RADIO OMROEPER KORT KURSUS
Baie dankie dat jy die moeite doen om hier te lees. Ons is baie opgewonde oor jou moontlike betrokkenheid by Radio Kuber Kontrei. Indien jy nog nie na ons geluister het nie, kliek asseblief op die skakel hierbo! Of, per slimfoon (Android, iPhone of Blackberry), gaan na jou naaste APP winkel en laai die RKK App af, of gaan na www.tunein.com en laai die APP af - tik dan Radio Kuber Kontrei in die soekgleuf, en soek nooit weer na 'n eg-Afrikaanse Radio-stasie nie. # Jou hart. My taal. Ons stem!
Ek is eienaar van onder meer twee Facebook bladsye, nl. Radio Kuber Kontrei, en Werk Soekers / Job Seekers. Die werksoekersblad is ons geleentheid om hoop in werkswoordvorm te omskep.
Ons visie is eenvoudig: "Skep 'n digitale tuiste waar ons Afrikaans en die Christelike geloof beskerm, bevorder en bemark na ongeveer 11 miljoen Afrikaanse taalgebruikers reg oor die wêreld. Behou en bevorder die waardes, kultuur en erfenis voortvloeiend uit bogenoemde taal en geloof, vir almal wat hulle daarmee identifiseer." Dit is ons enigste vereiste om deel te wees van hierdie dinamiese groep mense. Dat jy deel in hierdie passie. #vryskutomroeper
Werk soekers / Job Seekers het tans 66,554 lede en ons mikpunt is om dit te groei na 100,000 teen einde 2019.
Jou Opleiding geskied via SAM Cloud Pro 2016 sagteware, wat met ons hoofraam gekoppel is. Dit is 'n Amerikaanse produk (sagteware), en daarom die fooi vir die kursus. Dit is ook ongelukkig gekoppel aan die Rand-Dollar wisselkoers, wat op die stadium teen ons werk. As jy nie bewus is daarvan nie, word Afrikaanse boeke stelselmatig uit publieke biblioteke verwyder om gepulp te word, en mag dit nie verkoop word nie. So, ons soek 'n veilige hawe vir hierdie kultuurskatkis van ons. Die Trust hiervoor is reeds in plek.
Ons is NIE polities nie. Dit is nie ons fokus nie. Ons bestuur die webblad www.myvolk.co.za waar ons kultuur, taal en geloof laat voortleef. Die blad is uiters gewild en spog reeds met 530,900 besoekers (en 1,034,956 bladbesoeke) die afgelope 1,340 dae. Ek het ook sommige kommentaar en kontak besonderhede van omroepers wat reeds die kursus voltooi het, aangeheg. Verder ondertoe is die rekenaar spesifikasies wat jy moet aan voldoen om suksesvol uit te saai.
Die radio stasie is 'n direkte uitvloeisel uit die Facebook Werk Soekers / Job Seekers en My Volk Webblad. Ons wil meer interaktief raak, en meer mense betrokke kry via die stasie. Klasse is volgens jou skedule. Ek stuur vir jou 'n potgooi van die klas, jy luister en voltooi dit. Sodra klaar, stuur jy dit terug. Dan ontvang jy die volgende module. Jy werk dus in jou eie tyd, teen jou eie pas. Sodra betaling ontvang is, word jy toegelaat tot die Radio Kuber Kontrei Skype Sitkamer. Hier kan jy baljaar na hartelus, en hegte vriendskappe het al hier gevorm. Dit is ook die bymekaarkomplek vir al die omroepers tydens die klas, waarby vrae gestel kan word aan die programaanbieder.
- Louisa van Vliet Benoni (063 388 2970)
- Etienne Scheepers Krugersdorp (Etienne Scheepers)
R1,250

Radio Kuber Kontrei
PVO2016147948
Capitec Bank
Rekening: 1272363218
Iban: 1272363218470010
Swift: CABLZAJJ
Naam en Van as verwysing


"Skep 'n digitale tuiste waar ons Afrikaans en die Christelike geloof beskerm, bevorder en bemark na ongeveer 10 miljoen Afrikaanse taalgebruikers reg oor die wêreld. Behou en bevorder die waardes, kultuur en erfenis voortvloeiend uit bogenoemde taal en geloof, vir almal wat hulle daarmee identifiseer."
"Vertel die Afrikaanssprekende se geskiedenis van 1652 tot die hede. Gebruik produkte, dienste en tegnologie om 'n beskermheer en kampvegter vir Afrikaans te word deur die webtuiste tot 'n onmiskenbare verwysingsbron te ontwikkel ten opsigte van geskiedenis, taal, kultuur, kuns en geloof."

Mod 2 SAM Cloud Sagteware Deel I
Mod 3 CANVA Ontwerp
Mod 4 Sosiale Media
Mod 5 Musiek
Mod 6 Advertensies en Borge
Mod 7 Potgooi
Mod 8 Teorie: Joernalistiek Praktyk
Mod 9 Draaiboek Basics
Mod 10 Teorie: Program Keuse
Mod 11 Deurlopende Datavloei
Mod 12 SAM Cloud Sagteware Deel II
Mod 13 Eerste Opname
Mod 14 Draaiboek Gevorderd
Mod 15 SWOT Analise
Mod 16 Hoofraam
Mod 17 Stoor en Stuur
Mod 18 www.myvolk.co.za
Mod 19 Webblad My Volk
Mod 20 Teorie: Internet Joernalistiek
Mod 21 Redigering
Mod 22 Capasso
Mod 23 Groep Opl Toetsstasie 3
Mod 24 Photoshop
Mod 25 1-Op-1
Mod 26 YouTube Opleiding 3
Mod 27 iTunes
Mod 28 Dropbox
Mod 29 ISRC Handboek
Mod 30 Top 50 Bemarking
Mod 31 Vierde Opname
Mod 32 www.radiokuberkontrei.co.za www.radiokuberkontrei.co.z
Mod 33 Ken jou mark?
Mod 34 SAM Lite DJ
Mod 35 1-Op-1
Mod 36 Teorie: Rekenaarvaardig
Mod 37 Jou eie Radio Stasie
Mod 38 Jou eie Besigheid
Mod 39 Yola
Mod 40 Lewendige aanbieding







