www.myvolk.co.za

Slaaptydstories in Afrikaans

Gebreekte Beskuitjies

Hier is seker een van die mooiste stories wat ek gehoor het. Hoe wens ek dat ek die betrokke seuntjie se naam ken, maar ek ken dit nie, en daarom sal ek hom sommer Tommy noem. Ek is seker die engele sal verstaan.

Tommy was ‘n arm seuntjie wie se Vader werkloos was. Sy Moeder het ander mense se wasgoed gewas vir 'n paar sjielings. Die hele gesin het in een vertrek in die agterbuurt van Londen gewoon.  Maar ten spyte van daardie ongunstige toestande, het Tommy 'n hart van goud gehad.

Een sondagnamiddag, terwyl hy in die donker, nou straatjie naby sy huis gespeel het, het hy mense, aangetrek in hulle beste klere sien verbyloop.

Sy nuuskierigheid is geprikkel. “waar gaan hulle almal heen?” het hy aan een van sy maats gevra. “Hulle gaan seker kerk toe,” was die antwoord.

“Hulle gaan liedere sing, en daarna sal hulle lusiter na 'n man wat preek.”

“Nee,” het 'n ander seun gesê. “Hulle gaan nie almal kerk toe nie, maar hulle gaan na die Oesfees.”

“Na die wat?” het Tommy gevra.

“Na die Oesfees. Weet jy nie daarvan nie? Hulle neem ertappels, wortels, kool, en rape, en stapel dit voor die preekstoel op. Het jy nog nooit so 'n fees gesien nie?”

Tommy het erken dat hy nog nie so 'n fees gesien het nie.

“Hoekom gaan jy nie na hierdie een kyk nie?” het sy vriend gevra.

Tommy het gedink dat dit 'n goeie idee is, en toe het hy koersgevat na die diens. Dit was nie in 'n kerk nie, maar in 'n sendingsaal. Hy het daardie saal - die Hoxton market Mission - al voorheen gesien, want die naam was in groot letters bokant die deur. Hy was al 'n hele paar maal in daardie saal vir etes wanneer hy baie honger was. Hy en ander kinders het daardie liedere gesing, en toe het 'n vriendelike ou  man vir hulle vertel van die liefde van Jesus. Hy het aangesluit by ander mense wat daarheen gegaan het, en hy het by die deur ingeloer.

Hy is verras deur wat hy gesien het, want hy het nog nooit voorheen so iets gesien nie. Sy vriend was reg. Rondom die preekstoel was daar ertappels, wortels, kool en rape, en nog baie ander goed soos appels, lemoene, piesangs, groot trosse druiwe, en groot, heerlike brode - groter as wat hy nog ooit gesien het.

Uit pure verbasing het hy saggies gefluit. Die uitdrukking op sy gesig het getoon hoe verbaas hy was.  "Dit lyk of jy baie groot belang stel in alles,“ het 'n vriendelike stem gesê.

Tommy het omgekyk, en toe het hy begin weghardloop.

"Moenie weggaan nie; jy kan bly as jy wil.”

“Mag ek?” het Tommy gevra. “Maar waarvoor is al daardie goed?”

“Weet jy nie?” Wel, eenmaal per jaar bring elkeen iets wat in die aarde gegroei het, as bewys dat hulle erken dat alle goeie dinge van God kom en dat hulle dankbaar is vir die oes.“

"Moet hulle die goed self kweek?”

“Nee; dit kan ook nie hier gebeur nie omdat daar geen tuine is nie. Die mense spaar hulle pennies op en dan koop hulle iets en bring dit. Na alles verby is, word die goed aan die armes uitgedeel.”

“Moet almal iets bring?” het Tommy verleë gevra.

“Nee,” het die vriendelike dame gesê, “net diegene wat voel dat hulle iets wil bring. Baie van die mense het nie eens 'n paar pennies nie, en die Here verstaan alles.”

“Ek sal maar gaan,” het Tommy gesê.

Hy het omgedraai, en stil deur die stroom mense geglip. Toe het hy in sy sak gevoel. Ja, daar is dit nog - sy enigste pennie in die hele wêreld. Hy het dit net gister in die straat opgetel, en hy was van plan om dit te bêre en vir hom lekkers te koop.

“Miskien het hulle in daardie winkeltjie iets,” het hy vir homself gesê. “Ek hoop dit sal nie te klein wees nie. Daardie brode was so groot.”

Hy het die winkeltjie binnegegaan en begin rondkyk. Sal hy een van daardie suiglekkers koop? Nee, dit sal nie geskik wees nie. Hy het nog vir 'n rukkie gestaan en rondkyk.

O, daar is iets.

“Gebreekte beskuitjies - een pennie per pakkie.”

Beskuitjies? Ja, hulle sal deug. Want hulle is mos gemaak van iets wat in die grond gekweek is, net soos daardie groot brode wat hy gesien het. En daardie kardoese waarin die beskuitjies is, is glad nie te klein nie.

Tommy het een van die kardoese gekoop, die winkel dadelik verlaat, en teruggestap na die sendingsaal.

Hy het nie die moed gehad om na die voordeur te gaan nie, maar hy het geweet dat daar 'n agterdeur is, as dit maar net oop was -

Dit was.

Hy het senuweeagtig gevoel, want hy was bang dat iemand hom sou sien. Maar daar het nog mense ingegaan, sommige ook by die agterdeur. Hy het toe sommer saam met hulle ingeglip en gestap na die preekstoel waar die goed orals opgestapel was.

Styf in sy warm, vuil handjie, het hy die kosbare kardoes vasgehou.

“Gou nou! voordat iemand jou sien,” het hy gedink.

En langs een van daardie groot brode  het hy die kardoes neergesit.

Nimand het hom gesien dit doen nie, want daar was te veel mense, en die ander wat reeds in hulle sitplekke was, was te besig om te gesels.

Tommy het vir hom daar ver 'n sitplek  gesoek, en niemand nie, nie eens daardie vriendelike dame wat met hom gepraat  het, het geweet hy is daar nie.

Na die diens is hy terug na sy troostelose ou huisie, maar in sy hart het hy buitengewoon gelukkig gevoel. Ek is seker dat daar ook blydskap in die hemel was toe die engele kom vertel  het van sy mooi daad van opoffering. Daardie kardoes gebreekte beskuitjies is natuurlik daar gevind. Iemand het dit later ontdek by die groot brood en daar het trane gekom in die oë van daardie persoon waar hy gedink het aan die edele kinderliefde wat aanleiding gegee het tot die daad.

Hy het my later vertel dat hy gedink het dat dit die beste van al daardie gifte was.

Ek dink ook so, en julle?

Ook het dit my laat dink aan 'n storie wat Jesus vertel het van die arm weduwee wat eendag na die tempel gegaan en gesien het hoe die mense hulle offergawes gee, en toe ook haar twee geldstukkies in die skatkis gegooi het - die waarde daavan was omtrent een oortjie.

Toe het Jesus aan sy dissipels gesê: “Voorwaar Ek se vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het. Want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi; maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het.” Mark. 12:43-44.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 10 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Onder die Waterval

Was julle al ooit by die Niagara-waterval? So nie, is ek seker dat julle eendag sal wil gaan kyk, nie waar nie?

Daardie waterval is een van die natuurwonders van diewêreld, en niemand kan na die magtige watermassa wat so oor die afgrond stort, kyk, sonder om ontroer te word deur die verruklike grootsheid van die skouspel nie.

Maar die meeste mense wat hierdie natuurtoneel besoek, sien dit gewoonlik nooit in die grootsheid daarvan nie. Om dit te kan sien, moet ‘n mens heeltemal onder die waterval gaan staan sodat die water bo-oor jou verbystort.

Onder die waterval?

