Suid-Afrika se gewildste Generaal

Vir Dan Pienaar was sy manne se welsyn en veiligheid belangriker as die bevele van sy meerderes

Van die uitstaande Suid-Afrikaanse veldhere in Wêreldoorlog II het net genl.-maj. D.H. Pienaar werklik sy lewe gedurende die oorlog verloor. Minstens twee biografieë het binne enkele maande ná sy dood verskyn, maar albei moes klaarkom sonder belangrike feite wat in daardie stadium geheim of vertroulik was. Sulke joernalistieke pogings is ongetwyfeld beïnvloed deur Dan Pienaar se enorme gewildheid. Toe, in 1960, verskyn Avenge Tobruk deur brig. E.P. Hartshorn, wat nie alleen onder Dan Pienaar gedien het nie, maar as reklameman blykbaar vry gevoel het om sy verbeelding soveel vrye teuels te gee dat selfs die beskeie lt.-genl. George Brink 'n deel van die boek in die pers ontken het. Die indruk wat sulke wyd gelese verslae maak, neig om in die geheue te bly en maak dit des te moeiliker om 'n ware beeld van genl.-maj. Pienaar se bydrae tot die Suid-Afrikaanse oorlogspoging te bied.

Daniël Hermanus Pienaar is op 27 Augustus 1893 op 'n plaas naby Ladybrand in die Vrystaat gebore, die tweede jongste van ses seuns. Daar was net een suster. Nog voor sy tweede verjaardag trek sy vader oor die Vaalrivier na 'n ander plaas in die huidige distrik Wakkerstroom in Oos-Transvaal. Danie was maar ses jaar oud tot die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek en sy vader en twee van sy broers het gaan veg. Teen Junie 1900 is Wakkerstroom deur die Engelse beset en binne enkele maande is mev. Pienaar en haar kinders na die konsentrasiekamp op Pietermaritzburg geneem.

Hier, terwyl hy met 'n vriend speel, is Danie ernstig deur 'n bylhou op die been beseer. Die wond het septies geword en hy is na die hospitaal in Fort Napier geneem, waar die been byna afgesit moes word. Vier maande lank moes  hy die hospitaallewe met die "Tommies" deel. Hierdie ondervinding het stellilg bygedra tot die bekoring wat die militêre lewe vir hom gehad het. Eers ná die oorlog kon die gesin na die plaas terugkeer en alles weer moeisaam begin opbou, maar vir die jong Danie was daar geen sekondêre onderrig nie. Hy het st. VI in die naaste plaasskool behaal, maar was slegs dertien toe sy moeder in 1906 dood is. Vyf jaar later verlaat hy Wakkerstroom en sluit in Pietermaritzburg by die Natal Mounted Police aan (daar was toe nog geen Unie-Verdedigingsmag nie). Hy word 'n gewilde rekruut wat sy werk ernstig opneem.

In 1913 word die S.A. Berede Skutters as 'n gereelde mag met vyf batterye van dertienponders in verskillende gebiede gestig. Pienaar, wat toe reeds opleiding as kanonnier ontvang het, sluit by een van hulle aan.

Met die Rebellile van 1914 sien Pienaar aksie teen die rebelle by Upington, maar hy word deur 'n onbeheerbare perd geskop en moet 'n ruk in die hospitaal deurbering voor hy weer as korporaal by sy battery aansluuit. Die battery trek na Suidwes-Afrika en neem aan 'n suksesvolle aksie by Riet deel. Daarna keer die eenheid na Wynberg terug, waar Pienaar 'n sersant word en in Januarie 1916 as vrywilliger saam met sy brigade - daar was destyds geen artillerie-regimente nie - na Mombassa vertrek. In Oos-Afrika veroorsaak malaria, disenterie en ontoerekende voedsel meer ongevalle as die vyandelike aksie. Die kanonniers keer in April 1917 na Suid-Afrika terug, maar vertrek weer kort daarna Egipte voor hulle eindelik in April 1919 gedemobiliseer word.

Vroeg in 1921 bevind Pienaar hom as tydelike luitenant van die Aktiewe Burgermag in Engeland om 'n kanonnierskursus by te woon. Ná sy terugkeer kry hy 'n kommissie in die Staande Mag, wat deur verskillende artillerie-aanstellings gevolg word. In 1926 word Pienaar na die S.A. Strafkorps oorgeplaas en tot kaptein bevorder, met besondere verantwoordelikheid vir artilleriepligte, onder meer die opleiding van eenhede van die Aktiewe Burgermag. Teen 1931 word hy battery-bevelvoerder, wat beteken dat hy in bevel staan van vier of ses kanonne. In daardie dae, voor gemanisasie, is die kanonne nog deur perde getrek. In 1934 word hy as stafoffisier van die Kommandement Vrystaat na Bloemfontein oorgeplaas. Weinig meer as 'n maand later neem hy as bevelvoerder van die Kommandement Vrystaat waar en word tot luitenant-kolonel bevorder.

