Teresina

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

"O, die ou naald!" het Dorie gesê. Die garing wil nou eenmaal nie deur sy oog nie."

"Ag toe maar," het Sylvia getroos terwyl sy  ywerig voortwerk, "Kersfees is naby, dan sal al die rokkies klaar wees en kan ons vir Griete en Roksana in hulle nuwe waentjies uitneem."

 "En ook vir Teresina,," Het Dorie bygevoeg. "Sy sal die beste plek moet kry. Weet jy, ek glo nie daar is nog so 'n mooi pop soos my Teresina nie. Sy het sulke mooi hare en so 'n mooi gesiggie dat ek nie kan ophou om dit te soen nie."

"Ja," het Sylvia saamgestem, "sy is baie mooi. Jy is gelukkig om so 'n mooi pop te hê. Ek wens dat my Tannie vir my ook so 'n mooi pop wou stuur."

Teresina het aandagtig gesit en luister en daar op die vloer en sy het baie tevrede gelyk met haarself, want enige mens hou mos maar daarvan om geprys te word.

"Weet jy," het Dorie gesê, "een van die redes waarom ek nie daardie Kittie Larson kan verdra nie, is omdat sy altyd aanmerkings maak oor Teresina elke keer wanneer ek haar teëkom."

"Maar wat kan jy anders verwag?" het Sylvia gesê, "haar mense is so arm. Wat het sy nou weer vir jou gesê?"

"O sy het nie veel gesê nie, maar sy maak my so vies. Onthou jy dit het mos begin reen toe ek gister winkel toe is? Wel, Kittie en 'n ander meisie het by my verbygekom en ek het haar hoor sê 'As dit my pop was daardie, sou ek baie beter na haar kyk!' Nes of ek nie na my poppe kyk nie! Ek wens sy wou  haar neus nie orals insteek nie en dat sy na haar eie poppe wou kyk."

"Maar hoe kan sy?" het Sylvia gesê. "As ek sulke ou vuil, eenbeen-poppe gehad het, sou ek hulle in die asblik gooi."

"Ek ook," het Dorie geantwoord.

Op daardie oomblik het die voordeur toegeklap. "Dit moet Mammie wees wat teruggekom het," het Sylvia gesê.

Dit was Mammie en binne 'n paar oomblikke het sy opgewonde die kamer binnekom. Sy het op 'n stoel neergesak en gesê "O ek ys nou nog, klein boetie was so amper dood."

"Hoekom, wat het gebeur?" het altwee die meisies tegelyk gevra.

"Terwyl ek oor die straat met baba in sy waentjie gegaan het, het ek iemand hoor skree 'Pasop!'. ek het dadelilk in die straat vasgesteek. 'n Motor het om ons geswaai, gegly en 'n kind omgestamp. Ek voel vreeslik daaroor."

"Arme Mamma," het Sylvia gesê, Mammie moet dadelik 'n bietjie gaan lê."

"Ja ek dink ook so," het sy gesê, "neem vir Boetie en sit hom in die bed."

Mammie is toe na haar kamer om 'n bietjie te gaan rus.

Hierdie opwindende nuus het die twee meisies hul poppe en die kleertjies waaraan hulle gewerk het, skoon laat vergeet. Hulle was vreeslik bly dat hulle bababoetie ongedeerd daarvan afgekom het. Arme Teresina was sommer baie jaloers toe sy sien hoe hulle hul boetie liefkoos.

"Ek hoop regtig dat die kind wat jou lewe gered het, nie baie seergekry het nie," het Sylvia aan haar klein boetie gesê.

"Ek hoop ook so," het Dorie gesê, en dat hierdie ongeluk so naby Kersfees moes gebeur. Ag dis jammer!"

Vroeg die volgende more is Mammie na die hospitaal om te gaan uitvind hoe dit met die beseerde kind gaan. Sy het 'n hele ruk weggebly en die mesies het begin wonder wat van haar kon geword het. Hulle het kort-kort gaan kyk of sy nog nie aankom nie. Eindelik het hulle voetstappe gehoor in die paadjie.

