag kan hê nie? Ek moet dit eenvoudig he! Ek kan nie dink om na Jenny se party te gaan daarsonder nie. Wat sal hulle van  my dink? Al die ander meisies sal nuwe rokke hê, en daar sal ek wees in daardie ou katoenrokkie! Ek moet eenvoudig 'n nuwe rok hê.”

Daardie uitdrukking van blye verwagting wat op Muriel se gelaat was toe sy die eetkamer ingehardloop  gekom het van die skool af, het nou plek gemaak vir 'n vreeslike vies uitrdukking. Hoe meer sy aan die sogenaamde onreg gedink het, hoe leliker het die uitdrukking op haar gesig geword. Geleidelik het sy toegee aan n baie slegte bui.

Sy het begin huil, met haar voet op die vloer gestamp en gesê, “Ek wil 'n nuwe rok hê!”

“Maar, kyk nou,” het Moeder gese. “Dis mos glad nie mooi vir 'n meisie om so tekere te gaan nie. Wat sou Jenny daarvan sê as sy jou nou kon sien?”

“Ek gee nie om wie my sien nie,” het Muriel in trane gegil.

“Kyk hier, Muriel”, het Moeder gesê. “Jy maak glad nie mooi nie. Jy is seker baie moeg. Gaan ddadelik na jou kamer. Ek sal jou ete later bring.”

Muriel het die vertrek woedend verlaat, en sy is die trap op na haar kamer toe. Later het Moeder haar aandete gebring. Sy het nie veel gesê nie, en sy het net lank genoeg vertoef om klein Jimmie in die bed te sit. Jimmie het hom aan die hele affêre nie gesteur nie, maar dit was darem vir hom snaaks dat Muriel so vroeg gaan slaap het.

'n Hele paar uur het verby gegaan. Muriel het probeer slaap, maar sy kon nie. Haar gewete het haar wakker gehou. Sy het geweet dat sy baie jammer behoort te wees oor haar gedrag, maar iets het haar teruggehou om dit te herken.  Sy het rondgerol in haar bed, en nog 'n uur het verbygegaan, en toe nog een. Eindelik het sy aan die slaap geraak.

Dit was vir haar of sy nog skaars aan die slaap was toe iets aan haar neus getrek het. Dit was Jimmie.

“Sus, Sus,” het hy gese, “Ek is bang. Mag ek by jou kom slaap?”

Muriel het regop gesit.

“Wat makeer, Jimmie?” het sy gesê, en die outjie opgetel langs haar.

“Het jy nie gehoor nie?” Die geraas daar onder!“

"Nee,” het Muriel gese. “Ek het geslaap. Wat se soort geraas was dit?”

“Iemand stap daar onder rond,” het Jimmie gese.

Muriel het geluister. Dit was 'n baie donker nag, en stil. 'n Koel luggie het deur die venster ingewaai. Die eetkamerhorlosie het twee-uur geslaan.

“Dis al twee-uur,” het Muriel gese. “Niemand kan nou nog daar onder wakker wees nie.”

“Maar daar is iemand daar onder, ek het hom netnou gehoor,” het Jimmie gese.

“Jy moes dit ook gehoor het.”

Skielik het Muriel se hart begin bons, en sy het sommer baie bang geword. Sy was nou seker dat sy ook iemand hoor loop het.

“Het jy gehoor,” het Jimmy gevra.

“Ja,” het Muriel gesê. “Ek wonder-”

“Dink jy dis 'n inbreker?” het Jimmie fluisterend gevra.

“Dit kan wees,” het Muriel gesê, en nou was sy regtig baie bang.

“Wat sal ons doen?” het Jimmie gevra. “Dink jy hy sal ons seermaak?”

Muriel het nie geweet wat om te sê nie. Sy wou eers haar kop toetrek. Toe het sy onthou hoe sy eendag aan die meisies by die skool gesê het was sy sou doen as sy ooit 'n inbreker teekom. Sy het 'n oomblik gedink.

“Daar is dit weer!” het Jimmie bang gefluister, en sy sussie begin vasklem.

“Jimmie,” het Muriel gese, “weet jy wat, ek sou baie graag wou sien hoe 'n inbreker lyk, net eenmaal, sodat ek die meisies by die skool kan vertel.”

“Ek wil nie een sien nie,” het Jimmie gese.