In hierdie tydperk val die dood van sy vrou en later 'n tweede huwelik. Toe Wêreldoorlog II in September 1939 uitbreek, was Pienaar 'n kolonel te Roberts Heights - soos Voortrekkerhoogte toe nog geheet het - en die volgende Junie word hy tot bevelhebber van die 1ste S.A. Infanteriebrigade bevorder. Toevallig was kol. Pienaar se brigade-majoor 'n Engelssprekende veteraan van Wêreldoorlog I wat ook van manskap tot offisier gevorder het, maj. E.P. Hartshorn. Hy en ander was 'n bietjie senuweeagtig oor kol. Pienaar se reputasie as 'n harde drinker, maar die nuweling se warm, vriendelike persoonlikheid, sy aardse humorsin en die persoonlike magnetisme agter sy weinig verfynde voorkoms, het spoedig die toegeneentheid van sowel manskappe as offisiere verower.

Een van die bekendste stories oor hom is dié van die besluit wat hy geneem het terwyl hy in Durban toekyk hoe honderde puik jong manne voor die skip se vertrek aan boord kom: hy het so diep onder die indruk van sy eie verantwoordelikheid gekom, dat hy gesweer het om nie weer aan drank te raak voor die oorlog gewen is nie. Dié eed is wel nie letterlik nagekom nie, maar dit is waar dat Pienaar sy drankgebruik voortaan binne streng perke sou hou. Hy het nie opgehou om sy meerderes se menings in twyfel te trek nie en hy intens bekommerd oor sy manne se welsyn gebly. In Kenio word die 1ste A.A. Divisie verbrokkel, maar die afdelings onder Pienaar se persoonlike leiding neem deel aan 'n mindere veldtog waardie Italiane 200 man (feitlik almal swartes) verloor en waarin hulle heelwat van  hul selfvertroue prysgee. 'n Belangrike aspek van hierdie veldtog was die beslaglegging op kosbare dokumente en geskrifte wat gehelp het om die Italiaanse geheime kode te breek. Brig. Pienaar se gewildheid het intussen sterk toegeneem, deels a.g.v. sy demokratiese benadering om die kampvuur en daardie beskeie maar vreeslose gedrag onder kanonvuur wat dikwels onder veterane van Wêreldoorlog I gevind is. Vir sy dienste is die D.S.O. aan hom toegeken.

Die 1ste S.A. Divisie se pogings om El Jibo - sonder die 1ste S.A. Brigade - op te ruim, het in Janu8arie 1941 begin. Ingevolge die krygsplan moes Pienaar se brigadegroep van Afmadu suidwaarts swenk om Gobwen en Jumbo aan die ander kant van die Juba naby sy mond anderkant Kismaju te verower.

Op die ou end het die Suid-Afrikaanse kolonne uit Pienaar se drie infanteriebataljongs, die 4de Veldbrigade, die 2de Medium-battery, die 2de Tekafweer-battery en 'n ligte lugafweer-seksie asook die S.A. Ligte Tenk-kompanie bestaan, saam met pantserkarre, ingenieurs en verskeie ondersteunende eenhede. Hulle het net snags stilgehou. Dit was moeilik bedags om onopsigtelik te skuil, selfs in die bosse, en die kolonne van ruim 100 km lank is onvermydelik vetraag. Maar ná sowat vier dae is Ejadera op 13 Februarie bereik. Dadelik is begin om vyandelike poste op die pad na Gobwen in die lug te blaas.

Op 16 februarie het brig. Pienaar persoonlik die gebied uit die lug verken - 'n besluit wat sy manne se dunk van hom verder verhoog het - en sy onfeilbare oog vir terrein het hom gehelp om die ideale plek vir 'n rivieroorgang by Jone uit te soek. Suid-Afrikaanse ingenieurs het dadelik pontonne begin lê en op 19 Februarie kon die sg. Uniebrug (Union Bridge) geopen word.

Sowel in die brughoof as daaragter was daar bittere gevegte, maar Jumbo het intussen aan die Dukes-regiment oorgegee.