"Wel, ek was by die hospitaal en ek het ook die kind se moeder besoek," het Mammie gesê.

"Het hy baie seergekry?"

"Nee, nie baie nie, dis nie 'n seuntjjie nie, maar 'n dogtertjie. Sy het 'n lelike sny aan haar hoof, maar binne 'n paar dae sal sy weer gesond wees. Sy het gesê dat sy so bang was dat baba sou seekry, dat sy haarself skoon vergeet het en geskree het vir al wat sy werd was."

"Wat is haar naam?" het Sylvia gevra.

"Ek dink sy het gesê Katrien," het Mammie geantwoord,

"Dis 'n snaakse naam!" het Dorie gelag.

"Moet jou nie daaroor verknies nie" het Mammie gesê, "sy is 'n baie goeie dogtertjie, maar julle moet haar huis sien! Ons moet regtig iets vir hulle doen. Daar is 'n hele paar kinders en die Pappa is werkloos. Dit of hulle niks geld het nie en die arme Mamma het inmekaargesak en begin huil oor hierdie nuwe moeilikheid."

"Wat kan ons vir hulle doen?" het Sylvia gevra.

"Ek het al een ding gedoen," sê Mamma.

"Wat is dit?" het die twee meisies gevra.

"Toe die arme Mamma my vertel hoe sake staan en dat hulle geen hoop gehad het om iets vir Kersfees te hê nie, het ek hulle almal hierheen genooi vir 'n partytjie."

"Dis 'n baie goeie plan, Mammie!"  het die meisies gesê.

"En ek het aan die dogtertjie gesê dat sy ses van haar beste maats ook kon vra om te kom. Ons sal 'n lekker partytjie hê."

"O ja, ons sal," het Dorie gesê, "ons moet sommer dadelik begin klaarmaak - presente, pakkies lekkers, neute, vrugte en ander goed."

"En Pappie kan hom aantrek soos Vader Krismis!' het Sylvia voorgestel.

"Dit sal gaaf wees," het Mammie gesê, "ek dink ons sal 'n heerlike tyd hê. Ons kan hulle op Kersoggend ook 'n mandjie goed gee."

"Ja," het Sylvia gesê, "dit sal 'n plesier wees om te help die goed gereedmaak."

En so het hulle begin klaarmaak. Daar was nie veel tyd oor voor die partytjie nie - dit sou twee dae voor Kersfees gehou word. Dorie en Sylvia het 'n lys gemaak van die presente en goed wat hulle sou nodig hê en hoe heerlik was dit om winkel toe te gaan en alles te koop! Natuurlik moet Mammie die grootste gedeelte van die geld voorskiet, maar hulle het ook bygedra uit hulle spaarbussies. Namate die tyd nader gekom het, het hulle al meer opgewonde geraak en hulle het aan allerhande maniere gedink om hul gaste te trakteer.

"Weet jy," het Sylvia een aand gesê, "ek het gewonder of ek nie vir Grieta en Roksana maar present moet gee aan twee van die dogtertjies nie."

"Dit sal baie swaar wees om dit te doen, maar ek sou dit doen," sê Dorie. "Natuurlik sou ek dit nooit oor my hart kry om Teresina weg te gee nie. Nee, dit sal ek nooit doen nie."

"Wel, laat ons vir Grieta en Roksana weggee as twee spesiale geskenke," het Sylvia voorgestel.

"Ek is gewillig as jy gewillig is," het Dorie gesê.

"Nou ja, goed,' het Sylvia gesê en hulle het so gereël.

