Godvresend Afrikaans.mp3
"Dat ‘n gemeenskaplike inligtingsbron geskep word vir die Christen Boere-Afrikaners wie trots is op hul Boere-Afrikanerherkoms en ‘n behoefte het om gereeld, ongeveinsd en onverbloemd, onderling met mekaar te kommunikeer deur deurlopende mededeling van nuus, gesprek en motivering."
"Die vestiging van ‘n betroubare radiomatige kommunikasienetwerk, in diens van die Boere-Afrikaners wat hulle onbeskaamd vereenselwig met die kwaliteite wat in die visie daargestel word."
WAAROM ‘N RADIO ? WAAROM RADIO MAJUBA ?
‘n Radio dra berigte maar ook boodskappe oor aan luisterraars. Majuba as naam dra alreeds ‘n besondere boodskap – nie alleen vir die Boere- en Afrikanervolk nie, maar vir die wye wêreld, veral vanweë die bykans onmoontlike, ondenkbare oorwinning van die Boere op 27 Februarie 1881 oor die magtige Britanje met die slag van Majuba tydens die Boere se vryheidstryd teen Britanje.
Hierdie oorwinning was haas ondenkbaar, want die Britte was op die plato bo-op Majuba verskans deur hoë kranse met die enigste moontlike toegang behalwe uiteindelik deur kranse te klim, was die steil, kransagtige smal klouterpad waarmee die Britte deur die nag opgeklim het (bykans die hele nag) en baie goed bewaak het. Dit was genl. Joubert se vrou wat vroegoggend gesien het dat daar Engelse bo-op Majuba was. So gerus was die Boere dat, toe mev Joubert dit aan Genl Joubert sê, sy eerste reaksie was dat dit maar bobbejane is wat sy vrou op die berg sien. Hy was dadelik wakker toe sy vra:” en van wanneer af dra bobbejane rooi baadjies? “ ‘n Boervrou, mev De Jager, het uit haar kombuis venster, wat uitkyk op Majuba ook die Engelse op die berg gesien en te perd die Boere gaan waarsku.
Die boodskap van durf en dapperheid dat die Boere die moed gehad het om die Britte, verskans op die berg, aan te val getuig van dapperheid – soos Watermeyer dit dig ”..met moed om teen die môrekim, meer as Majuba uit te klim..”. Maar Majuba getuig van veel meer. Majuba getuig ook van gebed in geloof. Majuba getuig deur gebed van dankbaarheid en menslikheid, veral ook teenoor ‘n verslane vyand. Die gesneuwelde Britte is na die slag van Majuba met eerbied en menslikheid behandel. Vir die gesneuwelde Britse Generaal Colley is ‘n kis gemaak en is hy met eerbied bergaf gedra.
Britse bevelvoerders was vol lof vir die Boere se besondere karakter. Alhoewel daar steeds enkele vyandiges was, het baie Britte lof vir die Boere as teenstanders gehad. Kolonel Winslow merk na die Eerste Vryheidsoorlog ( Majuba en ander veldslae) op:
“The Boers are a fine , manly sturdy race, such as I should like to live among.” Dr Oliver Ransford skryf “What military genius possessed these burgers... “.
Twee Skotse luitenante wat aan die geveg op Majuba deelgeneem het, later generaals in die Britse leer, verwys met die grootste lof na die Boere vanweë die goeie behandeling wat hulle as krygsgevangenes van Genl Joubert na die slag van Maluba ontvang het. Ian Hamilton, broer van Colley se vrou was ook vol lof vir die Boere se krygskuns en behandeling wat hulle van die Boere ontvang het.
(Verwys: Vryheidstryd van die Afrikaner, Pieter Möller, Majuba VE Dassenwil.)
Radio Majuba dra berigte van belang en uit belangstelling maar ook die boodskap van trots Afrikaans deur trotse Afrikaners.
Die keuse van die naam “Radio Majuba” is duidelik gesien teen die baken van die Slag van Majuba.
Die vraag of kommentaar oor die nodigheid vir die tot stand bringing van Radio Majuba sal sekerlik ook ter sprake kom, in sowel gemoed as in gesprek.
Die antwoord is eenvoudig maar wesentlik: Paul Kruger was ‘n volksleier in alle opsigte. Een van sy raak en wyse spreuke was die alom bekende: neem uit die verlede dit wat mooi en goed is en bou daarvolgens jou toekoms. Die spreuk sê eintlik vir ons gaan kyk en bestudeer die verlede, neem dan wat goed of toepaslik is en bou daarvolgens jou toekoms. Terselfter tyd moet ons egter ook kennis neem van dit wat verkeerd geloop het en daarteen waak dat ons dit nie as deel van ons toekoms inbou nie.