Twee dae later het Carbineer-patrollies Jelib binnegeruk terwyl die 1ste Transvaal Scottish met die 10de Veldbattery en 'n aantal pantserkarre deur Margherita en die bosse beweeg het om op die pad na Modum en Mogadisjoe by die 22nd East Africa Brigade aan te sluit. Genl. Alan Cunningham, die opperbevelhebber van die Oos-Afrikaanse mag, het reeds besef die verowering van Mogadisjoe sou meebring dat die gedisorganiseerde vyand tussen Mogadisjoe en Harrar, 'n verdere 1 340 km na die noorde, min ernstige weerstand sou bied. Die Geallieerdes het Kismaju reeds as basis begin organiseer en Cunningham wou die 1ste S.A. Divisie konsentreer vir 'n opmars deur Somaliland, nou die reën verdere vordering in Abessinië via Mega en Mojale belemmer het.

Oos-Afrikaanse pantserkarre het Mogadisjoe op die aand van 25 Februarie binnegeruk. Hier het die Geallieerdes op sowat 1,5 miljoen liter petrol afgekom - iets wat die geweldige bevoorradingsprobleem aansienlik verlig het. Die Suid-Afrikaanse brigadebevelhebber en genl.-maj. Godwin-Austen het goed met mekaar klaargekom, mar dit sou moeilik wees om twee meer verskillende mense te kry as genl.-maj. H.E, de R. Wetherall en brig. Pienaar. Wetherall, met twee volle rye medaljelinte, was nog nooit tevore in bevel van 'n groot groep Suid-Afrikaanse troepe nie. Hy het aan swart troepe gewoond geraak, wat hom geen moeite gegee het nie. Dan Pienaar, daarenteen, was 'n onafhanklik denkende Afrikaner wie se bui en taal by tye warm kon word. Die twee manne het soos olie en water gemeng. Namate die oorlog gevorder het, was dit toenemend duidelilk dat Dan Pienaar ongewild by sy mede-bevelhebbers geword het. Terselfdertyd het sy gewildheid by sy juniors enorm gestyg.

Ná 'n verposing van drie dae in Mogadisjoe het genl.-maj. Wetherall op 1 Maart 1941 'n Nigeriese brigadekolonne agter die vlugtende vyand deur die woesteny van Itaals-Somaliland aangestuur. Die 1ste S.A. Brigade het Brava eers op 13 Maart verlaat en nege dae sou verloop voor brig. Pienaar en sy party die vrugbare Jijigga-vlakte bereik het. Hier kon hulle toesien hoe die Nigeriërs, met Suid-Afrikaanse artillerie-steun, die Marda-pas onderweg na Harrar aanval.

Teen 25 Maart het die Nigeriërs Harrar verower en twee dae later trek brig. Pienaar se brigadegroep deur die dorp. Ondanks die ongeunstige en bergagtige terrein, bereik hulle Miesso kort daarna. Die gedagte was dat hulle voor aan die seëvierende troepe na Addis Abeba sou opruk. Pienaar weier egter om verder te gaan tensy hy sy van bykomende petrol voorsien word - om een of ander rede is groot hoeveelhede petrol ongemerk opgebruik. Wetherall dring daarop aan dat dié eis op skrif gestel word. Toe beveel hy die 22nd East African Brigade om die leiding oor te neem.

Op 5 April van Addis Abeba. Genl.-maj. Wetherall het die Suid-Afrikaners hierna gekies vir die strategies belangrike opmars noordwaarts na Eritrea. Die roete was buitengewoon bergagtig en veral in die Komboltjia-pas, waar die manne op 'n groot hoogte bo seevlak in bitter n at weer by steil hellings moes opklouter, was die gevegte besonder straf.

Juis in hierdie stadium dring genl.-maj. Wetherall daarop aan dat brig. Pienaar verder opruk. Pienaar was nie juis lus vir bevele oor hoe hy dié buitengewoon moeilike taak moes uitvoer nie en die twee senior offisiere is woedend uitmekaar. Daarna het die Carbineers die Italiane in 'n nagtelike maneuver aangeval, terwyl die Transvaal Scottish van die ander kant van 'n vallei opgeruk en die Suid-Afrikaanse kanonne - daar was maar sowat 13 beskikbaar - geïsoleerde vyandelike stellings bestook het. Teen 2.30 nm is die Italiane verdryf en vroeg op 23 April het die Dukes inbeweeg.

Die Suid-Afrikaanse verliese was merkwaardig laag - in die woorde van die Britse amptelike geskiedenis "a tribute to Brigadier Pienaar's careful plan and a proof of the saying that hard work saves casualties". Maar Dan Pienaar se ingebore afkeer van gesag, veral Britse gesag, het in die proses 'n bietjie verder gegroei.