Ja, want niemand het 'n tonnel deur die soliede rots gekap sodat besoekers, nadat hulle met 'n hyser na benede gegaan het, onder die bruisende watermassa kan staan.

Word 'n mens nat?

Ja, natuurlik, en jy moet vir die okkasie aantrek; maar jy kan die mondering wat jy nodig het daar huur, en hoe snaaks lyk 'n mens daarin! In die prent op bladsy 174 kan julle mense sien met die waterproef-mondering aan. Hulle lyk amper soos kabouters uit 'n towerland, lyk hulle nie?

En dit lyk soos 'n towerland daaronder, want alles is so vreemd en wonderlik.

Kom saam met my, en besigtig die wondertoneel. Is dit nie 'n magtige skouspel nie? Daar skyn geen einde te wees aan die magtige watervloed waar dit donderend oor jou stort, en jou van kop tot tone natmaak nie. Water - daar is oseane en oseane daarvan - verander in kokende wit bruiswater soos dit neerstort onderweg na die see.

As 'n mens reg na bo kyk, kan jy die blou lug sien, en skielik word die liefde van Jesus vir jou duideliker. Sy liefde is net soos hierdie magtige watermassa wat ons feitelik heeltemal omhul.

Die Bybel leer ons dat daar geen perke aan Sy liefde is nie, en dat Hy ons 'volkome red’. (Heb. 7:25)

Dit is ewig, want Hy het lief 'tot die einde toe.’ (Joh. 13:1)

Sy liefde is sonder maat, 'Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.’ Ps. 103:11.

Soos die magtige Niagara-waterval, vloei dit rondom ons en vertroos en besiel ons, en voorsien in al ons behoeftes 'na sy rykdom in heerlikehid. ’ (Filip. 4:19)

Dit laat my dink aan daardie mooi lied wat ons so dikwels sing:

“Diep en wyd en heerlikSoos die blou omhoog,Magtig, onoorwinklikSpan Sy liefdeboog.”

Het julle ondervind dat Sy liefde so is - soos 'n oseaan van goedheid en vriendelikheid en genade wat sommer bo-oor stroom?

Elkeen van ons kan daardie liefde ondervind as ons wil.

Staan net onder die waterval en kyk na bo.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 12 weeks ago

Melkbos Sprinkaan (Common Milkweed Locust)

Gister het ons die 3km staproete gaan uit toets! Daar is ook ‘n langer een. Is jy lief vir stap? Het jy 'n behoefte aan 'n skoon en veilige roete weg van die stad se geraas? Kyk nie verder as na Kleinfontein Kultuurdorp se verskillende staproetes nie. Enkel of in groepsverband, ons help jou graag!

En wie kry ons? Phymateaus morbillosus

Phyma is Grieks vir swelling, ook uitgroeisels selfs op die gesig en ore, en morbus is afkomstig van die Latyns vir siekte / illness.

Hierdie is een van ons giftige sprinkane, nie omdat dit byt of steek nie, maar omdat dit gifstowwe stoor in die liggaam van die giftige plante wat dit vreet, soos die melkbos Asclepias fruticosus .

Die gif word uitgeskei in die vorm van ‘n wit skuim. Laasgenoemde laat die insekte nie net sleg smaak nie, dit kan ook giftig wees vir enige predatore wat dit inneem / verteer.

Hulle is redelik groot insekte en breik lengtes van tot 72mm. Daar is rede om te glo dat hul in ‘n verskeidenheid van kleure en subspesies voorkom. Die kleure is gewoonlik aposomaties, oftewel gevaar kleure wat hul vertoon.

Dit help dat predatore onthou dat hierdie sprinkane sleg of gevaarlik is, en hul heeltemal uitlos. Hierdie die sprinkane het perfekte gevormde vlerke, maar is nie instaat om te vlieg nie, want hulle het ook nie nodig om te vlieg nie.

image
Posted 22 weeks ago
Posted 34 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Terug van die Strand

Nellie en Frankie was onderweg na die strand. Hoe gelukkig was hulle nie! Daar was niks waarvan hulle so baie gehou het as om op die sand te speel, of in die vlak water te loop nie.

“Ek wil julle darem net aan een ding herinner,” het Pappie gesê toe hy daar stilhou. “Onthou dat hulle albei nuwe skoene aanhet. Trek julle skoene uit sodra julle by die strand is, en sorg dat hulle nie verloor nie.”

“Ja Pappie,” het hulle albei gesê “ons sal.” Maar hulle het nie eintlik gedink wat hulle gesê het nie, want in hulle verbeelding het hulle al in die water rondgestap.  

Toe die motor stilhou, het die twee opgewonde kinders uitgespring, en reguit na die water gehardloop. Skielik het Nellie haar skoene onthou; sy het hulle uitgetrek en gesit waar sy seker was dat sy hulle weer sou vind. Maar Frankie was so gretig om by die see te kom dat hy byna met skoene en al in die water in is. Hy het sommer sy skoene daar uitgeskop, hulle laat lê net waar hulle geval het, en hy is die water in. Hoe heerlik het hulle daar gespeel!

Toe hulle moeg gespeel was in die water, het hulle sandkastele gebou, reisies gehardloop, en toe weer in die water geloop. Hulle was so besig dat hulle nooit die keer van die gety opgemerk het nie, en die water het al hoër en hoër gestyg tot by die plek waar Frankie se skoene lê.

Eindelik, te gou soos hulle gereken het, het Pappie vir hulle geskreeu om terug te kom. “Dit is tyd om huis toe te gaan: kom jou julle twee.”

Toe was daar ‘n gesoek na skoene. Nellie het hare gekry, want sy het hulle op 'n veilige plek gelaat. Maar Frankie se skoene was nêrens te sien nie. Hy was nie eens meer seker van die plek waar hy hulle gelaat het nie, want dit was nou alles toe onder die water!

Hulle het gesoek en gesoek, maar tevergeefs. Daar was geen skoene nie. Pappie het gesê dat Frankie baie agtelosig was, en dat hy kaalvoet sal moet huis toe gaan. Maar Nellie het gesê dat sy nog 'n paar slippers in die motor het, en dat Frankie hulle solank kan aantrek.

So is hulle dan huis toe; Nellie met haar nuwe skoene aan, en Frankie met Nellie se ou slippers. Frankie het glad nie daarvan gehou om meisie-skoene te dra nie; hy wou sy skoene hê. Ook Pappie en Mammie was ontevrede, want hulle sou weer 'n nuwe paar skoene moes koop. “Miskien kan ons weer gaan soek,” het Pappie gesê.

“Dit sal nie help nie,” het Moeder gesê. “Die skoene sal by die tyd al diep in die see wees.”

“Wel, ons kan darem maar gaan kyk,” het Pappie gesê, “Dit sal in elk geval geen kwaad doen nie.”

Die volgende oggend is hulle almal weer na die see toe om na Frankie se skoene te soek. Maar, vreemd genoeg, was dit hierdie keer Pappie en Mammie wat uit die motor geklim het; Nellie en Frankie het bly sit. Hulle het gesê dat hulle 'n rukkie wou wag, maar het nie gesê waarom nie. Dit was vir Pappie en Mammie snaaks, en hulle het toe maar alleen gaan soek.

Daar, alleen in die motor, het Nellie en Frankie by die agterste sitplek neergekniel en begin bid. Nellie was maar nege jaar, en Frankie net sewe jaar oud. Maar hulle het geglo dat Jesus kinders liefhet en hulle graag help wanneer hulle in die moeilikheid is. Hulle het gebid dat Frankie se skoene gevind mag word! Ses maal het hulle dieselfde gebedjie oor en oor gebid.

Toe het hulle Pappie en Mammie vinnig sien terugkom na die motor toe. Hulle was baie blymoedig en opgeruimd.

“Kyk!” het Nellie uitgeroep. “Kyk wat dra Pappie daar!”