Dit is ook nodig om wat die verlede betref, ons die geheel neem om te onderskei wat mooi en goed was. Kyk ons na Majuba, moet ons na die geheel kyk, dit is ook die aanloop tot Majuba.
Die aanloop was dat met die Vryheidsoorlog die Britse sterk magte van Natal se kant nie kon deurbreek na Transvaal nie omdat die Boere die deurgang oor Laingsnek suksesvol verdedig het. Van Majuba sou die Britte die Boere by Laingsnek skuins van agter kon verdryf en Laingsnek beheer.
Deur die Boere se vasskop by Laingsnek kon die Britte Transvaal nie met ‘n sterk troepemag inval nie.
Die oorwinning van die Boere by Majuba het Brittanje genoop om vrede te sluit en die bestaansreg van die Boere Republiek, die ZAR te erken.
Ons Afrikaanse taal en leefwyse word ook maar voortdurend ondermyn, verwater en verwaarloos.
Soos die berg Majuba deur die Britte beset is om die dit vir die Britte moontlik te maak om Laingsnek te beheer, so word gereeld maar veral vandag Afrikaans, weliswaar as landstaal erken, maar deur die owerheid en bykans elke nasionale besigheid skaamteloos misken.
RADIO MAJUBA
Soos die Boere van ouds die berg Majuba ingeneem het nadat die Britte die berg beset het,
So kan en moet ons deur Radio Majuba ook ons regmatige deel van die Suid-Afrikaanse eter, ja wêreld eter af te pen en te benut om die Positiewe Afrikanerkultuur asook geheel die Afrikaanse kultuur wêreld wyd oor die eter te vestig -
Dan is ons, ons taal, maar ook ons naam Radio Majuba waardig.
Radio Majuba stel ten doel om waarheidsgetrou te berig oor dit wat ons raak, ook musiek wat pas by dit waarvoor ons staan en pas by die geleentheid, soos rustige, stemige musiek op Sondae.
Radio Majuba dra ook ‘n boodskap oor – ons eer en dien God-Drie-enig volgens die Calvinistiese leer.
Ons kan en moet op ‘n Christen-Afrikaner waardige wyse ons taal bevorder, ons erfenis waardeer en toekoms gerig gelowig werk en leef en so werk en wen!
VISIE
Dat ‘n gemeenskaplike inligtingsbron geskep word vir die Christen Boere-Afrikaners wie trots is op hul Boere--Afrikanerherkoms en ‘n behoefte het om gereeld, ongeveinsd en onverbloemd, onderling met mekaar te kommuniker deur deurlopende mededeling van nuus, gesprek en motivering.
Missie
Die vestiging van ‘n betroubare radiomatige kommunikasienetwerk, in diens van die Boere-Afrikaners wat hulle onbeskaamd vereenselwig met die kwaliteite wat in die visie daargestel word.
Opmerking: Immigrante van dieselfde afkoms as die Christen Boere-Afrikaner gemeld in die visie, kan op meriete gemeet aan die visie en missie, oorweeg word vir deelname aan uitvoering van die missie.
RADIO MAJUBA: GRONDWET EN DOELSTELLINGS
1. Eer en dien God –Drieënig volgens die Calvinistieseleer.
2. Bied ‘n Radio vir die Boere-Afrikanergemeenskap, waaraan elke Boere-Afrikaner kan deel hê.
3. Ondersteun die bevordering van en opvoeding tot Boere-Afrikaner volkstrots.
4. Kultuur: instrumenteel en ondersteuning tot uitbouing van Boere-Afrikaner Kultuurfeeste.
5. Selfstandigheid:
* Bevordering van Volkseie-arbeid
*Vestiging en ondersteuning van volkseie gemeenskappe
*Boere-Afrikanervryheid in die volle betekenis en sin van die betekenis van die woord
*Betrek Boere-Afrikaners in die buiteland
*Beveg werkloosheid/Boere-Afrikanerarmoede
*Instrumenteel tot die instandhouding van versoenbare organisasies en die uitbouing van sodanige organisasies en instansies.
*Koester die Afikaanse taal en kultuur
*Beveg taalvermenging en swak taal soos die gebruik direkte vertalings of bloot verafrikaansing van vreemde woorde instede daarvan om die regte en mooi Afrikaanse woorde te gebruik.
Saamgestel: 16 Mei 2020
TJ de Wet