Hierna ruk die Suid-Afrikaanse brigadegroep na die 3 415 m hoë bergspits van Amba Alagi op. Die hertog van Aosta se sterk stellings word nou u it twee rigtings bedreig, want die 5de Indiese Divisie het in die noorde reggelê. Brig. Pienaar se mag sluit by die Indiërs aan, wat lei tot die hertog van Aosta se oorgawe op 19 Mei 1941. Die pad na Eritrea en die Rooi See was oop uit die suide en die Oos-Afrikaanse veldtog se strategiese doelwit was verwesenlik. Dit was die eerste groot sukses waarby Suid-Afrikaanse troepe in Wêreldoorlog II betrokke was en al die eer het brig. Pienaar sy manne toegekom. Dit was egter nie die einde van die oorlog in Abessinië nie. Die Italiane sou eers ses maande later, in November, oorgee, maar teen daardie tyd was Dan Pienaar reeds in Noord-Afrika.

In Egipte het Dan Pienaar se brigade spoedig begin met opleiding om hulle aan die woestyn te akklimatiseer. Hulle sou n ie net teen swak toegeruste Italiaanse en swart koloniale troepe te staan kom  nie, maar ook teen die beste Duitse soldate.

Hoewel Pienaar se brigadegroep nog nie ten volle toegerus en toereikend opgelei was nie, het hulle in die nag van 17 November 1941 altesaam 22 gapings in die grensdraad tussen Egipte en Cirenaika gesny. Die volgende oggend steek die 30ste Korps van die pas gestigte 8ste Leër met die 7de Pantserdivisie, die 1ste S.A. Divisie en die 22nd Guards Brigade die draad oor, verwoes die vyandelilke pantsers en ontset Tobruk. Die Suid-Afrikaners, met twee vooruitgeskowe brigades, se taak was om die Britse pantserdivisie se lilnkervleuel en die verbindingslinies te dek. Pienaar se brigadegroep ruk Cirenaika vroeg op 18 November binne. Daardie middag is hulle by El Quasc, 'n byna ononderskeibare kol op dié kaal, onherbergsame woestynland, waar hulle defensiewe stellilngs inneem.

Die volgende dag beweeg hulle verder noord na Qaret Hamza en grawe hulle weer in. Inligting is skaars. Dit is nie boswêreld soos in Kenia nie en daar is geen berge of riviere soos in Abessinië nie. Daarby is die vyand nie net hordes swak opgeleide swart kolonialers of onwillige Swarthemde nie. Die vyandelike lugaanvalle was hewiger as enigiets wat die brigade tevore moes verduur.

Daardie winteraand deel 'n skakeloffisier van die 10th Hussars die brigadier mee dat die Britse pantsers die vyand by Bir el Gubi aangeval het. Terwyl Pienaar se voorhoede op 20 November na Bir el Gubi opruk om te gaan help, word hulle onder die bomme gesteel. Die brigadegroep vestig 'n verdedigingslinie en begin 'n dag lange tweegeveg met die vyandelike kanonne. Minstens 15 vyandelike tenks word noordwes van Gubi gewaar. Pienaar se manne het nognooit teen vyandelike tenks te staan gekom nie, m aar 'n aanval word desondanks beplan. Pienaar las die operasie egter af as "in die omstandighede nuttelose verspilling van lewens".

Op 22 November kry hy bevel om die brigade na die omgewing van die Sidi Rezeg te verskuif en daar by die 5de S.A. Brigade aan te sluit. Pienaar het egter ingesien dat uitvoering van dié bevel ná sonsondergang te gevaarlik sou wees en toestemming gekry om die pas die volgende oggend op te ruk. Die 10de Veldambulans, wie se bevelhebber nooit brig. Pienaar se teenbevele ontvang het nie, is egter afgesny en gevang. Dit was presies dié soort verliese wat die brigadier probeer vermy het.

Op 23 November verlaat die res van die brigade 'n kampeerplek 14 km oos van Gubi. Teen dié tyd sou die brigade reeds by Sidi Rezeg gewees het as Pienaar die opmars nie uitgestel het nie. Niemand sal ooit presies kan sê wat daardie tydsverlies beteken het nie, want teen die aand was die 5de S.A. Brigade feitlik uitgewis en Pienaar se magte het nooit nader as 20 km van Sidi Rezeg gekom n ie. Al wat vasstaan, is dat net 2 306 van die 5 700 manne in die 5de S.A. Brigadegroep weggekom het.