“Sal jy saam met my kom as ek onder toe gaan?” het Muriel gevra. “Ek sal na jou kyk.”

Jimmie het gehuiwer, maar hy het darem saam gegaan. Hulle het uit die bed geklim, en is op hulle tone na die deur, en het dit oopgemaak.

Die skarniere het so geraas dat hulle amper weer terug bed toe is. Maar hulle het mekaar se hande styf vasgehou, en stilletjies na die trap gegaan.

Hulle het so 'n rukkie gewag, en toe is hulle verder.

K-r-a-a-k! het een van die trappe weer gegaan. Weer het hulle gewag. Toe is hulle verder. Kraak! Kraak! het die trappe geraas.

“Hy sal ons hoor,” het Jimmie gewaarsku, “Laat ons teruggaan.”

“Wag maar 'n bietjie,” het Muriel gefluister, en sy hand 'n druk gegee. “Ons is amper daar. Kyk daar is lig in die eetkamer. Ek moet sien hoe 'n inbreker lyk, want ek mag nooit weer die kans kry nie.”

“Maar sal hy ons nie seermaak nie?” het Jimmie gevra.

“Ons sal vinnig weghardloop,” het Muriel gesê.

Hulle was nou onder in die gang.

Stilletjies het hulle na die deur gesluip. Dit was op 'n skrefie oop. Muriel het dit nog so 'n klein endjie oopgestoot. Toe weer 'n bietjie, en toe nog 'n bietjie. So is die deur al wyer en wyer oopgestoot todat Muriel gemeen het dat sy nou sou kon inloer.

Jimmie het haar hand baie styf vasgehou terwyl sy ingeloer het.

“Muriel! het 'n stem uitgeroep, en 'n skêr het grond toe getuimel.

"Moeder!” het Muriel uitgeroep.

Hulle het na mekaar gekyk.

“Moeder! Wat doen Moeder hierdie tyd van die nag hier? Dit is al amper half-drie, en Moeder lyk so moeg.

"Ek maak sommer 'n rok,” het Moeder gesê.

“Tog nie my rok nie”, het Muriel uitgeroep. “O, dit is! Moeder moes dit nie gedoen het nie. Ek verdien dit nie. Moeder moes nie so laat wakkergebly het nie. en Moeder is so moeg!”

Sy het haar Moeder omhels. “Ek is so jammer,” en toe het sy begin huil.

“Toe maar, toe maar,’ het Moeder gesê. "Die rok is bykans klaar. Kom laat ons nou almal gaan slaap. Maar wat doen Jimmie hier?”

“Muriel het gesê dat ek 'n inbreker sou sien as ek saam met haar kom, en nou is daar nie een nie,” het Jimmie teleurgestel gesê.

“Ek is jammer,” het Muriel gesê, toe hulle saam boontoe is, “maar Mammie is tog seker baie beter as 'n inbreker, is sy nie?”

Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

Posted 35 weeks ago

Wie is ek? #trotsAfrikaner Blog

Ken jy my, Afrika?

My moed plant ʼn 1652-kruis, aan die suidpunt van Afrika
en my bloed vloei Bartholomeüsnagstrepe oor die oseaan
Ek wuif die Pruise vaarwel, te voet na Amsterdam, en te skip na die Suide soos die nuwe horisonne my roep
en my Germaanse trots die Krugers en Kriges en Kleynhanse word dit wat met Duitse durf die aarde oopkloof om hoop en lewe te bring

Vanaf die kroon se eilande kom ek Iers, en Skots, en Engels hieraan, om vir sy majesteit, en later haar majesteit, se ryk die son nooit te laat ondergaan

Maar hierdie hartsland verdeel my lojaliteite en ek kies my eie bo die nou vreemde
Ek trek

Ek trek deur Vegkop en Blaauwkrans en Weenen en staan vas voor die oormag tot die rivier bloei.

Ek trek
Ek trek tussen wit tente en kruise deur tot in my eie republieke en my eie vlae en my eie lied

En ek sing
ek sing in my eie woorde oor my eie vryheid en my eie toekoms
En ek bou en plant en groei

En my Gelofte word versoeningsbloed wat plaasmoordstrepe oor mielielande, en wingerde en velde vloei
Tot vryheidshorisonne weer roep.