“My skoene! My Skoene! het Frankie uitgeroep. Ja, hulle het die skoene gevind, en onbeskadig ook. Pappie het hulle gevind nie ver van waar die motor stilgehou het nie. Waarom hy hulle juis daar gevind het, kon niemand sê nie, maar almal was dankbaar, veral Nellie en Frankie, wat toe vertel het wat hulle gedoen het terwyl Pappie en Mammie na die skoene gaan soek het.

Dit is so 'n kleinigheid om oor te bid, sê julle. Ek weet. Dit was maar net 'n paar skoentjies! Maar waarom nie? Jesus stel belang in al die klein dingetjies van ons lewe. Het Hy dan nie van die mossies gesê, "Nie een van hulle is voor God vergeet nie?” Ja, Hy het, en Hy het verder gesê, “Julle is meer werd as baie mossies.” Kukas 12: 6,7.

Ons moet dus nie versuim om oor klein dingetjies sowel as groot dinge te bid nie. Nie een van ons gebede - nie 'n enkele een nie - word deur God vergeet nie.

Slaaptyd stories

Deel Vier

deur Arthur S. Maxwell

Posted 34 weeks ago

Afrikaanse Spotprent vir die Dag

  © Zapiro Daily Maverick 1/8/2019 #Zapiro

Posted 34 weeks ago

Slaaptydstories in Afrikaans

Die Inbreker

Muriel het van die skool af gehardloop gekom.

“O Moeder,” het sy uitgeroep, “hoor net hier; al die meisies in my klas gaan na Jenny se partytjie aanstaande Donderdagaand.

"Gaan hulle?” het Moeder gesê, en sy het hard geprobeer om belangstelling te toon, want sy was baie moeg. “Dit sal baie lekker wees.”

“Maar dis nie al nie,” het Muriel gesê; “byna almal van hulle het my vertel dat hulle die pragtigste nuwe rokke gaan he - rokke van die mooiste goed.”

“Dan voel hulle seker baie bly,” het Moeder gesê. “Ja,  maar wat van my? Ek kan tog nie in my ou rok gaan nie.”

“Jou rok is nie so oud nie,” het Moeder gesê. “Jy het dit dan nou die dag op jou verjaarsdag gekry. Hoe dit ook al sy, ek sien glad nie hoe ek ‘n nuwe rok teen Donderdag kan klaarmaak nie.”

Muriel het glad nie die moee trek op Moeder se gesig gesien by die gedagte aan nog 'n rok maak nie. “Moeder!” het sy uitgeroep, “Moeder wil tog nie sê dat ek nie 'n nuwe rok vir Donderdag kan hê nie? Ek moet dit eenvoudig he! Ek kan nie dink om na Jenny se party te gaan daarsonder nie. Wat sal hulle van  my dink? Al die ander meisies sal nuwe rokke hê, en daar sal ek wees in daardie ou katoenrokkie! Ek moet eenvoudig 'n nuwe rok hê.”

Daardie uitdrukking van blye verwagting wat op Muriel se gelaat was toe sy die eetkamer ingehardloop  gekom het van die skool af, het nou plek gemaak vir 'n vreeslike vies uitrdukking. Hoe meer sy aan die sogenaamde onreg gedink het, hoe leliker het die uitdrukking op haar gesig geword. Geleidelik het sy toegee aan n baie slegte bui.

Sy het begin huil, met haar voet op die vloer gestamp en gesê, “Ek wil 'n nuwe rok hê!”

“Maar, kyk nou,” het Moeder gese. “Dis mos glad nie mooi vir 'n meisie om so tekere te gaan nie. Wat sou Jenny daarvan sê as sy jou nou kon sien?”

“Ek gee nie om wie my sien nie,” het Muriel in trane gegil.

“Kyk hier, Muriel”, het Moeder gesê. “Jy maak glad nie mooi nie. Jy is seker baie moeg. Gaan ddadelik na jou kamer. Ek sal jou ete later bring.”

Muriel het die vertrek woedend verlaat, en sy is die trap op na haar kamer toe. Later het Moeder haar aandete gebring. Sy het nie veel gesê nie, en sy het net lank genoeg vertoef om klein Jimmie in die bed te sit. Jimmie het hom aan die hele affêre nie gesteur nie, maar dit was darem vir hom snaaks dat Muriel so vroeg gaan slaap het.

'n Hele paar uur het verby gegaan. Muriel het probeer slaap, maar sy kon nie. Haar gewete het haar wakker gehou. Sy het geweet dat sy baie jammer behoort te wees oor haar gedrag, maar iets het haar teruggehou om dit te herken.  Sy het rondgerol in haar bed, en nog 'n uur het verbygegaan, en toe nog een. Eindelik het sy aan die slaap geraak.

Dit was vir haar of sy nog skaars aan die slaap was toe iets aan haar neus getrek het. Dit was Jimmie.

“Sus, Sus,” het hy gese, “Ek is bang. Mag ek by jou kom slaap?”

Muriel het regop gesit.

“Wat makeer, Jimmie?” het sy gesê, en die outjie opgetel langs haar.

“Het jy nie gehoor nie?” Die geraas daar onder!“

"Nee,” het Muriel gese. “Ek het geslaap. Wat se soort geraas was dit?”

“Iemand stap daar onder rond,” het Jimmie gese.

Muriel het geluister. Dit was 'n baie donker nag, en stil. 'n Koel luggie het deur die venster ingewaai. Die eetkamerhorlosie het twee-uur geslaan.

“Dis al twee-uur,” het Muriel gese. “Niemand kan nou nog daar onder wakker wees nie.”

“Maar daar is iemand daar onder, ek het hom netnou gehoor,” het Jimmie gese.

“Jy moes dit ook gehoor het.”

Skielik het Muriel se hart begin bons, en sy het sommer baie bang geword. Sy was nou seker dat sy ook iemand hoor loop het.

“Het jy gehoor,” het Jimmy gevra.

“Ja,” het Muriel gesê. “Ek wonder-”

“Dink jy dis 'n inbreker?” het Jimmie fluisterend gevra.

“Dit kan wees,” het Muriel gesê, en nou was sy regtig baie bang.

“Wat sal ons doen?” het Jimmie gevra. “Dink jy hy sal ons seermaak?”

Muriel het nie geweet wat om te sê nie. Sy wou eers haar kop toetrek. Toe het sy onthou hoe sy eendag aan die meisies by die skool gesê het was sy sou doen as sy ooit 'n inbreker teekom. Sy het 'n oomblik gedink.

“Daar is dit weer!” het Jimmie bang gefluister, en sy sussie begin vasklem.

“Jimmie,” het Muriel gese, “weet jy wat, ek sou baie graag wou sien hoe 'n inbreker lyk, net eenmaal, sodat ek die meisies by die skool kan vertel.”

“Ek wil nie een sien nie,” het Jimmie gese.

“Sal jy saam met my kom as ek onder toe gaan?” het Muriel gevra. “Ek sal na jou kyk.”

Jimmie het gehuiwer, maar hy het darem saam gegaan. Hulle het uit die bed geklim, en is op hulle tone na die deur, en het dit oopgemaak.

Die skarniere het so geraas dat hulle amper weer terug bed toe is. Maar hulle het mekaar se hande styf vasgehou, en stilletjies na die trap gegaan.

Hulle het so 'n rukkie gewag, en toe is hulle verder.

K-r-a-a-k! het een van die trappe weer gegaan. Weer het hulle gewag. Toe is hulle verder. Kraak! Kraak! het die trappe geraas.

“Hy sal ons hoor,” het Jimmie gewaarsku, “Laat ons teruggaan.”

“Wag maar 'n bietjie,” het Muriel gefluister, en sy hand 'n druk gegee. “Ons is amper daar. Kyk daar is lig in die eetkamer. Ek moet sien hoe 'n inbreker lyk, want ek mag nooit weer die kans kry nie.”

