My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Christelike Aanbiddingsliedjies

Top 10 Aanbiddingsliedere

Kind van God, kom - sit hier aan My voete. Word stil. Sit   jou oorfone op (as  jy by die werk is). Luister (01:16:00),  word stil, en aanbid. Kom,  vul  jou   kruik  met   Lewende Water
Oggend Erediens

16 Julie 2023

"Vasgeloop? Steek jou hand uit na Hom!"

#share

Met vriende en familie wat nie vanoggend Kerk kan bywoon nie

Welkom by Hervormde Kerk Pretoria-Oos

Verwelkoming en afkondingings 11:45

Boodskap 29:32

Afsluiting en Seënbede 1:11:51

Aanbidding, as  jy dit  Bybels

verstaan, is nie net 'n verpligting nie, maar ook 'n  geweldige voorreg. Dit is die  hoogste taak  (diens) wat die mens teenoor sy Skepper het

Wat aanbidding só aanloklik maak is beide die liefdevolle toewyding en gretige verwagting om God se onvoorwaardelike genade in oorvloed te ontvang

Lofprysing en aanbidding is God se eerste hartsbegeerte. Omdat ons vergifnis ontvang het, verwag hy 'n lewe van liefdevolle aanbidding en 'n lewende verhouding met Jesus Christus

Psalm 66: 1-2

"Juig tot eer van God, almal op aarde! Sing tot roem van sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom! Bely voor God" 

Psalm 95: 1

"Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind"

01.

René Otto - Amen

God begeer ons aanbidding soos gesien in Johannes 4: 23

"Maar daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hê dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen."

Aanbidding is die volle uiting van ons liefde vir en tot God wat aanvaarbaar is vir God

02.

Hugo - Houtkruis

Die Nuwe Testament gebruik verskeie woorde vir aanbidding. Twee van dié is veral betekenisvol. Proskuneo, 'n algemene term wat letterlik "to kiss toward", "om die hand te soen", of "af te buig."Dit is die woord vir aanbidding wat nederige bewondering aandui. Die tweede woord is latreuo, wat "eerbied aandui" of "hulde bewys".

 In die Ou Testament is die Hebreeuse woord vir aanbidding shachah, wat letterlik "eerbiedige neerwerping" of "laag buig" of "om te kruip", of "plat te val" beteken.

03.

Joe Niemand - I will sing to the glory of the King

God haat hartelose aanbidding Amos 5: 21-24"Ek haat, verafsku julle feeste, Ek het niks aan julle feestye nie. Al bring julle vir My brandoffers en graanoffers, dit is nie vir My aanneemlik nie, en Ek kyk nie eens na julle maaltydoffers van vetgevoerde kalwers nie. Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing; Ek wil nie jou harpmusiek hoor nie! Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom, laat dit aanrol soos watergolwe, soos 'n standhoudende stroom."
Wat is die doel van aanbidding? Mattheus 4:10 -Maar Jesus sê vir hom: "Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien."

04.

Anneli van Rooyen - Halleluja

05.

Roma Downey - Be Thou my vision

Ware aanbidding is God-gesentreerde aanbidding. Aanbidding en lofprysing word vir God gereserveer. Slegs Hy is werd om geprys en geloof te word. Nie een van sy dienskegte is werd om hiérdie lofprysing en aanbidding te ontvang nie. Ons is nie veronderstel om enige heiliges, profete, standbeelde, afgode, engele of enige ander vals gode te aanbid nie.

Aanbidding is ook nie ten doel om iets terug te ontvang nie. Ons aanbid God vir slegs een rede: vir Sy genot. Aanbidding kan plaasvind in die publiek (Psalm 22:22 en 35:18)

"Verlos my uit die bek van die leeu, my swakheid uit die hand van die gierige 23 sodat ek U naam aan my broers kan verkondig. In die middel van die vergadering sal ek U helder en duidelik prys."

06.

Julius Magan - Mary Magdalene

"Ek sal U loof en dank met uitgestrekte hande in die groot vergadering; oner 'n groot skare sal ek U helder en duidelik loof."Aanbidding is ook nie ten doel om iets terug te ontvang nie. Ons aanbid God vir slegs een rede: vir sy genot. Aanbidding kan plaasvind in die publiek (Psalm 22:22 en 35:18)

07.

Pieter Coffee - I surrender

"Verlos my uit die bek van die leeu, my swakheid uit die hand van die gierige 23 sodat ek U naam aan my broers kan verkondig. In die middel van die vergadering sal ek U helder en duidelik prys."

"Ek sal U loof en dank met uitgestrekte hande in die groot vergadering; oner 'n groot skare sal ek U helder en duidelik loof."

08.

René Otto - Waarlik vry

Ons kan dus, openlik - deur middel van musiek - met aanbidding en lofprysing, ons dankbaarheid betoon vir wat Hy vir ons gedoen het. 

09.

Prophet - Gebreekte mense

Ware aanbidding is 'n innerlike gevoel, wat manifesteer deur ons optrede. "Going through the motions" uit verpligting is nie aanvaarbaar vir God nie. Hy kan deur ons skynheiligheid sien, en haat ons hartelose aanbidding

10.