Indien jy voel dat dit jou passie is, is jy welkom om, sodra die kursus verstryk het, 'n weeklikse program by Radio Kuber Kontrei aan te bied.
Hierdie program kan 60 minute, 90 minute of 120 minute duur.
Tydens die Kursus betaal Radio Kuber Kontrei jou lisensie by Spacial vir die sagteware. Indien jy wil voortgaan na die kursus, sal 'n fooi vir jou lisensieregte vanaf Spacial jou R289 per maand kos.
Hierdie bedrag moet in ons Besigheidsrekening betaal word: Radio Kuber Kontrei, 1272363218 Capitec Bank Die datum vir hierdie maandelikse betaling kan deur jou vasgestel word.

Absoluut! 95% van die huidige personeel is deeltyds, maar leef hul passie vir Afrikaans hier uit.
Bring jou stem en jou passie, en kom bied 'n program aan in 'n tydgleuf wat jou pas, en wat beskikbaar is.

Ek is nuut tot aanlyn-radio en nie tegnies aangelê. Kan jy help?
Wil jy van beroepskeuse verander? 16 of 60? Was dit nog altyd 'n droom van jou om in Radiowese betrokke te raak?
Hierdie droom is nou 'n gróót stap nader. Met die nuutste tegnologie tot ons beskikking, kan jy uit die gemak van jou studeerkamer uitsaai.
As jy 'n bietjie onseker is hoe om te begin
en jy het nie 'n 'techie' agtergrond nie, dan is daar geen rede tot kommer nie.
'n Vaartbelynde SAM Cloud 2016 sagteware beteken dat jy kan uitsaai, sonder om 'al die knoppies' te ken.
Ek bied 'n drie maande,1-op-1 kursus aan via Skype en Teamviewer (d.w.s aanlyn) vir u om uself te bekwaam as 'n omroeper; hetsy 'n laatnag program propvol musiek, óf nuus, aktualiteit, geskiedenis, in-en-om-die-huis - of waarookal jy passievol oor is.
Ek het 'n begroting en nie honderde rande elke maand om te mors nie - is dit vir my?
Ons kan jou nie alles leer in 90 dae nie; ek kan jou waarborg dat jy wél sal weet of dit is wat jy wil doen of nie. Daar is vir my niks meer vervullend as om 'n program (beide musiek en inhoud) saam te stel, en aan te bied vir 'n afwagtende gehoor nie. Die Teater van gedagtes.
Ek dink dis belangrik om te noem dat die kwaliteit van jou program 'n DIREKTE invloed op jou inkomste gaan hê. Hoe meer luisteraars jy lok, hoe meer adverteerders gaan bereid wees om tydens jou program te adverteer.
Jy benodig ongeveer 4 (vier) ure se navorsing t.o.v. musiek en inhoud om 'n 90 minute program aan te bied @ 45meg per uur.
Kliek hier om persoonlik met my te praat rondom die kursus op Facebook:
Paul Joubert Facebook
Ek bied jou ook - na die kursus - lugtyd aan op Radio Kuber Kontrei.

- Waarde vir geld
- Pas onmiddelik toe na Kursus
- Verdien inkomste
'n Voet in die deur. Jy moet dit dan verder neem. Jouself ontwikkel. Lees, leer en luister na wat ander omroepers doen. In vergelyking met tradisionele radio, is Internet Radio nie net beperk tot klank nie. Tans luister 12 miljoen mense na Internet Radio in 'n land soos bv. Spanje.
'n Internet radio-uitsending kan vergesel word deur foto's of beelde, teks en skakels, sowel as interaktiwiteit soos boodskap borde en 'chatrooms'.
Dit is Radio Kuber Kontrei se wens dat jy groei, leer en ontwikkel - 'n portefeulje opbou. Sodat, wanneer jy reg is, jy by 'n groot kommersiële radiostasie kan instap, en tuis kan voel met jou vermoëns en tegniese kennis en ondervinding.
Kan ek lewendige oproepe neem tydens my uitsending?
Ja. Gaste tydens jou program is die hoeksteen van 'goeie' Radiowese (en Joernalistiek) en 'n noodsaaklike deel van 'n professionele program.
Gebruik 'n kommunikasie medium soos Skype of besoek die gas persoonlik.

Beginner:
Rekenaar of Skootrekenaar
Bedryfstelsel: Windows XP,
Windows 7, Windows 8, Windows 10
Verwerker: 1 GHz
Geheue: 2 GB
Disk Spasie: 100 MB (plus addisionele spasie vir musiek)
Klank Kaart: Verpligtend 5.1 VX met mikrofoon 'output'
Internet: Soliede Internet Konneksie (hoef nie ADSL te wees nie)
Oorfone met mondstuk ± R450 (Incredible Connections)
Gevorderd:
Oorfone Behringer HPS500
Mic Stand en Pop filter
Mikrofoon Behringer C1
Mixer Behringer XenyxQX1002USD
Eksterne Klank Kaart UMC202HD
Kan ek uitsaai vanaf enige plek in die wye, wye wêreld?
Met slegs 'n Internet konneksie (dongle, lyn, WI-FI of ADSL) kan jy enige plek in die wêreld uitsaai, via ons hoofraam.