“Maar sal hy ons nie seermaak nie?” het Jimmie gevra.

“Ons sal vinnig weghardloop,” het Muriel gesê.

Hulle was nou onder in die gang.

Stilletjies het hulle na die deur gesluip. Dit was op 'n skrefie oop. Muriel het dit nog so 'n klein endjie oopgestoot. Toe weer 'n bietjie, en toe nog 'n bietjie. So is die deur al wyer en wyer oopgestoot todat Muriel gemeen het dat sy nou sou kon inloer.

Jimmie het haar hand baie styf vasgehou terwyl sy ingeloer het.

“Muriel! het 'n stem uitgeroep, en 'n skêr het grond toe getuimel.

"Moeder!” het Muriel uitgeroep.

Hulle het na mekaar gekyk.

“Moeder! Wat doen Moeder hierdie tyd van die nag hier? Dit is al amper half-drie, en Moeder lyk so moeg.

"Ek maak sommer 'n rok,” het Moeder gesê.

“Tog nie my rok nie”, het Muriel uitgeroep. “O, dit is! Moeder moes dit nie gedoen het nie. Ek verdien dit nie. Moeder moes nie so laat wakkergebly het nie. en Moeder is so moeg!”

Sy het haar Moeder omhels. “Ek is so jammer,” en toe het sy begin huil.

“Toe maar, toe maar,’ het Moeder gesê. "Die rok is bykans klaar. Kom laat ons nou almal gaan slaap. Maar wat doen Jimmie hier?”

“Muriel het gesê dat ek 'n inbreker sou sien as ek saam met haar kom, en nou is daar nie een nie,” het Jimmie teleurgestel gesê.

“Ek is jammer,” het Muriel gesê, toe hulle saam boontoe is, “maar Mammie is tog seker baie beter as 'n inbreker, is sy nie?”

Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

Posted 34 weeks ago

Wie is ek? #trotsAfrikaner Blog

Ken jy my, Afrika?

My moed plant ʼn 1652-kruis, aan die suidpunt van Afrika
en my bloed vloei Bartholomeüsnagstrepe oor die oseaan
Ek wuif die Pruise vaarwel, te voet na Amsterdam, en te skip na die Suide soos die nuwe horisonne my roep
en my Germaanse trots die Krugers en Kriges en Kleynhanse word dit wat met Duitse durf die aarde oopkloof om hoop en lewe te bring

Vanaf die kroon se eilande kom ek Iers, en Skots, en Engels hieraan, om vir sy majesteit, en later haar majesteit, se ryk die son nooit te laat ondergaan

Maar hierdie hartsland verdeel my lojaliteite en ek kies my eie bo die nou vreemde
Ek trek

Ek trek deur Vegkop en Blaauwkrans en Weenen en staan vas voor die oormag tot die rivier bloei.

Ek trek
Ek trek tussen wit tente en kruise deur tot in my eie republieke en my eie vlae en my eie lied

En ek sing
ek sing in my eie woorde oor my eie vryheid en my eie toekoms
En ek bou en plant en groei

En my Gelofte word versoeningsbloed wat plaasmoordstrepe oor mielielande, en wingerde en velde vloei
Tot vryheidshorisonne weer roep.

Ek is Afrikaner
Ek ken jou Afrika, maar ken jy my?
Ek is Afrikaner, en as trek lê my spore diep
Ek is Afrikaner, en my spore word nie somaar deur winde van verandering uitgewis nie
Ek is Afrikaner
Ken jy my, Afrika? Want ek…ek ken jou.

Geleen van Orania Blog

#share

Posted 36 weeks ago

Wie is ek? #trotsafrikaner Blog

Posted 36 weeks ago

Vandag in die Geskiedenis

29 Mei 1959: Engelssprekendes praat Afrikaans

Die Wonder van Afrikaans-fees van die FAK het die land so aangegryp dat ‘n Engelstalige dagblad se straatplakkate op die dag gelui het. “Vandag praat ons Afrikaans”, en sy hoofartikel vir die eerste keer in die geskiedenis in Afrikaans was. Engelsmeduimskole het spontaan aan die vieringe meegedoen en getuig van “uitstekende geesdrif”.

Showing category "Woord van die Week" (Show all posts)

Xantippe

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 20, 2016, In : Woord van die Week 
('n twissieke, neulende, sanikende vrou)

Genoem na Xantippe, die eggenote van die Griekse Wysgeer, Sokrates (469-399 v.C). 'n 19de eeuse Nederlandse woordeboek beskryf haar as "'n kwade wyf, huisdraak, helleveeg, huiskruis, 'n broekdraagster" - lieftallige bondeltjie dus.

Ongelukkig is hierdie tekening totaal ongegrond. Sokrates het met haar getrou toe hy so 50 of 55 jaar oud was. uit die huwelik is drie seuns gebore - wat 'n mens dadelik laat dink dat hulle dalk soms nader aan mekaar was as w...

Continue reading ...
 
Vestaalse maagd

Posted by Paul Joubert on Monday, November 14, 2016, In : Woord van die Week 
(kuise vrou)

Genoem na die Romeinse godin van die vuurherd, Vesta, wat moes sorg dat die vuur in haar tempel voortdurend brand. Dit het sy met die hulp van haar ses Vestaalse maagde gedoen - en al dié bruide moes kuis lewe.

Dié kultus het skynbaar in die 7de eeu voor Christus ontstaan, maar is soos ander nie-Christelike kultusse in 394 n.C. deur keiser Flavius Theodosisus I (347-395) verban.

Die maagde is tussen die ouderdom van 6 en 10 jaar deur die hoofpriester gekies en het 30 jaar lank die...

Continue reading ...
 
Uzi

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 13, 2016, In : Woord van die Week 
Uzi ('n kompakte automatiese wapen wat wêreldwyd gebruik word)

Genoem na die Israelse leëroffisier, Uziel "Uzi" Gal (Gebore in Duitsland as Gotthard Glass 1923 - 2003), wat die wapen na die Arab-Israeli-oorlog van 1948 ontwerp het.

Gal het dit op vroeëre Tsjeggiese wapens gebaseer waarvolgens patrone in die loop gestoot is uit 'n magasyn wat in die greep pas. Dit is die voorkeurwapen van dwelmsmokkelaars omdat dit maklik en vinnig gelaai kan word en akkuraat skiet, selfs wanneer dit auotmati...

Continue reading ...
 
Milisiemag

Posted by Paul Joubert on Sunday, November 13, 2016, In : Woord van die Week 
Milisiemag - 'n stelsel om deur loting soldate uit die burgerbevolking te trek.
Continue reading ...
 
Tandem

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 12, 2016, In : Woord van die Week 
Tandem (soort fiets waarop twee persone agtermekaar sit en saam trap)

Genoem na 'n Engelse edelman, lord Tandem, wat die stalmeester van 'n Britse koningin was en dié soort fiets bedink het. Maar dié herkoms wat in sommige bronne voorkom, is gewoon perdevye. Dit is 'n Engelse woordspeling op Latyn tandem wat naastenby "lang tyd" beteken en wat speels toegepas is op "lang spasie" na aanleiding van die tyd wat dit in steenstelling met die gewone fiets neem om voor die oog verby te gaan.

Die aa...

Continue reading ...
 
Sifilis

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 11, 2016, In : Woord van die Week 
(Seksueel oordraagbare siekte, veneriese ontsteking)

Genoem na 'n karakter, Syphilis, in 'n gedig van 1530 deur die Italiaanse geneesheer, wiskundige, sterrekundige en digter van Verona, Girolamo Fracastoro (1478 - 1553). Die gedig se titel was Syphilis, sive Morbus Gallicus ('Sifilis, of die Franse Siekte').