In die tussentyd het die beseerde dogtertjie uit die hospitaal gekom. Toe sy by die huis kom, was almal opgewonde oor die wonderlike partytjie waarna hulle uitgenooi is. Hulle het gewag en so skoon aangetrek as hulle maar kon vir die partytjie. Die dogtertjie het persoonlik ses van haar maatjies uitgenooi. Vir elkeen was dit 'n groot verrassing, want hulle was almal baie arm en hulle sou andersins maar 'n baie saai Kersfees gehad het.

Eindelik het die groot aand aangebreek. 'n Motor het die gaste gaan haal en dit was 'n vreeslike plesiere klomp wat daar by die huis aangekom het waar die partytjie sou plaasvind. Mammie het die gaste ingewag en hulle verwelkom - sy het 'n spesiale warm handdruk gegee aan die dogtertjie met die verband om die kop en sy het haar na 'n plek by die tafel  gelei.

Dorie en Sylvia was nog bo, besig om aan te trek toe die gaste aangekom het, maar eerlank was hulle ook in die geselskap om te sien hoe al die gaste lyk. Hulle het almal gegroet en die kinders hartlik verwelkom.

"Maar waar is die dogtertjie wat Boetie gered het?" het Sylvia gevra.

"Sy is in die eetkamer daar by jou Mammie," het iemand gesê.

Dorie en Sylvia het toe daarheen gehaas met al die ander kinders agterna. Die meisie met die verband was aan die anderkant van die kamer. Skielik het die twee meisies vasgesteek.

"Dit kan nie wees nie," het Dorie vir Sylvia gefluister.

"Dit is, ek is seker dit is," het Sylvia gefluister. "Maar ons moet haar verwelkom."

"Kom julle dogters," het Mammie gesê, kom praat met die dogtertjie wat......"

Sy het nie verder gepraat nie, want die meisies het mekaar nou herken.

"Wel, as dit nie Kitty Larson is nie!" het Dorie hardop gesê, "maar Mammie het dan gesê dat ons haar nog nooit tevore gesien het nie. Waarom het Mamma ons nie gesê dat dit sy was nie! En het Mammie nie gesê haar naam is Katrien nie?"

"My naam is Katrien," het die dogtertjie gesê, "maar hulle noem my Kitty."

"Wel ons is bly dat jy hier is," het Sylvia gesê, oen baie dankie dat jy net betyds geskree het om te keer dat baba verongeluk het - en miskien ook ons Mammie."

Toe het hulle begin eet en het hulle dit nie geniet nie! Die arme kinders het nog nooit in hulle lewe so 'n verskeidenheid kos gehad nie.  Die enigste persoon wat skynbaar nie alles geniet het nie, was Dorie. Skielik het sy die kamer vir 'n paar oomblikke verlaat. Toe sy weer terug was, het sy baie gelukkiger gelyk.

Die aand het gou verbygegaan. Eindelik is daar hard aan die deur geklop, die ligte is verdof en Kersvader het binnegekom met 'n groot sak presente agter sy rug. 'Daar was groot opgewondenheid toe hy die presente begin uitdeel wat Dorie en Sylvia in pakkies opgemaak het.!

"En nou," het Kersvader gesê onderwyl hy die laaste groot pakkie begin oopmaak, "hierdie is 'n spesiale present vir 'n spesiale dogtertjie. Sal Kitty Larson asseblief opstaan."

Kitty het in groot afwagting opgestaan.

"Keer hom!" het Sylvia vir Dorie gefluister, "daar is 'n groot fout. Keer hom voordat dit te laat is."

"Nee, daar is nie 'n fout nie," het Dorie gesê, "ek kon dit eenvoudig nie help nie. Ek het die poppe gedurende die ete omgeruil." 

Hulle is in die rede geval deur Kitty. "O dankie, baie baie dankie!" het sy gesê, "kan julle haar regtig afstaan?"

"Ons gee haar aan jou in alle liefde," het Dorie gesê met 'n dapper glimlag, alhoewel sy op daardie oomblik gevoel het dat sy emmersvol trane kon huil........Dit was Teresina.