Op 24 November val die 1ste S.A. Brigadegroep na Taieb el Essem terug en steek daar vas. Dwarsdeur die dag word die vyand met kanonvuur bestook, maar dié ammunisie sou gevaarlik min word voordat dit vervang kon word. Kommunikasies het al hoe moeiliker geword en op 25 November begin vyandelike kanonne die Suid-Afrikaanse front weer bestook as voorspel tot 'n aanval deur sowat 50 tenks, infanterie en mortiere. Die aanval word met swaar vyandelike verliese afgeslaan, sonder eie ongevalle. 'n Tweede aanval deur minstens 64 tenks het 90 minute geduur, maar is eweneens afgeslaan.

Brig. ienaar was vas onder die indruk dat sy brigadegroep teen die Duitse Afrikakorps ge staan gekom het, maar in werklikheid was sy teenstanders die Italiaanse Ariete-pantserdivisie, wat op die verdediging en bowendien swak toegerus was!

So gewild soos Pienaar onder sy offisiere en manskappe gebly het - hy wouo hul lewens nooit waag in ondernemings wat na sy mening onnodig was nie - het hy in hierdie tyd steeds sy meerderes in die verleentheid gestel. Op 27 November, toe hy na Taieb el Essem terugkeer om by XIII Korps aan te sluit, ontmoet hy genl. Norrie vir die eerste keer persoonlik en hoewel hul verhouding aanvanklik ietwat stram was, sou hulle later goeie vriende word. In opvolging van 'n bevel om by die Nieu-Seelanders aan te sluit, begin die 1ste S.A. Brigade na Punt 175 opruk - wat reeds deur die Ariete-divisie verower was - maar die maneuver word gekanselleer. Die Nieu-Seelanders wag tevergeefs vir brig. Pienaar se brigade.

Toe genl. Norrie persoonlik by die brigadier besoek aflê, vind hy Dan Pienaar "in 'n gemoedelike, aangename bui ... nie heeltemal bewus van die gevaar waarin die Nieu-Seelanders hulle bevind nie". In werklilkheid het die Britse pantser nagelaat om die Suid-Afrikaners se beloofde roete beveilig, maar sowel die Nieu-Seelandse bevelvoerder as genl. Neill Ritchie, bevelvoerder van die 8ste Leër, was geneig om Dan Pienaar te blameer. En Norrie sou later sê dat "Pienaar min geesdrif getoon het vir die algemene plan".

Dit lyk asof Pienaar toenemend geneig was om op eie houtjie te handel sonder om ander in ag te neem. Toe hy uiteindelik wel 'n aanval begin om Punt 175 te verower, is dit gelewer deur net twee kompanies Carnineers en een van die Dukes. Onverwagse Duitse teenkanting laat die poging misluk.

Die volgende dag slinger Pienaar nuwe aanvalle op Punt 175, maar weer tevergeefs. Die Nieu-Seelanders moes teruggetrek word en die Suid-Afrikaners val na Taieb el Essem terug.

Toe Rommel se laaste poging om op 4 Desember ooswaarts na die Egiptiese front op te ruk misluk, bevind brig. Pienaar se brigade hom steeds by Taieb el Essem. Hulle is deur herhaalde lugaanvalle geteister en een daarvan het 90 ongevalle geëis. Teen 8 Desember 1941 was die Spilmagte verslaan en moes hulle terugval. Die brigadegroep se verlies was 46 dood, 195 gewond en 174 vermis. Op 22 Desember sluit die brigadegroep in Egipte by die 1ste Divisie aan. Hulle was toe verreweg Suid-Afrika se mees ervare brigade.

Laat in Januarie slaan die Spilmagte met verbasende snelheid en eenergie uit El Agheila terug. Brinne ses dae kommandeer genl.-maj. Brink alle woestynvaardige voertuie op en verlaat Mersa Matruh met sy divisie-hoofkwartier, brig. Pienaar se brigade, die 3de Verkenningsbataljon en artilleriesteun. Teen 1 Februarie beweeg die 1ste S.A. Brigade met die k uspad na Tmimi, maar word teruggeroep om stellings elders in te neem.

Op 5 Maart skryf Brink aan sir Pierre van Ryneveld om kwetsende opmerkings wat hy oor brig. Pienaar gehoor het, te weerlê. Pienaar is "een van die uitstaande brigadiers in die Midde-Ooste", skryf Brink en gereed om bevorder te word. Binne vyf dae is genl.-maj. Brink self beseer. Dan Pienaar neem bevel van die 1ste S.A. Divisie oor en word 'n generaal-majoor, met die verhoogde verantwoordelikheid wat so 'n pos meegebring het.