Syphilis is 'n jong herder in die gedig, en ly aan die gevreesde siekte as straf omdat hy die songod, Apollo, belaster het. Uiteindelik versag die toorn van die god en gee hy vir die jong...

Continue reading ...
 
Vidkun Abraham Lauritz Johnsson Quisling

Posted by Paul Joubert on Tuesday, August 23, 2016, In : Woord van die Week 
Quisling (veraairer, meeloper met die vyand)

Genoem na die Noorweegse leëroffisier  en politikus, Vidkun Abraham Lauritz Jonsson Quisling (1887 - 1945), die grootste verraaier in die Noorweegse geskiedenis.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was hy minister-president van die Noorweegse regering wat met die Nazi's geheul het. Hy het in 'n enorme villa op 'n eiland naby Oslo gewoon en het met 'n goue eetstel geëet. Dit was nie sonder sorge nie, want hy was so bang dat iemand hom gif sal ingee d...

Continue reading ...
 
Nemesis

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 18, 2016, In : Woord van die Week 
(genadelose, onafwendbare straf, gewoonlik in die uitdrukking jou nemesis teenkom). Genoem na die Grieks mitologiese godin van die wrekende geregtigheid, Nemesis. Sy was die bewaakster van die morele en natuurlike orde en het die oormoed van die mens gestraf. Daaruit het die figuurlike betekenis ontstaan dat 'n mens teenspoed ervaar as jy jou te veel aanmatig.

Continue reading ...
 
Casanova

Posted by Paul Joubert on Friday, August 12, 2016, In : Woord van die Week 
Casanova (vroueverleier) Genoem na Giacomo Girolamo Casanova de Seingalt (1725 - 1798), Venesiese avonturier, gigolo en skrywer, maar in tydperke in sy leeftyd ook soldaat, sekretaris, prediker, alchemis, dobbelaar, violis, loteryopsiener, spioen vir die Inkwisisie, joernalis, diplomaat, spekulant en enige beroep wat sou help om hom in die slaapkamer en onderklere van 'n dame te kry.

Sy vader wou hom graag as priester sien, maar die meetsnoere het vir hom op ander, liefliker plekke geval. S...

Continue reading ...
 
Lolita

Posted by Paul Joubert on Thursday, December 10, 2015, In : Woord van die Week 
(wellustige jong meisie wat volwasse mans se koppe laat draai)

Genoem na die hoofkarakter, Lolita, in 'n roman van die Russies-Amerikaanse skrywer, Wladimir Wladimirowitsj Nabokof (1899 - 1977). Die Nabokof-familie was drietalig, wat Wladimir later ook benut het deur die eerste blokkiesraaaisels in Russies saam te stel. Lolita se eintlike naam in die boek is Dolores Haze, maar sy het verskeie troetelname, naamlik Dolly, Lo, Lola en dan Lolita

Die verhaal gaan oor 'n 37-jarige dosent, Humbert ...

Continue reading ...
 
Jerobeam

Posted by Paul Joubert on Wednesday, December 9, 2015, In : Woord van die Week 
(bottel met 'n inhoudsmaat van vier gewone bottels)

Genoem na die Bybelse Jerobeam (oorlede 901 v.C), die eerste koning van die noordelike Israelitiese koninkryk ná  die verset teeen Rehabeam. Jerobeam word 'n "dapper held" in 1 Konings 11:28 genoem, wat Israel met sy sondes laat sondig het (1 Konings 14:16). Die benaming van die groot bottel hou moontlik daarmee verband dat enigeen wat soveel wyn in hom het, soos 'n dapper held sal voel, maar ook sal sondig.

Die aap in jou koffie
Afrikaanse Ep...

Continue reading ...
 
Albatros

Posted by Paul Joubert on Tuesday, December 8, 2015, In : Woord van die Week 
Die albatros vlieg ook al eeue lank met 'n slegte reputasie rond. Om 'n albatros om jou nek te hê, beteken om skuld te dra vir iets wat jy verkeerd gedoen het. Die albatros is 'n merkwaardige voël - sy vlerkspan is 3 tot 4 meter en hy kan maklik 'n halfuur lank in die lug sweef sonder om sy vlerke te klap. 

Daar word selfs gesê dat hulle in 80 dae om die wêreld kan vlieg. Die ou matrose het geglo dat hulle die siele van afgestorwe seevaarders in hulle gedra het, en daarom was dit ongelukki...

Continue reading ...
 
Juliaanse Kalender

Posted by Paul Joubert on Monday, December 7, 2015, In : Woord van die Week 
(vroeëre tydrekening wat op 1 Januarie 45 v.C. van krag geword het)

Genoem na die Romeinse veldheer, staatsman en skrywer, (Gaius) Julius Ceasar (100-44 v.C.), wat die tydsrekening ingestel het. Op daardie stadium was die Romeinse kalender drie maande agter die werklikheid. 'n Jaar vroeër het Julius die Aleksandrynse sterrekundige, Sosigenes, gevra om 'n oplossing vir die probleem te vind. 

Hy het voorgestel dat by wet gereël moes word dat die jaar voortaan uit 365 dae en 6 uur sou bestaan, ...

Continue reading ...
 
Ikabod

Posted by Paul Joubert on Friday, December 4, 2015, In : Woord van die Week 
(in 'n uitdrukking wat sê: "Dit is gedaan; dit is klaar")

Moontlik genoem na die Bybelse Jakob, as die uitlêers van die Bybel aanvaar dat Jakob en Ikabod verbrouings van die naam Jogebed of Jokobod is. Meer moontlik is die woorde van Ikabod se sterwende moeder dat die glorie uit Israel weggeneem is, na aanleiding van die dood van haar man, Pinehas, en skoonvader, Eli, en die wegvoer van die Ark na Filistea (1 Sam. 4:21). Ikabod beteken in Hebreeus "roemloos" of "skandelik".

Die Aap in jou Kof...
Continue reading ...
 
Hermafrodiet

Posted by Paul Joubert on Wednesday, December 2, 2015, In : Woord van die Week 
(mens of dier wat beide manlike en vroulike seksorgane of ander seksuele kenmerke het)

Genoem na die Grieks-mitologiese wese, Hermaphroditus, seun van Hermes en Aphrodite (dié name is duidelik verenig in sy naam). Die idee van so 'n wese is in die Oosterse mitologieë gebore waar dit as 'n godheid vereer word; in die Griekse gebied het dit in Ciprus ontstaan. Volgens oorlewering was Hermaphroditus 'n uiters aanvalllige jongeling, en die fonteinnimf Salmakis in Karië het dolverlief op hom ger...

Continue reading ...
 
G-Kol

Posted by Paul Joubert on Monday, November 30, 2015, In : Woord van die Week 
(boontjievormige deel van die vagina wat, na talle vrouens beweer, 'n erogene sone bevat wat tot hoë vlakke van seksuele opwekking en kragtige orgasmes kan lei as dit gestimuleer word)

Genoem na die Duitse gebore geneesheer en wetenskaplike, Ernst Gräfenberg (1881-1957) (die G kom van sy van), wat die intra-uteriene apparaat ontwikkel het. 

Hy is verder bekend vir sy studie van die rol van die vroulike genitalieë en uretra tydens orgasmes. In 1981 het twee Amerikaanse seksoloë dié deel die...

Continue reading ...
 
Bakermat

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 26, 2015, In : Woord van die Week 
Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk. [Dis waar dit begin het.]

'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker (die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het) die kindjie op haar skoot, voor die vuur, versorg het. 

Continue reading ...
 
Fauna

Posted by Paul Joubert on Wednesday, November 25, 2015, In : Woord van die Week 
(gesamentlike diere in 'n gebied of dierelewe in die algemeen)

Genoem na Faunus, die Romeinse god van die dierelewe, die bos en herders. Hy word vereenselwig met die Griekse god Pan want hy is ook halfman, halfbok met horings en bokpote. 

