- As die piesangs bruin word voor jy dit geeët het kan jy hulle gebruik deur of piesang muffins of piesangbrood te maak.
- As jy piesangs koop kyk vir mooi egalige geel piesangs wat geen swart vlekke op het nie.
- Breek die piesangs van mekaar af. As hulle almal aan die stam bly, dan word hulle vinniger ryper.
- Groen piesangs wat jy gouer wil ryp hê kan jy in 'n bruin papiersak plaas met 'n appel in – dit sal dit baie vinnig laat ryp word.
- Moet nooit te veel piesangs koop as jy weet jy gaan dit nie kan opeet nie of as jou familie nie te veel daarvan hou nie.
- Piesangs wat saam met kerrie bedien word, behou hul kleur as hulle óf met suurlemoensap besprinkel word, kookwater oor die ongeskilde piesangs gegiet word. Laat staan vir 2 minute, en skil af.
- Skil piesang van onder af; dan sal jy nie sukkel met die ‘stingeltjies’ nie.