Dit sou moeilik gewees het om 'n beter divisiestaf êrens te vind en hierdie span het Dan Pienaar in staat gestel om te kompenseer vir sekere tekortkominge wat hom sy reputasie vir "dwarsheid" besorg het.

Tog was hy 'n vriendelike, sosiale mens - so sou een van sy stafoffisiere maande later skryf. Hy het gehou van praat, maar vinnig gedink, sy humorsin was fyn en sy onwrikbare vertroue in sy offisiere en manskappe het hom in staat gestel om werk vryelik te delegeer en die beste in hulle na vore te bring.

"He was loved by us for his robust championship of what he felt was right, for his physical and moral courage, for his humanity and of his great gift of leadership," het die stafoffisier, wat hom goed geken het, geskryf.

Toe die Spilmagte uiteindelik op 26 Mei 1942 aanval, was Dan Pienaar in bevel van die ekwivalent van 'n volle divisie - nie alleen die 1ste en 2de S.A. Brigade nie, maar ook die 3de S.A. Brigade uit die 2de S.A. Divisie. Terwyl die vernaamste vyandelike aanslag om Bir Hakeim woed, word Pienaar se sektor deur Duitse en Italiaanse troepe aangeval en deeglik afgeslaan. Op 27 Mei word hulle weer teruggewerp.

Die tevredenheid hieroor sou nie lank duur nie. Teen die middag van 6 Junie is die algemene situasie alles behalwe gunstig en XIII Korps ontvang bevele vir 'n volskaalse aanslag na die weste deur die 1ste S.A. Divisie. Náhy die operasie met lt.-genl. Gott (die korpsbevelvoerder) bespreek het, reik Dan Pienaar sy bevele uit. Die vyand bestaan uit minstens 12 000 man van die Duitse 15de Infanteriebrigade en twee Italiaanse divisies, almal goed ingegrawe en ondersteun deur pantser en artillerie. Om onverklaarbare redes beperk die Suid-Afrikaanse divisie hom egter tot nege verskillende strooptogte deur kompanies u it al drie brigades. Hierdie aanvalle het oor 25 km woestyn gestrek en is nie toereikend deur artillerie gesteun nie.

Die aanvalle was 'n rampspoedige mislukking en die divisie het 280 ongevalle gely sonder dat enige voordeel behaal is. "For the tactics employed in the operation," skryf die Suid-Afrikaanse amptelike geskiedenis van die oorlog, "General Pienaar must be held responsible."

Teen 12 Junie het die 1ste S.A. Divisie reeds twee bataljons teruggestuur om Tobruk te versterk. Maar Pienaar was ongerus: op 13 Junie bespreek hy en sy brigadebevelhebbers planne vir 'n moontlike terugval, want die vyandelilke magte was besig om medoënloos agter die Gazala-linie op te ruk in 'n poging om die 1ste S.A. en 50ste Divisies te isoleer.

Op 17 Junie beset die divisie die gebied naby Hamra suid van Sollum en die minder belangrike bergpasse. Mobiele kolonnes word saamgestel en dit lyk nou asof Tobruk gered sal kan word, maar voor m iddernag op die aand van 20 Junie word dié hoop beskaam. Teen 9.40 vm die volgende oggend het Tobruk geval, met die verlies van 35 000 manne, onder wie 10 722 Suid-Afrikaners.

Van Tobruk word die 1ste S.A. Divisie van Hamra teruggestuur om defensiewe stellings by El Alamein te beset. Genl. Auchinleck neem self die bevel van die 8ste Leër oor en retireer  na die enigste stelling oor 'n afstand van honderde kilometer wat nie omvleuel kan word nie - die linie van El Alamein suidwaarts na die onbegaanbare Qattara-dal. Die S.A. Brigade was nog steeds suid van El Alamein.

Op die middag van 2 Julie begin die vyand saamtrek vir 'n aanval op die Suid-Afrikaners se stelling. Sowel die brigadier as sy brigade-majoor word gewond en ontruim en Dan Pienaar self word daardie aand 'n driekwartier lank vasgepen terwyl hy die brigade besoek. Twee kompanie-aanvalle deur die Duitsers word teruggewerp voordat Pienaar lt.-genl. Norrie om pantsersteun versoek en verlof om terug te val. Norrie het egter geen pantser gehad nie en geen goeie rede vir 'n terugval gesien nie.