Sy priesters was Luperci en die fees van die Luperkalieë word op 14 Februarie, Sint Valentysdag. Sy eie twee feeste per jaar was gekenmerk deur losbandigheid en groot vrolikheid - baie daarvan uit kruike verkry.

Die Aap in jou Koffie
Afrikaanse Eponieme van A t...

Continue reading ...
 
Bougainvillea

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 24, 2015, In : Woord van die Week 
Die welig rankende bougainvillea met die trosse blomme se naamgewer het 'n roemryke geskiedenis gehad. Louis Antoine de Bougainville was 'n Franse seevaarder wat die plant ontdek het. Hy moet 'n groot indruk gemaak het, want die grootste van die Solomon-eilande (Bougainville), 'n straat in dié eilande, 'n kanaal in Vanuatu (die voormalige Nieu-Hebride), en die blom is na hom vernoem. Naopoleon het hom ook vereer. 
Continue reading ...
 
Epsomsout

Posted by Paul Joubert on Monday, November 23, 2015, In : Woord van die Week 
(kristalle van gehidreerde magnesiumsulfaat as purgeermiddel gebruik)

Genoem na die dorp Epsom in die graafskap Surrey in Engeland waar die sout die eerste keer in die natuur aangetref is. Dit is oorspronklik berei deur die indamping van die mineraalwater wat ongeveer 1618 daar ontdek is. Dit staan ook bekend as Engelse Sout

Continue reading ...
 
Dromedaris

Posted by Paul Joubert on Friday, November 20, 2015, In : Woord van die Week 
kameel met een knop op die rug

'n Mens sal hom nie in die pylvlak van die Durban July-wedren kry nie, maar hy sal wel daar tuis wees. Die Griekse naam vir dié dier (dromas kamelos) het "hardlopende kameel" beteken. Dromas was 'n reisiesbaan, afgelei van dromein "hardloop". Dromedarisse is geteel en afgerig om gery te word. Die Engelse hippodrome (renbaan vir perde) is hieraan verwant. 

'n Dief aan die Kers
Skelm woorde deur die eeue
Anton F. Prinsloo
ISBN978-1-86890-176-0

Continue reading ...
 
Cayennepeper

Posted by Paul Joubert on Thursday, November 19, 2015, In : Woord van die Week 
(bytend sterk rooipeper)

Genoem na die hoofstad van Frans-Guyana, Cayenne, waar dit bekend geraak het. Dit word berei uit die saad van verskillende soorte plante van die geslag Capsicum. Oorspronklik is dit kyynha, quiínia (Tupi-woorde vir "warm peper") genoem wat volksetimologies tot cayenne verander is. Die peper word ook vir medisinale doeleindes gebruik. 

Die sterkte daarvan word aangeslaan op 30,000 tot 50,000 Scoville-eenhede. Die Scoville-skaal meet die speseryhitte (pikantheid) van 'n ...

Continue reading ...
 
Madame Tussauds

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 17, 2015, In : Woord van die Week 
Madame Tussauds (museum in Sentraal-Londen met wasbeelde van beroemde en berugte persone)

Genoem na die Franse kunstenaar, madame Anna Maria (Marie) Tussaud (1761 - 1850) wat die wasmuseum begin het. Berugte figure saam met die oorblyfsels van beroemde misdade word afsonderlik in 'n gruwelkamer gehou. Haar modelle van haar beroemde tydgenote soos Voltaire, Benjamin Franklin en Horatio Nelson word nog daar bewaar. 

Tussaud was 'n huishulp van 'n dr. Philippe Curtius (1741-1794), 'n geneesheer wa...

Continue reading ...
 
Antjie Somers

Posted by Paul Joubert on Friday, November 6, 2015, In : Woord van die Week 
Antjie Somers ('n denkbeeldige figuur met wie kinders bang gemaak word)

Volgens oorlewering genoem na 'n berugte Kaapse struikrower, Antjie Somers, wat dan tydens die bewind van lord Charles Somerset (1767 - 1831) aan die Kaap vroueklere sou aangetrek en slagoffers saans voorgelê het as hulle op pad huis toe was.

Die 18de en 19de eeu was 'n redelik onveilige tyd op die paaie en dié man het 'n historiese figuur geword. Die oorspronklike rower het algaande allerhande skrikaanjaende eienskappe v...

Continue reading ...
 
Eskulaap

Posted by Paul Joubert on Tuesday, November 3, 2015, In : Woord van die Week 
In hedendaagse woordeboeke word hierdie woord vir 'n geneesheer tereg as verouderd gemerk, maar dit neem niks weg van 'n staaltjie wat daarmee saamhang nie. Die benaming kom van Asklepios, die Griekse god van die geneeskunde. Sokrates, net voor sy dood nadat hy die gifbeker gedrink het, vra sy leerling Krito om 'n haan vir Asklepios te offer - sekerlik een van die mees ironiese oomblikke in die geskiedenis van die groot denkers. 
Continue reading ...
 
Mede: 'n Wet van Mede en Perse

Posted by Paul Joubert on Monday, November 2, 2015, In : Woord van die Week 
Mede: 'n Wet van Mede en Perse ('n wet of reël wat onder geen omstandighede verander of herroep mag word)

Medië was 'n antieke land van Wes-Asië (vandag Azerbaijan, Koerdistan en 'n deel van Iran) waarvan die inwoners in 621 v.C. die Perse oorwin en saam met die Babiloniërs Ninevé verwoes het. In 550 v.C. is die Mede deur die Persiese heerser Cyrus die Grote verslaan. 'n Kenmerk van die Mede en die Perse was die onverbiddelikheid van hulle wette, soos dit ook in die Bybelboek Daniël 6:8 ...

Continue reading ...
 
Leotard

Posted by Paul Joubert on Thursday, October 29, 2015, In : Woord van die Week 
Jules Léotard was 'n franse akrobaat van die middel- 19de eeu, en hy het die eenstukdrag ontwikkel wat vandag so gewild is onder uitvoerende kunstenaars wat die een of ander sprong moet waag. Daar is rede om te vermoed dat Jules ook die sweefstok uitgevind het.

Dit is ook moontlik dat die liedjie The man on the flying trapeze, wat in 1860 gepubliseer is, na hom verwys. Hy is so ongeveer R900 per week betaal om sonder 'n vangnet bo die koppe van die eters in die Alhambra in Leicesterplein in L...

Continue reading ...
 
Spinet

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 28, 2015, In : Woord van die Week 
Die spinet verdien meer aandag. Dit is, soos Sanders in sy boek dit stel; "...het slachtoffer van een taalkundig misverstand, dat minstens zo hardnekkig is als het misverstand dat de tram...is uitgevonden door Benjamin Outramway."

Die snare van die spinet word gepluk deur die punte van penne waaraan plektra vas is. Hierdie uitsteeksels word ook soms "dorinkies" genoem. Die Latyn vir doring is spina, en in talle bronne, ook die normaalweg konserwatiewe, betroubare Concise Oxford, word dus aange...

Continue reading ...
 
Aubade

Posted by Paul Joubert on Monday, October 26, 2015, In : Woord van die Week 
'n Geliefkoosde vasvravraag is: Wat is die teenoorgestelde van 'n serenade? Die aubade se naam kom van Provensaals aubada, afgelei van auba wat "môre" beteken, of Spaans albada, "Dagbreek". Die aubade is dus 'n oggendlied wat, volgens die Franse romantiese definisie, "onder die venster van 'n persoon gesing word. Die serenade is die aandlied, afgelei van Italiaans sereno wat "skoon hemel" beteken maar wat met sera, "aand", verbind word. 

Feite, Flaters en Fiksie
'n Opgaaf van die ware, die onw...

Continue reading ...
 
