
Robbie Wessels
Robert Albert Wessels (gebore 30 Oktober 1980 op Kroonstad) is 'n bekende Afrikaanse sanger en akteur. Hy is in 2005 deur Huisgenoot aangewys as Beste Nuweling in die Afrikaanse Musiekbedryf, en in 2006 is sy liedjie, Leeloop deur Huisgenoot aangewys as die Liedjie van die Jaar.
Wessels is op 30 Oktober 1980 op Kroonstad gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Strand waarny hy drama aan die Technikon Pretoria (tans die Tshwane Universiteit van Tegnologie) studeer. Hy verwerf sy diploma in 2002 waarna hy die vermaaklikheidswêreld aandurf. Kort daarna kry hy die geleetnheid om die rol van Anton in RSG se radioverhaal Blinkwater te vertolk. Sy eerste televisierol was die van Poena in die program Gauteng-alêng-alêng.
Wessels het die volgende albums uitgereik:
Kaalvoet 2011
Afrika Sonsak 2009
Halley se Komeet 2007
My Vissermanvriend se Pa 2005
Rolprente waarin Wessels speel:
Poena is Koning 2007
'n Saak van Geloof 2011