Maar Pienaar doen nou iets wat enige militêre bevelhebber woedend sou gemaak het. Hy gaan oor die kop van die korpsbevelhebber en bel die 8ste Leërhoofkwartier direk. Hy praat met genl. Auchinleck se operasionele offisier, wat eweneens sy versoek van die hand wys. Om tienuur daardie aand probeer genl. Auchinleck persoonlik vir Dan Pienaar verduidelik hoe belangrik dit is om vas te klou en Norrie sou eers l ater gemagtig word om 'n kolonne uit Ramsden se 50ste Divisie in die plek van die Suid-Afrikaners te stel. Toe die korpsbevelhebber aan die hand doen dat die 1ste S.A. Brigade in reserwe geplaas word, antwoord Dan Pienaar dat hy in dié geval sal moet vra om van sy bevel o nthef te word.

As hy in die Duitse of Britse leër gedien het, sou so 'n versoek nie eens nodig gewees het nie.

Hierdie ongelukkige voorval op een van die mees kritieke oomblikke in die Midde-Oosterse veldtog het die Suid-Afrikaners se reputasie baie benadeel. Hul  plek is op 3 Julie ingeneem deur 'n kolonne van die 50ste Divisie wat die Duitsers verdryf en 20 van die vyand gevange geneem het voor hulle self weens intensiewe kanonvuur moes terugval. Nietemin het die Suid-Afrikaanse eenhede self skitterend geveg en vir die eerste keer in baie maande kon die 8ste Leër 'n triomfantelike vyandelike opmars oor honderde kilometers van Cirenaika in Egipte in toom hou.

Op 4 Julie sou Rommel in 'n brief aan sy vrou erken dat die weerstand te groot en die spil se kragte uitgeput is. 'n Oorlogskorrespondent wat Pienaar in dié stadium besoek het, het gevind dat sy beskouing volkome verander het: "Ek was nou pas by Auchinleck," sê Pienaar. "Daar's vir jou 'n man!" Hy het openlike erken dat hy 'n "twissieke kêrel is", maar volgens hom het die leër 'n groot bevelhebber in Auchinlec en hy is vol vertroue dat daar 'n oorwinning kom en dat die Duitsers uit Egipte gegooi gaan word.

Dit was 'n profetiese stellilng, maar genl. Auchinleck sou nie die glore inoes nie - wel sy opvolger in die 8ste Leër, lt.-genl. B.L. Montgomery, wat goed wis hoe om die hoogste persoonlike voordeel en algemene sukses te behaal uit die situasie soos hy dit geërf het.

Toe lt.-genl. Norrie hierna om onbekende redes verplaas is, het die Suid-Afrikaners 'n vriend verloor. Sy opvolger, Ramsden, het weinig gedoen om die breuk wat reeds tussen hom en Pienaar bestaan het, te heel. Maar met Montgomery in bevel van die 8ste Leër en genl. sir Harold Alexander as opperbevelhebber in die Midde-Ooste, sou versterkings van Augustus af begin aankom. dit het die hele gees van die leër drasties verander.

Vir die beslissende slag wat nou met die uitgeputte Duitsers en Italiane voorlê, plaas Montgomery die 9de Australiese Divisie regs van 'n lyn wat suidoos van die see tot wes van Tell el Eisa strek. Lilnks van hulle is die 51ste Highland Division, dan die New Zealand Division en dan die Suid-Afrikaners, almal gerugsteun deur die 1ste en 10de Pantserdivisies. Die plan was dat laasgenoemde sou breek deur bresse wat die infanterie in die mynvelde en vyandelike linies moes slaan.

Op die aand van 23 Oktober bestook 'n totaal van 882 veld- en medumkanonne die vyand en toe dié reusagtige bombardement om 9.55 eindig, is daar 'n pouse van slegs 5 minute voor die 8ste Leër se infanterie opruk en die kanonne op die voorste vyandellike verdedigingstellings gerig word. Die laaste Slag van El Alamein het begin en Dan Pienaar se divisie het deelgeneem aan die grootste poging wat Suid-Afrikaanse troepe in Wêreldoorlog II nog aangewend het.