Ek is Afrikaner
Ek ken jou Afrika, maar ken jy my?
Ek is Afrikaner, en as trek lê my spore diep
Ek is Afrikaner, en my spore word nie somaar deur winde van verandering uitgewis nie
Ek is Afrikaner
Ken jy my, Afrika? Want ek…ek ken jou.

Geleen van Orania Blog

#share

Posted 37 weeks ago

Die Grensverhaal

Posted by Paul Joubert on Tuesday, March 5, 2013 Under: Afrikaans: Kortverhale

"Grensverhaal"

 Ek was op die Grens (90 dae ononderbroke opleiding) toe sy tussen 18h00 en 19h00 die aand van 1 Augustus 1983 dood is. Sy was 24 jaar oud. Ek het dikwels aan mense gesê sy is "my beste vriendin."

Sy was die eerste vrou aan wie se borste ek gevat het. Ek was toe negentien. In die sowat agttien maande wat ons "uitgegaan" het, wou sy nie hê ek moes haar penetreer nie. Sy was 'n maagd toe ek in Augustus 1979 met haar "uitgemaak" het. Ek het die operasionele gebied in 1982 tydens 'n kamp van dertig dae vir die eerste keer besoek om vir Paratus, die amptelike tydskrif van die Suid-Afrikaanse Weermag, 'n onderhoud te gaan voer met Luitenant Louis Kruger, skrywer van die roman Die skerpskutter wat daardie jaar deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns met die Eugène Marais-prys bekroon is. Hy was besig met sy twee jaar diensplig en op 'n buitebasis, Okalongo, in Owambo as kapelaan gestatsioneer.

"Owambo is in die noorde van Suidwes-Afrika geleë. Dit word aan die noordekant deur Angola begrens, oos deur Kavango, suid deur Etosha en wes deur die Kaokoland. Die gebied is ongeveer 53 000 vk.km groot en lê tussen 14 grade en 18 grade oos en 17 en 18 grade 46 minute suid," volgens 'n inligtingstuk van die S.A.W.

"Met die uitsondering van die noord-westelike grensgebied waar die Kunene-rivier 'n natuurlike grens vorm, bestaan die grens tussen Owambo en Angola uit 'n kartografiese lyn wat op die grond deur 'n veewerende heining aangedui word. Suid van die heining is 'n strook van een kilometer tot niemandsland verklaar in 'n poging om beter beheer oor die grens te verkry. Die niemanslandstrook staan bekend as die Jati-strook. Die grens tussen Owambo en Angola is ongeveer 450km lank."

Ek is van die Waterkloof-lughawe met 'n Lockheed C-130 Hercules van Ondangwa, wat daar met 'n Bedford na Oshakati en toe per buffel na Okalongo. "Owambo bestaan hoofsaaklik uit 'n besonder gelyk en uitgestrekte vlakte van 1 090 en 1 150 meter bo seespieël, wat deel uitmaak van die Kalaharikom. Die vlakte daal geleidelik in die rigting van die Etoshapan. Die sentrale deel van Owambo is deurkruis met 'n netwerk van vlak vloeikanale bekend as Oshanas. Hutgroepe en landerye is geleë op die hoërliggende grond tussen die Oshanas." Een oggend op die paradegrond het luitenant Kruger uit hoofstuk 3 van die Evangelie volgens Johannes voorgelees - Die gesprek van Jesus met Nikodemus. Hy het die volgende teksvers uitgesonder: "Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie." 

Ek is die volgende dag met 'n konvooi terug Oshakati toe. Teen die wand van die Buffel was ROOK VERBODE en GESPE VAS geverf. Langs die pad het ons stilgehou om te gaan kyk waar 'n trekker die week vantevore 'n landmyn afgetrap het. Die wrakstukke het in 'n radius van sowat vyftig meter om 'n gat van sowat 1,5 meter diep gestrooi gelê.

"Des moers", het 'n onderoffisier met 'n litteken op sy wang gesê. "Die twee PB's (plaaslike bevolking) wat op die tractor was het net 'n halwe body-bag vol gemaak." 

Volgens 'n koerantberig wat die oggend van 2 Augustus 1983 verskyn het, is sy dood deurdat sy van 'n perd afgeval het op 'n plaas naby Rustenburg. 