Natasha Joubert - Dankie Here

(Amos 5:21-24

"Ek haat, ek verwerp julle feeste en het ook geen vreugde in julle ernstige byeenkomste nie. 22 Selfs al offer julle vir My brandoffers en julle graanoffers, ek sal hulle nie aanvaar nie en Ek sal nie eens kyk na die vredesoffer van julle vetgemaakte diere nie. 23 Verwyder van My die geraas van jou liedere; Ek sal nie eens luister na die klank van jou harpe nie, 24 maar laat die regverdige oordeel afrol soos water en onpartydige opregtheid soos 'n ewig vloeiende stroom." Dit is belangrik dus om te let dat aanbidding 'n werkwoord is. 'n Werkwoord, op sy beurt  dui aksie aan. Kortweg beteken dit dan dat aanbidding 'n daad is - 'n fisiese aksie

11.

Louis Britzz - Hemel Vader ons aanbid U

Psalm 138: 2 "Ek wil na u Tempel toe buig en u Naam roem om U liefde en trou, want U het U Naam en U woord bo alles gestel"Om af te buig - Psalm 138:2 - "Ek sal op my gesig neerval in U afgesonderde tempel en U naam (Karakter en Outoriteit) met uitgestrekte hande loof vir U liefdevolle goedheid en vir U waarheid, want U het U volle boodskap bo U Naam (Karakter en Outoriteit) opgelig."

12.

Celebrate - Hosanna (Praise is Rising)

13.

Bethel Live - This is amazing grace!

Psalm 150:6

"Laat alles wat asemhaal, die Here prys!"

Psalm 138:1

"Ek wil U met my hele hart loof. Laat die gode maar hoor; dit is tot U eer dat ek sing."Dans bring bevryding vir mense, dat hulle opstaan uit die bande van 'complacency' - en die bande van vrees en onderdrukking breek, wat uiteindelik lei tot oorwinning ten opsigte van spirituele oorlogvoering

14.

Amanda Strydom - Pelgrimsgebed

Eksodus 15:20

"Mirjam, die profetes, suster van Aäron, het 'n tamboeryn gevat en al die vroue het met tamboeryne agterna geloop en gedans." 2 Sam 6:14

"Met volle oorgawe het Dawid voor die Here gedans met net 'n linneskouerkleed aan."

15.

Steve Hofmeyr - Grondgebed

Psalm 149:3

"Laat hulle sy Naam prys met koordanse, laat hulle speel tot sy eer op tamboeryn en lier."Die doel van dans-aanbidding is om ons Almagtige God te loof met aanbidding. Die danser word 'n voertuig vir krag en seën vanaf God - maar stel ook hierdie seëninge aan ander vry.Opgehefde hande is die simboliese houding van gebed. Tradisioneel word hande opgelig tot en met skouer- of kophoogte met die palms na bo gedraai in 'n gebaar van 'ontvangs'. Die opheffing van hande word soms 'orant' genoem, afkomstig van die Latynse woord 'orans' - wat letterlik 'om te bid' beteken. Dit is een van die oudste posisies in Christelike gebed. Tekeninge waar dit voorkom is so vroeg as 180 nC by baie antieke grafstene uitgebeeld

16.

Joseph Prince - In your presence

Psalm 141:2

"Mag my gebed voor U wees soos 'n  wierookoffer, die uitstrek van my hande soos 'n graanoffer in die aand."

Dawid se aanmerkings dui op die koms van die 'Nuwe Testament' en hoe geestelike aanbidding sal plaasvind. Dit vervang die offerandes wat gemaak is by die goue reukaltaar wat net voor die voorhangsel van die tempel gestaan het - waar die hoëpriester daagliks offerandes moes maak, en soos dit styg, het hy sy hande gelig en God aanbid1 Tim 2:8

"Ek wil dus hê dat die mans by elke plek van samekoms met 'n skoon gewete hande in gebed tot God moet ophef, vry van onmin en twis."

17.

Hugo Niewoudt - Ek wil lewe vir more

Die opheffing van hande is ook 'n teken van algehele oorgawe.

Psalm 47:1

"Al julle volke, klap hulle hande; juig tot eer van God met 'n jubelende stem" (hande klap)

18.

Kristene DiMarco - It is well (live)

Die Openbaring 14:2

"Die geluid wat ek gehoor het, was ook soos dié van siterspelers wat op hulle siters speel"

19.

Elvis Pressley - How great Thou art

Psalm 150: 3-4

"Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! 4 Prys Hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! 5 Prys Hom met simbale, prys hom met galmende simbale."

Sover as wat aanbidding aanbetref, was Koning Dawid 'n fenomenale voorbeeld vir ons almal. Hy het 'n suiwer en dankbare hart teenoor God gehad en Hom met sy hele wese liefgehad. Baie van die Psalms weerspieël Dawid se passievolle hart vir aanbidding. Dawid was 'n man so na aan God se hart, want hy het waarlik God verheerlik in sy hartPsalm 92:1-2

"'n Psalm. 'n Lied vir die sabbatdag. Dit is goed om die Here te loof, om u Naam te besing, Allerhoogste"

20.

Gaiter Homecoming Classics - Lord, send me your angels

Ware aanbidding is die erkenning van God en al Sy krag en heerlikheid. Om God waarlik te aanbid, moet ons Hom ken. Aanbidding is dus om God te loof en te prys en daardeur ons lojaliteit en bewonderding aan ons Hemelse Vader te betoon

21.

Jonathan David - No longer slaves

22.

Julius Magan - It is you

23.

Hillsong United - Not today

24.

Hillsong Worship - What a beautiful name

25.

Piet Smit - Ek weet U roep my

26.

Bethel Music - Raise a Hallelujah!

27.

Jo Black - Skepe

28.

Retief Burger - Die Seën

29.

Dolly Parton - Hello God

30.

Brook Ligertwood - Jesus King live

31.

Julius Magan - Take me up the mountain