Ongevalle was onvermydelik en swaar. Die aanval het nog steeds gewoed toe genl. Montgomery op 26 Oktober besluit hy moet sy magte hergroepeer en 'n reserwe skep. Die Suid-Afrikaners sou die Nieu-Seelandse sektor moes oorneem sodat laasgenoemde tydelik aan die linie onttrek kon word. di t alles moes voor dagbreek  op 28 Oktober gebeur. Dit sou 'n ingewikkelde maneuver wees en feitlik uit gewoonte opper Dan Pienaar op 'n korpskonferensie besware. Hy sal nie kan doen wat van hom verwag word nie, omdat hy 'n gebrek aan vervoer het. Teen dié tyd is Pienaar se m ede-generaals gewoond aan sy maniere. Genl.-maj. Freyberg van die New Zealand Division fluuister vinnig 'n paar navrae oor sy eie posisie en sê toe hardop: "Is dit net vervoer wat jou bekommer, Dan? Geen ander probleem nie?"

"Nee, net genoeg vervoer."

"Nou, maar dan kan ons jou h elp," sê die Nieu-Seelander. "Ek sal jou al die vervoer gee wat jy wil hê."

Dit was die laaste wat van vervoerprobleme gehoor is. Terwyl sy staf hul kenmerkend deeglike werk doen, het die 1ste S.A. Divisie die ingewikkelde maneuver  uiters suksesvol uitgevoer. Op 4 November is dit nog donker toe nog 'n groot aanval regs van die divisie plaasvind, maar toe die Suid-Afrikaners deur die dowwe oggendlig tuur, was die vyand weg. Die Slag van El Alamein was 'n oorwinning en die Panzerarmee het op die vlug geslaan - dié keer vir die laaste keer.

Ná hierdie epiese geveg het 'n voorval plaasgevind wat Pienaar se onortodokse karakter duidelik geïllustreer het. Op 9 November kom Pienaar ewe skielilk sonder waarskuwing by die Natal Mounted Rifles aan. Toe hy hoor die divisie-bevelvoerder is daar, het een van die  offisiere, maj. A.E. Blamey, haastig sy uniform reggetrek en na Pienaar gestap.

Ná hulle gesalueer het, sê Pienaar: "Majoor, ek wil die manne sien. Niks parades of inspeksies nie. Dis 'n informele gesprek."

Informele drag of nie, die manne word byeengebring. Pienaar stap na hulle, beantwoord hul saluut en sê: "Kom sit, kêrels, ek wil met julle praat." Uit sy woorde daardie oggend het sy o pregtheid, gepaard met 'n begrip en liefde vir sy manne, aan wie hy sy dank wou oordra vir die wonderlike werk wat hulle gedoen het, nogmaals geblyk.

Later het hy ook met die res van die kompanie gepraat sodat niemand afgeskeep sou voel nie.

En aan brig. Furstenburg sê hy op sy kenmerkende wyse: "Kyk, wanneer die kêrels in Qassasin terugkom, wil ek nie hê hulle moet rondgedonner word nie. Ek wil nie parades of wapenpligte hê nie, net noodsaaklike kombuiswerk soos aartappels skil en die kamp skoonhou."

Ná Alamein het Pienaar die CB ontvang en intussen het hy ook 'n Kommandeur van die US Legion of Merit geword. Laat in 1942 besoek die 49-jarige Pienaar Suid-Afrika vir 'n kort rukkie voor hy weer na Egipte terugkeer om sy manne toe te spreek. Die eerste groepe het reeds huis toe vertrek toe Dan Pienaar op 17 Desember 1942 per lug na Suid-Afrika terugkeer. Die generaal was haastig op pad huis en die vlileënier moes in een dag meer as 3 000 km van Luxor aflê. Hy is gevra om die oorblywende 3 300 km die volgende dag te voltooi en voor sonop vertrek hulle weer van Kisumu.

Skynbaar het 'n meganiese fout dit onmoontlik gemaak om die onderstel te laat lig. Die vliegtuig kon nie vinnig genoeg versnel nie en die vol gelaaide Lockhead Lodestar met sy uitgeputte vlileënier het in die Victoria-meer gestort. Daar was geen oorlewendes nie.

Só het Suid-Afrika een van sy grootste en bepaald sy gewildste leier in Wêreldoorlog II verloor. In die woorde van genl. Alexander, was hy "a grand character and a fine soldier". Op 27 Desember 1942 is genl.-maj. D.H. Pienaar langs die elf ander slagoffers van die noodlottige ongeluk te voortrekkerhoogte begrawe. Huldeblyke is van oral oor die wêreld ontvang en selfs Die Vaderland, wat teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog gekant was, het Dan Pienaar beskryf as 'n groot krygsman vir wie kamerade, teenstanders en die wêreld hul hoofde sou ontbloot.

Neil Orpen

Beroemde Suid-Afrikaanse Krygsmanne

Rubicon Pers, Kaapstad

ISBN 0 947 00606 0