"In 'n poging om haar lewe te red, is sy inderhaas per ambulans van die hospitaal op Rustenburg an die H.F. Verwoerd-hospitaal in Pretoria gebring. Sy het egter onderweg beswyk aan kopbeserings wat sy tydens die val opgedoen het, " lui die berig. Ek het nooit haar lyk gesien nie.

Die oproepinstruksies het beveel dat ek my op Donderdag 7 Julie 1983 om 08h00 oop die parkeerterrein voor die Pretoria-stasie moes aanmeld, saam met die res van 'n burgermageenheid wat drie maande lank Grens toe gestuur is. Dit was koud - die koudste dag tot nog toe daardie winter, volgens die weerberig die aand op SAUK-TV1. Op Winterton in Natal is -12 garde Celsius dié nag gemeet.

Anderkant die tuine voor die stasie het werkers in wit oorpakke die Victoria-hotel se dak geverf. Op een van die houtbanke by die ingang het 'n boemelaar gelê en slaap. Op dié deel van sy rug wat onder sy vuil, geel trui uitgesteek het, het sere gesweer. 

Die blas sersant wat "roll-call" gehou het, het laaste van sy vrou afskeid geneem. Sy het twee kindertjies by haar gehad, elkeen met 'n rooi gehekelde poncho aan. On is met ons "balsakke" oor die skouer na die Bedfords en daarna na die deurgangskamp op Voortrekkerhoogte. Niemand het juis gepraat nie, behalwe 'n maer man met bakore wat vir die "drywer" gesê het hy sal hom "opfok" as hy ons "oumanne" 'n "rofie-ride" gee. 

By 1 Militêre Hospitaal het hulle ons ondersoek, urinemonsters geneem en ingespuit teen tifoïed, paratifoïed en tatanus. Die aand het 'n sersant-majoor met 'n blonde snor vertel hy hy die dokter, 'n vrou, wat die Tet.-inspuiting teogedien het, laat skrik het. "I told her I had herpes. Ha!" Drie biere later het hy die storie herhaal.

Na die ondersoek het ons buite in die son rondgestaan en wag op instruksies. "Hurry up and wait, is mos die army se motto," het die maer man met die bakore gesê.

Die saal langsaan het 'n nommer teen die muur gehad: 22. Die verf op die sinkdag was besig om af te skilfer. Party van die vensters was stukkend en die deure toegespyker. Toe ek tydens my diensplig in 1976 tien dae daar deurgebring het, het die saal 'n "naam" gehad. Dit was die psigiatriese afdeling vol "dwelfverslaafdes" (m.a.w) "daggarokers"), "sensitiewe seuns" wat met "identiteitsprobleme", bosbefokte "eenvoudige skisofrene" wat glo hulle is Idi Amin of die hoof van die Weermag, die Groot Instrukteur, Moses, Jesus Christus ("Hy was rein en onskuldig, daarom is ek nou hier om net 'n mens te wees, 'n vuilgat") almal in dieselfde rooi, wit en blou gestreepte kamerjasse ("technicolour dreamcoats") en swaar, bruin stewels. Teen een van die mure het 'n poster gehang an 'n meisie teen 'n sonsondergang met 'n blom in haar hand. 'n Vers van William Blake was in die onderste regterhoek afgedruk:

to see a World in a Grain of Sand

And to Heaven in a Wild flower

Hold Infinity in the palm of your hand

And Eternity in an hour.

Die middag in die deurgangskamp, nadat ons met R'1's en slaapsakke uitgereik is, het ons in 'n kaserne op kaal skuimrubbermatrasse wat met "pisvelle" oorgetrek is, gelê en "ballas bak".

"Hierdie kamp is PW se skuld, die meidenaaier," het 'n man met blonde kroeshare en puisies gesê. "Hoe so?" wou die maer man met die bakore weet. "Hy wil nou mos hê ons moet met die kaffers trou." Die kroeskop het 'n foto van 'n vrou uitgehaal en dit vir almal gewys. "My vrou," het hy gesê.

"Here, maar sy's lelik," het bakore laat hoor. "Miskien van buite, maar van binne is sy mooi." Buite het 'n vragmotor met 'n vrag bier verbygery. Iemand het 'n ghetto blaster uit sy "balsak" gehaal; die volume eers opgedraai en toe weer afgeskakel. Aan die onderpunt van die kaserne het die maer man die rooikop langs hom vertel van Deep Throat wat hy op 'n Pirate-video gesien het" "...Ja, man haar clit sit toe al die tyd in haar keel."