Galghuwelik

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 21, 2015, In : Woord van die Week 
Hulle het 'n galghuwelik aangegaan. Vroeër kon 'n misdadiger in Pole en Engeland die galg vryspring as 'n dame van goeie karakter haar, volgens 'n ou volksgebruik, bereid verklaar om met hom te trou.

Wat praat jy!
Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings
Johanna de Wet
ISBN 978-1-86919-388-1 

Continue reading ...
 
Septuagint

Posted by Paul Joubert on Tuesday, October 20, 2015, In : Woord van die Week 
Vertaling van die Ou Testament uit Hebreeus in Grieks.

Uit die sept-deel van die naam blyk dit duidelik dat die syfer 7 iets daarmee te doene gehad het. Eintlik was dit 70, maar die naam mislei ook die dief aan die kers. Volgens 'n valse oorlewering is die vertaling deur 70 Joodse tolke gedoen (Latyn septem "sewe" + ginta "tiene"). Of deur 72 vertalers. Dit laat ou Joodse professors ook na hulle baarde gryp.

Volgens 'n ander oorlewering kom die naam van die Joodse Sanhedrin wat die vertaling g...

Continue reading ...
 
Nebukadneser

Posted by Paul Joubert on Wednesday, October 14, 2015, In : Woord van die Week 
(bottel met 'n inhoudsmaat van 15 liter)

Genoem na die Ou-Testamentiese koning van Babilon, Nebukadneser (c.630 - c.561) vC,  die gedugste heerser van die Chaldeeuse dinastie van Babilonië wat in die Bybelboek Daniël vermeld word. Die opera Nabucco van Guiseppe Verdi is op die verhaal van Nebukadneser gegrond. 

Continue reading ...
 
Joviaal

Posted by Paul Joubert on Monday, October 12, 2015, In : Woord van die Week 
Opgeruimd, blymoedig.

Hierdie betekenisse van joviaal is toe te skryf aan die astrologie: daar word geglo dat mense wat onder die sterreteken van die planeet Jupiter gebore is, goedgehumeurd en vriendelik is. Maar hoe kom die joviaal by die Romeinse god van die lug uit? Sy naam was vroeër Jovius sodat joviaal dus "betrekking hebbend op Jovius" beteken. Volgens astroloë is Jupiter die vriendelikste van al die geboorteplanete. 

'n Dief aan die Kers
(Skelm woorde deur die eeue)
Anton F. Prinsloo
IS...

Continue reading ...
 
Amnestie

Posted by Paul Joubert on Monday, September 28, 2015, In : Woord van die Week 
(kwytskelding van straf as gevolg van 'n misdaad opgelê).

Genoem na die moeder van die Muses, Mnemosune, die godin van die geheue of herinnering. Die toepassing is dat by amnestie alle skuld nie net vergewe word nie, maar teoreties ook vergeet word.

Die Aap in jou Koffie
Afrikaanse Eponieme van A tot Z
Anton F. Prinsloo
ISBN978-1-86919-463-5

Continue reading ...
 
Gimnasium (Skelm woorde deur die eeue)

Posted by Paul Joubert on Monday, September 14, 2015, In : Woord van die Week 
Plek vir liggaamsoefeninge en spierontwikkeling - In antieke Griekeland het die atlete in die openbaar geoefen, en ook in hul adamsgewade. In Grieks beteken gimnasium dus op 'n manier 'kaalnaelery', plek waar mense nakend oefen (uit Grieks gumnos "nakend"). Selfs die Amerikaners het dit geweet: toe van hulle geoloë 'n nuwe soort silikaat van magnesium in die Bare Hills, Maryland ontdek het, het hulle dit heel gepas gimniet genoem na die Engelse bare ("naak"). Ook in die viskunde het dié woo...
Continue reading ...
 
Ostraseer

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 20, 2015, In : Woord van die Week 
Verban uit die gemeenskap. In antieke Athene is jy tien jaar lank uit die stad verban as jy geostraseer is. Die burgers het vergader en die name van mense opgegee wat na hulle mening 'n gevaar vir die stad ingehou het. As jou naam een keer te veel daar was, was die lang pad jou voorland. Die name is op 'n potskerf geskryf wat in Grieks ostrakon was. Ostraseer se letterlike betekenis was dus "op 'n potskerf geskryf".

Die Griek wat die stelsel ingestel het, was die staatsman Kleisthenes (c.570 -...

Continue reading ...
 
Harnas

Posted by Paul Joubert on Friday, August 7, 2015, In : Woord van die Week 
Om iemand die harnas in te jaag, is om hom briesend kwaad te maak. Die harnas was die metaalpak wat soldate in die ou tyd aangetrek het as hulle gaan veg. Die kopstuk het so 'n klap gehad wat die oë beskerm het en is 'n visier genoem, na Latyn visus "gesig" en in 'n ander vorm ook "sien". As twee van die geharnasde here mekaar teëgekom en die visier nie oopgemaak het nie, was dit 'n teken dat hulle mekaar gaan pak.

As een, of albei, wou wys dat hulle bedoeling vriendelik is, is die visier ge...

Continue reading ...
 
Kalkoen

Posted by Paul Joubert on Wednesday, August 5, 2015, In : Woord van die Week 
Die kalkoen het sy naam aan 'n pleknaam te danke. Oorspronklik is dit vernoem na die dorpie, Kalikoet aan die kus van Malabar in Wes-Indië, waar Kozhikode vandag is. Dit was die Kalikoetse haan, wat in 16de-eeuse Nederlands as die Kalikoetse hoen bekend gestaan het. Dit het mettertyd verslyt tot Kalikoen, en daaruit het ons woord kalkoen ontwikkel.

Die kalkoen het oorspronklik van Noord-Mexiko en die oostelike dele van die VSA gekom. Daarvandaan het dit oor 'n groot deel van die wêreld versp...

Continue reading ...
 
Witbroodjie

Posted by Paul Joubert on Wednesday, July 1, 2015, In : Woord van die Week 
Witbroodjie - 'n Witbroodjie. Iemand, veral 'n kind, wat vertroetel en verwen word. (A blue-eyed boy.) A favrourite / pet. Liefling. Wit brood is 'n fyner gemaak as growwe of bruin brood, en het ook altyd duurder gekos. Om iemand dus 'n witbroodjie te noem, beteken dat hy hoër geag word as die ander mense om hom.

Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Anton F. Prinsloo
ISBN 978-1-86890-101-2

Continue reading ...
 
Bohaai Maak

Posted by Paul Joubert on Thursday, June 25, 2015, In : Woord van die Week 
'n Bohaai maak / opskop. 'n Lawaai veroorsaak. (Make a fuss. Cause a storm in a teacup.) Lawaai. Vroeër is gemeen dat die woord in die Bataafse hawens deur die Nederlandse matrose by die Javane gehoor is. Dié het naamlik as hulle 'n krokodil sien almal gewaarsku deur die Maleise naam van die reptiel, bohéa of bohaya of boewaja luid uit te roep. Dit was 'n vergissing omdat die woord reeds in 1573 in Nederlands opgeteken is, dus voor die reise na die Ooste.

Uit ander dialekte en tale is dit ...

Continue reading ...
 
Korte mette maak van iets

Posted by Paul Joubert on Monday, June 22, 2015, In : Woord van die Week 
Iets gou afhandel. (Give someone / something short shrift). Die mette in die Katolieke Kerk was die eerste deel van die oggendgebed. Die woord kom van Latyn matutinae preces, "môregebede" Die monnike het die gebede voor ontbyt  bygewoon (soms om middernag), maar gewoonlik om drie-uur snags wanneer 'n klok in die klooster die inwoners wakker gemaak het), en volgens oorlewering het hulle dan gehoop dat die voorste bidder net so honger of vaak soos hulle sou wees en die mette kort sou hou. 

Spre...

Continue reading ...
 
