Soekende na Kosbare Pêrels

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell



"O, dis 'n Bybel!" het Doreen mompelend gesê onderwyl sy die Boek sorgvuldig uithaal. "En om te dink dat ek dit so neergesmyt het! Mar is dit nie mooi nie!" het sy voortgegaan. "Kyk net die goue kante met die rooi wat deurskyn! Aai en kyk die pragtige dun papier waarop dit gedruk is en die sagte leerband! Dit lyk werklik net soos 'n juwelekissie.!

Op die binneblad het Doreen haar eie naam en die volgende boodskap gelees: "Aan ons liefling, Doreen, op haar tiende verjaarsdag, van Pappie en Mammie." Ook is die volgende teks daar geskryf: "Maak tog vriende met Hom, sodat jy vrede kan hê, daardeur sal goeie dinge oor jou kom. Neem tog uit sy mond onderrig aan en lê sy woorde weg in jou hart." (Job 21:21,22)

Doreen is toe die trap af, onder toe. "Mamma, het ek die eerste juweel ontdek?"

Mammie het geglimlag en geantwoord: "Ek dink jy het."

"Maar sal ek meer kan vind?" het Doreen gevra.

"Waarom soek jy nie na 'n string pêrels nie," sê Mamma, "maar skryf hulle op 'n vel papier neer soos jy hulle vind. Hou j ou oë oop vir mooi tekste en sinne waarin die hoofwoord met die letter P begin. Jy kan hulle neem vir die pêrels. Die wat met R begin, kan jy neem vir die robyne en die met D vir diamante en so voort, sien jy?"

"Ja Mammie, dis 'n baie mooi idee!"

"Ek kan sommer dadelik aan 'n pêrel dink," sê Mammie.

"Watter een is dit, wys my?" vra Doreen.

Dit is in die dertiende hoofstuk van Markus. Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie." (Vers 33) Daar is ook nog 'n ander mooie: "Bewaar jou pand" (1 Tim. 6:20)

"Ek dink ek weet van een. 'Liewers 'n porsie groente waar liefde is," sê Doreen (Spr. 15:17).

"Dis 'n goeie een," sê Mammie. "Daar is 'n hele string van hierdie pêrels in die Psalms. Jy moet kyk hoeveel jy van hulle kan vind. Slaan die juwelekissie oop by Psalms 112 of 113."

Doreen het sorgvuldig haar pragtige nuwe Bybel oopgeslaan en daarin geblaai asof die blaaie van goud was. "Ja, hier sien ek sommer baie pêrels. Luister na hierdie mooi Mamma. 'Ek wil die Here prys solank as ek lewe'."

"Ja, dit is 'n mooie. Dink jy n ou nie dat so 'n juwelekissie soos wat jy het nou regtig baie mooier is as een vol gewone pêrels en diamante nie? Terwyl ons na die stoflike juwele kyk, mag hulle baie mooi blink, maar ons sal tog maar die kissie moet toemaak en hulle wegbêre. Maar hierdie mooi pêrels uit Gods wonderboek kan ons die hele dag met ons saamdra en hoe meer ons na hulle kyk, hoe mooier sal hulle word."

"Ja dit is waar Mamma. Hulle bly maar ewe blink in ons harte."

"O ja, seker," het Mammie met 'n glimlag gesê, "dit is presies wat hulle doen."  (Word vervolg)