"Dis fokol", het die rooikop geantwoord. "Een van die appys in ons shop sê hy't al 'n koei genaai. In die neus."

Die maer man het histeries begin lag. "Hy tune, as die koei hom die tweede keer lek met daai lekker skrurwe tong, kom hy sulke lang skote." Die maer man het van sy bed afgeval. Die aand het die bevelvoerder van die burgermageenheid - 'n gryskopman met 'n los keelvel - die manskappe in die kaserne toegespreek. Saam met hom was 'n kapelaan.

"Julle mag nie godsdiens of politiek praat, of kaffer sê nie," het hy gesê. "En wees asseblief versigtig, ek wil nie die smart beleef om die doodstyding van een van my seuns aan sy bedroefde ouers oor te dra nie."

Die kapelaan het ingesit met psalm 100. Die mans het hortend saamgesing. Party het nie die woorde geken nie. "Ek was lank op die grens," het hy gesê, "maar die laaste tyd, vandat ek terug is in die States, werk ek net met dominees. Daarom is dit vanaand weer vir my lekker om met mense te praat." Hy het geglimlag en gevra of daar enige Jode onder ons is. 'n Man met swart krulhare het sy hand opgesteek. Hy het 'n modieuse groen- en pienk sweetpak aangehad. "Akkerpiel," het 'n man met LOVE op sy linkerhand se kneukels getatoëer, langs my gemompel.

"I'll keep kosher and read from the Old Testament," het die kapelaan gesê, sy lanferbaret afgehaal en die nuwe vertaling in Afrikaans van Psalm 23 voorgelees." As jy nog nie daar bo was nie, kan jy nie saampraat nie," het die kapelaan gesê. "Oor drie maande sal julle kan saampraat. Onthou net dis 'n voorreg. En die verantwoordelikheid lê by jou. Daar bo raak 'n man mos sterk na ses biere..."Hy het die Bybel in sy hand styf vasgeklem dat die spiere op sy harige arm span. Die man met die tatoeëermerke het gegrinnik. "...En voor jy weet waar jy is, skiet 'n wag op jou - jou eie maatjie, ja, of jou lorrie trap 'n cracker af, het hy voortgegaan. "Wees verantwoordelik. Onthou, die Here is die Herder wat jou lei en altyd by jou is." Toe het hy gebid.

Voor ons vertrek het ons die vorm DD 1112 onderteken. Op Aanhangsel A van die vorm is Artikel 118 en 119 van die S.A. Verdedigingswet (Wet nr. 44 van 1957 soos gewysig) en Artikel 3 van die Wet op Amptelike Geheime, 1956, afgedruk. Die begin van Artikel 118 lui soos volg: "(1) NIemand mag in 'n nuusblad, tydskrif, boek of pamflet of per radio of op ander wyse - (a) inligting met betrekking tot die samestelling, bewegings of opstellings van - (i) Die Suid-Afrikaanse Weermag en enige kragtens hierdie Wet ingestelde hulpdiens of vrywillige pleegdiens, of 'n mag van 'n land wat 'n bondgenoot van die Republiek is; of (ii) Suid-Afrikaanse of geallieerde skepe of vliegtuie wat vir vloot- of militêre doeleindes aangewend word; of (iii) Lokomotiewe, rollende materiaal, voertuie, vaartuie, of vliegtuie van enige spoorweg-, pad-, binnelandse water- of seevervoerstelsels of lugdiens waaroor 'n offisier van die Suid-Afrikaanse Weermag ingevolge artikel 102 (1) beheer geneem het, of enigiets wat ingevolge artikel 102 (2) op aansegging van die Minister verskaf is, of enige verklaring, kommentaar of gerug wat daarop bereken is om regstreeks of onregstreeks sulke inligting oor te dra, publiseer nie, behalwe waar die inligting verstrek of die publikasie daarvan gemagtig is deur of betrekking tot 'n lid van die Suid-Afrikaanse Weermag of 'n bedrywigheid van die Suid-Afrikaanse Weermag of 'n mag van 'n vreemde land, wat daarop bereken is om die Regering in sy buitelandse verhoudinge te benadeel of in verleentheid te stel of om lede van die publiek te ontstel of neerslagtig te maak, publiseer nie behalwe waar die publiaksie daarvan deur of op gesag van die Minister gemagtig is."