Stapelgek

Posted by Paul Joubert on Thursday, June 18, 2015, In : Woord van die Week 
Stapelgek wees. Kranksinnig wees. (Be insane). Vroeër eeue kon ons taalvoorouers wel sê dat iemand so gek soos 'n stapel is, wat vandag nie meer sin maak nie aangesien die betekenis van stapel vir ons verlore geraak het. Die Nederlandse krekel "kriek" het eeue gelede saam met die sprinkaan ook as 'n stapel bekend gestaan. Om stapelgek te wees, was dus om rond te spring soos 'n kriek of springhaan (soos die insek in Nederlands bekend was). 'n Soortgelyke intensief wat nooit in Afrikaans posg...
Continue reading ...
 
Jazz

Posted by Paul Joubert on Wednesday, June 17, 2015, In : Woord van die Week 
Hy het 'n halleluja-gesig, maar jazz-voete. Hy is nie so vroom soos wat hy voorgee nie. Kreools: jazz = maak die spoed vinniger. Jazz is 'n soort Amerikaanse dansmusiek, wat uit sinkopasie, eksentriese klanke en Negerwysies ontstaan het. 

Continue reading ...
 
Pajamas - Nagklere

Posted by Paul Joubert on Monday, June 8, 2015, In : Woord van die Week 
Hierdie kleredrag is deur die Moslems in Indië gedra, is pai jamahs genoem en is daar deur die Europeërs ontdek. Dit was 'n wye broek wat by die middellyf vasgebind is. Maar oorspronklik kom die woord waarskynlik uit Persies paejamah, letterlik 'beenklere'. 

'n Dief aan die Kers (Skelm woorde deur die eeue)
Anton F. Prinsloo
ISBN978-1-86890-176-0

Continue reading ...
 
Nepotisme

Posted by Paul Joubert on Thursday, June 4, 2015, In : Woord van die Week 
Nepotisme - die onregverdige begunstiging van familie of vriende. Oorspronklik was dit net 'n witbroodjie van die pous wat begunstig is. Om die waarheid te sê, die Latyn nepotem het "kleinseun, nefie" (in die sin van broers- of susterskind) beteken en die pous se "nefie" was nie noodwendig familie nie. Dit was soms 'n buite-egtelike kind wat voorregte ontvang het om die moeder te laat stilbly. 

Verwant hieraan is simonie: Die koop of verkoop van iets suiwer geesteliks vir geld. Die gebruik wa...

Continue reading ...
 
Parnassus

Posted by Paul Joubert on Wednesday, June 3, 2015, In : Woord van die Week 

Sy wil Parnassus bestyg. Sy wil 'n digter word. Volgens Griekse mitologie die berg wat aan die Muse gewy is: die godinne van sang en digkuns. Die plek waar inspirasie gevind kan word. 

Wat Praat jy!

Afrikaanse Idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings

Saamgestel deur Johanna de Wet

ISBN  978-1-86919-388-1

Continue reading ...
 
Sabbatsjaar

Posted by Paul Joubert on Monday, August 26, 2013, In : Woord van die Week 

Waar kom die woord Sabbatsjaar vandaan? Verlede jaar was vir hom 'n Sabbatsjaar (Sabatical). Dit was 'n rusjaar. In Ou-Israel was die sewende jaar 'n rusjaar.

Wat Praat jy!

Afrikaanse Idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings

Saamgestel deur Johanna de Wet

ISBN  978-1-86919-388-1

Continue reading ...
 
Waar kom die woord Rubicon vandaan?

Posted by Paul Joubert on Thursday, August 22, 2013, In : Woord van die Week 
Hy het die Rubicon oorgesteek. Hy het 'n onherroeplike stap geneem. Die Rubicon is grensrivier tussen Italië en Gallië waaroor Julius Ceaser in 49 vC getrek het. 

Continue reading ...
 
Pandora

Posted by Paul Joubert on Sunday, July 21, 2013, In : Woord van die Week 
Moenie Pandora se kissie oopmaak nie. Moenie iets begin wat 'n rampspoedige gevolg kan hê nie. Volgens mite was Pandora die eerste vrou wat deur Zeus na die aarde gestuur is, met 'n kissie vol kwale en gawes. 

Continue reading ...
 
Padpredikant

Posted by Paul Joubert on Wednesday, July 17, 2013, In : Woord van die Week 
Hy volg die padpredikant se aanwysings. Hy volg die aanwysings op die borde langs die pad. Daar word skertsend na dié bordjies as prediante verwys, omdat hulle die weg aanwys, maar dit nie self gewandel word nie. 

Continue reading ...
 
Kniehalter

Posted by Paul Joubert on Wednesday, April 24, 2013, In : Woord van die Week 
Sy swak gesondheid kniehalter hom. Dit verhoed dat hy sy werk kan doen. 'n Kniehalter is 'n halterriem waarmee die kop van die perd net bokant of onderkant  die knie van een van die voorpote met 'n bepaalde slag vasgemaak word, sodat daar 'n verbindingstuk tussen kop en knie is. Wanneer die been gestrek word, word die kop af getrek, en wanneer die kop opgelig word, word die been op getrek. Die dier kan dus wei, maar sy beweging word in so 'n mate beperk dat hy nie vryelik kan rondhardloop nie...
Continue reading ...
 
Kappiekommando

Posted by Paul Joubert on Wednesday, February 27, 2013, In : Woord van die Week 
Was jy ook lid van die kappiekommando? Was jy ook een van die groep vroue wat met 'n bepaalde doel voor oë saam opgetree het? Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het 'n groepie vrouespioene die Geheime Diens van die Boere bygestaan. In haar boek verwys Johanna Brandt na hierdie vroue as die Kappiekommando.  
Continue reading ...
 
Kaparra

Posted by Paul Joubert on Saturday, February 16, 2013, In : Woord van die Week 
Moenie so agter my loop en kaparra nie. Gesê wanneer 'n kind agter jou aanloop en neul oor iets.  
Continue reading ...
 
Hare op sy Tande hê

Posted by Paul Joubert on Saturday, January 19, 2013, In : Woord van die Week 

HARE OP SY TANDE Hê

(Baie deursettingsvermoë en durf hê)... Die Switsers was die eerste bekende huursoldate en sou by enige leër aansluit as die besoldiging reg was. In teenstelling met hulle neutrale beeld van vandag as koekoekklokmakers was hulle kranige krygers wat gevrees is vanweë hulle onverskrokkenheid. Om hierdie beeld verter te bevorder, het hulle woeste snorre gekweek wat hulle lippe grotendeels verberg het, sodat dit gelyk het asof daar hare op hulle tande is. Dit het die vyand...
Continue reading ...
 
Grasweduwee

Posted by Paul Joubert on Sunday, August 26, 2012, In : Woord van die Week 

...Grasweduwee.  Die uitdrukking het oorspronklik verwys na 'n ongetroude vrou wat meer as een man intiem onthaal het. Die vermoede is dat dit buite  in die gras was, eerder as in die wettige huweliksbed. Maar die eintlike bedoeling was dat sy 'n kinid  buite die huwelik gehad het. 

'n Ander bron verklaar met groot oortuiging dat die uitdrukking oorspronklik uit Brits-Indië gekom het waar die vrouens en kinders gedurende die versengede dae van die somer na die bergstreke toe gestuur is. Daar ...

Continue reading ...
 
Woord van die Week

Posted by Paul Joubert on Tuesday, April 10, 2012, In : Woord van die Week 

Janusgesig Oppas vir sy Janusgesig. (Wees versigtig; hy is vals. Janus was 'n ou Romeinse god wat met twee gesigte afgebeeld word. By alle godsdienstige geleenthede is hy altyd eerste aangeroep. Die eerste dag van elke maand, sowel as die eerste maand van die jaar, is aan hom geheilig.)

Continue reading ...
 
www.myvolk.co.za Logo