Drie weke na haar dood het 'n brief wat sy op 30 julie 1983 geskryf het, my bereik.

In my woonstel het ek voor 'n venster met 'n uitsig oor die tuin gaan sit. In die blombedding het papawers gestaan. Ek het die brief oopgemaak en deurgelees. Die kamer was lig en warm binne.

Die roudiens is Vrydag, 5 Augustus 1983, om 11h00 gehou waarna sy veras is. Dit was 'n helder, winderige dag. Van die kerk op die hoogtetjie in Melville, Johannesburg, kon 'n mens oor die lykswa se dak die stad sien skiiter. "Soos 'n antieke tempel," het die man gesê wat die laaste met haar gepraat het voordat sy dood is. Hy het vertel dat nadat sy van die perd afgeval het, sy dadelik bewusteloos was en bloed by haar mond en ore uitgeloop het. Die dominee het uit Romeine 8 voorgelees. Hy het vers 31 uitgesonder: "Wie sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vir ons is, wie kan teen ons wees:"

Die middag na die begrafnisis ek na 'n Turkse stoombad en gesondheidskliniek in die middestad waar ek 'n man opgetel het. Hy het prominente oogtande, 'n aknee-vel en 'n kort ken gehad. Toe hy my penentreer, die waaie van my bene oor sy skouers, het ek vir die eerste keer gehuil. Die middagson het deur die Sunfilter-gordyne op die klam, wit lakens geskyn.

Die kapelaan op Ondangwa het my die Woensdagoggend na parade laat roep. Op pad na sy kantoor het ek verby die HK gestap, 'n sinkgebou, en die vlugbalbaan waar twee witborskraaie staan en pik. Teen een van die kapelaan se kantoormure was 'n plakkaat vasgepak met 'n strokiesfiguur, Weerman Wenner,daarop geteken. Hy het 'n lang wysvinger en sê met 'n skewe glimlag: "Groet Owambo vandag, môre red dit dalk jou lewe." Die kapelaan het my ingelig oor die ongeluk waarin my "verloofde" sowat 36 uur vantevore dood is. Hy het my ook vertel van die berig in die koerant. 

"Ek is bly het het dit nie gisteraand in die hande gekry nie, anders het jy dalk gecrack," het hy gesê en toe gebid. Ek is agter op 'n Bedford na Oshakati waar ek moes gaan uitklaar. In my bosak, binne-in my diens- en soldyboek, was 'n foto van my en haar. Ek is 20 en sy is 18. Langs die pad tussen Ondangwa en Oshakati het oranje, pers en geel komberse oor die doringsdraadheinings gehang. Onder die bome het bokke op hul agterpote gestaan, hul nekke gestrek en die takke onder gelyk gevreet. In die koelte het mense gesit, Owambo's, en tussen die bome het karkasse aan dwarslatte in die wind gehang. Die man het gesê hy hou van my "bush-cut" en 'n handdoek om sy onderlyf gedraai. 

Ek het opgestaan en die venster oopgemaak. Die geur van die jasmyn in die heining het die kamer binnegedring. Op die syppadjie het 'n poedel 'n wolfhold probeer dek. Hy kon nie bykom nie. Met sy voorpoot het die poedel teen die ferm, rooi vleis van sy penis, wat ver uitgesteek het, gekrap. Ek het na my NAD-hoëtroustel gedraai en 'n strykoktet van Mendelssohn op die draaitafel gesit. Hy het dit in 1825 gekomponeer toe hy 16 was. Volgens sy suster, Fanny, is die Scherzo geïnspireer deur die laaste vier reëls uit deel 1 van Goethe se Faust:

Wolkenzug und Nebelflor

Erhellen sich von oben.

Luft im Laub und Wind im rohr.

Und alles ist zerstoben.

Die Weense Oktet speel op dié opname (Decca Jubliee JB128) 4 minute en 41 sekondes aan die scherzo. 

Koos Prinsloo                                                                                                                                        1987

In : Afrikaans: Kortverhale 

Tags: "grensverhaal"  paratus  die skerpskutter  koos prinsloo 1987 
www.myvolk.co.za Logo